Hieronder is 'n lys van die oordenkings met 'n skakel wat lei na teks en 'n klankgreep.
Keer gerus terug na hierdie skakel so elke nou en dan en kyk of daar dalk nuwe sielskos is vir jou.
(Kliek op die skakel en dan op die naam of afpyltjie om die boodskap te sien of die skakel te kry vir die klankgreep.)
Kliek ook gerus op die "Oordenkings" skakel (menu) daarbo 👆🏻 om by die ouer oordenkings uit te kom.
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟯𝟬 – 🅰🆂 🅹🆈 🅼🅴🆃 🅹🅾🆄🆂🅴🅻🅵 🅱🅰🅺🅻🅴🅸 ... (Kliek hier vir die klankgreep)
In Romeine 7 beskryf Paulus seker een van die moeilikste oorloë wat daar is: die oorlog wat ons met onsself voer.
Elke mens in die wêreld het een of ander vorm van etiek. Ons almal het ’n maatstaf waarvolgens ons meet of iets reg of verkeerd is – hetsy dit die Bybel is of dalk die wette van die land. Selfs die boorlinge van die Amasone woude het hul eie norme en waardes en volg, in ’n mate, hul ingebore strewe na goedheid. Dit is hoe God die mens geskape het. In Genesis 1 al, nadat God die mens geskape het, het God gevind dat dit baie goed was (Gen. 1:31). Die mens is volgens God se beeld geskape en inherent is God se goedheid steeds teenwoordig in ons – in ’n sekere mate.
Tog het ons ook vrye wil en, wanneer ons al slimmer word en allerhande menslike wette begin leer, begin ons gou die waarde van ons ingebore goedheid bevraagteken. Paulus kom dan ook agter dat God se Wet goed is, maar dat dit hom ook herinner aan sy sondigheid. Omdat ons nie vir onsself die skuld wil gee as as ons sondig nie, probeer Paulus dan die wet die skuld gee, maar kom uiteindelik tot die gevolgtrekking dat die eintlike oorlog in hom tussen sy eie sondige wil en God se wil is... Hy skryf:
“¹⁴𝑂𝑛𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑤𝑒𝑙 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑒𝑠𝑡𝑒𝑙𝑖𝑘 𝑖𝑠, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑒𝑘, 𝑖𝑛 𝑚𝑦 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑, 𝑖𝑠 𝑢𝑖𝑡𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑜𝑝 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒. ¹⁵𝐸𝑘 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑒𝑖𝑒 𝑜𝑝𝑡𝑟𝑒𝑑𝑒 𝑛𝑖𝑒: 𝑊𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑤𝑖𝑙, 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒; 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑗𝑢𝑖𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑒𝑘 ℎ𝑎𝑎𝑡, 𝑑𝑖𝑡 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑒𝑘. ¹⁶𝐸𝑛 𝑎𝑠 𝑒𝑘 𝑑𝑖𝑡 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑛𝑖𝑒, 𝑔𝑒𝑒 𝑒𝑘 𝑡𝑜𝑒 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑖𝑠. ¹⁷𝑁𝑜𝑢 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑒𝑘 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑒𝑒𝑟𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑚𝑦 𝑤𝑜𝑜𝑛. ¹⁸𝐸𝑘 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑚𝑦 𝑤𝑜𝑜𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑑𝑖𝑡 𝑤𝑖𝑙 𝑠𝑒̂, 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑚𝑦 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒. 𝐷𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑙 𝑏𝑦 𝑚𝑦, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑛𝑖𝑒. ¹⁹𝐷𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑤𝑖𝑙, 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒; 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑛𝑖𝑒, 𝑑𝑖𝑡 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑒𝑘. ²⁰𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑎𝑠 𝑒𝑘 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑛𝑖𝑒, 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑒𝑘 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑒𝑒𝑟𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑚𝑦 𝑤𝑜𝑜𝑛. ²¹𝐷𝑢𝑠 𝑣𝑖𝑛𝑑 𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡: 𝑊𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑒𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑑𝑜𝑒𝑛, 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑 𝑏𝑦 𝑚𝑦 𝑎𝑎𝑛𝑤𝑒𝑠𝑖𝑔. ²²𝐼𝑛 𝑚𝑦 𝑑𝑖𝑒𝑝𝑠𝑡𝑒 𝑤𝑒𝑠𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑙𝑦 𝑒𝑘 𝑚𝑦 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑, ²³𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑒𝑘 𝑠𝑖𝑒𝑛 '𝑛 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑤𝑒𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑚𝑦 𝑙𝑒𝑑𝑒𝑚𝑎𝑡𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑙𝑜𝑔 𝑣𝑜𝑒𝑟 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑 𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑘𝑟𝑦𝑔𝑠𝑔𝑒𝑣𝑎𝑛𝑔𝑒 𝑛𝑒𝑒𝑚 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑚𝑦 𝑙𝑒𝑑𝑒𝑚𝑎𝑡𝑒 𝑖𝑠. ²⁴𝐸𝑙𝑙𝑒𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑖𝑠! 𝑊𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑚𝑦 𝑡𝑜𝑔 𝑟𝑒𝑑 𝑢𝑖𝑡 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑𝑠𝑏𝑒𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛? ²⁵𝐴𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑛𝑘 – 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠, 𝑜𝑛𝑠 𝐻𝑒𝑟𝑒! 𝑆𝑜 𝑑𝑖𝑒𝑛 𝑒𝑘𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑑𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑚𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒.” – Romeine 7:14-25 (AFR20)
Gaan lees gerus weer daardie gedeelte. Nogal bekend, nè? Ja, ons almal baklei met onsself en met die sonde in ons. Ons sondige natuur wil dat ons sondig, maar volgens God se wil, wil ons nie.
Moenie bekommer nie. As jy oor hierdie onderwerp met jouself baklei, is dit goed so. Ons moet stry teen die sonde en veral die sonde ín ons. Net Jesus kan ons red van hierdie doodsbestaan!
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Dit is goed as ek met myself baklei oor die sonde wat my lewe wil oorneem. Ek kies met my verstand vir God se wet, maar die wêreld en my sondige aard sal my anders laat wil kies. My verstand en my hart moet in lyn kom met mekaar. Jesus Christus, deur die werk van die Heilige Gees, maak dit moontlik.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Almagtige God en Vader, ek is ’n ellendige mens. Net U, Here Jesus, kan my red van ’n sondige lewe wat uitloop op die dood. Ek dank U, loof en prys U daarvoor. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟮𝟵 – 🆆🅰🆃 🆂ê 🅹🆈 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Ons almal was al in sulke situasies: Jy weet jy moet iets sê, maar jy weet nie wat jy moet sê nie; jy wil graag jouself verdedig, maar die woorde kom alles verkeerd uit, of daar is nie woorde nie; soms wil jy uit die diepte van jou hart getuig oor iets of ’n standpunt inneem, maar jy is nie seker hoe jy dit moet sê en of jy dit moet sê nie.
As Christene in ’n wêreld wat nie veel respek of ontsag het vir God en God se Woord nie, is dit soms baie moeilik. Ons binneste kom in opstand teen die tydsgees en die waardes van die dag, maar ons weet nie wat om te doen of wat om te sê nie. In ’n land wat, volgens statistiek, meer as 75% Christene is, sien ons amper elke dag hoe dinge nie meer getoets word aan God se Woord of God se geregtigheid nie. Vryheid van godsdiens het gemaak dat ons darem vrylik ons geloof kan beoefen in Suid-Afrika, maar dit het ons ook versigtig gemaak om op te staan vir wat ons glo. Ons is so bang ons trap dalk op ander se tone of dat ons dalk mag aanstoot gee, dat ons eerder stilbly.
Ons kan nie. Ons mag nie. As ons bely dat Jesus Christus die Here is, moet ons alle werk van die duisternis aan die kaak stel en in God se lig bring. Maar hoe? Hoe maak ons en wat sê ons? Hoor wat het Jesus die dissipels geleer:
“¹⁶ “𝐾𝑦𝑘, 𝐸𝑘 𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑢𝑖𝑡 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑠𝑘𝑎𝑝𝑒 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑙𝑤𝑒. 𝑊𝑒𝑒𝑠 𝑑𝑎𝑛 𝑏𝑒ℎ𝑜𝑒𝑑𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑠𝑙𝑎𝑛𝑔𝑒 𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑠𝑘𝑢𝑙𝑑𝑖𝑔 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑑𝑢𝑖𝑤𝑒. ¹⁷𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑜𝑝 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑜𝑒𝑑𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑙𝑒𝑤𝑒𝑟 𝑎𝑎𝑛 𝑠𝑎𝑛ℎ𝑒𝑑𝑟𝑖𝑛𝑠, 𝑒𝑛 𝑖𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 •𝑠𝑖𝑛𝑎𝑔𝑜𝑔𝑒𝑠 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑒𝑙. ¹⁸𝑉𝑜𝑜𝑟 𝑝𝑟𝑜𝑘𝑢𝑟𝑎𝑡𝑜𝑟𝑠 𝑒𝑛 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑚 𝑚𝑦 𝑜𝑛𝑡𝑤𝑖𝑙 𝑔𝑒𝑠𝑙𝑒𝑒𝑝 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑜𝑜𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑒𝑛 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑖𝑑𝑒𝑛𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑔𝑒𝑡𝑢𝑖𝑔. ¹⁹𝐸𝑛 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑙𝑒𝑤𝑒𝑟, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑘𝑜𝑚𝑚𝑒𝑟 𝑜𝑜𝑟 ℎ𝑜𝑒 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑠𝑒̂ 𝑛𝑖𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑠𝑒̂, 𝑠𝑎𝑙 𝑜𝑝 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑚𝑏𝑙𝑖𝑘 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒 𝑤𝑜𝑟𝑑. ²⁰𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑝𝑟𝑎𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑝𝑟𝑎𝑎𝑡. ²¹ “𝐵𝑟𝑜𝑒𝑟 𝑠𝑎𝑙 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟 𝑜𝑜𝑟𝑙𝑒𝑤𝑒𝑟 𝑜𝑚 𝑑𝑜𝑜𝑑𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑡𝑒 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑒𝑛 '𝑛 𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑠𝑦 𝑘𝑖𝑛𝑑. 𝐸𝑛 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑠𝑎𝑙 𝑖𝑛 𝑜𝑝𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑 𝑘𝑜𝑚 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑜𝑢𝑒𝑟𝑠 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑𝑚𝑎𝑎𝑘. ²²𝐸𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑔𝑒ℎ𝑎𝑎𝑡 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑡𝑒𝑟 𝑤𝑖𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑁𝑎𝑎𝑚. 𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙ℎ𝑎𝑟𝑑 𝑡𝑜𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑖𝑛𝑑𝑒, 𝑑𝑖𝑒́ 𝑠𝑎𝑙 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠 𝑤𝑜𝑟𝑑. ²³𝑊𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑒𝑛 𝑠𝑡𝑎𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑜𝑙𝑔, 𝑣𝑙𝑢𝑔 𝑛𝑎 '𝑛 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟. •𝐴𝑚𝑒𝑛, 𝐸𝑘 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒: 𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝐼𝑠𝑟𝑎𝑒𝑙 𝑘𝑎𝑛 𝑏𝑒𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 •𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑀𝑒𝑛𝑠 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒. ²⁴ “'𝑛 𝐿𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑛𝑔 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑤𝑒 𝑏𝑜 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑒𝑟𝑚𝑒𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟, 𝑜𝑓 '𝑛 𝑠𝑙𝑎𝑎𝑓 𝑏𝑜 𝑠𝑦 𝑒𝑖𝑒𝑛𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑖𝑒. ²⁵𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑣𝑜𝑙𝑑𝑜𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑛𝑔 𝑜𝑚 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑠𝑦 𝑙𝑒𝑒𝑟𝑚𝑒𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟, 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑙𝑎𝑎𝑓 𝑜𝑚 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑠𝑦 𝑒𝑖𝑒𝑛𝑎𝑎𝑟 𝑡𝑒 𝑤𝑜𝑟𝑑. 𝐴𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑢𝑖𝑠ℎ𝑒𝑒𝑟 𝐵𝑒𝑒̈𝑙𝑠𝑒𝑏𝑢𝑙 𝑔𝑒𝑛𝑜𝑒𝑚 ℎ𝑒𝑡, ℎ𝑜𝑒𝑣𝑒𝑒𝑙 𝑡𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑢𝑖𝑠𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑛𝑖𝑒.” – Matteus 10:16-25 (AFR20)
Ons is baie bevoorreg om in ’n land te woon waar ons vry is om ons Godsdiens te beoefen. Maar as ons dit waarlik wil beoefen en gehoorsaam aan God bly, moet ons presies dít doen! Ons moet toelaat dat God se Gees ons lei en aan ons die woorde gee wat gesê moet word, wanneer dit gesê moet word. As ons moet stilbly, sal ons ook weet om stil te bly. God is God en ons is mense. Ons is wel Sy kinders en Jesus is ons Here, Leermeester en Eienaar. Ons moet word soos ons Eienaar, sodat mense sal sien aan Wie ons behoort en ons nie eendag beskaamd voor Hom sal staan wanneer Hy vir seker weer sal kom om te oordeel nie.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
As ek nie weet wat om in moeilike situasies te sê nie, moet ek soms stilbly en ander kere moet ek vertrou dat die Heilige Gees aan my die woorde sal gee. Wanneer die Gees in my binneste werk om te getuig, sal ek weet wat om te sê.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Baie dankie Here dat U elke dag vir my geleenthede gee om op te staan vir U en om vir U en die evangelie te getuig. Help my om sterk te staan in my geloof en ten volle op U te vertrou om aan my die woorde te gee. Help my ook om te weet wanneer ek niks hoef te sê nie, maar wanneer ek praat laat my weet wat om te sê tot U eer en verheerliking. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟮𝟴 – 🅾🅽🆂 🅸🆂 🅻🅸🅶 ! (Kliek hier vir die klankgreep)
In God se huishouding skyn Sy lig oor alles en almal en is daar geen plek waar duisternis ooit kan regeer nie. Ons moet elke dag poog om so ná aan God te leef, dat ons nooit uit Sy lig kan dwaal na die duisternis waar ons oor allerhande hindernisse sal struikel nie.
Dit is eenmaal nou maar net so: om in die lig te bly is baie beter en baie veiliger vir enige mens. Selfs aan ons huise bring ons ligte aan om binne en buite te verlig, sodat daar nie donker hoekies is waar onheil kan skuil nie. Ons weet dat lig ons veilig hou.
In ons geestelike lewe is dit ook altyd so, maar ongelukkig is daar mense in die wêreld wat nie hou van die lig nie. Daar is mense wat daarvan hou om in die donker te konkel en allerhande slinkse planne uit te dink tot hul eie eer en voordeel. Mense verlei ander mense met slinkse praatjies en hou hulself selfs voor as draers van God se lig, maar binne-in is hulle harte donker. Dit gebeur nog altyd.
Paulus skryf in Efesiërs 5:6-14 (AFR20):
“6𝐿𝑎𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑒𝑖 𝑚𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑘𝑠𝑠𝑒𝑔𝑔𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑟𝑒𝑑𝑒𝑛𝑎𝑠𝑖𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑘𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑜𝑜𝑟𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑒𝑢𝑛𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑠𝑎𝑎𝑚ℎ𝑒𝑖𝑑. 7𝑀𝑜𝑒𝑡 𝑑𝑢𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒. 8𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑣𝑟𝑜𝑒𝑒̈𝑟 𝑤𝑎𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑙 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑜𝑢, 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑖𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑖𝑔. 𝐿𝑒𝑒𝑓 𝑎𝑠 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔! 9𝐷𝑖𝑒 𝑣𝑟𝑢𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑢𝑖𝑡 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑒𝑛 •𝑔𝑒𝑟𝑒𝑔𝑡𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑. 10𝐵𝑒𝑝𝑟𝑜𝑒𝑓 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑎𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑚𝑙𝑖𝑘 𝑖𝑠. 11𝐽𝑎, 𝑚𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑒𝑒𝑙 ℎ𝑒̂ 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑣𝑟𝑢𝑔𝑏𝑎𝑟𝑒 𝑤𝑒𝑟𝑘𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒; 𝑠𝑡𝑒𝑙 𝑑𝑖𝑡 𝑒𝑒𝑟𝑑𝑒𝑟 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑎𝑎𝑘. 12𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑒𝑢𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒ℎ𝑒𝑖𝑚 𝑔𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑤𝑜𝑟𝑑 – 𝑠𝑒𝑙𝑓𝑠 𝑛𝑒𝑡 𝑜𝑚 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑜𝑜𝑟 𝑡𝑒 𝑝𝑟𝑎𝑎𝑡, 𝑖𝑠 𝑠𝑘𝑎𝑛𝑑𝑒𝑙𝑖𝑘. 13𝑇𝑜𝑔 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔 𝑜𝑛𝑡𝑚𝑎𝑠𝑘𝑒𝑟 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑜𝑝𝑒𝑛𝑏𝑎𝑎𝑟; 14𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠, 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑖𝑔𝑏𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑖𝑠 𝑙𝑖𝑔. 𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑔𝑒𝑠𝑒̂:
𝑊𝑜𝑟𝑑 𝑤𝑎𝑘𝑘𝑒𝑟, 𝑗𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑙𝑎𝑎𝑝,
𝑒𝑛 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑝 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑
𝑒𝑛 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑠𝑎𝑙 𝑠𝑦 𝑙𝑖𝑔
𝑜𝑜𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑠𝑘𝑦𝑛.”
As jy die lig in jou het en as jy die lig is, leef as ’n kind van die lig! Moenie alles wat mense aan jou voorhou as die waarheid vir soetkoek opeet nie, maar toets dit aan God se Woord. Dis eintlik ’n maklike toets: as iets te goed lyk om waar te wees, dan is dit waarskynlik só! Moenie deel word van dinge wat agteraf in die donker gekonkel word nie, maar laat God se lig daaroor skyn. Die duisternis is vir die ou, dooie, sondige lewe wat ons voorheen gelei het – maar nie meer nie!
Moenie mislei word nie:
“𝑊𝑜𝑟𝑑 𝑤𝑎𝑘𝑘𝑒𝑟, 𝑗𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑙𝑎𝑎𝑝,
𝑒𝑛 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑝 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑
𝑒𝑛 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑠𝑎𝑙 𝑠𝑦 𝑙𝑖𝑔
𝑜𝑜𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑠𝑘𝑦𝑛.”
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Is ek soms nog besig met dinge van die donker? Laat ek my gou mislei deur mooipraatjies en menslike beloftes van beloning? Luister ek genoeg na die Heilige Gees wat met my praat? Ek moet ALTYD luister na God se Gees in my.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, laat my ’n lewe lei wat aanneemlik is vir U. Mag ek alles wat verdag lyk beproef. Mag ek U Woord beter ken, sodat ek daarop kan staatmaak en mag ek U stem hoor, Heilige Gees, wanneer U my waarsku. Mag U lig, Here Jesus, oor my lewe skyn. Tot U eer. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟮𝟳 – 🅶🅴🅴🅽 🅱🅴🆄🆁🆃🅺🆁🅰🅶 🅸🅽 🅶🅾🅳 🆂🅴 🅷🆄🅸🆂 🅽🅸🅴. (Kliek hier vir die klankgreep)
Met al die beurtkrag wat ons deesdae weer beleef, is dit nogal frustrerend. Ons sukkel om ons normale, alledaagse dinge gedoen te kry. Kragopwekkers en sonpanele word oral gebruik en dit kos ons ekstra geld en moeite. Maar, wat vir my erg is, is as die elektrisiteit saans afgaan en dit pikdonker is. Wanneer die krag weer aankom, en daar skielik lig is, moet ’n mens se oë weer aanpas. Dit is asof die donkerte ’n mens vir ’n oomblik blind gemaak het. Terwyl die krag af is, moet jy ook baie mooi loop – al ken jy jou huis baie goed – anders sal jy jou stamp teen die meubels en dalk val oor dinge. Dis nog erger as dit skielik donker is en jy op ’n vreemde plek is...
Ek weet dat baie van die mense wat na hierdie oordenkings luister wel blind is of min sig het. Ek het eenmaal gelees dat iemand wat blindgebore was vertel dat hy wel, in ’n mate, kan onderskei tussen lig en donker, maar nie ’n konsep van kleure het nie. Vir dié van ons wat geseënd is met sig, is die donker nog altyd ’n uitdaging, want een van die sintuie waarop jy staatmaak word erg beperk. Omdat ons ander sintuie nie so goed geoefen en ontwikkel is soos ’n blinde persoon nie, is ons in die donker baie beperk en sal ons gou struikel oor baie dinge.
Wanneer Johannes sy eerste brief skryf, maak hy ’n sterk verbinding tussen liefde en lig. Hy herinner die lesers of hoorders van sy briewe daaraan dat hulle gehoorsaam moet wees aan Jesus se liefdesgebod. Hy sê dan:
“⁷𝐺𝑒𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒𝑠, 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 '𝑛 𝑛𝑢𝑤𝑒 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑑 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑜𝑜𝑟 𝑒𝑘 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 '𝑛 𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑑, 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑖𝑛 𝑎𝑓 𝑔𝑒ℎ𝑎𝑑 ℎ𝑒𝑡. 𝐷𝑖𝑒 𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑑 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟 ℎ𝑒𝑡. ⁸𝑇𝑜𝑔 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑡 '𝑛 𝑛𝑢𝑤𝑒 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓, 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑒𝑛 𝑖𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 '𝑛 𝑤𝑒𝑟𝑘𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑖𝑠, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠 𝑏𝑒𝑠𝑖𝑔 𝑖𝑠 𝑜𝑚 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑦 𝑡𝑒 𝑔𝑎𝑎𝑛, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑟𝑒 𝑙𝑖𝑔 𝑟𝑒𝑒𝑑𝑠 𝑠𝑘𝑦𝑛. ⁹𝐼𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑦 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔 𝑖𝑠, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑦 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟 ℎ𝑎𝑎𝑡, 𝑖𝑠 𝑠𝑡𝑒𝑒𝑑𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠. ¹⁰𝑊𝑖𝑒 𝑠𝑦 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒𝑡, 𝑏𝑙𝑦 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔, 𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑘𝑠 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑜𝑚 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑠𝑡𝑟𝑢𝑖𝑘𝑒𝑙 𝑛𝑖𝑒. ¹¹𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑖𝑒 𝑠𝑦 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟 ℎ𝑎𝑎𝑡, 𝑖𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠, 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑛𝑑𝑒𝑙 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠, 𝑒𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑒𝑛 ℎ𝑦 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠 𝑠𝑦 𝑜𝑒̈ 𝑏𝑙𝑖𝑛𝑑 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 ℎ𝑒𝑡.” – 1 Johannes 2:7-11 (AFR20)
Om liefdeloos te lewe, of om ’n wrok te koester teen iemand, maak dat ons in die donker rondval. Dit is soos in beurtkrag wat ons vir daardie oomblik wanneer die lig aanbreek, amper verbouereerd maak, omdat ons eers weer moet aanpas in die lig. Soms is die lig so skerp dat dit selfs ons oë seermaak.
God se lig het dikwels daardie uitwerking op ons. As ons lank genoeg in die donker van sonde en haat bly en God se lig van liefde skielik op ons lewens gewerp word, maak dit ons soms seer. Ons sien dan skielik al ons blou kolle en kneusplekke wat ons onsself aangedoen het, omdat ons in die duisternis gewandel het. Ons het in alles vasgeloop en onsself stukkend gestamp, omdat ons gekies het om eerder daar te wandel.
Het jy geweet dat daar nie beurtkrag is in God se huishouding nie? God se lig en liefde heers daar. Daar is nie plek vir haat en wrokke nie. Al waar jy in die duisternis sal wandel, is as jy self kies om buite God se lig te wandel – as jy self uit God se huis uitgaan en loop waar jy nie die plek ken nie. Om in die donker te loop op ’n plek wat jy nie ken nie – vir ’n siende of blinde persoon – is baie moeilik. Hoekom sal ons dan dit wil doen? Jy gaan jouself net seermaak. Bly eerder in God se huis, waar Sy lig helder skyn en jy weet jy veilig is.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
As ek sukkel om my naaste lief te hê, rig ek skade aan myself aan. Jesus se liefdesgebod help my om in Sy lig te bly en om Sy vrede te ervaar in my lewe.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Dankie Here Jesus, dat U ons kom leer het van liefde. Dankie hemelse Vader, dat ons veilig kan wees in U huishouding. Dankie dat ons, as U kinders, altyd in U lig kan bly. Help my om nie toe te laat dat die duisternis van haat en wrokke my oë blind maak nie. Help my om te vergewe. Mag U liefde my hele wese in besit neem en mag ek U lig laat skyn oral in my lewe, sodat die wêreld U kan ken. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟮𝟱 – 🅷🅴🆃 🅹🆈 🅹🅾🆄🆂🅴🅻🅵 🆅🅴🆁🅻🅾🅾🆁 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Deesdae het amper elke tweede mens ’n definisie of verduideliking van wie Jesus was. Niemand wil regtig meer sê wie Hy 𝘐𝘚 nie. Die slim teoloë fokus partymaal so erg op die historiese Jesus, dat hulle vergeet om die Jesus van vandag in ag te neem. Alles gaan oor wetenskaplike bewyse, diepe hermeneutiek en eksegese van die Skrif en die sogenaamde uitleg van menslike kennis oor God en die persoon van Jesus. Openbaring deur boeke en boeke menslike kennis word voorgehou aan almal wie belangstel as die nuwe waarheid...
Dit is baie hartseer dat die mens na eeue en eeue se bestaan weer terugkeer na die eerste sonde: die soeke na menslike kennis om God te verstaan. Adam en Eva het ook gedink dat as hulle alles weet, dat hulle soos God kan wees. Vandag nog – of mense dit wil erken of nie – dink hulle ook so. Dít nadat ons die Woord van God ontvang het, nadat die Woord vlees geword het, onder ons kom woon het en die mense Sy heerlikheid aanskou het (Joh. 1:14) en, nadat Jesus self aan die dissipels erken het Wie Hy is na Petrus se belydenis (Luk. 9:18-20; Matt. 16:13-20; Mark. 8:27-31). Dit is regtig hartseer dat mense nogsteeds nie wil glo nie – selfs nadat Jesus aan ’n kruis gesterf het en uit die dood opgestaan het.
Nadat Petrus openlik erken het dat Jesus die Christus van God is – God se Gestuurde en Gesalfde – gebeur die volgende:
“²¹𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑝𝑑𝑟𝑎𝑔 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑡𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑒𝑙 𝑛𝑖𝑒, ²² “𝑤𝑎𝑛𝑡,” ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑦 𝑔𝑒𝑠𝑒̂, “𝑑𝑖𝑒 •𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑀𝑒𝑛𝑠 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑏𝑎𝑖𝑒 𝑙𝑦, 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑓𝑎𝑚𝑖𝑙𝑖𝑒ℎ𝑜𝑜𝑓𝑑𝑒, 𝑙𝑒𝑖𝑒𝑟𝑝𝑟𝑖𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟𝑠 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑘𝑟𝑖𝑓𝑘𝑒𝑛𝑛𝑒𝑟𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑒𝑟𝑝 𝑒𝑛 𝑑𝑜𝑜𝑑𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑒𝑛 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑒𝑟𝑑𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑤𝑒𝑘 𝑤𝑜𝑟𝑑.” ²³𝑇𝑜𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑦 𝑣𝑖𝑟 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐴𝑠 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑀𝑦 𝑤𝑖𝑙 𝑛𝑎𝑣𝑜𝑙𝑔, 𝑚𝑜𝑒𝑡 ℎ𝑦 ℎ𝑜𝑚𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑒̈𝑛, 𝑒𝑛 𝑒𝑙𝑘𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑠𝑦 𝑘𝑟𝑢𝑖𝑠 𝑜𝑝𝑛𝑒𝑒𝑚 𝑒𝑛 𝑀𝑦 𝑣𝑜𝑙𝑔; ²⁴𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑤𝑖𝑒 𝑠𝑦 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑟𝑒𝑑, 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑜𝑟, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑖𝑒 𝑠𝑦 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑡𝑒𝑟 𝑤𝑖𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑀𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑜𝑟, 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑡 𝑟𝑒𝑑. ²⁵𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑒𝑙𝑝 𝑑𝑖𝑡 '𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑎𝑠 ℎ𝑦 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑎𝑠 𝑤𝑖𝑛𝑠 𝑏𝑒𝑘𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡, 𝑚𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑜𝑚𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑜𝑟 𝑜𝑓 𝑠𝑘𝑎𝑑𝑒 𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡? ²⁶𝑊𝑖𝑒 ℎ𝑜𝑚 𝑣𝑖𝑟 𝑀𝑦 𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 𝑠𝑘𝑎𝑎𝑚, 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑜𝑚 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 •𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑀𝑒𝑛𝑠 𝐻𝑜𝑚 𝑜𝑜𝑘 𝑠𝑘𝑎𝑎𝑚 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝐻𝑦 𝑘𝑜𝑚 𝑖𝑛 𝑠𝑦 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒́ 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑒 𝑒𝑛𝑔𝑒𝑙𝑒. ²⁷𝐸𝑘 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑒𝑘𝑒𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒: 𝑆𝑜𝑚𝑚𝑖𝑔𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒́ 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛, 𝑠𝑎𝑙 𝑏𝑒𝑠𝑙𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑠𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔𝑠ℎ𝑒𝑒𝑟𝑠𝑘𝑎𝑝𝑝𝑦 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒.” – Lukas 9:21-27 (AFR20)
Deesdae, wil dit voorkom, is die familiehoofde, leier-predikante en skrifkenners weer besig om die Seun van die Mens te verwerp. Mense wil nie hulself verloën en hulle kruis opneem en Jesus onomwonde aanvaar as die Seun van God – God sélf – en Hom volg nie. Dit wil voorkom of mense genoeë is daarmee om hulself te verloor en skade aan te rig in die harte van ander mense, inplaas daarvan om hulself te verloor in Jesus Christus en Sy Woord. Sekere dele van die Woord word met blydskap aanvaar en ander dele is mense skaam voor en vermy dit eerder of bring eerder die “historiese Jesus” van hul menslike kennis daarin om ander betekenis daaraan te gee – betekenis wat die mens en die mens se begeertes beter pas.
Jesus waarsku ons streng hierteen. Ons mag ons nie skaam vir Sy woorde nie. Ons mag ons nie skaam vir God se Woord nie. Ons moet onsself verloor, maar nie om die wêreld en die wêreld se wins te bekom nie. Ons moet onsself verloor en geheel en al aan God wy, om die hemelse wins te verkry.
Om Jesus te volg is nie maklik nie, maar as Hy ons lei deur Sy Gees, is dit moontlik.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Het ek myself verloor? Aan wie of wat? Is ek bereid om elke dag my kruis op te neem – die verwerping van die wêreld te aanvaar – en Jesus heelhartig te volg?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here Jesus, soos Petrus bely het, bely ek ook nou: U is die Christus van God en soos Thomas ook erken het, nadat Hy U as opgestane Here gesien het: “𝑀𝑦 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝐺𝑜𝑑!” (Joh. 20:28). U is waarlik die Seun van God. U is waarlik God. Ek wil U navolg met my hele hart. Help my om myself elke dag te verloën en myself in U te verloor. Laat my glo in U en U Woord en mag ek nie deur mensekennis verlore gaan nie. Laat ek my nie skaam vir U of U Woord nie, sodat ek nie eendag beskaamd voor U sal staan nie. Tot U eer alleen. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟮𝟰 – 🅷🅾🅴 🅺🅰🅽 🅹🆈 🆃🅴🆁🆄🅶🅳🆁🅰🅰🅸 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Die hele lewe is ’n leerskool. Elke dag, as jy mooi oplet, leer jy iets nuuts en, as jy só ingesteld is, leer jy ook iets nuut oor jouself. As jy jouself laat leer deur Jesus Christus, ons Here – as jy waarlik ’n leerling en volgeling is – leer jy God beter ken en begin jy ook agterkom dat God jou ken. God ken ons beter as wat ons onsself ken en partymaal, wanneer ons ons eie kragte onderskat, kan Hy ons help om onsself nog beter te ken. As jy dan jouself ken en weet watter dinge jou soms pootjie, hoekom sal jy wetend jou wend na sulke dinge? Hoekom sal jy terugdraai van ’n nuwe lewe, na ’n ou lewe van ellende en sonde wat uitloop op die dood?
Paulus het groot frustrasie beleef – soos baie leraars – oor die Galasiërs. Hulle het ook bietjie verval in hul ou maniere. Hy skryf:
“⁸𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑟𝑜𝑒𝑒̈𝑟, 𝑡𝑜𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝐺𝑜𝑑 𝑛𝑜𝑔 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑘𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒, 𝑤𝑎𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑙𝑎𝑎𝑓 𝑎𝑎𝑛 𝑔𝑜𝑑𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑤𝑒𝑟𝑘𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒. ⁹𝐸𝑛 𝑛𝑜𝑢𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝐺𝑜𝑑 𝑙𝑒𝑒𝑟 𝑘𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡 – 𝑜𝑓 𝑙𝑖𝑒𝑤𝑒𝑟, 𝑛𝑜𝑢𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑘𝑒𝑛 𝑖𝑠 – ℎ𝑜𝑒 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑚𝑜𝑜𝑛𝑡𝑙𝑖𝑘 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑡𝑒𝑟𝑢𝑔𝑑𝑟𝑎𝑎𝑖 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑤𝑎𝑘 𝑒𝑛 𝑚𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑤𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑒𝑙𝑒𝑚𝑒𝑛𝑡𝑒̂𝑟𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑖𝑛𝑠𝑒𝑙𝑠, 𝑒𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝑎𝑓 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑎𝑎𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑙𝑎𝑎𝑓 𝑤𝑖𝑙 𝑟𝑎𝑎𝑘? ¹⁰𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟ℎ𝑜𝑢 𝑣𝑎𝑠𝑔𝑒𝑠𝑡𝑒𝑙𝑑𝑒 𝑑𝑎𝑒 𝑒𝑛 𝑚𝑎𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑒𝑛 𝑡𝑦𝑒 𝑒𝑛 𝑗𝑎𝑟𝑒. ¹¹𝑊𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑡𝑟𝑒𝑓, 𝑖𝑠 𝑒𝑘 𝑏𝑒𝑣𝑟𝑒𝑒𝑠 𝑑𝑎𝑡 𝑎𝑙 𝑚𝑦 ℎ𝑎𝑟𝑑𝑒 𝑎𝑟𝑏𝑒𝑖𝑑 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑙𝑘 𝑡𝑒𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑒𝑓𝑠 𝑤𝑎𝑠.” – Galasiërs 4:8-11 (AFR20)
Ons moet besef, dat wanneer ons vir Jesus volg, volg ons vir Jesus – nie ’n mens nie. Baie keer trap selfs leraars in daardie strik en is dit vir hulle lekker as mense húlle volg. Hulle spog graag met hoeveel mense hulle gedoop het, hoeveel siele hulle gered het of hoe groot hul gemeente is. Mense raak as’t ware verslaaf aan ’n kerk/gemeente of predikant.
Maar hierdie beginsel geld ook in die alledaagse lewe. Ons aanvaar gou die waardes van die wêreld – soms omdat dit vir die res aanvaarbaar is en soms omdat mense na wie ons opkyk of leiding verwag, só begin glo. Ons begin dan skielik dink dat die dinge wat ons afgesweer het, toe ons ons lewens vir Jesus gegee het, nou weer aanvaarbaar is. Weereens: ons begin sulke dinge te glo, omdat ons sondige natuur en die satan dit vir ons wil voorhou as aanvaarbaar – dikwels gebruik hy mense om dit vir ons te verfraai met allerhande leuens daarby.
Paulus herinner die Galasiërs en vir ons hier dat ons God moet ken en só na aan God leef dat Hy ons ken. Ons weet God ken ons in elk geval volkome, maar as ons nader aan Hom leef, sal ons Sy hart begin ken en agterkom dat Hy ons só goed ken, dat Hy ons hart en gedagtes kan bepaal. As God só in beheer is van ons lewens, kan die satan en sy makkers nie maklik weer ’n houvas kry op ons nie. Dan kan ons nie sommer weer terugdraai van die pad waarop God ons gebring het nie. Satan korrupteer mense en dan wil mense eerder hul eie koninkrykies bou. Paulus waarsku ook hierteen in vers 17 (AFR20): “¹⁷𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑦𝑤𝑒𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑡 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑑𝑜𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒; 𝑖𝑛𝑡𝑒𝑒𝑛𝑑𝑒𝑒𝑙, ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑎𝑓 𝑤𝑒𝑔ℎ𝑜𝑢, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢́𝑙𝑙𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑏𝑒𝑦𝑤𝑒𝑟.”
Is die werk wat God dan in ons gedoen het tevergeefs? Ons kan nie dat dit gebeur nie. Ons mag nie terugdraai nie. Ons moet deur God geken word, sodat ons Hom beter kan ken en kan bly op Sy pad.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Laat ek my soms te gou intimideer of aflei deur die wêreld se algemeen-aanvaarde waardes? Of dalk deur mense? Of dalk deur my eie selfsugtige, sondige begeertes? Ek moet alles toets aan God se Woord. God ken my en Hy sal my hou op Sy paaie van geregtigheid.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, U ken my deur en deur. Soos Dawid geskryf het in Psalm 139, ken U my beter as wat ek myself kan ken. Ek wil saam met Dawid dan vra in Psalm 139:23-24: “²³𝑂𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑚𝑦, 𝑜 𝐺𝑜𝑑, 𝑒𝑛 𝑘𝑒𝑛 𝑚𝑦 ℎ𝑎𝑟𝑡; 𝑡𝑜𝑒𝑡𝑠 𝑚𝑦, 𝑒𝑛 𝑘𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑜𝑛𝑡𝑠𝑡𝑒𝑙𝑙𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑔𝑒𝑑𝑎𝑔𝑡𝑒𝑠. ²⁴𝐾𝑦𝑘 𝑜𝑓 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑝 '𝑛 𝑝𝑎𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑟𝑖𝑒𝑡 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑙𝑒𝑖 𝑚𝑦 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑤𝑖𝑔𝑒 𝑝𝑎𝑑.” Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟮𝟯 – 🅺🅴🅽 🅹🆈 🅹🅾🆄🆂🅴🅻🅵 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
As mense my kom sien met watter moeilikheid ook al, probeer ek nie om hulle direk raad te gee nie. Ek probeer eerder dat hulle self by ’n antwoord uitkom wat hulle kan help. Hoekom? Want elkeen van ons ken onsself beter as enigiemand anders. Wat werk vir my, gaan nie noodwendig werk vir jou nie – en ook andersom. Ek ken myself beter as enigiemand anders en ek weet gewoonlik ook wat my eintlike probleem en dieper oorsaak daarvan is. As ek iets daaraan wil doen, moet ek self besluit wat om te doen, omdat ek weet dat dit vir my sal werk.
Tog, soos met enigiets wat al gemaak en ontwerp is in die wêreld, is daar Een wat ons beter ken. Soos ’n ingenieur iets ontwerp het, baie tyd daaraan spandeer het en al die werkinge van ’n uitvindsel of instrument ken, só ken God ons ook, want God het ons gemaak. God het ons ook só gemaak dat ons onsself kan ken en kan weet waartoe ons in staat is. God het ons gemaak tot Sy eer en inherent weet ons dat ons eintlik nie anders kan as om te leef tot Sy eer nie.
Maar die wêreld is korrup. Mense is korrup. Sonde het die doel waarvoor ons gemaak is kom korrupteer en skielik begin ons dinge doen waarvoor ons nie gemaak is nie en kan ons nie meer doeltreffend doen waarvoor ons hier is nie. Dis soos ’n selfoon wat gebruik word om spykers in te slaan – dit kan dalk werk, maar as jy dit weer wil gebruik waarvoor dit gemaak is, sal jy gou agterkom dat dit nie meer so goed werk nie en moet dit eers weer reggemaak word. As dit nie reggemaak word nie en nie weer vir die eintlike doel bruikbaar is nie, sal dit nie die toets deurstaan nie.
Paulus skryf in 2 Korintiërs 13:5-10 (AFR20):
“⁵𝑂𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑜𝑓 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑖𝑠; 𝑡𝑜𝑒𝑡𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒𝑠𝑒𝑙𝑓. 𝐾𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑑𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒? 𝐵𝑒𝑠𝑒𝑓 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑡 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑖𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒? 𝑇𝑒𝑛𝑠𝑦 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑜𝑒𝑡𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑒𝑢𝑟𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒. ⁶𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑒𝑘 ℎ𝑜𝑜𝑝 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑖𝑛𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑜𝑒𝑡𝑠 𝑤𝑒𝑙 𝑑𝑒𝑢𝑟𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑒𝑡. ⁷𝑂𝑛𝑠 𝑏𝑖𝑑 𝑤𝑒𝑙 𝑡𝑜𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒 – 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑚 𝑡𝑒 𝑤𝑦𝑠 𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑜𝑒𝑡𝑠 𝑑𝑒𝑢𝑟𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑜𝑒𝑛, 𝑠𝑒𝑙𝑓𝑠 𝑎𝑙 𝑠𝑜𝑢 𝑑𝑖𝑡 𝑙𝑦𝑘 𝑎𝑠𝑜𝑓 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑜𝑒𝑡𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑒𝑢𝑟𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒. ⁸𝑂𝑛𝑠 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑡 𝑜𝑚 𝑒𝑛𝑖𝑔𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑡𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑒𝑙 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑. ⁹𝑂𝑛𝑠 𝑖𝑠 𝑏𝑙𝑦 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑤𝑎𝑘 𝑖𝑠 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑟𝑘 – 𝑒𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑣𝑜𝑜𝑟 𝑏𝑖𝑑 𝑜𝑛𝑠, 𝑛𝑎𝑎𝑚𝑙𝑖𝑘 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑜𝑙𝑚𝑎𝑘𝑖𝑛𝑔. ¹⁰𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓 𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑖𝑛 𝑚𝑦 𝑎𝑓𝑤𝑒𝑠𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑒𝑘 𝑏𝑦 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑎𝑛𝑤𝑒𝑠𝑖𝑔 𝑖𝑠, 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑟𝑒𝑛𝑔 ℎ𝑜𝑒𝑓 𝑜𝑝 𝑡𝑒 𝑡𝑟𝑒𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑎𝑔 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 – 𝑜𝑚 𝑜𝑝 𝑡𝑒 𝑏𝑜𝑢, 𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑚 𝑎𝑓 𝑡𝑒 𝑏𝑟𝑒𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒.”
Ons kyk dikwels na ander mense – selfs ander gelowiges – en dan sien ons dat hulle anders lewe. Ons sien dat hulle dinge doen wat sal veroorsaak dat hulle nie toets sal deurstaan nie en dan dink ons dat ons ook maar só kan leef. Paulus moedig ons aan hier dat ons nie so moet wees nie. Ons moet volhard in ons geloof. Ons moet nie afvallig raak nie – selfs nie as ons leiers afvallig is nie. Ons moet aanhou om goed te doen. Ons moet aanhou om te glo. Ons moet vashou aan God en Sy beloftes. Ons moet onsself ken. Ons moet weet wat vir ons sal werk en wat nie en ons moet dit gedurig meet aan God se Woord. Ons moet slegs in staat wees om alles te doen vír die waarheid – niks daarteen nie. Ons moet onsself ken. Ons moet weet wie ons is in Christus.
Iemand (John Stuart Mill of Edmund Burke – mense is onseker waar dit eintlik vandaan kom) het eenmaal geskryf: “𝘛𝘩𝘦 𝘰𝘯𝘭𝘺 𝘵𝘩𝘪𝘯𝘨 𝘯𝘦𝘤𝘦𝘴𝘴𝘢𝘳𝘺 𝘧𝘰𝘳 𝘵𝘩𝘦 𝘵𝘳𝘪𝘶𝘮𝘱𝘩 𝘰𝘧 𝘦𝘷𝘪𝘭, 𝘪𝘴 𝘧𝘰𝘳 𝘨𝘰𝘰𝘥 𝘱𝘦𝘰𝘱𝘭𝘦 𝘵𝘰 𝘥𝘰 𝘯𝘰𝘵𝘩𝘪𝘯𝘨.” As ons weet dat ons geskape is om goed te doen, dan moet ons dit doen. Ons moet doelgerig en doelmatig doen waarvoor ons gemaak is. Om uit ons probleme en uitdagings te kom, moet ons weer terugkom by ons geskape doel en ons Skepper.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ken ek myself? Verstaan ek dat ek geskape is tot God se eer? Vervul ek daardie eenvoudige doel of laat ek toe dat ek gebruik word vir iets anders? God ken my beter as wat ek myself ken. As ek sukkel, moet ek na Hom toe gaan.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here God Almagtig, laat my U beter leer ken, sodat ek myself ook beter kan ken. Help my besef dat ek hier is om U te verheerlik. Ek wil goed doen en ek vir die toets weerstaan. Ek wil doelgerig en doelmatig wees vir dít waarvoor U my geskape het. Hou my in U waarheid en naby U Woord. Tot U eer alleen. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟮𝟮 – 🅶🅴🅱🅾🆄 🅾🅼 🆃🅴 🅷🅾🆄. (Kliek hier vir die klankgreep)
Baie van ons het al gehoor dat mense praat van iets wat “gebou is om te hou”. Dit beteken dat die voorwerp sterk, duursaam en prakties gemaak is. Sekere voertuie is só, ander is nie (en nee, ek gaan nie nou in die Toyota/Ford argument betrokke raak nie), sekere huise is só, ander nie. En so kan ons aangaan oor baie dinge in die lewe. Sekere dinge is nou maar net gebou om te hou en ander dinge nie.
Maar wat van ons? Is ons gebou om te hou? As ons verwys na gister se oordenking, het ons besef dat ons gebou is op die fondament van die apostels en profete; ons het vir Jesus Christus as ons hoeksteen wat vir ons die rigting en doel gee; ons het ook vir God wat in ons woon deur Sy Gees. Ons weet ook dat ons hoop nie opgesluit lê in die toekoms nie, maar dat dit iets is wat ons nou al leef elke dag – ons leef as nuwe skepels in die nuwe bedeling, ons nuwe lewens. Met ander woorde: ons is gebou om te hou! Ons is gebou om tot ná hierdie lewe nogsteeds te hou en vir ewig te bestaan saam met God.
Maar kyk, ons mense is darem ook vreemde goedjies, nè? Ons hoef nie vêr te soek om iets te kry om oor te bekommer nie. In die post-COVID wêreld, met die Oekraïne oorlog en olie pryse wat die hoogte inskiet, raak ons gou bekommerd oor werke wat verdwyn, aftreeplanne, spaargeld, ’n moontlike wêreld resessie... angs begin knaag aan ons laaste senuwees. Hoekom? Want ons is dit nie gewoond nie. Ons het tot dusvêr almal ’n redelike gemaklike en sorgvrye lewe of ’n lewe met min sorge geleef. Ons het wat ons nodig het, maar dinge raak nou taai... Ons weet ons is gebou om te hou, maar ons verloor gou moed.
Weet jy, maak nie saak watter tyd ons onsself in vind of watter dinge om ons gebeur nie, God het nog nooit toegelaat dat die lig van Christus uitgedoof word nie. Deur epidemies, pandemies, vervolging, armoede, oorlog en wie weet wat, het Christene nog altyd oorwinnend geleef. Christene is gebou om te hou!
Hoe? Hulle het nog altyd iets gehad wat ons so maklik verloor: Christelike hoop.
Ongelukkig is hoop nog altyd gepolitiseer of gemarginaliseer. Selfs in woordeboeke word gesê dat hoop “’n gevoel is dat dinge sal uitloop op iets goed”.
Maar, Christelike hoop is nie ’n gevoel nie. Dit is ook nie wensdenkery nie. Hoop kom van die sekerheid van God se beloftes. Dit is beloftes soos Paulus beskryf in Romeine 8:28 (AFR20): “²⁸𝑂𝑛𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑡𝑒𝑛 𝑔𝑜𝑒𝑑𝑒 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑚𝑒𝑒𝑤𝑒𝑟𝑘 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒𝑡, 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑠𝑦 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑛𝑒𝑚𝑒 𝑔𝑒𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑖𝑠;”; en ook beloftes soos in Handelinge 16:31 (AFR20) wat sê: “𝐺𝑙𝑜 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠, 𝑒𝑛 𝑗𝑦 𝑒𝑛 𝑗𝑜𝑢 ℎ𝑒𝑙𝑒 ℎ𝑢𝑖𝑠ℎ𝑜𝑢𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑠𝑎𝑙 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠 𝑤𝑜𝑟𝑑.” God se beloftes is volop in Sy Woord en ons word belowe dat Jesus weer sal kom en dat ons sal deel in Sy heerlikheid. Dit is nie eenvoudige optimisme of hoop op feilbare menslike leiers nie. Dit is standvastige hoop wat gebou is op die hoeksteen, Jesus Christus.
As ons nie ’n standvastige hoop het nie, bekommer ons ons oor die toekoms, maar as ons hoop standvastig is, is ons vry om te leef in die vrugte wat hoop lewer: vreugde, opofferende liefde, vrymoedigheid en volharding.
Deur vas te hou aan God en God se beloftes, kom ons agter dat ons werklikwaar gebou is om te hou – maak nie saak wat kom nie.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Hoe vreugdevol is ek? Is ek bereid om myself of iets van myself op te offer vir my mede-gelowiges? Het ek die vrymoedigheid om te getuig? Ek moet volhard in die hoop.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Baie dankie Here, dat ek kan weet dat U altyd alles ten goede laat meewerk vir ons wat U lief het. Dankie dat U ons geroep het om diensbaar te wees vir U. Ek glo in die Here Jesus Christus en ek glo in U beloftes, almagtige God en Vader. Ek weet dat niks my van U liefde kan skei nie en dat ek gebou is om te hou – vêr verby hierdie plek en tyd. Ek loof en prys U daarvoor, in Jesus se Naam. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟮𝟭 – 🅷🅾🅴 🅸🆂 🅹🆈 🅶🅴🅱🅾🆄 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Baie van ons ouer geboue in die land en selfs regdeur die wêreld het gewoonlik ’n gegraveerde hoeksteen. Op die hoeksteen is daar gewoonlik inligting oor wanneer die gebou gebou is, wie dit gebou het en wie dit ingewy het en selfs ook aan wie dit gewys is. Selfs baie nuwer geboue het dit ook nog. Dit was belangrik vir die mense om die hoeksteen van die gebou te merk. Dit was belangrik om hulself te herinner dat die hoeksteen die eerste steen ook was wat gelê is in die gebou.
Die hoeksteen van ’n gebou het vir argitekte en boukontrakteurs die geografiese ligging en aansig van die gebou ook bepaal. As die hoeksteen nie op die regte plek en reg gelê is nie, is die kanse dat die hele gebou nie sterk sal staan of reg sal uitdraai nie. Die hoeksteen in enige gebou – die beginpunt en rigtingaanwyser – is dus baie belangrik vir die doel en eindresultaat van die hele gebou.
In Efesiërs 2:1-10 herinner Paulus ons dat ons, as gevolg van die sonde wat in ons geheers het, dood was. Ons was dalk nie fisies dood nie, maar ons kon netsowel wees, want ons vorige leefwyse sou uitloop op die ewige dood. Ons is egter geroep tot nuwe lewe, as nuwe skepsels geskape, in die nuwe lewe wat Christus vir ons bewerk het deur Sy dood en opstanding. In verse 11-18 gaan Paulus dan vêrder om te verduidelik dat daar geen verskil is tussen besnedenes en onbesnedenes nie. Hy verduidelik dat elke persoon wat vir Jesus Christus aanvaar as sy/haar Verlosser, nou een is in Christus. Daar is nie onderskeid nie en almal is deel van God se nuwe huishouding. Almal van ons wat die ou, sondige lewe afsweer en streef om te leef soos God wil en Sy wil soek in ons lewens, ontvang God se vrede en kry toegang tot God deur een Gees (Ef. 2:18).
Dan skryf Paulus vêrder om dit nog duideliker te maak oor hóé ons deel is van God se huisgesin en hóé ons van voor af opgebou moet word:
“¹⁹𝑆𝑜 𝑖𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟 •𝑣𝑟𝑒𝑒𝑚𝑑𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑒𝑛 𝑏𝑦𝑤𝑜𝑛𝑒𝑟𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑠 𝑚𝑒𝑑𝑒𝑏𝑢𝑟𝑔𝑒𝑟𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 •ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑒𝑠, 𝑒𝑛 𝑙𝑒𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑢𝑖𝑠𝑔𝑒𝑠𝑖𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑, ²⁰𝑔𝑒𝑏𝑜𝑢 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑓𝑜𝑛𝑑𝑎𝑚𝑒𝑛𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 •𝑎𝑝𝑜𝑠𝑡𝑒𝑙𝑠 𝑒𝑛 𝑝𝑟𝑜𝑓𝑒𝑡𝑒, 𝑚𝑒𝑡 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑎𝑠 ℎ𝑜𝑒𝑘𝑠𝑡𝑒𝑒𝑛. ²¹𝐼𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑣𝑒𝑟𝑟𝑦𝑠 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑢, 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑠𝑎𝑎𝑚𝑔𝑒𝑣𝑜𝑒𝑔, 𝑡𝑜𝑡 '𝑛 ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑒 𝑡𝑒𝑚𝑝𝑒𝑙 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒. ²²𝐼𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑜𝑘 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑏𝑜𝑢 𝑡𝑜𝑡 𝑤𝑜𝑜𝑛𝑝𝑙𝑒𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠.” – Efesiërs 2:19-22 (AFR20)
Om opgebou te word as God se huisgesin, beteken dat jy eers die ou gebou moet afbreek. Die ou gebou was nie gebou op die regte hoeksteen nie. Die ou gebou het nie ’n Noord-aansig gehad nie en was koud en onpersoonlik gewees. Die ou gebou was nie gemerk nie en niemand sou weet Wie jou gebou het of aan Wie jy gewy is nie. Die ou gebou was nie ’n tempel nie.
Deur Jesus Christus se versoeningswerk, is ek en jy nou nuwe geboue. Ons is goed gebou. Ons fondament is God se Woord. Ons maak ons fondament sterker elke dag as ons dieper in God se Woord ingaan. Ons het Jesus Christus as ons hoeksteen. Hy is die eerste steen wat gelê is en Hy gee die rigting en doel vir elkeen van ons. Ons is goed saamgevoeg en kan ’n heilige tempel in die Here wees – ’n plek waar God kan woon deur Sy Gees. Ons kan waarlik sterk staan en ons doel vervul. Soos baie kerkgeboue opgerig is as tempel en monument tot eer van God, só kan ons ook nou pronk tot Sy eer.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Jesus Christus is my hoeksteen. Hý wys die rigting aan en Hý gee die doel in my lewe. Ek is gemerk en gewy aan Hom. Deur Hom word ek “... 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑏𝑜𝑢 𝑡𝑜𝑡 𝑤𝑜𝑜𝑛𝑝𝑙𝑒𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠.”
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Dankie Here Jesus dat ek ’n nuwe skepsel is. Dankie dat U my vrye toegang gegee het tot die Vader en vrye toegang tot ’n nuwe lewe tot eer van God. Help my om elke dag te besef hoe sterk my fondasie is, deur my al dieper in U Woord te laat gaan. Help my, Heilige Gees, dat ek ’n heilige tempel en woonplek kan wees vir my almagtige God. Tot U eer alleen. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟮𝟬 – 🆂🆃🆁🆄🅸🅺🅴🅻🅱🅻🅾🅺🅺🅴 🅴🅽 🅳🆆🅰🅰🆂🅷🅴🅸🅳. (Kliek hier vir die klankgreep)
In ons soeke na God en God se wysheid in ons lewens, wil ons nie struikelblokke ervaar nie. Ons wil die ware Wysheid – Jesus Christus – in ons lewens hê en ons soek nie na dwaasheid nie. Paulus leer ons ook dat Jesus die Wysheid is waarna ons soek en dat regverdiging, heiliging en bevryding te vinde is in Jesus (1 Kor. 1:30-31). Struikelblokke en dwaasheid in ons soeke na die Wysheid, moet vermy word... Maar... het jy geweet dat ons Wysheid – die verkondiging van die evangelie – lyk vir die wêreld soos struikelblokke en dwaasheid?
Paulus skryf in die voorafgaande gedeelte in 1 Korintiërs 1:
“¹⁸𝐷𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑜𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑟𝑢𝑖𝑠 𝑖𝑠 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑑𝑤𝑎𝑎𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒𝑔𝑒𝑛𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑟𝑒 𝑔𝑎𝑎𝑛, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑟𝑎𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑. ¹⁹𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓: “𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑦𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑦𝑠𝑒𝑠 𝑡𝑜𝑡 𝑛𝑖𝑒𝑡 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑖𝑛𝑠𝑖𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑒𝑟𝑝.” ²⁰𝑊𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑦𝑠𝑒 𝑚𝑎𝑛, 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑘𝑟𝑖𝑓𝑘𝑒𝑛𝑛𝑒𝑟, 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑒𝑑𝑒𝑣𝑜𝑒𝑟𝑑𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑? 𝐻𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑑𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑦𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑑𝑤𝑎𝑎𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒? ²¹𝑇𝑟𝑜𝑢𝑒𝑛𝑠, 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑦𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝐻𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑒𝑢𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑦𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑙𝑒𝑒𝑟 𝑘𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒. 𝐺𝑜𝑑 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑖𝑒𝑠 𝑜𝑚 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑔𝑙𝑜, 𝑡𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑤𝑎𝑎𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔𝑖𝑛𝑔. ²²𝐷𝑖𝑒 𝐽𝑜𝑑𝑒 𝑣𝑟𝑎 𝑡𝑒𝑘𝑒𝑛𝑠 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑟𝑖𝑒𝑘𝑒 𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑤𝑦𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑. ²³𝑂𝑛𝑠 𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟, 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔 '𝑛 𝑔𝑒𝑘𝑟𝑢𝑖𝑠𝑖𝑔𝑑𝑒 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠. 𝑉𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐽𝑜𝑑𝑒 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑡 '𝑛 𝑠𝑡𝑟𝑢𝑖𝑘𝑒𝑙𝑏𝑙𝑜𝑘 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑖𝑒-𝐽𝑜𝑑𝑒 '𝑛 𝑑𝑤𝑎𝑎𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑. ²⁴𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒𝑔𝑒𝑛𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑔𝑒𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑖𝑠, 𝐽𝑜𝑑𝑒 𝑠𝑜𝑤𝑒𝑙 𝑎𝑠 𝐺𝑟𝑖𝑒𝑘𝑒, 𝑖𝑠 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑟𝑎𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑦𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑. ²⁵𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑤𝑎𝑎𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠 𝑤𝑦𝑠𝑒𝑟 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒́ 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑤𝑎𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠 𝑠𝑡𝑒𝑟𝑘𝑒𝑟 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒́ 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒. ²⁶𝐵𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠, 𝑠𝑙𝑎𝑎𝑛 𝑎𝑔 𝑜𝑝 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑟𝑜𝑒𝑝𝑖𝑛𝑔: 𝑀𝑒𝑛𝑠𝑙𝑖𝑘 𝑔𝑒𝑠𝑝𝑟𝑜𝑘𝑒, 𝑖𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑎𝑖𝑒 𝑤𝑦𝑠𝑒𝑠, 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑎𝑖𝑒 𝑖𝑛𝑣𝑙𝑜𝑒𝑑𝑟𝑦𝑘𝑒𝑠, 𝑜𝑓 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑎𝑑𝑒𝑙𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑎𝑓𝑘𝑜𝑚𝑠 𝑛𝑖𝑒. ²⁷𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑤𝑎𝑎𝑠ℎ𝑒𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 ℎ𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑘𝑖𝑒𝑠 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑦𝑠𝑒𝑠 𝑡𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑎𝑎𝑚, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑤𝑎𝑘ℎ𝑒𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 ℎ𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑘𝑖𝑒𝑠 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑟𝑘𝑒𝑠 𝑡𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑎𝑎𝑚, ²⁸𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑏𝑒𝑙𝑎𝑛𝑔𝑟𝑖𝑘𝑒 𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑎𝑔𝑡𝑒𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 ℎ𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑘𝑖𝑒𝑠 – 𝑑𝑖𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑘𝑠 𝑖𝑠 – 𝑜𝑚 𝑤𝑎𝑡 𝑤𝑒́𝑙 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑤𝑎𝑠, 𝑡𝑜𝑡 𝑛𝑖𝑒𝑡 𝑡𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑘, ²⁹𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑖𝑒𝑡𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑜𝑝 ℎ𝑦 ℎ𝑜𝑚 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝐺𝑜𝑑 𝑘𝑎𝑛 𝑏𝑒𝑟𝑜𝑒𝑚 𝑛𝑖𝑒.” – 1 Korintiërs 1:18-29 (AFR20)
Ja, ons weet God word gevind op plekke en in situasies wat ons nie verwag nie. Selfs in die goeie nuus van ’n gekruisigde Verlosser! Die wêreld sal nie verstaan nie. Hulle kennis en hul idee van wysheid maak hulle blind vir die res van die verhaal. Hulle kan nie verstaan dat God se genade en liefde só groot kan wees nie. Hulle kan nie verstaan dat, vir dié wat glo, die straf van alle sonde op Een neergekom het nie. Hulle kan nie verstaan dat Hy ook, soos daar vir eeue lank geprofeteer was, die dood oorwin het nie.
Die mens se idee van sterk en slim wees is selfgesentreerd. God se idee van sterk en slim wees, is om op Hom te vertrou; om nederig te wees; om iets te verkondig wat dwaas klink vir die wêreld. Vir die mens is dit swakheid, maar vir God is dit krag, want die verborge krag van die redding wat in die evangelie lê, kan nie gemeet word nie.
Ja, mense soek nogsteeds tekens en wysheid – daarom wil hulle nie glo nie. Hulle idee van wie Jesus is, is verkeerd. En jy? Glo jý net dat Christus die krag en die Wysheid van God is. Ek lyk eerder soos ’n dwaas, terwyl ek die struikelblok van die evangelie verkondig. Aan God al die eer.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Dink ek ook soms dat dit dwaasheid is, om Jesus te volg? Sien ek dalk ook my geloof as ’n struikelblok? Twyfel ek dalk te maklik. Ek moet besef dat God verheerlik word wanneer ek swak is en dat Sy krag tot volle werking kom in- en deur my as ek vasstaan in my geloof. Daar is ware regverdiging, heiliging en bevryding in die gekruisigde en opgestane Here, Jesus Christus (1 Kor. 1:30).
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, al dink die wêreld ek is dwaas en al dink hulle ek is swak, weet ek dat U my krag en my wysheid is. Help my om sterk te staan. My geloof in U is nie ’n struikelblok nie. Dit is nie dwaasheid nie. Ek sal nie eendag beskaam staan nie, want U sal al die lof en eer ontvang, want dit kom U alleen toe. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟭𝟴 – “𝑯𝒊𝒆𝒓 𝒊𝒔 𝑬𝒌!” (Kliek hier vir die klankgreep)
Het jy al gesoek na iets wat jy nie kan vind nie? Jy soek en soek en na ’n ruk gee jy maar op. Jy maak maar vrede dat jy nie die voorwerp wat jy soek gaan vind nie. En dan, ’n dag of drie of dalk ’n maand later, wanneer jy nie soek nie... “Ta-da!” daar is die ding skielik op ’n plek wat jy moontlik vroeër gesoek het. Nou het jy dit dalk nie meer so nodig, soos in jou vroeëre soektog nie, maar jy is darem bly dat jy dit gevind het.
Die Bybel leer ons op baie plekke dat ons gedurig God moet soek – dat ons na Sy teenwoordigheid moet smag. Ons moet voortdurend probeer om in Sy vrede te rus en Sy verlossing te ervaar. Dit is tog die hart van enige gelowige se wens om só te lewe. Maar hoe wonderlik is dit darem nie ook, wanneer jy eintlik glad nie verwag om God te vind of ervaar in sekere plekke en situasies nie, om Hom skielik te vind nie? God laat Hom soms gevind word deur diegene wat Hom nie soek nie.
Die hele boek van Jesaja is gevul met vele uitsprake van God teenoor ’n hardkoppige volk van Israel. Daar is ook baie wonderlike uitsprake wat God deur die profeet gemaak het oor die komende redding en die Redder wat kom. En dan, veral in die tweede helfte van die boek, bring God gereeld die beste nuus vir ons: dat almal deel kan word van Sy volk. Hy kom vertel ons dat, alhoewel ons voorheen as heidene geklassifiseer is, kan ons deur Jesus Christus, nou aan Hom behoort.
“¹“𝐸𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑀𝑦 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑟𝑎𝑎𝑑𝑝𝑙𝑒𝑒𝑔 𝑑𝑒𝑢𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑛𝑎 𝑀𝑦 𝑔𝑒𝑣𝑟𝑎 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒; 𝐸𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑀𝑦 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑣𝑖𝑛𝑑 𝑑𝑒𝑢𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑀𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑜𝑒𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒. 𝐸𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑠𝑒̂, ‘𝐻𝑖𝑒𝑟 𝑖𝑠 𝐸𝑘! 𝐻𝑖𝑒𝑟 𝑖𝑠 𝐸𝑘!’ 𝑣𝑖𝑟 '𝑛 𝑛𝑎𝑠𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑛𝑎 𝑚𝑦 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑔𝑒𝑛𝑜𝑒𝑚 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒.” – Jesaja 65:1 (AFR20)
Hoe gereeld hoor die wêreld nog hierdie woorde? Hoeveel kerke verkondig nog dat God gevind kan word? As die kerkklokke lui op ’n Sondagoggend, hoor die mense ’n roepstem wat sê: “𝐻𝑖𝑒𝑟 𝑖𝑠 𝐸𝑘! 𝐻𝑖𝑒𝑟 𝑖𝑠 𝐸𝑘!”? Is die kerk van só aard dat mense nog nuuskierig is om te vra Wie daar te vinde is? Is ons lewens só ingerig en in lyn met God se wil, dat ons ware karakter – ons nuwe identiteit in Jesus Christus – na vore kom? As mense na ons kyk, vind hulle God – sonder dat hulle gesoek het?
Sien, daar is baie mense wat soek na iets in hierdie wêreld. Baie mense soek geluk. Baie mense soek vrede. Baie mense soek hulle doel. Sommige soek iets, maar weet nie eers waarna hulle soek nie. Sommige mense soek na God, maar kon Hom nie vind nie en hulle het maar moed opgegee – hulle het opgehou soek. Baie mense het begin glo dat hulle nie werklik God s’n is nie, omdat hulle nie na Sy Naam geroep is nie... Dalk is jy ook een van daardie mense...
God laat Hom vind deur ’n ieder en ’n elk – soms, sonder dat jy gesoek het. Dit is voorwaar baie wonderlike nuus. As ons oplet in ons lewens, sal ons begin sien en hoor dat God op alle vlakke, op alle plekke en in alle situasies vir ons sê: “𝐻𝑖𝑒𝑟 𝑖𝑠 𝐸𝑘!”
Vind God in jou lewe. Besef dat Hy altyd daar is. Wees ook die instrument, sodat ander mense Hom sal vind en Sy raad sal ontvang – sonder dat hulle gesoek het.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
God is hier. God is oral. Ek hoef nie vêr te soek nie. Ander mense moet kan sien dat God hier is – in my lewe.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Almagtige God, dankie dat U hier is. Dankie dat ek U kind kan wees. Baie kere in my lewe, soek ek nie, maar is U daar. Baie kere verbaas U my en is ek oorweldig oor hoe groot U liefde en genade vir my en vir ’n gevalle wêreld is. Mag mense U vind deur U kerk, deur my. Mag my lewe ’n kreet wees waardeur U roep: “𝐻𝑖𝑒𝑟 𝑖𝑠 𝐸𝑘!” Aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟭𝟳 – 🅿🆁🅰🅰🆃 🅼🅴🆃 🅹🅾🆄🆂🅴🅻🅵 ! (Kliek hier vir die klankgreep)
As ’n mens nog jonk is word jy geleer dat as jy met jouself praat, moet daar iets fout wees met jou. Soos jy egter ouer word, kom jy agter dat – sonder dat jy eers probeer – jy gedurig in gesprek met jouself is. Om een of ander rede, is meeste gesprekke met jouself, gewoonlik gesprekke waar jy jouself teregwys of stry met iets wat jy dink, sê of doen. Is dit verkeerd? Moet ons met onsself praat?
In Psalm 42 en 43 praat Dawid met God, maar ook met homself. In baie van die Psalms praat die psalmdigters met hulself en beskryf hulle in pragtige digkuns die gesprekke wat daagliks by gewone mense opkom. Hulle beskryf daardie innerlike stryd waarmee elkeen van ons worstel. Paulus skryf ook in Romeine 7 hoe hy self ook geworstel het hiermee:
“¹⁸𝐸𝑘 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑚𝑦 𝑤𝑜𝑜𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑑𝑖𝑡 𝑤𝑖𝑙 𝑠𝑒̂, 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑚𝑦 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒. 𝐷𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑙 𝑏𝑦 𝑚𝑦, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑛𝑖𝑒. ¹⁹𝐷𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑤𝑖𝑙, 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒; 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑛𝑖𝑒, 𝑑𝑖𝑡 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑒𝑘.” – Romeine 7:18-19a (AFR20)
So ook het Dawid in Psalm 42, terwyl hy deur mense bespot en verkleineer was, gesmag na God. Hy skryf:
“²𝑆𝑜𝑜𝑠 '𝑛 𝑤𝑖𝑙𝑑𝑠𝑏𝑜𝑘 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑚𝑎𝑔 𝑛𝑎 𝑤𝑎𝑡𝑒𝑟𝑠𝑡𝑟𝑜𝑚𝑒, 𝑠𝑜 𝑠𝑚𝑎𝑔 𝑚𝑦 𝑠𝑖𝑒𝑙 𝑛𝑎 𝑈, 𝑜 𝐺𝑜𝑑.
³𝑀𝑦 𝑠𝑖𝑒𝑙 𝑑𝑜𝑟𝑠 𝑛𝑎 𝐺𝑜𝑑, 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑𝑒 𝐺𝑜𝑑. 𝑊𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑘𝑎𝑛 𝑒𝑘 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 •𝑡𝑒𝑚𝑝𝑒𝑙 𝑖𝑛𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑒𝑛 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑘𝑦𝑛?
⁴𝑇𝑟𝑎𝑛𝑒 𝑖𝑠 𝑑𝑎𝑔 𝑒𝑛 𝑛𝑎𝑔 𝑚𝑦 𝑏𝑟𝑜𝑜𝑑, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑙𝑎𝑛𝑘 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑣𝑟𝑎 𝑤𝑜𝑟𝑑: “𝑊𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝑗𝑜𝑢 𝐺𝑜𝑑?”
En vêrder skryf hy:
“⁶𝑊𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑘𝑤𝑦𝑛 𝑗𝑦 𝑤𝑒𝑔, 𝑚𝑦 𝑠𝑖𝑒𝑙, 𝑒𝑛 𝑖𝑠 𝑗𝑦 𝑠𝑜 𝑜𝑛𝑟𝑢𝑠𝑡𝑖𝑔 𝑖𝑛 𝑚𝑦? 𝐻𝑜𝑜𝑝 𝑜𝑝 𝐺𝑜𝑑, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑒𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝐻𝑜𝑚 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑝𝑟𝑦𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠𝑠𝑖𝑛𝑔 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑦 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑏𝑟𝑖𝑛𝑔.
⁷𝑀𝑦 𝐺𝑜𝑑! 𝑀𝑦 𝑠𝑖𝑒𝑙 𝑘𝑤𝑦𝑛 𝑤𝑒𝑔 𝑖𝑛 𝑚𝑦, 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑛𝑘 𝑒𝑘 𝑎𝑎𝑛 𝑈 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐽𝑜𝑟𝑑𝑎𝑎𝑛𝑠𝑡𝑟𝑒𝑒𝑘 𝑒𝑛 𝑏𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑚𝑜𝑛𝑏𝑒𝑟𝑔𝑒, ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑏𝑒𝑟𝑔 𝑀𝑖𝑠𝑎𝑟 𝑎𝑓.”
– Psalm 42:2-4;6-7 (AFR20)
Dawid weet dat in sy worsteling met fisiese, emosionele en geestelike probleme, is God sy toevlug. Hy kom in aanbidding voor God en stort sy hart uit voor Hom. En dan, in sy laagste oomblik, wanneer sy siel begin twyfel of God werklik daar is en of God hom sal help, dan herinner hy homself daaraan dat hy op God alleen moet vertrou. Hy herinner homself dat God getrou is en dat ons hoop veilig in God se beloftes weggelê is.
Dan kom Dawid ook aan die einde van Psalms 42 en 43 en herinner homself – sy siel – daaraan dat God altyd die verlossing bring en dat die groot verlossing kom:
“¹²𝑊𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑘𝑤𝑦𝑛 𝑗𝑦 𝑤𝑒𝑔, 𝑚𝑦 𝑠𝑖𝑒𝑙, 𝑒𝑛 𝑖𝑠 𝑗𝑦 𝑠𝑜 𝑜𝑛𝑟𝑢𝑠𝑡𝑖𝑔 𝑖𝑛 𝑚𝑦? 𝐻𝑜𝑜𝑝 𝑜𝑝 𝐺𝑜𝑑, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑒𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝐻𝑜𝑚, 𝑚𝑦 𝐺𝑜𝑑, 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑝𝑟𝑦𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠𝑠𝑖𝑛𝑔 𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑦, 𝑚𝑦 𝐺𝑜𝑑, 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑠𝑦 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑏𝑟𝑖𝑛𝑔.” (Psalm 42:12 AFR20)
Paulus, in sy stryd, kom dan ook tot hierdie wonderlike gevolgtrekking:
“²⁴𝐸𝑙𝑙𝑒𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑖𝑠! 𝑊𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑚𝑦 𝑡𝑜𝑔 𝑟𝑒𝑑 𝑢𝑖𝑡 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑𝑠𝑏𝑒𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛? ²⁵𝐴𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑛𝑘 – 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠, 𝑜𝑛𝑠 𝐻𝑒𝑟𝑒!” – Romeine 7:24-25 (AFR20)
So, praat gerus met jouself. Herinner jouself daaraan dat God getrou is en dat jy waarlik nou al in die hoop kan lewe.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Praat ek met myself? Wat sê ek? Laat ek toe dat die Heilige Gees mý gees lei in die gesprek?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
“²𝑆𝑜𝑜𝑠 '𝑛 𝑤𝑖𝑙𝑑𝑠𝑏𝑜𝑘 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑚𝑎𝑔 𝑛𝑎 𝑤𝑎𝑡𝑒𝑟𝑠𝑡𝑟𝑜𝑚𝑒, 𝑠𝑜 𝑠𝑚𝑎𝑔 𝑚𝑦 𝑠𝑖𝑒𝑙 𝑛𝑎 𝑈, 𝑜 𝐺𝑜𝑑.
³𝑀𝑦 𝑠𝑖𝑒𝑙 𝑑𝑜𝑟𝑠 𝑛𝑎 𝐺𝑜𝑑, 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑𝑒 𝐺𝑜𝑑.” (Psalm 42:2-3 AFR20)
Dankie Here Jesus, dat U in my die hoop gevestig het om elke dag te leef met die groot verwagting dat ek vir ewig by U sal wees. Gee aan my U vrede en help my om deur U Gees, gedurig met myself te praat oor hoe groot U is en hoe lief U my het. Help my om myself te herinner dat U altyd getrou is en dat U my wel red uit wat soms lyk na ’n doellose bestaan op aarde. Alle dank, lof en eer kom U toe, my God – deur Jesus Christus, ons Here. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟭𝟲 – ’🅽 🅼🅴🅽🆂 🆅🅰🅽 🆆🅰🆁🅴 🅺🅰🆁🅰🅺🆃🅴🆁. (Kliek hier vir die klankgreep:)
Wanneer ons die Here vra vir leiding en wanneer ons deur die Gees gelei word, begin ons optree met integriteit. Ons ware karakter – in Christus – begin na die oppervlak te kom. Ons begin om te bid vir dít wat God wil hê en ons begin om in lyn daarmee te leef. Ons eie selfsugtige begeertes begin al meer te kwyn.
Dít is hoe dit veronderstel is om te wees... maar ongelukkig dink soveel mense dat om ’n Christen te wees, om die Naam van God te dra, net iets is wat in jou kop gebeur. Dit is soos om ’n hangertjie om jou nek te dra met ’n kruis, terwyl jy besig is om ’n bank te beroof of iemand te vermoor. Uiterlik lyk jy dalk soos ’n Christen, maar innerlik beteken dit niks nie.
Paulus waarsku die Joodse-Christene hieroor, omdat hulle graag op hul Joodse herkoms geroem het. Hulle het gedink dat, omdat hulle die “uitverkore volk” was, dat hulle maar kan aangaan om allerhande sondes te pleeg, omdat hulle nie meer onder die Wet is nie. In Romeine 7 verduidelik Paulus in meer detail hoe ons nie meer onder die Wet is nie, maar dat die Wet nogsteeds geld, maar dat ons onder nuwe heerskappy is – dié van Jesus Christus.
In Romeine 2 al, begin Paulus met hierdie lang verduideliking en argument teen die Christene wat nie optree soos Christene nie, omdat hulle nie genade verstaan nie. Hy probeer aan hulle verduidelik dat hulle integriteit moet hê:
“¹⁷𝐽𝑦 𝑛𝑜𝑒𝑚 𝑗𝑜𝑢𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑡𝑜𝑔 '𝑛 𝐽𝑜𝑜𝑑, 𝑗𝑦 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑡 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑒𝑛 𝑗𝑦 𝑏𝑒𝑟𝑜𝑒𝑚 𝑗𝑜𝑢 𝑜𝑝 𝐺𝑜𝑑. ¹⁸𝐽𝑦 𝑘𝑒𝑛 𝑠𝑦 𝑤𝑖𝑙 𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠𝑘𝑒𝑖 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑎𝑎𝑘 𝑚𝑎𝑎𝑘, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑦 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑟𝑖𝑔 𝑤𝑜𝑟𝑑. ¹⁹𝐽𝑦 𝑖𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑜𝑟𝑡𝑢𝑖𝑔 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑦 '𝑛 𝑔𝑖𝑑𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑙𝑖𝑛𝑑𝑒𝑠 𝑖𝑠, '𝑛 𝑙𝑖𝑔 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒𝑔𝑒𝑛𝑒 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠, ²⁰ '𝑛 𝑙𝑒𝑒𝑟𝑚𝑒𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑘𝑢𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒𝑠, '𝑛 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑤𝑦𝑠𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑘𝑙𝑒𝑖𝑛 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑡𝑗𝑖𝑒𝑠, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑦 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑙𝑖𝑔𝑔𝑎𝑚𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑘𝑒𝑛𝑛𝑖𝑠 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑 ℎ𝑒𝑡. ²¹𝐽𝑦 𝑑𝑎𝑛, 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑟𝑖𝑔, 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑟𝑖𝑔 𝑗𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑗𝑜𝑢𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑛𝑖𝑒? 𝐽𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑑𝑎𝑡 '𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑔 𝑠𝑡𝑒𝑒𝑙 𝑛𝑖𝑒, 𝑠𝑡𝑒𝑒𝑙 𝑗𝑦 𝑠𝑒𝑙𝑓? ²²𝐽𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑒̂ '𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑚𝑎𝑔 𝑛𝑖𝑒 𝑒𝑔𝑏𝑟𝑒𝑢𝑘 𝑝𝑙𝑒𝑒𝑔 𝑛𝑖𝑒, 𝑝𝑙𝑒𝑒𝑔 𝑗𝑦 𝑒𝑔𝑏𝑟𝑒𝑢𝑘? 𝐽𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑓𝑔𝑜𝑑𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑎𝑓𝑠𝑘𝑢, 𝑝𝑙𝑒𝑒𝑔 𝑗𝑦 𝑡𝑒𝑚𝑝𝑒𝑙𝑟𝑜𝑜𝑓? ²³𝐽𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑏𝑒𝑟𝑜𝑒𝑚 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡, 𝑗𝑦 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑜𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑡𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑡𝑟𝑒𝑒. ²⁴𝑊𝑎𝑛𝑡 “𝑑𝑖𝑒 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑡𝑜𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑖𝑑𝑒𝑛𝑒 𝑏𝑒𝑙𝑎𝑠𝑡𝑒𝑟”, 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛.” – Romeine 2:17-24 (AFR20)
Paulus leer hier dat jou ware karakter, jou nuwe identiteit in Christus na vore moet kom in jou lewe. Daar is nie meer plek vir eiewaan en selfverheffing nie. Jy kan nie dink dat jy beter is as enigiemand anders nie. Hy verduidelik dan vêrder:
“²⁸𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑜𝑚 '𝑛 𝐽𝑜𝑜𝑑 𝑡𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑠, 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑢𝑖𝑡𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑏𝑒𝑠𝑛𝑦𝑑𝑒𝑛𝑖𝑠 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑢𝑖𝑡𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔𝑔𝑎𝑎𝑚 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑖𝑒𝑑 𝑛𝑖𝑒; ²⁹𝑖𝑛𝑡𝑒𝑒𝑛𝑑𝑒𝑒𝑙, 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑖𝑠 𝑖𝑛𝑛𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘 '𝑛 𝐽𝑜𝑜𝑑 𝑒𝑛 𝑏𝑒𝑠𝑛𝑦𝑑𝑒𝑛𝑖𝑠 𝑖𝑠 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡, 𝑔𝑒𝑒𝑠𝑡𝑒𝑙𝑖𝑘, 𝑛𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑡𝑡𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘 𝑛𝑖𝑒. 𝑆𝑜́ 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔 𝑙𝑜𝑓, 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑.” – Romeine 2:28-29 (AFR20)
Sien, die Joodse Christene wou nog terugval op hul Joodse herkoms en het gedink dat hulle “groter” Christene is. Hulle het gedink dat hulle maar kan leef soos hulle wil, omdat hulle vooraf uitverkies is en die teken van die verbond fisies gedra het. Paulus kom verduidelik hier dat die teken van Christenskap, iets onsigbaar en innerlik is. Daarom ook dat die doopwater nie ’n merk los op jou nie – nie ’n sigbare merk nie. Daarom ook dat jy nogsteeds vrye wil het. Maar die oomblik wanneer Jesus Christus jou hart kom merk, wanneer die Heilige Gees oorneem, begin jy leef soos God wil. Dan kom jou ware karakter – die karakter van Christus – na vore in jou lewe.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Hoe tree ek op waar niemand my sien nie? Is ek oral dieselfde en laat ek toe dat God se Gees my lei? Is ek waardig om lof van God te ontvang vir my karakter?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Heilige Gees, lei my en leer my. Maak U merk op my hart, Here Jesus. Mag my lewe U gewy wees, sodat ek lof van die Vader kan ontvang, wanneer my lewe só is dat U verheerlik word en omdat U karakter, Here Jesus, op die voorgrond is van alles wat ek sê en doen. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟭𝟱 – 🆅🆁🅰 🅼🅰🅰🆁 ... (Kliek hier vir die klankgreep)
Wanneer ons bid, moet ons weet dat al ons gebede wel verhoor word. Ons weet dat die antwoorde op ons gebede een van drie antwoorde is: “Ja”, “nee”, of “wag”. Die “wag” antwoord, loop gewoonlik ook uit op “ja” of “nee”. Maar hoe verwerk ons dit en hoe vra ons vir dinge? Waarvoor mag ons vra?
In Matteus 7:9-12 (AFR20) sê Jesus: “⁹“𝑊𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙, 𝑎𝑠 𝑠𝑦 𝑠𝑒𝑢𝑛 𝑏𝑟𝑜𝑜𝑑 𝑣𝑟𝑎, 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑜𝑚 '𝑛 𝑘𝑙𝑖𝑝 𝑔𝑒𝑒? ¹⁰𝑂𝑓 𝑜𝑜𝑘, 𝑎𝑠 ℎ𝑦 '𝑛 𝑣𝑖𝑠 𝑣𝑟𝑎, 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑜𝑚 '𝑛 𝑠𝑙𝑎𝑛𝑔 𝑔𝑒𝑒? ¹¹𝐴𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑙𝑒𝑔 𝑖𝑠, 𝑑𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑜𝑚 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑒𝑛𝑘𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑡𝑒 𝑔𝑒𝑒, ℎ𝑜𝑒𝑣𝑒𝑒𝑙 𝑡𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 •ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑔𝑒𝑒 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑣𝑟𝑎! ¹²“𝐴𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑛 𝑤𝑖𝑙 ℎ𝑒̂ 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑑𝑜𝑒𝑛, 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑜𝑜𝑘 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑒𝑡 𝑠𝑜 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒; 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑒𝑟𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑊𝑒𝑡 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑃𝑟𝑜𝑓𝑒𝑡𝑒.”” En dan in Johannes 14:13a (AFR20) sê Jesus: “13𝐸𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑛 𝑚𝑦 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑣𝑟𝑎, 𝑠𝑎𝑙 𝐸𝑘 𝑑𝑜𝑒𝑛...”
Is dit regtig so? Kan ons maar regtig vir enigiets vra? Kan ons maar vra vir baie geld, ’n beter werk, ’n nuwe huis of motor? Kan ons regtig enigiets vra, en Jesus sal dit doen? Sjoe, dit sou darem lekker gewees het as Jesus soos een van daardie tower mannetjies in ’n bottel of lamp was, of hoe? Maak nie saak wat jy wil hê nie, sal Hy gee. Dit is tog wat daardie verse sê, is dit nie? Sal die Vader dan nie al die goeie dinge wat ons wil hê vir ons gee nie?
Ongelukkig, is hierdie verse van die Bybel wat só dikwels al in die verlede deur mense misbruik en misverstaan is. Ja, ons kan enigiets vir God vra. Ons kan bid en ons kan glo dat God vir ons net die beste beplan. Maar... ons moet ook vêrder lees... Die verse in Matteus 7 word voorafgegaan met gister se verse waar Jesus ons aanspoor om Hom te soek – om die Wysheid te soek en te vind. Johannes 14 se verse volg op met: “... 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘 𝑚𝑎𝑔 𝑤𝑜𝑟𝑑. ¹⁴𝐴𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑀𝑦 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑖𝑛 𝑚𝑦 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑣𝑟𝑎, 𝑠𝑎𝑙 𝐸𝑘 𝑑𝑖𝑡 𝑑𝑜𝑒𝑛.” (Johannes 14:13b-14 AFR20).
Hierdie gesprek het Jesus met Sy dissipels gehad net voor die kruisiging. Hy het hulle moed ingepraat om te weet dat hulle deur geloof in Hom nog groter dinge sal doen, omdat hulle ook die Heilige Gees sal ontvang. Hulle sou deur geloof, samewerking en gebed versterk word. Daarom, as hulle bid en vra vir enigiets waardeur God verheerlik sal word, sal God dit gee – volgens Sy wil. Jesus leer ons dus dat ons moet bid op ’n manier wat ooreenstem met wie God is. Dit gaan oor God se wil, God se Koninkryk en God se verheerliking.
Soms word God in ons swaarkry verheerlik. Paulus leer ons ook dat swaarkry kweek egtheid van geloof en egtheid van geloof kweek hoop (Romeine 5). Jesus leer ons egter hier dat ons moet bid in ooreenstemming met God se wil sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. As ons in Jesus se Naam bid en met daardie motiewe in gedagte, moet ons weet dat ons gebede beantwoord sal word.
So, kan ons nie bid vir baie geld, of ’n nuwe werk, of ’n nuwe motor nie? Die vraag is: Is waarvoor ons vra God-gesentreerd of is dit selfgesentreerd? Vra ons vir iets wat ons sal baat, of iets wat God se Koninkryk sal baat? Word ons verheerlik, of word God verheerlik?
As ons bid dat God ons omstandighede verander, moet ons die Wysheid in Jesus ook ontvang om te weet dat ons nederig afhanklik van God moet wag en dat ons Sy soewereine plan vir ons lewens moet aanvaar. Ons moet genoeg vertroue hê in God se wil, dat ons kan vra wat ons begeer wetende dat as Sy antwoord “nee” of “nog nie” is, dat Hy voldoende krag sal skenk om enige uitdaging te hanteer. Om in Jesus se Naam te bid is nie bloot meganies om te verseker dat Hy ons versoeke gaan toestaan nie – ons kan God nie manipuleer of God se hand forseer nie.
So, vra maar... Vra wat jy wil vir die Here in Jesus se Naam, maar laat die Heilige Gees jou lei om te weet dat dít wat jy vra moet gaan oor God se verheerliking.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Waarvoor vra ek as ek bid? Het ek die vrymoedigheid om vir enigiets te vra? Is dit wat ek soek tot verheerliking van God of van myself? Gee ek God kans om in my gebed met my te praat?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here Jesus, waarvoor moet ek vra? Lei my deur U Heilige Gees, sodat ek in gebed U wil sal soek. Lei my, sodat my begeertes sal wees in lyn met wat U Koninkryk bevorder. Mag alles wat ek het en alles wat U vir my beplan goed wees en goed aangewend word, tot U eer. Hemelse Vader, skenk aan my alle goeie dinge volgens U wil, sodat U verheerlik kan word. In die Naam van Jesus Christus, ons Here. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟭𝟰 – 🆂🅾🅴🅺, 🅴🅽 🅹🆈 🆂🅰🅻 🆅🅸🅽🅳. (Kliek hier vir die klankgreep)
In ons soeke na antwoorde in die lewe en in ons daaglikse stryd teen die sonde, besef ons dat ons regtigwaar nie anders kan as om vas te hou aan God nie. God se voorskrifte, Sy gebooie en opdragte, is die eenvoudigste manier om op die regte pad te bly. Tog, voel dit soms of hierdie gebooie van die Here ons belemmer om ’n “gelukkige lewe” te hê. Dit voel soms of dit ’n demper plaas op plesier en genot. Hoekom voel dit soms so? Wil God dan nie hê dat ons gelukkig moet wees nie?
Inteendeel: God wil hê dat ons gelukkig moet wees, maar ons definisie van geluk verskil van God s’n. Sien, ons meet dikwels ons lewens en ons geluk aan dié van ander mense. Ons wil graag gelukkig wees en ons meet ons geluk aan welvaart, rykdom, fisiese plesier en allerhande dinge wat die wêreld vir ons sê ons “nodig” het om gelukkig te wees. Ek onthou so hele klomp jare gelede het ’n voertuig vervaardiger ’n advertensie gehad wat sê dat jy nou geluk kan koop in hul nuwe voertuig. Ja, miskien sou jy vir ’n uur of twee per dag gelukkig wees terwyl jy die voertuig bestuur, maar as jou begroting nie regtig daarby inpas nie, sal jy op ander maniere weer ongelukkig wees. Geluk kan nie gekoop word nie.
Sien geluk, die regte definisie van geluk, is innerlike vrede. Dit is vergenoegdheid – tevredenheid met dít wat God aan jou toevertrou het. Daarvoor het jy wysheid nodig. Salomo sê dat wysheid beter is as enige aardse skat en dat dit uiteindelik vir jou geluk – innerlike vrede – sal bring:
“¹⁰𝐴𝑎𝑛𝑣𝑎𝑎𝑟 𝑚𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑚𝑎𝑛𝑖𝑛𝑔, 𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑖𝑙𝑤𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒, 𝑎𝑎𝑛𝑣𝑎𝑎𝑟 𝑘𝑒𝑛𝑛𝑖𝑠 𝑒𝑒𝑟𝑑𝑒𝑟 𝑎𝑠 𝑔𝑜𝑢𝑑.”
¹¹𝐽𝑎, 𝑊𝑦𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑖𝑠 𝑏𝑒𝑡𝑒𝑟 𝑎𝑠 𝑘𝑜𝑟𝑎𝑎𝑙, 𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑘𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑏𝑒𝑔𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘 𝑖𝑠, 𝑘𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑡 ℎ𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒.
¹² “𝐸𝑘, 𝑊𝑦𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑒𝑛𝑛𝑖𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑟𝑦 𝑒𝑘.
¹³𝑂𝑛𝑡𝑠𝑎𝑔 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑 𝑡𝑒 ℎ𝑎𝑎𝑡; 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑎𝑎𝑛𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑, ℎ𝑜𝑜𝑔𝑚𝑜𝑒𝑑, '𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑒𝑒𝑟𝑑𝑒 𝑝𝑎𝑑 𝑒𝑛 '𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑜𝑟𝑤𝑒 𝑚𝑜𝑛𝑑 ℎ𝑎𝑎𝑡 𝑒𝑘.
¹⁴𝐸𝑘 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑖𝑘 𝑜𝑜𝑟 𝑟𝑎𝑎𝑑 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑛𝑑𝑖𝑛𝑔𝑟𝑦𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑; 𝑒𝑘, 𝑖𝑛𝑠𝑖𝑔, 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑖𝑘 𝑜𝑜𝑟 𝑘𝑟𝑎𝑔.
¹⁵𝐷𝑒𝑢𝑟 𝑚𝑦 𝑟𝑒𝑔𝑒𝑒𝑟 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔𝑠, 𝑒𝑛 ℎ𝑜𝑜𝑔𝑔𝑒𝑝𝑙𝑎𝑎𝑠𝑡𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑔 𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑑𝑒𝑘𝑟𝑒𝑡𝑒 𝑢𝑖𝑡.
¹⁶𝐷𝑒𝑢𝑟 𝑚𝑦 𝑣𝑜𝑒𝑟 •𝑎𝑎𝑛𝑣𝑜𝑒𝑟𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑏𝑒𝑣𝑒𝑙, 𝑜𝑜𝑘 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑎𝑎𝑛𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛𝑑𝑒𝑠 – 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑤𝑎𝑡 𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑙𝑖𝑠𝑠𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑛𝑒𝑒𝑚.
¹⁷𝑊𝑖𝑒 𝑚𝑦 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒𝑡, ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑘 𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑜𝑜𝑘 𝑙𝑖𝑒𝑓, 𝑒𝑛 𝑤𝑖𝑒 𝑚𝑦 𝑠𝑜𝑒𝑘, 𝑠𝑎𝑙 𝑚𝑦 𝑣𝑖𝑛𝑑.
¹⁸𝑊𝑒𝑙𝑣𝑎𝑎𝑟𝑡 𝑒𝑛 𝑒𝑒𝑟 𝑖𝑠 𝑏𝑦 𝑚𝑦, 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑒𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑟𝑦𝑘𝑑𝑜𝑚 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑟𝑒𝑔𝑡𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑.
¹⁹𝑀𝑦 𝑣𝑟𝑢𝑔𝑡𝑒 𝑖𝑠 𝑏𝑒𝑡𝑒𝑟 𝑎𝑠 𝑔𝑜𝑢𝑑, 𝑎𝑠 𝑓𝑦𝑛𝑔𝑜𝑢𝑑, 𝑚𝑦 𝑜𝑝𝑏𝑟𝑒𝑛𝑔𝑠 𝑏𝑒𝑡𝑒𝑟 𝑎𝑠 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑠𝑜𝑒𝑘𝑡𝑒 𝑠𝑖𝑙𝑤𝑒𝑟.
²⁰𝑂𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑎𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑔𝑒𝑟𝑒𝑔𝑡𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑙𝑜𝑜𝑝 𝑒𝑘 – 𝑝𝑟𝑒𝑠𝑖𝑒𝑠 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑎𝑎𝑖𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 –
²¹𝑜𝑚 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑚𝑦 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒𝑡, 𝑏𝑒𝑠𝑖𝑡𝑡𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑡𝑒 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑒𝑟𝑓. 𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑟𝑎𝑎𝑑𝑘𝑎𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑒𝑘 𝑣𝑜𝑙.”
– Spreuke 8:10-21 (AFR20)
Ons het ook gehoor dat Paulus in 1 Korintiërs 1:30-31 vir ons leer dat Jesus Christus die wysheid vir ons geword het en in Matteus 7:7-8 (AFR20) sê Jesus vir ons: “⁷𝑉𝑟𝑎, 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒 𝑤𝑜𝑟𝑑; 𝑠𝑜𝑒𝑘, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑣𝑖𝑛𝑑; 𝑘𝑙𝑜𝑝, 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑜𝑜𝑝𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑤𝑜𝑟𝑑. ⁸𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑒𝑙𝑘𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑟𝑎, 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔; 𝑒𝑛 𝑤𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑒𝑘, 𝑣𝑖𝑛𝑑; 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝑤𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑜𝑝, 𝑠𝑎𝑙 𝑜𝑜𝑝𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑤𝑜𝑟𝑑.”
Is dit nie dieselfde woorde van die Wysheid wat praat in Spreuke 8 nie? Jesus leer ons dat ons Hom moet soek; ons moet Hom vra vir wat ons nodig het; ons moet deur Hom klop aan geleenthede se deur. Deur Hom, ín Hom, is die wysheid. Deur Sy Heilige Gees wat ons lei, kan ons ware geluk vind. In Jesus lê die antwoorde van die lewe waarna ons smag. In Jesus lê die krag om met vreugde God se gebooie te gehoorsaam en ware geluk – innerlike vrede – te ervaar. 𝑺𝒐𝒆𝒌, 𝒆𝒏 𝒋𝒚 𝒔𝒂𝒍 𝒗𝒊𝒏𝒅.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Waar soek ek soms vir antwoorde? Wat is my definisie van geluk? Hoe is dit in lyn met wat God vir my wil hê? My geluk lê opgesluit in my Here, Jesus Christus. Ek moet Hom elke dag soek en ek sal vind dat Hy alreeds by my is.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here Jesus, skenk my deur U Gees goeie oordeel. Help my om lief te hê wat en wie U lief het en om te haat dit wat U haat. Laat ek U liefhê met alles wat ek is en mag ek U liefde en vrede ervaar en mag dit my hele wese oorneem. Laat ek die regte keuses maak elke dag en mag ek U beter en beter ken. Hou my op U paaie van geregtigheid en regverdigheid. Tot U eer alleen. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟭𝟯 – 🅼🅾🅴🅽🅸🅴 🅶🅴🆅🅰🅽🅶 🆆🅾🆁🅳 🅽🅸🅴 ! (Kliek hier vir die klankgreep)
Dit is baie maklik om deesdae verlei te word. Mense kom met allerhande slinkse praatjies en die dinge wat ons in ons harte weet verkeerd is, word baie subtiel ook in ons alledaagse lewe as aanvaarbaar verkondig. Kyk maar na televisie reekse en rolprente: losbandigheid, wraak, onsedelikheid, ag noem dit maar – dinge word op een of ander manier geregverdig. Partymaal word die sonde as ’n sielkundige toestand geklassifiseer en word daar aangevoer dat die mens nie ’n keuse het daarin nie – dit is nou maar eenmaal hoe die mens is en dis nie ons skuld nie, sê hulle.
Al van die begin van die mensdom af, het die mens probeer om homself (en haarself!) te verontskuldig. Adam gee vir Eva die skuld. Eva gee die slang / die duiwel die skuld. Selfs toe Hansie Cronjé in die hof skuldig bevind is en, nadat hy skuld erken het, toe gee hy die duiwel die skuld. Dit is soos ’n voël wat in ’n wip gevang word. Die strik is gestel, maar die voël moet nogsteeds self in die wip ingaan. Studies het al bewys dat voëls slim genoeg is om te leer. Nadat ’n voël een of twee keer in dieselfde wip gevang is en vrygelaat word, gaan hy nie sommer weer daarin nie.
Maar sommige mense voer aan dat hulle nie anders kan nie – asof die sonde of verkeerde keuses ’n houvas het op hulle. Hulle reken dat dit soos ’n stroom oor hulle kom en dat hulle oorweldig word daardeur. Miskien is hulle reg, miskien is die sonde deesdae soos ’n sterk stroom water wat ons oorweldig. Die massa tegnologiese bombardering wat ons ondergaan deur die media, en veral sosiale media en die internet, oorspoel ons en ons word deur hierdie aanslag oorweldig. Ons word oor en oor in die wip gevang, omdat daar vir ons vertel word dat dit nie so sleg is om as gevangene te lewe nie...
Dawid skryf van ’n fisiese bevryding wat Israel beleef het, maar dit kan natuurlik ook toegepas word in ons stryd met die sonde:
“𝟭𝟮𝟰 ¹ '𝑛 •𝑃𝑒𝑙𝑔𝑟𝑖𝑚𝑠𝑙𝑖𝑒𝑑. 𝑉𝑎𝑛 𝐷𝑎𝑤𝑖𝑑.
𝐴𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑤𝑎𝑠 𝑛𝑖𝑒 – 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝐼𝑠𝑟𝑎𝑒𝑙 𝑑𝑖𝑡 𝑠𝑒̂ –
²𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑤𝑎𝑠 𝑡𝑜𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒,
³𝑑𝑎𝑛 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑛𝑠 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑖𝑛𝑔𝑒𝑠𝑙𝑢𝑘 𝑡𝑜𝑒 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑡𝑜𝑜𝑟𝑛 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑛𝑡𝑏𝑟𝑎𝑛𝑑 ℎ𝑒𝑡;
⁴𝑑𝑎𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑡𝑒𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑜𝑟𝑠𝑝𝑜𝑒𝑙, '𝑛 𝑠𝑡𝑟𝑜𝑜𝑚 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑜𝑟𝑤𝑒𝑙𝑑𝑖𝑔;
⁵𝑑𝑎𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑖𝑒𝑟𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑤𝑎𝑡𝑒𝑟𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑠 𝑜𝑜𝑟𝑤𝑒𝑙𝑑𝑖𝑔.
⁶𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑝𝑟𝑦𝑠 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑠 𝑝𝑟𝑜𝑜𝑖 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑡𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒.
⁷𝑂𝑛𝑠, 𝑛𝑒𝑡 𝑠𝑜𝑜𝑠 '𝑛 𝑣𝑜𝑒̈𝑙 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑙𝑢𝑔 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑒𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑣𝑜𝑒̈𝑙𝑣𝑎𝑛𝑔𝑒𝑟𝑠: 𝐷𝑖𝑒 𝑛𝑒𝑡 𝑖𝑠 𝑔𝑒𝑏𝑟𝑒𝑒𝑘 𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑠, 𝑜𝑛𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑙𝑢𝑔.
⁸𝑂𝑛𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑝 𝑖𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 ℎ𝑒𝑡.”
– Psalm 124 (AFR20)
Die wêreld staan nog altyd op teen Christene. Nog altyd word ons aangeval en moet ons leer om sterk te staan. Die vloed van sonde slaan teen ons en spoel oor ons. Ons kan baie maklik weggesleur word as ons nie vashou aan die Een wat reeds die sonde oorwin het nie. Jesus Christus het nie gesondig nie. Die strome van sonde het probeer om Hom te vernietig, maar Hy het sterk bly staan. Hulle het aanhou probeer om Hom in ’n wip te vang, maar Hy het die net gebreek! Hy het dit gedoen vir ons! Hy het ons gewys hoe om “nee” te sê. “Nee” vir die sonde en “ja” vir Hom.
Moenie gevang word in ’n net wat reeds deur Jesus se kruisdood en opstanding gebreek is nie. Moenie jou hulp soek op plekke en in mense wat aanhoudend opstaan teen jou en teen wat jy weet reg is nie. Onthou: die Here is vír jou; “𝑂𝑛𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑝 𝑖𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 ℎ𝑒𝑡.” (Psalm 124:8 AFR20) “𝘈𝘴 𝘎𝘰𝘥 𝘷𝘪𝘳 𝘰𝘯𝘴 𝘪𝘴, 𝘸𝘪𝘦 𝘬𝘢𝘯 𝘵𝘦𝘦𝘯 𝘰𝘯𝘴 𝘸𝘦𝘦𝘴?” (Romeine 8:31b AFR20).
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Word ek nog gereeld in ’n wip gevang? Ek moet staatmaak op die Here. God is aan my kant en Jesus het reeds die net van sonde gebreek, sodat ek nie daarin gevang hoef te word nie.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, help my om sterk te staan in my geloof as die wêreld hul nette oor my gooi. Help my om nie meegesleur te word wanneer die sterk strome van dwaalleer en sonde oor my spoel en teen my breek nie. U is getrou en U sal my altyd help as ek onthou dat my hulp nét van U kom. Help my om my mede-gelowiges ook daaraan te herinner en laat hulle my ook help, sodat ons saam sterk kan staan. Ek loof en prys U. U het die net gebreek en ek is vry. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟐-𝟎𝟔-𝟏𝟏 – 🅽🅾🅾🅸🆃 🆃🅴 🅾🆄🅳 🅾🅼 🆃🅴 🅻🅴🅴🆁 🅽🅸🅴 ... (Kliek hier vir die klankgreep)
Ons almal ken die spreekwoord of gesegde: “Jy’s nooit te oud om te leer nie”. Gewoonlik gebruik ons dit as ons op ’n meer gevorderde ouderdom iets nuut leer of as ons agterkom dat iets wat ons nog altyd anders verstaan het, nie so is nie. Gewoonlik is dit vir ons verbasend en verstommend. Maar, weet jy, jy is regtig nooit te oud om te leer nie. Kennis – ware kennis – is altyd bekombaar. Daar is niemand wat al die kennis besit nie. Daar is ook niemand wat genoeg wysheid het nie.
Dit is baie hartseer dat Adam en Eva se begeerte om alle kennis te bekom, hulle uit God se teenwoordigheid verwyder het. Hulle ongehoorsaamheid en die gedagte dat hulle oordeel beter was as God s’n, het veroorsaak dat die mens – wat volgens God se beeld geskape is – nie meer permanent in God se teenwoordigheid kon wees nie. Die mens was verdoem en die dood hulle voorland. Waar hulle in God se teenwoordigheid alles kon weet wat nodig was en vir ewig in vrede kon leef, is ons nou gedompel in sonde en ’n worsteling om elke dag te kies tussen reg en verkeerd. Ek is sommer van voor af kwaad vir Adam en Eva. Hoe wonderlik sou dit darem nie wees as ons vandag nog geen sorge en geen sonde kon hê nie?!
Nou ja... Ons kan elke dag met hierdie verwyt teenoor Adam en Eva rondloop, of... ons kan leer uit hulle foute. Sien, Jesus Christus het gekom om die hele mensdom te versoen met God. Deur Jesus se daad van liefde aan die kruis – waar Hy al ons sondes se straf op Hom geneem het en die volle prys daarvoor betaal het – is ons weer in staat om permanent in God se teenwoordigheid te leef. Dit klink amper onmoontlik in ’n wêreld wat oorloop van sonde, maar dit is moontlik. Onthou: die hoop binne ons, is nie iets wat eers vêr in die toekoms opgesluit is nie – dit is vir die lewe nou.
Jy is nooit te oud om te leer nie. Leer uit die foute van die verlede. Leer uit ander mense se foute. Bekom wysheid – ware wysheid. Ware wysheid is nét van God afkomstig en daarvoor moet jy tyd maak om meer en meer tyd in God se teenwoordigheid deur te bring. Ja, God is alomteenwoordig, maar om 𝐼𝑁 Sy teenwoordigheid te wees, moet jy in ’n verhouding met Hom wees. Jy moet in gesprek met Hom wees. Jy moet dat Sy Gees jou binneste verhelder en in jou hart spreek. Jou gees moet ontvanklik wees vir God se Gees.
In die Spreuke van Salomo kan jy gerus gaan lees en leer oor baie praktiese dinge van die lewe – dinge wat jou leer hoe om in wysheid op te tree. In Spreuke 4 egter, vertel Salomo sy seuns dat hulle die Wysheid moet soek en dat hulle elke dag moet leer en vashou aan sy woorde. Hy beskryf Wysheid as ’n vrou en sê dat ons moet lief wees vir die Wysheid; aan haar woorde moet vasklou; haar nie verontagsaam nie; en haar hoog op prys moet stel, dan sal sy ons eer gee en ’n sierlike kroon aan ons skenk (Spreuke 4:1-9).
Ag, hoe wonderlik sal dit darem nie wees nie! As ons ware wysheid kan besit... Hoor wat se Paulus dan vir ons in 1 Korintiërs 1:30-31 (AFR20): “³⁰𝐷𝑒𝑢𝑟 𝐻𝑜𝑚 𝑖𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠, 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑦𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑟𝑑 ℎ𝑒𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑘𝑜𝑚, 𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔𝑖𝑛𝑔 𝑠𝑜𝑤𝑒𝑙 𝑎𝑠 ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑖𝑛𝑔 𝑒𝑛 𝑏𝑒𝑣𝑟𝑦𝑑𝑖𝑛𝑔. ³¹𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚, 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛: “𝑊𝑖𝑒 ℎ𝑜𝑚 𝑜𝑝 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑤𝑖𝑙 𝑏𝑒𝑟𝑜𝑒𝑚, 𝑚𝑜𝑒𝑡 ℎ𝑜𝑚 𝑏𝑒𝑟𝑜𝑒𝑚 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒.”
Ja. Jesus is die Wysheid. Wys jou nou: 𝑱𝒚 𝒊𝒔 𝒏𝒐𝒐𝒊𝒕 𝒕𝒆 𝒐𝒖𝒅 𝒐𝒎 𝒕𝒆 𝒍𝒆𝒆𝒓 𝒏𝒊𝒆 !
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Jesus Christus is die Wysheid – God se wysheid. Ek kan elke dag weet wat reg en verkeerd is. Ek kan weet hoe om op te tree in alle situasies. Ek moet die Wysheid ken. Ek kan dit nie verwerf nie, maar ek kan dit gratis kry deur in Christus te woon en Hy in my.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here Jesus, skenk my U wysheid. Laat my deel wees van U en wees U alles van- en in my. Laat my gehoorsaam wees en help my om te leer uit my foute en ook die foute van die mensdom. Al die antwoorde vir die lewe is uiteindelik in U en in U wil – al verstaan ek dit nie. Skenk my genoeg wysheid om te weet dat ek vrede kan vind in U wil en skenk my genoeg insig en krag om te doen wat ek kan vir U, sodat U alle eer sal ontvang vir my lewe. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟭𝟬 – 🆆🅰🆃 🅸🆂 🅳🅸🅴 🅷🅾🅾🅿 🅱🅸🅽🅽🅴 🅹🅾🆄 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Wanneer God oor ons en deur ons en in ons almal is, soos Efesiërs 4:6 ons leer, dan is ons, as kerk, een. Ons deel een Gees – God se Gees. Ons is eensgesind in ons roeping; ons help mekaar; ons help mekaar reg; ons begin dink soos Jesus en ons besef dat ons tot soveel meer in staat is as wat ons gedink het (Fil. 4:13), deur God se krag in ons; ons besef hoe groot God is en wat ’n wonderlike voorreg dit is vir ons om diensbaar te wees; ons begin God se wil te ken en te aanvaar en te leef. Ons deel dan ook dieselfde hoop. Maar wat is hierdie hoop?
Petrus sê in vir ons in 1 Petrus 3:15-16 dat ons altyd gereed moet wees om hierdie vraag te beantwoord. Ons moet altyd reg wees om te kan verantwoord teenoor enigiemand wat rekenskap eis oor die hoop wat in ons leef. So, kan ons dit beantwoord? In ’n minuut, twee minute 10 minute? Kan ons in gesprek tree met mense oor wat die hoop is wat binne ons leef? Kan ons aan mense verduidelik hoe groot God is? Kan ons dink soos Jesus en toelaat dat die Heilige Gees ook groot dinge deur ons doen? Wat is die hoop wat binne ons leef?
Paulus skryf aan die gemeente in Efese oor hierdie hoop wat ons vind in ons roeping:
“¹⁷𝐷𝑎𝑛 𝑏𝑖𝑑 𝑒𝑘 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠, 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑡 𝑠𝑎𝑙 𝑔𝑒𝑒: 𝑔𝑒𝑒𝑠𝑡𝑒𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑤𝑦𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝑜𝑝𝑒𝑛𝑏𝑎𝑟𝑖𝑛𝑔, 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑒𝑛𝑛𝑖𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛, ¹⁸𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑒̈ 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑖𝑔 𝑚𝑎𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑖𝑛𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑜𝑜𝑝 𝑖𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑦 𝑟𝑜𝑒𝑝𝑖𝑛𝑔 𝑏𝑖𝑒𝑑, 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑟𝑦𝑘𝑑𝑜𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑒𝑟𝑓𝑒𝑛𝑖𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑒𝑠 𝑏𝑒ℎ𝑒𝑙𝑠, ¹⁹𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘𝑏𝑎𝑟𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑚𝑎𝑔 𝑖𝑠, 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑔𝑙𝑜 𝑜𝑜𝑟𝑒𝑒𝑛𝑘𝑜𝑚𝑠𝑡𝑖𝑔 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑟𝑘𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑘𝑟𝑎𝑔, ²⁰𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑜𝑒𝑓𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑖𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠, 𝑡𝑜𝑒 𝐻𝑦 𝐻𝑜𝑚 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑤𝑒𝑘 ℎ𝑒𝑡, 𝑒𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑠𝑖𝑡 ℎ𝑒𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑟𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟ℎ𝑎𝑛𝑑 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙𝑒,” – Efesiërs 1:17-20 (AFR20)
As gelowiges, is deel van die hoop wat in ons leef, dít wat ons eendag sal erf. Ons hoop is in ons erfenis. Hierdie erfenis is groter en meer werd as enige aardse erfporsie. Dit is die onvergelykbare grootheid van God se almagtigheid wat deur ons werk as Sy kerk. Dit is die ewige lewe wat voorlê. Dit is geestelike wysheid om dit nie net te sien as iets doer vêr in die toekoms nie, maar om dit nou te leef!
Hoop is nie iets wat jy net besit nie. Hoop is lewend. Hoop is dinamies. Hoop is deel van jou en deel van jou lewe. Jy leef dit, omdat dit in jou leef. Hierdie hoop is nie beperk en kortstondig, soos wêreldse hoop nie. Ons hoop is onbeperk deur God se krag wat deur die Heilige Gees in ons gevestig is in ons geloof. Ja, dieselfde krag wat Jesus Christus uit die dood opgewek het – God se krag – is in jou en my. Daarom kan ons versoekings weerstaan. Daarom kan ons positief bly in ’n negatiewe wêreld. Daarom vrees ons nie en skrik ons nie vir die aanvalle van bose mense nie. Daarom leef ons nou al vir God, asof ons alreeds vir ewig by Hom is.
Ons roeping as God se kerk is om die wêreld bekend te stel aan God. Die wêreld is skepties en hulle hoop kortstondig. Hulle wil nie glo dat daar ewige hoop is nie. Maar, omdat ons die hoop deel en die Heilige Gees ons in ’n heilige verband met mekaar bind, kan ons saam hierdie hoop leef en lig bring in ’n wêreld wat in donkerte gehul is.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Kan ek die hoop wat in my is beskryf? Het ek die hoop? Indien nie, moet ek gaan praat met iemand, sodat ons dit saam in geloof kan laat leef in ons.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Dankie Here, dat ons kan weet dat U vir ons ’n heerlike erfenis bemaak het. U het reeds gesterf aan die kruis en daarom het ons nou al deel in die erfenis. U het ook weer opgestaan, sodat ons kan besef hoe baie hierdie erfenis werd is. Dankie vir nuwe lewe. Dankie vir lewende- en lewegewende hoop. Help my om vas te kleef daaraan, sodat dit my lewe op aarde sal verlig – sodat ek ’n baken van U lig kan wees in ’n donker wêreld. Tot U eer alleen, my Here en my God. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟬𝟵 – 🆆🅰🆃 🅸🆂 ’🅽 🅼🅴🅽🆂 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
In ons Apostoliese Geloofsbelydenis sê ons dat ons glo in God, die Vader, die almagtige Skepper van die hemel en die aarde. Ons glo dus in die Een wat hoog bo almal en alles verhewe is. Ons glo dat daar niemand en niks is wat so magtig is soos Hy nie. Hy is die begin en die einde van alles, omdat Hy voor die begin en lank na die einde is, was en sal wees.
Wat ons glo van God, bepaal hoe ons alles in die lewe sal aanpak, hoe ons sal lewe en ook hoe ons sal dink oor allerhande dinge. Ons Godsbegrip, alhoewel dit dikwels vêr bo ons verstand se normale begrip is, sal bepaal wie ons is, hoe ons is en Wie s’n ons is.
Die res van die Apostoliese Geloofsbelydenis is op hierdie eerste artikel gebou – dit is die fondasie: “Ek glo in God, die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde”. God. Almagtig. Skepper. Is daar iets groter? Is daar iets magtiger? Probeer dit bietjie dink... Kan jy? Ek kan nie! My brein is te klein en my begrip te beperk. Ek weet dan nie eers hoe groot die heelal is nie, maar ek weet dit is groter as wat ek dalk kan dink dit is.
En weet jy wat? Hierdie God, die Vader, die Almagtige, is lief vir jou en my. Hy ken ons by die naam. Hy het ons geken, nog lank voor enigiets bestaan het. Hy ken alles van ons – niks is verborge vir Hom nie, want Hy is almagtig en alomteenwoordig (vgl. Psalm 139). Hierdie almagtige, ewige God ken jou en het jou lief. Jy is vir Hom belangriker as enigiets in hierdie groot, oneindige heelal. Dit maak nie sin nie. Weet God dan nie hoe sondig ons is en hoe sondig ons gedagtes soms is nie? Weet Hy nie dat ons dit nie verdien nie? Die res van die Skepping wat onskuldig is verdien dit dalk, maar nie die mens nie...
Dawid het dit ook besef. Hy het besef dat ons niks van God se liefde, ontferming, barmhartigheid, sorg of genade verdien nie. Hy skryf toe Psalm 8 om dit te probeer verwoord:
“¹𝑉𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 •𝑚𝑢𝑠𝑖𝑒𝑘𝑙𝑒𝑖𝑒𝑟. 𝑂𝑝 𝐻𝑎𝑔ℎ𝑖𝑡𝑡𝑖𝑒𝑡. '𝑛 𝑃𝑠𝑎𝑙𝑚. 𝑉𝑎𝑛 𝐷𝑎𝑤𝑖𝑑.
²𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑜𝑛𝑠 𝐻𝑒𝑒𝑟, ℎ𝑜𝑒 𝑚𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔 𝑖𝑠 𝑢 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒, 𝑈 𝑤𝑎𝑡 𝑢 𝑙𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟 𝑏𝑜 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙𝑟𝑢𝑖𝑚 𝑣𝑒𝑠𝑡𝑖𝑔.
³𝐷𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑜𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑘𝑙𝑒𝑢𝑡𝑒𝑟𝑠 𝑒𝑛 𝑠𝑢𝑖𝑔𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑈 𝑚𝑎𝑔 𝑔𝑒𝑣𝑒𝑠𝑡𝑖𝑔, 𝑣𝑎𝑛𝑤𝑒𝑒̈ 𝑢 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠, 𝑜𝑚 𝑣𝑦𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑒𝑛 𝑤𝑟𝑎𝑎𝑘𝑔𝑖𝑒𝑟𝑖𝑔𝑒𝑠 𝑠𝑡𝑖𝑙 𝑡𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑘.
⁴𝑊𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑒𝑘 𝑛𝑎 𝑢 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙𝑟𝑢𝑖𝑚 𝑘𝑦𝑘, 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑟𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑢 𝑣𝑖𝑛𝑔𝑒𝑟𝑠, 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑛 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑟𝑟𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑈 𝑔𝑒𝑣𝑒𝑠𝑡𝑖𝑔 ℎ𝑒𝑡 –
⁵𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑠 '𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑑𝑎𝑛 𝑑𝑎𝑡 𝑈 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑛𝑘, '𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒𝑘𝑖𝑛𝑑 𝑑𝑎𝑡 𝑈 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑜𝑚 𝑎𝑎𝑛𝑑𝑎𝑔 𝑠𝑘𝑒𝑛𝑘?
⁶𝑈 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑜𝑚 𝑛𝑒𝑡 𝑚𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑎𝑠 '𝑛 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙𝑠𝑒 𝑤𝑒𝑠𝑒 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘; 𝑈 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑜𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑒𝑒𝑟 𝑒𝑛 𝑚𝑎𝑗𝑒𝑠𝑡𝑒𝑖𝑡 𝑔𝑒𝑘𝑟𝑜𝑜𝑛.
⁷𝑈 𝑙𝑎𝑎𝑡 ℎ𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑠 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑟𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑢 ℎ𝑎𝑛𝑑𝑒; 𝑈 ℎ𝑒𝑡 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑠𝑦 𝑣𝑜𝑒𝑡𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑒𝑙:
⁸𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑒𝑖𝑛𝑣𝑒𝑒 𝑒𝑛 𝑏𝑒𝑒𝑠𝑡𝑒, 𝑗𝑎, 𝑠𝑒𝑙𝑓𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒𝑟𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑙𝑑,
⁹𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑒̈𝑙𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑖𝑠𝑠𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑒𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑦𝑡𝑟𝑒𝑘 𝑜𝑝 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑟𝑜𝑒𝑡𝑒𝑠 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑠𝑒𝑎𝑛𝑒.
¹⁰𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑜𝑛𝑠 𝐻𝑒𝑒𝑟, ℎ𝑜𝑒 𝑚𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔 𝑖𝑠 𝑢 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒!”
– Psalm 8 (AFR20)
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
God is groter as wat ek ooit sal verstaan. God is Almagtig – met ander woorde, daar is niks magtiger of sterker nie. God het nie nodig om ons lief te hê nie – veral nie ná alles wat ons al gedoen het nie – maar Hy kan nie anders nie, want Hy het ons gemaak en ons is die werke van Sy hande en God is liefde. Genade maak nie sin volgens menslike denke nie. God ken my en wil nie hê dat ek verlore gaan nie. Ek is Syne.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
“𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑜𝑛𝑠 𝐻𝑒𝑒𝑟, ℎ𝑜𝑒 𝑚𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔 𝑖𝑠 𝑢 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒...” Ek glo in U, my God, my Vader, die Almagtige, my Skepper en die Skepper van alles. U is groter as wat ek sal verstaan. Dankie dat U my ken en my lief het, ten spyte van wie ek is en was. Laat my in verwondering en dankbaarheid leef tot U eer. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟬𝟴 – 🅶🅾🅳 🆂🅴 🅿🅻🅰🅽🅽🅴 ... (Kliek hier vir die klankgreep)
Die gelowige mens is altyd op soek na maniere om God se wil beter te verstaan. Ons weet dat ons God se wil in ons lewens moet laat heers en ons weet dat ons moet streef daarna om ons wil te breek, sodat Sy wil ook ons wil sal wees, maar dit is soms moeilik. Kan ons God regtig ken? Kan ons God se wil waarlik ken?
Die kort antwoord op hierdie twee vrae, is ja. Ons kan God waarlik ken deur die Heilige Gees wat in ons woon en God se wysheid aan ons openbaar. Ons kan God se wil ken, deur onsself elke dag oor te gee aan God se wil en deur meer en meer tyd in gebed en meditasie met God deur te bring. Ons kan werklikwaar weet wat God wil hê van ons, maar die moeilike deel is om te verstaan...
God se wil is in meeste gevalle bo ons begrip. As mens, dink ons logies en probeer ons dinge uitklaar volgens ons kennis. Ons kennis, alhoewel baie uitgebreid deesdae, is ook steeds beperk. Die internet maak dinge ook nie makliker nie, want die meerderheid van die webtuistes daar buite het nie streng reëls oor die akkuraatheid van die inligting en inhoud wat daar aangebied word nie. Met ander woorde: ons kan nie die internet regtig vertrou vir kwaliteit kennis nie. En sonder kennis wat op feite gebaseer is, is begrip amper onmoontlik. Waarheen draai ons dan?
Ons draai na God se Woord. In God se Woord sal ons dalk meer begrip kry oor God se wil... Maar dan lees ons Jesaja 55:8-9 (AFR20):
“⁸“𝐽𝑎, 𝑚𝑦 𝑝𝑙𝑎𝑛𝑛𝑒 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑝𝑙𝑎𝑛𝑛𝑒 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑝𝑎𝑎𝑖𝑒 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑦 𝑝𝑎𝑎𝑖𝑒 𝑛𝑖𝑒,” 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑠𝑝𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒. ⁹“𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 ℎ𝑜𝑒̈𝑟 𝑖𝑠 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒, 𝑠𝑜 𝑖𝑠 𝑚𝑦 𝑝𝑎𝑎𝑖𝑒 ℎ𝑜𝑒̈𝑟 𝑎𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑝𝑎𝑎𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑝𝑙𝑎𝑛𝑛𝑒 𝑎𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑝𝑙𝑎𝑛𝑛𝑒.”
Beteken dit dan dat ons nooit God se wil, sal verstaan nie? Hoekom moet ons dan streef daarna? Hoekom moet ons dan hard werk aan iets wat dalk nie vir ons sin maak nie? Die eenvoudige antwoord: Want dit is God se wil.
Ons is mense – God se skepsels. God is God. Tyd bestaan nie vir God nie en God weet reeds hoekom dinge nou gebeur soos dit gebeur, omdat Hy reeds oor 10 minute, 10 ure, 10 dae, 10 eeue daar is en hoekom hierdie dinge nou móét gebeur. Al die dinge werk uiteindelik mee tot voordeel en guns van dié mense wat op God vertrou en vertrou op Sy wil en dat Hy beter weet (vgl. Romeine 8:28-30). Ja, ons verstaan dit nie en ons wil graag, want dit is tog ’n menslike ding... ons wíl meer weet en ons wil al die kennis hê... Maar kyk hoe het daardie strewe vir Adam en Eva uitgedraai...
Selfs Maria het hiermee gesukkel. Toe die engel van God aan haar die wonderlike nuus meedeel dat sy geboorte sal gee aan ons Verlosser, het sy nie verstaan nie en gevra om te verstaan:
“³⁴𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑀𝑎𝑟𝑖𝑎 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑛𝑔𝑒𝑙 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐻𝑜𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑠𝑜 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑚𝑜𝑜𝑛𝑡𝑙𝑖𝑘 𝑤𝑒𝑒𝑠, 𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑚𝑒𝑒𝑛𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑚𝑒𝑡 '𝑛 𝑚𝑎𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒?” ³⁵𝐷𝑖𝑒 𝑒𝑛𝑔𝑒𝑙 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑: “𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑠𝑎𝑙 𝑜𝑜𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑘𝑜𝑚 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑟𝑎𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐴𝑙𝑙𝑒𝑟ℎ𝑜𝑜𝑔𝑠𝑡𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑜𝑢 𝑜𝑜𝑟𝑠𝑘𝑎𝑑𝑢. 𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝐾𝑖𝑛𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑟𝑒 𝑤𝑜𝑟𝑑, ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠; 𝐻𝑦 𝑠𝑎𝑙 •𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑛𝑜𝑒𝑚 𝑤𝑜𝑟𝑑.” – Lukas 1:34-35 (AFR20)
Deur die werk van God se Heilige Gees, is die grootste genade ooit aan die mens geskenk. Maria kon nie verstaan nie en selfs met genoeg kennis, was hierdie bo haar begrip. Tog antwoord sy: “𝐾𝑦𝑘, 𝑒𝑘 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒𝑛𝑠𝑚𝑒𝑖𝑠𝑖𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒. 𝑀𝑎𝑔 𝑚𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑢𝑟 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑢 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑.” (Lukas 1:38 AFR20). Algehele vrede en oorgawe. Vrede in God se wil en oorgawe aan God se wil. Geloof.
Maria het geweet dat God se wil goed is en dat Hy werklikwaar alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom lief het. Sy het geweet dat God beter weet en Sy het haar vertroue in Hom geplaas. Sy het nie verstaan nie, maar dit het nie saakgemaak nie, want God verstaan en weet.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟?? 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
God se planne is God se planne. Wat dit is, kan ek weet. Hoekom dit is, hoef ek nie te weet nie, want ek weet dat God goed is en dat Hy alles ten goede laat meewerk vir my – want ek het Hom lief.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, gee my U vrede. Laat my gewillig U wil doen. Al verstaan ek nie, laat my steeds U vertrou en, al lyk dit soms vreemd vir my en al haat die wêreld my, laat ek U gehoorsaam wees. U wil en U hele wese sal altyd bo my begrip bly. Laat my dit in vrede aanvaar en, juis daaroor, altyd in verwondering en ontsag voor U staan. Ek loof en prys U vir U wil. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟬𝟳 – 🅳🅸🅽🅺 🆂🅾🅾🆂 🅹🅴🆂🆄🆂. (Kliek hier vir die klankgreep)
Wanneer ons deur God se Gees gelei word, kan en móét ons nie meer aan hierdie wêreld gelyk wees nie. Die wêreld kom heeltyd met allerhande mooi maniertjies om vir ons te sê dat sekere dinge aanvaarbaar is. Slim, geleerde mense kom vertel ons dat hulle nou die antwoord het en dat Jesus in baie gevalle eintlik “iets anders” bedoel het. Mense kom sê vir ons dat baie dinge in die Bybel slegs in daardie konteks gelees moet word en dat dit nie meer op ons van toepassing is nie. Die Bybel word selektief gelees en mense wil voorgee dat hulle weet wat Jesus gedink het. Ons word maklik verwar deur die kennis en sogenaamde “bewyse” van mense en die wetenskap.
As ons egter deur God se Gees gelei word, is dinge anders. As die Gees van waarheid ons lei, kry ons Jesus se gedagtes en denkwyse. Dit klink dalk soos een of ander foefie hierdie, maar dit is regtig so. Hoor wat skryf Paulus vir die mense in Korinte in 1 Korintiërs 2:12-16 (AFR20):
“¹²𝑂𝑛𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑡𝑜𝑔 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑘𝑜𝑚, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑛𝑎𝑑𝑖𝑔𝑙𝑖𝑘 𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑒𝑛𝑘 ℎ𝑒𝑡. ¹³𝑂𝑛𝑠 𝑝𝑟𝑎𝑎𝑡 𝑜𝑜𝑘 𝑜𝑜𝑟 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒, 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑡 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑤𝑦𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑜𝑛𝑠 𝑙𝑒𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑚𝑒𝑡 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑙𝑒𝑒𝑟, 𝑡𝑒𝑟𝑤𝑦𝑙 𝑜𝑛𝑠 𝑔𝑒𝑒𝑠𝑡𝑒𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑚𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑒𝑠𝑡𝑒𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑏𝑒𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙. ¹⁴𝑀𝑎𝑎𝑟 '𝑛 𝑛𝑖𝑒𝑔𝑒𝑒𝑠𝑡𝑒𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑎𝑎𝑛𝑣𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒; 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑜𝑚 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑑𝑤𝑎𝑎𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑒𝑛 ℎ𝑦 𝑘𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑟𝑦𝑝 𝑛𝑖𝑒, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑠𝑙𝑒𝑔𝑠 𝑔𝑒𝑒𝑠𝑡𝑒𝑙𝑖𝑘 𝑏𝑒𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑜𝑟𝑑. ¹⁵𝐷𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑒𝑠𝑡𝑒𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑏𝑒𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒, ℎ𝑜𝑒𝑤𝑒𝑙 ℎ𝑦𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑛𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑏𝑒𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒. ¹⁶“𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑤𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑑𝑎𝑔𝑡𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑔𝑒𝑘𝑒𝑛, 𝑜𝑚 𝑣𝑖𝑟 𝐻𝑜𝑚 𝑡𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓?” 𝑊𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑏𝑒𝑡𝑟𝑒𝑓, 𝑜𝑛𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑒𝑛𝑘𝑤𝑦𝑠𝑒 𝑣𝑎𝑛 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠.”
Die 83-vertaling het “denkwyse van Christus” vertaal met “Gees van Christus”, maar die oorspronklike Griekse woord wat gebruik word (𝒗𝒐ῦ𝒗) beteken letterlik “verstaanswyse”, “gedagtes” of “denkwyse”, soos in die 2020 vertaling gebruik word.
Ons moet dus alles wat die wêreld ons wil leer oor reg en verkeerd – selfs ook oor die Bybel – beproef deurdat die Gees dit vir ons sal openbaar as waar of vals. Paulus herinner ons ook in 1 Thessalonisense 5:19-21 (AFR20): “¹⁹𝑀𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑏𝑙𝑢𝑠 𝑛𝑖𝑒; ²⁰𝑚𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑝𝑟𝑜𝑓𝑒𝑠𝑖𝑒𝑒̈ 𝑔𝑒𝑟𝑖𝑛𝑔𝑠𝑘𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒, ²¹𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒; 𝑏𝑒ℎ𝑜𝑢 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒; ²²𝑣𝑒𝑟𝑚𝑦 𝑒𝑙𝑘𝑒 𝑣𝑜𝑟𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝑏𝑜𝑜𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑.”
Wanneer jy dus goed doen aan ander, doen dit soos Christus. Wanneer jy wonder of iets goed of sleg is vir jou, oordeel dit volgens Jesus se denkwyse, deur die Heilige Gees in jou. Wanneer die versoekings kom en jy wil kantel na die kant van die sonde, moenie die Gees blus nie – luister! Wanneer jy wysheid soek en wil aanleer, moenie dit in die wêreld en by wêreldse mense soek nie, gaan na God toe.
Jesus het nie gesondig nie, alhoewel Hy in die gestalte van ’n sondige mens op aarde was. Ons almal sondig en ons sukkel om versoekings te weerstaan. Die sogenaamde slim mense van die wêreld wil ons ook laat glo dat baie dinge nie meer sonde is nie, maar ons moet nie vir hulle luister nie. Ons moet luister na God se wysheid wat in die stem van die Heilige Gees, Jesus se denkwyse in ons vestig. Dink soos Jesus. Doen soos Jesus.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Wat maak ek met die stem van die Heilige Gees in my? Blus ek dit, ten koste van menslike geluk, plesier en welvaart? Hoe dink ek? Soos mense, of soos Jesus?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Heilige Gees wat in my woon, breek die Woord en die waarheid vir my. Laat my gehoorsaam wees aan U stem en openbaar die wysheid van God aan my. Laat my dink soos Jesus. U beloof in U Woord, Here, dat ons die denkwyse van Christus kan hê. Laat dit só wees vir my. Laat ek elke gedagte en elke daad oordeel volgens U reg en geregtigheid – vir myself en vir die wêreld. Heilige Gees, brand sterk binne my en laat my pogings om U te blus, heeltyd misluk, sodat ek U wil kan ken en daarvolgens kan lewe. Tot U eer alleen. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟬𝟲 – “🆆🅾🆆!” 🅾🅾🅼🅱🅻🅸🅺🅺🅴. (Kliek hier vir die klankgreep)
Met die Pinksterfees vier baie kerke die uitstorting van die Heilige Gees. Dit was ’n uitsonderlike en wonderlike gebeurtenis toe baie mense bymekaar was vir die fees en die Gees soos ’n rukwind en tonge van vuur skielik op die apostels gekom het. Hulle het vir al die vreemde besoekers van die Pinksterfees – wat verskillende tale en kulture was – in hul eie tale begin om die Evangelie te verkondig. Mense het gedink die apostels is dronk, maar Petrus het vir hulle mooi verduidelik hoe wonderlik God se Gees in ons kan werk en waaroor die Evangelie gaan. Omtrent drieduisend mense het daardie dag tot bekering gekom (vgl. Handelinge 2).
Dikwels verwag ons ook dat die Heilige Gees op só ’n indrukwekkende wyse in- en deur ons moet werk. Ons wil ook graag wonderwerke doen en allerhande ander tekens hê of wys, dat ons die Gees het. Ons wil ook skielik groot wysheid besit en in amper onverstaanbare taal aan mense dinge kan verduidelik. Maar in meeste gevalle werk dit nie so nie. Paulus skryf ook aan die gemeente in Korinte dat ons in gewone, verstaanbare taal, gelei deur God se Gees, die Wysheid van die eeue aan mense moet openbaar:
“¹𝑊𝑎𝑡 𝑚𝑦 𝑏𝑒𝑡𝑟𝑒𝑓, 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠, 𝑡𝑜𝑒 𝑒𝑘 𝑛𝑎 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑡𝑜𝑒 𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡, ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚 𝑜𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑤𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 𝑜𝑓 𝑤𝑦𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝐺𝑜𝑑 𝑠𝑒 𝑔𝑒ℎ𝑒𝑖𝑚𝑒𝑛𝑖𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑡𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑛𝑖𝑒. ²𝐸𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑏𝑒𝑠𝑙𝑢𝑖𝑡 𝑜𝑚 𝑏𝑦 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑘𝑠 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑡𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠, 𝑒𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑎𝑠 𝑔𝑒𝑘𝑟𝑢𝑖𝑠𝑖𝑔𝑑𝑒. ³𝐷𝑎𝑎𝑟𝑏𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑘 𝑖𝑛 𝑠𝑤𝑎𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑛𝑎 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑡𝑜𝑒 𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚, 𝑣𝑜𝑙 𝑣𝑟𝑒𝑒𝑠 𝑒𝑛 𝑏𝑒𝑤𝑖𝑛𝑔. ⁴𝑀𝑦 𝑙𝑒𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔𝑖𝑛𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑟𝑢𝑠 𝑜𝑝 𝑜𝑜𝑟𝑟𝑒𝑑𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑤𝑦𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑝 𝑏𝑒𝑤𝑦𝑠𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑒𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑘𝑟𝑎𝑔, ⁵𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑦𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑏𝑒𝑟𝑢𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑟𝑎𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑. ⁶𝑉𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒𝑔𝑒𝑛𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑜𝑙𝑤𝑎𝑠𝑠𝑒 𝑖𝑠 𝑖𝑛 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓, 𝑖𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑒̂, 𝑤𝑒𝑙 𝑤𝑦𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 – 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑦𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑, 𝑜𝑓 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑠𝑒 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑠𝑒𝑟𝑠 𝑛𝑖𝑒. 𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑖𝑛 𝑒𝑙𝑘 𝑔𝑒𝑣𝑎𝑙 𝑡𝑜𝑡 𝑛𝑖𝑒𝑡. ⁷𝑂𝑛𝑠 𝑝𝑟𝑎𝑎𝑡 𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑠𝑒 𝑤𝑦𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 '𝑛 𝑚𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑖𝑒 𝑔𝑒ℎ𝑢𝑙 𝑤𝑎𝑠, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑡𝑦𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑒𝑚 ℎ𝑒𝑡, ⁸𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑒𝑒𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑠𝑒𝑟𝑠 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑔𝑒𝑘𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒; 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑎𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡, 𝑠𝑜𝑢 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑔𝑒𝑘𝑟𝑢𝑖𝑠𝑖𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒. ⁹𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛: “𝑊𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑔 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡, 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑟 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟 ℎ𝑒𝑡, 𝑒𝑛 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑣𝑎𝑛 '𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 – 𝑑𝑖𝑡 ℎ𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑏𝑒𝑟𝑒𝑖 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒𝑔𝑒𝑛𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒𝑡.” ¹⁰𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑑𝑖𝑡 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑔𝑒𝑜𝑝𝑒𝑛𝑏𝑎𝑎𝑟; 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠, 𝑜𝑜𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒𝑝𝑡𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑. ¹¹𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑤𝑎𝑡𝑡𝑒𝑟 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑘𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒𝑝𝑡𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 '𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠, 𝑏𝑒ℎ𝑎𝑙𝑤𝑒 𝑠𝑦 𝑒𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑒𝑠 𝑖𝑛 ℎ𝑜𝑚? 𝑁𝑒𝑡 𝑠𝑜 𝑘𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒𝑝𝑡𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑛𝑖𝑒, 𝑏𝑒ℎ𝑎𝑙𝑤𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑.” – 1 Korintiërs 2:1-11 (AFR20)
Om God se Gees in ons te hê en om gelei te word deur God se Gees, is nie altyd daardie “Wow!” oomblikke nie. Soms is dit, maar meer dikwels is dit die klein oorwinnings wat ons behaal wanneer die Gees ons lei in die waarheid. Dit is dikwels die klein dade van barmhartigheid, omgee, sorg, “𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒, 𝑏𝑙𝑦𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝, 𝑣𝑟𝑒𝑑𝑒, 𝑔𝑒𝑑𝑢𝑙𝑑, 𝑣𝑟𝑖𝑒𝑛𝑑𝑒𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑔𝑜𝑒𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑔𝑒𝑡𝑟𝑜𝑢ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑠𝑎𝑔𝑚𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑠𝑒𝑙𝑓𝑏𝑒ℎ𝑒𝑒𝑟𝑠𝑖𝑛𝑔” (Galasiërs 5:22-23), wat vir ons dalk klein kan lyk en voel, maar vir ander mense die wêreld beteken.
Wees dus daar waar God se Gees jou lei. Spandeer meer en meer tyd met God in jou stiltetyd – maak stiltetyd! Leef in die oomblik... Dit is dalk meer “Wow!” as wat jy dink.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Is ek attent genoeg op die stem van die Here, deur die Heilige Gees in my? Gaan ek waar Hy lei? Spandeer ek genoeg tyd met God, sodat die Gees my dieptes en God se dieptes aan my kan openbaar?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Heilige Gees, dankie dat ek U kan ken. Dankie dat U my lei en, deur U, ek God, die Vader, beter kan leer ken. Leer my die hart van my God en lei my waar ek in U krag – met klein en groot dade – ander kan leer van U liefde. Tot eer en verheerliking van God alleen, in die Naam van Jesus Christus, ons Here. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟬𝟰 – 🆂🅻🆈🅿 🅼🅴🅺🅰🅰🆁. (Kliek hier vir die klankgreep)
In ons soeke na God se wil en in ons gestuurdheid as die kerk van God, is dit dikwels moeilik om te onderskei wat dit is wat ons moet doen. Ons weet dat God se Gees ons moet lei, maar té dikwels en té maklik keer ons terug na ons eie wil en raak ons soms weer die pad ’n bietjie byster. Wat maak ons dan? Hoe keer ons terug? Wie kan ons help? Hoor wat sê Salomo:
“𝑌𝑠𝑡𝑒𝑟 𝑠𝑙𝑦𝑝 𝑦𝑠𝑡𝑒𝑟, 𝑣𝑟𝑖𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑣𝑜𝑟𝑚 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟.” – Spreuke 27:17 (AFR83)
Die boek Spreuke is vol wysheid en goeie raad vir ons om ’n goeie lewe te lei. Goeie vriende help mekaar daarmee. Wanneer yster lank genoeg en hard genoeg teen mekaar gevryf word, word dit warm en sal dit uiteindelik ’n vonk en ’n vuur veroorsaak. Alhoewel die proses dalk ongemaklik is, is hierdie vuur een wat met passie brand.
As die liggaam van Christus, vergeet ons dat ’n deel van ons taak is om ander broers en susters in Christus op te skerp, sodat die vlam in hul harte, wat daar deur die Heilige Gees geplaas word, aanhou brand. Wanneer ons ons lewens aan God wy en behaar oorgee aan die Heilige Gees, is hierdie ’n vuur wat net deur die Gees beheer word. Maar in hierdie oordelende, relatiewe waarheidswêreld waarin ons leef, word dit al hoe moeiliker. Ons word so gou bang oor allerhande dinge en, omdat mense ons al té dikwels in die steek gelaat het en vriende maar skaars is, is ons bang om met besorgdheid waarheid in mekaar se lewens te spreek. Ons is bang om mekaar verantwoordbaar te hou en uiteindelik keer vrees dat Christene mekaar en ander slyp.
Dit is moeilik om iemand te wees wat ander skerp maak, en miskien selfs moeiliker om ’n betroubare persoon te vind wat jou skerper maak. Ons moet staatmaak op God se Gees om ons geloofsgenote vir ons aan te wys en ons moet hulle koester en toevou in gehoorsaamheid en God se liefde. Ons moet sorg dat ons bruikbare ledemate is van die Liggaam van Christus en seker maak dat Hy die hoof is van ons óns en húlle lewens, soos Efesiërs 4:15 (AFR83) ons ook leer: “𝑁𝑒𝑒, 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑎𝑙 𝑖𝑛 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑏𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑏𝑙𝑦 𝑒𝑛 𝑠𝑜 𝑖𝑛 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑝𝑠𝑖𝑔𝑡𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑒𝑖 𝑛𝑎 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑡𝑜𝑒. 𝐻𝑦 𝑖𝑠 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑜𝑜𝑓.”
Mag die Here jou seën met sulke vriende en familie en mag ons almal mekaar slyp tot ware diens. Tot Sy eer.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Wie is my vriende? Is ons saamgebind in die Gees – God se Gees? Hoe hou ons mekaar verantwoordbaar?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, almal wat oor my pad kom, het U gestuur. Help my om U verteenwoordiger te wees. Help my om my vriende reg te kies en die vriende wat U vir my gegee het te koester. Help ons om mekaar te slyp, sodat U vuur groot en helder in ons sal brand en dat ons diensbaar kan wees in U Koninkryk. Tot U eer. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟬𝟯 – 🅶🆁🅾🅴🅸 🅶🆁🅾🅾🆃 ! (Kliek hier vir die klankgreep)
Wanneer ons besluit om vir Jesus te volg, om Sy dissipels te word en elke dag by Hom te leer wat die wil van God is, dan kan dinge nogal uitdagend raak. In Lukas 9:51-62 vertel Jesus ook aan ander wat die voorneme het om Hom te volg, dat dit nie sommer net ’n eenvoudige keuse is nie. Soos ons die laaste paar dae ook gehoor het, moet jy jouself verloën, jy moet jou kruis optel en jy moet dat die Heilige Gees jou wil breek om God se wil joune te maak. Jesus waarsku ook dat swaarkry en erge uitdagings moontlik deel van die pad sal wees as jy Hom volg.
Dit is nie wat ons wil hoor nie. Ons soek ’n kitsoplossing vir al ons probleme en is dan gewoond daaraan in die vinnige verbruikers-wêreld waarin ons leef... Ons wil nie nog sukkel nie. Ons wil alles wat nét goed is hê... As dit jou verwagting is wanneer jy besluit om Jesus te volg, sal jy vir seker baie teleurgesteld wees. Jesus gaan nie alles regmaak terwyl jy agteroor sit en wag nie. Jy sal moet betrokke wees en self inspring. Deur die Heilige Gees wat in- en deur jou werk, sal jy dinge moet regmaak. Hierdie gedagte oorweldig baie Christene en ontmoedig hulle dikwels.
Die goeie nuus is dat jy teen nou al moet weet dat jy dit nie alleen doen nie. God sal jou nie roep om Sy verteenwoordiger te wees in die wêreld, sonder om jou toe te rus daarvoor nie. En onthou: God gaan oral met jou saam. Sy Heilige Gees is met jou, vir altyd. Jesus het mos gesê: “𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑒, 𝑡𝑜𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑒𝑖𝑛𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑦𝑑.” (Matteus 28:20b AFR20). Daarom moet ons groei in die Gees. Ons moet begin goeie vrugte dra en ons moet soos sterk bome wees langs waterstrome wat sterk staan in ons geloof, deur die storms van die lewe.
Reeds lank voor Jesus gekom het, het God al belowe dat ons sterk sal kan staan in die Gees:
“¹𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑙𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟 𝑛𝑜𝑢, 𝑚𝑦 𝑑𝑖𝑒𝑛𝑎𝑎𝑟 𝐽𝑎𝑘𝑜𝑏, 𝐼𝑠𝑟𝑎𝑒𝑙 𝑤𝑎𝑡 𝐸𝑘 𝑢𝑖𝑡𝑣𝑒𝑟𝑘𝑖𝑒𝑠 ℎ𝑒𝑡: ²𝑆𝑜 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 ℎ𝑒𝑡, 𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑣𝑜𝑟𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑑𝑒𝑟𝑠𝑘𝑜𝑜𝑡 𝑒𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑛𝑜𝑢 𝑛𝑜𝑔 ℎ𝑒𝑙𝑝: 𝑀𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑎𝑛𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑦 𝑑𝑖𝑒𝑛𝑎𝑎𝑟 𝐽𝑎𝑘𝑜𝑏, 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑟𝑢𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝐸𝑘 𝑢𝑖𝑡𝑣𝑒𝑟𝑘𝑖𝑒𝑠 ℎ𝑒𝑡. ³𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑣𝑜𝑙𝑜𝑝 𝑤𝑎𝑡𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑒 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑟𝑠𝑙𝑎𝑛𝑑, 𝑠𝑡𝑟𝑜𝑚𝑒 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑟𝑜𝑒̈ 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑. 𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑚𝑦 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑖𝑒𝑡 𝑜𝑝 𝑗𝑜𝑢 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠, 𝑚𝑦 𝑠𝑒𝑒̈𝑛 𝑜𝑝 𝑗𝑜𝑢 𝑛𝑎𝑘𝑜𝑚𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔𝑒. ⁴𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑢𝑖𝑡𝑠𝑝𝑟𝑢𝑖𝑡 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑔𝑟𝑎𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑙𝑑, 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑤𝑖𝑙𝑔𝑒𝑟𝑏𝑜𝑚𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑔𝑠 𝑤𝑎𝑡𝑒𝑟𝑙𝑜𝑝𝑒.” – Jesaja 44:1-4 (AFR83)
Deur Jesus se werk aan die kruis, is almal van ons wat Hom aanvaar as ons God en Verlosser, ook deel van God se volk. Daarom is hierdie ook op ons van toepassing. God het Sy Gees oor ons uitgegiet. As jy ’n boom is waarvan die bas te dik en te hard is, of waarvan die wortels nie behoorlik gegrond is in Christus nie (vgl. Paulus se gebed vir ons Ef. 3:14-21), dan sal hierdie lewegewende water jou nie help nie. Maar as jy in Christus bly, en Hy in jou (Vgl. Johannes 15), is hierdie uitgieting van God se Gees juis dít wat jy nodig het om sterk te staan in hierdie wêreld.
God gaan oral met ons saam deur die Heilige Gees wat in ons woon. Saam, staan bome ook sterker en groei hulle beter en hoe wonderlik is dit darem nie ook om te weet: “...𝑜𝑛𝑠 𝑖𝑠 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑚𝑒𝑡 𝑒𝑒𝑛 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑑𝑒𝑢𝑟𝑑𝑟𝑒𝑛𝑘.” (1 Korintiërs 12:13b AFR20).
𝑮𝒓𝒐𝒆𝒊 𝒔𝒕𝒆𝒓𝒌. 𝑮𝒓𝒐𝒆𝒊 𝒈𝒓𝒐𝒐𝒕. 𝑺𝒕𝒂𝒂𝒏 𝒔𝒕𝒆𝒓𝒌 𝒅𝒂𝒂𝒓 𝒘𝒂𝒂𝒓 𝒋𝒚 𝒊𝒔. 𝑻𝒐𝒕 𝒆𝒆𝒓 𝒗𝒂𝒏 𝑮𝒐𝒅.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Om Christus te volg, gaan nie altyd maklik wees nie, maar ek kan sterk staan in my geloof deur die krag van die Heilige Gees in my. Ek kan ook staatmaak op my mede-Christene, omdat ons almal deurdrenk is van een en dieselfde Heilige Gees.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Heilige Gees, deurdrenk my hele wese. Laat my sterk staan in my geloof. Laat my groei deur die lewegewende krag wat U gee. Tot eer van God die Vader, in die Naam van my Here, Jesus Christus. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟬𝟮 – 🆂🅴🅻🅵🅱🅴🅷🅴🅴🆁🆂🅸🅽🅶. (Kliek hier vir die klankgreep)
In meeste van Paulus se briewe, is hy redelik duidelik oor hoe die gemeentes hul leefwyse moet inrig. Wanneer hy aan die gemeente in Galasië skryf, gee hy uitdruklik vir hulle riglyne van ’n Christelike lewe – ’n lewe wat gevul is met die vrugte van die Gees. Maar eers wys hy ’n paar dinge uit:
“¹⁶𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑒𝑘 𝑠𝑒̂: 𝐿𝑒𝑒𝑓 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠, 𝑑𝑎𝑛 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑙𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑒𝑒𝑟𝑡𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑙𝑒𝑒𝑠 𝑢𝑖𝑡𝑣𝑜𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒. ¹⁷𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑙𝑒𝑒𝑠 𝑏𝑒𝑔𝑒𝑒𝑟 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑏𝑒𝑔𝑒𝑒𝑟 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑙𝑒𝑒𝑠; 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑤𝑒𝑒 𝑜𝑝𝑝𝑜𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑜𝑘 𝑎𝑙 𝑤𝑖𝑙, 𝑛𝑖𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒. ¹⁸𝐴𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑔𝑒𝑙𝑒𝑖 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒. ¹⁹𝐷𝑖𝑒 𝑝𝑟𝑎𝑘𝑡𝑦𝑘𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑙𝑒𝑒𝑠 𝑖𝑠 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑛𝑑, 𝑛𝑎𝑎𝑚𝑙𝑖𝑘 𝑜𝑛𝑠𝑒𝑑𝑒𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑜𝑛𝑟𝑒𝑖𝑛ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑙𝑜𝑠𝑏𝑎𝑛𝑑𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑, ²⁰𝑎𝑓𝑔𝑜𝑑𝑒𝑟𝑦, 𝑡𝑜𝑤𝑒𝑟𝑦, 𝑣𝑦𝑎𝑛𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝, 𝑡𝑤𝑖𝑠, 𝑗𝑎𝑙𝑜𝑒𝑠𝑖𝑒, 𝑤𝑜𝑒𝑑𝑒, 𝑠𝑒𝑙𝑓𝑠𝑢𝑔, 𝑡𝑤𝑒𝑒𝑠𝑝𝑎𝑙𝑡, 𝑠𝑘𝑒𝑢𝑟𝑖𝑛𝑔, ²¹𝑎𝑓𝑔𝑢𝑛𝑠, 𝑑𝑟𝑜𝑛𝑘𝑒𝑛𝑠𝑘𝑎𝑝, 𝑔𝑒𝑓𝑢𝑖𝑓, 𝑒𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑜𝑟𝑡 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 – 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑒𝑘 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑜𝑢 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑠𝑘𝑢, 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑒𝑘 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑟𝑜𝑒𝑒̈𝑟 𝑔𝑒𝑤𝑎𝑎𝑟𝑠𝑘𝑢 ℎ𝑒𝑡, 𝑛𝑎𝑎𝑚𝑙𝑖𝑘 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒𝑔𝑒𝑛𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑢𝑙𝑘𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛, 𝑑𝑖𝑒 •𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑘𝑟𝑦𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑏𝑒𝑒̈𝑟𝑓 𝑛𝑖𝑒. ²²𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑟𝑢𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑖𝑠: 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒, 𝑏𝑙𝑦𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝, 𝑣𝑟𝑒𝑑𝑒, 𝑔𝑒𝑑𝑢𝑙𝑑, 𝑣𝑟𝑖𝑒𝑛𝑑𝑒𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑔𝑜𝑒𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑔𝑒𝑡𝑟𝑜𝑢ℎ𝑒𝑖𝑑, ²³𝑠𝑎𝑔𝑚𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑠𝑒𝑙𝑓𝑏𝑒ℎ𝑒𝑒𝑟𝑠𝑖𝑛𝑔. 𝑇𝑒𝑒𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑜𝑟𝑡 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑖𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑖𝑒 '𝑛 𝑤𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒. ²⁴𝐴𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑤𝑎𝑡 𝑎𝑎𝑛 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑏𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑡, ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑙𝑒𝑒𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑠𝑦 ℎ𝑎𝑟𝑡𝑠𝑡𝑜𝑔𝑡𝑒 𝑒𝑛 𝑏𝑒𝑔𝑒𝑒𝑟𝑡𝑒𝑠 𝑔𝑒𝑘𝑟𝑢𝑖𝑠𝑖𝑔. ²⁵𝐴𝑎𝑛𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑙𝑒𝑒𝑓, 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑜𝑘 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑖𝑛 𝑝𝑎𝑠 𝑏𝑙𝑦.” – Galasiërs 5:16-25 (AFR20)
Wat Paulus hier sê, is eintlik baie logies. Jy kan nie twee magnete teen mekaar druk as dieselfde pole na mekaar wys nie, want dit sal altyd weggedruk word van mekaar af. As jy jou eie wil teen God se wil druk, sal jy jouself wegdruk van God af. As jy egter jou rug draai op jou eie wil en dié van die sonde, kan God se Gees jou begin nader trek aan God.
Paulus noem ’n hele paar vrugte van die Gees wat moet sigbaar wees in ons lewens. Hierdie vrugte is die vrugte waarna Jesus ook op verskeie plekke na verwys het, wat ons moet dra. Tog is daar baie mense in die wêreld wat lyk of hulle hierdie vrugte dra, maar as jy mooi kyk, is dit nie ware vrugte van die Gees nie, omdat die laaste vrug dikwels ontbreek. Selfbeheersing is die sleutel tot amper al die vrugte van die Gees. En selfbeheersing kan nie uit eie mag verkry word nie. Die mens is swak. Die vlees is swak en die mens swig te maklik onder versoekings.
Paulus maak dit baie duidelik: Jy kan nie ’n Geesvervulde lewe lei, as jy nie toelaat dat die Gees jou lei nie. Dit klink logies en eenvoudig, maar is dit? Sien, die Here het ons gemaak met vrye wil en die wil van die mens, sal altyd kies vir die sonde. Maar die wil van God, wat deur die Heilige Gees in ons kan en moet heers, kan nie kies vir die sonde nie. Daarom moet ons dit elke dag vra en ontvang. Ons moet ons ingebore sondige natuur elke dag afsweer en onsself beheer, deur oorgawe aan God se Gees in ons. Ons moet nie die Heilige Gees wegwys deur ons sondige natuur nie, maar kies om ons sondige natuur aan die kruis te los.
Wanneer jy begin om jouself te kan beheer met hierdie eenvoudige keuse elke dag, gee jy kans vir God se Gees om goeie vrugte voort te bring in jou lewe.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Ek moet elke dag weer die keuse maak om nét vir Jesus te volg. Ek moet elke dag my sondige natuur kruisig, want Jesus het daarvoor die straf gedra. Ek is nie my eie nie – ek is God s’n.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Dankie Here Jesus, dat U reeds die straf vir my sonde betaal het. Vergewe my dat ek nog so gereeld my eie kop volg. Vergewe my dat ek nie myself kan beheer nie. Help my en herinner my dat ek elke dag vir U moet kies, sodat U, Heilige Gees, my sal beheer. Laat ek myself so beheer, dat dit duidelik sal wees dat U my beheer. Here Jesus, U het gesê in Johannes 15 dat ek goeie vrugte sal dra as ek in U bly en U in my. Bly in my en laat my lewe tot U eer. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟲-𝟬𝟭 – 🆆🅸🅴 🅸🆂 🅹🆈 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Daar word vertel van die man wat by ’n restaurant gaan eet het. Die man was ’n baie belangrike besigheidsman en amper almal het hom geken. Die kelner wat hom bedien het, het hom egter nie geken nie. Die besigheidsman het ’n baie slegte dag gehad en, toe die kelner ook nog ’n fout maak met die bestelling, het die twee begin stry. Die besigheidsman het sy aansien en mag probeer gebruik en vra op ’n punt vir die kelner in ’n baie harde stem: “Weet jy wie ek is mannetjie?!” Die kelner het verbaas na hom gekyk. Die res van die mense in die restaurant het ook na hulle gekyk en amper begin jammer voel vir die arme kelner... Toe antwoord die kelner koel en kalm, ook in ’n harde stem: “Aandag almal in die restaurant! Kan iemand asseblief hierdie man help? Hy het vergeet wie hy is!”
Ja, die man is op sy plek gesit en het op die harde manier ’n les in respek en nederigheid geleer. Maar die vraag is: Weet jy wie jy is? Toe Jesus die dissipels gevra het wie die mense dink Hy is (Matt. 16:13-20; Mark. 8:27-31 & Luk. 9:18-20), was die antwoorde, “Elia, Johannes die Doper of een van die profete van ouds wat opgestaan het”. Petrus het egter geantwoord: “𝐷𝑖𝑒 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 (𝐺𝑒𝑠𝑎𝑙𝑓𝑑𝑒) 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑.” (Luk. 9:20 – AFR20(83)).
Ons weet wie Jesus is, maar weet ons wie óns is? In net die volgende verse sê Jesus vir die dissipels:
“²³...𝐴𝑠 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑀𝑦 𝑤𝑖𝑙 𝑛𝑎𝑣𝑜𝑙𝑔, 𝑚𝑜𝑒𝑡 ℎ𝑦 ℎ𝑜𝑚𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑒̈𝑛, 𝑒𝑛 𝑒𝑙𝑘𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑠𝑦 𝑘𝑟𝑢𝑖𝑠 𝑜𝑝𝑛𝑒𝑒𝑚 𝑒𝑛 𝑀𝑦 𝑣𝑜𝑙𝑔; ²⁴𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑤𝑖𝑒 𝑠𝑦 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑟𝑒𝑑, 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑜𝑟, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑖𝑒 𝑠𝑦 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑡𝑒𝑟 𝑤𝑖𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑀𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑜𝑟, 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑡 𝑟𝑒𝑑. ²⁵𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑒𝑙𝑝 𝑑𝑖𝑡 '𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑎𝑠 ℎ𝑦 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑎𝑠 𝑤𝑖𝑛𝑠 𝑏𝑒𝑘𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡, 𝑚𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑜𝑚𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑜𝑟 𝑜𝑓 𝑠𝑘𝑎𝑑𝑒 𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡? ²⁶𝑊𝑖𝑒 ℎ𝑜𝑚 𝑣𝑖𝑟 𝑀𝑦 𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 𝑠𝑘𝑎𝑎𝑚, 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑜𝑚 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 •𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑀𝑒𝑛𝑠 𝐻𝑜𝑚 𝑜𝑜𝑘 𝑠𝑘𝑎𝑎𝑚 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝐻𝑦 𝑘𝑜𝑚 𝑖𝑛 𝑠𝑦 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒́ 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑒 𝑒𝑛𝑔𝑒𝑙𝑒.” – Lukas 9:23-26 (AFR20)
Ons kyk dikwels na ander mense se lewens en begeer om ook dinge anders in ons lewens te hê. Ons wil meer geld, meer aansien, meer respek, meer besittings, meer naam hê... Ons verloën onsself en verander wie ons is in ons pogings om iemand anders te wees as wat God vir ons beplan het. Ons probeer iets of iemand wees wat soms lynreg staan teenoor wie ons gemaak is om te wees en dit is nogal harde werk om dit te doen. Dit is uitputtend!
Jesus sê ook dat ons onsself moet verloën. Ons moet ook onsself verraai en ontrou wees aan onsself? Hoekom? Want ons sondige natuur probeer oor ons heers. Dit is nie hoe God die mens oorspronklik gemaak het nie. Jesus het gekom om die gebroke beeld van die mens te kom herstel, sodat ons weer in die beeld van God gevorm kan word. Ons moet die ou, sondige mens verloën, ons kruis opneem en vir Jesus volg. Ons moet die ou sondige mens saam met Jesus kruisig, en saam met Jesus opstaan in die nuwe lewe.
Jy is nie wie die wêreld of jou ou sondige natuur sê jy is nie. Jy is God se kind. Jy is Jesus Christus se dissipel. Jy leer by Hom. Jy volg Hom. Hy is jou Here – nie die wêreld of die sonde daarvan nie. Ons het nie nodig om soos die man in die restaurant vir enigiemand te vra op enige manier wie ons is nie. Ons weet wie ons is en mense sal dit sien in hoe ons optree.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Skaam ek my soms vir Jesus? Voel ek soms dat een of ander plek of geselskap nie die regte plek is om te getuig nie? Hoort ek dan in daardie plek of geselskap?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Baie dankie, Here Jesus, dat U my ou sondige lewe saam met U gekruisig het. Jammer, dat ek nog só dikwels terugkeer na daardie lewe en dat ek U verloën. Help my om elke dag, deur U leiding, Heilige Gees, myself – my ou self – te verloën en nét vir U volg. Mag ek my nooit skaam vir U of U Woord nie. Here Jesus, Mag U U nie vir my skaam wanneer U weer kom in al U heerlikheid nie. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
Alle inhoud van hierdie webtuiste kan met liefde gedeel word om 'n verskil te maak in iemand se lewe. Jy mag egter nie die inhoud verkoop of her-produseer om enigsins munt te slaan daaruit nie. Mag die Here jou seën en mag jy God se vrede wat alle verstand te bowe gaan ervaar in jou lewe!
Ds. Christo Schoeman ···ᶜᴶˢ··· ©