STAMVADER - OCKERT
Ockert Cornelisz OLIVIER gebore Ouwerkerk, distrik Duiveland, provinsie Zeeland. Hy het in die Kaap aangekom in 1671 en was 'n kneg op die plaas by Willem Willemsz van Deventer. Hy was ook die jonger broer van Hendrik Corneliszoon OLIVIER wat tien jaar vroeër in 1661 alreeds in die Kaap aangekom het.
Willem Willemsz het in 1672 'n Inboorling doodgemaak. Willem Willemsz het eers op 'n Deense skip na Nederland gevlug, maar het weer later terug gekom na die Kaap. Hy is toe na Robbeneiland gestuur. Terwyl Willem Willemsz van Deventer weg was het Ockert twee kinders by Willem Willemsz se vrou, Maria Jansz Visser gehad.
Maria Jansz VISSER was ongeveer 1650 gebore. Sy was die dogter van Jan Coenraad Visser. Toe Willem Willemsz in September 1675 weer in Kaapstad land vind hy dat sy vrou twee kinders by Ockert gehad het. Hy kla haar aan van "lichtvaardige gedrag". Hierdie hofsaaak het gevoelens tussen die twee so laat versleg dat hulle in 1676 na Batavia verban is, op twee aparte skepe. Maar voor die skepe vertrek het, het Maria en Willem weer opgemaak, en toe het hulle weg gevaar op die selfde skip.
Ockert trou op 5 Februarie 1679 met Aletta VERWEY van Woerden in Nederland. Aletta Verwey se ouers was Gysbert Verwey en Catharina Ganzevanger.
Ockert is op 14 Februarie 1692 aangekla vir die onwettige verkoop van drank en vir 1,000 gulden beboet.
Ockert en Maria Visser se kinders was Dina en Cornelis, hulle was gebore tussen 1672 en 1675. Hierdie twee kinders was opgevoed deur Maria se vader Jan Coenraad Visser. Hulle is nie genoem in Alleta se testament of in Aletta se moeder Tryntje Gansevanger se testament nie, al het Gansevanger voorsiening gemaak vir haar kleinkinders in haar testament. Hierdie Cornelis is eintlik maar die seun wat die grootste nageslag in Suid-Afrika gehad het.
KINDERS VAN OCKERT OLIVIER EN MARIA VISSER
1. Dina * 1672/73, X Hans Jacobus Brits
2. Cornelis * 1674/75, X 22 Nov 1699 Anna van Weij
Ockert en Aletta Verwey het 13 kinders gehad.
1 Gysbert =03.12.1679
2 Marthie (Maria) =12.10.1681, x Dirk van Schalkwyk
3 Catharina =11.07.1683, x 7 Nov 1706 Nicolaas van der Westhuyzen
4 Neeltje (Cornelia) =15.04.1685 sterwe voor 1721
5 Hilletje *c1687, x 19 Sep 1707 Eduard Loubser, xx 12 Feb 1719 Johannes Mostert
6 Cornelis =27.02.1689
7 Anna (Johanna)=18.02.1691, x Paulus Artois
8 Jan (Johannes) =08.11.1692, sterwe voor 1721
9 Dirk = 05.09.1694, +1734
10 Aeltie (Aletta) =26 Aug 1695, x 22 Sep 1720 Michiel Africanus Heyns, xx 29 Jul 1736 Matthys Sondag
11 Geertruy = 9 Nov 1698, x 2 Apr 1724 Thobias Mostert
12 Hendrik =21 Nov 1700, x 21 Mei 1724 Maria Vivie, xx Willem van der Viijver
Die dogter Neeltjie moes kwaai veg weens 'n onsuksesvolle aanranding deur Robert van Batavia in Oktober 1712. Sy het so kwaai geveg dat dit eintlik Robert van Batavia was wat die slegste daarvan afgekom het. Ongeag dat die aanranding misluk het, word Robert van Batavia ter dood veroordeel.
Hy was 'n broer van die ander Olivier stamvader Hendrik Corneliszoon OLIVIER wat ook met 'n Verwey getroud was (kyk ook onder hom). Hulle voorgeslagte is soos volg:
Hierdie Oliviers was van Ouwerkerk, distrik Duiveland, provinsie Zeeland. (Let wel nie Ouderkerk, nader aan Amsterdam, soos deur sekere bronne aangehaal nie).
Ook bleik dit dat die Olivier familienaam eers in die 1600's 'n vaste tweede/laaste naam geword het.
DIE OLIVIERS VAN OUWERKERK, PROVINSIE ZEELAND IS VERMOEDELIK SOOS VOLG:-
Olivier Corneliszoon stamvader (in lewe mid tot laat 1500's met 4 kinders
1.1 Cornelis Olivier (in lewe gedurende 1644 met 3 kinders)
1.1.1 Marietje Cornelisdr. Olivier
1.1.2 Cornelis Corneliszoon Olivier (sterf voor 29.8.1676 met 2 kinders)
1.1.2.1 Hendrik Corneliszoon Olivier (SA stamvader)
1.1.2.2 Ockert Corneliszoon Olivier (jonger SA stamvader)
1.1.3 Olivier Corneliszoon (met 3 kinders)
1.1.3.1 Gerrit Olivier
1.1.3.2 Jan Olivier
1.1.3.3 Pieter Olivier
1.2 Jan Olivier (sterf voor 1629)
1.3 Adriaentje Olivier
1.4 Trijntje Olivier
As bogenoemde inligting aanvaar word dan ontstaan die volgende weerlegbare afleidings/vermoedens.
Die Olivier voorgeslagte het lank voor die Franse Hugenote (1688) al na Suid-wes Holland verkas en is hulle dan nie juis deel van die Franse Hugenote nie.
Ockert sterf 1705.
Aletta se inventaris in 1720 sluit in die plaas Hoogebergsvalleij aan die Kleine Stinkrivier, en die opstal Vrolijkheid in Roodesand
Aangepas uit die volgende bronne:
Esme BULL "An Anomaly in the OLIVIER Family" Familia, Vol 23, No.3, 1986.
de Villiers - Pama
Heese en Lombard
GC de Wet Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting
JL Hattingh "Beleid en Praktyk: Die Doop van Slawekinders en die sluit van Gemengde Verhoudings aan die Kaap voor 1720" Kronos vol 5, 1982
Inligting ook verkry van Mariana Olivier
Saamgestel deur:
AM van Rensburg (Besoek gerus die Stamouers webtuiste)
Tjaart Olivier tolivier@global.co.za