OLIVIERS EN DIE TWEEDE VRYHEIDSOORLOG 1899 - 1902
Jan Hendrik OLIVIER is ongeveer 1856 gebore en is op 30 Mei 1930 oorlede. Op 15-jarige ouderdom sluit hy by die Vrystaatse grenspolisie aan en word in 1873 op 17-jarige ouderdom veldkornet vir Rouxville-Zastron. Vir sy deelname aan '
n veldtog teen Moshweshwe ontvang hy die plaas Olifantsbeen in die wyk Vechtkop in die distrik Zastron. In 1883 is hy tot lid van die Volksraad vir Caledonsrivier verkies en in 1893 herkies. Met die uitbreek van die oorlog in 1899 was hy reeds '
n jaar lank kommandant van die Rouxville-Zastron kommando. Sy kommando en twee ander veg noord en suid van die Oranjerivier en op 13 November 1899 beset hy Aliwal-Noord. Daarna beset hy Burghersdorp, Jamestown, Barkly-Oos en die spoorwegaansluiting by Stormberg. Op 26 November probeer genl.-maj. Catacre Stormberg beset maar genl. OLIVIER se 1 700 man dien hom '
n nederlaag toe en die Britte se "Swart Week" begin. In Maart en April 1900 is hy saam met genl C.R. De Wet in die suidoos- Vrystaat en bly tot Julie by hom in die Brandwaterkom. Sy kommando is een van die wat saam met genl. De Wet ontkom toe genl. Prinsloo oorgee. Weens '
n verskil met genl. De Wet besluit hy om met sy drie seuns liewer in Transvaal te gaan veg. Naby Winburg val hy egter in die hande van die Queenstown Volenteer Rifles en word na Ceylon gestuur. Na sy terugkeer word hy lid van die Wetgewende Vergadering van die Oranjerivier-kolonie, maar onttrek hom in 1910 aan die openbare lewe
[Die Boere-offisiere van die Tweede Vryheidsoorlog.]
Jan Hendrik OLIVIER van Olifantsbeen Zastron, kommandant van die Rouxvillekommando en reeds van sy 21 ste jaar af volksraadslid van die Vrystaat, is deur pres. Steyn aangestel as hoofkommandant van die invalsmagte in die Stormberggebied. Hy is in 1845 in die Burgersdorpdistrik gebore maar hulle het kort daarna na die Vrystaat verhuis waar hy in 1865 laerkommandant van die Rouvillekommando in die oorlog teen die Basotho'
s was. Komdt. Olivier het die familieplaas by sy pa gekoop en '
n vermoë
nde man geword.
Olivier was groot en vors van gestalte, het '
n sterk persoonlikheid gehad en het groot aansien onder sy volgelinge geniet. Sy welige bos baard het hom '
n stoere voorkoms gegee - '
n prototipe van die Boer. Hy was ook '
n diep gelowige man en uiters konserwatief, eienskappe wat van hom '
n beter vredetydse leier as '
n bevelvoerder van '
n krygsoperasie gemaak het. Aan dapperheid het hy egter nie ontbreek nie. Sy diep stem het gepas by sy gestalte en volgens oorlewering het hy sy toesprake begin met: "Ik, Jan Hendrik Olivier zeg," en dit afgesluit met: "Ik, Jan Hendrik Olivier, heb geseg."
Sy inname van Aliwal-Noord (Oliviersfontein) op 13 November met sy kommando van 450 Rouxvillers was meer seremonieel as kragdadig en al skote wat afgevuur is, was die saluut van die twee Kruppkanonne wat saam met hom gekom het.
Die omvang van Olivier se opsweping van gemoedere en opkommandering van burgers blyk duidelik daaruit dat die meer as 3 000 rekrute wat in die Stormbergdistrikte gewerf is, byna een derde van die 10 000 Kolonialers wat hulle by die Boeremagte aangesluit het, uitgemaak het.
[Rebelle van die Stormberge]
Maar generaals Froneman, Piet Fourie, WJ Kolbe en JH OLIVIER met kommandante Sarel Haasbroek, CJ De Villiers en P. Visser (van Fauresmith) het Prinsloo se oorgawe nie erken nie en met 1 500 man naby Clarens oor die berge na die noorde uitgebreek. Onder hierdie burgers was ook die latere genl. Wessel Wessels. Genl. JH OLIVIER het egter op 26 Augustus met twee van sy seuns (een slegs 13 jaar) ook in die Engelse se hande geval toe komdt. Andries van Tonder daarin geslaag het om onder '
n koeë
lreë
n uit te jaag. Hy is na Ceylon verban.
Op 16 Junie was De Wet en Froneman met die Engelse slaags by Elandslaagte, langs die Renosterrivier, tien myl van Heilbron af in Vredevortweg se rigting. Die volgende dag het komdt. C Nel van Kroonstad bedank en is komdt. Frans van Aardt in sy plek gekies. Genl. JH OLIVIER het ook by genl De Wet uitgekom en op 20 Junie het De Wet, OLIVIER en Froneman die spoorweg en telegraaflyn by Serfontein, Heuningspruit en America-stasie (van noord na suid) onderskeidelik gaan vernietig. De Wet en Froneman het geslaag, maar Engelse versterkings het Heuningspruit bereik voordat OLIVIER sy deel kon doen, en die drie generaals het toe maar na die plaas Paardekraal teruggeval.
Mnr. JJ van Tonder vertel as volg van sy vader se heldhaftige ontkoming naby Winburg. Op '
n more vroeg het die burgers '
n geveg gehad by Winburg en geretireer. Komdt. OLIVIER en veldk. Van Tonder ry langs mekaar en sien tot hulle verwondering die burgers word ontwapen deur twee persone in burgerdrag. Veldk. Van Tonder sê
toe aan OLIVIER: "Kyk ons mense speel nog, hulle ontwapen mekaar." Daar gekom word hulle toe ook ontwapen Kmdt. OLIVIER (oud-generaal) klim toe van sy perd en gee sy mauser-rewolwer af. Veldk. Van Tonder bly op sy perd sit, trek sy mauser oor sy kop en gee dit af. Gelukkig vir hom gee hy nie sy bandolier met patrone ook nie. Hy het toe ontsnap en is later tot kommandant bevorder
Stormberg was een van OLIVIER se beroemdste veldslae. Met sy 400 man en 60 van die 350 man van komdt. Swanepoel. Genl Gatacre met sy mag van byna 3 000 man en 14 kanonne was op 26 November van Oos-Londen af na die Vrystaat in aantog.
Een van die gevangenis in Ceylon wat '
n groot bydrae tot die gemeenskap van die eiland gemaak het was genl. J.H. OLIVIER. Hy het voor die oorlog met volbloedperde geboer en is deur die goewerneur van die kolonie, sir West Ridgway, versoek om die regering raad te gee by '
n perdetelery op Delft, '
n eilandjie aan die noordkus van Ceylon. Op advies van die generaal is die perdetelery stelselmatig georganiseer en verbeter. Die Boeregeneraal het gemeen dat toestande op die eiland uiters geskik was vir die teling van volbloedperde. Sy wenke is tot groot voordeel van die eiland toegepas. Vanweë
sy ryke boerderyervaring kon generaal Olivier ook sekere giftige plante uitwys wat op die weivelde van Delft voorkom.
[Bannelinge oor die Oseaan]
Na die besetting van Slag van Stormberg het komdt. Olivier op 1 Maart 1901 van pres Steyn opdrag ontvang om Stormberg te ontruim en terug te keer na Vrystaatse grondgebied. Olivier se seun Henning wat die veldtog in die Stormberge saam met sy pa deurgemaak het, skryf soos volg oor hulle onttrekking aan Stormberg in sy oorlogsherinneringe: Toe kom n berig van Cronje se oorgawe en die president order dat ons moet terugtrek. Vader wou eens nie. "Wat word van die kolonialers?" vra hy. Ons trek toe tot op die wal van die Oranje teenoor Aliwal.
[Rebelle van die Stormberge]
Kmdt. Jan Hendrik Olivier, die held van Stormberg, het nog aan verskeie veldslae in die Vrystaat deelgeneem en het hom as '
n dapper vegter onderskei. Toe genl. Marthinus Prinsloo in Julie 1900 naby Fouriesburg met meer as 4 000 man oorgee, was Olivier onder die kommandante wat geweier het om die oorgawe te erken en wat op heldhaftige wyse ontsnap het om die stryd te gaan voortsit. Olivier het egter gereken dat die hoofkommandantskap in die Vrystaat hom toekom en toe genl. Christiaan de Wet die pos kry, het daar verwydering tussen hom en De Wet , en selfs tussen hom en pres. Steyn gekom.
Op 26 Augustus 1900 is Olivier en sy twee seuns, van wie die jongste slegs dertien jaar oud was gevange geneem tydens '
n poging om Winburg wat in Britse habnde was te gaan ontset. Hy was op pad na '
n randjie wat deur boere beset was, maar toe hy sy bestemming bereik, was die burgers weg en ids hy gevangwe geneem deur manne van Brabant'
s Horse in siviele klere wat hy vir sy eie burgers aangesien het. So verbaas was hy dat hy op sy perd sit en lag het., vas onder die indruk dat sy manne besig was om hom '
n poets te bak.
Hierdie insident het die vermoede laat ontstaan dat hy verraai is en dit het '
n verbitterde man van Olivier gemaak. Hy is na Ceylon verban waar hy '
n eensame figuur was wat weens sy teruggetrokkenheid nie gewild by sy medegevangenis was nie.
[Rebelle van die Stormberge]
Genl. G.J. OLIVIER Hy was '
n Vrystater wat in die Suid-Vrystaat geveg het. Op 25 Desember 1901 het hy by Groenkop gesneuwel en is deur Andries J. Bester van Heilbron opgevolg
[Die Boere-offisiere van die Tweede Vryheidsoorlog.]
Kmdt. OLIVIER het by die slag van Krismiskop 25 Desember
1900 gesneuwel en in sy plek is veldk. Andries Jacobus Bester aangestel. Hy was van Bethlehem en het onder genl De Wet geveg.
Die nag voor Kersfees 1901 - '
n Engelse mag onder maj. Williams het toe na Groenkop tussen Elandsrivierbrug en Kransfontein getrek. Die dag voor die slag het genl. De Wet komdt. OLIVIER en kapt. Potgieter bloots agter drie naturellespioene van die Engelse laat jaag om die vuur van die Engelse kanonne te trek en die posisie van hulle geskut op die kop te kan vasstel.
Nadat genl. Froneman se afdeling in twee verdeel is het komdt Prinsloo asistent hoofkommandant geword vir Bethlehem en Ficksburg en kommandante Olivier, Lucas Rautenbach en HJ Bruwer onder hom.
Die geskiet hou aan, in die kamp en tussen die tente. En helaas - met eerbied haal die skrywer sy hoed af - hier het die onvergeetlike held, kommandant OLIVIER, in die deur van een van die tente, terwyl hy '
n paar Tommies tot oorgawe wou dwing, gesneuwel.
[Met genl De Wet op Kommando]
Genl. C.H. OLIVIER is in die plek van genl. A.P. Cronje
tot lid van die Uitvoerende Raad gekies. Hy het ook die Vrede van Vereniging namens die Vrystaat onderteken.
Toe genl. APJ Cronje
in Junie 1900 na die Engelse oorloop, word CH OLIVIER in sy plek tot lid van die Vrystaatse Uitvoerende Raad verkies. In hierdie hoedanigheid het hy in Mei 1902 die vredesooreenkoms op Vereniging onderteken
[Die Boere-offisiere van die Tweede Vryheidsoorlog]
Veldk. Japie OLIVIER Na die slag van Bloukrans op 20 Maart 1901, waaraan hy saam met Scheepers en Malan deelgeneem het, het komdt. Fouché
meestal in Noordoos-Kaapland opgetree, menige skerp geveg gelewer en die vyand groot verliese berokken. In '
n geveg tussen Jamestown en Aliwal-Noord, op 14 Julie, het veldk. Japie OLIVIER dodelik verwond neergesak toe hy '
n rant waarin die Engelse verskans was, met 14 burgers bestorm het.Hy is die volgende dag op '
n naburige plaas oorlede. Toe komdt. Fouché
hom ver laas groet, vra die sterwende jong veldkornet: "Sê
my eerlik Kommandant, het ek my plig gedoen?" "Ja Japie, jy het jou plig gedoen," was die kalm en aandoenlike antwoord. Vervolgens het die kommando '
n ruk in die Suid-Vrystaat vertoef.
Vk. Japie Olivier, wat agter '
n miershoop lê
en skiet het, het '
n skoot gekry by sy nek in en by sy rug uit, sodat hy in sy onderlyf verlam was. Fouchee het hom dadelik laat haal, terwyl daar die heel tyd op hulle gevuur is, en na die plaas Leeuwfontein toe gestuur. Weens gebrek aan mediese sorg in die Boerelaer was Fouchee verplig om Olivier die volgende dag na Zuurvlakte toe te stuur om deur die Engelse dokters verpleeg te word. Daar is hy oorlede en is hy saam met die Engelse gesneuweldes langs '
n ploegland begrawe. Terwyl die Engelse later in Aliwal-Noord se gedenktuin herbegrawe is, lê
Japie Olivier vandag nog begrawe langs die land op Zuurvlakte met '
n eenvoudige grafskrif
[Rebelle van die Stormberge]
Die slag waarin Japie dodelik gewond is word deur '
n vriend van hom volledig beskryf in die boek "Oomblike van Spanning p. 60" Sy kleurlingagterryer Klaas was baie hartseer toe hy die tyding van Japie se dood in die laer ontvang.
Ouland was die plaas van Japie se vader. Ek neem aan dat dit ook in die omgewing van Graaff Reinet was.
Schalk OLIVIER Volgens Preller (Talana p. 243) het veldkornette Piet Uys en Thys Pretorius die Pretoriane gelei wat die oggend vroeg die kop (?) uitgestuur is om die posisie van die Lydenburgers te herbeset en het Jan Celliers (nie digter nie) die volgende beskrywing gegee van wat later die dag plaasgevind het. "Met 40 man uit die Pretoriase dorpslaer moes ons komdt. Opperman gaan versterk wat hulle op die oop vlakte opsy van die kop ingegraaf het. Toe laat komdt. Opperman weet dat veldk. Zeederberg met die versterking op Spioenkop moes kom. Ons moes '
n oop vlakte van omtrent 4000 treë
oor, wat deur die vyandelike geskut omgeploeg is. In die helfte van die vlakte is Bresler se perd geskiet en Schalk Olivier swaar gewond. Bresler het Olivier se perd geneem en '
n paar man het Olivier na die veldlaseret gedra waar hy kort daarna aan sy wonde beswyk het. Spioenkop 24 Januarie 1900
Veldk. Harm OLIVIER, van Burgersdorp, wat in die Stormbergslag, deur '
n kartets in die oog getref, dood neergesak het, was '
n welvarende boer op Ruigtefontein, Burgersdorp. Hy was die vader van 20 kinders, van wie drie seuns saam met hom op kommando was en een in die slag van Stormberg in die been verwond is, deel sy dogter mee. Gebore op 8 November 1851, was hy '
n man van 48 jaar. Eers was hy met '
n mej. Venter getroud wat die moeder van 13 kinders geword het, en na haar dood met '
n mej Van Der Walt, by wie hy sewe dogters gehad het. Hy was die seun van komdt. JH OLIVIER van Colesberg (nie die een van Rouxville nie.)
Foto [Die Boere-offisiere van die Tweede Vryheidsoorlog.]
Die boerekommando'
s het vir '
n volle twee weke op Stormbergaansluiting gelê
en die Engelse aanslag afgewag. Hieroor het vk. Harm Olivier soos volg aan sy vrou op Bugersdorp geskryf:
Stormberg Junekte den 27-11-1899
Sondag morgen (26 Nov.) Toen de zon op kom het ons Stormberg gevat zonder een schoot te schiet. Ons het nog geen order wat ons zal doen. Ik dink dat ons morgen Molteno zal gaan vat. Ik heb een tyding van dag dat de troepen Molteno door gekom het en ons denk dit zal een harde geveg wees.
En op 9 Desember skryf hy: Verder mijn vrouw, ik gevoel my van mogen zeer beswaar. Ons was aangezeg om vannag om 11 uur Molteno te gaan vat en ons was klaar toen is ons weer gestop en ons moet naar Steynsburg gaan van morgen om 9 uur.
Die volgende dag Sondag 10 Desember het die Engelse op Stormberg toegeslaan en Harm Olivier was een van 5 burgers wat in die slag van Stormberg gesneuwel het.
[Rebelle van die Stormberge]
Veldk. Gert Cornelis OLIVIER is in 1859 gebore en het 82 jaar oud geword. Toe komdt. (later president) Paul Kruger in 1865 die Vrystaters met '
n Transvaalse kommando teen die Basoeto'
s gaan help het, het hy '
n tyd op Rietfontein, die plaas van sy vader, Jacobus OLIVIER gestaan en het die sesjarige Gert vir hom melk na die laer weggebring. Daardie plaas Rietfontein is vandag byna geheel deur die water van die Vaaldam bedek. In 1878 is hy met Anna Christina Meintjies getroud, toe hy nog nie 20 jaar oud was nie. As vrederegter, kerkraadslid en skoolkommissie-lid het hy die gemeenskap trou gedien en hy het dwarsdeur die Tweede Vryheidsoorlog dapper geveg. By die vrede was sy flukse ryperd wat hom in tallose gevegte in skermutselings gedra het, nog fris en sterk, By sy dood was veldk. OLIVIER '
n gesiene en vermoë
nde man en hy was alombemind.
Op besoek aan sy weduweemoeder, naby "Uitvlugfontein" is '
n jong burger, OLIVIER, verras en voor die oë
van sy moeder doodgeskiet. Sy maat Cornie Hoffman, Kmdt. Malan se adjudant, het gevlug en die twee soldate op sy beurt verras. Hulle het toe aan hom oorgegee en hy het hulle ontwapen. Dit was voor Julie 1901. 1.
Boeregrafte in Bermuda (Bermuda Colonial Archives)
Grave no. 15 G.C. OLIVIER Burial date: 01.02.1902
[Boer Prisoners of War in Bermuda]
Die boere moes uit '
n kraal breek tussen die Drakensberge en die Wilgerivier. Ons moes swaar verliese betreur: 13 dood en nagnoeg 20 gewond.In aller yl het die burgers wat deurgekom het (23 Februarie 1902), voortgehaas en kort na sonsopkoms op Bavaria by Bothasberg, die plaas van weduwee Bresler, aangekom. Hier het ons '
n lid van die president se lyfwag, Piet van der Merwe en '
n dertienjarige seun, OLIVIER, in een graf begrawe.
[Met die Boerekommando'
s]
Veldk. Willem Karel OLIVIER * 7 Januarie 1873 het as lid van die Bethlehem-kommando aan die slae van Modderrivier en Magersfontein, Colesberg en Rietfontein-stasie deelgeneem. Na die terugval uit Kaapland was hy in 1900 in die slag toe die Yeomanry naby Lindley gevange geneem is en na Marthinus Prinsloo se oorgawe het hy onder Kmdt. Sarel Haasbroek aan baie gevegte deelgeneem.
Op besoek aan sy ouers op die plaas Blydskap, Kestell, het hy en sy broer Christiaan een Sondag ongewapen na die vee gaan kyk. By sy terugkeer is hy voor die waenhuis deur twee Engelse en '
n swartman gevange geneem. Die swartman het hom sy pas gevra en hom gevloek. Veldk. Olivier het gesê
die pas is in die huis en is gebied om dit te gaan haal. By die voordeur het sy ou moeder sy mauser aan hom oorhandig. Toe hy om die hoek gaan, lê
die Engelsman en die swartman aan, maar hy skiet die Engelsman dood. Toe laasgenoemde agteroorval, tref die skoot uit sy geweer die muur net bokant OLIVIER se kop. Die swartman wou weghardloop, maar OLIVIER het sy been afgeskiet en die ander Engelsman wat opsy was, ook gevange geneem.
Na die slag van Krismiskop is hy tot veldkornet benoem in die plek van veldk. Frans Pieterse wat daar gesneuwel het. Vervolgens was hy o.a. in die slag van Steenkampskop waar drie blokhuise van die Engelse afgeneem is en na die vredesluiting het hy saam met genl. Michael Prinsloo wapen neergelê
Behalwe vir die terugkerende rebelle, was daar ook boere wat in die berge geskuil het om uit die hande van die Engelse te bly. Die Stormberge en die Drakensberge is vol hol kranse en grotte wat gerieflike skuiling gebied het. Van hierdie voortvlugtendes het krygswet oortree, of nooit die wapen neergelê
nie. Een groep wat hulle die Bergskotte genoem het was die Oliviers van Modderfontein. Hulle het lank in die berge rondgeswerf en na '
n lang kat-en-muis-spelery met dorpswagte, hulle by '
n kommando aangesluit
[Rebelle van die Stormberge]
68 slagoffers van die Stormberge
Olivier, Jan Harm Labuschagne, van Ruigtefontein, Burgersdorp. Sneuwel op Stormberg op 10 desember 1899 en herbegrawe op Burgersdorpkerkhof.
Olivier Jan Hendrik, van die Rouxvillekommando. Sneuwel op Stormberg en herbegrawe op Burgersdorp. Seun van genl.J.H. OLIVIER
Die volgende burgers is elders begrawe:
Olivier, Jacob Petrus (Japie) veldkornet in Fouchee se kommando. Sneuwel op 14 Julie 1901 in die slag op Suurvlakte.
Die volgende burgers uit die Stormberggebied het op 2 Junie 1902 op Cradock en op 8 Junie 1902 op Aliwal-Noord die wapen neergelê
na vredesluiting:
Aliwal-Noord: Olivier J.A. Damfontein
Barkly-Oos: Olivier Frans Mostaan
[Rebelle van die Stormberge]
Verhaal en foto's van aanvoerders en helde uit ons Vryheidstryd
Opgestel deur P.H.S. Van Zyl
Die Afrikaanse Pers-Boekhandel, Pleinstraat 3, Posbus 845
Johannesburg. 1944
Die Boere-Offisiere vandie Tweede Vryheidsoorlog 1899-1902
'n Monografie van die Nasionale Kultuurhistoriese Museum Pretoria
Jacques Malan
J.P. Van Der Walt Pretoria
Bannelinge oor die Oseaan
Boerekrygsgevangenis 1899-1902
Coen Groenewald
J.P. Van der Walt
Pretoria
Rebelle van die Stormberge - Tweede Vryheidsoorlog 1899-1902 -
A.V. Oosthuizen (In samewerking met die Aliwal-Noordmuseum)
J.P. Van der Walt
Pretoria
Met Genl. De Wet op Kommando
Izak J.C. De Wet
Afrikaanse Pers-Boekhandel
1954
PH. J. Du Plessis
Nasionale Pers Beperk
Kaapstad Bloemfontein en Port Elizabeth 1938
Boer Prisoners of War in Bermuda
Colin Benbow M.A. (Oxon.)
History Master, Warwick Academy, Bermuda
Bermuda Historical Society Occasional Publications No: 3
Met die Boerekommando's
J.D. Kestell