Die Olivier Tydlyn

Olivier tydlyn

Dit is mos interessant om te weet hoe die geskiedenis gelyk het toe ons voorvaders op aarde gewoon, gewerk en gespeel het! Jammer vir die persoonlike streep wat die tydlyn deur hom het, pas maar aan soos dit vir jou pas.

1661 - Jan van Riebeeck se laaste jare aan die Kaap

- Die Vryburgers kan nie genoeg koring oes om aan die inwoners van die Kaap se behoeftes te voorsien nie.

- Hendrik Corneliszoon kom in die Kaap aan

1662 - Van Riebeeck vertrek na die Ooste en hy word opgevolg deur Zacharias Wagenaar (Hy sê dat al die Vryburgers met die uitsondering van ses of sewe "lui en losbandig" was.)

1663 - Wagenaar vra dat die Here XV11 67 vryburgers van die land verwyder en vervang met "arbeidsame gesinne" nadat geboue instort vra Wagenaar vir 'n "steene fortresse"

- Joan van Arckel die eerste predikant kom ook min of meer hierdie tyd na die Kaap

1665 - Die Maart-oorlog tussen die Republiek van Verenigde Nederlande en Engeland begin.

1662 - Op 2 Januarie word die Kasteel se hoeksteen gelê.

- Op 27 September word die bewind aan Cornelis van Quaelbergen oorgedra.

- Oorlog tussen Nederlande en Engeland is nog aan die gang.

1667 - Gedurende Julie word die Vrede van Breda gesluit.

1668 - Gedurende April besluit diHere XV11 dat amptenare nie mag boer nie

- Van Quaelbergen word met Jacob Borghorst (18 Junie 1668 - 28 Maart 1670) vervang.

1670 - Borghorst word deur Hackius opgevolg.

1671 - Ocker Corneliszoon kom in die Kaap aan

- Gedurende Februarie word Isbrand Goske wat as Goewerneur op pad na die Ooste was aangesê om die bou van die kasteel te hervat.

- Op 30 November is Hackius oorlede.

1672 - Kina of Dina, Ocker se dogter by Maria Visser is gebore (of 1673)

- Op 2 Oktober het Goske self as kommandeur na die Kaap gekom.

1674 - Cornelis, Ocker se tweede kind by Maria Visser is gebore (of 1675)

- Op 6 Maart word vrede met Engeland gesluit en 4 van die kasteel se 5 punte was toe voltooi.

1676 - Johan Bax (13 Maart 1676 - 29 Junie 1678) Goske se opvolger het die vyfde punt van die kasteel voltooi.

1677 - Hendrik word aangewys as een van die tien beste boere aan die Kaap en hy kan vir hom 'n slaaf koop

- Hendrik trou met Beatrix Verwey 30-051677

1678 - Hendrik se eerste seun, Gysbert, (b1) is gebore

1679 - Ockert trou met Aletta Verwey 05.02. 1679

- Cornelis, Hendrik se tweede seun is gebore 19.03.1679

- Ockert se eerste seun by Aletta Verwey is gedoop

- Kommisaris Dirk Blom benoem die vyf punte van die kasteel op 'n plegtigheid.

- 62 gesinne met 117 kinders aan die Kaap

- 87 vrye manspersone en net 22 het landbou beoefen ; 191 slawe en 30 knegte

- Op 12 Oktober neem Simon van der Stel die gesag oor Hendrik Crudop was waarnemend 767 siele aan die Kaap en net 22 gesinne was by landbou betrokke

- 3-8 November onderneem Simon van der Stel 'n reis na die binneland en besluit om 'n nedersetting aan die Eersterivier te vestig.

- Eerste Vryburgers is na Stellenbosch

1680 - In Junie neem Van der Stel sy intrek in die kasteel.

1681 - Hendrik se derde kind Cornelia word gebore 21.09.1681

- Ockert se tweede kind by Aletta (Maria of Marthie) word gebore 12.10.1681

- Een vyfde van alle graan word in Stellenbosch verbou.

1683 - Ockert se derde kind by Aletta word gedoop (Catrina) 11.07.1683

- Jan (Johannes) Hendrik se vierde kind word gebore 07.11.1683

1684 - Daar is 40 gesinne op Stellenbosch

1685 - Hendrik Adriaan van Rheede besoek die Kaap. Huwelike tussen slawe en Nederlanders word verbied. Na sy besoek word Vryburgers aangemoedig om hulle aan die Kaap te vestig en 23 plasies word in die Drakenstein aan hulle toegeken.

1688 - Die eerste Franse vestig hulle aan die Kaap. (Hulle kom met die Oosterland in die Kaap aan.)

1689 - Schrijver dring Kannaland binne (Olifantsrivier - 3 Febr.)

1690 - Die bevolking aan die Kaap styg a.g.v. geboortesyfer en nie a.g.v. emmigrasie nie.

1692 - Die van OLIVIER kom vir die eerste keer in hierdie jaar se opgaafrol voor.

1694 - Kerkraadnotules vanaf 1694-1719 is weg

1699 - Cornelis Ockersz (seun van Cornelis by Maria Visser)trou met Anna Rigman van Weij 22.11.1699

- Simon van der Stel lê die tuig neer. Daar is 402 mans 224 vroue en 521 kinders aan die Kaap

- Die 34 jarige Willem Adriaan van der Stel kom aan bewind en in Nov. onderneem ook hy net soos sy vader 'n tog oor Stellenbosch en Drakenstein na die binneland. Toe hy anderkant die Ubikwaseberge afkyk noem hy die vallei Land van Waveren en hy reik ook weilisensies hier uit.

1701 - Hendrik sterf en besit grond langs die Liesbeeckrivier in die Ruyterstal Vallei en 'n plaas in Tygerberg asook 10 000 gulden

1702 - Clara Anna Fontein word aan Beatrix die weduwee van Hendrik toegeken

1706 - Johannes word gedoop 13.06.1706 ( Hy is Cornelis, Ockert se seun by Maria Visser, se tweede kind)

1707 - Cornelis Ockerszoon kom in die monsterrol van Stellenbosch voor

1708 - Weidingsregte word in die Land van Waveren aan Beatrix, Hendrik se weduwee toegeken.

1709 - Drakenstein se opgaafrol - Cornelis Ockersz en Anna Verwey met 1 seun en 2 dogters

-Kaap se monsterrol - Cornelis Ockersz en Cornelis OLIVIER

1713 - Pokke epidemie

- Cornelis Ockerz (Ockert se seun by Visser) en Cornelis Olivier (Hendrik se tweede seun - + Stellenbosch) met sterftekens langs hulle name.

1714 - 'n Stukkie grond in die Drakenstein word aan Anna Verwey weduwee van Cornelis Ockerszoon toegeken 08.10.1714

1717 - Jan (Johannes) trou met Helena Burger. Hy boer in die Drakenstein

1718 - Beatrix Verwey (Hendrik se weduwee) se testament lys al haar kinders behalwe Cornelis en Ockert.

1719 - Kaapse opgaafrol - Cornelis Ockersz is ongetroud

- Cornelis Ockersz word genoem as erfgenaam in Aletta Olivier (Ockert se vrou) se boedel Mei 1719

1721 - Kaapse opgaafrol - Cornelis Ockersz getroud sonder kinders

1725 - Gysbert a1b1 word in Kaapse opgaafrol as ongetroud aangegee en hy boer op Den Rustplaas Riebeeck Kasteel saam met sy broer Gerridt.

1727 - Jan b4 se seun Ockert [a1b4c5] is gedoop 10 Aug. Hierdie seun is ook die eerste Olivier wat later in Armoed langs die Olifantsrivier sou begin boer.

1730 - Gysbert a1b1 sterf

1731 - Eerste plaas uitgegee in die Klein Karoo aan Fred J. van Eeden in Attaquaskloof.

1741 - Beatrix Verwey Hendrik a1 se vrou sterf en sy laat onder andere ook 50 gulden na vir die armes van die dorp.

1756 - Eerste plase word binne die Klein Karoo toegeken (Matjes Rivier en Klippe Drift)

1773 - Andries Hermanus [a1b4c5d8e3] word in Armoed gedoop - 2 Mei

1775 - Dr. Anders Sparrman meld in Voyage to the Cape of Good Hope dat baie boere in die Kaap mak voldstruise aanhou. Die vere word gebruik as waaiers vir muskiete en vlieë en as besems.

1795 - Swellendam verklaar sy onafhanklikheid

1797 - Willem Gerhardus word gedoop [a1b4c5d8e3f1] 27 Aug.

1811 - Die dorp George word gestig.

1822 - Andries Hermanus gebore [a1b4c5d8e3f1]

1826 - Eerste vere van wilde volstruise uitgevoer.

1838 - Eerste uitvoer van volstruisvere

1839 - Die eerste kerk word in Oudtshoorn gestig op grond wat deur Cornelis Petrus Rademeyer geskenk is. (Hartenbeestenfontein op Grobbelaarsrivier se wal)

1850 - Agste Xhosa-oorlog (tot 1853) - Stormberge

1851 - David Hermanus gebore

1853 - N.G. Gemeente Grobbelaarsrivier word amptelik gestig. Plek ook bekend as Knikspoordorp of Veldschoendorp

1857 - Die Xhosa's stroom die kolonie binne nadat hulle hulle vee agv 'n toordokter vrek maak.

-Meirngspoort amptelik geopen

1858 - Die eerste skool in Oudtshoorn

1859 - In Augustus word water aangery na Oudtshoorn weens 'n versengende droogte.

1863 - Oudtshoorn word vernoem na Baron Van Rheede van Oudtshoorn en word op 26 Augustus tot dorp verklaar.

- Volstruisbedryf se amptelike begin.

1865 - Die droogte is so erg dat baie boere hulle plase verloor en as bywoners op plase moet bly.

1869 - Die droogte word finaal gebreek deur vloede wat die Schoemanspoortpad o.a. heeltemal verwoes.

1873 - C.J. Langenhoven is gebore op 12 Augustus op Hoekoe in die Ladismith-distrik

1875 - Andries Hermanus Matthys gebore in Armoed - 15 Junie

-Volstruisveerbedryf begin momentum kry in die Oudtshoorn distrik.

1879 - Die Oudtshoorn Courant begin. Mei

- Die sandsteenkerk in Oudtshoorn word voltooi. 7 Junie

1880 - Eerste hoërskool word in Oudtshoorn gestig.

1883 - Eerste vereval Die depressie duur tot 1890

1885 - Pryse van volstruisvere val

- Hewige vloede word in Oudtshoorn ondervind na 31 uur se aanhoudende reën.

1905 - Gert Olivier Van Oudtshoorn bou die Towers vir 25 000 pond

- Tweede bloeitydperk van volstruise begin


Bronne:

1. 500 Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis

2. Esme Bull - Familia

3. The Little Karoo - Jose Burman

4. Paleise van Pluime - Sue van Waart