Wyle Generaal J.H. Olivier.
Die volgende berig het Okkie De Jager vir my gestuur en het in die koerant na die dood van generaal Olivier veskyn. Ek neem aan dat dit in die plaaslike koerant in Volksrust was.
Vir die kinders, vir soverre teenwoordig, en omstanders by die sterfbed van wyle Gen. Olivier, sal die vroeë môre van die 30 ste Mei, 1930, lang in herinnering bly. Reeds van af 10:30 die vorige aand het die einde met rasse skrede genader en tog het dit geduur tot 3:30 Vrydagmôre voordat die jongste snik en sug geslaak was.
Van sy verstandlike bewustsyn, sy spraak ens. beroof, het die halfgebroke en starre oë 'n traan van deernis aan die oog van elke omstander ontlok. Eindelik was met 'n sug en 'n traan uit die bors en oog van die worstelaar, die lewenslig geblus.
Wit soos 'n duif, en afgesloof deur kommer en sorg ook volks-sorg en laste, ontbeer in sy manlike jare word nou op die siellose liggaam van 'n gryse vader en volksman gestaar.
Op Sondag, 1 Junie, 1930, is die lyk, onder groot blyke van belangstelling en simpatie, op Milit re wyse van af die Groot Kerk na sy laaste rusplek in die Volksrust Kerkhof vervoer en ter aarde bestel.
In die kerk is die diens gelei deur Eerwaarde Saayman skoonseun van die oorledene. By die graf is in 'n paar woorde gewag gemaak van die loopbaan van die Gen. en die Godsdienstige verrigtings is deur Ds. De Wet afgesluit. Nadat die seun van die oorledene die viende, belangstellendes, die Offisiere van die Kadetkorps en die Burgermag bedank het vir die laaste eer die oorledene bewys, is die verrigtings op Milit re wyse afgesluit.
Wat ons egter by al die belangstelling ens. vreemd opval, is die houding van die Parlementslid van die Wakkerstroom kiesafdeling. Hy het Saterdag met sy motor voor sterfhuis stilgehou, en het dit nie eens die moeite werd geag om af te klim of die huis in te gaan nie, en eweneens was hy nie te sien by die begrafnis nie (was oom A. Siek?) Hierdie ongeerde houding spyt baie van ons, en eweveel spyt dit ons om hierdie opmerking te maak. Die bedoeling is dan ook nie dat 'n Parlementslid voortaan kranke sal besoek, of begrafnisse moet bywoon nie verre daarvandaan maar die sameloop is so eienaardig en pynlik dat mens dit haas nie kan versyg nie.
Wel, dit daargelaat: "Voort Skimmel, voort, en laat die Parlementslid met rus" Ons kan niemand dwing nie, ons kan net 'n voorbeeld dra.
Wyle Gen. Olivier was 'n seun van wyle Kommandant J.H. Olivier. Hy was gebore in die distrik van Burghersdorp K.P. op 24 Jan. 1848. Sy moeder was 'n Dame Myburgh. Uit sy eerste huwelik 'n dame Lubbe, is 9 kinders gebore, waarvan 2 oorlede is. En uit die 2de huwelik, 'n weduwee Uys met 3 kinders, is 6 kinders gebore.
Reeds op 15 jarige leeftyd het hy die Staat (destyds die Vrystaatse Republiek) begin dien as Hoof Offisier van die Grenspolisie.
Deur sy getroue en waardeerde dienste het hy van tyd tot tyd promosie in die publieke samelewing gemaak. Hy het in die onderdukking van verskillende Kafferoorloë en Opstande diens gedoen as Offisier, sowel as in alle andere oorloë waarmee die destydse Republiek tedoen had. Hy was ook later lid van die 2de Volksraad verkies. Hierdie posiesie het hy vir baie jare met eer beklee, totdat die 2de Vryheidsoorlog van die 2 Republieke uitgebreek het, ek meen dat dit in hierdie worsteling is dat hy van Kommandant tot Generaal promoveer is. In die 2de Vryheidsworsteling is by een van die Gereraals van die Vrystaat, wat die Grootrivier oorgetrek het, en die Stormberg vesting in besit geneem het, waar hy gebly het tot na die slag.
Met die owergawe van Gen. Cronje, is instruksie ontvang dat hierdie Stormberg mag moet terug na die Vrystaat. Nadat Gen. Olivier nog verskillende slae in die Vrystaat gemaak het, en nadat hy by die oorgewe van Gen. Prinsloo nog eers 8 kanonne een Pompom ens. Buitgemaak het, is hy, volgens te oordele, uit omstandige, met opset in 'n val gelei deur 'n vriend. Hier is hy gevange geneem en na Cylon gestuur. Met die vrede is hy terug, en het net as enig ander van nuutaf moes begin. Hy is later na Rustenburg. Iets meer dan 2 jaar gelede het hy sy vrou verloor deur die dood.
Vanaf die tyd het sy gesondheid baie agteruit gegaan. Hy was byna 6 maande hier by sy dogters, mevr(e) Brits en Pitches.
Baie liefderik is hy verpleeg deur sy dogter mej. Judith Olivier. Hier is die ware kinderliefde en toegewydheid aan 'n beminde vader so mooi openbaar as maar selde kan gebeur.
Verstaan word dat sy ook haar moeder so liefderik verpleeg en by gestaan het. Die Here belone haar rykelik.
'n VRIEND.