Hieronder is 'n lys van die oordenkings met 'n skakel wat lei na teks en 'n klankgreep.
Keer gerus terug na hierdie skakel so elke nou en dan en kyk of daar dalk nuwe sielskos is vir jou.
(Kliek op die skakel en dan op die naam of afpyltjie om die boodskap te sien of die skakel te kry vir die klankgreep.)
Kliek ook gerus op die "Oordenkings" skakel (menu) daarbo 👆🏻 om by die ouer oordenkings uit te kom.
𝟐𝟎𝟐𝟐-𝟏𝟏-𝟑𝟎 – 𝐍𝐢𝐞 𝐚𝐥𝐥𝐞𝐬 𝐤𝐨𝐦 𝐭𝐨𝐭 ’𝐧 𝐞𝐢𝐧𝐝𝐞 𝐧𝐢𝐞. (Kliek hier vir die klankgreep)
Vir eeue lank herhaal die geskiedenis homself. Wêreldmagte kom op en hulle kom weer tot ’n val. Oorloë kom en gaan. Vrede kom en gaan. Die mense maak foute en hulle maak weer dieselfde foute. Tegnologie, medici en amper alles verbeter en, ons sal dink dat ons kanse op oorlewing en verbetering soveel groter is, maar die foute van die verlede word maar net weer op groter en meer glansryke maniere gemaak. Met die hulp van die media (en veral sosiale media deesdae), word dit ook opgeblaas en sien of hoor almal dit. Maar selfs dít kom tot ’n einde, want vandag se skande is môre se tendens ...
Ja, in ’n wêreld waar inligting en sogenaamde “kennis” tot amper almal se beskikking is, is selfs skandes nie meer skandes nie. Bekende en selfs beroemde mense word skuldig bevind aan groot misdade, maar menseregte beskerm hulle en hul straf is nie so erg nie – soveel so, dat baie mense begin dink dat dit eintlik “OK” is om maar só te leef. Waardes verkrummel en die skande van gister, word die norm van vandag. Iewers in die vêrte hoor ons nog so fluister van reg en geregtigheid, maar dis sag en die winde van verandering waai die klank weg. Só dink die wêreld vandag ...
Wanneer Jesus egter in Matteus 24 die profetiese redes begin lewer en die dissipels probeer leer dat God se geregtigheid uiteindelik sal seëvier, waarsku Hy hulle dat alles wel tot ’n einde sal kom. Die mens wat selfgesentreerd is, vermy hierdie realiteit. Mense dink dat wanneer hulle eerder net op die “hier en nou” fokus, dat hulle die eindigheid van hul aardse bestaan sal ontwyk of dat hulle darem nie daarmee gekonfronteer sal word nie. Jesus leer egter dat alles tot ’n einde sal kom ...
Dit klink natuurlik verdoemend en ’n mens wil nie heeldag loop en top oor die einde van alles – of nog erger, jou eie einde nie. Ons wil nie dink aan die dood of apokaliptiese dinge nie. Dis mos nou terneerdrukkend, of hoe? Jesus sê dan in Matteus 24:35 (AFR20): “³⁵𝐷𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑡𝑜𝑡 '𝑛 𝑒𝑖𝑛𝑑𝑒 𝑘𝑜𝑚, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑚𝑦 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑏𝑒𝑠𝑙𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑡𝑜𝑡 '𝑛 𝑒𝑖𝑛𝑑𝑒 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒.” ...
Kyk ons na hierdie woorde van Jesus vanuit ’n selfgesentreerde, menslike oogpunt, dan is dit nie goeie woorde nie en is dit woorde wat ons dalk bekommerd en bang kan maak. Selfs Salomo – wat alles gehad het waaroor baie mense droom – het eers só na die lewe gekyk en dit het hom verskriklik depressief gemaak (vgl. die hele boek van Prediker), maar elke keer wanneer hy weer rekenskap hou met God se liefde en getrouheid, omskep sy depressie in vreugde.
Sien, daardie woorde van Jesus is woorde van hoop vir ’n Christen. Alles sal tot ’n einde kom ... Dankie tog! Die oorloë, woede, gierigheid, wraaksug, jaloesie, leuens, bedrog, moord – alles wat sleg is – dit alles sal tot ’n einde kom. Selfs die hemel en aarde wat tans deurloop onder sondigheid van die van die mens, selfs dit sal tot ’n einde kom. Waarom? Want Jesus se woorde sal beslis nie tot ’n einde kom nie. Sy belofte om ons vir ewig te verlos en sy belofte om alles nuut te maak, is blywende, ewige beloftes.
Die foute van die verlede herhaal en mense leer nie daaruit nie. Skandes van gister word norme van vandag en môre se tendens. Dis niks nuut nie. So ook is Jesus se woorde nie iets nuut vir ons vandag nie. Die groot verskil is dat gister, vandag en môre se foute en die volharding daarin, nogsteeds tot niks kom nie en dat dit uitloop op die einde – die einde van alles en ook die mens wat daarin volhard; terwyl Jesus se woorde en geloof daarin, uitloop op lewe.
Daar is groot vreugde in Jesus se woorde, want vir die Christen is dit nie verdoemende woorde nie. Luister en glo, Jesus gee jou sy belofte:
“³⁵𝐷𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑡𝑜𝑡 '𝑛 𝑒𝑖𝑛𝑑𝑒 𝑘𝑜𝑚, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑚𝑦 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑏𝑒𝑠𝑙𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑡𝑜𝑡 '𝑛 𝑒𝑖𝑛𝑑𝑒 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒.”
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Jesus se woorde, sy beloftes van ewige vrede en vreugde aan my, sal beslis nooit tot ’n einde kom nie.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Dankie Here Jesus, dat U getrou bly aan u Woord. Dankie dat ek nie negatief hoef te wees oor die einde van alles nie, maar dat ek kan uitsien na die dag wanneer U ons kom haal. Help my om nie die foute van die verlede te herhaal nie, maar laat my daaruit leer en laat my vashou aan u Woord. Ek loof en prys U vir u genade, liefde en geduld met my. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟐-𝟏𝟏-𝟐𝟗 – 𝐋𝐞𝐰𝐞 𝐮𝐢𝐭 𝐝𝐢𝐞 𝐝𝐨𝐨𝐝. (Kliek hier vir die klankgreep)
Die natuur is darem wonderlik. God het dit so goed gemaak dat dit nou al vir duisende jare aangaan en, om die waarheid te sê, nog beter kan aangaan sonder die mens. Die siklus van die lewe word in die natuur geabsorbeer. As iets te sterwe kom, word dit weer deel van alles en word selfs die liggaam van ’n dier weer voeding vir die res van die omgewing. Niks is ooit oorbodig nie en alles vorm deel van ’n groter eenheid en groter doel. Daar is nuwe lewe elke dag en elke dag sterf iets om nogsteeds ’n verdere doel te dien. As iets sterf, word dit kompos – wat weer voeding verskaf aan nuwe lewe. Vanuit die dood, is daar altyd groei en kom daar nuwe lewe ...
Ons kyk vandag weer na gister se teks en spesifiek Romeine 6:5-8. Paulus sê:
“⁵𝐴𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑑𝑎𝑎𝑑 𝑚𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑠𝑎𝑎𝑚𝑔𝑒𝑔𝑟𝑜𝑒𝑖 ℎ𝑒𝑡 𝑖𝑛 '𝑛 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑠𝑦𝑛𝑒, 𝑠𝑎𝑙 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑜𝑘 𝑚𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑠𝑎𝑎𝑚𝑔𝑟𝑜𝑒𝑖 𝑖𝑛 '𝑛 𝑜𝑝𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑠𝑦𝑛𝑒. ⁶𝐷𝑖𝑡 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠: 𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑢 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑘𝑟𝑢𝑖𝑠𝑖𝑔 𝑖𝑠, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑡𝑜𝑡 𝑛𝑖𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑠𝑙𝑎𝑤𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒. ⁷𝑊𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟𝑓 ℎ𝑒𝑡, 𝑖𝑠 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑣𝑟𝑦𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒. ⁸𝐴𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟𝑓 ℎ𝑒𝑡, 𝑔𝑙𝑜 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑜𝑘 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑠𝑎𝑙 𝑙𝑒𝑒𝑓.” – Romeine 6:5-8 (AFR20)
Paulus verduidelik hier vir ons dat wanneer ons ou, sondige mens gesterf het, ons nie hoef te treur nie. Dit is nie ’n hartseer oomblik nie en dit is nie iets wat ons hoef te mis nie. Die ou sondige mens sterf, sodat daar nuwe lewe kan kom. Die dood van sonde in ons lewens móét gebeur, sodat ons in Jesus geplant kan word en in Hom kan groei.
Dit is nie lekker om te dink aan die ou, sondige mens nie, want daar is dikwels baie dinge waaroor ons skaam is en ook berou het. As ons mooi kyk na ons ou lewe, dan sien ons hoe die sonde ons van binne laat vrot het en hoe ons eintlik maar lewende lyke was. Maar, met Jesus se verlossingswerk aan die kruis, het daardie sieklike, tot dood veroordeelde mens gekry wat hy/sy verdien het. Ja, dit was dalk ’n straf, maar dit was ook ’n genadedood. Jesus het die straf op Hom geneem en die ou, sondige mens is in vrede dood.
En soos God in sy groot voorsienigheid dit bewerk, word hierdie ou sondige mens nou kompos vir ’n nuwe lewe in Christus. Die slegte dinge van die verlede is nog daar, maar dit is besig om te ontbind en besig om aangewend te word vir iets wat goed is. Daar word geleer uit die foute van die verlede – dit word geabsorbeer, maar die goeie word daaruit geneem, sodat daar gegroei kan word. Jesus het die ou sondige mens saam met Hom die graf ingeneem en dit daar gelos. Uit dieselfde graf het Hy opgestaan en leef Hy. En uit dieselfde graf, staan ons ook op en leef ons saam met Hom. Nou is ons in Hom geloot (Joh. 15:1-8) en kry ons die voeding wat nodig is vir ’n skoon lewe, terwyl Hy vir ons die onsuiwerhede van die ou sondige mens verwyder en ons net die goeie daaruit kry wat nodig is vir ons om te groei in Hom.
Ja, ons groei vanuit die verrottende, dooie sondige mens. Maar, omdat God God is, word daardie einste eens nuttelose, verdoemde, sterwende mens, gebruik as ’n groeimiddel tot ons voordeel – mits ons groei in Jesus. As jy dink jy kan op jou eie groei en op jou eie regkom en wegkom van die sonde, sal dit nie werk nie en, sê Jesus: “⁶𝐴𝑠 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑀𝑦 𝑏𝑙𝑦 𝑛𝑖𝑒, 𝑤𝑜𝑟𝑑 ℎ𝑦 𝑠𝑜𝑜𝑠 '𝑛 𝑙𝑜𝑜𝑡 𝑏𝑢𝑖𝑡𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑔𝑜𝑜𝑖, 𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑟𝑜𝑜𝑔. 𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑑𝑖𝑡 𝑏𝑦𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑒𝑛 𝑔𝑜𝑜𝑖 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑢𝑢𝑟, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑟𝑎𝑛𝑑.” (Johannes 15:6 AFR20).
Wees dus bly oor die dood van jou ou self. Jy het nuwe lewe daaruit gekry en nou kan jy saam met Jesus leef.
“¹¹𝐵𝑒𝑠𝑘𝑜𝑢 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑑𝑎𝑛 𝑠𝑜 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑖𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑 𝑣𝑖𝑟 𝐺𝑜𝑑.” – Romeine 6:11 (AFR20)
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Is die ou ek regtig dood? Of probeer ek nog om dit lewend te hou? Ek moet leer om dit te laat gaan en Jesus toelaat om dit heeltemal te laat sterf. Ek moet leer uit die verlede en ek moet streef om nét saam met Jesus te leef en te groei.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, laat die ou mens heeltemal tot sterwe kom. Laat my die goeie daaruit neem en laat my geloot wees in U, Here Jesus. Laat my groei en laat my goeie vrugte dra, tot eer van God die Vader. Leer my, Heilige Gees, om nie te treur oor die dood van die ou sondige mens nie, maar laat my vreugde vind in die nuwe lewe saam met U. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟐-𝟏𝟏-𝟐𝟖 – 𝐈𝐬 𝐣𝐲 𝐝𝐚𝐥𝐤 𝐝𝐨𝐨𝐝 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Ons leef elke dag in God se genade. Sy liefde vir ons is só groot dat ons dit nie behoorlik kan begryp nie en as ons daaraan dink dat ons nogsteeds elke nou en dan sondig, dan gaan dit ons verstand heeltemal te bowe dat Hy nog lief is vir ons. Maar ons weet: daar is altyd genade by ons Hemelse Vader. Hierdie is feite, maar ongelukkig, is daar sommige mense wat daarvan hou om nét genade te preek. Daar word amper nooit gepreek oor die oordeel van God of dat daardie genade waaroor gepreek word ’n baie duur prys gekos het nie. Daar word soms amper bedoel dat ons maar kan voortgaan om te leef soos ons wil, want Jesus het mos nou klaar die prys vir ons sondes betaal – maak nie saak hoeveel jy nog opstapel nie ...
Selfs in die vroeë kerk was daar al mense wat só gedink het. Hulle het selfs gedink dat hoe meer sonde hulle doen, hoe meer genade ontvang hulle ... Absurd, nè? Paulus skryf:
“¹𝑊𝑎𝑡 𝑠𝑎𝑙 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑎𝑛 𝑠𝑒̂? 𝑆𝑎𝑙 𝑜𝑛𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑏𝑙𝑦 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑡𝑙𝑒𝑒𝑓, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑛𝑎𝑑𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑡𝑜𝑒𝑛𝑒𝑒𝑚? ²𝐻𝑜𝑒𝑔𝑒𝑛𝑎𝑎𝑚𝑑 𝑛𝑖𝑒! 𝑂𝑛𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑎𝑓𝑔𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟𝑓 ℎ𝑒𝑡, ℎ𝑜𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑛𝑜𝑔 𝑙𝑎𝑛𝑔𝑒𝑟 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑖𝑛 𝑏𝑙𝑦 𝑙𝑒𝑒𝑓? ³𝑂𝑓 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑖𝑛 𝑔𝑒𝑑𝑜𝑜𝑝 𝑖𝑠, 𝑖𝑛 𝑠𝑦 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑖𝑛 𝑔𝑒𝑑𝑜𝑜𝑝 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒? ⁴𝐷𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑝 𝑖𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑢𝑠 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑏𝑒𝑔𝑟𝑎𝑤𝑒, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡, 𝑛𝑒𝑡 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔𝑒 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑤𝑒𝑘 𝑖𝑠, 𝑜𝑜𝑘 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑜́ '𝑛 𝑛𝑢𝑤𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑙𝑒𝑖. ⁵𝐴𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑑𝑎𝑎𝑑 𝑚𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑠𝑎𝑎𝑚𝑔𝑒𝑔𝑟𝑜𝑒𝑖 ℎ𝑒𝑡 𝑖𝑛 '𝑛 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑠𝑦𝑛𝑒, 𝑠𝑎𝑙 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑜𝑘 𝑚𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑠𝑎𝑎𝑚𝑔𝑟𝑜𝑒𝑖 𝑖𝑛 '𝑛 𝑜𝑝𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑠𝑦𝑛𝑒. ⁶𝐷𝑖𝑡 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠: 𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑢 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑘𝑟𝑢𝑖𝑠𝑖𝑔 𝑖𝑠, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑡𝑜𝑡 𝑛𝑖𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑠𝑙𝑎𝑤𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒. ⁷𝑊𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟𝑓 ℎ𝑒𝑡, 𝑖𝑠 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑣𝑟𝑦𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒. ⁸𝐴𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟𝑓 ℎ𝑒𝑡, 𝑔𝑙𝑜 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑜𝑘 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑠𝑎𝑙 𝑙𝑒𝑒𝑓. ⁹𝑂𝑛𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑡 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠, 𝑛𝑎𝑑𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑤𝑒𝑘 𝑖𝑠, 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑠𝑡𝑒𝑟𝑓 𝑛𝑖𝑒 – 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑠𝑒𝑔𝑔𝑒𝑛𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑜𝑜𝑟 𝐻𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒. ¹⁰𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟𝑓 ℎ𝑒𝑡, ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑦 𝑡𝑒𝑟 𝑤𝑖𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑒𝑒𝑛𝑠 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟𝑓, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑙𝑒𝑒𝑓, 𝑙𝑒𝑒𝑓 𝐻𝑦 𝑣𝑖𝑟 𝐺𝑜𝑑. ¹¹𝐵𝑒𝑠𝑘𝑜𝑢 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑑𝑎𝑛 𝑠𝑜 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑖𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑 𝑣𝑖𝑟 𝐺𝑜𝑑.” – Romeine 6:1-11 (AFR20)
Verstaan jy? Genade is iets wat jy onverdiend kry in ’n lewe wat jy werklikwaar lewe ... vir God. Uit dankbaarheid dat Jesus die prys vir ons sonde betaal het, leef ons nou saam met Hom en is ons dood vir die sonde. Dit kan nie en mag nie meer heers in ons lewens nie. Die genade gaan nie toeneem as ons meer sondig nie. Hoe kan iets wat oneindig is in elk geval toeneem?
Nee, die nuwe lewe wat jy in Jesus Christus ontdek, is ’n lewe wat geleef moet word. Dit is ’n lewe wat God jou gee en daarom leef jy dit vir Hóm. Ons is deel van God se verbond en die doop (klein of groot) is die simbool en onsigbare teken wat ons vir altyd dra om te wys dat ons dood is vir die sonde en saam met Christus lewe. Verstaan mooi: Jesus het gesterf vir ons sondes en daar aan die kruis het Hy die straf geneem vir die ou, sondige mens.
Ja, die prys is betaal. Die eintlike vraag is seker nou: Is jy nog die ou mens of het jy saam met Jesus as ’n nuwe mens begin leef? Die sondigheid van die mens sal veroorsaak dat ons elke nou en dan weer neig na die ou sondige natuur en die dood, maar herinner jouself – deur belydenis, berou en bekering – dat jy ’n nuwe skepsel is. Leef so!
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Die ou, sondige mens is dood en het saam met Jesus aan die kruis gesterf. Jesus het vir my opgestaan, sodat ek nuut kan leef – vir God.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here Jesus, soms wil die wêreld en my eie sondige gedagtes my laat glo dat ek maar sekere sondes mag doen, omdat U reeds die prys betaal het. Vergewe my daarvoor en leer my reg. Laat my U Woord gehoorsaam en laat my getrou bly aan U, sodat ek my nuwe lewe in U kan leef tot eer van God. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟐-𝟏𝟏-𝟐𝟔 – 𝐒𝐥𝐚𝐧𝐠𝐞 𝐞𝐧 𝐬𝐤𝐞𝐫𝐩𝐢𝐨𝐞𝐧𝐞 ... (Kliek hier vir die klankgreep)
Die meeste van ons sal gewoonlik alles in ons vermoë doen om vir ons kinders die beste te gee. Ons probeer soms ook om vir hulle te gee wat ons nie kon gehad het, toe ons grootgeword het nie. Soms probeer ons ook te hard... en soms doen ons ons kinders eintlik ’n onreg aan as ons hulle nie leer dat sekere dinge ’n beloning moet wees vir harde werk en gehoorsaamheid nie.
Dit was nog altyd so gewees, dat ouers graag vir hulle kinders net die beste wil gee. Hoor wat sê Jesus:
“¹¹ “𝑊𝑎𝑡𝑡𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙, 𝑎𝑠 𝑠𝑦 𝑠𝑒𝑢𝑛 ℎ𝑜𝑚 '𝑛 𝑣𝑖𝑠 𝑣𝑟𝑎, ℎ𝑜𝑚 '𝑛 𝑠𝑙𝑎𝑛𝑔 𝑖𝑛 𝑝𝑙𝑎𝑎𝑠 𝑣𝑎𝑛 '𝑛 𝑣𝑖𝑠 𝑔𝑒𝑒? ¹²𝑂𝑓 𝑎𝑠 ℎ𝑦 '𝑛 𝑒𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑟𝑎, 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑜𝑚 '𝑛 𝑠𝑘𝑒𝑟𝑝𝑖𝑜𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑒? ¹³𝐴𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑙𝑒𝑔 𝑖𝑠, 𝑑𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑜𝑚 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑒𝑛𝑘𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑡𝑒 𝑔𝑒𝑒, ℎ𝑜𝑒𝑣𝑒𝑒𝑙 𝑡𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙𝑠𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑔𝑒𝑒 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑣𝑟𝑎!”” – Lukas 11:11-13 (AFR20)
Dit is baie hartseer dat daar wel ouers is wat nie behoorlik vir hulle kinders kan sorg nie. Soms is dit as gevolg van omstandighede. Soms is dit as gevolg van slegte keuses. Hoe ook al: diep binne elke ouer, is daar gewoonlik die hunkering na wat reg en goed is vir hulle kinders. Selfs as ouers verkeerde keuses maak en foute maak, probeer hul nogsteeds goed wees vir hul kinders en hul kinders reg leer. Dit is hoe God die mens gemaak het en hoe dinge dikwels ook in die natuur is. Dink maar aan hoe diere baie keer ook hulle kleintjies beskerm – selfs met hul lewe.
Wat Jesus hier vir ons wil leer, is dat ons – sondige, onvolmaakte mense – inherent eintlik goed geskape is. Dat God se beeld wel deurslaan op sekere gebiede van ons lewens. Dit is ons taak om hierdie beeld meer sigbaar te maak en elke dag meer en meer getransformeer word in hoe God ons wil hê. Daarom sorg God vir ons – soos net die hemelse Vader kan. En daarom gee Hy ons Sy Gees om ons te lei en te verander in die mens wie- en vir die doel waarvoor Hy ons geskape het.
God se goedheid en guns is elke dag oorvloedig in ons lewens – as ons tog net wil oplet ! Net soos elke ouer nie slange en skerpioene en gevaar in hul kinders se lewens wil hê nie, net só is dit God se bedoeling dat daar ook net goed oor ons pad sal kom. Ongelukkig het die mensdom gekies om boos te wees en tref allerhande slegte dinge goeie mense elke dag. Weet egter dat dit nie God se bedoeling is nie.
Vers 10 van Lukas 11 (AFR20) sê: “¹⁰𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑒𝑙𝑘𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑟𝑎, 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔; 𝑒𝑛 𝑤𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑒𝑘, 𝑣𝑖𝑛𝑑; 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝑤𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑜𝑝, 𝑠𝑎𝑙 𝑜𝑜𝑝𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑤𝑜𝑟𝑑.” Vra dus vir leiding – en ontvang dit deur die werking van die Heilige Gees. Soek God – en vind dat Hy naby is. Klop aan die deur van God se hart wat oorloop van liefde vir jou – en daar sal vir jou oopgemaak word. Vra net...
Mag jy sorg, vrede en vreugde beleef in die teenwoordigheid van die Almagtige God.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
My God is ’n liefdevolle Vader. Daar is niemand soos Hy nie.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Dankie Hemelse Vader, vir u sorg en liefde. Laat my leef in u goedheid en laat my besef hoe geseënd ek is. Ek weet ek kan enigiets vra, solank dit U wil is. Laat u wil geskied in my lewe. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟐-𝟏𝟏-𝟐𝟓 – 𝐕𝐞𝐫𝐥𝐮𝐬𝐭𝐢𝐠 𝐣𝐨𝐮 𝐢𝐧 𝐇𝐨𝐦 ! (Kliek hier vir die klankgreep)
Baie van ons ken die op en wakker liedjie “Verlustig jou in Hom”. Dit is ’n eenvoudige, kort lied wat herhaal en ons singe lekker saam. As jy dit dalk nie ken nie, die woorde gaan só:
𝘝𝘦𝘳𝘭𝘶𝘴𝘵𝘪𝘨 𝘫𝘰𝘶 𝘪𝘯 𝘏𝘰𝘮,
𝘦𝘯 𝘏𝘺 𝘴𝘢𝘭 𝘫𝘰𝘶 𝘨𝘦𝘦
𝘋𝘪𝘦 𝘣𝘦𝘨𝘦𝘦𝘳𝘵𝘦𝘴 𝘷𝘢𝘯 𝘫𝘰𝘶 𝘩𝘢𝘳𝘵
𝘝𝘦𝘳𝘭𝘶𝘴𝘵𝘪𝘨 𝘫𝘰𝘶 𝘪𝘯 𝘏𝘰𝘮
(𝘹2)
𝘚𝘵𝘢𝘢𝘯 𝘷𝘢𝘴 ... 𝘪𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘕𝘢𝘢𝘮 𝘷𝘢𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘏𝘦𝘦𝘳
𝘚𝘵𝘢𝘢𝘯 𝘷𝘢𝘴 ... 𝘪𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘒𝘳𝘢𝘨 𝘸𝘢𝘵 𝘏𝘺 𝘫𝘰𝘶 𝘨𝘦𝘦
𝘎𝘦𝘦𝘯 𝘸𝘢𝘱𝘦𝘯 .. 𝘸𝘢𝘵 𝘥𝘪𝘦 𝘷𝘺𝘢𝘯𝘥 𝘵𝘦𝘦𝘯 𝘫𝘰𝘶 𝘴𝘮𝘦𝘦
𝘚𝘢𝘭 𝘴𝘭𝘢𝘢𝘨 𝘢𝘴 𝘫𝘺 𝘷𝘢𝘴 𝘴𝘵𝘢𝘢𝘯 𝘪𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘕𝘢𝘢𝘮 𝘷𝘢𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘏𝘦𝘦𝘳
Hierdie lied se woorde kom van die 53-vertaling van Psalm 37:4-6 en die psalm leer ons dat die wêreld maar ’n onregverdige plek is, maar dat diegene wat op die Here vertrou, sal vreugde vind in Hom.
Wanneer ons vir ’n ruk lank iemand nie gesien het nie, is dit vir ons lekker en goed vir ons gemoed om hulle weer te sien. Ons is van nature so gerat dat ons verlang na sekere mense en dinge. Net só is dit ook met ons geloof ... Wanneer ons “te besig raak” met die lewe en ons vergeet die Gewer van die lewe, mis ons baie vreugdes in die lewe. Wanneer ons ook gewoond geraak het aan die vreugde wat dit verskaf om God se Woord te verkondig, en ons hou op om dit te doen of ons doen dit minder, begin die verlange in ons te brand. Dan is Psalm 119:15-16 (AFR83) se woorde vir myself só belangrik:
“¹⁵𝑈 𝑏𝑒𝑣𝑒𝑙𝑒 𝑏𝑙𝑦 𝑚𝑦 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑏𝑦. 𝐸𝑘 𝑔𝑒𝑒 𝑎𝑔 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑎𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑈 𝑎𝑎𝑛𝑤𝑦𝑠.
¹⁶𝐸𝑘 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑢𝑠𝑡𝑖𝑔 𝑚𝑦 𝑖𝑛 𝑢 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑠𝑘𝑟𝑖𝑓𝑡𝑒, 𝑢 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑒𝑡 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒.”
Elke dag kom daar soveel uitdagings oor ons paaie – groot en klein. Soms voel dit of ons net nie lus is vir mense nie. Ons voel nie lus om enigiets te doen nie. Ons weet God is in beheer en Hy het deur elke moeilikheid en uitdaging tog die beste in gedagte vir ons, maar ons sien dit net nie op daardie oomblik nie. Ons word moeg en afgemat...
Dan kom die Here weer in die rustigheid na ons en herinner ons dat sommige dinge onnodig ons moeg maak. Dat ons nie nodig het om te bekommer oor sekere goed nie. Dat Hy dit op Sy tyd en Sy manier sal uitsorteer. Al wat ons moet doen, is om gehoorsaam te wees. Om ag te gee op die pad wat Hy aanwys – al is dit nie die pad wat ons graag wou volg nie. Ons moet ons verlustig in Hom en Sy Woord. Ons moet hou by wat reg en goed is in Sy oë.
Ons wonder soms wat ons moet doen en hoe ons iets moet benader, maar Jesus het vir ons gesê hoe in Johannes 14:21:
“²¹𝑊𝑖𝑒 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑜𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟ℎ𝑜𝑢, ℎ𝑦 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑀𝑦 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒𝑡. 𝐸𝑛 𝑤𝑖𝑒 𝑀𝑦 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒𝑡, 𝑚𝑦 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑜𝑚 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒̂, 𝑒𝑛 𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑜𝑚 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒̂ 𝑒𝑛 𝑀𝑦𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑜𝑚 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑛𝑑 𝑚𝑎𝑎𝑘.”
Deur Sy opdragte te gehoorsaam en te doen wat Hy van ons vra – deur liefde te leef – sal Hy Hom aan ons openbaar. Dan sal ons Sy wil sien. Dan sal ons deur Sy oë die wêreld begin sien. Ja, Hy is in beheer. Hy regeer. Deur jou in God se Woord te verlustig en sy wil joune te maak, sal jy agterkom dat geen wapen wat die vyand teen jou smee sal slaag nie. Jy’s sal vas staan in die Naam van die Here en jy sal jou krag daarin vind. Wanneer jy op God se Naam vas staan, sal die duiwel van jou wegvlug.
𝑺𝒕𝒂𝒂𝒏 𝒗𝒂𝒔 ... 𝒆𝒏 𝒗𝒆𝒓𝒍𝒖𝒔𝒕𝒊𝒈 𝒋𝒐𝒖 𝒊𝒏 𝑯𝒐𝒎 !
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek verlustig my in God se voorskrifte. Loof Hom! Prys Sy Naam!
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Dankie vir U voorskrifte, Here. Laat my vreugde vind in die bepalings wat U neerlê tot my beswil en laat my die goeie nuus verkondig. U Naam is bo alle name en U is groter en sterker as enigiets. Ek vertrou op U. Skep in my ’n verlange om meer en meer van my tyd aan U te gee, tot verheerliking van U Naam. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟐-𝟏𝟏-𝟐𝟒 – 𝐃𝐢𝐞 𝐤𝐞𝐫𝐤 𝐢𝐬 ’𝐧 𝐤𝐥𝐨𝐦𝐩 𝐞𝐠𝐛𝐫𝐞𝐞𝐤𝐬𝐭𝐞𝐫𝐬 !
𝟐𝟎𝟐𝟐-𝟏𝟏-𝟐𝟒 – 𝐃𝐢𝐞 𝐤𝐞𝐫𝐤 𝐢𝐬 ’𝐧 𝐤𝐥𝐨𝐦𝐩 𝐞𝐠𝐛𝐫𝐞𝐞𝐤𝐬𝐭𝐞𝐫𝐬 ! (Kliek hier vir die klankgreep)
Om 𝘐𝘕 die wêreld te wees, maar nie 𝘝𝘈𝘕 die wêreld te wees nie, is nogal ’n moeilike ding ...
Het jy al ooit gewonder hoekom jy soms so ’n groot weersin het vir sekere dinge in die wêreld? Hoekom voel jy soms baie sterk teen sekere optredes en aksies van mense en hoekom is dit dat jy soms so skuldig voel oor sekere dinge wat jy dalk gedoen het? Hoor wat sê Jakobus:
“¹𝑊𝑎𝑎𝑟 𝑘𝑜𝑚 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑙𝑜𝑒̈ 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑣𝑒𝑔𝑡𝑒 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛𝑑𝑎𝑎𝑛? 𝐾𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑒𝑒𝑟𝑡𝑒𝑠, 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑒𝑑𝑒𝑚𝑎𝑡𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑙𝑜𝑔 𝑣𝑜𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒? ²𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑒𝑒𝑟, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑘𝑠 𝑛𝑖𝑒; 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑝𝑙𝑒𝑒𝑔 𝑚𝑜𝑜𝑟𝑑, 𝑒𝑛 𝑖𝑠 𝑣𝑜𝑙 𝑗𝑎𝑙𝑜𝑒𝑠𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑘𝑠 𝑏𝑒𝑟𝑒𝑖𝑘 𝑛𝑖𝑒. 𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑔 𝑒𝑛 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑜𝑜𝑟𝑙𝑜𝑔, 𝑒𝑛 𝑡𝑜𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑘𝑠, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑖𝑑 𝑛𝑖𝑒. ³𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔 𝑛𝑖𝑒, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑒𝑒𝑟𝑑𝑒 𝑚𝑎𝑛𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑟𝑎, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑙𝑙𝑢𝑠 𝑘𝑎𝑛 𝑑𝑒𝑢𝑟𝑏𝑟𝑖𝑛𝑔. ⁴𝐸𝑔𝑏𝑟𝑒𝑒𝑘𝑠𝑡𝑒𝑟𝑠! 𝑊𝑒𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑡 𝑣𝑟𝑖𝑒𝑛𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑣𝑦𝑎𝑛𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑏𝑒𝑡𝑒𝑘𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒? 𝑊𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑘 𝑎𝑙 '𝑛 𝑣𝑟𝑖𝑒𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑤𝑖𝑙 𝑤𝑒𝑒𝑠, 𝑚𝑎𝑎𝑘 ℎ𝑜𝑚𝑠𝑒𝑙𝑓 '𝑛 𝑣𝑦𝑎𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑. ⁵𝑂𝑓 𝑑𝑖𝑛𝑘 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑘𝑟𝑖𝑓 𝑣𝑒𝑟𝑛𝑖𝑒𝑡 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑎𝑡 𝐺𝑜𝑑 ℎ𝑢𝑛𝑘𝑒𝑟 𝑚𝑒𝑡 𝑏𝑒𝑠𝑖𝑡𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑖𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑤𝑜𝑜𝑛 ℎ𝑒𝑡? ⁶𝑀𝑎𝑎𝑟 𝐻𝑦 𝑔𝑒𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑡𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑛𝑎𝑑𝑒 – 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑠𝑒̂ 𝐻𝑦:
“𝐺𝑜𝑑 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑜𝑜𝑔𝑚𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔𝑒𝑠 𝑡𝑒𝑒𝑛, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑒𝑑𝑒𝑟𝑖𝑔𝑒𝑠 𝑔𝑒𝑒 𝐻𝑦 𝑔𝑒𝑛𝑎𝑑𝑒.”
⁷𝑂𝑛𝑑𝑒𝑟𝑤𝑒𝑟𝑝 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑢𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑. 𝑊𝑒𝑒𝑟𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐷𝑢𝑖𝑤𝑒𝑙, 𝑑𝑎𝑛 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑦 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑔𝑣𝑙𝑢𝑔. ⁸𝑁𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑡𝑜𝑡 𝐺𝑜𝑑, 𝑑𝑎𝑛 𝑠𝑎𝑙 𝐻𝑦 𝑡𝑜𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑎𝑑𝑒𝑟. 𝑅𝑒𝑖𝑛𝑖𝑔 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑎𝑛𝑑𝑒, 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑎𝑎𝑟𝑠, 𝑒𝑛 𝑠𝑢𝑖𝑤𝑒𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡𝑒, 𝑑𝑢𝑏𝑏𝑒𝑙ℎ𝑎𝑟𝑡𝑖𝑔𝑒𝑠! ⁹𝑊𝑒𝑒𝑘𝑙𝑎𝑎𝑔 𝑒𝑛 𝑡𝑟𝑒𝑢𝑟 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑖𝑙! 𝐿𝑎𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑎𝑔 𝑖𝑛 𝑑𝑟𝑜𝑒𝑓ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑙𝑦𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑖𝑛 𝑠𝑜𝑚𝑏𝑒𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑. ¹⁰𝑉𝑒𝑟𝑛𝑒𝑑𝑒𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑑𝑎𝑛 𝑠𝑎𝑙 𝐻𝑦 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑜𝑜𝑔.” – Jakobus 4:1-10 (AFR20)
Sien, wanneer ons ons lewens gee vir God, is dit soos Paulus op ’n paar plekke verduidelik: Ons tree, as kerk, in die huwelik met Jesus Christus, die Hoof van sy kerk. Hy begeer om ons volle toewyding en getrouheid te ontvang, want Hy gee dit aan ons. Hy verwag dat ons Hom in liefde sal dien, soos Hy ons in liefde gedien het aan die kruis en nogsteeds dien elke dag deur sy liefde en seën en genade oor ons uit te stort.
Die gees van die mens hunker van nature na God en wanneer God se Gees in ons begin woon, dan help dit ons gees om al minder ’n vriend van die wêreld te wil wees. Ons begin ’n weersin kry vir die korruptheid van die wêreldgees en wêreldse waardes. Ons begin God se hunkering om ons gees in besit te neem al meer aanvoel en ons besef dat ons soos egbreeksters was toe ons eerder die wêreld liefgehad het.
Die duiwel kom gereeld nog met allerhande wonderlike beloftes van geluk en welvaart – alles leuens! Hy kan nie vir ons ewige vrede gee nie. Hy kan ons nie beskerm teen ewige verderf nie. Al wat hy jou kan bied, is ’n kortstondige verhouding wat dalk baie lekker klink, maar hy sal jou weer los soos ’n warm patat. Gaan kyk maar, hy doen dit nog altyd en hy sal nie verander nie – dis wat hy doen ... hy gebruik net mense vir sy eie plesier.
Almal van ons is van tyd tot tyd ontrou aan die Here. Ons moet berou hê en ons moet treur daaroor. Ons moet stert tussen die bene terugkom na God en erken dat die fout by ons lê. Hy sal ons terugneem en Hy sal aanhou om sy oneindige liefde vir ons te gee. Hy bly getrou, al is ons hoe ontrou aan Hom. Hoe, weet ek nie, want God se liefde vir ons is bo my begrip.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
As deel van God se kerk, is ek God se bruid. Jesus Christus is Hoof van die kerk en Hoof van my lewe. Ek is dikwels ontrou aan die Bruidegom. Dit is rede vir droefheid en berou. Ek moet in nederigheid myself aanhou onderwerp aan God. Hy sal my weer optel.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here Jesus, vergewe my dat ek dikwels ontrou is. Vergewe my dat ek soms eerder ’n vriend van die wêreld wil wees en dat ek soms die leuens van die duiwel glo. Laat my getrou bly aan U en laat my die versoekings van die duiwel weerstaan. Laat hy wegvlug van my. U is my Heer en Hoof. Laat my gees hunker na U en mag U my gees – my hele wese – besit. Tot u eer. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟭𝟭-𝟮𝟯 – 𝐈𝐬 𝐣𝐲 “𝐭𝐨𝐮𝐠𝐡 𝐞𝐧𝐨𝐮𝐠𝐡” ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Wanneer Paulus, Silvanus en Timoteus aan die gemeente in Thessalonika skryf, weet hulle al te goed dat die opdrag om die evangelie te verkondig nie ’n maklike opdrag is nie. Daar sál teëstand wees. Daar sál moeilike mense wees. Daar sál selfs mense IN die gemeente wees wat nie regtig gelowig is nie! Dit is regtig die tipe goed wat mens sommer heeltemal moedeloos en negatief kan maak. Hoe moet ons dan maak? Hoe moet ons moed hou en aanhou hoop? Wat maak ons met die moeilike mense en moeilike situasies? Ons rig ons gedagtes op die liefde van God en die volharding van Christus!
Hoor wat skryf Paulus:
“¹𝑉𝑒𝑟𝑑𝑒𝑟, 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠, 𝑏𝑖𝑑 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑣𝑖𝑛𝑛𝑖𝑔 𝑚𝑎𝑔 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑝𝑟𝑒𝑖 𝑒𝑛 𝑜𝑟𝑎𝑙 𝑖𝑛 𝑒𝑟𝑒 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑢 𝑚𝑎𝑔 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑏𝑦 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒. ²𝐵𝑖𝑑 𝑜𝑜𝑘 𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑒𝑒𝑟𝑑𝑒 𝑒𝑛 𝑠𝑙𝑒𝑔𝑡𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑖𝑠 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑤𝑖𝑔𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒. ³𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑔𝑒𝑡𝑟𝑜𝑢; 𝐻𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑒𝑟𝑘 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐵𝑜𝑠𝑒 𝑏𝑒𝑤𝑎𝑎𝑟. ⁴𝐷𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑜𝑢𝑒 𝑖𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑒𝑛 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑜𝑜𝑟ℎ𝑜𝑢. ⁵𝑀𝑎𝑔 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑑𝑎𝑔𝑡𝑒𝑠 𝑟𝑖𝑔 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙ℎ𝑎𝑟𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠!” – 2 Thessalonicense 3:1-5 (AFR83)
Ja, selfs Jesus het te make gekry met al hierdie dinge. Maar, ter wille van ons verlossing, het Hy dit verduur en gefokus op die liefde van die Vader en die redding van alle mense. Dit beteken egter nie dat ons soos baie mense voorhou, altyd “die ander wang” moet draai en martelaars word nie. Soms moet ons ook hard wees teenoor mense. Net in die volgende verse skryf die drie manne vêrder aan die gemeente:
“⁶𝑂𝑛𝑠 𝑏𝑒𝑣𝑒𝑒𝑙 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠, 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠: 𝑂𝑛𝑡𝑡𝑟𝑒𝑘 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑒𝑙𝑘𝑒 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝑙𝑒𝑒𝑔𝑙𝑒̂ 𝑒𝑛 ℎ𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒 ℎ𝑜𝑢 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑝𝑑𝑟𝑎𝑔𝑡𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒. ⁷𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑤𝑎𝑡𝑡𝑒𝑟 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑏𝑒𝑒𝑙𝑑 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑒𝑙 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑚 𝑡𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑔. 𝑂𝑛𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑏𝑦 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑒𝑒𝑔𝑔𝑒𝑙𝑒̂ ⁸𝑜𝑓 𝑜𝑝 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑡𝑒𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒. 𝐼𝑛𝑡𝑒𝑒𝑛𝑑𝑒𝑒𝑙, 𝑜𝑛𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑔 𝑒𝑛 𝑛𝑎𝑔 𝑔𝑒𝑠𝑤𝑜𝑒𝑔 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑠𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑒𝑒𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 '𝑛 𝑙𝑎𝑠 𝑡𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒. ⁹𝑁𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑒𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑝 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟ℎ𝑜𝑢𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑤𝑜𝑢 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 '𝑛 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑏𝑒𝑒𝑙𝑑 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑣𝑜𝑙𝑔. ¹⁰𝑇𝑜𝑒 𝑜𝑛𝑠 𝑛𝑜𝑔 𝑏𝑦 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑠, ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑑𝑟𝑢𝑘𝑙𝑖𝑘 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐴𝑠 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑤𝑒𝑟𝑘 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑜𝑒𝑡 ℎ𝑦 𝑜𝑜𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑒𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒.” ¹¹𝑂𝑛𝑠 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑖𝑡 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑛𝑒𝑒𝑚 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑏𝑦 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑙𝑒𝑒𝑔𝑙𝑒̂, 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑟𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑒𝑡 𝑚𝑒𝑡 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑠𝑒 𝑠𝑎𝑘𝑒 𝑏𝑒𝑚𝑜𝑒𝑖. ¹²𝑆𝑢𝑙𝑘𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑏𝑒𝑣𝑒𝑒𝑙 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑏𝑖𝑒𝑑 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑝 𝑔𝑒𝑠𝑎𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑎𝑛𝑑𝑎𝑔 𝑏𝑦 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑟𝑘 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑏𝑒𝑝𝑎𝑎𝑙 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑒𝑖𝑒 𝑏𝑟𝑜𝑜𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒𝑛. ¹³𝑊𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑡𝑟𝑒𝑓, 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠: 𝑀𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑔 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑜𝑚 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑡𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒. ¹⁴𝐸𝑛 𝑎𝑠 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑠 𝑏𝑒𝑣𝑒𝑙𝑒, 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑟𝑖𝑒𝑓 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑒, 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑛𝑖𝑒, 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑎𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑛 𝑎𝑓 𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑚𝑦 ℎ𝑜𝑚, 𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑦 𝑘𝑎𝑛 𝑠𝑘𝑎𝑎𝑚 𝑘𝑟𝑦. ¹⁵𝑀𝑜𝑒𝑡 ℎ𝑜𝑚 𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑜𝑠 '𝑛 𝑣𝑦𝑎𝑛𝑑 𝑏𝑒ℎ𝑎𝑛𝑑𝑒𝑙 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑦𝑠 ℎ𝑜𝑚 𝑡𝑒𝑟𝑒𝑔 𝑠𝑜𝑜𝑠 '𝑛 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟. ¹⁶𝑀𝑎𝑔 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑟𝑒𝑑𝑒 𝑔𝑒𝑒, 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑖𝑛 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑝𝑠𝑖𝑔𝑡𝑒 𝑣𝑟𝑒𝑑𝑒 𝑔𝑒𝑒! 𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑏𝑦 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑤𝑒𝑒𝑠!” – 2 Thessalonicense 3:6-16 (AFR83)
In Engels noem ons hierdie “tough love”. Ja, ons moet soms reguit en hard met mense praat en hard teenoor hulle optree. Maar, een belangrike ding om ook hier te onthou: Tree op in liefde. Wys jou broer en suster tereg in liefde, gebaseer op God se Woord. Dit is regtig sleg as mense soms net “wil hê”. Ek is geleer dat enige verhouding gaan oor “gee” EN “neem”, maar veel eerder oor “gee”. Dit is tog die voorbeeld wat Jesus gestel het! Hy het alles gegee. Vir ons. Hy hoef dit nie gedoen het nie. Maar Hy het. Omdat Hy lief is vir ons.
Ons, mensekinders, sukkel hiermee. Ons verwag net. Ons dink: “Die kerk en die dominee MOET maar net “dit of dat.” EK wil “dit of dat” hê in ’n erediens! EK sal besluit of ek eredienste bywoon of betrokke is by die kerk. As ek sukkel, SAL die kerk help! Dit is tog “hulle” werk! Ek moet net glo – of ten minste so sê... Dit is genoeg. Ek hoef niks meer te doen nie. Ek het genoeg ander goed om my mee besig te hou. Niemand moet tog vir my kom sê “hoe” ek ’n Christen moet wees nie... EK sal besluit.” ...
As dit is hoe jy dink dit hoort, het ek slegte nuus vir jou. God, volgens Sy Woord, verwag van jou baie meer as dit. God se kerk is inklusief en wil graag dat almal welkom wees en tog is dit eksklusief vir dié wat glo, maar dan moet ons ALMAL ons deel doen. As jy dink dis te veel gevra, weeg dit bietjie op teen wat Jesus vir jou gedoen het. Is dit nogsteeds te veel gevra? Indien wel, moet jy ernstig baie duideliker kyk na wat presies dit is wat Jesus vir jou gedoen het...
So ondankbaar as wat dit is, moet ons aanhou goed doen en moet ons aanhou om ons gedagtes te fokus op God se liefde en die volharding van Jesus Christus. Soms gaan dit beteken dat ons maar sekere mense laat gaan. Dat ons sekere verkeerde en slegte mense uit ons lewens moet laat gaan. Dat ons ons onttrek van die leeglêers en moeilikheidmakers – al wil ons so graag dat almal gelukkig is. Soms is dit nodig vir “tough love”.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Is wat ek doen en hoe ek besluite neem, tot bevordering van God se koninkryk? Duld ek soms ander mense, omdat ek maar eerder die vrede wil bewaar, terwyl ek eintlik moet opstaan vir die Here?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, lei ons om die regte besluite te maak oor die mense in ons lewens. Mag ons nie moeg word om die goeie dade te doen nie. Heilige Gees, lei ons om te help waar daar gehelp moet word en te laat gaan waar daar laat gaan moet word. Hemelse Vader, mag U alleen verheerlik word. Mag ons die kerk wees wat U wil hê ons moet wees. Tot U eer. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟭𝟭-𝟮𝟮 – 𝐊𝐲𝐤 𝐡𝐨𝐞 𝐠𝐫𝐨𝐨𝐭 ! (Kliek hier vir die klankgreep)
Wanneer die wêreld deesdae praat oor liefde, is daar baie mense wat dit wil veralgemeen. In die Bybel vind ons drie soorte liefde: die 𝘦𝘳𝘰𝘴 liefde wat te make het met fisiese uitdrukking van die liefde, soos aanraking, seks, ens.; die 𝘧𝘪𝘭𝘦́𝘰 liefde wat gaan oor omgee en sorg – broederlike liefde; en dan natuurlik is dit die 𝘢𝘨𝘢𝘱𝘦 liefde waaroor daar altyd baie gepraat word wat ’n selfopofferende, onbaatsugtige liefde is. Ons weet dat God ons lief het met die laasgenoemde liefde, want Hy het uit sy groot genade sy eie Seun gestuur om te sterf vir ons sondes. Maar Jesus het ook opgestaan en die dood oorwin, sodat ons vir ewig met Hom kan leef. Dit is die grootste uitdrukking van liefde wat die wêreld nog ooit gesien het of ooit sal sien.
Dan skryf Paulus vir ons so mooi gedeelte oor die liefde in 1 Korintiërs 13 en hy beskryf soveel pragtige eienskappe van hierdie soort liefde wat ons vir mekaar en die wêreld moet hê. Hy sluit die hoofstuk af met die woorde:
“¹³𝐸𝑛 𝑛𝑜𝑢 𝑏𝑙𝑦 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓, ℎ𝑜𝑜𝑝 𝑒𝑛 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒, ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑟𝑖𝑒 – 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡𝑠𝑡𝑒 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑣𝑎𝑛 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒.” – 1 Korintiërs 13:13 (AFR20)
Hoekom is liefde juis die grootste van die drie? Ek meen, geloof is baie belangrik. As dit nie vir die geloof was nie, het ons nooit regtig geglo dat ’n God van liefde werklik vir ons, sondige mense, kan lief wees nie. Die geloof help ons tog om dinge beter te verstaan – en soms nie te verstaan nie, maar in geloof te aanvaar. Geloof is dus baie baie belangrik en is die basis van hoe ons lewe op hierdie aarde. Ons geloof in ’n almagtige Skepper God, Sy eniggebore Seun en die die Heilige Gees, gee betekenis aan ons lewens! Dit is juis ook wat vir ons hoop gee in die lewe.
Hierdie hoop is net so belangrik, want daarsonder is die geloof doelloos. Ons leef vir die beloftes wat God ons gee in Sy Woord en ook elke dag. Ons hoop is veilig gevestig in Jesus Christus wie vir ons plek gaan regmaak het by die Vader. Jesus het opgevaar hemel toe, maar ons nie alleen gelos nie. Die Heilige Gees is met ons, sodat ons nooit alleen hoef te wees nie – dieselfde Gees wat die geloof in ons gevestig het en laat groei elke dag. Daarom kan ons hoop. Ons kan uitsien na ’n ewige lewe. Hierdie hoop is gevestig in ons geloof.
Maar hoekom dan juis die liefde? Hoe is dit dan dat dit die grootste is? Is hierdie ander twee nie juis om bogenoemde redes belangriker nie? Nee, nie een is belangriker nie en nie een kan sonder die ander nie. Maar, die liefde is die grootste. Want in die liefde kom ons geloof en hoop tot lewe. Ons geloof en hoop – wat ook gawes van God is, word sigbaar, hoorbaar en tasbaar in die liefde. Die liefde is die enigste een van die drie wat werklik sigbaar is. Dit is sigbaar in die Woord. Dit is sigbaar in ons lewens.
Neem Psalm 23 as voorbeeld. Besef jy dat God se liefde, beskerming en sorg in jou lewe ’n manifestering is van God se liefde vir jou? Besef jy dat wanneer jy gasvry, barmhartig of vriendelik is teenoor ander, dat jou geloof en hoop, deur middel van liefde, gestalte vind in jou lewe – en uiteindelik ook ’n demonstrasie is van God se oneindige liefde vir ons?
Maak dus die grootste van hierdie drie, die liefde, sigbaar in jou lewe. Laat mense God se liefde deur jou ervaar.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Geloof lei na hoop. Hoop kan nie verborge bly nie. Hoop vind uiting in die liefde wat ek aan ander betoon. Hierdie dinamika van geloof, hoop en liefde, kom van God se liefde vir my. Hoe en waar kan ek meer liefde wys?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Almagtige God en Vader, dankie dat U my lief het. Dankie Here Jesus vir die grootste liefde wat U gewys het aan ’n kruis. Gee dat my geloof in U al sterker word elke dag, deur U, Heilige Gees, wat in my woon. Laat my hoop groei en laat dit oorgaan in dade van liefde. Laat my ’n instrument wees van U liefde, sodat die wêreld kan sien hoe lief U ons het. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟭𝟭-𝟮𝟭 – 𝐖𝐢𝐞’𝐬 𝐣𝐨𝐮 𝐛𝐚𝐚𝐬 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Dit is al amper weer Kersfees en die Desember skoolvakansie kruip nader ... Mense begin beplan waarheen hulle bietjie wil wegkom vir die Feestyd. Ander dink weer aan al die werk wat nog voorlê. Vir party mense is Desember glad nie rustyd nie en is dít juis die tyd wanneer alles eers gedoen word. Beplanning vir die nuwe jaar moet gedoen word en base moet beïndruk word ... Die bevordering wag dalk ...
Ja, vir party mense is vakansietyd nie vakansietyd nie. Ons moet werk en ons moet iemand beïndruk. Soos ’n slaaf, sloof ons ons af en ploeter maar voort. Ons dink: “Ek móét werk ... Ek moet hárder werk ...” Hoekom werk ons so hard? Want ons moet gehoorsaam wees aan ons base. Maar base besit ons nie, of besit hulle ons? Is ons hulle slawe?
“²²𝑆𝑙𝑎𝑤𝑒, 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑠𝑒 𝑒𝑖𝑒𝑛𝑎𝑎𝑟𝑠 𝑖𝑛 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑝𝑠𝑖𝑔𝑡𝑒 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑠𝑎𝑎𝑚 – 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑡 𝑜𝑒̈𝑑𝑖𝑒𝑛𝑠 𝑎𝑠𝑜𝑓 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑏𝑒ℎ𝑎𝑎𝑔 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑚𝑒𝑡 '𝑛 𝑜𝑝𝑟𝑒𝑔𝑡𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡, 𝑢𝑖𝑡 𝑜𝑛𝑡𝑠𝑎𝑔 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒. ²³𝑊𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑜𝑘 𝑎𝑙 𝑑𝑜𝑒𝑛, 𝑤𝑒𝑟𝑘 𝑚𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑒𝑠𝑑𝑟𝑖𝑓, 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑛𝑖𝑒, ²⁴𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡𝑒 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 '𝑛 𝑒𝑟𝑓𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑎𝑠 𝑏𝑒𝑙𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔; 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒𝑛𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠. ²⁵𝐸𝑙𝑘𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑒𝑒𝑟𝑑 𝑑𝑜𝑒𝑛, 𝑠𝑎𝑙 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑠𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑒𝑒𝑟𝑑𝑒 𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑙𝑑 𝑤𝑜𝑟𝑑; 𝑛𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑏𝑒𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑛𝑖𝑒.” – Kolossense 3:22-25
Die meeste van ons werk vir ’n baas. Al het jy jou eie besigheid, doen jy gewoonlik werk vir iemand anders. Dit bly maar altyd, in ’n mate, die eienaar/baas en slaaf/werker situasie. Ons weet dat ons altyd ons beste voetjie moet voorsit, want ons wil nie op slegte voet wees met die baas nie. Soms doen ons selfs onsself in om darem net in die baas se goeie boekies te bly. Ons doen wat ons kan om ons werk te behou. “Besigheid is besigheid”, sê ons, of “Ek sal maar bek-hou en aanhou, want ek moet kos op die tafel sit...”
Uiteindelik, as ons té veel fokus op ons loopbane, ons promosies, ons salarisse of ons gewildheid in ons werksplekke, dan vergeet ons gou dat al hierdie dinge sal verbygaan. Geen persoon is onvervangbaar in hul werk nie. Ons word in die teenwoordige tyd wel beloon vir ons harde werk en lojaliteit, maar selfs dit gaan verby. So, wat sê ek nou eintlik? Moet ons glad nie besorg wees oor ons werk nie? Moet ons maar slaplê? Nee, glad nie. Wat ons moet doen, is onthou dat God in Sy groot liefde en genade aan ons die geleentheid gee om te werk. Die vermoë om te werk, kom van Hom af. Die manier wat ons het om ’n bestaan te maak en kos op die tafel te sit kom van die almagtige Vader af wat sorg vir Sy kinders. Daarom moet ons elke dag werk om deur Hóm raakgesien te word. Ons moet eerlik besigheid doen en in al ons doen en late integriteit wys.
Oneerlike en onredelike base en mede-werkers sal ons dalk daarvoor oordeel of selfs onwelkom laat voel. Onthou: jou werk is nie ’n gewildheidskompetisie nie. Jy hoef nie regtig mense te beïndruk nie. In my lyn van werk, besef ek dit elke dag en moet ek myself gedurig daaraan herinner. Ek werk nie vir mense nie. Ek werk vir die Here. Ek hoef nét vir Hóm te beïndruk – deur gehoorsaam te wees aan Sy wil. Deur alle eer aan Hom te gee. Deur alles met oorgawe te doen en uit te sien na die beloning wat Hy belowe het. Ek moet getrou bly aan my Here en Hom alleen volg. Oral waar ek gaan en watter werk ek ook al doen. Hý moet daardeur verheerlik word. Elke liewe taak wat ek aanpak, moet vir Hom wees. As ek dit nie tot Sy eer kan doen nie, moet ek dit nie doen nie. Ek sal gehoorsaam wees aan my “eienaars” / werkgewer, solank dit nie bots met God se wil nie.
“²³𝑊𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑜𝑘 𝑎𝑙 𝑑𝑜𝑒𝑛, 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑎𝑟𝑡𝑒 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑛𝑖𝑒” (Kolossense 3:23 AFR83)
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Hoekom werk ek so hard? Vir wie werk ek? Ek moet in dankbaarheid aan God al my daaglikse take verrig. Alle lof en eer kom Hom toe.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, dankie dat ek kan werk. Dankie dat ek oral kan diensbaar wees vir U. Help my om ook te rus en dankie daarvoor. Laat my werk – alle take en pligte wat ek doen – net vir U. Skenk aan my die regte gesindheid en mag ek vreugde vind in wat ek doen. Tot U eer. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟭𝟭-𝟭𝟵 – 𝐊𝐢𝐧𝐝𝐞𝐫𝐥𝐢𝐤 𝐠𝐞𝐥𝐮𝐤𝐤𝐢𝐠 ! (Kliek hier vir die klankgreep)
Ek hoor dikwels hoe mense sê dat hulle kinderlik ongelukkig is oor iets. Nou, gewoonlik beteken dit dat mense sommer wil huil oor iets wat gebeur het of dat hulle dalk so kwaad is, dat hulle sommer wil skree en rondrol op die vloer. Daar is nogal baie dinge deesdae wat ons kinderlik ongelukkig kan maak en die uitdrukking is nogal gepas as ons dink hoe ons baie van die dinge nie kan verstaan nie – soos ’n kind.
Wat ons egter baie min hoor, is hoe mense sê dat hulle kinderlik gelukkig is oor iets. Kyk, daar is baie min dinge soos die blydskap en opgewondenheid van ’n kind. Verjaarsdae, Kersfees, die eerste keer dat hulle iets probeer of iets kry ... jy kan sommer in hulle gesigte die blydskap en vreugde sien. Maar, soos ons groter word, begin baie dinge ons nie meer só opgewonde maak nie. Ons raak dinge gewoond en ons raak eerder kinderlik ongelukkig oor dinge as dit nie meer voldoen aan ons verwagtings nie. Om kinderlik gelukkig te raak oor dinge, raak soms selfs ’n bietjie kinderagtig vir ons ...
In meeste van die kulture van die mense van die Bybel was dit (en is dit nogsteeds) die geval dat kinders werklikwaar gesien, maar nie gehoor moet word nie. Eintlik was dit só erg dat kinders ook nie eers gesien moet word nie. Kinders, met hulle onkunde oor baie dinge, moes eerder elders wees – nie tussen die slim en intellektuele gesprekke van die mans nie. Kinders was vir baie van die mans ’n verleentheid gewees in die gesprekke wat hulle gevoer het en kinders was nie toegelaat waar die grootmense is nie.
Ons is gelukkig dat ons in ’n heel ander tyd en kultuur grootgeword het waar meeste kinders deel van die huishouding is en van vroeg af al deel is van gesprekke en waar daar genoegsame aandag gegee word aan hulle. Daarom dan ook dat kinders vandag so opgewonde is oor die dinge wat hulle ontvang en dalk ook ongelukkig is, wanneer hulle nie iets kry nie of as dinge skeefloop. Kinders is waarlik kinderlik gelukkig of kinderlik ongelukkig. As volwassenes, mis ons dalk daardie eenvoud oor ons emosies en vandaar dat mense soms hulself beskryf as kinderlik ongelukkig. Maar, kan ons nog kinderlik gelukkig wees oor dinge?
Met die hierdie agtergrond van kinders se minderwaardigheid in die Bybelse tyd, gebeur die volgende:
“¹⁵𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑜𝑘 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑡𝑗𝑖𝑒𝑠 𝑛𝑎 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑔𝑒𝑏𝑟𝑖𝑛𝑔, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝐻𝑦 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑘𝑜𝑛 𝑎𝑎𝑛𝑟𝑎𝑎𝑘. 𝑇𝑜𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑠𝑠𝑖𝑝𝑒𝑙𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑠𝑖𝑒𝑛, ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑏𝑒𝑟𝑖𝑠𝑝𝑒. ¹⁶𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟 𝑛𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐿𝑎𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑡𝑗𝑖𝑒𝑠 𝑛𝑎 𝑀𝑦 𝑡𝑜𝑒 𝑘𝑜𝑚, 𝑒𝑛 𝑚𝑜𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑔𝑒𝑟 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑒 •𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑘𝑟𝑦𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑏𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑠𝑜𝑜𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒. ¹⁷•𝐴𝑚𝑒𝑛, 𝐸𝑘 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒: 𝑊𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑘𝑟𝑦𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑜𝑠 '𝑛 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑗𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔 𝑛𝑖𝑒, 𝑠𝑎𝑙 𝑏𝑒𝑠𝑙𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑛𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒.”” – Lukas 18:15-17 (AFR20)
Ontvang die koninkryk van God soos ’n kindjie. Wees bly. Wees waarlik bly. Moenie vra hoekom jy dit gekry het nie. Jy weet jy was dalk net gister nog stout gewees, maar jou liefdevolle Vader verstaan dat jy ’n kind is en kinders is dikwels onkundig of hardkoppig. Hy vergewe jou en Hy gee jou, uit genade en liefde, dit wat jy nie verdien nie. Moenie dit oordink nie. Wees net dankbaar en wees bly. En pas dit op. Dit is ’n geskenk van jou Vader. Hy het duur betaal daarvoor. Sy Seun moes ly en aan ’n kruis hang om die prys te betaal. Die koninkryk is joune. Jy is ’n koningskind en die Koning regeer in- en oor jou lewe. Wat meer wil ’n kind hê? Wees nou maar kinderlik gelukkig !
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek is God se kind en ek maak saak vir Hom. Ek is altyd welkom in sy geselskap en Hy skenk aan my soveel dinge waaroor ek regtig maar meer kinderlik gelukkig kan wees. Ek hoef nie kinderlik ongelukkig te wees oor dinge nie, want my Vader, die Koning van die heelal, is in beheer.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Liewe Vader, dankie, dankie, dankie. Ek sê dit nie genoeg nie. Dankie dat U U Seun, my Here Jesus Christus, gestuur het om die duurste geskenk ooit vir my te betaal. U het betaal, sodat U kan heers oor my lewe. U is groter, sterker en meer as enige van die dinge wat my soms kinderlik ongelukkig maak. Help my om, in die nederigheid en eenvoud van verstaan van ’n kind, die koninkryk te ontvang. Vul my weer en weer met vreugde oor my verlossing. Tot eer van die Koning van my lewe, Jesus Christus. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟭𝟭-𝟭𝟴 – 𝐃𝐢𝐞 𝐝𝐨𝐞𝐥 𝐯𝐚𝐧 𝐨𝐧𝐬 𝐠𝐞𝐥𝐨𝐨𝐟 ... (Kliek hier vir die klankgreep)
Wanneer ons mooi begin dink oor wat die doel van alles in die lewe is, kan dit ons nogal baie gou moedeloos en negatief los. Daar is só baie dinge wat nie vir ons sin maak nie. Daar is soveel onverklaarde en selfs sinnelose dade van geweld, korrupsie en wie weet wat nog in die wêreld. Hoekom is ons hier? En hoekom moet dinge soms moeilik wees? Hoekom moet ons wonder hieroor – veral as ons nie antwoorde vir alles kan kry nie?
Ons moet onthou dat ons geloof in die Opgestane Here Jesus Christus ons ’n ander siening moet gee oor hierdie tipe vrae. Ons kan baie gou begin twyfel in baie dinge, maar oor een ding moet ons nie twyfel nie: God is ons God en ons is sy kinders. Hy het ons nog altyd baie lief en Hy het meer gedoen vir ons as wat ons ooit kan verdien. Ons wonder soms oor die doel van baie dinge, maar oor God se motiewe vir ons lewens, moet ons nooit wonder nie. Dit is duidelik. Hy het aan ons geloof geskenk, sodat ons verby hierdie lewe kan sien. Hoor hoe mooi verduidelik Petrus dit:
“³𝐿𝑜𝑓𝑤𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑔 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑜𝑑 𝑒𝑛 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠! 𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑖𝑛 𝑠𝑦 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑜𝑛𝑡𝑓𝑒𝑟𝑚𝑖𝑛𝑔, 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑝𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑, 𝑜𝑝𝑛𝑢𝑢𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑒𝑘 ℎ𝑒𝑡, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 '𝑛 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑𝑒 ℎ𝑜𝑜𝑝 𝑚𝑎𝑔 ℎ𝑒̂ ⁴𝑜𝑝 '𝑛 𝑒𝑟𝑓𝑒𝑛𝑖𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑜𝑜𝑖𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑎𝑎𝑛, 𝑏𝑒𝑠𝑚𝑒𝑡 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑜𝑓 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑒𝑙𝑘 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑛 𝑏𝑒𝑤𝑎𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑢 𝑤𝑜𝑟𝑑 – ⁵𝑗𝑎, 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡, 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓, 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑟𝑎𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑏𝑒𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠𝑠𝑖𝑛𝑔 𝑤𝑎𝑡 𝑔𝑒𝑟𝑒𝑒𝑑 𝑖𝑠 𝑜𝑚 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑖𝑛𝑑𝑡𝑦𝑑 𝑔𝑒𝑜𝑝𝑒𝑛𝑏𝑎𝑎𝑟 𝑡𝑒 𝑤𝑜𝑟𝑑. ⁶𝐽𝑢𝑏𝑒𝑙 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑜𝑜𝑟, 𝑎𝑙 𝑚𝑜𝑒𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑛𝑙𝑎𝑛𝑔𝑠 𝑣𝑖𝑟 '𝑛 𝑘𝑜𝑟𝑡 𝑡𝑦𝑑𝑗𝑖𝑒 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑟ℎ𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑏𝑒𝑝𝑟𝑜𝑒𝑤𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑏𝑒𝑑𝑟𝑜𝑒𝑓 𝑤𝑜𝑟𝑑. ⁷𝐷𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑙 𝑤𝑎𝑠 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑑𝑢𝑖𝑑𝑒𝑙𝑖𝑘 𝑠𝑜𝑢 𝑏𝑙𝑦𝑘 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑔𝑡ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 – '𝑛 𝑒𝑔𝑡ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑏𝑎𝑖𝑒 𝑘𝑜𝑠𝑏𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒𝑟 𝑖𝑠 𝑎𝑠 𝑔𝑜𝑢𝑑, 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑎𝑛𝑘𝑙𝑖𝑘 𝑖𝑠, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑜𝑔𝑡𝑎𝑛𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑣𝑢𝑢𝑟 𝑔𝑒𝑡𝑜𝑒𝑡𝑠 𝑤𝑜𝑟𝑑 – 𝑢𝑖𝑡𝑙𝑜𝑜𝑝 𝑜𝑝 𝑙𝑜𝑓 𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝑒𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑔𝑒𝑜𝑝𝑒𝑛𝑏𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑜𝑟𝑑. ⁸𝐻𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓, 𝑎𝑙 ℎ𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝐻𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒; 𝑒𝑛 𝑎𝑙 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝐻𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒 𝑛𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒, 𝑔𝑙𝑜 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑛 𝐻𝑜𝑚, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑏𝑒𝑙 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑒𝑡 '𝑛 𝑜𝑛𝑢𝑖𝑡𝑠𝑝𝑟𝑒𝑒𝑘𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑏𝑙𝑦𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝, ⁹𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑟𝑒𝑒𝑑𝑠 𝑑𝑒𝑒𝑙 ℎ𝑒𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓, 𝑛𝑎𝑎𝑚𝑙𝑖𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠𝑠𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑖𝑒𝑙𝑒.” – 1 Petrus 1:3-9 (AFR20)
Hoor jy dit? Verstaan jy? Al die dinge deur die eeue heen het gebeur, sodat God kon wys hoe lief Hy jou het in Sy Seun, Jesus Christus. Alles moes tweeduisend jaar gelede tot ’n wrede dood aan ’n kruis lei op Golgota, sodat jou siel verlos kan word.
Wanneer ons begin vasgevang word in onbeantwoorde of onverklaarde vrae oor die doel van dinge in die lewe, moet ons onsself herinner dat ons vrae gemik is op die tydelike. In Christus, het ons reeds nou al deel in die doel van ons geloof en met ’n verloste siel, is ons oë gerig op die ewige. Dit is ’n lewende, ewige hoop. Tydelike beproewings, hartseer en moeilikheid, is juis dít: tydelik. Wanneer ons in hierdie tye vashou aan ons geloof, word ons geloof gelouter en is dit deel van die proses om suiwer siele voor te berei. Ons siele word verlos van onsuiwerhede, soos goud deur ’n louteringsproses gesuiwer word.
Petrus is reg: “³𝐿𝑜𝑓𝑤𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑔 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑜𝑑 𝑒𝑛 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠! 𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑖𝑛 𝑠𝑦 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑜𝑛𝑡𝑓𝑒𝑟𝑚𝑖𝑛𝑔, 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑝𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑, 𝑜𝑝𝑛𝑢𝑢𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑒𝑘 ℎ𝑒𝑡, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 '𝑛 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑𝑒 ℎ𝑜𝑜𝑝 𝑚𝑎𝑔 ℎ𝑒̂...”
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Nie alles wat sleg is in die lewe is ’n straf of dissiplinering van God nie, maar elke beproewing, is ’n geleentheid vir my om stywer vas te hou aan God se hand. Ek het ’n nuwe lewe en ’n lewende, ewige hoop.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, die doel van ons geloof is die verlossing van ons siele. Dit is die wonderlikste nuus en dit is alles tot U eer. Dankie dat ek ’n lewende hoop kan hê in ’n wêreld wat té dikwels fokus op die negatiewe en die verganklikheid van alles. Dankie Here Jesus, dat U die hoop in ons is deur U Gees wat in ons woon. Maak ons sterk, Here. Suiwer ons geloof en laat ons jubel oor ons verlossing. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟭𝟭-𝟭𝟳 – 𝐕𝐲𝐟 “𝐚𝐥𝐥𝐞𝐞𝐧” 𝐝𝐢𝐧𝐠𝐞 ... (Kliek hier vir die klankgreep)
Alhoewel Jakobus ons baie duidelik leer dat ons geloof moet oorgaan in dade, probeer hy nêrens sê dat ons sekere dinge eers hoef te doen voordat ons gered sal wees nie. Jesus self het ook gesê: “¹𝐿𝑎𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑡𝑠𝑡𝑒𝑙𝑑 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒. 𝐺𝑙𝑜 𝑖𝑛 𝐺𝑜𝑑, 𝑔𝑙𝑜 𝑜𝑜𝑘 𝑖𝑛 𝑀𝑦.” En op baie ander geleenthede het Jesus verduidelik dat geloof in Hom as God en Here, genoeg is.
In die gereformeerde leer, word die vyf solas voorgehou. “Sola” is die Latyn vir “alleen” of “enkel” vandaar dat mense ’n solosang of solo-item opvoer op hul eie. Baie mense het dalk al gehoor van die vyf solas, maar vir baie mense is dit onbekend. Die vyf solas is:
𝘚𝘰𝘭𝘢 𝘚𝘤𝘳𝘪𝘱𝘵𝘶𝘳𝘢 – God se Woord alleen. Die Bybel is die hoogste vorm van gesag in- en oor ’n Christen se lewe. Ons moet ons lewens hieraan meet.
𝘚𝘰𝘭𝘢 𝘧𝘪𝘥𝘦 – geloof alleen. Regverdiging en versoening met God kom alleenlik deur geloof.
𝘚𝘰𝘭𝘢 𝘨𝘳𝘢𝘵𝘪𝘢 – genade alleen. Sondaars word gered deur die geskenk van genade. Dis onverdiend. Niks wat jy doen of waaroor jy kan roem, red jou nie (vgl. Ef. 2:8-9).
𝘚𝘰𝘭𝘢 𝘊𝘩𝘳𝘪𝘴𝘵𝘰 (“𝘴𝘰𝘭𝘶𝘴 𝘊𝘩𝘳𝘪𝘴𝘵𝘶𝘴”) – Christus alleen. Dit is net deur Jesus Christus wat ons gered word. Jesus sê ook in Joh. 14:6 “𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑔 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒; 𝑛𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑏𝑒ℎ𝑎𝑙𝑤𝑒 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑀𝑦 𝑛𝑖𝑒.”
𝘚𝘰𝘭𝘪 𝘋𝘦𝘰 𝘎𝘭𝘰𝘳𝘪𝘢 – die doel van die Skepping, ons redding en alles, selfs ons doel as Christene, is tot eer van God alleen. Paulus leer ook in 1 Kor. 15:28: “²⁸𝑊𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑤𝑒𝑟𝑝 𝑖𝑠, 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝐻𝑜𝑚𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑤𝑒𝑟𝑝 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐸𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑤𝑒𝑟𝑝 ℎ𝑒𝑡, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑖𝑛 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑠𝑎𝑙 𝑤𝑒𝑒𝑠.”
Hoekom is dit nodig dat ons hierdie ken en verstaan? Eenvoudig: Want dit klaar nogal baie van die vrae en twyfel wat ons soms het, redelik maklik op. Wanneer ons die vyf solas verstaan en só glo, dan verstaan ons ook wat die skrywer van die Hebreërbrief vir ons sê in hoofstuk 9 wanneer hy praat oor die tabernakel en herhaaldelike offers vir vergifnis van sondes:
“²³𝐷𝑖𝑡 𝑤𝑎𝑠 𝑑𝑢𝑠 𝑛𝑜𝑑𝑖𝑔 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑓𝑏𝑒𝑒𝑙𝑑𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙𝑒 𝑖𝑠, 𝑑𝑒𝑢𝑟 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑔𝑒𝑟𝑒𝑖𝑛𝑖𝑔 𝑤𝑜𝑟𝑑 – 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙𝑠𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑏𝑒𝑡𝑒𝑟 𝑜𝑓𝑓𝑒𝑟𝑠 𝑎𝑠 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒. ²⁴𝑊𝑎𝑛𝑡 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 '𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘𝑡𝑒 ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑑𝑜𝑚, '𝑛 𝑛𝑎𝑏𝑜𝑜𝑡𝑠𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑟𝑒 𝑒𝑒𝑛, 𝑏𝑖𝑛𝑛𝑒𝑔𝑒𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑠𝑒𝑙𝑓, 𝑜𝑚 𝑛𝑜𝑢 𝑡𝑒𝑟 𝑤𝑖𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝐺𝑜𝑑 𝑡𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑘𝑦𝑛; ²⁵𝑜𝑜𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝐻𝑜𝑚𝑠𝑒𝑙𝑓 ℎ𝑒𝑟ℎ𝑎𝑎𝑙𝑑𝑒𝑙𝑖𝑘 𝑠𝑜𝑢 𝑜𝑓𝑓𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒 – 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑜𝑒̈𝑝𝑟𝑖𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟, 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑎́ 𝑗𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑒 𝑚𝑒𝑡 '𝑛 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑠𝑒 𝑏𝑙𝑜𝑒𝑑 𝑖𝑛𝑔𝑎𝑎𝑛 – ²⁶𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛 𝐻𝑦 𝑑𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑘𝑤𝑒𝑙𝑠, 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑𝑙𝑒𝑔𝑔𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑎𝑓, 𝑠𝑜𝑢 𝑚𝑜𝑒𝑠 𝑙𝑦. 𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑜𝑢, 𝑏𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑦𝑒, ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑦 𝑒𝑒𝑛𝑠 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑘𝑦𝑛 𝑜𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑠𝑦 𝑜𝑓𝑓𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑡𝑒𝑟 𝑠𝑦𝑑𝑒 𝑡𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑙. ²⁷𝐸𝑛 𝑛𝑒𝑡 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑒𝑚 𝑖𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑜𝑚 𝑠𝑙𝑒𝑔𝑠 𝑒𝑒𝑛 𝑚𝑎𝑎𝑙 𝑡𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑟𝑓, 𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑛𝑎 𝑘𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙, ²⁸𝑠𝑜 𝑠𝑎𝑙 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠, 𝑛𝑎𝑑𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑒𝑒𝑛𝑚𝑎𝑙𝑖𝑔 𝑔𝑒𝑜𝑓𝑓𝑒𝑟 𝑖𝑠 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑏𝑎𝑖𝑒 𝑡𝑒 𝑑𝑟𝑎, '𝑛 𝑡𝑤𝑒𝑒𝑑𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑙 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑘𝑦𝑛 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑎𝑔, 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑛𝑠 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑚 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑡𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠.” – Hebreërs 9:23-28 (AFR20)
Verstaan jy nou? Ons hoef niks te doen om gered te word nie, behalwe om te glo. Daar is in elk geval niks wat ons kan doen om ons redding te verdien nie. Die prys is reeds betaal. Jesus het gesê dat wanneer Hy weer kom, kom Hy om ons te kom haal. Ja, Hy bring die oordeel (Joh. 5:19-30), maar vir ons wat in Hom glo en Hom verwag, kom verlossing. Terwyl ons wag, moet ons egter leef soos Hy vra en moet ons aanhou om hierdie goeie nuus te verkondig, sodat nog meer gered kan word tot God se eer. Ons doen hierdie dinge, nie om gered te word nie, maar uit dankbaarheid en vreugde oor ons redding.
𝗘𝗸 𝗸𝗮𝗻 𝗻𝗶𝗲 𝘄𝗮𝗴 𝗻𝗶𝗲 ! 𝗘𝗻 𝗷𝘆 ?
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Die vyf solas maak nogal baie sin. Verstaan ek dit? Glo ek dit?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Almagtige God en Vader, U het U Seun gestuur om te sterf vir my sondes. Ek verdien dit glad nie. Ek glo in u woord. Ek glo dat U my deur u woord en deur U Heilige Gees, die gawe van geloof skenk. Ek glo dat ek niks hiervan verdien nie en ek dank, loof en prys U vir u genade. Jesus Christus is die Weg en die Waarheid en die Lewe. Here Jesus ek glo in U. Mag my lewe, my geloof en alles wat ek is, wees tot eer van God alleen. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟭𝟭-𝟭𝟲 – 𝐋𝐞𝐞𝐬 ... 𝐋𝐮𝐢𝐬𝐭𝐞𝐫 ! (Kliek hier vir die klankgreep)
As ons in ons lewe alles, behalwe sonde, kan doen tot eer van God (gister se oordenking), hoe sal ons beter kan weet wat om te doen en wat om 𝘯𝘪𝘦 te doen nie? Hoe gaan ons seker wees dat ons op die regte pad bly – dat dit waarmee ons besig is nie dalk sonde is nie?
Dit is eintlik baie eenvoudig. Vra God. Vra Hom om vir jou te sê of dit wat jy doen sonde is of nie. Is jou gewete besig om jou aan te kla? Voel jy onseker in jou binneste oor wat jy gedoen of gesê het? Vra dan dat God dit vir jou duidelik maak. Maar nou weet ek ook dat baie dadelik sal dink: “Maar die Here praat mos nie met almal, soos Hy in die Bybel met die profete, priesters en ’n paar ander mense gepraat het nie.” ... Dit is wel waar, maar God praat nogsteeds baie met ons. Luister net bietjie mooi ... Of, lees bietjie mooi ...
“¹𝐺𝑒𝑙𝑢𝑘𝑘𝑖𝑔 𝑖𝑠 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑤𝑖𝑒 𝑠𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑠𝑝𝑎𝑑 𝑜𝑛𝑏𝑒𝑟𝑖𝑠𝑝𝑒𝑙𝑖𝑘 𝑖𝑠 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑔!
²𝐺𝑒𝑙𝑢𝑘𝑘𝑖𝑔 𝑖𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑜𝑢 𝑏𝑦 𝑠𝑦 𝑏𝑒𝑝𝑎𝑙𝑖𝑛𝑔𝑠, 𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑚𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑠𝑜𝑒𝑘;
³𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑜𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑟𝑒𝑔 𝑝𝑙𝑒𝑒𝑔 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑒𝑡 𝑠𝑦 𝑝𝑎𝑎𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑔!
⁴𝑈 ℎ𝑒𝑡 𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑢 𝑜𝑝𝑑𝑟𝑎𝑔𝑡𝑒 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑜𝑢𝑘𝑒𝑢𝑟𝑖𝑔 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑎𝑘𝑜𝑚.
⁵𝐴𝑔, 𝑤𝑎𝑠 𝑚𝑦 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑠𝑝𝑎𝑎𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑𝑣𝑎𝑠𝑡𝑖𝑔, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑢 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑠𝑘𝑟𝑖𝑓𝑡𝑒 𝑘𝑜𝑛 𝑛𝑎𝑘𝑜𝑚.
– Psalm 119:1-5 (AFR20)
Ja, God gee vir ons heelwat opdragte in Sy Woord. Soms lyk dit of dit amper onmoontlik is om alles te gehoorsaam. Soms wonder ons oor alledaagse dinge: “Is dit reg of verkeerd?” Ek meen, ons is mos maar net mense... Mense het foute en mense sondig. Dit is nou maar eenmaal net só! Ons kan nie help nie. Ons probeer, maar: die gees is gewillig, maar die vlees is swak... Dit is nie ons skuld nie. Dit is Adam en Eva se skuld! Ai tog, as ons maar net kon gehoorsaam bly!
Die psalmdigter (onbekend, maar moontlik Dawid of Daniël) het ook gewonder hieroor en geworstel daarmee. Hoe kan ons tog ons lewens skoon hou? Hoe kan ons weet of wat ons doen reg of verkeerd is? Daar is dan soveel versoekings en uitdagings! As ons maar net op ’n vaste koers kon bly en ons hou aan God se voorskrifte... Daar is dan so baie daarvan. Is dit ooit moontlik?
Psalm 119 is die langste psalm en dankie tog dat die redakteurs van die Ou Testament destyds dit nie korter gemaak het nie. Daar is soveel waarde en waarheid daarin. Ek daag jou uit vandag (dalk vir die hele week wat voorlê) gaan lees dit – die hele psalm. Laat dit insink.
Ons weet dat Jesus se opdragte duidelik is: Ons moet lief wees God bowenal en ons moet mekaar liefhê. Wanneer ons hierdie opdrag uitvoer – waarlik en opreg uitvoer, onder leiding van die Heilige Gees – is dit vanselfsprekend dat ons heelwat van God se opdragte / voorskrifte sal gehoorsaam.
Hoe hoor ons dus God se stem? Ons luister daarvoor en ons soek Hom, soos Psalm 119 leer. Ons vind God in ons lewens, in die natuur, in sy woord. Ons moet wandel volgens God se Woord. Die lewende Woord. Ons moet wandel saam met Jesus Christus, gelei en geïnspireer en versterk deur Sy Heilige Gees. Ons moet God se wil soek en nastreef en daarvolgens leef met ons hele hart.
Psalm 119:9 (AFR20) vra die vraag: “⁹𝐻𝑜𝑒 𝑠𝑎𝑙 '𝑛 𝑗𝑜𝑛𝑔𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑠𝑦 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑠𝑝𝑎𝑑 𝑠𝑢𝑖𝑤𝑒𝑟 ℎ𝑜𝑢?” 𝐸𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑? 𝐻𝑒𝑒𝑙 𝑒𝑒𝑛𝑣𝑜𝑢𝑑𝑖𝑔: “𝐷𝑒𝑢𝑟 𝑡𝑒 ℎ𝑜𝑢 𝑏𝑦 𝑢 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑.”
Mag die Heilige Gees jou lei, nader aan die Woord van God, nader aan die wil van God.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Hoe sal ek my lewe suiwer hou en hoe sal ek God se stem en leiding hoor? Deur te hou by sy woord.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here,
“¹⁰𝑀𝑒𝑡 𝑚𝑦 ℎ𝑒𝑙𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑒𝑘 𝑈; 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑚𝑦 𝑡𝑜𝑔 𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑓𝑑𝑤𝑎𝑎𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝑢 𝑏𝑒𝑣𝑒𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒.
¹¹𝐼𝑛 𝑚𝑦 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑘𝑜𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟 𝑒𝑘 𝑢 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑈 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑛𝑖𝑒.
¹²𝑈 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑝𝑟𝑦𝑠 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝐻𝑒𝑟𝑒! 𝐿𝑒𝑒𝑟 𝑚𝑦 𝑢 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑠𝑘𝑟𝑖𝑓𝑡𝑒!”
– Psalm 119:10-12 (AFR20)
Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟭𝟭-𝟭𝟱 – 𝐃𝐨𝐞𝐧 𝐚𝐥𝐥𝐞𝐬, 𝐛𝐞𝐡𝐚𝐥𝐰𝐞 ... (Kliek hier vir die klankgreep)
Wanneer jy ’n Christen is en jy begin al meer in die Woord van God te delf, is dit wonderlik. Jy ontdek allerhande dinge wat jou nader trek aan die Here en jy begin om so klein bietjie van God se karakter te verstaan. Jy leer God ken, alhoewel jy besef dat Hy groter is as wat jy kan verstaan. Jy begin riglyne kry om ’n goeie lewe te lei. Jy begin agterkom dat die geheim van ’n gelukkige lewe lê ten diepste in die vrede wat jy ontvang om onderdanig te leef aan God se wil. Jy begin besef dat genade op genade oor die lewe van ’n gelowige spoel – as jy begin let op die werk van die Gees in jou lewe ... Maar, jy begin ook agterkom dat die Bybel vol allerhande ander voorskrifte is ...
Ja, God se Woord kom al ’n baie lang pad en die Ou Testament veral, is vol van voorskrifte en wette wat geskryf was vir God se volk in die beginstadium van hul besetting van die Beloofde Land en net daarna. Baie mense wil baie van hierdie wette afskryf, omdat Jesus gesê het dat die Wet en die profete in Hom vervul is (opsomming van die Wet in Matt. 22:34-40, Mark. 12:28-31; Luk. 10:25-28), maar dit is nie wat Jesus gesê het nie. Die Wet en baie van die wette is nog op baie plekke van toepassing. Tog is daardie opsomming gegee, sodat ons die wette kan beoordeel. Jesus het gesê: “³⁷... ‘𝐽𝑦 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑗𝑜𝑢 𝐺𝑜𝑑 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒̂ 𝑚𝑒𝑡 𝑗𝑜𝑢 ℎ𝑒𝑙𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑒𝑛 𝑚𝑒𝑡 𝑗𝑜𝑢 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑠𝑖𝑒𝑙 𝑒𝑛 𝑚𝑒𝑡 𝑗𝑜𝑢 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑.’ ³⁸𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑙𝑎𝑛𝑔𝑟𝑖𝑘𝑠𝑡𝑒 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑒𝑟𝑠𝑡𝑒 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑑. ³⁹𝐸𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑤𝑒𝑒𝑑𝑒 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑎𝑎𝑛 𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛, 𝑖𝑠, ‘𝐽𝑦 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑛𝑎𝑎𝑠𝑡𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒̂ 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑗𝑜𝑢𝑠𝑒𝑙𝑓.’ ” (Matt. 22:37b-39 AFR20)
Met ander woorde, is dit wat jy doen tot eer van God? Wys dit liefde vir God? En jou naaste? Rick Warren het in sy boek, “The Purpose-Driven Life”, geskryf oor hierdie saak en ook Paulus se verduideliking van regverdiging deur genade (Rom. 3), wanneer hy (Rick Warren) sê dat jy enigiets in jou lewe kan doen tot eer van God. Alles, behalwe ... sonde.
Dus kan jy met enigiets wat jy doen in jou lewe, die vrae vra: “Wys dit wat ek nou doen, dat ek lief is vir God? Wys dit liefde vir my naaste? Word God geëer hierdeur?” Sien, as ons hierdie vrae begin vra, dan raak baie dinge baie eenvoudig. Maar baie dinge raak ook ingewikkeld ... Wat maak ek met sekere kossoorte? Of met mense wat anders as ek glo – al glo hulle ook dat Jesus hul Verlosser is? Moet ek die Ou-Testamentiese wette weer begin navolg? Moet ek die Sabbat op die Saterdag vier? En nog baie meer vrae kan skielik by ons opkom ... Paulus, as Jood en Fariseër, het ook oor hierdie dinge gewonder en het ook baie mense teëgekom wat hieroor gewonder het en dalk verkeerdelik opgetree het daarin. Hy skryf vir die mense in Korinte:
“²³ “𝐴𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑖𝑠 𝑔𝑒𝑜𝑜𝑟𝑙𝑜𝑜𝑓” – 𝑗𝑎, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑖𝑠 𝑛𝑢𝑡𝑡𝑖𝑔 𝑛𝑖𝑒. “𝐴𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑖𝑠 𝑔𝑒𝑜𝑜𝑟𝑙𝑜𝑜𝑓” – 𝑗𝑎, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑖𝑠 𝑜𝑝𝑏𝑜𝑢𝑒𝑛𝑑 𝑛𝑖𝑒. ²⁴𝑁𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑠𝑦 𝑒𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑙𝑎𝑛𝑔 𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒́ 𝑣𝑎𝑛 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟.”; en vêrder:
“³¹𝑂𝑓 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑛 𝑒𝑒𝑡 𝑜𝑓 𝑑𝑟𝑖𝑛𝑘 𝑜𝑓 𝑒𝑛𝑖𝑔𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑑𝑜𝑒𝑛, 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑡𝑜𝑡 𝑒𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑. ³²𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝐽𝑜𝑑𝑒 𝑜𝑓 𝐺𝑟𝑖𝑒𝑘𝑒 𝑜𝑓 𝑑𝑖𝑒 •𝑔𝑒𝑚𝑒𝑒𝑛𝑡𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 '𝑛 𝑠𝑡𝑟𝑢𝑖𝑘𝑒𝑙𝑏𝑙𝑜𝑘 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒. ³³𝑁𝑒𝑡 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑒𝑘 𝑜𝑜𝑘 𝑝𝑟𝑜𝑏𝑒𝑒𝑟 𝑜𝑚 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑖𝑛 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑝𝑠𝑖𝑔𝑡𝑒 𝑖𝑛 𝑎𝑔 𝑡𝑒 𝑛𝑒𝑒𝑚, 𝑒𝑛 𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑦 𝑒𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒́ 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟𝑑𝑒𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑛𝑎 𝑡𝑒 𝑠𝑡𝑟𝑒𝑒𝑓, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠 𝑚𝑎𝑔 𝑤𝑜𝑟𝑑. 𝟭𝟭 ¹𝑉𝑜𝑙𝑔 𝑚𝑦 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑏𝑒𝑒𝑙𝑑, 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑒𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑏𝑒𝑒𝑙𝑑 𝑣𝑎𝑛 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑣𝑜𝑙𝑔.” – 1 Korintiërs 10:23-24 & 10:31-11:1 (AFR20)
Ja, alles is toelaatbaar. Alles, behalwe sonde teen God of sonde teen jou medemens. Eintlik baie eenvoudig, nè?
Moet jou dus nie ophou met allerhande wettiese dinge en dinge waaroor jy in jou hart twyfel nie. Volg die groot gebod. Liefde vir God, eerste. En, as dit jou doel en bedoeling is in jou woorde en dade, volg natuurlik, liefde vir jou naaste. Doen alles tot eer van God. Alles, behalwe ...
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Wat dryf my in wat ek doen? Is my passie vír of téén sekere dinge in die lewe, of dalk selfs in die kerk, gedryf deur ’n passie om God te eer? Ek kan nie my eie eer of die eer van die mens bo God se eer plaas nie.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, hierdie dinge is soms baie moeilik en ons word elke dag uitgedaag met allerhande nuwe algemeen-aanvaarde waardes. Die mens word dikwels as die middelpunt van alles geplaas en soms gaan dit meer oor die eer van die mens as oor U eer. U Woord is tog duidelik oor baie dinge en ons kan nie daarvan wegskram nie. Tog is daar ook ander dinge waaroor ons wonder. Skenk U, Heilige Gees, aan ons die onderskeidingsvermoë om reg te kies en reg op te tree. Mag my lewe tot U eer alleen wees. Here Jesus, laat my u voorbeeld navolg. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟭𝟭-𝟭𝟰 – 𝐄𝐞𝐧 𝐯𝐚𝐧 𝐝𝐢𝐞 𝐯𝐢𝐧𝐧𝐢𝐠𝐬𝐭𝐞 𝐝𝐢𝐧𝐠𝐞 𝐨𝐩 𝐚𝐚𝐫𝐝𝐞 ... (Kliek hier vir die klankgreep)
Ek dink die meeste van ons wil graag ’n lang lewe hê op hierdie aarde. Ons wil graag die goeie geniet. Ons hoor gereeld en dink seker ook gereeld: “Jy lewe net een keer: Maak die beste daarvan!” Nou ja, eintlik weet ons dat dit nie regtig so is nie. Ons lewe vir altyd... Maar... ons lewe wel net een keer op hierdie aarde. Dus móét ons die beste daarvan maak. Ons moet die lewe geniet en ons moet die goeie geniet. Tog weet ons ook dat alles in ’n oogwink kan verander. Soms gebeur daar iets wat alles verander en soms is ons self ook verantwoordelik vir daardie “iets”. As ons nie let op wat ons sê en doen nie, kan alles so gou sleg word.
Wanneer ons onsself in die moeilikheid inpraat met leuens en skinderstories en stertjies, is dit een van die gouste maniere om dinge skielik vir onsself te verander. Petrus waarsku:
“¹⁰𝐷𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑟𝑦𝑤𝑒:
“𝐴𝑠 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑛 '𝑛 𝑙𝑎𝑛𝑔 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑒𝑒𝑟 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑡𝑒 𝑔𝑒𝑛𝑖𝑒𝑡, 𝑚𝑜𝑒𝑡 ℎ𝑦 𝑠𝑦 𝑡𝑜𝑛𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑟ℎ𝑜𝑢 𝑣𝑎𝑛 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑𝑝𝑟𝑎𝑎𝑡 𝑒𝑛 𝑠𝑦 𝑙𝑖𝑝𝑝𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑙𝑒𝑢𝑒𝑛𝑠.
¹¹𝐵𝑙𝑦 𝑤𝑒𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑 𝑎𝑓 𝑒𝑛 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑖𝑠, 𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑣𝑟𝑒𝑑𝑒 𝑒𝑛 𝑗𝑎𝑎𝑔 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑎!
¹²𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑠𝑜𝑟𝑔 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑝𝑟𝑒𝑔𝑡𝑒𝑠 𝑒𝑛 𝑙𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟 𝑛𝑎 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑢𝑙𝑝𝑔𝑒𝑟𝑜𝑒𝑝, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝐻𝑦 𝑡𝑟𝑒𝑒 𝑜𝑝 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒́ 𝑤𝑎𝑡 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑 𝑑𝑜𝑒𝑛.”” – 1 Petrus 3:10-12 (AFR83)
Petrus herinner ons hier, in die woorde van Psalm 34:13-17 wat hy aanhaal, dat ons altyd die waarheid moet praat. Ons moenie valse getuienis teenoor enigiemand aflê nie. Dit is tog wat kwaadpraat en leuens is, of hoe? Deur altyd eg en opreg te wees, jaag ons vrede na – eintlik sal die vrede dan vir óns vind. Wanneer ons niks verkeerde woorde of dade het om onsself van te verdedig nie, is dit ware vrede op aarde vir ons. Dan gee dit ons geleentheid om die goeie te geniet. Dan kan ons die sorg van die Here ervaar en geniet. Dan sal ons ervaar hoe die Here in ons hulpgeroep Sy aangesig oor ons laat skyn.
Dikwels, wanneer ons in die moeilikheid is of wanneer ons dalk nie van iemand hou nie, is dit maklik vir ons om in die versoeking te kom om leuens te vertel oor daardie persoon. Om een of ander rede dink ons dat ons leuens die ander persoon in ’n slegte lig sal plaas, maar al wat dit eintlik doen, is om onsself in ’n slegte lig te plaas.
’n Leuen is een van die vinnigste, verwoestendste dinge op aarde: dit versprei vinniger en erger as ’n veldbrand, rig ontsettend baie skade aan en, as dit om ’n baan moes hardloop, sou dit só vinnig wees dat dit dit sélf sou inhaal... Ja, ’n leuen word altyd – een of ander tyd – uitgevang, en dan is dit ’n kwessie van “slim vang sy baas”...
Moet dus nie meegesleur word met die stroom van slegte praatjies en beledigings en ge-klaery nie. Die Here sal wel optree teen dié wat kwaad doen – in hierdie lewe of die lewe hierna. Doen wat goed is. Jaag vrede na! Vind jou vrede in die teenwoordigheid van die Almagtige God wat jou oneindig baie lief het. Mag jy ’n lang lewe en die goeie van die lewe geniet!
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Met watter geselskap hou ek myself op? Versprei ek dalk leuens of is ek deel van slegte praatjies? As ek hou by die waarheid, is dit die eenvoudiger, makliker oplossing om myself te verdedig, want die waarheid doen dit self. Leuens bring onnodige stres. Die waarheid bring vrede.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here Jesus, U is die Waarheid. Mag ek in U ook ’n opregte, eerlike lewe lei. Mag ek my nie deel maak skinderstories, leuens en kwaadpratery nie. Mag ek alles wat goed is doen en mag ek wegbly van die kwaad. Mag ek opreg wees, sodat U my tot hulp sal kom in my hulpgeroep. Laat my u vrede soek en dit najaag. Laat my lewe tot U eer. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟭𝟭-𝟭𝟮 – “𝑾𝒂𝒂𝒓 𝒅𝒊𝒆 𝒌𝒂𝒓𝒌𝒂𝒔 𝒍𝒆̂, 𝒅𝒂𝒂𝒓 𝒔𝒂𝒍 𝒅𝒊𝒆 𝒂𝒂𝒔𝒗𝒐𝒆̈𝒍𝒔 𝒐𝒐𝒌 𝒗𝒆𝒓𝒔𝒂𝒎𝒆𝒍.” (Kliek hier vir die klankgreep)
Die Fariseërs, wat heeltyd daarop uit was om Jesus verkeerd te bewys en iets te soek om Hom te veroordeel, vra Hom op ’n keer wanneer die koninkryk van God sal kom. Ons lees die beskrywendste weergawe daarvan in Lukas 17:20-37. Wat Jesus egter vir hulle probeer sê, is dat hulle (en ons) elke oomblik reg moet wees. Jesus begin deur vir hulle te sê: “²⁰...𝐷𝑖𝑒 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑘𝑟𝑦𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑢𝑖𝑑𝑒𝑙𝑖𝑘 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑛𝑒𝑒𝑚𝑏𝑎𝑟𝑒 𝑡𝑒𝑘𝑒𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒. ²¹𝑀𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑒̂, ‘𝐾𝑦𝑘, ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑡!’ 𝑜𝑓 ‘𝐷𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑡!’ 𝑛𝑖𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑘𝑦𝑘, 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑘𝑟𝑦𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠 𝑖𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑖𝑑𝑑𝑒.” (Lukas 17:20b-21 AFR20). Jesus sê dan vêrder dat daar mense sal kom wat gaan sê “Kyk daar!” of “Kyk hier!” en so probeer om te sê dat die “tekens van die tyd” nou vervul is – Hy waarsku die dissipels dat hulle nie agter hierdie mense moet aanloop nie.
Dit klink nogal bekend, nè? Jesus gaan dan vêrder en vertel hoe een mens nog langs ’n ander sal wees en dan skielik weg is – een sal saamgeneem en een sal agtergelaat word. En só, met hierdie woorde van Jesus en ook Paulus se lering, het baie mense selfs al ’n uitgebreide leer ontwikkel oor die wegraping en hoe ons die tekens sal sien... Tog begin Jesus met die woorde dat daar nié duidelik waarneembare tekens sal wees nie.
Wat Jesus eintlik vir die mense wou leer, is dat die koninkryk van God reeds gekom het in Hom, die Seun van die Mens, maar dat mense soos die Fariseërs dit nie wou glo nie. Wat Jesus dan vêrder verduidelik is dat die koninkryk van God in sy volheid sal kom met die wederkoms. Die dissipels, net so gefrustreerd soos die Fariseërs oor hulle nie ’n tyd daarvoor kon kry en duidelike tekens nie, vra dan vir Jesus in vers 37: “𝑊𝑎𝑎𝑟, 𝐻𝑒𝑟𝑒?”
Is dit nie maar ons menslike manier nie? As ons nie een antwoord kry waaroor ons gelukkig is nie, dan vra ons eerder ’n ander vraag. Ons probeer iets uit iemand kry, al wil die persoon nie regtig vir ons méér sê nie. Jesus probeer die mense leer dat hulle moet glo in Hom en dat hulle elke dag gereed moet wees. Jesus sê vir die mense: “My koms is altyd naby!”
Nietemin, hulle probeer nogsteeds meer inligting kry... “𝑊𝑎𝑎𝑟, 𝐻𝑒𝑟𝑒?”, vra hulle. Dan antwoord Jesus met ’n vreemde antwoord. Hy sê vir hulle: “𝑊𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑎𝑟𝑘𝑎𝑠 𝑙𝑒̂, 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑠𝑣𝑜𝑒̈𝑙𝑠 𝑜𝑜𝑘 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑎𝑚𝑒𝑙.” (Lukas 17:37b AFR20) Wat op dees aarde kon Jesus hiermee bedoel?
As ons die woorde letterlik verstaan, beteken dit dalk dat Jesus sal terugkeer op ’n plek waar daar groot doodslag is. Dan maak sommige wederkoms voorspellings en wegraping teorieë dalk sin en kan profesieë soos in Sagaria 14:1-5 en Openbaring 19:11-21 van sprake wees... Maar wat van Jesus se woorde in Lukas 17:24 (AFR20) dan? Daar staan: “²⁴𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑠𝑜𝑜𝑠 '𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑔𝑠𝑡𝑟𝑎𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑒𝑛 𝑘𝑎𝑛𝑡 𝑎𝑓 𝑡𝑜𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑘𝑎𝑛𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑖𝑔, 𝑠𝑜́ 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑀𝑒𝑛𝑠 𝑜𝑝 𝑠𝑦 𝑑𝑎𝑔 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑘𝑦𝑛.”
Sjoe, hierdie dinge maak my kop plat... Miskien is dit nie vir ons om te verstaan waar en wanneer nie. Miskien moet ons ook eerder luister na wat Jesus herhaaldelik geleer het: Ons moet altyd gereed wees.
Die wêreld loop oor van ongeregtigheid en dood is deel daarvan. Mense hou daarvan om ander te veroordeel en een mens sal selfs ander mense se ondergang uitbuit. Soos ’n aasvoël... Mense drom saam om die hopeloosheid van situasies en verbly hulle selfs in ander se ondergang. Miskien is dit wat Jesus bedoel het? Miskien het Hy probeer sê dat al hierdie dinge sal gebeur wanneer die wêreld so sleg geword het dat mense só is... Maar dit is nog altyd só...
Ek weet vandag se boodskap is baie deurmekaar en verwarrend, maar die vraag is: Gaan jy opkyk en uitsien na die koms van Jesus? Of gaan jy saamdrom om die hopeloosheid van ’n lewe sonder Hom?
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Dink ek gereeld genoeg oor Jesus se wederkoms? Besef ek dat ek nie bekommerd hoef te wees oor die wanneer, waar of hoe nie? Jesus kom vir seker weer. Ek moet gereed wees. Ek moet leef in die nuwe lewe, in- en deur Hom.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Hemelse Vader, maak my hart gereed vir die tyd van Jesus se wederkoms. Laat my elke dag ’n passie hê om vir U en u koninkryk te leef – asof dit my laaste dag is. Maak my gereed vir die koms van my Here. In Jesus se Naam, bid ons dit. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟭𝟭-𝟭𝟭 – 🆃🆈🅳 🅸🆂 🅼🅸🅽 ... (Kliek hier vir die klankgreep)
Omdat mense geneig is om dinge as vanselfsprekend te aanvaar, leef so baie elke dag sonder om agter te kom hoe intiem God betrokke is in hulle lewens en die wêreld. Veral in die stede waar alles gejaagd is en elke dag gaan oor hoeveel meer ons kan bymekaarmaak, sien mense dikwels nie eers raak hoe God sorg vir die natuur, die diere en die mens nie. Ons leef so vinnig en “tyd is min”. Ons het gister gehoor van Romeine 1 en 2 dat niemand eintlik ’n verskoning het om te sê dat hulle nie geweet het van God nie, want, eerstens openbaar die Here Homself in die grootheid van die Skepping en, tweedens, is daar in elkeen van ons harte die kennis geplaas om te weet wat reg en verkeerd is.
As ons terugkyk na hoe die laaste paar millennia verloop het, sien ons so ietsie raak van God se beplanning. Met tegnologie wat die pas van die lewe aansienlik versnel het en die wêreld aansienlik kleiner gemaak het, is die mens nogal vinnig geneig om ook aan God te dink kleiner as wat Hy is. Daarom het Jesus sy kerk gestig en daarom is dit die kerk se werk om voluit vir Hom te leef en aan te hou verkondig van God se grootheid, krag, majesteit, liefde en genade. Want, dié wat glo in Jesus Christus, sien uit na sy wederkoms – wanneer ons vir ewig met Hom sal wees in die hemel. Maar... die wat nie glo nie... Ai...
Paulus skryf in sy tweede brief aan die Thessalonisense:
“³𝑆𝑜𝑜𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑔𝑒𝑝𝑎𝑠 𝑖𝑠, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝐺𝑜𝑑 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑜𝑜𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑛𝑘, 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑢𝑖𝑡𝑒𝑟𝑚𝑎𝑡𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑒𝑖, 𝑒𝑛 𝑒𝑒𝑛 𝑒𝑛 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑡𝑜𝑒𝑛𝑒𝑒𝑚. ⁴𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑠𝑝𝑜𝑔 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑝 𝑜𝑛𝑠 𝑏𝑒𝑢𝑟𝑡 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 •𝑔𝑒𝑚𝑒𝑒𝑛𝑡𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑜𝑜𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑜𝑙ℎ𝑎𝑟𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓𝑠𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑜𝑢𝑒, 𝑡𝑒 𝑚𝑖𝑑𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑜𝑙𝑔𝑖𝑛𝑔 𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑟𝑢𝑘𝑘𝑖𝑛𝑔 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑢𝑢𝑟. ⁵𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 '𝑛 𝑏𝑒𝑤𝑦𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑔 𝑔𝑒𝑎𝑔 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 •𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑘𝑟𝑦𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑, 𝑡𝑒𝑟 𝑤𝑖𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑜𝑘 𝑙𝑦. ⁶𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑑𝑎𝑎𝑑 𝑣𝑖𝑟 𝐺𝑜𝑑 𝑟𝑒𝑔 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒𝑔𝑒𝑛𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑟𝑢𝑘, 𝑚𝑒𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑟𝑢𝑘𝑘𝑖𝑛𝑔 𝑡𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑙𝑑, ⁷𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑖𝑔𝑡𝑖𝑛𝑔 𝑡𝑒 𝑔𝑒𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑟𝑢𝑘 𝑤𝑜𝑟𝑑. 𝐻𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑡 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑝𝑒𝑛𝑏𝑎𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑠𝑦 𝑚𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔𝑒 𝑒𝑛𝑔𝑒𝑙𝑒, ⁸𝑖𝑛 '𝑛 𝑣𝑢𝑢𝑟𝑣𝑙𝑎𝑚, 𝑡𝑒𝑟𝑤𝑦𝑙 𝐻𝑦 𝑤𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑢𝑖𝑡𝑜𝑒𝑓𝑒𝑛 𝑜𝑝 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑒𝑟𝑘𝑒𝑛, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑣𝑎𝑛𝑔𝑒𝑙𝑖𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑛𝑖𝑒. ⁹𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑟𝑎𝑓 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑚𝑒𝑡 𝑒𝑤𝑖𝑔𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑛𝑖𝑒𝑡𝑖𝑔𝑖𝑛𝑔, 𝑤𝑒𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑠𝑖𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑒𝑛 𝑠𝑦 𝑚𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔𝑒 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑. ¹⁰𝐷𝑖𝑡 𝑠𝑎𝑙 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑢𝑟 𝑜𝑝 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝐻𝑦 𝑘𝑜𝑚 𝑜𝑚 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑠𝑦 •ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑒𝑠 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘 𝑡𝑒 𝑤𝑜𝑟𝑑 – 𝑗𝑎, 𝑜𝑚 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑤𝑖𝑔𝑒𝑠 𝑏𝑒𝑤𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑡𝑒 𝑤𝑜𝑟𝑑 – 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑔𝑒𝑡𝑢𝑖𝑒𝑛𝑖𝑠 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑜𝑜𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑔𝑙𝑜 𝑖𝑠. ¹¹𝑀𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑔 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑜𝑝 𝑏𝑖𝑑 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑜𝑘 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝐺𝑜𝑑 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑜𝑒𝑝𝑖𝑛𝑔 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑔 𝑠𝑎𝑙 𝑎𝑔, 𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑠𝑦 𝑘𝑟𝑎𝑔 𝑎𝑙 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑒𝑒𝑟𝑡𝑒𝑠 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓𝑠𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑡𝑒𝑛 𝑣𝑜𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑒𝑠𝑒𝑛𝑙𝑖𝑘, ¹²𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑜𝑝 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑛𝑎𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝐺𝑜𝑑 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠.” – 2 Thessalonisense 1:3-12 (AFR20)
Hoe word daar oor ons gepraat? Verstaan ons dat Jesus se kerk moet voortgaan om aan mense te vertel van hoe groot ons God is? Ons moet God se liefde wys – in die kerk en ook in die wêreld. God het geweet dat die wêreld so verskriklik besig sal raak en daarom het Sy Seun, Jesus Christus, gekom om ons vrede te gee. Jesus het gekom, sodat ons nie sal vergeet hoe groot God is nie. In Jesus Christus, is God se liefde en genade gewys vir die wêreld. Al sien sommige mense nie meer dit raak in die Skepping nie, is die kerk daar. Ja, soms is dit nie eers in die kerk sigbaar nie, maar wees jy anders. Wees jy die kerk wat Jesus beplan het.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek moet ook, soos Paulus, bid vir my mede-gelowiges en die kerk. Dinge is soms moeilik as God se kerk, maar dit is sy kerk en Hy is in beheer. Ek moet God se liefde wys waar mense dit nie meer kan raaksien nie. Ek het tyd, genoeg tyd.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Hemelse Vader, die wêreld is baie gejaagd en mense weet van U, maar kies om nie meer na U te kom nie. Help my om anders te wees. Help my om gehoorsaam te wees aan die evangelie van ons Here Jesus. Mag u kerk streef daarna om goeie begeertes en geloofsdade tot u eer na te jaag en mag dit ons ook ten volle verwesenlik. Here Jesus mag u Naam verheerlik word. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟭𝟭-𝟭𝟬 – 🅷🅴🆃 🅹🆈 🅶🅴🆆🅴🅴🆃 ? ... (Kliek hier vir die klankgreep)
Ek onthou toe ek klein was, het ons gereeld met ’n paar los sente borrelgom gekoop. Maar nie enige borrelgom nie... Chappies. Hoekom Chappies? Want in die papiertjie waarin dit gekom het, was daar allerhande algemene kennis feite gewees. Dit was in die vorm van vrae gewees: “Het jy geweet?...” of “Did you know?...” So het ons Chappies gekoop en mekaar die vrae gevra en sodoende ook ons algemene kennis opgeskerp. Dit was natuurlik lank voor die dae van die internet en Google gewees. Sekere van die feite was algemeen bekend gewees, maar ander was nogal verbasend. Die feit bly staan: as jy Chappies gekou het, kon jy nie sê dat jy “nie geweet het nie”.
Vandag het ons meer tegnologie as wat eintlik goed is vir ons. Jongmense is amper permanent op hul slimfone besig om te gesels en, wat hulle dink “kennis” is, te kry op die internet. Ek self kan nie eers onthou wanneer laas ek ’n fisiese Bybel oopgemaak het nie, want ek het die Griekse, Hebreeuse, verskeie Engelse en Afrikaanse, Hollandse, Duitse, Franse en nog ander vertalings Bybels op my rekenaar en slimfoon. Dis gemaklik en wonderlik dat ons dit so beskikbaar het... Net jammer dat dit ook die verskoning geword het vir baie mense.
Sien, baie mense het die Bybel vandag heeltyd by hulle, maar dis soos om miljoene rande te besit, maar jy bêre dit onder jou matras. Jy vertel dalk vir almal dat jy skatryk is, maar omdat jy bang is iemand steel jou geld, steek jy dit weg en gebruik jy dit nie eers nie. Of jy vertel nie eers vir iemand daarvan nie, want netnou wil hulle ook daarvan hê... Geloof en kennis van God is net so... As jy dit het en jy maak niks daarmee nie, help dit jou niks.
Wat geloof en kennis van God anders maak, is dat almal geloof kan hê, maar almal het eintlik reeds kennis van God. Hoor wat se Paulus:
“¹⁸𝐷𝑖𝑒 𝑡𝑜𝑜𝑟𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑣𝑎𝑛𝑎𝑓 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑔𝑒𝑜𝑝𝑒𝑛𝑏𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑜𝑟 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑑𝑑𝑒𝑙𝑜𝑜𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑔𝑒𝑟𝑒𝑔𝑡𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑜𝑙ℎ𝑜𝑢 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑜𝑛𝑔𝑒𝑟𝑒𝑔𝑡𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑡𝑒 𝑝𝑟𝑜𝑏𝑒𝑒𝑟 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑑𝑟𝑢𝑘, ¹⁹𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑛𝑑 𝑖𝑠. 𝐺𝑜𝑑 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑛𝑑 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘. ²⁰𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑠𝑦 𝑜𝑛𝑠𝑖𝑔𝑏𝑎𝑟𝑒 𝑒𝑖𝑒𝑛𝑠𝑘𝑎𝑝𝑝𝑒, 𝑛𝑎𝑎𝑚𝑙𝑖𝑘 𝑠𝑦 𝑒𝑤𝑖𝑔𝑒 𝑘𝑟𝑎𝑔 𝑒𝑛 𝑔𝑜𝑑𝑑𝑒𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑘𝑒𝑝𝑝𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑎𝑓 𝑖𝑛 𝑠𝑦 𝑤𝑒𝑟𝑘𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑟𝑦𝑝 𝑒𝑛 𝑖𝑠 𝑑𝑢𝑖𝑑𝑒𝑙𝑖𝑘 𝑠𝑖𝑔𝑏𝑎𝑎𝑟. 𝐺𝑒𝑣𝑜𝑙𝑔𝑙𝑖𝑘 𝑖𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑣𝑒𝑟𝑜𝑛𝑡𝑠𝑘𝑢𝑙𝑑𝑖𝑔𝑖𝑛𝑔; ²¹𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑎𝑙ℎ𝑜𝑒𝑤𝑒𝑙 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝐺𝑜𝑑 𝑘𝑒𝑛, ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝐻𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑠 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑒̈𝑒𝑟 𝑜𝑓 𝑔𝑒𝑑𝑎𝑛𝑘 𝑛𝑖𝑒. 𝐼𝑛𝑡𝑒𝑒𝑛𝑑𝑒𝑒𝑙, ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑒𝑛𝑘𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑠𝑖𝑛𝑙𝑜𝑜𝑠 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑛𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡𝑒 𝑖𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟. ²²𝐴𝑙ℎ𝑜𝑒𝑤𝑒𝑙 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑦𝑠 𝑖𝑠, ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑤𝑎𝑎𝑠 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑟𝑑. ²³𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑎𝑎𝑚𝑙𝑖𝑘 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑠𝑡𝑒𝑟𝑓𝑙𝑖𝑘𝑒 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑟𝑢𝑖𝑙 𝑣𝑖𝑟 '𝑛 𝑎𝑓𝑏𝑒𝑒𝑙𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑑𝑖𝑒́ 𝑣𝑎𝑛 '𝑛 𝑠𝑡𝑒𝑟𝑓𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑒𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑣𝑜𝑒̈𝑙𝑠 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑒𝑟𝑣𝑜𝑒𝑡𝑖𝑔𝑒 𝑒𝑛 𝑘𝑟𝑢𝑖𝑝𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑑𝑖𝑒𝑟𝑒. ²⁴𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑚𝑖𝑑𝑑𝑒𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑒𝑒𝑟𝑡𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑟𝑒𝑖𝑛ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑛𝑎𝑎𝑚𝑙𝑖𝑘 𝑜𝑚 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑖𝑔𝑔𝑎𝑚𝑒 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑡𝑒 𝑜𝑛𝑡𝑒𝑒𝑟 ²⁵– ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑢𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑟𝑢𝑖𝑙 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑎𝑝𝑒 𝑤𝑒𝑠𝑒𝑛𝑠 𝑎𝑎𝑛𝑏𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑑𝑖𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑖𝑛 𝑝𝑙𝑎𝑎𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑘𝑒𝑝𝑝𝑒𝑟, 𝑤𝑎𝑡 𝑡𝑜𝑡 𝑖𝑛 𝑒𝑤𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑙𝑜𝑓𝑤𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑔 𝑖𝑠. 𝐴𝑚𝑒𝑛.” – Romeine 1:18-25 (AFR20)
Net in die volgende hoofstuk, sê Paulus ook dat die wet in die harte van mense geskryf is – al het hulle nie die wet ontvang nie (Rom. 2:12-16). Niemand kan dus eendag sê: “Ek het nie geweet nie”. Kyk maar net na die skepping, sê Paulus. Dink maar mooi oor wat jy sê en doen, want in jou binneste weet jy tog wat goed en sleg, reg en verkeerd is.
Die Bybel is soos duisende Chappies papiertjies vir ons geloof. Elke keer as jy dit lees, ontdek jy weer ’n nuwe feit. Elke keer as jy dit oopmaak en begin lees en toelaat dat dit jou as mens ook lees, sê God vir jou: “Het jy geweet?...” En elke keer kom sê God deur nuwe feite, kennis en oortuigings weer vir jou: “Jy is my kind. Ek is jou God en Ek is lief vir jou. Jy móét dit weet!”
𝑯𝒆𝒕 𝒋𝒚 𝒈𝒆𝒘𝒆𝒆𝒕?... 𝑱𝒂, 𝒋𝒚 𝒘𝒆𝒆𝒕!...
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek weet wat reg en verkeerd is. As ek wel wonder daaroor en dalk twyfel, kan ek enige tyd by God daaroor uitvind. As ek die Here beter ken, sal ek sy hart ken en leef volgens sy wil.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Almagtige God en Vader, die skepping getuig van u grootheid en u majesteit. U het U nog altyd op soveel maniere aan die mens geopenbaar en die grootste, duidelikste manier was in U Seun, Jesus Christus, ons Here. Dankie dat ek dit kan weet. Dankie dat ek dit kan glo. Laat my getuig van u grootheid en laat my leef in die kennis en oortuiging dat U my red. Tot u eer. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟭𝟭-𝟬𝟵 – 🆅🅾🅻🅼🅰🅶 🆅🅰🅽 🅳🅸🅴 🆂🅴🆄🅽. (Kliek hier vir die klankgreep)
Dikwels verstaan ons nie heeltemal hoe die lewe werk nie. Soms is dinge mooi en goed en ander dae is alles skeef en krom. In ons geloofslewe voel dit ook gereeld só. Een dag voel ons baie na aan God en die volgende dag is ons sommer negatief, terneergedruk en voel ons ons gewete kla ons te maklik en te veel aan. Dan kry ons selfs ook die dae wanneer ons begin dink dat ons nie werklik gered is nie en dat daar vir ons ’n ewige dood wag...
Nadat Jesus ’n man wat agt-en-dertig jaar verlam was genees op die Sabbat, vat ’n klomp van die Jode Hom aan oor die genesing op die Sabbat, maar nog erger, Jesus het Homself gelykgestel aan die Vader en vir die Jode – wat nie verstaan het Wie Jesus is nie – was dit Godslasterlik. Ons lees vêrder in Johannes 5:19-29 (AFR20):
“¹⁹𝐻𝑖𝑒𝑟𝑜𝑝 ℎ𝑒𝑡 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐴𝑚𝑒𝑛, 𝑎𝑚𝑒𝑛, 𝐸𝑘 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒: 𝐷𝑖𝑒 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑘𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑘𝑠 𝑢𝑖𝑡 𝑠𝑦 𝑒𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑏𝑒ℎ𝑎𝑙𝑤𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑜𝑒𝑛; 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑜𝑜𝑘 𝑎𝑙 𝑑𝑜𝑒𝑛, 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑛𝑒𝑡 𝑠𝑜. ²⁰𝐷𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 ℎ𝑒𝑡 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑙𝑖𝑒𝑓 𝑒𝑛 𝑤𝑦𝑠 𝐻𝑜𝑚 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑑𝑜𝑒𝑛; 𝑒𝑛 𝐻𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝐻𝑜𝑚 𝑔𝑟𝑜𝑡𝑒𝑟 𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑤𝑦𝑠, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑑 𝑠𝑎𝑙 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛. ²¹𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑖𝑒𝑠 𝑜𝑝𝑤𝑒𝑘 𝑒𝑛 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑 𝑚𝑎𝑎𝑘, 𝑠𝑜 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑜𝑜𝑘 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑 𝑤𝑖𝑒 𝐻𝑦 𝑤𝑖𝑙. ²²𝐷𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑜𝑜𝑘 𝑛𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑜𝑜𝑟𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒, ²³𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑘𝑎𝑛 𝑒𝑒𝑟 𝑛𝑒𝑡 𝑠𝑜𝑜𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑒𝑒𝑟. 𝑊𝑖𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑒𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒. ²⁴𝐴𝑚𝑒𝑛, 𝑎𝑚𝑒𝑛, 𝐸𝑘 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒: 𝑊𝑖𝑒 𝑚𝑦 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 ℎ𝑜𝑜𝑟 𝑒𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑔𝑙𝑜 𝑤𝑎𝑡 𝑀𝑦 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟 ℎ𝑒𝑡, ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑤𝑖𝑔𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑜𝑚 𝑖𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑔𝑒𝑔𝑎𝑎𝑛. ²⁵𝐴𝑚𝑒𝑛, 𝑎𝑚𝑒𝑛, 𝐸𝑘 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒: 𝐷𝑎𝑎𝑟 𝑘𝑜𝑚 '𝑛 𝑡𝑦𝑑, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑛𝑜𝑢, 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑖𝑒𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 •𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑜𝑜𝑟, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒́ 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑜𝑜𝑟, 𝑠𝑎𝑙 𝑙𝑒𝑤𝑒. ²⁶𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑖𝑛 𝐻𝑜𝑚𝑠𝑒𝑙𝑓 ℎ𝑒𝑡, 𝑠𝑜 ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑦 𝑑𝑖𝑡 𝑜𝑜𝑘 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒 𝑜𝑚 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑖𝑛 𝐻𝑜𝑚𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑡𝑒 ℎ𝑒̂. ²⁷𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑜𝑜𝑘 𝑣𝑜𝑙𝑚𝑎𝑔 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒 𝑜𝑚 𝑡𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑑𝑖𝑒 •𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑀𝑒𝑛𝑠 𝑖𝑠. ²⁸𝑀𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑜𝑜𝑟 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑘𝑜𝑚 '𝑛 𝑡𝑦𝑑 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑟𝑎𝑓𝑡𝑒 𝑠𝑦 𝑠𝑡𝑒𝑚 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑜𝑜𝑟 ²⁹𝑒𝑛 𝑠𝑎𝑙 𝑢𝑖𝑡𝑘𝑜𝑚, 𝑑𝑖𝑒́ 𝑤𝑎𝑡 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑔𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡, 𝑡𝑜𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑝𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒́ 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑒𝑒𝑟𝑑 𝑔𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡, 𝑡𝑜𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑝𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔.”
Verstaan ons Wie Jesus regtig is? Verstaan ons dat Hy God is. Jesus en die Vader is een. En hul Gees leef in ons. Jesus sê dat as ons werklik besef Wie Hy is en dat alle mag – volmag – aan Hom gegee is om eendag te oordeel, sal dié wat waarlik in Hom glo en Sy Woord glo, nie hoef te vrees vir die ewige dood nie, of hoef te twyfel of hulle waarlik gered is of nie. Jesus het die lewe in Hom, soos die Vader die lewe in Hom het. Dit is die ewige lewe. Deur te glo in Jesus Christus, Seun van God en Seun van die Mens – God wat mens geword het om ons ewige dood aan ’n kruis op Hom te neem – is die lewe in ons vir ewig.
Dit beteken natuurlik nie dat ons maar kan leef soos ons wil en aanhou sondig nie. Nee, onthou: Jesus het die woord van die Vader vir ons gebring, sodat ons gered kan word en Jesus sê: “²⁴𝐴𝑚𝑒𝑛, 𝑎𝑚𝑒𝑛, 𝐸𝑘 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒: 𝑊𝑖𝑒 𝑚𝑦 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 ℎ𝑜𝑜𝑟 𝑒𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑔𝑙𝑜 𝑤𝑎𝑡 𝑀𝑦 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟 ℎ𝑒𝑡, ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑤𝑖𝑔𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑜𝑚 𝑖𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑔𝑒𝑔𝑎𝑎𝑛.” (Joh. 5:24 AFR20)
Luister na wat Jesus sê en glo Hom, want dit is die Woord van God die Vader. Leef soos Hy vra en leef in God se genade.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Jesus het die lewe. Die lewe is in my, want ek glo deur die Gees wat in my woon.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Almagtige God en Vader, dankie dat U U Seun gestuur het om die ewige dood te oorwin en vir my die lewe te gee. Heilige Gees, lei my en regeer U oor my nuwe lewe. Laat my nie twyfel in die ewige lewe nie. Laat my gehoorsaam wees aan Jesus se opdragte wat Hy van die Vader aan ons kom gee het. Here Jesus U het volmag oor lewe en dood. Voer u volmag uit oor my lewe en laat my lewe in dankbaarheid – gehoorsaam aan U en in u diens. Tot eer en verheerliking van God die Vader. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟭𝟭-𝟬𝟴 – 🆆🅴🅴🆂 🅱🅻🆈 🅾🅾🆁 🆂🆆🅰🅺🅷🅴🅳🅴 ... ? (Kliek hier vir die klankgreep)
In die nuwe lewe wat ons vind in Jesus Christus, is dit vir seker nie net maanskyn en rose nie. Inteendeel, Christene ervaar dikwels méér opdraandes as afdraandes wanneer hulle begin om heelhartig vir die Here te lewe. Ons weet dat Jesus die bron van die nuwe lewe in ons harte is en dat, wanneer Hy ons harte bewaak en die Heilige Gees ons lei, is dit makliker om alledaagse uitdagings vierkantig in die oë te kyk, maar soms sukkel ons nog met swakhede van ons mensheid. Wat maak ons dan met die skuldgevoelens en selfhaat wat intree? Hoe staan ons sterk as ons swak is?
Sien, wanneer ons besef dat God ons gered het, is dit maklik om verkeerdelik te wil roem daarin dat óns ’n besluit geneem het om gered te wees – so asof óns dit bewerk het. Dan tree menslike hoogmoed gou weer in en raak ons effe arrogant as dit kom by uitdagings en versoekings... Paulus het al te goed geweet waaroor dit gaan... Hy skryf:
“⁵... 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑝 𝑚𝑦𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑠𝑎𝑙 𝑒𝑘 𝑚𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑟𝑜𝑒𝑚 𝑛𝑖𝑒, 𝑏𝑒ℎ𝑎𝑙𝑤𝑒 𝑜𝑜𝑟 𝑚𝑦 𝑠𝑤𝑎𝑘ℎ𝑒𝑑𝑒. ⁶𝐴𝑠 𝑒𝑘 𝑚𝑦 𝑤𝑒𝑙 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑜𝑝 𝑤𝑖𝑙 𝑏𝑒𝑟𝑜𝑒𝑚, 𝑠𝑎𝑙 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑤𝑎𝑎𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑒𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑝𝑟𝑎𝑎𝑡. 𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑒𝑘 𝑤𝑒𝑒𝑟ℎ𝑜𝑢 𝑚𝑦 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑣𝑎𝑛, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑎𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑡𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔 𝑎𝑠 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑦 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑜𝑓 𝑏𝑦 𝑚𝑦 ℎ𝑜𝑜𝑟 𝑛𝑖𝑒, ⁷𝑠𝑒𝑙𝑓𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑖𝑛𝑎𝑔𝑛𝑒𝑚𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑢𝑖𝑡𝑒𝑛𝑔𝑒𝑤𝑜𝑛𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑜𝑝𝑒𝑛𝑏𝑎𝑟𝑖𝑛𝑔𝑠. 𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚, 𝑜𝑚 𝑡𝑒 𝑘𝑒𝑒𝑟 𝑑𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑏𝑙𝑎𝑠𝑒 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑒𝑛 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒 ℎ𝑜𝑜𝑔𝑚𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔 𝑚𝑎𝑔 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒, 𝑖𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 '𝑛 𝑑𝑜𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑙𝑒𝑒𝑠 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒, '𝑛 𝑒𝑛𝑔𝑒𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝑆𝑎𝑡𝑎𝑛, 𝑜𝑚 𝑚𝑦 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑢𝑖𝑠 𝑡𝑒 𝑠𝑙𝑎𝑎𝑛. ⁸𝐻𝑖𝑒𝑟𝑜𝑜𝑟 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑑𝑟𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑙 𝑔𝑒𝑠𝑚𝑒𝑒𝑘 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑤𝑦𝑘. ⁹𝑀𝑎𝑎𝑟 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝑀𝑦 𝑔𝑒𝑛𝑎𝑑𝑒 𝑖𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑛𝑜𝑒𝑔, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑚𝑦 𝑘𝑟𝑎𝑔 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑖𝑛 𝑠𝑤𝑎𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑜𝑙𝑏𝑟𝑖𝑛𝑔.” 𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑠𝑎𝑙 𝑒𝑘 𝑚𝑦 𝑏𝑎𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑤𝑒𝑟 𝑜𝑝 𝑚𝑦 𝑠𝑤𝑎𝑘ℎ𝑒𝑑𝑒 𝑏𝑒𝑟𝑜𝑒𝑚, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑠𝑒 𝑘𝑟𝑎𝑔 𝑚𝑦 𝑘𝑎𝑛 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑢𝑡. ¹⁰𝑇𝑒𝑟 𝑤𝑖𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑢𝑔 𝑒𝑘 𝑚𝑦 𝑖𝑛 𝑠𝑤𝑎𝑘ℎ𝑒𝑑𝑒, 𝑏𝑒𝑙𝑒𝑑𝑖𝑔𝑖𝑛𝑔𝑠, 𝑜𝑛𝑡𝑏𝑒𝑟𝑖𝑛𝑔𝑠, 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑜𝑙𝑔𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑒𝑛 𝑏𝑒𝑛𝑜𝑢𝑑ℎ𝑒𝑑𝑒; 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑒𝑘 𝑠𝑤𝑎𝑘 𝑖𝑠, 𝑗𝑢𝑖𝑠 𝑑𝑎𝑛 𝑖𝑠 𝑒𝑘 𝑠𝑡𝑒𝑟𝑘.” – 2 Korintiërs 12:5b-10 (AFR20)
Paulus beskryf sy uitdaging – sy swakheid – as ’n “doring in sy vlees” – iets só erg dat dit vir hom was soos ’n engel van Satan wat hom met die vuis slaan. Ons weet tot vandag toe nie met sekerheid waarmee hy geworstel het nie. Tog weet ons dit is iets wat hy moontlik eers as ’n swakheid kon sien, maar toe hy begin sien dat God toelaat dat hierdie “doring in sy vlees” bly, dit iets was wat hom (Paulus) herinner het dat hy maar eintlik altyd ’n swak en sondige mens sal wees en dat hy, juis daaroor, altyd herinner word aan sy totale afhanklikheid van God se genade.
Hoeveel keer bid ons nie ook dat die Here vir ons iets makliker moet maak nie? Dat Hy ons moet verlos van moeilike omstandighede of dreigende gevaar? Dat Hy “iets” net moet “wegvat” uit ons lewens? Ons wil tog nie slagoffers wees nie. Niemand hou van ’n “smartvraat” nie. Ons wil eerder vertel van ons oorwinnings en fokus op ons sterkpunte. Positiewe denke... Maar natuurlik! Dit is normaal en dit laat ons vir seker beter voel oor onsself en ons lewe, maar wat Paulus hier beet het, is ook waar.
Roem op jou swakheid. Sien jou kruk as jou herinnering van God se sorg. Sien jou swakheid as herinnering en getuienis van God se genade. Christus is sterk in jou, wanneer jy swak is. Daarom sê Paulus dat hy ook sterk is as hy swak is – as gevolg van die wonderlike werk van Jesus Christus deur die Heilige Gees in hom. So is, en kan dit ook wees vir elkeen van ons. Christus se krag kom tot volle werking in ons wanneer ons swak is. Menslik maak dit glad nie sin nie, maar glo my, dit is waarlik só.
Omhels dus en roem op jou swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus. Dank die Here dat Hy jou bron van krag, hoop, liefde en genade is. Wees geduldig en wag op die uitkoms wat die Here bied – op sy manier en sy tyd. Dink mooi daaroor: Sy genade is vir jou genoeg.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
God is met my in my swaarkry. In enige swaarkry, versoeking en moeilike tye, is God altyd dieselfde: sterk, almagtig, getrou, barmhartig en genadig. Deur God se Gees in my, is ek sterk, al is ek swak.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Dankie Here Jesus, dat U U Gees gestuur het om onder en in ons te woon. Here U weet waarmee ek soms worstel in my lewe. Dankie dat U groter is as enige uitdaging, versoeking en moeilikheid. Wanneer ek swak is, laat my U lewegewende krag ervaar. Wanneer my hart swak voel, herinner my daaraan dat U my hart bewaak, sodat die nuwe lewe in U daaruit kan ontspring. Ek juig in die Here. Tot sy eer. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟭𝟭-𝟬𝟳 – 🆆🅰🆃 🅸🆂 🅸🅽 🅹🅾🆄 🅷🅰🆁🆃 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Partymaal lees ons dinge in die Bybel raak waaroor ons nogal baie wonder. Soms maak sekere van die dinge glad nie sin sonder dat ons die konteks ken en verstaan nie en soms is daar dinge wat so duidelik soos daglig is.
Ons lees ook van baie slim en wyse mense soos Salomo en dan ook van dwase mense. Gelukkig is al die woorde van die Bybel geskryf deur slim mense van hulle tyd en geïnspireer en gelei deur die Heilige Gees self, daarom kan ons die meeste van die Skrif verstaan – juis ook omdat die Gees ons daarin lei.
Lees ons die Spreuke van Salomo, byvoorbeeld, is meeste daarvan reguit en spreek dit baie wysheid in ons gedagtes en harte. Maar hoe spreek iets in jou hart? Jou hart is mos net ’n orgaan, of hoe? Salomo skryf juis ook – as ons nou fisies en logies dink daaroor:
“23𝐵𝑒𝑤𝑎𝑎𝑘 𝑗𝑜𝑢 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑎𝑠 𝑒𝑛𝑖𝑔𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑏𝑒𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑢𝑖𝑡 𝑜𝑛𝑡𝑠𝑝𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒.” – Spreuke 24:23 (AFR20)
“²³𝑊𝑒𝑒𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑎𝑙 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑖𝑔𝑡𝑖𝑔 𝑚𝑒𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑗𝑜𝑢 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑜𝑚𝑔𝑎𝑎𝑛, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑏𝑒𝑝𝑎𝑎𝑙 𝑗𝑜𝑢 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒.” – Spreuke 24:23 (AFR83)
Al sedert die tyd van die Bybel praat mense van die hart as die oorsprong van baie dinge. Ons weet vandag dat gevoelens, emosies en baie ander dinge eintlik in die brein ontstaan, maar wat Salomo hier sê, maak tog sin. Die hart is die oorsprong van die lewe. As jou hart nie klop nie, kan jy doodgaan, want die lewegewende bloed vloei nie na die res van jou liggaam toe nie.
Daarom dan ook dat ons baie keer vir iemand ons “hart” gee. Of ons praat uit die “hart”. Of ons “hart” is seer. Gevoelens beïnvloed ons hele wese en daarom kan ons sê dat ons hartseer is – al is dit eintlik ’n emosie wat ons psige aantas. Ons hele wese word daardeur geraak – ons lewe word geraak. So ook in blye gevalle.
Salomo sê ons moet ons harte bewaar, meer as alles. Ons moet onthou dat hierdie lewegewende orgaan noodsaaklik is vir ons om te bestaan. Al hierdie gevoelens en emosies wat ons elke dag ervaar, kan soms ’n negatiewe effek hê op ons hele lewe. Wat in jou hart omgaan, bepaal jou lewe. Maar ons weet dit is moeilik (eintlik onmoontlik) om sekere emosies heeltemal uit te blok. So wat maak ons? Ons vul ons harte met Jesus. Ons laat ons harte oorloop van vreugde, vrede en liefde. Ons laat die Heilige Gees die lewegewende bloed deur ons are pomp. Ons laat God toe om ons harte te regeer, die oorsprong van die lewe – God self – moet ons hele wese bepaal. Pas dus jou “hart” op. Laat God daarin woon en dit vir jou bewaar en bewaak.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
As my hart nie gevul is met Jesus nie, kan daar nie regtig lewe daaruit ontspring nie. Jesus het gesê dat Hy die Weg en die Waarheid en die Lewe is (Joh. 14:6) – ek moet my hart vir Hom gee, sodat Hy dit kan vul met lewe.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Dankie Here Jesus, dat U my bron van lewe is. Dankie dat U dié Lewe is. Wees U self ook die Bewaker van my hart. Dankie vir die nuwe lewe wat ek in U gevind het. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟭𝟭-𝟬𝟱 – 🅾🅼 🅰🅻🅻🅴🆂 🆃🅴 🆆🅴🅴🆃 ... (Kliek hier vir die klankgreep)
Deur die eeue heen word die kerk nog altyd bevraagteken. Mense sal allerhande redes uitdink om die kerk af te maak as sommer net ’n menslike instelling. Daar is selfs mense wat glo dat geloof ’n mensgemaakte ding is – iets wat ons net laat beter voel oor al die onreg in die wêreld en wat vir ons ’n valse, utopiese hoop gee. Mense is só wanhopig in die wêreld, dat hulle nie wíl glo nie. En, omdat daar deesdae mos wetenskaplike bewyse van amper alles gegee kan word, sê sommige dat daar nie wetenskaplik of geskiedkundig bewys kan word dat Jesus op aarde was nie en, as daar aanvaar word dat Hy wel op aarde was, kan daar nie bewys word dat Hy die Seun van God was / is nie.
Vir ’n gelowige is al hierdie dinge eenvoudig bog, maar vir ongelowiges of mense wat sterk beïnvloed is deur die sogenaamde “slim” mense van vandag, word die vuur aangewakker in hulle soeke na antwoorde en verduidelikings vir alles. Vir ’n gelowige is die persoonlike ervaring van Jesus in jou lewe genoeg. Ja, soms kom twyfel en soms is mense se argumente nogal goed gestel en baie oortuigend, maar as jy vashou aan die Weg en die Waarheid en die enigste Bron van Lewe (Joh. 14:6), besef jy gou dat jy nie alles hoef te verstaan of verklaar nie. God se vrede is genoeg. Hý weet alles en Hý is in beheer. Dis genoeg.
In Jesus se tyd was die mense ook agterdogtig, omdat hier skielik Iemand was wat hulle nie meer so belangrik laat lyk het nie. Iemand wat antwoorde gehad het of teenvrae gehad vir al hul slimpraatjies:
“¹𝑂𝑝 𝑒𝑒𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑜𝑝 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑘 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑒𝑚𝑝𝑒𝑙𝑡𝑒𝑟𝑟𝑒𝑖𝑛 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑟𝑖𝑔 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑣𝑎𝑛𝑔𝑒𝑙𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔 ℎ𝑒𝑡, ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑖𝑒𝑟𝑝𝑟𝑖𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟𝑠 𝑒𝑛 𝑠𝑘𝑟𝑖𝑓𝑘𝑒𝑛𝑛𝑒𝑟𝑠 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑓𝑎𝑚𝑖𝑙𝑖𝑒ℎ𝑜𝑜𝑓𝑑𝑒 𝑛𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 ²𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝐻𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑣𝑟𝑎: “𝑆𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠, 𝑜𝑝 𝑤𝑎𝑡𝑡𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑠𝑎𝑔 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑗𝑦 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒? 𝑊𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑜𝑢 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑎𝑔 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒?” ³𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑: “𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑜𝑘 '𝑛 𝑣𝑟𝑎𝑎𝑔 𝑣𝑟𝑎. 𝑆𝑒̂ 𝑀𝑦: ⁴𝑊𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑝 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑜ℎ𝑎𝑛𝑛𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙, 𝑜𝑓 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒?” ⁵𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑡𝑜𝑒 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑟𝑒𝑑𝑒𝑛𝑒𝑒𝑟: “𝐴𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑒̂, ‘𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙,’ 𝑠𝑎𝑙 𝐻𝑦 𝑠𝑒̂, ‘𝑊𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑜𝑚 𝑑𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑔𝑙𝑜 𝑛𝑖𝑒?’ ⁶𝐸𝑛 𝑎𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑒̂, ‘𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒,’ 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑘 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑡𝑒𝑛𝑖𝑔, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑜𝑟𝑡𝑢𝑖𝑔 𝑖𝑠 𝑑𝑎𝑡 𝐽𝑜ℎ𝑎𝑛𝑛𝑒𝑠 '𝑛 𝑝𝑟𝑜𝑓𝑒𝑒𝑡 𝑖𝑠.” ⁷𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑡𝑜𝑒 𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑎𝑛𝑑𝑎𝑎𝑛 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒. ⁸𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑝 𝑠𝑒̂ 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒: “𝐷𝑎𝑛 𝑠𝑒̂ 𝐸𝑘 𝑜𝑜𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑝 𝑤𝑎𝑡𝑡𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑠𝑎𝑔 𝐸𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒.”” – Lukas 20:1-8 (AFR20)
Sonder dat hierdie leierpriesters en skrifgeleerdes dit agtergekom het, was hulle besig om weer te val vir die oudste truuk van die satan... Hulle wou al weer alles weet. Hulle het antwoorde gesoek vir alles. Hulle wou alles verklaar. As Jesus tog net vir hulle ’n antwoord wou gee, dan kon hulle dit in twyfel trek, sodat húlle die argument kan wen en sodat húlle belangrik kan lyk. Hulle wou nie Jesus, God, se gesag aanvaar oor hulle lewens nie. Hulle het God se Woord gehad (die Ou Testament) wat dit duidelik stel dat daar slegs een God is en dat Jesus sou kom. Nou was Hy daar, maar hulle wou nogsteeds nie glo nie. Hulle het die boek van Prediker ook gehad wat mooi aan hulle verduidelik het dat ons moet mens wees en God sal God wees. Hulle het Job gehad wat aan hulle verduidelik dat God vêr bo ons is, so ook Jesaja. Tog was dit nie genoeg nie.
In Lukas 18:17 lees ons ook dat Jesus sê dat ons die koninkryk van God moet aanvaar soos ’n kind. Ons moet glo soos ’n kind. Kinders, gehoorsame kinders, aanvaar hul Vader se onderrig en opdragte. Hulle glo en hulle is bly oor die sorg en liefde wat aan hulle bewys word. Ja, kinders is leergierig, maar as hulle gelei word daarin deur die Waarheid, word hulle waarlik wys en is dáárdie kennis genoeg. Alles hoef nie verduidelik te word nie – dit word geglo. Die gesag van die Leermeester word aanvaar.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Soek ek soms ook te veel verduidelikings van God oor hoekom dinge gebeur en hoekom dinge sis of so is? Jesus Christus is God en Hy het volle gesag van die Vader ontvang. Hy het volle gesag in- en oor my lewe.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, soms wil ek alles weet en soms wil ek net so bietjie meer weet. Here, U weet hoe ons mense is... Ons wil partymaal ook maar net bietjie beter verstaan. Mag ek aanvaar wat in my lewe gebeur en mag ek u vrede ervaar. Laat my nogsteeds leergierig wees, maar laat my net by U leer en U Woord aanvaar as waar. Here Jesus, U is God en U het gesag oor my lewe. Vernuwe my denke deur U Gees wat in my werk. Tot u eer. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟭𝟭-𝟬𝟰 – 🆅🅴🆁🆃🅴🅻 🆅🅰🅽 🅶🅾🅳 🆂🅴 🆆🅾🅽🅳🅴🆁🅳🅰🅳🅴 ! (Kliek hier vir die klankgreep)
Die oggend het met luide gedreun begin... Donderweer! Swaar reën het begin val en op die sinkdak het dit amper geklink of dit begin om ’n ritme te vorm van een of ander groot simfonie wat ontvou. Pragtig! Wonderlik! Reën in die Wes-Transvaal... Toe lees ek ’n boodskap van my kollega en besef dat groot reën ons gemeentes se kategese uitstappie in die wiele kan ry... Ag nee! Ek begin wonder. Ek begin dink aan ander planne. Dalk uitstel? Dalk afstel? En daar is nog later vanoggend ’n roudiens en familie en vriende kom van vêr... Ons kan tog niks doen aan die reën nie... En, eintlik, wil ons nie. Vir jare was dit droog in hierdie wêreld. Ek dink net die Noord-Kaap ken erger droogte. Dankie Here vir die reën.
Ai, ons mense kla tog so maklik. Ons beplan dinge, maar God laat dinge op sy eie manier gebeur. Ons bid vir reën en God stuur dit, maar te veel. Ons is ontevrede. Ons kla nie, maar ons is nie regtig gelukkig nie. Ons bid vir wonderwerke en wanneer God dit gee, was dit nou nie juis presies soos óns dit wou hê nie. Dan kla ons maar saggies in ons binneste. Ontevrede...
Soms moet ons net stil word. Soms moet ons ’n tree terugneem en probeer, dalk net probeer, om dinge deur God se oë te sien. Ons sal nooit die groot prentjie behoorlik kan sien of verstaan nie, maar wanneer ons vir ’n oomblik in nederigheid terugstaan en besef dat God God is, gaan ons nie anders kan as om verwonderd en stomgeslaan te wees nie. God weet beter en God is goed – altyd!
Kyk ons na baie van Dawid se lofpsalms, sien ons dat hy ook nogal baie hiérvan besef het. Psalm 145 is een van daardie. Hoor wat sê die eerste 7 verse:
“𝟭𝟰𝟱¹ '𝑛 𝐿𝑜𝑓𝑙𝑖𝑒𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐷𝑎𝑤𝑖𝑑.
𝐸𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑢 𝑙𝑜𝑓 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔,
𝑚𝑦 𝐺𝑜𝑑 𝑒𝑛 𝐾𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔,
𝑒𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑢 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑙𝑜𝑜𝑓.
²𝐸𝑙𝑘𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑤𝑖𝑙 𝑒𝑘 𝑈 𝑙𝑜𝑜𝑓,
𝑒𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑢 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑝𝑟𝑦𝑠.
³𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡, 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑜𝑓 𝑘𝑜𝑚 𝐻𝑜𝑚 𝑡𝑜𝑒,
𝑠𝑦 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑖𝑠 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑢𝑟𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑𝑒𝑙𝑖𝑘.
⁴𝐺𝑒𝑠𝑙𝑎𝑔 𝑛𝑎 𝑔𝑒𝑠𝑙𝑎𝑔 𝑝𝑟𝑦𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑈 𝑑𝑜𝑒𝑛
𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑒𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝑢 𝑚𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔𝑒 𝑑𝑎𝑑𝑒,
⁵𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟, 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑢 𝑚𝑎𝑗𝑒𝑠𝑡𝑒𝑖𝑡.
𝐸𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑔𝑒𝑡𝑢𝑖𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑢 𝑚𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔𝑒 𝑑𝑎𝑑𝑒,
⁶𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑜𝑜𝑟 𝑢 𝑤𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑝𝑟𝑎𝑎𝑡.
𝐸𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝑢 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑒𝑙.
⁷𝑆𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑜𝑝ℎ𝑜𝑢 𝑚𝑜𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑢 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑔𝑜𝑒𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔
𝑒𝑛 𝑜𝑜𝑟 𝑢 𝑟𝑒𝑑𝑑𝑖𝑛𝑔𝑠𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑗𝑢𝑏𝑒𝑙.”
– Psalm 145:1-7 (AFR83)
Gaan vertel van God se grootheid. Verkondig sy wonderdade. God het deur ons Here, Sy Seun, Jesus Christus, ons gered en soos die reën wat val in die Wes-Transvaal, stort God sy seën oor ons uit.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
God is groot en groot is sy wonderdade. Ek sal getuig en aanhou vertel, sodat die wêreld ook sal weet en ook sal begin praat van die Here se grootheid en liefde.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Almagtige God, saam met Dawid wil ek vandag U loof:
“𝐸𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑢 𝑙𝑜𝑓 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔,
𝑚𝑦 𝐺𝑜𝑑 𝑒𝑛 𝐾𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔,
𝑒𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑢 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑙𝑜𝑜𝑓.
²𝐸𝑙𝑘𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑤𝑖𝑙 𝑒𝑘 𝑈 𝑙𝑜𝑜𝑓,
𝑒𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑢 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑝𝑟𝑦𝑠.
³𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡, 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑜𝑓 𝑘𝑜𝑚 𝐻𝑜𝑚 𝑡𝑜𝑒,
𝑠𝑦 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑖𝑠 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑢𝑟𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑𝑒𝑙𝑖𝑘.
⁴𝐺𝑒𝑠𝑙𝑎𝑔 𝑛𝑎 𝑔𝑒𝑠𝑙𝑎𝑔 𝑝𝑟𝑦𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑈 𝑑𝑜𝑒𝑛
𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑒𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝑢 𝑚𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔𝑒 𝑑𝑎𝑑𝑒,
⁵𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟, 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑢 𝑚𝑎𝑗𝑒𝑠𝑡𝑒𝑖𝑡.
𝐸𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑔𝑒𝑡𝑢𝑖𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑢 𝑚𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔𝑒 𝑑𝑎𝑑𝑒,
⁶𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑜𝑜𝑟 𝑢 𝑤𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑝𝑟𝑎𝑎𝑡.
𝐸𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝑢 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑒𝑙.
⁷𝑆𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑜𝑝ℎ𝑜𝑢 𝑚𝑜𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑢 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑔𝑜𝑒𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔
𝑒𝑛 𝑜𝑜𝑟 𝑢 𝑟𝑒𝑑𝑑𝑖𝑛𝑔𝑠𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑗𝑢𝑏𝑒𝑙.”
– Psalm 145:1-7 (AFR83)
Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟭𝟭-𝟬𝟯 – 🅼🅴🅴🆁 🅰🆂 🆆🅰🆃 🅹🆈 🅺🅰🅽 🅷🅰🅽🆃🅴🅴🆁 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Party dae is ’n mens nie lus vir enigiets nie. Ons voel soms heeltemal oorweldig deur alles wat gedoen moet word en ons begin dalk dink dat ons nie genoeg tyd het vir alles nie. Skielik word daar dan ook ander hooi op jou vurk gelaai en dit voel dalk of jy net nie alles kan hanteer nie. Tog weet ons dat God in alles met ons is en dat ons krag sal ontvang.
Kyk, as daar nou een iets is wat my soms onderkry, is dit as mense vir jou kom sê dat die Here jou nooit meer sal gee as wat jy kan hanteer nie... Mense neem 1 Kor. 10:13 en haal net uit wat hulle bietjie troos gee in ’n sekere situasie en verstaan dan nie regtig waaroor dit gaan nie. 1 Korintiërs 10:13 (AFR83) sê: “¹³𝐺𝑒𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑘𝑖𝑛𝑔 𝑤𝑎𝑡 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑖𝑠 𝑎𝑠 𝑤𝑎𝑡 '𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑟𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛, ℎ𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑣𝑎𝑙 𝑛𝑖𝑒. 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠 𝑔𝑒𝑡𝑟𝑜𝑢. 𝐻𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑖𝑒 𝑡𝑜𝑒𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑜 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑘𝑟𝑎𝑔𝑡𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒; 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑘𝑖𝑛𝑔 𝑘𝑜𝑚, 𝑠𝑎𝑙 𝐻𝑦 𝑜𝑜𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑘𝑜𝑚𝑠 𝑔𝑒𝑒, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑡 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑟𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛.”
Daar staan nie “God sal jou nie meer gee as wat jy kan hanteer nie”. Hierdie gedeelte in 1 Korintiërs 10 gaan oor versoekings en Paulus leer ons dat ons nie versoek sal word bo ons kragte nie – veral nie wanneer die Gees in ons woon nie! Hierdie gaan nie oor lyding of swaarkry nie. Dit gaan oor versoekings. In lyding en swaarkry is die versoeking dikwels groot dat ons nie op God sal vertrou nie en daarin kan ons dalk tot die gevolgtrekking kom dat God ons nie meer gee as wat ons kan hanteer nie, AS ons op Hom vertrou vir ons krag.
As dit swaar gaan in ons lewens, is dit moeilik om silwer rantjies op wolke raak te sien en sukkel ons om vas te hou aan hoop, maar hoor wat skryf Paulus in sy tweede brief aan die mense in Korinte:
“³𝐿𝑜𝑓𝑤𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑔 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑜𝑑 𝑒𝑛 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠, 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑏𝑎𝑟𝑚ℎ𝑎𝑟𝑡𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑚𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔𝑖𝑛𝑔! ⁴𝐻𝑦 𝑏𝑒𝑚𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔 𝑜𝑛𝑠 𝑖𝑛 𝑎𝑙 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑟𝑢𝑘𝑘𝑖𝑛𝑔𝑠, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑟ℎ𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑟𝑢𝑘𝑘𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑒𝑒𝑟, 𝑘𝑎𝑛 𝑏𝑒𝑚𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑚𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔𝑖𝑛𝑔 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑚𝑒𝑒 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝐺𝑜𝑑 𝑏𝑒𝑚𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔 𝑤𝑜𝑟𝑑; ⁵𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑛𝑒𝑡 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑠𝑒 𝑙𝑦𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑜𝑜𝑟𝑣𝑙𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔 𝑜𝑜𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑘𝑜𝑚, 𝑠𝑜 𝑖𝑠 𝑜𝑜𝑘 𝑜𝑛𝑠 𝑏𝑒𝑚𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔𝑖𝑛𝑔 𝑜𝑜𝑟𝑣𝑙𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠.” – 2 Korintiërs 1:3-5 (AFR20)
In die wêreld vandag is daar nie meer baie positiewe dinge nie – veral as ons gereeld of te veel nuus kyk! Die koerante en televisie hou daarvan om sensasie te verkoop en dít dikwels ten koste van die waarheid. Dit is moeilik vir ons om positief en bemoedig te voel. Wat nog te sê van ander te bemoedig. Vêrder, omdat ons Christene is, is die wêreld dikwels ook baie beledigend en oordelend teenoor ons.
Paulus leer ons hier dat ons moet staatmaak en vertrou op God in alle moeilikhede. God is die een wat ons altyd bemoedig. Met dieselfde bemoediging kan ons ook ander bemoedig. Die troos, vrede en hoop wat ons het in ons opgestane Here Jesus Christus, die belofte van ’n ewige lewe en die troos dat al hierdie moeilike dinge sal verbygaan en slegs tydelik is en die belofte van oorvloedige bemoediging in Christus – dít is ons bewys van die Vader se ontferming.
Vêrder skryf Paulus dan ook:
“⁸𝑊𝑎𝑛𝑡, 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠, 𝑜𝑛𝑠 𝑤𝑖𝑙 𝑛𝑖𝑒 ℎ𝑒̂ 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑘𝑢𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑟𝑢𝑘𝑘𝑖𝑛𝑔 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑖𝑛 𝐴𝑠𝑖𝑒̈ 𝑏𝑒𝑙𝑒𝑒𝑓 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒, 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑤𝑎𝑎𝑟𝑘𝑟𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑢𝑢𝑟 ℎ𝑒𝑡, 𝑣𝑒𝑟 𝑏𝑜 𝑜𝑛𝑠 𝑘𝑟𝑎𝑔𝑡𝑒 𝑤𝑎𝑠, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑒𝑙𝑓𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑔𝑒𝑤𝑎𝑛ℎ𝑜𝑜𝑝 ℎ𝑒𝑡. ⁹𝑇𝑟𝑜𝑢𝑒𝑛𝑠, 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑏𝑒𝑡𝑟𝑒𝑓, ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑎𝑙 𝑎𝑠'𝑡 𝑤𝑎𝑟𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑𝑠𝑣𝑜𝑛𝑛𝑖𝑠 𝑜𝑜𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔; 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑡 𝑤𝑎𝑠 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑝 𝑜𝑛𝑠𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑠𝑜𝑢 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑝 𝐺𝑜𝑑, 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑖𝑒𝑠 𝑜𝑝𝑤𝑒𝑘. ¹⁰𝑂𝑝 𝐻𝑜𝑚 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑢𝑖𝑡 𝑠𝑜 '𝑛 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑑𝑜𝑜𝑑𝑠𝑔𝑒𝑣𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑟𝑒𝑑 ℎ𝑒𝑡, 𝑒𝑛 𝑠𝑎𝑙 𝑟𝑒𝑑, 𝑖𝑠 𝑜𝑛𝑠 ℎ𝑜𝑜𝑝 𝑔𝑒𝑣𝑒𝑠𝑡𝑖𝑔 𝑑𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑜𝑛𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑠𝑎𝑙 𝑢𝑖𝑡𝑟𝑒𝑑. ¹¹𝐻𝑖𝑒𝑟𝑡𝑜𝑒 𝑑𝑟𝑎 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑜𝑘 𝑏𝑦 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑑𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑏𝑒𝑚𝑖𝑑𝑑𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑏𝑎𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒, 𝑛𝑎𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑎𝑛𝑘 𝑏𝑒𝑡𝑢𝑖𝑔 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑛𝑎𝑑𝑒𝑔𝑎𝑤𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠.” – 2 Korintiërs 1:8-11 (AFR20)
Moet jou dus nie vas staar teen die moeilikhede van die lewe nie. Soos die lied sê: Soek in God jou sterkte. Kry by Hom jou krag. Onthou: Christus is in jou, deur Sy Gees wat ons lei. Put uit die oorvloed van bemoediging wat daar in en deur Hom is. Vra dat ander vir jou bid. Bid vir ander. In ’n geloofsgemeenskap is daar ’n oorvloed van bemoediging.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Wie kan ek vra om vir my te bid? Vir wie kan ek bid? Ons moet mekaar bemoedig, deur God se krag en tot sy eer.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, vandag bring ek myself en my broers en susters in Christus voor U. Skenk aan ons u krag en genade. Gee dat ons versoekings sal weerstaan en dat ons nooit sal twyfel in u almag nie. Swaarkry en lyding is deel van die lewe, maar ons weet dat U ons bron van krag en hoop is. Laat ons mekaar bemoedig en mag ons sterk staan in u liefde. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟭𝟭-𝟬𝟮 – “𝑯𝒐𝒆 𝒍𝒂𝒏𝒌 𝒏𝒐𝒈, 𝑯𝒆𝒓𝒆?” (Kliek hier vir die klankgreep)
So hele klompie jare gelede is daar ’n lied vrygestel oor Habakuk 3. Dit is ’n opgewekte loflied van Willie Joubert en ons sing dit heerlik saam in die kerk. Die woorde van die lied sal jy dalk herken uit die woorde van Habakuk 3:17-19 (AFR83):
“¹⁷𝐴𝑙 𝑠𝑜𝑢 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑦𝑒𝑏𝑜𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑡 𝑛𝑖𝑒
𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑑𝑟𝑢𝑖𝑤𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑛𝑔𝑒𝑟𝑑𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒,
𝑎𝑙 𝑠𝑜𝑢 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑙𝑦𝑓𝑜𝑒𝑠 𝑚𝑖𝑠𝑙𝑢𝑘
𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑜𝑒𝑠 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒,
𝑎𝑙 𝑠𝑜𝑢 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑘𝑙𝑒𝑖𝑛𝑣𝑒𝑒 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑎𝑚𝑝𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒
𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑒𝑠𝑘𝑟𝑎𝑙𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑏𝑒𝑒𝑠𝑡𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑠,
¹⁸𝑛𝑜𝑔𝑡𝑎𝑛𝑠 𝑠𝑎𝑙 𝑒𝑘 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑗𝑢𝑏𝑒𝑙,
𝑠𝑎𝑙 𝑒𝑘 𝑗𝑢𝑖𝑔 𝑖𝑛 𝐺𝑜𝑑, 𝑚𝑦 𝑅𝑒𝑑𝑑𝑒𝑟.
¹⁹𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑚𝑦 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 𝑘𝑟𝑎𝑔.
𝐻𝑦 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑚𝑦 𝑣𝑜𝑒𝑡𝑒 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑑𝑖𝑒́ 𝑣𝑎𝑛 '𝑛 𝑟𝑖𝑏𝑏𝑜𝑘,
𝑜𝑝 ℎ𝑜𝑒̈ 𝑝𝑙𝑒𝑘𝑘𝑒 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑚𝑦 𝑣𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔 𝑙𝑜𝑜𝑝.”
Vers 19 herhaal dan as die koorgedeelte van die lied en dit is inderdaad ’n lied wat ons hoop gee en met blydskap gesing word. Lees ons egter die hele boek van Habakuk (slegs 3 hoofstukke – gaan lees dit gerus), dan kom ons agter hoe die boek begin met ’n treurlied. Habakuk is hoogs ontsteld oor die verval van die samelewing. Hy vra die vrae wat baie van ons ook deesdae vra: “Hoe lank gaan dinge nog so aanhou? Waar gaan alles eindig? Het mense geen vrees meer vir die Here nie?”
Habakuk 1 begin met die woorde:
“²𝐻𝑜𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑘 𝑛𝑜𝑔, 𝐻𝑒𝑟𝑒? 𝐸𝑘 𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑜𝑚 ℎ𝑢𝑙𝑝, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑈 𝑙𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒; 𝑒𝑘 𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑢𝑖𝑡 𝑛𝑎 𝑈, “𝑔𝑒𝑤𝑒𝑙𝑑!” 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑈 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠 𝑛𝑖𝑒?
³𝑊𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑈 𝑚𝑦 𝑜𝑛𝑟𝑒𝑔 𝑒𝑟𝑣𝑎𝑎𝑟, 𝑒𝑛 𝑙𝑒𝑒𝑑, 𝑡𝑒𝑟𝑤𝑦𝑙 𝑈 𝑡𝑜𝑒𝑘𝑦𝑘? 𝑉𝑒𝑟𝑛𝑖𝑒𝑡𝑖𝑔𝑖𝑛𝑔 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑤𝑒𝑙𝑑 𝑖𝑠 𝑟𝑒𝑔 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝑚𝑦. 𝑇𝑤𝑖𝑠 𝑜𝑛𝑡𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑒𝑛 𝑟𝑢𝑠𝑖𝑒 𝑛𝑒𝑒𝑚 𝑡𝑜𝑒.
⁴𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑠𝑦 𝑘𝑟𝑎𝑔 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑜𝑟, 𝑒𝑛 𝑡𝑟𝑒𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑒𝑔 𝑔𝑙𝑎𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑛𝑎 𝑣𝑜𝑟𝑒 𝑛𝑖𝑒; 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑜𝑑𝑑𝑒𝑙𝑜𝑠𝑒𝑠 𝑜𝑚𝑠𝑖𝑛𝑔𝑒𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔𝑒. 𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑒𝑔 𝑠𝑜 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑟𝑎𝑎𝑖𝑑.” – Habakuk 1:2-4 (AFR20)
Hoeveel van ons voel nog só oor die verval van die samelewing? Hoeveel van ons roep nog uit in frustrasie na die Here? Of het ons maar apaties geraak oor alles wat gebeur? Ek hoor mense té veel kere sê: “Ag, dit raak my nie direk nie, so hulle kan maar aangaan daarmee...” Dan is dit waarmee “hulle” aangaan dinge wat direk in stryd is met God se Woord. Dan is dit nogal Christene wat hierdie apatiese houding inneem.
Ons kan mos nie só wil wees nie. Ons kan mos nie toelaat dat sonde goedgekeur word nie. Wat van ons kinders en jongmense? Hulle word geleer dat dit reg is om verkeerde dinge te doen – en dit vorm hul waardes! Kan ons regtig net terugstaan? Kan ons net wag dat iets gebeur? Dat God ingryp? Ons kan maar gaan kyk na baie boeke in die Bybel en ons sal sien dat die profete en die priesters ook gerou het oor die verval van die samelewing. Esra het byvoorbeeld vir dae lank gevas, sy klere geskeur en gehuil oor die priesters wat God se wet oortree het.
Dit voel soms of ons onsself teen ’n muur vasloop met hierdie kwessies in die lewe, maar ons moet aanhou hoop en ons moet aanhou kla... Maar nie kla by mekaar en in mekaar se ore nie. Ons moet kla, soos Habakuk, by God.
In Habakuk se stryd, praat God met hom en bevestig dat Hy in beheer is en dat Hy op sy manier en op sy tyd alles sal oplos (Hab. 2). God gee weer hoop aan Habakuk en stel hom gerus. Dan skryf Habakuk sy gebed in hoofstuk 3 waarin hy met ontsag vir God gevul word. Hy besef dat God se oordeel uitgestel is, omdat alles op God se regte tyd sal laat gebeur. Hy besef dat God alles weet, alles sien en dat Hy sy reg sal laat geskied.
Habakuk besef dan dat God nog altyd getrou is en dat sy eie (Habakuk se) ongeduld veroorsaak het dat hy mismoedig geraak het. Wanneer hy besef God is in beheer, dan eindig hy in ’n loflied (Hab. 3:17-19).
Maak nie saak watter stryd jy dalk deurmaak nie, hou moed. God is in beheer en sy reg sal seëvier. Vertrou op Hom en sing ’n loflied. Al gaan dinge hoe sleg:
“¹⁹𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑚𝑦 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 𝑘𝑟𝑎𝑔.
𝐻𝑦 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑚𝑦 𝑣𝑜𝑒𝑡𝑒 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑑𝑖𝑒́ 𝑣𝑎𝑛 '𝑛 𝑟𝑖𝑏𝑏𝑜𝑘,
𝑜𝑝 ℎ𝑜𝑒̈ 𝑝𝑙𝑒𝑘𝑘𝑒 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑚𝑦 𝑣𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔 𝑙𝑜𝑜𝑝.”
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Raak ek nog bedroef in my siel oor die verval van die samelewing? Wat doen ek daaraan? Kla ek maar net by mense? Of dalk op sosiale media? Kla ek by God? God is in beheer. My hoop is in Hom. Ek sal my lewe ’n loflied maak vir Hom en tot sy eer.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Hoe lank nog Here? U weet tog wat aangaan in die wêreld. U weet hoe dit ons grief. Ek weet dat U ook nie gelukkig is oor al die onreg en sonde in die wêreld nie. Dankie dat ek kan weet U is getrou en alles gebeur op U tyd. Vergewe my ongeduld. Help my en wys my waar ek ’n verskil kan maak. Help my om aan te hou opstaan vir u waarheid. Laat my my vreugde vind in U en u getrouheid. Maak nie saak wat gebeur nie, ek sal in U jubel, want U is my Redder. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟭𝟭-𝟬𝟭 – 🅶🅴🅻🆄🅺🅺🅸🅶 🅸🆂 🅾🅽🆂 ... (Kliek hier vir die klankgreep)
As leraar in ’n gemeente, is daar gedurig allerhande uitdagings. Behalwe vir die pastorale sorg wat aan lidmate met groot- en klein probleme verleen moet word, is daar nog beplanning, administrasie, sendingwerk, barmhartigheidsdiens, gewone huisbesoeke, trauma hantering, preek voorbereiding, erediens beplanning, kategese, doop kategese, huwelik kategese, ring- en sinodale verpligtinge, en nog vele meer. Dan het jy nog ’n persoonlike lewe ook wat aandag kort en meer as dikwels afgeskeep word. En natuurlik is daar nogsteeds mense wat dink ’n dominee werk net op ’n Sondag...
Hoekom ek hierdie dinge noem, is omdat ek seker maar myself soms, maar gereeld ook ander leraars jammer kry. Mense verstaan nie altyd waardeur ander mense elke dag gaan nie. As daar mos nou een ding is waarmee ons mensdom goed is, is dit om ’n opinie te vorm oor ander mense. En kyk, as jy mos nou maar net een maal nie van iemand hou nie, dan laat jy almal wat jy kan daarvan weet. Jy probeer in ’n mate ander kry om jou siening te deel, sodat jy darem beter daaroor kan voel. En dit geld nou nie net vir predikante nie, maar vir almal. Mense het mos altyd ’n opinie en as jy nie een het nie, sal daar vir jou een gegee word.
Ons moet probeer om almal ’n gelyke kans te gee en om, sovêr moontlik, almal gelyk te behandel. As ons probeer om nederig en diensbaar te wees, sal mense kla. As ons ferm en streng optree, sal mense kla. As ons nie betrokke raak nie, sal mense kla. As ons vir Jesus volg en Hom dien en hou by sy gebooie en reëls, sal mense vir seker kla. Soms raak dit ’n bietjie baie en soms raak dit amper te veel... Maar dan kan ons altyd weer teruggaan na God se Woord om ons troos te kry:
“²⁰𝑇𝑜𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑦 𝑠𝑦 𝑜𝑒̈ 𝑜𝑝 𝑠𝑦 𝑑𝑖𝑠𝑠𝑖𝑝𝑒𝑙𝑠 𝑔𝑒𝑟𝑖𝑔 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑠𝑒̂:
“𝐺𝑒𝑙𝑢𝑘𝑘𝑖𝑔 𝑖𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑎𝑟𝑚 𝑖𝑠, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑒 •𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑘𝑟𝑦𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑏𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒.
²¹𝐺𝑒𝑙𝑢𝑘𝑘𝑖𝑔 𝑖𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑜𝑢 ℎ𝑜𝑛𝑔𝑒𝑟 𝑙𝑦, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑎𝑑𝑖𝑔 𝑤𝑜𝑟𝑑.
𝐺𝑒𝑙𝑢𝑘𝑘𝑖𝑔 𝑖𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑜𝑢 ℎ𝑢𝑖𝑙, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑙𝑎𝑔.
²²𝐺𝑒𝑙𝑢𝑘𝑘𝑖𝑔 𝑖𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑎𝑎𝑡 𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑜𝑜𝑡 𝑒𝑛 𝑢𝑖𝑡𝑠𝑘𝑒𝑙 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑎𝑚𝑒 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑜𝑑𝑑𝑒𝑟 𝑠𝑙𝑒𝑒𝑝 𝑡𝑒𝑟 𝑤𝑖𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 •𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑀𝑒𝑛𝑠.
²³ “𝑊𝑒𝑒𝑠 𝑏𝑙𝑦 𝑜𝑝 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑔, 𝑒𝑛 𝑠𝑝𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑜𝑝 𝑣𝑎𝑛 𝑣𝑟𝑒𝑢𝑔𝑑𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑘𝑦𝑘, 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑙𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑖𝑠 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡. 𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑟𝑜𝑓𝑒𝑡𝑒 𝑛𝑒𝑡 𝑠𝑜 𝑏𝑒ℎ𝑎𝑛𝑑𝑒𝑙.
²⁴ “𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑒𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑟𝑦𝑘 𝑖𝑠, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑟𝑒𝑒𝑑𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑡𝑟𝑜𝑜𝑠 𝑤𝑒𝑔.
²⁵𝑊𝑒𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑜𝑢 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑎𝑑𝑖𝑔 𝑖𝑠, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑜𝑛𝑔𝑒𝑟 𝑙𝑦.
𝑊𝑒𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑜𝑢 𝑙𝑎𝑔, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑡𝑟𝑒𝑢𝑟 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑖𝑙.
²⁶𝑊𝑒𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑛𝑒𝑡 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑝𝑟𝑎𝑎𝑡, 𝑤𝑎𝑛𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑎𝑙𝑠 𝑝𝑟𝑜𝑓𝑒𝑡𝑒 𝑛𝑒𝑡 𝑠𝑜 𝑏𝑒ℎ𝑎𝑛𝑑𝑒𝑙.”
²⁷ “𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑎 𝑀𝑦 𝑙𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟, 𝑠𝑒̂ 𝐸𝑘: 𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑦𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒̂. 𝐷𝑜𝑒𝑛 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒𝑔𝑒𝑛𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑎𝑎𝑡. ²⁸𝑆𝑒𝑒̈𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑙𝑜𝑒𝑘. 𝐵𝑖𝑑 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒𝑔𝑒𝑛𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑙𝑒𝑔 𝑏𝑒ℎ𝑎𝑛𝑑𝑒𝑙. ²⁹𝐴𝑠 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑗𝑜𝑢 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑛𝑔 𝑠𝑙𝑎𝑎𝑛, 𝑑𝑟𝑎𝑎𝑖 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑜𝑚 𝑜𝑜𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑒𝑒𝑛. 𝐸𝑛 𝑎𝑠 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑗𝑜𝑢 𝑏𝑜𝑘𝑙𝑒𝑒𝑑 𝑣𝑎𝑡, 𝑚𝑜𝑒𝑡 ℎ𝑜𝑚 𝑜𝑜𝑘 𝑗𝑜𝑢 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑘𝑙𝑒𝑒𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑖𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒. ³⁰𝐺𝑒𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑒𝑙𝑘𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑣𝑟𝑎, 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑏𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑡, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑦 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑡𝑒𝑟𝑢𝑔𝑒𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒. ³¹𝑆𝑜𝑜𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑖𝑙 ℎ𝑒̂ 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑑𝑜𝑒𝑛, 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑜𝑜𝑘 𝑠𝑜 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒.”” – Lukas 6:20-31 (AFR20)
As mense ons sleg behandel, agter ons rûe van ons praat, skinder en beswadder, moet ons verstaan dat dit só sál wees as ons Jesus volg. Mense hou nie daarvan om aangespreek te word oor hul oortredings nie en mense hou nie daarvan as dinge nie vir húlle uitwerk nie. Let mooi: Jesus sê nie dat wanneer jy aan ander doen soos jy aan jouself gedoen wil hê, dat dit só sal wees nie. Dit is nie iets soos karma nie. As jy goed doen aan ander en aanhou om die regte ding te doen, is dit geen waarborg dat dinge skielik met jou goed sal gaan nie. In vers 35 sê Jesus: “³⁵Nee, julle moet julle vyande liefhê, doen goeie dade, en leen uit sonder om iets terug te verwag. Dan sal julle 'n groot beloning ontvang en kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self die ondankbares en slegtes goed behandel.” (Luk. 6:35 AFR20) Ons beloning is by die Vader, nie by- of in mense nie.
Hou moed in jou lyding en swaarkry en volhard in gehoorsaamheid. God sal jou beloon – op sy manier en op sy tyd.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek is skatryk in God se koninkryk, vergenoegd, vreugdevol en nie gepla oor mense se skinderstories en slegsê nie, want ek bly in God se waarheid. Ter will van Jesus se Naam, sal ek dit verdra. My beloning in die hemel is groot.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Almagtige God en Vader, dankie dat daar vir my ’n groot beloning wag. Jammer, Here, dat ek soms liggeraak is oor dinge wat mense sê. Vader U weet wat die waarheid is en mag ek in u waarheid bly. Mag ek ’n mens van integriteit wees. Here, vergewe die mense wat daarop uit is om u kinders sleg te behandel. Seën hulle deur hulle nader aan U te trek, sodat hulle U waarlik sal ken. Mag ek altyd mense behandel soos ek wil hê ek behandel moet word – selfs al gebeur dit nie. Ek is gelukkig om u kind genoem te word. Ek loof en prys U. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
Alle inhoud van hierdie webtuiste kan met liefde gedeel word om 'n verskil te maak in iemand se lewe. Jy mag egter nie die inhoud verkoop of her-produseer om enigsins munt te slaan daaruit nie. Mag die Here jou seën en mag jy God se vrede wat alle verstand te bowe gaan ervaar in jou lewe!
Ds. Christo Schoeman ···ᶜᴶˢ··· ©