Daar is net een ware lewende God wat in alle opsigte sonder weerga en perke is. Die Godheid bestaan uit die Vader, Seun en Heilige Gees. Die Vader is die Skepper en Heerser van hemel en aarde is en onuitspreeklik heilig en alleen waardig van alle aanbidding, vertroue en liefde is. Die persoon Jesus Christus is die enigste Seun van God die Vader, verwek deur die Heilige Gees in die maagd Maria en gebore is op aarde sonder enige vlek of sonde. Jesus Christus volkome gelykwaardig aan die Vader in alle opsigte en het terwille van ons sondes as mens gely, gekruisig, begrawe en op die derde dag uit die dood opgestaan het, opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die Vader. Die Heilige Gees is in persoon een en dieselfde Wese, Majesteit en heerlikheid is as die Vader en die Seun en dat hy ons oortuig van sonde, oordeel en geregtigheid. Hy leer ons om die Heilige Skrif, die Bybel te verstaan en daarvan te getuig.
'n Oorsig oor die leer van die Heilige Gees
Met hierdie sessie begin ons ’n in-diepte studie van die derde Persoon van die Heilige Drie-eenheid. Ons noem Hom die Heilige Gees, of God die Heilige Gees, of die Gees van God. En, soos altyd, wil ons weet wat die Bybel oor die Heilige Gees sê.
Die bediening van die Heilige Gees behoort ‘n essensiële deel te wees van enige gelowige wat die naam van Christen met waardigheid dra.
Kontak gerus vir ds. Chris as daar enige navrae is deur 'n e-pos te stuur na cgwtbg@gmail.com