Christene word elke dag gekonfronteer met sonde. Om sonde te oorkom, het God 'n uitweg vir ons beskikbaar gemaak in die vorm van sy seun, Jesus Christus. Hierdie studies is saamgestel om van sonde te leer, maar meer nog, hoe om van sonde gered te word.
'n Oorsig van dit wat ons oor die Christen se lewe wat by bekering en geloof in Jesus Christus dadelik afgesonder tot ‘n Vader-seun verhouding met God en vrygemaak van die straf van sonde en is regverdig verklaar
In hierdie sessies stel ons ondersoek in na die Christelike lewe, wat die vreugdes, maar ook die struikelblokke daarvan is om as Christen te leef. Ons gaan praat oor sekere van die dinge wat Christene doen wat ʼn groot deel uitmaak van die Christelike lewe. Leer meer hieroor verder.
Om in ware gemeenskap met God te wees, moet ons in gemeenskap wees met die Woord van God (die Bybel). Om in gemeenskap te wees met die apostels (die ontvangers van die evangelie) is om in gemeenskap te wees met die Vader en die Seun, Jesus Christus. Die term gemeenskap of verhouding beteken twee partye wat in ‘n verhouding is met gelyke deelname in iets wat deur albei partye besit word en voordeel trek.
Die afsterwe van ‘n geliefde is ‘n traumatiese gebeurtenis, wat met skok en verandering gepaard gaan. Alhoewel dit moontlik is om in ‘n geestelike sin behoue te bly deur hierdie ‘nuwe’ fase in ons lewens, sal ons nooit weer dieselfde dink of voel oor die lewe nie.
Jeremia het net soos ons die volle spektrum van kwellende emosies en ontsteltenis oor die werklikheid van ongeregtigheid ervaar. Hy het sy hart hieroor uitgestort in ‘n reeks klaagliedere, wat ons presies vertel hoe hy gevoel het. Wat dit egter so merkwaardig maak, is die feit dat elke woord hiervan deur die Gees van God geïnspireer is vir ons gebruik.
Hierdie kursus handel oor die lewe van Moses vanuit die Ou Testament boek Eksodus. Elke les sal ons meer leer van Moses en die lewenslesse wat hy moes leer deur sy lewe.
Kontak gerus vir ds. Chris as daar enige navrae is deur 'n e-pos te stuur na cgwtbg@gmail.com