Hendrik Cornelisz OLIVIER was van Ouwekerk in Nederland. Hy kom in 1661 na die Kaap as vryburger. Hy word op 1 April 1677 as een van die beste tien boere aangewys en word toegelaat om 'n slaaf te koop. Hy word 'n burger in 1701. Hy trou 30 Mei 1677 met Beatrix Gysberta VERWEY, sy was van Woerden, Nederland. Haar ouers is Gysbert Verwey en Catharina Ganzevanger, van Milligen, Nederland.
KINDERS; b1 Gysbert gedoop 2 Mei 1678, nooit getroud, + 1730 b2 Cornelis gedoop 19 Maart 1679, + 1713 b3 Neeltje (Cornelia gedoop) 21 Sep 1681, X 2 Okt 1707 Cent Jantz, XX Christiaan Sprigt b4 Jan gedoop 7 Nov 1683, X 18 Apr 1717 Helena Burger b5 Aart (Arend) gedoop 9 Mei 1688, X 16 Apr 1730 Helena du Toit (wed van Ernst Frederik de Swart) b6 Annietie (Johanna) gedoop 10 Maart 1691, X Jan Cloete b7 Gerrit gedoop 31 Mei 1693, X 30 Mei 1730 Maria Magdalena van der Westhuizen b8 Ocker gedoop 3 Des 1696, sterwe voor 1718 b9 Beatrix gedoop 9 Mei 1698, X 5 Sep 1721 Pieter van der Westhuizen
Hendrik was die ouer broer van die ander stamvader Ockert Cornelisz Olivier
In 1687 het Hendrik en sy vrou met 'n paar andere geweier om kerkdienste by te woon weens die ergerlike lewe van die sieketrooster, Sybrand Mankapdan. Hendrik is aangekla op 22 September 1673 weens diefstal.
Hendrik sterwe 1701 en hy het toe 'n onbebouwde plaas gehad aan de Ruyterstal valleij en 'n plaas by Tygerberg. Die plaas Clara Anna Fontein by Tygerberg word aan Beatrix toegeken. Sy ontvang ook weiland in 1706 in die Land van Waveren, sy kry hierdie plaas met 'n erfbrief in 1714, en is bekend as Louisenklip aan die Klein Berg rivier. Sy was bekend as die 'landbouweresse'. Beatrix sterwe 1740/1741.
Bronne: Esme BULL "An Anomaly in the OLIVIER Family" Familia, Vol 23, No.3, 1986. M Cairns The Secluded Valley. Tulbagh: t' Land van Waveren 1700 - 1804 de Villiers en Pama GC de Wet Die Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting
Saamgestel deur: AM van Rensburg van die Stamouers webtuiste.