Die OLIVIER Webtuiste

Hierdie is 'n beskeie poging om die OLIVIERS van Suid-Afrika (en elders) nader te bring na mekaar en inligting rondom die familie te versamel en beskikbaar te stel aan almal wat belangstel.

Dit was nog altyd 'n groot begeerte om die inligting wat ek deur die jare bymekaar gemaak het op een plek bymekaar te maak sodat dit maklik toeganklik kan wees.

Ek wil ook 'n bladsy in werking stel waar die reaksie van besoekers aan die webtuiste versamel word. As jy dalk enige interessanthede het wat ons hier kan plaas, kan jy my gerus laat weet by josey.olivier@gmail.com En onthou hierdie webtuiste is permanent onder konstruksie:-)

Daar is 'n paar webtuistes wat ek gereeld besoek:

Daar is 'n webtuiste waar OLIVIERS vanoor die wêreld boodskappe vir mekaar los en dan kan jy daarop antwoord of sommer net gaan rondsnuffel en kyk wat vir ander OLIVIERS belangrik is. Oor die algemeen is dit Amerikaners wat by hierdie webtuiste gereeld besoek gaan aflê.

Het jy geweet daar is 'n Kasteel OLIVIER in Frankryk waar heerlike wyne bemark word? Gaan besoek hierdie kasteel en bestel 'n paar van hierdie rooiwyne:-)

Die argief is onontbeerlik as jy 'n langverlore familielid soek wat jou al jare ontwyk. Hier kan jy gaan seker maak of daar dalk 'n dokument van hom of haar bewaar word.

As Genealogie vir jou belangrik of selfs net interessant is, is die volgende skakel 'n uitstekende besoekpunt. Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika .

Die verhaal van Hendrik Corneliszoon OLIVIER wat ek op hierdie webtuiste gebruik het kom van die Stamouers webtuiste van AM van Rensburg wat ook ander verskriklik interessante gegewens huisves byvoorbeeld oor die slawe en die V.O.C.