Hieronder is 'n lys van die oordenkings met 'n skakel wat lei na teks en 'n klankgreep.
Keer gerus terug na hierdie skakel so elke nou en dan en kyk of daar dalk nuwe sielskos is vir jou.
(Kliek op die skakel en dan op die naam of afpyltjie om die boodskap te sien of die skakel te kry vir die klankgreep.)
Kliek ook gerus op die "Oordenkings" skakel (menu) daarbo 👆🏻 om by die ouer oordenkings uit te kom.
??𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟯𝟬 – 🅽🅸🅺🆂 🅽🆄🆄🆃 🅽🅸🅴 ... (Kliek hier vir die klankgreep)
Wanneer mens die boek van Prediker lees, kan jy gou mismoedig begin raak. Sommer van die intrapslag af, is die Prediker, ’n seun van Dawid, nogal baie negatief. Die eerste hoofstuk begin met die volgende:
“²𝑆𝑖𝑛𝑙𝑜𝑜𝑠, 𝑣𝑜𝑙𝑠𝑙𝑎𝑒 𝑠𝑖𝑛𝑙𝑜𝑜𝑠, 𝑠𝑒̂ 𝑃𝑟𝑒𝑑𝑖𝑘𝑒𝑟, 𝑠𝑖𝑛𝑙𝑜𝑜𝑠, 𝑣𝑜𝑙𝑠𝑙𝑎𝑒 𝑠𝑖𝑛𝑙𝑜𝑜𝑠; 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑖𝑠 𝑠𝑖𝑛𝑙𝑜𝑜𝑠! ³𝑊𝑎𝑡𝑡𝑒𝑟 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑖𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑖𝑟 '𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑎𝑙 𝑠𝑦 𝑖𝑛𝑠𝑝𝑎𝑛𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑚𝑒𝑒 ℎ𝑦 ℎ𝑜𝑚 𝑎𝑓𝑠𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛? ⁴𝐺𝑒𝑠𝑙𝑎𝑔𝑡𝑒 𝑘𝑜𝑚 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑠𝑙𝑎𝑔𝑡𝑒 𝑔𝑎𝑎𝑛, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑. ⁵𝐷𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛 𝑘𝑜𝑚 𝑜𝑝 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟, 𝑒𝑛 ℎ𝑎𝑎𝑠 ℎ𝑜𝑚 𝑛𝑎 𝑠𝑦 𝑝𝑙𝑒𝑘 𝑤𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑦 𝑜𝑝𝑘𝑜𝑚. ⁶𝐷𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑛𝑑 𝑤𝑎𝑎𝑖 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑢𝑖𝑑𝑒 𝑒𝑛 𝑑𝑟𝑎𝑎𝑖 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒. 𝐷𝑖𝑡 𝑏𝑙𝑦 𝑑𝑟𝑎𝑎𝑖 𝑒𝑛 𝑑𝑟𝑎𝑎𝑖 – 𝑜𝑝 𝑠𝑦 𝑘𝑟𝑖𝑛𝑔𝑙𝑜𝑜𝑝 𝑘𝑒𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑛𝑑 𝑡𝑒𝑙𝑘𝑒𝑛𝑠 𝑡𝑒𝑟𝑢𝑔. ⁷𝐴𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑟𝑜𝑚𝑒 𝑣𝑙𝑜𝑒𝑖 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑒𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑒𝑒 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙 𝑛𝑖𝑒. 𝑁𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑙𝑒𝑘 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑟𝑜𝑚𝑒 𝑣𝑙𝑜𝑒𝑖, 𝑑𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑒𝑛 𝑣𝑙𝑜𝑒𝑖 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑤𝑒𝑒𝑟. ⁸𝐴𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑏𝑙𝑦 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑟𝑠𝑡𝑒𝑙 – '𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑘𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑛𝑖𝑒; 𝑜𝑒̈ 𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑎𝑑𝑖𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑒𝑛 𝑜𝑟𝑒 𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑜𝑜𝑟 𝑛𝑖𝑒. ⁹𝑊𝑎𝑡 𝑜𝑜𝑘 𝑎𝑙 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑢𝑟 ℎ𝑒𝑡, 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑢𝑟; 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑜𝑘 𝑎𝑙 𝑔𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑖𝑠, 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑔𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑤𝑜𝑟𝑑. 𝐷𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑘𝑠 𝑛𝑢𝑢𝑡𝑠 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛 𝑛𝑖𝑒. ¹⁰𝐴𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑖𝑠 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑣𝑎𝑛 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑠𝑒̂, “𝐾𝑦𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟, 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑛𝑢𝑢𝑡!” – 𝑑𝑖𝑡 ℎ𝑒𝑡 𝑟𝑒𝑒𝑑𝑠 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑢𝑟 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑦𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑎𝑠. ¹¹𝑉𝑟𝑜𝑒𝑒̈𝑟𝑒 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑢𝑟𝑒 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑡ℎ𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑜𝑜𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑡𝑒𝑟𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑜𝑔 𝑠𝑎𝑙 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑢𝑟 𝑛𝑖𝑒 – 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑒𝑡 𝑠𝑜 𝑚𝑖𝑛 ℎ𝑒𝑟𝑖𝑛𝑛𝑒𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑎𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑎𝑙 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑢𝑟 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑖𝑛𝑑𝑒.” – Prediker 1:2-11 (AFR20)
In die 1983 vertaling is vers 2 soos volg: “𝐴𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑘𝑜𝑚 𝑡𝑜𝑡 𝑛𝑖𝑘𝑠, 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑖𝑒 𝑃𝑟𝑒𝑑𝑖𝑘𝑒𝑟, 𝑡𝑜𝑡 𝑛𝑖𝑘𝑠.” En die 1953 vertaling sê dat alles tevergeefs is. Wanneer jy die 12 hoofstukke van die boek Prediker lees, kan jy baie gou baie negatief raak oor die lewe en begin wonder waaroor alles gaan. Dit is amper soos om na Koos Doep se musiek te luister: dit is baie mooi en uitsonderlike digkuns, maar as jy te veel luister, kan jy selfs depressief raak...
Die geheim van pragtige dig- en skryfkuns en ook musiek, is dat jy dieper moet delf en meer aandagtig luister – sodat jy die boodskap daaragter sal ontdek. God se Woord is nog altyd juis ook só. Net gister noem ’n vriendin dat sy elke dag haar nuwe klere kry (in Christus) wanneer sy God se Woord hoor, verstaan en sin maak daarvan. Dit is nogal baie wyse woorde daardie...
’n Boek soos Prediker en ook baie van die profetiese woorde in die Bybel kan ons soms verslae en mismoedig los. Ons kan gou begin hoop verloor en begin dink dat ons nooit sal wen in hierdie lewe nie of dat ons net nooit goed genoeg sal wees nie. Hierdie eerste hoofstuk van Prediker is nogal só (en so ook die hele boek), maar wanneer ons mooi luister, dit begin verstaan en begin sin maak daarvan, dan besef ons die ongelooflike wysheid daarin: Ons moet leer uit die verlede.
Wanneer jy die res van Prediker lees, kom jy agter dat hy gereeld tot besinning kom oor al hierdie dinge in die wêreld en dat God die antwoord is vir ons geluk; dat daar slegs vrede is in die dien van die Here; dat jy jou nie te veel hoef te bekommer oor enige van hierdie triviale en onbenullige vrae wat van menslike oorsprong is en beperk is tot jou tyd op aarde nie. Wanneer jy die vrae begin vra oor ewige geluk en vrede, lei dit jou na die kruis op Golgota en dan is dit wanneer jy besef dat daar ’n vrede bestaan wat alle verstand te bowe gaan en dat die banale vrae van die wêreld en die antwoorde daarvoor, jou altyd leeg en doelloos sal los.
Ja, niks is nuut in hierdie wêreld nie. Almal hou aan dieselfde foute maak. Almal wonder oor die doel van die lewe. Almal dink in een of ander stadium dat al hierdie gesloof sinloos is. Maar... in daardie stellings en mismoedigheid, lê soveel wysheid, as jy bereid is om te hoor, te verstaan en sin te maak daarvan – as jy bereid is om te leer uit die foute van die verlede, hetsy jou eie of ander s’n.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Daar is niks nuut in hierdie wêreld nie, omdat die neiging van die mens nog altyd tot die sonde is en die mense se ongewilligheid om te leer uit die foute van die verlede. Mismoedige woorde hou dikwels baie hoop, wanneer ek dit vanuit ’n leergierige siening aanhoor en my oë gefokus hou op my ewige hoop: Jesus Christus.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, help my om nie die foute van die verlede te herhaal nie. Help my om te leer uit my foute en ook die van die wêreld. Help my om nie hoop te verloor nie. Met U hulp en krag, kan ek ’n verskil maak en vir die wêreld iets nuut bring. Laat U liefde deur my skyn. Tot eer en verheerliking van my God en Vader alleen. In die Naam van Jesus Christus, my Here. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟮𝟵 – 🅽🆄🆆🅴 🅺🅻🅴🆁🅴. (Kliek hier vir die klankgreep)
Toe ek klein was, het ons altyd alles gehad wat nodig was. Soms, het ons selfs dinge gehad wat ons graag ook wou hê. Ek kan onthou met die Kersfees van 1982 of 1983, het my ouers vir al drie ons kinders nuwe fietse gekoop. My broer is die oudste en hy het ’n beter fiets, ’n BMX, gekry, terwyl ek en my suster ander fietse gekry het. Ons wou ook graag BMX’e gehad het, maar moes wag tot ons groter was daarvoor. Daarna, het ons elke jaar klere gekry vir Kersfees. In die begin was dit amper ’n teleurstelling gewees, want al ons maatjies het speelgoed gekry. Ons kon nie regtig spog soos hulle nie...
Soos die jare aangegaan het, het ons begin besef hoe lekker dit is om nuwe klere te kry. Deur die jaar het jy die klere gehad wat jy nodig het en wat prakties was, maar met Kersfees en selfs verjaarsdae, het jy die klere gekry wat beter was en baie mooi was. Jy kon spog daarmee! En wanneer dit vakansie was of dae waar jy gewone klere skool toe kon aantrek, het jy gewoonlik hierdie nuwe klere aangetrek sodat almal kon sien hoe mooi jy lyk.
Nuwe klere, mooi klere, gee aan ’n persoon baie selfvertroue en ’n gevoel van prestasie – dat jy iets bereik het. Ons sien dit selfs in die werkwêreld: baie mense skaf vir hulself nuwe klere aan om te gaan vir ’n onderhoud of as hulle begin by ’n nuwe werk, sodat hulle ’n beter indruk kan maak op ander. Ongelukkig, is dit ook nie altyd ’n goeie ding nie, want jy kan oorboord gaan daarmee en jouself baie arm los as jy wil byhou met die nuutste mode. Soms is die nuutste modes ook baie verspot en eintlik maar in slegte smaak...
In ons geloof, gaan dinge ook dikwels só. Ons probeer byhou met die nuutste modes en tendense van die wêreld en begin soms dink dat ons geloof aan baie vereistes moet voldoen en dat ons die nuutste dinge in ons geloofslewens moet inbring om aanvaar te word of om belangrik genoeg te lyk. Dikwels is hierdie nuwe dinge nie dinge wat in stemming is met God se Woord nie, maar tendense van die wêreld se waardes.
Paulus sê dat ons nie daardie verspotte modes moet navolg nie, maar dat ons die nuwe klere wat ons ontvang het van God moet aantrek:
“¹⁷𝐷𝑖𝑡 𝑠𝑒̂ 𝑒𝑛 𝑏𝑒𝑣𝑒𝑠𝑡𝑖𝑔 𝑒𝑘 𝑑𝑎𝑛 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒: 𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑖𝑑𝑒𝑛𝑒 𝑚𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑘𝑠𝑏𝑒𝑑𝑢𝑖𝑑𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑔𝑒𝑑𝑎𝑔𝑡𝑒𝑠 𝑙𝑒𝑒𝑓 𝑛𝑖𝑒. ¹⁸𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑒𝑛𝑘𝑒 𝑖𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟, ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑟𝑒𝑒𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑚𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑛𝑘𝑢𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑖𝑠, 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡𝑒. ¹⁹𝑂𝑚𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑣𝑜𝑒𝑙𝑙𝑜𝑜𝑠 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑟𝑑 ℎ𝑒𝑡, ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑜𝑜𝑟𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑙𝑜𝑠𝑏𝑎𝑛𝑑𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑜𝑚 𝑜𝑛𝑣𝑒𝑟𝑠𝑎𝑑𝑖𝑔𝑏𝑎𝑎𝑟 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑟ℎ𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑜𝑛𝑟𝑒𝑖𝑛 𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑡𝑒 𝑝𝑙𝑒𝑒𝑔. ²⁰𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑜 𝑙𝑒𝑒𝑟 𝑘𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒. ²¹𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑡𝑜𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑠 𝑜𝑜𝑟 𝐻𝑜𝑚 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑟𝑖𝑔, 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑖𝑠, ²²𝑛𝑎𝑎𝑚𝑙𝑖𝑘 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑟𝑜𝑒𝑒̈𝑟𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑠𝑤𝑎𝑛𝑑𝑒𝑙 𝑏𝑒𝑡𝑟𝑒𝑓, 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑢 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑎𝑓𝑙𝑒̂, 𝑤𝑎𝑡 𝑎𝑠 𝑔𝑒𝑣𝑜𝑙𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑚𝑖𝑠𝑙𝑒𝑖𝑑𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑑𝑟𝑎𝑛𝑔𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑎𝑎𝑛. ²³𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑒𝑒𝑟𝑑𝑒𝑟 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑒𝑛𝑘𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑛𝑢𝑤𝑒 𝑤𝑜𝑟𝑑. ²⁴𝐽𝑎, 𝑡𝑟𝑒𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑢𝑤𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑎𝑠 𝑘𝑙𝑒𝑒𝑑 𝑎𝑎𝑛, 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑤𝑎𝑟𝑒 •𝑔𝑒𝑟𝑒𝑔𝑡𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑖𝑛 𝑜𝑜𝑟𝑒𝑒𝑛𝑠𝑡𝑒𝑚𝑚𝑖𝑛𝑔 𝑚𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑒𝑝 𝑖𝑠.” – Efesiërs 4:17-24 (AFR20)
Ons hoef onsself nie te bewys aan die wêreld deur tot op die wêreld se vlak te daal nie, maar ons moet eerder anders begin dink. Ons moet Christus aantrek as ons nuwe klere. Ons is nuwe mense in Christus en ons klere is prakties, beskermend en mooier as wat hierdie wêreld nog ooit gesien het of ooit sal sien. Die ander modes kom en gaan en daardie klere word gou oud en verslete, maar die klere van die nuwe mens hou vir ewig, kan elke dag gedra word en sal vir ewig eerste prys wen.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek het ’n ou lewe voor Christus en daardie klere is nou net goed om te dien as lappe om die vuilheid wat ek veroorsaak het skoon te maak. Ek is bevoorreg om elke dag die nuwe mens as kleed aan te trek, want deur die bloed van Jesus Christus, word dit skoongewas elke dag en hou dit ewig.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Baie dankie Here Jesus, dat ek deur U verdienste aan die kruis nuwe klere as geskenk ontvang elke dag. Dankie dat ek dit kan aantrek om vir ewig te skitter in die prag van ’n kruis en ’n oop graf. Help my om nie weer die ou, verslete klere aan te trek nie. Help my om nie in die mode te wil bly met wat die wêreld dink mooi is nie. Laat my ’n nuwe mens wees wat in ware geregtigheid en heiligheid in ooreenstemming met God geskep is. Tot eer van God die Vader alleen. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟮𝟴 – 🆆🅸🅴 🅺🅴🅽 🅳🅸🅴 🅶🅴🅳🅰🅶🆃🅴 🆅🅰🅽 🅳🅸🅴 🅷🅴🆁🅴 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Omdat ons nie volmaak is nie, maar poog om wel volmaak te wees, is die besef van ons sondigheid dikwels vir ons ’n groot selfvernedering. Ons kan soms onsself baie martel, omdat ons elke nou en dan weer die pad so bietjie byster raak. Dít, in sigself, is nie sleg nie, solank ons net nie oorboord gaan daarmee nie. Ons móét sleg voel as ons van God se weë afdwaal en ons moet onsself kasty as ons aanjaag, maar ons moet in die proses terugkeer na God en weer ’n besef probeer kry van wie God is en waaroor genade gaan.
In ons soeke om onsself beter te maak, moet dit begin by ons Maker. Ons moet elke dag weer opnuut begin besef hoe groot God is en ons gedagtes so vêr laat gaan oor God – totdat ons sonder woorde en in verwondering staan. Ons moet gereeld by daardie “Wow!” oomblikke uitkom en soos die jongmense mos deesdae sê: “Boom! Mind blown!”
Paulus se brief aan die Romeine skryf hy met sorgvuldige aandag aan die Joodse Christene wat nog baie probeer roem het op hul Joodse herkoms. Hy vertel aan hulle, in ’n goed-uitgebreide verduideliking, dat God se genade geen perke ken nie en dat die versoeningswerk wat Jesus aan die kruis verrig het, vir almal is. Waar God se volk aanhoudend versoenings- en vergifnis offers moes bring, het Jesus dit finaal kom doen.
Of jy nou Jood, Griek, Afrikaan, Amerikaan, Sjinees of wat ook al is, sê Paulus: “³²𝐺𝑜𝑑 ℎ𝑒𝑡 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑠𝑎𝑎𝑚ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑖𝑛𝑔𝑒𝑠𝑙𝑢𝑖𝑡, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑎𝑎𝑛 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑜𝑛𝑡𝑓𝑒𝑟𝑚𝑖𝑛𝑔 𝑘𝑎𝑛 𝑏𝑒𝑡𝑜𝑜𝑛.” (Rom. 11:32 AFR20) In ’n wêreld wat altyd iets-vir-iets verwag, maak dit amper vir ons vandag nóg minder sin. Maar dan kom Paulus op ’n punt in sy verduideliking en redenasie by daardie “mind blown” oomblik en, gelukkig vir ons, kon hy dit in ’n mate verwoord. Hy skryf:
“³³𝑂, 𝑑𝑖𝑒𝑝𝑡𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑦𝑘𝑑𝑜𝑚
𝑒𝑛 𝑤𝑦𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝑘𝑒𝑛𝑛𝑖𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑!
𝐻𝑜𝑒 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑢𝑟𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑𝑒𝑙𝑖𝑘 𝑖𝑠 𝑠𝑦 𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑙𝑒,
𝑒𝑛 ℎ𝑜𝑒 𝑜𝑛𝑛𝑎𝑠𝑝𝑒𝑢𝑟𝑏𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑦 𝑤𝑒𝑒̈!
³⁴𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑤𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑑𝑎𝑔𝑡𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑔𝑒𝑘𝑒𝑛?
𝑂𝑓 𝑤𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑎𝑠 𝑠𝑦 𝑟𝑎𝑎𝑑𝑠𝑚𝑎𝑛 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑡𝑟𝑒𝑒?
³⁵𝑂𝑓 𝑤𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑒𝑟𝑠 𝑔𝑎𝑤𝑒𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒,
𝑣𝑖𝑟 𝑤𝑖𝑒 𝐻𝑦 𝑑𝑖𝑡 𝑠𝑜𝑢 𝑚𝑜𝑒𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑜𝑒𝑑?
³⁶𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑢𝑖𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑒𝑛 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝐻𝑜𝑚
𝑒𝑛 𝑡𝑜𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑖𝑠 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒.
𝐴𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑘𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑖𝑟 𝑒𝑤𝑖𝑔 𝑡𝑜𝑒!
•𝐴𝑚𝑒𝑛.”
– Romeine 11:33-36 (AFR20)
Paulus kom, na ’n redelike lang verduideliking tot die punt dat, om God se genade te probeer verstaan, moet ons amper probeer ophou om dit te verstaan. Ons moet dit net aanvaar, omdat ons weer besef hoe groot God is en dat God God is. Wat ’n gerusstellende gedagte...
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
As ek myself emosioneel straf oor my oortredings, moet ek weer begin kyk na God en wie Hy is. Ek moet tot by die uiterste beperking van my menslike gedagtes probeer verstaan hoe God se genade werk – tot ek by die punt kom waar ek God se Godheid sien en dan in nederige afhanklikheid dit net aanvaar en weer in gehoorsaamheid aan God, terugkeer na Sy weë.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
My hemelse God en Vader, U is groter as wat ek kan verstaan. Paulus is reg, net soos baie van die profete, Job en van die Psalmdigters: Wie kan U raad gee, Here? Wie kan vir U voorskryf? Wie kan stry met U oordeel en U geregtigheid? U is God. U is ewig. U is ook elke dag my bron van krag, troos, hoop en alles wat ek nodig het. Uit U en deur U en tot U is alle dinge. Aan U kom toe, die heerlikheid, tot in ewigheid! Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟮𝟳 – 🆆🅴🅴🆂 🆅🅾🅻🅼🅰🅰🅺. (Kliek hier vir die klankgreep)
Het jy al ooit by ’n restaurant geëet waar jy kyk na die spyskaart en iets sien met ’n foto by wat ongelooflik lekker lyk en, gebaseer op die foto, bestel jy dit? En dan, wanneer dit aankom by die tafel, lyk dit glad nie soos op die foto nie? ’n Mens is sommer dadelik teleurgestel en jy verwag dadelik dat dit dalk nie so lekker gaan wees nie. Die foto was dan so volmaak gewees, maar die eindproduk laat veel te wense...
Ons mense is ook só. Ons is ook soos daardie eindproduk wat opgedis word. As ons kyk na die foto’s van God wat vir ons in die Bybel uitgebeeld word, sien ons dat God volmaak is in alle opsigte. Sy liefde vir ons is volmaak en onvoorwaardelik; Sy sorg vir ons volmaak en wat nodig is op die regte tyd; Sy regverdigheid en geregtigheid meer as volmaak, volgens ons menslike denke en redenasie... God is volmaak ... en... ons is in God se beeld geskape...
Maar ons is nie volmaak nie. Ons het vrye wil wat deur die duiwel beïnvloed was en nogsteeds is. Ons keuses in die verlede en in die hede en toekoms is aan ons oorgelaat. Die volmaakte beeld is steeds in ons, maar ons moet kies om dit na vore te bring en daar te hou elke dag. Ons sien die foto van die volmaakte eindproduk op die spyskaart, maar as ons onsself opdis voor mense, is dit dikwels nie naastenby wat op die foto is nie.
Daardie bord kos in die restaurant wat soms glad nie lyk soos die foto nie, proe partymaal nogal hemels. Net só, kan jy ’n bord kos kry wat al te fraai lyk, maar glad nie smaaklik is nie. Dit kan lyk of die bord kos heeltemal onvolmaak is, maar die smaak kan baie naby aan volmaak wees. Ons is ook só: Ons mag dalk nie altyd alles reg doen nie, maar ons kan streef daarna om volmaak te wees. Hoe doen ons dit? Deur God se liefde:
“⁴³ “𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑎𝑡 𝑔𝑒𝑠𝑒̂ 𝑖𝑠, ‘𝐽𝑦 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑛𝑎𝑎𝑠𝑡𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒̂,’ 𝑒𝑛 ‘𝐽𝑜𝑢 𝑣𝑦𝑎𝑛𝑑 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑦 ℎ𝑎𝑎𝑡’. ⁴⁴𝑀𝑎𝑎𝑟 𝐸𝑘 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒: 𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑦𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒̂ 𝑒𝑛 𝑏𝑖𝑑 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑜𝑙𝑔, ⁴⁵𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 •ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑠. 𝐻𝑦 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑠𝑦 𝑠𝑜𝑛 𝑜𝑝𝑘𝑜𝑚 𝑜𝑜𝑟 𝑠𝑙𝑒𝑔𝑡𝑒 𝑒́𝑛 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑒𝑛 𝐻𝑦 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑟𝑒𝑒̈𝑛 𝑜𝑜𝑟 𝑤𝑒𝑡𝑠𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑠𝑎𝑚𝑒𝑠 𝑒́𝑛 𝑤𝑒𝑡𝑠𝑣𝑒𝑟𝑏𝑟𝑒𝑘𝑒𝑟𝑠. ⁴⁶𝐴𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑒𝑔𝑒𝑛𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒𝑡, 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑛 𝑒𝑛𝑖𝑔𝑒 𝑏𝑒𝑙𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔? 𝑀𝑎𝑎𝑘 𝑑𝑖𝑒 •𝑡𝑜𝑙𝑙𝑒𝑛𝑎𝑎𝑟𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑘 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑜 𝑛𝑖𝑒? ⁴⁷𝐸𝑛 𝑎𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑙𝑒𝑔𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠 𝑔𝑟𝑜𝑒𝑡, 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟? 𝑀𝑎𝑎𝑘 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑖𝑑𝑒𝑛𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑘 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑜 𝑛𝑖𝑒?
⁴⁸ “𝑊𝑒𝑒𝑠 𝑑𝑢𝑠 𝑣𝑜𝑙𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙𝑠𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑣𝑜𝑙𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑖𝑠.”” – Matteus 5:43-48 (AFR20)
In die bergrede (Matt. 5-7) leer Jesus die mense ’n hele paar fundamentele waarhede. Jesus praat veral oor keuse in die lewe en hoe die mensgemaakte reëls en tradisies ons dikwels van die wal af in die sloot help. Jesus se opdrag in Matteus 5:48 klink amper soos ’n onredelike opdrag... Hoe kan ons dan volmaak wees? Ons is dan sondige mense.
Ja, ons is sondige mense en ons het allerhande eienskappe wat ons anders laat lyk van die foto’s van God wat Jesus ons kom gee het in die Bybel, maar omdat Jesus vir ons die groot versoeningswerk aan die kruis gedoen het, kan ons steeds ’n smaaklike eindproduk wees. Ons mag dalk nie lyk soos die foto’s nie, maar ons kan steeds bevredigend en aanneemlik wees vir God. Hoe doen ons dit? Deur gehoorsaam te wees en te doen wat Hy ons beveel. Deur lief te wees vir almal – soos Hy lief is vir almal. Ja, ons moet selfs ons vyande liefhê – selfs die mense wat anders is as ons, selfs ons land se leiers en almal daar buite. Ons doen dit deur hulle te verdra en vir hulle te bid.
Om volmaak te wees, is nie maklik nie en dit begin elke dag met ’n besluit om in Jesus se voetspore te volg. Ons moet leef soos Hy geleef het. Ons moet leer wat Hy ons leer. Ons moet saam met Hom stap elke tree van ons lewens.
“𝑊𝑒𝑒𝑠 𝑑𝑢𝑠 𝑣𝑜𝑙𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙𝑠𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑣𝑜𝑙𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑖𝑠.”
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek is ’n sondige mense en ek het baie foute, maar dit kan oorkom word. Deur Jesus Christus wat in my woon deur Sy Heilige Gees, kan ek elke dag meer en meer volmaak wees. Ek kan elke dag harder werk om – al lyk ek nie heeltemal soos die foto’s van God in die Bybel nie – nogsteeds die sout van die aarde te wees en smaak te gee in ’n wêreld wat dit broodnodig het.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here Jesus, omvorm my elke dag om meer en meer soos U te wees. Laat my U liefde deel met almal in die wêreld. Vul my met die regte bestanddele, sodat, al lyk ek nie altyd soos die beeld van God nie, dat ek dieselfde resultaat in die wêreld kan hê. Mag my lewe ’n offer wees wat aanneemlik is vir U, hemelse God en Vader. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟮𝟲 – 🅰🆂 🅹🆈 🅾🅾🆁 🅺🅻🅸🅿🅿🅴 🆂🆃🆁🆄🅸🅺🅴🅻 ... (Kliek hier vir die klankgreep)
As iemand op straat skielik na jou toe kom en aanbied om al jou skuld te vereffen, sal jy mos dadelik wil weet wat dit jou gaan kos? Wat moet jy doen daarvoor? “What’s the catch?” Nè? Dinge gebeur mos nie so nie. As iets mos te goed klink om waar te wees, dan is dit seker te goed om waar te wees. Niemand doen dinge só nie... Iewers vorentoe sal daar ’n struikelblok wees... Iewers vorentoe is die klippe waaroor jy gaan val... Niemand rol mos vir ons rotse uit ons pad, sonder om iets terug te verwag nie...
Dinge moes vir Paulus nogal moeilik gewees het. Hy was ’n wetskenner gewees, ’n Fariseër. Hy was een van daardie ouens wat jy enige tyd kon vra waar wat in die Bybel staan en hy sou jou kon sê. Hy het ook die Joodse wette baie goed geken en sou jou gou kon reghelp of uittrap as jy aanjaag. Hy het baie erg vasgehou aan sy Joodse herkoms en het nie gehou van hierdie nuwe geloof wat skielik opgekom het nie. Hy het glad nie die Christene se oortuiging dat Jesus die Christus is ondersteun nie. Hy het selfs eerder die Christene vervolg! Hy kon nie verstaan hoe hulle wil aanvoer dat jy nou skielik uit genade gered word nie – daar was dan soveel voorskrifte waaraan voldoen moet word, volgens die Joodse tradisies... En toe ontmoet Jesus hom!
Paulus het nie vir Jesus gesoek nie en sou in sy lewe in elk geval nie kon dink dat Jesus hom sou vind nie, want Jesus was dan gekruisig en die Jode wou nie glo dat Jesus werklik uit die dood opgestaan het nie. Hoe sou ’n dooie man hom dan kon vind? Maar dan kom Jesus self en ontmoet vir Paulus op die pad na Damaskus en sy lewe verander vir altyd.
Omdat Paulus die Joodse wette en gebruike so goed geken het, was hy dan ook die regte een gewees om die mense te kon leer waaroor die boodskap van die kruis gaan. Hy skryf dan ook aan die gemeente in Rome:
“³⁰Wat sal ons dan sê? Dat die heidene die •geregtigheid wat hulle nie nagejaag het nie, verkry het, naamlik die regverdiging deur die geloof, ³¹terwyl Israel, wat geregtigheid deur die wet nagejaag het, die eis van die wet nie kon nakom nie? ³²Waarom nie? Omdat hulle dit nie op grond van geloof wou verkry nie, maar op grond van hulle dade. Hulle het oor die struikelblok gestruikel, ³³soos daar geskryf staan: “Kyk, Ek sit in Sion 'n klip neer waaroor 'n mens kan struikel, ja, 'n rots wat jou kan laat val; maar wie in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie.” 𝟭𝟬¹Broers, my hartewens en my gebed tot God vir my volk is dat hulle verlos mag word. ²Ek kan inderdaad vir hulle getuig dat hulle God met ywer dien, maar sonder insig. ³Omdat hulle die •geregtigheid wat van God af kom, nie begryp nie, en probeer om hulle eie geregtigheid tot stand te bring, het hulle hulle nie onderwerp aan die geregtigheid wat van God af kom nie. ⁴Die einddoel van die wet is immers •Christus, tot regverdiging van elkeen wat glo.” – Romeine 9:30-10:4 (AFR20)
Ja, genade is ’n konsep wat ons tot vandag toe nog nie behoorlik verstaan nie, want ons menslike natuur is van so aard dat ons nogsteeds ’n iets-vir-iets verhouding in alles wil raaksien. Ons wil nogsteeds glo dat ons nie sommer iets verniet kan kry nie. Paulus kom leer ons hier dat nie alle rotse in ons pad sleg is nie. Vir die Jode is die rots ’n hindernis en sal hulle daaroor val, maar vir ons wat glo is dit verlossing en iets waarop ons kan staan om ’n beter uitsig te kry op dit wat kom.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Jesus Christus is my rots. God het Sy Seun stewig in my pad gevestig – nie om oor te struikel nie, maar om my te leer van verlossing en genade. As ek myself stewig vestig op my ewige Rots, kan ek maklik die hoop sien wat vir my verseker is.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Almagtige God en Vader, U genade is onbeskryflik groot en onverstaanbaar vir ons klein menslike verstande. Dankie dat dit só is, want dit herinner my daaraan dat U God is en dat ek net nodig het om te glo in U Seun, my Here, Jesus Christus. Dankie dat daar vir my regverdiging is in die geloof in U, Here Jesus. Mag U oorspronklike volk ook begin om dit in te sien en mag ons stewig staan op die Rots wat U is. Ons loof en prys U. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟮𝟱 – 🅻🅾🆂 🅾🅵 🆅🅰🆃 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Paulus leer ons op soveel plekke in sy briewe dat ons uit genade gered is. If Efesiërs 2 veral, maak hy ’n duidelike punt daarvan om ons te vertel dat ons dood was as gevolg van ons sondige natuur en al die dergelike dade wat daarmee gepaard gaan, maar dat ons in Christus nou lewe. Hy sê ook duidelik dat hierdie wonderlike feit niks is om in onsself te roem nie, maar dat dit bloot genade is en dat selfs ons geloof ’n gawe van God is.
Tog is daar deesdae – en nog altyd – mense wat wil aanvoer dat ons sekere dinge moet doen om gered te word. Mense dring soms daarop aan dat ons weer moet terugkeer na die ou manier waarop God se volk altyd dinge gedoen het en dat ons selfs die Joodse feeste moet vier. Party ander mense sê ook dat ons net sekere kosse mag eet – soos die Israeliete dit gedoen het. Ander beweer weer dat jy as Christen moet ly en jouself laat verneder om waarlik gered te wees. En so kan die lysie aangaan en aangaan...
Jesus self het egter op die Sabbat siekes genees en ander wonderwerke verrig en dit duidelik gemaak dat mensgemaakte gebruike ondergeskik is aan God se werk. Jesus het nie die rusdag afgestel of ontheilig of tot niet verklaar nie, maar probeer om die mense te leer dat jy altyd hard moet werk aan God se Koninkryk en dat jy wel tyd moet eenkant sit om te wy aan God – soos die gebruik met die Sabbat is.
Paulus kom dan ook en spreek hierdie verstrengeling in menslike voorskrifte en wette aan, in sy brief aan die Kolossense:
“¹⁶𝑀𝑜𝑒𝑡 𝑑𝑢𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑡 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑜𝑜𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑒𝑒𝑡 𝑜𝑓 𝑑𝑟𝑖𝑛𝑘, 𝑜𝑓 𝑜𝑜𝑟 '𝑛 𝑓𝑒𝑒𝑠, '𝑛 𝑛𝑢𝑤𝑒𝑚𝑎𝑎𝑛𝑠𝑓𝑒𝑒𝑠 𝑜𝑓 '𝑛 𝑆𝑎𝑏𝑏𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒. ¹⁷𝐻𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑖𝑠 𝑛𝑒𝑡 '𝑛 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑎𝑓𝑠𝑘𝑎𝑑𝑢𝑤𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑜𝑚 𝑤𝑎𝑠, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑟𝑘𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑖𝑠 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠. ¹⁸𝑀𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑡 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑎𝑎𝑛𝑑𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑜𝑝 𝑠𝑒𝑙𝑓𝑣𝑒𝑟𝑛𝑒𝑑𝑒𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑛𝑏𝑖𝑑𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑒𝑛𝑔𝑒𝑙𝑒, 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑜𝑚 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒𝑝 𝑖𝑛 𝑣𝑖𝑠𝑖𝑜𝑒𝑛𝑒 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑦 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡, 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑟𝑦𝑠 𝑏𝑒𝑟𝑜𝑜𝑓 𝑛𝑖𝑒. 𝐴𝑠 𝑔𝑒𝑣𝑜𝑙𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑, 𝑑𝑖𝑛𝑘 ℎ𝑦 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑟𝑒𝑑𝑒 𝑏𝑎𝑖𝑒 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑜𝑚𝑠𝑒𝑙𝑓, ¹⁹𝑒𝑛 ℎ𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑎𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑜𝑜𝑓 𝑛𝑖𝑒, 𝑢𝑖𝑡 𝑤𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑙𝑖𝑔𝑔𝑎𝑎𝑚 𝑜𝑛𝑡𝑤𝑖𝑘𝑘𝑒𝑙, 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠𝑡𝑒𝑢𝑛 𝑒𝑛 𝑠𝑎𝑎𝑚𝑔𝑒𝑏𝑖𝑛𝑑 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑔𝑒𝑤𝑟𝑖𝑔𝑡𝑒 𝑒𝑛 𝑠𝑝𝑖𝑒𝑟𝑒, 𝑚𝑒𝑡 𝑔𝑟𝑜𝑒𝑖𝑘𝑟𝑎𝑔 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑘𝑜𝑚. ²⁰𝐴𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑜𝑠𝑚𝑖𝑒𝑠𝑒 𝑒𝑙𝑒𝑚𝑒𝑛𝑡𝑒 𝑎𝑓𝑔𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟𝑓 ℎ𝑒𝑡, 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑖𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑎𝑠𝑜𝑓 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑜𝑔 𝑎𝑠 𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑙𝑒𝑒𝑓, 𝑠𝑡𝑒𝑒𝑑𝑠 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑠𝑘𝑟𝑖𝑓𝑡𝑒 𝑠𝑜𝑜𝑠: ²¹ “𝑀𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑎𝑎𝑛 𝑣𝑎𝑡 𝑜𝑓 𝑝𝑟𝑜𝑒 𝑜𝑓 𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑛𝑖𝑒”? ²²𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑔𝑒𝑏𝑟𝑢𝑖𝑘 𝑡𝑜𝑡 𝑛𝑖𝑒𝑡 𝑔𝑎𝑎𝑛, 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑏𝑎𝑠𝑒𝑒𝑟 𝑖𝑠 𝑜𝑝 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘𝑡𝑒 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑠𝑘𝑟𝑖𝑓𝑡𝑒 𝑒𝑛 𝑙𝑒𝑟𝑖𝑛𝑔𝑒. ²³𝐻𝑜𝑒𝑤𝑒𝑙 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑠𝑘𝑟𝑖𝑓𝑡𝑒 𝑚𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑒𝑙𝑓𝑜𝑝𝑔𝑒𝑙𝑒𝑔𝑑𝑒 𝑔𝑜𝑑𝑠𝑑𝑖𝑒𝑛𝑠𝑝𝑙𝑖𝑔𝑡𝑒, 𝑔𝑒𝑣𝑒𝑖𝑛𝑠𝑑𝑒 𝑛𝑒𝑑𝑒𝑟𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝑙𝑖𝑔𝑔𝑎𝑎𝑚𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑘𝑎𝑠𝑡𝑦𝑑𝑖𝑛𝑔, 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑘𝑦𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑤𝑦𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 ℎ𝑒𝑡, 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑡 ℎ𝑒𝑒𝑙𝑡𝑒𝑚𝑎𝑙 𝑛𝑢𝑡𝑡𝑒𝑙𝑜𝑜𝑠, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒𝑛 𝑡𝑜𝑡 𝑏𝑒𝑣𝑟𝑒𝑑𝑖𝑔𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑. 𝟯¹𝐴𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑛 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑤𝑒𝑘 𝑖𝑠, 𝑠𝑡𝑟𝑒𝑒𝑓 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑏𝑜 𝑖𝑠, 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟ℎ𝑎𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑠𝑖𝑡.” – Kolossense 2:16-3:1 (AFR20)
Ons moet hier op aarde vashou aan die ewige hoop wat in Jesus Christus is. Ons moenie dat ons vasgevang word in allerhande voorskrifte van wat ons mag eet of drink of wat ons kamstig móét doen om gered te word nie. Jy hoef niks te doen om gered te word nie. Jesus het klaar alles gedoen vir jou. Jy hoef selfs nie eers eredienste by te woon of betrokke te wees in jou gemeente nie... Ja, dis regtig so... maar... jy WIL dit doen, want uit dankbaarheid leef ons IN en VIR Christus en deur ons dienswerk streef ons na wat daarbo is.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Genade word nie verdien nie. Jesus het die volle prys betaal vir my redding. Ek doen graag alles vir Hom, uit dankbaarheid.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here Jesus, U het die prys betaal en ek is vry. Ek hoef nie meer deur allerhande menslike gebruike en voorskrifte rondom my geloof in U gebind te word nie. Tog weet ek dat ek wel sekere dinge moet doen, sodat ek in lyn kan bly met U voorskrifte. Help my, deur U Heilige Gees, om die verskil te ken en om net aan U gehoorsaam te wees. Tot eer van God, my Vader. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟮𝟯 – 🆆🅸🅴 🅸🆂 🅷🆈 🆃🅾🅶 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Baie maal wanneer die storms van die lewe ons tref of wanneer ons begin twyfel en wonder oor God se getrouheid, is die eintlike rede vir ons twyfel nie gesetel in God se onvermoë om eensklaps ons moeilikheid weg te neem nie, maar eerder in ons eie onvermoë om aan te hou glo en vertrou. God is nog altyd dieselfde en Sy liefde en sorg vir ons hou nooit op nie. Ons geloof raak soms bietjie weg of kwyn so effens en dan is dit maklik vir ons om die leuens van die duiwel te begin glo. Dan is dit maklik om eerder op ons eie kragte staat te maak.
“²²𝑂𝑝 '𝑛 𝑠𝑒𝑘𝑒𝑟𝑒 𝑑𝑎𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑒𝑛 𝑠𝑦 𝑑𝑖𝑠𝑠𝑖𝑝𝑒𝑙𝑠 𝑖𝑛 '𝑛 𝑏𝑜𝑜𝑡 𝑔𝑒𝑘𝑙𝑖𝑚, 𝑒𝑛 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐾𝑜𝑚 𝑜𝑛𝑠 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑘𝑎𝑛𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟,” 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑣𝑎𝑎𝑟. ²³𝑇𝑦𝑑𝑒𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑎𝑎𝑟𝑡 ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑦 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑙𝑎𝑎𝑝 𝑔𝑒𝑟𝑎𝑎𝑘. '𝑛 𝐻𝑒𝑤𝑖𝑔𝑒 𝑠𝑡𝑜𝑟𝑚𝑤𝑖𝑛𝑑 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑛𝑒𝑒𝑟𝑔𝑒𝑠𝑤𝑖𝑒𝑝. 𝐷𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑜𝑡 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑜𝑙 𝑤𝑎𝑡𝑒𝑟 𝑏𝑒𝑔𝑖𝑛 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑠 𝑖𝑛 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑠𝑔𝑒𝑣𝑎𝑎𝑟. ²⁴𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑤𝑎𝑘𝑘𝑒𝑟 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑒𝑛 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑟𝑜𝑒𝑝: “𝑀𝑒𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟, 𝑀𝑒𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟, 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑎𝑎𝑛!” 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑛𝑑 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑜𝑟𝑚𝑠𝑒𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑟𝑎𝑓. 𝐷𝑖𝑡 ℎ𝑒𝑡 𝑏𝑒𝑑𝑎𝑎𝑟, 𝑒𝑛 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑘𝑎𝑙𝑚 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑟𝑑. ²⁵𝑇𝑜𝑒 𝑠𝑒̂ 𝐻𝑦 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒: “𝑊𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓?” 𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑡𝑠𝑎𝑔 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑢𝑙 𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑑, 𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝑊𝑖𝑒 𝑖𝑠 𝐻𝑦 𝑡𝑜𝑔 𝑑𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑛𝑑𝑒 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑡𝑒𝑟 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑟𝑎𝑓 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝐻𝑜𝑚 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑠𝑎𝑎𝑚?”” – Lukas 8:22-25 (AFR20)
Die wêreld is besig om te vergaan om die dissipels. ’n Dreigende ramp en dood staar hulle vierkantig in die oë... En wat doen Jesus? Hy lê en slaap! Hoe kan Hy slaap terwyl ’n storm besig is om letterlik verwoesting te saai in Sy dissipels se lewens? Hoe kan Hy nie omgee nie? En soos die kleingelowige mense wat hulle (en ons) is, nadat hulle al hoeveel storms oorleef het, haas hulle na Jesus om in te swiep en gou-gou die probleem op te los.
Ons moet weet dat Jesus altyd daar is om ons te help, soos Hy die dissipels gehelp het. Ons moet altyd onthou dat Hy God is en almagtig is. Alles in in Sy beheer en Hy is nie meer mens nie. Soos Dawid ook in Psalm 23 ons leer, slaap ons Bewaarder nooit nie. Maar... ons moet ook onthou dat, as Jesus se volgelinge – as gelowiges – het ons die kennis en krag van die boodskap kruis. Paulus bid in Efesiërs 1:16-23 dat ons sal besef dat dieselfde krag wat Jesus Christus uit die dood opgewek het, ook in ons is. Ons moet besef dat God se Gees self in ons woon. Ons moet glo!
Toe die storm die dissipels se boot tref, het hulle nog nie die gawe van die Heilige Gees ontvang nie, maar hulle het alreeds die gawe van geloof ontvang. Deur die werking van die Heilige Gees, sal ons nie skielik allerhande superkragte besit nie, maar sal ons geloof van só aard wees dat ons sal weet waar ons krag en beskerming lê. Vir die dissipels in die boot, was die storm net té groot en het hul geloof gewankel. Hulle moes weet dat God hulle sal red. Hulle moes weet dat Jesus in beheer is. Jesus was nie gepla oor die storm nie en het geslaap, want selfs in Sy slaap kon Hy die dissipels red – hulle moes dit net glo.
In die storms van die lewe gee God gewoonlik vir ons ’n manier om deur dit te kom. Ons sien nie altyd raak hoe dit moet gebeur nie, maar ons moet weet dat ons geloof in Jesus Christus ons daardeur sal dra. As Hy die winde en water gebied om te luister, sal jou probleem mos iets klein wees vir Hom. Hy lê nie en slaap iewers in jou lewe nie – Hy is die lewende Here wat elke dag met jou is.
Moenie die vraag vra en nog in verwondering staan oor wie Jesus is nie. Die dissipels het gevra: “Wie is Hy tog?” Ons weet: “Jesus Christus is die Here!”
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek moenie twyfel oor wie Jesus is nie. Ek moet glo. Ek moet weet en verseker wees daarvan dat Hy altyd met my is en dat geen uitdaging ooit te groot sal wees vir Hom nie. Die probleme wat ek nie self kan oplos in geloof nie, kan ek maar na Hom neem, want Hy is altyd gereed om te help.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here Jesus, vergewe die kleingeloof of selfs ongeloof wat my soms oorneem. Dankie dat U altyd daar is om te help en dat U ook vir my die krag en mag gee om nie onder omstandighede te swig nie. Dankie Heilige Gees, dat ek kan weet U lei my en die storms van my lewe weer sal bedaar. Here, die dinge wat ek nie by magte is om te doen nie, sal U dit asseblief onder beheer bring. Dankie daarvoor. In Jesus se Naam. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟮𝟮 – 🅹🅴🆂🆄🆂 🅸🆂 🅳🅸🅴 🅷🅴🆁🅴 ! (Kliek hier vir die klankgreep)
Deur die eeue heen het mense nog altyd getwyfel oor wie Jesus is. Sommige wil eerder sê wie Hy was, want dan kan dit vir hulle sin maak met menslike kennis en verstand. As ons mos eerder kan praat oor iemand van die verlede wat met historiese feite gestaaf kan word, dan is ons gemoed mos meer gerus. Die konsep van ’n mens wat ook God is – nie was nie, maar IS – is vir ons tydelike verstand bietjie verregaande. Dit is makliker vir sommige mense om dit eerder af te maak as wetenskapsfiksie of ’n leuen.
Ag, ons sien dit oral deesdae. Mense kom met allerhande teorieë en verregaande verduidelikings oor die mens Jesus. Hulle probeer verduidelik of redeneer dat die evangelies gemanipuleer is om mense net so bietjie beter te laat voel, om ’n gekweekte hoop te skep. Hierdie halfgebakte teorieë wissel van idees dat Jesus nie opgestaan het nie, of dat Hy nooit werklik dood was nie, of dat Maria nie ’n maagd was nie, of dat die dissipels Jesus se liggaam iewers anders gaan begrawe het en toe ’n leuen begin versprei het van Sy opstanding. Gewoonlik kom mense ook met allerhande “nuwe en betroubare bronne” vorendag wat blykbaar nou hierdie teorieë staaf ook...
Dis verskriklik hartseer dat die boodskap van die kruis selfs vandag nog vir soveel mense soos dwaasheid klink. Die mens se onvermoë om te glo en te aanvaar dat Jesus Christus die Here is, is ook nie iets nuut nie. Tog, sê die Bybel vir ons dat Jesus Christus wel die Here is. Maar, natuurlik sal mense dit ook bevraagteken, want mense wil ook nie meer die Bybel as die Woord van God aanvaar nie. Hoekom is dit so? Hoekom twyfel mense nogsteeds – selfs as die Koran en die Joodse heilige skrifte en baie ander historiese dokumente dieselfde feite staaf? Voordat ek by daardie antwoord kom, hoor hoe verduidelik Petrus dit aan die Jode en ander Israeliete met die Pinksterfees in Jerusalem:
“²⁹ “𝐵𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠, 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑎𝑚𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟 𝐷𝑎𝑤𝑖𝑑 𝑏𝑒𝑡𝑟𝑒𝑓, 𝑘𝑎𝑛 𝑒𝑘 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑒𝑡 𝑠𝑒𝑘𝑒𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑦 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟𝑓 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑛 𝑏𝑒𝑔𝑟𝑎𝑤𝑒 𝑖𝑠, 𝑒𝑛 𝑠𝑦 𝑔𝑟𝑎𝑓 𝑖𝑠 𝑡𝑜𝑡 𝑣𝑎𝑛𝑑𝑎𝑔 𝑡𝑜𝑒 𝑏𝑦 𝑜𝑛𝑠. ³⁰𝑂𝑚𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑦 '𝑛 𝑝𝑟𝑜𝑓𝑒𝑒𝑡 𝑤𝑎𝑠, 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑤𝑒𝑒𝑡 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑡 ‘𝐺𝑜𝑑 𝑚𝑒𝑡 '𝑛 𝑒𝑒𝑑 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑜𝑚 𝑏𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑚 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑛𝑎𝑠𝑎𝑡𝑒 𝑜𝑝 𝑠𝑦 𝑡𝑟𝑜𝑜𝑛 𝑡𝑒 𝑝𝑙𝑎𝑎𝑠,’ ³¹ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑦, 𝑖𝑛 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑢𝑖𝑡𝑠𝑘𝑜𝑢𝑖𝑛𝑔 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑝𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠, 𝑔𝑒𝑠𝑒̂:
“ ‘𝐻𝑦 𝑖𝑠 𝑛𝑜́𝑔 𝑎𝑎𝑛 𝐻𝑎𝑑𝑒𝑠 𝑜𝑜𝑟𝑔𝑒𝑙𝑎𝑎𝑡, 𝑛𝑜́𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝑠𝑦 𝑙𝑖𝑔𝑔𝑎𝑎𝑚 𝑜𝑛𝑡𝑏𝑖𝑛𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑏𝑒𝑙𝑒𝑒𝑓.’
³² “𝐺𝑜𝑑 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑜𝑝𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 – 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑣𝑎𝑛 𝑖𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑔𝑒𝑡𝑢𝑖𝑒𝑠. ³³𝑁𝑎𝑑𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑡𝑜𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟ℎ𝑎𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑜𝑜𝑔 𝑖𝑠 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑙𝑜𝑓𝑡𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔 ℎ𝑒𝑡, ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑠𝑡𝑜𝑟𝑡, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑒𝑛 ℎ𝑜𝑜𝑟. ³⁴𝐷𝑎𝑤𝑖𝑑 ℎ𝑒𝑡 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙𝑒 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑣𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑒̂ 𝑠𝑒𝑙𝑓:
“ ‘𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: 𝑆𝑖𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑟𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟ℎ𝑎𝑛𝑑, ³⁵𝑡𝑜𝑡𝑑𝑎𝑡 𝐸𝑘 𝑗𝑜𝑢 𝑣𝑦𝑎𝑛𝑑𝑒 '𝑛 𝑣𝑜𝑒𝑡𝑏𝑎𝑛𝑘 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑣𝑜𝑒𝑡𝑒 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 ℎ𝑒𝑡.’ ³⁶ “𝐿𝑎𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 ℎ𝑢𝑖𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐼𝑠𝑟𝑎𝑒𝑙 𝑑𝑎𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝑠𝑒𝑘𝑒𝑟 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝐻𝑜𝑚 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑒𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 ℎ𝑒𝑡 – ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑘𝑟𝑢𝑖𝑠𝑖𝑔 ℎ𝑒𝑡.”” – Handelinge 2:29-36 (AFR20)
Petrus verduidelik aan die mense dat koning Dawid – ’n man na God se hart – net ’n mens was. Dawid het gesterf en nie weer opgestaan nie, maar Jesus wel. Die dissipels was almal getuies daarvan – en dit is nie net die elf dissipels wat oor was nie, maar baie ander ook. Daar was vir seker baie getuies hiervan. Maar, die belangrikste oortuiging wat Petrus hier maak, is iets wat hy nie self maak nie – hy noem dit net. Vers 33: “𝑁𝑎𝑑𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑡𝑜𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟ℎ𝑎𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑜𝑜𝑔 𝑖𝑠 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑙𝑜𝑓𝑡𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔 ℎ𝑒𝑡, ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑠𝑡𝑜𝑟𝑡, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑒𝑛 ℎ𝑜𝑜𝑟.”
Met ander woorde: jy kan allerhande dinge hoor en sien dat die profesieë en Skrif vervul is of jy kan selfs twyfel en allerhande ander verdraaide teorieë begin aanhang, maar jy moet jouself begin afvra: Is dit die Heilige Gees wat my oortuig of mense? Petrus het nie mense oortuig nie. Hy het bloot, deur die leiding van die Heilige Gees, aan die mense verduidelik wie Jesus IS – nie was nie – IS! En God se Gees het die harte van mense aangeraak en hulle het geglo. Ongeveer drieduisend mense het daardie dag tot bekering gekom (Hand. 2:37-41).
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek moenie dat mense my oortuig van allerhande dinge oor Jesus nie, maar moet dat die Heilige Gees my oortuig. Die Bybel is God se Woord. Deur my kennis in God se Woord te verdiep, onder leiding van die Heilige Gees, kan ek verseker wees dat Jesus die Here is.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Dankie, Heilige Gees, dat U die twyfel in my wegneem. Help my om altyd allerhande teorieë en mensgemaakte kennis te toets aan U Woord, almagtige God. My hart is oortuig daarvan dat Jesus leef en U is die Here en Christus. Dit is waar en dit is seker en daarom kan ek sê: Amen!
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟮𝟭 – 🅳🅸🅴 🅺🆁🆄🅸🆂 : 🅺🆁🅰🅶 🅾🅵 🅳🆆🅰🅰🆂🅷🅴🅸🅳 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Wanneer ons sê dat ons glo in Jesus Christus, die Seun van God – God self – dan beteken dit dat ons bely dat daar krag is in die boodskap van die kruis. Baie Christene vertoon ook graag tekens van hul geloof, soos byvoorbeeld die vis plakker agterop voertuie of ander plekke wat verwys na die vroeë kerk en hoe hulle mekaar kon identifiseer. Dit kom ook van die Griekse woord, 𝘪𝘹𝘵𝘶𝘴 (𝘪𝘤𝘩𝘵𝘶𝘴), wat “vis” beteken. Maar die Griekse woord kan ook as afkorting gebruik word (en was ook só gebruik) om te staan vir 𝘐𝘦𝘴𝘰𝘶𝘴 𝘟𝘳𝘪𝘴𝘵𝘰𝘴 𝘛𝘩𝘦𝘰𝘴 𝘜𝘪𝘰𝘴 𝘚𝘰𝘵𝘦̂𝘳 (𝘑𝘦𝘴𝘶𝘴 𝘊𝘩𝘳𝘪𝘴𝘵𝘶𝘴 𝘎𝘰𝘥 𝘚𝘦𝘶𝘯 𝘙𝘦𝘥𝘥𝘦𝘳).
So is daar baie ander tekens wat Christene nog altyd gebruik het om hul geloof te illustreer en verkondig, maar geeneen van al die tekens is so gewild en so kragtig soos die kruis nie. Ons maak kruise van enigiets en ons maak dit mooi en fraai. Ons dra kruis hangertjies, verf dit op mure, bou groot hout of staal kruise... Die kruis is die teken wat meeste Christene (en die wêreld) ken as kenteken van Christene. En dit hoort ook so, want die kruis verwys na die grootste daad van genade wat hierdie wêreld nog ooit gesien het en ooit sal sien. Die kruis is vir ons die simbool van Jesus se selfopofferende liefde vir ’n mensdom wat dit nie verdien nie – sodat ons vergifnis, redding en versoening met die Vader kan kry.
Kan jy jouself egter indink as Jesus in vandag se tyd geleef het en in vandag se tyd gesterf het vir ons sondes. Watter teken sou Christene dan gedra het? ’n Panga, of dalk ’n elektriese stoel of galgtou? Sou Jesus ooit die doodstraf gekry het, want mense kan mos deesdae sê wat hulle wil en glo wat hulle wil? Sou die politici Hom dalk as ’n bedreiging beskou het en Hom met ’n sluipmoord laat omkom het? Sou ons hangertjies dan almal ’n patroondoppie gewees het?
Dit mag dalk alles baie dom klink, maar dit is juis hoe die mense die boodskap van die kruis gesien het in die dae van die vroeë kerk. Die kruis was die wreedste en slegste manier om om die lewe gebring te kon word. Terdoodveroordeeldes was eers amper doodgeslaan en daarna aan ’n kruis vasgespyker en ten toon gestel tot bespotting van almal. Dit was ’n lang wrede dood, opsygesit vir die ergste van kriminele. En toe probeer die apostels verkondig dat Jesus die Christus is – Hý wat aan ’n kruis gesterf het?! En dan wou hulle nog aanvoer dat daardie wrede kruis ’n simbool van God se genade is?! Ek meen, dit maak tog nie sin nie!
’n Mens kan verstaan waarom vroeë Christene eerder die vis gebruik het as teken. Die vis, 𝘪𝘤𝘩𝘵𝘶𝘴, as afkorting het darem die betekenis van die kruis besit. Maar om vir mense te moes verduidelik dat die kruis ’n simbool van liefde en genade is, was seker amper onmoontlik.
Wanneer Paulus aan die gemeente in Korinte skryf, dan sê hy juis ook dit:
“¹⁸𝐷𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑜𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑟𝑢𝑖𝑠 𝑖𝑠 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑑𝑤𝑎𝑎𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒𝑔𝑒𝑛𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑟𝑒 𝑔𝑎𝑎𝑛, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑟𝑎𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑.” – 1 Korintiërs 1:18 (AFR20)
Sien, vandag is daar dalk erger maniere van vernedering en dood en daar is vir seker baie Christene wat nogsteeds gemartel en vermoor word oor hul geloof – sommige word selfs gekruisig, maar ons weet wat die kruis vir ons beteken. Soos Paulus sê, weet ons dat die boodskap van die kruis, die krag van God is. Ons weet dat ons honger vir die ewige lewe gestil word deur die lewende brood en dat Jesus se offer dit moontlik gemaak het. Ons weet dat wanneer ons dalk weer aanjaag, kan ons vergifnis ontvang, want Jesus is ons Voorspraak by die Vader – en dit is moontlik gemaak deur die kruis. Alles is vir ons moontlik, deur die boodskap van die kruis... Maar dan moet ons dit waarlik glo!
𝑶𝒏𝒔 𝒊𝒔 𝒗𝒆𝒓𝒍𝒐𝒔 𝒆𝒏 𝒅𝒊𝒆 𝒃𝒐𝒐𝒅𝒔𝒌𝒂𝒑 𝒗𝒂𝒏 𝒅𝒊𝒆 𝒌𝒓𝒖𝒊𝒔 𝒊𝒔 𝒅𝒊𝒆 𝒌𝒓𝒂𝒈 𝒗𝒂𝒏 𝑮𝒐𝒅 𝒗𝒊𝒓- 𝒆𝒏 𝒊𝒏 𝒐𝒏𝒔!
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Besef ek regtig hoe erg Jesus gely het vir my? Verstaan ek die groot vernedering wat Hy moes deurgaan en die opoffering wat Hy gemaak het vir my? Die boodskap van die kruis is 𝘪𝘤𝘩𝘵𝘶𝘴 vir my: Jesus Christus, God, Seun, Redder.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Liewe God en Vader, dankie vir die boodskap van die kruis. Dankie Here Jesus, dat U, die Seun, God self is en dat U my Redder is. U is waarlik die Christus, die gestuurde en gesalfde van God. Daar is geen groter teken van God se liefde as die kruis nie. Wat wel dwaas lyk vir die wêreld, beteken die wêreld vir my. Ek loof en prys U daarvoor. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟮𝟬 – 🅸🆂 🅹🆈 🅷🅾🅽🅶🅴🆁 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Nadat Jesus meer as vyfduisend mense met slegs 5 brode en 2 vissies kos gegee het en daarna op die water geloop het (Joh. 6:1-21), is Hy weer op die oewer en leer die mense. Hy probeer aan hulle verduidelik dat Hy die een is wat ewige voeding vir die siel verskaf – dat slegs deur geloof in Hom, kan ons die ewige lewe verkry. Maar, omdat Jesus soveel gelykenisse vertel het en analogieë en metafore gebruik het, kon die sogenaamde slim Jode Hom nie verstaan nie. Hulle wou alles letterlik opneem.
“⁴¹𝑇𝑜𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐽𝑜𝑑𝑒 𝑜𝑜𝑟 𝐻𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑚𝑜𝑟 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑔𝑒𝑠𝑒̂ ℎ𝑒𝑡: “𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑟𝑜𝑜𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑛𝑒𝑒𝑟𝑔𝑒𝑑𝑎𝑎𝑙 ℎ𝑒𝑡.” ⁴²𝐸𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐼𝑠 ℎ𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠, 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑜𝑠𝑒𝑓, 𝑤𝑖𝑒 𝑠𝑒 𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑒𝑛 𝑚𝑜𝑒𝑑𝑒𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑘𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒? 𝐻𝑜𝑒 𝑘𝑎𝑛 ℎ𝑦 𝑛𝑜𝑢 𝑠𝑒̂, ‘𝐸𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑛𝑒𝑒𝑟𝑔𝑒𝑑𝑎𝑎𝑙?’ ” ⁴³𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑: “𝐻𝑜𝑢 𝑜𝑝 𝑜𝑚 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑡𝑒 𝑚𝑜𝑟. ⁴⁴𝑁𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑘𝑎𝑛 𝑛𝑎 𝑀𝑦 𝑘𝑜𝑚 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟, 𝑤𝑎𝑡 𝑀𝑦 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟 ℎ𝑒𝑡, ℎ𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒 𝑛𝑎 𝑀𝑦 𝑡𝑜𝑒 𝑡𝑟𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑜𝑚 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑎𝑠𝑡𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑜𝑝𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛. ⁴⁵𝐼𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑃𝑟𝑜𝑓𝑒𝑡𝑒 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓, ‘𝐸𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝐺𝑜𝑑 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑟𝑖𝑔 𝑤𝑜𝑟𝑑.’ 𝐸𝑙𝑘𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑙𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟 𝑒𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑙𝑒𝑒𝑟 ℎ𝑒𝑡, 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑎 𝑀𝑦 𝑡𝑜𝑒. ⁴⁶𝑁𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑡 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 – 𝑛𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐸𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑎𝑓 𝑘𝑜𝑚, 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛. ⁴⁷𝐴𝑚𝑒𝑛, 𝑎𝑚𝑒𝑛, 𝐸𝑘 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒: 𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑔𝑙𝑜, ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑤𝑖𝑔𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒. ⁴⁸𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑟𝑜𝑜𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒. ⁴⁹𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑒𝑠𝑡𝑦𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑛𝑛𝑎 𝑔𝑒𝑒̈𝑒𝑡 𝑒𝑛 𝑛𝑜𝑔𝑡𝑎𝑛𝑠 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟𝑓. ⁵⁰𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑟𝑜𝑜𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑛𝑒𝑒𝑟𝑑𝑎𝑎𝑙, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑣𝑎𝑛 𝑘𝑎𝑛 𝑒𝑒𝑡 𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑟𝑓 𝑛𝑖𝑒, 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑡: ⁵¹𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑏𝑟𝑜𝑜𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑛𝑒𝑒𝑟𝑔𝑒𝑑𝑎𝑎𝑙 ℎ𝑒𝑡. 𝐴𝑠 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑟𝑜𝑜𝑑 𝑒𝑒𝑡, 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑦 𝑣𝑖𝑟 𝑒𝑤𝑖𝑔 𝑙𝑒𝑒𝑓. 𝐸𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑟𝑜𝑜𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑔𝑒𝑒, 𝑖𝑠 𝑚𝑦 𝑙𝑖𝑔𝑔𝑎𝑎𝑚 𝑤𝑎𝑡 𝐸𝑘 𝑔𝑒𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑.”” – Johannes 6:41-51 (AFR20)
Jesus verduidelik hier weer aan hulle dat as jy volwasse is in Hom, as jy verstaan dat Hy die een is wat al jou sondes op Hom sou neem op die kruis, dat Hy die een is wat ware versoening met die Vader sou bewerk... dan sal jy alles wat Hy leer inneem soos jy voedsel en vloeistof inneem om te bly lewe. Jesus verduidelik ook alreeds die doel van die Nagmaal wat nog sou kom. Sy liggaam en Sy bloed was gegee, sodat ons kan lewe. Wanneer ons die Nagmaal herdenk, herdenk ons alles wat Jesus vir ons gedoen het.
Ons eet nie fisies Jesus se liggaam en drink fisies Sy bloed nie. Ons besef wel dat, soos brood en wyn ons liggame voed, só voed die ewige Woord ons siele vir ’n ewige lewe. Die beeld wat Jesus hier gebruik het om aan die Jode te probeer verduidelik, is nie so ingewikkeld nie, maar tog het hulle nogsteeds gekies om dit nie te aanvaar en te glo nie. Ons moet bid vir die Jode, dat hulle Jesus sal sien vir wie Hy waarlik is.
Is jy honger? Eet van die lewende brood.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Om volwasse in Christus te wees en om eendag volwasse voor Hom te kan staan, moet ek glo dat Hy die lewende brood van die lewe is. Jesus Christus, my Voorspraak by die Vader, is my bron van lewe.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here Jesus, U het alles gegee vir my. U liggaam en U bloed het die prys betaal, sodat ek weer versoen kan wees met die Vader. Laat my elke dag eet van die lewegewende brood en drink van die lewende water wat U is. Voed my siel. Ek glo in U en wil vir ewig lewe saam met U. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟭𝟵 – 🅰🆂 🅹🆈 🅳🅸🅴 🅱🅰🅻 🅰🅰🅽🆂🅻🅰🅰🅽 . . . (Kliek hier vir die klankgreep)
Om volwasse in Christus te wees, beteken dat ons volgroei is in die geloof. Dit beteken dat ons Hom waarlik ken en dat ons al meer leef soos Hy geleef het en dat ons doen wat Hy beveel. Dit klink soms na ’n groot uitdaging en, om die waarheid te sê, is ’n groot uitdaging. Sien, ons menslike natuur stry daarmee en die invloed van die mag wat in die wêreld heers, maak dit moeilik. Ons word so maklik verlei om te glo dat ander alternatiewe ook aanvaarbaar is.
Ja, mense – selfs grootmense, volwasse mense – maak nogsteeds foute. Ek dink nou aan die tweede rugbytoets wat Suid-Afrika teen Wallis gespeel het. Wallis het verdien om te wen, maar die Springbokke het baie foute gemaak. In die doodsnikke van die wedstryd, met baie goeie momentum op pad na die doellyn, slaan Vincent Koch toe die bal aan en die skeidsregter blaas die eindfluitjie. ’n Mens kon sommer die teleurstelling in Koch se gesig sien. Hy het ’n fout begaan en het dadelik geweet dat dit vir die hele span ’n nederlaag beteken. Sy fout het egter nie beteken dat hy nie meer ’n Springbok of ’n rugbyspeler is nie. Die wedstryd is wel verloor, maar hy is steeds ’n goeie rugbyspeler en ’n Springbok. Na die tyd, het sy spanmaats hom bemoedig en nie afgekraak nie. Hulle het hom opgebou om ’n beter speler te wees.
Mense maak foute. Christene maak ook foute. Dit maak ons nie minder Christene nie. Dit beteken bloot dat ons ’n fout begaan het, wat ons dalk die klein wedstryd verloor laat het, maar die toetsreeks is nog nie verby nie. Wat vir ons wonderlik is, is dat ons Christen-spanmaats het wat ons ook kan bemoedig en weer optel om die res van die toetsreeks van die lewe voluit te speel en beter te speel. En dan, die beste nuus ooit... Hoor wat skryf Johannes in 1 Johannes 2:1-6 (AFR83):
“¹𝐷𝑖𝑡 𝑠𝑘𝑟𝑦𝑤𝑒 𝑒𝑘 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑚𝑦 𝑙𝑖𝑒𝑤𝑒 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠, 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑛𝑖𝑒. 𝐸𝑛 𝑎𝑠 𝑒𝑒𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔 – 𝑜𝑛𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠, 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔𝑒, 𝑎𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑠𝑝𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑏𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟. ²𝐻𝑦 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑠; 𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑛𝑒𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑜́𝑛𝑠 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑜𝑘 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒́ 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑. ³𝐴𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑜𝑖𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑠𝑎𝑎𝑚, 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝐻𝑜𝑚 𝑘𝑒𝑛. ⁴𝐼𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑒̂: “𝐸𝑘 𝑘𝑒𝑛 𝐻𝑜𝑚,” 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑦 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑜𝑖𝑒 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑛𝑖𝑒, 𝑖𝑠 '𝑛 𝑙𝑒𝑢𝑒𝑛𝑎𝑎𝑟, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 ℎ𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒. ⁵𝑊𝑖𝑒 𝑠𝑦 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑠𝑎𝑎𝑚 – 𝑖𝑛 ℎ𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑤𝑒𝑟𝑘𝑙𝑖𝑘 𝑠𝑦 𝑑𝑜𝑒𝑙 𝑣𝑜𝑙𝑘𝑜𝑚𝑒 𝑏𝑒𝑟𝑒𝑖𝑘. 𝐻𝑖𝑒𝑟𝑎𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑖𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑖𝑠. ⁶𝑊𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑦 𝑖𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑏𝑙𝑦, 𝑏𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑡 𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑜𝑜𝑘 𝑡𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑔𝑒𝑙𝑒𝑤𝑒 ℎ𝑒𝑡.”
Ja, ons het die beste kaptein in die wêreld – in die heelal! Ons kaptein gaan na die afrigter en maak namens ons verskoning. Jesus tree in namens ons by die Vader. Net soos ’n spankaptein gewoonlik die grootste publieke vernedering en straf dra vir die span se nederlaag, só het Jesus dit alreeds gedra op die kruis.
Dikwels maak ons foute en ons slaan die bal aan, omdat ons fokus net nie reg was nie. As ons egter luister na ons kaptein wat altyd saam met ons op die veld is, kan ons gemotiveerd bly en deur foute beweeg. Dit maak nie die foute wat ons maak goeie dinge nie, maar ons kan dit regmaak. Anders as vandag se rugby waar die kaptein soms verander of waar die kaptein nie ’n hele wedstryd speel nie, is Jesus altyd met ons deur Sy Heilige Gees. Hy sal ons altyd leiding gee en as ons Sy voorbeeld volg – leef soos Hy geleef het – sal ons ook die oorwinning behaal oor alle magte en kragte in hierdie wêreld.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek maak foute in my lewe. Foute is nie goed nie, maar as ek daaruit leer en my foute regmaak deur goeie optrede, kan iets goed daaruit kom. My kaptein in die lewe – Jesus Christus – maak nie foute nie. Ek moet Sy voorbeeld volg en in dankbaarheid leef, omdat Hy vir my intree by die Vader.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Dankie, Here Jesus, dat U my Voorspraak is by die Vader. Vergewe my, Here, dat ek nogsteeds foute maak. Dankie dat U my vergewe en my opbou om ’n beter mens te wees. Dankie vir medegelowiges wat my ook aanspoor om beter te wees. Help my om ook my medegelowiges aan te spoor in liefde om beter te wees. Mag ons U volg en U gehoorsaam. Mag ons ook die oorwinning behaal in U. Tot U eer. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟭𝟴 – 🅸🆂 🅹🆈 🅶🆁🅾🅾🆃 ? 🅴🅽 🆅🅾🅻🆆🅰🆂🆂🅴 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
As ons kinders is, wens ons dikwels dat ons ook kan groot wees. Ons wil ook volwassenes wees, want volwassenes kan dan soveel meer dinge doen as kinders. Maar wanneer ons groot is, dan besef ons dat saam met al die dinge wat jy nou kan en mag doen, kom daar geweldige groot verantwoordelikheid saam. Om volwasse te wees, volgens meeste woordeboeke, beteken dat jy ’n volgroeide organisme is, maar ons besef gewoonlik in ons kultuur dat daar ’n groot verskil is tussen groot wees en volwasse wees. Party mense word groot, maar nie volwasse nie. Hulle hou aan met die roekeloosheid van jeug en groei nie uit sekere dinge nie.
Sien, jy kry soms jongmense – selfs kinders – wat meer volwasse is en optree as sekere ouer mense. Hoe gebeur dit? Dit gebeur wanneer ’n mens besef dat kennis en verstandigheid wat goed toegepas word en jou eie gemaak word, goed is vir jou. Ja, dit is wysheid. Die skrywer van die langste psalm in die Bybel, Psalm 119 (heel moontlik Dawid gewees), het hierdie wysheid van die lewe besef. Die hele psalm, wat moontlik geskryf was om sy kinders die alfabet te leer – saam met baie insig en wysheid daarby – praat oor hoe jy volwasse kan wees in jou geloof.
Die Hebreeuse letter מ MEM se gedeelte, sê:
“⁹⁷𝐻𝑜𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑘 𝑢 𝑤𝑒𝑡 – 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑑𝑖𝑛𝑘 𝑒𝑘 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑜𝑜𝑟 𝑛𝑎.
⁹⁸𝑈 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑑 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑚𝑦 𝑤𝑦𝑠𝑒𝑟 𝑎𝑠 𝑚𝑦 𝑣𝑦𝑎𝑛𝑑𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦.
⁹⁹𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒𝑟 𝑎𝑠 𝑎𝑙 𝑚𝑦 𝑙𝑒𝑒𝑟𝑚𝑒𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟𝑠, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑢 𝑏𝑒𝑝𝑎𝑙𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑖𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 𝑠𝑡𝑜𝑓 𝑡𝑜𝑡 𝑛𝑎𝑑𝑒𝑛𝑘𝑒.
¹⁰⁰𝐸𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑖𝑛𝑠𝑖𝑔 𝑎𝑠 𝑜𝑢𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑏𝑦 𝑢 𝑜𝑝𝑑𝑟𝑎𝑔𝑡𝑒 ℎ𝑜𝑢 𝑒𝑘.
¹⁰¹𝑉𝑎𝑛 𝑒𝑙𝑘𝑒 𝑠𝑙𝑒𝑔𝑡𝑒 𝑝𝑎𝑑 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑘 𝑚𝑦 𝑣𝑜𝑒𝑡𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑟ℎ𝑜𝑢 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑢 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑘𝑜𝑛 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟ℎ𝑜𝑢.
¹⁰²𝑉𝑎𝑛 𝑢 𝑏𝑒𝑠𝑙𝑖𝑠𝑠𝑖𝑛𝑔𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑓𝑔𝑒𝑤𝑦𝑘 𝑛𝑖𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑈 𝑤𝑎𝑡 𝑚𝑦 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑟𝑖𝑔.
¹⁰³03𝐻𝑜𝑒 𝑠𝑡𝑟𝑒𝑙𝑒𝑛𝑑 𝑖𝑠 𝑢 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙𝑡𝑒, 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑎𝑠 ℎ𝑒𝑢𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 𝑚𝑜𝑛𝑑.
¹⁰⁴𝑈𝑖𝑡 𝑢 𝑜𝑝𝑑𝑟𝑎𝑔𝑡𝑒 𝑘𝑟𝑦 𝑒𝑘 𝑖𝑛𝑠𝑖𝑔; 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 ℎ𝑎𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑒𝑙𝑘𝑒 𝑏𝑒𝑑𝑟𝑖𝑒𝑔𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑝𝑎𝑑.”
– Psalm 119:97-104 (AFR20)
God se wet is goed en God se Woord en beloftes beter as heuning. Daarom dan dat Paulus die gemeente in Kolosse ook aanspoor om vermaning en onderrig in God se Woord te sien as iets goed. Hy herinner ons dat om 𝘐𝘕 Christus te wees en deur Hom gelei te word, ons meer volwasse maak as ander, want ons besit ’n unieke, wonderlike hoop:
“²⁷𝐺𝑜𝑑 ℎ𝑒𝑡 𝑏𝑒𝑠𝑙𝑢𝑖𝑡 𝑜𝑚 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑛𝑑 𝑡𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑘 ℎ𝑜𝑒 𝑟𝑦𝑘 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑖𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑎𝑠𝑖𝑒𝑠 𝑖𝑠: 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑖𝑠 𝑖𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑜𝑜𝑝 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑. ²⁸𝐻𝑜𝑚 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑜𝑛𝑠, 𝑡𝑒𝑟𝑤𝑦𝑙 𝑜𝑛𝑠 𝑒𝑙𝑘𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑚𝑎𝑎𝑛, 𝑒𝑛 𝑒𝑙𝑘𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑖𝑛 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑦𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑟𝑖𝑔, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑒𝑙𝑘𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝐺𝑜𝑑 𝑘𝑎𝑛 𝑠𝑡𝑒𝑙 𝑎𝑠 𝑣𝑜𝑙𝑤𝑎𝑠𝑠𝑒 𝑖𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠.” – Kolossense 1:27-28 (AFR20)
“²𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑚𝑦 𝑑𝑜𝑒𝑙 𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡𝑒, 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑚𝑔𝑒𝑏𝑖𝑛𝑑 𝑏𝑒𝑚𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔 𝑚𝑎𝑔 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑘𝑜𝑚 𝑡𝑜𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑙𝑒 𝑟𝑦𝑘𝑑𝑜𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠𝑜𝑚𝑣𝑎𝑡𝑡𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑖𝑛𝑠𝑖𝑔, 𝑗𝑎, 𝑡𝑜𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑒𝑛𝑛𝑖𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑖𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑, 𝑛𝑎𝑎𝑚𝑙𝑖𝑘 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠, ³𝑖𝑛 𝑤𝑖𝑒 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑘𝑎𝑡𝑡𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑤𝑦𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝑘𝑒𝑛𝑛𝑖𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑜𝑟𝑔𝑒 𝑖𝑠. ⁴𝐷𝑖𝑡 𝑠𝑒̂ 𝑒𝑘, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑒𝑡 𝑠𝑙𝑖𝑛𝑘𝑠𝑒 𝑎𝑟𝑔𝑢𝑚𝑒𝑛𝑡𝑒 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑠 𝑠𝑎𝑙 𝑙𝑒𝑖 𝑛𝑖𝑒. ⁵𝐴𝑙 𝑖𝑠 𝑒𝑘 𝑤𝑒𝑙 𝑛𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔𝑔𝑎𝑎𝑚𝑙𝑖𝑘 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑖𝑔 𝑛𝑖𝑒, 𝑖𝑠 𝑒𝑘 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑒𝑠 𝑏𝑦 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑒𝑛 𝑏𝑎𝑖𝑒 𝑏𝑙𝑦 𝑜𝑚 𝑡𝑒 𝑠𝑖𝑒𝑛 ℎ𝑜𝑒 𝑜𝑟𝑑𝑒𝑙𝑖𝑘 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑝𝑡𝑟𝑒𝑒, 𝑒𝑛 ℎ𝑜𝑒 𝑣𝑎𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑖𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑖𝑠. ⁶𝐴𝑎𝑛𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑢𝑠 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑛𝑒𝑒𝑚 ℎ𝑒𝑡, 𝑏𝑙𝑦 𝑙𝑒𝑒𝑓 𝑖𝑛 𝐻𝑜𝑚; ⁷𝑖𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑖𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑟𝑡𝑒𝑙 𝑒𝑛 𝑖𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑏𝑜𝑢 𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑒𝑟𝑘 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓, 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑒𝑒𝑟 𝑖𝑠, 𝑡𝑒𝑟𝑤𝑦𝑙 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑣𝑙𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔 𝑖𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑎𝑛𝑘𝑏𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑.” – Kolossense 2:2-7 (AFR20)
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Al die skatte wysheid en kennis, is in my Here, Jesus Christus en dit is aan my gegee – dit is nie verborge meer vir my nie. Ek moet Jesus só goed ken en 𝘐𝘕 Hom bly, dat hierdie volwassenheid in my lewe sal posvat. Dít kry ek reg deur dag en nag in Sy Woord te wandel.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Dankie Here Jesus, dat ek in U volwasse kan wees. die kinderagtigheid van die sonde van hierdie wêreld staan my nie aan nie. Laat my al die skatte van die heerlikheid van die hoop wat in U verborge is, ontgin. Mag ek wyser wees as my vyande en verstandiger as my leermeesters. Nie tot my eie verheffing of eers nie, maar tot U eer alleen. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟭𝟲 – 🆅🅴🆁🅰🅽🅳🅴🆁 🅳🅸🅴 🅻🅰🅽🅳 ! (Kliek hier vir die klankgreep)
Baie van ons ken die gelykenis van die saaier en die saad wat gesaai word. Wat wonderlik is, is dat Jesus, nadat Hy die gelykenis vertel, ook aan die dissipels verduidelik waarom Hy gelykenisse vertel het:
“⁴𝑈𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑒𝑛 𝑑𝑜𝑟𝑝 𝑛𝑎́ 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 ℎ𝑒𝑡 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑛𝑎 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑟𝑜𝑜𝑚; 𝑒𝑛 𝑡𝑜𝑒 '𝑛 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑠𝑘𝑎𝑟𝑒 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑦𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑎𝑠, ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑦 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 '𝑛 𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘𝑒𝑛𝑖𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑒𝑙: ⁵ “'𝑛 𝑆𝑎𝑎𝑖𝑒𝑟 ℎ𝑒𝑡 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑚 𝑠𝑎𝑎𝑑 𝑡𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑖. 𝑇𝑦𝑑𝑒𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑖𝑒𝑟𝑦 ℎ𝑒𝑡 '𝑛 𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑑 𝑙𝑎𝑛𝑔𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑎𝑑 𝑔𝑒𝑣𝑎𝑙; 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑎𝑝 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑒̈𝑙𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑘𝑜𝑚 𝑜𝑝𝑝𝑖𝑘. ⁶ '𝑛 𝐴𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑒𝑒𝑙 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑝 '𝑛 𝑘𝑙𝑖𝑝𝑏𝑎𝑛𝑘 𝑔𝑒𝑣𝑎𝑙; 𝑒𝑛 𝑡𝑜𝑒 𝑑𝑖𝑡 𝑜𝑝𝑘𝑜𝑚, ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑜𝑟, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑣𝑜𝑔𝑡𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑤𝑎𝑠 𝑛𝑖𝑒. ⁷𝑁𝑜𝑔 '𝑛 𝑑𝑒𝑒𝑙 ℎ𝑒𝑡 𝑡𝑢𝑠𝑠𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑟𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑔𝑒𝑣𝑎𝑙, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑟𝑖𝑛𝑔𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑑 𝑔𝑒𝑔𝑟𝑜𝑒𝑖 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑖𝑘. ⁸𝐸𝑛 𝑛𝑜𝑔 '𝑛 𝑑𝑒𝑒𝑙 ℎ𝑒𝑡 𝑖𝑛 𝑣𝑟𝑢𝑔𝑏𝑎𝑟𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑 𝑔𝑒𝑣𝑎𝑙, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑔𝑟𝑜𝑒𝑖 𝑒𝑛 '𝑛 ℎ𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑑𝑣𝑜𝑢𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑜𝑝𝑏𝑟𝑒𝑛𝑔𝑠 𝑔𝑒𝑙𝑒𝑤𝑒𝑟.” 𝑁𝑎𝑑𝑎𝑡 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘𝑒𝑛𝑖𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑒𝑙 ℎ𝑒𝑡, 𝑟𝑜𝑒𝑝 𝐻𝑦 𝑢𝑖𝑡: “𝐿𝑎𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒́ 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑟𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑚 𝑡𝑒 ℎ𝑜𝑜𝑟, 𝑙𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟!” ⁹𝑆𝑦 𝑑𝑖𝑠𝑠𝑖𝑝𝑒𝑙𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑣𝑟𝑎 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘𝑒𝑛𝑖𝑠 𝑏𝑒𝑡𝑒𝑘𝑒𝑛. ¹⁰𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑: “𝐴𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑠 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒ℎ𝑒𝑖𝑚𝑒𝑛𝑖𝑠𝑠𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 •𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑘𝑟𝑦𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑡𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑏𝑙𝑦 𝑑𝑖𝑡 𝑏𝑙𝑜𝑜𝑡 𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘𝑒𝑛𝑖𝑠𝑠𝑒, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 “ ‘𝑠𝑒𝑙𝑓𝑠 𝑎𝑙 𝑘𝑦𝑘 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑠𝑒𝑙𝑓𝑠 𝑎𝑙 ℎ𝑜𝑜𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒.’ ”” – Lukas 8:4-10 (AFR20)
Nadat Jesus dit aan die dissipels vertel het, verduidelik Hy dan ook wat die gelykenis van die saaier en sy saad beteken. Hy verduidelik dat die saad die Woord is en dat dit deur mense verskillend ontvang word (Luk. 8:11-15). Dié langs die pad, is mense wat dit wel hoor, maar wat toelaat dat die duiwel dit uit hul harte wegneem; dié op die klipbank, hoor ook, maar glo net ’n rukkie – hulle laat die geloof nie wortel skiet nie; dié tussen die dorings glo graag, maar laat toe dat bekommernisse en rykdom en plesier hulle verstrengel; en dié in die vrugbare grond ontvang die Woord met hart en siel en hou daaraan vas om vrug te dra.
Ons glo dikwels dat ons in vrugbare grond móét bly – anders kan die Woord nie vrug dra nie. Dít is wel so dat vrugbare grond beter is vir goeie oeste en dat ons eerder ons lewens só moet lei dat ons omring is deur goeie mense en weg is van dinge wat die vrugbaarheid van die Woord kan beïnvloed, maar ek het al die uitsondering ook beleef. Verlede jaar het ons gemeente ’n sonneblom oes gelewer wat in ’n veld geplant was. Lang storie kort: deur kundige bestuur en bewerking van die land, was ’n land wat nie geskik was vir ’n oes nie, omskep in ’n plek waar ’n goeie oes gelewer was. Hoekom noem ek dit, wonder jy dalk?
Die mens is instinktief gerat om, in moeilike omstandighede, te veg of te vlug. As dit kom by geloof veral, dan vlug ons gewoonlik as daar enige vorm van weerstand of konflik is. Maar, as ons toelaat dat die Boer die land verander – daardie einste land waar ons is, wat dalk lyk of dit vol onkruid, dorings en slegte dinge is – dan kan ons nogsteeds vrug dra. Die Boer kan alle onkruid en klipbanke en paaie verwyder, sodat jy ’n stuk veld omskep in ’n land waar die Woord ’n goeie oes kan lewer. Maar besef mooi: jy kan dit nie alleen doen nie. Ons is die arbeiders van die land. God is die Boer. Hý het die kundigheid, kennis en vermoëns om te doen wat nodig is. Hý sal ons leer wat om te doen, hoe om dit te doen, wanneer om dit te doen en waar om dit te doen. Deur naby die Boer te bly, word die geheimenisse van die Koninkryk van God aan die arbeiders gegee en is ons in staat om, daar waar ons is, vrug te dra tot Sy eer.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek het die goeie saad van die Boer ontvang. Ek kan enige plek waar ek is vrugbare grond maak, as ek toelaat dat die Boer in beheer bly en die hindernisse vir die ontvanklikheid van Sy Woord verwyder. Ek moet egter ook inspring en hard werk, soos Hy die opdrag gee.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Baie dankie my Here en my God, dat ek kan diensbaar wees vir U. Soms is die land waarin ek my bevind vol klipbanke, harde, verkeerde paaie en dorings en onkruid. Lei my na vrugbare grond of help my om die land te omskep in ’n vrugbare land. Net U kan dit doen, want U is alwetend en almagtig. Laat my U opdragte volg, sodat daar baie vrug gelewer word en die oes groot sal wees. Tot U eer alleen. Amen.
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟭𝟱 – 🆃🆆🅴🅴🅳🅴 🅿🆁🆈🆂 ... (Kliek hier vir die klankgreep)
Dis nie lekker as jy aan ’n wedloop deelneem en tweede kom nie. Jy oefen baie hard en die eintlike doel van enige wedloop is om te wen, maar tweede of derde plek beteken dat iemand anders beter gedoen het as jy en dat hul vermoëns en talent dalk beter is. Soms moet ons maar vrede maak daarmee en vat wat ons kry.
Soms gebeur dit ook in die lewe dat jy poog om eerste te wees in iets anders of dat jy die beste wil wees of die beste wil verkry. Ons probeer so dikwels om onsself te bewys aan ander mense of onsself, dat ons onsself diep in die skuld ingooi of op ander maniere benadeel. Ons kan selfs op só ’n punt kom dat ons niemand anders enigiets gun in die lewe nie, net omdat ons dit nie kan kry nie. Ons hou nie van tweede prys nie. Ons wíl die beste wees en hê...
Jesus leer ons egter dat ons ander mense eerste moet plaas en dat ons naasteliefde soos Syne sal wees (eergister se oordenking – Matt. 25:31-46). Dit voel egter vir ons dat wanneer ons só lewe, dat ons onsself te nakom en dat ons moet tevrede wees met tweede beste. Dit voel vir ons of ons die eerste prys kán behaal, maar, omdat Jesus so sê, dan laat ons maar die ander mense dit vat... Dit maak mos nie sin nie?! Hoekom sal ons dit wil doen? Die kort antwoord: Want God weet wat Hy vir jou beplan en dis beter!
Baie van ons is bekend met die gedeelte in Jeremia 29:11 (AFR20) waar staan: “¹¹𝐽𝑎, 𝐸𝑘 𝑘𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑙𝑎𝑛𝑛𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝐸𝑘 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡,” 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑠𝑝𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒. “𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑝𝑙𝑎𝑛𝑛𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑠𝑝𝑜𝑒𝑑, 𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑠𝑝𝑜𝑒𝑑 𝑛𝑖𝑒, 𝑜𝑚 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 '𝑛 𝑡𝑜𝑒𝑘𝑜𝑚𝑠 𝑒𝑛 ℎ𝑜𝑜𝑝 𝑡𝑒 𝑔𝑒𝑒.”” Hierdie vers word egter te veel kere misbruik deur valse hoop te skep in mense. Mense begin dan dink dat God ons iets skuld en dat Hy móét doen wat ons wil hê. Die volgende verse se egter: “¹²𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑀𝑦 𝑎𝑎𝑛𝑟𝑜𝑒𝑝, 𝑒𝑛 𝑘𝑜𝑚 𝑒𝑛 𝑡𝑜𝑡 𝑀𝑦 𝑏𝑖𝑑, 𝑒𝑛 𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑎 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟. ¹³𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑀𝑦 𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑛𝑑 𝑎𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑀𝑦 𝑚𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑟𝑎𝑎𝑑𝑝𝑙𝑒𝑒𝑔. ¹⁴𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑀𝑦 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑣𝑖𝑛𝑑,” 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑠𝑝𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, “𝑒𝑛 𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑜𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟...” (Jer. 29:12-14a AFR20).
Ja hierdie seën van God gaan gepaard met gehoorsaamheid en ’n lewe gewy aan God. En, dit is God se seën en God gee Sy seën en weerhou dit soos Hy goeddink, want God is God en Hy weet wat kom, omdat Hy alreeds daar is – alles op Sy tyd.
Toe Abram en Lot saamgetrek het, het Abram besluit dat hulle eerder moet skei, omdat daar net te veel mense en vee was vir een groep. Abram gee dan vir Lot kans om eerste te kies. Soos mens nou maar is, kies Lot die beste deel van die land met baie water en weiding. Abram, omdat hy so goeie mens was, moet tevrede wees met tweede prys: ’n dor streek met min potensiaal. Maar wat gebeur volgende?
“¹⁴𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟, 𝑛𝑎𝑑𝑎𝑡 𝐿𝑜𝑡 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑜𝑚 𝑎𝑓 𝑤𝑒𝑔𝑔𝑒𝑡𝑟𝑒𝑘 ℎ𝑒𝑡, 𝑣𝑖𝑟 𝐴𝑏𝑟𝑎𝑚 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐾𝑦𝑘 𝑟𝑜𝑛𝑑! 𝐾𝑦𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑙𝑒𝑘 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑗𝑦 𝑖𝑠, 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒, 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑢𝑖𝑑𝑒, 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑠𝑡𝑒 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑠𝑡𝑒; ¹⁵𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑦 𝑠𝑖𝑒𝑛 – 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑒 𝐸𝑘 𝑑𝑖𝑡, 𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑛𝑎𝑔𝑒𝑠𝑙𝑎𝑔 𝑣𝑖𝑟 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑. ¹⁶𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑜𝑢 𝑛𝑎𝑔𝑒𝑠𝑙𝑎𝑔 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑜𝑓 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡, 𝑎𝑠 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑜𝑓 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑡𝑒𝑙, 𝑜𝑜𝑘 𝑗𝑜𝑢 𝑛𝑎𝑔𝑒𝑠𝑙𝑎𝑔 𝑔𝑒𝑡𝑒𝑙 𝑠𝑎𝑙 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑜𝑟𝑑. ¹⁷𝑀𝑎𝑎𝑘 𝑔𝑒𝑟𝑒𝑒𝑑, 𝑑𝑒𝑢𝑟𝑘𝑟𝑢𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑑 𝑖𝑛 𝑠𝑦 𝑙𝑒𝑛𝑔𝑡𝑒 𝑒𝑛 𝑏𝑟𝑒𝑒𝑑𝑡𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑒 𝐸𝑘 𝑑𝑖𝑡.” ¹⁸𝐴𝑏𝑟𝑎𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝑠𝑦 𝑡𝑒𝑛𝑡𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑖𝑡. 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑏𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑘𝑘𝑒𝑟𝑏𝑜𝑚𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑀𝑎𝑚𝑟𝑒, 𝑤𝑎𝑡 𝑏𝑦 𝐻𝑒𝑏𝑟𝑜𝑛 𝑖𝑠, 𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚 𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑜𝑛. 𝐷𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑦 '𝑛 𝑎𝑙𝑡𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑢.” – Genesis 13:14-18 (AFR20)
Wat dalk vir Abram in daardie stadium gelyk het soos tweede prys, is toe beter as die eerste prys wat hy dalk in gedagte gehad het. God gee Hom baie meer... Voorspoed en ’n toekoms... Hoekom, want Abram was gehoorsaam aan God en het Hom aangeroep, Hom gesoek en gevind, en Hom met sy hele hart geraadpleeg. Abram het God vertrou. Daarom bou hy dan ook vir die Here ’n altaar om dankie te sê.
Soms moet ons tevrede wees met tweede prys in die lewe, maar ons moet onthou dat – vir ons wat in Christus is – is daar beter dinge wat wag. Ons moet aanhou vertrou op God en weet dat Hy waarlik alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom lief het (Rom 8:28). In hierdie lewe en veral in die lewe hierna.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek weet nie hoekom dinge gebeur soos dit gebeur nie en ek hoef nie daaroor te bekommer nie. Dit is ’n voorreg om ander mense eerste stel, want ek weet dat God in Sy oneindige genade en barmhartigheid iets beter vir my beplan.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Baie dankie Here, dat ek ander mense eerste kan plaas. Dankie dat ek myself tweede prys laat kry. Ek vertrou op U, almagtige God en Vader. Ek weet dat U vir my sorg en dat U my heil bewerk. Laat my ander dien tot U eer en mag ek uitsien na die goeie wat U vir my bewerk – of dit nou in hierdie lewe is of nie. Ek weet my ewige eerste prys wag. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟭𝟰 – “🅴🅺 🅸🆂 🅴🅴🅽🆂🅰🅰🅼 🅴🅽 🅼🅰🅶🆃🅴🅻🅾🅾🆂 ...” (Kliek hier vir die klankgreep)
Ons hunker na God en ons smag daarna om Sy opdragte uit te voer. Ons wil graag heeltyd God se vrede en geregtigheid ervaar in ons lewens. Ons wil goeddoen aan ander en ons wil dat liefde seëvier in ons lewens. Ons wil so graag alles doen wat vir God aanneemlik is, maar dit is nie maklik nie. Die wêreld beïnvloed elke dag ons besluite en ons aksies. Ons maak planne en dit word in die wiele gery deur bose mense en bose planne – soms ons eie... En dan begin wanhoop en terneergedruktheid ons oorneem. Ons begin maklik dink dat hierdie strewe na ’n goeie lewe in God se oë dalk nie die moeite werd is nie. Ons begin dink dat ons eerder maar net weer moet terugkeer na ons ou lewens of dat ons moet wegdraai van God se paaie. Omdat ons anders dink en leef as die wêreld, veroorsaak dit dikwels dat ons eensaam en magteloos voel...
Van die vroegste tye af, worstel die mens hiermee. Dawid skryf in Psalm 37 hoe onregverdig dit is dat slegte mense wegkom met hulle slegte dade en dat dit voorkom of hulle so lekker lewe. Hy kom wel tot die gevolgtrekking dat dit beter is om die Here te dien, want God se oordeel kom en God se geregtigheid en regverdigheid sal wel seëvier.
Ook die Prediker skryf ’n hele boek hieroor en elke keer as hy net begin dink dat dit dalk beter is om eerder net te doen wat jy wil om gelukkig te wees, dan kom hy wel tot die besef dat die beste is om God te dien en gehoorsaam.
In die tweede deel van Psalm 25 (wat ons drie dae terug gelees het) kom Dawid, in sy hunkering na God, weer tot die besef dat dit slegs by God veilig is en dat slegs God ons kan red uit enige situasie.
Watter moeilikheid of uitdagings jy ook al in die lewe ervaar, vind jou skuiling by God. Laat Hy jou leer om op die regte pad te bly. Moenie dat die wêreld met al die dwaalleer en misvormde waardes jou aftrek nie. Moenie toelaat dat jou geloof wankel, omdat dit blyk dat slegte mense gelukkig is nie. Hou aan vertrou op God, want slegs Hy kan jou red.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek mag nie toelaat dat twyfel my wegtrek van my God af nie. Ek moet my kennis oor- en in God verdiep, deur Sy Woord al meer deel te maak van wie ek is.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
“¹⁰𝐴𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑎𝑎𝑖𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑡𝑟𝑜𝑢𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑜𝑢 𝑏𝑦 𝑠𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑜𝑛𝑑 𝑒𝑛 𝑠𝑦 𝑏𝑒𝑝𝑎𝑙𝑖𝑛𝑔𝑠.
¹¹𝑇𝑒𝑟 𝑤𝑖𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑢 𝑁𝑎𝑎𝑚, 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑤𝑒 𝑚𝑦 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑠𝑘𝑢𝑙𝑑, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡.
¹²𝑊𝑖𝑒 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑜𝑛𝑡𝑠𝑎𝑔 ℎ𝑒𝑡? 𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑙𝑒𝑒𝑟 ℎ𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑎𝑑 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑦 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑘𝑖𝑒𝑠.
¹³𝑆𝑦 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑜𝑝 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑠𝑝𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔 𝑒𝑛 𝑠𝑦 𝑛𝑎𝑔𝑒𝑠𝑙𝑎𝑔 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑑 𝑏𝑒𝑠𝑖𝑡.
¹⁴𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑛𝑒𝑒𝑚 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝐻𝑜𝑚 𝑜𝑛𝑡𝑠𝑎𝑔 ℎ𝑒𝑡, 𝑖𝑛 𝑠𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑜𝑢𝑒, 𝑒𝑛 𝑠𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑜𝑛𝑑 𝑖𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑚 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑡𝑒 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑟𝑖𝑔.
¹⁵𝑀𝑦 𝑜𝑒̈ 𝑏𝑙𝑦 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑚𝑦 𝑣𝑜𝑒𝑡𝑒 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑎𝑛𝑔𝑛𝑒𝑡 𝑏𝑒𝑣𝑟𝑦.
¹⁶𝐷𝑟𝑎𝑎𝑖 𝑈 𝑛𝑎 𝑚𝑦 𝑒𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑛𝑎𝑑𝑖𝑔, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑒𝑘 𝑖𝑠 𝑒𝑒𝑛𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑒𝑛 𝑚𝑎𝑔𝑡𝑒𝑙𝑜𝑜𝑠.
¹⁷𝐷𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑛𝑜𝑢𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑖𝑠 𝑜𝑜𝑟𝑤𝑒𝑙𝑑𝑖𝑔𝑒𝑛𝑑; 𝑙𝑒𝑖 𝑚𝑦 𝑢𝑖𝑡 𝑚𝑦 𝑘𝑤𝑒𝑙𝑙𝑖𝑛𝑔𝑒.
¹⁸𝑆𝑖𝑒𝑛 𝑡𝑜𝑔 𝑚𝑦 𝑒𝑙𝑙𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑠𝑤𝑎𝑎𝑟𝑘𝑟𝑦 𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑤𝑒 𝑎𝑙 𝑚𝑦 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒.
¹⁹𝐾𝑦𝑘 𝑛𝑎 𝑚𝑦 𝑣𝑦𝑎𝑛𝑑𝑒, ℎ𝑜𝑒 𝑏𝑎𝑖𝑒 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑟𝑑 ℎ𝑒𝑡; 𝑒𝑛 ℎ𝑜𝑒 𝑓𝑒𝑙 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑦 ℎ𝑎𝑎𝑡.
²⁰𝐵𝑒𝑠𝑘𝑒𝑟𝑚 𝑡𝑜𝑔 𝑚𝑦 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑒𝑛 𝑟𝑒𝑑 𝑚𝑦; 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑚𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑎𝑎𝑚𝑑 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑒𝑘 𝑠𝑘𝑢𝑖𝑙 𝑏𝑦 𝑈.
²¹𝑀𝑎𝑔 𝑜𝑛𝑠𝑘𝑢𝑙𝑑 𝑒𝑛 𝑜𝑝𝑟𝑒𝑔𝑡ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑜𝑜𝑟 𝑚𝑦 𝑤𝑎𝑔 ℎ𝑜𝑢, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑒𝑘 𝑤𝑎𝑔 𝑜𝑝 𝑈.
²²𝐵𝑒𝑣𝑟𝑦 𝑈 𝑣𝑜𝑙𝑘 (𝐼𝑠𝑟𝑎𝑒𝑙)*, 𝑜 𝐺𝑜𝑑, 𝑣𝑎𝑛 𝑎𝑙 𝑠𝑦 𝑏𝑒𝑛𝑜𝑢𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑.”
Amen
*(verander ter wille van gebed)
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟭𝟯 – 🆂🅾🆁🅶 🆅🅸🆁 🅹🅴🆂🆄🆂. (Kliek hier vir die klankgreep)
As Jesus vandag nog fisies op aarde was, wat sou jy graag vir Hom wou doen? Onthou: Jesus het maar net die klere aan Sy lyf besit; Hy het geen vaste huis gehad nie en het eintlik niks anders besit nie; Hy het rondgereis om God se Koninkryk te verkondig; Hy was arm – regtig arm en het staatgemaak op die barmhartigheid van ander mense.
Ek is seker dat die meeste van ons uit ons pad uit sal gaan om Jesus in ons huise te verwelkom. Ons sal vir Hom sorg en ons sal seker maak dat Hy genoeg het om te eet en drink. Ons sal vir Hom ’n warm bad of stort regkry en seker maak dat Hy in ’n gemaklike, warm bed kan slaap. Ons sal selfs dat Hy so lank bly soos Hy wil en ons sal by Hom leer so veel soos ons kan. Dit sal vir ons ’n groot eer en voorreg wees om só vir die Here te sorg, nie waar nie? En wat van enige ander hawelose, arm mens? Sal ons dieselfde vir hulle doen?
In vandag se wêreld is daar baie mense wat kanse vat en op die goedhartigheid van ander mense teer. Mense buit ander mense se barmhartigheid uit en speel op ons gevoelens as Christene. Mense doen hulle voor as gelowiges, net om iets uit ons te kry... As gevolg van hierdie redes, is baie van ons skugter om sommerso iemand anders te help – wat nog te sê van huisves. Maar hoor wat sê Jesus hiervan:
“³¹ “𝑊𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 •𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑀𝑒𝑛𝑠 𝑖𝑛 𝑠𝑦 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑘𝑜𝑚, 𝑒𝑛 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑛𝑔𝑒𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚, 𝑠𝑎𝑙 𝐻𝑦 𝑜𝑝 𝑠𝑦 𝑔𝑙𝑎𝑛𝑠𝑟𝑦𝑘𝑒 𝑡𝑟𝑜𝑜𝑛 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑠𝑖𝑡. ³²𝐴𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑠𝑖𝑒𝑠 𝑠𝑎𝑙 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝐻𝑜𝑚 𝑏𝑦𝑒𝑒𝑛𝑔𝑒𝑏𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑒𝑛 𝐻𝑦 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑘𝑒𝑖 𝑠𝑜𝑜𝑠 '𝑛 ℎ𝑒𝑟𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑘𝑎𝑝𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑘𝑘𝑒 𝑠𝑘𝑒𝑖. ³³𝐷𝑖𝑒 𝑠𝑘𝑎𝑝𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝐻𝑦 𝑎𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑟𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟ℎ𝑎𝑛𝑑 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑘𝑘𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑙𝑖𝑛𝑘𝑒𝑟ℎ𝑎𝑛𝑑. ³⁴𝐷𝑎𝑛 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝐾𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒́ 𝑎𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑟𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟ℎ𝑎𝑛𝑑 𝑠𝑒̂, ‘𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑔𝑒𝑠𝑒𝑒̈𝑛𝑑𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟, 𝑘𝑜𝑚 𝑏𝑒𝑒̈𝑟𝑓 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑘𝑟𝑦𝑘, 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑟𝑒𝑒𝑑𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑖𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑𝑙𝑒𝑔𝑔𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑎𝑓. ³⁵𝑊𝑎𝑛𝑡 𝐸𝑘 𝑤𝑎𝑠 ℎ𝑜𝑛𝑔𝑒𝑟, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑀𝑦 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑡𝑒 𝑒𝑡𝑒 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒; 𝐸𝑘 𝑤𝑎𝑠 𝑑𝑜𝑟𝑠, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑀𝑦 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑡𝑒 𝑑𝑟𝑖𝑛𝑘𝑒 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒; 𝐸𝑘 𝑤𝑎𝑠 '𝑛 •𝑣𝑟𝑒𝑒𝑚𝑑𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑀𝑦 𝑎𝑠 '𝑛 𝑔𝑎𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑒𝑙𝑘𝑜𝑚; ³⁶𝐸𝑘 𝑤𝑎𝑠 𝑛𝑎𝑘𝑒𝑛𝑑, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑀𝑦 𝑔𝑒𝑘𝑙𝑒𝑒; 𝐸𝑘 𝑤𝑎𝑠 𝑠𝑖𝑒𝑘, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑀𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑟𝑔; 𝐸𝑘 𝑤𝑎𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑟𝑜𝑛𝑘, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑀𝑦 𝑏𝑒𝑠𝑜𝑒𝑘.’ ³⁷𝐷𝑎𝑛 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 •𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔𝑒𝑠 𝐻𝑜𝑚 𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑, ‘𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑈 ℎ𝑜𝑛𝑔𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑣𝑜𝑒𝑑, 𝑜𝑓 𝑑𝑜𝑟𝑠 𝑒𝑛 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑡𝑒 𝑑𝑟𝑖𝑛𝑘𝑒 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒? ³⁸𝐸𝑛 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑈 𝑎𝑠 '𝑛 𝑣𝑟𝑒𝑒𝑚𝑑𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛, 𝑒𝑛 𝑎𝑠 𝑔𝑎𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑒𝑙𝑘𝑜𝑚, 𝑜𝑓 𝑛𝑎𝑘𝑒𝑛𝑑, 𝑒𝑛 𝑈 𝑔𝑒𝑘𝑙𝑒𝑒? ³⁹𝐸𝑛 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑈 𝑠𝑖𝑒𝑘 𝑜𝑓 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑟𝑜𝑛𝑘 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛, 𝑒𝑛 𝑈 𝑏𝑒𝑠𝑜𝑒𝑘?’ ⁴⁰𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐾𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑠𝑎𝑙 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑒̂, ‘•𝐴𝑚𝑒𝑛, 𝐸𝑘 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒: 𝑊𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑜𝑘 𝑎𝑙 𝑣𝑖𝑟 𝑒𝑒𝑛 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑟𝑖𝑛𝑔𝑠𝑡𝑒 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑀𝑦 𝑔𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡, ℎ𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑀𝑦 𝑔𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛.’ ⁴¹ “𝐷𝑎𝑛 𝑠𝑎𝑙 𝐻𝑦 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒́ 𝑎𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑙𝑖𝑛𝑘𝑒𝑟ℎ𝑎𝑛𝑑 𝑠𝑒̂, ‘𝐺𝑎𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑀𝑦, 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑙𝑜𝑒𝑘𝑡𝑒𝑠, 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑤𝑖𝑔𝑒 𝑣𝑢𝑢𝑟, 𝑤𝑎𝑡 𝑔𝑒𝑟𝑒𝑒𝑑𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑖𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐷𝑢𝑖𝑤𝑒𝑙 𝑒𝑛 𝑠𝑦 𝑒𝑛𝑔𝑒𝑙𝑒. ⁴²𝑊𝑎𝑛𝑡 𝐸𝑘 𝑤𝑎𝑠 ℎ𝑜𝑛𝑔𝑒𝑟, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑀𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑡𝑒 𝑒𝑡𝑒 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒 𝑛𝑖𝑒, 𝑑𝑜𝑟𝑠, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑀𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑡𝑒 𝑑𝑟𝑖𝑛𝑘𝑒 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒 𝑛𝑖𝑒. ⁴³𝐸𝑘 𝑤𝑎𝑠 '𝑛 𝑣𝑟𝑒𝑒𝑚𝑑𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑀𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑠 𝑔𝑎𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑒𝑙𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒, 𝑛𝑎𝑘𝑒𝑛𝑑, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑀𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑘𝑙𝑒𝑒 𝑛𝑖𝑒, 𝑠𝑖𝑒𝑘 𝑒𝑛 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑟𝑜𝑛𝑘, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑀𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒.’ ⁴⁴𝐷𝑎𝑛 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑, ‘𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑈 ℎ𝑜𝑛𝑔𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛, 𝑜𝑓 𝑑𝑜𝑟𝑠, 𝑜𝑓 𝑎𝑠 '𝑛 𝑣𝑟𝑒𝑒𝑚𝑑𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔, 𝑜𝑓 𝑛𝑎𝑘𝑒𝑛𝑑, 𝑜𝑓 𝑠𝑖𝑒𝑘, 𝑜𝑓 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑟𝑜𝑛𝑘, 𝑒𝑛 𝑈 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑟𝑔 𝑛𝑖𝑒?’ ⁴⁵𝐷𝑎𝑛 𝑠𝑎𝑙 𝐻𝑦 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑, ‘𝐴𝑚𝑒𝑛, 𝐸𝑘 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒: 𝑊𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑒𝑒𝑛 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑟𝑖𝑛𝑔𝑠𝑡𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒, ℎ𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑜𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑀𝑦 𝑔𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒.’ ⁴⁶𝐻𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑤𝑒𝑔𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑤𝑖𝑔𝑒 𝑠𝑡𝑟𝑎𝑓, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔𝑒𝑠 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑤𝑖𝑔𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒.”” – Matteus 25:31-46 (AFR20)
Sien, wanneer ons goed doen aan ander, doen ons goed aan Jesus. Wanneer ons sorg vir ander, sorg ons vir Jesus. ’n Vriendelike woord, ’n bord kos, warm klere in vir die winter of ’n kombers, ’n besoek aan ’n bejaarde wat jare laas sy/haar kinders gesien het, ’n besoek en tweede kans aan ’n krimineel, eenvoudige voorsiening in ’n basiese behoefte van ’n persoon – dít is wat Jesus beveel. Net soos daar nie plek is ons lewens vir jaloesie en haat nie, is daar ook nie plek vir eiewaan en selfverheffing nie.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek is nie beter as ander nie. Ek moet gehoorsaam wees aan Jesus se opdrag en ek moet sorg vir ander mense – asof ek dit aan Jesus self doen.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here Jesus, wys my waar ek ’n verskil kan maak in iemand anders se lewe. Wat soms vir my alledaags is, is dalk vir iemand anders ’n basiese behoefte. Help my om vir U te sorg, deur te sorg vir die geringstes. Dankie dat U alreeds vir my ook só sorg, deur self te voorsien en deur ander mense aan my U liefde en sorg te bewys. Ek loof en prys U daarvoor. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟭𝟮 – 🅹🅰🅻🅾🅴🆂🅸🅴 🅴🅽 🅷🅰🅰🆃. (Kliek hier vir die klankgreep)
Omdat ons soms hunker na dinge en mense en nie méér na God nie, raak ons gereeld dan ook jaloers op ander mense. As iemand ander meer het as wat jy het, wens jy dikwels dan ook dat jy ook kan hê wat hulle het. Jy weet dit is verkeerd om te begeer en jy weet dat jy in dankbaarheid moet leef met dít wat God aan jou toevertrou het, maar soms begin jy selfs dink dat dit jou reg is om jaloers te wees en om meer te wil hê. Baie advertensies in die media sê dan ook dat jy dit (wat ook al “dit” mag wees) verdien...
Maar, wanneer jy elke dag al meer na God se teenwoordigheid hunker en verlang daarna om meer tyd aan God te wy, dan begin jy agterkom dat God se liefde jou lewe begin oorneem. Dan begin jy ook agterkom dat jy jou medemens gun wat ook al hulle het en dat jy selfs saam met- en vir hulle kan bly wees. Dit was nie so vir van die eerste mense nie en ook nie sedertdien nie... Johannes skryf aan die gemeentes en verduidelik weer hierdie boodskap van liefde:
“¹¹𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑜𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑖𝑛 𝑎𝑓 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟 ℎ𝑒𝑡: 𝐷𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒̂ – ¹²𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝐾𝑎𝑖𝑛, 𝑤𝑎𝑡 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐵𝑜𝑠𝑒 𝑤𝑎𝑠 𝑒𝑛 𝑠𝑦 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟 𝑣𝑒𝑟𝑚𝑜𝑜𝑟 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒. 𝐸𝑛 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑦 ℎ𝑜𝑚 𝑣𝑒𝑟𝑚𝑜𝑜𝑟? 𝑂𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑠𝑦 𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑠𝑙𝑒𝑔 𝑤𝑎𝑠, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒́ 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟 𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔. ¹³𝑀𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑎𝑎𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑠, 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠, 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑎𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒. ¹⁴𝑂𝑛𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑜𝑜𝑟𝑔𝑒𝑔𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒𝑡. 𝑊𝑖𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒, 𝑏𝑙𝑦 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑. ¹⁵𝐸𝑙𝑘𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑦 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟 ℎ𝑎𝑎𝑡, 𝑖𝑠 '𝑛 𝑚𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑛𝑎𝑎𝑟, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑡 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑚𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑛𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑤𝑖𝑔𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑏𝑙𝑦𝑤𝑒𝑛𝑑 𝑖𝑛 ℎ𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒. ¹⁶𝐻𝑖𝑒𝑟𝑎𝑎𝑛 𝑘𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒: 𝑑𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑦 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑎𝑓𝑔𝑒𝑙𝑒̂ ℎ𝑒𝑡. 𝑂𝑜𝑘 𝑜𝑛𝑠 𝑏𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠 𝑎𝑓 𝑡𝑒 𝑙𝑒̂. ¹⁷𝐻𝑜𝑒 𝑏𝑙𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑛 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑔𝑒𝑛𝑜𝑒𝑔 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑠𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑖𝑡𝑡𝑖𝑛𝑔𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑛 𝑠𝑦 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑏𝑟𝑒𝑘 𝑙𝑦, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑦 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑛𝑜𝑔𝑡𝑎𝑛𝑠 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑜𝑚 𝑡𝑜𝑒𝑠𝑙𝑢𝑖𝑡?” – 1 Johannes 3:11-17 (AFR20)
Kain was jaloers. Jaloesie loop dikwels uit op haat. Haat loop uit op verkeerde dade en die benadeling van die ander mens en jouself. Ja, soms raak ons selfs jaloers op ons mede-Christene, omdat dit vir ons wil lyk of God hulle dalk voortrek. Ons wil ook hê wat hulle het... Ons wil ook God se seën meer ervaar... Maar ons definisie van God seën is dikwels verkeerd, omdat ons dit meet net in fisiese dinge – terwyl God se seën lê in Sy beloftes en Sy teenwoordigheid.
As ons hunker na God, begin ons agterkom dat ons tevrede is met dit wat God aan ons toevertrou het – nie tevrede moet wees nie, maar reeds tevrede is. As ons begin besef hoe lief Jesus ons het en wat Sy liefde Hom gekos het, begin ons agterkom dat dít vir ons genoeg is. Kain het vir Abel vermoor, want hy was jaloers. God het Abel se offer aanvaar, maar Kain s’n verwerp – nie omdat Abel ’n duurder offer gebring het nie, maar omdat Abel se hart reg was. Kain se gesindheid was verkeerd – sy hart was nie op die regte plek nie.
Ons harte moet in God wees. As dít die geval is, sal God ons harte oopsluit om met wat ook al Hy aan ons toevertrou het, tevrede te wees en dit selfs te deel met ander wat dalk minder as ons het. God seën ons dikwels wel met fisiese dinge, sodat ons tot seën kan wees vir ander. Ons moet mekaar opreg liefhê – met ’n liefde soos Jesus s’n.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
As ek jaloers is op iemand, hoekom is dit so? Ek moet leer om glad nie jaloers te wees op enigiemand nie, anders kan ek nie God se seën wat alreeds in my lewe is ten volle ervaar nie.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here Jesus, U het my só liefgehad, dat U U hele lewe vir my gegee het. Ek sukkel om só lief te hê. Help my om nie jaloers te wees nie. Mag daar geen jaloesie of haat in my wees nie. Help my om tevrede te wees met wat U aan my toevertrou het en mag ek daarmee tot seën van ander wees. Tot U eer alleen. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟭𝟭 – 🆆🅰🅰🆁🅽🅰 🅷🆄🅽🅺🅴🆁 🅹🆈 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Almal van ons het iets waarna ons hunker. Sommige van ons hunker na iemand; ander hunker na rus en vrede; party ander weer na iets beter in die lewe. Ons almal weet dat moeilike tye en uitdagings deel is van die lewe, maar ons weet ook dat niks van hierdie dinge vir altyd sal duur nie. Ons almal hunker na die dag wanneer ons vir ewig by God sal wees en wanneer ons ewige vrede sal beleef.
Om te hunker na iets of iemand, beteken dat jy intens verlang na die persoon of iets. Dit is ’n diepe, hartroerende verlange wat jou los met ’n gevoel van leegheid sonder die voorwerp waarna jy hunker. Of jy nou in hierdie lewe hunker na ’n persoon of na iets beter of wat ook al, is daar iets nog beter waarna elkeen van ons moet hunker. Ons moet hunker na God. Dawid skryf vir ons in Psalm 25 ’n paar redes hiervoor neer:
“¹𝑉𝑎𝑛 𝐷𝑎𝑤𝑖𝑑.
𝑁𝑎 𝑈, 𝐻𝑒𝑟𝑒, ℎ𝑢𝑛𝑘𝑒𝑟 𝑒𝑘.
²𝑀𝑦 𝐺𝑜𝑑, 𝑜𝑝 𝑈 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑜𝑢 𝑒𝑘; 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑚𝑦 𝑡𝑜𝑔 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑎𝑎𝑚𝑑 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒; 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑚𝑦 𝑣𝑦𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑟 𝑚𝑦 𝑗𝑢𝑏𝑒𝑙 𝑛𝑖𝑒.
³𝐽𝑎, 𝑛𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑝 𝑈 𝑤𝑎𝑔, 𝑠𝑎𝑙 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑎𝑎𝑚𝑑 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒; 𝑚𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑟𝑒𝑑𝑒 𝑜𝑛𝑡𝑟𝑜𝑢 𝑖𝑠, 𝑠𝑎𝑙 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑎𝑎𝑚𝑑 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛.
⁴𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑢 𝑝𝑎𝑎𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑛𝑑; 𝑙𝑒𝑒𝑟 𝑚𝑦 𝑢 𝑤𝑒𝑒̈.
⁵𝐿𝑒𝑖 𝑚𝑦 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑢 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝑙𝑒𝑒𝑟 𝑚𝑦, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑈 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑜𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑚𝑦 𝑟𝑒𝑑; 𝑜𝑝 𝑈 𝑤𝑎𝑔 𝑒𝑘 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑔.
⁶𝐷𝑖𝑛𝑘 𝑎𝑎𝑛 𝑢 𝑏𝑎𝑟𝑚ℎ𝑎𝑟𝑡𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝑢 𝑡𝑟𝑜𝑢𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒, 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑎𝑓 𝑑𝑎𝑎𝑟.
⁷𝐴𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑗𝑒𝑢𝑔 𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑜𝑜𝑟𝑡𝑟𝑒𝑑𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑈 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑘 𝑛𝑖𝑒; 𝑑𝑖𝑛𝑘 𝑎𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑖𝑛 𝑢 𝑡𝑟𝑜𝑢𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑈 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑖𝑠, 𝐻𝑒𝑟𝑒.
⁸𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑒𝑛 𝑟𝑒𝑔, 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑙𝑒𝑒𝑟 𝐻𝑦 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑎𝑎𝑟𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑎𝑑.
⁹𝑀𝑎𝑔 𝐻𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑟𝑢𝑘𝑡𝑒𝑠 𝑙𝑒𝑖 𝑖𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑟𝑒𝑔 𝑖𝑠; 𝑚𝑎𝑔 𝐻𝑦 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑦 𝑝𝑎𝑑 𝑙𝑒𝑒𝑟.
¹⁰𝐴𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑎𝑎𝑖𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑡𝑟𝑜𝑢𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑜𝑢 𝑏𝑦 𝑠𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑜𝑛𝑑 𝑒𝑛 𝑠𝑦 𝑏𝑒𝑝𝑎𝑙𝑖𝑛𝑔𝑠.”
– Psalm 25:1-10 (AFR20)
Waarna hunker jy? Verlang jy na God elke dag? Sien jy uit daarna om stiltetyd te hou en spesiaal in Sy teenwoordigheid te wees? Om Sy planne te hoor, Sy doel vir jou? Sien jy uit daarna om elke dag te leer by God oor wat reg en verkeerd is en om deur Sy waarheid geleer te word?
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek kan soms hunker na mense, plekke en dinge, maar my hunkering na God moet permanent daar wees. Ek moet elke dag verlang om meer en meer tyd met my God en Verlosser deur te bring.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
“𝑁𝑎 𝑈, 𝐻𝑒𝑟𝑒, ℎ𝑢𝑛𝑘𝑒𝑟 𝑒𝑘... 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑢 𝑝𝑎𝑎𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑛𝑑; 𝑙𝑒𝑒𝑟 𝑚𝑦 𝑢 𝑤𝑒𝑒̈. 𝐿𝑒𝑖 𝑚𝑦 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑢 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝑙𝑒𝑒𝑟 𝑚𝑦, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑈 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑜𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑚𝑦 𝑟𝑒𝑑; 𝑜𝑝 𝑈 𝑤𝑎𝑔 𝑒𝑘 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑔. 𝐷𝑖𝑛𝑘 𝑎𝑎𝑛 𝑢 𝑏𝑎𝑟𝑚ℎ𝑎𝑟𝑡𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝑢 𝑡𝑟𝑜𝑢𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒, 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑎𝑓 𝑑𝑎𝑎𝑟.” Hou my op U pad, Here, en leer my om gehoorsaam te bly aan alles wat U bepaal. Mag ek meer en meer hunker na U elke dag. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟬𝟵 – 🅳🅸🅴 🅶🆁🅾🅾🆃🆂🆃🅴 🅾🅽🆃🅵🅴🆁🅼🅸🅽🅶. (Kliek hier vir die klankgreep)
Die wêreld is sleg. Elke dag hoor ons van iets sleg wat gebeur het. Mense word vermoor. Mense word beroof. Mense word uitgebuit. Ons kan nie eers sê dat hierdie dinge die orde van die dag is nie, want dit is die wanorde van die dag. Dit voel dikwels of ons regtigwaar verdoem is, dat die hele wêreld afstuur op een of ander groot inploffing – dat alles ineenstort. Jesus het belowe dat Hy weer gaan kom en soms wens ons dat daardie dag tog net gou sal aanbreek en dat die nuwe hemel en aarde sal kom...
Sien, die rede hoekom ons dikwels só voel, is omdat ons die hoop binne ons het. Ons weet dat hierdie lewe net tydelik is en dat ewige vrede op ons wag. Maar, terwyl ons nog hier is, is dit soms moeilik. Die rede vir ons moeilikheid, is dat daar soveel bose dade oopgevlek word. Maar hoor dit weer: Die rede hoekom dinge moeilik is, is omdat soveel bose dade oopgevlek word – dit word aan die kaak gestel. Dis nie ’n slegte ding nie. Dis eintlik baie goed. Nie goed vir mense wat kies om God te verwerp nie, maar goed vir dié mense wat kies om vir Jesus te volg.
Jesus het dit juis ook só aan Nikodemus verduidelik toe Hy aan hom die beste nuus ooit oorgedra het in die bekendste deel van die Bybel:
“¹⁶𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑠𝑜 𝑙𝑖𝑒𝑓 ℎ𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑔𝑒ℎ𝑎𝑑 𝑑𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑠𝑦 𝑢𝑛𝑖𝑒𝑘𝑒 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒 ℎ𝑒𝑡, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑒𝑙𝑘𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑔𝑙𝑜, 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑟𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑤𝑖𝑔𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑒̂. ¹⁷𝐺𝑜𝑑 ℎ𝑒𝑡 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑦 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑡𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝐻𝑜𝑚 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑜𝑟𝑑. ¹⁸𝑊𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑔𝑙𝑜, 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑖𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑙𝑜 𝑛𝑖𝑒, 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑟𝑒𝑒𝑑𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑢𝑛𝑖𝑒𝑘𝑒 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑔𝑙𝑜 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒. ¹⁹𝐸𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙: 𝐷𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑔𝑒ℎ𝑎𝑑 𝑏𝑜 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑏𝑜𝑜𝑠 𝑤𝑎𝑠. ²⁰𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑒𝑙𝑘𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑 𝑑𝑜𝑒𝑛, ℎ𝑎𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔 𝑒𝑛 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔 𝑛𝑖𝑒, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑠𝑦 𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑎𝑎𝑘 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑒𝑙 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒. ²¹𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑙𝑒𝑒𝑓, 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑠𝑦 𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑛𝑑 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑖𝑠.” – Johannes 3:16-21 (AFR20)
Verstaan jy dit? God het nie mens geword en onder ons kom leef om dié wat glo en in gehoorsaamheid aan Hom leef te veroordeel nie, maar Hy het Hom oor ons ontferm. In Sy groot ontferming, het Hy aan ons die lig gebring. Hy het Sy lig oor ons laat skyn, sodat ons dade wat nie in geloof is nie, oopgevlek kan word. Dis nie lekker nie, want dit wys ons op ons sonde, maar dis nodig.
Dis ’n eenvoudige toets: Is wat ek doen die tipe dinge wat ek in die openbaar kan doen of nie? Is my dade in ooreenstemming met dít wat ek bely? Is ek lief vir die lig? Of dalk die duisternis? As ek volgens God se waarheid leef, kan ek met integriteit optree – dan kan ek oral toelaat dat my geloof bewys word in my dade.
Die wêreld wil vandag vir ons leer dat ons dinge wat voorheen in die donker gedoen was, nou maar in die openbaar kan doen. Die wêreld vir ons kom vertel dat die valse lig wat skyn voldoende is om die dade van die duisternis nou openlik te doen. Is hierdie dade in God gedoen? Is dit in gehoorsaamheid aan God gedoen? As ons dit in God se lig bring – nie die wêreld s’n nie – is dit nog goed en aanvaarbaar?
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
God se grootste ontferming vir die mens het gekom in Jesus Christus. As ek waarlik in Hom glo, sal ek nie bang wees om my dade na die lig – God se lig – te bring nie. Soms sal my dade, wat aanvaarbaar is volgens die wêreld se waarheid uitgewys word as slegte dade, maar dit is goed vir my, sodat ek kan leer om in God se waarheid te leef.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Dankie almagtige God, dat U ons só liefgehad het, dat U U Seun gestuur het om ons te verlos van onsself. Help my om die duisternis te haat en U lig lief te hê. Laat my in U lig bly en laat my dade só wees dat dit duidelik sal wees dat dit in gehoorsaamheid aan U is. Hou my in U waarheid en lei my, Heilige Gees, om meer en meer soos my Here, Jesus Christus, te kan wees. Tot eer en verheerliking van die enigste ware, lewende God van die heelal. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟬𝟴 – 🅰🆁🅼 🅴🅽 🆂🅺🅰🆃🆁🆈🅺. (Kliek hier vir die klankgreep)
Jakobus skryf in die voorafgaande verse van Jakobus 2 (wat ons gister gelees het), dat jou lewende geloof begin op ’n maklike plek. As ons ons geloof wil laat oorgaan in dade, begin dit deur die wet te gehoorsaam. Die wet begin by God en ons naaste. Om gehoorsaam aan God te wees en God lief te hê boweal, sal beteken dat ons ook ons naaste lief het. Ongelukkig, soos ons eergister gepraat het, is daar klieks in die lewe en ook in die kerk.
Party mense glo nogsteeds dat jy elke Sondag met ’n swart pak klere moet kerk toe gaan en dat vroue ’n hoofbedekking en ’n rok moet dra. Ander glo weer dat die dominee ’n toga moet dra. Hierdie is alles maar net tradisies wat deur die eeue oorgedra is. Dis nie verkeerd nie en dit is soms mooi as almal eenvormig is, maar weet jy wat? Daar is geen pak klere of tradisie wat jou in die hemel gaan kry nie.
Jakobus skryf in hoofstuk 2 van sy brief, net voordat hy behoorlik verduidelik hoe belangrik dit is dat geloof oorgaan in dade, dat hierdie lewende geloof begin met naasteliefde en dat naasteliefde nie oordeel nie. Naasteliefde, sê hy, gaan oor ware ontferming. Hy sê, as’t ware, dat daar nie klieks in die kerk hoort nie en dat die armes in die gemeente die mense is wat skatryk is:
“¹𝑀𝑦 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠, 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑖𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠, 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑠𝑜 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑏𝑒𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑛𝑖𝑒. ²𝐴𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟 '𝑛 𝑚𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑡 𝑔𝑜𝑢𝑒 𝑟𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑒𝑛 𝑝𝑟𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔𝑒 𝑘𝑙𝑒𝑟𝑒 𝑏𝑦 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑚𝑒𝑘𝑜𝑚𝑠 𝑎𝑎𝑛𝑘𝑜𝑚, 𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑘𝑜𝑚 𝑜𝑜𝑘 '𝑛 𝑎𝑟𝑚 𝑚𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑡 𝑣𝑢𝑖𝑙 𝑘𝑙𝑒𝑟𝑒 𝑎𝑎𝑛, ³𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑘𝑦𝑘 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑒𝑛 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑟𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔𝑒 𝑘𝑙𝑒𝑟𝑒 𝑒𝑛 𝑠𝑒̂, “𝑆𝑖𝑡 𝑢 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑜𝑝 '𝑛 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑝𝑙𝑒𝑘,” 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑟𝑚 𝑚𝑎𝑛 𝑠𝑒̂ 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, “𝑆𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑦 𝑑𝑎𝑎𝑟!” 𝑜𝑓, “𝑆𝑖𝑡 𝑗𝑦 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑏𝑦 𝑚𝑦 𝑣𝑜𝑒𝑡𝑏𝑎𝑛𝑘!” ⁴ℎ𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠𝑘𝑒𝑖𝑑 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘, 𝑒𝑛 𝑟𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑠𝑙𝑒𝑔𝑡𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑤𝑒𝑔𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒? ⁵𝐿𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟, 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠, ℎ𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑟𝑚𝑒𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑔𝑒𝑘𝑖𝑒𝑠 𝑜𝑚 𝑟𝑦𝑘 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑡𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒? 𝐸𝑛 𝑜𝑚 𝑒𝑟𝑓𝑔𝑒𝑛𝑎𝑚𝑒 𝑡𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑘𝑟𝑦𝑘 𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑏𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 ℎ𝑒𝑡 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒? ⁶𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑟𝑚𝑒 𝑜𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛. 𝐼𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑑𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑦𝑘𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑏𝑢𝑖𝑡, 𝑒𝑛 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑟𝑒𝑔 𝑠𝑙𝑒𝑒𝑝 𝑛𝑖𝑒? ⁷𝐼𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑏𝑒𝑙𝑎𝑠𝑡𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑜𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒? ⁸𝐴𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑘𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑢𝑙, 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑘𝑟𝑖𝑓, “𝐽𝑦 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑛𝑎𝑎𝑠𝑡𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒̂ 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑗𝑜𝑢𝑠𝑒𝑙𝑓,” 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑑. ⁹𝐴𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑏𝑒𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙, 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒, 𝑒𝑛 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑎𝑠 𝑜𝑜𝑟𝑡𝑟𝑒𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑎𝑎𝑘 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑒𝑙. ¹⁰𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑤𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑝𝑟𝑜𝑏𝑒𝑒𝑟 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟ℎ𝑜𝑢, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑒𝑡 𝑜𝑜𝑟𝑡𝑟𝑒𝑒, 𝑖𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑠𝑘𝑢𝑙𝑑𝑖𝑔. ¹¹𝑊𝑎𝑛𝑡 𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑔𝑒𝑠𝑒̂ ℎ𝑒𝑡, “𝐽𝑦 𝑚𝑎𝑔 𝑛𝑖𝑒 𝑒𝑔𝑏𝑟𝑒𝑢𝑘 𝑝𝑙𝑒𝑒𝑔 𝑛𝑖𝑒,” ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑜𝑘 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐽𝑦 𝑚𝑎𝑔 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑝𝑙𝑒𝑒𝑔 𝑛𝑖𝑒.” 𝐴𝑠 𝑗𝑦 𝑑𝑢𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑒𝑔𝑏𝑟𝑒𝑢𝑘 𝑝𝑙𝑒𝑒𝑔 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑒𝑙 𝑚𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑝𝑙𝑒𝑒𝑔, 𝑖𝑠 𝑗𝑦 '𝑛 𝑜𝑜𝑟𝑡𝑟𝑒𝑑𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡. ¹²𝑃𝑟𝑎𝑎𝑡 𝑠𝑜, 𝑒𝑛 𝑡𝑟𝑒𝑒 𝑠𝑜 𝑜𝑝, 𝑎𝑠𝑜𝑓 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑣𝑟𝑦ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑔𝑒𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑤𝑜𝑟𝑑. ¹³𝐷𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑖𝑠 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑜𝑛𝑡𝑓𝑒𝑟𝑚𝑖𝑛𝑔 𝑜𝑜𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑡𝑓𝑒𝑟𝑚𝑖𝑛𝑔 𝑏𝑒𝑡𝑜𝑜𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒. 𝑂𝑛𝑡𝑓𝑒𝑟𝑚𝑖𝑛𝑔 𝑡𝑟𝑖𝑜𝑚𝑓𝑒𝑒𝑟 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙.” – Jakobus 2:1-13 (AFR20)
Ja, naasteliefde oordeel nie. Jy kan skatryk of brandarm wees in die wêreld se oë, maar in God se oë is ons almal gelyk. In God se oë het Hy elkeen van ons ewe lief – en dit is oneindige liefde. God trek niemand voor nie en ons mag ook nie. Wanneer dit kom by kerkwees, is ons almal een. As God in Sy oneindige liefde Hom oor ons, nietige mense, ontferm, moet ons ook só optree. Ons mag nie ander oordeel nie en almal wie die Here Jesus as Christus en Here bely, is welkom in God se huis – swart pak, hoofbedekking en rok of kortbroek en plakkies. Dis nie hoe jy lyk nie, maar hoe jy leef wat tel.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Dit maak nie saak wat ek het in die lewe nie, solank ek vir God in my lewe het. Ek ken nie regtig ander mense se situasie nie en ek mag nie oordeel op die uiterlike van mense nie. Ek moet my ontferm oor my naaste en al God se kinders in liefde ontvang – soos Hy my leer.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, die wêreld oordeel so maklik oor almal en alles. Help my om my eerder te ontferm oor mense en om hulle in liefde te ontvang en welkom te laat voel in U huis. Mag ons almal skatryk wees in geloof, sodat ons U beter kan dien. Mag U in die samekomste van gemeentes verheerlik word. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟬𝟳 – 🅳🅾🅾🅸🅴 🅶🅴🅻🅾🅾🅵 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Ek hoor al van die 90’s af dat baie mense sê dat hulle nie die kerk nodig het nie. Ek hoor hoe sê mense dat hulle saak met die Here reg is en dat hul geloof ’n persoonlike saak is wat niks met niemand anders uit te waai het nie...
Weet jy? Geloof is inderdaad ’n persoonlik saak tussen jou en God. Jou verhouding met Hom is spesiaal en uniek. Maar... Om deel te wees van die kerk, net jou naam op die registers te hê, is nutteloos. Jy’s gedoop en het dalk belydenis van geloof afgelê, maar andersins is jy nie betrokke nie. Dalk het iemand of iets in die kerk jou kwaad gemaak of seergemaak. Dalk voel jy maar net, soos genoem, dat jou geloofslewe eerder privaat moet wees. Hoe ook al, kan ek vandag vir jou sê: As jou geloof net geloof is, is dit dood. As jou geloof nie oorgaan in dade nie, beteken dit niks. Onthou jy hoe Paulus gepraat het van geloof, hoop en liefde? Liefde is die grootste. Hoekom? Want liefde is die sigbare teken van lewende geloof en hoop.
Jakobus skryf dan ook aan sy medegelowiges:
“¹⁴𝑊𝑎𝑡 𝑏𝑎𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑡, 𝑚𝑦 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠, 𝑎𝑠 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑦 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 ℎ𝑒𝑡, 𝑚𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑛𝑖𝑒? 𝐷𝑖𝑒́ 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑘𝑎𝑛 ℎ𝑜𝑚 𝑡𝑜𝑔 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠 𝑛𝑖𝑒? ¹⁵𝐴𝑠 '𝑛 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟 𝑜𝑓 '𝑛 𝑠𝑢𝑠𝑡𝑒𝑟 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑘𝑙𝑒𝑟𝑒 𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑔𝑙𝑖𝑘𝑠𝑒 𝑘𝑜𝑠 𝑖𝑠, ¹⁶𝑒𝑛 𝑒𝑒𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒, “𝐺𝑎𝑎𝑛 𝑖𝑛 𝑣𝑟𝑒𝑑𝑒, 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑤𝑎𝑟𝑚 𝑒𝑛 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑎𝑑𝑖𝑔,” 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔𝑔𝑎𝑎𝑚 𝑛𝑜𝑑𝑖𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒, 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑒𝑙𝑝 𝑑𝑖𝑡? ¹⁷𝑆𝑜 𝑖𝑠 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑒𝑛, 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑝 𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑙𝑜𝑜𝑝 𝑛𝑖𝑒, 𝑑𝑜𝑜𝑑. ¹⁸𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑎𝑠 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑠𝑒̂, “𝐽𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑒𝑛 𝑒𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑑𝑒,” 𝑤𝑦𝑠 𝑑𝑎𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 𝑗𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑎𝑑𝑒, 𝑒𝑛 𝑒𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑜𝑢 𝑢𝑖𝑡 𝑚𝑦 𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑤𝑦𝑠. ¹⁹𝐺𝑙𝑜 𝑗𝑦 𝑑𝑎𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝐸𝑒𝑛 𝑖𝑠? 𝐺𝑜𝑒𝑑 𝑠𝑜. 𝑂𝑜𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑒𝑚𝑜𝑛𝑒 𝑔𝑙𝑜 𝑑𝑖𝑡, 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑤𝑒. ²⁰𝑊𝑖𝑙 𝑗𝑦 𝑤𝑒𝑒𝑡, 𝑜 𝑛𝑖𝑒𝑡𝑖𝑔𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠, 𝑑𝑎𝑡 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑛𝑢𝑡𝑡𝑒𝑙𝑜𝑜𝑠 𝑖𝑠? ²¹𝐼𝑠 𝐴𝑏𝑟𝑎ℎ𝑎𝑚, 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟, 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑝 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑙𝑎𝑎𝑟, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑦 𝑠𝑦 𝑠𝑒𝑢𝑛 𝐼𝑠𝑎𝑘 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑙𝑡𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑝𝑙𝑎𝑎𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒? ²²𝐾𝑎𝑛 𝑗𝑦 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑚𝑒𝑒𝑔𝑒𝑤𝑒𝑟𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑚𝑒𝑡 𝑠𝑦 𝑑𝑎𝑑𝑒, 𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑡 𝑣𝑎𝑛𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑣𝑜𝑙𝑘𝑜𝑚𝑒 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑟𝑑 ℎ𝑒𝑡? ²³𝐸𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑘𝑟𝑖𝑓 𝑖𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑢𝑙 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑒̂: “𝐴𝑏𝑟𝑎ℎ𝑎𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑔𝑙𝑜, 𝑒𝑛 𝐺𝑜𝑑 ℎ𝑒𝑡 𝑠𝑦 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑜𝑚 𝑎𝑠 𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔𝑖𝑛𝑔 𝑔𝑒𝑟𝑒𝑘𝑒𝑛, 𝑒𝑛 ℎ𝑦 𝑖𝑠 '𝑛 𝑣𝑟𝑖𝑒𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑛𝑜𝑒𝑚.” ²⁴𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑑𝑢𝑠 𝑑𝑎𝑡 '𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑜𝑝 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑙𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒. ²⁵𝐼𝑠 𝑅𝑎𝑔𝑎𝑏, 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑟𝑜𝑠𝑡𝑖𝑡𝑢𝑢𝑡, 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑘 𝑛𝑒𝑡 𝑠𝑜 𝑜𝑝 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑙𝑎𝑎𝑟, 𝑡𝑜𝑒 𝑠𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑜𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝𝑝𝑒𝑟𝑠 𝑔𝑎𝑠𝑣𝑟𝑦 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔 𝑒𝑛 𝑚𝑒𝑡 '𝑛 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑝𝑎𝑑 𝑤𝑒𝑔𝑔𝑒𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒? ²⁶𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑛𝑒𝑡 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔𝑔𝑎𝑎𝑚 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑎𝑠𝑒𝑚 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑖𝑠, 𝑠𝑜́ 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑.” – Jakobus 2:14-26 (AFR20)
Om jouself af te sny van die kerk en op jou eie te probeer kerk wees, is baie moeilik en, om die waarheid te sê, bietjie dom. As jy kwaad is vir die kerk, of die dominee, of ’n ander lidmaat en jy weerhou jouself van die kerk, doen jy net jouself skade. Jy gaan mos nie sterf van dors as jy weet waar om water te kry nie? Mense verskil van mekaar en almal maak foute. Ons moet leer om oor daardie klein dingetjies te kom en kerk te wees – tot eer van God. Ons moet soms ook leer om bietjie oor onsself te kom.
Ons – God se kerk – is een in Christus. Om ’n lewende geloof te hê is makliker as ons dit saam doen. Ons geloof, gevestig in ons ewige hoop, moet lewe kry in die uitoefen van God se liefde wat ons deel.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
My geloof moet lewe. Ek moet nie net praat nie, maar ook doen. Ek moet mense vergewe, myself vergewe, en ek moet saam met medegelowiges waarlik kerk wees soos God wil.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, dankie dat ek geloof as gawe ontvang. Dit kom van U en moet weer teruggewerk word tot U eer. Ek kan dít alleen doen as my geloof oorgaan in dade. Help my om betrokke te wees in my gemeente en help my om saam met ander gelowiges hard te werk om U Koninkryk uit te brei op aarde deur die werk van U Heilige Gees in- en deur ons. Tot eer en verheerliking van God alleen. In Jesus se Naam. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟬𝟲 – 🆅🅴🆁🆆🅴🆁🅿🅸🅽🅶 . . . (Kliek hier vir die klankgreep)
Almal van ons wil graag iewers inpas. Ons wil deel wees van iets en ons wil graag vriende hê. Sommige van ons hou daarvan om baie vriende te hê en ander verkies om eerder net een of twee nabye vriende te hê. Sommige van ons is introverte en ander ekstroverte. Party van ons hou daarvan om sosiaal te verkeer en ander verkies weer om eerder net tuis te bly en te rus of ’n stokperdjie te beoefen. Hoe ook al en wat ook al jou voorkeure is, almal van ons wil graag iewers behoort en ons wil graag iewers aanvaar word.
Ongelukkig is daar klieks in die lewe – daardie klein groepies mense wat gedeelde belangstellings het en wat gereeld tyd saam spandeer. Soms wil ons ook graag deel wees daarvan, maar soms eerder nie. Tog, in hierdie klieks word mense aanvaar en is daar ’n gevoel van samehorigheid. Buite die kliek is dit egter dikwels ’n gevoel van verwerping wat ervaar word.
Die mens is geskape om ’n sosiale wese te wees en almal van ons moet in ’n mate sosialiseer en iewers behoort. As God se kerk – wat ook eksklusief is – is ons ’n versameling van mense wat ook dieselfde belangstelling, geloof en oortuigings deel. Sommige mense wil graag elke nou en dan ander oortuigings inbring, maar as dit teen God se Woord opgeweeg word, word dit te lig bevind en moet óf die oortuiging óf die persoon die groep verlaat. Dit is nie lekker om verwerp te word nie.
Daarom, wanneer dit kom by die kerk, moet ons altyd hou by die waardes en waarheid. Die kerk is eksklusief van die wêreld, omdat dit nie die waardes van die wêreld aanvaar nie. Daarom dan ook dat die wêreld ons as Christene, sal verwerp. Dit is nie lekker nie, maar dit is egter ook baie hartseer, want Jesus sê in Lukas 10, nadat Hy die 72 uitgestuur het (Luk. 10:1-12), in verse 13-16:
“¹³ “𝑊𝑒𝑒 𝑗𝑜𝑢, 𝐺𝑜𝑟𝑎𝑠𝑖𝑛! 𝑊𝑒𝑒 𝑗𝑜𝑢, 𝐵𝑒𝑡𝑠𝑎𝑖𝑑𝑎! 𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑟𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔𝑒 𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑝𝑙𝑎𝑎𝑠𝑔𝑒𝑣𝑖𝑛𝑑 ℎ𝑒𝑡, 𝑖𝑛 𝑇𝑖𝑟𝑢𝑠 𝑒𝑛 𝑆𝑖𝑑𝑜𝑛 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑢𝑟 ℎ𝑒𝑡, 𝑠𝑜𝑢 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑘𝑎𝑙 𝑖𝑛 𝑠𝑎𝑘 𝑒𝑛 𝑎𝑠 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑡 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑒𝑟 ℎ𝑒𝑡. ¹⁴𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑇𝑖𝑟𝑢𝑠 𝑒𝑛 𝑆𝑖𝑑𝑜𝑛 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑡 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙𝑠𝑑𝑎𝑔 𝑑𝑟𝑎𝑎𝑔𝑙𝑖𝑘𝑒𝑟 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑎𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒. ¹⁵𝐸𝑛 𝑗𝑦, 𝐾𝑎𝑝𝑒𝑟𝑛𝑎𝑢𝑚, “𝑆𝑎𝑙 𝑗𝑦 𝑡𝑜𝑡 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑡𝑜𝑒 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑜𝑜𝑔 𝑤𝑜𝑟𝑑? 𝑁𝑒𝑒, 𝑗𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑎 𝐻𝑎𝑑𝑒𝑠 𝑎𝑓𝑑𝑎𝑎𝑙! ¹⁶ “𝑊𝑖𝑒 𝑛𝑎 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟, 𝑙𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟 𝑛𝑎 𝑀𝑦, 𝑒𝑛 𝑤𝑖𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑒𝑟𝑝, 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑒𝑟𝑝 𝑀𝑦. 𝐸𝑛 𝑤𝑖𝑒 𝑀𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑒𝑟𝑝, 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑒𝑟𝑝 𝐻𝑜𝑚 𝑤𝑎𝑡 𝑀𝑦 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟 ℎ𝑒𝑡.”” – Lukas 10:13-16 (AFR20)
Jesus veroordeel die stede en die mense wat weier om Sy Woord te aanvaar. Hy leer ons ook dat ons wel verwerp sal word deur die mense. Kyk, dit is nou maar eenmaal só: Nie almal sal vir Jesus aanvaar as God se Christus nie. Nie almal sal glo nie en nie almal sal gered word nie. As mense ons verwerp vanweë ons Christenskap, sê Jesus self dat dit so goed is asof hulle Hom en die Vader verwerp. Dit is baie hartseer. Ons wil graag dat mense nie verlore gaan en afstuur op die ewige dood nie, maar ongelukkig moet ons net doen wat ons kan en die res oorlaat in God se hande.
In die kerk word ons aanvaar. In die wêreld sal ons verwerp word. Hou dus eerder by wat reg en goed is en pas in daar waar jy welkom is en waar ander dieselfde passie deel. Gaan wel ook uit in die wêreld om ander deel te maak van jou kliek – die kerk. Sien, almal is welkom. Die kerk is eksklusief, maar oop. Die kerk is oop vir almal wat bely dat Jesus Christus die Here is, tot eer van God die Vader. Word aanvaar en leer ander hoe hulle ook deur God self aanvaar kan word.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Mense sal my verwerp as Christen, omdat God se waardes stry met mense waardes. God aanvaar my as Sy kind. Dit is genoeg vir my. Ek kan saam met ander wat my passie deel my geloof uitleef tot God se eer as deel van Sy kerk.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here Jesus, net soos die Vader U gestuur het, só het U ons ook gestuur. Die wêreld sukkel nogsteeds om te aanvaar dat U God is. Ek bid vandag dat meer en meer mense U sal aanvaar as Verlosser, sodat U kerk sal aanhou groei en dat U Naam verheerlik sal word. As mense my verwerp oor my Christenskap, help my om nogsteeds vir hulle te bid. Mag mense luister en mag hulle wel U waarheid aanvaar. Tot eer van God. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟬𝟱 – 🅶🆁🅾🅴🅿🆂🅳🆁🆄🅺 ... (Kliek hier vir die klankgreep)
Hoe dikwels het jy al iets aangevang in jou lewe en na die tyd gedink: “Wat het my besiel? Hoekom was ek daar? Hoekom het ek dit gedoen?” Ek dink almal van ons ken daardie vrae en gevoelens. Soms kyk ons terug en dan sien ons dat ons op die ingewing van die oomblik iets gedoen het, omdat iemand anders ons beïnvloed het of omdat dit aanvaarbaar was vir die res.
Ons sien dit deesdae ook gereeld in die nuus. Mense betoog en kom in opstand teen maatskappye en selfs die regering, omdat daar ongelukkigheid is oor een of ander iets. Soms is die mense se betoog geregverdig, maar in meeste gevalle gaan dit bloot om in opstand te kom of oor die bevordering van die eie-ek. Mense raak verskriklik opgewerk oor dinge en dikwels loop hierdie betogings en optogte uit op geweld en vandalisme. Die sleg van die saak, is dat meeste van die mense nie eers weet hoekom hulle daar is nie. Hulle betoog en breek af, sonder om te weet waaroor dit eintlik gaan.
Jy het dikwels net een of ’n paar mense nodig om groot moeilikheid te begin. Selfs in die geloofslewens van mense gebeur dit ook... Ons leer uit God se Woord en weet wat reg en verkeerd is, maar sodra ’n vriend of kennis of een of ander charismatiese prediker vir ons iets anders kom vertel... dan swig ons onder groepsdruk en val in by die algemeen-aanvaarde dwaalleer.
In die vroeë kerk in Efese was dit ook die geval. In Handelinge 19 lees ons hoe aanhangers van die valse godin Artemis jaloers was en omgekrap was dat Paulus die mense die waarheid kom leer het. Paulus het vir die mense die goeie nuus gebring oor ware verlossing en die enigste God wat aan die mens redding vrylik verskaf deur Jesus Christus. Dan, as gevolg van mense se geldgierigheid, kom Demetrius, ’n silwersmid wat afgodsbeeldjies van Artemis se tempel gemaak het en begin die moeilikheid:
“²⁴'𝑛 𝑀𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑎𝑚 𝐷𝑒𝑚𝑒𝑡𝑟𝑖𝑢𝑠, '𝑛 𝑠𝑖𝑙𝑤𝑒𝑟𝑠𝑚𝑖𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝐴𝑟𝑡𝑒𝑚𝑖𝑠𝑡𝑒𝑚𝑝𝑒𝑙𝑡𝑗𝑖𝑒𝑠 𝑢𝑖𝑡 𝑠𝑖𝑙𝑤𝑒𝑟 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑔 ℎ𝑒𝑡, ℎ𝑒𝑡 '𝑛 𝑖𝑛𝑘𝑜𝑚𝑠𝑡𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑔𝑙𝑎𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑤𝑎𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑚𝑏𝑎𝑔𝑠𝑚𝑎𝑛𝑛𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑘𝑎𝑓. ²⁵𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑒𝑛 𝑜𝑜𝑘 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑜𝑜𝑟𝑡𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘𝑒 𝑎𝑚𝑏𝑎𝑔𝑡𝑒 𝑏𝑒𝑜𝑒𝑓𝑒𝑛, 𝑏𝑦𝑒𝑒𝑛𝑔𝑒𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝑀𝑎𝑛𝑛𝑒, 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑤𝑒𝑙𝑣𝑎𝑎𝑟𝑡 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑑𝑟𝑦𝑓 𝑎𝑓ℎ𝑎𝑛𝑘𝑙𝑖𝑘 𝑖𝑠, ²⁶𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑒𝑛 ℎ𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑃𝑎𝑢𝑙𝑢𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑛𝑒𝑡 𝑖𝑛 𝐸𝑓𝑒𝑠𝑒 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑛 𝑏𝑦𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝐴𝑠𝑖𝑒̈ '𝑛 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑎𝑎𝑛𝑡𝑎𝑙 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑟𝑒𝑒𝑑 𝑒𝑛 𝑚𝑖𝑠𝑙𝑒𝑖 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑡𝑒 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑎𝑡 𝑔𝑜𝑑𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑎𝑛𝑑 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑔𝑙𝑎𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑑𝑒 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒. ²⁷𝐷𝑖𝑡 ℎ𝑜𝑢 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑣𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑛 𝑑𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑛𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑏𝑒𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑖𝑛 𝑜𝑛𝑔𝑢𝑛𝑠 𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑜𝑘 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑒𝑚𝑝𝑒𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑔𝑜𝑑𝑖𝑛 𝐴𝑟𝑡𝑒𝑚𝑖𝑠 𝑎𝑠 𝑜𝑛𝑏𝑒𝑛𝑢𝑙𝑙𝑖𝑔 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑜𝑢 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑡 𝑠𝑦, 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝐴𝑠𝑖𝑒̈ 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑒𝑒𝑟 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑏𝑒𝑟𝑜𝑜𝑓 𝑠𝑎𝑙 𝑤𝑜𝑟𝑑.” ²⁸𝑇𝑜𝑒 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑡 ℎ𝑜𝑜𝑟, ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑜𝑒𝑑𝑒𝑛𝑑 𝑔𝑒𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑟𝑒𝑒𝑢: “𝐺𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑖𝑠 𝐴𝑟𝑡𝑒𝑚𝑖𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐸𝑓𝑒𝑠𝑖𝑒̈𝑟𝑠!” ²⁹𝐸𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑎𝑟𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑠𝑡𝑎𝑑 𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚; ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑒𝑒𝑛 𝑚𝑎𝑛 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑚𝑓𝑖𝑡𝑒𝑎𝑡𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑜𝑟𝑚 𝑒𝑛 𝑃𝑎𝑢𝑙𝑢𝑠 𝑠𝑒 𝑟𝑒𝑖𝑠𝑔𝑒𝑛𝑜𝑡𝑒, 𝑑𝑖𝑒 𝑀𝑎𝑐𝑒𝑑𝑜𝑛𝑖𝑒̈𝑟𝑠 𝐺𝑎𝑖𝑢𝑠 𝑒𝑛 𝐴𝑟𝑖𝑠𝑡𝑎𝑟𝑔𝑢𝑠, 𝑠𝑎𝑎𝑚𝑔𝑒𝑠𝑙𝑒𝑒𝑝.” ... “³²𝐼𝑛𝑡𝑢𝑠𝑠𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑙𝑦 𝑠𝑘𝑟𝑒𝑒𝑢, 𝑠𝑜𝑚𝑚𝑖𝑔𝑒 𝑑𝑖𝑡 𝑒𝑛 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑎𝑡, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑘𝑠𝑣𝑒𝑟𝑔𝑎𝑑𝑒𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑤𝑎𝑠 𝑖𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑎𝑟𝑟𝑖𝑛𝑔, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑠𝑡𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑒𝑒𝑟𝑠 𝑔𝑒𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑦𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒.” – Handelinge 19:24-29,32 (AFR20)
Sien, net soos dinge nogsteeds gaan in die wêreld, nè? Die meeste mense het nie eers geweet waarom hulle bymekaargekom het nie, maar moeilikheid maak sal ons moeilikheid maak en baklei teen die waarheid sal ons baklei!
Die mens is nog altyd opstandig – al van Adam en Eva se tyd af. God gee verlossing in Jesus Christus – gratis en verniet, maar die mens kies nogsteeds om eerder in opstand te kom. Artemis se aanbidding het oor die eeue so te sê uitgesterf, maar nuwe afgode soos geld, status en plesier het haar plek ingeneem. Ons aanbid hierdie afgode en na die tyd wonder ons ook hoekom ons eintlik daar was. Ons kom saam met almal in opstand teen God, sonder om te weet hoekom. En eintlik is daar geen rede wat goed genoeg sal wees om dit te doen nie... Moenie swig onder groepsdruk nie.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek moet mooi dink voordat ek sommerso inval by ander mense se aksies en betogings. God se Woord moet my rigtingwyser en naslaanbron wees. Nie die internet of die instemming van die meerderheid nie.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here Jesus, U is die Weg en die Waarheid en die Lewe – U alleen. Help my om paraat te wees en op my hoede, sodat ek nie sal swig onder groepsdruk van die wêreld en valse profete en leraars nie. Laat my getrou bly aan U Woord en laat my leef tot U eer alleen. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟬𝟰 – 🅳🅸🅴 🆆ê🆁🅴🅻🅳 🅸🆂 🆆🅰🅰🅽🆂🅸🅽🅽🅸🅶 ! (Kliek hier vir die klankgreep)
Dit is een van die vreemdste verskynsels wat daar is: Geskiedenis herhaal heeltyd. Mense sit met boeke en elektroniese weergawes van ongelooflik baie verhale van die verlede – met verskillende benaderings daarvan en met al die foute wat mense gemaak het – maar maak weer dieselfde foute. Mense kom voor kruispaaie en, met die nodige kennis van die verlede, kan hulle die regte pad kies, maar om een of ander rede neem hulle die pad wat hulle weet op mislukking en verdriet uitloop.
Iemand het eenmaal gesê dat die definisie van waansin, is om dieselfde ding oor en oor te doen, maar verskillende resultate te verwag. Dít is presies wat die mensdom nog altyd doen! Al weet ons dat selfgesentreerdheid, eiewaan, hebsug en wraaksug nog altyd uitgeloop het op die benadeling van die meeste mense en jouself, volg mense nogsteeds hul eie koppe en probeer om in hierdie wêreld en in hierdie lewe alles te verkry. Jesus het in die Bergrede (Matt. 5-7) gepraat oor baie van die dinge wat ons moet vermy en hoe ons ingesteldheid moet wees, maar selfs van die vroegste dae af het God deur die profete die mense gewaarsku.
In Jeremia 6:10-19 (AFR20) lees ons:
“¹⁰𝑀𝑒𝑡 𝑤𝑖𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑒𝑘 𝑝𝑟𝑎𝑎𝑡? 𝑊𝑖𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑒𝑘 𝑎𝑠 𝑔𝑒𝑡𝑢𝑖𝑒𝑠 𝑟𝑜𝑒𝑝, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑙𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟? 𝐾𝑦𝑘, 𝑜𝑛𝑏𝑒𝑠𝑛𝑒𝑑𝑒 𝑖𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑟𝑒, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑎𝑔 𝑔𝑒𝑒 𝑛𝑖𝑒. 𝐾𝑦𝑘, 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 '𝑛 𝑏𝑒𝑠𝑝𝑜𝑡𝑡𝑖𝑛𝑔 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑟𝑑; ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑎𝑛𝑣𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒. ¹¹𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑒𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑢𝑙; 𝑒𝑘 𝑖𝑠 𝑚𝑜𝑒𝑔 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑚 𝑚𝑦 𝑖𝑛 𝑡𝑒 ℎ𝑜𝑢. “𝑆𝑡𝑜𝑟𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑢𝑖𝑡 𝑜𝑜𝑟 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑜𝑝 𝑠𝑡𝑟𝑎𝑎𝑡, 𝑒𝑛 𝑡𝑒𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑗𝑜𝑛𝑔𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒. 𝐽𝑎, 𝑚𝑎𝑛𝑠 𝑠𝑜𝑤𝑒𝑙 𝑎𝑠 𝑣𝑟𝑜𝑢𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑔𝑒𝑣𝑎𝑛𝑔𝑒 𝑔𝑒𝑛𝑒𝑒𝑚 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑜𝑢𝑒𝑠 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑏𝑒𝑗𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒𝑠. ¹²𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑢𝑖𝑠𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑎 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑜𝑜𝑟𝑔𝑎𝑎𝑛, ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟𝑦𝑒 𝑒𝑛 𝑣𝑟𝑜𝑢𝑒 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑚𝑒𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑚. 𝑊𝑎𝑛𝑡 𝐸𝑘 𝑠𝑡𝑒𝑒𝑘 𝑚𝑦 ℎ𝑎𝑛𝑑 𝑢𝑖𝑡 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑖𝑛𝑤𝑜𝑛𝑒𝑟𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑑,” 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑠𝑝𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒. ¹³ “𝐽𝑎, 𝑘𝑙𝑒𝑖𝑛 𝑒𝑛 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑜𝑛𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑤𝑖𝑛𝑠. 𝑉𝑎𝑛 𝑝𝑟𝑜𝑓𝑒𝑒𝑡 𝑡𝑜𝑡 𝑝𝑟𝑖𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟 – ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑝𝑙𝑒𝑒𝑔 𝑏𝑒𝑑𝑟𝑜𝑔. ¹⁴𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑖𝑛𝑒𝑒𝑛𝑠𝑡𝑜𝑟𝑡𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑔𝑡𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑣𝑜𝑙𝑘 𝑜𝑝 '𝑛 𝑚𝑎𝑘𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑚𝑎𝑛𝑖𝑒𝑟 ℎ𝑒𝑟𝑠𝑡𝑒𝑙 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑡𝑒 𝑠𝑒̂, ‘𝑉𝑟𝑒𝑑𝑒, 𝑣𝑟𝑒𝑑𝑒!’ 𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑣𝑟𝑒𝑑𝑒 𝑛𝑖𝑒. ¹⁵𝑆𝑡𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑎𝑎𝑚𝑑 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑓𝑠𝑡𝑜𝑜𝑡𝑙𝑖𝑘 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑡𝑟𝑒𝑒 ℎ𝑒𝑡? 𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑘𝑎𝑎𝑚 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑜𝑒𝑔𝑒𝑛𝑎𝑎𝑚𝑑 𝑛𝑖𝑒, 𝑘𝑒𝑛 𝑠𝑒𝑙𝑓𝑠 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑠𝑘𝑎𝑎𝑚𝑡𝑒 𝑛𝑖𝑒. 𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑙 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑛𝑒𝑢𝑤𝑒𝑙𝑑𝑒𝑠; 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑦𝑑 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝐸𝑘 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑡𝑜𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑟𝑜𝑒𝑝, 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑡𝑜𝑡 '𝑛 𝑣𝑎𝑙 𝑘𝑜𝑚,” ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑒̂. ¹⁶𝑆𝑜 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒: “𝐺𝑎𝑎𝑛 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑙𝑎𝑛𝑔𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑎𝑎𝑖𝑒 𝑒𝑛 𝑘𝑦𝑘; 𝑣𝑟𝑎 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑒̈ 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑡𝑦𝑑. 𝑉𝑟𝑎 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑎𝑑 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑖𝑠, 𝑒𝑛 𝑣𝑜𝑙𝑔 𝑑𝑖𝑡! 𝑉𝑖𝑛𝑑 𝑠𝑜 𝑠𝑖𝑒𝑙𝑒𝑟𝑢𝑠! 𝑀𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑, ‘𝑂𝑛𝑠 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒.’ ¹⁷𝑇𝑜𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝐸𝑘 𝑤𝑎𝑔𝑡𝑒 𝑜𝑜𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑠𝑡𝑒𝑙, ‘𝐺𝑒𝑒 𝑎𝑔 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑢𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑎𝑚𝑠ℎ𝑜𝑟𝑖𝑛𝑔!’ 𝑀𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑, ‘𝑂𝑛𝑠 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑔 𝑔𝑒𝑒 𝑛𝑖𝑒.’ ¹⁸𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚, 𝑙𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟, 𝑛𝑎𝑠𝑖𝑒𝑠! 𝑁𝑒𝑒𝑚 𝑘𝑒𝑛𝑛𝑖𝑠, 𝑣𝑜𝑙𝑘𝑠𝑣𝑒𝑟𝑔𝑎𝑑𝑒𝑟𝑖𝑛𝑔, 𝑣𝑎𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑚𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑢𝑟! ¹⁹𝐿𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟, 𝑙𝑎𝑛𝑑! 𝐾𝑦𝑘, 𝐸𝑘 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑛ℎ𝑒𝑖𝑙 𝑏𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑜𝑜𝑟 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑘 – 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑟𝑢𝑔 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑝𝑙𝑎𝑛𝑛𝑒. 𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑜𝑝 𝑚𝑦 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑔 𝑔𝑒𝑠𝑙𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑤𝑒𝑡, 𝑑𝑖𝑡 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑒𝑟𝑝.”
Wat meer kan ek sê hieroor? Dit is regtig hartseer dat die wêreld al weer lyk soos beskryf in Jeremia 6, omdat die mens vandag waansinnig optree. Ons kan nie verwag om aan te hou wegdraai van God af en op een of ander manier nogsteeds geluk te vind nie. Ons ken die ou paaie – die paaie van die voortyd. Ons weet hoe God se pad lyk. Vind rus vir jou siel en bly op God se pad.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek wil nie die foute van die verlede herhaal nie. Ek moet die mense waarsku en ek moet self op God se pad bly. Almal gaan eendag verantwoording moet doen vir hul keuse vír of téén God. Ek kies vír God.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, God Almagtig, gee my rus vir my siel en hou my op U paaie. Al verwerp die wêreld my, laat my so ná aan U leef, dat my lewe vir U ’n aanneemlike offer sal wees. Laat my ag slaan op U Woord – U waarskuwings en U beloftes. Seën my en my geliefdes, sodat ons U ware vrede sal ervaar en in U guns sal bly. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟬𝟮 – 🅰🆂 🅹🆈 🅽🅸🅴 🆆🅴🅻🅺🅾🅼 🅸🆂 🅽🅸🅴 ... (Kliek hier vir die klankgreep)
Dikwels kom jy op ’n plek waar jy sommer van die begin af nie welkom voel nie. Jy ken dalk nie die mense nie of jy ken hulle, maar jy kan sommer aanvoel dat hulle jou nie daar wil hê nie. Partymaal is dit nogal erg, want dit is dalk die plek waar jy woon of jou werksplek. Jy probeer dan maar jou beste om hoflik te wees teenoor die mense en om op ’n manier nogsteeds God se liefde uit te straal, maar dis nie maklik nie.
Dit is regtig ongemaklik en soms baie moeilik om in sulke omstandighede te werk of selfs te woon, maar ons weet ook dat God ons soms op plekke bring waar ons nie wil wees nie. Ons word gereeld uit ons gemaksone gelig om te getuig en om getrou te bly aan God se Woord. Ons geloof word werklikwaar getoets en ons moet baie styf vashou aan die krag en ondersteuning wat net God ons kan bied.
Partymaal is hierdie ongemaklike, onwelkome plekke, die plekke waar ons die evangelie moet verkondig. Soms met woorde en soms deur net daar te wees. Ons weet dat die Heilige Gees vir ons die woorde sal gee wanneer dit nodig is en ons weet dat ons onder Sy leiding niks hoef te vrees nie. Ons weet hierdie is waar vir plekke waar God ons bring onder mense wat ons ken en waar ons werk het om te doen. Maar, wat maak ons wanneer ons uitgaan om onder vreemde of nuwe mense die evangelie te verkondig? Wat maak ons as ons daar weggewys word of onwelkom voel? Toe Jesus die twaalf uitgestuur het om in Sy Naam te werk, het die volgende gebeur:
“¹𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑤𝑎𝑎𝑙𝑓 𝑏𝑦𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟𝑔𝑒𝑟𝑜𝑒𝑝, 𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑎𝑔 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑠𝑎𝑔 𝑜𝑜𝑟 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑒𝑚𝑜𝑛𝑒 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒 𝑒𝑛 𝑜𝑚 𝑠𝑖𝑒𝑘𝑡𝑒𝑠 𝑡𝑒 𝑔𝑒𝑛𝑒𝑒𝑠. ²𝑇𝑜𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑦 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 •𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑘𝑟𝑦𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑡𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑒𝑛 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑖𝑒𝑘𝑒𝑠 𝑔𝑒𝑠𝑜𝑛𝑑 𝑡𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑘, ³𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝑀𝑜𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑘𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑎𝑑 𝑠𝑎𝑎𝑚𝑛𝑒𝑒𝑚 𝑛𝑖𝑒, 𝑛𝑖𝑒 '𝑛 𝑤𝑎𝑛𝑑𝑒𝑙𝑠𝑡𝑜𝑘 𝑜𝑓 '𝑛 𝑟𝑒𝑖𝑠𝑠𝑎𝑘 𝑜𝑓 𝑏𝑟𝑜𝑜𝑑 𝑜𝑓 𝑔𝑒𝑙𝑑 𝑜𝑓 𝑡𝑤𝑒𝑒 𝑘𝑙𝑒𝑑𝑖𝑛𝑔𝑠𝑡𝑢𝑘𝑘𝑒 𝑛𝑖𝑒. ⁴𝑊𝑎𝑡𝑡𝑒𝑟 ℎ𝑢𝑖𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑜𝑘 𝑎𝑙 𝑏𝑖𝑛𝑛𝑒𝑔𝑎𝑎𝑛, 𝑏𝑙𝑦 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑜𝑟 𝑡𝑜𝑡𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑣𝑎𝑛𝑑𝑎𝑎𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑒𝑘. ⁵𝐸𝑛 𝑎𝑠 𝑒𝑛𝑖𝑔𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑒𝑙𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒 – 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑟𝑝 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑎𝑎𝑡, 𝑠𝑘𝑢𝑑 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑜𝑓 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑜𝑒𝑡𝑒 𝑎𝑓 𝑎𝑠 𝑔𝑒𝑡𝑢𝑖𝑒𝑛𝑖𝑠 𝑡𝑒𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒.” ⁶𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑡𝑜𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑒𝑘 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑒𝑒𝑛 𝑑𝑜𝑟𝑝𝑖𝑒 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑒𝑢𝑟𝑟𝑒𝑖𝑠, 𝑡𝑒𝑟𝑤𝑦𝑙 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑣𝑎𝑛𝑔𝑒𝑙𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑒𝑛 𝑜𝑟𝑎𝑙 𝑠𝑖𝑒𝑘𝑒𝑠 𝑔𝑒𝑠𝑜𝑛𝑑 𝑚𝑎𝑎𝑘.” – Lukas 9:1-6 (AFR20) (vgl. Matt. 10:7-11,14; Mark. 6:7-13)
Ja, soms moet ons maar aanbeweeg. Ons moet die stof van ons voete afskud as getuienis dat ons wel probeer het. Dit beteken nie dat ons niks daar doen nie – ons kan mos nie anders as om permanente getuies te wees vir Jesus nie! Ons moet nogsteeds getuig en soveel moontlik vertel en wys van wie Jesus is. Die saad moet nogsteeds geplant word. Maar Jesus sê hier vir ons dat wanneer ons uitgaan om Sy werk te doen, moet ons besef waar ons vermoëns en krag ophou en waar Syne begin. As die saad deur die werker geplant is, is dit die Boer se werk om dit te laat groei. Nie alle lande sal ’n opbrengs lewer nie.
Dit is nie lekker om onwelkom te voel iewers nie. Veral nie as jy graag wil help om mense se redding te bewerk nie. Maar, ons moet onthou dat slegs God mense kan red deur Jesus Christus en die werk van die Heilige Gees. Ons is slegs instrumente wat kan help om dit te bewerk.
In jou huis en in jou werk moet jy egter aanhou werk om te doen en te bereik waarvoor God jou daar geplaas het – daar mag jy nie moed opgee nie. Jou werkswyse en benadering kan dalk verander en jy kan dalk net op die agtergrond aanhou om die evangelie te leef, maar tot God self besluit dat jy elders moet gaan, moet jy volhard. Op ander plekke – al wil ons graag ook daar volhard – moet ons weet wanneer ons nie meer welkom is nie en maar aanbeweeg. God sal self vêrder daar werk.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek moet permanent in gesprek met God bly, sodat ek kan weet wanneer om te bly en wanneer om te gaan. Mense gaan nie altyd die evangelie of vir my verwelkom nie. Ek kan nie redding op enigiemand forseer nie. Ek moet doen wat ek kan en die res los vir God.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here Jesus, ek wil graag dat almal gered sal word, maar ek weet dat mense se vrye wil en hul liefde vir die wêreld baie sal verhoed om U as Verlosser aan te neem. Gee asseblief dat ek sal doen wat ek kan en sal aanbeweeg wanneer ek moet. Help my egter om in my huis en in my werksplek te volhard om my mense U liefde te wys. Tot U eer. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟳-𝟬𝟭 – 🆆🅰🅰🆁🆂🅺🆄 🅳🅸🅴 🅼🅴🅽🆂🅴 ! (Kliek hier vir die klankgreep)
Ons stryd met die sonde begin in onsself. Ons baklei met onsself en ons wroeg met reg en verkeerd. As ons nie onsself eers kan regkry nie, hoe gaan ons dan ander mense kan help? ... Dit is hoe ons gewoonlik dink en ongelukkig is die gevolg dan dat ons nooit ander mense begin reghelp nie. Ons is so bang dat mense ons sal veroordeel en sê dat ons eers die balk uit ons oog moet haal voordat ons die splinter in hulle oog raaksien, dat ons eerder niks sê nie (vgl. Matt. 7:5 & Luk. 6:39-42).
Van die vroegste tye af, het God al vir die mens geleer dat ons verantwoordelikheid beteken dat ons verantwoordbaar is vir ons medemens – nie net mede-gelowiges nie, maar selfs ook die goddelose mense. Deur Esegiël, waarsku God die mense en verduidelik hierdie belangrike verantwoordelikheid:
“⁷ “𝐽𝑦, 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒𝑘𝑖𝑛𝑑, 𝑎𝑠 '𝑛 𝑤𝑎𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝐸𝑘 𝑗𝑜𝑢 𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑠𝑡𝑒𝑙 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑢𝑖𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐼𝑠𝑟𝑎𝑒𝑙. 𝐽𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑢𝑖𝑡 𝑚𝑦 𝑚𝑜𝑛𝑑 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 ℎ𝑜𝑜𝑟, 𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑛 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑦 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑘𝑎𝑛𝑡 𝑎𝑓 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑠𝑘𝑢. ⁸𝑊𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝐸𝑘 𝑣𝑖𝑟 '𝑛 𝑔𝑜𝑑𝑑𝑒𝑙𝑜𝑠𝑒 𝑠𝑒̂, ‘𝐺𝑜𝑑𝑑𝑒𝑙𝑜𝑠𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠, 𝑗𝑦 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑏𝑒𝑠𝑙𝑖𝑠 𝑠𝑡𝑒𝑟𝑓,’ 𝑒𝑛 𝑗𝑦 𝑝𝑟𝑎𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑑𝑑𝑒𝑙𝑜𝑠𝑒 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑠𝑦 𝑝𝑎𝑑 𝑡𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑠𝑘𝑢 𝑛𝑖𝑒 – ℎ𝑦, 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑑𝑑𝑒𝑙𝑜𝑠𝑒, 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑎𝑛 𝑜𝑜𝑟 𝑠𝑦 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑠𝑘𝑢𝑙𝑑 𝑠𝑡𝑒𝑟𝑓; 𝑠𝑦 𝑏𝑙𝑜𝑒𝑑 𝑠𝑎𝑙 𝐸𝑘 𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑜𝑢 ℎ𝑎𝑛𝑑 𝑒𝑖𝑠. ⁹𝐴𝑠 𝑗𝑦 𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟 '𝑛 𝑔𝑜𝑑𝑑𝑒𝑙𝑜𝑠𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑠𝑘𝑢 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑠𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑒𝑒𝑟𝑑𝑒 𝑝𝑎𝑑, 𝑜𝑚 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑣𝑎𝑛 𝑡𝑒𝑟𝑢𝑔 𝑡𝑒 𝑑𝑟𝑎𝑎𝑖, 𝑒𝑛 ℎ𝑦 𝑑𝑟𝑎𝑎𝑖 𝑛𝑖𝑒 𝑡𝑒𝑟𝑢𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑝𝑎𝑑 𝑛𝑖𝑒 – ℎ𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑠𝑦 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑠𝑘𝑢𝑙𝑑 𝑠𝑡𝑒𝑟𝑓; 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑗𝑦, 𝑗𝑜𝑢 𝑒𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑗𝑦 𝑑𝑎𝑛 𝑔𝑒𝑟𝑒𝑑. ¹⁰ “𝐽𝑦, 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒𝑘𝑖𝑛𝑑, 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑢𝑖𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐼𝑠𝑟𝑎𝑒𝑙, ‘𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑒̂: “𝑂𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑜𝑟𝑡𝑟𝑒𝑑𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑜𝑝 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑟𝑢𝑘, 𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑣𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑔𝑡𝑒𝑒𝑟, ℎ𝑜𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑏𝑙𝑦 𝑙𝑒𝑒𝑓?” ’ ¹¹𝑆𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒, ‘𝑆𝑜 𝑠𝑒𝑘𝑒𝑟 𝑎𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝐸𝑘 𝑙𝑒𝑒𝑓, 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑠𝑝𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝐻𝑒𝑒𝑟, 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒: “𝐸𝑘 𝑣𝑖𝑛𝑑 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑣𝑟𝑒𝑢𝑔𝑑𝑒 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑑𝑑𝑒𝑙𝑜𝑠𝑒 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑒𝑙 𝑣𝑟𝑒𝑢𝑔𝑑𝑒 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑖𝑛 𝑑𝑎𝑡 '𝑛 𝑔𝑜𝑑𝑑𝑒𝑙𝑜𝑠𝑒 𝑡𝑒𝑟𝑢𝑔𝑘𝑒𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑝𝑎𝑑, 𝑒𝑛 𝑙𝑒𝑒𝑓. 𝐾𝑒𝑒𝑟 𝑡𝑒𝑟𝑢𝑔, 𝑘𝑒𝑒𝑟 𝑡𝑒𝑟𝑢𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑜𝑠𝑒 𝑝𝑎𝑎𝑖𝑒! 𝑊𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑟𝑓, ℎ𝑢𝑖𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐼𝑠𝑟𝑎𝑒𝑙?” ’ ” – Esegiël 33:7-11 (AFR20)
Ja, ons moet die mense waarsku! Ons mag nie swyg wanneer die wêreld ewe gedwee in volle vaart op die afgrond afstuur nie. Ons moet probeer dat hulle van koers verander en terugdraai na God toe. Maar moet ons dan aanhou en aanhou tot ons onsself heeltemal uitput? Wat as mense nie 𝘞𝘐𝘓 luister nie? Wat dan? Jesus leer in Matteus 18:15-20 dat ons liefdevol moet uitreik na die sondaar – eers alleen, dan met nog twee of drie saam met ons, maar daarna moet ons maar aanbeweeg. Dit is ’n moeilike ding hierdie jong... Ons moet besef dat nie almal gered word nie. Elkeen moet sy/haar vrye wil gebruik om te kies vír God of téén God – daar is nie iets tussenin nie. Ons moet ook besef dat ons nie iemand se wil kan breek nie – slegs God kan deur die Heilige Gees dit doen as die persoon hom/haarself oorgee daarvoor.
Ons moet die mense waarsku. Ons moet in liefde hulle probeer reghelp. Maar ons moet ook weet wanneer ons moet aanbeweeg om ander te help. Vergeet ons dan bloot net van dié wat nie gehelp wil word nie? Nee, glad nie. Ons hou aan bid dat die saad wat God deur ons geplant het, wel sal wortel skiet en dat die Heilige Gees sal aanhou werk met daardie persoon. Ons waarskuwings moet streng en ferm wees – al veroordeel die mense ons en al sien hulle hoeveel balke in ons oë raak. Daarna, hou ons aan bid vir hulle en onsself.
Deesdae wil mense sê dat die kerk inklusief is – dat almal gered sal word, maak nie saak hoe jy glo en wat jy glo nie. Dis onwaar. God se uitdruklik op soveel plekke in Sy Woord dat slegs geloof in Jesus Christus as ons Verlosser, ons sal red. God verander nie. Wat die Woord sê, verander nie. Wat reg is, is reg. En wat sonde is, is sonde.
God wil nie hê dat ons deur ons sonde sterf nie. Hy wil hê dat ons van ons sondige optredes afsien. Dat ons lewe! Ons moet ons bekeer. Ons moet help om ons medemense te bekeer en te laat afsien van hulle bose optrede. En ja... soms moet ons maar aanbeweeg met die vrede dat ons ons plig gedoen het... Soms word mense oorgelaat aan hulle eie lot...
Waarom wil julle sterf? Ek wil nie. Julle is gewaarsku. Waarsku die mense!
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Dit is my plig om elke liewe mens wat God oor my pad stuur te behandel met die liefde wat God aan my bewys. Dit is my plig om – waar ek sien my medemens sondig – dit uit te wys en hulle te probeer reghelp.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, help my om sterk te staan in my geloof en skenk aan my die moed om op te staan vir dít wat reg is. Help my om die mense te waarsku. Help my om U werk voort te sit, Here Jesus, sodat mense sal weet dat daar redding en Verlossing is in U. Gee ook aan my die vrede om aan te beweeg, waar nodig. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
Alle inhoud van hierdie webtuiste kan met liefde gedeel word om 'n verskil te maak in iemand se lewe. Jy mag egter nie die inhoud verkoop of her-produseer om enigsins munt te slaan daaruit nie. Mag die Here jou seën en mag jy God se vrede wat alle verstand te bowe gaan ervaar in jou lewe!
Ds. Christo Schoeman ···ᶜᴶˢ··· ©