Hieronder is 'n lys van die oordenkings met 'n skakel wat lei na teks en 'n klankgreep.
Keer gerus terug na hierdie skakel so elke nou en dan en kyk of daar dalk nuwe sielskos is vir jou.
(Kliek op die skakel en dan op die naam of afpyltjie om die boodskap te sien of die skakel te kry vir die klankgreep.)
Kliek ook gerus op die "Oordenkings" skakel (menu) daarbo 👆🏻 om by die ouer oordenkings uit te kom.
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟒-𝟐𝟗 – 𝐉𝐲’𝐬 𝐞𝐞𝐧 𝐮𝐢𝐭 ’𝐧 𝐡𝐨𝐧𝐝𝐞𝐫𝐝. (Kliek hier vir die klankgreep)
Partymaal voel ons asof ons nie saak maak nie. Ons wonder of alles wat ons doen goed genoeg sal wees vir die mense. ‘Is dít waarmee ons besig is ooit die moeite werd?’ ‘Waardeer mense darem wat ek doen?’ ‘Waardeer mense my darem?’ ‘Ek wens ek was belangrik of belangriker gewees...’
Ja, baie van ons voel soms só. En as ons so begin voel, dan begin ons ook wonder of ons selfs goed genoeg is vir God. Ons begin dalk twyfel of God regtig nog lief is vir ons en of Hy sal moeite doen met ons. Ons begin ook wonder of ons regtig diensbaar kan wees vir Hom. ‘God kan mos eerder baie ander mense gebruik om die evangelie te versprei... belangriker mense... heiliger mense... Waarom sal Hy dan nou sy tyd mors op my?...’
As jy soms so voel, wil ek vandag vir jou kom sê: ‘Jy is belangrik vir God. Jy is een uit ’n honderd vir Hom. Hy stel baie belang in jou en Hy sal alles opsy sit vir jou.’ Glo jy dit? Kan jy dit glo? Wel, as jy dit nie glo nie, dis waar! Hoor wat het Jesus self gesê:
“¹𝐴𝑙 𝑑𝑖𝑒 •𝑡𝑜𝑙𝑙𝑒𝑛𝑎𝑎𝑟𝑠 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑎𝑎𝑟𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑘𝑤𝑒𝑙𝑠 𝑛𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚 𝑜𝑚 𝑛𝑎 𝐻𝑜𝑚 𝑡𝑒 𝑙𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟. ²𝐷𝑖𝑒 •𝐹𝑎𝑟𝑖𝑠𝑒𝑒̈𝑟𝑠 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑘𝑟𝑖𝑓𝑘𝑒𝑛𝑛𝑒𝑟𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑚𝑜𝑟: “𝐻𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑎𝑎𝑟𝑠 𝑒𝑛 𝑒𝑒𝑡 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒.” ³𝑇𝑜𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑦 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘𝑒𝑛𝑖𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑒𝑙: ⁴ “𝑊𝑖𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑑 𝑠𝑘𝑎𝑝𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑛 ℎ𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑜𝑟 𝑒𝑒𝑛 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑒𝑔𝑒-𝑒𝑛-𝑛𝑒𝑔𝑒𝑛𝑡𝑖𝑔 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑒𝑠𝑡𝑦𝑛 𝑎𝑔𝑡𝑒𝑟, 𝑒𝑛 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑎𝑔𝑡𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑟𝑒 𝑒𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑛 𝑡𝑜𝑡𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑦 ℎ𝑜𝑚 𝑘𝑟𝑦 𝑛𝑖𝑒? ⁵𝐸𝑛 𝑎𝑠 ℎ𝑦 ℎ𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑘𝑟𝑦 ℎ𝑒𝑡, 𝑡𝑒𝑙 ℎ𝑦 ℎ𝑜𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑏𝑙𝑦𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑜𝑝 𝑠𝑦 𝑠𝑘𝑜𝑢𝑒𝑟𝑠, ⁶𝑒𝑛 𝑔𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑖𝑠 𝑡𝑜𝑒 𝑒𝑛 𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑠𝑦 𝑣𝑟𝑖𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑒𝑛 𝑏𝑢𝑟𝑒 𝑏𝑦𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑒𝑛 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒, ‘𝑊𝑒𝑒𝑠 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑏𝑙𝑦, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑒𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑠𝑘𝑎𝑎𝑝 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑟𝑒 𝑤𝑎𝑠, 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑘𝑟𝑦.’ ⁷𝐸𝑘 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑠𝑜 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑏𝑙𝑦𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑜𝑜𝑟 𝑒𝑒𝑛 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑜𝑚 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑒𝑟 ℎ𝑒𝑡, 𝑒𝑒𝑟𝑑𝑒𝑟 𝑎𝑠 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑒𝑔𝑒-𝑒𝑛-𝑛𝑒𝑔𝑒𝑛𝑡𝑖𝑔 •𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑛𝑜𝑑𝑖𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑚 𝑡𝑜𝑡 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑡𝑒 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒.” – Lukas 15:1-7 (AFR20)
Hoor jy dit? Jy is een uit ’n honderd. Die Here sal jou nooit los nie. Jy is spesiaal vir Hom en Hy sal alles los en alles doen om jou te red. En weet jy wat? Hy het dit reeds gedoen. Hy het reeds 2000 jaar gelede gekom om jou straf op Homself te neem.
Bekering is ’n volgehoue proses en moet elke dag herhaal word. God kan en wil jou gebruik om die evangelie te verkondig en te versprei. Jy is goed genoeg en jy is belangrik genoeg. Ja, soms dwaal ons so bietjie van die regte pad af en dwaal ons weg van die kudde af, maar Jesus sal ons altyd soek en Hy sal ons altyd weer vind. En elke keer as Hy ons vind en ons herken weer sy stem, is daar groot blydskap in die hemel daaroor.
As jy jouself dalk iewers in ’n donker gat of afdwaalpaadjie bevind, laat Jesus jou daaruit help en laat Hy jou op sy skouers tel. Laat Hý jou dra. Laat Hý jou weer in ere herstel. Laat Hý jou weer deel maak van sy kudde.
𝙂𝙤𝙙 𝙝𝙚𝙩 𝙟𝙤𝙪 𝙤𝙣𝙚𝙞𝙣𝙙𝙞𝙜 𝙡𝙞𝙚𝙛. 𝙅𝙮 𝙞𝙨 𝙚𝙚𝙣 𝙪𝙞𝙩 ’𝙣 𝙝𝙤𝙣𝙙𝙚𝙧𝙙 !
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek is spesiaal vir God. Jesus Christus het my kom red en Hy sal nooit ophou om my lief te hê nie.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here Jesus, dankie dat U my altyd weer vind – selfs wanneer ek opsetlik van U probeer wegkom of opsetlik kies vir die sonde. Dankie dat U my weer optel en veilig hou. Help my om veiligheid te vind in die kudde waar U my geplaas het en mag ons diensbaar wees vir U om te help om die verlore skape terug te bring onder U sorg. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟒-𝟐𝟖 – 𝐎𝐧𝐬 𝐫𝐞𝐠𝐞𝐫𝐢𝐧𝐠 . . . (Kliek hier vir die klankgreep)
Maak nie saak waar jy deesdae in Suid-Afrika kom nie, kan jy amper seker wees dat die gesprek een of ander tyd gaan draai in die rigting van hoe sleg dinge geword het. Wanbestuurde munisipaliteite, slaggate met bietjie pad rondom, water krisisse in dorpe, beurtkrag, misdaad... en só gaan die lysie aan. Almal kla en soms help dit om bietjie daaroor te kla en jou opinie te lug tussen vriende of familie, maar watter verskil maak dit aan die probleem?
En wat die gekla ook nog meebring is dat ons al minder respek en lojaliteit het vir ons regering. Korrupsie en swak voorbeelde skep opstandigheid en disrespek. Hoe kan ons enigsins luister na- en glo wat ons leiers sê, as die bewese verlies aan integriteit deur leiers so duidelik soos daglig is? Hoe kan ons enigsins onderdanig wees aan die leiers of aan enige wette wat nog in plek is?
Wat dit nog moeiliker maak, is wat Petrus vir ons skryf:
“¹³𝑊𝑒𝑒𝑠, 𝑡𝑒𝑟 𝑤𝑖𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑑𝑎𝑛𝑖𝑔 𝑎𝑎𝑛 𝑒𝑙𝑘𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑖𝑛𝑠𝑡𝑒𝑙𝑙𝑖𝑛𝑔, 𝑠𝑜𝑤𝑒𝑙 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑒𝑖𝑠𝑒𝑟, 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑜𝑜𝑔𝑠𝑡𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑎𝑔𝑠𝑑𝑟𝑎𝑒𝑟, ¹⁴𝑎𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑟𝑜𝑘𝑢𝑟𝑎𝑡𝑜𝑟 – 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑒𝑖𝑠𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑖𝑠𝑑𝑎𝑑𝑖𝑔𝑒𝑟𝑠 𝑡𝑒 𝑠𝑡𝑟𝑎𝑓, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒́ 𝑤𝑎𝑡 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑑𝑜𝑒𝑛, 𝑎𝑎𝑛 𝑡𝑒 𝑝𝑟𝑦𝑠. ¹⁵𝐺𝑜𝑑 𝑤𝑖𝑙 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 ℎ𝑒̂ 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑡𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛, 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑘𝑢𝑛𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑤𝑎𝑠𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑠𝑡𝑜𝑝𝑠𝑖𝑡. ¹⁶𝐿𝑒𝑒𝑓 𝑎𝑠 𝑣𝑟𝑦 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 – 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑜𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑟𝑦ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑎𝑠 𝑑𝑒𝑘𝑚𝑎𝑛𝑡𝑒𝑙 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒𝑛𝑠𝑘𝑛𝑒𝑔𝑡𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑. ¹⁷𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑟𝑒𝑠𝑝𝑒𝑘𝑡𝑒𝑒𝑟, 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑑𝑒𝑔𝑒𝑙𝑜𝑤𝑖𝑔𝑒𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑏𝑒𝑗𝑒𝑒̈𝑛, 𝑜𝑛𝑡𝑠𝑎𝑔 𝑣𝑖𝑟 𝐺𝑜𝑑 ℎ𝑒̂, 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑒𝑖𝑠𝑒𝑟 𝑟𝑒𝑠𝑝𝑒𝑘𝑡𝑒𝑒𝑟.” – 1 Petrus 2:13-17 (AFR20)
Hoe op aarde is dit moontlik dat ons vandag nog hierdie opdrag uitvoer en gehoorsaam bly daaraan? Moet ons nie maar soos so baie sogenaamde slim teoloë vandag sê dat hierdie nie inpas in ons konteks nie en dat ons dit maar kan ignoreer nie?
Kyk, as ons só ’n benadering wil volg vir elke klein dingetjie in die Bybel waarmee ons sukkel om gehoorsaam te wees, kan ons eintlik maar die hele Bybel weglaat en kan ons maar ophou glo! Hoor mooi wat sê Petrus hier. Hy sê nie wees onderdanig aan menslike instellings en leiers omdat hulle dit vereis nie. Hy sê ook nie dat hulle goeie mense is en die regte dinge sal doen nie. Hy sê glad nie dat ons met hulle hoef saam te stem nie. Wat Petrus wel sê, is: “𝑊𝑒𝑒𝑠, 𝑡𝑒𝑟 𝑤𝑖𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑑𝑎𝑛𝑖𝑔...” Nie as ’n teken van swakheid nie. Nie omdat jy nie vryheid beleef in ’n demokratiese land nie. Nie omdat daar rassisme na alle kante regoor die wêreld heers nie. Nie omdat jy benadeel voel nie. Nee, ter wille van die Here... Ter wille van jou vryheid wat reeds deur Jesus betaal is. Ter wille van jou geloof. Ter wille van jou hoop.
Wanneer ons weer gebore word in Christus, is ons vry. Ons verstaan soms hierdie vryheid as 'n "kom-gratis-uit-die-tronk" kaartjie (soos in die bordspel Monopoly). Ons kan selfs begin dink dat ons maar ook die landswette mag oortree of verontagsaam. Ons kan selfs dink dat ons maar kan doen wat ons wil, want daar is mos altyd genade... As ons só dink, dan maak ons Jesus se genade baie goedkoop. En Hy het met Sy lewe betaal daarvoor. Dis nie goedkoop nie.
Maak dus soos Petrus hier sê. Gebruik jou vryheid om goed te doen. Wees gehoorsaam. Dien God uit dankbaarheid en liefde. God ken jou hart en met watter bedoeling jy dinge doen. Jy is vry van die sonde as jy Hom toelaat om in beheer te bly. Moenie met die massas saam gesleur word nie. Staan uit in die wêreld saam met jou medegelowiges.
Wees die verskil wat jy in die wêreld wil sien. Wees die verskil wat God in die wêreld wil maak.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Hoe baie kla ek oor die regering of plaaslike munisipaliteit? Watter landswette, of selfs padreëls, verontagsaam ek? Wat doen ek om ’n verskil te maak?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, dit is baie moeilik vir ons om positief te bly wanneer alles om ons negatief is. Dit is moeilik om nie meegesleur te word in die disrespekvolle houding van mense en die geklaery van almal nie. Ons bid vir ons regering en ons leiers. Laat hulle gehoorsaam wees aan U, Here. Help my om positief te wees. Help my om ’n verskil te maak in die wêreld. Laat u koninkryk kom – in my en deur my. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟒-𝟐𝟕 – 𝐉𝐲 𝐯𝐞𝐫𝐝𝐢𝐞𝐧 𝐧𝐢𝐤𝐬 𝐠𝐨𝐞𝐝 𝐧𝐢𝐞 . . . (Kliek hier vir die klankgreep)
Die lewe is altyd vol uitdagings en die vraag oor hoekom ons hier is, wat ons moet doen en hoekom alles die moeite werd is, maal al in die gedagtes van alle mense sedert die begin van tyd. Lees gerus die hele Bybel en jy sal sien dat meeste mense daarin ook geworstel het met doel en visie in hul lewens. Die meeste mense het gedink hulle verdien tog net ’n bietjie vrede en rustigheid en selfs ’n bietjie welvaart, maar hulle het gou besef dat hulle niks daarvan verdien nie...
Ons moet elke dag besef dat ons eintlik niks goed in hierdie lewe verdien nie. Ja, dit klink baie kras, neerhalend en amper negatief, maar ons moet besef hoe verlore ons was voordat God uit Sy groot genade ons gered het. Ons moet besef dat ons dit nie uit ons eie kon doen nie en dat ons eintlik niks was nie – nie eers deel van God se volk was, voordat Hy gekom het om ons uit die duisternis te roep nie. Petrus stel dit soos volg:
“⁹𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟, 𝑖𝑠 “'𝑛 𝑢𝑖𝑡𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑟𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑙𝑎𝑔”, “'𝑛 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑘𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑝𝑟𝑖𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟𝑑𝑜𝑚”, “'𝑛 ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑒 𝑛𝑎𝑠𝑖𝑒”, “'𝑛 𝑣𝑜𝑙𝑘 𝑤𝑎𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑏𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑡”, “𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑒𝑢𝑔𝑑𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔” 𝑣𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠 𝑔𝑒𝑟𝑜𝑒𝑝 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑎 𝑠𝑦 𝑤𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑙𝑖𝑔 – ¹⁰𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑒𝑒𝑟𝑠 𝑛𝑖𝑒 '𝑛 𝑣𝑜𝑙𝑘 𝑤𝑎𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑜𝑢 𝑣𝑜𝑙𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠; 𝑤𝑎𝑡 𝑒𝑒𝑟𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑡𝑓𝑒𝑟𝑚𝑖𝑛𝑔 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑜𝑢 𝑜𝑛𝑡𝑓𝑒𝑟𝑚𝑖𝑛𝑔 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔 ℎ𝑒𝑡.” – 1 Petrus 2:9-10 (AFR20)
Ja, ons verdien niks nie, maar God gee vir ons wat goed is. Besef dus hoe spesiaal jy is vir God. Hoe innig lief Hy jou het. Besef dat jy nie in die mislukkings van die verlede hoef vas te staar nie. Dat jy nie jou hoef te bekommer oor môre nie. Dat jy nie eers hoef te wonder of die toekoms beter gaan wees of nie. Besef dat jou hoop seker is in Jesus Christus – dat jy aan God behoort. Besef dat die lig waartoe Hy jou geroep het, ’n EWIGE LIG is. Jy mag dit nou al beleef en daarin leef.
Onthou ook Paulus se woorde in Romeine 8:31-39 (AFR20):
“³¹𝑊𝑎𝑡 𝑠𝑎𝑙 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑎𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑒̂? 𝐴𝑠 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑖𝑠, 𝑤𝑖𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑠? ³²𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑒𝑙𝑓𝑠 𝑠𝑦 𝑒𝑖𝑒 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑝𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝐻𝑜𝑚 𝑡𝑒𝑟 𝑤𝑖𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑜𝑜𝑟𝑔𝑒𝑙𝑒𝑤𝑒𝑟 ℎ𝑒𝑡 – ℎ𝑜𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝐻𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑘 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑘𝑒𝑛𝑘 𝑛𝑖𝑒? ³³𝑊𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑟𝑒𝑛𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑎𝑎𝑛𝑘𝑙𝑎? 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐸𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 •𝑣𝑟𝑦𝑠𝑝𝑟𝑒𝑒𝑘! ³⁴𝑊𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙? 𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟𝑓 ℎ𝑒𝑡; 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑛𝑜𝑔 – 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑤𝑒𝑘 𝑖𝑠, 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑜𝑘 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟ℎ𝑎𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑠𝑖𝑡 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑜𝑘 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑖𝑛𝑡𝑟𝑒𝑒. ³⁵𝑊𝑎𝑡 𝑠𝑎𝑙 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑠𝑘𝑒𝑖? 𝑆𝑤𝑎𝑎𝑟𝑘𝑟𝑦 𝑜𝑓 𝑏𝑒𝑛𝑜𝑢𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑜𝑓 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑜𝑙𝑔𝑖𝑛𝑔, ℎ𝑜𝑛𝑔𝑒𝑟 𝑜𝑓 𝑛𝑎𝑎𝑘𝑡ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑔𝑒𝑣𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑓 𝑠𝑤𝑎𝑎𝑟𝑑? ³⁶𝑆𝑜𝑜𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛: “𝑇𝑒𝑟 𝑤𝑖𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑈 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑡𝑦𝑑 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑙𝑒𝑤𝑒𝑟, 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑜𝑛𝑠 𝑎𝑠 𝑠𝑙𝑎𝑔𝑠𝑘𝑎𝑝𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑜𝑢.” ³⁷𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑖𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑒𝑙𝑓𝑠 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑎𝑠 𝑜𝑜𝑟𝑤𝑖𝑛𝑛𝑎𝑎𝑟𝑠 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝐻𝑜𝑚 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑦 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑏𝑒𝑤𝑦𝑠 ℎ𝑒𝑡. ³⁸𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑜𝑟𝑡𝑢𝑖𝑔 𝑑𝑎𝑡 𝑛𝑜́𝑔 𝑑𝑜𝑜𝑑, 𝑛𝑜́𝑔 𝑙𝑒𝑤𝑒, 𝑛𝑜́𝑔 𝑒𝑛𝑔𝑒𝑙𝑒, 𝑛𝑜́𝑔 𝑚𝑎𝑔𝑡𝑒, 𝑛𝑜́𝑔 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑠𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑖𝑔𝑒, 𝑛𝑜́𝑔 𝑡𝑜𝑒𝑘𝑜𝑚𝑠𝑡𝑖𝑔𝑒 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑢𝑟𝑒, 𝑛𝑜́𝑔 𝑘𝑟𝑎𝑔𝑡𝑒, ³⁹𝑛𝑜́𝑔 ℎ𝑜𝑜𝑔𝑡𝑒, 𝑛𝑜́𝑔 𝑑𝑖𝑒𝑝𝑡𝑒, 𝑛𝑜́𝑔 𝑒𝑛𝑖𝑔𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑘𝑒𝑝𝑝𝑖𝑛𝑔, 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑎𝑙 𝑘𝑎𝑛 𝑠𝑘𝑒𝑖 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠, 𝑜𝑛𝑠 𝐻𝑒𝑟𝑒.”
Vertel die wêreld van hierdie wonderlike hoop. Versprei die evangelie van liefde en genade. Jy verdien dit nie, maar ontvang dit uit God se genade.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek verdien niks goed van God nie, maar sy genade is groot en daar is niks wat my kan skei van God se liefde nie. Ek moet dit glo en ek moet glo dat ek verlos is deur Jesus Christus se werk aan die kruis en sy opstanding uit die dood. God se genade is waarlik onbeskryflik groot en onpeilbaar.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Dankie, almagtige God en Vader, dat U vir my is. Dankie dat ek ontvang, al verdien ek niks. Trek my nader aan U en laat my getuig van hoe groot U is. Tot U eer alleen. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟒-𝟐𝟔 – 𝐕𝐞𝐫𝐚𝐧𝐝𝐞𝐫 𝐣𝐨𝐮 𝐝𝐢𝐞𝐞𝐭. (Kliek hier vir die klankgreep)
Ek het onlangs oupa geword en ek kon amper nie glo dat ek met die geboorte van ’n kleinkind nét so emosioneel en bly was as met die geboorte van my eie kinders nie. Wat my nog vêrder in verwondering gelaat het, is hoe ’n kleine ou babatjie, wat vir 9 maande in die baarmoeder was, dadelik weet dat sy honger is. Vir nege maande was sy gevoed deur die naelstring en was alles aan haar voorsien deur haar ma vanaf die binnekant. Maar, na die eerste asemteug, het sy dadelik geweet dat die ou manier van voeding kry opgehou het. Sy het geweet dat sy nou op haar eie moet asemhaal en op haar eie die nuwe lewe moet inasem en dat hierdie nuwe lewe ook nuwe kos sal hê wat nodig is om te groei en sterk te wees. Sy het geweet dat melk van die een wat haar vir so lank al versorg en beskerm het, die enigste voeding is wat haar sterk sal maak en sy het gesmag daarna.
’n Kleine babatjie, pasgebore, sonder spraak, sonder die vermoëns om te loop en dinge self te doen, weet dat haar moeder die bron is van haar voeding – voeding wat haar die grondslag sal gee vir hierdie lewe. Die wetenskap het al baie probeer om hierdie wonderwerk te verklaar en kon ten beste net tot die gevolgtrekking kom dat dit natuurlike instink is, maar wat is natuurlike instink dan? Ek stem saam met die Prediker as hy sê in Prediker 11:5 (AFR20):
“⁵𝑁𝑒𝑡 𝑠𝑜 𝑚𝑖𝑛 𝑎𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑦 𝑘𝑎𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑜𝑒 𝑔𝑒𝑒𝑠 𝑒𝑛 𝑙𝑖𝑔𝑔𝑎𝑎𝑚 𝑏𝑦 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑢𝑖𝑡𝑘𝑜𝑚 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑘𝑜𝑜𝑡 𝑣𝑎𝑛 '𝑛 𝑠𝑤𝑎𝑛𝑔𝑒𝑟 𝑣𝑟𝑜𝑢, 𝑛𝑒𝑡 𝑠𝑜 𝑚𝑖𝑛 𝑘𝑎𝑛 𝑗𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑟𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛. 𝐻𝑦 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠.”
Ja, God doen alles. God het ons geskape en aan ons die lewe gegee en Hy is die een wat, nog voor ons Hom persoonlik geken het, ook vir ons gesorg het. En toe ons die dag besef dat God ons God is en ons wedergebore is deur die verlossingswerk van Jesus Christus en ons skielik ons eerste asemteug neem, toe kom daardie “natuurlike instink” en daardie honger... Die lewe soos ons dit geken het, het verander en die kos wat ons nodig het, het ook verander. Ons het nou nuwe lewe en as ons waarlik wil groei en sterk wees, het ons nodig om die beste voeding te kry. Petrus skryf:
“¹𝐿𝑒̂ 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑙𝑒𝑔 𝑖𝑠, 𝑒𝑛 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑑𝑟𝑜𝑔 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑣𝑒𝑖𝑛𝑠𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝑗𝑎𝑙𝑜𝑒𝑠𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑎𝑓, ²𝑒𝑛 𝑠𝑚𝑎𝑔 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑝𝑎𝑠𝑔𝑒𝑏𝑜𝑟𝑒 𝑏𝑎𝑏𝑎𝑡𝑗𝑖𝑒𝑠 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑢𝑖𝑤𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑒𝑠𝑡𝑒𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑚𝑒𝑙𝑘, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑘𝑎𝑛 𝑔𝑟𝑜𝑒𝑖, 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑔 𝑜𝑝 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠𝑠𝑖𝑛𝑔, ³𝑛𝑜𝑢𝑑𝑎𝑡 “𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑚𝑎𝑎𝑘 ℎ𝑒𝑡”.” – 1 Petrus 2:1-3 (AFR20)
Ja, klein babatjies is verlos van die baarmoeder, maar hulle is weerloos gelaat in ’n uitdagende en selfs wrede wêreld. In die wêreld word ons weer vasgevang in die baarmoeder van die sonde. Ons was oorspronklik goed gebore, maar ons word maklik weer vasgevang en met verkeerde kos gevoer. As ons verlos is, weer gebore word, moet ons smag na die regte kos, sodat ons finaal verlos kan word. As jy mos eenmaal gesmaak het wat goed is, waarom sal jy teruggaan na kos wat jou siek maak?
Verander jou dieet. Die suiwer geestelike melk is altyd beskikbaar en jy is nooit te groot om daaruit gevoed te word nie. Smaak die goedheid van die Here en groei in sy teenwoordigheid.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Waarna smag ek in die lewe? By God alleen kan ek die voeding kry wat nodig is vir my siel.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Dankie, Here, dat U nog altyd vir my gesorg het – selfs toe ek nog ’n ongebore kind van U was. Selfs toe ek nog nie mooi verstaan het dat U die een was wat my gemaak en wonderbaarlik die lig laat sien het nie, het U my beskerm en in al my behoeftes voorsien. U het aan my nuwe lewe gegee. Laat my smag na die suiwer geestelike melk wat ek net by U kan kry en voed my, sodat ek sterk sal groei in U teenwoordigheid en my ewige verlossing sal ontvang. Ek loof en prys U vir U sorg vir my liggaam en my siel. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟒-𝟐𝟓 – 𝐈𝐦𝐦𝐚𝐧𝐮𝐞𝐥. (Kliek hier vir die klankgreep)
In Christenskap werk solo pogings baie min. Die vroue het saam na die graf gegaan. Die dissipels was saam uitgestuur. Die dissipels het Jesus saam ontmoet en saam sy opdrag gehoor. Die kerk het saam gewag vir die Heilige Gees en die krag en gawes ontvang om te gaan. Van die begin van die kerk, is eenheid en spanwerk ’n integrale deel van hoe ons werk. Ons gemeenskaplike doel om te gaan vertel, is ’n uitvloeisel en uitbouing van die Nuwe Testament. Paulus het met spanne gewerk. Die kerk het gesamentlik hul opdrag gekry en dit gemeenskaplik en saam uitgevoer.
Alhoewel spanwerk ideaal is, is realiteit nie altyd heeltemal dáár nie. Persoonlikhede bots en spanne werk nie altyd lekker saam nie. Selfs Paulus en Barnabas het ophou saamwerk ná hul meningsverskil oor Johannes Markus (Handelinge 15:36-41). Partykeer los gehoorsaamheid ons op ons eie. Paulus was alleen in Atene gewees en moes homself alleen in die hof verdedig (2 Timoteus 4:16). Tog was Paulus nie alleen nie. In slegs die volgende vers skryf hy:
“ ¹⁷𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑏𝑦𝑔𝑒𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑘𝑟𝑎𝑔 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒...” – 2 Timoteus 4:17a AFR83
Selfs al is ons alleen, is ons nie op ons eie nie. Onthou wat Christus self vir ons gesê het in Matteus 28:20b (AFR20): “...𝐸𝑛 𝑘𝑦𝑘, 𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑒, 𝑡𝑜𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑒𝑖𝑛𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑦𝑑.” Dit vat ons terug na die begin van Matteus (1:23 AFR20) wat sê: “²³𝐾𝑦𝑘, 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑔𝑑 𝑠𝑎𝑙 𝑠𝑤𝑎𝑛𝑔𝑒𝑟 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑒𝑛 '𝑛 𝑠𝑒𝑢𝑛 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑏𝑟𝑖𝑛𝑔, 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝐻𝑜𝑚 𝐼𝑚𝑚𝑎𝑛𝑢𝑒𝑙 𝑛𝑜𝑒𝑚” – 𝑤𝑎𝑡, 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑎𝑎𝑙 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑏𝑒𝑡𝑒𝑘𝑒𝑛 ‘𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠.’ ” En selfs in die middel van Matteus (18:20) weerspieël Jesus se profetiese woorde oor die kerk dit toe Hy sê: “𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑡𝑤𝑒𝑒 𝑜𝑓 𝑑𝑟𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑚𝑦 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑏𝑦𝑒𝑒𝑛 𝑖𝑠, 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝐸𝑘 𝑖𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑖𝑑𝑑𝑒.”
Al Jesaja se profesieë oor Immanuel – God met ons – is vervul. Dit is ’n duidelike stelling wat God kom maak ek het: “Ek is met julle!” Hierdie is nie ’n solo taak nie, maar een vir die hele geloofsgemeenskap. Daarom sê Jesus, “...𝑬𝒌 𝒊𝒔 𝒎𝒆𝒕 𝑱𝑼𝑳𝑳𝑬...” Hy is met almal wat reageer op Sy opdrag.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Gaan kyk bietjie mooi in die Evangelies hoe Jesus saam met Sy volgelinge gaan. Kyk bietjie na jou eie lewe. Sien jy hoe God se teenwoordigheid daarin bevestig is?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Dankie Here dat ek nie alleen is nie. Immanuel. God is met my en God is met Sy kerk. Help my om my deel van U kerk te wees tot U eer alleen. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟒-𝟐𝟒 – 𝐄𝐤 𝐦𝐢𝐬 𝐦𝐲 𝐦𝐚. (Kliek hier vir die klankgreep)
Sommige dae is moeiliker as ander. Op hierdie einste dag, twee jaar gelede, het ons vroegoggend die slegte nuus ontvang van my moeder se afsterwe. Dit is my suster se verjaarsdag, maar alle vrolikheid was daardie oggend toegevou in ’n donker wolk. Ons het in ’n mate die ergste verwag, maar tog het ons aanhou hoop en bid vir ’n wonderwerk.
Met my ma se gedenkdiens het ek familie en vriende probeer gerusstel dat ons wel ’n wonderwerk ontvang het. Vir 40 dae, vandat sy opgeneem is in die hospitaal, was my ma nog saam met ons gewees en kon ons telefonies (a.g.v. COVID inperkings) en selfs ook persoonlik nog by haar uitkom. Omdat ons nie die hele groot prentjie vanuit God se perspektief kan sien nie, moet ons glo dat hoe dinge verloop het twee jaar gelede ’n genadegawe was van God self.
Vanoggend kyk ek na die leesrooster se teks en word ek weer daaraan herinner dat die mens se tyd op hierdie aarde beperk is en dat ons eintlik nietige wesens is. Maar ek word ook weer bemoedig en versterk deur die woorde wat Petrus skryf:
“²³𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑠 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑟𝑒, 𝑛𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑎𝑛𝑘𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑑 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑢𝑖𝑡 𝑜𝑛𝑣𝑒𝑟𝑔𝑎𝑛𝑘𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑑 – 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑒𝑛 𝑏𝑙𝑦𝑤𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑. ²⁴𝑊𝑎𝑛𝑡: 𝐸𝑙𝑘𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑖𝑠 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑔𝑟𝑎𝑠, 𝑒𝑛 𝑎𝑙 𝑠𝑦 𝑝𝑟𝑎𝑔 𝑠𝑜𝑜𝑠 '𝑛 𝑣𝑒𝑙𝑑𝑏𝑙𝑜𝑚: 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑟𝑎𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑟𝑜𝑜𝑔 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑙𝑜𝑚 𝑣𝑎𝑙 𝑎𝑓; ²⁵𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑏𝑙𝑦 𝑡𝑜𝑡 𝑖𝑛 𝑒𝑤𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 – 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑣𝑎𝑛𝑔𝑒𝑙𝑖𝑒𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑖𝑠.” – 1 Petrus 1:23-25 (AFR20)
Ja, ons is immers weer gebore. Ons is kinders van die ewige, almagtige God. Deur Jesus Christus, maak alles van die “hier en nou” – al is dit so verganklik – nie regtig so baie saak nie. Ja, ons ervaar hartseer en verlange, want dit is soos dit hoort. Ons mis mense, want in ons siel weet ons dat ons eintlik veronderstel was om vir ewig te leef in harmonie met God. Ons ervaar pyn, want ons smag na ’n lewe daarsonder.
Ons is soos gras. In die herfs en winter, lyk dit of die gras doodgaan en blomme verloof hul blare. Die verganklikheid van alles in hierdie wêreld word deur die winter beklemtoon en dit is maklik om in die winter van ons gemoed vasgevang te word. Maar, soos in die natuur, kom die lente en die somer en lê die hoop van nuwe lewe en ewige lewe. Daarvan kan ons seker wees, want “𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑏𝑙𝑦 𝑡𝑜𝑡 𝑖𝑛 𝑒𝑤𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑”.
Dalk gaan jy vandag deur ’n moeilike tyd of dalk lê daar een voor vir jou. Onthou: jy het nuwe lewe in jou. Ewige lewe, onverganklike saad wat altyd weer sal groei en altyd weer lewe sal gee. God hou sy beloftes. Vir ewigheid is my moeder geklee in prag deur hierdie onverganklike saad van God se betroubare woord en is sy vir altyd veilig by Hom.
Ek mis my ma, maar God se vrede en hierdie hoop heers in my.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
“²³𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑠 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑟𝑒, 𝑛𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑎𝑛𝑘𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑑 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑢𝑖𝑡 𝑜𝑛𝑣𝑒𝑟𝑔𝑎𝑛𝑘𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑑 – 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑒𝑛 𝑏𝑙𝑦𝑤𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑.” – 1 Petrus 1:23 (AFR20)
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Almagtige God en Vader, dankie dat u woord vir ewig is en dat U liefde, genade en vrede genoeg is vir my. Dankie dat ek kan weet en vertrou dat U altyd u woord hou. Dankie vir die vooruitsig om eendag met ons geliefdes verenig te word en die wete dat hulle nou alreeds veilig by U is. Ons loof en prys U, in Jesus se Naam. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟒-𝟐𝟐 – 𝐍𝐞𝐭 𝐝𝐚𝐚𝐫 𝐰𝐚𝐚𝐫 𝐣𝐲 𝐢𝐬. (Kliek hier vir die klankgreep)
“ ⁸𝑀𝑒𝑡 𝑣𝑟𝑒𝑒𝑠 𝑒𝑛 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑏𝑙𝑦𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑎𝑎𝑠𝑡𝑖𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑟𝑎𝑓 𝑎𝑓 𝑤𝑒𝑔𝑔𝑒𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑒𝑛 𝑔𝑒ℎ𝑎𝑟𝑑𝑙𝑜𝑜𝑝 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑜𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑎𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑑𝑖𝑠𝑠𝑖𝑝𝑒𝑙𝑠 𝑜𝑜𝑟 𝑡𝑒 𝑑𝑟𝑎. ⁹𝑂𝑛𝑣𝑒𝑟𝑤𝑎𝑔𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑡𝑒𝑔𝑒𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐺𝑒𝑔𝑟𝑜𝑒𝑡!” 𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑡𝑜𝑒 𝑛𝑎𝑑𝑒𝑟, 𝑔𝑟𝑦𝑝 𝑠𝑦 𝑣𝑜𝑒𝑡𝑒 𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑛𝑏𝑖𝑑 𝐻𝑜𝑚. ¹⁰𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑝 𝑠𝑒̂ 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒: “𝑀𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑔𝑒𝑟 𝑏𝑎𝑛𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒. 𝐺𝑎𝑎𝑛 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠 𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑎 𝐺𝑎𝑙𝑖𝑙𝑒𝑎 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑔𝑎𝑎𝑛 – 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑀𝑦 𝑠𝑖𝑒𝑛.” ” – Matteus 28:8-10 AFR20
Soms gebeur daar iets waar jy twee keer moet kyk. Jy kan amper nie glo wat jy sien nie! Die vroue by die graf kon amper nie glo wat hulle sien nie. Eintlik, kon hulle amper nie glo wat hulle nie sien nie. Daar was geen liggaam in die graf nie. Die engel het hulle vertel dat Jesus opgestaan het uit die dood. Kon dit waar wees? Hulle het gehardloop om die dissipels te gaan vertel, ’n mengelmoes van vrees en blydskap (en sekerlik baie adrenalien) het deur hulle are gepomp.
En dan ontmoet Jesus hulle. Hierdie vroue was dalk nog nie heeltemal op die regte plek in hul geloof nie. Die Skrif sê hulle was nog bevrees. Maar, 𝙅𝙚𝙨𝙪𝙨 𝙤𝙣𝙩𝙢𝙤𝙚𝙩 𝙝𝙪𝙡𝙡𝙚 𝙣𝙚𝙩 𝙙𝙖𝙖𝙧 𝙬𝙖𝙖𝙧 𝙝𝙪𝙡𝙡𝙚 𝙞𝙨. Hy het nie gewag vir ’n oomblik wanneer hulle eers “genoeg geloof” het nie. Hy het hulle nie beoordeel (en veroordeel) volgens menslike geloof-standaarde nie. Hy ontmoet hulle, terwyl hulle nog probeer sin maak van alles wat hulle ervaar het.
Al wat die vroue as antwoord kon bied, was om neer te val en Hom te aanbid.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Voel ek ook soms of ek eers die “perfekte lewe” en “perfekte geloof” moet hê, voordat ek ’n regte verhouding met Jesus kan hê? Wat is my reaksie as Jesus my ontmoet in my tyd van nood?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Heilige God van genade, ek kom na U toe in aanbidding omdat U my ontmoet net waar ek is. U ken my hart en U weet ek sal dinge nooit 100% regkry nie. Maar dit is hoekom U U Seun gestuur het om vir my te sterf – want ons almal het gesondig en ons almal ontbreek U heerlikheid. Dankie, Here. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟒-𝟐𝟏 – 𝐆𝐞𝐥𝐨𝐨𝐟𝐬𝐡𝐞𝐥𝐝𝐞. 𝐑𝐞𝐮𝐬𝐞. (Kliek hier vir die klankgreep)
Die Here roep elkeen van ons om ’n spesifieke rol te vervul is Sy Koninkryk. In vandag se wêreld vereis mense die egtheid, die outentisiteit van die roeping. “As God my geroep het, wil ek weet dat dit Hy is wat my roep.” Die wonderlike nuus is, ons kan ons eie unieke roepings uitleef in ’n egte gemeenskap, as ons dit intensioneel doen. Die gemeenskap, as dit eg is, bevestig die egtheid daarvan.
Gemeenskap was nog altyd belangrik vir die mens. Dit is hoe God ons geskape het. Selfs met Adam al, het Hy gesê “𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑒𝑛 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒. 𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑜𝑚 '𝑛 ℎ𝑒𝑙𝑝𝑒𝑟 𝑚𝑎𝑎𝑘, 𝑎𝑠 𝑠𝑦 𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘𝑒.” (Genesis 2:18 AFR20). Diep binne ons, het ons die behoefte om te behoort en saam te woon en doen. Sodra ons begin fokus op ons eie welvaart en beroemdheid, tree ons uit buite God se ontwerp. Maar ons kan dit oorkom, deur bewus te wees van ander om ons en deur ons voorgangers, ons geloofshelde te eer. Hebreërs 12:1 (AFR20) sê:
“¹𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚, 𝑡𝑒𝑟𝑤𝑦𝑙 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑜𝑘 𝑠𝑜 '𝑛 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑤𝑜𝑙𝑘 𝑔𝑒𝑡𝑢𝑖𝑒𝑠 𝑟𝑜𝑛𝑑𝑜𝑚 𝑜𝑛𝑠 ℎ𝑒𝑡, 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑒𝑙𝑘𝑒 𝑙𝑎𝑠 𝑜𝑛𝑡𝑠𝑙𝑎𝑒 𝑟𝑎𝑎𝑘, 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑜 𝑚𝑎𝑘𝑙𝑖𝑘 𝑜𝑚𝑟𝑖𝑛𝑔, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑑𝑙𝑜𝑜𝑝 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑙𝑒̂, 𝑚𝑒𝑡 𝑣𝑜𝑙ℎ𝑎𝑟𝑑𝑖𝑛𝑔 ℎ𝑎𝑟𝑑𝑙𝑜𝑜𝑝,”
Hebreërs 11 en 12 skets vir ons ’n duidelike prentjie van Ou-Testamentiese geloofshelde. Mense waarvoor ons moet dankbaar wees wat reeds harde werk gedoen het, nog voor ons begin het. En natuurlik is daar nog vele ander in die laaste 2000 jaar gewees. Ons staan op die skouers van reuse.
Net so belangrik is die mense wat saam met ons werk vandag. Ons moet in liefde en deernis met en saam met mekaar werk. Mense in ons lewens is die belangrikste en tog ook die moeilikste deel van ons lewens. Persoonlikhede bots en ons sukkel maar partykeer met mekaar. Maar om saam te dien, is ’n noodsaaklike deel van ons geloof. Jesus het gesê: “³⁵𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 ℎ𝑜𝑒 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑠𝑎𝑙 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑦 𝑑𝑖𝑠𝑠𝑖𝑝𝑒𝑙𝑠 𝑖𝑠 – 𝑎𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑜𝑜𝑟 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑒𝑡.” – Johannes 13:35 AFR20
Die belangrikste deel van ons roeping, is ons vennootskap met die Heilige Gees. Ons verklaar so dikwels dat ons 𝘷𝘪́𝘳 God werk... so asof God nie betrokke is nie. Dit werk nie so nie! God is nie afwesig nie. Hy doen die werk deur ons en saam met ons. Selfs Moses het God gesmeek: “𝐴𝑠 𝑢 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑚𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑈 𝑜𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑎𝑓 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑜𝑝𝑡𝑟𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒.” – Eksodus 33:15 AFR20.
Ons gaan, saam met God.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Op watter “reuse” se skouers staan ek? As hul nog leef, het ek al vir hulle dankie gesê? Kan ek hulle vertel hoe hulle my roeping en bediening beïnvloed het? Dalk is dit net die bemoediging wat hulle vandag nodig het.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Baie dankie liewe Heer dat daar soveel ander is voor my wat ook die wedloop met ywer aanpak. Dat daar ’n hele geloof-skare is wat my aanmoedig. Help my om met my mede-gelowiges te werk. Help my dat hulle ook met my kan werk, sodat ons 𝘴𝘢𝘢𝘮 kan werk. Dankie dat U oral met ons saamgaan en dat ons bruikbaar mag wees in U Koninkryk. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟒-𝟐𝟎 – 𝐆𝐥𝐨 𝐢𝐬 𝐬𝐢𝐞𝐧. (Kliek hier vir die klankgreep)
Die wetenskap wil heeltyd vir ons vertel dat alles van die “hier en nou” al is wat daar is en dat liefde ’n chemiese proses is wat in ons brein gebeur. Maar die wetenskap praat gewoonlik hieroor as hulle praat van die liefde tussen twee mense. Wanneer dit kom by die liefde wat God vir ons het, het die wetenskap baie selde enige antwoorde wat regtig sin maak.
Petrus het dit al geweet eeue voordat die wetenskap so “slim” geword het. Petrus skryf:
“⁸𝐻𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓, 𝑎𝑙 ℎ𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝐻𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒; 𝑒𝑛 𝑎𝑙 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝐻𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒 𝑛𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒, 𝑔𝑙𝑜 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑛 𝐻𝑜𝑚, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑏𝑒𝑙 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑒𝑡 '𝑛 𝑜𝑛𝑢𝑖𝑡𝑠𝑝𝑟𝑒𝑒𝑘𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑏𝑙𝑦𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝, ⁹𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑟𝑒𝑒𝑑𝑠 𝑑𝑒𝑒𝑙 ℎ𝑒𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓, 𝑛𝑎𝑎𝑚𝑙𝑖𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠𝑠𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑖𝑒𝑙𝑒.” – 1 Petrus 1:8-9 (AFR20)
Die liefde wat die basis van ons geloof vorm, kan nie verklaar word nie – dit moet geglo word! Die liefde wat God vir ons het en in antwoord weer wat ons vir Hom het, is ’n liefde wat ons in geloof bou. Hiérdie liefde is nie die liefde wat deur mense gesteel, ontken, gekoop of verkoop kan word nie. Dit is ’n liefde wat 2000 jaar gelede met die grootste offer ooit betaal is, maar nog groter as dit, is dit die liefde wat 3 dae later soveel meer waarde gekry het deur die oorwinning oor die dood.
Wanneer Jakobus ook skryf oor hoe ons as mense moet bid vir wysheid in Jakobus 1, sê hy:
“⁵𝐴𝑠 𝑒𝑛𝑖𝑔𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑦𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑘𝑜𝑟𝑡𝑘𝑜𝑚, 𝑙𝑎𝑎𝑡 ℎ𝑦 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑟𝑎 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑, 𝑤𝑎𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑔𝑒𝑒, 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑏𝑒ℎ𝑜𝑢𝑑 𝑒𝑛 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑦𝑡, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑠𝑎𝑙 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒 𝑤𝑜𝑟𝑑. ⁶𝑀𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑦 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑣𝑟𝑎, 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑜𝑚 𝑒𝑛𝑖𝑔𝑠𝑖𝑛𝑠 𝑡𝑒 𝑡𝑤𝑦𝑓𝑒𝑙, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑤𝑖𝑒 𝑡𝑤𝑦𝑓𝑒𝑙, 𝑖𝑠 𝑠𝑜𝑜𝑠 '𝑛 𝑔𝑜𝑙𝑓 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑒𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑛𝑑 𝑟𝑜𝑛𝑑𝑔𝑒𝑟𝑢𝑘 𝑒𝑛 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑡𝑔𝑒𝑠𝑙𝑒𝑒𝑝 𝑤𝑜𝑟𝑑.” – Jakobus 1:5-6 (AFR20)
En waar kom hierdie geloof dan vandaan? Geloof is ’n gawe van God en word deur die Heilige Gees in ons bewerk. Dus is wysheid ook ’n gawe van God en is hierdie twee so nou aan mekaar verwant. Wysheid groei geloof en geloof kweek wysheid. En dit is slegs deur hierdie geloof wat deur God se groot liefde in ons uitgestort word, wat ons waarlik kan glo dat Jesus Christus die Seun van God is en God self is. Dit is slegs deur geloof dat ons Hom kan sien en ’n lewende hoop kan hê. Petrus sê in 1 Petrus 1:3b-4 (AFR20):
“𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑖𝑛 𝑠𝑦 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑜𝑛𝑡𝑓𝑒𝑟𝑚𝑖𝑛𝑔, 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑝𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑, 𝑜𝑝𝑛𝑢𝑢𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑒𝑘 ℎ𝑒𝑡, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 '𝑛 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑𝑒 ℎ𝑜𝑜𝑝 𝑚𝑎𝑔 ℎ𝑒̂ ⁴𝑜𝑝 '𝑛 𝑒𝑟𝑓𝑒𝑛𝑖𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑜𝑜𝑖𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑎𝑎𝑛, 𝑏𝑒𝑠𝑚𝑒𝑡 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑜𝑓 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑒𝑙𝑘 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑛 𝑏𝑒𝑤𝑎𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑢 𝑤𝑜𝑟𝑑...”
Vir die ongelowige is hierdie ’n dwase siening, juis omdat niks hiervan gesien kan word nie, maar vir die gelowige is dit wysheid. Sien is nie glo nie, maar glo en jy sal sien!
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek hoef nie bewyse vir alles te hê nie. God se liefde in my en sy genade is vir my genoeg. My hoop is ’n lewende hoop en my erfenis is ewig en veilig onder Jesus se bewaring in die hemel.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here Jesus, al kan ek U nie fisies met my oë sien nie, weet ek U is altyd by my en glo ek dat U vir my gelewe, gesterf het en die dood oorwin het – sodat ek ook vir ewig by U kan leef. Dankie vir hierdie groot erfenis wat ek onverdiend van U kan ontvang. Help my om sterk te staan en vas te hou hieraan, al is dit dwaas vir die wêreld. Skenk my wysheid en geloof en laat dit mekaar aanvuur, sodat my geloof die beproewinge van hierdie wêreld sal oorwin. Tot U eer alleen. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟒-𝟏𝟗 – 𝐕𝐫𝐞𝐞𝐬 𝐯𝐢𝐫 𝐝𝐢𝐞 𝐨𝐧𝐛𝐞𝐤𝐞𝐧𝐝𝐞. (Kliek hier vir die klankgreep)
Ons het almal daardie stem in ons binneste wat sê: “Sal jy gaan? Sal jy hulle gaan vertel van My?” Ons weet dat ons eintlik gemaak is daarvoor. Ons weet dat dit die rede is hoekom ons bestaan. Hoekom Jesus gekom het. Dat almal kan weet van Sy liefde en genade. Ons moet gaan... maar waarheen? Wat as God wil hê ons moet gaan waar ons nie gemaklik is nie?
Dan begin ons gewoonlik vir God ons planne vertel. Hoe ons sal gaan waar die mense ons ken. Waar ons die taal praat. Waar die mense maklik is. Waar dit veilig is. Bekend. Gemaklik.
Maar God verwag dikwels dat ons gaan waar dit nie maklik is nie. Dalk na ’n verre land waar Christene vervolg word. Dalk na die arm woonbuurt, waar drank en dwelms seëvier. Dalk na jou bure. Dalk na daardie familielid waarmee jy nie meer praat nie. Dan tree vrees weer in...
Toe die Here beplan het om Israel weer op te rig, het die mense ook gevrees en die Here herinner hulle:
“ ¹ “𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑜𝑢,” 𝑠𝑜 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒,
𝑗𝑜𝑢 𝑆𝑘𝑒𝑝𝑝𝑒𝑟, 𝐽𝑎𝑘𝑜𝑏,
𝑑𝑖𝑒 𝐸𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑣𝑜𝑟𝑚 ℎ𝑒𝑡, 𝐼𝑠𝑟𝑎𝑒𝑙,
“𝑚𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑎𝑛𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒,
𝑤𝑎𝑛𝑡 𝐸𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑙𝑜𝑠𝑔𝑒𝑘𝑜𝑜𝑝,
𝐸𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑜𝑝 𝑗𝑜𝑢 𝑛𝑎𝑎𝑚 𝑔𝑒𝑟𝑜𝑒𝑝 –
𝑎𝑎𝑛 𝑀𝑦 𝑏𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑡 𝑗𝑦.
²𝐴𝑠 𝑗𝑦 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑤𝑎𝑡𝑒𝑟 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑔𝑎𝑎𝑛 –
𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑏𝑦 𝑗𝑜𝑢,
𝑜𝑓 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑟𝑖𝑣𝑖𝑒𝑟𝑒 –
ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑠𝑝𝑜𝑒𝑙 𝑛𝑖𝑒.
𝐴𝑠 𝑗𝑦 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑣𝑢𝑢𝑟 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑔𝑎𝑎𝑛 –
𝑗𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑟𝑜𝑒𝑖 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒,
𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑙𝑎𝑚 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑟𝑎𝑛𝑑 𝑛𝑖𝑒. ” – Jesaja 43:1-2 AFR20
Moenie dat vrees vir die onbekende jou weerhou om God se opdragte uit te voer nie. Moenie dat dit jou weerhou om te getuig nie. Laat God jou lei op die avontuur en vind vreugde daarin. Moenie bang wees nie. Mense wag om vertel te word. Mense wag om Jesus te ontmoet. Jy behoort aan Hom en Hy is met jou oral waar jy gaan.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Watter plekke of mense vermy ek? Wat weet ek van die mense? Hoe kan ek ’n ander invalshoek gebruik om die deur oop te maak sodat Jesus ook daar geken kan word?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, dankie dat U my beskerm en my lei. Ek behoort aan U en ek hoef nie bang te wees nie. Maak U wil aan my bekend en maak my hart gewillig. Die onbekende is ’n avontuur, want U bly in beheer. Help my om dit só te ervaar en met ywer te gaan. Tot eer en verheerliking van U heilige Naam. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟒-𝟏𝟕 – 𝐇𝐞𝐫𝐞, 𝐢𝐬 𝐔 𝐬𝐞𝐤𝐞𝐫 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Dikwels wanneer ons die Here vra vir iets, gee Hy dit vir ons. Ons word so erg geleer deur die wêreld om skepties te wees, dat ons amper in ongeloof eers wil dubbel seker maak dat dit wel God se wil is vir ons om iets te ontvang. Ons sê mos gereeld: ‘As iets te goed lyk om waar te wees, dan is dit seker so.’ Ja, dit is dalk te goed om te glo – veral as dit kom by wanneer ons God se opdragte moet uitvoer... Ons sal God vra om ons te verander en toe te rus om diensbaar te wees vir Hom, maar wanneer die kollig skielik op ons skyn, dan is ons skielik bang en onseker oor onsself en selfs ook oor God.
Gideon was ’n groot en bekende rigter gewees vir Israel en God het deur hom baie verrig. Maar selfs Gideon het ook getwyfel:
“³⁶⁻³⁷𝐺𝑖𝑑𝑒𝑜𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑡 𝑈 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑚𝑦 𝑣𝑖𝑟 𝐼𝑠𝑟𝑎𝑒𝑙 𝑤𝑖𝑙 𝑟𝑒𝑑 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑈 𝑏𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 ℎ𝑒𝑡, 𝑎𝑠 𝑒𝑘 '𝑛 𝑠𝑡𝑢𝑘𝑘𝑖𝑒 𝑣𝑙𝑖𝑒𝑠𝑤𝑜𝑙 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑟𝑠𝑣𝑙𝑜𝑒𝑟 𝑠𝑖𝑡 𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑘𝑜𝑚 𝑑𝑜𝑢 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑙 𝑡𝑒𝑟𝑤𝑦𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑 𝑑𝑟𝑜𝑜𝑔 𝑏𝑙𝑦.” ³⁸𝐸𝑛 𝑑𝑖𝑡 ℎ𝑒𝑡 𝑡𝑜𝑒 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑢𝑟: 𝑡𝑜𝑒 𝐺𝑖𝑑𝑒𝑜𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑚𝑜̂𝑟𝑒 𝑜𝑝𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛, ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑢𝑘𝑘𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑙 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑑𝑟𝑎𝑎𝑖 𝑒𝑛 𝑑𝑜𝑢 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑢𝑖𝑡 𝑔𝑒𝑑𝑟𝑢𝑘, '𝑛 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑘𝑜𝑚 𝑣𝑜𝑙 𝑤𝑎𝑡𝑒𝑟. ³⁹𝑇𝑜𝑒 𝑠𝑒̂ ℎ𝑦 𝑣𝑖𝑟 𝐺𝑜𝑑: “𝑀𝑜𝑒𝑡 𝑎𝑠𝑠𝑒𝑏𝑙𝑖𝑒𝑓 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒! 𝐸𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑛𝑜𝑔 '𝑛 𝑘𝑒𝑒𝑟 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑣𝑟𝑎. 𝐿𝑎𝑎𝑡 𝑚𝑦 𝑡𝑜𝑔 𝑛𝑒𝑡 𝑛𝑜𝑔 𝑒𝑒𝑛 𝑡𝑜𝑒𝑡𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑙𝑖𝑒𝑠𝑤𝑜𝑙 𝑡𝑜𝑒: 𝑛𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑙 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑑𝑟𝑜𝑜𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠, 𝑡𝑒𝑟𝑤𝑦𝑙 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑟𝑎𝑙 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑 𝑑𝑜𝑢 𝑖𝑠.” ⁴⁰𝐷𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑑𝑖𝑡 𝑠𝑜 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑢𝑟: 𝑛𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑙 𝑤𝑎𝑠 𝑑𝑟𝑜𝑜𝑔 𝑒𝑛 𝑜𝑟𝑎𝑙 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑 𝑤𝑎𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑜𝑢.” – Rigters 6:36-40 (AFR83)
Gideon wou dubbel seker maak. Hy wou seker maak dat dit nie sommer toeval is nie. Twee keer vra hy amper dieselfde ding, maar hy vra vir heeltemal teenoorgestelde resultate. Hy vra eintlik vir God om die onmoontlike te doen en raai wat? God doen dit!
Binne Gideon was daar dalk die vrees en onsekerheid oor wat God hom gevra het om te doen. Ek meen, hy is getaak om die volk te red van die Midianiete en die invloed van allerhande afgod dienery wat aan die gebeur was in- en om die volk. Dit is amper asof Gideon vir die Here sê: ‘Here, ek weet ek moet doen wat U van my vra, maar ek wil net dubbel seker maak. Is dit regtig wat U van my wil hê? Is dit regtig ek wat hierdie dinge moet doen?’
Gideon het dalk gedink, soos baie van ons ook partymaal dink, dat Hy God kan toets en uitoorlê, sodat hy (Gideon) nie sy verantwoordelikheid hoef na te kom nie. Of dalk het Gideon gedink dat God eerder iemand anders sal kies. Hoe ook al, God het vir Gideon gekies om die volk te red en God het dit bevestig. Gideon was toegerus en het op verdere wonderbaarlike maniere oorwinnings vir Israel behaal.
Ons twyfel dikwels in onsself en selfs in God se vermoë om ons toe te rus of om self die oorwinning in daaglikse stryde te behaal. Ons vra dalk ook meer as een of twee keer vir God om vir ons ’n teken te gee. Soms gee God ons die teken waarvoor ons vra en soms weet ons in ons harte, soos Gideon ook eintlik geweet het, dat ons maar net moet gehoorsaam wees en vertrou dat God ons sal toerus. Ons moet maar net gaan en wees waar God ons wil hê.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Wat vra God van my vandag en elke dag? God wil deur my toedoen ook dat mense gered word. Ek moet beskikbaar wees en diensbaar wees vir God.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Dierbare God en hemelse Vader, ek weet dat U deur my toedoen ook die evangelie wil versprei. Ek weet dat ek diensbaar moet wees vir U. Gee my krag en gee my moed. Rus my toe om te doen wat U van my vra. Ek hoef nie van U tekens te vra nie, want die teken van die kruis is genoeg vir my. Ek weet dat die oorwinning reeds aan U behoort. Laat my deel in die oorwinning en help my om daagliks te oorwin in U Naam. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟒-𝟏𝟓 – 𝐍𝐞𝐞 𝐰𝐚𝐭, 𝐧𝐢𝐞 𝐞́𝐤 𝐧𝐢𝐞 ! (Kliek hier vir die klankgreep)
Party mense het dit net. Van kleintyd af weet jy sommer, daardie persoon gaan ’n dokter, ingenieur, onderwyser, of selfs predikant word. Maar baie van ons – al is ons dalk al hoeveel jare in ’n beroep – wonder nogsteeds of is dit wat ons moet doen. Ons wonder soms of die Here nie eerder ons wil gebruik om “iets groter” te doen nie.
“²⁶𝐵𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠, 𝑠𝑙𝑎𝑎𝑛 𝑎𝑔 𝑜𝑝 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑟𝑜𝑒𝑝𝑖𝑛𝑔: 𝑀𝑒𝑛𝑠𝑙𝑖𝑘 𝑔𝑒𝑠𝑝𝑟𝑜𝑘𝑒, 𝑖𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑎𝑖𝑒 𝑤𝑦𝑠𝑒𝑠, 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑎𝑖𝑒 𝑖𝑛𝑣𝑙𝑜𝑒𝑑𝑟𝑦𝑘𝑒𝑠, 𝑜𝑓 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑎𝑑𝑒𝑙𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑎𝑓𝑘𝑜𝑚𝑠 𝑛𝑖𝑒. ²⁷𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑤𝑎𝑎𝑠ℎ𝑒𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 ℎ𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑘𝑖𝑒𝑠 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑦𝑠𝑒𝑠 𝑡𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑎𝑎𝑚, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑤𝑎𝑘ℎ𝑒𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 ℎ𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑘𝑖𝑒𝑠 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑟𝑘𝑒𝑠 𝑡𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑎𝑎𝑚, ” – 1 Korintiërs 1:26-27 AFR20
Ons dink dikwels dat sekere gawes in die bediening belangriker is as ander. Ons dink dat Woord verkondiging (prediking) die enigste manier is om die Evangelie te verkondig. Maar, God soek nie altyd predikers nie. Hy soek jou. Daar waar jy is. Met jou talente en jou vaardighede. Hy soek jou om in wat jy doen – dit waartoe Hy jou nou geroep het – te vertel. Te leef, sodat mense Sy liefde en genade kan sien.
Die mense wat God roep, was nog altyd kenmerkend divers: jongmense soos Jeremia en ou manne soos Abraham, professionele mense, soos Lukas, of ongeleerdes, soos Petrus, skugter mense, soos Timoteus, en moedige vroue, soos Debora, vuriges, soos Johannes die Doper, en hakkelende introverte, soos Moses. En dan is daar ek en jy – die onwaarskynlike kandidate wat God geroep het om te gaan vertel.
Miskien dink jy: “Nee wat. Nie ek nie.” Miskien het jy gevoel dat die Heilige Gees jou roep om te gaan vertel. Miskien voel jy ongeskik daarvoor. Miskien hou ander vol dat jy nie gekwalifiseerd genoeg is nie. Jy kry ongelukkig nie kwytskelding, net omdat dit nie in jou gemaksone is nie. God soek nie talent, charisma of finesse nie. Hy soek harte met oorgawe. Hy weet wie Hy kan gebruik. Jy is perfek geskape soos God dit wou, en jy is bruikbaar en waardevol vir Hom.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Is my hart oorgehaal en oorgegee vir God se opdrag? Moet ek miskien met ’n mede-gelowige hieroor praat om my te help? Aanvaar ek myself soos God my gemaak het?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Liewe Heer, soms onderskat ek die vermoëns wat U reeds in my geskape het. Vergewe my dat ek soms nie in myself sien wat U in my sien nie. Help my om te glo dat ek gemaak is en nog geskaaf kan word in presies wat U nodig het. Ek hoef nie al die ander gawes te besit nie. Net ’n hart wat aan U gehoorsaam is. Maak asseblief U roeping vir my – waar ek is, of waar ek moet wees – bekend. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟒-𝟏𝟒 – 𝐄𝐤 𝐝𝐫𝐨𝐨𝐦. (Kliek hier vir die klankgreep)
Ek droom so dikwels van die vroeë kerk. Ek hoop, wens en droom dat dit die kerk van vandag was. Ek onthou hoe die kerk was toe ek grootgeword het. Toe dinge nog eenvoudiger was. Voordat almal alles geweet het. Voordat Google al jou sogenaamde antwoorde vir jou gegee het. Dit sou darem wonderlik wees as dinge nog so kon wees... Maar dit is nie. Tog kan ek droom...
As jy nou nie weet van die vroeë kerk nie, hoor hoe beskryf Lukas dit in Handelinge 2:
“⁴²𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑏𝑙𝑦 𝑣𝑜𝑙ℎ𝑎𝑟𝑑 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 •𝑎𝑝𝑜𝑠𝑡𝑒𝑙𝑠, 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑜𝑛𝑑𝑒𝑛ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑚𝑒𝑡 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟, 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑟𝑒𝑒𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑟𝑜𝑜𝑑, 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑑𝑒. ⁴³𝐴𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑖𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑡𝑠𝑎𝑔 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑢𝑙 𝑒𝑛 𝑏𝑎𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑒𝑛 𝑡𝑒𝑘𝑒𝑛𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑝𝑜𝑠𝑡𝑒𝑙𝑠 𝑝𝑙𝑎𝑎𝑠𝑔𝑒𝑣𝑖𝑛𝑑. ⁴⁴𝐴𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑤𝑖𝑔𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑠 𝑏𝑦𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑔𝑒𝑚𝑒𝑒𝑛𝑠𝑘𝑎𝑝𝑙𝑖𝑘 𝑏𝑒𝑠𝑖𝑡. ⁴⁵𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑒𝑖𝑒𝑛𝑑𝑜𝑚 𝑒𝑛 𝑏𝑒𝑠𝑖𝑡𝑡𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑜𝑝 𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑛 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑒𝑙𝑘𝑒𝑒𝑛 𝑠𝑒 𝑏𝑒ℎ𝑜𝑒𝑓𝑡𝑒. ⁴⁶𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑒𝑛𝑠𝑔𝑒𝑠𝑖𝑛𝑑 𝑣𝑜𝑙ℎ𝑎𝑟𝑑 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑒𝑚𝑝𝑒𝑙𝑡𝑒𝑟𝑟𝑒𝑖𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑔𝑙𝑖𝑘𝑠 𝑡𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑜𝑒𝑘, 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑟𝑜𝑜𝑑 𝑡𝑒 𝑏𝑟𝑒𝑒𝑘 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑙𝑡𝑦𝑒 𝑚𝑒𝑡 𝑢𝑖𝑡𝑏𝑢𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑏𝑙𝑦𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑒𝑛 𝑚𝑒𝑡 𝑜𝑝𝑟𝑒𝑔𝑡𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡𝑒 𝑡𝑒 𝑔𝑒𝑛𝑖𝑒𝑡. ⁴⁷𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑏𝑙𝑦 𝑝𝑟𝑦𝑠, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑘 𝑤𝑎𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑑𝑔𝑒𝑠𝑖𝑛𝑑. 𝐸𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑎𝑔𝑙𝑖𝑘𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠𝑡𝑒𝑠 𝑏𝑦 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑡𝑎𝑙 𝑔𝑒𝑣𝑜𝑒𝑔.” – Handelinge 2:42-47 (AFR20)
Sjoe, dit sou darem lekker wees as die kerk nog só was! Ek meen, dit is darem lekker as iemand iets vir jou doen, of hoe? Maar ook: dit is darem lekker om vir iemand anders iets te doen. Om te gee en ontvang en om dinge te deel, is darem lekker.
Hierdie verse uit Handelinge beskryf die manier waarop Christene in die vroeë kerk geleef het. Hulle het hulle daaraan gewy om van God en mekaar te leer. Hulle het tyd saam deurgebring en gedeel wat hulle gehad het. En selfs meer indrukwekkend, as een van hulle nie genoeg gehad het nie, sou die ander verkoop wat hulle het om vir die persoon in nood te voorsien.
Miskien dink ons: “Ja, maar dit was eeue gelede! Amper 2000 jaar om presies te wees. Ons leef nie meer so nie. Dinge het verander. Tye het verander...” Dit is wel só. Dinge en tye het verander, maar daar is geen rede om te dink dat God nie wil hê dat Christene van vandag op dieselfde manier moet optree nie. Wanneer een van ons broers of susters in Christus in nood is, moet ons help. Ons moet ons hulpbronne deel – tyd, geld, besittings, talente, energie – om diegene te help wat hulp nodig het.
As Suid-Afrikaners – en veral Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners – het ons mos ’n sekere soort trots in ons. Ons vra nie vir hulp nie. “Ons mag nie. Niemand mag weet as ons sukkel nie.” En dan leer die wêreld ook mos vir ons deesdae dat ons ons eie potjie moet krap. Ons moet individue wees wat niks vir niemand skuld nie en niks van niemand verwag nie. Wat ’n groot klomp twak!
Die liggaam van Christus is ontwerp om saam te werk. As ons ’n broer of suster se behoefte ignoreer, ignoreer ons Jesus, en verswak ons die liggaam van Christus. Die vroeë kerk het dit moeilik gehad. Hulle het erge vervolging in die gesig gestaar. Maar hulle het saamgewerk, en hulle het sterk gebly. Só moet ons ook.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ons hoef nie te droom van ’n ideale kerk nie. Ons moet dit wees!
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Liewe Heer, dankie vir die model van die vroeë kerk. Maak ons oë oop vir die behoeftes van ons broers en susters en maak ons gewillig en in staat om te help. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟒-𝟏𝟑 – 𝐃𝐢𝐞 𝐬𝐤𝐞𝐩𝐩𝐢𝐧𝐠 𝐫𝐨𝐞𝐩 𝐮𝐢𝐭. (Kliek hier vir die klankgreep)
Daar is nie veel om van te sing of jubel deesdae nie. Ons leef in deurmekaar tye, gevul met rampe en siekte, verlies van lewens, die verval van waardesisteme en regstelsels, anargie en monopolies... Die mens vernietig homself en die planeet. Tussendeur al die kragte en magte aan die werk in die wêreld, is dit moeilik om te hoor hoe daar nog lofliedere gesing word. Ons wonder selfs of dit nog moontlik is... Tog, tussendeur al hierdie chaos, vergeet ons so maklik dat God nogsteeds alles in beheer het; dat Hy nogsteeds die winde, golwe en alles in die natuur gebied. Hoor wat skryf Dawid:
“²𝐷𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙𝑟𝑢𝑖𝑚 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙𝑘𝑜𝑒𝑝𝑒𝑙 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑟𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 ℎ𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑛𝑑. ³𝐷𝑎𝑔 𝑛𝑎́ 𝑑𝑎𝑔 𝑏𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑑𝑖𝑡 '𝑛 𝑏𝑜𝑜𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑡 𝑒𝑛 𝑛𝑎𝑔 𝑛𝑎́ 𝑛𝑎𝑔 𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑑𝑖𝑡 𝑘𝑒𝑛𝑛𝑖𝑠 𝑚𝑒𝑒. ⁴𝐴𝑙ℎ𝑜𝑒𝑤𝑒𝑙 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑠𝑝𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑚 𝑛𝑖𝑒 ℎ𝑜𝑜𝑟𝑏𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒, ⁵𝑔𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑜𝑜𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑢𝑖𝑡 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 𝑡𝑜𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑖𝑛𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑. 𝑉𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑦 '𝑛 𝑡𝑒𝑛𝑡 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑠𝑙𝑎𝑎𝑛 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙. ⁶𝐷𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛 𝑖𝑠 𝑠𝑜𝑜𝑠 '𝑛 𝑏𝑟𝑢𝑖𝑑𝑒𝑔𝑜𝑚 𝑤𝑎𝑡 𝑏𝑦 𝑠𝑦 𝑠𝑙𝑎𝑎𝑝𝑘𝑎𝑚𝑒𝑟 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑎𝑎𝑛 – 𝑣𝑜𝑙 𝑣𝑟𝑒𝑢𝑔𝑑𝑒, 𝑠𝑜𝑜𝑠 '𝑛 ℎ𝑒𝑙𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑎𝑑 ℎ𝑎𝑟𝑑𝑙𝑜𝑜𝑝. ⁷𝐴𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑒𝑛 𝑘𝑎𝑛𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑔𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑦 𝑜𝑝 𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑘𝑎𝑛𝑡 𝑔𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑦 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟, 𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑘𝑠 𝑜𝑛𝑡𝑘𝑜𝑚 𝑎𝑎𝑛 𝑠𝑦 ℎ𝑖𝑡𝑡𝑒 𝑛𝑖𝑒. ⁸𝐷𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑣𝑜𝑙𝑚𝑎𝑎𝑘, 𝑑𝑖𝑡 𝑔𝑒𝑒 𝑛𝑢𝑤𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑠𝑘𝑟𝑎𝑔; 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑝𝑎𝑙𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑏𝑒𝑡𝑟𝑜𝑢𝑏𝑎𝑎𝑟, 𝑑𝑖𝑡 𝑔𝑒𝑒 𝑤𝑦𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑘𝑢𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒𝑠. ⁹𝐷𝑖𝑒 𝑜𝑝𝑑𝑟𝑎𝑔𝑡𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑟𝑒𝑔, 𝑑𝑖𝑡 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑏𝑙𝑦; 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑠𝑢𝑖𝑤𝑒𝑟, 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑙𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑒̈.” – Psalm 19:2-9 (AFR20)
Alhoewel die natuurlike wêreld homself nie verheerlik nie, val die bulderende waarhede wat in die branders breek en deur die lug sweef op menige dowe ore. Maar die natuur se stem “gaan uit oor die hele aarde” en verkondig die duidelike waarheid dat God op die troon sit en dat Hy oor Sy skepping waak.
In die dorpe en stede, waar rookmis die lug bedek en kunsmatige lig die sterre verdof, kan dit moeilik wees om God se stempel te sien. Natuurrampe en pandemies tref ons dalk meer as ’n voorbeeld van die natuur se willekeurige wreedheid en reaksie op ons onoplettendheid, as die handewerk van ons almagtige God. Sekerlik kreun die skepping onder die vloek van sonde, net soos ons. Ons kan nie voorgee dat ons die redes vir enige rampe verstaan nie, maar ons ken wel die Een wat die heelal beheer, en ons kan aan Hom vashou te midde van die stygende waters.
Dus, die volgende keer as jy ’n blom sien wat tussen die sypaadjie se krake groei, ’n woedende donderstorm of ’n skilderagtige sonsondergang, onthou dat die skepping as ’n rigtingwyser dien wat na Iemand groter as "Moeder Natuur" wys. Dit openbaar die God wat wil hê dat alle mense van alle nasies Sy majesteit moet erken, om die Een te aanbid Wie se oneindige kreatiwiteit en krag die skouspelagtige vertonings in die natuurlike wêreld voortgebring het.
Die natuurlike wêreld is ’n getuienis van God se wonderlike Skeppingsmag en behoort ook die voorwerp van ons ywerige rentmeesterskap te wees. Ons moet egter van die twee uiterstes vlug – óf om die natuur se krag te vrees óf om die skepping te aanbid en nie die Skepper nie. Selfs vandag is die skepping God se universele verkondiging van Sy natuur, wat Sy spesiale openbaring deur Christus en die Skrif onderlê.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
As mense wat die skoonheid van die wêreld liefhet en waardeer, mag ons altyd onthou om fyn te luister na die dieper waarhede van God se goedheid en grootsheid wat uit die bruisende stroom fluister of uit die donderslag skree.
Die skepping roep uit! Dit sing tot eer van God! Sing saam!
Vrede vir julle almal!
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟒-𝟏𝟐 – 𝐆𝐞𝐡𝐞𝐢𝐦𝐞 𝐬𝐨𝐧𝐝𝐞𝐭𝐣𝐢𝐞𝐬 . . . (Kliek hier vir die klankgreep)
“⁸𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑜𝑢 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑙 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛: 𝑤𝑜𝑒𝑑𝑒, ℎ𝑎𝑎𝑡, 𝑛𝑦𝑑 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑣𝑙𝑜𝑒𝑘. 𝑉𝑢𝑖𝑙 𝑡𝑎𝑎𝑙 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑛𝑑 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒, ⁹𝑒𝑛 𝑚𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑙𝑖𝑒𝑔 𝑛𝑖𝑒. 𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑢, 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑒𝑛 𝑠𝑦 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑜𝑛𝑡𝑒𝑠 𝑔𝑒𝑏𝑟𝑒𝑒𝑘 ¹⁰𝑒𝑛 𝑙𝑒𝑒𝑓 𝑛𝑜𝑢 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑢𝑤𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠, 𝑤𝑎𝑡 𝑎𝑙 ℎ𝑜𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑣𝑒𝑟𝑛𝑢𝑤𝑒 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑒𝑙𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑆𝑘𝑒𝑝𝑝𝑒𝑟 𝑒𝑛 𝑡𝑜𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑙𝑒 𝑘𝑒𝑛𝑛𝑖𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑.” – Kolossense 3:8-10 (AFR83)
Ag hoe lekker sou dit nie wees as ons verhouding met Jesus die aanloklikheid van die duisternis wat so algemeen in hierdie wêreld voorkom, heeltemal kon uitwis nie... Maar dít sal nie in hierdie lewe gebeur nie. En of dit nou deur die internet, televisie, beursie, tong of maag gebeur, die meeste van ons is redelik goed vertroud met die meedoënlose volharding van geheime sondes.
Ongelukkig kan die oorwinning van hierdie aanhoudende sondes eers begin wanneer ons besluit dat ons wil verander. Ons is mos gewoonlik vinnig om te sê ons wil vry wees. Maar dan weet ons ook dat ons kan sogenaamde “voordele” trek – plesier, krag, invloed, ego – uit hierdie sondes. Wil ons regtig sonder hierdie “vriende” leef? Wil ons regtig genees word? Liewe mens, ons sal nooit losbreek van hierdie gewoonte sondes, voordat ons glo dat die lewe sonder ons geheime sondes in elke opsig beter is as die lewe daarmee nie.
“Ag, maar dit is moeilik... Hoe gaan ek dit doen? Ek kan nie...” Dis wat ons gewoonlik sê... Sien, ons eerste stap, is om te erken dat ons ’n probleem het waarmee ons wil breek. En dan moet ons die moed bymekaarskraap om iemand anders in die stryd te nooi. Die sonde-siklus sal nie breek as dit in die geheim bly nie. Dit word juis deur geheimhouding aangevuur. Ons het dalk al male sonder tal hierdie sondes voor God bely, maar ons steek dit weg vir ander omdat ons bang is oor wat mense sal sê of oor ons sal dink. Maar deursigtigheid en nederigheid voor ander is ’n geleentheid om in geloof te erken dat God ons werklik vergewe het. Dit verskaf aan ons aanspreeklikheid in ons geestelike groei. En miskien moet ons meer begin dink oor hoe ons God beledig met ons ewige ongehoorsaamheid en minder oor ons vriende se opinies.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Sonde groei in die donker. Moses sê in Psalm 90:8 (AFR20) “⁸𝑈 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑠𝑘𝑢𝑙𝑑 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝑈 𝑔𝑒𝑝𝑙𝑎𝑎𝑠, 𝑜𝑛𝑠 𝑔𝑒ℎ𝑒𝑖𝑚𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑢 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑.” Die lig vernietig die duisternis. As jy ’n noodlottige hou teen geheime sondes wil slaan, besluit om vry te wees en nooi ’n vertroude vriend in om die stryd met jou te stry.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, U ken my in elk geval deur en deur. Ek kan niks vir U wegsteek nie. U weet waarmee ek worstel. Help my om waarlik vry te wees. Gee aan my iemand wat kan help. Vorm my elke dag al meer in U beeld. Amen.
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟒-𝟎𝟏 – “𝑯𝒊𝒆𝒓 𝒊𝒔 𝒆𝒌, 𝒔𝒕𝒖𝒖𝒓 𝒎𝒚!” (Kliek hier vir die klankgreep)
“⁸𝑇𝑜𝑒 ℎ𝑜𝑜𝑟 𝑒𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝐻𝑒𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑒̂: “𝑊𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝐸𝑘 𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟 𝑒𝑛 𝑤𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑔𝑎𝑎𝑛?” 𝐸𝑘 𝑠𝑒̂ 𝑡𝑜𝑒: “𝐻𝑖𝑒𝑟 𝑖𝑠 𝑒𝑘, 𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟 𝑚𝑦!” – Jesaja 6:8 (AFR20)
As jy sê dat jy glo in Jesus Christus, die Seun van God en, as jy glo dat Jesus gekom het om jou te red, is jy deel van God se kerk. As God se kerk, sien ons uit na die lewe na hierdie lewe waar ons vir ewig by God gaan wees en vir ewig omring en gevul sal wees met sy liefde en vrede. Waar is hierdie plek? Dit kan ek nie vir jou sê nie, want die God wat ek aanbid is groter as die heelal en ek kan myself nie eers indink waar en hoe wonderlik hierdie plek gaan wees nie. Gelukkig het God in die verlede al aan ’n paar mense so klein stukkie daarvan laat sien.
Doen jouself ’n guns. Regtig. Doen jouself ’n guns en gaan lees eers die hele Jesaja 6. Dit is net 13 verse.
Jesaja 6 is een van die mooiste, beskrywendste gedeeltes in die Bybel. Dit vertel die verhaal van hoe Jesaja geroep is en hoe pragtig hy die troonkamer van God beleef het. Dit vertel verder vir ons die stryd waarmee so baie van ons worstel: God roep ons om diensbaar te wees vir Hom, maar ons het allerhande verskonings. Jesaja het ook eers gedink dat hy nie waardig is om God te dien nie. Dat hy nie waardig is om eers in Sy teenwoordigheid te wees nie. Ek meen, hy (Jesaja) was ’n sondaar. Hy het geleef in ’n wêreld vol sondaars en was geassosieer met hulle. Hoe kan hy moontlik van enige nut wees vir die almagtige God?!
Dan kom die engel van die Here en neem Sy sonde weg en word hy versoen met God. En wat beteken hierdie vergifnis en versoening vir Jesaja? Die oomblik toe die Here vra: “𝑊𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝐸𝑘 𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟 𝑒𝑛 𝑤𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑔𝑎𝑎𝑛?”, het Jesaja nie een oomblik geaarsel nie. Gevul met dankbaarheid, vryheid en vrede, antwoord hy dadelik: “𝐻𝑖𝑒𝑟 𝑖𝑠 𝑒𝑘, 𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟 𝑚𝑦!” Ek weet nie of Jesaja op daardie oomblik presies besef het wat die Here nog vêrder van hom gaan vra om te verkondig nie, maar ek glo dat hy oortuig was dat die vrede en teenwoordigheid van God – soos hy op daardie oomblik van verlossing ervaar het – altyd met hom sal wees.
Sien, die dag wanneer ons besluit om Jesus te volg, word ons deel van ’n gestuurde en sturende kerk. Elkeen van ons het ’n roeping om op een of ander manier diensbaar te wees vir God. Daardie vrede en vergifnis wat jy ervaar – daardie stukkie hemel wat jy beleef in God se teenwoordigheid – dit rig jou fokus op Hom en sy wil. Dít word jou dryfkrag en doel.
Onthou jy toe jy jou hart vir die Here gegee het? Onthou jy daardie wonderlike verligting en vrede? Onthou jy hoe jy ook, indien God jou dalk op daardie oomblik sou vra, jy nes Jesaja sou antwoord? Miskien het jy nog nie jou lewe vir die Here gegee nie. Miskien het jy nog nie heeltemal jouself in Sy hande oorgegee nie. Miskien sukkel jy nog om ware verlossing te ervaar. Wat ook al jou situasie is, dis nie te laat nie. As jy hier lees of luister, beteken dit dat God jou kan en wil gebruik in Sy Koninkryk – tot Sy eer. Jesus Christus gee nuwe lewe aan elkeen wat na Hom toe kom vir vergifnis en redding. Hy versoen ons met die Vader. Hy het Sy Gees vir ons gegee, sodat ons ook heeltyd in die teenwoordigheid van die almagtige God kan leef.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ons wêreldsituasie is nie soveel anders as in die tyd van Jesaja nie. Die wêreld is eiewys en selfgesentreerd. Sonde (probeer) regeer. Wie gaan die wêreld vertel en vir hulle wys hoe om anders te wees? Wie gaan hulle vertel en wys hoe Jesus wil hê ons moet leef?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, “𝐻𝑖𝑒𝑟 𝑖𝑠 𝑒𝑘, 𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟 𝑚𝑦!” Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
Alle inhoud van hierdie webtuiste kan met liefde gedeel word om 'n verskil te maak in iemand se lewe. Jy mag egter nie die inhoud verkoop of her-produseer om enigsins munt te slaan daaruit nie. Mag die Here jou seën en mag jy God se vrede wat alle verstand te bowe gaan ervaar in jou lewe!
Ds. Christo Schoeman ···ᶜᴶˢ··· ©