MotorBurger het verlede week berig dat dié Toyota-"paneelwa" die Saterdag-renne van die Gydo-pas-heuwelkilmwedren Koning van die Berg gewen het. Sedertdien het ons verneem wat onder die enjinkap van Dawie Olivier, 'n uiters begaafde private jaer van Pretorla, geskuil het. En die prys van dié wa? Lees eerder die bygaande storie..
Foto: ERIC MSEPH
Jaco Kirsten
So nou en dan gebeur iets met 'n mens wat eers jou wenkbroue laat lig en dan, by nadere ondersoek, jou sommer hardop laat lag van die lekkerkry.
MotorBurger-lesers sou dalk verlede week opgemerk het dat daar 'n foto was van 'n Toyota "paneelwa" wat op die eerste dag van die Gydo-pas-wedren Koning van die Berg op Killarney die mense laat regop sit het. En verlede Saterdag was dié einste ryding (want mooi is dit allermins) die heel vinnigste van al die motors vierwielaangedrewe Mitsubishi Lancer Evo's ingesluit.
Die, vriende va n die bestuurder van die gevaarte, Dawie Olivier, het MotorBurger intussen gekontak en meer oor die motor vertel. En dit laat jou amper van jou stoel afval.
Volgens hulle het Dawie Vrydag 'n Porsche GT2 van agteraf ingery op Killarney, dus moet die ding loop dat dit klap. Dawie is 'n Pretorianer en amateurjaer wat alles uit sy eie sak betaal. Maar hy's blykbaar allesbehalwe 'n groentjie, aangesien hy vanjaar se All Tar-tydren teen nasionale tydrenjaers gewen het.
Volgens Richard Bruhin, 'n vriend van Dawie, beskik die "paneelwa" oor agterwielaandrywing - met sy oorspronklike bladvere! Soos bakkies s'n.
Die kragbron is (of is dit "was"?) 'n Toyota 1.6-dubbelbonokas 4 AGE-enjin wat deur Mike Lotter van Mike's Motor Shop met 'n turbo toegerus is. Maar die storie raak nog beter. Dawie het die motor die Dinsdag van Pretoria na Kaapstad gery, die Woensdag is die enjin uitgehaal en het Mike Lotter die 'renenjin" uit spaaronderdele gebou.
Die Donderdag is die motor ingestel op 'n dinamometer, Vrydag het hulle die mense op die baan gaan skrikmaak ... en Saterdag gewen. En die beste van alles is dat hierdie motor nie eens R20 000 gekos het nie!