Hieronder is 'n lys van die oordenkings met 'n skakel wat lei na teks en 'n klankgreep.
Keer gerus terug na hierdie skakel so elke nou en dan en kyk of daar dalk nuwe sielskos is vir jou.
(Kliek op die skakel en dan op die naam of afpyltjie om die boodskap te sien of die skakel te kry vir die klankgreep.)
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟯-𝟯𝟭 – 🅳🆁🅰 🅹🆈 🆂🆆🅰🅰🆁 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝙇𝙮𝙙𝙚𝙣𝙨𝙩𝙮𝙙 𝙧𝙚𝙚𝙠𝙨 – 𝘿𝙖𝙜 26)
As ons alles verloor of bereid is om alles te verloor, sodat ons Jesus Christus as wins kan verkry (Fil. 3), dan maak dit ons vry. Jesus het self aan ons die uitnodiging gegee in Matteus 11:28-30 (AFR20):
“²⁸ “𝐾𝑜𝑚 𝑛𝑎 𝑀𝑦 𝑡𝑜𝑒, 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑚𝑜𝑒𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝑠𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑏𝑒𝑙𝑎𝑠 𝑖𝑠, 𝑒𝑛 𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑟𝑢𝑠 𝑔𝑒𝑒. ²⁹𝑁𝑒𝑒𝑚 𝑚𝑦 𝑗𝑢𝑘 𝑜𝑝 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑒𝑛 𝑙𝑒𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑀𝑦, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑔𝑚𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔 𝑒𝑛 𝑛𝑒𝑑𝑒𝑟𝑖𝑔 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑖𝑠, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑟𝑢𝑠 𝑣𝑖𝑛𝑑 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑚𝑜𝑒𝑑. ³⁰𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑚𝑦 𝑗𝑢𝑘 𝑖𝑠 𝑑𝑟𝑎𝑎𝑔𝑙𝑖𝑘 𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑙𝑎𝑠 𝑖𝑠 𝑙𝑖𝑔.””
Ja, dit is waarlik so, dat wanneer ons begin om onsself los te maak van al die dinge wat ons verhoed om Jesus 100% te volg, ons agterkom dat sy las lig is en dat ons dit met gemak kan dra. Eintlik is dit nie ’n las nie, want dit is die goeie nuus aan die wêreld. Die wêreld en die bose magte van die satan sal natuurlik hierdie goeie nuus en sagte juk vir ons só erg afdruk, dat die lading wat ons wel met gemak kan dra, vir ons soos ’n swaar las begin voel.
Die wêreld en die wêreldse dinge hou nie daarvan dat Jesus verkondig word nie, maar Paulus het ook geleer dat selfs die teenkanting van die wêreld teenoor die evangelie nogsteeds Jesus Christus verkondig (Fil. 2:15-18). Vir die mense wat van die wêreld is en nogsteeds Christus probeer verkondig, is die las swaar. Jy kan nie Christus verkondig as jy deel is van die wêreld nie, want jou waardes sal permanent bots met mekaar. Aan die een kant jaag jy roem en rykdom en genot en plesier, maar aan die ander kant wil jy vir God dien... Daarom dat Jesus ook self geleer het dat jy nie twee base kan dien nie (Matt. 6:24-34).
Verstaan jy die punt wat ons gister gemaak het? Om alles te verloor ter wille van Christus, is vir ons wins, want dan alleen kan ons Hom ten volle dien. Eers as ons aanvaar dat alles wat ons is en alles wat ons het aan God behoort, kan ons getransformeer word in die nuwe skepping wat God in gedagte het – volgens sy beeld. Eers dán kan ons ook onsself leegmaak van ons ou self, sodat Jesus Christus alles 𝘪́𝘯 en alles 𝘷𝘪́𝘳 ons sal wees.
As ons nie onsself eers leegmaak van ons ou self nie, gaan ons baie swaar dra aan die evangelie, want dit sal iets wees wat die ou self nie 𝘸𝘪́𝘭 dra nie. Maar, wanneer ons Jesus Christus as wins verkry, is sy las lig en is sy juk sag. Dan dra ons dit met vreugde.
Jesus het die dissipels geleer van hierdie vreugde waarin ons almal kan deel, terwyl Hy geweet het van die swaar las van ons sondes wat vir Hom voorgelê het. Hy het geweet van die swaar houtkruis wat Hy fisies sou moes dra teen Golgota op. Hy het geweet dat ons sondelas op Hom sou neerkom, saam met al die straf daarvoor. In- en deur dit alles het Jesus gekies om gehoorsaam te wees aan die Vader en het Hy gesorg dat ons deur sy verlossingswerk nie weer só ’n swaar las hoef te dra nie.
Maak jouself dus los van die dinge waaraan jy so swaar dra. Jesus het reeds die las gedra vir jou.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Dra ek swaar, of is ek vry? Waarvan kan ek maar ontslae raak?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Here Jesus, U is vir my wins in hierdie lewe en eendag in my sterwe. Dankie dat U reeds die swaar las gedra het namens my. Help my om my los te maak van alles wat swaar is op my en dit vir U te gee. Dankie daarvoor. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟯-𝟯𝟬 – 🅾🅼 🅰🅻🅻🅴🆂 🆃🅴 🆅🅴🆁🅻🅾🅾🆁 ... (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 – 𝘋𝘢𝘨 25)
In ons lewens is dit vir ons goed as ons iets bereik of ontvang – veral as ons hard gewerk het daarvoor. Prestasie en bereiking vul ons met ’n gevoel van erkenning en trots. Dit is ’n natuurlike inherente menslike reaksie en dit is vir ons goed om so te voel.
Wanneer ons egter iets verloor, dan is dit vir ons sleg – weereens, veral as ons hard gewerk het daarvoor. Dít wat ons s’n was, is nie meer ons s’n nie en ons ervaar verlies. Verlies kan vir ons baie hartseer en smart veroorsaak. Verlies kan ons uitkyk op die lewe drasties verander en ons selfs in ’n toestand van depressie indompel. Verlies, as dit nie verwerk word en aanvaar word nie, veroorsaak dikwels dat ons onsself in ’n donker gat gooi, terwyl die lewe om ons aangaan – sonder dat ons dit eers agterkom.
Die grootste uitdaging, wanneer dit kom by verlies, is om te onthou dat alles wat ons het (of gehad het) nie aan ons behoort nie. Selfs al het ons hoe hard daarvoor gewerk, al het ons hoeveel betaal daarvoor, al het ons hoe lank gebid daarvoor... dit behoort nie aan ons nie. Alles wat ons het, behoort aan God. Jou huis, besittings, werk, gesondheid, talente, tyd, selfs jou man of vrou en kinders: alles wat jy het, behoort aan God. Ons is rentmeesters vir God.
Paulus skryf aan die gemeente in Filippi en herinner hulle ook daaraan. Hy noem in Filippense 3 dat hy so maklik kon roem op die feit dat hy ’n Jood is. Hy was op die agste dag besny en was ’n Skrifkenner, ’n Fariseër. Hy het selfs die kerk vervolg – iets wat vir die Jode belangrik was, want die evangelie van Jesus Christus was ’n bedreiging vir hulle tradisies. Maar dan sê Paulus in Filippense 3:7-14 (AFR20):
“⁷𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 𝑤𝑖𝑛𝑠 𝑤𝑎𝑠, 𝑟𝑒𝑘𝑒𝑛 𝑒𝑘 𝑛𝑜𝑢 𝑎𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑖𝑒𝑠, 𝑡𝑒𝑟 𝑤𝑖𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠. ⁸𝐼𝑛𝑑𝑒𝑟𝑑𝑎𝑎𝑑 𝑟𝑒𝑘𝑒𝑛 𝑒𝑘 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑎𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑖𝑒𝑠, 𝑡𝑒𝑟 𝑤𝑖𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑛𝑒𝑚𝑒𝑛𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑚 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠, 𝑚𝑦 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑡𝑒 𝑘𝑒𝑛. 𝑇𝑒𝑟 𝑤𝑖𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚, ℎ𝑒𝑡 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 '𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑖𝑒𝑠 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑒𝑛 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑜𝑢 𝑒𝑘 𝑑𝑖𝑡 𝑎𝑠 𝑣𝑢𝑙𝑙𝑖𝑠, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑎𝑠 𝑤𝑖𝑛𝑠 𝑘𝑎𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑟𝑦, ⁹𝑒𝑛 𝑖𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑏𝑒𝑣𝑖𝑛𝑑 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑜𝑟𝑑 – 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑒𝑖𝑒𝑔𝑒𝑟𝑒𝑔𝑡𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑜𝑝 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑟𝑒𝑔𝑡𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑖𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠, 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔𝑖𝑛𝑔 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑘𝑜𝑚, 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 – ¹⁰𝑒𝑛 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑘𝑎𝑛 𝑘𝑒𝑛, 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑟𝑎𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑜𝑝𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑𝑖𝑛𝑔, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑜𝑛𝑑𝑒𝑛ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑚𝑒𝑡 𝑠𝑦 𝑙𝑦𝑑𝑖𝑛𝑔, 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑎𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘𝑣𝑜𝑟𝑚𝑖𝑔 𝑡𝑒 𝑤𝑜𝑟𝑑, ¹¹𝑒𝑛 𝑒𝑘 𝑠𝑜, ℎ𝑜𝑒 𝑑𝑎𝑛 𝑜𝑜𝑘, 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑝𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑘𝑎𝑛 𝑏𝑒𝑟𝑒𝑖𝑘. ¹²𝑁𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑑𝑖𝑡 𝑎𝑙 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑟𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑓 𝑟𝑒𝑒𝑑𝑠 𝑣𝑜𝑙𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑒𝑘 𝑠𝑡𝑟𝑒𝑒𝑓 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑛𝑎 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑡 𝑚𝑦 𝑒𝑖𝑒 𝑡𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑘, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑚𝑦 𝑟𝑒𝑒𝑑𝑠 𝑠𝑦 𝑒𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 ℎ𝑒𝑡. ¹³𝐵𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠, 𝑒𝑘 𝑟𝑒𝑘𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑑𝑖𝑡 𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑟𝑒𝑒𝑑𝑠 𝑚𝑦 𝑒𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑒𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑒𝑘: 𝐸𝑘 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑎𝑔𝑡𝑒𝑟 𝑖𝑠, 𝑒𝑛 𝑠𝑡𝑟𝑒𝑘 𝑚𝑦 𝑢𝑖𝑡 𝑛𝑎 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑙𝑒̂. ¹⁴𝐸𝑘 𝑏𝑒𝑢𝑟 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑡 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑛𝑠𝑡𝑟𝑒𝑒𝑝, 𝑜𝑚 𝑖𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑟𝑦𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑠𝑒 𝑟𝑜𝑒𝑝𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑚ℎ𝑜𝑜𝑔 𝑡𝑒 𝑏𝑒𝑘𝑜𝑚.”
Paulus het besef dat al die dinge waarop hy vroeër in sy lewe geroem het, nie regtig syne was nie. Hy het besef dat alles aan hom geleen was en dat hy slegs ’n rentmeester is vir God. Hy het besef dat om Jesus Christus te ken belangriker is as enigiets anders in hierdie wêreld. Hy het ook besef dat slegs in Christus kan ons verlies hanteer. Omdat Jesus Christus – self God – die pyn van verlatenheid en verlies ervaar het, weet Hy presies waardeur elkeen van ons gaan wanneer ons verlies ervaar. Hy staan reg om ons te dra en te ondersteun met sy krag. Hy gee aan ons nuwe lewe deur sy opstanding.
Alhoewel ons graag soveel dinge en selfs mense as ons eie wil regverdig in hierdie lewe, kom herinner Paulus ons dat ons regverdiging en die regverdiging van alles slegs in Jesus Christus te vinde is. Selfs ons geloof is ’n gawe wat die Heilige Gees deur die Woord van God aan ons gee. Niks is ons eie nie. Alles behoort aan God en ons word geseën met die rentmeesterskap: soms vir ’n leeftyd en soms vir ’n korter tyd. Ons moet bereid wees om alles elke dag terug te gee vir God, want dit behoort aan Hom. Ons besittings, ons geliefdes, ons eie lewens... alles is gawes van God. God gee en God neem. Om alles te verloor, is nie verlies nie, maar eerder wins as ons en ons geliefdes deur ons rentmeesterskap in Jesus Christus die prys behaal.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Alles wat ek al verloor het in my lewe, was deur God aan my geskenk. Alles wat ek nou het, behoort aan God.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Here, ek is dikwels ondankbaar en dikwels mis ek mense en dinge wat nie meer hier is nie. Ek wil só graag vashou daaraan en tog het U ons gemaak om lief te wees vir ander en hulle te mis as hulle nie hier is nie... Ek verstaan wel dat alles aan U behoort – selfs my geliefdes wat nie meer hier is nie. Leer my om in U arms rus te vind vir my siel. Leer my om my te verdiep in my identiteit as U kind en die wins wat daarmee gepaard gaan. Mag ek ’n goeie rentmeester wees vir U. Ek dank U vir alles en almal wat U aan my skenk en voorheen geskenk het. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟯-𝟮𝟵 – 🆂🅰🅰🅸 🆃🆁🅰🅽🅴 🅴🅽 🅾🅴🆂 🆅🆁🅴🆄🅶🅳🅴. (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 – 𝘋𝘢𝘨 24)
Die laaste twee jaar was ’n tyd van baie verandering. Ons het baie uitdagings beleef met die pandemie. Daar was baie tye van rou en smart gewees. Sommige van ons het gerou oor planne wat uitgestel moet word. Ander het gerou oor die verlies aan inkomste. Ander weer oor feesvieringe wat moes wag. Sommige van ons het selfs gerou oor die feit dat ons nie behoorlik kon rou nie. Ons was hartseer oor mense wat ons aan die dood moes afstaan en oor die geweldige impak op almal se lewens regoor die wêreld. Trane is gestort.
My ma het my eenmaal, toe ek nog baie jonk was, geleer dat om elke nou en dan goed te huil nogal nodig is. Dit help, het sy gesê, om al die seer en frustrasie uit te kry, sodat daardie seer weer kan plek maak vir vreugde. In Psalm 126 lees ons ook hoe die psalmis praat van moeilike tye en hoe ons trane soos saad op die grond val en vreugde voortbring.
“¹ (’𝑛 •𝑃𝑒𝑙𝑔𝑟𝑖𝑚𝑠𝑙𝑖𝑒𝑑.)
𝑇𝑜𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑜𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑆𝑖𝑜𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 ℎ𝑒𝑡, 𝑤𝑎𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑟𝑜𝑜𝑚.
²𝐷𝑎𝑎𝑟𝑛𝑎 𝑖𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑚𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑚𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑙𝑎𝑔 𝑔𝑒𝑣𝑢𝑙, 𝑜𝑛𝑠 𝑡𝑜𝑛𝑔𝑒 𝑚𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑏𝑒𝑙𝑘𝑟𝑒𝑡𝑒. 𝑇𝑜𝑒 𝑖𝑠 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑠𝑖𝑒𝑠 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡𝑠 𝑔𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒.”
³𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑔𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛. 𝑂𝑛𝑠 𝑤𝑎𝑠 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑢𝑔.
⁴𝑉𝑒𝑟𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑙𝑜𝑡, 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑠𝑡𝑟𝑜𝑜𝑚𝑏𝑒𝑑𝑑𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑁𝑒𝑔𝑒𝑣.
⁵𝐷𝑖𝑒́ 𝑤𝑎𝑡 𝑚𝑒𝑡 𝑡𝑟𝑎𝑛𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑖, 𝑠𝑎𝑙 𝑚𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑏𝑒𝑙𝑘𝑟𝑒𝑡𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑖.
⁶𝐷𝑖𝑒 𝑑𝑟𝑎𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑑𝑠𝑎𝑘 𝑤𝑎𝑡 𝑙𝑜𝑜𝑝 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑖𝑙, 𝑠𝑎𝑙 𝑏𝑒𝑠𝑙𝑖𝑠 𝑡𝑒𝑟𝑢𝑔𝑘𝑜𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑏𝑒𝑙𝑘𝑟𝑒𝑡𝑒 𝑡𝑒𝑟𝑤𝑦𝑙 ℎ𝑦 𝑠𝑦 𝑔𝑒𝑟𝑤𝑒 𝑑𝑟𝑎.”
– Psalm 126 (AFR20)
Ja, wanneer ons in ons frustrasie en moedeloosheid aanhou werk vir die Here – selfs wanneer die wêreld met alle geweld teen ons en die Here skop – dan sal ons wel die oes met vreugde inbring. Terwyl ons werk in- en aan God se Koninkryk, sal die wêreld ons haat en sal ons dikwels met trane saai. Terwyl ons deur hierdie pandemie se gevolge werk en steeds vashou aan God en God se beloftes, sal ons met baie rou gekonfronteer word – dit was nog altyd die geval met die wêreld sedert die sondeval. Maar God se beloftes is vir ewig en vir die ewigheid. Tog kan ons dit hier en nou al beleef. Ons kan nou al die oes met jubelkrete begin inbring en ons kan uitsien na die groot oes wat kom.
Toe Jesus in die tuis van Getsémané erge smart en vrees beleef het, het sy sweet en trane ook soos sade op die grond geval. Daardie sade het in die daad aan die kruis ontkiem en jubelkrete voortgebring wat deur die ewigheid van die heelal weergalm. Soos die psalmis sê in Psalm 126 en soos ons gister gelees het in Jesaja 43, het die Here iets groots gedoen aan- en vir ons. Ons monde is met gelag gevul en ons tonge met jubelkrete oor die oorwinning wat Jesus Christus vir ons aan die kruis behaal het.
Ons harte is dikwels stukkend oor allerhande dinge in ons lewens. Soms is dit die verlies aan iets of iemand en soms is dit oor ons eie ongehoorsaamheid. Wanneer ons harte stukkend is, is dit nie noodwendig ’n slegte ding nie, want ons harte is gevul met God se liefde. Wanneer ons harte stukkend is, is dit dikwels ’n geleentheid vir God se liefde om uit te vloei na die res van die wêreld. In ons smart en in ons rou, word ons harte oopgebreek sodat ons die wêreld en al die seer daarin kan beleef en kan ons ook vir God beleef op ’n nuwe en groot manier.
My ma was reg. Dit is goed om elke nou en dan goed te huil. Dit is goed om te huil oor die wêreld en die dinge wat nie reg is in die lewe nie. Dit is goed om trane te saai wat uiteindelik die oes met jubelkrete sal inbring. Hou moed. Huil maar en huil goed. Weet dat God iets groots gedoen het vir jou en my. Weet dat Hy nogsteeds iets nuuts doen vir ons elke dag. Bring die oes in met jubelkrete.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Het ek al behoorlik deur my rou gewerk? Het ek dit saam met God gedoen?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Liefdevolle God van vreugde en van trane, baie dankie dat ons kan weet dat U altyd by ons is en dat U ons harte vul met U liefde. Dankie dat ons kan weet U hou ons vas in moeilike tye. Here Jesus, ons dink aan U toe U hart gebreek het vir ons, sodat U liefde kon uitvloei vir ons en ook die hele wêreld. Vul ons met U liefde en laat ons trane sade word wat met vreugde die oes inbring. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟮𝟬𝟮𝟮-𝟬𝟯-𝟮𝟴 – 🆅🅴🆁🅶🅴🅴🆃 🅱🅸🅴🆃🅹🅸🅴 ... (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 – 𝘋𝘢𝘨 23)
Ek onthou toe ek grootgeword het. Ons het in strate en parkies gespeel tot laat in die aande. Die paaie was heel en ons kon met ons fietse oral ry. Mense was veilig en die polisie was die polisie – jy was bang vir hulle, nee, eerder baie versigtig, want hulle het die wet toegepas. Die Rand was sterk teen die Dollar en Pond, kleinboere kon oorleef en dit het gelyk of almal redelik gelukkig is. Sondae was kerkgeboue vol en almal het geleer om groot ontsag te hê vir die Here: Hy is ons God en ons is sy volk – Hy sorg vir ons. Selfs deur droogtejare het mense getrou gebly aan die Here... Ai... die goeie ou dae...
Dink jy ook dikwels aan hoe dinge was? Dalk toe jy kind was en dinge eenvoudig was? Verlang jy ook na die “goeie ou dae”? Wens jy soms ook dat alles weer só moet wees? Vandag wil ek vir jou kom sê: Vergeet bietjie daarvan! Ja, vergeet dit! Dit is verby en kan nie weer terugkom nie. Dis klaar en ek en jy is nou hier en nou. Dit help nie ons probeer te erg vashou aan die verlede nie. Ons moet sommige daarvan onthou en leer daaruit, selfs goeie herinneringe saamvat, maar die res moet ons net daar los. Hoekom? Hoekom kan ons nie verlang na die verlede nie? Hoor wat kondig die Here aan in Jesaja 43:16-21 (AFR20):
“¹⁶𝑆𝑜 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑒𝑒 '𝑛 𝑝𝑎𝑑 𝑚𝑎𝑎𝑘, '𝑛 𝑑𝑒𝑢𝑟𝑔𝑎𝑛𝑔 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔𝑒 𝑤𝑎𝑡𝑒𝑟𝑠, ¹⁷𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑡𝑟𝑦𝑑𝑤𝑎𝑒𝑛𝑠 𝑒𝑛 𝑝𝑒𝑟𝑑𝑒 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑜𝑝𝑟𝑢𝑘, '𝑛 𝑙𝑒𝑒̈𝑟𝑚𝑎𝑔, 𝑗𝑎, '𝑛 𝑚𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔𝑒 𝑒𝑒𝑛 – 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑙𝑒̂ ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑎𝑟, ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑝 𝑛𝑖𝑒; ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑠 𝑔𝑒𝑏𝑙𝑢𝑠, 𝑠𝑜𝑜𝑠 '𝑛 𝑙𝑎𝑚𝑝𝑝𝑖𝑡 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑑𝑜𝑜𝑓 – ¹⁸“𝑀𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑣𝑟𝑜𝑒𝑒̈𝑟 𝑖𝑛 ℎ𝑒𝑟𝑖𝑛𝑛𝑒𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑛𝑖𝑒; 𝑜𝑝 𝑣𝑜𝑟𝑖𝑔𝑒 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑢𝑟𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑛𝑑𝑎𝑔 𝑣𝑒𝑠𝑡𝑖𝑔 𝑛𝑖𝑒. ¹⁹𝐾𝑦𝑘, 𝐸𝑘 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑛𝑢𝑢𝑡𝑠 𝑑𝑜𝑒𝑛, 𝑑𝑖𝑡 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑜𝑢 𝑢𝑖𝑡𝑠𝑝𝑟𝑢𝑖𝑡. 𝐾𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑒𝑓 𝑛𝑖𝑒? 𝑆𝑒𝑙𝑓𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑒𝑠𝑡𝑦𝑛 𝑠𝑎𝑙 𝐸𝑘 '𝑛 𝑝𝑎𝑑 𝑚𝑎𝑎𝑘, 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑙𝑑𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠 𝑟𝑖𝑣𝑖𝑒𝑟𝑒. ²⁰𝐷𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑙𝑑𝑒 𝑑𝑖𝑒𝑟𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑀𝑦 𝑒𝑒𝑟, 𝑑𝑖𝑒 𝑗𝑎𝑘𝑘𝑎𝑙𝑠𝑒 𝑒𝑛 𝑠𝑡𝑒𝑒𝑛𝑢𝑖𝑙𝑒, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝐸𝑘 𝑤𝑎𝑡𝑒𝑟 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑒𝑠𝑡𝑦𝑛, 𝑗𝑎, 𝑟𝑖𝑣𝑖𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑙𝑑𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠 𝑔𝑒𝑒, 𝑜𝑚 𝑚𝑦 𝑢𝑖𝑡𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑟𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑘 𝑡𝑒 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑑𝑟𝑖𝑛𝑘. ²¹𝐷𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑘 𝑤𝑎𝑡 𝐸𝑘 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑣𝑜𝑟𝑚 ℎ𝑒𝑡 – 𝑚𝑦 𝑙𝑜𝑓 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔.”
Sien, as ons te veel in die verlede leef, is dit maklik vir ons om die huidige tyd en die toekoms te mis. As ons oë só erg gefokus is op wat was, dan mis ons wat nóú gebeur en wat God besig is om te laat kom. As ons heeltyd verlang – selfs na al die magtige dade wat God in die verlede gedoen het – dan kan ons nie deel wees van die magtige dade wat nou besig is om te gebeur nie.
Net soos God in Jesaja se tyd vir die mense aangekondig het dat Hy besig is om iets nuuts te doen – dat Jesus sou kom – net só is God nog altyd besig om sy Koninkryk te laat kom vandag deur ons, sy kerk. Hier en nou, in ons dor en droë woestynwêreld wat deur sonde gestroop is van alle lewe en lig, kom God nogsteeds en doen iets nuuts. Deur die kerk van Jesus Christus kom die Here en maak ’n pad in die wildernis wat ons die wêreld noem en skenk Hy lewegewende water in die woestyn van ons lewens, sodat ons kan drink en die lewe in oorvloed kan geniet.
Jesus het ’n lang en moeilike lydenstyd op aarde gehad. Hy het probeer om mense se oë te rig op die verlossing wat Hy sou bring, maar mense het aanhou omkyk soos Lot se vrou en aanhou stilstaan in die verlede soos soutpilare. Jesus wou hulle wys op die toekoms en ’n ewige lewe saam met God, maar mense het aanhou verlang na die “goeie ou dae”.
Ek weet dit is soms moeilik om dinge te laat gaan, maar vergeet ’n bietjie. Kyk, God is besig om iets nuuts te doen in jou lewe en in die lewe van sy kerk. Fokus. Wees deel daarvan. Onthou alles wat God gedoen het vir jou en my. Onthou wat Jesus gedoen het vir ons aan die kruis. Maar, vergeet bietjie die goeie ou dae en wees deel van God se goeie nuwe dae.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Verlang ek soms te veel na die “goeie ou dae” – soveel so, dat dit my gefrustreerd, terneergedruk of selfs depressief maak? Besef ek dat God elke dag besig is om iets nuuts te doen in my lewe?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Almagtige God en Vader, U het so baie magtige dinge gedoen in ons verlede. Ons loof en prys U daarvoor. Dankie dat ons dit kan onthou. Here, ons weet dat, alhoewel ons die wonderlike dinge wat U gedoen het, moet onthou, dat ons nie te veel in die verlede moet leef en vashou aan die goeie en lekker dinge wat vir óns voordeel gebring het nie. As ons dit doen, haal ons die fokus van U af en van wat U nou besig is om te doen. Dankie dat U elke dag iets nuut doen in ons lewens, deur die transformerende krag van U Heilige Gees en die werk van ons Here, Jesus Christus, aan die kruis. Ons loof U en eer U. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-03-26 – “🅷🅾🅴 🅺🅾🅽 🆄, 🅷🅴🆁🅴 ?” (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 – 𝘋𝘢𝘨 22)
Ons is drie weke weg van die donkerste Saterdag in die geskiedenis. Dit was die Saterdag wat Jesus Christus, ons Here, in die graf gelê het. Dit was die dag toe die hoop vir die wêreld in die hel gedompel was. Die dissipels was verslae. Hoe kon Jesus, wat beweer het dat Hy die Seun van God is, hulle só verlaat? As Hy dan God is, hoe kon Hy sterf? Allerhande vrae van verwyt en teleurstelling het die mense gevul. Hoe kon Hy? Wat dan van die redding wat Hy beloof het?
So dikwels in ons lewens vra ons ook hierdie vrae – veral as dinge skeefloop in ons lewens. Ons wonder waar Jesus is of was toe dinge sleg uitgedraai het. Het Hy ons verlaat? Gee Hy ooit om wat met ons gebeur? Ons vra hierdie vrae nogal maklik as ons fokus op onsself is. Maar Jesus het ons kom leer dat ons nie so eng moet dink nie. Hy het ons kom leer om te dink aan ander. Hy het ons kom leer om onsself bietjie in ander mense se skoene te plaas. Dink bietjie vandag daaraan om jouself daardie Saterdag, wat oor drie weke hier is, in Jesus se plek te plaas...
Daar waar Hy neergedaal het na die dieptes van die hel om ons straf te dra, wat moes Hý moontlik gedink het. Jesus het gekom om vir alle mense die Weg en die Waarheid te wees – ’n pad terug na God toe. En wat doen die mense? Hulle kruisig Hom! Het Jesus dalk daar aan die kruis gedink: “Ai my liewe mense, wat het Ek dan aan julle gedoen? Hoe het ek julle súlke aanstoot gegee? Nadat ek julle hoeveel keer uit slawerny bevry het en nou ook van die sonde se slawerny kom bevry... dan kruisig julle my!”
Of Jesus fisies in die hel was of nie, dit weet ons nie, want die Bybel gee nie vir ons ’n duidelike aanduiding daarvan nie, maar ons weet dat Jesus helse smarte gely het volgens Jesaja 53, Matteus 26 en Hebreërs 5. Jesus was deur sy eie mense gekruisig en was deur hulle verlaat. Die dissipels het vir hul eie lewens gevrees en hulle het gevlug. En daar aan die kruis, het Jesus die ergste verlatenheid ooit ervaar... God self was nie daar nie. In Matteus 27:46 (AFR20) lees ons dit:
“⁴⁶𝑇𝑒𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑔𝑒𝑣𝑒𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑒𝑔𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑢𝑢𝑟 ℎ𝑒𝑡 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑚𝑒𝑡 '𝑛 ℎ𝑎𝑟𝑑𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑚 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑟𝑜𝑒𝑝: “𝐸𝑙𝑖, 𝐸𝑙𝑖, 𝑙𝑒𝑚𝑎́ 𝑠𝑎𝑏𝑎𝑔𝑡𝑎́𝑛𝑖?” 𝐷𝑖𝑡 𝑏𝑒𝑡𝑒𝑘𝑒𝑛 ‘𝑀𝑦 𝐺𝑜𝑑, 𝑚𝑦 𝐺𝑜𝑑, 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝑈 𝑀𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑎𝑎𝑡?’”
Vir daardie gebeurtenis, moes die Vader sy gesig wegdraai sodat die volle straf van die mensdom – die straf vir jou en my sondes – met alle mag op ’n onskuldige Jesus kon neerkom. Dit moes hel wees... Godverlate... En dit alles, sodat ons nooit deur God verlaat sal word nie. Sodat ons vir altyd in God se teenwoordigheid kan wees. Sodat God se Gees in ons kan woon. Jesus het dit kom doen vir jou en my.
En dan wil ons so maklik kla en dink dat God nie by ons is in swaar tye nie. Dan wil ons so maklik vra: “Hoe kon U, Here?” Ons weet nie altyd hoekom dinge gebeur en hoekom dit gebeur soos dit gebeur nie, maar ons kan gerus wees dat God altyd met ons is. Ons kan verseker wees dat Jesus reeds die Godverlatenheid beleef het, sodat ons dit nie hoef te ervaar nie.
Die vraag is dus eintlik nie “Hoe kon Jesus?” nie, maar eerder “Hoe kon ons?” Hoe kon ons toelaat dat ’n onskuldige die straf vir soveel skuldiges dra? Hoe kon ons Hom verlaat? Hoekom doen ons dit vandag nog? Jesus het alles op Homself geneem, omdat Hy ons só lief het. Hy was Godverlate, sodat ons nie sal wees nie. Hy was in die hel, sodat ons nie daar sal eindig nie. Dít is ’n liefde wat ons nie kan beskryf of verklaar nie. Dít is God.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
As ek vra: “Hoe kon U, Here?”, moet dit eerder in dankbaarheid wees oor die feit dat Jesus my straf onverdiend gedra het.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Here Jesus, selfs in U dood het U U arms wyd oopgesprei om ons in liefde te ontvang. Selfs in alle Godverlatenheid en in die dieptes van die hel, het U liefde vir ons die oorwinning behaal. Mag ons ook gedryf word deur daardie liefde, sodat U kerk sal uitreik na alle mense en na U skepping. Mag ons mekaar ook só liefhê. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-03-25 – 🅸🆂 🅹🆈 🅳🅸🅴 “🅰🅽🅳🅴🆁” 🅺🅸🅽🅳 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 – 𝘋𝘢𝘨 21)
In die gelykenis van die verlore seun (Luk. 15:11-32) waarna ons gister verwys het, vereenselwig ons nogal maklik met die verlore seun. Ons almal kom vanuit ’n sondige natuur en het nodig om God se genade te ontvang. Ons almal weet dat ons dit nie verdien nie en dat die fees wat vir ons voorberei word en die tafel waarby ons kan aansit ’n duur prys gekos het – ’n prys waarvoor ons nooit kan betaal nie. Ons weet dat Jesus Christus alleen daardie prys namens ons betaal het en dat ons ook nou al in sy opstanding en die vreugde wat dit bring kan deel. Ons almal was soos die verlore seun, maar nou is ons weer tuis. Wonderlik! Nou kan ons in die huis van die Vader bly en ons kan Hom dien en gereeld aan tafel sit met Hom.
Maar, wat maak ons as daar nou nog verlore kinders by die huis aankom? Ons assosieer maklik met die verlore seun en vergeet dikwels van die ander seun in die gelykenis. Die ander seun, wat altyd by die vader gebly het, het nie die goeie nuus so goed gevat nie. In Lukas 15:28-30 (AFR20) hoor ons hoe hy voel:
“²⁸𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑏𝑟𝑖𝑒𝑠𝑒𝑛𝑑 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑒𝑛 𝑤𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑦 𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟 ℎ𝑒𝑡 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚 𝑒𝑛 𝑚𝑜𝑜𝑖 𝑚𝑒𝑡 ℎ𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑝𝑟𝑎𝑎𝑡. ²⁹𝑀𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑠𝑦 𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑠𝑒̂, ‘𝐾𝑦𝑘, 𝑒𝑘 𝑠𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑚𝑦 𝑎𝑙 𝑠𝑜𝑣𝑒𝑒𝑙 𝑗𝑎𝑟𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑢 𝑎𝑓, 𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑜𝑔 𝑛𝑜𝑜𝑖𝑡 '𝑛 𝑜𝑝𝑑𝑟𝑎𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑢 𝑣𝑒𝑟𝑜𝑛𝑡𝑎𝑔𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑢 𝑛𝑜𝑜𝑖𝑡 𝑒𝑒𝑟𝑠 '𝑛 𝑏𝑜𝑘𝑘𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑣𝑟𝑖𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑘𝑜𝑛 𝑓𝑒𝑒𝑠𝑣𝑖𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒. ³⁰𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑡𝑜𝑒 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑢 𝑡𝑒𝑟𝑢𝑔𝑘𝑜𝑚, 𝑤𝑎𝑡 𝑢 𝑏𝑒𝑠𝑖𝑡𝑡𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑜𝑝 𝑝𝑟𝑜𝑠𝑡𝑖𝑡𝑢𝑡𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑚𝑜𝑟𝑠 ℎ𝑒𝑡, 𝑠𝑙𝑎𝑔 𝑢 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑡𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘𝑡𝑒 𝑘𝑎𝑙𝑓!’ ”
Dit is nogal onregverdig, of hoe? Ek meen, as jy jou bes probeer om altyd gehoorsaam te wees aan God, maar ander mense ploeter maar net voort in die sonde... Jy doen jou bes om reg te lewe voor die Here, terwyl ander mense – wil dit blyk – net doen wat hulle wil... Dan, skielik, kom daardie ander persoon tot bekering en raak hulle baie betrokke in die kerk. Hulle word geseën met allerhande gawes en skielik is hulle hierdie “groot Christen”... Ek meen, jy weet mos hoe het hulle gelewe... Hoe durf hulle nou so skynheilig wees! Dis nie regverdig nie!
Ja, selfs as Christene, selfs as God se kinders, kan ons soms bederfde kinders wees. Ons raak gewoond aan dit wat God uit genade aan ons gee en dan begin ons dink dit is wat ons toekom. Ons vergeet dat ons ook uit genade en geloof alleen gered is en dat dit slegs deur Jesus Christus kon gebeur. Ons vergeet dat ons gered word tot eer van God en nie tot eer van onsself nie. Ons vergeet selfs dat alles wat aan God behoort ook vir ons beskore is... Ja... hoor wat sê die vader vir die ander seun:
“³¹... ‘𝑀𝑦 𝑘𝑖𝑛𝑑, 𝑗𝑦 𝑖𝑠 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑏𝑦 𝑚𝑦, 𝑒𝑛 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑚𝑦𝑛𝑒 𝑖𝑠, 𝑖𝑠 𝑗𝑜𝑢𝑛𝑒. ³²𝑂𝑛𝑠 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑓𝑒𝑒𝑠𝑣𝑖𝑒𝑟 𝑒𝑛 𝑏𝑙𝑦 𝑤𝑒𝑒𝑠, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑠 𝑑𝑜𝑜𝑑, 𝑒𝑛 ℎ𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑟𝑑. 𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑟𝑒, 𝑒𝑛 𝑖𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑣𝑖𝑛𝑑!’ ” – Lukas 15:31-32 (AFR20)
Met al die menseregte in die wêreld deesdae, is dit maklik vir ons om onsself die middelpunt van alles te maak. Óns eie belange, óns opinies, óns geluk, óns kerk, óns idee van wat reg en regverdig is, selfs óns Skrif interpretasie... Ons vergeet so maklik dat ons ’n nuwe skepping is tot eer van God alleen. Indien God die verlore sondaar welkom heet, moet ons saam bly wees en feesvier, want ons vier ook die feit dat ook ons só uit die vuur van die hel gered is. Ons plaas ook vir daardie oomblik ons broer of suster sentraal en maak ’n groot bohaai daaroor, want selfs in die hemel juig die engele daaroor. Ons juig saam, want nog ’n persoon – en ek en jy ook – word vrygemaak van onsself, sodat ons vir God kan lewe.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Is ek waarlik vry van die eie-ek? Vier ek fees saam met die Vader oor my broer en suster wat terugkeer huis toe?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Liewe God en Vader, soms sukkel ek nog om bietjie oor myself te kom en om my uit die middelpunt van my bestaan te verwyder. Dit is eintlik U plek alleen. U is die belangrikste vir my. U alleen bevry my van myself en kan my help om die redding van my broers en susters te vier. Mag ons U, en mekaar, dien in die liefde wat U oor ons uitstort. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-03-24 – 🅺🅾🅼 🆂🅸🆃 🅰🅰🅽 🅱🆈 🅳🅸🅴 🆃🅰🅵🅴🅻. (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 – 𝘋𝘢𝘨 20)
Terwyl ons in hierdie Lydenstyd saam met Jesus die pad stap, besef ons weer hoe verlore ons eintlik was. Ons besef opnuut hoe God gekies het om Homself “leeg te maak” van sy Goddelikheid om mens te word in die vorm van sy Seun, sodat Hy die volle omvang van die hele mensdom se straf op Homself kon neem (vgl. Fil. 2:5-8). Volgens al ons menslike verwagtinge en redenasies, moes só iets eintlik nie gebeur het nie. Ons verdien straf. Ons is sondaars. Maar Jesus het gekom sodat ons die lewe kan hê in oorvloed.
In Jesus se tyd kon die mense dit ook nie verstaan nie. Hulle kon nie verstaan hoe en hoekom Jesus amper al die grense deur die samelewing opgestel, afgebreek het nie. Jesus was anders. Hy het oor alle grense heen die sondaars uitgenooi, terwyl die samelewing hulle verstoot het.
Met die drie gelykenisse wat Hy vertel in Lukas 15 oor die verlore skaap, die verlore muntstuk en die verlore seun, probeer Hy verduidelik dat Hy juis gekom het vir elke liewe mens wat bereid is om te bekeer. Die sogenaamde “slim” Fariseërs kon dit nie verstaan nie en wou dit nie aanvaar nie. In Lukas 15:1-2 (AFR20) lees ons dan:
“¹𝐴𝑙 𝑑𝑖𝑒 •𝑡𝑜𝑙𝑙𝑒𝑛𝑎𝑎𝑟𝑠 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑎𝑎𝑟𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑘𝑤𝑒𝑙𝑠 𝑛𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚 𝑜𝑚 𝑛𝑎 𝐻𝑜𝑚 𝑡𝑒 𝑙𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟. ²𝐷𝑖𝑒 •𝐹𝑎𝑟𝑖𝑠𝑒𝑒̈𝑟𝑠 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑘𝑟𝑖𝑓𝑘𝑒𝑛𝑛𝑒𝑟𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑚𝑜𝑟: “𝐻𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑎𝑎𝑟𝑠 𝑒𝑛 𝑒𝑒𝑡 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒.””
Jesus het sondaars ontvang en saam met hulle geëet. Hy het as’t ware reeds saam met hulle begin feesvier. ’n Ete was en is vandag nog ’n spesiale geleentheid. ’n Mens se liggaam word gevoed en jy besef – veral as jy self die kos gegroei of versorg het en dit voorberei het – dat hierdie voedsel wat jou aan die lewe hou, nie sommer uit die lug geval het nie. Dit is nie soos die manna wat die Israeliete in die woestyn gekry het nie – jy moes werk daarvoor. Maar die fees wat Jesus ons na uitnooi, die tafel waaraan ons kan sit, is vir ons voorberei. Ons het niks gedoen daarvoor nie en ons is eregaste aan die tafel. Jesus self het met sy lewe betaal vir daardie fees.
Soos met die gelykenis van die verlore seun, is ons God ’n barmhartige en liefdevolle Vader wat ons met oop arms ontvang by sy tafel. Dit is juis wat ons vier wanneer ons die nagmaal vier saam met ander gelowiges. Lukas 15:32 (AFR20) herinner ons: “³²𝑂𝑛𝑠 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑓𝑒𝑒𝑠𝑣𝑖𝑒𝑟 𝑒𝑛 𝑏𝑙𝑦 𝑤𝑒𝑒𝑠, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑠 𝑑𝑜𝑜𝑑, 𝑒𝑛 ℎ𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑟𝑑. 𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑟𝑒, 𝑒𝑛 𝑖𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑣𝑖𝑛𝑑!”
Tollenaars en sondaars... almal van ons is welkom en is eregaste aan God se tafel, wanneer ons bekeer en wegdraai van ons sondige bestaan. Die Vader staan reg om ons te ontvang en ons te oorlaai met sy goedheid en guns wanneer ons wegdraai van ons ou lewe.
Wanneer ons besef dat Jesus juis gekom het om hierdie onbeskryflike groot genade aan ons te kom bewys, besef ons weer hoe Hy alles opgeoffer het om dit te kon doen. En dan besef ons ook hoe Hy weer in ere herstel is en dat ons ook daarin kan juig en deel. Filippense 2:9-11 (AFR20) lees vêrder:
“⁹𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝐻𝑜𝑚 𝑜𝑜𝑘 𝑢𝑖𝑡𝑒𝑟𝑚𝑎𝑡𝑒 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑜𝑜𝑔 𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑒𝑛𝑘 𝑤𝑎𝑡 𝑏𝑜 𝑒𝑙𝑘𝑒 𝑛𝑎𝑎𝑚 𝑖𝑠, ¹⁰𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑒𝑙𝑘𝑒 𝑘𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑏𝑢𝑖𝑔 – 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒𝑔𝑒𝑛𝑒 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑒𝑛 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒 𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒 – ¹¹𝑒𝑛 𝑒𝑙𝑘𝑒 𝑡𝑜𝑛𝑔 𝑠𝑎𝑙 𝑏𝑒𝑙𝑦, “𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒!” 𝑡𝑜𝑡 𝑒𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟.”
Ons moet besluit: sit ons nou alreeds aan die tafel saam met Hom, of gaan ons eendag onder dwang moet erken dat Jesus Christus waarlik die Here is? 𝑲𝒐𝒎 𝒏𝒐𝒖! 𝑲𝒐𝒎 𝒔𝒊𝒕 𝒂𝒂𝒏 𝒃𝒚 𝒅𝒊𝒆 𝒕𝒂𝒇𝒆𝒍.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Jesus het alle grense afgebreek sodat die sonde se bande gebreek kon word in mense se lewens. Reik ek uit na ander wat nog in sonde lewe of is ek dalk self nog in daardie verdorwe toestand?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Almagtige, genadige God, U ontvang ons met ope arms van die krip af regdeur tot aan die kruis. Daar aan ’n kruis, het U, Jesus Christus, met oop arms vir ons gewys hoe lief U ons het en het U elkeen van ons uitgenooi na ’n ewige fees. U is waarlik die Here. Help my om ook oor alle grense heen, met U liefde, mense te nooi na U tafel. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-03-23 – 🅹🆈 🅸🆂 ’🅽 🅽🆄🆆🅴 🆂🅺🅴🅿🅿🅸🅽🅶. (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 – 𝘋𝘢𝘨 19)
Wanneer ons ons sondes bely, ons weer tot God wend en by Hom skuiling vind teen al die aanslae van die bose en die magte in hierdie wêreld, beleef ons vrede en bevryding soos nooit tevore nie. Soos ons gister gesien het in Psalm 32, het Dawid dit ook beleef en het hy dit neergepen vir ons om daaruit te leer. Ons leer God ken. Ons leer God se pad ken. Ons begin agterkom dat God se beloftes vir ewig is en dat Hy nog altyd dieselfde is en sal wees. Ons begin ook agterkom dat God se beloftes juis in ons werk deur ons nuut te maak van binne.
Toe Adam en Eva gekies het vir die sonde, het hulle ons almal in ’n verdorwe toestand gedompel. Deur die sonde van die mens, is die hele skepping bederf en smag die skepping ook na die dag wanneer alles weer nuut gemaak sal word en verganklikheid sal eindig. In Romeine 8:18-23 lees ons juis hoe Paulus dit beskryf en sê hy in vers 22 (AFR20):
“²²𝑂𝑛𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑎𝑛𝑠𝑒 𝑠𝑘𝑒𝑝𝑝𝑖𝑛𝑔 𝑡𝑜𝑡 𝑛𝑜𝑢 𝑡𝑜𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑢𝑔, 𝑗𝑎, 𝑖𝑛 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑜𝑟𝑡𝑒𝑝𝑦𝑛𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑒𝑒𝑟.”
Ag hoe wonderlik sal dit darem wees eendag wanneer alles weer nuut is... Eendag wanneer God begin ons dinge weer mooi te maak... Eendag... Nee! Ons hoef nie te wag vir “eendag” nie. God het reeds begin! Toe Jesus Christus dy ewige oorwinning oor die dood behaal het, het die wiel begin draai in die regte rigting en kan ons nou reeds deel daarin. Paulus skryf juis ook vir ons die volgende:
“¹⁶𝐺𝑒𝑣𝑜𝑙𝑔𝑙𝑖𝑘 𝑘𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑛𝑜𝑢 𝑎𝑓 𝑛𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑛𝑎 𝑠𝑦 𝑢𝑖𝑡𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑛𝑖𝑒. 𝑆𝑒𝑙𝑓𝑠 𝑎𝑙 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑒𝑒𝑛𝑠 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑙𝑒𝑒𝑟 𝑘𝑒𝑛, 𝑘𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝐻𝑜𝑚 𝑛𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑠𝑜 𝑛𝑖𝑒. ¹⁷𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚, 𝑎𝑠 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑖𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑖𝑠, 𝑖𝑠 ℎ𝑦 '𝑛 𝑛𝑢𝑤𝑒 𝑠𝑘𝑒𝑝𝑝𝑖𝑛𝑔. 𝐷𝑖𝑒 𝑜𝑢 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑦𝑔𝑒𝑔𝑎𝑎𝑛 – 𝑘𝑦𝑘, ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑢𝑢𝑡 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑟𝑑. ¹⁸𝐸𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑘𝑜𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑎𝑓, 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡, 𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑑𝑖𝑒𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒 ℎ𝑒𝑡. ¹⁹𝐷𝑖𝑡 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑖𝑛 𝑑𝑎𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑚𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑒𝑢𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑡𝑟𝑒𝑑𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑡𝑜𝑒 𝑡𝑒 𝑟𝑒𝑘𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒; 𝑒𝑛 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑜𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑣𝑎𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑡𝑜𝑒𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑜𝑢. ²⁰𝑂𝑛𝑠 𝑡𝑟𝑒𝑒 𝑑𝑎𝑛 𝑜𝑝 𝑎𝑠 𝑔𝑒𝑠𝑎𝑛𝑡𝑒 𝑡𝑒𝑟 𝑤𝑖𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠, 𝑎𝑠𝑜𝑓 𝐺𝑜𝑑 𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑜𝑛𝑠 '𝑛 𝑏𝑒𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑜𝑝 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛. 𝑂𝑛𝑠 𝑝𝑙𝑒𝑖𝑡 𝑏𝑦 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑜𝑚 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑜𝑛𝑡𝑤𝑖𝑙: 𝐿𝑎𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑛! ²¹𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑔𝑒𝑘𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒, 𝐻𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑡𝑒𝑟 𝑤𝑖𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑡𝑜𝑡 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑖𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔 𝑘𝑜𝑛 𝑤𝑜𝑟𝑑.” – 2 Korintiërs 5:16-21 (AFR20)
Ons kan nóú al deel wees van God se werk om alles nuut te maak. Ons kan nóú al ons deel doen om die wêreld te wys hoe ’n nuwe skepping lyk. Ons kan nóú al begin om onsself en die skepping heel te maak.
Gister het ons gehoor dat ons by God moet wegkruip. Dat ons by Hom moet skuiling en bevryding vind en dat Hy ons moet leer en lei op sy regte pad. Ons kruip so maklik weg agter allerhande mensgemaakte skuilings – grense geskep deur die samelewing: grense van ras, kleur, taal, geslag en wie weet wat nog. Ons plaas mense in boksies en oordeel sommer self oor hulle. As ons dit doen, is ons deel van die ou skepping.
God kom nooi ons elke dag uit om deel te word van sy nuwe skepping. Hy nooi ons uit om deel te word van die begin van vryheid, naasteliefde, sorg, omgee en ware versoening met God, mekaar en die ganse skepping.
𝑨𝒂𝒏𝒗𝒂𝒂𝒓 𝒅𝒊𝒆 𝒖𝒊𝒕𝒏𝒐𝒅𝒊𝒈𝒊𝒏𝒈!
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Watter grense stel ek nog op of aanvaar ek in my lewe as dit kom by die evangelie?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Almagtige God wat my verstand te bowe gaan, U ontwrig my planne en grense wat ek opstel, omdat ek soms te beperkend dink. Breek asseblief al die grense en hindernisse af in my lewe wat ware versoening verhoed. Help my om deel te wees van U nuwe skepping, sodat die wêreld ook U goeie planne kan raaksien. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-03-22 – 🆆🅰🅰🆁 🅺🆁🆄🅸🅿 🅹🆈 🆆🅴🅶 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 – 𝘋𝘢𝘨 18)
Wanneer ons as kinders wegkruipertjie gespeel het, was dit altyd lekker om jouself te blok. Dit was lekker as jy nie gevind was nie en die spel kon wen. Maar, terwyl jy daar sit en wag vir die een wat jou soek, was dit dikwels nogal senuweeagtig gewees. Jy was sommer amper bang dat jy gevang word. Om jouself te blok – jouself te bevry – was nogal ’n groot verligting gewees.
Spreuke 28:13 (AFR20) sê: “¹³𝑊𝑖𝑒 𝑠𝑦 𝑜𝑜𝑟𝑡𝑟𝑒𝑑𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑏𝑒𝑑𝑒𝑘, 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑢𝑘𝑠𝑒𝑠 𝑏𝑒ℎ𝑎𝑎𝑙 𝑛𝑖𝑒; 𝑚𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑏𝑒𝑙𝑦 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑣𝑎𝑎𝑟, 𝑒𝑟𝑣𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑛𝑡𝑓𝑒𝑟𝑚𝑖𝑛𝑔.” Ja, dit help nie ons probeer wegkruip van God wat alles kan sien nie. Dit help nie ons hou dit in ons binneste en dink dat Hy dit nie daar kan sien en nie daarvan weet nie. Ons moet dit bely. Ons moet onsself blok. Ons moet onsself weer bevry, deur ons harte met Hom te deel in berou.
In Psalm 32 skryf Dawid ’n Maskiel. ’n Maskiel, volgens die navorsing en gebruik in die Psalms, was ’n gedig geskryf sodat jy daaroor kon nadink en mediteer. Dit is ’n psalm wat ware wysheid deel en bedoel is vir selfondersoek. In Psalm 32 beaam Dawid die woorde van Spreuke 28:13 en besef hy dat dit nie help om te probeer wegkruip van God nie. Dit help nie jy probeer dinge wegsteek vir Hom nie. Nee, dit is beter om eerder by God weg te kruip, sodat Hy jou kan beskerm. Psalm 32 (AFR20):
“¹ (𝑉𝑎𝑛 𝐷𝑎𝑤𝑖𝑑. '𝑛 𝑀𝑎𝑠𝑘𝑖𝑒𝑙.)
𝐺𝑒𝑙𝑢𝑘𝑘𝑖𝑔 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑖𝑒 𝑠𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑡𝑟𝑒𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑤𝑒, 𝑤𝑖𝑒 𝑠𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑏𝑒𝑑𝑒𝑘 𝑖𝑠.
²𝐺𝑒𝑙𝑢𝑘𝑘𝑖𝑔 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑤𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑠𝑘𝑢𝑙𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑡𝑜𝑒𝑟𝑒𝑘𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑖𝑛 𝑤𝑖𝑒 𝑠𝑒 𝑔𝑒𝑒𝑠 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑏𝑒𝑑𝑟𝑜𝑔 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒.
³𝑇𝑜𝑒 𝑒𝑘 𝑠𝑡𝑖𝑙𝑔𝑒𝑏𝑙𝑦 ℎ𝑒𝑡, ℎ𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑒𝑛𝑡𝑒 𝑏𝑟𝑜𝑜𝑠 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑘𝑟𝑒𝑢𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑔.
⁴𝐽𝑎, 𝑑𝑎𝑔 𝑒𝑛 𝑛𝑎𝑔 𝑤𝑎𝑠 𝑢 ℎ𝑎𝑛𝑑 𝑠𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑝 𝑚𝑦; 𝑚𝑦 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑠𝑘𝑟𝑎𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝑤𝑒𝑔𝑔𝑒𝑘𝑤𝑦𝑛 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑖𝑡𝑡𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑚𝑒𝑟. •𝑆𝑒𝑙𝑎
⁵𝑀𝑦 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑘 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑜𝑜𝑟 𝑈 𝑒𝑟𝑘𝑒𝑛; 𝑚𝑦 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑠𝑘𝑢𝑙𝑑 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑑𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒. 𝐸𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑑𝑖𝑛𝑘, 𝑒𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑚𝑦 𝑜𝑜𝑟𝑡𝑟𝑒𝑑𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑏𝑒𝑙𝑦, 𝑒𝑛 𝑈 ℎ𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑠𝑘𝑢𝑙𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑤𝑒. 𝑆𝑒𝑙𝑎
⁶𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑒𝑙𝑘𝑒 𝑔𝑒𝑡𝑟𝑜𝑢𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔 𝑡𝑜𝑡 𝑈 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑏𝑖𝑑 𝑡𝑒𝑟𝑤𝑦𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑒𝑒𝑛𝑡ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠. 𝐷𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑢𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 '𝑛 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑤𝑎𝑡𝑒𝑟𝑣𝑙𝑜𝑒𝑑 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑟𝑒𝑖𝑘 𝑛𝑖𝑒.
⁷𝑈 𝑏𝑖𝑒𝑑 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑢𝑡𝑡𝑖𝑛𝑔; 𝑈 𝑣𝑟𝑦𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑚𝑦 𝑣𝑎𝑛 𝑛𝑜𝑜𝑑; 𝑚𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑏𝑒𝑙𝑘𝑟𝑒𝑡𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑏𝑒𝑣𝑟𝑦𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑜𝑚𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑈 𝑚𝑦. 𝑆𝑒𝑙𝑎
⁸𝐸𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑗𝑜𝑢 𝑖𝑛𝑠𝑖𝑔 𝑔𝑒𝑒, 𝐸𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑗𝑜𝑢 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑎𝑑 𝑙𝑒𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑦 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑙𝑜𝑜𝑝. 𝐸𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑗𝑜𝑢 𝑟𝑎𝑎𝑑 𝑔𝑒𝑒, 𝑚𝑦 𝑜𝑜𝑔 𝑜𝑜𝑟 𝑗𝑜𝑢 ℎ𝑜𝑢.
⁹𝑀𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑜𝑠 '𝑛 𝑝𝑒𝑟𝑑, 𝑠𝑜𝑜𝑠 '𝑛 𝑚𝑢𝑖𝑙 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑, 𝑔𝑒𝑑𝑟𝑎 𝑛𝑖𝑒: 𝑀𝑒𝑡 𝑡𝑜𝑜𝑚 𝑒𝑛 𝑠𝑡𝑎𝑛𝑔 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑠𝑦 𝑘𝑟𝑎𝑔 𝑏𝑒𝑡𝑒𝑢𝑒𝑙 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑏𝑙𝑦 ℎ𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑦 𝑗𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒.
¹⁰'𝑛 𝐺𝑜𝑑𝑑𝑒𝑙𝑜𝑠𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑏𝑎𝑖𝑒 𝑠𝑚𝑎𝑟𝑡𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑖𝑒 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑜𝑢 – 𝑡𝑟𝑜𝑢𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑜𝑚𝑟𝑖𝑛𝑔 ℎ𝑜𝑚.
¹¹𝑉𝑒𝑟𝑏𝑙𝑦 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑖𝑔, 𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔𝑒𝑠; 𝑗𝑎, 𝑗𝑢𝑏𝑒𝑙 𝑑𝑖𝑡 𝑢𝑖𝑡, 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑚𝑒𝑡 𝑜𝑝𝑟𝑒𝑔𝑡𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡𝑒.”
Om by God self weg te kruip is beter as om onder ons eie dekmantel te probeer wegkruip. By God is daar liefde, vergifnis en vrede. Daar bestaan niks in die heelal wat ons ooit kan skei van die liefde wat God vir ons het nie (Rom. 8:31-39).
Die lewe loop soms baie moeilike draai met ons deur versoekings, sonde, hartseer, dood en baie ander uitdagings, maar God sal ons nooit verlaat nie. God bewaar ons en bied aan ons beskutting van- en in nood en bied ook aan ons bevryding deur Sy vrede (Ps. 32:7).
As ons by God wegkruip, gee Hy ons insig en raad en leer Hy ons die pad waarop ons moet loop (Ps. 32:8).
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Is ek soms steeks soos ’n perd of esel (Ps. 32:9) en probeer op ander plekke wegkruip? Het ek al waarlik die bevryding ervaar deur my sondes voor God te bely en sy vergifnis te ontvang?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Dankie Here dat ons by U kan wegkruip. In hierdie uitdagende tye, weet ons dat ons veilig is by U. Vergewe my Here vir al my sondes en gee my U raad en insig elke dag, sodat ek kan loop op die pad wat U my wys. Amen
𝕆𝕞 𝕥𝕖 𝕕𝕠𝕖𝕟 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
In jou eie stilgebed, bely jou sondes voor God en ontvang Sy genade in vergifnis. Mag jy God se vrede beleef.
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-03-21 – 🅰🅻🅻🅴🆂 🅶🅰🅰🅽 🆅🅴🆁🅱🆈. 🆂🅴🅺🅴🆁🅴 🅳🅸🅽🅶🅴 🅱🅻🆈. (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 – 𝘋𝘢𝘨 17)
Wanneer ons worstel met iets, is dit gewoonlik as gevolg van een of ander versoeking wat ons moet weerstaan. In hierdie lydenstyd vas jy dalk van iets en jy worstel om daarby te hou, want die versoeking om daardie een ding te weerstaan is moeilik. Soms worstel ons vir ure met ’n probleem. Ons worstel soms net om nie ons humeur te verloor nie. Ons worstel om onsself te weerhou van verkeerde optrede. Ons worstel om uit te hou en aan te hou.
Of jy nou vir 40 ure, 40 dae of 40 jaar worstel met iets, weet asseblief dat God se beloftes deur dit alles – vir alle tyd – sal hou en geldig sal bly. In Josua 5:9-12 (AFR20) lees ons die volgende:
“⁹𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝐽𝑜𝑠𝑢𝑎 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝑉𝑎𝑛𝑑𝑎𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝐸𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑝𝑜𝑡𝑡𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐸𝑔𝑖𝑝𝑡𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑓𝑔𝑒𝑤𝑒𝑟𝑝.” 𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑎𝑚 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑙𝑒𝑘 𝐺𝑖𝑙𝑔𝑎𝑙; 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑣𝑎𝑛𝑑𝑎𝑔 𝑛𝑜𝑔 𝑠𝑜. ¹⁰𝑇𝑒𝑟𝑤𝑦𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝐼𝑠𝑟𝑎𝑒𝑙𝑖𝑒𝑡𝑒 𝑏𝑦 𝐺𝑖𝑙𝑔𝑎𝑙 𝑔𝑒𝑘𝑎𝑚𝑝 ℎ𝑒𝑡, ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑒𝑟𝑡𝑖𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑛𝑑 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑛𝑑 𝑑𝑖𝑒 𝑃𝑎𝑠𝑔𝑎 𝑔𝑒𝑣𝑖𝑒𝑟 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑙𝑎𝑘𝑡𝑒𝑠 𝑏𝑦 𝐽𝑒𝑟𝑖𝑔𝑜. ¹¹𝐷𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑛𝑎́ 𝑑𝑖𝑒 𝑃𝑎𝑠𝑔𝑎, 𝑝𝑟𝑒𝑠𝑖𝑒𝑠 𝑜𝑝 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑔, ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑟𝑢𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑑 𝑔𝑒𝑒̈𝑒𝑡 – 𝑜𝑛𝑔𝑒𝑠𝑢𝑢𝑟𝑑𝑒 𝑏𝑟𝑜𝑜𝑑 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑏𝑟𝑎𝑎𝑖𝑑𝑒 𝑘𝑜𝑟𝑖𝑛𝑔. ¹²𝐷𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑛𝑛𝑎 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑝𝑔𝑒ℎ𝑜𝑢 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑛𝑎́ ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑟𝑢𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑑 𝑔𝑒𝑒̈𝑒𝑡 ℎ𝑒𝑡. 𝐷𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑎𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑚𝑎𝑛𝑛𝑎 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐼𝑠𝑟𝑎𝑒𝑙𝑖𝑒𝑡𝑒 𝑛𝑖𝑒. 𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑗𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑝𝑏𝑟𝑒𝑛𝑔𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑑 𝐾𝑎𝑛𝑎𝑎̈𝑛 𝑔𝑒𝑒̈𝑒𝑡.”
Vir 40 jaar het die Israeliete deur die woestyn geswerf. Vir 40 jaar was die tyd nie reg vir hulle om die Beloofde Land in te neem nie. Vir 40 jaar was 𝘩𝘶́𝘭𝘭𝘦 nie reg om die Beloofde Land in te neem nie. En vir 40 jaar, al het hulle hoe mismoedig geword en al het hulle telkens vir God verwyt oor dinge, het God vir hulle gesorg. Inteendeel, vir 40 jaar, in die woestyn van alle plekke, het die Israeliete nooit gehonger of gedors nie. Ja, daar was tye wat hulle kos opgeraak het en hulle water gekort het, maar elke keer het hulle ook besef dat die oplossing by hulle was. God was by hulle! Hulle moes net vra en God het elke keer voorsien.
Wanneer God ’n belofte maak, is daar nie allerhande voorwaardes en kleinskrif nie. Al wat Hy eis, is onverdeelde trou aan Hom. Hy verwag dat ons altyd sal onthou dat Hy ons God is en ons sy kinders is. Hy verwag dat ons só sal leef. God maak onvoorwaardelike beloftes en Hy hou altyd Sy woord.
Soos die Israeliete van ouds, waar God se belofte uitgeloop het in ’n fees van die Beloofde Land se gawes, só word ons deur God se beloftes uitgenooi na ’n ewige fees in die hemel. God se beloftes voed ons elke dag soos die Israeliete gevoed was met manna in die woestyn. Elke dag, kry ons uit God se Woord genoeg kos om ons siele te voed, maar ons moet dit self gaan haal – soos die Israeliete dit ook self moes gaan optel in die woestyn. En, as ons mooi kyk, dan sien ons dat – net soos met die Israeliete en die manna – is daar altyd meer as genoeg om ons te voed. Daar bly selfs nog oor. En die oorskot moet ons uitdeel. Ons moet die Woord van God se beloftes in Jesus Christus verkondig.
Geen worsteling duur vir ewig nie. God se belofte van ’n nuwe hemel en aarde en die lewe vir ewig in oorvloed by Hom is vandag nogsteeds net so geldig soos duisende jare gelede. Almal is genooi na die fees en saam gaan ons vir ewig dit vier. Maar, terwyl ons nog hier op aarde is, moet ons God se werk om ons te onderhou uitvoer, deur mekaar te onderhou en te dra deur allerhande worstelinge.
Weet dat jy nie alleen is in jou worsteling nie. God is met jou. Ek is met jou in gebed en jy kan ook daar wees vir my en alle ander gelowiges deur jou gebed.
𝑨𝒍𝒍𝒆𝒔 𝒊𝒏 𝒉𝒊𝒆𝒓𝒅𝒊𝒆 𝒍𝒆𝒘𝒆 𝒔𝒂𝒍 𝒗𝒆𝒓𝒃𝒚𝒈𝒂𝒂𝒏, 𝒎𝒂𝒂𝒓 𝑮𝒐𝒅 𝒔𝒆 𝒃𝒆𝒍𝒐𝒇𝒕𝒆𝒔 𝒃𝒍𝒚 𝒗𝒊𝒓 𝒆𝒘𝒊𝒈!
Om oor te dink vandag:
God is altyd getrou en sy beloftes duur vir ewig. Ek is nie alleen in my worsteling nie. Ek kan daar wees vir ander wat deur dinge worstel.
Gebed:
Ewige, getroue God, U het U volk deur die woestyn gedra vir 40 jaar lank. U was altyd daar en U het altyd gesorg. Wees asseblief ook nou met ons in hierdie tyd waarin ons lewe. Hierdie tyd is gevul met allerhande afwykings, versoekings, gekompliseerde dinge en allerhande angs en wanhoop. Mag ons in U en in mekaar weer vreugde vind, omdat ons weet U dra ons, ons kan mekaar dra en U beloftes is vir ewig. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-03-19 – 🅶🅾🅳 🅺🅴🅽 🅹🅾🆄. (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 – 𝘋𝘢𝘨 16)
Wanneer jy hard werk aan iets en jy sien nie dadelik die resultate nie, of soos gister genoem, sien jy nie dadelik die vrugte nie, kan jy nogal mismoedig raak. Soms vergeet jy dat God uiteindelik alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet (Romeine 8:28) en ons vergeet dat al ons lyding, struwelinge en worstelinge net tydelik is. Ons vergeet ook gou dat God met ons is te midde van al die lelik in ons lewens en die wêreld. Soms dink ons selfs dat God nie weet waardeur ons gaan nie en dat Hy nie omgee nie. Ons voel alleen, verstote en hulpeloos.
Dan moet ons onthou dat Jesus ook mens was. Hy het ook gely. Hy was ook hartseer en het gehuil. Hy het mens geword, sodat Hy ons straf ten volle kon voel en verstaan presies waardeur ons gaan elke dag. Ons vergeet soms, omdat ons Hom nie so goed ken nie, dat Hy ons beter ken as wat ons onsself ken. Dawid het dit besef toe hy Psalm 139 geskryf het.
𝔻𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 𝕟𝕒 oor Psalm 139, terwyl ons dit ons gebed van lof, afhanklikheid, beskerming, eer en erkenning maak.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
“¹(𝑉𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 •𝑚𝑢𝑠𝑖𝑒𝑘𝑙𝑒𝑖𝑒𝑟. 𝑉𝑎𝑛 𝐷𝑎𝑤𝑖𝑑. '𝑛 𝑃𝑠𝑎𝑙𝑚.)
𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑈 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑚𝑦 𝑒𝑛 𝑈 𝑘𝑒𝑛 𝑚𝑦.
²𝑈 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑚𝑦 𝑠𝑖𝑡 𝑒𝑛 𝑜𝑝𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑘𝑒𝑛; 𝑈 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑣𝑒𝑟 𝑎𝑓 𝑤𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑖𝑛 𝑔𝑒𝑑𝑎𝑔𝑡𝑒 ℎ𝑒𝑡.
³𝑀𝑦 𝑜𝑚𝑠𝑤𝑒𝑟𝑤𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑒𝑘 𝑟𝑢𝑠 – 𝑈 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑎𝑓𝑔𝑒𝑚𝑒𝑒𝑡; 𝑎𝑙 𝑚𝑦 𝑝𝑎𝑎𝑖𝑒 𝑖𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑈 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑛𝑑.
⁴𝐽𝑎, 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝑛𝑜𝑔 𝑛𝑖𝑒 '𝑛 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑜𝑝 𝑚𝑦 𝑡𝑜𝑛𝑔 𝑛𝑖𝑒, 𝑘𝑦𝑘, 𝑑𝑎𝑛 𝑘𝑒𝑛 𝑈, 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑜𝑙𝑙𝑒𝑑𝑖𝑔!
⁵𝑉𝑎𝑛 𝑎𝑔𝑡𝑒𝑟 𝑒𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝑜𝑚𝑠𝑙𝑢𝑖𝑡 𝑈 𝑚𝑦; 𝑈 𝑝𝑙𝑎𝑎𝑠 𝑢 ℎ𝑎𝑛𝑑𝑝𝑎𝑙𝑚𝑠 𝑜𝑝 𝑚𝑦.
⁶𝑂𝑚 𝑑𝑖𝑡 𝑡𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛, 𝑖𝑠 '𝑛 𝑡𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑤𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦; 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑡𝑒 ℎ𝑜𝑜𝑔, 𝑒𝑘 𝑘𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑟𝑦𝑝 𝑛𝑖𝑒.
⁷𝑊𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑒𝑛 𝑘𝑎𝑛 𝑒𝑘 𝑔𝑎𝑎𝑛, 𝑤𝑒𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑢 𝐺𝑒𝑒𝑠; 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑒𝑛 𝑘𝑎𝑛 𝑒𝑘 𝑣𝑙𝑢𝑔, 𝑤𝑒𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑢 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑?
⁸𝐾𝑙𝑖𝑚 𝑒𝑘 𝑜𝑝 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 – 𝑈 𝑖𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟; 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑙𝑒̂ 𝑒𝑘 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 •𝑑𝑜𝑑𝑒𝑟𝑦𝑘 – 𝑜𝑜𝑘 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝑈!
⁹𝑁𝑒𝑒𝑚 𝑒𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑙𝑒𝑟𝑘𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑒𝑟𝑎𝑎𝑑, 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑤𝑜𝑜𝑛 𝑒𝑘 𝑏𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑖𝑛𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑒𝑒;
¹⁰𝑜𝑜𝑘 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑎𝑙 𝑢 ℎ𝑎𝑛𝑑 𝑚𝑦 𝑙𝑒𝑖, 𝑢 𝑟𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟ℎ𝑎𝑛𝑑 𝑚𝑦 𝑣𝑎𝑠ℎ𝑜𝑢.
¹¹𝐸𝑛 𝑎𝑙 𝑠𝑒̂ 𝑒𝑘, “𝐴𝑠 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠 𝑚𝑦 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑒𝑡 𝑤𝑖𝑙 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑒𝑟𝑔 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔 𝑜𝑚 𝑚𝑦 𝑛𝑎𝑔 𝑤𝑜𝑟𝑑”,
¹²𝑖𝑠 𝑠𝑒𝑙𝑓𝑠 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑈 𝑑𝑜𝑛𝑘𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑘𝑦𝑛 𝑛𝑎𝑔 𝑠𝑜 𝑙𝑖𝑔 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑔, 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔.
¹³𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑈 𝑤𝑎𝑡 𝑚𝑦 𝑛𝑖𝑒𝑟𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑒𝑝 ℎ𝑒𝑡, 𝑚𝑦 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑑𝑒𝑟𝑠𝑘𝑜𝑜𝑡 𝑔𝑒𝑤𝑒𝑒𝑓 ℎ𝑒𝑡.
¹⁴𝐸𝑘 𝑝𝑟𝑦𝑠 𝑈 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑜𝑝 '𝑛 𝑜𝑛𝑡𝑠𝑎𝑔𝑤𝑒𝑘𝑘𝑒𝑛𝑑𝑒, 𝑤𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑏𝑎𝑎𝑟𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑤𝑦𝑠𝑒 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑖𝑠. 𝑊𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑏𝑎𝑎𝑟𝑙𝑖𝑘 𝑖𝑠 𝑢 𝑤𝑒𝑟𝑘𝑒 𝑒𝑛 𝑒𝑘 𝑏𝑒𝑠𝑒𝑓 𝑑𝑖𝑡 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑡𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑑.
¹⁵𝑀𝑦 𝑠𝑘𝑒𝑙𝑒𝑡 𝑤𝑎𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑈 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑜𝑟𝑔𝑒 𝑡𝑜𝑒 𝑒𝑘 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒ℎ𝑒𝑖𝑚 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑡𝑜𝑒 𝑒𝑘 𝑘𝑢𝑛𝑠𝑡𝑖𝑔 𝑔𝑒𝑤𝑒𝑒𝑓 𝑖𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒𝑝𝑡𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒.
¹⁶𝑈 𝑜𝑒̈ ℎ𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑣𝑜𝑟𝑚𝑙𝑜𝑜𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛. 𝐸𝑛 𝑖𝑛 𝑢 •𝑏𝑜𝑒𝑘𝑟𝑜𝑙 𝑖𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑡𝑒𝑘𝑒𝑛 – 𝑑𝑎𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑏𝑒𝑝𝑙𝑎𝑛 𝑖𝑠, 𝑡𝑜𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑒𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑎𝑠 𝑛𝑖𝑒.
¹⁷𝐸𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦, ℎ𝑜𝑒 𝑘𝑜𝑠𝑏𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝑢 𝑔𝑒𝑑𝑎𝑔𝑡𝑒𝑠, 𝑜 𝐺𝑜𝑑 – ℎ𝑜𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑤𝑒𝑙𝑑𝑖𝑔𝑒𝑛𝑑 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑡𝑎𝑙 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑣𝑎𝑛!
¹⁸𝐴𝑠 𝑒𝑘 𝑑𝑖𝑡 𝑡𝑒𝑙, 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑛𝑑. 𝑊𝑜𝑟𝑑 𝑒𝑘 𝑤𝑎𝑘𝑘𝑒𝑟, 𝑑𝑎𝑛 𝑖𝑠 𝑒𝑘 𝑠𝑡𝑒𝑒𝑑𝑠 𝑏𝑦 𝑈.
¹⁹𝐴𝑠 𝑈, 𝑜 𝐺𝑜𝑑, 𝑔𝑜𝑑𝑑𝑒𝑙𝑜𝑠𝑒𝑠 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑜𝑢 𝑜𝑚𝑏𝑟𝑖𝑛𝑔! 𝑀𝑎𝑛𝑛𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑏𝑙𝑜𝑒𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑖𝑒𝑡, 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑎𝑓!
²⁰𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑎𝑙𝑠ℎ𝑒𝑑𝑒 𝑜𝑜𝑟 𝑈 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔, 𝑢 𝑣𝑦𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑚 𝑡𝑒𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑒𝑓𝑠 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑓.
²¹𝑆𝑜𝑢 𝑒𝑘 𝑢 ℎ𝑎𝑡𝑒𝑟𝑠 𝑛𝑖𝑒 ℎ𝑎𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒, 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑖𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑈 𝑜𝑝𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛, 𝑛𝑖𝑒 '𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑟𝑠𝑖𝑛 ℎ𝑒̂ 𝑛𝑖𝑒?
²²𝐸𝑘 ℎ𝑎𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑒𝑡 '𝑛 𝑖𝑛𝑡𝑒𝑛𝑠𝑒 ℎ𝑎𝑎𝑡; 𝑣𝑦𝑎𝑛𝑑𝑒 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑟𝑑.
²³𝑂𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑚𝑦, 𝑜 𝐺𝑜𝑑, 𝑒𝑛 𝑘𝑒𝑛 𝑚𝑦 ℎ𝑎𝑟𝑡; 𝑡𝑜𝑒𝑡𝑠 𝑚𝑦, 𝑒𝑛 𝑘𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑜𝑛𝑡𝑠𝑡𝑒𝑙𝑙𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑔𝑒𝑑𝑎𝑔𝑡𝑒𝑠.
²⁴𝐾𝑦𝑘 𝑜𝑓 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑝 '𝑛 𝑝𝑎𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑟𝑖𝑒𝑡 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑙𝑒𝑖 𝑚𝑦 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑤𝑖𝑔𝑒 𝑝𝑎𝑑.”
Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-03-18 – 🆅🆁🆄🅶🆃🅴 🆆🅰🆃 🅹🆈 🅽🅸🅴 🆂🅸🅴🅽 🅽🅸🅴. (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 – 𝘋𝘢𝘨 15)
In die gelykenis van die vyeboom wat ons in gister se teksgedeelte (Lukas 13:6-9) gelees het, wil die eienaar eerder die boom laat afkap omdat dit geen vrugte gedra het nie. Die tuinier, geduldig en genadig, vra dan dat die boom tog net nog een jaar kan gegee word. Die eienaar se woorde was: “‘𝐾𝑦𝑘, 𝑑𝑖𝑠 𝑎𝑙 𝑑𝑟𝑖𝑒 𝑗𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑣𝑟𝑢𝑔𝑡𝑒 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑦𝑒𝑏𝑜𝑜𝑚 𝑘𝑜𝑚 𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑘𝑠 𝑘𝑟𝑦 𝑛𝑖𝑒. 𝐾𝑎𝑝 𝑑𝑖𝑡 𝑢𝑖𝑡. 𝑊𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑 𝑙𝑎𝑛𝑔𝑒𝑟 𝑢𝑖𝑡𝑝𝑢𝑡?’” (Lukas 13:7 AFR20).
So dikwels in ons lewens voel ons ook dat al ons moeite en arbeid verniet is. Ons werk en werk om iets gedoen te kry, maar ons sien nie die resultate nie. Ons voel ook dat ons die grond onnodig uitput en dat ons eerder iets anders moet doen of sommer ophou doen wat ons doen. Jesus het die gelykenis vertel om die mense te herinner dat daar nog tyd is om te bekeer en terug te keer na God, maar ook om ons te herinner dat ons nie altyd die vrugte van ons arbeid dadelik sal sien nie. Soms werk ons hard aan iets, net sodat iemand anders die vrugte daarvan sal kry.
In Hebreërs 11 word vir die gelowiges ’n hele lys van geloofshelde genoem – mense wat hard gewerk het en getrou gebly het aan God se voorskrifte, maar nooit in hul leeftyd die vrugte van hul arbeid kon sien nie. Hulle word opgenoem: Abel, Henog, Noag, Abraham, Isak, Jakob, Moses en nog ander. Almal het hard gewerk en geglo in God se beloftes, maar in hul leeftyd het dit nie heeltemal gerealiseer nie. Eers toe Jesus gekom het, het al daardie beloftes waar geword. Eers tóé het God se volk baie groot geword, omdat die nuwe verbond gekom het.
Ons is in Lydenstyd en ons worstel nog met die pandemie en die gevolge daarvan. Dit is menslik om te vra: “Hoe lank gaan dit nog aanhou? Hoe lank moet ons nog hierdie swaarkry beleef?” Jesus het ook in hierdie tyd geworstel met die lyding waardeur Hy moes gaan. Hy het ook, as mens, nie die vrugte kon sien van die grootste daad van genade wat Hy sou verrig nie. Tog het Hy, omdat Hy God is, geweet dat die vrugte daarvan wel sal kom. Hy het geweet dat die vrugte van sy arbeid vir die hele mensdom bedoel is en dat ons almal daardie vrugte sal dra. Deur Sy bloed aan die kruis het Hy vir ons die lewende water geword wat deur ons are kan vloei en wonderlike vrugte kan oplewer.
Baie van die vrugte sal ons kan sien in ons lewens of in die lewens van ander. Baie van die vrugte sal ons nooit sien nie, want ons versprei net die lewegewende water na ander bome. Hulle vrugte sal nog kom – dalk in hul leeftyd, dalk nie.
Wat ons moet onthou in hierdie lydenstyd en altyd in ons lewens, is dat God self omsien na ons. Ons is die bome en Hy is die tuinier. Hy het geduld met ons en bewys genade. Ons sal nie sommer net uitgekap word nie, want die potensiaal vir vrugte is daar, omdat ons gewortel en gegrond is in die liefde van God wat aan ons bewys is deur Jesus Christus aan die kruis (vgl. Efesiërs 3:14-21).
Onthou dat deur al jou harde werk en in alles wat jy doen, hang die resultate gelukkig nie nét van jou af nie. God is in beheer en God bepaal hoe en wanneer en wat. Vertrou op Hom. Hy stel ons nooit teleur nie.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Is ek soms te ongeduldig? Gee ek oor aan God om my werk en my arbeid in sy Koninkryk te beheer?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Almagtige, genadige God en Vader, vou ons toe in U liefde. Help ons om gewortel en gegrond te wees daarin. Help ons om te volhard en altyd in goeie grond te bly. Help ons om U lewende water, Here Jesus, deur ons te laat vloei – selfs al sien ons nie self die vrugte daarvan nie. Ons weet en glo dat die vrugte wel sal kom en dat dit goeie vrugte sal wees tot U eer, want dit kom van U af. Dankie daarvoor. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-03-17 – ’🅽 🅰🅽🅳🅴🆁 🅿🅴🆁🆂🅿🅴🅺🆃🅸🅴🅵. (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 – 𝘋𝘢𝘨 14)
In Lukas 13:1-5 lees ons oor iets wat gebeur het met ’n groep Galileërs. Dit wil voorkom of Pilatus die Galileërs laat doodmaak het terwyl hulle besig was om offerdiere te slag. Dan word daar ook genoem van agtien wat dood is toe die toring van Siloam op hulle geval het. Dit is ’n vreemde stukkie teks en ons het glad nie veel meer inligting oor wat daar gebeur het nie. Dan vra Jesus aan sy gehoor die vraag of hulle dink dat hierdie mense wat omgekom het groter sondaars was. Uiteindelik doen Jesus weer ’n beroep op die mense om hulle te bekeer.
Dit is voorwaar ’n vreemde gedeelte... Maar, weet jy, dikwels in die lewe het jy ook nie die volle verhaal nie. Jy het jou perspektief van gebeure, maar sien nooit regtig die hele prentjie nie. Soms gebeur dinge met ons en ons wonder waarom dit gebeur. Soms hoor of sien ons iets en ons wonder hoekom dit juis só moes gebeur. Ons het amper altyd ’n opinie oor dinge en ’n spesifieke gevoel of perspektief oor hoe dit moet of moes wees.
Dalk het die mense waarmee Jesus gepraat het in Lukas 13:1-5 ook ’n opinie gehad oor die redding van daardie mense wat omgekom het. Dalk het hulle gespekuleer of daardie mense nou in die hemel of in die hel is. Dan kom Jesus en sê vir die mense eintlik: “Moet julle nie nou ophou met sulke praatjies en spekulasie nie. Dink eerder aan jou eie redding. Bekeer julle!”
Net die volgende paar verse dan, vertel vir ons meer:
“⁶𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑡𝑜𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘𝑒𝑛𝑖𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑒𝑙: “𝐼𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 ℎ𝑒𝑡 '𝑛 𝑣𝑦𝑒𝑏𝑜𝑜𝑚 𝑔𝑒ℎ𝑎𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑠𝑦 𝑤𝑖𝑛𝑔𝑒𝑟𝑑 𝑔𝑒𝑝𝑙𝑎𝑛𝑡 𝑤𝑎𝑠. 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑟𝑢𝑔𝑡𝑒 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑎𝑎𝑛 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑘𝑠 𝑔𝑒𝑣𝑖𝑛𝑑 𝑛𝑖𝑒. ⁷𝑇𝑜𝑒 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑦 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑢𝑖𝑛𝑖𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑠𝑒̂, ‘𝐾𝑦𝑘, 𝑑𝑖𝑠 𝑎𝑙 𝑑𝑟𝑖𝑒 𝑗𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑣𝑟𝑢𝑔𝑡𝑒 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑦𝑒𝑏𝑜𝑜𝑚 𝑘𝑜𝑚 𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑘𝑠 𝑘𝑟𝑦 𝑛𝑖𝑒. 𝐾𝑎𝑝 𝑑𝑖𝑡 𝑢𝑖𝑡. 𝑊𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑 𝑙𝑎𝑛𝑔𝑒𝑟 𝑢𝑖𝑡𝑝𝑢𝑡?’ ⁸𝑀𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑦 𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑒𝑛 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑜𝑚, ‘𝑀𝑒𝑛𝑒𝑒𝑟, 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑜𝑔 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑗𝑎𝑎𝑟 𝑏𝑙𝑦 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛, 𝑡𝑜𝑡𝑑𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑟𝑜𝑛𝑑𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑠𝑝𝑖𝑡 𝑒𝑛 𝑚𝑖𝑠 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒 ℎ𝑒𝑡. ⁹𝐸𝑛 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑑𝑎𝑛 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑗𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑟𝑢𝑔𝑡𝑒 𝑑𝑟𝑎, 𝑔𝑜𝑒𝑑. 𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑢𝑟 𝑛𝑖𝑒, 𝑘𝑎𝑛 𝑢 𝑑𝑖𝑡 𝑢𝑖𝑡𝑘𝑎𝑝.’ ”” – Lukas 13:6-9 (AFR20)
Dit klink soos ’n vreemde gelykenis. Kort en sonder verduideliking. Tog is dit eintlik duidelik: Ons kan as mense soms ongeduldig wees en maklik oordeel of iets of iemand bruikbaar is, maar dit is nie vir ons om dit te bepaal nie. Ons mag dalk dink dat iemand nie gered kan word nie, maar God gee altyd nog geleentheid vir iemand om goeie vrugte te dra vir sy Koninkryk. Maar, ons moet ook onthou dat ons nie vir ewig kans het nie. Ons lewe op aarde is beperk en ons moet eerder nou as later besluit om voluit vir God te leef.
God gebruik baie dinge in die lewe om ons die geleentheid te gee om ons te bekeer. Ervarings kan dikwels lei daartoe dat ons ons opinie oor iets of iemand verander. Die Griekse woord wat gebruik word vir bekering, metanoia, kan ook beteken om jou gedagte of denkwyse te verander. Daarom kom Jesus en sê vir die mense dat hulle werklikwaar anders moet begin dink oor baie dinge, want die tyd om te verander is beperk en eendag, as Hy weer kom, gaan Hy die bome wat nie vrugte gedra het nie afkap en in die ewige vuur gooi. Jesus kom gee vir ons uit genade ’n ander perspektief, sodat ons ons harte sal omdraai, sal bekeer en na Hom sal draai.
Kry ’n ander perspektief. Sien dinge soos dit is. Neem Jesus se opdrag ter harte. Bekeer jou en verkondig die Woord. Verkondig die goeie nuus van waar daar ware redding is – net by Jesus.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Bly ek soms te gemaklik in my eie gemaksone of laat ek God toe om my ’n ander perspektief te laat sien? Gaan ek uit in die wêreld om diensbaar te wees?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Dankie liewe Heer dat U ons gedagtes kan verander. Daar is altyd ander moontlikhede vir wat ook al gebeur in ons lewens. Ons sien nooit die volle prentjie nie, maar dankie dat ons kan weet dat U alles weet. Help ons, deur U Heilige Gees, om te verstaan of te aanvaar wat gebeur en dat U in beheer bly. Mag ons dinge sien soos U dit sien en die dringendheid besef van ons eie bekering en toegewydheid aan U. Mag ons goeie vrugte dra in U Koninkryk. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-03-16 – 🅿🅰🆂🅾🅿 🅳🅰🆃 🅹🆈 🅽🅸🅴 🆅🅰🅻 🅽🅸🅴 ! (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 – 𝘋𝘢𝘨 13)
Wanneer ons tot bekering kom, ons harte vir God gee en vir Jesus begin volg, is daar ’n onaardse vrede wat oor ons daal. Ons ervaar liefde en genade, vreugde en blydskap. Maar dan, nie te lank daarna nie, begin ons huiwer. Ons begin vrae vra. Ons begin wonder... Wat as... “Wat as ek weer foute maak? Wat as ek misluk?” Hierdie vrae is menslik, maar dit is vrae wat ons dikwels weerhou van ’n vol lewe. Tog moet ons besef dat nie een van ons volmaak is nie en dat ons wel weer foute sal maak. Maar, wat maak ons dan en hoe kan ons dit vermy?
Onthou: wanneer jy enigiets in die lewe aanpak en jy misluk, maak dit nie van jou ’n mislukking nie. Jou poging het misluk en is ’n mislukking – nie jy nie. Jy het die vermoë om, as jy geestelik geval het, weer op te staan. Die belangrikste van mislukte pogings om te onthou, is dat enige mislukte poging ’n leerervaring is.
Ons wil graag vir Jesus volg en soos Hy wees, maar dit is voorwaar nie ’n maklike menslike taak nie. Ek meen, Jesus het sy lewe vir ons neergelê en alles opgeoffer vir ons – selfs sy Goddelikheid (vgl. Fil. 2). Hoe moet ons dan nou dit navolg en alles opoffer? Selfs al het Jesus dit vir ons as opdrag gegee, toe Hy in Johannes 12:25 sê: “²⁵𝑊𝑖𝑒 𝑠𝑦 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒𝑡, 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑡; 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑖𝑒 𝑠𝑦 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑖𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑔𝑒𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑎𝑔, 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑤𝑖𝑔𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑏𝑒ℎ𝑜𝑢.”, dit bly ’n moeilike taak... en elke nou en dan voel ons soos ’n mislukking, want die versoekings hou aan kom en ons pogings om dit te weerstaan misluk soms. So, wat maak ons dan?
Ons gaan weer terug na God se Woord. Ons gaan verdiep ons siele in die waarheid en onderrig van die Woord van God wat na eeue nog nooit misluk het nie. In 1 Korintiërs 10:1-22 gebruik Paulus die voorbeeld van Israel as waarskuwing. Hy vertel in verse 1 tot 6 hoe die volk ook alles gehad het tot hulle beskikking om onder God se sorg te woon en in sy teenwoordigheid te bly. Hulle het in die woestyn geestelike drank ontvang uit die rots en die Rots van die eeue het gekom dat hulle vir ewig lewende water kon kry. Tog het hulle weer en weer gekies om eerder afgode te dien, onsedelik te lewe en uiteindelik gekies om nie vir Jesus as die Christus en die Seun van God te aanvaar nie. Die volk se pogings was mislukkings. Maar nog erger: hulle was mislukkings.
Ons weet egter van beter en ons kan Israel se mislukkings as waarskuwing en leerskool gebruik. Paulus skryf in 1 Korintiërs 10:11-13 (AFR20):
“¹¹𝐷𝑖𝑡 ℎ𝑒𝑡 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑎𝑠 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑏𝑒𝑒𝑙𝑑 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑢𝑟, 𝑒𝑛 𝑖𝑠 𝑎𝑠 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑠𝑘𝑢𝑤𝑖𝑛𝑔 𝑛𝑒𝑒𝑟𝑔𝑒𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑖𝑛𝑑𝑡𝑦𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑒𝑒𝑟. ¹²𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑚𝑜𝑒𝑡 ℎ𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑛𝑘 ℎ𝑦 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛, 𝑜𝑝𝑝𝑎𝑠 𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑎𝑙 𝑛𝑖𝑒! ¹³𝐺𝑒𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑘𝑖𝑛𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑜𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚, 𝑏𝑒ℎ𝑎𝑙𝑤𝑒 '𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑒𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒. 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠 𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑡𝑟𝑜𝑢. 𝐻𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑖𝑒 𝑡𝑜𝑒𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑜 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑚𝑜𝑒̈ 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑎𝑙 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑘𝑖𝑛𝑔 𝑜𝑜𝑘 𝑢𝑖𝑡𝑘𝑜𝑚𝑠 𝑔𝑒𝑒, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑡 𝑘𝑎𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑢𝑢𝑟.”
Ons moet oppas dat ons nie val nie. Maar, soms gaan ons val en dan staan Jesus reg om ons op te help. Maar as ons die struikelblok sien aankom en ons weet dat ons menslike vlees die poging om dit te weerstaan gaan misluk, moet ons staatmaak op die krag van God se Heilige Gees. 𝘋𝘪́𝘵 is ons uitkoms uit versoeking. 𝘋𝘪́𝘵 laat ons staande bly. Ons kan en moet God se Woord elke dag bestudeer. Ons moet leer uit die foute van die verlede – die van God se volk en ook ons eie foute.
Onthou: ’𝒏 𝑭𝒐𝒖𝒕 𝒎𝒂𝒂𝒌 𝒏𝒆𝒕 𝒗𝒂𝒏 𝒋𝒐𝒖 ’𝒏 𝒎𝒊𝒔𝒍𝒖𝒌𝒌𝒊𝒏𝒈, 𝒂𝒔 𝒋𝒚 𝒏𝒊𝒆 𝒊𝒆𝒕𝒔 𝒅𝒂𝒂𝒓𝒖𝒊𝒕 𝒍𝒆𝒆𝒓 𝒏𝒊𝒆. 𝑱𝒚 𝒊𝒔 𝒏𝒊𝒆 ’𝒏 𝒎𝒊𝒔𝒍𝒖𝒌𝒌𝒊𝒏𝒈 𝒏𝒊𝒆. 𝑷𝒂𝒔𝒐𝒑 𝒅𝒂𝒕 𝒋𝒚 𝒏𝒊𝒆 𝒗𝒂𝒍 𝒏𝒊𝒆!
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Leer ek uit my eie en ander se foute? Leer ek genoeg uit God se Woord?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Here Jesus, U het vir ons die pad gewys wat ons moet loop. Ons kan ons lewens neerlê, want dit is lewens wat gevul is met sondige begeertes en afwykings. Ons kan eerder die nuwe lewe in U opneem. Dankie dat U Woord vir ons die moed en krag gee om ons foute en mislukte pogings in die gesig te staar. Mag ons die wysheid en onderrig vind wat ons nodig het deur U Woord en deur U Gees, almagtige Vader. En wanneer ons wel val, tel ons asseblief weer op en bring ons weer op die regte pad. In Jesus Christus, ons Here. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-03-15 – 🅻🅴🆂 🅹🅾🆄 🅳🅾🆁🆂. (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 – 𝘋𝘢𝘨 12)
Net nou die dag praat ons by die kerk oor wat ons moet doen om mense weer betrokke te kry. Wat is daar wat mens vandag kan doen om in mense weer ’n passie te kry? Eerstens vir God? En tweedens, vir die kerk? Hierdie is vrae wat al vir dekades, dalk eeue bespreek word en oor gewonder word, maar in die laaste 40 jaar het dinge baie verander en voel dit of hierdie uitdaging al groter word.
Toe die COVID pandemie die wêreld tref in 2020 het baie mense moes vas van baie dinge – hulle was streng ingeperk en moes op tegnologie staatmaak vir baie dinge. Kontak met ander mense was beperk of verbied en mense kon nie eredienste bywoon soos normaalweg nie. Vir baie mense was dit erg, maar vir baie mense was dit darem nog ’n verskoning om te gebruik – vandag nog... In die eerste erge inperkinge, was iets wel baie opvallend: mense het gesmag na iets. Mense wou graag weer kontak maak met mense. Mense het wel die gesamentlike aanbidding gemis.
Ons is nou op ’n punt waar mense begin besef dat hulle siele smag na iets meer in die wêreld. As jy na mense kyk, sien jy ’n hele klomp moeë en gefrustreerde mense. Die gevolge van hierdie pandemie het ons moeg gemaak en ons kort rus en verkwikking vir ons siele. Eintlik, is hierdie nie ’n onlangse probleem nie, dit was nog altyd daar, maar dit is deesdae erger. Mense soek oral vir hierdie rus en vrede... Ai tog, as mense maar net weer wil besef dat jy dit alles kan vind deur op die regte plek te soek.
Gister het ons gehoor uit Jesaja 55 van die fees wat God ons bied en die Lewende Water wat ons verniet kan ontvang. Hoor vandag dan die woorde van Dawid in Psalm 63, soos verwoord in FLAM Lied 22:
1. 𝐸𝑘 𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑈, 𝑜 𝐺𝑜𝑑, 𝑚𝑦 𝐺𝑜𝑑,
𝑒𝑘 𝑑𝑜𝑟𝑠 𝑛𝑎 𝑈, 𝐺𝑜𝑑.
𝑆𝑜𝑜𝑠 ‘𝑛 𝑙𝑎𝑛𝑑 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑡𝑒𝑟,
𝑤𝑖𝑙 𝑒𝑘 𝑡𝑜𝑡 𝑢 𝑛𝑎𝑑𝑒𝑟
𝑜𝑚 𝑏𝑦 𝑈 𝑡𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑠,
𝑜𝑚 𝑏𝑦 𝑈 𝑡𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑠.
2. 𝐴𝑠 𝑒𝑘 𝑠𝑎𝑎𝑛𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑈 𝑑𝑖𝑛𝑘, 𝑚𝑦 𝐺𝑜𝑑,
𝑜𝑜𝑟 𝑈 𝑝𝑒𝑖𝑛𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑔,
𝑑𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑒𝑘 𝑈 ℎ𝑒𝑙𝑝 𝑚𝑦,
𝐸𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑛𝑎𝑏𝑦 𝑈 𝑏𝑙𝑦,
𝑒𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑛𝑎𝑏𝑦 𝑈 𝑏𝑙𝑦.
𝑹𝒆𝒇𝒓𝒆𝒊𝒏:
𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑈 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑖𝑠 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑤𝑒𝑟𝑑 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒,
𝑑𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑠𝑎𝑙 𝑒𝑘 𝑈 𝑣𝑖𝑟 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑝𝑟𝑦𝑠;
𝑚𝑦 ℎ𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑜𝑝ℎ𝑒𝑓 𝑜𝑚 𝑢 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑡𝑒 𝑒𝑒𝑟,
𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑈 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑤𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑠 𝑙𝑒𝑤𝑒, 𝑙𝑒𝑤𝑒, 𝑙𝑒𝑤𝑒...
Ons siele smag na iets beter in hierdie dae. Ons siele – of ons dit agterkom of nie – roep ook uit soos Dawid se siel in hierdie psalm. Ons is moeg. Ons siele is uitgeput. Maar God is vir ons dié bron van verkwikking; Hy is vir ons ’n toevlug; Hy is ons bron van rus en vrede wanneer ons rondrol op ons bed in die nag. En mag jy jou dors les in sy teenwoordigheid.
Mag jy vandag tot God nader en rus vind in Hom. Mag jy jou hoop en vrede vir jou siel vind in die ewige God wat trou bly van geslag tot geslag. Mag jy waarlik dors na sy teenwoordigheid dag en nag.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Maak ek nog tyd om stil te word by God? Soek ek Hom dag en nag?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
𝐸𝑘 𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑈, 𝑜 𝐺𝑜𝑑, 𝑚𝑦 𝐺𝑜𝑑, 𝑒𝑘 𝑑𝑜𝑟𝑠 𝑛𝑎 𝑈, 𝐺𝑜𝑑. 𝑆𝑜𝑜𝑠 ‘𝑛 𝑙𝑎𝑛𝑑 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑡𝑒𝑟, 𝑤𝑖𝑙 𝑒𝑘 𝑡𝑜𝑡 𝑢 𝑛𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑜𝑚 𝑏𝑦 𝑈 𝑡𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑠. 𝐷𝑎𝑛𝑘𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑈 ℎ𝑎𝑛𝑑 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠𝑡𝑒𝑢𝑛 𝑚𝑦 𝑒𝑛 𝑈 𝑖𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 ’𝑛 𝑡𝑜𝑒𝑣𝑙𝑢𝑔 𝑖𝑛 𝑚𝑜𝑒𝑖𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑒𝑛 𝑢𝑖𝑡𝑑𝑎𝑔𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑡𝑦𝑒. 𝐸𝑘 𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑒𝑛 𝑝𝑟𝑦𝑠 𝑈 𝑣𝑖𝑟 𝑈 𝑜𝑛𝑒𝑖𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒. 𝐸𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑛𝑎𝑏𝑦 𝑈 𝑏𝑙𝑦 𝑡𝑜𝑡 𝑖𝑛 𝑒𝑤𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑. 𝐴𝑚𝑒𝑛
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-03-14 – 🅼🅰🅰🅺 🅹🆄🅻🅻🅴 🅾🆁🅴 🅾🅾🅿 ... (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 – 𝘋𝘢𝘨 11)
Terwyl die Jode in ballingskap is, lyk dinge maar baie donker vir hulle. Hulle probeer nog hoop, maar dit is moeilik as jy ’n slaaf is en onder die heerskappy van ’n vreemde koning is. Net wanneer jy begin dink jy moet maar alles waarin jy geglo het laat vaar en maar deel word van die wêreld waarvan jy deel is, kom daar skielik ’n profetiese woord... Ons lees Jesaja 55:1-9 (AFR20):
“¹“𝐾𝑜𝑚, 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑜𝑟𝑠 𝑖𝑠, 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑡𝑒𝑟! 𝐸𝑛 𝑤𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑙𝑑 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒, 𝑘𝑜𝑚 𝑘𝑜𝑜𝑝 𝑒𝑛 𝑒𝑒𝑡! 𝐾𝑜𝑚 𝑘𝑜𝑜𝑝 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑙𝑑, 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑘𝑜𝑠𝑡𝑒, 𝑤𝑦𝑛 𝑒𝑛 𝑚𝑒𝑙𝑘! ²𝑊𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑤𝑒𝑒𝑔 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑖𝑙𝑤𝑒𝑟 𝑎𝑓 𝑣𝑖𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑟𝑜𝑜𝑑 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑒𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑖𝑡𝑒𝑣𝑜𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑟𝑏𝑒𝑖𝑑 𝑎𝑎𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑎𝑑𝑖𝑔 𝑛𝑖𝑒? 𝐴𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑎𝑛𝑑𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔 𝑛𝑎 𝑀𝑦 𝑙𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟, 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑒𝑒𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑖𝑠, 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑟𝑦𝑘 𝑘𝑜𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑢𝑠𝑡𝑖𝑔. ³𝑀𝑎𝑎𝑘 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑟𝑒 𝑜𝑜𝑝 𝑒𝑛 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑎 𝑀𝑦 𝑡𝑜𝑒; 𝑙𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑙𝑒𝑒𝑓! 𝐸𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑚𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 '𝑛 𝑒𝑤𝑖𝑔𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑜𝑛𝑑 𝑠𝑙𝑢𝑖𝑡, 𝑔𝑒𝑡𝑟𝑜𝑢 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑒𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝐷𝑎𝑤𝑖𝑑. ⁴𝐾𝑦𝑘, '𝑛 𝑔𝑒𝑡𝑢𝑖𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑘𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝐸𝑘 ℎ𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘, '𝑛 𝑙𝑒𝑖𝑒𝑟, 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑏𝑒𝑣𝑒𝑙 𝑣𝑜𝑒𝑟 𝑜𝑜𝑟 𝑣𝑜𝑙𝑘𝑒. ⁵𝐾𝑦𝑘, 𝑗𝑦 𝑠𝑎𝑙 '𝑛 𝑛𝑎𝑠𝑖𝑒 𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑘𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒; 𝑒𝑛 '𝑛 𝑛𝑎𝑠𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒 𝑘𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑎 𝑗𝑜𝑢 𝑡𝑜𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑑𝑙𝑜𝑜𝑝, 𝑡𝑒𝑟 𝑤𝑖𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑗𝑜𝑢 𝐺𝑜𝑑, 𝑡𝑒𝑟 𝑤𝑖𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝐼𝑠𝑟𝑎𝑒𝑙, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑗𝑜𝑢 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘 ℎ𝑒𝑡.” ⁶𝑆𝑜𝑒𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑡𝑒𝑟𝑤𝑦𝑙 𝐻𝑦 𝐻𝑜𝑚 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑣𝑖𝑛𝑑, 𝑟𝑜𝑒𝑝 𝐻𝑜𝑚 𝑎𝑎𝑛 𝑡𝑒𝑟𝑤𝑦𝑙 𝐻𝑦 𝑛𝑎𝑏𝑦 𝑖𝑠. ⁷𝐷𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑑𝑑𝑒𝑙𝑜𝑠𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑝𝑎𝑑 𝑎𝑓𝑠𝑖𝑒𝑛, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑜𝑠𝑑𝑜𝑒𝑛𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑝𝑙𝑎𝑛𝑛𝑒. 𝐻𝑦 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑡𝑒𝑟𝑢𝑔𝑘𝑒𝑒𝑟, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝐻𝑦 ℎ𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑛𝑎𝑑𝑖𝑔 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑠, 𝑒𝑛 𝑛𝑎 𝑠𝑦 𝐺𝑜𝑑, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝐻𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑒𝑓 𝑜𝑜𝑟𝑣𝑙𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔𝑙𝑖𝑘. ⁸“𝐽𝑎, 𝑚𝑦 𝑝𝑙𝑎𝑛𝑛𝑒 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑝𝑙𝑎𝑛𝑛𝑒 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑝𝑎𝑎𝑖𝑒 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑦 𝑝𝑎𝑎𝑖𝑒 𝑛𝑖𝑒,” 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑠𝑝𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒. ⁹“𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 ℎ𝑜𝑒̈𝑟 𝑖𝑠 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒, 𝑠𝑜 𝑖𝑠 𝑚𝑦 𝑝𝑎𝑎𝑖𝑒 ℎ𝑜𝑒̈𝑟 𝑎𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑝𝑎𝑎𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑝𝑙𝑎𝑛𝑛𝑒 𝑎𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑝𝑙𝑎𝑛𝑛𝑒.””
Ja, God was besig om iets te beplan vir sy volk. Daar was uitkoms op pad en na die uitkoms was daar nog groter hoop gewees. Nadat die volk uit ballingskap kon terugkeer, was daar Iemand op pad wat oor alles en almal regeer. Iemand wat nie aan hierdie wêreld gelyk kan word nie. Iemand wat gratis en verniet ’n kos en drank vir die siel sou bied. En nie sommer gewone kos en drank nie... Nee, ’n feesmaal wat jou siel sal voed en voorberei tot in ewigheid!
God vertel aan sy volk dat Jesus Christus sal kom om ons almal weer te transformeer sodat ons weer as God se beeld kan leef. God het ’n plan gehad. Vandag nog het God daardie einste plan. Vandag nog is God besig om ons die geleentheid te gee om ons gees te vernuwe.
Terwyl ons in Lydenstyd is, is ons nogsteeds beperk op soveel vlakke as gevolg van die pandemie. Meeste van ons smag ook na iets nuut. Ons dors daarvoor. En hier, in God se Woord vandag, word ons weer herinner dat ons na die Lewende Water moet kom. Ons kan eet en drink, sonder om te betaal, want die prys vir ’n ewige fees in die teenwoordigheid van die almagtige God is reeds betaal.
Ons kan hoop in ’n hopelose, donker wêreld. Ons kan positief bly. Ons kan ophou om onsself te laat onderkry deur die toestand van die mensdom en die verval van waardes. Hoe? Deur te weet dat God se planne nie ons planne is nie. Terwyl die wêreld wetend en onwetend hul eie ondergang bepaal, het God beter planne vir die ewigheid – vir elkeen van ons wat in Hom glo.
Sy paaie is nie ons paaie nie en daarom moet ons streef om op sy pad te bly. Ons moet begin luister en ag slaan op sy waarskuwings, sy beloftes en die hoop wat daar is in Jesus Christus.
God beplan iets en daardie iets is nuut en opwindend. God nooi jou uit om deel te wees daarvan en sê vir ons vandag:
“𝑀𝑎𝑎𝑘 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑟𝑒 𝑜𝑜𝑝 𝑒𝑛 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑎 𝑀𝑦 𝑡𝑜𝑒; 𝑙𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑙𝑒𝑒𝑓!” (Jes. 55:3a AFR20)
Gaan jy aansluit by God se planne?
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Watter dinge in my lewe is onnodig besig om my hoop en vreugde te steel? Is ek op God se pad en deel van sy groter plan?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Almagtige, ewige God, laat my nader aan U loop, sodat ek U plan kan sien vir my lewe. Vul my met U beloftes en U hoop vir die wêreld. Mag ek U goeie nuus verkondig in woord en daad en mag ons ons ore oopmaak en terugkeer na U. Skenk aan ons die lewe waarna ons siele smag, in Jesus Christus, ons Here. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-03-12 – 🆂🅻🅰🅰🅿 🅹🆈 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 – 𝘋𝘢𝘨 10)
Ons leer in Hebreërs 4 dat Jesus ons nuwe Hoëpriester is wat gedurig vir ons intree by God die Vader. Jesus tree vir ons in in ons gebede. Hy, wie self mens was, praat met die Vader oor ons harte wanneer ons waarlik berou toon, wanneer ons smeek en wanneer ons nie weet wat om te sê nie. Maar vir dít om te gebeur, moet jy bid. Jy moet waak oor God se kerk en jy moet nie vir Jesus verraai in hierdie wêreld nie – jy mag nie aan die slaap gevang word nie.
Nog voor Jesus se kruisiging en opstanding, gaan Hy sekerlik een van die ergste emosioneel-dreinerende episodes deur van sy lewe. Sy dood is by die voordeur, agterdeur en om die draai. Hy soek ondersteuning. Hy wil hê sy vriende moet Hom bystaan. Hy wil die Vader se vrede ervaar en smeek vir moontlike uitkoms...
“³²𝑇𝑜𝑒 𝑘𝑜𝑚 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑦 '𝑛 𝑝𝑙𝑒𝑘 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑎𝑚 𝐺𝑒𝑡𝑠𝑒́𝑚𝑎𝑛𝑒́, 𝑒𝑛 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝑠𝑦 𝑑𝑖𝑠𝑠𝑖𝑝𝑒𝑙𝑠: “𝐵𝑙𝑦 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑠𝑖𝑡 𝑡𝑜𝑡𝑑𝑎𝑡 𝐸𝑘 𝑘𝑙𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑏𝑖𝑑 ℎ𝑒𝑡.” ³³𝐻𝑦 𝑛𝑒𝑒𝑚 𝑡𝑜𝑒 𝑣𝑖𝑟 •𝑃𝑒𝑡𝑟𝑢𝑠, 𝐽𝑎𝑘𝑜𝑏𝑢𝑠 𝑒𝑛 𝐽𝑜ℎ𝑎𝑛𝑛𝑒𝑠 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚. 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑟𝑔 𝑜𝑛𝑡𝑠𝑡𝑒𝑙𝑑 𝑒𝑛 𝑏𝑒𝑎𝑛𝑔𝑠 𝑏𝑒𝑔𝑖𝑛 𝑤𝑜𝑟𝑑, ³⁴𝑒𝑛 𝑠𝑒̂ 𝑡𝑜𝑒 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒: “𝑀𝑦 𝑠𝑖𝑒𝑙 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒𝑝 𝑏𝑒𝑑𝑟𝑜𝑒𝑓, 𝑡𝑜𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑡𝑜𝑒. 𝐵𝑙𝑦 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑎𝑘.” ³⁵𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 '𝑛 𝑒𝑛𝑡𝑗𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑔𝑎𝑎𝑛, 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑 𝑛𝑒𝑒𝑟𝑔𝑒𝑣𝑎𝑙 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑏𝑖𝑑 𝑑𝑎𝑡, 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑚𝑜𝑜𝑛𝑡𝑙𝑖𝑘 𝑖𝑠, 𝑑𝑖𝑒 𝑢𝑢𝑟 𝑏𝑦 𝐻𝑜𝑚 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑦𝑔𝑎𝑎𝑛. ³⁶𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑠𝑚𝑒𝑒𝑘: “𝐴𝑏𝑏𝑎, 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟, 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑖𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑈 𝑚𝑜𝑜𝑛𝑡𝑙𝑖𝑘. 𝑁𝑒𝑒𝑚 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑀𝑦 𝑎𝑓 𝑤𝑒𝑔 – 𝑛𝑜𝑔𝑡𝑎𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝐸𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝑈 𝑤𝑖𝑙.” ³⁷𝐻𝑦 𝑘𝑜𝑚 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑛𝑑 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑡𝑜𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑙𝑎𝑎𝑝, 𝑒𝑛 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝑃𝑒𝑡𝑟𝑢𝑠: “𝑆𝑖𝑚𝑜𝑛, 𝑠𝑙𝑎𝑎𝑝 𝑗𝑦? 𝑊𝑎𝑠 𝑗𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑡 𝑜𝑚 𝑒𝑒𝑛 𝑢𝑢𝑟 𝑙𝑎𝑛𝑘 𝑡𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑘 𝑛𝑖𝑒? ³⁸𝑊𝑎𝑎𝑘 𝑒𝑛 𝑏𝑖𝑑, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑘𝑖𝑛𝑔 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒. 𝐷𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑒𝑠 𝑖𝑠 𝑤𝑒𝑙 𝑔𝑒𝑤𝑖𝑙𝑙𝑖𝑔, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑙𝑒𝑒𝑠 𝑖𝑠 𝑠𝑤𝑎𝑘.” ³⁹𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑏𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒𝑠𝑒𝑙𝑓𝑑𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑒̂. ⁴⁰𝑇𝑜𝑒 𝐻𝑦 𝑡𝑒𝑟𝑢𝑔𝑘𝑜𝑚, 𝑣𝑖𝑛𝑑 𝐻𝑦 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑙𝑎𝑎𝑝, 𝑤𝑎𝑛𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑒̈ ℎ𝑒𝑡 𝑠𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑟𝑑. 𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑚 𝐻𝑜𝑚 𝑡𝑒 𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒. ⁴¹𝐻𝑦 𝑘𝑜𝑚 𝑡𝑜𝑒 '𝑛 𝑑𝑒𝑟𝑑𝑒 𝑘𝑒𝑒𝑟 𝑒𝑛 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒: “𝑆𝑙𝑎𝑎𝑝 𝑒𝑛 𝑟𝑢𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑜𝑔 𝑠𝑡𝑒𝑒𝑑𝑠? 𝐺𝑒𝑛𝑜𝑒𝑔! 𝐷𝑖𝑒 𝑢𝑢𝑟 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚. 𝐾𝑦𝑘, 𝑑𝑖𝑒 •𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑀𝑒𝑛𝑠 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑎𝑎𝑟𝑠 𝑜𝑜𝑟𝑔𝑒𝑙𝑒𝑤𝑒𝑟. ⁴²𝑆𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑝, 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑔𝑎𝑎𝑛! 𝐾𝑦𝑘, 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑀𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑟𝑎𝑎𝑖, 𝑖𝑠 𝑛𝑎𝑏𝑦!” ” – Markus 14:32-42 (AFR20)
Die evangelie volgens Lukas (22:44) vertel dat Jesus se sweet soos bloed geword het. Dis stres. Dis angs. Dis die ergste gevoel van vrees en verlatenheid. Tog, aan die einde, aanvaar Jesus die pad wat Hy moet stap vir elkeen van ons. Hy weet dat dit God se wil is, dat die finale offer gebring moet word deur Hom. Hy gaan gewillig na die kruis, sodat almal wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.
Daardie aand in Getsémané het Jesus die Vader gesmeek vir ’n ander uitkoms, maar as gevolg van jou en my, het Hy God se wil gehoorsaam. Wat maak ons daarmee vandag? Leef ons waardig daarvan? Bid ons nog met angs en smeking oor God se kerk en die toestand van die mensdom? Is ons gewillig om ons lewens neer te lê ter will van die evangelie van Jesus Christus? Of gaan Jesus, wanneer Hy terugkom, ons ook aan die slaap vang soos die dissipels?
Wat maak ons met God se kerk en met ons deel daarin? Slaap en rus ons nogsteeds terwyl die Seun van die Mens weereens in die hande van sondaars oorgelewer word met valse, afgedwaalde en afgewaterde teologie? Of staan ons op en bid saam met Jesus, sodat die evangelie suiwer verkondig mag word aan almal wat leef?
Daar in die tuin van Getsémané het Jesus, as mens, al die angs en vrees beleef oor die sonde van die hele mensdom se straf wat op Hom sou neerkom. Hy het dit gewillig aanvaar vir jou en my. Daar is geen sonde te groot, waarvan jy nie kan omdraai nie. Moenie slaap nie.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Here Jesus, help ons om te waak en bid. Heilige Gees, U praat met ons elke dag deur U onbeskryflike liefde. Gee ons die moed om te luister na U stem, sodat ons sal optree en opstaan vir die suiwer evangelie. Gee ons die moed en die wysheid om U kerk te wees. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-03-11 – “🅳🅸🅴 🆂🅼🅰🅻 🅳🅴🆄🆁” (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 – 𝘋𝘢𝘨 9)
Ek kan myself net Jesus se frustrasie indink in gister se teksgedeelte (Lukas 13:31-35) toe Hy dink aan hoe Hy aanhou probeer het om die mense van Jerusalem en eintlik die hele land te bekeer, maar hulle wou nie. Jesus het aangehou om die mense te leer en hulle te herinner aan God se beloftes... Al wat die mens moet doen, is om gehoorsaam te wees en lief te wees vir God bo alles in hierdie wêreld, maar die mense wou nie luister nie.
Ek verstaan Jesus se frustrasie, want dit is vandag nogsteeds so. ’n Mens kan preek en preek en dagstukkies en oordenkings skryf en uitstuur tot jy blou is in die gesig, maar as mense net nie wíl luister nie – as mense nie ’n wilsbesluit neem om vir Jesus te volg nie – sal niks verander nie. Dit is regtig hartseer om te weet dat baie van die mense waarvoor jy preek, nooit waarlik sal glo nie en nooit waarlik gered sal wees nie.
Net voor Jesus se klag oor Jerusalem, praat Hy met die mense oor die “smal deur”. Iemand vra vir Jesus reguit in Lukas 13:22 (AFR20): “𝑀𝑒𝑛𝑒𝑒𝑟, 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒𝑔𝑒𝑛𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑚𝑖𝑛?” Wonder ons ook nog hieroor?
Sien, ons kan deesdae na al die onderrig in bekering en gehoorsaamheid luister of dit lees, maar dit is mos makliker om eerder die wêreld se plesiertjies na te jaag en eerder ongehoorsaam aan God te wees. Dit is mos lekkerder vir mense deesdae om ’n liberale teologie na te volg wat ruimte maak vir allerhande ander dinge wat jy weet taboe is in God se Woord. Dit is mos makliker om eerder in universele waardes te glo en eerder vir Jesus en die kruis uit die kerk uit te haal...
Jesus antwoord daardie persoon in Lukas 13:24-28 (AFR20):
“²⁴“𝐵𝑒𝑦𝑤𝑒𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑚 𝑏𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑚𝑎𝑙 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑖𝑛 𝑡𝑒 𝑔𝑎𝑎𝑛, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑏𝑎𝑖𝑒, 𝑠𝑒̂ 𝐸𝑘 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑠𝑎𝑙 𝑝𝑟𝑜𝑏𝑒𝑒𝑟 𝑜𝑚 𝑖𝑛 𝑡𝑒 𝑔𝑎𝑎𝑛, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑟𝑒𝑔𝑘𝑟𝑦 𝑛𝑖𝑒. ²⁵𝐴𝑠 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑢𝑖𝑠𝑏𝑎𝑎𝑠 𝑒𝑒𝑟𝑠 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑠𝑙𝑢𝑖𝑡 ℎ𝑒𝑡, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑏𝑢𝑖𝑡𝑒 𝑒𝑛 𝑘𝑙𝑜𝑝 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑒𝑛 𝑟𝑜𝑒𝑝, ‘𝑀𝑒𝑛𝑒𝑒𝑟, 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑜𝑝!’ 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑦 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑, ‘𝐸𝑘 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛𝑑𝑎𝑎𝑛 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒.’ ²⁶𝐷𝑎𝑛 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑖𝑛 𝑠𝑒̂, ‘𝑂𝑛𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑢 𝑔𝑒𝑒̈𝑒𝑡 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑑𝑟𝑖𝑛𝑘, 𝑒𝑛 𝑢 ℎ𝑒𝑡 𝑖𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑡𝑟𝑎𝑡𝑒 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑟𝑖𝑔 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒.’ ²⁷𝑀𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑒̂, ‘𝐸𝑘 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛𝑑𝑎𝑎𝑛 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒. 𝐺𝑎𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑎𝑓, 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑟𝑒𝑔 𝑝𝑙𝑒𝑒𝑔.’ ²⁸𝐷𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑎𝑙 '𝑛 𝑔𝑒𝑤𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑒𝑛 '𝑛 𝑔𝑒𝑘𝑛𝑒𝑟𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑡𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝐴𝑏𝑟𝑎ℎ𝑎𝑚 𝑒𝑛 𝐼𝑠𝑎𝑘 𝑒𝑛 𝐽𝑎𝑘𝑜𝑏 𝑒𝑛 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑟𝑜𝑓𝑒𝑡𝑒 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 •𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑘𝑟𝑦𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑠𝑖𝑒𝑛, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑤𝑒𝑟𝑝 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑎 𝑏𝑢𝑖𝑡𝑒. ”
Terwyl ons saam met Jesus stap in hierdie Lydenstyd, besef ons weer opnuut Jesus se emosies. Hoe Hy, as God wat ons eerste liefgehad het, deur die emosies van ’n mens, frustrasie en teleurstelling moes ervaar, toe Hy besef dat selfs deur daardie daad wat nog moes kom aan die kruis, gaan baie mense nogsteeds nie God se genade en liefde wil aanvaar nie. Ons God het mens geword, sodat Hy alles kon voel wat ons voel en heeltemal kon weet wat dit is om mens te wees.
Alhoewel Jesus nie met die sonde geworstel het, soos baie van ons nie, weet Hy wat dit is om versoek te word. Hy weet wat die is om alle ander emosies van menswees deur te gaan: hartseer, pyn, woede, teleurstelling, frustrasie, blydskap, vreugde, opgewondenheid, vrede. Miskien ervaar jy tans in jou lewe moeilike emosies en ander worstelinge. Praat met Jesus. Miskien sukkel jy om jouself of ander mense te vergewe vir iets. Praat met Jesus. Miskien is jy bang dat jy een van dié gaan wees wat buite die deur gaan staan en klop en dat God vir jou sal sê: “Ek ken jou nie”. Praat met Jesus.
Dit help nie ons maak van Jesus ons maatjie nie. Hy is ons Here en ons Verlosser. Hy is God. Ons kan nie kerk speel en dink dat ons eie definisie van “reg lewe” ons gaan red nie. Moenie menslike emosies verwar met wat jy diep in jou binneste glo oor Jesus nie. Ons weet ons is slegs uit genade gered en slegs deur Jesus Christus se werk aan die kruis. Moenie op jou eie deur die smal deur probeer ingaan nie. Gaan saam met Jesus in. Ken Hom. Volg Hom. Met jou hele lewe.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Hoe dikwels laat ek toe dat my eie emosies of ander se emosies oor sekere sake my beïnvloed om ander waardes as dié in God se Woord aan te neem? Praat ek genoeg met Jesus en deel ek genoeg met Hom hoe ek voel?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Here Jesus, U wat self mens was en alles weet oor hoe ons voel, dankie dat U aan ons gevoelens gegee het. Help ons om ons gevoelens reg aan te wend, sodat ons empatie sal hê met ander mense. Help ons om te luister na ander mense en om hulle lief te hê soos U ons lief het. Help ons om só na-aan U te bly, dat ons saam met U deur die smal deur kan ingaan. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-03-10 – 🅳🅸🅴 🅾🆄 🅹🅴🆁🆄🆂🅰🅻🅴🅼 ... (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 – 𝘋𝘢𝘨 8)
In Lukas 13 lees ons hoe Jesus sy bes probeer om die mense te kry om hulle te bekeer, Hy probeer aan hulle verduidelik waaroor ware geloof gaan, maar die mense se onbegrip is verstommend. Ons sien dan, aan die einde van die hoofstuk hoe Jesus se menslikheid, saam met sy Godheid, deurkom in frustrasie:
“³¹𝐽𝑢𝑖𝑠 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒́ 𝑡𝑦𝑑𝑠𝑡𝑖𝑝 ℎ𝑒𝑡 𝑠𝑜𝑚𝑚𝑖𝑔𝑒 •𝐹𝑎𝑟𝑖𝑠𝑒𝑒̈𝑟𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝐻𝑜𝑚 𝑘𝑜𝑚 𝑠𝑒̂: “𝐺𝑎𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑔, 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑣𝑎𝑛𝑑𝑎𝑎𝑛, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝐻𝑒𝑟𝑜𝑑𝑒𝑠 𝑤𝑖𝑙 𝑢 𝑑𝑜𝑜𝑑𝑚𝑎𝑎𝑘.” ³²𝑀𝑎𝑎𝑟 𝐻𝑦 𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒: “𝐺𝑎𝑎𝑛 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑗𝑎𝑘𝑘𝑎𝑙𝑠, ‘𝐾𝑦𝑘, 𝐸𝑘 𝑑𝑟𝑦𝑓 𝑣𝑎𝑛𝑑𝑎𝑔 𝑒𝑛 𝑚𝑜̂𝑟𝑒 𝑛𝑜𝑔 𝑑𝑒𝑚𝑜𝑛𝑒 𝑢𝑖𝑡 𝑒𝑛 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑜𝑛𝑑, 𝑒𝑛 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑒𝑟𝑑𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑏𝑒𝑟𝑒𝑖𝑘 𝐸𝑘 𝑚𝑦 𝑑𝑜𝑒𝑙. ³³𝑀𝑎𝑎𝑟 𝐸𝑘 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑛𝑜𝑔 𝑣𝑎𝑛𝑑𝑎𝑔 𝑒𝑛 𝑚𝑜̂𝑟𝑒 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑒𝑟 𝑔𝑎𝑎𝑛, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑘𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑎𝑡 '𝑛 𝑝𝑟𝑜𝑓𝑒𝑒𝑡 𝑏𝑢𝑖𝑡𝑒 𝐽𝑒𝑟𝑢𝑠𝑎𝑙𝑒𝑚 𝑜𝑚𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒.’ ³⁴𝐽𝑒𝑟𝑢𝑠𝑎𝑙𝑒𝑚, 𝐽𝑒𝑟𝑢𝑠𝑎𝑙𝑒𝑚, 𝑗𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑟𝑜𝑓𝑒𝑡𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒́ 𝑠𝑡𝑒𝑛𝑖𝑔 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑎 𝑗𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟 𝑖𝑠! 𝐻𝑜𝑒 𝑑𝑖𝑘𝑤𝑒𝑙𝑠 𝑤𝑜𝑢 𝐸𝑘 𝑗𝑜𝑢 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑏𝑦𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑠𝑜𝑜𝑠 '𝑛 ℎ𝑒𝑛 ℎ𝑎𝑎𝑟 𝑘𝑢𝑖𝑘𝑒𝑛𝑠 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 ℎ𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑙𝑒𝑟𝑘𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒! ³⁵𝐾𝑦𝑘, 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑢𝑖𝑠 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑜𝑒𝑠 𝑎𝑔𝑡𝑒𝑟𝑔𝑒𝑙𝑎𝑎𝑡. 𝐸𝑘 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑀𝑦 𝑏𝑒𝑠𝑙𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑡𝑜𝑡𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑦𝑑 𝑎𝑎𝑛𝑏𝑟𝑒𝑒𝑘 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑠𝑒̂, ‘𝐺𝑒𝑠𝑒𝑒̈𝑛𝑑 𝑖𝑠 𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑘𝑜𝑚 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒!’” ” – Lukas 13:31-35 (AFR20)
Hoe hartseer dat die stad wat veronderstel was om hul Koning te herken, Hom nie kon sien vir wie Hy is nie! Jesus kondig hier sy dood aan en, gelukkig vir ons, weet ons hoe alles uitdraai. Ons weet dat die einde eintlik die begin is, maar verbeel jou vandag – as jy kan – dat jy nie weet wat die uiteinde van hierdie gebeure is nie. Verbeel jou dat jy daar is in Jerusalem en jy sien hierdie Jesus van Nasaret.
Hierdie timmerman se seun het stad toe gekom om die mense te kom leer oor die Koninkryk van God. Hy het gekom om die norme en standaarde van die samelewing uit te daag. Hy het gekom om onvoorwaardelik lief te wees vir mense en om wonderwerke te verrig onder gewone mense. Hy het kom optree as God se profeet en soos enige profeet moet Hy vertel van God se plan vir die mens – God se plan van redding en oordeel...
Ongelukkig, self vandag nog, is dit nie wat mense wil hoor nie. Selfs Jesus se vyande, die Fariseërs, waarsku Hom en probeer sy lewe red, maar ook hulle besef nie wie Jesus is nie. Verbeel jou jy is daar... Vir hoe lank sal jy nog vir Jesus volg? Vir hoe lank sal jy nog kan uithou met sy aanhoudende verkondiging van sy komende dood? Is dit nie bietjies te erg nie? Moet Hy regtig heeltyd aanhou om ons te vertel van bekering en hoe ons moet glo en hoe ons van die bose verlos moet word?
Ons hou nie van ’n profetiese stem nie. Ons hou nie daarvan as iemand vir ons teregwys nie. Ons weet hoe alles in Jerusalem eindig. Ons weet dat dit die begin is vir ons. Maar, wat as Jesus vandag na ons toe terugkom? Terwyl ons in hierdie Lydenstyd die pad na die kruis saam met Jesus stap, wat maak ons met hierdie profetiese stem van Jesus in Lukas 13? Is ons lewens in lyn met die kruis en God se Koninkryk? Of word ons ook nogsteeds deur wêreldse leiers en heersers geïntimideer sodat ons nie by ons roeping om die evangelie te verkondig uitkom nie?
As Jesus vandag profeties met ons sou praat, wat sou Hy sê? Speel ons die rol van Jerusalem vandag? Kruisig ons Hom weer? Of laat ons toe dat God ons bymekaarmaak en onder sy beskerming bring?
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Hierbo is ’n hele paar vrae om oor na te dink vandag...
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Here Jesus, vergewe ons dat ons soms hardkoppig is en nie ag slaan op die profetiese stem wat ons regdeur die Bybel hoor nie. Help ons om ook vandag ’n profetiese stem te wees vir die wêreld. Help ons om nie soos Jerusalem van ouds te wees nie. Mag ons U nooit verwerp nie en mag ons altyd veilig bly onder U beskerming. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-03-09 – 🅷🅴🅼🅴🅻🆂🅴 🅱🆄🆁🅶🅴🆁🆂🅺🅰🅿. (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 – 𝘋𝘢𝘨 7)
In Lydenstyd word ons dikwels herinner aan alles wat Jesus deurgemaak het tydens sy lewe hier op aarde. Ons word weer diep bewus van die haat, die spot, die lyding wat Hy deurgemaak het vir jou en my. Om heeltyd daaraan herinner te word, skep soms in ons ’n diep gevoel van dankbaarheid, maar soms ook skaamte en skuld. Dit is ook reg so. Ons moet onsself herinner dat dit óns sondes is wat veroorsaak het dat Jesus aan die kruis gehang het. Ons moet onsself herinner dat ons slegs uit genade gered is en dat daardie genade duur gekos het en onregverdig was toe dit óns straf op ’n onskuldige Jesus Christus gebring het. Maar, ons moet ook onsself herinner aan wat presies daardie straf en verlossing vir ons inhou.
Paulus skryf in Filippense dat ons onsself moet herinner aan ons nuwe lewe en dat ons ons lewens só moet inrig dat ons nuwe burgerskap ten toon gestel word. Ons lees Filippense 3:17-4:1 (AFR20):
“¹⁷𝐵𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠, 𝑣𝑜𝑙𝑔 𝑑𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑏𝑒𝑒𝑙𝑑, 𝑒𝑛 𝑙𝑒𝑡 𝑜𝑝 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑜 𝑙𝑒𝑒𝑓 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑏𝑒𝑒𝑙𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑒𝑙 ℎ𝑒𝑡, ¹⁸𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑏𝑎𝑖𝑒, 𝑣𝑎𝑛 𝑤𝑖𝑒 𝑒𝑘 𝑑𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑘𝑤𝑒𝑙𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑒̂ ℎ𝑒𝑡, 𝑒𝑛 𝑛𝑜𝑢 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑖𝑛 𝑡𝑟𝑎𝑛𝑒 𝑠𝑒̂, 𝑙𝑒𝑒𝑓 𝑎𝑠 𝑣𝑦𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑟𝑢𝑖𝑠 𝑣𝑎𝑛 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠. ¹⁹𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑒𝑖𝑛𝑑𝑒 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑒𝑟𝑓, 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑔 𝑖𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑜𝑑, ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑒𝑒𝑟 𝑖𝑠 𝑔𝑒𝑙𝑒𝑒̈ 𝑖𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑘𝑎𝑛𝑑𝑒 – ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑠𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑏𝑒𝑑𝑖𝑛𝑘. ²⁰𝑂𝑛𝑠 𝑏𝑢𝑟𝑔𝑒𝑟𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑖𝑠 𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙, 𝑣𝑎𝑛𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑎𝑠 𝑉𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠𝑠𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑎𝑔. ²¹𝐻𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑜𝑛𝑠 𝑛𝑒𝑑𝑒𝑟𝑖𝑔𝑒 𝑙𝑖𝑔𝑔𝑎𝑎𝑚 𝑣𝑒𝑟𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟, 𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘𝑣𝑜𝑟𝑚𝑖𝑔 𝑡𝑒 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑎𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘𝑡𝑒 𝑙𝑖𝑔𝑔𝑎𝑎𝑚, 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑟𝑎𝑔 𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑖𝑛 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑡 𝑠𝑡𝑒𝑙 𝑜𝑚 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑡𝑒 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑤𝑒𝑟𝑝. 𝟒¹𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚, 𝑚𝑦 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠, 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑤𝑖𝑒 𝑒𝑘 𝑙𝑖𝑒𝑓 𝑖𝑠, 𝑒𝑛 𝑛𝑎 𝑤𝑖𝑒 𝑒𝑘 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑎𝑛𝑔, 𝑚𝑦 𝑣𝑟𝑒𝑢𝑔𝑑𝑒 𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑘𝑟𝑜𝑜𝑛 – 𝑔𝑒𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒𝑠, 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑎𝑛 𝑠𝑜́ 𝑣𝑎𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒.”
Ons is nie meer burgers van hierdie wêreld nie. Alhoewel ons nog hier lewe, is ons nou slegs besoekers, ambassadeurs van die hemel. Ons burgerskap is deur Jesus Christus bewerk en ons gaan eendag terugkeer huis toe, wanneer Hy vir seker gaan terugkom om ons te kom haal. Terwyl ons egter nou hier is, moet ons lewe sodat ander mense kan sien hoe wonderlik ons huis is. Hulle moet graag wil emigreer. Ons moet die woord wyd en syd verkondig van hoe wonderlik dit gaan wees in ons nuwe wêreld. Ons moet begin om nuwe landsburgers bymekaar te maak.
In baie lande deesdae, hoef jy net vir twee jaar daar te bly voordat jy kan aansoek doen om permanente burgerskap. Dit is deesdae nogal maklik om jou burgerskap te verander in die wêreld. Tog weet ons dat dit nie regtig saakmaak nie, want die Woord leer ons dat alles soos ons dit hier ken, sal ophou bestaan. Wat saak maak is waar jou ewige burgerskap is. Paulus herinner ons hier dat ons, onverdiend, onmiddellike burgerskap in die hemel verkry het. Deur die transformerende krag van Jesus Christus kan ons nou al begin lyk soos burgers wat ons is. Deur die Heilige Gees in ons, kan ons vir die wêreld begin wys hoe ons huis lyk.
Die oomblik wanneer jy vir Jesus Christus aanvaar as jou Redder en God, begin jou lewe te verander. Hierdie transformasie is gewoonlik ’n wonderlike verhaal. Vertel dit! Nooi mense uit om hul hemelse burgerskap te kry – verniet en onmiddellik!
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Hoe het Christus se liefde en krag my verander? Wat is my verhaal van transformasie wat ek kan vertel? Vat daai geloofsprong en vertel dit aan jou familie, vriende of bure.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Here Jesus, U is ons Verlosser en U het aan ons ’n verhaal gegee om te vertel. Ons verhaal is ook een van wonderlike transformasie. Gee my die moed om ander mense te vertel van my hemelse burgerskap, sodat ander mense ook kan weet van U wonderlike liefde en genade. Gee my die moed om met woorde en dade ander mense te wys hoe transformerend U liefde en krag is. Mag U verandering in my, ander inspireer om U te leer ken. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-03-08 – “🆆🅴🅴🆂 🆂🆃🅴🆁🅺 🅴🅽 🅷🅾🆄 🅼🅾🅴🅳.” (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 – 𝘋𝘢𝘨 6)
Wanneer dinge om ons donker en sonder hoop lyk, weet ons ons kan vashou aan die Here, maar soms oorval angs en vrees ons nogsteeds. Dawid skryf in Psalm 27:
“¹𝑉𝑎𝑛 𝐷𝑎𝑤𝑖𝑑. 𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑚𝑦 𝑙𝑖𝑔 𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑟𝑒𝑑𝑑𝑖𝑛𝑔 – 𝑣𝑖𝑟 𝑤𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑒𝑘 𝑣𝑟𝑒𝑒𝑠? 𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑜𝑒𝑣𝑙𝑢𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑙𝑒𝑤𝑒 – 𝑣𝑖𝑟 𝑤𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑒𝑘 𝑏𝑎𝑛𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠? ²𝐴𝑠 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑𝑑𝑜𝑒𝑛𝑒𝑟𝑠 𝑜𝑝 𝑚𝑦 𝑡𝑜𝑒𝑠𝑎𝑘 𝑜𝑚 𝑚𝑦 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑡𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑙𝑖𝑛𝑑, 𝑗𝑎, 𝑚𝑦 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑣𝑦𝑎𝑛𝑑𝑒, 𝑠𝑡𝑟𝑢𝑖𝑘𝑒𝑙 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑒𝑛 𝑣𝑎𝑙. ³𝐴𝑙 𝑠𝑜𝑢 '𝑛 𝑙𝑒𝑒̈𝑟 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑙𝑎𝑒𝑟 𝑜𝑝𝑠𝑙𝑎𝑎𝑛, 𝑠𝑎𝑙 𝑚𝑦 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑎𝑛𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒; 𝑎𝑙 𝑠𝑜𝑢 '𝑛 𝑜𝑜𝑟𝑙𝑜𝑔 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑢𝑖𝑡𝑏𝑟𝑒𝑒𝑘, 𝑠𝑎𝑙 𝑒𝑘 𝑛𝑜𝑔𝑡𝑎𝑛𝑠 𝑏𝑙𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑜𝑢.” – Psalm 27:1-3 (AFR20)
Ons is nou al in die derde jaar van ’n wêreldwye pandemie. Dinge wat voorheen vir ons baie seker gelyk het, lyk deesdae heel anders. Die ekonomie is onder druk; korrupsie word nie beter nie; mense word nogsteeds siek en daar is nogsteeds sterftes van hierdie siekte; en nou het daar ook nog oorlog uitgebreek in die Oekraïne...
Om nie te vrees vir wat nog voorlê nie, is amper onmoontlik, want ons weet nie wat voorlê nie! Dit is gewoonlik ons grootste vrees: die onbekende. Dawid herinner ons dat God vir ons ’n lig en redding moet wees in ’n donker wêreld. Maar, hoe kry ons hierdie redding? Waar kruip ons weg? Waar kan ons gaan om die Here se beskerming te kry? Ons lees vêrder in Psalm 27:
“⁴𝐸𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑛𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑔𝑒𝑣𝑟𝑎 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑠𝑎𝑙 𝑒𝑘 𝑏𝑙𝑦 𝑛𝑎𝑠𝑡𝑟𝑒𝑒𝑓: 𝑜𝑚 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑢𝑖𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑡𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑛, 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑡𝑒 𝑎𝑎𝑛𝑠𝑘𝑜𝑢 𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑜𝑜𝑟 𝑛𝑎 𝑡𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑘 𝑖𝑛 𝑠𝑦 •𝑡𝑒𝑚𝑝𝑒𝑙. ⁵𝐽𝑎, 𝐻𝑦 𝑠𝑡𝑒𝑒𝑘 𝑚𝑦 𝑤𝑒𝑔 𝑖𝑛 𝑠𝑦 𝑠𝑘𝑢𝑖𝑙𝑖𝑛𝑔 𝑜𝑝 '𝑛 𝑑𝑎𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑛ℎ𝑒𝑖𝑙; 𝐻𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑒𝑟𝑔 𝑚𝑦 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑢𝑡𝑡𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑡𝑒𝑛𝑡; 𝐻𝑦 𝑡𝑒𝑙 𝑚𝑦 ℎ𝑜𝑜𝑔 𝑜𝑝 '𝑛 𝑟𝑜𝑡𝑠. ⁶𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑖𝑠 𝑚𝑦 𝑘𝑜𝑝 ℎ𝑜𝑜𝑔 𝑏𝑜 𝑚𝑦 𝑣𝑦𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑟𝑜𝑛𝑑𝑜𝑚 𝑚𝑦. 𝐸𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑚𝑒𝑡 𝑢𝑖𝑡𝑟𝑜𝑒𝑝𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑣𝑟𝑒𝑢𝑔𝑑𝑒 𝑜𝑓𝑓𝑒𝑟𝑠 𝑏𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑖𝑛 𝑠𝑦 𝑡𝑒𝑛𝑡, 𝑒𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑠𝑖𝑛𝑔, 𝑒𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑖𝑛𝑔. ⁷𝐿𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟 𝑡𝑜𝑔, 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑛𝑎 𝑚𝑦 𝑠𝑡𝑒𝑚 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑒𝑘 𝑟𝑜𝑒𝑝, 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑛𝑎𝑑𝑖𝑔 𝑒𝑛 𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑚𝑦! ⁸𝑀𝑦 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑒𝑔𝑔𝑜 𝑢 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒: “𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑜𝑝𝑠𝑜𝑒𝑘!” 𝑈 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑒𝑘 𝑜𝑝. ⁹𝑀𝑜𝑒𝑡 𝑢 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑔 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑒𝑟𝑔 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑢 𝑑𝑖𝑒𝑛𝑠𝑘𝑛𝑒𝑔 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑡𝑜𝑜𝑟𝑛 𝑤𝑒𝑔𝑤𝑦𝑠 𝑛𝑖𝑒. 𝑈 𝑤𝑎𝑠 𝑚𝑦 𝐻𝑒𝑙𝑝𝑒𝑟, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑜𝑜𝑡 𝑜𝑓 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒, 𝐺𝑜𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑚𝑦 𝑟𝑒𝑑. ¹⁰𝑆𝑒𝑙𝑓𝑠 𝑎𝑙 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑚𝑦 𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑒𝑛 𝑚𝑜𝑒𝑑𝑒𝑟 𝑚𝑦, 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑚𝑦 𝑎𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑚. ¹¹𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑙𝑒𝑒𝑟 𝑚𝑦 𝑢 𝑝𝑎𝑑, 𝑙𝑒𝑖 𝑚𝑦 𝑜𝑝 '𝑛 𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘 𝑝𝑎𝑑, 𝑣𝑎𝑛𝑤𝑒𝑒̈ 𝑚𝑦 𝑣𝑦𝑎𝑛𝑑𝑒. ¹²𝑀𝑜𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑔𝑒𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑒𝑒𝑟𝑡𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑛𝑖𝑒; 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑣𝑎𝑙𝑠 𝑔𝑒𝑡𝑢𝑖𝑒𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛, 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑙𝑎𝑎𝑠 𝑔𝑒𝑤𝑒𝑙𝑑 𝑎𝑎𝑛. ¹³𝐴𝑠 𝑒𝑘 𝑑𝑎𝑟𝑒𝑚 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑔𝑙𝑜 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑏𝑒𝑙𝑒𝑒𝑓 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒! ¹⁴𝑊𝑎𝑔 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒! 𝑊𝑒𝑒𝑠 𝑠𝑡𝑒𝑟𝑘 𝑒𝑛 ℎ𝑜𝑢 𝑚𝑜𝑒𝑑, 𝑗𝑎, 𝑤𝑎𝑔 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒!” – Psalm 27:4-14 (AFR20)
Hierdie woorde van Dawid in Psalm 27 was vir eeue lank al vir mense ’n troos en gerusstelling in moeilike tye. Ons het almal geleer in die laaste paar jaar dat ons nie kan vashou aan wat ons dink waar en reg is in die wêreld nie, want net môre kan alles verander. Wat ons wel weet, is dit: God is gister, vandag en môre dieselfde. Ons kan vir ewig ons hoop geanker hou in die skuiling wat Hy ons bied. Ons kan altyd vrede vind vir ons gemoed onder sy vleuels. Ons kan altyd vertoef in sy huis.
Die vrees en die angs wat ons voel in die lewe, alhoewel dit so eg is soos die lewe self, is eintlik vlugtig en tydelik terwyl ons wag op die Here. Niks wat ons deurmaak op aarde is opgewasse teen die moed en krag wat ons ontvang van die Here nie, want ons God is ons lig en ons redding.
“𝑾𝒆𝒆𝒔 𝒔𝒕𝒆𝒓𝒌 𝒆𝒏 𝒉𝒐𝒖 𝒎𝒐𝒆𝒅, 𝒋𝒂, 𝒘𝒂𝒈 𝒐𝒑 𝒅𝒊𝒆 𝑯𝒆𝒓𝒆!”
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Laat ek toe dat angs en vrees soms my lewe oorheers? Vind ek skuiling by God, of probeer ek self alles weg/regmaak?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Almagtige God van skuiling en redding, al het ons soveel vrese en al raak ons so gou angsbevange oor allerhande dinge, word ons gereeld herinner – soos in hierdie psalm van Dawid – dat ons moet sterk wees en moed hou, terwyl ons U skuiling soek. Daar is soveel dinge wat probeer om ons van U weg te hou, maar mag ons elke dag so na aan U leef, dat ons heeltyd U skuiling sal soek en sal vind. Ons wag op U, Here. Bring vir ons die lig en die redding. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-03-07 – 🆅🅴🆁🅱🅾🅽🅳🆂🅼🅴🅽🆂🅴. (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 – 𝘋𝘢𝘨 5)
In Genesis 15 lees ons van die verbond wat God met Abram gesluit het. God belowe aan Abram ’n groot nageslag wat vir altyd geseënd sal wees. Om die verbond te sluit, moes Abram die ritueel wat God hom beveel het volg. In Genesis 15:9-10 (AFR20) lees ons:
“⁹𝑇𝑜𝑒 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑜𝑚: “𝐵𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑖𝑟 𝑀𝑦 '𝑛 𝑑𝑟𝑖𝑒 𝑗𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑢𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑘𝑎𝑙𝑓, '𝑛 𝑑𝑟𝑖𝑒 𝑗𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑢𝑑 𝑏𝑜𝑘, '𝑛 𝑑𝑟𝑖𝑒 𝑗𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑢𝑑 𝑠𝑘𝑎𝑎𝑝𝑟𝑎𝑚, '𝑛 𝑡𝑜𝑟𝑡𝑒𝑙𝑑𝑢𝑖𝑓 𝑒𝑛 '𝑛 𝑗𝑜𝑛𝑔 𝑑𝑢𝑖𝑓.” ¹⁰𝐴𝑏𝑟𝑎𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝐻𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑏𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑒𝑛 𝑚𝑖𝑑𝑑𝑒𝑙𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑔𝑒𝑠𝑛𝑦. 𝑇𝑜𝑒 𝑝𝑙𝑎𝑎𝑠 ℎ𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑒𝑙𝑒 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑜𝑜𝑟 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟. 𝐷𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑒̈𝑙𝑠 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑦 𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑒𝑢𝑟𝑔𝑒𝑠𝑛𝑦 𝑛𝑖𝑒. ”
Soveel kere as ons hoor van die verbond wat God met Abram gesluit het in die Ou Testament, dan dink ons aan dit as iets wat millennia terug gebeur het tussen God en en een mens. Ons dink daaraan asof dit iets doer vêr is wat nie regtig op ons van toepassing is nie. Die ritueel is ook vir ons nogal wreed en ons lees sommer gou daar verby. In verse 17-18 lees ons dan vêrder:
“¹⁷𝑇𝑜𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑔𝑒𝑔𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑒𝑡, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑠𝑘𝑒𝑚𝑒𝑟𝑑𝑜𝑛𝑘𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑠 – 𝑘𝑦𝑘, 𝑡𝑜𝑒 𝑖𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑜𝑜𝑘 𝑣𝑎𝑛 '𝑛 𝑜𝑜𝑛𝑑 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑢𝑢𝑟 𝑣𝑎𝑛 '𝑛 𝑓𝑎𝑘𝑘𝑒𝑙 𝑤𝑎𝑡 𝑡𝑢𝑠𝑠𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑢𝑘𝑘𝑒 𝑑𝑒𝑢𝑟𝑏𝑒𝑤𝑒𝑒𝑔. ¹⁸𝑂𝑝 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑚𝑒𝑡 𝐴𝑏𝑟𝑎𝑚 '𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑜𝑛𝑑 𝑔𝑒𝑠𝑙𝑢𝑖𝑡: “𝐴𝑎𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑛𝑎𝑔𝑒𝑠𝑙𝑎𝑔 𝑔𝑒𝑒 𝐸𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑑, 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑖𝑣𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝐸𝑔𝑖𝑝𝑡𝑒 𝑎𝑓 𝑡𝑜𝑡 𝑏𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑟𝑖𝑣𝑖𝑒𝑟, 𝑑𝑖𝑒 𝐸𝑢𝑓𝑟𝑎𝑎𝑡𝑟𝑖𝑣𝑖𝑒𝑟” ”
Jy kan dalk nou dink: “Nou goed, dit was ’n verbond wat God met Abram gesluit het. Wat het dit nou met my te make? Ek is mos nie ’n Israeliet nie? Ek is nie van Abram se nageslag nie?” Wat ook nog van die wrede slagting van ’n verskalf, ’n bokram, skaapram en duiwe?
In Abram se tyd het jy ’n ooreenkoms aangegaan met iemand wat bindend was op jou gewete. Jou lewe het daarvan afgehang. Jy en die persoon met wie jy die ooreenkoms aangaan het in die middel van die geslagte diere deurgeloop en die simboliek daarvan was dat, indien enige van julle die ooreenkoms verbreek, mag die ander een jou slag soos hierdie diere. Sjoe! Wreed! Maar, jou woord was jou eer!
Ons lees hier in Genesis 15 dat God deur die karkasse beweeg het in die vorm van ’n rook oond en vuur fakkel. God self, neem die offer aan en gee Sy Woord. Abram het nie nodig gehad om dit te doen nie. God sluit die verbond en maak dit bindend op Hom! En só kom God nog altyd en doen soveel meer van sy kant af vir ons. Daardie einste verbond wat Hy met Abram gesluit het, kom hernu Hy en maak ’n nuwe verbond vir ons almal. In Hebreërs 10:16-18 (AFR20) lees ons:
“¹⁶“𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑑𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑜𝑛𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝐸𝑘 𝑛𝑎́ 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑒 𝑚𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑠𝑙𝑢𝑖𝑡, 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒: 𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑚𝑦 𝑤𝑒𝑡𝑡𝑒 𝑖𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡𝑒 𝑔𝑒𝑒, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑜𝑝 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑 𝑛𝑒𝑒𝑟𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓,” 𝑠𝑒̂ 𝐻𝑦 𝑜𝑜𝑘: ¹⁷“𝐴𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑠 𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑡𝑡𝑒𝑙𝑜𝑠𝑒 𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝐸𝑘 𝑔𝑙𝑎𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑛𝑘 𝑛𝑖𝑒.” ¹⁸𝑊𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑖𝑓𝑛𝑖𝑠 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑣𝑜𝑜𝑟 𝑖𝑠, 𝑤𝑜𝑟𝑑 '𝑛 𝑜𝑓𝑓𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑏𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑛𝑖𝑒. ”
Wanneer jy gedoop word – as klein baba of as grootmens – word ons herinner aan hierdie verbond. Daarom is dit nie nodig dat ons weer gedoop hoef te word nie. In die doop, is dit God wat optree, nie ons nie. Dit is God wat weer bevestig dat Jesus Christus vir ons almal die finale offer was waarmee ons in hierdie wonderlike verbond ingesluit word – ’n verbond waar God optree en dit bindend maak op Hom. Hy is ons God en ons is Syne. Die simboliek van die doopwater wys ons weer heen na hoe God nog altyd ons belange op die hart het.
Daar is waarlik vergifnis vir ons sondes. Al wat ons moet doen, is om die Naam van Jesus Christus aan te roep as ons Redder en Verlosser. Hy is ons Here en deur Hom word ons versoen met die ewige, almagtige God.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
God is nog altyd ons God. Is ons nog altyd Sy kinders? Ja ons is... Kan ander dit sien in ons?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Almagtige, ewige God, baie dankie dat U soveel eeue gelede al gekies het om betrokke te wees in ons lewens. Dankie dat U met Abram ’n verbond gesluit het waarvan ons nou, deur U Seun, Jesus Christus, deel kan wees. Help my om so te lewe dat die wêreld kan weet van hoe genadig en barmhartig U is. U bly trou tot in alle ewigheid. Ek loof en prys U daarvoor. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-03-05 – 🆆🅰🆃 🆅🅴🆁🅳🅸🅴🅽 🅹🆈 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 – 𝘋𝘢𝘨 4)
Terwyl on in hierdie Lydenstyd is, is dit baie nodig dat ons weer sal besin oor ons verdienste. Nou praat ek nie vandag oor hoeveel geld jy verdien in jou beroep nie. Ek wil eerder hê dat ons dink aan wat ons verdien vir die lewe wat ons lei. Wat is dit wat jy verdien vir al die goed en al die sleg wat jy al gedoen het in jou lewe?
Dikwels as dinge sleg gaan met mense, dan hoor ek hulle sê: “Maar ek is dan ’n goeie mens. Ek probeer so hard om goed te doen... Ek verdien nie hierdie dinge nie!” Ek meen, ons almal probeer dan regtig hard. Ons wil graag die regte ding doen, maar soms – soos Paulus beskryf in Romeine 7:15 (AFR20) – doen ons die verkeerde dinge. Paulus sê:
“¹⁵𝐸𝑘 𝑏𝑒𝑔𝑟𝑦𝑝 𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑑𝑜𝑒𝑛, 𝑑𝑖𝑡 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝑒𝑘 ℎ𝑎𝑎𝑡, 𝑗𝑢𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑒𝑘.”
Ja, ons doen ook dikwels die dinge wat ons haat en dan haat ons onsself vir dae, maande selfs jare daarna. En dan as dinge sleg gaan met ons, dan onthou ons daardie dinge wat ons gedoen het en dan haat ons dit meer en ons haat onsself meer. Dán begin ons glo dat ons dít verdien...
Maar dan hoor ons iewers ’n boodskap oor genade... Dan begin ons weer wonder daaroor en dan begin ons wonder of dit nou regtig regverdig is dat ons swaarkry in die lewe. Word ons gestraf? Is mense sommer net boos? Of, is God dalk onregverdig?
Vandag wil ek vir jou iets sê wat jy nie wil hoor nie. Wil jy weet wat verdien jy vir jou lewe op aarde? Jy verdien die dood. Almal van ons verdien die dood. Nie een van ons is volmaak nie en almal is besmet met sonde. Nie een van ons verdien die ewige lewe nie.
Paulus skryf ook in Efesiërs 2:1-2 (AFR20):
“¹𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑠 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑡𝑟𝑒𝑑𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑒𝑛 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑠 ²𝑤𝑎𝑎𝑟𝑖𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛𝑡𝑒𝑣𝑜𝑟𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑒𝑒𝑓 ℎ𝑒𝑡, 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑠𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑠𝑤𝑦𝑠𝑒 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑑𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔, 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑠𝑒𝑟 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑢𝑔 – 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑠𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒́ 𝑔𝑒𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑜𝑢 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑟𝑘 𝑖𝑠 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑒𝑢𝑛𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑠𝑎𝑎𝑚ℎ𝑒𝑖𝑑.”
Dit is wat ons verdien. Die dood. Dit gaan soms sleg met ons, want ons is slegte mense. Uit nature, van Adam en Eva se dae af, het die mens gekies om in opstand te wees teen God. Ons verdien die ewige straf...
Maar God het ons só lief, dat Hy gesien het dat ons uit onsself nie die verhouding wat Adam en Eva gebreek het, kon herstel nie. Hy word toe self mens, in die vorm van Sy Seun en Hy neem al ons sondes, alles wat die ewige dood verdien, op Homself. Hy vat die straf vir ons en daal neer tot in die hel daarvoor.
Paulus skryf vêrder in Efesiërs 2:3-5 (AFR20):
“³𝑂𝑛𝑠 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑎𝑛𝑡𝑒𝑣𝑜𝑟𝑒 𝑠𝑜𝑜𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑡𝑟𝑒𝑒 𝑡𝑜𝑒 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑒𝑒𝑟𝑡𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑 𝑒𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑔𝑒𝑑𝑎𝑔𝑡𝑒𝑠 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑙𝑒𝑒𝑓 ℎ𝑒𝑡. 𝑂𝑜𝑘 𝑜𝑛𝑠, 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟, 𝑤𝑎𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑛𝑎𝑡𝑢𝑟𝑒 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑒𝑚 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙. ⁴⁻⁵𝑀𝑎𝑎𝑟 𝐺𝑜𝑑, 𝑟𝑦𝑘 𝑖𝑛 𝑏𝑎𝑟𝑚ℎ𝑎𝑟𝑡𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑, ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠, 𝑎𝑙ℎ𝑜𝑒𝑤𝑒𝑙 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑤𝑎𝑠 𝑎𝑠 𝑔𝑒𝑣𝑜𝑙𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑡𝑟𝑒𝑑𝑖𝑛𝑔𝑠, 𝑜𝑝 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑚𝑒𝑒 𝐻𝑦 𝑜𝑛𝑠 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑔𝑒ℎ𝑎𝑑 ℎ𝑒𝑡, 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 – 𝑢𝑖𝑡 𝑔𝑒𝑛𝑎𝑑𝑒 𝑖𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠!”
Besef asseblief in hierdie Lydenstyd en ook elke dag: God is waarlik ryk in barmhartigheid. God is regverdig. Hy straf die sonde. As jy genade waarlik wil verstaan, moet jy besef dat God jou sonde straf. Hy het dit gestraf in ’n onskuldige Jesus Christus aan die kruis. Jy moet elke dag kies vir die lewe – die nuwe lewe wat jy het in Jesus Christus, toe Hy die dood oorwin het. Dis ’n nuwe lewe waar jy van sonde verlos kan wees. Jy moet net elke dag kies. Jy moet gelei word deur God se Gees. Jy het die geleentheid om weer gehoorsaam te wees en in die verhouding te wees met God wat bestaan het voor Adam en Eva gekies het vir die sonde.
So, wat verdien jy? Jy, en ek, verdien die dood. Maar, dank God dat Hy ryk is in barmhartigheid en dat Hy ons sondes weer en weer vergewe. Deur genade is ons gered.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Besef ek waarlik hoe vêr God se geregtigheid en genade strek in Jesus Christus, my Here? Aanvaar ek dit? Leef ek in ’n herstelde verhouding met God, of neig ek nog na die dood?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Here, my God, U weet hoe dikwels leef ek nog as ’n mens wat U genade verwerp en my eie kop volg. Ek loof en prys U vir U barmhartigheid wat U so genadiglik bewys het in U Seun, Jesus Christus, aan die kruis. Ek weet ek verdien eintlik die ewige dood, maar dankie dat U my verlos het daarvan. Help my om te lewe in die nuwe lewe wat U bewerk het, Here Jesus. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-03-04 – 🆂🆃🅰🅰🅽 🆂🆃🅴🆁🅺. (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 – 𝘋𝘢𝘨 3)
In hierdie 40 dae van Lydenstyd dink ons veral ook in die tyd toe Jesus vir 40 dae in die woestyn was en gedurig versoek was deur die satan self. Sommige van ons vas dalk van iets in hierdie 40 dae en dit is vir seker nie maklik nie. Elke nou en dan besef jy dat daardie plesiertjie of selfs noodsaaklike ding waarvan jy vas, nou ontbreek. Jy besef dat jy afhanklik raak van sekere dinge. Jy besef ook, met tyd, dat jy eintlik daarsonder kan klaarkom. Tog bly die versoeking daar... Jou liggaam of gedagtes smag nog daarna...
Ons dink dikwels dat ons versoekings erg is en ons raak kwaad vir- en teleurgesteld in onsself wanneer ons swig onder die versoekings. Hoor hoe erg was dit vir Jesus gewees:
“¹𝑉𝑜𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠, ℎ𝑒𝑡 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐽𝑜𝑟𝑑𝑎𝑎𝑛 𝑡𝑒𝑟𝑢𝑔𝑔𝑒𝑘𝑒𝑒𝑟 𝑒𝑛 𝑖𝑠 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑒𝑠𝑡𝑦𝑛 𝑔𝑒𝑙𝑒𝑖, ²𝑤𝑎𝑎𝑟 𝐻𝑦 𝑣𝑒𝑒𝑟𝑡𝑖𝑔 𝑑𝑎𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑘 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐷𝑢𝑖𝑤𝑒𝑙 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑖𝑠. 𝐷𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑡𝑦𝑑 ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑦 𝑛𝑖𝑘𝑠 𝑔𝑒𝑒̈𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑖𝑛𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑦𝑑 𝑤𝑎𝑠 𝐻𝑦 ℎ𝑜𝑛𝑔𝑒𝑟. ³𝐷𝑖𝑒 𝐷𝑢𝑖𝑤𝑒𝑙 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝐻𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐴𝑠 𝑢 𝑑𝑖𝑒 •𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠, 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑖𝑝 𝑑𝑖𝑡 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑏𝑟𝑜𝑜𝑑 𝑤𝑜𝑟𝑑.” ⁴𝑀𝑎𝑎𝑟 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 ℎ𝑜𝑚: “𝐷𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓, ‘𝑉𝑎𝑛 𝑏𝑟𝑜𝑜𝑑 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑒𝑛 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑒𝑓 𝑛𝑖𝑒.’ ” ⁵𝐻𝑖𝑒𝑟𝑜𝑝 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐷𝑢𝑖𝑤𝑒𝑙 𝐻𝑜𝑚 𝑛𝑎 '𝑛 ℎ𝑜𝑒̈ 𝑝𝑙𝑒𝑘 𝑔𝑒𝑛𝑒𝑒𝑚, 𝑒𝑛 𝑖𝑛 '𝑛 𝑜𝑜𝑔𝑤𝑖𝑛𝑘 𝑣𝑖𝑟 𝐻𝑜𝑚 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑘𝑟𝑦𝑘𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑔𝑒𝑤𝑦𝑠, ⁶𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐷𝑢𝑖𝑤𝑒𝑙 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝐻𝑜𝑚: “𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑢 𝑎𝑙 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑔 𝑔𝑒𝑒 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑝𝑟𝑎𝑔, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒, 𝑒𝑛 𝑒𝑘 𝑔𝑒𝑒 𝑑𝑖𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑤𝑖𝑒 𝑒𝑘 𝑤𝑖𝑙. ⁷𝐴𝑠 𝑢 𝑚𝑦 𝑎𝑎𝑛𝑏𝑖𝑑, 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑡 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑢 𝑠'𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑠.” ⁸𝑀𝑎𝑎𝑟 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 ℎ𝑜𝑚: “𝐷𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓, ‘𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑗𝑜𝑢 𝐺𝑜𝑑 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑦 𝑎𝑎𝑛𝑏𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒𝑛.’ ” ⁹𝐸𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐷𝑢𝑖𝑤𝑒𝑙 ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑛𝑎 𝐽𝑒𝑟𝑢𝑠𝑎𝑙𝑒𝑚 𝑔𝑒𝑛𝑒𝑒𝑚, 𝑒𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑜𝑜𝑔𝑠𝑡𝑒 𝑝𝑢𝑛𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑒𝑚𝑝𝑒𝑙𝑔𝑒𝑏𝑜𝑢𝑒 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛. 𝑇𝑜𝑒 𝑠𝑒̂ ℎ𝑦 𝑣𝑖𝑟 𝐻𝑜𝑚: “𝐴𝑠 𝑢 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠, 𝑠𝑝𝑟𝑖𝑛𝑔 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑎𝑓! ¹⁰𝐷𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓, “ ‘𝐻𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑠𝑦 𝑒𝑛𝑔𝑒𝑙𝑒 𝑜𝑝𝑑𝑟𝑎𝑔 𝑜𝑜𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑒 𝑜𝑚 𝑗𝑜𝑢 𝑡𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑒𝑟𝑚,’ ¹¹𝑒𝑛 𝑜𝑜𝑘, “ ‘𝑂𝑝 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑗𝑜𝑢 𝑑𝑟𝑎, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑙𝑘 𝑡𝑒𝑒𝑛 '𝑛 𝑘𝑙𝑖𝑝 𝑗𝑜𝑢 𝑣𝑜𝑒𝑡 𝑠𝑡𝑎𝑚𝑝 𝑛𝑖𝑒.’ ” ¹²𝑀𝑎𝑎𝑟 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 ℎ𝑜𝑚: “𝐷𝑖𝑒 𝑆𝑘𝑟𝑖𝑓 𝑠𝑒̂ 𝑜𝑜𝑘, ‘𝐽𝑦 𝑚𝑎𝑔 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑗𝑜𝑢 𝐺𝑜𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒.’ ” ¹³𝐷𝑖𝑒 𝐷𝑢𝑖𝑤𝑒𝑙 ℎ𝑒𝑡, 𝑛𝑎𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑦 𝑚𝑒𝑡 𝑎𝑙 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑘𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑘𝑙𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑎𝑠, 𝑣𝑖𝑟 '𝑛 𝑡𝑦𝑑 𝑙𝑎𝑛𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑤𝑒𝑔𝑔𝑒𝑏𝑙𝑦.” – Lukas 4:1-13 (AFR20)
Sjoe, dit moes baie erg gewees het. Kan jy jou indink om vir 40 dae niks te eet en drink nie en dan kom iemand na jou toe en bied jou kos en iets te drinke aan, maar jy moet daardie iemand aanbid... Jesus was sterk gehou deur die Heilige Gees. God het Sy liggaam self versorg en Hom fisies en geestelik gevoed.
Wat is jou versoekings? Soms kom versoekings en val ons vertroue in God aan. Soms kom versoekings en verdraai die waarheid oor wat ons regtig nodig het. Soms kom versoekings en steel ons liefde vir God en ook ons naaste. Wat ook al jou versoekings is in die lewe, weet dat jy dit kan oorwin deur Jesus Christus wat in jou woon, deur dieselfde Heilige Gees wat deel is van Hom en wat Hom ook in die woestyn vir 40 dae krag gegee het.
Het jy opgelet hoe Jesus elke keer die duiwel geantwoord het? Het jy gesien dat die duiwel 𝘰𝘰𝘬 God se Woord ken? Ons moet ons verdiep in God se Woord en ons moet daarop vertrou. Dieselfde Heilige Gees wat voor die Skepping oor die waters van die aarde gesweef het, is dieselfde Heilige Gees wat Jesus in die woestyn ondersteun het, is dieselfde Heilige Gees wat Jesus uit die dood opgewek het, is dieselfde Heilige Gees wat Jesus vir ons gegee het om met ons te wees totdat Hy weer kom. 𝐒𝐭𝐚𝐚𝐧 𝐬𝐭𝐞𝐫𝐤.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Swig ek te maklik voor versoekings? Vra ek die Heilige Gees om my te help?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Liewe Heer, ons is elke dag voor soveel versoekings. U ken elkeen van ons se lewens. U sien die versoekings in ons lewens en ook dié in ons lewens wat ons as U kerk saam leef. Sommige van die versoekings ken ons ook en ander kan ons nie eers raaksien nie. Here, lei ons, gee ons krag deur U Heilige Gees en red ons. Verlos ons van die bose. Die oorwinning in ons lewens behoort aan U. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-03-03 – 🅹🆈 🆂🅰🅻 🅱🅴🅻🅾🅾🅽 🆆🅾🆁🅳. (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 – 𝘋𝘢𝘨 2)
God se Woord is nog altyd vol van opdragte en beloftes. Daar word ook uitdruklik op baie plekke genoem dat gelowiges wat gehoorsaam is beloon sal word. Natuurlik is dit nie ons dryfkrag nie. Ek meen, ons glo nie en doen nie die regte ding omdat ons die beloning jaag nie, maar dit is darem baie gerusstellend en lekker om te weet dat ons wel beloon word deur ons hemelse Vader vir ons gehoorsaamheid. Ons is eerder gehoorsaam, omdat ons dankbaar is vir wat Jesus vir ons kom doen het en omdat God dit beveel. Tog, dit is lekker om beloon te word vir harde werk.
In Romeine 8:8-13 skryf Paulus:
“𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑘𝑟𝑖𝑓 𝑠𝑒̂: “𝑁𝑎𝑏𝑦 𝑗𝑜𝑢 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑, 𝑖𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑚𝑜𝑛𝑑 𝑒𝑛 𝑖𝑛 𝑗𝑜𝑢 ℎ𝑎𝑟𝑡.” 𝐸𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑜𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔: ⁹𝐴𝑠 𝑗𝑦 𝑚𝑒𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑚𝑜𝑛𝑑 𝑏𝑒𝑙𝑦 𝑑𝑎𝑡 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠, 𝑒𝑛 𝑚𝑒𝑡 𝑗𝑜𝑢 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑔𝑙𝑜 𝑑𝑎𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝐻𝑜𝑚 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑤𝑒𝑘 ℎ𝑒𝑡, 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑦 𝑔𝑒𝑟𝑒𝑑 𝑤𝑜𝑟𝑑. ¹⁰0𝑀𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑔𝑙𝑜 𝑜𝑛𝑠, 𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑣𝑟𝑦𝑔𝑒𝑠𝑝𝑟𝑒𝑒𝑘; 𝑒𝑛 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑜𝑛𝑑 𝑏𝑒𝑙𝑦 𝑜𝑛𝑠, 𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑔𝑒𝑟𝑒𝑑. ¹¹𝐷𝑖𝑒 𝑆𝑘𝑟𝑖𝑓 𝑠𝑒̂ 𝑡𝑜𝑔: “𝑁𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑔𝑙𝑜, 𝑠𝑎𝑙 𝑡𝑒𝑙𝑒𝑢𝑟𝑔𝑒𝑠𝑡𝑒𝑙 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒.” ¹²“𝑁𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑛𝑖𝑒!” 𝐷𝑖𝑡 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑑𝑢𝑠 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑘𝑖𝑙 𝑜𝑓 '𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠 '𝑛 𝐽𝑜𝑜𝑑 𝑜𝑓 '𝑛 𝐺𝑟𝑖𝑒𝑘 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑒𝑠𝑒𝑙𝑓𝑑𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙, 𝑒𝑛 𝐻𝑦 𝑠𝑒𝑒̈𝑛 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑎𝑎𝑛𝑟𝑜𝑒𝑝, 𝑟𝑦𝑘𝑙𝑖𝑘, ¹³𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑒𝑙𝑘𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑎𝑎𝑛𝑟𝑜𝑒𝑝, 𝑠𝑎𝑙 𝑔𝑒𝑟𝑒𝑑 𝑤𝑜𝑟𝑑.”
Is daar enige groter beloning as dit? Hoe wonderlik is dit darem dat ons verseker kan wees van ons redding. Terwyl die wêreld voortploeter en aanhou om ’n spottery te maak van ons geloof; terwyl mense met die mond bely en nie regtig met die hart glo nie; terwyl die wêreldse waardes die kerk binnedring en mense saam gesleur word in die warboel van verwronge waardes en ideologieë; terwyl mense uitdruklik God se Woord verdraai en dit aanpas vir hul eie agendas en voordeel; terwyl mense nie meer omgee oor hoe hulle of hul kinders leef of leer nie... terwyl al hierdie dinge gebeur, kan jy verseker wees van jou redding – as jou hart en mond op dieselfde golflengte is.
Jy sal beloon word. Jy sal nie teleurgestel word wanneer jy eendag voor die regterstoel van God staan nie. Elkeen wat die Here met sy/haar hele wese aanroep, sal gered word. Die opdrag is eintlik eenvoudig en reguit: Bely jou sondes, bekeer en vertrou op God. Jy sal geregverdig word en gered word. In hierdie Lydenstyd moet ons onsself herinner hoe gou ons gevang word in die strik van die valse gode en valse evangelies van hierdie stukkende wêreld. Ons word weer herinner dat Jesus Christus die Here is! Hierdie belydenis is soveel meer werd as ons sondes. Bely en vertrou. Dit is die opdrag. God is getrou in al sy beloftes. “...𝑒𝑙𝑘𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑎𝑎𝑛𝑟𝑜𝑒𝑝, 𝑠𝑎𝑙 𝑔𝑒𝑟𝑒𝑑 𝑤𝑜𝑟𝑑.” Jy sal beloon word!
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Is die belydenis van my hart en die belydenis van my mond in lyn met mekaar?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Here, my God, U is die Here van almal en U barmhartigheid ken geen perke nie. U is altyd getrou en U is genadig teenoor elke mens wat U aanroep. Help my om U te volg, Here Jesus. Help my om op U te vertrou. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-03-02 – 🅷🅾🅴 🅱🅴🅾🅴🅵🅴🅽 🅹🆈 🅹🅾🆄 🅶🅴🅻🅾🅾🅵 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
(𝘓𝘺𝘥𝘦𝘯𝘴𝘵𝘺𝘥 𝘳𝘦𝘦𝘬𝘴 𝘣𝘦𝘨𝘪𝘯 – 𝘈𝘴𝘸𝘰𝘦𝘯𝘴𝘥𝘢𝘨)
Vandag begin ons weer met ’n wonderlike reis van 40 dae in die Lydenstyd. Dit is ’n reis wat soms moeilik is, veral wanneer ons ons eie sondigheid en broosheid besef, erken en aanvaar. Ons moet dit besef, want ons is in alles afhanklik van ons almagtige hemelse God en Vader. Ons is in alles dankbaar vir Jesus Christus, ons God en Verlosser, vir Sy versoeningswerk aan die kruis. Van vandag af, vir 40 dae – Sondae uitgesluit – tot en met Paassondag, gaan ons ’n geloofsreis stap met mekaar en met God.
Dit is Aswoensdag vandag. Dit is ’n dag wat nie meer baie in die Protestante tradisie gevier word nie. Tog is dit ’n spesiale dag wat die begin van ’n wonderlike geloofsreis aandui – sou jy só kies. Party mense vas in die tyd wat kom, ander nie. Hoe jy ook al kies om die volgende 40 dae te benader, mag Jesus se woorde in Matteus 6 in jou hart wees en in jou gedagtes eggo:
“ ¹“𝑀𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑜𝑑𝑠𝑑𝑖𝑒𝑛𝑠𝑡𝑖𝑔𝑒 𝑝𝑙𝑖𝑔𝑡𝑒 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑝𝑒𝑛𝑏𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑎𝑘𝑜𝑚 𝑜𝑚 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑡𝑒 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑎𝑛 𝑘𝑟𝑦 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑏𝑒𝑙𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒. ²“𝐴𝑠 𝑗𝑦 𝑏𝑦𝑣𝑜𝑜𝑟𝑏𝑒𝑒𝑙𝑑 𝑎𝑟𝑚𝑒𝑠 ℎ𝑒𝑙𝑝, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑏𝑎𝑠𝑢𝑖𝑛 𝑛𝑖𝑒. 𝐷𝑖𝑡 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑘𝑦𝑛ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑒𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑖𝑛𝑎𝑔𝑜𝑔𝑒𝑠 𝑒𝑛 𝑜𝑝 𝑠𝑡𝑟𝑎𝑎𝑡, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑚𝑒𝑡 𝑙𝑜𝑓 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑝𝑟𝑎𝑎𝑡. 𝐷𝑖𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑒𝑘𝑒𝑟 𝐸𝑘 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒: 𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑙𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑘𝑙𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑒𝑔. ³𝑁𝑒𝑒, 𝑎𝑠 𝑗𝑦 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑟𝑚𝑒𝑠 𝑔𝑒𝑒, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑙𝑖𝑛𝑘𝑒𝑟ℎ𝑎𝑛𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑟𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟ℎ𝑎𝑛𝑑 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒, ⁴𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑎𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑜𝑟𝑔𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑏𝑙𝑦. 𝐽𝑜𝑢 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑜𝑟𝑔𝑒 𝑖𝑠, 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑜𝑢 𝑏𝑒𝑙𝑜𝑜𝑛.” ⁵“𝑉𝑒𝑟𝑑𝑒𝑟, 𝑎𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑖𝑑, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑘𝑦𝑛ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑒𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒. 𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑜𝑢 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑚 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑖𝑛𝑎𝑔𝑜𝑔𝑒𝑠 𝑒𝑛 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑟𝑎𝑎𝑡ℎ𝑜𝑒𝑘𝑒 𝑡𝑒 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑒𝑛 𝑏𝑖𝑑 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑠𝑖𝑒𝑛. 𝐷𝑖𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑒𝑘𝑒𝑟 𝐸𝑘 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒: 𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑙𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑘𝑙𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑒𝑔. ⁶𝑁𝑒𝑒, 𝑎𝑠 𝑗𝑦 𝑏𝑖𝑑, 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑎 𝑗𝑜𝑢 𝑘𝑎𝑚𝑒𝑟 𝑡𝑜𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑡𝑜𝑒 𝑒𝑛 𝑏𝑖𝑑 𝑡𝑜𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒. 𝐽𝑜𝑢 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑜𝑟𝑔𝑒 𝑖𝑠, 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑜𝑢 𝑏𝑒𝑙𝑜𝑜𝑛.” ” – Matteus 6:1-6 (AFR83)
“ ¹⁶“𝐴𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑠, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑠𝑘𝑦𝑛ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑒𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑙𝑎𝑛𝑔 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑔𝑡𝑒 𝑟𝑜𝑛𝑑𝑙𝑜𝑜𝑝 𝑛𝑖𝑒. 𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑖𝑠𝑚𝑎𝑎𝑘 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑔𝑡𝑒 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑠. 𝐷𝑖𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑒𝑘𝑒𝑟 𝐸𝑘 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒: 𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑙𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑘𝑙𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑒𝑔. ¹⁷𝑁𝑒𝑒, 𝑎𝑠 𝑗𝑦 𝑣𝑎𝑠, 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑟𝑔 𝑗𝑜𝑢 ℎ𝑎𝑟𝑒 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑠 𝑗𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑔 ¹⁸𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑘𝑎𝑛 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑦 𝑣𝑎𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑏𝑒ℎ𝑎𝑙𝑤𝑒 𝑗𝑜𝑢 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒. 𝐽𝑜𝑢 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑜𝑟𝑔𝑒 𝑖𝑠, 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑜𝑢 𝑏𝑒𝑙𝑜𝑜𝑛.” ¹⁹“𝑀𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑘𝑎𝑡𝑡𝑒 𝑜𝑝 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒 𝑏𝑦𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑚𝑜𝑡 𝑒𝑛 𝑟𝑜𝑒𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑛𝑖𝑒𝑙 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒𝑤𝑒 𝑖𝑛𝑏𝑟𝑒𝑒𝑘 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑠𝑡𝑒𝑒𝑙 𝑛𝑖𝑒. ²⁰𝑀𝑎𝑎𝑘 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑘𝑎𝑡𝑡𝑒 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑏𝑦𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟, 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑚𝑜𝑡 𝑒𝑛 𝑟𝑜𝑒𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑛𝑖𝑒𝑙 𝑛𝑖𝑒 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒𝑤𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛𝑏𝑟𝑒𝑒𝑘 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑠𝑡𝑒𝑒𝑙 𝑛𝑖𝑒. ²¹𝑊𝑎𝑎𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑠𝑘𝑎𝑡 𝑖𝑠, 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑜𝑢 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑜𝑜𝑘 𝑤𝑒𝑒𝑠.” ” – Matteus 6:16-21 (AFR83)
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Lees weer en dink na oor Jesus se woorde in Matteus 6. Waar maak ek vir my skatte bymekaar? Hoe gereeld bely ek my sondes en tekortkominge? Hoe dikwels bekeer ek nog myself?
𝑴𝒂𝒈 𝒋𝒚 𝒊𝒏 𝒉𝒊𝒆𝒓𝒅𝒊𝒆 𝑳𝒚𝒅𝒆𝒏𝒔𝒕𝒚𝒅 𝑮𝒐𝒅 𝒔𝒆 𝒍𝒊𝒆𝒇𝒅𝒆 𝒆𝒓𝒗𝒂𝒂𝒓 𝒆𝒏 𝒊𝒏 ’𝒏 𝒅𝒊𝒆𝒑𝒆𝒓 𝒗𝒆𝒓𝒉𝒐𝒖𝒅𝒊𝒏𝒈 𝒎𝒆𝒕 𝑱𝒆𝒔𝒖𝒔 𝒃𝒆𝒈𝒊𝒏 𝒕𝒓𝒆𝒆, 𝒕𝒆𝒓𝒘𝒚𝒍 𝒋𝒚 𝑯𝒐𝒎 𝒗𝒐𝒍𝒈. 𝑴𝒂𝒈 𝒋𝒚 𝒃𝒆𝒔𝒆𝒇 𝒅𝒂𝒕 𝒋𝒐𝒖 𝒈𝒆𝒍𝒐𝒐𝒇 𝒆𝒏 𝒉𝒐𝒆 𝒋𝒚 𝒅𝒊𝒕 𝒃𝒆𝒐𝒆𝒇𝒆𝒏, 𝒏𝒊𝒆 𝒈𝒂𝒂𝒏 𝒐𝒐𝒓 𝒋𝒐𝒖 𝒐𝒇 𝒐𝒐𝒓 𝒘𝒂𝒕 𝒂𝒏𝒅𝒆𝒓 𝒎𝒆𝒏𝒔𝒆 𝒔𝒆̂ 𝒐𝒇 𝒅𝒊𝒏𝒌 𝒏𝒊𝒆 – 𝒅𝒊𝒕 𝒈𝒂𝒂𝒏 𝒐𝒐𝒓 𝑮𝒐𝒅. 𝑴𝒂𝒈 𝒋𝒚 𝒋𝒐𝒖 𝒈𝒆𝒍𝒐𝒐𝒇 𝒊𝒏 𝒋𝒐𝒖 𝒑𝒓𝒊𝒗𝒂𝒂𝒕𝒉𝒆𝒊𝒅 𝒐𝒑𝒓𝒆𝒈 𝒃𝒆𝒐𝒆𝒇𝒆𝒏 𝒆𝒏 𝒐𝒐𝒌 𝒔𝒐, 𝒔𝒂𝒂𝒎 𝒎𝒆𝒕 𝒂𝒏𝒅𝒆𝒓 𝒈𝒆𝒍𝒐𝒘𝒊𝒈𝒆𝒔.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Almagtige God en Vader, ons hoor vandag en elke dag U opdrag dat ons ons moet bekeer en ons sondes bely. Ons weet ons moet terugdraai na U en U volg, Here Jesus. Gee ons krag om te veg teen die tydsgees wat so maklik swig onder gemeenskaplike en persoonlike sonde. Skep in ons ’n diepe vertroue in U, Here Jesus. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
2022-03-01 – 🆅🅻🅾🅴🅸 🆅🅾🅾🆁🆃 ! (Kliek hier vir die klankgreep)
Ek lees onlangs op iemand se Facebook-blad die volgende: “Riviere vloei nie agteruit nie. So, probeer leef soos ’n rivier. Vergeet die verlede en fokus op die toekoms. Wees altyd positief.” Dit is nogal ’n goeie uitkyk om te hê, of hoe? Maar, ongelukkig, in ’n rivier word die gebiede waaroor dit vloei en die elemente waaroor en waardeur dit gaan deel van die rivier. Goeie elemente word deur die rivier opgeneem en saam gesleur see toe, maar so ook slegte elemente. ’n Rivier is eintlik baie meer kompleks as net water wat vloei.
Tog, dink ek die idee van die stelling is positief. Ons moet nie vashou aan die verlede nie. Alhoewel die verlede deel is van wie ons is, is dit nie wie ons is nie. Daar is soms baie onsuiwerhede in ons wat oorbly as gevolg van ons verlede, maar uiteindelik is ’n rivier nie olie, rommel of dooie vis nie – dis ’n rivier. Dit lyk dalk sleg en ruik sleg, maar dit bly ’n rivier. Soms neem dit jare vir die rivier om weer heeltemal skoon te kom en weer bruikbaar te wees, maar dit bly nogsteeds ’n rivier met baie potensiaal om lewe te voorsien aan baie dele van die Skepping.
Maar, wat maak ons as die water van ons rivier so erg besoedel is, dat dit begin stilstaan? ’n Stilstaande rivier raak gou nutteloos en die besoedeling van die verlede begin om alles op een plek op te hoop. Ja, dikwels voel ons ons verlede haal ons in. Ons voel dat dinge te veel word en dat ons nie kan wegkom van ons ou sondige self nie. Dit voel of ons in ’n droogte is en die kanse vir reën wat kan help om ons weer aan die vloei te kry is skraal... Wat maak ons dan?
As jy so voel, laat daar ’n fontein in jou begin opborrel. Hoe? Luister wat sê Jesus in Johannes 7:37b-39a (AFR20):
““𝐴𝑠 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑑𝑜𝑟𝑠 ℎ𝑒𝑡, 𝑙𝑎𝑎𝑡 ℎ𝑦 𝑛𝑎 𝑀𝑦 𝑘𝑜𝑚, 𝑒𝑛 𝑑𝑟𝑖𝑛𝑘! ³⁸𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑀𝑦 𝑔𝑙𝑜, 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑘𝑟𝑖𝑓 𝑠𝑒̂, ‘𝑆𝑡𝑟𝑜𝑚𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑤𝑎𝑡𝑒𝑟 𝑠𝑎𝑙 𝑢𝑖𝑡 𝑠𝑦 𝑏𝑖𝑛𝑛𝑒𝑠𝑡𝑒 𝑣𝑙𝑜𝑒𝑖.’ ” ³⁹𝐷𝑖𝑡 ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑦 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑔𝑒𝑠𝑒̂ 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒́ 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑔𝑙𝑜, 𝑠𝑜𝑢 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔.””
Ja, vloei voort. As die dinge van jou verlede jou inhaal, laat Jesus toe om jou te reinig met strome lewende water wat uit jou begin stroom, omdat Sy Heilige Gees in jou woon. Die verlede is deel van jou, maar dit definieer nie wie jy is nie. Paulus sê ook aan die gemeente in Korinte:
“¹⁷𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚, 𝑎𝑠 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑖𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑖𝑠, 𝑖𝑠 ℎ𝑦 '𝑛 𝑛𝑢𝑤𝑒 𝑠𝑘𝑒𝑝𝑝𝑖𝑛𝑔. 𝐷𝑖𝑒 𝑜𝑢 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑦𝑔𝑒𝑔𝑎𝑎𝑛 – 𝑘𝑦𝑘, ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑢𝑢𝑡 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑟𝑑. ¹⁸𝐸𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑘𝑜𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑎𝑓, 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡, 𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑑𝑖𝑒𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒 ℎ𝑒𝑡. ¹⁹𝐷𝑖𝑡 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑖𝑛 𝑑𝑎𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑚𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑒𝑢𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑡𝑟𝑒𝑑𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑡𝑜𝑒 𝑡𝑒 𝑟𝑒𝑘𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒; 𝑒𝑛 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑜𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑣𝑎𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑡𝑜𝑒𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑜𝑢.” – 2 Korintiërs 5:17-19 (AFR20)
As ons soos ’n rivier wil wees – dalk ’n rivier wat iewers tot stilstand gekom het as gevolg van al die gemors van die verlede wat opgevang het met ons – kan ons ook ’n nuwe skepping wees. Ons kan ’n nuwe begin, soos ’n fontein hê. Sommige dinge van die verlede gaan dalk nog saamgaan, maar baie dinge gaan agterbly in die verlede. Ons het altyd ’n kans om die dooie en slegte dinge te vervang met strome lewende water. Moet dus nie moed verloor nie. Moenie omdraai nie. Moenie opgee nie.
𝑽𝒍𝒐𝒆𝒊 𝒗𝒐𝒐𝒓𝒕 !
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Hoe gereeld maak ek nog aanspraak op die strome lewende water in my? Besef ek dat ek ’n nuwe skepping is in Jesus Christus, my Here?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Dankie Here Jesus, dat U U Gees gegee het om my van binne af nuut te maak. Laat strome lewende water asseblief ook uit my vloei. Was my skoon. Help my om voort te vloei en die wêreld te vertel van die versoening wat daar nou is, deur U verdienste, by die Vader. Ek loof U vir nuwe beginne. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©