Hierdie 8 lesse is 'n kykie agter die skerms in die lewens van Esra en Ester. Aan die einde van die 70 jaar ballingskap het die Jode ‘n baie goeie tuiste vir hulleself geskep in Babilon. Baie van hulle was goed gevestig in besigheid en die kultuur van die Babiloniese samelewing. Om hulle te oortuig dat hulle moet terug trek vanuit hierdie gemaklike situasie om in uiters moeilike omstandighede die tempel te herbou sou iets baie dinamies gekos het. Esra en Ester het gedemonstreer dat getrouheid aan God se plan meer te doen het met God se ondersteuning as met ons eie motivering.