Ockert Petrus Jacobus OLIVIER stamvader van die OLIVIERS van KANNALAND
Ockert Petrus Jacobus OLIVIER is die derde seun en vyfde kind van Jan OLIVIER en Dirkje* OLIVIER en Jan is weer die vierde kind van die stamvader Hendrik Corneliszoon OLIVIER van Ouwekerk in Nederland.
In 1755 betaal Ockert huur "by 't warme water" agter Kogmanskloof saam met Hendrik Schoeman. (NG Kerk Calitzdorp 1873-1973 - H.C. Hopkins) In 1765 het Ockert 'n verlofbrief uitgeneem om op "Armoed onder de Sandplaas dicht aan die Oliphants Rivier agter Attaquas Kloof" te woon. Hy is dus die stamvader van al die Klein Karoo Oliviers. (Die NG Gemeente Oudtshoorn 1853-1953 - MS Greeff)
Hier in Armoed langs die vrugbare Olifantsrivier het Ockert hom in die 1700's reeds kom vestig. Soos reeds genoem is die plaas blykbaar van 'n Koi kaptein, Armoeda, aangekoop. Vandaar die naam Armoed. Later jare het die naam die inwoners te veel herinner aan swaarkry en armoede en is die naam mettertyd na Volmoed verander.
Hier volg meer genealogiese besonderhede van Ockert:
Ockert Petrus Jacobus OLIVIER = 10.08.1727 X Dirkje OLIVIER en sy was die dogter van Johannes OLIVIER en Cecilia DU PREEZ.
KINDERS:
1. Hester Cecilia OLIVIER = 11.04.1756 X Marthinus Gerhardus OOSTHUIZEN XX Johannes Petrus MEINTJIES
2. Johannes Stephanus OLIVIER * 1759 X Johanna VAN DEN BERG
3. Ockert OLIVIER * 1760 X Margaretha Aletta HEYNS
4. Hendrik Jacobus OLIVIER = 06.01.1763
5. Helena Maria OLIVIER * 1766 X Jan Dirk HEYNS XX Daniel VAN DEN BERG
6. Philip Lodewyk OLIVIER = 27.03.1768 X Beatrix Geertruy FOURIE
7. Gerrit Cornelis OLIVIER = 27.03.1771 X Aletta Catharina ENGELBRECHT
XX Aletta Maria ENGELBRECHT
8. Andries Hermanus OLIVIER * 1773 X 29.01.1792 Anna Maria ENGELBECHT
9. Anna Hendrina Engela OLIVIER = 14.04.1776 X Pieter Jacobus FOURIE
Inligting hoofsaaklik uit SA Geslagregister Volume 8