OCKERT van Langkloof

OCKERT VAN DIE LANGKLOOF

Ockert Petrus Jacobus OLIVIER stamvader van die OLIVIERS van KANNALAND se derde kind (tweede oudste seun) het dieper die binneland in 'n noordoostelike rigting verder getrek en homself in die Twee Rivieren area (naby die huidige Joubertina) gaan vestig.

Hy was die stamvader van die Twee Rivieren Oliviers. Op 16 Januarie 1794 het Jacob Kritzinger die plaas Twee Rivieren aan Ockert verkoop. (Geleë langs die Piesangrivier Plettenbergbaai.)

Hier volg meer genealogiese besonderhede van Ockert:

Ockert OLIVIER gedoop 22.02.1761 in Swellendam en getroud op 04.11.1787 met Margeretha Aletta HUYNS gedoop 14.12.1766

KINDERS:

1. Dirkje OLIVIER gedoop 10.04.1789 X Johannes Petrus STRYDOM

2. Michiel OLIVIER * 12.05.1791 X Magdalena Josina STRYDOM

XX Anna Charlotta VOSLOO

3. Margaretha Aletta OLIVIER * 29.10.1793 X Hercules Tobias STRYDOM

4. Ockert OLIVIER * 30.01.1801 X Anna Catharina STRYDOM

XX Susanna Magdalena FERREIRA

Die twee seuns se vrouens was susters terwyl die twee susters se mans broers was.

I. MICHIEL (1791-1847) in 1821 met Magdalena J. STRYDOM en in 1829 met Anna Charlotta VOSLOO getroud. Laasgenoemde se vader was Wessel VOSLOO en haar moeder Johanna M. STRYDOM, 'n ouer suster van die twee ooms van Michiel se eerste vrou. Uit die eerste huwelik is net twee kinders gebore, t.w. Groot Ockert (1823-1906) en Helena Charlotta wat eers met VERMAAK en toe met ACKERMAN getrou het. Groot Ockert is in 1850 met Magdalena Josina STRYDOM getroud en het ag van sy kinders gesien opgroei. Die ouste seun, Michiel, het met Dirkie S. OLIVIER getrou en is in 1894 op die pad na Port-Elizabeth onder 'n wa verongeluk. Die tweede seun Hercules Tobias (Klas, 1858-1936) se weduwee is tans die oudste lidmaat van hierdie gemeente. 'n Dogter, Dirkie Elizabeth, het met C.F. OLIVIER getrou en aan haar ongetroude dogters dank ek 'n paar interessante foto's.

Uit Ockert snr. se tweede huwelik spruit daar vier seuns en vyf dogters. Die seun, Michiel, (1831-1878) is eers met Margaretha A. STRYDOM en toe met Hester A.E. WAGNER getroud. Sy oudste seun was ouderling Michiel Basie (1855-1921) en aan die tweede vrou se voornaam is die bynaam van die Hessie-boere ontleen. Die seun Christiaan Frederik is na sy grootvader WAGNER vernoem.

Een van Ockert se dogters, Johanna M.C. is in 1870 met die messelaar van Twee Riviere, George Henry MURRAY getroud en 'n ander dogter, Dirkie E. in 1868 te Humansdorp met die skoolmeester Dennis Simpson SCHREIBER. Die ander seun, Daniel Jacobus, getroud met Agatha C. VERMAAK, was die eerste Danie Mof.

II. OCKERT (1801-1860), trou in 1824 op Uitenhage met Anna Catharina STRYDOM. Sy oudste seun was Ockert Jacobus (1826-1874) getroud met Helena C. KRITZINGER, die vader van Ockert Jacobus Witperd (1855-1914), getroud 1878 met Christina C. KRITZINGER, ouderling onder Uniondale en die eerste leier van die Sabbatariërs in die Kloof. Nog 'n broer en suster van hom het ook met KRITZINGERS getrou.

Vier van Ockert se seuns het mer dogters vam J.D.W. STRYDOM van Krakeel getrou. Hulle was: (1) Daniel Jacobus (1832-1885), ouderling onder Uniondale en getroud met Aletta STRYDOM waarvandaan die Lettie-boere, skoonvader van Giel Bokkie OLIVIER, snr.; (2) Michiel Jacob (1834-1862), vader van Giel Bokkie, snr.; (3) Johan Daniel Wilhelm (1836-1906), Ouderling onder Uniondale en vader van die Jans van Twee Riviere; (4) Matthys Johannes (1838-1929), herttroud in 1873 met Susanna M. Wasserman, grootvader (uit die eerste huwelik) van mnre. Thys BAS en Louis Botha OLIVIER en vader (deur die tweede huwelik) van verskeie kinders vandag nog in lewe. (1957) 'n Dogter van Ockert, snr., Dirkie S., trou in 1875 met Michiel Basie OLIVIER en Martha Jacoba (1852-1927) met die jeugdige wewenaar M.J.L. KRITZINGER.

Inligting uit Gedenkboek by die Goue Jubileum van die Ned. Geref. Kerk Joubertina 1907-1957