Hieronder is 'n lys van die oordenkings met 'n skakel wat lei na teks en 'n klankgreep.
Keer gerus terug na hierdie skakel so elke nou en dan en kyk of daar dalk nuwe sielskos is vir jou.
(Kliek op die skakel en dan op die naam of afpyltjie om die boodskap te sien of die skakel te kry vir die klankgreep.)
2022-02-28 – 🅷🅾🅴🅺🅾🅼 🅸🆂 🅹🆈 🆂🅾 🅼🅾🅴🅶 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Toe ek grootgeword het, was die woorde uitbranding en emosionele uitputting nie iets wat in my woordeskat was nie. Selfs in my vroeë werksdae – voordat ek in die bediening was – het ek energie gehad wat my baie vêr kon vat. Daar was genoeg reserwes gewees en om die ekstra myl of sommer ses te stap was geen probleem nie.
Deesdae is ek baie moeg op ’n Sondagmiddag en veral op ’n Maandag ook. Dit is asof ’n Sondag se bediening my nogal uitput. Ek geniet dit regtig baie, maar omdat ek nie die naweek behoorlik gerus het nie – behalwe vir Saterdae se gholf – voel ek dit nogal op ’n Maandag. My roetine het heeltemal verander vandat ek in die bediening is, maar ek het dit al gewoond geraak. Woensdagmiddae en Saterdagmiddae is my tyd vir afskakel en bietjie batterye herlaai. Watter dag is joune?
In Eksodus 35 gee Moses vir die volk die reëlings vir die Sabbat. In Eksodus 20 al het God aan Moses die gebod gegee dat die Sabbat geheilig moet word. In hoofstuk 35 sê Moses dan weer aan die volk: ““𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑘𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑣𝑒𝑒𝑙 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑚 𝑡𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛. ²𝑆𝑒𝑠 𝑑𝑎𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑘 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑟𝑘 𝑔𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠, '𝑛 𝑏𝑢𝑖𝑡𝑒𝑛𝑔𝑒𝑤𝑜𝑛𝑒 𝑆𝑎𝑏𝑏𝑎𝑡, 𝑡𝑜𝑡 𝑒𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒.”” (Eksodus 35:1b-2a AFR20)
Ses dae moet jy werk en een dag moet jy rus. Dit was God se opdrag van die begin af. God self het, nadat Hy alles – die aarde, die hemel, die diere, die mens, die hele kosmos – gemaak het, gerus. Ons móét rus. Ons móét ’n dag afsonder vir God. Ons móét wegbreek uit ons gewone roetine van werk, eet, slaap... Ons moet tyd maak vir God en tyd maak om bietjie te herbesin oor dinge. Ons moet rus.
Woensdae- en Saterdae middae is my tydjie wat ek bietjie wegbreek uit die gewone bediening en speel ek bietjie gholf. Ek praat nogsteeds met mense oor God, waar nodig. Ek bedien op ’n ander manier, maar ek skakel bietjie af. Ek rus.
Die moeilikheid met die samelewing deesdae, is dat mense nie meer rus nie. Mense werk Maandag tot Vrydag (sommige ook op Saterdae). Vrydagaande is gewoonlik ’n bietjie familie tyd of kuier saam met vriende. Saterdae is ons trots Suid-Afrikaans en ons braai of kuier weer saam met vriende en familie – soms tot baie laat. Sondae is lekker laat slaap dae. Ons lê bietjie in en later gaan ons familie-tyd hou. Mense gaan eet uit, gaan na winkelsentrums, gaan hou piekniek by ’n pan of dam, of doen sommer heelwat ander dinge – alle winkels en ander plekke is dan oop vir besigheid. Ag dis lekker om tyd saam met die familie te spandeer.
Maar raai wat? Daar kom Maandag dan skielik aan... En jy het nie gerus nie! Fisies kan jy voel jy begin uitbrand en emosioneel is jy ook uitgeput en uitbranding loer daar ook vir jou. Selfs die winkeleienaars en werkers werk nou sewe dae ’n week en hulle rus ook nie. Dis ’n bose kringloop waaruit jy sukkel om te kom.
God het gesê: Werk ses dae en rus een. Een dag is heilig en moet tot eer van die Here ingerig word. Vir die Jode is dit die Sabbat – Saterdag. Vir Christene is dit ’n Sondag, die Opstandingsdag. Ons herbesin oor wat God, deur Sy Seun Jesus Christus vir ons gedoen het op daardie groot Paassondag. Ons is veronderstel om ons families daaroor te leer en saam met hulle in God se Woord te wandel en te rus. Ons kan dit doen by ’n erediens. By ’n erediens word tyd afgestaan om vir ’n uur lank (of langer) met God te praat en te luister wat God ook vir jou wil sê. Die res van die dag is familie-tyd – gewy aan God.
Die straf vir die Jode wat die Sabbat nie geheilig het nie, was die dood. Jesus het egter gekom en self op die Sabbat gewerk om te probeer verduidelik dat jy op enige dag van die week nogsteeds God se werk kan doen, maar rus moet jy rus en tyd moet jy afstaan vir God.
𝑯𝒐𝒆𝒌𝒐𝒎 𝒊𝒔 𝒋𝒚 𝒔𝒐 𝒎𝒐𝒆𝒈? 𝑾𝒂𝒕 𝒎𝒂𝒂𝒌 𝒋𝒚 𝒎𝒆𝒕 𝒅𝒊𝒆 𝒕𝒚𝒅 𝒘𝒂𝒕 𝑮𝒐𝒅 𝒋𝒐𝒖 𝒈𝒆𝒆?
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Hoe belangrik is die kerk vir my? Hoeveel tyd skakel ek af en gee dit net vir God? En my familie?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Here, hierdie wêreld is gejaagd en ek word dikwels meegesleur in die warboel van wêreldse waardes en idees van geluk en tevredenheid. Dit is nie rus nie. Help my om, soos Dawid, by U my waters van rus te vind. Skep in my ’n behoefte om in U rus te verkeer. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-02-26 – 🅻🅰🅰🆃 🅶🅾🅳 🆃🆁🅾🆃🆂 🆆🅴🅴🆂 🅾🅿 🅹🅾🆄. (Kliek hier vir die klankgreep)
Ek het vir die eerste keer in my lewe ’n groentetuin. Groenbone is al bewerk en gevries en net gisteraand het ons vir die eerste keer beet ingelê. Dit is harde werk en jy is lank op jou voete, maar die resultaat maak dit die moeite werd. Ek was so trots op myself dat ek dadelik my ma wou bel en haar daarvan vertel. My ma is verlede jaar oorlede, maar ek glo sy sou trots gewees het op my.
Kinders – maak nie saak hoe groot of oud nie – soek gereeld nogsteeds hul ouers se goedkeuring en hul komplimente en prys. Maak nie saak wat jy al in jou lewe bereik het of waar jy jou bevind nie, jy wil graag so nou en dan hoor: “Mooi so my kind. Jy het goed gedoen.” Ek dink gedurig daaraan as ek dalk droogmaak ook... “Wat sou my pa sê as hy nou hier was? Wat sou my ma gedink het as sy nog geleef het?”
As ouers en volwassenes wat verantwoordelik is vir die jeug van vandag, is dit van kardinale belang dat ons hierdie gesindheid ook in die jongmense skep – nie om hulle afhanklik te maak nie, maar om in hulle ’n waardestelsel te kweek waarteen hulle hul elke liewe optrede meet. Daar word so erg gehamer op individualisme en die eie-ek deesdae en selfs dat kinders vir hulself kan besluit oor dinge, dat ouers amper oorbodig is. Maar wat weet ’n kind regtig, as dit nie behoorlik vir daardie kind geleer word nie?
Kinders is dikwels nog maar “groen” as dit kom by baie dinge. Jongmense het ’n inherente drang om te leer. As die regte dinge nie reg geleer word nie, kan enige mens die verkeerde opvattings maak en soms ook allerhande dinge soos soetkoek opeet. Regte waardes moet reg geleer word, want jongmense glo eintlik maklik en glo maklik wat hul rolmodelle vir hulle leer en wys.
As dit kom by waardes, en natuurlik dan ook geloofswaardes, kan ons nie nalaat om ons jongmense reg te leer nie. Want, gelukkig, as daar nou een plek is waar ons soos kinders moet wees, is dit in die geloof. Toe Jesus se dissipels begin agterkom wie Hy regtig is, maar die slim wetsgeleerdes nogsteeds nie wou glo nie, sê Jesus:
“ “𝐸𝑘 𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑈, 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟, 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒, 𝑑𝑎𝑡 𝑈 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑠𝑙𝑖𝑚 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑙𝑒𝑒𝑟𝑑𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑒𝑟𝑔 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑡𝑗𝑖𝑒𝑠 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑛𝑑 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 ℎ𝑒𝑡. 𝐽𝑎, 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑠𝑜 ℎ𝑒𝑡 𝑈 𝑑𝑖𝑡 𝑔𝑜𝑒𝑑𝑔𝑒𝑣𝑖𝑛𝑑. ²²𝐴𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑖𝑠 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑚𝑦 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑎𝑎𝑛 𝑀𝑦 𝑡𝑜𝑒𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑜𝑢. 𝐸𝑛 𝑛𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑘𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 •𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑏𝑒ℎ𝑎𝑙𝑤𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟, 𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑘𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒, 𝑏𝑒ℎ𝑎𝑙𝑤𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑒𝑛 𝑒𝑙𝑘𝑒𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑛 𝑤𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑛𝑑 𝑤𝑖𝑙 𝑚𝑎𝑎𝑘.” ²³𝑇𝑜𝑒 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑝 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑒𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑠, ℎ𝑒𝑡 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑛𝑎 𝑠𝑦 𝑑𝑖𝑠𝑠𝑖𝑝𝑒𝑙𝑠 𝑔𝑒𝑑𝑟𝑎𝑎𝑖 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐺𝑒𝑙𝑢𝑘𝑘𝑖𝑔 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑒̈ 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑖𝑒𝑛, ²⁴𝑤𝑎𝑛𝑡 𝐸𝑘 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑏𝑎𝑖𝑒 𝑝𝑟𝑜𝑓𝑒𝑡𝑒 𝑒𝑛 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑠𝑜𝑢 𝑔𝑟𝑎𝑎𝑔 𝑤𝑜𝑢 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑖𝑒𝑛, 𝑚𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑠𝑜𝑢 𝑔𝑟𝑎𝑎𝑔 𝑤𝑜𝑢 ℎ𝑜𝑜𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑜𝑜𝑟, 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟 𝑛𝑖𝑒.” ” – Lukas 10:21-24 (AFR20)
Ons het ’n hemelse Vader. Ons weet Hy is ons Vader. Ons ken Hom en ons ken die Seun. In vandag se wêreld is daar nogsteeds baie konings, sogenaamde profete, wêreldleiers, groot en belangrike mense, wat nogsteeds nie vir Jesus sien vir wie Hy regtig is nie en nogsteeds nie regtig glo nie.
Jesus was trots op die dissipels, omdat hulle gehoorsaam was aan die Vader en omdat hulle opgetree het soos Godvresende mense. Hulle was kinders wat die almagtige Vader se goedkeuring en prys gesoek het.
Mag ons sien wat hulle gesien het en hoor wat hulle gehoor het, deur gehoorsaam te wees aan God se Woord en deur ons jongmense en alle ander mense te leer van wie God is. Mag ons ook die Vader bekend maak deur te vertel van Sy liefde wat in die Seun geopenbaar is. Uiteindelik is dit tog wat die Vader dink wat saakmaak. Mag ons ons jongmense leer om respek en eer te hê vir ouer mense, sodat hulle ook dieselfde respek en eer sal hê vir hul hemelse Vader. Mag die Vader se goedkeuring al ons woorde en dade motiveer, sodat dit gevul sal wees met Goddelike waardes.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Is God se goedkeuring van wat ek doen my motivering, of is dit my eie agenda wat ek aanhou najaag? Kan ander mense, jongmense, by my leer?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Here Jesus, mag ek glo soos ’n kind. Mag ek ’n gehoorsame kind wees van die ewige, almagtige hemelse God en Vader. Mag ek U ken, sodat my doen en late ook sal getuig van U liefde vir my en my liefde vir U. Mag ek so optree elke dag, dat U ook die Vader sal loof oor wat ek doen, tot U eer. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-02-25 – 🅳🅸🅴 🆂🅹🅴🅼🅰. (Kliek hier vir die klankgreep)
Vandag nog sien ons dikwels dat die Jode ’n klein houtkissie op hul voorkoppe of aan hulle gewrigte vasmaak. Dikwels dra hulle ook ’n klein sakkie of die houtkissie om hul nekke, sodat die sakkie of kissie oor hulle harte hang. Hierdie gebruik gebeur gewoonlik in die oggend en aand en word genoem die “sjema”. Die sjema is die eerste woorde van ’n gedeelte van die Torah, oftewel die Wet. Wanneer die Jode dan hul oggend- en aandgebede begin, begin hulle dan met hierdie woorde wat ons vind in Deuteronomium 6:4-5 (AFR20):
“⁴“𝐿𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟, 𝐼𝑠𝑟𝑎𝑒𝑙, 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝐺𝑜𝑑, 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑒𝑛. ⁵𝐽𝑦 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑗𝑜𝑢 𝐺𝑜𝑑 𝑚𝑒𝑡 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑒𝑛 𝑠𝑖𝑒𝑙 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒̂ 𝑒𝑛 𝑚𝑒𝑡 𝑎𝑙 𝑗𝑜𝑢 𝑘𝑟𝑎𝑔.”
Dit is nogal kragtige woorde om jouself elke dag aan te herinner, is dit nie? Dink bietjie daaraan. Ons God is die enigste God. Die 10 gebooie begin juis met God se woorde aan ons dat ons moet onthou dat Hy alleen God is en dat ons geen ander gode moet hê nie. God is God. Ons is mense. Maar hierdie almagtige, alomteenwoordige God, is ons God. Hy het ons lief en Hy sorg vir ons. Hy het ons belange op die hart.
Wanneer ons ons jongmense leer van God, wat leer ons hulle? Leer ons hulle dat God God is? Of leer ons hulle dat God dalk maar net een of ander abstrakte begrip is. Word God vir ons jongmense iets soos Kersvader of die tandemuis?
As ons ons jongmense wil leer om God te ken vir wie God is, dan moet hulle weet wat God al in die verlede vir die volk van Israel gedoen het. Hulle moet leer dat God die wêreld so liefgehad het, dat ons kan deel word van God se volk, deur die versoeningsoffer wat Jesus Christus aan die kruis gebring het. Ons jongmense moet weet dat hierdie God wat eintlik vêr bo ons begrip is, verlang om ’n persoonlike verhouding met elkeen van ons te hê.
Daarom herinner die Jode hulself tot vandag toe nog eerstens aan wie God is. Daarom maak hulle dit aan hulle harte en hande vas, want Deuteronomium 6 gaan vêrder in verse 6-9 (AFR20) en sê:
“⁶𝐸𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑣𝑎𝑛𝑑𝑎𝑔 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑦 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑑𝑟𝑎. ⁷𝐻𝑒𝑟ℎ𝑎𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑒𝑛 𝑝𝑟𝑎𝑎𝑡 𝑚𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑜𝑜𝑟 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑗𝑦 𝑖𝑛 𝑗𝑜𝑢 ℎ𝑢𝑖𝑠 𝑠𝑖𝑡 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑗𝑦 𝑜𝑝 𝑝𝑎𝑑 𝑖𝑠, 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑗𝑦 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑙𝑒̂ 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑗𝑦 𝑜𝑝𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛. ⁸𝐵𝑖𝑛𝑑 𝑑𝑖𝑡 𝑎𝑠 '𝑛 𝑡𝑒𝑘𝑒𝑛 𝑜𝑚 𝑗𝑜𝑢 ℎ𝑎𝑛𝑑 𝑒𝑛 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑡 '𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑖𝑒𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑜𝑝 𝑗𝑜𝑢 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑘𝑜𝑝 𝑤𝑒𝑒𝑠. ⁹𝑆𝑘𝑟𝑦𝑓 𝑑𝑖𝑡 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑒𝑢𝑟𝑘𝑜𝑠𝑦𝑛𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑜𝑢 ℎ𝑢𝑖𝑠 𝑒𝑛 𝑜𝑝 𝑗𝑜𝑢 𝑠𝑡𝑎𝑑𝑠𝑝𝑜𝑜𝑟𝑡𝑒.”
Ja, ons moet hierdie woorde onthou – saam met die res van die Wet en natuurlik ook God se wet van liefde wat Jesus gebring het, toe hy die hele wet opgesom het (Matt. 22:34-40, Mark. 12-28-31, Luk. 10:25-28). Ons moet dit onthou, saam met wat Jesus ons leer in Johannes 10, deur te erken dat Jesus Christus waarlik die Seun van God is en vir ons kom wys het wie God is en hoe vêr Sy liefde vir ons strek.
Goeie waardes is nie net kopkennis nie. Goeie waardes – gevestig in God – begin deur dit op ons harte te dra. Dit is iets wat ons oral met ons saamneem – “𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑗𝑦 𝑖𝑛 𝑗𝑜𝑢 ℎ𝑢𝑖𝑠 𝑠𝑖𝑡 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑗𝑦 𝑜𝑝 𝑝𝑎𝑑 𝑖𝑠, 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑗𝑦 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑙𝑒̂ 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑗𝑦 𝑜𝑝𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛”. Dit is waardes wat nie net geleer word aan ons jongmense en geliefdes nie, maar iets wat ons denke vorm deur God se Heilige Gees (Rom. 12:1-2), sodat dit soos ’n versiering op ons voorkoppe is. Dit is iets wat nie net gevoelens en denke bly nie, maar ook oorgaan en bewys word in ons dade, sodat dit soos ’n teken op ons hande gedra word.
Leer jou jongmense en geliefdes die sjema. Leer hulle wie God is, sodat hulle Hom kan liefhê en Sy liefde vir hulle kan beleef.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Hoe gereeld leer ek ander van God? Moet ek dalk eers myself begin herinner wie God is?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Here, God almagtig, U is my God. U, Here, U alleen is my God. Ek het U lief met my hart en siel en al my krag. U is die bron van my krag. Help my om U altyd só lief te hê. Help my om U liefde ook aan ander te leer, te wys en te bewys. Mag U verheerlik word deur my lewe. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-02-24 – 🆆🅴🅴🆂 🅳🅸🅴 🆅🅴🆁🅰🅽🅳🅴🆁🅸🅽🅶 🆆🅰🆃 🅹🆈 🆆🅸🅻 🆂🅸🅴🅽. (Kliek hier vir die klankgreep)
Iemand het mos eenmaal gesê: “Wees die verandering wat jy graag in die wêreld wil sien”. Ja, as jy wil hê dinge moet verander, dan moet jy begin verander. As jy wil hê die wêreld moet anders lyk, dan moet jy jou perspektief en houding daaroor verander. Jy kan die verandering wees in die wêreld as jy eerste begin om jouself te verander.
So dikwels hoor ek dat ouers vir hul kinders sê: “Moenie maak soos ek maak nie. Maak soos ek sê!” Dit werk nie. Kinders se waardes word gevorm deur wat hulle sien en leer by hul ouers en ander rolmodelle. As volwassenes nie optree met integriteit nie, gaan jongmense dit ook nie aanleer nie. As daar nie vir jongmense geleer word dat ons ’n hunkering na God moet hê nie, sal daardie hunkering dalk nooit in daardie jongmens gevestig word nie.
Soveel mense gaan deur die lewe met ’n groot leemte in hul lewe. Hulle probeer dit vul met allerhande materiële dinge en plesiertjies, maar uiteindelik kom hulle agter dat hulle net nooit daardie dors geles kry nie. In Johannes 4 praat Jesus met ’n Samaritaanse vrou en Hy sê vir haar dat Hy die bron van lewende water is. Hy sê dan vir haar in vers 14 (AFR20): “...𝑤𝑖𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑡𝑒𝑟 𝑑𝑟𝑖𝑛𝑘 𝑤𝑎𝑡 𝐸𝑘 ℎ𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑒, 𝑠𝑎𝑙 𝑡𝑜𝑡 𝑖𝑛 𝑒𝑤𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑛𝑜𝑜𝑖𝑡 𝑑𝑜𝑟𝑠 𝑘𝑟𝑦 𝑛𝑖𝑒. 𝐷𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑡𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝐸𝑘 ℎ𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑒, 𝑠𝑎𝑙 𝑖𝑛 ℎ𝑜𝑚 '𝑛 𝑓𝑜𝑛𝑡𝑒𝑖𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑤𝑎𝑡𝑒𝑟 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑝𝑏𝑜𝑟𝑟𝑒𝑙 𝑡𝑜𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑤𝑖𝑔𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒.”
As ons wil hê dat ons jongmense – die toekoms van die kerk en die samelewing – die regte waardes begin aanleer, dan moet ons in hulle hierdie dors, hierdie hunkering skep. Hulle moet soos ’n wildsbok wat smag na waterstrome, smag na God – soos Psalm 42 ons leer. Hoor hoe mooi verwoord Psalm 42:2-3a (AFR20) dit:
“²𝑆𝑜𝑜𝑠 '𝑛 𝑤𝑖𝑙𝑑𝑠𝑏𝑜𝑘 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑚𝑎𝑔 𝑛𝑎 𝑤𝑎𝑡𝑒𝑟𝑠𝑡𝑟𝑜𝑚𝑒, 𝑠𝑜 𝑠𝑚𝑎𝑔 𝑚𝑦 𝑠𝑖𝑒𝑙 𝑛𝑎 𝑈, 𝑜 𝐺𝑜𝑑. ³𝑀𝑦 𝑠𝑖𝑒𝑙 𝑑𝑜𝑟𝑠 𝑛𝑎 𝐺𝑜𝑑, 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑𝑒 𝐺𝑜𝑑.”
En hoe wonderlik is dit darem nie dat ons enige tyd van die dag of nag hierdie dors van ons kan les as ons in gebed na God gaan. Een van die wonderlikste gawes wat jy aan ’n ander persoon kan gee, is om vir daardie persoon te bid. Ouers moet vir hul kinders bid – nie dat God hulle sal verander nie, maar dat hulle die keuse sal maak om deur God verander te word. Kinders moet vir hul ouers bid – nie dat hul ouers sal verander nie, maar dat God hulle ouers sal gebruik om die regte waardes te leer. Ons kan almal vir mekaar bid dat ons gedurig sal dors na God. Dat ons gedurig sal hunker na Sy teenwoordigheid. Dat ons sal smag na die lewende water wat ons vrylik by Jesus kan kry vir ons siele.
Die wêreld is deesdae – selfs na al die reën in die land – ’n dor en droë en dooie plek. Ons moet begin om lewende water te kry wat opborrel in ons siele, sodat dit kan oorloop om die wêreld te verander.
ℒ𝒶𝒶𝓉 𝒥ℯ𝓈𝓊𝓈 𝒿ℴ𝓊 𝓋ℯ𝓇𝒶𝓃𝒹ℯ𝓇 ℯ𝓃 𝓌ℯℯ𝓈 𝒹𝒾ℯ 𝓋ℯ𝓇𝒶𝓃𝒹ℯ𝓇𝒾𝓃ℊ 𝓌𝒶𝓉 𝒿𝓎 𝓌𝒾𝓁 𝓈𝒾ℯ𝓃 𝒾𝓃 𝒹𝒾ℯ 𝓌ℯ̂𝓇ℯ𝓁𝒹.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Weet ek wat my waardes is? Is ek konsekwent in wat ek sê en doen?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Liewe Heer, skep in my ’n dors na die lewende water wat slegs U my kan bied. Laat my hunker na U, my God. Gee dat ek soveel moontlik na U sal soek en sal vind dat U altyd by my is. Help my om die regte waardes te leef en te leer. Help my om die positiewe verandering in die wêreld te wees wat U graag wil hê. Tot U eer alleen. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-02-23 – 🅷🅾🅴 🆆🅸🅻 🅹🆈 🅷ê 🅼🅾🅴🆃 🅳🅸🅴 🆃🅾🅴🅺🅾🅼🆂 🅻🆈🅺 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Daar is baie boeke op die rakke (en internet) wat ouers kan leer oor hoe om sekere situasies met kinders en jongmense te hanteer. Hierdie boeke help dikwels ook onderwysers, maatskaplike werkers en selfs predikante. Maar daar is eintlik geen boek wat jou voorberei vir wat dit is om ’n ouer te wees nie. Kinders kom ook glad nie met ’n aanwysingsboek nie. So hoe maak ons as ons jongmense die klits heeltemal kwytraak? Hoe keer ons dit?
Ek dink sommer nou aan die gevalle wat onlangs ontstaan het by skole op die Rand. Moeilike situasie daardie. Ons word kwaad daaroor. Ons wonder of lyfstraf of beter dissipline in skole moet terugkom. Ons voel half hulpeloos. Ons bid. Ons wonder of kon dit verhoed word... Die kort antwoord is “ja”. Dit kon verhoed word.
Sien, ongelukkig, volgens my mening, het die tydsgees van soveel menseregte ons wêreld oorgeneem. Dit het veroorsaak dat daar nie meer in skole genoegsame dissipline toegepas kan word nie. Vryheid van godsdiens en elkeen se reg om deel te neem of nie, het veroorsaak dat jongmense hulself distansieer van godsdiens – sodanig dat daar nie meer godsdiens in skole aangebied word nie. Hierdie is ’n probleem, maar die oorsaak van die probleem lê dieper. Dit lê by die huis.
Ouers weet dat hul kinders nie meer by die skool die geestelike opvoeding, basiese Bybelkennis en geloof afronding kry wat voorheen bestaan het nie. Maar ouers besef nie dat die taak nog altyd eintlik hulle eie taak was nie. Goeie waardes van enige mens, begin tuis.
Jou waardes bepaal uiteindelik hoe jy na die wêreld kyk, wat en hoe jou karakter is, integriteit, jou optrede, jou geloof, jou leefwyse. Jou waardes bepaal jou motivering om sekere dinge te doen of nie te doen nie. Die waarde van ander mense en hulle eiendom, word bepaal deur jou eie waardes. Ouers, volwassenes, rolmodelle se waardes maak ’n groot impak op die waardes van vandag se jongmense.
Jongmense rebelleer nie sommer teen waardes nie, maar nogal maklik deesdae teen reëls. Goeie waardes kan groepsdruk en moeilike besluite oorheers. Goeie waardes word by die huis gekweek. By die huis en by die kerk. Ons almal maak droog iewers in ons lewens, maar ons moet geleer word dat God in beheer is en dat, wanneer ons ons lewens aan Hom wy, Hy regverdig is. 1 Johannes 1:9 (AFR83) leer ons mos: “𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑎𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑠 𝑏𝑒𝑙𝑦 – 𝐻𝑦 𝑖𝑠 𝑔𝑒𝑡𝑟𝑜𝑢 𝑒𝑛 𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔, 𝐻𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑤𝑒 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑠 𝑒𝑛 𝑟𝑒𝑖𝑛𝑖𝑔 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑛𝑔𝑒𝑟𝑒𝑔𝑡𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑.”
Hoe leer ons ons jongmense van vandag goeie waardes? Hoe wys ons dit vir hulle? Probeer ons maar net hulle gelukkig hou deur al meer “goed” vir hulle te gee? Of neem ons tyd om hulle na die Here te neem? Ons jongmense is definitief die toekoms. Hoe wil jy dus hê moet die toekoms lyk? Vir jou kinders? Vir jou kleinkinders? Vir alle kinders?
Daar is baie boeke op die rakke en op die internet, maar geeneen van hulle gaan jou leer hoe om jou Skepper te ken, soos God se Woord – die Bybel – self nie. Goeie gewoontes en goeie waardes begin en eindig (in ewigheid) by God. Hoe wil jy hê moet die toekoms lyk?
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Hoe kan ek help om vir ons jeug beter waardes te leer? Hoe kan ek ’n beter voorbeeld wees vir my eie kinders en vir ander?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Here, ons wêreld is deurmekaar, maar tog glo ek dat U in beheer is. Help my om by my eie huis en vir al my geliefdes die voorbeeld te stel. Help my om oral waar ek kan, die regte waardes en gewoontes vir ander aan te leer. Help my om getrou U Woord te bestudeer en ook my geliefdes na die samekoms van gelowiges (die kerk) te neem. Mag ons toekoms mooi wees, omdat ons dit saam met U ingaan. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-02-22 – 🅻🅴🅴🆁 🅾🅼 🅶🅾🅳 🆃🅴 🅿🆁🆈🆂. (Kliek hier vir die klankgreep)
As ’n ouer, probeer ek altyd om vir my kinders die beste te gee – alles binne my vermoë. Soms gaan ek selfs buite my normale vermoë en dompel myself in skuld en moeilike situasies, maar ek sal altyd doen wat ek kan. Ek dink enige ouer weet waarvan ek praat en enige ouer weet ook dat al jou moeite en opoffering soms onbeantwoord is en soms kan kinders jou selfs teleurstel.
In vandag se samelewing is mense baie gesteld op die materiële dinge. Ouers probeer alles doen sodat hul kinders net die beste kan hê. Kinders het lang lyste van versoeke en baie ouers kan nie daarby uitkom nie en ontwikkel selfs skuldgevoelens daaroor. Ondankbare kinders is dikwels die oorsaak dat ouers net aanhou en aanhou om hulle kinders in te stop met die hoop dat die kind sal verander, maar dit sal nie gebeur as jongmense nie geleer word om tevrede te wees met wat nodig is nie – dit geld eintlik vir ons almal.
Om dankbaarheid, vergenoegdheid en innerlike vrede aan te leer, moet ons leer om God te prys. Ons moet in gebed na Hom toe kan gaan en Hom dank, loof en prys vir alles wat Hy doen. In Psalm 145 skryf Dawid ’n loflied vir God oor Sy grootheid. In verse 2-3 (AFR83) sê hy: “𝐸𝑙𝑘𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑤𝑖𝑙 𝑒𝑘 𝑈 𝑙𝑜𝑜𝑓, 𝑒𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑢 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑝𝑟𝑦𝑠. 𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡, 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑜𝑓 𝑘𝑜𝑚 𝐻𝑜𝑚 𝑡𝑜𝑒, 𝑠𝑦 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑖𝑠 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑢𝑟𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑𝑒𝑙𝑖𝑘.”
God het ons gemaak en alles wat ons het, kom uit Sy hand. Niks wat ons besit is ons eie nie. Ons huise, kos, klere, karre, besittings, selfs die mense wat lief is vir ons – alles kom van God af. Hoe gereeld prys ons Hom daarvoor? Hoe gereeld sê ons nog dankie vir ’n nuwe dag en vir die voorreg om met God te kan praat?
Gaan blaai gerus deur die Psalms. Gaan kyk bietjie hoeveel lofpsalms daar is. Gaan kyk ook gerus na die hartseer en bedroewe psalms, want selfs daarin word God gewoonlik ook nog geprys. Ja, selfs in moeilike tye moet ons leer om God te prys. In moeilike tye, moet ons besef dat God by ons is en dat Hy nogsteeds goed is vir ons.
Ons is God se kinders en, al probeer ons om vir ons kinders die beste te gee, probeer God nie... Hy doen dit! Selfs al stel ons Hom ook dikwels teleur. Hy gee altyd vir ons die beste. Nie altyd wat ons wil hê nie, maar wat ons nodig het. God weet wat kom en Hy weet wat jy nodig het. Toe Jesus gesê het, “...𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑣𝑜𝑜𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝑣𝑟𝑎, 𝑔𝑙𝑜 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑡 𝑎𝑙 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔 ℎ𝑒𝑡, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑠𝑎𝑙 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑜 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑢𝑟.” (Mark. 11:24 AFR20), het Hy nie bedoel vra vir ’n Mercedes of om die Lotto te wen nie. Nee, Hy het geleer dat ons dankbaar moet wees en dat ons moet glo en in geloof optree. Hy het geleer dat ons geloof en vertroue in Hom sal lei tot groot dinge.
Kort dankgebede vir alledaagse dinge, lei dikwels tot ’n groot gevoel van innerlike vrede. Dit lei tot lofprysing van ons Skepper. Wanneer ons begin om in dankbaarheid te leef, word ons lewe ’n lied van lof en prys ons die Here daarmee. Dan kan ons, soos Dawid in Psalm 145:1-2 (AFR83) ook sê: “𝐸𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑈 𝑙𝑜𝑓 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔, 𝑚𝑦 𝐺𝑜𝑑 𝑒𝑛 𝐾𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔, 𝑒𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑈 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑙𝑜𝑜𝑓. 𝐸𝑙𝑘𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑤𝑖𝑙 𝑒𝑘 𝑈 𝑙𝑜𝑜𝑓, 𝑒𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑈 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑣𝑖𝑟 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑝𝑟𝑦𝑠.”
Leer om God te prys. Vandag nog. En elke dag.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Is my gebede dikwels net versoeke? Waarvoor kan ek God elke dag prys?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Here, dankie vir hierdie tyd wat ek nou met U kan praat. Skep in my dankbaarheid. Help my om U regdeur die dag te loof en prys vir alles wat U vir my doen en gee. Maak my meer bewus van U Vaderhand wat my altyd vashou en vir my sorg. Help my om U lof te verkondig, my God en Koning. Laat my U elke dag loof. Laat ek U Naam vir altyd prys. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-02-21 – 🅶🅾🅳 🆅🅴🆁🅻🅰🅽🅶 🅽🅰 🅹🅾🆄. (Kliek hier vir die klankgreep)
Daar is in baie gemeentes die laaste paar dekades nogal baie moeite gedoen om die jeug te betrek. Fliek-aande, uitstappies, selfs danse word deur kerke gereël om dinge weer “lekker” te maak vir die jongmense. Tog, maak nie saak wat gemeentes doen nie, bly die opkoms maar redelik laag. Al hoe meer mense vra die vraag: “Wat word van die jeug vandag?” Dit is asof jongmense net nie meer belangstel in die kerk, geloof of God nie. Ons kan dus regtigwaar die vraag vra... wat word van die jeug vandag? Wat gaan aan?
Om hierdie vraag te beantwoord, moet ons dalk eerder ’n ander vraag vra, want statistieke wys dat slegs 23% van vaders nog hulle kinders kerk toe vat – hetsy vir eredienste, kategese of jeug byeenkomste. Sien, die vraag wat ons eerder moet vra, is: “Wat gaan aan met ons ouers deesdae?” Is dit dan nie die ouers en volwassenes in ’n gemeente wat verantwoordelik is vir die geestelike opvoeding van ons jongmense nie?
In Matteus 28:20 (AFR83) met Jesus se groot opdrag aan die dissipels, sê Hy mos: “𝑙𝑒𝑒𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑚 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑡𝑒 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟ℎ𝑜𝑢 𝑤𝑎𝑡 𝐸𝑘 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑣𝑒𝑒𝑙 ℎ𝑒𝑡. 𝐸𝑛 𝑜𝑛𝑡ℎ𝑜𝑢: 𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑏𝑦 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑒 𝑡𝑜𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑒𝑖𝑛𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑.” Dit is mos die plig van elke ouer en volwassene om ons samelewing sterker te maak deur goeie, gesonde, gelowige gesinne te kweek, of hoe? Dit is vir my baie hartseer as ouers met hulle hande in die hare na my toe kom en sê hulle weet tog nie wat fout gegaan het met hulle kind nie, want hulle het dan so hard probeer. Hoe hard probeer ons? Leer ons ons kinders en jongmense oor God se liefde en genade?
Jesaja 30:18 (AFR83) sê: “𝑇𝑜𝑔 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑔𝑟𝑒𝑡𝑖𝑔 𝑜𝑚 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑛𝑎𝑑𝑖𝑔 𝑡𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑒𝑛 𝑤𝑖𝑙 𝐻𝑦 𝐻𝑜𝑚 𝑜𝑜𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑛𝑡𝑓𝑒𝑟𝑚: 𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 '𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑟𝑒𝑔 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑖𝑒𝑑, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑚𝑒𝑡 𝑒𝑙𝑘𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑝 𝐻𝑜𝑚 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑜𝑢!” Vertrou ons op Hom? Ken ons jongmense Hom? As hulle Hom ken, sal hulle graag meer tyd saam met Hom en Sy kerk wil spandeer. Maar daarvoor is dit nodig dat ouers en grootmense die voorbeeld stel. As jongmense nie God se liefde kan sien in hul rolmodelle nie, hoe gaan hulle dit leer ken?
Kinders kan goed grootgemaak word en nogsteeds sleg uitdraai, maar dan is dit hulle keuse. Maar kan jy dink hoe lyk ’n samelewing waar kinders sleg grootgemaak word? Om die toekoms te verander, moet ons vandag verander. Waar is ons ouers en rolmodelle?
Het jy al ooit baie na iemand verlang? Het jy al ooit gewens dat jy net met daardie iemand kan praat of daardie persoon kan sien? Hoekom wou jy so graag met daardie persoon gesels? God verlang na jou. Gaan na Hom toe. Praat met Hom. Hy is enige tyd beskikbaar. Ontvang Sy genade en liefde, terwyl jy Hom beter leer ken. Een manier om Hom beter te ken, is om met Hom te praat. Gaan na Hom toe. Hy verlang na jou.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Is ek ’n goeie rolmodel vir die jongmense (al is jy dalk self ’n jongmens)? En, weet jy, Jongmense kan aanspraak maak op goeie ouers, al is hulle nie volmaak nie.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Here, ek wil U beter ken. Help my om meer met U te praat en meer na U te gaan. Skep in my die verlange na U wat U elke dag vir my het. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-02-19 – 𝑴𝒂𝒂𝒌 𝒅𝒊𝒆 𝒔𝒂𝒂𝒌 𝒓𝒆𝒈, 𝒕𝒆𝒓𝒘𝒚𝒍 𝒅𝒂𝒂𝒓 𝒕𝒚𝒅 𝒊𝒔. (Kliek hier vir die klankgreep)
In die vroeë kerk in die 2de eeu n.C. was daar ’n groep mense, die Marcioniste, wat geglo het dat daar eintlik twee gode is. Die God van die Ou Testament en die God van die Nuwe Testament. Hulle het geglo dat die God van die Ou Testament ’n wrede en wraaksugtige God is, terwyl die God van die Nuwe Testament ’n liefdevolle en genadige God is wat vir Jesus gestuur het vir ons verlossing.
Wanneer ons die Ou Testament lees, wil dit dikwels vir ons voorkom of dit dalk so kan wees – veral as ons sien hoe vinnig God se toorn ontvlam het en Sy oordeel uitgevoer was oor mense. In die Nuwe Testament word ons geleer van genade en verlossing en versoening met God en dat God baie geduld het met ons – daar is nie meer hewige strawwe en oordele nie. Ek meen, Paulus skryf dan in Romeine 8:1 (AFR20) “¹𝐷𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝑑𝑎𝑛 𝑛𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒𝑔𝑒𝑛𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒.”
Weet jy, as ons só begin dink, kan ons baie maklik ook in die strik trap wat Marcion en sy volgelinge afgetrap het. Bely ons dan nie ook dat ons glo in Jesus Christus wat eendag gaan terugkeer om te oordeel oor dié wat lewe en dié wat reeds gesterf het, nie? (Artikel 7 van die Apostoliese Geloofsbelydenis) As ons mooi gaan lees in die Ou Testament, sal ons ook sien dat God nog altyd baie geduld gehad het met die mens en dat die Psalmdigters ook gereeld skryf oor God wat weer en weer vergewe.
God is nog altyd God. Dis die enigste ware, ewige God. God is nog altyd dieselfde. God is liefde (1 Joh. 4:8). Dieselfde God wat jou só lief gehad het dat Hy aan jou lewe geskenk het, het jou só lief dat Hy Sy Seun gestuur het om jou sondes te versoen. Dieselfde God wat die heelal geskape het, het jou gemaak. Dit is dieselfde God wat geweet het dat die mens dit nie in hulleself kon vind om ware versoening te bewerk tussen hulleself en God nie, en uit liefde vir ’n gevalle mensdom, sélf mens geword het om ons straf te dra. Sjoe, dis mos nou genade en liefde onbeskryflik groot!
Maar, en ja, daar is ’n maar... ons moet kies om Jesus Christus te aanvaar as ons Verlosser. Ons moet erken dat Hy God se Seun, sélf God, is. Ons moet ons bekeer en ons lewens só leef dat God se liefde en genade in- en deur ons sigbaar raak. Paulus was reg toe hy geskryf het dat daar dus nou geen veroordeling is vir ons wat in Jesus Christus is nie, want as ons lewens nuutgemaak is deur Jesus Christus se offer aan die kruis, vrees ons nie die oordeelsdag wat vir seker eendag gaan kom nie. Maar om reg te wees daarvoor, moet ons nou regmaak, terwyl daar tyd is. Jesus het self die mense gewaarsku op talle plekke en in Lukas 12:57-59 (AFR20) lees ons:
“⁵⁷“𝑊𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑢𝑖𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑒𝑔𝑡𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑖𝑠 𝑜𝑚 𝑡𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒? ⁵⁸ “𝑇𝑒𝑟𝑤𝑦𝑙 𝑗𝑦 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑜𝑝 𝑝𝑎𝑑 𝑖𝑠 ℎ𝑜𝑓 𝑡𝑜𝑒, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑦 𝑚𝑜𝑒𝑖𝑡𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑘 𝑚𝑒𝑡 ℎ𝑜𝑚 𝑡𝑒 𝑠𝑘𝑖𝑘, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑦 𝑗𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟 𝑠𝑙𝑒𝑒𝑝 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑜𝑙𝑖𝑠𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑔𝑒𝑒 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑜𝑙𝑖𝑠𝑖𝑒 𝑗𝑜𝑢 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑟𝑜𝑛𝑘 𝑠𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒. ⁵⁹𝐸𝑘 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑒𝑘𝑒𝑟 𝑗𝑜𝑢: 𝐽𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑠𝑒𝑘𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑢𝑖𝑡𝑘𝑜𝑚 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑎𝑠𝑡𝑒 𝑠𝑒𝑛𝑡 𝑏𝑒𝑡𝑎𝑎𝑙 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒.” ”
So, waarom sal ons – as ons weet wat ons weet en glo wat ons glo – nogsteeds onsself regmaak om vir alle ewigheid die prys van die sonde te betaal? Waarom sal ons aanhou daarmee as ons weet wat die uiteinde daarvan is? Ja, net so seker soos God se liefde en genade is vir dié wat in Hom glo, net so seker is die dood en hel vir dié wat nie glo nie. Nie een van ons weet hoe lank ons hier sal wees nie en Jesus se vermaning is duidelik: Maak jou saak reg, terwyl jy tyd het. Aanvaar jou verlossing – gratis en verniet – van die Regter wat eendag die groot oordeel sal bring. Maak die saak reg.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Ek moet elke dag om vergifnis vra en elke dag in verwondering staan oor die groot Regter wat my vryspreek, omdat Hy sélf my straf op Homself geneem het.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Here Jesus, jammer dat U soveel skande en straf moes verduur as gevolg van my sonde. Vergewe my Here dat ek nogsteeds sondig. Help my om my saak elke dag reg te maak met U, sodat ek ook in die vrede kan lewe om te weet dat daar geen veroordeling wag vir my nie. Want ek bly in U en U in my. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-02-18 – 🆆🅾🅾🆁🅳🅴 🆅🅰🅽 🅱🅴🅼🅾🅴🅳🅸🅶🅸🅽🅶. (Kliek hier vir die klankgreep)
Wanneer ons in die Woord van God wandel, dit lees, dit deurdink en selfs worstel daarmee, dan ervaar ons dikwels God se vrede. Die lewe maak so bietjie meer sin en ons skep weer nuwe moed. Maar, ongelukkig, wanneer ons wegstap van ons binnekamer of studeerkamer of waar ook al ons tyd maak vir God, dan tref die realiteit van die wêreld ons skielik weer. Dan word ons vinnig weer voor versoekings en talle uitdagings gestel. Dan is ons weer in die wêreld waar ons gedurig ook herinner word aan ons sonde en ons begin twyfel of God regtig lief is vir ons.
In 1 Johannes 2, skryf Johannes vir die gelowiges wat ook al die uitdagings van die lewe moes deurmaak. Hierdie mense het ook gewonder of hulle goed genoeg is. Hulle het ook getwyfel in God se liefde. Ek meen, wanneer die wêreld se definisie van liefde so kontrasterend is van die Bybel, dan begin ons mos maklik wonder of die Bybel nie dalk een of ander Eutopiese verhaal is nie... Johannes kom herinner dan die Christene aan hulle nuwe lewe – die lewe wat jy neem van God se Woord en jou eie maak in Jesus Christus. Hy skryf in 1 Johannes 2:12-17 (AFR20):
“¹²𝐸𝑘 𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑤𝑒 𝑖𝑠 𝑜𝑝 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑁𝑎𝑎𝑚. ¹³𝐸𝑘 𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟𝑠, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝐻𝑜𝑚 𝑘𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑖𝑛 𝑎𝑓 𝑤𝑎𝑠. 𝐸𝑘 𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑗𝑜𝑛𝑔 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝐵𝑜𝑠𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑤𝑖𝑛 ℎ𝑒𝑡. ¹⁴𝐸𝑘 𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑘𝑒𝑛. 𝐸𝑘 𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟𝑠, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝐻𝑜𝑚 𝑘𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑖𝑛 𝑎𝑓 𝑤𝑎𝑠. 𝐸𝑘 𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑗𝑜𝑛𝑔 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑟𝑘 𝑖𝑠, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑙𝑦, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝐵𝑜𝑠𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑤𝑖𝑛 ℎ𝑒𝑡. ¹⁵𝑀𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑, 𝑜𝑓 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑖𝑠, 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒̂ 𝑛𝑖𝑒. 𝐴𝑠 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒𝑡, 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 ℎ𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒, ¹⁶𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 – 𝑑𝑖𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔𝑔𝑎𝑎𝑚 𝑏𝑒𝑔𝑒𝑒𝑟, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑒̈ 𝑏𝑒𝑔𝑒𝑒𝑟, 𝑎𝑟𝑟𝑜𝑔𝑎𝑛𝑡𝑒 𝑠𝑝𝑜𝑔𝑔𝑒𝑟𝑦 𝑜𝑜𝑟 𝑏𝑒𝑠𝑖𝑡𝑡𝑖𝑛𝑔𝑠 – 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑. ¹⁷𝐸𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑒𝑛 𝑠𝑦 𝑏𝑒𝑔𝑒𝑒𝑟𝑡𝑒𝑠 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑦, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑑𝑜𝑒𝑛, 𝑏𝑙𝑦 𝑡𝑜𝑡 𝑖𝑛 𝑒𝑤𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑.”
God se liefde vir ons is nie iets wat ons slegs in eredienste of Bybelstudie moet ervaar nie. Dit is iets wat ons ons eie moet maak en oral saamdra. Dit moet deel wees van wie jy is. Dawid het geskryf in Psalm 63:7-9 (AFR83):
“⁷𝐴𝑠 𝑒𝑘 𝑎𝑎𝑛 𝑈 𝑑𝑖𝑛𝑘 𝑜𝑝 𝑚𝑦 𝑏𝑒𝑑, 𝑜𝑜𝑟 𝑈 𝑝𝑒𝑖𝑛𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑔, 𝑑𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑒𝑘: ⁸𝑈 𝑖𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 '𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑝, 𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑖𝑔 𝑒𝑘 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑒𝑟𝑚𝑖𝑛𝑔 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑢 𝑣𝑙𝑒𝑢𝑒𝑙𝑠. ⁹𝐸𝑘 𝑏𝑙𝑦 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑛𝑎𝑏𝑦 𝑈, 𝑢 ℎ𝑎𝑛𝑑 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠𝑡𝑒𝑢𝑛 𝑚𝑦.”
Ja, selfs wanneer ons slaap, wanneer ons opstaan, wanneer ons werk, wanneer ons ontspan, wanneer ons in ’n erediens is of wanneer ons voor uitdagings te staan kom – selfs dan moet ons dink aan God se Woord en Sy beloftes dat Hy ons vir ewig lief het. Ons moet onthou dat Hy by ons is. Sy hand ondersteun ons.
In die wêreld lyk dit dikwels of God nie meer daar is nie, maar die wêreld lyk so omdat die mens so korrup is en nie meer genoeg tyd maak vir God nie. Eredienste en kerkwees is ’n mors van tyd vir baie mense. Daar is nie meer Bybelonderrig in skole nie. Huisgodsdiens is outyds. Die geleentheid vir jong mense om te leer om die Bose te oorwin verdwyn en vaders (en moeders) ken God nie meer nie. Dan wil ons ons hande in die lug gooi en vra waar is God – asof God op ons bevele moet gehoorsaam?
Regdeur God se Woord vind ons woorde van bemoediging soos in 1 Joh. 2. As ons nie tyd maak om daaroor te peins in die nag en regdeur die dag dit ons eie te maak deur die Woord wat in ons woon nie, gaan ons swaarkry soos die wêreld. Vind jou woorde van bemoediging in God se Woord elke dag en herinner jouself daaraan dat “...𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑒𝑛 𝑠𝑦 𝑏𝑒𝑔𝑒𝑒𝑟𝑡𝑒𝑠 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑦, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑑𝑜𝑒𝑛, 𝑏𝑙𝑦 𝑡𝑜𝑡 𝑖𝑛 𝑒𝑤𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑.”
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Is Bybelstudie, eredienste en God se Woord maar net ’n tydverdryf vir my? Besef ek God is altyd by my en dat ek Hom beter leer ken deur Sy Woord te bestudeer en dit in my hart saam met my te dra oral waar ek gaan?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Baie dankie Here dat U U Woord vir ons gegee het. Dankie dat ek elke dag daardeur bemoedig kan word, omdat U lewe en U Woord lewend en kragtig is. Lei my, Heilige Gees, dat ek U kerk sal wees by my gemeente, in my binnekamer en in die wêreld. Dankie dat ek hoop het wat strek tot in ewigheid. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-02-17 – 🅱🅴🅷🅾🅾🆁🆃 🅹🆈 🅰🅰🅽 🅹🅴🆂🆄🆂 ? (Kliek hier vir die klankgreep
Die heel eerste vraag in die Heidelbergse Kategismus vra die vraag: “𝘞𝘢𝘵 𝘪𝘴 𝘫𝘰𝘶 𝘦𝘯𝘪𝘨𝘴𝘵𝘦 𝘵𝘳𝘰𝘰𝘴 𝘪𝘯 𝘭𝘦𝘸𝘦 𝘦𝘯 𝘪𝘯 𝘴𝘵𝘦𝘳𝘸𝘦?” Miskien ken jy die lied wat ook gesing was in baie kerke hieroor. Jy weet mos, daardie een waar jy so lekker saamsing:
“𝘔𝘺 𝘦𝘯𝘪𝘨𝘴𝘵𝘦 𝘵𝘳𝘰𝘰𝘴 𝘪𝘯 𝘭𝘦𝘸𝘦 𝘦𝘯 𝘥𝘰𝘰𝘥
𝘪𝘴 𝘥𝘢𝘵 𝘦𝘬 𝘢𝘢𝘯 𝘑𝘦𝘴𝘶𝘴 𝘊𝘩𝘳𝘪𝘴𝘵𝘶𝘴 𝘣𝘦𝘩𝘰𝘰𝘳𝘵.
𝘔𝘦𝘵 𝘚𝘺 𝘬𝘰𝘴𝘣𝘢𝘳𝘦 𝘣𝘭𝘰𝘦𝘥 𝘩𝘦𝘵 𝘏𝘺 𝘮𝘺 𝘷𝘳𝘺𝘨𝘦𝘬𝘰𝘰𝘱.
𝘋𝘪𝘴 𝘮𝘺 𝘢𝘯𝘬𝘦𝘳, 𝘮𝘺 𝘷𝘢𝘴𝘵𝘦 𝘩𝘰𝘰𝘱.
𝘌𝘬 𝘣𝘦𝘩𝘰𝘰𝘳𝘵 𝘢𝘢𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘏𝘦𝘳𝘦 –
𝘕𝘪𝘬𝘴 𝘴𝘢𝘭 𝘮𝘺 𝘰𝘰𝘪𝘵 𝘷𝘢𝘯 𝘏𝘰𝘮 𝘬𝘢𝘯 𝘴𝘬𝘦𝘪.
𝘔𝘦𝘵 𝘚𝘺 𝘬𝘰𝘴𝘣𝘢𝘳𝘦 𝘣𝘭𝘰𝘦𝘥 𝘩𝘦𝘵 𝘏𝘺 𝘮𝘺 𝘷𝘳𝘺𝘨𝘦𝘬𝘰𝘰𝘱.
𝘋𝘪𝘴 𝘮𝘺 𝘢𝘯𝘬𝘦𝘳 𝘮𝘺 𝘷𝘢𝘴𝘵𝘦 𝘩𝘰𝘰𝘱.”
Ja, dit is die antwoord op daardie eerste vraag van die Heidelbergse Kategismus. In hierdie lewe is daar eintlik maar weinig min dinge wat vas en seker is. Amper elke dag kan iets verander. Die enigste konstante ding in die lewe, is verandering. Daar is min dinge wat ons kan hoop gee en troos bied in moeilike tye en ons vergeet soms nogal maklik dat ons eindbestemming nie hier op aarde is nie. Ons behoort nie aan hierdie wêreld nie.
Die res van die antwoord op daardie eerste vraag sê vir ons: “𝘏𝘺 𝘩𝘦𝘵 𝘮𝘦𝘵 𝘴𝘺 𝘬𝘰𝘴𝘣𝘢𝘳𝘦 𝘣𝘭𝘰𝘦𝘥 𝘷𝘪𝘳 𝘢𝘭 𝘮𝘺 𝘴𝘰𝘯𝘥𝘦𝘴 𝘵𝘦𝘯 𝘷𝘰𝘭𝘭𝘦 𝘣𝘦𝘵𝘢𝘢𝘭 𝘦𝘯 𝘮𝘺 𝘶𝘪𝘵 𝘢𝘭𝘭𝘦 𝘩𝘦𝘦𝘳𝘴𝘬𝘢𝘱𝘱𝘺 𝘷𝘢𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘥𝘶𝘪𝘸𝘦𝘭 𝘷𝘦𝘳𝘭𝘰𝘴. 𝘏𝘺 𝘣𝘦𝘸𝘢𝘢𝘳 𝘮𝘺 𝘰𝘱 𝘴𝘰 '𝘯 𝘸𝘺𝘴𝘦 𝘥𝘢𝘵 𝘴𝘰𝘯𝘥𝘦𝘳 𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘪𝘭 𝘷𝘢𝘯 𝘮𝘺 𝘩𝘦𝘮𝘦𝘭𝘴𝘦 𝘝𝘢𝘥𝘦𝘳, 𝘨𝘦𝘦𝘯 𝘩𝘢𝘢𝘳 𝘷𝘢𝘯 𝘮𝘺 𝘬𝘰𝘱 𝘬𝘢𝘯 𝘷𝘢𝘭 𝘯𝘪𝘦. 𝘈𝘭𝘭𝘦𝘴 𝘮𝘰𝘦𝘵 𝘪𝘯𝘥𝘦𝘳𝘥𝘢𝘢𝘥 𝘵𝘰𝘵 𝘮𝘺 𝘴𝘢𝘭𝘪𝘨𝘩𝘦𝘪𝘥 𝘥𝘪𝘦𝘯. 𝘋𝘢𝘢𝘳𝘰𝘮 𝘷𝘦𝘳𝘴𝘦𝘬𝘦𝘳 𝘏𝘺 𝘮𝘺 𝘰𝘰𝘬 𝘥𝘦𝘶𝘳 𝘴𝘺 𝘏𝘦𝘪𝘭𝘪𝘨𝘦 𝘎𝘦𝘦𝘴 𝘷𝘢𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘦𝘸𝘪𝘨𝘦 𝘭𝘦𝘸𝘦 𝘦𝘯 𝘮𝘢𝘢𝘬 𝘏𝘺 𝘮𝘺 𝘷𝘢𝘯 𝘩𝘢𝘳𝘵𝘦 𝘨𝘦𝘸𝘪𝘭𝘭𝘪𝘨 𝘦𝘯 𝘣𝘦𝘳𝘦𝘪𝘥 𝘰𝘮 𝘷𝘰𝘰𝘳𝘵𝘢𝘢𝘯 𝘷𝘪𝘳 𝘏𝘰𝘮 𝘵𝘦 𝘭𝘦𝘸𝘦.”
Weereens, gaan God se goedheid teenoor ons, as sondige mense, ons verstande te bowe. “Het God my regtig lief? Hoe kan Hy? Ek het myself dan nie altyd lief nie? Ek sukkel dan nogsteeds dikwels met die sonde...”
Ja, ons sukkel maar nogsteeds soms met die sonde, maar dit bring my terug by vandag se tema vraag: “Behoort jy aan Jesus?” Paulus skryf in Romeine 8:1-9 (AFR20):
“¹𝐷𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝑑𝑎𝑛 𝑛𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒𝑔𝑒𝑛𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒. ²𝐷𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑔𝑒𝑒, ℎ𝑒𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑣𝑟𝑦𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑. ³𝐷𝑖𝑡 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑡𝑜𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡, 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑤𝑎𝑘 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑, 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑡 𝑤𝑎𝑠 𝑛𝑖𝑒, ℎ𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛: 𝐷𝑒𝑢𝑟 𝑠𝑦 𝑒𝑖𝑒 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛𝑤𝑒𝑒̈ 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑎𝑙𝑡𝑒 𝑣𝑎𝑛 '𝑛 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑡𝑒 𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟, ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙, ⁴𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑒𝑖𝑠𝑡𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑖𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑢𝑙 𝑘𝑜𝑛 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑜𝑛𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑 𝑙𝑒𝑒𝑓 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠. ⁵𝑊𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑 𝑙𝑒𝑒𝑓, 𝑏𝑒𝑑𝑖𝑛𝑘 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒𝑔𝑒𝑛𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑙𝑒𝑒𝑓, 𝑏𝑒𝑑𝑖𝑛𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠. ⁶𝐷𝑖𝑒 𝑑𝑒𝑛𝑘𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑 𝑙𝑜𝑜𝑝 𝑢𝑖𝑡 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑒𝑛𝑘𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑏𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑒𝑛 𝑣𝑟𝑒𝑑𝑒. ⁷𝐷𝑖𝑒 𝑑𝑒𝑛𝑘𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑 𝑖𝑠 𝑣𝑦𝑎𝑛𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝐺𝑜𝑑; 𝑑𝑖𝑡 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑤𝑒𝑟𝑝 ℎ𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑛𝑖𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑘𝑎𝑛 𝑜𝑜𝑘 𝑛𝑖𝑒. ⁸𝑊𝑖𝑒 𝑖𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑 𝑏𝑙𝑦, 𝑘𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑡𝑒𝑣𝑟𝑒𝑑𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑙 𝑛𝑖𝑒. ⁹𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑒𝑛𝑡𝑒𝑒𝑛, 𝑏𝑙𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 – 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑑𝑎𝑎𝑑 𝑖𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑛. 𝐴𝑠 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒, 𝑏𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑡 ℎ𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒.”
Hierdie teks is reguit en veel meer hoef ek nie te sê nie. Lees dit weer op jou eie deur, 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕟𝕒 𝕕𝕒𝕒𝕣𝕠𝕠𝕣, en beantwoord die vraag: Behoort ek aan Jesus? Lei Sy Gees my?
Hoor jy dit? Besef jy dit? Maak nie saak wat in jou lewe nou gebeur nie; maak nie saak watter hartseer of pyn jy of jou geliefdes deurmaak nie; maak nie saak hoe donker dinge dalk lyk nie – troos jouself daarin dat jy aan Jesus behoort en dat jy vry is. Laat die Gees jou lei, versterk en troos. God het jou regtig lief.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Baie dankie Here Jesus, dat ek in lewe en sterwe aan U kan behoort. Laat my my lewe hier op aarde só lewe, dat dit waardig sal wees van die lewe wat ek vir alle ewigheid by U sal hê. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-02-16 – 🆅🆁🅾🆃 🅹🆈 🆅🅰🅽 🅱🅸🅽🅽🅴 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Het jy al ooit ’n appel of ’n perske of een of ander vrug geneem om te eet en, wanneer jy daardie eerste byt vat, kom jy agter dat die vrug vrot is binne? Van buite lyk dit mooi, sappig en vullend. In jou gedagtes is hierdie vrug goed vir jou, maar wanneer jy agterkom wat binne aangaan, is dit ’n baie onaangename ervaring. Partymaal is die saad van die vrug sleg en soms is dit as gevolg van vrugtevlieë wat hul eiers in die vrug gelê het. Die gaatjie wat gemaak was om die eiers te lê het mooi genees en die uiterlike van die vrug lyk mooi, maar wat binne aangaan is ’n heel ander storie...
So is mense ook maar dikwels. Jy leer iemand ken wat dalk ’n goeie posisie in ’n werk het, dalk ’n belangrike posisie in die samelewing of selfs in die kerk. Van buite is hulle mooi. Hulle vertoon mooi en doen en sê die mooiste dinge, maar wanneer jy hulle leer ken, dan kom jy agter dat hulle ook maar van binne af begin vrot. Die sonde is ingeplant iewers in hul verlede en die wond het dalk mooi gesond geword, maar die larwes broei nog binne – dit begin hulle opvreet van binne. Soms is óns hierdie mense.
Dit is baie moeilik om in ’n materialistiese wêreld nie ook in daardie strik te trap nie. Ons probeer so graag ook die beste huis, kar, skool vir ons kinders, klere, vakansiehuis of –bestemming en allerhande materiële gemoedsrus op te bou. Ons swoeg en sweet om goed te lyk, belangrik te wees en genoeg aansien te geniet onder die mense, maar binne vrot ons. Ons het soms ’n sonde van ons verlede wat ons opvreet van binne en soms is dit juis die sonde van gierigheid wat ons so opvreet van binne. Ons kyk vir onsself in die spieël en dink dat ons niks makeer nie, maar tog voel ons in ons binneste dat iets nie reg is nie – daar is iets binne ons wat ons weet ons een of ander tyd nutteloos gaan maak en ons op die ashoop laat beland.
In Lukas 11 word vertel van toe Jesus by ’n Fariseër gaan eet het en, omdat Jesus nie gewas het voordat Hy eet nie, het die Fariseër hom streng aangespreek, omdat Jesus mos nou nie voldoen aan die hoë sosiale standaarde van die mens nie. Jesus antwoord die Fariseer in Lukas 11:39-44 (AFR20):
“𝐽𝑎, 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝐹𝑎𝑟𝑖𝑠𝑒𝑒̈𝑟𝑠, 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑢𝑖𝑡𝑒𝑘𝑎𝑛𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑟 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑘𝑜𝑡𝑡𝑒𝑙 𝑠𝑘𝑜𝑜𝑛, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑏𝑖𝑛𝑛𝑒 𝑖𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑜𝑙 𝑖𝑛ℎ𝑎𝑙𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝑏𝑜𝑜𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑. ⁴⁰𝐷𝑤𝑎𝑠𝑒! 𝐻𝑒𝑡 𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑢𝑖𝑡𝑒𝑘𝑎𝑛𝑡 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 ℎ𝑒𝑡, 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑖𝑛𝑛𝑒𝑘𝑎𝑛𝑡 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑛𝑖𝑒? ⁴¹𝐺𝑒𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑤𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑖𝑛ℎ𝑜𝑢𝑑 𝑣𝑖𝑟 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑎𝑑𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑑𝑎𝑛 𝑠𝑎𝑙 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑘𝑜𝑜𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑠. ⁴²𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑒𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝐹𝑎𝑟𝑖𝑠𝑒𝑒̈𝑟𝑠, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑒 𝑡𝑖𝑒𝑛𝑑𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑘𝑟𝑢𝑖𝑠𝑒𝑚𝑒𝑛𝑡 𝑒𝑛 𝑤𝑦𝑛𝑟𝑢𝑖𝑡 𝑒𝑛 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑟ℎ𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑠𝑜𝑜𝑟𝑡𝑒 𝑘𝑟𝑢𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑎𝑎𝑟𝑙𝑜𝑜𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑒𝑔 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝐺𝑜𝑑. 𝐻𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑛𝑎 𝑡𝑒 𝑙𝑎𝑎𝑡. ⁴³𝑊𝑒𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝐹𝑎𝑟𝑖𝑠𝑒𝑒̈𝑟𝑠, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑜𝑢 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑟𝑒𝑝𝑙𝑒𝑘𝑘𝑒 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 •𝑠𝑖𝑛𝑎𝑔𝑜𝑔𝑒𝑠 𝑒𝑛 𝑜𝑚 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑟𝑘𝑝𝑙𝑒𝑖𝑛𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑟𝑜𝑒𝑡 𝑡𝑒 𝑤𝑜𝑟𝑑. ⁴⁴𝑊𝑒𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑠 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑜𝑛𝑔𝑒𝑚𝑒𝑟𝑘𝑡𝑒 𝑔𝑟𝑎𝑓𝑡𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑙𝑜𝑜𝑝 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑡 𝑡𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑒𝑓.”
Weet jy, dit help nie ons probeer ons bes om te voldoen aan die standaarde van die mensdom, terwyl ons nalaat om onsself van binne te laat reinig nie. Om goed te doen, goed te praat en goed te lyk, beteken nie dat jy goed is nie. Ek sê nou glad nie dat ons nie moet omgee oor ons voorkoms nie – ons moet tog sorg vir die liggaam wat God vir ons gegee het. Maar, ons moet meer aandag gee aan hoe die vrugte lyk wat ons dra. Doen ons dinge om die aansien van mense te verwerf, of is dit tot eer van God? Lyk alles mooi in ons lewe, maar binne ons is dit vrot?
Jesus Christus het gekom sodat ons van binne gereinig kan word. Daardie larwes wat die sonde in jou geplant het, kan nie net doodgemaak word nie, maar heeltemal verwyder word, sodat jy weer gesond van binne en buite kan lyk. Moenie dwaas wees soos die Fariseërs nie. Moenie ’n ongemerkte graf word nie. Jy is nie dood nie, want Jesus Christus, ons Here, leef in ons! Doen die mooi dinge. Doen die regte dinge. Sê die regte dinge. Lyk reg. Maar, wees reg! Omdat jy van binne skoon en gesond is. Net deur Jesus Christus kan jy skoon wees.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Besef ek dat God my só lief het, dat Hy enige sonde van my verlede kan vergewe en my weer heeltemal rein en nuttig maak vir Hom?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Hemelse Vader, ek is dikwels vrot aan die binnekant. Ek probeer voorgee vir die wêreld en vir myself dat ek nie so is nie, maar U ken die waarheid. Reinig my en neem alles wat vrot is binne my weg. Maak my rein en nuttig vir U en tot U eer alleen. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-02-15 – “🅹🅰 - 🅽🅴🅴” (Kliek hier vir die klankgreep)
Dit is vir my altyd lekker om te luister hoe mense praat. Baie kere as iemand ’n opinie oor iets wil lug dan sal hulle eerste woord reeds weggee hoe hulle oor die saak voel. Party mense begin hulle sin met “Ja, kyk...”, ander weer met “Nee, weet jy...”, en dan kry ons natuurlik ook die “Ja-nee...” Dis nou nie altyd so nie, maar gewoonlik is die “Ja-nee” opinies van die soort wat nie heeltemal weet wat om met die saak te maak nie – asof hulle nog klaarheid soek om ’n besluit te neem. Dikwels, sonder dat ons dit agterkom, word dit sommer deel van die manier waarop ons praat.
Sonder om eers te besef, kan ons woordkeuse ons gemoed verander. Hoe meer “Nee, weet jy...” jy uiter, hoe negatiewer is jy oor sake. Hoe meer “Ja-nee” uit jou mond kom, hoe onsekerder raak jy oor talle dinge. Hoe meer “Ja, kyk...” kan soms positief wees, maar soms ook dui op ’n opinie wat jou erg krities op die kantlyn los. Sjoe, kan jy glo? Daardie eenvoudige woordjies kan nogal baie sê, of hoe?
Om hierdie rede, is dit nogal baie belangrik dat ons ons woorde reg kies. Ons woorde, soos gister genoem, moet kom vanuit ons harte en daarom moet ons woorde gelei word deur God se liefde en vrede wat vloei vanuit Sy Gees wat in ons woon. Soos met die psalmdigter van Psalm 120, moet ons versigtig wees dat ons nie verkeerd verstaan word nie, terwyl ons aandag gee daaraan dat ons woorde opreg is. Ons moet hou by ons woord en ons moet die regte ding sê en doen. Jesus het ook tydens Sy bergrede die mense geleer dat jou “ja” werklik “ja” moet beteken, en jou “nee” werklik “nee”(Matt. 5:37). Met ander woorde, moenie dubbele standaarde handhaaf nie. Hou by wat jy sê en wees seker van wat jy sê voor jy dit sê. Opinies is dikwels nie goed deurdink nie en kan ons gou in die moeilikheid kry. Dink voor jy praat.
Paulus skryf ook in sy tweede brief aan die gemeente in Korinte:
“¹⁸𝑀𝑎𝑎𝑟 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠 𝑔𝑒𝑡𝑟𝑜𝑢 – 𝑜𝑛𝑠 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑡𝑒𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘 “𝑗𝑎” 𝑒𝑛 “𝑛𝑒𝑒” 𝑛𝑖𝑒; ¹⁹𝑤𝑎𝑛𝑡 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠, 𝑑𝑖𝑒 •𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑, 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑖𝑠, 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑚𝑦 𝑒𝑛 𝑆𝑖𝑙𝑣𝑎𝑛𝑢𝑠 𝑒𝑛 𝑇𝑖𝑚𝑜𝑡𝑒𝑢𝑠, 𝑤𝑎𝑠 𝑛𝑖𝑒 “𝑗𝑎” 𝑒́𝑛 “𝑛𝑒𝑒” 𝑛𝑖𝑒 – 𝑖𝑛𝑡𝑒𝑒𝑛𝑑𝑒𝑒𝑙, 𝑖𝑛 𝐻𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑡 “𝑗𝑎” 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑟𝑑. ²⁰𝑊𝑎𝑛𝑡 ℎ𝑜𝑒𝑣𝑒𝑒𝑙 𝑏𝑒𝑙𝑜𝑓𝑡𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑜𝑘 𝑚𝑎𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠, 𝑖𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑖𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 “𝑗𝑎”; 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑠𝑒̂ 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝐻𝑜𝑚 “•𝑎𝑚𝑒𝑛” 𝑎𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑, 𝑡𝑜𝑡 𝑠𝑦 𝑒𝑒𝑟.” – 2 Korintiërs 1:18-20 (AFR20)
Sien, toe God Sy beloftes aan Abraham gemaak het en, regdeur die geskiedenis van Sy volk, toe Hy gepraat het van verlossing en redding en alles wat goed is vir die mens wat aan Hom gehoorsaam bly en in Hom glo, het hierdie beloftes waar geword in Jesus Christus, ons Here. Jesus het ook, wanneer Hy gepraat het met die mense, geen dubbele standaarde gehad nie. Hy het, gevul met die Gees, geen opinies gehad nie, maar slegs die waarheid gespreek. Regdeur die evangelies lees ons hoe die mense in verwondering gestaan het oor die gesag waarmee Jesus gepraat het. Hoe het Hy dit gedoen? Natuurlik was en is Hy God en het dit natuurlik gekom vir Hom.
Ons kan seker nou maklik dit as ons verskoning gebruik wanneer ons sukkel daarmee. Ons is mos nie God nie... Maar weet jy, dieselfde Gees wat Jesus in ’n maagd verwek het, dieselfde Gees wat Jesus gelei het, dieselfde Gees wat Hom uit die dood opgewek het, dieselfde Gees wat Hom laat opvaar het hemel toe, dieselfde Gees wat voor die skepping oor die waters van die aarde gesweef het... daardie einste Heilige Gees het Jesus vir ons gegee, sodat ons nooit alleen sal wees nie en sodat ons altyd gelei kan word in ons lewe op aarde.
En hier kan ons regtigwaar nou maar die woorde “Ja-nee” gebruik: “Ja-nee, ek weet nie en kan nie verstaan dat God ons só lief het nie.” Verstaan jy? Want ek kan nie. Wat ek wel verstaan is dat hierdie ’n liefde en genade is wat my verstand te bowe gaan.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Is my “ja” my “ja” en my “nee” my “nee”, of leef ek dalk met dubbel-standaarde?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Dankie Here Jesus dat U U Heilige Gees gegee het om vir altyd met my te wees. Lei my, o Heilige Gees, om my woorde reg te kies en slegs te praat wat waar is. Dankie Here dat U beloftes waar is in Jesus Christus, my Here. Al verstaan ek dit nie alles nie, help my om dit te aanvaar en ook my eie te maak. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-02-14 – 🆂🅿🆁🅴🅴🅺 🅶🅾🅳 🆂🅴 🅻🅸🅴🅵🅳🅴. (Kliek hier vir die klankgreep)
Verhoudings is soms moeilik. Ons probeer so hard om goed te doen aan die ander persoon, maar omdat onsself en die ander persone nie volmaak is nie, is dit amper ’n gegewe dat daar konflik sal wees een of ander tyd. En as daar konflik is, word woord gewissel. Dikwels is dit woorde wat jy na die wens jy kon terugvat – woorde wat jy wens jy nooit gespreek het nie. As die humeure amper op kookpunt staan, kan jy soms ook iets sê wat anders bedoel word, maar die ander persoon interpreteer dit verkeerd – hulle “vat dit verkeerd op”, soos die mense mos sê. Maak nie saak wat jy dan sê nie, dit kom verkeerd uit.
Die psalmdigter van Psalm 120 het ook hierdie gevoel ervaar. Hy skryf (verse 2-7 AFR20):
“²𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑏𝑒𝑣𝑟𝑦 𝑚𝑦 𝑙𝑒𝑤𝑒, 𝑣𝑎𝑛 𝑙𝑖𝑝𝑝𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑙𝑖𝑒𝑔, 𝑣𝑎𝑛 '𝑛 𝑡𝑜𝑛𝑔 𝑤𝑎𝑡 𝑏𝑒𝑑𝑟𝑖𝑒𝑔.
³𝑊𝑎𝑡 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝐻𝑦 𝑗𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑒, 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝐻𝑦 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑏𝑦𝑣𝑜𝑒𝑔, 𝑏𝑒𝑑𝑟𝑖𝑒𝑔𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑡𝑜𝑛𝑔?
⁴𝐷𝑖𝑒 𝑠𝑘𝑒𝑟𝑝𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘𝑡𝑒 𝑝𝑦𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 '𝑛 ℎ𝑒𝑙𝑑 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑔𝑙𝑜𝑒𝑖𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑘𝑜𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 '𝑛 𝑤𝑖𝑡𝑏𝑒𝑠𝑒𝑚𝑏𝑜𝑠!
⁵𝑊𝑒𝑒 𝑚𝑦, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑒𝑘 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑜𝑒𝑓 𝑎𝑠 '𝑛 •𝑣𝑟𝑒𝑒𝑚𝑑𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔 𝑖𝑛 𝑀𝑒𝑠𝑒𝑔; 𝑒𝑘 𝑤𝑜𝑜𝑛 𝑏𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑒𝑛𝑡𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝐾𝑒𝑑𝑎𝑟.
⁶𝑇𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑘 𝑤𝑜𝑜𝑛 𝑒𝑘 𝑏𝑦 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑟𝑒𝑑𝑒 ℎ𝑎𝑎𝑡.
⁷𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑣𝑟𝑒𝑑𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑒𝑘 𝑝𝑟𝑎𝑎𝑡, 𝑖𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑟𝑒𝑒𝑑 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑜𝑟𝑙𝑜𝑔.”
Is dit nie vreemd hoe ons op spesiale dae baie meer daarop let om ons woorde reg te kies nie? Op verjaarsdae, huweliksherdenkings, Valentynsdag en sulke tipe dae, sal ons makliker mooi woorde kies en is ons gemoedere ook rustiger. Ons vergewe makliker en lees dan nie sommer verkeerde bedoelings in ander se woorde nie, want die kanse is goed dat die ander persoon ook meer geneig is tot liefdevolle gevoelens en -woorde op só ’n dag. Dis amper asof ons liewer is vir mense op “spesiale dae”. Maar wag net tot daardie spesiale dag verby is... Dan is ons tonge weer bedrieglik en skiet dit sommer vanself brandende pyle wat vernietig. Jy swoeg en sweet vir jare om ’n plantasie van liefde te groei, maar een ou klein pyltjie, gelaai met ’n gloeiende kool, kan ’n hele plantasie afbrand!
Dalk is jy vir vrede. Dalk is jy vir haat? Dink bietjie daaroor... As iemand iets sê, verwag jy dat dit iets sleg sal wees? Of wag jy vir net een woordjie wat jy kan verdraai? Sodat jy kan gereedmaak vir oorlog?
Het jy al ooit gewonder hoekom jy gewoonlik rustig, in vrede en met ontsag met God praat? Dit is baie selde dat ons anders na God sal gaan. Ons sal definitief nie met God praat soos ons met sommige mense praat nie! Hoekom? Want God is God. God is liefde. Sy woorde aan ons gaan oor hoe lief Hy ons het en hoe graag Hy die beste vir ons wil hê. God praat liefde en ons maak gereed vir oorlog? Nee. Ons is mos vir vrede. Ons soek vrede. Ons kan nie wat God sê verdraai nie. God se tong is nie bedrieglik nie – dit praat nét die waarheid.
Ja, soms is ons vir té lank tussen hulle wat vrede haat; soms haat ons ook vrede. Die woorde wat ons uiter verklap dan ons harte. Vertoef eerder by Hom wat jou ’n vrede kan gee wat alle verstand te bowe gaan. Luister eerder na die woorde van liefde wat God in jou hart spreek en uiter eerder daardie woorde. Spreek liefde. Nie net menseliefde nie, maar liefde wat alle sonde, seer en onvolmaaktheid bedek – God se liefde. Elke dag is ’n spesiale dag, want elke dag is God nét so lief vir jou soos gister en soos môre.
Die eerste vers van Psalm 120 sê: “𝑁𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑘 𝑖𝑛 𝑚𝑦 𝑛𝑜𝑜𝑑𝑔𝑒𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑒𝑛 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑.”
Roep God aan. Hoor Sy stem. Laat Hy jou tong beheer en vir jou die woorde van liefde gee om te spreek. 𝑺𝒑𝒓𝒆𝒆𝒌 𝑮𝒐𝒅 𝒔𝒆 𝒍𝒊𝒆𝒇𝒅𝒆.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Is ek soms nie vir vrede nie? Maak ek dalk ook te gou gereed vir oorlog?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Here, hoor my hart se hulpgeroep in moeilike situasies en verhoudings. Antwoord my asseblief en laat ek U stem en woorde van vrede en liefde hoor. Help my om dít te spreek. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-02-12 – 🅾🅾🆂, 🆆🅴🆂, 🆃🆄🅸🆂 🅱🅴🆂 ! (Kliek hier vir die klankgreep)
In Lukas 15 vertel Jesus drie gelykenisse: die verlore skaap, die verlore muntstuk en die verlore seun (gaan lees dit asseblief op jou eie deur). Deur hierdie gelykenisse probeer Jesus aan die mense verduidelik wat dit vir God beteken wanneer ’n sondaar hom/haar bekeer.
In die eerste gelykenis vertel Hy van hoe ’n herder hom verheug oor die een verlore skaap wat weer gevind word. Die herder het 100 skape waarvoor hy moet sorg, maar net een raak weg. Die ander 99 is goed versorg en veilig, daarom kan hy hulle maar los terwyl hy soek na die een verlore skapie. Die ander 99 sal bymekaar bly en, alhoewel hulle sonder die herder die gevaar staan van die elemente en rowers en roofdiere, het hulle darem krag in getalle – hulle kan mekaar ook beskerm.
Jesus is ons Herder en gelukkig vir ons is Hy alomteenwoordig. Terwyl Hy soek en ywer om die verlore mens te soek en tot bekering te bring, is Hy nogsteeds met die res van ons. Hy beskerm ons en help ons en sorg vir ons. Wanneer Hy daardie een verlore siel vind, is Hy baie bly. Die trop is bly. Die hemele juig. Daarom juig die kerk ook oor een persoon wat weer sy/haar pad terugvind. Ons wil mos graag eerder ’n volledige liggaam wees.
Dieselfde geld vir die muntstuk se gelykenis. Jesus verduidelik aan die mense hoe waardevol slegs een muntstuk is vir die eienaar daarvan. Alhoewel een muntstuk dalk vir baie mense min beteken, is dit juis daardie een muntstuk wat die begroting laat klop. Daarom is dit so belangrik dat daardie een muntstuk gevind word, sodat dit gebruik kan word. Die een muntstuk – al is dit klein of groot, met min of baie waarde volgens die mens – is net so belangrik in die beursie van die eienaar soos al die ander muntstukke. Sonder daardie muntstuk, kan die begroting nie behoorlik klop nie.
En dan, in die gelykenis van die verlore seun, kom vertel Jesus ons op ’n meer persoonlike manier hoeveel ons vir die Vader beteken. Skape en muntstukke kan dalk net aardse waarde inhou, maar ’n mens is veel meer werd. Daarom vertel Jesus aan die mense hoe baie dit vir die Vader beteken as een sondaar hom/haar bekeer. In die gelykenisse van die verlore skaap en –muntstuk, “...𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑏𝑙𝑦𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑤𝑒𝑒𝑠...” en “...𝑖𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑏𝑙𝑦𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝐺𝑜𝑑 𝑠𝑒 𝑒𝑛𝑔𝑒𝑙𝑒...” (Luk. 15:7,10 AFR20), maar in die gelykenis van die verlore seun, probeer Jesus met meer erns aan hulle verduidelik waaroor bekering gaan. Aan die einde van die gelykenis, praat die Vader met die seun se broer en sê: “³²𝑂𝑛𝑠 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑓𝑒𝑒𝑠𝑣𝑖𝑒𝑟 𝑒𝑛 𝑏𝑙𝑦 𝑤𝑒𝑒𝑠, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑠 𝑑𝑜𝑜𝑑, 𝑒𝑛 ℎ𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑟𝑑. 𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑟𝑒, 𝑒𝑛 𝑖𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑣𝑖𝑛𝑑!” (Luk. 15:32 AFR20)
Wanneer jy wegdwaal van God, hou Hy nooit op om jou lief te hê nie. Hy verlang na jou. Hy soek jou. Jy is vir Hom só belangrik, dat Hy bereid is om dié wat reeds gered is vir eers te los – want hulle is veilig – net om meer aandag aan jou te spandeer. Hy sal die meubels rondskuif en ’n lamp opsteek in die donker wêreld, net om jou te vind. Maak nie saak wat jy al gedoen het nie, maak nie saak of jy alles wat Hy jou verniet gegee het, vermors het nie. As jy jou pad terugvind huis toe, vier die Vader fees oor jou. Jy is die ’n eregas en jy word onthaal soos die koningskind wat jy is. Die hemele juig en die engele sing oor God se liefde en genade. Al wat jy moet doen, is om, soos die verlore seun, te erken: “‘𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟, 𝑒𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑒𝑛 𝑖𝑛 𝑢 𝑜𝑒̈. 𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑤𝑒𝑟𝑑 𝑜𝑚 𝑢 𝑘𝑖𝑛𝑑 (𝑠𝑒𝑢𝑛) 𝑔𝑒𝑛𝑜𝑒𝑚 𝑡𝑒 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒.’” (Luk. 15:21 AFR20)
Ons is nie werd om God se kinders genoem te word nie, maar God het ons lief soos ons is en daarom het Hy ons té lief om ons te los soos en waar ons is. Hy kom haal ons uit die gemors en verwelkom ons altyd weer terug in Sy huis.
𝑱𝒚 𝒘𝒆𝒆𝒕 𝒕𝒐𝒈 𝒘𝒂𝒂𝒓 𝒋𝒐𝒖 𝒉𝒖𝒊𝒔 𝒊𝒔, 𝒐𝒇 𝒉𝒐𝒆? 𝑶𝒐𝒔, 𝒘𝒆𝒔, 𝒕𝒖𝒊𝒔 𝒃𝒆𝒔!
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Is dit dalk tyd dat ek weer terugkeer na my hemelse Vader? Is daar dalk ander broers en suster wat ek kan help om weer hul pad huis toe te vind?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Dankie liewe Vader, dat U my weer en weer vergewe. Help my om by U te bly. In U sorg en onder U dak is dinge net soveel beter. Help my om my broers en suster ook veilig te hou by U. Amen
···ᶜᴶˢ···
2022-02-11 – 🅺🅴🅴🆁 🆃🅴🆁🆄🅶 🅷🆄🅸🆂 🆃🅾🅴. (Kliek heir vir die klankgreep)
Wanneer ons as vreemdelinge in die wêreld lewe, moet ons dikwels vlug vir ons lewens. Dalk nou nie fisies nie, maar ons moet wegvlug van die sonde om ons siele te red. Ons dink so dikwels dat ons sterk genoeg is om maar tussen die sonde te leef en ons nie daaraan te steur nie, maar dit is soos met die verhaal van die verlore seun: uiteindelik eindig hy op tussen die varke en, al is hy nie ’n vark nie, leef, ruik en voel hy soos een, hy eet selfs hulle kos. Nee, wanneer ons wedergebore is, kan ons nie wil aanhou met die sonde nie. Ons moet wegbly daarvan. Ons moet versoekings met alle mag probeer vermy. Soms is dit onmoontlik om dit te vermy, maar dan moet ons dat God se krag ons oorneem.
Petrus skryf vêrder in 1 Petrus 1:22-25 (AFR20):
“²²𝑂𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑛𝑛𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘𝑒, 𝑖𝑛 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑠𝑎𝑎𝑚ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑡𝑜𝑡 𝑜𝑛𝑔𝑒𝑣𝑒𝑖𝑛𝑠𝑑𝑒 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑑𝑒𝑟𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑔𝑒𝑟𝑒𝑖𝑛𝑖𝑔 ℎ𝑒𝑡, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑛𝑛𝑖𝑔 𝑚𝑒𝑡 𝑟𝑒𝑖𝑛 ℎ𝑎𝑟𝑡𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒̂. ²³𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑠 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑟𝑒, 𝑛𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑎𝑛𝑘𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑑 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑢𝑖𝑡 𝑜𝑛𝑣𝑒𝑟𝑔𝑎𝑛𝑘𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑑 – 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑒𝑛 𝑏𝑙𝑦𝑤𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑. ²⁴𝑊𝑎𝑛𝑡: 𝐸𝑙𝑘𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑖𝑠 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑔𝑟𝑎𝑠, 𝑒𝑛 𝑎𝑙 𝑠𝑦 𝑝𝑟𝑎𝑔 𝑠𝑜𝑜𝑠 '𝑛 𝑣𝑒𝑙𝑑𝑏𝑙𝑜𝑚: 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑟𝑎𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑟𝑜𝑜𝑔 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑙𝑜𝑚 𝑣𝑎𝑙 𝑎𝑓; ²⁵𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑏𝑙𝑦 𝑡𝑜𝑡 𝑖𝑛 𝑒𝑤𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 – 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑣𝑎𝑛𝑔𝑒𝑙𝑖𝑒𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑖𝑠.”
Ons verkondig nie ’n verganklike hoop aan en in hierdie wêreld nie. Die lewende Woord van God, Jesus Christus, wat deur Sy Heilige Gees in ons woon, is ewig en onverganklik. Ons is wedergebore uit God en daarom moet ons aan mekaar die liefde van God wys en sonder voorbehoud uitdeel.
Voorheen was ons dalk soos die verlore seun, maar ons het teruggekeer huis toe. Die Vader het ’n fees gehou vir ons. Ons is welkom in Sy huis en Hy oorlaai ons met Sy guns en seën. Ons moet probeer om, soos Dawid in Psalm 23 geskryf het, “𝑡𝑢𝑖𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑢𝑖𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑡𝑜𝑡 𝑖𝑛 𝑙𝑒𝑛𝑔𝑡𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑎𝑒.” (Ps. 23:6 AFR83). Maar, ongelukkig dwaal ons nou en dan weer weg en gaan verken ons mos die wêreld. Ons weet mos dat ons in die wêreld is, maar nie van die wêreld nie. Soms is ons selfvertroue so goed, dat ons dink dat die sonde ons nooit weer kan vuilmaak nie, maar om net naby dit te wees, kan jou besmet – dit kan jou weer siek maak. Dis ’n gif wat deur jou vel kan syfer. Dit kan jou weer laat voel dat jy nie goed genoeg is nie...
Gelukkig, deur genade onbeskryflik groot, word jy deur Jesus Christus geregverdig en is jy goed genoeg voor God. Soos my een mentor eenmaal in ’n preek gesê het: God het jou lief net soos jy is, maar Hy het jou té lief om jou te los soos jy is.
Die 2020 Afrikaanse vertaling van Psalm 23:6 sê:
“𝑁𝑒𝑡 𝑔𝑜𝑒𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝑡𝑟𝑜𝑢𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑚𝑦 𝑣𝑜𝑙𝑔 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑙𝑒𝑤𝑒, 𝑒𝑛 𝑒𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑡𝑒𝑟𝑢𝑔𝑘𝑒𝑒𝑟 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑢𝑖𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑡𝑜𝑡 𝑖𝑛 𝑙𝑒𝑛𝑔𝑡𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑎𝑒.”
Waar ook al die wêreld of jou eie keuses jou neem, keer altyd terug na God. Goedheid en guns sal jou volg – troue liefde, God se liefde. Die sonde lyk soms soos pragtige veldblomme, maar Petrus herinner ons dat hulle wel sal verdroog en sterf. Jy is mooier as dit en jy is gebore vanuit die lewende en blywende Woord van God en God se Woord bly tot in ewigheid.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Vermy ek die sonde en versoekings? Of dink ek ek kan in my eie krag dit weerstaan?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Here, gee my krag om die versoekings te weerstaan. Help my om dit te vermy waar ek kan. Laat ek altyd my pad terugvind na U, na U huis, waar ek oorlaai word met U troue liefde. Amen
···ᶜᴶˢ···
2022-02-10 – 🆅🆁🅴🅴🅼🅳🅴🅻🅸🅽🅶🅴 🅸🅽 🅳🅸🅴 🆆ê🆁🅴🅻🅳. (Kliek hier vir die klankgreep)
Wanneer ons elke dag na ons hemelse Vader en groot Geneesheer toe gaan om ons daaglikse dosis van die lewende water te kry, begin ons al sterker staan. Al kwyn ons liggame van ouderdom en siekte en wie weet wat nog, kan ons sterk staan. Al kan ons nie uit ons eie geregverdig word nie, word ons op grond van Jesus Christus se groot verlossingsdaad en ons geloof in Hom, geregverdig voor God (vgl. Rom 3).
Ja, op grond van ons geloof, word ons gebrandmerk as “anders” in hierdie wêreld. Ons het ’n hoop wat die wêreld nie kan verstaan nie. Ons het geloof in Iemand wat hulle nie kan sien nie, omdat hulle nog nie geleer het om met God se oë na mense en die wêreld te kyk nie. Ons is as’t ware vreemdelinge in ’n baie bekende wêreld. Ons waardes is anders. Ons manier van optree is anders. Ons passies en prioriteite is anders. Dit laat ons soms “uit” voel. Dis nie lekker om nie aanvaar te word nie; om uitgesluit te word van baie dinge...
Petrus skryf in 1 Petrus 1 aan die Joodse Christene wat die wêreld in gevlug het:
“¹⁷𝐸𝑛 𝑎𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝐻𝑜𝑚 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑜𝑟𝑒𝑒𝑛𝑘𝑜𝑚𝑠𝑡𝑖𝑔 𝑒𝑙𝑘𝑒𝑒𝑛 𝑠𝑒 𝑜𝑝𝑡𝑟𝑒𝑑𝑒, 𝑤𝑒𝑙 𝑎𝑠 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑎𝑎𝑛𝑟𝑜𝑒𝑝, 𝑡𝑟𝑒𝑒 𝑑𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑡𝑠𝑎𝑔 𝑜𝑝 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑦𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑟𝑒𝑒𝑚𝑑𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔𝑠𝑘𝑎𝑝. ¹⁸𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑡𝑜𝑔 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑡 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑎𝑛𝑘𝑙𝑖𝑘𝑠, 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑠𝑖𝑙𝑤𝑒𝑟 𝑜𝑓 𝑔𝑜𝑢𝑑, 𝑙𝑜𝑠𝑔𝑒𝑘𝑜𝑜𝑝 𝑖𝑠 𝑢𝑖𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑖𝑛𝑙𝑜𝑠𝑒 𝑙𝑒𝑒𝑓𝑤𝑦𝑠𝑒, 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑔𝑒𝑙𝑒𝑤𝑒𝑟 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒, ¹⁹𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑜𝑠𝑔𝑒𝑘𝑜𝑜𝑝 𝑖𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑜𝑠𝑏𝑎𝑟𝑒 𝑏𝑙𝑜𝑒𝑑 𝑣𝑎𝑛 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠...” – 1 Petrus 1:17-19a (AFR20)
Die mense van Jerusalem het gevlug vir hul lewe. Om terug te keer na hul ou lewe in Jerusalem, sou hul dood beteken. Nou is hulle vreemdelinge in Pontus, Galasië, Kappadosië, Asië en Bitinië (1 Pet. 1:1). Hulle moet die verlede los in die verlede. Hulle kan nie wil teruggaan nie, dit sal fataal wees. Nee, hulle moet eerder – daar waar hulle hulleself bevind – met ontsag vir God optree en gehoorsaam bly aan Sy gebooie. Hulle moet aanhou reg laat geskied en reg lewe. Hulle moet nie weer gelyk raak aan die maniere van die wêreld nie. Hulle moet nie eers luister vir die goddeloses nie. Daar waar hulle is, moet hulle God sigbaar maak en Jesus Christus verkondig.
Ja, ons moet onsself ook heeltyd herinner dat ons losgekoop is met iets baie meer werd as goud en silwer. Ons moet vashou aan die Een wat ons losgekoop het. Ons moet nie terugkeer na die ou lewe nie. Dis té gevaarlik! Vir die ontvangers van Petrus se brief, sou ’n terugkeer na hul vorige lewe ’n fisiese dood veroorsaak. Maar om terug te keer na jou ou, sondige lewe en deur weer die raad van goddeloses te volg, lei na ’n ewige dood. Ons kan nie, ons 𝒎𝒂𝒈 nie terugkeer nie.
Dis nie lekker om ’n vreemdeling te wees nie, maar dis soms veiliger. Wees eerder ’n vreemdeling vir die wêreld, terwyl jy weet dat jy welkom en welbekend is in God se familie.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Hoe maklik of hoe graag wil ek soms terugkeer na die ou lewe?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Dankie Here dat ek ’n vreemdeling kan wees in die wêreld. Dankie dat ek anders kan wees. Help my om anders te wees. Mag ek my lewe in ontsag vir U leef, almagtige God en Vader. Amen
···ᶜᴶˢ···
2022-02-09 – 🅶🅰🅰🅽 🅳🅾🅺🆃🅴🆁 🆃🅾🅴. (Kliek hier vir die klankgreep)
Om God se genade te begryp, is dit nodig dat ons eers ons eie sondigheid besef. Toe Adam en Eva gesondig het, het hulle allerhande slegte dinge die wêreld ingebring. Daardie oordeelsfout van hulle om ongehoorsaam te wees, het gelei tot allerlei bose gebeure en korruptheid van die mensdom – korruptheid wat selfs God se volmaakte skepping beïnvloed het, tot só ’n mate dat dit siekte en dood insluit.
Wat hierdie nog erger maak, is dat dit nie net die kwyning van ons liggame insluit nie, maar daardie wilsbesluit het gelei daartoe dat ook ons siele die kans staan om siek te word en te sterf. Die mens se gedagtes word deurentyd geteister met idees van hoe om net te lewe vir die “hier en nou”. Ons sien dit op TV en hoor dit in musiek en op die radio. Ons hoor ook dikwels hoe ons goed moet koop, want “ons verdien dit”.
Wanneer ons uiteindelik tot verhaal kom en besef dat ons nie regtig soveel “dinge” nodig het nie, dan kan dit ook lei daartoe dat ons weereens dink dat ons nie goed genoeg is vir God nie. En weet jy wat? Ons is nie! Uit ons eie kan ons nooit goed genoeg wees vir God nie. Ek meen, dink daaraan... Hy is God. Jy is ’n mens. ’n Sondige mens... Jou siel is siek en besmet met die korruptheid van die wêreld. Dit is soos gif wat jy bietjie vir bietjie begin ingeneem het en nou is daar nie meer hoop nie... Die wêreld leer vir jou dat “dit nou maar is soos dinge is”. “Jy moet maar leer om met die gif te leef, ten minste laat dit jou goed voel”. Voor jy jouself kan kry, het jy al vergeet dat jy siek is en ploeter jy maar net voort. Jy leef maar net om eendag te sterf.
Sjoe dis darem ’n tragiese uitkyk op die lewe, nè? Gelukkig vir ons het Jesus gekom as die groot Geneesheer van ons siele. Hy het gekom, in Sy tyd op aarde, vir tollenaars, prostitute, gevangenes, moordenaars – mense wie se siele op hul doodsbed was. Hoor wat lees ons in Lukas 5:
“²⁷𝐻𝑖𝑒𝑟𝑛𝑎 ℎ𝑒𝑡 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑏𝑢𝑖𝑡𝑒𝑛𝑡𝑜𝑒 𝑔𝑒𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑒𝑛 '𝑛 •𝑡𝑜𝑙𝑙𝑒𝑛𝑎𝑎𝑟 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑎𝑚 𝐿𝑒𝑣𝑖 𝑏𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑜𝑙ℎ𝑢𝑖𝑠 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑠𝑖𝑡 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝑉𝑜𝑙𝑔 𝑀𝑦!” ²⁸𝐸𝑛 ℎ𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑛𝑒𝑡 𝑠𝑜 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑠, 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑒𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑣𝑜𝑙𝑔. ²⁹𝐿𝑒𝑣𝑖 ℎ𝑒𝑡 '𝑛 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑓𝑒𝑒𝑠𝑚𝑎𝑎𝑙 𝑣𝑖𝑟 𝐻𝑜𝑚 𝑖𝑛 𝑠𝑦 ℎ𝑢𝑖𝑠 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑢 𝑤𝑎𝑎𝑟 '𝑛 𝑘𝑙𝑜𝑚𝑝 •𝑡𝑜𝑙𝑙𝑒𝑛𝑎𝑎𝑟𝑠 𝑒𝑛 𝑜𝑜𝑘 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑒𝑡𝑒 𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑙𝑒𝑢𝑛 ℎ𝑒𝑡. ³⁰𝐷𝑖𝑒 •𝐹𝑎𝑟𝑖𝑠𝑒𝑒̈𝑟𝑠, 𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑘𝑟𝑖𝑓𝑘𝑒𝑛𝑛𝑒𝑟𝑠 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒, ℎ𝑒𝑡 𝑏𝑦 𝑠𝑦 𝑑𝑖𝑠𝑠𝑖𝑝𝑒𝑙𝑠 𝑔𝑒𝑚𝑜𝑟: “𝑊𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑒𝑒𝑡 𝑒𝑛 𝑑𝑟𝑖𝑛𝑘 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑡𝑜𝑙𝑙𝑒𝑛𝑎𝑎𝑟𝑠 𝑒𝑛 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑎𝑎𝑟𝑠?” ³¹𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑: “𝐺𝑒𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 '𝑛 𝑑𝑜𝑘𝑡𝑒𝑟 𝑛𝑜𝑑𝑖𝑔 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑒𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑖𝑒𝑘𝑒𝑠. ³²𝐸𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚 𝑜𝑚 •𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔𝑒𝑠 𝑡𝑒 𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑎𝑎𝑟𝑠 𝑡𝑜𝑡 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑟𝑖𝑛𝑔.” – Lukas 5:27-32 (AFR20)
Jesus Christus het die medisyne vir ons siele. Dit is medisyne wat jy eenmaal moet neem, maar jy moet dit alles neem. Jou siel sal vir altyd lewe. Maar, omdat jy wel in die wêreld is elke dag, moet jy weet dat jy egter weer besmet kan word met nuwe gif wat die wêreld bied. Hiervoor, hoef jy egter net water te drink, maar nie enige water nie. Jesus sê Hy is die bron van lewende water (Joh. 4). Jy moet elke dag hierdie water drink, sodat jy nooit weer sal dors kry nie. Daarom moet jy ook sorg dat jy elke dag gaan vir ’n opvolgbesoek – om seker te maak dat jy gesond bly en om jou water vir die dag te kry. Jy weet tog dat jy nie sonder water kan oorleef nie. Kry dus jou lewende water direk van die Bron.
En die beste van alles? Jy het nie ’n mediese fonds nodig nie. Dit kos jou niks. Konsultasies is verniet en terwyl jy daar is, kan jy Hom vertel van alles wat fout is en alles wat jou pla. Alles verniet! Maak nie saak hoeveel tyd jy met Hom spandeer nie.
Erken dus dat jy siek is of was. Jy het medisyne nodig. Jy het opvolgbesoeke nodig elke dag. 𝑮𝒂𝒂𝒏 𝒈𝒆𝒓𝒖𝒔 𝑫𝒐𝒌𝒕𝒆𝒓 𝒕𝒐𝒆.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Kry ek elke dag my lewende water direk van die Bron? Kort ek dalk die regte medisyne om my nog heeltemal te genees?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Dankie Here Jesus, dat U bloed ons reinig. Daardeur het U medisyne aan ons siele gebied, sodat dit heeltemal genees kan word van die sonde se gif. Ek neem dit aan in U Naam. Gee dat ek elke dag ook my lewende water by U sal kry, sodat ek eendag skoon en onbesmet voor U sal staan. Amen
···ᶜᴶˢ···
2022-02-08 – 🅸🆂 🅹🆈 🅶🅾🅴🅳 🅶🅴🅽🅾🅴🅶 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Dit is ongelukkig nou maar so, ons sukkel soms – soms dikwels – om God sigbaar te maak in ons lewens. Wanneer ons struikel en die sonde oorwinning behaal oor ons, is ons gou om in ’n hoekie te gaan sit en onsself jammer te kry. Ons vra dan ook soos die wêreld, “Waar is God dan? Waar was God? Hoekom het Hy my nie gehelp om nie te sondig nie?” Ons begin in onsself twyfel. Ons begin in God twyfel.
Die waarheid is, God het ons geskape met vrye wil. Hy was daar gewees toe jy die verkeerde keuse gemaak het. Hy het heel moontlik, deur Sy Gees, met jou gepraat om dit nie te doen nie. Jy het nie geluister nie. Jy het gekies om anders op te tree. En nou? Nou voel jy soos ’n mislukking...
Weet jy wat? Jy is nie ’n mislukking nie! Jou poging om die regte ding te doen het misluk. Dit maak nie van jou ’n mislukking nie. Die geld ook vir enigiets wat jy aanpak in die lewe. As iets nie uitwerk nie, moenie jouself heeltyd daaroor verwyt nie. Die poging het misluk – nie jy nie!
Sodra mense teëspoed en mislukkings begin ervaar in die lewe, is ons natuurlike instink om onsself te begin vergelyk met ander mense. Wanneer ons onsself begin vergelyk met die prestasies en sukses van ander mense, dan begin ons onsself sien as mislukkings. Ons begin glo dat ons nie goed genoeg is nie.
Toe Samuel opdrag gekry het om Israel se eerste koning, Saul, te gaan salf as koning, het Saul baie in homself getwyfel. Samuel ontvang Saul as ’n eregas en vertel aan hom dat al die kosbaarhede van die land aan Saul en sy familie behoort, waarop Saul antwoord:
“𝐼𝑠 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑒𝑡 '𝑛 𝐵𝑒𝑛𝑗𝑎𝑚𝑖𝑛𝑖𝑒𝑡, 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑒𝑖𝑛𝑠𝑡𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑎𝑚𝑚𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝐼𝑠𝑟𝑎𝑒𝑙, 𝑒𝑛 𝑖𝑠 𝑚𝑦 𝑓𝑎𝑚𝑖𝑙𝑖𝑒𝑔𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑒𝑖𝑛𝑠𝑡𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑓𝑎𝑚𝑖𝑙𝑖𝑒𝑔𝑟𝑜𝑒𝑝𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑎𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝐵𝑒𝑛𝑗𝑎𝑚𝑖𝑛 𝑛𝑖𝑒? 𝑊𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑠𝑒̂ 𝑢 𝑠𝑜 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦?” – 1 Samuel 9:21 (AFR20)
Saul het dalk gehoor wat Samuel impliseer, maar kon dit nie glo nie. Hy was eintlik op soek na verlore donkiemerries. Wat hy hier gevind het, was nie waarvoor hy gesoek het nie. Deur Saul se heerskappy as koning, sien ons dikwels hoe hierdie twyfel weer en weer sy keuses en oordeel benadeel. Saul het nie net in homself getwyfel nie, maar ook in God. Hy het nie geglo dat God kan doen wat God gesê het Hy sal doen nie. Hy het nie geglo dat God hom ’n magtige heerser kan maak nie. Uiteindelik is dit ook een van die redes vir Saul se ondergang.
Kom Jesus nie elke dag ook na ons toe en belowe aan ons al die kosbaarhede van die hemel nie? Wil Hy ons nie ook elke dag weer seën as koning, priester en profeet van ons huise nie? Ons twyfel ook dikwels daarin. Ons wonder ook of ons regtig die regte mense is om diensbaar te wees vir God. Ons is dan ook maar net gewone mense, uit gewone huise, in ’n gewone land, vanuit gewone families... Ons is dan mislukkings...
Nee! Jy is God se kind. Jy kom vanuit die huisgesin van God. Jy is deel van die Koninklike familie. Jy is alreeds ’n koningskind. Jou pogings misluk soms. Jy maak soms foute. Maar jou Koning en God staan altyd reg om jou weer met oop arms te ontvang, om jou op te tel en weer reg te help. Om jou te help om weer oor te begin en op die regte pad te bly. Glo dit! Vertrou op Hom! Jy is goed genoeg!
Die dag toe jy jou lewe vir Jesus gegee het, is jy weergebore. Jy is nou God se kind. Die lewende water vloei nou in jou are. Die bloed van Jesus Christus wat vir jou versoening gebring het met die Vader, is oor jou gegiet en jy is skoongewas daardeur. Jy kan jouself nie vergelyk met die res van die wêreld nie, want jy is nie soos die res van die wêreld nie.
𝓙𝔂 𝓲𝓼 𝓖𝓸𝓭 𝓼𝓮 𝓴𝓲𝓷𝓭 𝓮𝓷 𝓳𝔂 𝓲𝓼 𝓰𝓸𝓮𝓭 𝓰𝓮𝓷𝓸𝓮𝓰.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Hoe dikwels twyfel ek nog in myself? Hoe dikwels twyfel ek nog oor die verandering wat God in my kan doen?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Dankie Here Jesus, dat U my ’n kind maak van God. Help my om dit te onthou wanneer ek voor versoekings te staan kom. Help my om op U te vertrou, Here, sodat ek kan sterk staan. En waar ek faal, help my om berou te hê, vergifnis te vra én dit te aanvaar. Help my om myself te vergewe en te glo dat ek goed genoeg is om diensbaar te wees vir U. Dankie vir U krag en ondersteuning. Amen
···ᶜᴶˢ···
2022-02-07 – “🆆🅰🅰🆁 🅸🆂 🅷🆄🅻🅻🅴 🅶🅾🅳 🅳🅰🅽 ?” (Kliek hier vir die klankgreep)
Omdat die wêreld so selfgesentreerd is deesdae en omdat mense se waardestelsels so maklik gewoond geraak het aan- en verlaag is ná dít wat vir die wêreld aanvaarbaar en goed en lekker is, is hierdie nogal ’n vraag wat baie mense vra... Wanneer die kerk heeltyd in die nuus is vir die verkeerde redes (en natuurlik vir die verkeerde dinge wat hulle doen), vra mense: “Hoe kan Christene so leef? Of, “Hoe kan hulle hulleself Christene noem?” In wese, vra mense eintlik: “Waar is hulle God dan?”
Wanneer aardbewings, vulkaniese uitbarstings, oorloë, hongersnood, ’n pandemie en onnodige, sinnelose wreedheid en ongevoeligheid van mense ander mense uitbuit, afbreek, seermaak en selfs moor, vra mense ook: “Waar is hulle God dan?” As ons ’n God van liefde dien, waarom is daar soveel slegte dinge in hierdie wêreld? Hoekom gryp God nie in nie? Waar is God dan?
Ja, ons kan baie maklik ook vasgevang word in hierdie tipe denkwyse. Ons kan gou vergeet dat God wel in beheer is en dat meeste van die slegte dinge in die wêreld nie van Hom af kom nie, maar vanuit die boosheid van die mens self. Ons vergeet gou dat God ons gemaak het met vrye wil en dat ons ’n keuse het in alles.
Die wêreld se manier van dink en redenasie, lei hulle gou na denke waarmee hulle hulself wil verontskuldig en die skuld eerder op God pak. Die rede hiervoor, is dat die wêreld se gode dit vir hulle leer... Ja, daar is nog baie ander gode in hierdie wêreld. Maar hierdie gode is anders... Die psalmdigters van Psalm 115 het destyds ook al gesukkel met hierdie aantygings van ander volke. Hoor wat staan in Psalm 115:2-9 (AFR20):
“²𝑊𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑠𝑖𝑒𝑠: “𝑊𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝐺𝑜𝑑 𝑑𝑎𝑛?” ³𝑂𝑛𝑠 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙; 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑏𝑒ℎ𝑎𝑎𝑔, 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝐻𝑦. ⁴𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑓𝑔𝑜𝑑𝑒 𝑖𝑠 𝑠𝑖𝑙𝑤𝑒𝑟 𝑒𝑛 𝑔𝑜𝑢𝑑, 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑟𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒ℎ𝑎𝑛𝑑𝑒. ⁵𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑚𝑜𝑛𝑑𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑘𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑝𝑟𝑎𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒, 𝑜𝑒̈, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑘𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒. ⁶𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑟𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑘𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒 ℎ𝑜𝑜𝑟 𝑛𝑖𝑒, 𝑛𝑒𝑢𝑠𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑘𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑟𝑢𝑖𝑘 𝑛𝑖𝑒, ⁷ℎ𝑎𝑛𝑑𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑘𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑛𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑛𝑖𝑒, 𝑣𝑜𝑒𝑡𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑘𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑙𝑜𝑜𝑝 𝑛𝑖𝑒; 𝑚𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑘𝑒𝑙𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑘 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑙𝑢𝑖𝑑 𝑛𝑖𝑒. ⁸𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑎𝑘𝑒𝑟𝑠 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑒𝑡 𝑠𝑜𝑜𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑜𝑟𝑑 – 𝑒𝑙𝑘𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑝 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑜𝑢. ⁹𝐼𝑠𝑟𝑎𝑒𝑙, 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑜𝑢 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒! 𝐻𝑦 𝑖𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑢𝑙𝑝 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑘𝑖𝑙𝑑.”
Ja, die wêreld se valse gode van geld, besittings, trots, self-eer, selfverwesenliking en selfgesentreerdheid, sal jou gou die vraag laat vra van: “Waar is God dan?” Hierdie valse gode, waar die mens die middelpunt van sy/haar bestaan is, en nie Jesus Christus nie, sal jou gou laat glo dat alles net om jou draai en dat selfs jou eie aksies se gevolge nie jou skuld is nie... dat jy maar eerder vir God die skuld kan gee.
Maar, as jy vir God leer ken, werklik ken, sal jy besef dat Hy selfs in al ons slegte doen en late nogsteeds by ons bly; dat Hy die Een is wat ons nogsteeds seën en lief het, al verdien ons dit nie. Ons vertrou op die Here en ons leef saam-, leer by- en volg Hom. Hy is ons hulp en ons skild. As die wêreld vra: “Waar is hulle God dan?”, moet ons ons koppe in skaamte lat sak, omdat hulle Hom nie kan sien in ons lewens nie. Ons moet Hom aan die wêreld wys, deur Sy liefde te deel. Dan kan ons saam met die psalmdigters in vers 1 van Psalm 115 sê:
“¹𝑁𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑎𝑎𝑛 𝑢 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑘𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑒𝑟 𝑡𝑜𝑒, 𝑜𝑜𝑟 𝑢 𝑡𝑟𝑜𝑢𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒, 𝑜𝑜𝑟 𝑢 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑒𝑛𝑑𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑.”
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Waar is God in my lewe? Kan die wêreld Hom sien in my doen en late, of verberg allerhande valse gode Hom?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Vergewe my Here, dat ek so dikwels ook soos die wêreld begin dink, doen en lyk. Help my om U sigbaar te maak in my lewe. “Nie aan my nie, Here, nie aan my nie, maar aan u Naam kom die eer toe, oor u troue liefde, oor u bestendigheid.” Amen
···ᶜᴶˢ···
2022-02-05 – 🅴🅺 🆂🅰🅻 🅰🅻🅻🅴🆂 🅶🅴🅴 ... (Kliek hier vir die klankgreep)
Dikwels hoor ons hoe mense sê: “Ek sal alles gee, net om dit of dat te hê”... Gewoonlik is dit dinge wat mooi is, dinge wat ons nodig het elke dag – dalk ’n nuwe huis, ’n kar, gesonde finansies, gesondheid. Maar soms sê ons dit sommer net oor sommer enigiets. Soms sommer oor simpel goed. “Ek sal alles gee...”
Dis nogal vreemd hoe ’n mens se denke gekondisioneer word om te besef dat daar ’n prys is vir alles. Jy weet dat jy iets moet prysgee om iets anders te ontvang. Dit is nou maar so: vandat ruilhandel begin het in die wêreld, weet mense dat jy altyd iets vir iets moet gee. Daarom dan ook dat die geldstelsel ontstaan het – sodat daar ’n algemene ruil item met waarde kan wees. Tog sê mense nogsteeds dikwels: “Ek sal alles gee...” Sal jy regtig alles gee? Al jou geld? Al jou besittings? Alles wat lief en dierbaar is aan jou? Almal wat lief en dierbaar is aan jou?
Ja, ons sê dikwels dinge, sonder om behoorlik te dink. Ons sê baie kere dinge wat ons nie bedoel nie. Tog, voel ons ook soms dat ons werklik alles sal gee om dalk weer met ’n geliefde wat oorlede is te kan praat, of om daardie persoon net nog eenmaal te kan sien. Ons sal soms regtig alles prysgee vir een laaste oomblik van liefde.
Toe Jesus in die woestyn deur die duiwel versoek was, het Hy gevas. Hy het nie geëet of gedrink vir 40 dae nie. Die Vader en Sy Gees het vir Jesus onderhou. Die duiwel het geweet dat Jesus – alhoewel Hy God is – op daardie oomblik ook mens is. Hy het probeer om die situasie uit te buit en te teer op Jesus se fisiese swakheid. Ons lees in Lukas 4, Markus 1 en Matteus 4 hoe die duiwel dan allerhande wonderlike dinge aan Jesus bied, as Hy net die fokus van Sy doel afhaal en bietjie aan Homself dink. Maar Jesus het gekom om alles te gee vir ons. Sy lewe. Sy liefde. Sy genade. Sy vergifnis. Sy teenwoordigheid. Sy Gees. Alles. Vir ons.
As Jesus nie “Vol van die Heilige Gees” (Luk. 4:1) was nie, en nie God was nie, sou Hy moontlik op daardie stadium vir die duiwel kon sê: “Ek sal enigiets gee om net ’n stukkie brood te kry.” Dit is moontlik wat die duiwel gedink het. Hy het heel moontlik gedink dit is wat in Jesus se gedagtes aangaan. Maar die hele tyd, terwyl Jesus vir 40 dae lank deur die duiwel versoek is, terwyl Hy daai pad geloop het na Golgota, terwyl Hy aan daardie kruis gehang het ... het Hy aan jou en my gedink. En al waaraan Hy kon dink, was: “𝑬𝒌 𝒔𝒂𝒍 𝒂𝒍𝒍𝒆𝒔 𝒈𝒆𝒆 𝒗𝒊𝒓 𝒉𝒊𝒆𝒓𝒅𝒊𝒆 𝒌𝒊𝒏𝒅 𝒗𝒂𝒏 𝑴𝒚”.
𝔻𝕚𝕟𝕜 𝕓𝕚𝕖𝕥𝕛𝕚𝕖 𝕞𝕠𝕠𝕚 𝕕𝕒𝕒𝕣𝕠𝕠𝕣 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘...
Ⓖⓔⓑⓔⓓ:
Dankie Here Jesus, dat U na hierdie wêreld gekom het en allerhande slegte en wrede dinge deurgemaak het, omdat U my lief het. Dankie dat U alles gegee het vir my. Ek verdien dit nie. Dankie. Amen
···ᶜᴶˢ···
2022-02-04 – “🆆🅰🆃 🅶🅾🅳 🆁🅴🅸🅽 🅶🅴🅼🅰🅰🅺 🅷🅴🆃 ...” (Kliek hier vir die klankgreep)
Daar is vandag baie mense wat gekies het om nie vleis te eet nie. Sommige mense het gekies om nie enige produk te eet wat te doen het met diere nie. Sommige mense eet net sekere soort vleis. Ander eet weer nie groente nie. So het elkeen ’n voorkeur en sommige is selfs oortuig dat daar geloofsoortuigings is wat ons verbied om sekere soorte kos te eet.
In Handelinge 11 lees ons waar Petrus argumenteer met mans wat gestry het oor die feit dat onbesnede mans saam met besnedenes geëet het. Ons lees van vers 4 tot 10:
“⁴𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑝 ℎ𝑒𝑡 𝑃𝑒𝑡𝑟𝑢𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑣𝑜𝑙𝑔 𝑠𝑡𝑎𝑝 𝑣𝑖𝑟 𝑠𝑡𝑎𝑝 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑖𝑛 𝑢𝑖𝑡𝑙𝑒̂: ⁵ “𝐸𝑘 𝑤𝑎𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑎𝑑 𝐽𝑜𝑝𝑝𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑖𝑔 𝑜𝑚 𝑡𝑒 𝑏𝑖𝑑, 𝑒𝑛 𝑖𝑛 𝑒𝑘𝑠𝑡𝑎𝑠𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑘 '𝑛 𝑣𝑖𝑠𝑖𝑜𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛: 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑠𝑜𝑜𝑠 '𝑛 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑙𝑖𝑛𝑛𝑒𝑑𝑜𝑒𝑘 𝑤𝑎𝑡 𝑎𝑓𝑠𝑎𝑘 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑣𝑖𝑒𝑟 ℎ𝑜𝑒𝑘𝑒 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑛𝑒𝑒𝑟𝑔𝑒𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑤𝑜𝑟𝑑; 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 ℎ𝑒𝑡 𝑡𝑜𝑡 𝑏𝑦 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚. ⁶𝐸𝑛 𝑒𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑎𝑎𝑛𝑑𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑛𝑎 𝑔𝑒𝑘𝑦𝑘, 𝑒𝑛 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑚𝑒𝑟𝑘, 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑒𝑟𝑣𝑜𝑒𝑡𝑖𝑔𝑒 𝑑𝑖𝑒𝑟𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒 𝑒𝑛 𝑤𝑖𝑙𝑑𝑒 𝑑𝑖𝑒𝑟𝑒 𝑒𝑛 𝑘𝑟𝑢𝑖𝑝𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑑𝑖𝑒𝑟𝑒, 𝑎𝑠𝑜𝑜𝑘 𝑣𝑜𝑒̈𝑙𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛. ⁷𝐸𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑜𝑘 '𝑛 𝑠𝑡𝑒𝑚 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 ℎ𝑜𝑜𝑟 𝑠𝑒̂, ‘𝑆𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑝, 𝑃𝑒𝑡𝑟𝑢𝑠, 𝑠𝑙𝑎𝑔 𝑒𝑛 𝑒𝑒𝑡!’ ⁸𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑒𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑, ‘𝑂𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑜𝑚𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑𝑖𝑔ℎ𝑒𝑑𝑒 𝑛𝑖𝑒, 𝐻𝑒𝑟𝑒! 𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑛𝑖𝑘𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑏𝑒𝑠𝑜𝑒𝑑𝑒𝑙 𝑜𝑓 •𝑜𝑛𝑟𝑒𝑖𝑛 𝑖𝑠, ℎ𝑒𝑡 𝑎𝑙 𝑜𝑜𝑖𝑡 𝑏𝑦 𝑚𝑦 𝑚𝑜𝑛𝑑 𝑖𝑛𝑔𝑒𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒.’ ⁹𝐷𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝑡𝑜𝑒 '𝑛 𝑡𝑤𝑒𝑒𝑑𝑒 𝑘𝑒𝑒𝑟 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑔𝑒𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑, ‘𝑊𝑎𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑟𝑒𝑖𝑛 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 ℎ𝑒𝑡, 𝑚𝑎𝑔 𝑗𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑠 𝑜𝑛𝑟𝑒𝑖𝑛 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒.’ ¹⁰𝐷𝑖𝑡 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑟𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑙 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑢𝑟, 𝑒𝑛 𝑡𝑜𝑒 𝑖𝑠 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑡𝑟𝑒𝑘.”
Terwyl die manne met Petrus gestry het omdat hy saam met onbesnedenes geëet het – iets wat hom (Petrus) onrein gemaak het – het Petrus sommer twee dinge probeer verduidelik aan hulle. Eerstens, dat God alle kos rein verklaar het. Soos God destyds aan Adam en Eva gesê het om oor die Skepping te heers en dit te onderhou, moet die mens vêrder ook heers daaroor en daarvoor sorg. Ons mag geniet wat God ons gegee het en ons moet daarvoor sorg ook.
Maar, tweedens, word die belangrikste boodskap hier gegee, dat ons nie as mense moet oordeel oor ons medemens nie – maak nie saak waar hulle vandaan kom, hoe hulle lyk, watter taal hulle praat, of maak nie saak hoe erg hulle van ons verskil nie. Jesus het gekom om die goeie nuus te bring aan almal. Daarom het Hy ook die dissipels uitgestuur na “alle nasies” (Matt. 28:18). Daarom is dit wonderlik dat ons familie het wêreldwyd! Ja, Christene is ons familie. Al lyk hulle anders. Al praat hulle anders. Al doen hulle dinge anders en al verskil hulle kultuur heeltemal van ons s’n.
Die manne wat met Petrus gestry het, toe hulle besef hoe wonderlik dit is dat God se redding vir almal bedoel is en dat ons almal deur dieselfde Gees rein gemaak word, was sprakeloos. Hulle eie voorveronderstellings en oordeel oor mense het hulle in die verleentheid gestel. Vers 18 lees:
“¹⁸𝑇𝑜𝑒 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑡 ℎ𝑜𝑜𝑟, ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑤𝑦𝑔 𝑒𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝑆𝑜 ℎ𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑑𝑢𝑠 𝑜𝑜𝑘 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑖𝑑𝑒𝑛𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑡𝑜𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑒𝑛𝑘.””
Hoe wonderlik! Wat God rein gemaak het, mag ek nie as onrein beskou nie. Almal van ons kom iewers vanuit ’n lewe waar ons iewers gesukkel het met die sonde. Almal van ons was een of ander stadium onrein gewees. Almal van ons het reiniging nodig. Daarom is ons een in Christus, want Sy bloed reinig ons.
‘𝑾𝒂𝒕 𝑮𝒐𝒅 𝒓𝒆𝒊𝒏 𝒈𝒆𝒎𝒂𝒂𝒌 𝒉𝒆𝒕, 𝒎𝒂𝒈 𝒋𝒚 𝒏𝒊𝒆 𝒂𝒔 𝒐𝒏𝒓𝒆𝒊𝒏 𝒃𝒆𝒔𝒌𝒐𝒖 𝒏𝒊𝒆.’
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Oordeel ek nog te gou oor ander mense? Besef ek dat ek rein gemaak is – al oordeel ander dalk nog anders? Leef ek só, dat ek rein bly?
Ⓖⓔⓑⓔⓓ:
Baie dankie Here Jesus, dat U bloed my en alle ander mede-gelowiges gereinig het. Help ons om in vrede te leef en U kerk op te bou. Tot U eer. Amen
···ᶜᴶˢ···
2022-02-03 – 🅹🆈 🆂🅰🅻 🅱🅰🅸🅴 “🆅🆁🅸🅴🅽🅳🅴” 🆅🅴🆁🅻🅾🅾🆁 ... (Kliek hier vir die klankgreep)
Wanneer ons in ons geloofsoë vir Jesus sien as die Christus, die Een wat gekom het om die hele wêreld te verlos van die sonde – as ons net glo dat Hy die Here God, die Seun van God is – dan begin ons lewens radikaal te verander. Ons begin, in die genadegawe van geloof, dinge te doen wat ander mense gedink het onmoontlik is. Ons begin dinge doen wat ons self gedink het onmoontlik is. Hierdie is dikwels nie groot, “wow" dinge nie. Dis nie noodwendig wonderwerke soos ons dit in die Bybel vind nie. Nee, dit is wel wonderwerke, maar kleintjies – as dit nou gemeet word aan mense se standaarde.
Tog is hierdie wonderwerke groot in ons lewens. Dit is skielike vrede, omdat ons na ’n lang ruk iemand anders kon vergewe. Dit is vrede, omdat ons onsself begin vergewe. Dit is herstelde verhoudings tussen ons geliefdes. Dit is die breek van slegte gewoontes en sondige denke. Dit is ’n ommeswaai in ons geaardheid teenoor mense wat ons dalk voorheen gehaat het. Dis ’n passie vir God se geregtigheid. Dis ’n haat teen ongeregtigheid. Dis gevoelens en emosies en innerlike worstelings en vrede wat ons vroeër weggewens het, of wat nie eers deel was van wie ons was nie.
Ja, wanneer ons begin bely dat Jesus die Christus is, die Seun van God, wat gekom het om vir ons die redding te bring, dan verander ons. Maar hierdie verandering is nie altyd lekker vir ons ou vennote nie. Daardie mense waarmee ons voorheen saam in die sonde baljaar het. Saulus, oftewel Paulus, het ook hierdie dinge beleef. Ons lees in Handelinge 9:19b-25 (AFR20) die volgende:
“𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑠 '𝑛 𝑝𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑎𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑘 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑠𝑠𝑖𝑝𝑒𝑙𝑠 𝑖𝑛 𝐷𝑎𝑚𝑎𝑠𝑘𝑢𝑠, ²⁰𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑑𝑎𝑑𝑒𝑙𝑖𝑘 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑖𝑛𝑎𝑔𝑜𝑔𝑒𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑡𝑒 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑑𝑖𝑒 •𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠. ²¹𝐴𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑜𝑚 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟 ℎ𝑒𝑡, 𝑤𝑎𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑜𝑚 𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑣𝑟𝑎: “𝐼𝑠 ℎ𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝐽𝑒𝑟𝑢𝑠𝑎𝑙𝑒𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑎𝑎𝑛𝑟𝑜𝑒𝑝, 𝑝𝑟𝑜𝑏𝑒𝑒𝑟 𝑢𝑖𝑡𝑟𝑜𝑒𝑖 ℎ𝑒𝑡, 𝑒𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟ℎ𝑒𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑚 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑒𝑖𝑑 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑖𝑒𝑟𝑝𝑟𝑖𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟𝑠 𝑡𝑒 𝑛𝑒𝑒𝑚 𝑛𝑖𝑒?” ²²𝑆𝑎𝑢𝑙𝑢𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟 𝑎𝑙 ℎ𝑜𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑘𝑟𝑎𝑔 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐽𝑜𝑑𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝐷𝑎𝑚𝑎𝑠𝑘𝑢𝑠 𝑤𝑜𝑜𝑛, 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑎𝑟 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑡𝑒 𝑏𝑒𝑤𝑦𝑠 𝑑𝑎𝑡 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑖𝑠. ²³𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑎𝑑𝑎𝑡 '𝑛 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑝𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑎𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑜𝑝 ℎ𝑒𝑡, ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐽𝑜𝑑𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑚𝑔𝑒𝑠𝑝𝑎𝑛 𝑜𝑚 ℎ𝑜𝑚 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑡𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑘. ²⁴𝑆𝑎𝑢𝑙𝑢𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑘𝑜𝑚𝑝𝑙𝑜𝑡 𝑡𝑒 ℎ𝑜𝑟𝑒 𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚. 𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑎𝑑𝑠𝑝𝑜𝑜𝑟𝑡𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑒𝑛 𝑛𝑎𝑔 𝑑𝑜𝑝𝑔𝑒ℎ𝑜𝑢, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑜𝑚 𝑘𝑜𝑛 𝑑𝑜𝑜𝑑𝑚𝑎𝑎𝑘, ²⁵𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑦 𝑑𝑖𝑠𝑠𝑖𝑝𝑒𝑙𝑠 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑜𝑚 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑔 𝑔𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑎𝑎𝑙 𝑒𝑛 ℎ𝑜𝑚 𝑑𝑒𝑢𝑟 '𝑛 𝑜𝑝𝑒𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑢𝑢𝑟 𝑖𝑛 '𝑛 𝑚𝑎𝑛𝑑𝑗𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑎𝑓𝑠𝑎𝑘.”
Net soos Jesus vir die mense die goeie nuus gebring het, maar toe Hy nie aan hulle verwagting voldoen het nie, hulle Hom gekruisig het, net só ervaar Paulus ook teenstand van sy vorige sogenaamde “vriende”. Toe hy nog saam met hulle gedoen het waarvan hulle hou (dis nou teen Christene wees), was hy hulle maatjie. Maar nou dat Hy aan hulle kom bewys hoe verkeerd hulle is, wil hulle hom om die lewe bring – hulle het hom afgeskryf.
Ongelukkig, of eintlik gelukkig, sal ons ook baie vriende verloor. Maar dit is gewoonlik die vriende wat nie regtig vriende was om mee te begin nie. Dis hartseer, want ons wil graag hê dat hulle ook gered word, maar ons kan niemand forseer nie. Mense gaan ons spot en dalk terugverwys na ons ou lewe. Hulle gaan sê ons is skynheilig. Hulle gaan sê: “Maar hoe kan jy vir my wil preek na alles wat jy al gedoen het?”
Wanneer mense nie God se genade en totale vergifnis verstaan nie, sal hulle so optree. Almal van ons het ’n keuse. Die wêreld beweeg stroomaf, weg van God af. Wanneer jy 180° omgedraai word deur die Heilige Gees vanuit jou ou lewe, gaan jy teëspoed kry vanuit die wêreld, want jy begin dan stroom-op te beweeg. Daar sal baie teëspoed wees en jy gaan hard moet werk daaraan om aan te hou in daardie rigting – terug na God toe. Moenie mismoedig raak nie. Bid vir jou vriende. Bid dat hulle saam met jou sal omdraai, want saam is dit makliker. En as dinge te erg raak moet jy weet dat God jou ook in ’n mandjie veilig sal laat afsak, weg van die gevaar.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Is ek nog te veel gepla oor wat ander mense van my sê, omdat ek 100% vir die Here wil lewe?
Ⓖⓔⓑⓔⓓ:
Baie dankie Here dat U my ’n nuwe mens gemaak het. Help my om aan te hou goed doen. Hou asseblief aan om die goeie verandering in my lewe te wees en my te vorm volgens U wil. Help my om sterk te staan wanneer ander mense my vervolg of uittart. Dankie dat U my altyd beskerm en dat U altyd by my is. Amen
···ᶜᴶˢ···
2022-02-02 – 🅺🅰🅽 🅹🆈 🆂🅸🅴🅽 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Baie van die mense wat hierdie boodskappe elke dag ontvang is visueel gestrem. Sommige het beperkte sig en ander kan glad nie sien nie, hulle is blind. Daarom dat die boodskappe in teks formaat en klankgreep uitgaan. Vir dié van ons wat kan sien, is dit ’n groot voorreg. Ons besef dit nie elke dag nie, want ons is gewoond daaraan. Ons raak so gou gewoond aan soveel dinge in ons lewens wat eintlik ’n voorreg is.
Net soos dinge wat ons soms as “normale alledaagse dinge” begin beskou en soms vergeet dat dit eintlik ’n voorreg is uit God se hand, is dit dikwels ook só met die geloof. Paulus skryf in Efesiërs 2:8 (AFR20): “⁸𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑢𝑖𝑡 𝑔𝑒𝑛𝑎𝑑𝑒 𝑖𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠, 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓. 𝐸𝑛 𝑗𝑢𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑛𝑖𝑒; 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑎𝑤𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑.” Op nog ’n paar ander plekke noem Paulus dit ook. Geloof is ’n gawe. Dit is God wat deur Sy Gees in ons werk – uit genade. Ons besit nie vir God nie. Hy besit ons. Elke dag kom Hy na ons toe en werk in en deur ons.
Nou is die vraag: Wat maak ons daarmee? Want geloof open ons oë. Nie ons gewone oë en gewone sig nie – alhoewel God daardie wonder ook al telkemale verrig het – nee, God open ons geloofsoë. Wanneer God in en deur ons werk begin ons besef dat ons diensbaar is op soveel maniere. Ons fisiese en selfs emosionele beperkings is dalk vir ons struikelblokke in sommige van ons daaglikse handelinge, maar God vind altyd ’n manier hoe ons óm dit kan werk. Wanneer God se Gees in ons woon, begin ons vrede te ervaar wat ons verstand te bowe gaan. Ons begin agterkom dat ons in staat is tot soveel meer as wat ons self gedink het. Maar vir dit om te gebeur, moet ons die geloof aangryp met alles wat ons het. Ons moet God ken in alles. Ons begin om vir Jesus Christus te “sien” vir Wie Hy is: ons enigste Verlosser. Hy is die Weg en die Waarheid en die Lewe (Joh. 14:6).
Toe Jesus gekom het, het die hele volk van Israel daardie selfde geleentheid gehad. Tog, toe Hy Jerusalem inkom en met die mense daar te doen kry, toe hulle nie besef Wie Hy is nie, gebeur die volgende:
“⁴¹𝑇𝑜𝑒 𝐻𝑦 𝑛𝑎𝑏𝑦 𝑘𝑜𝑚 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑎𝑑 𝑠𝑖𝑒𝑛, ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑦 𝑜𝑜𝑟 ℎ𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒ℎ𝑢𝑖𝑙 ⁴²𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐴𝑠 𝑗𝑦 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑝 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑑𝑖𝑒́ 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑒𝑓 ℎ𝑒𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑣𝑟𝑒𝑑𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑏𝑟𝑖𝑛𝑔! 𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑜𝑢 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑜𝑒̈ 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑒𝑟𝑔. ⁴³𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑎𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑎𝑎𝑛𝑏𝑟𝑒𝑒𝑘 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑣𝑦𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑠𝑘𝑎𝑛𝑠𝑒 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑜𝑝𝑟𝑖𝑔, 𝑗𝑜𝑢 𝑜𝑚𝑠𝑖𝑛𝑔𝑒𝑙 𝑒𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑣𝑎𝑛 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑘𝑎𝑛𝑡𝑒 𝑎𝑓 𝑏𝑒𝑙𝑒𝑒̈𝑟. ⁴⁴𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑜𝑢 𝑒𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑 𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘 𝑚𝑎𝑎𝑘. 𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑖𝑒 𝑒𝑒𝑛 𝑘𝑙𝑖𝑝 𝑖𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑏𝑙𝑦 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑦 𝑛𝑖𝑒 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑙𝑖𝑠𝑠𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑡𝑦𝑑 𝑡𝑜𝑒 𝐺𝑜𝑑 𝑗𝑜𝑢 𝑏𝑒𝑠𝑜𝑒𝑘 ℎ𝑒𝑡, ℎ𝑒𝑟𝑘𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒.”” – Lukas 19:41-44 (AFR20)
Jesus het gehuil oor die mense se onvermoë om Hom te sien vir Wie Hy is. Hy het gehuil oor die mense se onvermoë om genade onbeskryflik groot te ontvang. Hy het gehuil, want die straf vir hulle hardkoppigheid om God nie te herken nie, sou lei tot hulle ondergang.
Wanneer Jesus by jou hart se deur staan en klop (Openb. 3:20), herken jy Hom en maak oop, of weier jy om Hom te sien as jou Verlosser en God? Die ewige straf kom ook vir diegene wat, soos Jerusalem, nie besef het dat God vir hulle ewige vrede kan bring nie. Moenie jou vrede en vreugde op ander plekke soek nie. Moenie dat jou redding vir jou oë verberg wees nie. Jesus het gekom om jou te red en jou te laat sien hoe groot God liefde vir jou is. Herken Hom. Erken Hom.
🅚🅐🅝 🅙🅨 🅢🅘🅔🅝 ?
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Laat ek God net toe in sekere dele van my lewe? Besef ek dat dit eintlik onmoontlik is, want God is alomteenwoordig? Besef ek dat ek God nie besit nie, maar Hy besit my? Besef ek dat ek graag God se besitting wíl wees, want in Hom is daar redding en verlossing en geopende geloofsoë?
Ⓖⓔⓑⓔⓓ:
Here Jesus, U het gekom vir een rede: my redding en verlossing. Maak die oë van my hart oop, sodat ek U kan sien in al U glorie. Amen
···ᶜᴶˢ···
2022-02-01 – 🅰🆂 🅳🅸🆃 🆂🅻🅴🅶 🅶🅰🅰🅽, 🆂🅸🅽🅶 ! (Kliek hier vir die klankgreep)
Musiek het nou maar eenmaal net die vermoë om ons gemoedere te lig in amper enige situasie. Of jy alreeds bly is oor iets en of jy nou bietjie terneergedruk is die dag, as jy ’n liedjie oor die radio hoor of as daar skielik ’n liedjie in jou gedagtes opkom en jy begin saamsing of sommer net neurie, voel jy dikwels beter. Musiek, goeie musiek en jou voorkeur van musiek, is terapeuties.
As ons in God se Woord kyk, dan sien ons dat hierdie nie ’n nuwe verskynsel is nie. Dawid, Asaf, die Leviete, Salomo en selfs Moses se psalms is in meeste gevalle geskryf as gedigte of getoonsette gedigte: liedere. Dit is vir seker nie almal opgewekte liedere van lof nie. Ons vind ’n hele paar psalms wat baie melankolies en amper depressief is. Selfs die bekendste psalm, Psalm 23, het Dawid heel moontlik geskryf in ’n tyd wat hy self deur die spreekwoordelike “dal van doodskaduwee” gegaan het. Hy verwys dan na ’n dal waardeur hy as skaapwagter, self ’n herder, sy skape moes oppas teen wilde diere en rowers.
Maar ons almal weet: dis makliker om te sing as jy alreeds opgewek is. Wanneer jy die dag voel of daar net donker wolke om jou saampak en die storms van alle kante af kom, is dit nie so maklik om liries te raak daaroor nie. Maar kyk ons weer na Dawid, in soveel psalms, sien ons dat hy ’n ander siening gehad het. In Psalm 56 lees ons die eerste vers:
“¹𝑉𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 •𝑚𝑢𝑠𝑖𝑒𝑘𝑙𝑒𝑖𝑒𝑟. 𝑂𝑝 “𝐷𝑖𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑓 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑎𝑓 •𝑡𝑒𝑟𝑒𝑏𝑖𝑛𝑡𝑒”. 𝑉𝑎𝑛 𝐷𝑎𝑤𝑖𝑑. '𝑛 𝑀𝑖𝑘𝑡𝑎𝑎𝑚. 𝑇𝑜𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝐹𝑖𝑙𝑖𝑠𝑡𝑦𝑛𝑒 ℎ𝑜𝑚 𝑖𝑛 𝐺𝑎𝑡 𝑔𝑒𝑣𝑎𝑛𝑔 ℎ𝑒𝑡.”
Dawid is gevang deur hulle groot vyande, die Filistyne. Tog is hy nie om die lewe gebring nie. Hy is heel moontlik toegesluit in ’n sel en word deur wagte bewaak, maar hulle gee moontlik vir hom ’n bietjie beter behandeling. Daar, in gevangenskap, skryf hy, dig hy. Hy skryf ’n lied, ’n gebed tot eer van God. Hy pleit by God vir Sy redding en dan loof Hy God ook. Verse 4-5 lees:
“⁴𝐷𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑒𝑘 𝑏𝑎𝑛𝑔 𝑖𝑠, 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑜𝑢 𝑒𝑘 𝑜𝑝 𝑈. ⁵𝑂𝑝 𝐺𝑜𝑑 – 𝑒𝑘 𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑠𝑦 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 – 𝑜𝑝 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑜𝑢 𝑒𝑘. 𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑎𝑛𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒; 𝑤𝑎𝑡 𝑘𝑎𝑛 𝑣𝑙𝑒𝑒𝑠 𝑒𝑛 𝑏𝑙𝑜𝑒𝑑 𝑎𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑑𝑜𝑒𝑛?”
Kyk, dis nie maklik om in moeilike tye liries te raak oor dinge nie. Dis mos makliker om eerder in ’n hoekie te gaan sit en onsself jammer te kry, of hoe? Ja-nee, ons sukkel dikwels en ek weet, sekere situasies is regtig erg en ons weet nie watter kant toe om te draai nie. Ons weet nie hoe om te reageer nie en dinge is regtig donker. Daar is nie nog tyd vir sing nie. Sing gaan nie help nie... of gaan dit?
Dawid is gevang deur die Filistyne. Dalk sterf hy. Dalk is dit die ondergang van Israel. Hy weet nie. Hy het geen idee wat gaan gebeur nie. So wat maak hy? Hy sing. Hy onthou God is getrou en hy onthou dat Hy vir ’n ewigheid vêr verby hierdie tyd en plek, veilig is in God hand. Hoor wat skryf hy in verse 9-14:
“⁹𝑈 ℎ𝑒𝑡 𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑚𝑦 𝑙𝑜𝑡𝑔𝑒𝑣𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑡𝑒𝑘𝑒𝑛. 𝐻𝑜𝑢 𝑡𝑜𝑔 𝑚𝑦 𝑡𝑟𝑎𝑛𝑒 𝑖𝑛 𝑢 𝑙𝑒𝑒𝑟𝑠𝑎𝑘. 𝑆𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑢 •𝑏𝑜𝑒𝑘𝑟𝑜𝑙 𝑛𝑖𝑒? ¹⁰𝐷𝑎𝑛 𝑠𝑎𝑙 𝑚𝑦 𝑣𝑦𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑡𝑒𝑟𝑢𝑔𝑑𝑒𝑖𝑛𝑠 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑒𝑘 𝑟𝑜𝑒𝑝. 𝐷𝑖𝑡 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑒𝑘: 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦. ¹¹𝑂𝑝 𝐺𝑜𝑑 – 𝑒𝑘 𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑠𝑦 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 – 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 – 𝑒𝑘 𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑠𝑦 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 – ¹²𝑗𝑎, 𝑜𝑝 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑜𝑢 𝑒𝑘. 𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑎𝑛𝑔 𝑛𝑖𝑒, 𝑤𝑎𝑡 𝑘𝑎𝑛 '𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑑𝑜𝑒𝑛? ¹³𝑂𝑝 𝑚𝑦, 𝑜 𝐺𝑜𝑑, 𝑟𝑢𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑓𝑡𝑒𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑈. 𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑎𝑘𝑜𝑚 𝑚𝑒𝑡 •𝑑𝑎𝑛𝑘𝑜𝑓𝑓𝑒𝑟𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑈, ¹⁴𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑈 ℎ𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑤𝑒𝑔𝑔𝑒𝑟𝑢𝑘. 𝐻𝑒𝑡 𝑈 𝑑𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑦 𝑣𝑜𝑒𝑡𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑡𝑟𝑢𝑖𝑘𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔 𝑏𝑒𝑤𝑎𝑎𝑟, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝐺𝑜𝑑 𝑘𝑎𝑛 𝑙𝑒𝑒𝑓 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑛𝑖𝑒?”
Ja, in selfs die moeilikste van tye, kan ons onthou hoe getrou God is en watter voorreg ons alreeds gehad het om in Sy teenwoordigheid te mag wees en om Hom aan ons kant te hê. Ons kan onthou dat Hy ons al menigmale in die verlede gehelp het. En dat Hy dit weer kan en sal doen. Dat alles uiteindelik onder Sy beheer is en in Sy hande is.
As👏 dit👏 sleg👏 gaan,👏 sing!
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Maak ek dalk berge van molshope in my lewe? Vergeet ek soms dat ek altyd met God kan praat en dat Hy saam met my deur die moeilike tye gaan om my op te help?
Ⓖⓔⓑⓔⓓ:
Baie dankie, o groot en heilige God, dat U oral met my gaan. In slegte tye, help my om U te loof vir U getrouheid. Help my om vas te hou aan U beloftes. Help my om my belofte om U te volg na te kom, selfs in die donker tye. Mag ek sing – al is dit soms melankolies. Maar mag ek altyd, op een of ander manier, met my hele lewe, U lof besing. Amen
···ᶜᴶˢ···