Die profete het volgens Hebreërs 11 gelewe in die krag en hoop van ‘n “ander” wêreld. Hulle het vir niks gestuit nie en geen moeite ontsien om hulle Here tevrede te stel en Hom alleen te dien nie. Dit is hulle lewensuitkyk om hulle oë van hulle eie probleme en genot af te haal om die Onsienlike te sien.
Profesie in die Bybel is deel van die spesiale openbaring van God. Alle openbaring kan geklassifiseer word as voorstellend (verduidelik hoe dit is en werk), voorskriftelik (verduidelik hoe dit moet wees) of voorspellend (verduidelik wat die uitkoms sal wees). Hieronder wil ons kyk na ‘n paar riglyne rakende voorspellende profetiese openbaring.
Die perspektiewe van die Ou Testamentiese helde is gevorm deur die kwaliteit van hulle geloof. Net soos wat dit vir 'n kind lekker is om op te kyk na 'n ouer wat hulle op die lewensweg kan aanhelp, so is dit vir ons lekker om na die geloofshelde in die Bybel te kyk om beoedig te word deur hullle lewens.
Moses was ‘n besonderse deel van God se plan met Israel. God het iemand gekies wat sy volk, ‘n hardnekkige volk, kon lei. Moses het nie alles reg gedoen nie, maar hy het alles met oorgawe gedoen. HY het ook een van die grootste reddingspogings van alle tye uitgevoer.
Uit die lewe van Elia kan ons leer dat dit nie moontlik is om altyd op ‘n geestelike hoogtepunt te bly nie. Daar kom tye in die beste geestelike se lewe, dat ons wonder oor die sin van die lewe en dit waarmee ons besig is. Dit is dan wanneer ons die Here se woord en herstel in ons lewens nodig het. Hierdie dinge is dit wat afgeloop het in Elia se lewe.
Joel. Die drie groot temas in die profetiese Skrifte is, 1) die oordeel van God oor Israel en die wêreld in die groot verdrukking; 2) die geleentheid om uit genade, deur geloof te bekeer; en 3) die vergoeding, vergelding en herstel van Israel in die duisendjarige Vrederyk. Al hierdie gebeure word deur Joël as die “dag van die Here” beskryf.
Die verhaal van Jona, ‘n profeet van Israel, is die beste bewys van God se voorsienigheid soos bewys in Sy liefdevolle genadebewys en barmhartigheid teenoor alle mense - Jood of nie-Jood. Hierdie waarheid kan veral gesien word in die feit dat God sy profeet Jona stuur om die Assiriërs te evangeliseer - dieselfde mense wat 50 jaar later sy volk in ballingskap sal wegvoer.
Hosea. God gebruik die gevoelens en gewaarwordinge van Hosea se verhouding met die owerspelige Gomer om sy verhouding met Israel uit te beeld. Israel, soos Gomer, is die ontugtige en owerspelige vrou wat haar man verlaat het om agter ander mans aan te gaan vir die kortstondige plesier. Hierdie aangrypende gelykenis, wat ‘n finale loskoop van ‘n verlate, terugvallende mens behels, is ‘n boodskap hoe God ons terugroep uit dwaling na ‘n reine verhouding met Hom.
Haggai en die gebou wat nie gebou is nie. Vreugdevolle aanbidders met die ware prioriteite en Bybelse perspektief. Die Here se beplanning vir hulle teenoor hulle planne. Israel se fokus was op hulle eie behoud en nie op die bou van die huis van Here nie.