Hieronder is 'n lys van die oordenkings met 'n skakel wat lei na teks en 'n klankgreep.
Keer gerus terug na hierdie skakel so elke nou en dan en kyk of daar dalk nuwe sielskos is vir jou.
(Kliek op die skakel en dan op die naam of afpyltjie om die boodskap te sien of die skakel te kry vir die klankgreep.)
Kliek ook gerus op die "Oordenkings" skakel (menu) daarbo ๐๐ป om by die ouer oordenkings uit te kom.
Toe ek nog klein was, was ek en twee van my neefs baie na aan mekaar gewees โ een aan my ma se kant en een aan my pa se kant. Ek en een van hulle het gereeld vakansies by mekaar gekuier, was saam stout, het saam pak slae gekry, saam gelag, saam gehuil โ amper alles saamgedoen. My pa en ooms het na ons verwys as Dawid en Jonatan โ maak nie saak watter twee dit was nie, maar ek was darem altyd een van die twee.
Tot vandag toe, as ons mekaar sien, dan word die band weer opgetel waar ons dit gelaat het. Tog, ons is familie en die band is bietjie anders as wat Dawid en Jonatan sโn as vriende was. Gelukkig het ek reeds in St. 6 โn vriend ontmoet en tot vandag toe is ons Dawid en Jonatan. In 1 Samuel 18:1 (AFR20) word Jonatan se liefde vir sy vriend Dawid beskryf:
โ๐๐๐ ๐ท๐๐ค๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ข๐ ๐๐๐๐๐๐๐ก โ๐๐ก, ๐ค๐๐ ๐ฝ๐๐๐๐ก๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐โ๐๐ ๐๐๐ ๐ท๐๐ค๐๐. ๐ฝ๐๐๐๐ก๐๐ โ๐๐ก โ๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐ฆ ๐ ๐๐๐ โ๐๐๐ ๐๐๐.โ
Ware vriendskappe het die krag om lotsbestemmings te vorm en ondenkbare uitdagings te oorkom. In die verhaal van Dawid en Jonatan sien ons โn verhouding wat gesmee is in lojaliteit, opoffering en doelgerigtheid. Alhoewel die een โn prins was en die ander โn herder, het hul verbintenis status en omstandighede oortref. Hulle het nie net as bondgenote saamgewerk nie, maar as sielsgebonde vriende verenig deur โn hoรซr roeping.
Jonatan het Dawid nie net as โn vriend gesien nie, maar as โn man wat deur God gekies is vir โn groot opdrag en missie. Toe Saul probeer om Dawid leed aan te doen, het Jonatan sy eie posisie en veiligheid in gevaar gestel om hom te beskerm (1 Samuel 19:1-6). Hy het met sy pa bemiddel, sy lojaliteit aan Dawid belowe en sy veiligheid verseker. Die diep, innige, opregte vriendskap en lojaliteit tussen Dawid en Jonatan leer ons dat ware samewerking dikwels vereis om verby persoonlike belange te tree om die missie van โn ander te beskerm.
Die rol van Jonatan in hierdie vriendskap is onmeetbaar. Dawid het die belofte gedra van โn toekomstige Koning โ eeue later โ wat met integriteit sou lei en vrede sou bring. Sy oorlewing was nie net oor die behoud van een lewe nie, maar oor die vervulling van โn Goddelike doel wat talle ander sou seรซn. Jonatan het dit in sy hart geweet en hy het gekies om Dawid te ondersteun, selfs toe dit beteken het om sy eie aanspraak op die troon prys te gee.
Hierdie vriendskap het gefloreer op wedersydse diens. Jonatan het vir Dawid beskerming, leiding en onwrikbare geloof in sy roeping gebied. In ruil daarvoor het Dawid hul band geรซer en Jonathan se nalatenskap oorgedra, selfs nรก sy vriend se dood. Hulle verhouding was nie innerlik beperk of afgesonder nie; dit het na buite gegolf en die lewens van baie beรฏnvloed. Deur hul optrede het hulle โn groter goeie doel gedien en getoon dat ons lewens met mekaar verbind is op maniere wat ander kan ophef.
Dink vandag aan diegene in jou lewe wat dalk soos Dawid is โ individue wat swaar laste dra, โn onsekere toekoms navigeer of eensame paaie stap. Wie in jou kleingroep of vriendekring het dalk dieselfde moed, voorspraak of geselskap nodig as wat Jonatan vir Dawid aangebied het?
Tydens my studies as โn tweede loopbaan predikant en, al van St. 6 af, het ek โn sterk en lojale Jonatan gehad en daarvoor loof ek die Here. Nou, nadat hy my gewys het hoe, het ek geleer om ook โn Jonatan te wees vir ander.
Laat hierdie storie jou inspireer om โn Jonatan te wees. Staan by diegene wat krag nodig het, bied jou gawes onbaatsugtig aan en vertrou dat jy tot โn groter doel bydra om ander te dien. Ware vriendskap gaan nie net oor wat ons kry nie, maar oor wat ons gee om te verseker dat die planne wat God vir ander het, tot uitvoering kom. Saam kan ons die verskil wees wat vrees in geloof, wanhoop in hoop en isolasie in gemeenskap verander.
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Wanneer ons besef dat ons nooit alleen hoef te dien en alles self te vermag in God se koninkryk nie, dan is dit makliker vir ons om werklik diensbaar te wees. Maar soms voel dit of ons alleen is in ons stryd en soms voel dit of alles soos โn berg voor ons lรช. Dit is in tye soos daardie wat ons moet onthou dat Jesus self by ons is deur Sy Gees โ soos Hy beloof het โ en dat God self sal voorsien.
In Eksodus 6:28-30, wanneer die Here vir Moses opdrag gee om voor die magtige Farao te gaan, is Moses huiwerig en gevul met self-twyfel. Hy is deeglik bewus van sy tekortkominge, veral sy gebrek aan welsprekendheid, wat hy glo hom diskwalifiseer om met Farao te praat.
Dan lees ons ons Eksodus 7:1-6 (AFR20) oor God se voorsiening:
โ๐ท๐๐ ๐ป๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐ก๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ฬ: โ๐พ๐ฆ๐, ๐ธ๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ข '๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐ข ๐๐๐๐๐ ๐ด๐ฬ๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ข ๐๐๐๐๐๐๐ก ๐ค๐๐๐ . ๐ฝ๐ฆ ๐๐๐๐ก ๐๐๐๐๐ ๐ ๐ฬ ๐ค๐๐ก ๐ธ๐ ๐๐๐ข ๐๐๐ฃ๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐ข ๐๐๐๐๐ ๐ด๐ฬ๐๐๐ ๐๐๐๐ก ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ก, ๐๐๐ก โ๐ฆ ๐๐๐ ๐ผ๐ ๐๐๐๐๐๐๐ก๐ ๐ข๐๐ก ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐ก ๐๐๐๐. ๐๐๐๐ ๐ธ๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ ๐ โ๐๐๐ก ๐ฃ๐๐โ๐๐๐ ๐๐ ๐๐ฆ ๐ก๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐ก๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ธ๐๐๐๐ก๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐๐๐๐. ๐ท๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐ข๐๐ ๐ก๐๐ ๐๐๐, ๐๐ ๐ธ๐ ๐ ๐๐ ๐๐ฆ โ๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ธ๐๐๐๐ก๐ ๐๐ฬ ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐ฬ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ , ๐๐ฆ ๐ฃ๐๐๐, ๐๐๐ ๐ผ๐ ๐๐๐๐๐๐๐ก๐, ๐ข๐๐ก ๐ธ๐๐๐๐ก๐๐๐๐๐ ๐๐๐. ๐ท๐๐ ๐ธ๐๐๐๐ก๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ก ๐ธ๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐ธ๐ ๐๐ฆ โ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ธ๐๐๐๐ก๐ ๐ข๐๐ก๐ ๐ก๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ผ๐ ๐๐๐๐๐๐๐ก๐ ๐ข๐๐ก โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐.โ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐ ๐ด๐ฬ๐๐๐ โ๐๐ก ๐ก๐๐ ๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐ โ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐ฃ๐๐๐ โ๐๐ก, โ๐๐ก โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐.โ
Moses en Aรคron was broers, maar hulle verhouding het veel verder as familiebande gestrek. Hulle was Goddelik aangestelde vennote in God se sending om die Israeliete te verlos. Moses het die gesag en visie gedra, terwyl Aรคron die gawe van kommunikasie en teregstelling gebring het. Saam het hulle mekaar se swakhede aangevul en gedemonstreer hoe God dikwels verhoudings gebruik om Sy doel te bereik.
God het Aรคron in Moses se lewe geplaas om โn spesifieke behoefte aan te spreek โ Moses se onsekerheid oor sy praatvermoรซ. God het nie Moses se swakheid verwyder nie; in plaas daarvan het Hy vir Aรคron voorsien om Moses te versterk waar hy swak was. Dit wys dat God nie van ons verwag om Hom alleen te dien nie. Hy omring ons met mense wat ons kan help om ons roeping te vervul, wat ons daaraan herinner dat bediening โn gedeelde strewe is.
Ons moet onthou wat Paulus ons leer. In 1 Korintiรซrs 12:18 (AFR83) sรช hy: โ๐๐๐๐ ๐๐๐ข โ๐๐ก ๐บ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐, ๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ฃ๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐ป๐ฆ ๐๐๐ก ๐ค๐๐ข โ๐ฬ.โ Elke persoon is uniek begaafd en deur God geplaas om โn rol te vervul wat bydra tot die geheel. Moses en Aรคron was deel van dieselfde โliggaamโ en het onder God se leiding saamgewerk om Sy wil te bereik.
Dink bietjie na oor die mense wat God in jou lewe geplaas het โ familielede, vriende of bedienings-vennote โ wat jou ondersteun, aanmoedig en uitdaag om jou Godgegewe roeping te vervul. Soos Aรคron vir Moses, is hierdie individue God se voorsiening, wat Sy begrip van jou unieke behoeftes demonstreer. Herken en sรช dankie vir hierdie verhoudings, en oorweeg hoe jy ook โn โAรคronโ vir iemand anders kan wees, lewe in hul roeping kan spreek en saam met hulle in hul reis deel.
Identifiseer dus die โAรคronsโ in jou lewe. Wie moedig jou aan in jou wandel met God? Neem tyd om God vir hulle te dank en, indien moontlik, spreek jou dankbaarheid direk aan daardie individue uit.
Dink ook na oor hoe jy iemand anders kan ondersteun. Is daar โn โMosesโ in jou lewe wat aanmoediging, gebed of praktiese hulp nodig het?
๐ฒ๐๐๐๐:
Here, dankie vir die mense wat U in ons lewens plaas om ons te bemoedig, te ondersteun en saam met ons te stap in die geloofsreis. Help my om hierdie verhoudings as U voorsiening te sien en om โn bron van aanmoediging vir ander te wees. Dankie dat U die liggaam van Christus bymekaar hou en elkeen van ons toerus om ons unieke rolle te vervul. Amen
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Dit is โn absolute voorreg om saam met ander mense te groei in Christus. Maar groei gaan nie net oor geestelike volwassenheid nie; dit moet vrugte dra in hoe ons saamgaan in die reis van die lewe โ om ander in eenheid te dien. So, wat beteken dit om saam met ons vriende, ons kleingroepe en ons kerk-families te dien?
Die Bybel roep ons op om namens die weerloses te praat en op te tree. Spreuke 31:8-9 (AFR20):
โ๐๐๐๐ ๐๐๐ข ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐ก๐๐๐๐๐ ๐, ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ค๐๐๐๐ค๐ฆ๐.
๐๐๐๐ ๐๐๐ข ๐๐๐๐ ๐๐๐, ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ฃ๐๐๐๐๐, ๐๐ โ๐๐๐โ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ก๐๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐โ๐๐๐๐ก๐๐๐.โ
Om ander te dien, beteken dikwels om uit ons gemaksones te tree om te pleit vir diegene wat hulp nodig het. Dit kan maklik wees om na binne te fokus op ons eie geestelike groei, maar God se Woord daag ons uit om daardie groei te laat uitspoel in diens tot Sy eer.
In Matteus 28 gee Jesus Sy dissipels die opdrag om dissipels te gaan maak. Dit is nie net โn individuele missie nie โ dit is โn oproep om saam te gaan. Jesus stuur ons nie uit op ons eie nie; Hy rus ons toe met Sy gesag en belowe Sy teenwoordigheid. Ons dien met die vertroue dat ons nooit alleen is nie, selfs wanneer die taak uitdagend voel.
Maar, hoekom is dit uitdagend om โn dienende hart te hรช?
Eerstens, voel so baie van ons ontoegerus: Dit is maklik om te dink, โek is nie vaardig genoeg nie of wat as ek dit opmors?โ Maar Jesus herinner ons daaraan dat die gesag om te dien van Hom af kom. Hy rus ons toe deur Sy Gees en Sy Woord.
Tweedens, vrees amper alle mense vir mislukking: Om ander te dien, behels risiko โ om jouself daarbuite te plaas, foute te maak en te leer terwyl jy gaan. Maar onthou, God is vir jou, en Hy werk deur ons swakhede.
En, derdens, is dienaars dikwels eensaam: Soms voel ons geรฏsoleer in ons pogings. Daarom is Bybelse gemeenskap so belangrik! God plaas ons in klein groepies en kerke sodat ons mekaar kan ondersteun terwyl ons dien.
So, hoe doen ons dit? Praktiese stappe om saam te dien:
Bid Saam: In plaas daarvan om te sรช: โEk sal vir jou bid,โ bid saam met iemand die oomblik dat hulle โn behoefte deel. Gebed is โn daad van diens wat geloof en eenheid bou.
Neem aksie of tree op as โn span: Of dit nou vrywillige werk by โn tehuis of sopkombuis is, โn sending projek organiseer of iemand in nood help, soek geleenthede om saam met jou gemeenskap te dien.
Moedig mekaar aan: Om te dien is soms harde werk. Wees die stem wat ander ophef wanneer hulle moedeloos of oorweldig voel.
Wanneer Jesus vir ons sรช om dissipels te gaan maak, gee Hy nie net โn opdrag nie โ Hy gee ons Homself. Hy belowe: โ๐ธ๐ ๐๐ฆ๐, ๐ธ๐ ๐๐ ๐๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐, ๐ก๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐ฆ๐.โ (Matt. 28:20b AFR20) Wanneer ons in geloof uitstap om ander te dien, doen ons dit nie uit eie krag nie. Jesus gaan voor ons uit, loop langs ons en werk deur ons.
Onthou, jy is nooit geskep om alleen te dien nie. Laat die Here jou lei om saam met Hom en saam met ander te werk aan Sy Koninkryk.
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Ek glimlag dikwels as mense so verskriklik vasberade is om โietsโ van hulself te maak โ sonder enige hulp. Mense het iewers โn video gekyk of geluister na โn motiveringspreker wat praat oor hoe jy โn individu is en hoe jy nie nodig het om na iemand te luister nie of iemand na te boots nie. โJy moet net jouself weesโ, sรช hulle... En wat doen die mense? Hulle luister sowaar na dรกรกrdie persoon. Ja, hulle doen presies wat daardie persoon sรช hulle nie moet doen nie. En so word almal individue. Wat veronderstel was om apart van enige groepering te wees, word โn groep mense wat dink hulle is nie in โn groep nie...
Wyse koning Salomo het duisende jare gelede reeds besef dat gemeenskap en vriendskap veral baie belangrik is:
โ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ข๐๐ค๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐ก ๐๐๐ฆ, ๐๐๐๐ ๐๐๐ โข๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐ข๐๐ก๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ข๐ ๐๐๐ข๐ ๐ก๐๐๐๐ ๐๐๐๐.
๐ฝ๐๐ข ๐ฃ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ข ๐ฃ๐๐๐๐ ๐๐๐๐ก ๐๐ฆ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐ก ๐๐๐, ๐๐ ๐๐ ๐๐๐ โ๐ข๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ข ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ก ๐๐ฆ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ข ๐ก๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐;
'๐ ๐๐ข๐ข๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐๐ฆ ๐๐ , ๐๐ ๐๐๐ก๐๐ ๐๐ '๐ ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ฃ๐๐ ๐๐ .โ โ Spreuke 27:9-10 (AFR20)
In โn wรชreld waar onafhanklikheid dikwels gevier word, is dit maklik om die ongelooflike waarde van die mense wat God in ons lewens geplaas het, oor die hoof te sien. Spreuke 27:9-10 herinner ons daaraan dat ware vriendskap en gemeenskap kosbare geskenke is. Soos parfuum en wierook wat die siel verkwik, bring ware vriende vreugde, bemoediging en wyse raad. God het ons ontwerp om te floreer in verhoudings waar ons saam mekaar opskerp, ondersteun en groei.
Dit is deel van ons Christelike roeping om hierdie verhoudings doelbewus te koester. God het in Sy Goddelike wysheid spesifieke mense in ons lewens geplaas โ vriende, mentors, kleingroeplede โ nie per toeval nie, maar met doel. Dit is ons verantwoordelikheid om in hierdie verhoudings te belรช, mekaar in geloof aan te moedig en saam in Christus te groei.
Opregte raad van โn godvresende vriend kan helderheid en vrede bring tydens verwarrende of uitdagende tye. Spreuke 27:9 beklemtoon dat sulke raad soet en verfrissend is. Omring jouself dus met mense wat jou terugwys na God se waarheid en jou help om die lewe se kompleksiteite te navigeer deur biddende leiding.
En soos Spreuke 27:10 ons leer, is daar groot waarde in nabyheid en verbintenis. In moeilike oomblikke is dit dikwels ons goeie vriende of kerkfamilie wat intree om praktiese en emosionele ondersteuning te bied. Hierdie verhoudings herinner ons daaraan dat ons nie alleen uitdagings hoef te trotseer nie โ God werk deur ander om vir ons sy sorg te wys.
Maar, die bou van โn sterk gemeenskap verg inspanning en toewyding. Dit is noodsaaklik om God te vra om verhoudings te versterk en geloof binne jou groep te verdiep. Wanneer jy doelbewus in ander belรช โ deur gebed, bemoediging of dienswerk โ weerspieรซl jy die liefde van Christus en bou jy โn fondament wat die lewe se storms kan weerstaan.
Moenie deel wees van die grootste groep individue in die wรชreld nie. Wees uniek. Wees wie God jou gemaak het en wees deel van die liggaam van Christus โ daar is vir seker baie meer voordele daaraan verbonde.
๐ฒ๐๐๐๐:
Hemelse Vader, dankie dat U mense in my lewe geplaas het om aan te moedig, voor te bid en saam te groei. Help my om my gemeenskap te dien en vriende nader aan U te bring. Ek bid vir my vriende, klein groepe en die kerk, dat ons nader aan U en aan mekaar sal groei. Dankie vir U liefde en die geskenk van vriendskap en leiding. Ek loof U, in Jesus se Naam, Amen
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Baie jare gelede het die Beatles โn treffer gehad met die liedjie โWith a little help from my friendsโ. Dit was โn baie gewilde liedjie wat heel moontlik, as jy dit ken, nou ook weer in jou gedagtes maal. Alhoewel die woorde van die liedjie baie oppervlakkig is en nie regtig behoorlik praat oor wat ware vriendskap of liefde is nie, is dit iets wat baie mense laat besef het dat jy vriendskap benodig โ almal het iemand nodig by wie hulle kan afpak en vertel oor hul geheime en selfs sondes. Almal het iemand nodig by wie hulle 100% eerlik kan wees.
Sien, belydenis van jou sondes en aksies gaan nie oor skaamte nie maar oor genesing en herstel. Jakobus leer ons:
โ๐ต๐๐๐ฆ ๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐๐๐๐, ๐ ๐๐๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐. ๐ท๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ '๐ โข๐๐๐๐ฃ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ก๐๐ ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐ข๐๐ก๐ค๐๐๐๐๐๐.โ โ Jakobus 5:16 (AFR20)
Wanneer ons ons sondes aan mekaar bely, maak ons die deur oop vir God se genade om deur ons gemeenskap te vloei. Sonde floreer in geheimhouding, maar belydenis bring dit in die lig, waar dit sy krag verloor. Deur eerlik te deel met โn vertroueling, ervaar ons aanspreeklikheid, aanmoediging en die herinnering dat ons nie alleen is nie. Hierdie handeling versterk ook verhoudings binne die liggaam van Christus, wat eenheid en vertroue bevorder.
Wanneer ons iemand het by wie ons 100% eerlik kan wees, kan daardie persoon ook vir ons bid. Gebed is โn kragtige instrument van verbinding. Wanneer ons oor of vir iemand bid, soos in Jakobus 5 opdrag gegee word, erken ons ons afhanklikheid van God en nooi ons Sy teenwoordigheid in die situasie in. Om vir ander te bid is โn praktiese manier om presies te doen wat Paulus ons leer in Galasiรซrs 6:2 (AFR20):
โ๐ท๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐ ๐๐๐ ๐ก๐, ๐๐ ๐ฃ๐๐๐ฃ๐ข๐ ๐ ๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ฃ๐๐ โข๐ถโ๐๐๐ ๐ก๐ข๐ .โ
Ja, deur vir ander te bid, is ons besig met naasteliefde en help ons om Jesus se uitnodiging te aanvaar om ons laste vir Hom te bring, sodat ons saam kan dra โ vele hande, ligte werk. Deur vir mekaar te bid, herinner ons mekaar dat ons gesien, geliefd en ondersteun word โ nie net deur die kerk nie, maar deur God self.
Om oor of vir mekaar te bid is โn geloofsdaad, beide vir die persoon wat bid en die een vir wie gebid word. Dit toon geloof in God se vermoรซ om te genees, te herstel en in te gryp.
Hoe gereeld bid jy vir jou gemeenskap? Vir jou kerk? Jou buurt of familie?
Ons moet onthou dat openbare gebede geloof bou en aantoonย dat ons โn eenheid in Christus het, terwyl private gebede ons toelaat om diep en intiem by God in te tree namens ander.
Het jou gemeente of selfs gemeenskap miskien โn gebedslys? Luister bietjie Sondae na wat die afkondigings is, want dit is juis die sake waarvoor gebed nodig is. Begin klein en maak jou eie gebedsjoernaal waarin jy spesifieke behoeftes in jou gemeenskap lys. Bid daagliks daarvoor. En wanneer die geleentheid daar is om vir iemand te bid, moenie versuim nie โ bied aan om op die oomblik vir iemand te bid, hetsy tydens โn kerkdiens, โn gesprek of selfs by die werk.
En onthou, as jy nie weet wat om te sรช nie en jy het soos die Beatles gesรช het โso bietjie hulp nodig van โn vriendโ, luister na die Heilige Gees. Jesus self leer ons in: Matteus 10:20 (AFR20):
โ๐ท๐๐ก ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐๐๐ก ๐๐๐, ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐บ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ข๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐ก.โ
Laat die Heilige Gees ons woorde lei. Laat ons Hom vertrou om ons gebede te lei. Laat ons mekaar se laste dra deur gebed en laat ons die Here vra om ons te wys hoe ons ander se laste op praktiese maniere kan dra terwyl ons hulle in gebed opdra aan Hom.
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Ons gemeente kuier graag saam. Soms is daar baie wat saamkuier en ander kere min. Natuurlik speel skoolprogramme, eksamens, plant- en oestyd en โn hele paar faktore โn rol, maar ons verstaan die wonderlike gemeenskap wat daar is om die gawes wat die Here ons skenk saam te geniet en om ook sรณ te deel in God se liefde.
In Matteus 26:26-30 stel Jesus die Nagmaal in vir die eerste keer. Die Laaste Avondmaal (soos daardie Nagmaal ook bekend is) was โn baie belangrike oomblik waar Jesus sy dissipels bymekaargemaak het om โn maaltyd voor Sy kruisiging te deel. Dit was meer as net โn ete of voeding โ dit was โn heilige daad van gemeenskap en lering. Jesus het die Nagmaal ingestel, wat Sy liggaam wat gebreek is en Sy bloed wat uitgegiet is, simboliseer vir die vergifnis van sondes. In hierdie daad het Hy sy opoffering voorafgeskadu en sy dissipels aan sy liefde vir hulle herinner.
Hierdie maaltyd was โn tyd om die dissipels voor te berei vir die beproewinge wat voorlรช, om hulle te troos en om eenheid in Hom te beklemtoon. Dit was โn ruimte om die band wat hulle as volgelinge van Christus gedeel het te onthou en om โn praktyk van herinnering vir alle gelowiges te vestig.
Ook in Johannes 21:9-13, na Sy opstanding, deel Jesus โn nederige ontbyt met sy dissipels, en reik veral uit na Petrus. Dit was nie net om hul liggame te voed nie โ dit het gegaan oor die herstel van verhoudings. Petrus het Jesus drie keer verloรซn, en hierdie ontbyt het gedien as โn geleentheid vir vergifnis en vernuwing.
Jesus het Petrus na gemeenskap genooi en aan hom die sending toevertrou om sy โ๐ ๐๐๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐๐ก ๐ค๐๐โ (verse 14-19). Hierdie daad om saam brood te breek het liefde, vertroue en doelgerigtheid opnuut bevestig. Jesus ontmoet ons waar ons is en bied genade en herstel in oomblikke van mislukking.
Ja, om lekker saam te eet en saam te kuier is baie belangrik vir die kerk, want dit verrig baie meer as net voeding. Ons moet mekaar aanmoedig en mekaar aanspoor tot liefde en goeie dade. Geloof is nie net persoonlik nie; dit floreer in gemeenskap. Wanneer ons saam met ander vergader, groei ons in aanspreeklikheid, versterk ons geloof en vermeerder ons impak om ander te dien. Daarom dan ook dat die Hebreรซrs-skrywer ons herinner:
โ๐ฟ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐ฬ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐ ๐ ๐๐๐๐ ๐ก๐๐ก ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐, ๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐ก๐ ๐ฃ๐๐๐ค๐๐๐๐๐๐๐ , ๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐ ๐๐๐ค๐๐๐๐ก๐ ๐๐ ; ๐๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐, ๐ ๐๐ฃ๐๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ก๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ฬ ๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐!โ โ Hebreรซrs 10:24-25 (AFR20)
Goeie werke wat saam gedoen word, weerspieรซl God se liefde vir die wรชreld. Of dit nou is om diรฉ wat honger is te voed, die bedroefdes te vertroos of om mekaar in gebed te ondersteun, hierdie dade verheerlik God en bevorder eenheid in Christus.
Om gereeld maaltye en kuiers met jou gemeenskap te deel is nie net โn sosiale aktiwiteit nie โ dit is โn geestelike dissipline. Wanneer ons om die tafel vergader, weerspieรซl ons Jesus se voorbeeld van gemeenskap. Etes skep โn ruimte vir verbinding, gesprek en gedeelde doel.
In die versnelde reis van die lewe kan die verlangsaming om saam met ander te eet verhoudings verdiep, vertroue bou en geestelike groei aanmoedig. Net soos Jesus met sy dissipels gedoen het, kan ons maaltye gebruik om mekaar in geloof en liefde te koester.
Hoe kan jy doelbewus wees oor die deel van gemeenskap deur maaltye in jou eie lewe โ jou huis, jou vriende, jou gemeente?
Is daar maniere waarop jy ander na jou gemeenskap kan nooi vir aanmoediging en goeie werke?
Wanneer jy die volgende keer โn maaltyd deel: gebruik dit as โn geleentheid om geloof en eenheid te versterk.
๐ฒ๐๐๐๐:
Here Jesus, dankie vir die voorbeeld van gemeenskap wat U gegee het deur maaltye wat U met die dissipels gedeel het. Help ons om hierdie oomblikke van konneksie te waardeer en te gebruik om te groei in liefde, geloof en diens. Leer ons om mekaar aan te moedig, om gebroke verhoudings te herstel en om U te verheerlik in alles wat ons doen. Amen
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
In Handelinge 2:42-47 skryf Lukas oor die vroeรซ kerk en wat die kerk gehelp het om te groei. Toe die kerk gestig is, was die mense van die kerk verbind tot die leer van die apostels. Dit beteken dat hulle hul leiers geglo en vertrou het om hulle van Jesus te leer en die voorbeeld te stel van hoe dit lyk om Jesus te gehoorsaam. Hulle het ook gemeenskap geprioritiseer, wat beteken om te gaan sit en doelbewus tyd saam met mekaar deur te bring, gewoonlik oor 'n maaltyd. Die vroeรซ kerk het โn prioriteit op gebed geplaas โ dit sluit gebed vir mekaar in, nie net om alleen te bid nie.
Om na die vroeรซ kerk te kyk gee ons insig in hoe ons gemeenskappe vandag moet lyk. Binne ons gemeenskap moet ons altyd soek na maniere om saam gehoorsaam te wees, maniere om saam en vir mekaar te bid, doelbewuste tyd te beplan om in te haal en te kuier, en tye om God saam by die kerk te aanbid. Ons fokus moet op Jesus wees wanneer ons bymekaarkom. Dit beteken nie dat jy nie pret kan hรช nie en dat dit nodig is om altyd ernstig te wees elke keer as jy saam met jou vriende is nie, maar dit beteken wel dat wat jy doen en sรช Jesus moet weerspieรซl.
Net voordat Paulus praat oor die liefde wat ons lewens moet lei, gebruik hy die metafoor van die liggaam om ons โn diepgaande waarheid oor Christelike gemeenskap te leer: elke gelowige het โn unieke en onmisbare rol. Net soos โn liggaam op sy baie dele staatmaak om behoorlik te funksioneer, maak die Kerk โ Christus se liggaam โ staat op sy lede om in harmonie saam te werk.
โ๐๐๐๐ ๐๐๐ข โ๐๐ก ๐บ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ก๐, ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ โ๐ข๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐ ๐๐ข๐๐ก. ๐ด๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ก ๐ค๐๐ , ๐ค๐๐๐ ๐ ๐๐ข ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ? ๐๐๐๐ ๐๐๐ข ๐๐ ๐๐๐๐ ๐ค๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ก๐, ๐๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐. ๐ท๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐ ๐ ๐ฬ, โ๐ธ๐ โ๐๐ก ๐๐๐ข ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐,โ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ก๐, โ๐ธ๐ โ๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐.โโ โ 1 Korintiรซrs 12:18-21 (AFR20)
Ons word daaraan herinner dat God self die lede van die liggaam gerangskik het, elkeen met spesifieke gawes en doele. Dit beteken dat niemand onbeduidend is nie, en niemand is onnodig nie. Of ons nou voel soos die โoogโ, in staat om visie te sien en te lei, of die โhandโ wat praktiese werk doen, ons is almal lewensbelangrik.
Tog word ons ook teen trots en onafhanklikheid gewaarsku. Die oog kan nie vir die hand sรช: โEk het jou nie nodig nie!โ Net so moet ons nie glo dat ons Christus in isolasie kan volg of dat ons gawes ons verhewe bo ander maak nie. Ware Christelike gemeenskap floreer wanneer ons besef dat ons verskille sterk punte is en dat ons saam die volheid van Christus weerspieรซl.
Ons moet leer om diversiteit in die kerk te vier deur tyd te neem om die verskillende gawes in ons gemeenskap raak te sien en te waardeer. Van diegene wat stil dien tot diegene wat met vrymoedigheid lei, elke rol is lewensbelangrik.
Ons moet ons verbind tot betekenisvolle verhoudings binne ons Christelike gemeenskap. Woon aanbidding by, sluit aan by โn klein groepie, of dien in โn bedieningspan. Verhoudings verdiep wanneer ons langs mekaar loop.
Ons moet mekaar ondersteun en aanmoedig.ย โn Eenvoudige woord van bevestiging of โn helpende hand kan ander mense aan hul waarde herinner.
In nederige afhanklikheid, moet ons bid. Vir onsself en vir ander. Bid vir โn hart wat ander waardeer en jou behoefte aan die liggaam van Christus erken. Soek eerder om te dien as om gedien te word, volgens die voorbeeld van Jesus.
Onthou dat jy nie alleen in hierdie geloofsreis is nie. Terwyl ons ons rolle omhels en mekaar ondersteun, verheerlik ons God en demonstreer ons Sy liefde aan die wรชreld.
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
In Kolossense 3:12-17 (AFR20), skryf Paulus:
โ๐ท๐๐๐๐๐, ๐๐๐๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ ๐บ๐๐ ๐ ๐ ๐ข๐๐ก๐ฃ๐๐๐๐๐๐ โขโ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ , ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ค๐๐๐, ๐๐๐๐โ๐๐๐, ๐๐๐๐๐๐๐โ๐๐๐, ๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐โ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐ข๐๐. ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐, ๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ '๐ ๐๐๐๐๐ก๐ ๐ก๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ก, ๐ฃ๐๐๐๐๐ค๐ ๐๐๐๐๐๐. ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐ค๐ โ๐๐ก, ๐ ๐ ๐๐๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐ค๐. ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐, ๐๐ ๐๐ ๐๐โ๐๐๐ค๐ ๐๐ โ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐, ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐, ๐ค๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐๐. ๐๐๐๐๐๐, ๐๐๐๐ก ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ถโ๐๐๐ ๐ก๐ข๐ ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ โ๐๐๐ก๐ ๐๐๐๐๐๐. ๐ด๐ ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐, ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐ข๐๐ ๐๐๐๐๐ก๐๐ ๐๐๐๐๐๐. ๐ธ๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐. ๐ฟ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ถโ๐๐๐ ๐ก๐ข๐ ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐ฃ๐๐๐๐ ๐๐ฆ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐ค๐๐๐. ๐ฟ๐๐๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐๐ ๐ค๐ฆ๐ โ๐๐๐, ๐๐๐ข๐ ๐๐๐ก ๐๐๐๐๐๐๐๐ โ๐๐๐ก๐ ๐๐ ๐๐๐๐ , ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐ก ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐บ๐๐ ๐ก๐ ๐ ๐๐๐. ๐ธ๐ ๐ค๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐, ๐๐ ๐ค๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐, ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐ฝ๐๐ ๐ข๐ , ๐ก๐๐๐ค๐ฆ๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐บ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ข๐ ๐ป๐๐ ๐๐๐๐.โ
Om โliefde aan te trekโ beteken om liefde soos โn kledingstuk te dra, wat dit die bepalende kenmerk van jou karakter maak. Liefde is nie net โn emosie nie; dit is โn doelbewuste keuse om ander se welstand te prioritiseer, selfs wanneer dit ongerieflik is. Liefde bind die deugde saam wat in Kolossense 3 gelys word: deernis, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld, wat eenheid skep. Wanneer jy jou met โliefde bekleeโ, weerspieรซl jy Christus se hart, wat vrede en wedersydse sorg in jou verhoudings bevorder.
Dink bietjie: Is liefde die bepalende kenmerk van jou interaksies met ander?
Sien, vergifnis kan moeilik wees, veral wanneer vertroue gebreek is. Kolossense 3:13 herinner ons egter om te vergewe soos die Here ons vergewe het. Dit is โn hoรซ standaard, maar dit is een wat in genade gewortel is. Wanneer ons vergifnis weerhou, loop ons die risiko om hindernisse in ons verhoudings te bou, wat eenheid en liefde belemmer. Vergifnis gaan nie daaroor om oortredings te verskoon nie, maar om die houvas wat seer op ons harte het, vry te laat.
So, hou jy dalk nog wrokke in jou vriendekring? Hoe kan jy God in die proses van vergifnis nooi?
Ons moet onthou dat, as volgelinge van Christus is ons deel van Sy liggaam, verenig deur geloof en doel. โn Verdeelde liggaam kan nie effektief funksioneer nie, net soos verdeling in โn groep sy krag verswak. Eenheid beteken nie eenvormigheid nie; eerder beteken dit om ons harte in lyn te bring met Christus se liefde, om saam te werk ten spyte van ons verskille. โn Hart van vrede en dankbaarheid (Kol. 3:15) stel ons in staat om in harmonie te leef en mekaar te ondersteun terwyl ons in geloof groei.
Hoe kan jy bydra tot eenheid in jou gemeenskap of vriendegroep?
Paulus daag ons uit om mekaar met wysheid te leer en te vermaan (Kol. 3:16). Aanmoediging vereis nie altyd diepsinnige woorde nie; eenvoudige herinneringe aan God se getrouheid kan โn blywende impak hรช. Om gesange te sing, saam te bid of die Skrif te deel is maniere om ander te inspireer om โn dieper verhouding met Christus te soek.
Die vraag is: Is ons doelbewus om lewe en waarheid in ons vriende se geestelike reise te spreek?
In Spreuke 13:20 sรช Salomo: โ๐๐๐ ๐๐๐ก ๐ค๐ฆ๐ ๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐๐, ๐ ๐๐ ๐ค๐ฆ๐ ๐ค๐๐๐, ๐๐๐๐ ๐ค๐๐ ๐๐๐ก ๐๐ค๐๐ ๐ ๐๐๐๐, ๐ค๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐.โ Hy waarsku ons oor die invloed van ons metgeselle. As iemand in jou kring jou konsekwent van Christus af weglei, is dit dalk tyd om daardie verhouding te her-evalueer. Dit beteken nie om skielik bande te sny nie, maar om gesonde grense te stel en te bid vir wysheid om daardie dinamika te navigeer. Omring jouself met mense wat jou wandel met Jesus aanmoedig.
Is daar verhoudings in jou lewe wat jou geestelike groei belemmer? Hoe kan jy wyse raad inwin en veranderinge aanbring indien nodig?
Verhoudings is nie maklik nie, maar as jy jou beklee met liefde, God se liefde, kan dit jou lei tot vreugde en vrede.
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
As ons leef in die koninkryk van die hemele, dan is dit nie iets wat sommerso gebeur nie. Dit is die inoefening van geestelike dissiplines en dit eis gehoorsaamheid aan wat Jesus ons leer elke dag. Maar, wat beteken dit om gehoorsaam te wees?
Gehoorsaamheid, in sy eenvoudigste vorm, is liefde in aksie. In Johannes 14:23 (AFR20) sรช Jesus: โ๐ด๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐๐โ๐๐ก, ๐ ๐๐ โ๐ฆ ๐ก๐๐ โ๐๐๐ก๐ ๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ธ๐ ๐ ๐ฬ, ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐ โ๐๐ ๐๐๐๐โ๐ฬ, ๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐ โ๐๐ ๐ก๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐ฆ โ๐๐ ๐ค๐๐๐.โ Om Jesus te gehoorsaam beteken om ons lewens in lyn te bring met Sy wil, met die vertroue dat Sy gebooie nie swaar is nie, maar lewegewend.
Gehoorsaamheid begin met luister โ โn ingesteldheid van die hart wat gewillig is om God se stem in die Skrif en deur Sy Gees te hoor. Dit behels nie net dade nie, maar โn oorgawe van ons eie begeertes ter wille van Sy doel. Gehoorsaamheid gaan nie bloot daaroor om sonde te vermy nie; dit gaan oor aktiewe deelname aan God se plan van liefde, barmhartigheid en geregtigheid.
Wanneer ons begin besef dat gehoorsaamheid โn dissipline is wat elke dag beoefen word, besef ons dat dit weier strek as net ons eie lewe โ dit gaan ook oor kerkwees. Hoe goed gehoorsaam ons as geloofsgemeenskap en selfs die breรซr gemeenskap vir Jesus saam?
In Prediker 4:9-12 (AFR20) sien ons die groot voordele van wat dit is om kragte saam te span: Vers 9 sรช: โ๐๐ค๐๐ ๐๐ ๐๐๐ก๐๐ ๐๐ ๐๐๐, ๐๐๐๐๐ก ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ โ๐ข๐๐๐ '๐ ๐๐ข๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐.โ Hierdie waarheid geld ook vir ons gehoorsaamheid. In gemeenskap met ander gelowiges en ander wat ook streef na God se geregtigheid, verskaf dit aan ons aanmoediging, aanspreeklikheid en gedeelde wysheid.
Ons moet onsself elke dag in ons doen en late afvra of ons besig is om Jesus se leringe saam na te jaag? Hou ons mekaar in liefde aanspreeklik wanneer ons afdwaal? Is ons verenig in gebed, lofprysing en diens aan ander?
As ons saam leer en streef na gehoorsaamheid, weerspieรซl dit die realiteit dat ons die Liggaam van Christus is โ onderling verbind en afhanklik van mekaar. โn Sterk, gehoorsame gemeenskap skyn as โn getuie van God se liefde vir die wรชreld.
Om Jesus in die gemeenskap te gehoorsaam is van kardinale belang, want geloof is nie โn solo-reis nie. In 1 Johannes 5:2-4 (AFR20) lees ons: โ๐ป๐๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐บ๐๐ ๐๐๐๐โ๐๐ก: ๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐บ๐๐ ๐๐๐๐โ๐๐ก, ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐. ๐๐๐๐ก ๐๐๐ก ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐บ๐๐, ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐โ๐๐ข, ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐๐๐๐ก๐ ๐๐ ๐๐๐ '๐ ๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐; ๐ค๐๐๐ก ๐๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ข๐๐ก ๐บ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ , ๐๐๐๐ค๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐ฬ๐๐๐๐; ๐๐ ๐๐ฬ๐ก ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ ๐ค๐ฬ๐๐๐๐ ๐๐๐๐ค๐๐ โ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐โ Liefde vir God vloei natuurlik oor in liefde vir ander, en gehoorsaamheid versterk hierdie bande.
Wanneer ons dus leer om saam gehoorsaam te wees aan Jesus se manier van lewe, dan:
Groei ons in eenheid. Gehoorsaamheid bevorder nederigheid en wedersydse ondersteuning, en weef ons nader aan mekaar as โn geloofsfamilie.
Reflekteer ons Christus aan die wรชreld. Jesus het in Johannes 13:35 gesรช dat die wรชreld sal weet dat ons Sy dissipels is deur ons liefde vir mekaar โ โn liefde wat deur gehoorsaamheid gedemonstreer word.
Oorkom ons uitdagings. Prediker 4:12 herinner ons daaraan dat โn koord van drie garings of toue nie maklik gebreek word nie. Saam kan ons beproewinge trotseer, versoekings weerstaan en God se sending meer effektief uitvoer as wat ons alleen kan.
Dink vandag na oor hoe jou persoonlike gehoorsaamheid aan Jesus jou verhoudings binne jou gemeenskap beรฏnvloed. Bid en vra die Heilige Gees om jou gemeenskap in gehoorsaamheid te verenig en gebiede te openbaar waar groei nodig is. Poog om iewers te verbind as โn groep om saam die Skrif te bestudeer, ander in eenheid te dien en mekaar in liefde aanspreeklik te hou.
Wanneer ons in gehoorsaamheid wandel, beide individueel en as โn gemeenskap, nooi ons God se teenwoordigheid onder ons, soos Jesus in Johannes 14:23 belowe het. Sodoende beliggaam ons Sy liefde en krag op โn manier wat nie net ons lewens verander nie, maar ook die wรชreld om ons.ย
Wees dus die verskil wat jy in die wรชreld wil sien.
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
In ons soeke na God se wil en in ons gestuurdheid as die kerk van God, is dit dikwels moeilik om te onderskei wat dit is wat ons moet doen.ย Ons weet dat God se Gees ons moet lei, maar tรฉ dikwels en tรฉ maklik keer ons terug na ons eie wil en raak ons soms weer die pad โn bietjie byster.ย Wat maak ons dan?ย Hoe keer ons terug?ย Wie kan ons help?ย Hoor wat sรช Salomo:
โ๐๐ ๐ก๐๐ ๐ ๐๐ฆ๐ ๐ฆ๐ ๐ก๐๐, ๐ฃ๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐.โ โ Spreuke 27:17 (AFR83)
Die boek Spreuke is vol wysheid en goeie raad vir ons om โn goeie lewe te lei.ย Goeie vriende help mekaar daarmee.ย Wanneer yster lank genoeg en hard genoeg teen mekaar gevryf word, word dit warm en sal dit uiteindelik โn vonk en โn vuur veroorsaak.ย Alhoewel die proses dalk ongemaklik is, is hierdie vuur een wat met passie brand.
As die liggaam van Christus, vergeet ons dat โn deel van ons taak is om ander broers en susters in Christus op te skerp, sodat die vlam in hul harte, wat daar deur die Heilige Gees geplaas word, aanhou brand.ย Wanneer ons ons lewens aan God wy en beheer oorgee aan die Heilige Gees, is hierdie โn vuur wat net deur die Gees beheer word.ย Maar in hierdie oordelende wรชreld van relatiewe waarheid waarin ons leef, word dit al hoe moeiliker.ย Ons word so gou bang oor allerhande dinge en, omdat mense ons al tรฉ dikwels in die steek gelaat het en vriende maar skaars is, is ons bang om met besorgdheid waarheid in mekaar se lewens te spreek.ย Ons is bang om mekaar verantwoordbaar te hou en uiteindelik keer vrees dat Christene mekaar en ander slyp.
Dit is moeilik om iemand te wees wat ander skerp maak, en miskien selfs moeiliker om โn betroubare persoon te vind wat jou skerper maak.ย Ons moet staatmaak op God se Gees om ons geloofsgenote vir ons aan te wys en ons moet hulle koester en toevou in gehoorsaamheid en God se liefde.ย Ons moet sorg dat ons bruikbare ledemate is van die Liggaam van Christus en seker maak dat Hy die hoof is van ons รณns en hรบlle lewens, soos Efesiรซrs 4:15 (AFR83) ons ook leer: โ๐๐๐, ๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐โ๐๐๐ ๐๐๐ฆ ๐๐ ๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ถโ๐๐๐ ๐ก๐ข๐ ๐ก๐๐. ๐ป๐ฆ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐.โ
Binne vriendskappe is dit belangrik om saam in Jesus te groei, want wanneer jy vriende het wat saam met Jesus deur die lewe stap, sal jy heel waarskynlik deur soortgelyke seisoene gaan. Sonder hegte vriendskappe wat in Jesus gewortel is, kan dit maklik wees om geรฏsoleer en alleen te voel. Dit is nie hoe God die lewe ontwerp het om te wees nie. Ons is geskep om in verhouding met mekaar te wees, en nie net in oppervlakkige vriendskappe nie, maar om vriende te hรช met wie jy deur die moeilike dinge kan praat.
Mag die Here jou seรซn met sulke vriende en familie en mag ons almal mekaar slyp tot ware diens.ย Tot Sy eer.
๐ฒ๐๐๐๐:
Here, almal wat oor my pad kom, het U gestuur.ย Help my om U verteenwoordiger te wees.ย Help my om my vriende reg te kies en die vriende wat U vir my gegee het te koester.ย Help ons om mekaar te slyp, sodat U vuur groot en helder in ons sal brand en dat ons diensbaar kan wees in U Koninkryk.ย Tot U eer.ย Amen
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
As ons mooi oplet na wat Jesus ons leer in die Evangelies, dan sal ons agterkom dat alles wat Hy geleer het nie nuut was nie. Jesus het besef wat baie mense vandag nog besef โ dat ons so gou vergeet. Ons vergeet van alles wat deur die eeue heen gebeur het. Ons vergeet die lesse van die verlede. Ons vergeet die foute van ons voorvaders. Ons vergeet dat die geheim om โn goeie lewe te leef nie eintlik โn geheim is nie en dat dit baie eenvoudig is: leef saam met Jesus en leef in die krag van die koninkryk van God.
Wat Jesus wel anders gedoen het โ iets wat net Hy kon doen โ was om die koninkryk van die hemele vir ewig binne ons bereik te bring. Deur die eeue het God se mense dit beleef, maar omdat daar nog nie die volle prys betaal was nie, was dit maklik vir hulle om gou weer te vergeet en buite daardie regering van die Koning van die heelal te leef. Maar die kere wat hul dit wel beleef het... daardie tye sal hulle vir altyd onthou.
Dink vandag aan die kere wat jy die Here werklikwaar beleef het. Dink aan die tye, as jy terugkyk na jou lewe, waar jy kan sien hoe die Here se hand oor jou was en hoe Hy jou bewaar, bevorder, getroos, gekoester en gevul het. Dink aan die tye waar jy sy sorg en voorsiening beleef het en waar menslike logika nie die uitkomste kon voorspel nie. Is dit nie rede om in danksegging en vreugde uit te bars in lofsang nie?
Loof vandag saam met Moses en die Israeliete, saam die psalmdigters en saam met Paulus die Here, terwyl jy Eksodus 15:1-19, Psalm 150 en Romeine 11:33-36 lees. Hier is so paar verse daarvan โ kom ons loof die Here!
โ๐๐ฆ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐ ๐ก๐๐๐๐ก๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐,
๐๐ ๐ป๐ฆ ๐ค๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐๐๐๐๐.
๐ป๐ฆ ๐๐ ๐๐ฆ ๐บ๐๐,
๐๐ ๐ป๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐,
๐๐๐ ๐บ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ฆ ๐ฃ๐๐๐๐,
๐๐ ๐ป๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐โ๐๐๐๐๐๐.โ โ Eksodus 15:2 (AFR20)
ย
โ๐๐๐ ๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐, ๐ป๐๐๐?
๐๐๐ ๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐, ๐๐๐๐๐ ๐ก๐ข๐๐ข๐ ๐๐ โ๐๐๐๐๐โ๐๐๐,
๐๐๐ก๐ ๐๐๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐ค๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐?โ โ Eksodus 15:11 (AFR20)
ย
โ๐ท๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ก๐ฆ๐ ๐๐ ๐๐ค๐๐.โ โ Eksodus 15:18 (AFR20)
ย
โ๐ป๐๐๐๐๐๐ข๐๐!
๐ฟ๐๐๐ ๐บ๐๐ ๐๐ ๐ ๐ฆ โ๐๐๐๐๐๐๐๐,
๐๐๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐ก๐๐๐ โ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐;
๐๐๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐๐ก๐๐๐ ๐๐๐๐,
๐๐๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ฃ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐๐กโ๐๐๐!
๐ฟ๐๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ โข๐๐๐๐ โ๐๐๐๐๐๐ ,
๐๐๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐๐ก โ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐;
๐๐๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐๐ก ๐ก๐๐๐๐๐๐๐ฆ๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ ,
๐๐๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐๐ก ๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐ข๐๐๐๐ก ๐๐ ๐๐๐ข๐๐ก;
๐๐๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐,
๐๐๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐!
๐ด๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐ ๐๐ โ๐๐ก,
๐๐๐๐ก ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐๐๐!
๐ป๐๐๐๐๐๐ข๐๐!โ
โ Psalm 150 (AFR20)
ย
โ๐, ๐๐๐๐๐ก๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐ฆ๐๐๐๐ ๐๐ ๐ค๐ฆ๐ โ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐บ๐๐!
๐ป๐๐ ๐๐๐๐๐ข๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐๐๐๐,
๐๐ โ๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ข๐๐๐๐๐ ๐ ๐ฆ ๐ค๐๐ฬ!
๐๐๐๐ก ๐ค๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ก๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐๐๐๐?
๐๐ ๐ค๐๐ โ๐๐ก ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ก๐๐๐?
๐๐ ๐ค๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐๐ ๐๐๐ค๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐๐๐๐,
๐ฃ๐๐ ๐ค๐๐ ๐ป๐ฆ ๐๐๐ก ๐ ๐๐ข ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐?
๐๐๐๐ก ๐ข๐๐ก ๐ป๐๐ ๐๐ ๐๐๐ข๐ ๐ป๐๐
๐๐ ๐ก๐๐ก ๐ป๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐.
๐ด๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐๐๐๐โ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ค๐๐ ๐ก๐๐!
โข๐ด๐๐๐.โย
โ Romeine 11:33-36 (AFR20)
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Regdeur die Bybel vind ons voorbeelde waar die mense wat naby God, wat in sy teenwoordigheid gelewe het, hul harte uitstort oor hul gevoelens.
In Job 3:1-10 stort Job sy hart uit in โn donker, angskreet, wat die dag van sy geboorte bevraagteken. Hy is in โn toestand van totale verwoesting, en voel die volle gewig van sy lyding. Net so spreek Dawid in Psalm 13 sy eie wanhoop uit: โ๐ป๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐, ๐ป๐๐๐? ๐บ๐๐๐ ๐ ๐๐ฆ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ก๐ฆ๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐ก? ๐ป๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ ๐ข ๐๐๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ฆ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐?โ (Ps. 13:2 AFR20) Albei hierdie manne is diep eerlik met God en hou niks van hul pyn terug nie. Hulle verberg nie hul seer nie, en probeer ook nie om โn skynbeeld van krag of vrede voor te hou nie. In plaas daarvan kom hulle soos hulle is, en laat God toe om elke rou, ongefilterde emosie te sien.
Job en Dawid het geglo dat God groot genoeg was om hulle angs te hanteer. Hulle het God geken as hulle Skepper en Onderhouer, die Een wat hulle harte beter verstaan het as enigiemand. Hulle het geweet dit help nie om hulle pyn vir Hom weg te steek nie. Vir Job was sy weeklaag โn manier om ondenkbare lyding te verwerk, terwyl Dawid se klaaglied vir hom โn roep om God se hulp en teenwoordigheid was. Albei het geglo dat God se liefde ruimte vir hul lyding insluit, en dat om na Hom toe in hul donkerste oomblikke te gaan nie net veilig was nie, maar noodsaaklik was.
Wanneer jy hartseer of ontsteld is, waar is die eerste plek waarheen jy gaan? Wie is die eerste persoon met wie jy praat?
Dink bietjie na oor waarheen jy instinktief draai wanneer jy oorweldig voel deur hartseer of woede. Baie van ons wend ons dalk tot goeie vriende, familielede, of probeer om ons aandag af te lei met vermaak of werk. Dit is natuurlik om onmiddellike vertroosting te wil hรช van mense wat ons verstaan, maar Job en Dawid se voorbeeld herinner ons daaraan dat God ons eerste toevlug moet wees. Om met ander te praat kan help, maar daar is โn unieke vrede wat kom daarvan om ons stryd in die eerste plek na God te bring, met die wete dat Hy ons sien, verstaan en saam met ons deur ons pyn loop.
Ons moet onthou dat om by God te treur, is โn daad van vertroue. Dit wys dat ons glo dat God omgee vir ons pyn en nooi ons uit om volkome eerlik met Hom te wees. โn weeklaag laat ons toe om nader aan God te kom, selfs wanneer ons emosies rou en onopgelos is. Deur te treur, stel ons onsself oop vir God se vertroosting en genesing.
Maar om te kla kan egter moeilik wees, want ons word geleer dat ons tevrede moet wees met wat ons het. Maar, wat as wat ons het, nie goed is nie. Dan is dit mos nie iets wat van God af kom nie. Dis ook moeilik om by God te kla, want ons kan dalk vrees dat dit โn gebrek aan geloof toon of voel dat ons dan te kwesbaar is. Ons kan dalk bekommerd wees dat God van ons verwag om heeltyd sterk of positief te wees, of ons sal dalk skaam voel om ons twyfel en vrae te erken. Maar, soos ons by Job en Dawid sien, eer God ons eerlikheid. Hy is nie teleurgesteld wanneer ons ons pyn bring nie; in plaas daarvan ontmoet Hy ons daarin.
Die Skrifgedeeltes waarna ons vandag verwys het (en vele ander) wys ons na die smart en angs wat Jesus ook in die tuin van Getsรฉmanรฉ gevoel het. Dit wys ons ook na Jesus se gevoel van verlatenheid aan die kruis, toe Hy Dawid se woorde van Psalm 22 uitgeroep het: โ๐๐ฆ ๐บ๐๐, ๐๐ฆ ๐บ๐๐, ๐ค๐๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐ ๐๐ฆ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐ก?โ (Ps. 22:2, Matt. 27:46, Mar. 15:34, Luk. 24:27). Daar, aan die kruis, was Jesus werklik deur die Vader verlaat. Hy moes sterf en Hy moes na die doderyk daal, sodat Hy die sleutels van die doderyk kon neem โ sodat ons saam met Hom vir ewig kan leef in sy koninkryk. Hy was verlaat deur God, sodat ons nooit deur Hom verlaat sal word nie. Jesus moes die ergste verlatenheid ervaar, sodat ons โ soos Job en Dawid โ sal besef dat die Here altyd naby is en dat ons altyd eerlik kan wees met Hom. Ons kan ons harte uitstort voor Hom. Hy sal ons seer genees en ons sy vrede gee.
Neem dus gerus jou eie seerkry en frustrasies na God toe, selfs wanneer dit moeilik is. Onthou dat God jou eerlikheid verwelkom en by jou teenwoordig is, gereed om vertroosting, wysheid en genesing te bied.
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Wanneer ons saam met Jesus leef, moet ons onthou dat Hy ook saam met ons bid. Nog beter: Hy bid vir ons; Hy tree in by die Vader vir ons. En wanneer ons nie weet wat om te sรช nie, wanneer woorde skaars is en ons nie weet hoe om ons gevoelens, vrese en behoeftes om te skakel in verstaanbare taal nie, sal die Heilige Gees ons help โ soos Paulus leer in Romeine 8:26 (AFR20):
โ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐บ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐ค๐๐โ๐๐๐ ๐ก๐๐ก โ๐ข๐๐, ๐ค๐๐๐ก ๐๐๐ ๐ค๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐ฃ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐โ๐๐๐๐ก ๐ก๐ ๐๐๐ ๐๐๐; ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐บ๐๐๐ ๐ก๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ก ๐ฃ๐๐๐ ๐ข๐๐ก๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ค๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐๐.โ
Wanneer ons nie weet wat om te bid nie, help die Heilige Gees ons, maar Jesus het juis ook die dissipels geleer bid โ Die Onse Vader. Baie van ons ken die gebed uit ons koppe, omdat ons dit dalk iewers op skool, by die Sondagskool of selfs as sportspan geleer het. Aangesien hierdie gebed so wyd bekend is, kan dit maklik wees om die voorbeeld wat die gebed vir ons eie gebedslewe opstel oor die hoof te sien.
Jesus begin hierdie gebed deur te loof en te erken wie God is: โ๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐๐๐ ๐๐ , ๐๐๐๐ก ๐ข ๐๐๐๐ ๐๐โ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐.โ (Matt. 6:9 AFR20). Hy soek dan die wil van God en spreek die begeerte uit dat Hy ook deur ander geken moet word: โ๐ฟ๐๐๐ก ๐ข ๐๐๐๐๐๐๐๐ฆ๐ ๐๐๐. ๐ฟ๐๐๐ก ๐ข ๐ค๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐, ๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐๐, ๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐.โ (Matt. 6:10 AFR20). Wanneer ons bid, is om God te loof en sy wil te soek twee baie noodsaaklike dinge. Jesus gaan dan voort om ons behoeftes voor God te stel en om vergifnis vir ons sondes te vra (verse 11-12); stel vir ons die voorbeeld om God se verlossing van die versoekings van die vyand te soek (vers 13); en erken dat alles wat goed is aan God behoort (vers 13).
As ons nie weet wat om te bid nie, bied die Onse Vader vir ons die regte riglyn. As ons begin nadink oor elke deel daarvan, sal ons besef dat dit ons help om meeste van ons behoeftes in gebed aan te spreek. En vir die res, waarvoor ons nogsteeds nie woorde het nie, moet ons glo dat God reeds weet, omdat die Heilige Gees vir ons intree โ๐๐๐ก ๐ฃ๐๐๐ ๐ข๐๐ก๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ค๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐๐.โ
Dan kan en moet ons natuurlik ook die krag van voorbidding vir ander nooit onderskat nie. Dit is โn groot voorreg om vir ander in te tree in gebed โ net soos Jesus vir ons intree by die Vader. Wanneer jy vir iemand anders bid en dan sien hoe hul lewens verander as gevolg van God wat die gebede wat jy vir iemand anders gebid het, verhoor en beantwoord, word God se krag en sorg duidelik. As jy vir die mense in jou lewe omgee, sal jy vir hulle bid.
Onthou: God is nog altyd doelbewus gefokus op ons en ons harte en Hy luister na alles wat ons vir Hom sรช. Hy is โn God wat jou lief het. Net daardie wete, om te besef dat die almagtige God van die heelal Hom ontferm oor nietige mense, het Dawid laat uitbars in lofprysing โ die woorde wat deur die eeue geรซggo het in die gebed wat Jesus ons leer en daarom ook ons gebed vir vandag:
โ๐ ๐๐๐๐ก ๐๐๐๐๐ฆ๐ ๐ค๐๐๐, ๐ป๐๐๐, ๐บ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐ ๐ผ๐ ๐๐๐๐, ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ก๐ฆ๐ ๐๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ค๐๐.
๐ด๐๐ ๐, ๐ป๐๐๐, ๐๐โ๐๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐กโ๐๐๐, ๐๐๐ ๐ ๐ก๐๐๐๐ก๐, ๐๐๐ ๐๐ข๐๐ ๐ก๐๐, ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐ก โ ๐๐, ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐.
๐ด๐๐ ๐, ๐ป๐๐๐, ๐๐โ๐๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐, ๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐ โ๐๐๐ ๐ฃ๐๐โ๐๐ค๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐ .
๐ ๐ฆ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐, ๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ .
๐ผ๐ ๐ข โ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐ ๐ก๐๐๐๐ก๐, ๐๐ ๐๐๐ก ๐๐ ๐๐ ๐ข โ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ก ๐๐ ๐ ๐ก๐๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐๐.
๐ท๐๐๐๐๐, ๐๐๐ ๐บ๐๐, ๐๐๐ฆ๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ข ๐๐ข๐๐ ๐ก๐๐๐๐ฆ๐๐ ๐๐๐๐.โ
โ 1 Kronieke 29 :10b-13 (AFR20)
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Wanneer ons bid, moet ons onthou dat dit โn fundamentele stap is in die ontwikkeling van ons harte. Gebed gaan nie net oor wat รณns wil hรช nie โ eintlik, moet dit glad nie gaan oor wat ons wil hรช nie. Dit moet gaan oor wat die Here wil hรช. Dit moet gaan oor โn lewe van dankbaarheid en diens in God se koninkryk. dit kan nie gaan oor hoe ons probeer om wat Jesus vir ons gedoen het terug te betaal nie โ ons kan nie. Dit moet gaan oor ons nederige poging om dรญt was Christus vir ons gedoen het en vir ons beteken, voort te sit.
Daarom, wanneer ons bid, moet ons gefokus wees op die bediening van Jesus. Die voortsetting daarvan, deur ons โ die kerk. Daarom moet ons bid vir mekaar.
Jesus het ook gebid vir die dissipels. Nie net diรฉ wat 2000 jaar gelede saam met Hom geleef het nie, maar ook diรฉ wat vandag nog saam met Hom leef โ dis ons. Die werk wat Jesus begin het om die verhouding met God reg te stel โ die plan wat sedert die begin van die Skepping reeds in plek was โ word voortgesit deur ons.ย Daarom het Jesus gebid:
โ๐ธ๐ โ๐๐ก ๐ข ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ ๐ค๐๐ก ๐ ๐๐ฆ ๐ข๐๐ก ๐๐๐ ๐ค๐ฬ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ โ๐๐ก. ๐ป๐ข๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐ ๐ ๐๐โ๐๐๐๐ก, ๐๐ ๐ โ๐๐ก โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐๐๐, ๐๐ โ๐ข๐๐๐ โ๐๐ก ๐ข ๐ค๐๐๐๐ ๐๐โ๐๐๐๐ ๐๐๐. ๐๐๐ข ๐ค๐๐๐ก โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ ๐๐ฆ ๐๐๐๐๐ โ๐๐ก, ๐ฃ๐๐ ๐ ๐๐๐. ๐ท๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ ๐๐ฆ ๐๐๐๐๐ โ๐๐ก, โ๐๐ก ๐ธ๐ ๐๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐, ๐๐ โ๐ข๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐ก ๐๐๐๐ฃ๐๐๐ ๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ก ๐ธ๐ ๐ฃ๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐ โ๐๐ก. ๐ธ๐ โ๐ข๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ก ๐ ๐๐ฆ ๐๐๐ ๐ก๐ข๐ข๐ โ๐๐ก. ๐ธ๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ โ๐ข๐๐๐. ๐ธ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐ฬ๐๐๐๐ ๐๐๐, ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ ๐๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐๐๐ โ๐๐ก, ๐๐๐๐๐ก โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐โ๐๐๐๐ก.โ โ Johannes 17:6-9 (AFR20)
En, alhoewel die wรชreld sal probeer om dit wat ons glo en Hy waarvoor ons lewe af te maak as sprokies, moet ons weet dat Jesus vandag nog vir ons bid. Paulus skryf:
โ๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐๐๐๐? ๐ท๐๐ก ๐๐ โข๐ถโ๐๐๐ ๐ก๐ข๐ ๐ฝ๐๐ ๐ข๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ ๐ก๐๐๐ โ๐๐ก; ๐๐๐๐ ๐๐๐ โ ๐ค๐๐ก ๐๐๐๐๐ค๐๐ ๐๐ , ๐ค๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ก๐๐โ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐บ๐๐ ๐ ๐๐ก ๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก๐๐๐.โ โ Romeine 8:34 (AFR20)
Ja, ons Here Jesus tree vandag nog vir ons in by die Vader. Wanneer jy dalk drooggemaak het, moet jy weet dat Jesus daar is om die Vader te herinner dat jou skuld betaal is. Wanneer jy besef dat jy elke keer kan terugkeer na Hom toe, jou sondes bely en van vooraf skoongewas word, skenk Jesus dit aan jou. Hy bid vir jou en maak jou blaadjie weer skoon by ons hemelse Vader.
Ons moet dus besef, dat wanneer ons in die koninkryk van die hemele lewe, is Jesus altyd daar. Hy is daar wanneer ons bid en ons moet op Hom staatmaak om ons te help bid. Die Heilige Gees help ons daarmee. Ons moet ook bid vir mekaar โ vir al die dissipels, net soos Jesus dit gedoen het. Ons moet ook bid vir die mense wat ons van weet en nie van weet nie, wat nog nie vir Jesus ken nie.
Waar die hoรซpriester altyd in gebed getree het namens die volk om hulle saak met God reg te maak, het ons nou die grootste, enigste Hoรซpriester wat permanent vir ons intree (Rom 8:34, Heb. 4-5).
Jesus bid vir jou. Hoe wonderlik is dit! Bid saam met Hom โ vir jou hart en die harte van ander.
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Deur die geskiedenis van die mens was God nog altyd daar en was Hy doelbewus betrokke. Die mens was geskape as die kroon van God se skepping en die doel van die mens was nog altyd om God te verheerlik. In die tuin van Eden was dit โn Paradys โ โn plek waar vrede geheers het en alles in perfekte harmonie was. Dit was โn plek waar God se koninkryk permanent was en waar die mens vir ewig kon leef. Dit was alles baie goed... tot die mens deur die satan versoek is en gekies het vir die sonde.
Sedert die tuin van Eden, het die mensdom โn ingebore hunkering om terug te keer daarna โ om terug te keer na โn plek waar dit weer so sal wees; om weer in perfekte harmonie met God te leef. Daarom, van die tuin van Eden af al, werk Jesus daaraan om ons weer daar te kry.
In Johannes 1:1-3 (AFR20) hoor ons die getuienis daarvan:
โ๐ผ๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ ๐๐ฆ ๐บ๐๐, ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ ๐บ๐๐. ๐ป๐ฆ ๐ค๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐ฆ ๐บ๐๐. ๐ด๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐ข๐ ๐ป๐๐ ๐๐๐ก๐ ๐ก๐๐๐, ๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐ ๐ป๐๐ โ๐๐ก ๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ ๐ก๐๐๐, ๐๐๐ก๐ ๐ก๐๐๐ ๐๐๐.โ
Ja, Jesus self was die Skepper. Ons sukkel om ons koppe daarrondom te kry, omdat ons die Drie-Eenheid as drie aparte dele sien. Maar hulle is Een. God die Vader, God die Seun en God die Gees โ drie, maar een. Een wese. Een God. Die enigste God. Die God wat Mens geword het, sodat die verhouding weer herstel kan word. Die God wat Homself leeggemaak het van Sy Goddelikheid (Fil. 2:1-10), om as Mens te doen wat ons nie kon nie โ die verdiende straf neem vir al die sonde.
Ons almal weet hoe moeilik dit is as jy drooggemaak het in โn verhouding om na die ander persoon toe te gaan en om verskoning te vra. Maar God, nadat ons Hom herhaaldelik verraai en teleurstel, kom na ons toe. Nie om ons te dwing om om verskoning en vergifnis te vra nie, maar om te kom sรช Hy is lief vir ons en Hy wil nogsteeds hรช dat ons saam met Hom leef. Dit gaan ons verstande te bowe.
Daarom, wanneer Jesus die dissipels leer bid, sรช Hy:
โ๐๐๐๐๐, ๐๐๐๐ก ๐ข ๐๐๐๐ ๐๐โ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐. ๐ฟ๐๐๐ก ๐ข โข๐๐๐๐๐๐๐๐ฆ๐ ๐๐๐.โ โ Luk. 11:2 (AFR20);
en in Matteus 6:9-10a (AFR20):
โ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐ ๐๐๐ โขโ๐๐๐๐๐ ๐๐ , ๐๐๐๐ก ๐ข ๐๐๐๐ ๐๐โ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐. ๐ฟ๐๐๐ก ๐ข ๐๐๐๐๐๐๐๐ฆ๐ ๐๐๐.โ
Jesus wil hรช dat ons weer in die Koninkryk wees. Hy wil hรช dat ons leef in die wรชreld waar Hy regeer en waar sy liefde en vrede heers. In die tuin van Eden was dit so gewees, selfs al was die slang daar om moeilikheid te maak. As Adam en Eva geluister het na God en naby Hom gebly het, sou die slang nooit geslaag het in sy plan nie.
Jesus leer dat ons en God met mekaar moet praat in die verborgenheid โ in ons binnekamers, met die deur toe en met alle afleidings uitgeskakel (Matt. 6:4-8). En as ons bid dat ons Vader se koninkryk kom, dan bid ons dat Jesus โ die Koning van alle konings โ sal regeer oor ons lewens. Dan bid ons dat ons saam met Hom leef in die realm, die wรชreld waar ons mense en dinge sien soos Hy dit sien en waar ons siele en liggame gevoed word deur die Brood van die lewe wat net in Hom beskikbaar is (Joh. 6:22-59).
Jesus self het dikwels na afgeleรซ en stil plekke gegaan om met die Vader te praat. Daar het Hy die krag gekry, as mens, om te kon doen wat Hy vir ons moes doen. Daar waar die koninkryk van die hemele was. Daar waar daar liefde, krag en vrede is bo ons begrip.
Vind vandag (en elke dag) jou plek van verborgenheid. Bid dat God se koninkryk sal kom. Laat dit kom en leef daarin.
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Voordat Jesus begin het om die preek op die berg, of die Bergrede, te lewer, het Hy die volgende woorde gespreek:
โ๐ต๐๐๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐, ๐ค๐๐๐ก ๐๐๐ โข๐๐๐๐๐๐๐๐ฆ๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐ โ๐๐๐๐.โ โ Matteus 4:17 (AFR20)
Vir eeue lank het die mense gedwaal in die duisternis van sonde en dood en het hulle probeer om beter te lewe, maar vanweรซ die inherente neiging tot wat boos is, was dit moeilik. Maar tog was daar regdeur die geskiedenis van die mensdom nog altyd mense wat besef het dat dit wat Jesus eers honderde, selfs duisende jare later sou bekendmaak, nog altyd eintlik moontlik was. Die koninkryk van die hemele โ die wรชreld waarin God regeer en vir ewig Koning is โ was nog altyd daar. En dit was, soos Jesus later bevestig het, beskikbaar vir almal.
Natuurlik het Jesus deur sy kruisdood en opstanding dit vir ons nog meer bereikbaar gemaak, omdat Hy ook Sy Gees gestuur het โ sodat Hy altyd by ons kan wees en ons deur Hom hierdie toegang het. Maar selfs Dawid het dit geweet en โ al het hy nie geweet het van Jesus nie โ het hy naby Jesus geleef:
โ๐ ๐๐๐ฃ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐ ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐ค๐๐ฬ, ๐๐ ๐ก๐๐๐ข ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ป๐ฆ ๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ก.
๐ท๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐ฆ ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ป๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐, ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ป๐๐ ๐๐ ๐ค๐๐๐โ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐.โ โ Psalm 145:17-18 (AFR20)
Ja, God was nog altyd doelbewus in sy optrede en teenwoordigheid en Hy was nog altyd naby om vir die mens te sorg en lief te hรช. Ons weet dit want die plan wat Hy vir redding gehad het, was sedert die skepping van die wรชreld opgestel. God gee om vir ons fisiese behoeftes, ons emosionele behoeftes en ons geestelike behoeftes. Hy is die enigste een wat ons kan vervul en vir ons kan voorsien. Hy gee so vir ons om dat Hy van ons wil hoor en met ons wil praat. Dit gebeur deur gebed.
Ons hoor die woord gebed dikwels in die kerk en binne ons klein groepies gepraat word, maar wat is gebed? Gebed is bloot kommunikasie met God. Dit is bloot om te gaan sit en met God te praat oor die alledaagse lewe, te praat oor ons stryd, ons sonde, en Hom te prys vir wie Hy is. Gebed is noodsaaklik in die lewe van โn gelowige. Sonder gebed, sou ons los van God wees. Gebed plaas ons in โn posisie van nederigheid en gee ons โn geleentheid om nader aan God te kom. En daarom moet ons regtigwaar tyd maak daarvoor om, soos Jesus geleer het, in afsondering, in die verborgenheid tyd saam met Hom deur te bring (vgl. Matt. 6:5-8; 16-18).
Selfs Jesus het tot die Vader gebid. Hy het die voorbeeld gestel van hoe gebed lyk en hoekom dit belangrik is. Jesus het God geprys, gebid vir die koninkryk van God, sy behoeftes, ons sonde, en die voorbeeld gestel van hoe om hulp te soek om versoeking te weerstaan. Alhoewel ons nie presies hoef te bid soos Jesus in Lukas 11 of Matteus 6ย gedoen het nie, gee Hy โn goeie uiteensetting van hoe om te bid en die ingesteldheid van ons harte terwyl ons in gebed voor God kom.
Ons gaan hierdie week fokus op wat gebed is en hoekom dit belangrik is.
๐ฒ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐:
Hemelse God en Vader,
Dankie vir die voorreg om voor U te kom en U te loof. U is getrou en genadig. Daar is niemand soos U nie en niemand buiten U nie. Net U is my lof werd. Here, U ken die behoeftes van my hart en U weet wat in my lewe aangaan. Werk asseblief in elke situasie van my lewe. Ek vertrou op U sorg want ek het U liefde gesien en ek weet dat U vir my omgee. Reinig my hart en verstand. Maak my skoon en herinner my aan die belangrikheid van gereelde bekering. Beskerm my teen die vyand se aanvalle en lei my in U weรซ. In U goedheid, Heer, praat asseblief hierdie week met my en leer my meer oor hoe gebed lyk en hoekom dit belangrik is. In Jesus se Naam, Amen
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
As ons terugdink aan die verhaal van Dawid en Goliat, was daar nooit verwag van kleine Dawid, โn herder en nog โn jong seun, om die grootste vyand van die Israelitiese leรซr te verslaan nie. Letterlik die grootste, die meer as 9 voet of amper 3 meter hoรซ reus. Die hele volk was so te sรช klaar verslaan en oorval met vrees. Maar dan kom Dawid daar aan as โn besoeker van sy broers op die slagveld. Hy pak die geveg aan sonder enige vrees vanweรซ sy geloof en vertroue in wie sy God was.
Net sรณ kom Jesus dan ook โ die mees onwaarskynlike kandidaat โ om die hele mensdom te kom red. In die kleine dorpie van Betlehem gebore, โn Nasarener. Hy was soos meeste seuns in sy streek en het nie besonder uitgestaan nie โ โn eenvoudige timmerman. Dan kom die geveg wat niemand eers sien kom het nie โ โn klimaks tot die eeue oue stryd tussen goed en kwaad. En, sonder โn slingervel, โn swaard of โn spies โ teen alle verwagtinge โ oorwin Jesus die sonde en die dood... met liefde. Hy hang aan โn kruis โ die ergste vernederende dood van sy tyd. Hy lyk nie soos โn held nie, maar met vergifnis vir die misdadiger langs Hom wat ook aan โn kruis hang en tot bekering kom, begin die vergifnis vir die hele mensdom, sodat ons โn verhouding met God kan hรช. Deur Jesus se opoffering en opstanding, sy gehoorsaamheid aan die Vader โ net soos Dawid se gehoorsaamheid in geloof โ word die reuse in ons lewens bekend as sonde en dood verslaan. โn Geveg wat ons nie op ons eie kan wen nie.
Die profesieรซ van Jesaja en Sagaria, wat onderskeidelik iewers tussen 739-681 v.C. en tussen 520-470 v.C. geskryf is, was/is waar. Die profesieรซ was nie vaag nie, dit was in detail en ons sien dit in detail vervul binne die Nuwe Testament. Dit is so goed asof jou oupagrootjie se groot-groot-groot oupagrootjie 700 jaar gelede neergeskryf het wat jou naam sal wees, wat jy sal doen en wie jy is, wat jy in detail gaan doen en wat nou aan die gebeur is in jou lewe. Die meeste van ons weet nie eens wat ons groot oupagrootjie en oupagrootjie gedoen het nie, wat nog te sรช wie hulle was.
Maar, weet jy wat? Wie jy is en wat jy gaan doen, is nog lank voor jou groot-groot-groot oupagrootjie neergeskryf:
โ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐ก๐๐ฆ๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐, ๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ค๐๐โ๐๐๐, ๐ก๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ก๐, ๐ก๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐ฬ๐๐๐๐โ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ โ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ข๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐ , ๐ก๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐ ๐ก๐ ๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐๐๐๐ข๐๐. ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐ข๐ ๐ก๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐บ๐๐ ๐๐, ๐ ๐๐๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐โ๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐, ๐๐๐๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ข๐๐ก๐๐๐ฃ๐๐๐ โ๐๐ก, ๐ ๐ก๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ฆ.โ โ Efesiรซrs 6:12-13 (AFR20)
Die profesieรซ oor Jesus was in detail gewees om aan te toon dat God doelbewus en gedetailleerd is. Jesus was deel van die eeue oue plan vanaf die Tuin van Eden tot die profesieรซ van die Nuwe Testament en Hy is vandag steeds deel van die plan vir ons lewens. Die stryd wat Hy 2000 jaar gelede gewen het, word steeds vandag gewen in ons lewens โ as ons saam met Hom lewe. Die wapenrusting wat Jesus gedra het, is vrylik in Hom beskikbaar vir ons: waarheid, geregtigheid, vrede, geloof, redding, die Heilige Gees, gebed (Ef. 6:13-17). Ja, jou stryd en die oorwinning wat jy kan en sal behaal, is reeds 2000 gelede geprofeteer toe Jesus ons na Hom toe getrek het.
Deur die eeue is God nogsteeds dieselfde en is sy liefde vir ons sonder grense. En moenie dink Jesus verstaan nie jou stryd nie. Die skrywer van Hebreรซrs herinner ons:
โ๐ด๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ โ๐๐ก, โ๐๐ก ๐๐๐ ๐ป๐ฆ ๐๐๐ก ๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ฆ, ๐ ๐๐๐๐ก ๐ป๐ฆ ๐๐๐ข๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ โ๐๐ก, ๐๐๐ก ๐๐ ๐๐๐ ๐ท๐ข๐๐ค๐๐, ๐๐๐๐๐ก๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐, ๐๐ ๐ ๐๐๐๐ก ๐ป๐ฆ โ๐ข๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ข๐๐ก ๐ฃ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐ค๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐ ๐๐๐ค๐๐๐๐ฆ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ก, ๐๐๐ ๐๐๐ฃ๐๐ฆ. ๐๐๐๐ก ๐ป๐ฆ ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐; ๐๐๐ก๐๐๐๐๐๐๐, ๐ป๐ฆ ๐๐ ๐๐๐ ๐ด๐๐๐โ๐๐ ๐ ๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐. ๐ท๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ป๐ฆ ๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐ฆ๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐๐๐ , ๐ ๐๐๐๐ก ๐ป๐ฆ '๐ ๐๐๐๐โ๐๐๐ก๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ก๐๐๐ข๐ ๐ป๐๐ฬ๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐, ๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐๐ ๐ก๐๐ก ๐ฃ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐ ๐ ๐ ๐๐๐๐๐ . ๐๐๐๐ก ๐๐๐๐๐ก ๐ป๐ฆ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ฆ โ๐๐ก ๐ก๐๐ ๐ป๐ฆ ๐ฃ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ , ๐๐ ๐ป๐ฆ ๐๐ ๐ ๐ก๐๐๐ก ๐๐ ๐๐๐ฬ ๐ค๐๐ก ๐ฃ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐, ๐ก๐ โ๐๐๐.โ โ Hebreรซrs 2:14-18 (AFR20)
Hoe wonderlik is dit tog om โn God te hรช wat vir ons omgee!
๐ฒ๐๐๐๐:
Hemels God en Vader,
Dankie dat U โn doelbewuste plan gehad het van die begin van tyd af. Ek weet U het U Seun gestuur sodat ek โn verhouding met U kan hรช; U liefde is so groot vir my. Ek is jammer dat ek die genade en vergifnis wat U my daagliks bied as vanselfsprekend aanvaar. Help my om U in my alledaagse lewe te sien en meer bewus te wees van U teenwoordigheid. Here, maak my planne U planne. U weรซ en planne is beter as my eie. Gaan asseblief voort om U wil vir my lewe te openbaar. Dankie vir die offer van Jesus en vir die vryheid wat deur Hom gebied word. Ek loof U vir alles wat U gedoen het en alles wat U sal doen. Here, ek is lief vir U. In Jesus se Naam, Amen
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Regdeur die Bybel is daar profesieรซ oor die koms van Jesus, die beloofde Messias. God se volk, Israel, het baie opdraandes beleef en hulle het vasgehou aan die hoop dat iemand uiteindelik sou kom om hulle te help. Die wรชreld om hulle was sleg en hulle het gereeld verval in sonde en gereeld hulself gevind waar hul van God verwyder was โ dikwels deur hul eie toedoen en hul keuse vir die sonde. Klink nogal soos die wรชreld van vandag, nรจ?
In Jesaja lees ons oor die Kind wat gebore sou word: โ'๐ ๐๐๐ข๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐. ๐ท๐๐ โ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ฆ ๐๐ ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐ ๐๐๐ข๐๐. ๐ป๐ฆ ๐ค๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐: ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐ค๐๐, ๐๐๐๐ก๐๐๐ ๐บ๐๐, ๐ธ๐ค๐๐๐ ๐๐๐๐๐, ๐๐๐๐๐๐ฃ๐๐๐ .โ (Jesaja 9:5 AFR20). Vir die wรชreld in daardie tyd (en ook vandag) is dit die wonderlikste nuus โ die koms van โn Verlosser wat vir ewig met geregtigheid en regverdigheid sou regeer. Net so, het Lukas 1:32-34 ons geleer dat die engel Gabriรซl aan Maria aangekondig het dat haar kind, Jesus, die troon van Dawid sou beรซrwe en oor โn koninkryk sonder einde sou regeer. Hoop. Dis wat die mense gesoek het en dis wat God in sy soewereiniteit gegee het โ โn noukeurige plan om die mensdom te verlos. Maar hoekom is dit belangrik dat ons weet oor hierdie profesieรซ? Wat leer dit ons oor God?
Wanneer ons die profesieรซ oor Jesus ondersoek, hul vervulling in sy lewe, en hoe presies dit ooreenstem met sy geboorte, bediening, lyding en opstanding, kry ons โn sterk basis vir ons geloof. Profesieรซ soos diรฉ in Sagaria 11:12-13, wat die verraad van Jesus vir dertig silwerstukke voorspel, wat later in Matteus 27:6-10 vervul is, bevestig God se beheer oor die geskiedenis. Deur hierdie profesieรซ te ken en te glo in hul vervulling, gee aan die gelowige bevestiging dat die Skrif waar is en dat dit waarlik die Woord van God is.ย Die konsekwentheid en akkuraatheid van God se Woord is altyd daar. Elke vervulde profesie openbaar dat God se planne nie lukraak is nie, maar doelbewus in die weefsel van tyd ingeweef is โ God was, is en sal altyd getrou en betroubaar wees.
Kyk ons nog dieper na hierdie profesieรซ, sien ons โn God wat alwetend, wys en deernisvol is. In Jesaja 50 lees ons van die groot Dienaar en hoe Hy sou ly, hoe Hy Sy rug gegee het aan diegene wat Hom geslaan het, hoe Hy sou volhard deur al die bespotting en mishandeling deur die hande van die soldate. En weereens sien ons die vervulling daarvan in Matteus 27:27-31. Ons sien weer God se gewilligheid om kwesbaar te word, om ter wille van ons te ly en om ons sondes te dra. Hy is nie vรชr of ontkoppel van ons pyn nie, maar is intiem betrokke by die verlossing daarvan. Dit wys โn God wat ons innig lief het en tot enige lengte sal gaan om ons weer in โn verhouding met Hom te bring.
Die profesieรซ en die vervulling daarvan is nie net geskiedenislesse nie; hulle herinner ons daaraan dat God se hand aktief in ons lewens werk vandag. Net soos Hy die weg vir Jesus en georkestreerde gebeurtenisse voorberei het om Sy beloftes te vervul, berei God ons voor en lei ons deur die lewe. In oomblikke wanneer Sy plan dalk nie duidelik is nie, kan ons onthou dat Hy dieselfde God is wat elke belofte aangaande Jesus vervul het. Dink na oor jou eie lewensreis โ kan jy tye sien toe Hy jou voorberei het vir wat voorlรช? Miskien was daar โn seisoen wat moeilik gevoel het, net vir jou om later te besef dat dit nodig was om jou voor te berei vir iets groters.
In die Bybel is baie profesieรซ wat uitgespreek is oor God se volk โ dikwels nie goeie profesieรซ nie. Toe Jesus kom, is die profesieรซ vervul en het Hy vir ons net beloftes gebring โ beloftes van lewe in oorvloed en โn ewige lewe saam met Hom. God hou nog altyd sy woord en Hy is getrou. Glo dit. Hou vas daaraan.
๐ฒ๐๐๐๐:
Hemelse Vader, dankie dat U getrou is aan elke belofte wat U oor Jesus gemaak het. U vervulde profesieรซ openbaar U hart vir ons โ โn hart van liefde, deernis en barmhartigheid. Help ons om op U planne vir ons te vertrou, selfs wanneer ons dit nie duidelik kan sien nie. Net soos U elke profesie oor Jesus vervul het, weet ons U is getrou om U beloftes in ons lewens te vervul. Mag ons U hand aan die werk sien in ons lewens en skenk ons die geloof om U volkome te vertrou. In die naam van ons Wonderbare Raadgewer, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors en Here, Jesus Christus. Amen
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Meeste mense ken die verhaal van Dawid en Goliat (1 Samuel 17). Self mense wat nie glo nie, het al iewers daarvan gehoor en die gebruik om โn titaniese stryd voor te stel as โn Dawid vs Goliat stryd is algemeen. As Christene, onthou ons Dawid se woorde voor die stryd aan Goliat: โ๐ฝ๐ฆ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐ก '๐ ๐ ๐ค๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ก '๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ก '๐ ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐, ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ข ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐, ๐ป๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐ก๐, ๐๐๐ ๐บ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ฃ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ผ๐ ๐๐๐๐, ๐ฃ๐๐ ๐ค๐๐ ๐๐ฆ '๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก๐ก๐๐๐ ๐๐๐๐. ๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐๐ข ๐๐ ๐๐ฆ โ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ค๐๐, ๐๐ ๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ข ๐ฃ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ข ๐๐๐ ๐๐๐๐๐.โ (1 Samuel 17:45-46a AFR20). Dawid se geloof in God het hom in staat gestel om hierdie formidabele reus te verslaan, wat bewys dat die oorwinning aan die Here behoort.
Vir eeue het die mensdom gewag vir die Gesalfde Een, die Messias, wat Dawid sou opvolg. Die volk Israel het uitgesien na die Een wat namens die mensdom die โreuseโ van sonde, dood en boosheid sal verslaan. Waar Dawid โn slinger gebruik het, het Jesus die kruis geswaai โ โn skynbare swakheid volgens wรชreldse standaarde, maar uiteindelik โn wapen van redding en oorwinning. Net soos Dawid se oorwinning tot vryheid vir Israel gelei het, bring Jesus se oorwinning oor sonde en dood vir ons vryheid soos nog nooit geken nie.
Voor Jesus se geboorte al, sรช die engel Gabriรซl vir Maria haar seun โ๐ ๐๐ ๐๐๐๐ก๐๐ ๐ค๐๐๐ , ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ข๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ด๐๐๐๐โ๐๐๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐. ๐ธ๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐บ๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐ฃ๐๐๐๐ฃ๐๐๐๐ ๐ท๐๐ค๐๐ ๐๐๐.โ (Lukas 1:32 AFR20) Ongelukkig het Israel nog altyd โn mense koning verwag โ iemand wat weer op die fisiese troon van Dawid sal sit. Maar Jesus, God se Seun en God self, is die beloofde Koning wat oor โn ewige koninkryk sal heers. Hierdie koninkryk is nie een van wรชreldse mag nie, maar van geestelike gesag oor alle duisternis en boosheid. Deur sy menswording het Jesus die hemel na die aarde gebring, die werk begin om die magte van die bose omvรชr te werp en God se heerskappy van vrede, geregtigheid en liefde uit te brei โ groter Goliatte al verslaan word.
Petrus praat ook in 1 Petrus 2 oor Jesus wat die โ๐๐๐ค๐๐๐๐ ๐๐ก๐๐๐โ is, โ๐ค๐๐ก ๐ค๐๐ ๐๐๐ข๐ ๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐๐ข๐ ๐๐ , ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐บ๐๐ ๐ข๐๐ก๐ฃ๐๐๐๐๐๐, ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ .โ (1 Petrus 2:4) Wanneer ons Jesus se stryd aan die kruis met Dawid se stryd teen Goliat vergelyk, spreek hierdie woorde van Petrus tot die oรซnskynlike paradoks van Jesus se lewe en bediening: alhoewel Hy verwerp en gekruisig is, het Hy die hoeksteen van โn nuwe geestelike koninkryk geword. Jesus se dood aan die kruis het soos โn nederlaag gelyk, maar dit was in werklikheid die uiteindelike oorwinning oor die bose. Deur sy opstanding het Hy die wรชreld se verwagtinge omgekeer en โn nuwe fondament gevestig waarop die kerk en sy koninkryk gebou sou word. Deur Jesus te kies, belyn ons ons by sy oorwinning en word ons deel van sy ewige koninkryk.
En dan, ten slotte, in Openbaring 5, sien ons Jesus as โ๐๐๐ ๐ฟ๐๐๐ข ๐ข๐๐ก ๐๐๐ ๐ ๐ก๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ฝ๐ข๐๐โ, die een wat geseรซvier het. In hierdie hemelse visioen is Jesus beide โn kragtige leeu en โn offerlam. Hy alleen is waardig om die boekrol oop te maak, wat sy gesag bevestig om God se verlossingsplan tot vervulling te bring. Jesus se oorwinning is nie met geweld behaal nie, maar deur sy opofferende liefde, wat die magte van sonde en dood oorwin het.
As die Leeu van Juda, word ons herinner dat Jesus die almagtige Koning is, terwyl die Lam van God ons wys hoe groot hierdie Koning se liefde vir ons is โ โn opofferende liefde waardeur Hy die bose oorwin het. Jesus Christus is waarlik die Koning wat met gesag genade en liefde uitstort โ selfs oor sy vyande. Wie sou nou kon dink dat dit juis hierdie wapens is wat uiteindelik alle boosheid finaal sal oorwin.
Wat ook al jou reuse is wat jou vandag uitdaag en spot โ weet dat die Koning se oorwinning oor die sonde en dood reeds behaal is. Laat Hom toe om jou stryd te stry en veg saam met Hom in die krag van sy heerskappy in sy koninkryk. Hy sal jou toerus om oorwinning te behaal of Hy sal dit namens jou doen. Vertrou op Hom en leef saam met Hom.
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
In Johannes 1:1-5 (AFR20) staan die volgende:
โ๐ผ๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ ๐๐ฆ ๐บ๐๐, ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ ๐บ๐๐. ๐ป๐ฆ ๐ค๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐ฆ ๐บ๐๐. ๐ด๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐ข๐ ๐ป๐๐ ๐๐๐ก๐ ๐ก๐๐๐, ๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐ ๐ป๐๐ โ๐๐ก ๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ ๐ก๐๐๐, ๐๐๐ก๐ ๐ก๐๐๐ ๐๐๐. ๐ผ๐ ๐ป๐๐ ๐ค๐๐ ๐๐๐ค๐, ๐๐ ๐๐๐ฬ ๐๐๐ค๐ ๐ค๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐. ๐ธ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐ฆ๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐ข๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐ , ๐๐ ๐๐๐ ๐๐ข๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐ข๐๐ก๐๐๐๐ ๐๐๐.โ
In Genesis is die omgewing die tuin van Eden. Adam en Eva woon in harmonie met God en alles wat nodig is vir die mensdom is in die tuin. Maar, as gevolg van die mens se sonde in daardie tuin, word die harmonie verbreek en is die mensdom gedompel in โn tydelike, moeisame lewe.
In die Johannes Evangelie is die omgewing die tuin van Getsรฉmanรฉ. Jesus het baie tyd in tuine deurgebring. Omdat Jesus gestuur is om vir die sondes van die wรชreld te betaal, vind ons Hom dan in die tuin van Getsรฉmanรฉ en in die Evangelie van Lukas, sien ons dat Jesus daar bid dat nie Sy wil moet geskied wanneer dit by die kruis kom nie, maar dat die Vader se wil geskied.
Binne albei hierdie tuine was keerpunte vir die hele wรชreld. In 1 Korintiรซrs noem Paulus vir Jesus die tweede Adam. Paulus verduidelik dat Jesus gekom het om wat die eerste Adam verkeerd gedoen het ongedaan te maak. Hy het gekom om te gehoorsaam. Hy het gekom om nie Sy of die menslike wil te hรช of leer nie, maar die Vader se wil. Anders as die eerste Adam wat in versoeking verval en gesondig het, soos ons almal doen, het Jesus nuwe lewe en vryheid van sonde kom aanbied. Dit is goeie nuus.
As ons weer kyk na gister se oordenking oor die Paaslam en hoe Jesus die Lam van God was, verstaan ons dat soos die Paaslam, is Jesus die uiteindelike offer wat God voorsien het sodat ons van die dood beskerm kan word en die ewige lewe gegee kan word deur bedek te wees met die bloed van die Lam.
Wat dus in Genesis en Eksodus plaasgevind het, was slegs vooraf skaduโs van wat sou kom: Die finale oorwinning oor sonde deur Jesus. Ons aanbid en dien die Verlosser van die wรชreld. En hierdie Verlosser was reeds in die begin daar. Reeds in die begin was die plan dat Hy sou kom om vir ons die verlossing te bring.
Daar in die tuin van Eden โ waar die mens sy eie wil wou hรช en volg. Van daar het alles begin opbou tot in die tuin van Getsรฉmanรฉ waar God se wil vir die verlossing van die mensdom in Jesus gekom het. Die nuwe Mens, die nuwe Adam het kom doen wat die mensdom nooit kon doen nie. En nou is die nuwe lewe en verlossing van sonde en dood beskikbaar gestel vir elkeen van ons wat lewe in die teenwoordigheid van die Here โ in die koninkryk van die hemele.
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Elke jaar vier ons Paasfees en, ongelukkig vir baie mense, is dit net โn lekker langnaweek. Paasfees is die tyd wanneer ons ons Here Jesus Christus se groot, onbaatsugtige, nederige en finale offer vir elkeen van ons se sondes vier. Maar Paasfees se oorsprong is nog lank voor daardie Goeie Vrydag en Opstanding Sondag reeds gevestig.
In Eksodus 12:1-12 kom ons die eerste Pasga teรซ, โn deurslaggewende gebeurtenis waar God die Israeliete opdrag gegee het om โn onbevlekte lam te offer en sy bloed op hulle deurkosyne te plaas. Dit was die tyd van die 10 plae en die finale plaag om die Farao se hart sag te maak sou kom โ die dood van alle eersgeborenes. Dit was โn strawwe, wrede plaag gewees, maar omdat die Farao God self verset het, was dit nodig.
Die Israeliete wat gehoorsaam was en die lam geslag en die bloed aan die deurkosyne geplaas het, was gespaar van die plaag van die dood wat deur Egipte getrek het. Reeds hier, omtrent 1300 jaar v.C., het redding deur die bloed van โn offer gekom.
Dit is dan ook nie sommer blote toeval gewees dat die Here Jesus tydens die viering van daardie dag die vervulling van die laaste en uitnemendste bloedoffer gebring het nie. In Johannes 1:29 bevestig Johannes die Doper, toe hy Jesus gesien het: โ๐ท๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ฟ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐บ๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐ฬ๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐!โ Jesus is nie net nog โn lam nie; Hy is die volmaakte, sondelose offer wat eenmalig vir die hele mensdom gebring word.
Wanneer Paulus ook โn hele paar jaar na Jesus se kruisiging, dood en opstanding aan die gemeente in Korinte skryf, dan herinner hy hulle juis ook aan hierdie nuwe verbond โ die Nuwe Testament- wat Christus gebring het: โ๐๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐, โข๐ถโ๐๐๐ ๐ก๐ข๐ , ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐.โ (1 Kor. 5:7b AFR20) Jesus se dood was nie bloot simbolies nie, maar die uiteindelike daad van verlossing. Net soos die bloed van die Paaslam die Israeliete beskerm het, bedek Christus se bloed ons en verlos ons van sonde en dood.
Die skrywer van Hebreรซrs brei ook uit oor die aard van Jesus se offer: โ๐ป๐ฆ โ๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐ข๐๐๐๐๐ค๐๐๐ ๐๐๐, ๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ก๐ฆ๐, ๐๐๐ก ๐ ๐ฆ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐, ๐๐๐ โ๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐, ๐๐ '๐ ๐๐ค๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ค๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐.โ (Heb. 9:12 AFR20). Sy offer is nie jaar na jaar herhaal, soos die Israeliete tydens Pasga moes doen nie; dit was perfek en finaal. Hierdie daad het nie net uiterlik gereinig nie, maar innerlik, en ons gewete en harte gereinig (Hebreรซrs 9:14).
Om Jesus as ons Paaslam te verstaan, roep ons op tot โn dieper waardering van Sy opofferende liefde. Hy het gewillig lyding en dood verduur sodat ons vry kan wees van die slawerny van sonde. Net soos die Israeliete geroep is om op die bloed op hulle deurkosyne te vertrou, word ons geroep om ons geloof in die verlossende krag van Jesus se bloed te plaas.
Mag jy dit besef en jou hart oortuig word om โn lewe van dankbaarheid en toewyding te leef. Die vryheid wat ons geniet, het โn groot prys gekos, en ons reaksie moet een van aanbidding en transformasie wees. Dink na oor die volledigheid van Jesus se offer vir jou en hoe dit jou bemagtig om โn lewe te lei vry van die skuld en mag van sonde.
๐ฒ๐๐๐๐:
Hemelse Vader, dankie dat U Jesus, die volmaakte Lam, gestuur het om ons sondes weg te neem. Help ons om nooit die diep liefde wat deur Sy opoffering getoon word as vanselfsprekend te aanvaar nie. Mag ons lewe in die lig van hierdie waarheid, voortdurend gesuiwer en aan U toegewy. Amen
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Vandag is die inleiding tot die volgende paar weke se studie wat sal gaan oor die vraag: Gaan alles in die Bybel oor Jesus?
Wanneer ons die Bybel lees, wonder ons soms oor hoekom die Ou Testament daar is. As ons net kyk na die betekenis van die woord โTestamentโ, dan beteken dit mos juis dat โn Nuwe Testament die ou een verouderd of uitgedien maak. Dit is mos die nuutste testament wat tel en die Nuwe Testament leer ons dat Jesus gekom het om vir ons sondes te sterf en vir ons nuwe lewe te gee โ โn ewige lewe. So, hoekom dan die Ou Testament?
Miskien het jy al iewers in die Bybel โn verhaal gelees en gewonder: โWat het dit met Jesus te doen?โ of โHoe pas hierdie storie selfs in die res van die Bybel?โ As jy al ooit sรณ gedink het, is jy nie alleen nie. Om die Bybel te lees kan soms verwarrend en selfs vreemd wees. Van die boek Levitikus met al die ou verbondswette, tot die profesieรซ van Openbaring, kan die lees van die Bybel nogal moeilik wees. En as jy partykeer ook voel dat dit moeilik is, is dit alles goed. As jy begin luister of uitvra, sal jy agterkom dat daar heel moontlik van jou ouers, vriende, familie en selfs leiers is wat sekere verhale uit die Skrif nie heeltemal verstaan het nie. Maar as ons mooi begin oplet na wat Jesus self geleer het en hoe Hy geleef het, dan gaan ons begin agterkom dat baie verskillende verhale uit God se Woord eintlik terugwys na Jesus toe en hoe die Bybel eintlik een groot storie is wat Jesus in elke detail het.
Alhoewel net die eerste vier boeke in die Nuwe Testament spesifiek oor Jesus se lewe gaan โ dis nou die vier Evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes โ kan ons egter na verskeie profete in die Ou Testament gaan kyk wat in baie detail geskryf het oor Jesus se koms. Baie het geweet en geskryf oor die koms van die Messias en wat Hy sou kom doen vir die wรชreld.
Die Evangelies is soms makliker om te verstaan as ander dele van die Bybel, anders as baie stories, en selfs boeke wat ons in die Ou Testament vind โ omdat Jesus self die mense leer. Maar wat dan van byvoorbeeld die tuin van Eden; die verhaal van Dawid en Goliat; die Paaslam? Wat vertel hierdie Ou-Testamentiese verhale vir ons oor Jesus? Hoe wys hulle selfs na Hom as hulle honderde jare voor Jesus se geboorte plaasgevind het?
As ons vra dat die Heilige Gees, deur studie van God se Woord, vir ons sal openbaar hoe baie van die verhale wat ons dalk nie verstaan het nie of wat dalk nie vir ons sin gemaak het nie, sal ons begin agterkom hoe alles in die groter verhaal van God se liefde en genade inpas.
In die volgende paar weke gaan ons kyk na hoe soveel dele van God se Woord juis inpas in hierdie groter verhaal en hoe dit na Jesus wys.
Besef dus vandag net dat God sedert die begin van die Skepping reeds die plan gehad het op Sy Seun te stuur vir jou. Al maak dit nie sin op hierdie oomblik nie, glo my asseblief as ek vir jou sรช dat dit werklik so is. Hoor Salomo se wyse woorde en maak dit jou eie (Spreuke 3:5-6 AFR20):
โ๐๐๐๐ก๐๐๐ข ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ข โ๐๐๐ โ๐๐๐ก โ ๐๐ ๐๐๐ข ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐ก ๐๐ฆ ๐๐๐ ๐ ๐ก๐๐๐ก๐๐๐๐ ๐๐๐.
๐พ๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐ ๐๐ ๐๐๐ข ๐ค๐๐ฬ, ๐๐ ๐ป๐ฆ ๐ ๐๐ ๐๐๐ข ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ข๐๐ก ๐๐๐๐.โ
Mag die Here jou sy insig skenk en mag Hy Sy Woord aan jou openbaar, sodat jy nog beter kan verstaan hoe lief Hy ons het.
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Alle inhoud van hierdie webtuiste kan met liefde gedeel word om 'n verskil te maak in iemand se lewe.ย Jy mag egter nie die inhoud verkoop of her-produseer om enigsins munt te slaan daaruit nie.ย Mag die Here jou seรซn en mag jy God se vrede wat alle verstand te bowe gaan ervaar in jou lewe!
Ds. Christo Schoemanย ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ