Hieronder is 'n lys van die oordenkings met 'n skakel wat lei na teks en 'n klankgreep.
Keer gerus terug na hierdie skakel so elke nou en dan en kyk of daar dalk nuwe sielskos is vir jou.
(Kliek op die skakel en dan op die naam of afpyltjie om die boodskap te sien of die skakel te kry vir die klankgreep.)
Kliek ook gerus op die "Oordenkings" skakel (menu) daarbo 👆🏻 om by die ouer oordenkings uit te kom.
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟏-𝟑𝟏 – “𝐄𝐤 𝐬𝐨𝐮 𝐤𝐨𝐧 𝐝𝐨𝐞𝐧 𝐦𝐞𝐭 ’𝐧 𝐦𝐢𝐥𝐣𝐨𝐞𝐧...” (Kliek hier vir die klankgreep)
Lucas Maree se liedjie kom vanoggend weer in my gedagtes op: “Ek sou kon doen met ’n miljoen...” Daar is seker baie van ons wat ook sou kon doen met ’n miljoen. Miskien dink jy dat R1,000,000 vandag nie regtig soveel werd is nie, maar toe Lucas hierdie liedjie vrygestel het, was dit 1993 – wat beteken dat dit vandag R5,193,579 werd is. Klink dit vir jou bietjie aanlokliker?
Weet jy, daar is baie mense vandag wat sou kon doen met ’n miljoen. Daar is ook baie meer mense wat sou kon doen met net R10 ook. Ja, geld is nodig in vandag se lewe. Geld het oor die eeue die handels eenheid geword waarmee jy kan koop wat nodig is en waarmee jy kan oorleef. Maar, wat maak jy met jou geld? Hoe spandeer jy wat jy het en, weet jy dat alles wat jy het ook net aan jou geleen is en toevertrou is deur God? Niks wat jy het, gaan saam met jou as jy hierdie lewe verlaat nie.
Natuurlik beteken dit nie dat ons maar spandabelrig moet lewe en alles verkwis nie. Ons moet sorg dat ons nalatenskap meer as net goeie waardes is. Ons moet natuurlik probeer om vir ons kinders te sorg en hulle ook te leer oor hoe God alle goeie gawes aan ons toevertrou het om mee te woeker. Wat ons nie moet vergeet nie, is dat wanneer ons aan God behoort, behoort alles wat ons het ook aan Hom en moet ons ons beste doen om regverdig te wees in hoe ons dit aanwend en spandeer.
Jakobus, wat altyd baie reguit dinge gesê het, waarsku die ryk mense in Jakobus 5:
“¹𝐾𝑜𝑚 𝑛𝑜𝑢, 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑟𝑦𝑘𝑒𝑠, ℎ𝑢𝑖𝑙 𝑒𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑘𝑙𝑎𝑎𝑔 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑎𝑚𝑝𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑡𝑟𝑒𝑓! ²𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑟𝑦𝑘𝑑𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑎𝑎𝑛, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑘𝑙𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑚𝑜𝑡𝑔𝑒𝑣𝑟𝑒𝑒𝑡. ³𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑜𝑢𝑑 𝑒𝑛 𝑠𝑖𝑙𝑤𝑒𝑟 𝑖𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑟𝑜𝑒𝑠, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑜𝑒𝑠 𝑠𝑎𝑙 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑡𝑢𝑖𝑔, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑖𝑔𝑔𝑎𝑚𝑒 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑣𝑢𝑢𝑟 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑒𝑒𝑟. 𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑎𝑠𝑡𝑒 𝑑𝑎𝑒 𝑠𝑘𝑎𝑡𝑡𝑒 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑔𝑎𝑎𝑟. ⁴𝐾𝑦𝑘, 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑜𝑜𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑟ℎ𝑜𝑢 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑟𝑏𝑒𝑖𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑔𝑒𝑜𝑒𝑠 ℎ𝑒𝑡, 𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑑𝑖𝑡 𝑢𝑖𝑡, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒𝑔𝑒𝑛𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑒𝑠, ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑟𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝐻𝑒𝑒𝑟𝑠𝑒𝑟 𝑜𝑜𝑟 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑎𝑔𝑡𝑒, 𝑏𝑒𝑟𝑒𝑖𝑘. ⁵𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑝 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑙𝑑𝑒𝑟𝑖𝑔 𝑒𝑛 𝑙𝑜𝑠𝑏𝑎𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑔𝑒𝑙𝑒𝑤𝑒. 𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡𝑒 𝑣𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑣𝑜𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑙𝑎𝑔𝑑𝑎𝑔. ⁶𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 •𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑚𝑜𝑜𝑟; ℎ𝑦 𝑘𝑎𝑛 ℎ𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒.” – Jakobus 5:1-6 (AFR20)
Let wel: Jakobus preek hier nie teen rykdom nie, maar teen jou gesindheid en onregverdigheid. Baie maal dink mense dat wanneer jy meer as ander het dat dit jou mag gee oor ander en, ongelukkig, is dit die manier wat die wêreld nog altyd die mens se korrupte brein geleer het. Jakobus sê hier dat die rykes, deur hul oneerlike manier van werk en hul illusie van mag, die “regverdige veroordeel en vermoor” het. Hulle het nie net die regverdige veroordeel nie, maar hulle het as’t ware die regverdige oordeel sélf en téén hulself vermoor!
Ja, ek sou kon doen met ’n miljoen of meer... Ek sal heel moontlik ontslae raak van my skuld, want dan sal ek in ’n beter posisie wees om ander mense meer te help elke maand. Wat sal jy doen met ’n miljoen? Wat doen jy nóú met alle fisiese gawes waarmee God jou seën?
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Niks wat ek het, is my eie nie. Ek behoort aan God en alles wat ek het behoort aan Hom. Hoe kan ek wat ek het beter bestee tot uitbreiding van God se Koninkryk?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, U weet wat ek het en wat ek nodig het. Ek vertrou op U om altyd te voorsien in al my behoeftes. Laat my dít wat U aan my toevertrou het met wysheid bestee, belê en aanwend, sodat U Koninkryk sal uitbrei en floreer – hoe min of hoeveel ek ook al het. Help my om nie aardse rykdom na te jaag nie, maar as U my daarmee seën, mag ek weer tot seën wees vir ander. Mag U verheerlik word deur die fisiese seën wat U oor my stort. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟏-𝟑𝟎 – 𝐌𝐨𝐞𝐭 𝐨𝐧𝐬 𝐆𝐨𝐝 𝐬𝐞 𝐭𝐨𝐨𝐫𝐧 𝐯𝐫𝐞𝐞𝐬 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
In die vroeë kerk was daar ’n hele groot groep mense wat geglo het dat die God van die Ou Testament en die God van die Nuwe Testament nie dieselfde God kan wees nie. God was in die Ou Testament ’n streng en soms ook wrede God gewees, waar God in die Nuwe Testament deur Jesus aan die mens voorgestel word as ’n genadige en liefdevolle God. Tot vandag toe, is daar nogsteeds mense wat sukkel om hierdie twee idees met mekaar te versoen en is daar nogsteeds mense wat glo dat dit dalk twee verskillende gode was/is. En as mense begin kyk na God in die Ou Testament, is daar nogsteeds so baie mense wat God se toorn vrees.
Selfs in Jesus se tyd, toe Hy aan die mense probeer leer het hoe God se versoening en liefde gestalte gaan vind in Hom, sukkel die mense nogsteeds daarmee. Dan vertel Jesus vir Nikodemus in Johannes 3:36:
“36𝑊𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑔𝑙𝑜, ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑤𝑖𝑔𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑜𝑛𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑖𝑠, 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒; 𝑖𝑛𝑡𝑒𝑒𝑛𝑑𝑒𝑒𝑙, 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑜𝑜𝑟𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑏𝑙𝑦 𝑜𝑝 ℎ𝑜𝑚.”
Met ander woorde: God se verlossing vir die mens het gekom in Jesus Christus en die volle prys is betaal, maar vir diegene wat nogsteeds weier om dit te glo, bly God se toorn. Ja, God haat steeds die sonde en God haat steeds die feit dat sommige mense sy liefde en genade verwerp.
Dalk het jy al in jou lewe so erg aangejaag, dat jy dink maar Jesus kan my nie vergewe nie. Dalk dink jy dat daar ’n beperking is op die sondes wat God vergewe. Maar God vergewe alle verlede, huidige en toekomstige sondes. Dit beteken nie ons kan maar wild en wakker aangaan en net doen wat ons wil nie, want ons moet besef wat dit gekos het om daardie vergifnis te kry en ons moet glo daarin en leef volgens God se voorskrifte.
Iemand het dit eenmaal só verduidelik:
’𝘯 𝘔𝘢𝘯 𝘦𝘯 𝘴𝘺 𝘴𝘦𝘶𝘯 𝘩𝘦𝘵 𝘪𝘯 ’𝘯 𝘷𝘦𝘭𝘥 𝘨𝘦𝘭𝘰𝘰𝘱 𝘦𝘯 𝘪𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘷𝘦̂𝘳𝘵𝘦 𝘨𝘦𝘴𝘪𝘦𝘯 𝘥𝘢𝘵 𝘥𝘢𝘢𝘳 ’𝘯 𝘨𝘳𝘰𝘰𝘵 𝘷𝘦𝘭𝘥𝘣𝘳𝘢𝘯𝘥 𝘪𝘴. 𝘋𝘪𝘦 𝘸𝘪𝘯𝘥 𝘸𝘢𝘴 𝘪𝘯 𝘩𝘶𝘭 𝘳𝘪𝘨𝘵𝘪𝘯𝘨 𝘦𝘯 𝘩𝘶𝘭𝘭𝘦 𝘩𝘦𝘵 𝘣𝘦𝘴𝘦𝘧 𝘥𝘢𝘵 𝘥𝘪𝘦 𝘯𝘦𝘵 ’𝘯 𝘬𝘸𝘦𝘴𝘴𝘪𝘦 𝘷𝘢𝘯 𝘵𝘺𝘥 𝘨𝘢𝘢𝘯 𝘸𝘦𝘦𝘴 𝘷𝘰𝘰𝘳𝘥𝘢𝘵 𝘥𝘪𝘦 𝘷𝘶𝘶𝘳 𝘩𝘶𝘭𝘭𝘦 𝘴𝘢𝘭 𝘷𝘢𝘯𝘨 𝘦𝘯 𝘰𝘰𝘳𝘸𝘦𝘭𝘥𝘪𝘨. 𝘋𝘪𝘦 𝘱𝘢 𝘴𝘦̂ 𝘵𝘰𝘦 𝘷𝘪𝘳 𝘥𝘪𝘦 𝘴𝘦𝘶𝘯 𝘰𝘮 ’𝘯 𝘷𝘶𝘶𝘳 𝘵𝘦 𝘮𝘢𝘢𝘬 𝘥𝘢𝘢𝘳 𝘸𝘢𝘢𝘳 𝘩𝘶𝘭𝘭𝘦 𝘪𝘴, 𝘴𝘰𝘥𝘢𝘵 𝘩𝘶𝘭𝘭𝘦 𝘥𝘪𝘦 𝘨𝘦𝘥𝘦𝘦𝘭𝘵𝘦 𝘰𝘮 𝘩𝘶𝘭𝘭𝘦 𝘬𝘢𝘯 𝘣𝘳𝘢𝘯𝘥.
𝘛𝘰𝘦 𝘥𝘪𝘦 𝘨𝘳𝘰𝘰𝘵 𝘷𝘶𝘶𝘳 𝘯𝘢𝘥𝘦𝘳 𝘬𝘰𝘮, 𝘸𝘢𝘴 𝘥𝘪𝘦 𝘴𝘦𝘶𝘯 𝘣𝘢𝘯𝘨 𝘨𝘦𝘸𝘦𝘦𝘴 𝘷𝘪𝘳 𝘥𝘪𝘦 𝘨𝘳𝘰𝘰𝘵 𝘷𝘭𝘢𝘮𝘮𝘦, 𝘮𝘢𝘢𝘳 𝘴𝘺 𝘱𝘢 𝘩𝘦𝘵 𝘩𝘰𝘮 𝘷𝘦𝘳𝘴𝘦𝘬𝘦𝘳 𝘥𝘢𝘵 𝘥𝘪𝘦 𝘷𝘭𝘢𝘮𝘮𝘦 𝘩𝘶𝘭𝘭𝘦 𝘯𝘪𝘬𝘴 𝘴𝘢𝘭 𝘥𝘰𝘦𝘯 𝘯𝘪𝘦. 𝘏𝘺 𝘩𝘦𝘵 𝘨𝘦𝘴𝘦̂: ‘𝘋𝘪𝘦 𝘷𝘭𝘢𝘮𝘮𝘦 𝘬𝘢𝘯 𝘯𝘪𝘦 𝘣𝘺 𝘰𝘯𝘴 𝘶𝘪𝘵𝘬𝘰𝘮 𝘯𝘪𝘦. 𝘖𝘯𝘴 𝘴𝘵𝘢𝘢𝘯 𝘸𝘢𝘢𝘳 𝘥𝘪𝘦 𝘷𝘶𝘶𝘳 𝘢𝘭𝘳𝘦𝘦𝘥𝘴 𝘸𝘢𝘴!’
Vrees jy dalk God se toorn? As jy wedergebore is in Jesus Christus, in Hom glo en aan Hom gehoorsaam is, kan jy nooit onder God se toorn wees nie. As jy vertrou op Jesus, is jy waar God se toorn alreeds was en is jy veilig.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Al my verlede, hede en selfs toekomstige sondes se straf het alles op Jesus neergekom. Hy het die nie verdien nie. Ek het dit verdien, maar God gee aan my onverdiende liefde en genade.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here Jesus, jammer dat U al my straf moes dra. Help my om so te leef dat ek in ’n mate daarvoor kan opmaak. Ek weet ek sal nooit genoeg kan doen om dit ten volle op te maak nie, maar laat my so leef, dat ek gehoorsaam is aan U en U Naam verheerlik. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟏-𝟐𝟖 – 𝐇𝐨𝐞 𝐨𝐦 𝐥𝐢𝐞𝐟 𝐭𝐞 𝐡ê. (Kliek hier vir die klankgreep)
Om altyd lief te wees vir iemand anders, klink soms soos ’n onbegonne taak. Sien, daar is tye wanneer ander mense ons mos heeltemal boos maak. Selfs in ’n huis en in families is daar tye wanneer jy dalk nie heeltemal die liefde vir ‘n ander persoon so sterk voel nie. Dis nie haat nie, maar soms verskil mense en voel jy net nie so lief vir ’n ander persoon nie.
Ek sê altyd half spottend dat ek lief is vir sekere mense, maar dat ek nie van hulle hou nie. Eintlik is dit die waarheid. Ek hoef nie van almal te hou of te hou van hoe hulle is of hoe hulle optree nie, maar ek moet vir hulle lief wees. Om lief te wees vir ander mense, al hou jy nie van hulle nie, beteken dat jy nogsteeds hoflik is teenoor hulle en dat jy nogsteeds sal omgee vir hulle. Dit beteken nie dat jy hul verkeerde gedrag gaan duld, goedkeur of oorsien nie, maar eerder dat jy dit sal aanspreek in liefde – en soms streng ook – sodat daar dalk weer harmonie in die verhouding kan kom.
Ek dink soms oor hoe God moet voel oor ons gedrag. Ons is met die Vader versoen en kan weer in ’n liefdevolle, intieme verhouding met Hom wees, maar ons sondig nogsteeds en ons stel Hom ook dikwels teleur. Ek is seker Hy hou nie daarvan nie, maar tog is Hy nogsteeds nét so lief vir ons. Hy duld ook nie altyd ons verkeerde optrede nie en soms dissiplineer Hy ons, maar dit verander geensins die liefde wat Hy vir ons het nie. Inteendeel, dit is juis omdat Hy ons só lief het, dat Hy ons soms dissiplineer.
Selfs in een van Jesus se donkerste en hartseerste oomblikke, toe een van sy vriende Hom verraai, word Hy verheerlik – omdat Hy geweet het dat die wiel aan die rol gesit is daardeur vir die grootste verlossingswerk ooit. En in daardie oomblik van verraad, hartseer, angs, dalk woede onder die dissipels ook, gebeur die volgende:
“³¹𝑁𝑎𝑑𝑎𝑡 𝐽𝑢𝑑𝑎𝑠 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑔𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑒𝑡, ℎ𝑒𝑡 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝑁𝑜𝑢 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 •𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑀𝑒𝑛𝑠 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘, 𝑒𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝐻𝑜𝑚 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘. ³²𝐴𝑠 𝐺𝑜𝑑 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝐻𝑜𝑚 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘 𝑖𝑠, 𝑠𝑎𝑙 𝐺𝑜𝑑 𝐻𝑜𝑚 𝑜𝑜𝑘 𝑖𝑛 𝐻𝑜𝑚𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘, 𝑒𝑛 𝐻𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝐻𝑜𝑚 𝑑𝑎𝑑𝑒𝑙𝑖𝑘 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘. ³³𝑀𝑦 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠, 𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑛𝑜𝑔 𝑛𝑒𝑡 '𝑛 𝑘𝑜𝑟𝑡 𝑡𝑦𝑑𝑗𝑖𝑒 𝑏𝑦 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒. 𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑀𝑦 𝑠𝑜𝑒𝑘, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝐸𝑘 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐽𝑜𝑑𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑒̂ ℎ𝑒𝑡, 𝑠𝑒̂ 𝐸𝑘 𝑜𝑜𝑘 𝑛𝑜𝑢 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒: 𝑊𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑒𝑛 𝐸𝑘 𝑔𝑎𝑎𝑛, 𝑘𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒. ³⁴𝐸𝑘 𝑔𝑒𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 '𝑛 𝑛𝑢𝑤𝑒 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑑: 𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒̂. 𝑁𝑒𝑡 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝐸𝑘 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑔𝑒ℎ𝑎𝑑 ℎ𝑒𝑡, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑜𝑘 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒̂. ³⁵𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 ℎ𝑜𝑒 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑠𝑎𝑙 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑦 𝑑𝑖𝑠𝑠𝑖𝑝𝑒𝑙𝑠 𝑖𝑠 – 𝑎𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑜𝑜𝑟 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑒𝑡.”” – Johannes 13:31-35 (AFR20)
Sjoe! In ’n donker, donker oomblik, fokus Jesus nogsteeds op liefde. Selfs nadat Judas Hom verraai, is Hy nog lief vir hom. En só moet ons mekaar liefhê.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek hoef nie ander se dade en optrede goed te keur nie, maar ek moet nogsteeds lief wees vir almal – soos Jesus ons lief het. Ek moet probeer om met liefde die kwaad in my lewe en ander se lewens te wen.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here Jesus, leer my, deur U Heilige Gees wat in my woon, om lief te hê, soos U ons nogsteeds lief het. Mag U en die Vader ook verheerlik word, deur U liefde in- en deur my. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟏-𝟐𝟕 – 𝐕𝐨𝐞𝐥 𝐬𝐨𝐨𝐬 ’𝐧 𝐧𝐮𝐰𝐞 𝐦𝐞𝐧𝐬. (Kliek hier vir die klankgreep)
Daar is ’n hele paar dinge in die lewe wat nogal ’n groot verskil kan maak in jou lewe. ’n Vakansie, ’n haarsny of nuwe styl, ’n nuwe motor of huis, ’n nuwe werk – alles dinge wat jou weer amper nuut laat voel en weer ’n bietjie oemf gee vir die lewe. Dikwels hoor ons hoe mense wat sulke nuwe dinge ervaar sê dat hulle sommer voel soos ’n nuwe mens. Maar eintlik is daar net een ding wat jou kan laat voel soos ’n nuwe mens...
“¹⁷𝐼𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑏𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑡, 𝑖𝑠 '𝑛 𝑛𝑢𝑤𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠. 𝐷𝑖𝑒 𝑜𝑢𝑒 𝑖𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑦, 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑢𝑤𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚. ¹⁸𝐷𝑖𝑡 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑟𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑. 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑛 𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑑𝑖𝑒𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑡𝑜𝑒𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑜𝑢. ¹⁹𝐷𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑜𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑣𝑎𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑖𝑛 𝑑𝑎𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑚𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑡𝑟𝑒𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑡𝑜𝑒𝑟𝑒𝑘𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒. 𝐷𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑜𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑣𝑎𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑛𝑖𝑛𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑦 𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑡𝑜𝑒𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑜𝑢.” – 2 Korintiërs 5:17-19 (AFR83)
’n Nuwe motor, ’n nuwe haarstyl, selfs oorgenoeg rus op ’n vakansie kan jou dalk weer verfris en met nuwe moed na die lewe laat kyk, maar daar is niks wat jou hele uitkyk op die lewe verander, soos om ’n heeltemal nuwe skepping te wees nie. Al hierdie ander dinge verander nie die wêreld waarin jy lewe nie en die verandering wat aan jou gemaak is, beteken net dat jy weer in dieselfde wêreld inkom met ’n nuwe houding. Maar om wedergebore te wees, beteken dat jou hele wêreld verander, want, in Christus, sien jy alles deur sy oë.
’n Vakansie se rus, laat jou vir ’n kort rukkie anders dink en praat, maar om ’n heel nuwe identiteit te kry, beteken dat jy ’n nuwe manier kry van hoe jy praat, hoe jy optree, hoe jy leef. Jy moet besef dat wanneer jy Jesus Christus as jou Verlosser en Saligmaker aanvaar, dat jy nie meer ‘𝘫𝘺’ is nie. Dit is baie belangrik dat jy dit besef, want as jy nie mooi besef wie jy is nie, gaan jy nie kan weet wat jy moet doen nie. As jy nie besef wie jy is in Christus nie en besef dat jy Syne is nie, gaan jy dit ook moeilik vind om God se stem en Sy plan vir jou lewe te hoor in die Woord en deur Sy Gees.
As ’n nuwe mens wat versoen is met die ewige, almagtige, enigste God, moet ons ons roeping aanvaar om hierdie goeie boodskap van versoening te verkondig. Ons is gestuurdes in hierdie wêreld en ons moet elke dag saam met God stap – ons moet naby genoeg wees om Sy stem te hoor. Onthou: daar is ’n verskil tussen jou werk en jou roeping. In ons werke het ons die voorreg om die gawes en talente wat God ons gegee het toe te pas, maar in ons roeping neem ons ons identiteit in Christus op en tree ons op as ambassadeurs vir God. Jou roeping kom ook deur in jou werk en in elke aspek van jou lewe.
Gaan nou en wees die nuwe mens wat God, in Jesus Christus, geskep het.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek is ’n nuwe mens. Die ou dinge het verbygegaan en dit is alles te danke aan God se genade en liefde wat in Jesus Christus, deur die werk van die Heilige Gees in my leef.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here Jesus, dankie dat ek met die Vader versoen kan wees. Dankie dat ek ’n nuwe mens is. Laat my leef in u lig en laat my die goeie boodskap versprei oral waar ek gaan. Laat my elke dag opnuut beleef hoe wonderlik dit is om ’n nuwe lewe in U te hê. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟏-𝟐𝟔 – 𝐑𝐚𝐚𝐤 𝐛𝐢𝐞𝐭𝐣𝐢𝐞 𝐫𝐮𝐬𝐭𝐢𝐠. (Kliek hier vir die klankgreep)
Ons weet dat ons elke dag moet probeer om beter mense te wees. Ons weet ook dat dit nie altyd maklik is. Soms probeer ons so hard om net goed te wees, goed te dink en goed te praat, maar dan kom ander mense... Ja, ander mense kom dikwels en maak van ons ook ander mense. Ná die tyd dan voel jy sleg oor wat jy dalk gesê of gedoen het en is dit soms ook nodig dat jy moet verskoning vra vir jou optrede.
Maar party mense is mos nou maar eenmaal daarop uit om ander mense uit te lok en te probeer om die slegte kant van mense na voorskyn te bring. So wat maak ons dan? Hoe tree ons op?
Kyk, soms is dit nodig dat jy moet hard wees teenoor ander mense en dat jy moet hard optree met, wat die Engelse noem, “tough love”, maar vir alle ander gevalle, moet ons regtig probeer om rustig te wees en moet ons probeer om eerder die probleem aan te spreek – en selfs aan te val – maar nie die persoon nie. Dit is moeilik, maar ons moet besef dat mense wat ons dikwels so briesend kwaad maak, dalk nog nie vir Jesus behoorlik ken nie en dat dit vir ons ’n geleentheid is om Hom aan hulle voor te stel.
Klink amper onmoontlik, nè? Maar, weet jy, as Petrus, wat ’n verskriklike kort humeur gehad het, dit kon regkry, kan jy ook. Ons weet hoe Petrus altyd die een was wat dadelik – selfs met geweld – opgestaan het vir Jesus en alles sou doen vir Hom. En ons weet ongelukkig ook hoe dieselfde Petrus onder geweldige druk Jesus drie maal verloën het. Petrus het geleer dat daar ander maniere is om op te staan vir Jesus. Hy het geleer dat Jesus se voorbeeld die regte manier is en dat dit die Vader se wil is dat ons regverdig lewe en vrede najaag. Hoor wat skryf Petrus in sy eerste brief:
“⁸𝑇𝑒𝑛 𝑠𝑙𝑜𝑡𝑡𝑒: 𝑊𝑒𝑒𝑠 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑒𝑒𝑛𝑠𝑔𝑒𝑠𝑖𝑛𝑑, 𝑚𝑒𝑒𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑, 𝑣𝑜𝑙 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑑𝑒𝑟𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒, 𝑣𝑜𝑙 𝑜𝑛𝑡𝑓𝑒𝑟𝑚𝑖𝑛𝑔, 𝑛𝑒𝑑𝑒𝑟𝑖𝑔, ⁹𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑 𝑚𝑒𝑡 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑙𝑑 𝑜𝑓 𝑠𝑘𝑒𝑙𝑑𝑡𝑎𝑎𝑙 𝑚𝑒𝑡 𝑠𝑘𝑒𝑙𝑑𝑡𝑎𝑎𝑙 𝑛𝑖𝑒; 𝑚𝑎𝑎𝑟, 𝑖𝑛𝑡𝑒𝑒𝑛𝑑𝑒𝑒𝑙, 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑒𝑒̈𝑛, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑡𝑜𝑒 𝑔𝑒𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑖𝑠, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑒𝑒̈𝑛 𝑎𝑠 𝑒𝑟𝑓𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑘𝑎𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑟𝑦. ¹⁰𝐼𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠, “𝑤𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒̂, 𝑒𝑛 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑏𝑒𝑙𝑒𝑒𝑓 – 𝑙𝑎𝑎𝑡 ℎ𝑦 𝑠𝑦 𝑡𝑜𝑛𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑟ℎ𝑜𝑢 𝑣𝑎𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑙𝑒𝑔 𝑖𝑠, 𝑒𝑛 𝑠𝑦 𝑙𝑖𝑝𝑝𝑒 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑚 𝑏𝑒𝑑𝑟𝑜𝑔 𝑡𝑒 𝑠𝑝𝑟𝑒𝑒𝑘, ¹¹𝑒𝑛 𝑙𝑎𝑎𝑡 ℎ𝑦 𝑎𝑓𝑤𝑦𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛, 𝑙𝑎𝑎𝑡 ℎ𝑦 𝑣𝑟𝑒𝑑𝑒 𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑎𝑗𝑎𝑎𝑔; ¹²𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑒̈ 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔𝑒𝑠, 𝑒𝑛 𝑠𝑦 𝑜𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑜𝑜𝑝 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑑𝑠𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑘𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑠𝑖𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒́ 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑒𝑒𝑟𝑑𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛.”” – 1 Petrus 3:8-12 (AFR20)
Ja, dit klink of hierdie opdrag in sekere gevalle moeilik is, maar as Petrus kon verander, kan jy ook.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek moet meer aandag gee daaraan om nie my humeur te verloor nie. Al is dit hoe moeilik, moet ek probeer om die goeie in mense raak te sien en eerder die probleem aan te spreek. Uit my eie kan ek nie verander nie. God verander my deur die Heilige Gees wat in my woon.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Almagtige Vader, U verrig wonderwerke elke dag en U het selfs vir Petrus, met sy kort humeur, iemand gemaak wat liefde en vrede preek en leef. Laat my U vrede beleef in my lewe en leer my om ook vrede na te jaag en regverdig te lewe. Laat my nie kwaad spreek of doen nie en help my om vredeliewend en nederig te leef tot U eer alleen. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟏-𝟐𝟓 – 𝐓𝐫𝐞𝐤 𝐝𝐢𝐞 𝐫𝐞𝐠𝐭𝐞 𝐤𝐥𝐞𝐫𝐞 𝐚𝐚𝐧. (Kliek hier vir die klankgreep)
Gisteraand praat ek met mense tydens doop kategese oor die klere waarmee ons grootgeword het en hoe ons klere – selfs vandag nog – baie sê van hoe of wie ons is. Toe ons jonk was, het ons gedink dat as ons die nuutste, mooiste klere kan dra wat in die mode is, dan sal die ander mense meer van ons dink. Soos ons egter ouer word, begin ons besef dat klere prakties moet wees of dat dit moet inpas by die werkkultuur en reëls waar ons ons bevind. Tog is dit lekker om nuwe klere te ontvang en te dra.
In die vroeë kerk, was daar, as deel van die doop seremonie, ’n gedeelte waar jy jou ou, vuil klere uitgetrek het en die sonde simbolies van jou liggaam afgooi, en dan nuwe, skoon klere aantrek. Die skoon, nuwe klere wys natuurlik op jou nuwe identiteit in Christus wat jy aantrek soos ’n kleed. Paulus skryf in Galasiërs 3:26-27 (AFR20):
“²⁶𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑖𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑛 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠, ²⁷𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑔𝑒𝑑𝑜𝑜𝑝 𝑖𝑠, ℎ𝑒𝑡 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑠𝑜𝑜𝑠 '𝑛 𝑘𝑙𝑒𝑒𝑑 𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑡𝑟𝑒𝑘.”
Splinternuwe klere wat vir ewig hou. Netjiese klere. Mooi klere. Dit word verniet vir jou gegee en al wat jy moet doen, is om dit aan te trek.
Baie mense dink dat hierdie identiteit van Christus aangetrek kan word bo-oor jou ou, vuil self en dat dit voldoende sal wees, maar ons moet hierdie identiteit aantrek oor ons siele. Dit moet ons van binne af reinig. Wanneer Jesus, die Bruidegom, sy bruid, die kerk, kom haal, wil Hy ons vind met die regte klere vir die bruilof. En almal is welkom, mits jy die regte klere aantrek...
Jesus vertel die gelykenis van die bruilof waar die mense nie wou bywoon nie in Matteus 22. Uiteindelik stuur die koning sy slawe om almal op straat bymekaar te maak en te deel in die bruilof, maar...:
“¹¹𝑇𝑜𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑖𝑛𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑎𝑠𝑡𝑒 𝑡𝑒 𝑠𝑖𝑒𝑛, 𝑠𝑖𝑒𝑛 ℎ𝑦 𝑑𝑎𝑎𝑟 '𝑛 𝑚𝑎𝑛 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 '𝑛 𝑏𝑟𝑢𝑖𝑙𝑜𝑓𝑠𝑘𝑙𝑒𝑒𝑑 𝑎𝑎𝑛. ¹²𝐸𝑛 ℎ𝑦 𝑣𝑟𝑎 ℎ𝑜𝑚, ‘𝑉𝑟𝑖𝑒𝑛𝑑, ℎ𝑜𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑗𝑦 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑖𝑛𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 '𝑛 𝑏𝑟𝑢𝑖𝑙𝑜𝑓𝑠𝑘𝑙𝑒𝑒𝑑?’ 𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑠𝑤𝑦𝑔. ¹³𝑇𝑜𝑒 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒𝑛𝑎𝑎𝑟𝑠, ‘𝐵𝑖𝑛𝑑 𝑠𝑦 𝑣𝑜𝑒𝑡𝑒 𝑒𝑛 ℎ𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑠 𝑒𝑛 𝑔𝑜𝑜𝑖 ℎ𝑜𝑚 𝑢𝑖𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑏𝑢𝑖𝑡𝑒.’ 𝐷𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑎𝑙 '𝑛 𝑔𝑒𝑤𝑒𝑒𝑛 𝑒𝑛 '𝑛 𝑔𝑒𝑘𝑛𝑒𝑟𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑡𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑠. ¹⁴𝐵𝑎𝑖𝑒 𝑖𝑠 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑔𝑒𝑟𝑜𝑒𝑝, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑚𝑖𝑛 𝑖𝑠 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑘𝑖𝑒𝑠.” – Matteus 22:11-14 (AFR20)
Jesus kom vandag nog en maak God se uitnodiging na die ewige bruilofsfees oop vir almal. Enigiemand wat waarlik berou het oor hul sondes en terugdraai na God, word ’n nuwe kleed aangetrek in Jesus Christus: ’n bruilofskleed. God gee in genade die fees en die middele wat nodig is om in te gaan en daar te bly. Jy kan nie met jou ou vuil sondige “klere” deel wees daarvan nie. As die Here jou roep, moet jy ook van jou kant af die res van die voorbereiding doen. Jy het jou lewe op aarde om voor te berei vir die ewige fees. Trek die regte klere aan.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek is skoon gewas voor die Here en ek is genoeg, want Jesus Christus en God se genade is vir my genoeg. Ek moet elke dag myself herinner dat ek deel is van God se verbond en dat ek Christus aantrek soos ’n kleed.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here Jesus, dankie dat U gekom het om my sondeskuld weg te was. Dankie vir die nuwe bruilofskleed wat ek in U ontvang, sodat nou al kan begin feesvier en lewe in die hoop van die ewige bruilofsfees waar ons vir ewig met U sal wees. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟏-𝟐𝟒 – “𝑾𝒂𝒈 𝒐𝒑 𝒅𝒊𝒆 𝑯𝒆𝒓𝒆!” (Kliek hier vir die klankgreep)
Ons ervaar dikwels tye wanneer dit voel of alles en almal teen ons draai. By die werk gaan dinge dalk nie goed nie of jy voel of jy net nie by alles uitkom nie. By die huis is daar dalk struwelinge of julle is almal so besig dat julle as’t ware by mekaar verby leef. Of jy voel dalk dat jy jou geloof afskeep en dat jou verhouding met die Here nie is waar dit moet wees nie.
Vir Dawid het dit ook dikwels so gevoel. Hy was seker die bekendste koning in die geskiedenis van Israel en het vir die volk die meeste vermag, maar tydens sy bewind en veral ook voor dit, het baie mense teen hom saamgesweer en die lewe vir hom moeilik gemaak en selfs valse getuienis teen hom afgelê.
As ’n Christen in vandag se wêreld, sal dit vir seker een of ander tyd ook met jou gebeur. Mense sal probeer om jou as mens aan te val of selfs jou geloof aan te val. Dit is nog altyd die slinkse maniere wat die vyand gebruik om ons te laat twyfel in God se getrouheid en God se teenwoordigheid in ons lewens. Moenie val daarvoor nie. Wees rustig en hou aan vertrou op God. In jou blye oomblikke, loof en prys die Here. En in jou laer oomblikke, roep Hom aan.
Hoor hoe mooi eggo Dawid se hart deur die eeue heen na hoe ons dikwels ook voel:
“⁷𝐿𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟 𝑡𝑜𝑔, 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑛𝑎 𝑚𝑦 𝑠𝑡𝑒𝑚 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑒𝑘 𝑟𝑜𝑒𝑝, 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑛𝑎𝑑𝑖𝑔 𝑒𝑛 𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑚𝑦!
⁸𝑀𝑦 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑒𝑔𝑔𝑜 𝑢 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒: “𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑜𝑝𝑠𝑜𝑒𝑘!” 𝑈 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑒𝑘 𝑜𝑝.
⁹𝑀𝑜𝑒𝑡 𝑢 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑔 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑒𝑟𝑔 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑢 𝑑𝑖𝑒𝑛𝑠𝑘𝑛𝑒𝑔 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑡𝑜𝑜𝑟𝑛 𝑤𝑒𝑔𝑤𝑦𝑠 𝑛𝑖𝑒. 𝑈 𝑤𝑎𝑠 𝑚𝑦 𝐻𝑒𝑙𝑝𝑒𝑟, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑜𝑜𝑡 𝑜𝑓 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒, 𝐺𝑜𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑚𝑦 𝑟𝑒𝑑.
¹⁰𝑆𝑒𝑙𝑓𝑠 𝑎𝑙 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑚𝑦 𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑒𝑛 𝑚𝑜𝑒𝑑𝑒𝑟 𝑚𝑦, 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑚𝑦 𝑎𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑚.
¹¹𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑙𝑒𝑒𝑟 𝑚𝑦 𝑢 𝑝𝑎𝑑, 𝑙𝑒𝑖 𝑚𝑦 𝑜𝑝 '𝑛 𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘 𝑝𝑎𝑑, 𝑣𝑎𝑛𝑤𝑒𝑒̈ 𝑚𝑦 𝑣𝑦𝑎𝑛𝑑𝑒.
¹²𝑀𝑜𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑔𝑒𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑒𝑒𝑟𝑡𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑛𝑖𝑒; 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑣𝑎𝑙𝑠 𝑔𝑒𝑡𝑢𝑖𝑒𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛, 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑙𝑎𝑎𝑠 𝑔𝑒𝑤𝑒𝑙𝑑 𝑎𝑎𝑛.
¹³𝐴𝑠 𝑒𝑘 𝑑𝑎𝑟𝑒𝑚 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑔𝑙𝑜 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑏𝑒𝑙𝑒𝑒𝑓 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒!
¹⁴𝑊𝑎𝑔 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒! 𝑊𝑒𝑒𝑠 𝑠𝑡𝑒𝑟𝑘 𝑒𝑛 ℎ𝑜𝑢 𝑚𝑜𝑒𝑑, 𝑗𝑎, 𝑤𝑎𝑔 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒!”
– Psalm 27:7-14 (AFR20)
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek sal wag op die Here. Hy is getrou en Hy het my liewer as wat ek kan dink. Ek sal my krag vind in Hom en ek sal moed hou.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Dankie, almagtige Vader, dat U altyd getrou is. Dankie dat U my aangeneem het as u kind, in Jesus se Naam. Here, hoor tog my stem as ek roep, wees my genadig en antwoord my. Laat my rus vind in u teenwoordigheid. Gee my geduld en laat my wag op U, in u vrede. Laat my leef tot U eer. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟏-𝟏𝟒 – 𝐊𝐨𝐦 𝐣𝐲 ? 𝐎𝐟 𝐛𝐥𝐲 𝐣𝐲 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Mense is partykeer nogal baie besluiteloos. As jy voor ’n keuse gestel word, is daar dikwels heelwat dinge waaroor jy moet dink en wat jy eers moet opweeg, voordat jy ’n besluit kan neem. Soms is daar soveel ander dinge waarmee jy besig is, dat jy moet prioritiseer. Wat is belangriker? Wat moet eerste gedoen word en wat kan wag? Dan raak jy soms half verstrooid en wil dit voorkom of jy besluiteloos is.
Die lewe is onvoorspelbaar en daar is konstante verandering wat ons gereeld voor talle keuses plaas. Vir meeste mense, kom familie eerste, dan werk, dan plesier. Vir ander mense is dit weer hul werk en loopbaan wat eerste kom, juis sodat hulle vir familie kan sorg en probeer om kwaliteit tyd met geliefdes kan spandeer. Vir ander mense weer, kom hul kinders eerste, want hulle wil graag alle geleenthede moontlik bied aan die kinders, sodat hulle ’n beter toekoms kan hê. In al hierdie prioriteite ontbreek daar dikwels die belangrikste een... God.
Sien, jy kan prioritiseer soos wil in die lewe, maar die lewe kom soms met onvoorspelbare gebeure wat jou skielik los met te veel veranderlikes wat opgeweeg moet word en wat jou dan skielik los in ’n besluitelose toestand, omdat daar te veel dinge is wat skielik buite jou beheer is. Wat maak jy dan? Jy hou vas aan die een onveranderlike in die lewe: God.
Toe Jesus die dissipels geroep het om Hom te volg, het meeste van hulle dadelik alles net so gelos en Hom gevolg. Daar was nie eers ’n gegroetery en lang afskeidspartytjies nie. Hulle het besluit om Hom te volg en Hom te vertrou met- en in alles.
Ook toe Elia vir Elisa roep as sy opvolger om God se werk voort te sit, was dit die geval gewees:
“¹⁹𝐸𝑙𝑖𝑎 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑣𝑎𝑛𝑑𝑎𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑔𝑔𝑒𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑒𝑛 𝐸𝑙𝑖𝑠𝑎, 𝑠𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑆𝑎𝑓𝑎𝑡, 𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑡𝑟𝑒𝑓 𝑡𝑒𝑟𝑤𝑦𝑙 ℎ𝑦 𝑝𝑙𝑜𝑒𝑔. 𝑇𝑤𝑎𝑎𝑙𝑓 𝑝𝑎𝑟𝑒 𝑜𝑠𝑠𝑒 𝑤𝑎𝑠 𝑣𝑜𝑜𝑟 ℎ𝑜𝑚 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑟𝑘; ℎ𝑦 𝑤𝑎𝑠 𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑏𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑤𝑎𝑎𝑙𝑓𝑑𝑒 𝑝𝑎𝑎𝑟. 𝐸𝑙𝑖𝑎 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑡𝑜𝑒 𝑛𝑎 ℎ𝑜𝑚 𝑒𝑛 𝑔𝑜𝑜𝑖 𝑠𝑦 𝑚𝑎𝑛𝑡𝑒𝑙 𝑜𝑜𝑟 ℎ𝑜𝑚. ²⁰𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑠𝑠𝑒 𝑛𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑙𝑎𝑎𝑡, 𝑎𝑔𝑡𝑒𝑟 𝐸𝑙𝑖𝑎 𝑎𝑎𝑛 𝑔𝑒ℎ𝑎𝑟𝑑𝑙𝑜𝑜𝑝 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐸𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑎𝑠𝑠𝑒𝑏𝑙𝑖𝑒𝑓 𝑚𝑦 𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑒𝑛 𝑚𝑜𝑒𝑑𝑒𝑟 𝑚𝑒𝑡 '𝑛 𝑠𝑜𝑒𝑛 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑔𝑟𝑜𝑒𝑡, 𝑑𝑎𝑛 𝑠𝑎𝑙 𝑒𝑘 𝑢 𝑣𝑜𝑙𝑔.” 𝑀𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑦 𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 ℎ𝑜𝑚: “𝐺𝑎𝑎𝑛 𝑡𝑒𝑟𝑢𝑔, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑘 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛?” ²¹𝐻𝑦 𝑑𝑟𝑎𝑎𝑖 𝑡𝑜𝑒 𝑜𝑚 𝑎𝑔𝑡𝑒𝑟 ℎ𝑜𝑚, 𝑛𝑒𝑒𝑚 𝑒𝑒𝑛 𝑝𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑠𝑠𝑒, 𝑠𝑙𝑎𝑔 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑒𝑛 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑙𝑒𝑖𝑠 𝑔𝑎𝑎𝑟 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑠𝑠𝑒 𝑠𝑒 𝑡𝑟𝑒𝑘𝑔𝑜𝑒𝑑. 𝐻𝑦 𝑔𝑒𝑒 𝑑𝑖𝑡 𝑡𝑜𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒, 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑔𝑒𝑒̈𝑒𝑡. 𝑇𝑜𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑘 ℎ𝑦 𝑔𝑒𝑟𝑒𝑒𝑑 𝑒𝑛 𝑣𝑜𝑙𝑔 𝐸𝑙𝑖𝑎. 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑠𝑦 ℎ𝑒𝑙𝑝𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑟𝑑.” – 1 Konings 19:19-21 (AFR20)
Elisa wou nog eers gaan groet en moontlik ’n tydjie vertoef saam met sy familie, maar hy het besef dat dit God self is wat hom roep, deur Elia, om diensbaar te wees vir Hom. Elia se woorde aan Elisa, “𝐺𝑎𝑎𝑛 𝑡𝑒𝑟𝑢𝑔, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑘 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛?” , sê nogal baie. Elia sê eintlik vir Elisa: “Kom jy? Of bly jy? Want, as jy wil kom, moet jy kom. Maar as jy bly, dan bly jy.”
Dit is wat dit beteken as jy die dag besluit om Jesus te volg. Volg jy Hom? Of drentel jy agterna en verlang terug na jou ou lewe? Probeer jy in die skare agter Hom wegraak, sodat jy kan afdwaal iewers as jy dink Hy kyk dalk nie? As ons dink aan wat Jesus vir ons gedoen het en, as Hy vir jou sou vra as jy eers gou weer jou ou lewe wil terughê: “Gaan terug, want wat het ek aan jou gedoen?” ... Sal jy regtig weer kan teruggaan? Sal jy regtig kies om weer daardie ou lewe te lei, terwyl jy lewe in oorvloed kry by jou Verlosser – die Een wat jou juis vrymaak van die ou lewe?
Jesus sal nooit van jou vra om sommerso mense en familie af te skryf nie, maar as jy besluit om Hom te volg, dan moet jy volg. Dan moet jy leer by Hom en leef saam met Hom. Dan moet Hy eerste prioriteit wees. Dan sal jy ook agterkom dat die onveranderlikes in die lewe wat jou soms besluiteloos los, gemaklik in Jesus se hande geplaas kan word, want Hy is in beheer.
𝑺𝒐, 𝒌𝒐𝒎 𝒋𝒚? 𝑶𝒇 𝒃𝒍𝒚 𝒋𝒚?
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Om Jesus te volg, is ’n heelhartige besluit en ’n volgehoue, aanhoudende besluit. Ek kan nie en wil nie terugkeer na die ou sondige lewe nie.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, ek volg U. Lei my en leer my om elke dag meer en meer soos U te wees en op U te vertrou. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟏-𝟏𝟑 – ’𝐧 𝐀𝐧𝐝𝐞𝐫 𝐞𝐯𝐚𝐧𝐠𝐞𝐥𝐢𝐞 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Daar is soveel verskillende kerke in die wêreld vandag. Alhoewel baie van hulle Christelike kerke is, is die verskille soms hemelsbreed as dit kom by die manier waarop daar sekere dinge gedoen word. Party mense lig hul hande as hul sing, ander staan as daar gebid word, terwyl sommige ook in vreemde, onherkenbare en onuitlegbare tale praat. Wat vreemder is as die verskillende maniere van aanbidding, is dat sommige ook heeltemal anders glo as ander. Dit is asof party denominasies deesdae ’n ander evangelie glo – dit is nogsteeds die goeie nuus, maar skielik is daar nou sekere vereistes of ekstra voorskrifte aangeheg. Nog vreemder, is dat daar selfs binne die geledere van sekere van dieselfde denominasies, ook ruimte gelaat word vir mense om anders te glo as die res.
Dit alles klink natuurlik absurd, maar dit is hoe dinge deesdae gaan in die kerk. ’n Mens wonder soms selfs of dit nog Jesus Christus se kerk is, want die mense maak al die voorskrifte en stel hul eie reëls op...
Ons weet natuurlik dat daar oor die laaste paar dekades skielik ’n ontploffing van inligting plaasgevind het regoor die wêreld met tegnologie wat deur die internet allerhande dinge tot ons beskikking gestel het. Die moeilikheid ook hiermee, is dat daar nie regtig ’n klinkklare bewys gegee kan word oor die akkuraatheid van hierdie inligting nie. Onthou: inligting is inligting, nie feite nie. Enigiemand kan enigiets op ’n webtuiste plaas en as dit goed genoeg geformuleer is, kan dit maklik die massas beïnvloed.
Wat hartseer is, is dat daar soveel mense is wat vandag nog gryp na ’n nuwe of anderse evangelie, omdat die oorspronklike evangelie hulle nie aanstaan nie. Mense wil eerder, soos nog altyd, die middelpunt wees en as daar dalk nog munt geslaan kan word uit ’n “nuwe evangelie”, dan word nog meer moeite gemaak daarmee om soveel volgers moontlik te kry. Maar, volg die mense dan vir Jesus, of volg hulle die mens?
Weet jy, hierdie is niks nuut nie. Sedert die begin van die kerk, is dit al ’n probleem wat dikwels kop uitgesteek het en in baie van Paulus se briewe aandag geniet. Sommerso met die intrapslag in sy brief aan die mense in Galasië, uiter Paulus sy skok en verbasing en waarsku hy baie streng:
“⁶𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑎𝑎𝑠 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑜 𝑔𝑜𝑢 𝑣𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑛𝑎𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑔𝑒𝑟𝑜𝑒𝑝 ℎ𝑒𝑡, 𝑤𝑒𝑔𝑑𝑟𝑎𝑎𝑖 𝑛𝑎 '𝑛 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑒𝑣𝑎𝑛𝑔𝑒𝑙𝑖𝑒. ⁷𝐷𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 '𝑛 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑒𝑣𝑎𝑛𝑔𝑒𝑙𝑖𝑒 𝑛𝑖𝑒 – 𝑎𝑙 𝑖𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑜𝑚𝑚𝑖𝑔𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑝𝑟𝑜𝑏𝑒𝑒𝑟 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑎𝑟, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑣𝑎𝑛𝑔𝑒𝑙𝑖𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑤𝑖𝑙 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑟𝑎𝑎𝑖. ⁸𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑒𝑙𝑓𝑠 𝑎𝑙 𝑠𝑜𝑢 𝑜𝑛𝑠, 𝑜𝑓 '𝑛 𝑒𝑛𝑔𝑒𝑙 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙, '𝑛 𝑒𝑣𝑎𝑛𝑔𝑒𝑙𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑖𝑛 𝑠𝑡𝑟𝑦𝑑 𝑚𝑒𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔 ℎ𝑒𝑡, 𝑙𝑎𝑎𝑡 ℎ𝑜𝑚 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑙𝑜𝑒𝑘 𝑤𝑒𝑒𝑠! ⁹𝑆𝑜𝑜𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑎𝑛𝑡𝑒𝑣𝑜𝑟𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑒̂ ℎ𝑒𝑡, 𝑠𝑒̂ 𝑒𝑘 𝑛𝑜𝑢 𝑤𝑒𝑒𝑟: 𝐴𝑠 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 '𝑛 𝑒𝑣𝑎𝑛𝑔𝑒𝑙𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑠𝑡𝑟𝑦𝑑 𝑖𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔 ℎ𝑒𝑡, 𝑙𝑎𝑎𝑡 ℎ𝑜𝑚 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑙𝑜𝑒𝑘 𝑤𝑒𝑒𝑠! ¹⁰𝑃𝑟𝑜𝑏𝑒𝑒𝑟 𝑒𝑘 𝑛𝑜𝑢 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑡𝑒𝑣𝑟𝑒𝑑𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑙, 𝑜𝑓 𝐺𝑜𝑑? 𝑂𝑓 𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑒𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑢𝑛𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒? 𝐴𝑠 𝑒𝑘 𝑛𝑜𝑔 𝑠𝑡𝑒𝑒𝑑𝑠 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑠𝑒 𝑔𝑢𝑛𝑠 𝑠𝑜𝑢 𝑝𝑟𝑜𝑏𝑒𝑒𝑟 𝑤𝑒𝑛, 𝑠𝑜𝑢 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟 '𝑛 𝑑𝑖𝑒𝑛𝑠𝑘𝑛𝑒𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒!” – Galasiërs 1:6-10 (AFR20)
Liewe mens, besef asseblief weer vandag dat daar nie ’n “ander” of “nuwe evangelie” is nie. Die evangelie is steeds die goeie nuus van God se genade en liefde wat deur Jesus Christus gekom het vir elke mens. Jy hoef nie en kan nie iets doen om dit te verdien nie. God vra net dat ons dit glo en dat ons glo in Sy Seun, Jesus Christus. Ook in Openbaring 22:18-19 word ons gewaarsku dat ons nie enigiets mag byvoeg of wegneem uit die profesie van Openbaring nie – dit geld vir God se hele Woord.
Met die jaar wat reeds op dreef begin kom, wees versigtig en moenie jou ore uitleen aan die verkeerde mense nie. Moenie gryp na grashalms van nuwe hoop en ’n ander evangelie nie. God is gister, vandag en môre dieselfde en daarom is ons hoop dieselfde en veilig in die enigste evangelie en die enigste God en ons Here, Jesus Christus. Glo God. Glo God se Woord.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Maak nie saak hoe goed sekere mense ander bronne van geluk en hoop aan my voorhou nie, ek moet streef daarna om God tevrede te stel – nie mense nie. Ek moet God se Woord meer bestudeer en saam met die gemeenskap van gelowiges, Sy Woord ken en my eie maak.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Almagtige Vader, help my om nie af te dwaal nie. Help my vas te hou aan U Woord. U Woord is waar. My hoop is in Jesus Christus, my Here. Here Jesus, mag ek u dienskneg wees en mag ek U tevrede stel met hart en siel en verstand en al my kragte. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟏-𝟏𝟐 – ’𝐧 𝐍𝐮𝐰𝐞 𝐥𝐢𝐞𝐝 𝐢𝐧 𝐣𝐨𝐮 𝐦𝐨𝐧𝐝. (Kliek hier vir die klankgreep)
Om te glo in God, in ’n wêreld waar geloof soms lyk en klink soos ’n tevergeefse, futiele saak, is nogal moeilik. Daar is soveel ander afleidings en valse bronne van hoop, dat talle mense hulle so maklik eerder wend na hierdie kortstondige lafenisse. In hul binneste, weet hulle dat hierdie sogenaamde oplossings en bronne van vrede en bevrediging nie sal hou nie, maar tog raak die mens amper verslaaf daaraan. En as die een nie werk nie, word dit vervang met die volgende een – wat jy ook weet nie sal hou nie.
Mense praat graag met mekaar oor die nuutste giere en die nuutste maniere van hoe om bietjie vrede en bevrediging uit die lewe te tap, maar baie min staan nog op om God se lof te besing vir alles wat Hy vir ons gedoen het en nogsteeds doen. Gemeentes word kleiner regoor die land en ouers werk al harder om alles vir hul kinders te gee, maar vergeet om die een ding wat kinders nodig het, geloof, vir hulle aan te leer. En as jongmense deesdae glo, is dit op die vreemdste maniere en is hul siening van wie en wat God is, dikwels gebrekkig.
Miskien sukkel jongmense om God te sien vir Wie Hy is, omdat ouers nie meer weet Wie God is nie. Daar word nie meer opgestaan in klein- of groot byeenkomste oor God se wonders en die wonder van genade wat deur Jesus Christus vir die mensdom gekom het nie.
Dawid het geweet dat God se liefde, sorg, genade en barmhartigheid heeltemal onverdiend aan die mens uitgestort is. Hy het geweet dat hy nie kan stilbly daaroor nie. Hy het besef dat, as hy mooi dink en tot volle besef kom van hoe groot God is en hoe lief Hy ons het, jy dit moet uitbasuin:
“¹𝑉𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 •𝑚𝑢𝑠𝑖𝑒𝑘𝑙𝑒𝑖𝑒𝑟. 𝑉𝑎𝑛 𝐷𝑎𝑤𝑖𝑑. '𝑛 𝑃𝑠𝑎𝑙𝑚.
²𝐸𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑏𝑙𝑦 𝑤𝑎𝑔, 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑎 𝑚𝑦 𝑎𝑓𝑔𝑒𝑏𝑢𝑖𝑔 𝑒𝑛 𝑚𝑦 ℎ𝑢𝑙𝑝𝑔𝑒𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟.
³𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑡𝑟𝑒𝑘 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑢𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑒𝑟𝑓, 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑜𝑑𝑑𝑒𝑟𝑖𝑔𝑒 𝑠𝑙𝑖𝑘. 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑣𝑜𝑒𝑡𝑒 𝑜𝑝 '𝑛 𝑟𝑜𝑡𝑠𝑏𝑎𝑛𝑘 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛, 𝑚𝑦 𝑣𝑜𝑒𝑡𝑠𝑡𝑎𝑝𝑝𝑒 𝑣𝑎𝑠𝑡𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒.
⁴𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 '𝑛 𝑛𝑢𝑤𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑑 𝑖𝑛 𝑚𝑦 𝑚𝑜𝑛𝑑 𝑔𝑒𝑙𝑒̂, '𝑛 𝑙𝑜𝑓𝑠𝑎𝑛𝑔 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝐺𝑜𝑑. 𝐵𝑎𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑡 𝑠𝑖𝑒𝑛, 𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑡𝑠𝑎𝑔 ℎ𝑒̂, 𝑗𝑎, ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑜𝑢.
⁵𝐺𝑒𝑙𝑢𝑘𝑘𝑖𝑔 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑜𝑢𝑒 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑙, 𝑒𝑛 ℎ𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑛𝑑 𝑡𝑜𝑡 ℎ𝑜𝑜𝑔𝑚𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔𝑒𝑠 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒́ 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑡𝑜𝑒𝑣𝑙𝑢𝑔 𝑛𝑒𝑒𝑚 𝑡𝑜𝑡 𝑙𝑒𝑢𝑒𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒.
⁶𝑆𝑜 𝑏𝑎𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑈, 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑚𝑦 𝐺𝑜𝑑, 𝑔𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛 – 𝑢 𝑤𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑈 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑏𝑒𝑝𝑙𝑎𝑛 ℎ𝑒𝑡. 𝑁𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑘𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑡 𝑈 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒. 𝐸𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑑𝑖𝑡 𝑔𝑟𝑎𝑎𝑔 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑛𝑑 𝑚𝑎𝑎𝑘, 𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑜𝑜𝑟 𝑝𝑟𝑎𝑎𝑡, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑡𝑒 𝑣𝑒𝑒𝑙 𝑜𝑚 𝑜𝑝 𝑡𝑒 𝑛𝑜𝑒𝑚.
⁷𝑆𝑙𝑎𝑔𝑜𝑓𝑓𝑒𝑟𝑠 𝑒𝑛 •𝑔𝑟𝑎𝑎𝑛𝑜𝑓𝑓𝑒𝑟𝑠 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑈 𝑤𝑖𝑙 ℎ𝑒̂ 𝑛𝑖𝑒 – 𝑈 ℎ𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑜𝑟𝑒 𝑜𝑜𝑝𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 – •𝑏𝑟𝑎𝑛𝑑𝑜𝑓𝑓𝑒𝑟𝑠 𝑒𝑛 •𝑟𝑒𝑖𝑛𝑖𝑔𝑖𝑛𝑔𝑠𝑜𝑓𝑓𝑒𝑟𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑈 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑣𝑟𝑎 𝑛𝑖𝑒.
⁸𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑝 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑘 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐾𝑦𝑘, 𝑒𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚 – 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 •𝑏𝑜𝑒𝑘𝑟𝑜𝑙 𝑖𝑠 𝑜𝑜𝑟 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓.
⁹𝑊𝑎𝑡 𝑈 𝑏𝑒ℎ𝑎𝑎𝑔, 𝑚𝑦 𝐺𝑜𝑑, 𝑤𝑖𝑙 𝑒𝑘 𝑔𝑟𝑎𝑎𝑔 𝑑𝑜𝑒𝑛; 𝑢 𝑤𝑒𝑡 𝑖𝑠 𝑖𝑛 𝑚𝑦 𝑏𝑖𝑛𝑛𝑒𝑠𝑡𝑒.”
¹⁰𝐸𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑜𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑣𝑎𝑛 𝑔𝑒𝑟𝑒𝑔𝑡𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑔𝑒𝑏𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑖𝑛 '𝑛 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑏𝑦𝑒𝑒𝑛𝑘𝑜𝑚𝑠, 𝑘𝑦𝑘, 𝑚𝑦 𝑙𝑖𝑝𝑝𝑒 ℎ𝑜𝑢 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑔 𝑛𝑖𝑒. 𝑈 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑠𝑒𝑙𝑓, 𝐻𝑒𝑟𝑒.
¹¹𝑈 𝑔𝑒𝑟𝑒𝑔𝑡𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑚𝑦 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑒𝑟𝑔 𝑛𝑖𝑒, 𝑜𝑜𝑟 𝑢 𝑡𝑟𝑜𝑢 𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠𝑠𝑖𝑛𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑘 𝑔𝑒𝑝𝑟𝑎𝑎𝑡. 𝐸𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑢 𝑡𝑟𝑜𝑢𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑖𝑟 '𝑛 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑏𝑦𝑒𝑒𝑛𝑘𝑜𝑚𝑠 𝑔𝑒ℎ𝑒𝑖𝑚 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒.”
– Psalm 40:1-11 (AFR20)
𝑴𝒂𝒈 𝒅𝒊𝒆 𝑯𝒆𝒓𝒆 ’𝒏 𝒏𝒖𝒘𝒆 𝒍𝒊𝒆𝒅 , ’𝒏 𝒍𝒐𝒇𝒔𝒂𝒏𝒈 𝒊𝒏 𝒋𝒐𝒖 𝒎𝒐𝒏𝒅 𝒍𝒆̂, 𝒆𝒍𝒌𝒆 𝒅𝒂𝒈.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Hoe maak ek God se boodskap van hoop en bevryding bekend in my lewe. Ek moet die kinders en jongmense leer oor Wie God is en hoe lief Hy ons het.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, U het soveel vir my gedoen. Dankie dat daar nie einde is aan u liefde en trou nie. Jammer, dat ek soms stilbly. Laat my vertel en laat my lewe getuienis wees van hoe U my ook uit die put van verderf gered het en my weer standvastigheid gee in die lewe. Lê ’n nuwe lied in my mond, sodat ek u lof kan besing. Laat my hou by u wet en laat my nooit stilbly oor u liefde en genade nie. Daar is niemand soos U nie. Ek loof en prys U, in Jesus se Naam. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟏-𝟏𝟏 – 𝐕𝐨𝐨𝐫𝐬𝐩𝐨𝐞𝐝 ! (Kliek hier vir die klankgreep)
Met Nuwejaar en nou nog wens almal mekaar voorspoed toe. Dis almal se hoop en wens, maar wat is voorspoed en hoe kry ons dit?
Een van die bekendste verse in die Bybel wat mense dikwels aanhaal en hul eie maak – en waaroor ek ook al baie geskryf het – is Jeremia 29:11. Ek hoor dikwels hoe mense hierdie vers aanhaal in moeilike tye of hoe hulle dit graag gebruik tydens ’n doop of huwelik. Wanneer die lewe mense ’n paar lae houe toedien, gryp baie mense na hierdie vers – so asof hulle die negatiewe uit hul lewe wil uitpraat met ’n positiewe vers uit die Bybel...
Moet my nie verkeerd verstaan nie: ons moet verse uit die Bybel aanhaal en ons eie maak, maar ons moet nie dink dat hierdie verse een of ander magiese krag besit nie. Baie Bybelverse is God se beloftes aan ons, mits ons dit in geloof, volle afhanklikheid van God en algehele onderwerping aan God se wil ons eie maak en dit uitleef. Ons moet ook nie verse lukraak aanhaal en uitspreek asof ons die mag het om dit waar te maak nie – net God se werk, deur die Heilige Gees in ons lewens, kan dit doen. Ons moet ook nie net verse alleen laat staan nie, want dan mis ons die boodskap wat God deur sy beloftes vir ons wil bring.
Dit is dalk hoekom ek al so baie oor hierdie vers en ’n paar ander bekende gedeeltes in die Bybel geskryf het. Ons kan nie die Bybel – God se Woord – as kruk gebruik nie. Ons kan nie eise stel aan God, as ons nie ook ons deel doen nie. Eintlik kan ons glad nie eise stel aan God nie – alles wat Hy vir ons doen en gee, is genade alleen. Jeremia 29:11 (AFR20) sê:
“𝐽𝑎, 𝐸𝑘 𝑘𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑙𝑎𝑛𝑛𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝐸𝑘 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡,” 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑠𝑝𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒. “𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑝𝑙𝑎𝑛𝑛𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑠𝑝𝑜𝑒𝑑, 𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑠𝑝𝑜𝑒𝑑 𝑛𝑖𝑒, 𝑜𝑚 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 '𝑛 𝑡𝑜𝑒𝑘𝑜𝑚𝑠 𝑒𝑛 ℎ𝑜𝑜𝑝 𝑡𝑒 𝑔𝑒𝑒.”
Dit is darem ’n wonderlike belofte wat God ons gee, of hoe? Planne van voorspoed. Ons wil tog almal hê dat dit goed gaan met ons. Ons wil nie terugslae beleef nie. Ons wil nie dinge moeilik hê nie. Ons wil nie sukkel nie. Ons wil hierdie jaar net voorspoed beleef, maar dan moet ons ook vêrder lees:
“𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑀𝑦 𝑎𝑎𝑛𝑟𝑜𝑒𝑝, 𝑒𝑛 𝑘𝑜𝑚 𝑒𝑛 𝑡𝑜𝑡 𝑀𝑦 𝑏𝑖𝑑, 𝑒𝑛 𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑎 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟. 𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑀𝑦 𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑛𝑑 𝑎𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑀𝑦 𝑚𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑟𝑎𝑎𝑑𝑝𝑙𝑒𝑒𝑔.” (verse 12-13 AFR20)
Hoe dikwels glo ons nie dat God se beloftes soos ’n sprokie werk nie? Dat ons maar net moet terugsit en wag dat Hy soos ’n ridder op ’n wit perd sal verskyn om alles beter te maak? Weet jy, Hy gaan eendag só kom... maar dan is dit ’n heel ander storie en dan moet ons reg wees. Dan gaan Hy vra of het ons Hom aangeroep? Het ons Hom gesoek? Het ons Hom met ons hele hart geraadpleeg?
Die lewe is nie maanskyn en rose nie. Jakobus leer ook dat ons eintlik ons moet verbly as dinge swaar gaan – as versoekings ons oorval, want dit kweek volharding. As ons dan die Here soek en Hom vind en met ons hele hart raadpleeg, glo en vertrou, skenk Hy aan ons die wysheid om bo ons omstandighede uit te styg (Jak. 1:2-8).
Vir die Jode was die voorspoed wat beplan was ’n fisiese verligting en verlossing van die ballingskap. Vir ons en alle mense, is die voorspoed ’n verlossing van die ballingskap van sonde. Dís ’n toekoms. Dít is hoop! En daardie hoop is reeds bevestig deur Jesus Christus, toe Hy ons sonde op Hom geneem het.
Soek God. Roep Hom aan, bid tot Hom en raadpleeg Hom met jou hele hart. Vind Hom. Laat Hy jou hoop herstel. Laat Hy jou die wysheid skenk om bo verwagting bo jou omstandighede uit te styg – tot Sy eer. Die Here het planne van voorspoed vir jou. ’n Toekoms en hoop. Neem dit aan in Jesus’ Naam.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek moet God elke dag aanroep en my hart met Hom deel in gebed. Ek moet tyd maak om stil te word, sodat ek ook sy hart kan aanhoor en sy wil, sal ken vir my lewe. Ek kan God nie manipuleer met wat ek sê nie. God is God en Hy is in beheer.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Almagtige God en Vader, U gee ons u beloftes in u Woord. Ek glo in U en ek glo in U beloftes. Ek weet dat ek U nie kan manipuleer nie, maar ek weet dat ek U kan glo as U beloftes maak. Help my om op die pad te bly wat U my aanwys. Help my om my krag en hoop in U te bly vind. Laat my lewe voorspoedig wees en laat my U, in alle omstandighede, met my hele hart raadpleeg. Dankie vir my toekoms en my hoop. In Jesus se Naam. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟏-𝟏𝟎 – 𝐈𝐬 𝐣𝐲 𝐧𝐨𝐠 𝐭𝐞 𝐣𝐨𝐧𝐤 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Waar die jaar en selfs die dag ons heengaan vat, weet niemand van ons nie. Elke dag bring sy eie bekommernisse, soos Jesus ook gesê het in Matteus 6:34. Ons hoef ons nie te bekommer oor die dag van môre nie, want ons moet weet dat die Vader vir ons sorg en dat Hy sal voorsien in alles wat ons nodig het. Ons moet net elke dag leef en ons moet leef vir Hóm.
As jy nog ’n kind is, is dinge dikwels vir ons makliker in baie opsigte. Ons ouers sorg vir ons en ons het gewoonlik nie enige groot bekommernisse nie. Die samelewing – oor die algemeen – probeer om kinders te beskerm en veilig te hou van gevare en kinders behoort groot te word met die vertroue dat hulle die wêreld kan aanpak.
Ongelukkig is dit nie altyd so nie en soms word kinders in baie moeilike situasies geplaas waar hulle nie weet wat om te doen of hoe om op te tree nie. Soms moet kinders baie gouer grootword en verantwoordelikheid neem in die lewe. Dit is hartseer dat dinge soms so werk, maar soms is dit ’n goeie ding as jongmense vroeër as later begin besef dat die lewe nogal ’n harde plek is. In sulke gevalle, is dit die plig van die kerk – gelowiges – om hierdie jongmense te help. Ons moet hulle leer en ons moet hulle lei. Hulle weet nie altyd wat om te sê, hoe om op te tree of waar om te gaan nie en dan moet God se mense ingryp en help.
Dié van ons wat nie meer kinders is nie, sal weet hoe dit voel wanneer jy skielik voor ’n monumentale taak te staan kom en jy nie die nodige ervaring het om dit aan te pak nie. Ons weet hoe dit voel om verbysterd te staan voor belangrike werk – veral as dit jou eerste keer is wat jy dit moet doen. Maar, elkeen van ons staan elke dag só voor belangrike werk. Ons staan voor ons opdrag om God se Woord te verkondig en te leef. Ons staan voor die taak om mense te vorm en dinge te doen en sê wat nie altyd maklik is om te doen en sê nie. Ons moet besluite neem en rigtings ingaan wat heeltemal onbekend is. En dan, skielik, voel ons weer soos ’n kind: onervare en uit die veld geslaan ...
Jeremia het ’n baie moeilike en groot opdrag gehad om uit te voer vir die Here en hy was maar, volgens studies, omtrent tussen 17 en 20 jaar oud gewees – onervare met baie min ondervinding en min aansien onder die volk, as gevolg van sy ouderdom. Maar, hoor hoe mooi het God weer aan hom bevestig Wie Hy (God) is vir elkeen van ons ook wat Hy roep om diensbaar te wees vir Hom:
“⁴𝐷𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑡𝑜𝑡 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚: ⁵ “𝑁𝑜𝑔 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑑𝑎𝑡 𝐸𝑘 𝑗𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑣𝑜𝑟𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑎𝑎𝑟𝑚𝑜𝑒𝑑𝑒𝑟, ℎ𝑒𝑡 𝐸𝑘 𝑗𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑘𝑒𝑛; 𝑛𝑜𝑔 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑦 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑔𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑑𝑒𝑟𝑠𝑘𝑜𝑜𝑡, ℎ𝑒𝑡 𝐸𝑘 𝑗𝑜𝑢 𝑔𝑒ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔. 𝐴𝑠 𝑝𝑟𝑜𝑓𝑒𝑒𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑠𝑖𝑒𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝐸𝑘 𝑗𝑜𝑢 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑒𝑚.” ⁶𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑝 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑘 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐴𝑔, 𝑚𝑦 𝐻𝑒𝑒𝑟, 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑘𝑦𝑘, 𝑒𝑘 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 ℎ𝑜𝑒 𝑜𝑚 𝑡𝑒 𝑝𝑟𝑎𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑒𝑘 𝑖𝑠 𝑛𝑜𝑔 '𝑛 𝑘𝑖𝑛𝑑.” ⁷𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝑀𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑒̂, ‘𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑛𝑜𝑔 '𝑛 𝑘𝑖𝑛𝑑’ 𝑛𝑖𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑛𝑎 𝑤𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑘 𝑎𝑙 𝐸𝑘 𝑗𝑜𝑢 𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑦 𝑔𝑎𝑎𝑛, 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑜𝑘 𝑎𝑙 𝐸𝑘 𝑗𝑜𝑢 𝑏𝑒𝑣𝑒𝑒𝑙, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑦 𝑠𝑒̂. ⁸𝐽𝑦 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑎𝑛𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑏𝑦 𝑗𝑜𝑢 𝑜𝑚 𝑗𝑜𝑢 𝑡𝑒 𝑟𝑒𝑑,” 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑠𝑝𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒. ⁹𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑡𝑜𝑒 𝑠𝑦 ℎ𝑎𝑛𝑑 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑠𝑡𝑒𝑒𝑘 𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑚𝑜𝑛𝑑 𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑟𝑎𝑎𝑘. 𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐾𝑦𝑘, 𝐸𝑘 𝑙𝑒̂ 𝑚𝑦 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 𝑖𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑚𝑜𝑛𝑑. ¹⁰ “𝐿𝑒𝑡 𝑜𝑝, 𝐸𝑘 𝑠𝑡𝑒𝑙 𝑗𝑜𝑢 𝑣𝑎𝑛𝑑𝑎𝑔 𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑜𝑟 𝑛𝑎𝑠𝑖𝑒𝑠 𝑒𝑛 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑘𝑟𝑦𝑘𝑒 𝑜𝑚 𝑢𝑖𝑡 𝑡𝑒 𝑟𝑢𝑘 𝑒𝑛 𝑎𝑓 𝑡𝑒 𝑏𝑟𝑒𝑒𝑘, 𝑜𝑚 𝑡𝑒𝑛 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑡𝑒 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑒𝑛 𝑝𝑙𝑎𝑡 𝑡𝑒 𝑠𝑙𝑎𝑎𝑛, 𝑜𝑚 𝑡𝑒 𝑏𝑜𝑢 𝑒𝑛 𝑡𝑒 𝑝𝑙𝑎𝑛𝑡.”” – Jeremia 1:4-10 (AFR20)
Neem hierdie woorde vandag vir jouself. Glo dit. God gaan met jou, oral waar jy mag gaan en Hy sal jou krag, leiding en vrede gee. As die lewe jou laat voel soos ’n kind en jy staan verbysterd voor uitdagings en take, weet verseker dat jy nie te jonk is nie. God jou sal help.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Wanneer ek verbysterd en verbouereerd staan voor die lewe, moet ek net rustig raak en in God se teenwoordigheid my rus en vrede vind. God is met my en Hy sal my lei om die regte ding te doen.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, lei my elke dag en lê die woorde in my mond. Dankie dat ek nie bang hoef te wees vir enigiets of enigiemand nie. Laat my bou en plant vir U koninkryk en laat my afbreek en uitruk uit my lewe wat nie daar hoort nie. Laat my liefde vir U vanuit my hele hart, siel en verstand kom, sodat my gedagtes, my woorde en my dade sal wees tot U eer en verheerliking. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟏-𝟎𝟗 – 𝐁𝐞𝐫𝐠𝐞 𝐞𝐧 𝐦𝐨𝐥𝐬𝐡𝐨𝐩𝐞. (Kliek hier vir die klankgreep)
Omdat die lewe, in meeste gevalle, onvoorspelbaar is, word ons dikwels onkant betrap as iets gebeur. Verwarring, verslaenheid, selfs stres en paniek kan ons oorval. Ons vra dikwels vrae oor wat ons ander kon doen om dalk iets te kon voorkom of verhoed. Ons gedagtes begin partykeer ook op ’n vêr, onbekende reis gaan die vreemde toekoms in en ons begin planne maak en “wat-as” scenario’s skep, sodat ons dalk beter voorbereid kan wees as iets dalk sou gebeur.
Terwyl dit goed is om toekomsbeplanning te doen, moet ons besef dat nie een van ons kan verseker wat die toekoms gaan bring nie en die beplanning wat ons doen, hang nogsteeds af van talle faktore. Ons kan beplan, maar ons moet altyd gereed wees vir onbeplande voorvalle en gebeurtenisse.
Die moeilikheid wat ons soms onsself inkry met die vêr vooruitbeplanning wat ons probeer maak, is dat ons in ons gedagtes probeer om vir alle bekende, 𝘮𝘰𝘰𝘯𝘵𝘭𝘪𝘬𝘦 onvoorsiene dinge voorsorg te tref. Ons sien die molshopies doer vêr en, vanuit die hoek wat ons hulle bekyk, lyk hulle soos berge. Partykeer lê ons dan snags wakker of ons word wakker in die oggend en die dag lê soos ’n groot berg voor ons. Ons het te veel om te doen en te min tyd. Of ons weet daar wag onaangename take (of mense) voor. Ons probeer positief bly, maar hoe moet ons nogsteeds hoop? Al die berge lê dan voor... Berge wat eintlik molshope is.
Jeremia het ook baie slegte tye deurgemaak, maar tog het die oggend – die nuwe dag – vir hom hoop gebied. Deur slegte tye, het hy ’n punt daarvan gemaak om sy vreugde in die Here te vind en sy hoop op Hom te vestig.
“¹⁸𝐸𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑑𝑖𝑛𝑘 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑘𝑙𝑎𝑎𝑟 𝑚𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑒𝑛 𝑚𝑒𝑡 𝑚𝑦 ℎ𝑜𝑜𝑝 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒. ¹⁹𝐷𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑑𝑎𝑔𝑡𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑒𝑙𝑙𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑣𝑟𝑒𝑒𝑚𝑑𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑖𝑠 𝑔𝑎𝑙 𝑒𝑛 𝑔𝑖𝑓 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦; ²⁰𝑎𝑠 𝑒𝑘 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑜𝑜𝑟 𝑛𝑎𝑑𝑖𝑛𝑘, 𝑑𝑟𝑎𝑎𝑖 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑑𝑎𝑔𝑡𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑠. ²¹𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖́𝑡 𝑠𝑎𝑙 𝑒𝑘 𝑡𝑒𝑟 ℎ𝑎𝑟𝑡𝑒 𝑛𝑒𝑒𝑚 𝑒𝑛 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒́ 𝑟𝑒𝑑𝑒 𝑏𝑙𝑦 𝑒𝑘 ℎ𝑜𝑜𝑝: ²²𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒; 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑒𝑖𝑛𝑑𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑜𝑛𝑡𝑓𝑒𝑟𝑚𝑖𝑛𝑔 𝑛𝑖𝑒, ²³𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑒𝑙𝑘𝑒 𝑚𝑜̂𝑟𝑒 𝑛𝑢𝑢𝑡. 𝑈 𝑡𝑟𝑜𝑢 𝑖𝑠 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡. ²⁴𝐸𝑘 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦𝑠𝑒𝑙𝑓: 𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑚𝑦 𝑙𝑒𝑤𝑒, 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 ℎ𝑜𝑜𝑝 𝑒𝑘 𝑜𝑝 𝐻𝑜𝑚. ²⁵𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑣𝑖𝑟 𝑤𝑖𝑒 𝑜𝑝 𝐻𝑜𝑚 𝑏𝑙𝑦 ℎ𝑜𝑜𝑝, 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑎 𝑠𝑦 𝑤𝑖𝑙 𝑣𝑟𝑎; ²⁶𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑑𝑢𝑙𝑑𝑖𝑔 𝑡𝑒 𝑤𝑎𝑔 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑢𝑙𝑝 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒;” – Klaagliedere 3:18-26 (AFR83)
Vandag is ’n nuwe dag. Elke dag is ’n nuwe dag. Moenie vashou aan gister nie – dis verby. Verwag nuwe, groot dinge. God is by jou. Verwag dat Hy nou reeds alles nuut maak vir jou. Jou woorde, jou aksies, jou houding. Hy is ons Hoop! Word stil voor die Here en laat Hom toe om elke dag ’n nuwe dag te maak vir jou. Laat Hy jou voorberei en betree jou wêreld met hoop en verwagting dat God oral met jou sal gaan en jou sal seën.
Los die molshope van die toekoms in die toekoms en trap dié wat vandag voor jou is plat. As daar skielik ’n berg is, weet dat jy dit kan klim en altyd sal triomfeer met God aan jou kant.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Die dag van môre is eers môre. Ek leef vandag en ek sal lewe vandag. God is altyd by my en sy sorg en beskerming sal altyd oor my wees. Ek hoef nie te bekommer nie.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Baie dankie, almagtige, ewige God, dat U in beheer is – van my lewe, van alles. Ek vertrou op U. U is my krag en my hoop. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟏-𝟎𝟓 – 𝐍𝐢𝐤𝐬 𝐢𝐬 𝐨𝐧𝐦𝐨𝐨𝐧𝐭𝐥𝐢𝐤 𝐧𝐢𝐞. (Kliek hier vir die klankgreep)
Een van die bekendste verse wat mense ken as dit kom by moed hou in moeilike omstandighede, is Josua 1:9. Josua het ’n baie moeilike taak gehad. Moses was die een wat deur God gebruik was om sy volk in die Beloofde Land te kry en al het Moses nie self die land ingegaan nie, was hulle nou daar en het daar nog baie werk voorgelê. Daar was talle ander volke wat baie weerstand sou bied en nie sommer net die land sou oorgee aan die Israeliete nie.
Ek kan myself net indink hoe Josua – alhoewel baie dapper – nogsteeds op sy senuwees sou wees oor hierdie monumentale taak voor hom. Hoe volg jy in die voetspore van iemand soos Moses? Hoe sal jy ooit in daardie skoene kan staan? God sê dan vir Josua:
“⁵𝑆𝑜𝑙𝑎𝑛𝑘 𝑗𝑦 𝑙𝑒𝑒𝑓, 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑘𝑎𝑛 𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑ℎ𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒. 𝑆𝑜𝑜𝑠 𝐸𝑘 𝑏𝑦 𝑀𝑜𝑠𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑠, 𝑠𝑎𝑙 𝐸𝑘 𝑏𝑦 𝑗𝑜𝑢 𝑤𝑒𝑒𝑠. 𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑒𝑘 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑒𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒. ⁶𝑊𝑒𝑒𝑠 𝑑𝑎𝑝𝑝𝑒𝑟 𝑒𝑛 𝑠𝑡𝑒𝑟𝑘, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑗𝑦 𝑚𝑜𝑒𝑡 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑑 𝑖𝑛 𝑏𝑒𝑠𝑖𝑡 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑛𝑒𝑒𝑚 𝑤𝑎𝑡 𝐸𝑘 𝑚𝑒𝑡 '𝑛 𝑒𝑒𝑑 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑏𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑚 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑡𝑒 𝑔𝑒𝑒. ⁷𝑊𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑒𝑡 𝑏𝑎𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑝𝑝𝑒𝑟 𝑒𝑛 𝑠𝑡𝑒𝑟𝑘, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑦 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑀𝑜𝑠𝑒𝑠, 𝑚𝑦 𝑑𝑖𝑒𝑛𝑠𝑘𝑛𝑒𝑔, 𝑗𝑜𝑢 𝑏𝑒𝑣𝑒𝑒𝑙 ℎ𝑒𝑡, 𝑛𝑜𝑢𝑔𝑒𝑠𝑒𝑡 𝑢𝑖𝑡𝑣𝑜𝑒𝑟. 𝑀𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑛𝑘𝑠 𝑜𝑓 𝑟𝑒𝑔𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑣𝑎𝑛 𝑎𝑓𝑤𝑦𝑘 𝑛𝑖𝑒, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑦 𝑠𝑢𝑘𝑠𝑒𝑠 𝑘𝑎𝑛 𝑏𝑒ℎ𝑎𝑎𝑙 𝑜𝑟𝑎𝑙 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑗𝑦 𝑔𝑎𝑎𝑛. ⁸𝐻𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 •𝑏𝑜𝑒𝑘𝑟𝑜𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑚𝑎𝑔 𝑛𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑚𝑜𝑛𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑤𝑦𝑛 𝑛𝑖𝑒. 𝐽𝑦 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑑𝑎𝑔 𝑒𝑛 𝑛𝑎𝑔 𝑚𝑦𝑚𝑒𝑟𝑒𝑛𝑑 𝑝𝑟𝑒𝑤𝑒𝑙, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑦 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑖𝑛 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓 𝑖𝑠, 𝑛𝑜𝑢𝑔𝑒𝑠𝑒𝑡 𝑘𝑎𝑛 𝑛𝑎𝑘𝑜𝑚; 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑎𝑛 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑦 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑠𝑝𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑜𝑝 𝑗𝑜𝑢 𝑝𝑎𝑑; 𝑑𝑎𝑛 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑦 𝑠𝑢𝑘𝑠𝑒𝑠 𝑏𝑒ℎ𝑎𝑎𝑙.” – Josua 1:5-8 (AFR20)
Alles is bevestiging wat God self vir Josua gee. Bevestiging en ’n duidelike opdrag: ‘Hou by my Woord en dinge sal goed gaan. Wees gehoorsaam aan My en ek sal jou en my volk deur jou seën. Dit wat jy gedink het dalk onmoontlik is, is moontlik , want: Ek is by jou.’ Dis wat die Here vir Josua sê.
Hoeveel keer staan ons ook voor moeilike take en uitdagings? Veral so in die begin van ’n jaar, wanneer ons ons voornemens het en so graag beter wil doen hierdie jaar as verlede jaar. Ons stel dalk ons verwagtings te hoog. Dit is haalbaar, maar ons begin twyfel of ons dit sal maak. Ons weet eintlik dat ons net ons beste moet gee en dat niemand eintlik meer as dit van ons kan verwag nie, maar ons is bang vir mislukking. Ons weet God is met ons en ons weet dat as ons aanhou om Hom te dien en gehoorsaam bly aan sy opdragte en voorskrifte, sal dit met ons goed gaan, maar ons begin half paniekbevange raak as ons begin dink dat sekere take van ons afhang: ons alleen...
Só het Josua dalk ook nogsteeds gedink – selfs nadat God hom verseker het dat hy nie alleen is nie. Dan kom gee God vir Josua en elkeen van ons weer die bevestiging en Hy herinner ons weer en weer dat ons niks hoef te vrees nie:
“⁹𝐻𝑒𝑡 𝐸𝑘 𝑗𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑣𝑒𝑒𝑙, ‘𝑊𝑒𝑒𝑠 𝑑𝑎𝑝𝑝𝑒𝑟 𝑒𝑛 𝑠𝑡𝑒𝑟𝑘’ 𝑛𝑖𝑒? 𝑀𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑝𝑎𝑛𝑖𝑒𝑘𝑏𝑒𝑣𝑎𝑛𝑔𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑒𝑛 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑎𝑓𝑠𝑘𝑟𝑖𝑘 𝑛𝑖𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑗𝑜𝑢 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠 𝑏𝑦 𝑗𝑜𝑢, 𝑜𝑟𝑎𝑙 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑗𝑦 𝑔𝑎𝑎𝑛.” – Josua 1:9 (AFR20)
Onthou: maak nie saak waar jy jou bevind hierdie jaar of watter enorme take dalk voor jou lê nie, wees dapper en sterk. God is met jou, oral waar jy gaan. Moenie dat mense of probleme of paw-paws wat met spoed op pad is na die waaier toe jou laat afskrik nie. Moenie paniekbevange raak nie. Weet en glo: “...die Here jou God is by jou, oral waar jy gaan.”
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Wanneer ek begin angsbevange of paniekerig raak oor iets, moet ek myself net herinner dat God by my is. Ek hoef vir niks bang te wees nie, want my God is groter as enigiets. God het belowe om oral met my te wees en Hy hou altyd sy beloftes. By God en saam met God is alles moontlik.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Baie dankie, Here God, dat U altyd by my is. In die tye wat my menslike swakheid intree en ek dalk begin twyfel, help my om te onthou dat U by my is en dat U altyd by my is, waar ek ook al gaan. Gee my die moed en dapperheid om die take te verrig wat ek moet verrig elke dag en om diensbaar te wees vir U. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟏-𝟎𝟒 – 𝐓𝐫𝐞𝐤 𝐮𝐢𝐭 𝐣𝐨𝐮 𝐬𝐚𝐧𝐝𝐚𝐥𝐞. (Kliek hier vir die klankgreep)
Baie van ons wonder soms wat presies ons roeping in die lewe is. Ons beroep en ons roeping is in meeste gevalle nie heeltemal dieselfde nie. Jy kan jou beroep beoefen, sonder om jou roeping uit te leef en jy kan jou roeping uitleef op ander plekke as jou beroep. In my geval, is ek baie gelukkig dat my roeping en my beroep hand aan hand loop. Ek is elke dag besig met God se Woord as ek oordenkings skryf, preke uitwerk, berading doen, kuier by mense – of wat ook al. Sien, eintlik is dit ’n keuse. Ek hoef nie altyd oral ’n dominee te wees nie, maar ek is altyd oral ’n volger van Christus. My roeping om die evangelie te verkondig stop nie as ek Sondae van die kansel afklim nie – dis ’n leefstyl.
Soms dink ons dat God ons gaan roep om iets groot te doen, soos Hy vir Moses geroep het:
“¹𝑀𝑜𝑠𝑒𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑠𝑦 𝑠𝑘𝑜𝑜𝑛𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟, 𝐽𝑒𝑡𝑟𝑜, 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑟𝑖𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑀𝑖𝑑𝑖𝑎𝑛, 𝑠𝑒 𝑘𝑙𝑒𝑖𝑛𝑣𝑒𝑒 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑝𝑎𝑠. 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑒𝑖𝑛𝑣𝑒𝑒 𝑑𝑖𝑒𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑒𝑠𝑡𝑦𝑛 𝑖𝑛 𝑔𝑒𝑗𝑎𝑎𝑔 𝑒𝑛 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚 𝑏𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑟𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑, 𝑏𝑦 𝐻𝑜𝑟𝑒𝑏. ²𝐷𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 •𝐸𝑛𝑔𝑒𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑜𝑚 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑘𝑦𝑛 𝑖𝑛 '𝑛 𝑣𝑢𝑢𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝑢𝑖𝑡 '𝑛 𝑑𝑜𝑟𝑖𝑛𝑔𝑏𝑜𝑠 𝑜𝑝𝑣𝑙𝑎𝑚. 𝑀𝑜𝑠𝑒𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 '𝑛 𝑑𝑜𝑟𝑖𝑛𝑔𝑏𝑜𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑟𝑎𝑛𝑑, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒́ 𝑑𝑜𝑟𝑖𝑛𝑔𝑏𝑜𝑠 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑠𝑜𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑒𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒. ³𝑇𝑜𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑘 𝑀𝑜𝑠𝑒𝑠, 𝑒𝑘 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑎𝑓𝑑𝑟𝑎𝑎𝑖, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑛𝑎 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑢𝑖𝑡𝑒𝑛𝑔𝑒𝑤𝑜𝑛𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑘𝑦𝑛𝑠𝑒𝑙 𝑘𝑎𝑛 𝑘𝑦𝑘. 𝑊𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑏𝑟𝑎𝑛𝑑 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑟𝑖𝑛𝑔𝑏𝑜𝑠 𝑑𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒? ⁴𝑇𝑜𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑦 𝑎𝑓𝑔𝑒𝑑𝑟𝑎𝑎𝑖 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑛𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑡𝑒 𝑏𝑒𝑘𝑦𝑘, ℎ𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑛𝑎 ℎ𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑟𝑖𝑛𝑔𝑏𝑜𝑠: “𝑀𝑜𝑠𝑒𝑠! 𝑀𝑜𝑠𝑒𝑠!” 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑: “𝐻𝑖𝑒𝑟 𝑖𝑠 𝑒𝑘!” ⁵𝑇𝑜𝑒 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒: “𝑀𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒. 𝑇𝑟𝑒𝑘 𝑗𝑜𝑢 𝑠𝑎𝑛𝑑𝑎𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑣𝑜𝑒𝑡𝑒 𝑎𝑓, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑙𝑒𝑘 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑜𝑝 𝑗𝑦 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛, 𝑖𝑠 ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑.”” – Eksodus 3:1-5 (AFR20)
Ons lees gewoonlik hier raak dat God op ’n buitengewone, bonatuurlike manier Moses se aandag getrek het, maar ons vergeet dat Moses besig was met wat, in daardie stadium van sy lewe, sy beroep was. Hy was besig met ’n alledaagse taak, sy daaglikse werk.
Ons weet natuurlik dat die verhaal vêrder gaan oor hoe God vir Moses op ’n kragtige manier gebruik het om die volk te verlos uit Egiptiese slawerny. Maar, alles het begin op ’n gewone dag, met gewone, alledaagse dinge wat besig was om te gebeur. Moses het skielik besef dat God jou roep soos en waar Hy wil. God herinner dan ook vir Moses dat Hy moet besef in Wie se teenwoordigheid hy is.
Dalk is jy nogsteeds onseker oor die jaar wat voorlê. Dalk beplan jy ’n beroepsverandering of skuif. Dalk wonder jy oor wat presies jou roeping is.
Soos God destyds raakgesien het hoe sy volk in ellende verkeer en Hy ’n uitkoms beplan het, só maak Hy nog elke dag vir elkeen van ons. Die ellende wat die sonde meebring, het Jesus Christus finaal aan die kruis mee afgereken, maar die gevolge van die sondige wêreld is nog altyd met ons. God sal uitkoms bring vir jou en my en déúr jou en my. Hou net aan om te doen wat jy elke dag doen – die alledaagse normale dinge. Doen jou werk met ywer, asof vir die Here (Ef. 6:7 & Kol. 3:23-25). Leef die deel van jou roeping om die evangelie te verkondig uit daar waar jy is. Leef die nuwe lewe in Christus. Verkondig God se vrede en liefde – met of sonder woorde. En maak tyd om jou sandale uit te trek en in die heilige teenwoordigheid van God te kom, sodat Hy sy planne met jou kan deel.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
God gebruik my oral waar ek gaan. Deel van my roeping is om net daar te wees waar ek is, want God wil my daar gebruik om sy liefde en genade te leef vir ander. God seën my, sodat ek ander tot seën kan wees.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here, dankie vir my daaglikse take. Dankie dat ek dit vir U kan doen. Dankie dat ek in ales wat ek doen en oral waar ek is, ’n lamp kan wees wat helder skyn vir U. Dankie dat ek ook in U heilige teenwoordigheid mag wees. Wys my die pad wat ek moet gaan en ook hoe en waar U my wil gebruik. Tot U eer. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟏-𝟎𝟑 – 𝐒𝐞𝐞̈𝐧 𝐯𝐢𝐫 𝐨𝐧𝐬 𝐫𝐞𝐠𝐞𝐫𝐢𝐧𝐠. (Kliek hier vir die klankgreep)
Ons het nie meer baie konings oor in die wêreld nie. Slegs 38 lande het nog koninklike families en meeste van daardie lande het ook ’n parlement of staatsregering wat na die politiese sake van die land omsien. In die meeste lande vandag, is daar ’n staatspresident of ’n eerste minister wat die leiding neem en die opdragte uitvoer soos die konings in die verlede dit gedoen het.
Konings se rol in die verlede was om om te sien na die landsburgers. ’n Goeie koning was regverdig en het gesorg dat daar genoeg is vir al die mense. ’n Koning moes ook sorg dat almal veilig is en dat daar geen geweld, oorlog, diskriminasie of uitbuiting van burgers is nie. Die konings van God se volk, Israel, was destyds gesalf en die salwing was simbolies gewees van die seën van die Here wat oor hul sal wees – soos die olie oor hulle koppe en lywe geloop het. Dit het gedui daarop dat hulle verstandige besluite moet neem en ook só optree, sodat God se geregtigheid sal heers.
Hoe gereeld bid ons nog vir ons regering en ons heersers? Hoe gereeld vra ons nog dat God deur hulle sal regeer en dat hulle ’n instrument sal wees vir God. Ons word so gou teleurgestel deur dinge wat sommige van hierdie mense doen en besluit, dat ons gou vergeet dat hulle mense is. Mense maak foute. In die verlede het konings ook groot foute gemaak. Maar elke keer as Israel se konings hulself weer na God gewend en hulself aan Hom onderwerp het, het God se genade, liefde, sorg en geregtigheid weer geheers.
Waar ons nou staan aan die begin van ’n jaar, laat ons weer bid vir ons regering en ons staatspresident. In Psalm 72 het Salomo, seun van Dawid, ’n gebed van Dawid neergeskryf wat ons gereeld kan bid en van toepassing maak vir ons ook.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek moet meer gereeld bid vir ons land se regering. Mag God hulle seën, sodat hulle tot seën kan wees vir ons almal.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Aan die hand van Psalm 72:1-19 (AFR20) en aangepas vir Suid-Afrika:
“𝘖 𝘎𝘰𝘥, 𝘨𝘦𝘦 𝘶 𝘣𝘦𝘴𝘭𝘪𝘴𝘴𝘪𝘯𝘨𝘴 𝘢𝘢𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘱𝘳𝘦𝘴𝘪𝘥𝘦𝘯𝘵, 𝘶 𝘨𝘦𝘳𝘦𝘨𝘵𝘪𝘨𝘩𝘦𝘪𝘥 𝘢𝘢𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘰𝘯𝘥𝘦𝘳𝘥𝘢𝘯𝘦 𝘷𝘢𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘱𝘳𝘦𝘴𝘪𝘥𝘦𝘯𝘵.
𝘔𝘢𝘨 𝘩𝘺 𝘶 𝘷𝘰𝘭𝘬 𝘮𝘦𝘵 𝘨𝘦𝘳𝘦𝘨𝘵𝘪𝘨𝘩𝘦𝘪𝘥 𝘰𝘰𝘳𝘥𝘦𝘦𝘭, 𝘶 𝘮𝘢𝘨𝘵𝘦𝘭𝘰𝘴𝘦𝘴 𝘮𝘦𝘵 𝘣𝘪𝘭𝘭𝘪𝘬𝘩𝘦𝘪𝘥.
𝘔𝘢𝘨 𝘥𝘪𝘦 𝘣𝘦𝘳𝘨𝘦 𝘷𝘳𝘦𝘥𝘦 𝘣𝘳𝘪𝘯𝘨 𝘷𝘪𝘳 𝘥𝘪𝘦 𝘷𝘰𝘭𝘬, 𝘦𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘩𝘦𝘶𝘸𝘦𝘭𝘴 𝘨𝘦𝘳𝘦𝘨𝘵𝘪𝘨𝘩𝘦𝘪𝘥.
𝘏𝘺 𝘴𝘢𝘭 𝘥𝘪𝘦 𝘮𝘢𝘨𝘵𝘦𝘭𝘰𝘴𝘦𝘴 𝘷𝘢𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘷𝘰𝘭𝘬 𝘴𝘦 𝘳𝘦𝘨𝘵𝘦 𝘩𝘢𝘯𝘥𝘩𝘢𝘢𝘧, 𝘥𝘪𝘦 𝘬𝘪𝘯𝘥𝘦𝘳𝘴 𝘷𝘢𝘯 𝘣𝘦𝘩𝘰𝘦𝘧𝘵𝘪𝘨𝘦𝘴 𝘷𝘦𝘳𝘭𝘰𝘴, 𝘮𝘢𝘢𝘳 𝘰𝘯𝘥𝘦𝘳𝘥𝘳𝘶𝘬𝘬𝘦𝘳𝘴 𝘷𝘦𝘳𝘱𝘭𝘦𝘵𝘵𝘦𝘳.
𝘏𝘶𝘭𝘭𝘦 𝘴𝘢𝘭 𝘷𝘪𝘳 𝘜 𝘰𝘯𝘵𝘴𝘢𝘨 𝘩𝘦̂ 𝘴𝘰𝘭𝘢𝘯𝘬 𝘥𝘪𝘦 𝘴𝘰𝘯 𝘦𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘮𝘢𝘢𝘯 𝘯𝘰𝘨 𝘥𝘢𝘢𝘳 𝘪𝘴, 𝘷𝘪𝘳 𝘨𝘦𝘴𝘭𝘢𝘨𝘵𝘦 𝘭𝘢𝘯𝘬.
𝘔𝘢𝘨 𝘥𝘪𝘦 𝘬𝘰𝘯𝘪𝘯𝘨 𝘸𝘦𝘦𝘴 𝘴𝘰𝘰𝘴 𝘳𝘦𝘦̈𝘯 𝘸𝘢𝘵 𝘯𝘦𝘦𝘳𝘥𝘢𝘢𝘭 𝘰𝘱 '𝘯 𝘨𝘦𝘴𝘯𝘺𝘥𝘦 𝘨𝘳𝘢𝘴𝘷𝘦𝘭𝘥, 𝘴𝘰𝘰𝘴 𝘳𝘦𝘦̈𝘯𝘣𝘶𝘪𝘦 𝘸𝘢𝘵 𝘥𝘪𝘦 𝘢𝘢𝘳𝘥𝘦 𝘥𝘦𝘶𝘳𝘸𝘦𝘦𝘬.
𝘐𝘯 𝘴𝘺 𝘵𝘺𝘥 𝘴𝘢𝘭 𝘳𝘦𝘨𝘷𝘦𝘳𝘥𝘪𝘨𝘦𝘴 𝘧𝘭𝘰𝘳𝘦𝘦𝘳, 𝘥𝘢𝘢𝘳 𝘴𝘢𝘭 𝘷𝘳𝘦𝘥𝘦 𝘪𝘯 𝘰𝘰𝘳𝘷𝘭𝘰𝘦𝘥 𝘸𝘦𝘦𝘴 𝘵𝘰𝘵 𝘥𝘪𝘦 𝘮𝘢𝘢𝘯 𝘯𝘪𝘦 𝘮𝘦𝘦𝘳 𝘥𝘢𝘢𝘳 𝘪𝘴 𝘯𝘪𝘦.
𝘔𝘢𝘨 𝘩𝘺 𝘩𝘦𝘦𝘳𝘴 𝘷𝘢𝘯 𝘴𝘦𝘦 𝘵𝘰𝘵 𝘴𝘦𝘦, 𝘷𝘢𝘯 𝘉𝘦𝘪𝘵𝘣𝘳𝘶𝘨 𝘪𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘯𝘰𝘰𝘳𝘥𝘦 𝘵𝘰𝘵 𝘒𝘢𝘢𝘱 𝘈𝘨𝘶𝘭𝘩𝘢𝘴 𝘪𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘴𝘶𝘪𝘥𝘦 𝘦𝘯 𝘵𝘰𝘵 𝘢𝘢𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘶𝘪𝘵𝘩𝘰𝘦𝘬𝘦 𝘷𝘢𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘢𝘢𝘳𝘥𝘦.
𝘝𝘰𝘰𝘳 𝘩𝘰𝘮 𝘴𝘢𝘭 𝘥𝘪𝘦 𝘰𝘯𝘨𝘦𝘭𝘰𝘸𝘪𝘨𝘦𝘴 𝘬𝘯𝘪𝘦𝘭, 𝘦𝘯 𝘴𝘺 𝘷𝘺𝘢𝘯𝘥𝘦 𝘴𝘢𝘭 𝘸𝘦𝘨𝘷𝘭𝘶𝘨.
𝘋𝘪𝘦 𝘩𝘦𝘦𝘳𝘴𝘦𝘳𝘴 𝘷𝘢𝘯 𝘢𝘯𝘥𝘦𝘳 𝘭𝘢𝘯𝘥𝘦 𝘴𝘢𝘭 𝘩𝘶𝘭𝘥𝘦 𝘣𝘳𝘪𝘯𝘨 𝘦𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦̂𝘳𝘦𝘭𝘥 𝘴𝘢𝘭 𝘩𝘶𝘭𝘱 𝘭𝘦𝘸𝘦𝘳.
𝘈𝘭 𝘥𝘪𝘦 𝘢𝘯𝘥𝘦𝘳 𝘩𝘦𝘦𝘳𝘴𝘦𝘳𝘴 𝘴𝘢𝘭 𝘥𝘪𝘦𝘱 𝘷𝘰𝘰𝘳 𝘩𝘰𝘮 𝘣𝘶𝘪𝘨, 𝘢𝘭 𝘥𝘪𝘦 𝘯𝘢𝘴𝘪𝘦𝘴 𝘴𝘢𝘭 𝘩𝘰𝘮 𝘥𝘪𝘦𝘯;
𝘸𝘢𝘯𝘵 𝘩𝘺 𝘴𝘢𝘭 𝘣𝘦𝘩𝘰𝘦𝘧𝘵𝘪𝘨𝘦𝘴 𝘸𝘢𝘵 𝘰𝘮 𝘩𝘶𝘭𝘱 𝘳𝘰𝘦𝘱, 𝘶𝘪𝘵𝘳𝘦𝘥, 𝘰𝘰𝘬 𝘮𝘢𝘨𝘵𝘦𝘭𝘰𝘴𝘦𝘴 𝘦𝘯 𝘮𝘦𝘯𝘴𝘦 𝘸𝘢𝘵 𝘯𝘪𝘦 𝘩𝘦𝘭𝘱𝘦𝘳𝘴 𝘩𝘦𝘵 𝘯𝘪𝘦.
𝘏𝘺 𝘴𝘢𝘭 𝘥𝘦𝘦𝘳𝘯𝘪𝘴 𝘩𝘦̂ 𝘮𝘦𝘵 𝘩𝘶𝘭𝘱𝘦𝘭𝘰𝘴𝘦𝘴 𝘦𝘯 𝘣𝘦𝘩𝘰𝘦𝘧𝘵𝘪𝘨𝘦𝘴; 𝘥𝘪𝘦 𝘭𝘦𝘸𝘦𝘯𝘴 𝘷𝘢𝘯 𝘣𝘦𝘩𝘰𝘦𝘧𝘵𝘪𝘨𝘦𝘴 𝘴𝘢𝘭 𝘩𝘺 𝘣𝘦𝘷𝘳𝘺.
𝘝𝘢𝘯 𝘰𝘯𝘥𝘦𝘳𝘥𝘳𝘶𝘬𝘬𝘪𝘯𝘨 𝘦𝘯 𝘨𝘦𝘸𝘦𝘭𝘥 𝘴𝘢𝘭 𝘩𝘺 𝘩𝘶𝘭𝘭𝘦 𝘭𝘦𝘸𝘦 𝘷𝘳𝘺𝘬𝘰𝘰𝘱. 𝘏𝘶𝘭𝘭𝘦 𝘣𝘭𝘰𝘦𝘥 𝘴𝘢𝘭 𝘬𝘰𝘴𝘣𝘢𝘢𝘳 𝘸𝘦𝘦𝘴 𝘪𝘯 𝘴𝘺 𝘰𝘦̈.
𝘔𝘢𝘨 𝘩𝘺 𝘭𝘢𝘯𝘬 𝘭𝘦𝘸𝘦! 𝘔𝘦𝘯𝘴𝘦 𝘴𝘢𝘭 𝘷𝘪𝘳 𝘩𝘰𝘮 𝘴𝘬𝘢𝘵𝘵𝘦 𝘷𝘢𝘯 𝘰𝘳𝘢𝘭 𝘣𝘳𝘪𝘯𝘨, 𝘰𝘮 𝘸𝘦𝘦𝘳 𝘷𝘪𝘳 𝘥𝘪𝘦 𝘮𝘦𝘯𝘴𝘦 𝘷𝘢𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘭𝘢𝘯𝘥 𝘵𝘦 𝘨𝘦𝘦; 𝘩𝘶𝘭𝘭𝘦 𝘴𝘢𝘭 𝘷𝘰𝘰𝘳𝘵𝘥𝘶𝘳𝘦𝘯𝘥 𝘷𝘪𝘳 𝘩𝘰𝘮 𝘣𝘪𝘥 𝘦𝘯 𝘩𝘰𝘮 𝘥𝘪𝘦 𝘩𝘦𝘭𝘦 𝘥𝘢𝘨 𝘥𝘦𝘶𝘳 𝘴𝘦𝘦̈𝘯 𝘵𝘰𝘦𝘸𝘦𝘯𝘴.
𝘔𝘢𝘨 𝘥𝘪𝘦 𝘭𝘢𝘯𝘥 𝘰𝘰𝘳𝘵𝘳𝘦𝘬 𝘸𝘦𝘦𝘴 𝘮𝘦𝘵 𝘨𝘳𝘢𝘢𝘯
𝘔𝘦𝘯𝘴𝘦 𝘪𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘴𝘵𝘦𝘥𝘦 𝘴𝘢𝘭 𝘪𝘯 𝘣𝘭𝘰𝘦𝘪 𝘴𝘵𝘢𝘢𝘯 𝘴𝘰𝘰𝘴 𝘥𝘪𝘦 𝘱𝘭𝘢𝘯𝘵𝘦 𝘷𝘢𝘯 𝘥𝘪𝘦 𝘭𝘢𝘯𝘥.
𝘔𝘢𝘨 𝘴𝘺 𝘳𝘰𝘦𝘮 𝘷𝘪𝘳 𝘢𝘭𝘵𝘺𝘥 𝘥𝘶𝘶𝘳, 𝘴𝘺 𝘯𝘢𝘢𝘮 𝘷𝘰𝘰𝘳𝘵𝘭𝘦𝘦𝘧 𝘴𝘰𝘭𝘢𝘯𝘬 𝘥𝘪𝘦 𝘴𝘰𝘯 𝘣𝘦𝘴𝘵𝘢𝘢𝘯.
𝘔𝘦𝘯𝘴𝘦 𝘴𝘢𝘭 𝘸𝘦𝘯𝘴 𝘥𝘢𝘵 𝘩𝘶𝘭𝘭𝘦 𝘴𝘰 𝘨𝘦𝘴𝘦𝘦̈𝘯𝘥 𝘪𝘴 𝘴𝘰𝘰𝘴 𝘩𝘺; 𝘢𝘭 𝘥𝘪𝘦 𝘯𝘢𝘴𝘪𝘦𝘴 𝘴𝘢𝘭 𝘩𝘰𝘮 𝘨𝘦𝘭𝘶𝘬𝘬𝘪𝘨 𝘯𝘰𝘦𝘮.
𝘋𝘪𝘦 𝘏𝘦𝘳𝘦 𝘎𝘰𝘥, 𝘥𝘪𝘦 𝘎𝘰𝘥 𝘷𝘢𝘯 𝘚𝘶𝘪𝘥-𝘈𝘧𝘳𝘪𝘬𝘢, 𝘮𝘰𝘦𝘵 𝘨𝘦𝘱𝘳𝘺𝘴 𝘸𝘰𝘳𝘥, 𝘏𝘺 𝘸𝘢𝘵 𝘸𝘰𝘯𝘥𝘦𝘳𝘴 𝘥𝘰𝘦𝘯, 𝘯𝘦𝘵 𝘏𝘺 𝘢𝘭𝘭𝘦𝘦𝘯.
𝘚𝘺 𝘭𝘶𝘪𝘴𝘵𝘦𝘳𝘳𝘺𝘬𝘦 𝘕𝘢𝘢𝘮 𝘮𝘰𝘦𝘵 𝘷𝘪𝘳 𝘦𝘸𝘪𝘨 𝘨𝘦𝘱𝘳𝘺𝘴 𝘸𝘰𝘳𝘥; 𝘮𝘢𝘨 𝘴𝘺 𝘩𝘦𝘦𝘳𝘭𝘪𝘬𝘩𝘦𝘪𝘥 𝘥𝘪𝘦 𝘩𝘦𝘭𝘦 𝘢𝘢𝘳𝘥𝘦 𝘷𝘶𝘭.
𝘈𝘮𝘦𝘯, 𝘢𝘮𝘦𝘯.”
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟎𝟏-𝟎𝟐 – 𝐃𝐢𝐞 𝐯𝐫𝐞𝐞𝐦𝐝𝐞 𝐍𝐮𝐰𝐞𝐣𝐚𝐚𝐫 𝐢𝐧 . . . (Kliek hier vir die klankgreep)
En so begin die nuwe jaar met die afsterwe van my skoonmoeder. Net die vorige aand, met die Oujaars erediens, vertel ek die mense dat ons dorp in die afgelope jaar ’n hele paar mense moes terugbesorg aan die Here en dat ons hulle nie afstaan aan die dood nie. Sien, dis deel van die hoop van ons met ons saamdra. Wanneer ons geliefdes sterf, gaan hulle na ’n plek waar die dood en siekte en enigiets sleg nie kan ingaan nie. Tog gaan ons die nuwe jaar in met al hierdie dinge nogsteeds in ons midde. Soms maak dit ons nogal bang en onseker oor dinge. Ons gaan ’n vreemde wêreld in elke dag en die onsekerheid maak ons ook dikwels onseker oor baie dinge – soms selfs die nabyheid van die Here.
Toe God vir Abram geroep het en Homself aan Abram voorgestel het, was Abram ook onseker gewees. Die mense in daardie tyd het baie gode aanbid, maar nie een van daardie gode was werklik nie. Nie een van daardie gode het ooit met die mens kontak gemaak nie. Nie een van daardie gode het persoonlike aandag gegee aan die mens nie, want daardie gode bestaan nie. Net God self het nog altyd uitgereik na die mens en die mens verseker van God se teenwoordigheid in die vreemde wêreld met al die uitdagings en moeilikheid.
“¹𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝐴𝑏𝑟𝑎𝑚 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐺𝑎𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑔 𝑢𝑖𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑙𝑎𝑛𝑑, 𝑤𝑒𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑓𝑎𝑚𝑖𝑙𝑖𝑒 𝑒𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑜𝑢𝑒𝑟ℎ𝑢𝑖𝑠, 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝐸𝑘 𝑗𝑜𝑢 𝑠𝑎𝑙 𝑤𝑦𝑠. ² “𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑜𝑢 '𝑛 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑛𝑎𝑠𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑘; 𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑜𝑢 𝑠𝑒𝑒̈𝑛 𝑒𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑛𝑎𝑎𝑚 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑚𝑎𝑎𝑘, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑦 '𝑛 𝑠𝑒𝑒̈𝑛 𝑠𝑎𝑙 𝑤𝑒𝑒𝑠. ³𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑒𝑒̈𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑠𝑒𝑒̈𝑛, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑖𝑒 𝑗𝑜𝑢 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑒𝑛𝑠, 𝑠𝑎𝑙 𝐸𝑘 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑙𝑜𝑒𝑘. 𝐸𝑛 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑠𝑎𝑙 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡𝑓𝑎𝑚𝑖𝑙𝑖𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑒𝑒̈𝑛𝑑 𝑤𝑒𝑒𝑠.” ⁴𝐴𝑏𝑟𝑎𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑔𝑎𝑎𝑛, 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑠𝑒̂ ℎ𝑒𝑡...” – Genesis 12:1-4a (AFR20)
Iemand het eenmaal gesê dat die enigste konstante ding in die lewe, is verandering. Dit is nogal waar en juis daarom sal ons nooit weet wat kom in die nuwe jaar of selfs môre of oormôre nie. Die vrede wat ons wel nou al kan ervaar, is dat God reeds daar is en dat ons moet gaan. Ons gaan die vreemde in met die wete dat God met ons saamgaan. Ons weet dat hartseer en uitdagings wag in die lewe, maar ons vrees dit nie, want God is met ons. Ons weet dat wanneer ons gehoorsaam is aan God en volg waar Hy ons lei, sal sy beloftes vir ons vandag nog net sowaar wees soos vir Abram. God se seën is op ons, sodat ons ook ander tot seën kan wees.
Wat ook al kom vandag, môre, oormôre of die res van die jaar, hoor die seën wat Dawid in Psalm 20 aan jou bied:
“²𝑀𝑎𝑔 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑢 𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑏𝑒𝑛𝑜𝑢𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑; 𝑚𝑎𝑔 𝑑𝑖𝑒 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑎𝑘𝑜𝑏 𝑢 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑒𝑟𝑚.
³𝑀𝑎𝑔 𝐻𝑦 𝑣𝑖𝑟 𝑢 ℎ𝑢𝑙𝑝 𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑑𝑜𝑚, 𝑒𝑛 𝑢 𝑢𝑖𝑡 𝑆𝑖𝑜𝑛 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠𝑡𝑒𝑢𝑛.
⁴𝑀𝑎𝑔 𝐻𝑦 𝑎𝑙 𝑢 𝑜𝑓𝑓𝑒𝑟𝑔𝑎𝑤𝑒𝑠 𝑖𝑛 𝑔𝑒𝑑𝑎𝑔𝑡𝑒 ℎ𝑜𝑢, 𝑢 •𝑏𝑟𝑎𝑛𝑑𝑜𝑓𝑓𝑒𝑟𝑠 𝑎𝑎𝑛𝑣𝑎𝑎𝑟𝑏𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑖𝑛𝑑. •𝑆𝑒𝑙𝑎
⁵𝑀𝑎𝑔 𝐻𝑦 𝑎𝑎𝑛 𝑢 𝑔𝑒𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑢 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑎𝑛𝑔, 𝑒𝑛 𝑒𝑙𝑘𝑒𝑒𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑢 𝑝𝑙𝑎𝑛𝑛𝑒 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑠𝑙𝑎𝑎𝑔.
⁶𝑂𝑛𝑠 𝑤𝑖𝑙 𝑗𝑢𝑖𝑔 𝑜𝑜𝑟 𝑢 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠𝑠𝑖𝑛𝑔, 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝐺𝑜𝑑 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑎𝑎𝑛𝑑𝑒𝑙 ℎ𝑜𝑜𝑔 ℎ𝑜𝑢. 𝑀𝑎𝑔 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑎𝑙 𝑢 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑘𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑑𝑜𝑒𝑛!
⁷𝑁𝑜𝑢 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑒𝑘 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑠𝑦 𝑔𝑒𝑠𝑎𝑙𝑓𝑑𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠; 𝐻𝑦 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑜𝑚 𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑢𝑖𝑡 𝑠𝑦 •ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑚𝑒𝑡 𝑘𝑟𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠𝑠𝑖𝑛𝑔𝑠𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 •𝑟𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟ℎ𝑎𝑛𝑑.
⁸𝑃𝑎𝑟𝑡𝑦 𝑏𝑒𝑟𝑜𝑒𝑚 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑝 𝑠𝑡𝑟𝑦𝑑𝑤𝑎𝑒𝑛𝑠, 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑜𝑝 𝑝𝑒𝑟𝑑𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑛𝑠, 𝑜𝑛𝑠 𝑏𝑒𝑟𝑜𝑒𝑚 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑜𝑛𝑠 𝐺𝑜𝑑.”
– Psalm 20:2-8 (AFR20)
Ons weet dat die finale offer reeds gegee is en dat God se Regterhand reeds vir ons die verlossing gebring het aan ’n kruis omtrent 2000 jaar gelede. Vir enigiets anders wat dalk mag kom hierdie jaar, God sal jou weer en weer verlos en Hy sal vir jou sy hulp stuur. Juig vandag oor die verlossing in die Naam van ons God.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek vrees nie die toekoms nie. My verlossing is reeds bewerk deur My Here, Jesus Christus. Ek sal juig in die Naam van my God.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Dankie Here vir nog ’n nuwe dag en ’n nuwe jaar wat voorlê. Wat kom, dit weet ek nie, maar U weet en daarom is ek verseker van U teenwoordigheid en U sorg en beskerming. Ek loof en prys U vir u goedheid, liefde en genade. Seën my en my geliefdes. Ek roem op die Naam die Here my God. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
Alle inhoud van hierdie webtuiste kan met liefde gedeel word om 'n verskil te maak in iemand se lewe. Jy mag egter nie die inhoud verkoop of her-produseer om enigsins munt te slaan daaruit nie. Mag die Here jou seën en mag jy God se vrede wat alle verstand te bowe gaan ervaar in jou lewe!
Ds. Christo Schoeman ···ᶜᴶˢ··· ©