Digter Fanie

Fanie Olivier

Stephanus Petrus Olivier is op 23 Junie 1949 in Pretoria gebore. Die grootste deel van sy skoolopleiding ontvang hy in Durban. Na matriek studeer hy verder aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy in 1972 'n M.A.-graad behaal. Hy promoveer in 1985 aan die Universiteit van Potchefstroom. Daarna was hy agtereenvolgens koerantman, dosent aan die Universiteit van Durban-Westville, onderwyser op Graaff_Reinet en weer joernalis. Tans is hy verbonde aan die Departement Afrikaans van die Universiteit van Venda.

In 1971 word sy werk, toe nog grootliks ongepubliseerd, met die Reina Prinsen Geerligs-prys bekroon, en in dieselfde jaar verskyn sy debuut, Gom uit die Sipres. Verder verskyn van hom Om alleen te reis (1973), Paradysrigting van die wind (1976), Skimmellig (1978) en Verklarings (1988).

Sy poësie steun sterk op tradisionele versbourniddele en 'n vaste vorm. Die tradisionele vorm wend hy dikwels verrassend nuut aan. Opvallend is talle gedigte oor die digterskap en digambag, liefdesverse en politieke gedigte.

DEMOSTHENES, DIE KLIPKOUER, DIGBY KALAMATA

die mooiste ure was wanneer ek

alleen in ingekapte kerkies God

kon uitsing in die eggo's teen die rots

maar tussen mense word my tong verstok

as ek moet antwoord soek op vrae

sodat die saarnwees altyd aan my krap

wanneer ek hakkelrig met hulle bots.

ek wens dat ek myself kan toemaak in my kerkies en myself.

tog is ek oorgelewer aan dié mensbestaan

waar almal aldag op my tone trap.

nou loop ek soggens skuins voor dagbreek

hier langs die skoon en vlakkerige

see en luister hoe die branders oopvou

op die strand. buk af en kyk hoe lyk

die klippies op die sand. bly dae

kyk na al die vorms en die kleure

elkeen 'n wonderwerk en sáám

'n groter een in skynbaar sorgelose blink verband.

en kies 'n paar en speel met hulle

in my kies. voel hoe my tong geskaaf

word en hoe my mond op sy beurt verder

vorm gee aan elke klip.

'n skip skiet uit die horison.

en sonder twee maal dink of iemand dit verstaan

spoeg ek die klippies mosaïkfyn uit my mond.

my groet is glad en koeëlrond.

die dag het soos 'n eerste dag rondom my oopgegaan

Uit Skimmellig (Human & Rousseau)

weer op die stormberge

die dinge wat daar grys deur berge toegemessel word

breek hartbeeshuislik in 'n mens weer oop

teen sononder in dié kontrei. die oorvlug

van die hadida's krimp elke kom; die bakbos stort

'n mens se longe in en ruk vol droogtejare trug.

die blinkroep van 'n merrie uit die vlei

is 'n langbeenligvoetmeisie in haar loop.

die roomafskeier op die plaas

is dood die speel van kaggelkaarte is verby

en in 'n kraai se populierbosroep weet ek oplaas

dat elke hoes saans kanker in hom kry.

Uit: om alleen te reis; Hurnan en Rousseau.