Jan Kommandant

Die volgende storie het 'n baie vriendelike dame van die Burgersdorp Museum vir my gestuur en ek is verskriklik opgewonde oor hierdie storie. As die taal vir jou snaaks klink - ek het dit net soos hy dit geskryf het oorgetik.

Herinneringe uit Burgersdorp oor Jan "Kommandant" OLIVIER

Ek kan die Vader nie genoeg dankbaar wees dat Hy my so lank gespaar het en dat my verstand nog so goed is dat ek dit alles kan neer skrywe. 80 jaar.

Mnr. M. la Grange het my gevra om dit vir hom te doen hy is nuuskierig om van die ou tyd te hoor, en ek is nog al een van die ou mense, wat hier groot geword en nog leef.

Oupa OLIVIER en 'n klompie ander boere was juis op pad agter 'n klompie wilde Boesmans aan en het 'n nag op die bult op pad na nou Burgersdorp geslaap. Hulle het die vuur van die Boesmans gesien en juis gewag vir die môre voor hulle die boesmans aanval. Die nag was daar 'n groot hael bui en moes hulle die saal oor hulle koppe hou. Die weer was ook baie hard. Hulle het toe die krans omsingel, dit het maar stadig gegaan, want dit was ruig. Toe hulle die krans bereik moes hulle sien dat die weer die nag die krans op die Boesmans afgeslaan het en alles toe was.

In die ou tyd het 'n dr. Kannemeyer so 'n bietjie uitgrawings gedoen. 'n Entjie verder het Oupa-hulle die volgende aand by die Daskoppies, die grens tussen Billona en Rooipoort geslaap en het oupa dadelik verlief geraak op die omgewing en alles gedoen om die plaas te bekom en het dit Roodepoort genoem.

Hy het 'n kleihuis op die walle van die Barnardspruit gebou - die mure was van klei gevorm. Die drinkwater het hulle in die rivier en 'n baie sterk fontein gekry. Daar was ook baie klipkrale om die vee te beskerm teen die ongediertes. Daar was ook nog wrede Boesmans en Oupa het hulle somar dood geskiet; en 'n oom het my gaan wys waar een in 'n skeur gegooi was. Daar is nog fyn stukkies bene.

Daar is ook baie hoê kranse een word witkrans die slaap plek van honders asvools. Hulle het verdwyn en weer in die twintig jare terug gekom en nou weer onlangs begin verdwyn so daar net 'n paar oorgebly het. Onder die Witkrans is daar die wolwe gate. Die drie laaste wolwe is in 'n wolwe hok gevang. Die laaste drie hokke se fondamente is ook nog sigbaar.

Van die ou mense het gewaag om in die wolwe gaate in te kruip. Hulle sê dit is eers nou maar is dit groot. Hulle het bang geword, want daardie jare was daar nie flitse maar het vetkerse gebruik.

Hier het glo twee keer Boesmans mak geword weer wild geword en baie kwaad gedoen deur beeste hakskeen senings af te kap.

Oupa het later 'n ander werf gemaak oorkant die rivier waar mnr. B. Greyling nou woon. Toe oupa twee Boesmantjies stuur om die perde te gaan haal het die laaste leeu die een Boesmanjie gevang en opgevreet die ander een het in een van die skeure weggekruip. Alhoewel daar na die leeu gesoek is hy nooit weer gesien.

Twee damme is gebou, die skroppe was bees velle. Die grond was met grawe op die velle gegooi en die vel dan met 'n riem soos 'n twak sak toe getrek en na die wal gesleep. Die vel moes elge aand in water gegooi word. U weet tyd was nie 'n probleem nie. Op een van die seuns se werwe was daar 'n water meel dit was 'n klip gebou en die water is met 'n boom stam wat hol uit gebeitel is van die voor water, uit die damme verkrybaar na die water wiel gelei wat dan die stene gedraai het en die meul dan maal.

Die pad het eers voor die deur van mnr Greyling verby gegaan. Dit was maar lastig want dit was toe 'n uitspan en afsaalplek. Vernaamlik as dit reën en die rivier te sterk was om deur te gaan.

Daar was 'n druk verkeer totdat die spoorweg na James Town voltooi is. Die drif het eers skuins deur gegaan en is eers later reg deur gemaak, wat nie 'n maklike taak was, want die hoë wal moes met pik en graaf deur Bantoes gedoen word. Oom Jan Myburg was die voorman. Ek was nog maar baie klein. As ma vir oom Jan tee of koffie stuur het hy my altyd 'n paar droë perskes in die hand gestop, want hy het op die plaas Wlgedag gebly en daar was baie vrugte.

Oupa het 'n baie groot tuin daar aangelê en het self sy eie vogies gestook. Hy het 'n ou Boesman aangestel om die tuin op te pas met pyl en boog. Die pyl was nie skerp nie maar 'n ronde knop wat 'n blou knop agter gelaat het waar dit jou tref. Die kleinspan het nie (net) soveel geëet as wat hulle gemors het. Die kinders het naderhand moeg geword vir die vrugte se plukkery want elkeen wat daar aan doen moes 'n manjie vrugte kry. Het hulle nie alle planne uit gedink om te spook nie. Die plaas het naderhand die naam van spookplaas gekry.en het hulle net die dag daar aangedoen, maar as dit laat word versit hulle.. Ek weet nie of mnr. Greyling al een van die spoke daar raak geloop het.

Gedurende die boere oorlog was daar baie keer op mekaar geskiet. Die een keer was dit op die Town Guard dit is manne wat by Engelse aangesluit het. Die boere was op die kop bokant mnr. Greyling se Bantoe hutte en die Town Gaurd in die pad voor die hutte toe boere op hulle los gebrand het. Hulle het weggejaag en net 'n mnr. Boet Lundt is die kant geskiet. Die ander kant wou die Engelse die boere op die berg vaskeer maar hulle het nie geweet van die voetpad die kranse waarmee die boere ontsnap het. Hulle het toe met die ligte gepaat met 'n ander klomp engelse daar bokant die twee damme die boere toe ingewag het. Toe hulle naby kom het hulle losgebrand maar net een 'n mnr Nel van Lady Grey is deur die heupe geskiet.

Hulle het toe oom Andries laat weet hy moet die gewonde kom haal wat hom toe met 'n skotskar en osse gaan haal het Perde was toe almal op gekommandeur. Hy is toe die volgende dag met ambulands kom haal. Dit was 'n verewa met muile. Die skool was gesluit en ingerig as hospitaal. Intussen het die gewonde vreeslik pyn verduur. Hy is 'n paar dae daarna oorlede.

Die drif het ook maar baie moelikheid gegee en tot vandag is dit nog nie 'n sukses nie. Die plaas is later gekoop deur oom Teuns Pelser. Later is oom Teuns Kruger 'n wewenaar met die weduwee van oom Teuns Pelser getroud. Hy het toe 'n wal met groot klippe deur die rivier gesleep, wat nie 'n sukses was nie want die water het die grond uitgespoel met die gevolg dat daar 'n diep gat water in die pad gestaan het. Dit is toe met skotskarre en osse weer op gevul. Dit was ook vir ons mooi om staan en kyk as die melk koei deur die vol rivier gaan en hulle onderste bo oor die klip wae gspoel is.