Hierdie sessies fokus op dit wat ons glo oor God die Seun, die Here Jesus Christus. Net soos die vorige onderwerpe, is hierdie een ook baie belangrik vir Christene. Hoekom? Wel, omdat ons glo dat Jesus God is, dat Hy hier op aarde tussen mense gelewe het en dat Hy gesterf het om die boete vir ons sonde te betaal. Jesus is die sleutel tot ons redding!