Hieronder is 'n lys van die oordenkings met 'n skakel wat lei na teks en 'n klankgreep.
Keer gerus terug na hierdie skakel so elke nou en dan en kyk of daar dalk nuwe sielskos is vir jou.
(Kliek op die skakel en dan op die naam of afpyltjie om die boodskap te sien of die skakel te kry vir die klankgreep.)
Kliek ook gerus op die "Oordenkings" skakel (menu) daarbo ๐๐ป om by die ouer oordenkings uit te kom.
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ฏ๐ญ โ ๐ ๐ ธ๐ ฝ๐ ณ ๐ ถ๐ พ๐ ณ. (Kliek hier vir die klankgreep)
Mense soek deesdae op allerhande plekke na God. Ons weet dat God alomteenwoordig is en dan laat ons dikwels onsself glo dat ons God selfs kan vind op die vreemdste plekke. Alhoewel dit waar is dat God oral is en dat God รณns oral kan vind โ selfs as ons besig is met sonde, moet ons God soek waar ons weet Hy is: in Sy tempel.
Van die vroegste dae af, het God se teenwoordigheid en heerlikheid die tempel gevul. Selfs toe die Israeliete nog getrek het, was God spesiaal teenwoordig in die Tabernakel โ โn tydelike tempel. Toe Salomo die tempel gebou het, was dit โn wonderlike gebeurtenis, want toe was daar โn permanente plek waar geloofsgenote kon saamkom om God te aanbid. Met die inwyding van die tempel, was die verbondsark met net die twee kliptafels met die tien gebooie daarin ook in die tempel ingedra. Die kliptafels en die verbondsark was die simbool van die verbond wat God met die volk gesluit het tydens hul uittog uit Egipte. Hoor hoe groot en gewyd was die inhuldiging van die tempel gewees:
โยนยน๐ธ๐ ๐ก๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐ ๐ข๐๐ก ๐๐๐ โ๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ โ๐๐ก โ ๐๐, ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐๐ ๐ค๐๐ , โ๐๐ก โ๐ข๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐โ๐๐๐๐๐, ๐ค๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ข๐๐ก๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐, ยนยฒ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฟ๐๐ฃ๐๐ก๐๐๐ ๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐ , โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐, ๐ด๐ ๐๐, ๐ป๐๐๐๐ ๐๐ ๐ฝ๐๐๐๐๐ก๐๐๐, โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ ๐ก๐๐๐๐๐๐๐ก๐, ๐ค๐๐ก ๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐ก ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก๐๐๐ ๐๐๐ก ๐ ๐๐๐๐๐๐, โ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐, ๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก โ๐ข๐๐๐ โ๐๐๐๐๐๐-๐๐-๐ก๐ค๐๐๐ก๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ก๐๐๐๐๐๐ก๐ก๐ ๐๐๐๐๐ โ ยนยณโ๐๐ก ๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐๐ก๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ฃ๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐ ๐ก๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐๐. ๐๐๐ก ๐ก๐๐ โ๐ข๐๐๐, ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐๐ก๐ก๐, ๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐ข๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐ข๐๐๐๐ก๐, โ๐ข๐๐๐ ๐ ๐ก๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐โ๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ก โ๐๐๐๐ก ๐ป๐ฆ ๐๐ ๐๐๐๐, ๐๐, ๐ฃ๐๐ ๐๐ค๐๐ ๐๐ข๐ข๐ ๐ ๐ฆ ๐ก๐๐๐ข๐ ๐๐๐๐๐๐,โ ๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐, ๐๐๐ โ๐ข๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐, ๐๐๐ฃ๐ข๐ ๐๐๐ก '๐ ๐ค๐๐๐. ยนโด๐ท๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ค๐๐ฬ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ฆ ๐ ๐ก๐๐๐ ๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐, ๐ค๐๐๐ก ๐๐๐ โ๐๐๐๐๐๐โ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐ โ๐ข๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐บ๐๐ ๐๐๐ฃ๐ข๐.โ โ 2 Kronieke 5:11-14 (AFR20)
God se heerlikheid het die tempel gevul. Die huis van God. Lofprysing en sang was gepas gewees en almal het geweet dat God spesiaal teenwoordig is in Sy huis. God se huis...
Ons weet God is alomteenwoordig en ons kan moontlik vir God oral vind en Hy kan ons vir seker oral vind, maar in die plek van aanbidding โ God se huis โ is Hy spesiaal teenwoordig.
In meeste kerke is daar โn kruis of โn afbeelding van โn kruis. Ons aanbid nie die kruis nie, maar, soos die verbondsark, herinner dit ons aan die nuwe verbond wat God met elkeen van ons gesluit het in Jesus Christus, ons Here. Ons kerkgeboue is soms pragtige klipgeboue, moderne baksteen of staal strukture, soms eenvoudige sale, skure of tente. Dit is net geboue, gemaak deur mense, maar dit is ook die huis van God โ net soos die tempel was. God is vandag nog spesiaal teenwoordig in die plekke waar Sy mense bymekaarkom.
Ongelukkig het baie kerke ontaard in sektes wat allerhande vreemde en verdraaide ideologieรซ aanvoer, maar selfs daar kan mense nogsteeds โn ontmoeting met die lewende God ervaar. Selfs daar, kan God รณns vind. Ons moet egter seker maak dat die Heilige Gees ons lei in elke ontmoeting, sodat ons kan onderskei of dit bloot emosionele manipulasie deur charismatiese predikers is, of werklikwaar God wat deur Sy Gees met ons ontmoet.
Met die inwyding van die tempel was God se heerlikheid so geweldig, dat nie eers die priester daarin kon bly nie. Vandag, in die kerk, verkondig ons God se heerlikheid in die verlossing wat Jesus Christus vir ons gebring het. Ons streef daarna om net โn klein bietjie van God se heerlikheid te ervaar in ons lewens. Ons kan dit moontlik enige plek op aarde vind, maar God het dit nog altyd duideliker gemaak in Sy huis. As jy soek na iets, vind jy dit makliker as iemand anders jou help soek. Soek God. Vind Hom waar jy weet Hy vir jou wag โ in Sy huis.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
Is die kerk en die samekomste van die gemeenskap van die heiliges nog vir my belangrik? Gaan ek eredienste toe om โn ontmoeting te hรช met die lewende God? Of bly ek weg, omdat ek dalk bang is vir daardie lewensveranderende ontmoeting?
๐ฒ๐๐๐๐ :
Here God, Almagtig, laat U kerk die kerk wees wat U wil hรช. Mag ons U loof en prys, U Naam grootmaak oral waar ons gaan. Mag ons ook spesiaal teenwoordig wees waar U spesiaal teenwoordig is โ in die eredienste. Mag ons getrou bly aan U, soos U getrou is aan ons. Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ฏ๐ฌ โ ๐๐ บ๐๐ ฝ ๐ พ๐๐ ฐ๐ ป ๐๐ ฐ๐ ฐ๐ ๐ น๐ ๐ ถ๐ ฐ๐ ฐ๐ ฝ. (Kliek hier vir die klankgreep)
Aan die einde van die boek Eksodus, lees ons hoe Moses en Aรคron die Tabernakel ingerig het en alles volgens God se voorskrifte gedoen het. Die Tabernakel was โn tydelike tempel wat saam met die volk getrek het op pad na die Beloofde Land. God se heerlikheid het permanent oor die Tabernakel vertoef. Ons lees in Eksodus 40:34-38 (AFR20):
โยณโด๐ท๐๐ ๐ค๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐ก ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ก๐๐๐๐ก๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐๐๐๐โ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ฃ๐ข๐. ยณโต๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ก ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ก๐๐๐๐ก๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐, ๐๐๐๐๐ก ๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ก๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐๐๐๐โ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ฃ๐ข๐ โ๐๐ก. ยณโถ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ , โ๐๐ก ๐๐๐ ๐ผ๐ ๐๐๐๐๐๐๐ก๐, ๐๐ ๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐ ๐๐๐๐ก๐, ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐. ยณโท๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐, โ๐๐ก ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐, ๐ก๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ก ๐ค๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ . ยณโธ๐๐๐๐ก ๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐ค๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ ๐๐๐๐ ๐ค๐๐ ๐๐๐๐ ๐ฃ๐ข๐ข๐ ๐๐, ๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐ โ๐ข๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ผ๐ ๐๐๐๐, ๐๐ ๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐ ๐๐๐๐ก๐.โ
Is dit nie wonderlik om te weet dat die plek van ontmoeting nog altyd spesiaal is vir God nie? Ons weet dat God oral met ons saamgaan, maar dit is darem ook goed om te weet dat God nog altyd spesiaal teenwoordig is by die spesiale plekke van ontmoeting. Daarom is dit goed vir ons om so gereeld moontlik by die samekomste van die gemeentes uit te kom, soos Hebreรซrs 10:25 ons ook aanmoedig.
Partymaal is jy in โn erediens en dit voel maar net normaal. Dit is asof niks spesiaals gebeur nie. Ander kere, kan jy sommer dadelik voel dat iets anders is โ dis asof jy die heerlikheid van die Here kan voel en sien. Is God dan soms teenwoordig en ander kere nie? Nee, God is altyd teenwoordig en by โn erediens waar gelowiges saamkom, is God spesiaal teenwoordigheid omdat die samekoms van gelowiges saamgebind word deur die Heilige Gees.
Soos met enige plek en enige situasie in ons lewens, moet ons ingesteldheid reg wees. Ons moet onsself losmaak van enige ander gedagtes en ons fokus op God rig in โn erediens. God se heerlikheid is oral sigbaar, as ons ingestel is daarop. Daarom is dit soveel makliker om dit by God se plekke van ontmoeting vir Sy mense soveel beter te ervaar. Ons dra dit met ons saam en ons kan dit laat skyn oral waar ons gaan, deur die werk van die Heilige Gees.
Tydens Lydenstyd en Pinkster, bied talle gemeentes gewoonlik โn reeks aan om ons ingesteldheid en fokus weer reg te kry. Sluit aan daarby. Luister weer na God se Heilige Gees. Leer weer om te sien en te voel. Ontdek weer die lig binne jou en laat dit skyn oral waar jy gaan.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
Is my ingesteldheid reg? Let ek op die werk van die Heilige Gees in my en in ander gelowiges? Kom ek gereeld genoeg met ander saam wat my passie deel vir God?
๐ฒ๐๐๐๐ :
Here, God Almagtig, dankie dat U heerlikheid oral skyn. Dankie dat U U kerk in die wรชreld gevestig het, Here Jesus. Dankie dat daar soveel spesiale plekke van samekoms is waar U heerlikheid nog helderder skyn. Laat U lig ook deur my skyn en gebruik my om U eer en heerlikheid te verkondig. Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ฎ๐ด โ ๐ พ๐ ผ ๐ ถ๐ พ๐ ณ ๐๐ ด ๐๐ ธ๐ ด๐ ฝ. (Kliek hier vir die klankgreep)
In Eksodus 33 (wat ons gister gelees het) het Moses die belofte van die Here gekry dat God altyd met hom sal saamgaan. Moses, soos โn mens nou maar is, probeer sy geluk nog โn treetjie vรชrder en vra God om Sy heerlikheid te sien. God antwoord hom dan in verse 19-23 dat Hy by hom sal verbygaan, maar dat Hy Moses sal toehou met Sy handpalm. Moses mag God net van agter sien, want niemand mag God se gesig sien nie, het God gesรช.
Almal van ons wil graag vir God ken en om โn gesig by โn naam te sit, is altyd vir ons soveel makliker, maar God het gesรช ons mag nie Sy gesig sien nie. Deur die eeue heen het mense ook hierdie wens gehad, maar telkens was hulle slegs beloon deur God se heerlikheid te sien. Toe Jesus gekom het, was dit ook sรณ gewees:
โยนโด๐ธ๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐ฃ๐๐๐๐ ๐๐๐ค๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐ โ๐๐ก ๐ ๐ฆ โ๐๐๐๐๐๐โ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ข, '๐ โ๐๐๐๐๐๐โ๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ฬ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ข๐๐๐๐๐ ๐๐๐ข๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ โ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ค๐๐๐โ๐๐๐. ยนโต๐ฝ๐โ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ก๐ข๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐ ๐ข๐๐ก: โ๐ป๐ฆฬ ๐๐ ๐๐๐ ๐ธ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ค๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ฬ โ๐๐ก, โ๐ป๐ฆ ๐ค๐๐ก ๐๐ฬ ๐๐ฆ ๐๐๐, ๐๐ ๐๐ฆ ๐ฃ๐๐๐, ๐๐๐๐๐ก ๐ป๐ฆ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ก๐ ๐ค๐๐ .โ โ ยนโถ๐๐๐ก ๐ ๐ฆ ๐ฃ๐๐โ๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ก๐ฃ๐๐๐ โ ๐๐, ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐. ยนโท๐๐๐๐ก ๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐ ๐๐๐ข๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐; ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐โ๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐ข๐ ๐ฝ๐๐ ๐ข๐ ๐ถโ๐๐๐ ๐ก๐ข๐ ๐๐๐๐๐. ยนโธ๐๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐บ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐; ๐๐๐ ๐ข๐๐๐๐๐ ๐๐๐ข๐, ๐ ๐๐๐ ๐บ๐๐, ๐ค๐๐ก ๐ก๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐ , ๐ป๐ฆ โ๐๐ก ๐ป๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐.โ โ Johannes 1:14-18 (AFR20)
Die dissipels en almal wat in Jesus se tyd op aarde Hom ontmoet het, het die groot voorreg gehad om God se heerlikheid in lewende lywe te sien. Jesus het, as mens, vir die mens kom wys hoe God lyk. Hy het deur Sy hele lewe gewys wat genade is en wat ware liefde is. Hy het die waarheid gebring vir die mense. Hy het kom bevestig dat elkeen van ons vir God kan ken en dat ons Hom kan sien.
Vandag nog, wens ek dat ek God van aangesig tot aangesig kan sien, maar ek weet dat dit nie nou vir enigeen van ons beskore is nie. Wat God vir Moses gesรช het, is nogsteeds geldig: Niemand mag Sy gesig sien en bly leef nie. Eers wanneer ons hierdie lewe verlaat, sal ons God aangesig tot aangesig ontmoet. Hebreรซrs 9:27 (AFR83) sรช ook: โยฒโท'๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐๐ ๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ก๐ ๐ ๐ก๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐.โ Daarom moet ons sรณ leef hier op aarde dat ons nie met rooi gesigte voor God sal staan nie. Ons moet sรณ leef dat ander mense ook die heerlikheid van God kan raaksien in ons lewens en sal uitsien daarna om Hom te ontmoet.
Jesus het ons die Trooster en Voorspraak gegee: die Heilige Gees. Ons is nie alleen nie en God woon in ons deur Sy Gees. Ons kan in mekaar God se heerlikheid sien en ons moet mekaar help dat dit sigbaar is vir mense. Ons moet, soos Jesus, aan mense die waarheid bring deur God se heerlikheid deur ons te laat skyn. Natuurlik sal dit nie eers โn druppel in die emmer wees teenoor God in al Sy heerlikheid nie, maar dit sal dien as aptytwekker vir dรญt wat vir ons voorlรช vir ewigheid.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
Weerspieรซl ek God se heerlikheid in my lewe? Skyn my lig in die donker wรชreld? Sien ek uit daarna om God eendag aangesig tot aangesig te ontmoet? Dรญt is my hoop vir- en in hierdie lewe.
๐ฒ๐๐๐๐ :
Baie dankie Here Jesus, dat U die Vader aan ons kom bekend maak het. Dankie dat U gevul was met die heerlikheid van God. Dit is iets wat vir eeue lank verborge gebly het, maar U het dit vir ons kom wys toe U vir ons genade op genade en die waarheid gebring het. Mag ons so nรก aan U leef, dat U heerlikheid ook deur ons kan skyn en ons hoop kan bring vir โn stukkende, verlore wรชreld. Mag ons U ken en mag ander U leer ken deur ons. Tot U eer alleen. Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ฎ๐ณ โ ๐ ๐๐ ฐ ๐ ถ๐ พ๐ ณ ๐๐ ด ๐ ท๐๐ ป๐ ฟ. (Kliek hier vir die klankgreep)
Terwyl ons wag op Jesus Christus se wederkoms wat verseker sal gebeur, moet ons hard werk om God se Koninkryk bekend te maak op aarde. Toe Jesus die eerste keer as mens op aarde was, het Hy juis dรญt gedoen en het Hy mense gewys Wie God is. Totdat Hy weer kom, is daardie taak ons opgelรช. Dit is โn groot taak, want ons is mense. Jesus was en is God en dit was in Sy aard om daardie opdrag uit te voer. Hoe moet ons dit doen? Ons kan dit mos nie alleen doen nie?
Die goeie nuus is dat ons dit nie alleen hoef te doen nie. Dit is God se opdrag en God gaan met ons saam. Toe Moses opdrag van die Here gekry het om die volk te lei, was hy ook half skrikkerig en het hy sy menslike tekortkominge erken. Hy het geweet dat hy niks vir die Here kan doen, sonder die Here nie. In Eksodus 33 praat Moses dan met God en vra hulp:
โยนยฒ๐๐๐ ๐๐ โ๐๐ก ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฬ: โ๐พ๐ฆ๐, ๐ ๐ ๐ฬ ๐ฃ๐๐ ๐๐ฆ, โ๐ฟ๐๐๐ก โ๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐๐๐ก๐๐๐,โ ๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ ๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐ฆ ๐ ๐๐ ๐ ๐ก๐ข๐ข๐ ๐๐๐. ๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ธ๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ ๐ฬ โ๐๐ก, โ๐ธ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ข ๐๐ฆ ๐๐๐ ๐๐๐๐, ๐๐ ๐๐ฆ โ๐๐ก ๐๐๐ ๐๐ข๐๐ ๐๐๐ฃ๐๐๐ ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐ฬ.โ ยนยณ๐ท๐๐๐๐๐, ๐๐ ๐๐ ๐ค๐๐ ๐๐ข๐๐ ๐๐๐ฃ๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐ ๐ข ๐๐ฬ, ๐๐๐๐ ๐ก๐๐ ๐๐๐ ๐๐ฆ ๐ข ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐, ๐๐๐ก ๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐, ๐ ๐๐๐๐ก ๐๐ ๐๐ข๐๐ ๐๐๐ฆ ๐ฃ๐๐๐ ๐๐ ๐ข ๐๐ฬ; ๐๐๐ ๐๐ ๐ก๐๐ ๐๐๐ก โ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐ข ๐ฃ๐๐๐ ๐๐ .โ ยนโด๐ท๐๐ ๐ป๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐ ๐ฬ: โ๐๐๐๐ก ๐๐ฆ ๐ก๐๐๐๐ค๐๐๐๐๐๐โ๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐๐ก ๐ธ๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ข ๐๐ข๐ ๐๐๐?โ ยนโต๐ป๐ฆ โ๐๐ก ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฬ: โ๐ด๐ ๐ข ๐ก๐๐๐๐ค๐๐๐๐๐๐โ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐, ๐๐๐๐ก ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ โ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐ก ๐๐๐ก๐๐๐ ๐๐๐. ยนโถ๐๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐ข ๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐ก ๐๐๐ก ๐๐ ๐๐ข๐๐ ๐๐๐ฃ๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐ ๐ข ๐๐ฬ, ๐๐ ๐๐ ๐ข ๐ฃ๐๐๐? ๐ผ๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐๐, ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐ค๐๐๐, ๐๐ ๐๐ ๐ข ๐ฃ๐๐๐, ๐ฃ๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐?โ ยนโท๐ท๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐ ๐ฬ ๐ก๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐ : โ๐๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐ฆ ๐ข๐๐ก๐๐๐ ๐๐๐๐๐ โ๐๐ก, ๐ ๐๐ ๐ธ๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐, ๐๐๐๐๐ก ๐๐ฆ ๐๐ข๐๐ ๐๐๐ฃ๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐ฬ, ๐๐ ๐ธ๐ ๐๐๐ข ๐๐ฆ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐.โโ โ Eksodus 33:12-17 (AFR20)
In die lewe word ons dikwels oorweldig deur allerhande dinge. Ons voel klein en magteloos. Ons verloor gou moed en wonder hoe op aarde ons iets sal regkry of hoe ons kan vasstaan in die geloof, terwyl dit voorkom of ander mense goddeloos leef en dit goed gaan met hulle. Ons is geroep om ook โn nasie te lei โ โn volk van mense wat moet erken dat God God is en dat Jesus Christus die Here is. Dit klink en voel soos โn onbegonne taak, maar ons kan gerus wees in die feit dat ons dit nie alleen doen nie. Behalwe vir ons medegelowiges wat ook arbei in hierdie taak, gaan God elke tree met ons saam.
Wanneer ons dinge uit eie mag doen en ons doel eie gewin en selfverheerliking is, sal mense nooit kan onderskei dat ons God se mense is nie. As ons egter God se hulp vra en vra dat Hy oral met ons saamgaan, soos met Moses en die volk, sal Sy heerlikheid ook om ons skyn soos die destydse wolkkolom en vuurkolom met die Israeliete.
Voel jy eensaam en oorweldig deur gebeure om jou? Twyfel jy in jou eie krag en gesag? Vra God om jou te help. Vra God om met jou saam te gaan. As God se teenwoordigheid nie met ons saamgaan nie, kan ons nie van hier optrek nie โ kan ons nรชrens heen gaan nie en kan ons niks vermag nie.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
God ken my naam. Ek is Syne. Hy het my geroep om Sy verteenwoordiger te wees op aarde en ek het guns gevind in Sy oรซ. God sal oral waar ek gaan met my saamgaan, sodat mense Sy Naam sal ken. Ek moet vra vir Sy hulp en nie op my eie kragte of insig staatmaak nie.
๐ฒ๐๐๐๐ :
Here, laat my altyd onthou dat U by my is. Dankie, Heilige Gees, dat U my lei en dat ek altyd kan vra vir hulp. Dankie dat ek kan weet dat ek guns gevind het in U oรซ, Here. Help my om sรณ te lewe dat ek elke dag weer U guns sal vind en U paaie sal wandel. Tot U eer alleen. Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ฎ๐ฒ โ ๐ ธ๐ ๐ ณ๐ ธ๐ ด ๐ ท๐ ด๐ ผ๐ ด๐ ป๐ ด ๐ ธ๐ ๐ ป๐ ด๐ ด๐ ถ ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Vandag is dit Hemelvaartdag. Regoor die wรชreld vier sommige Christene nog die dag, maar, omdat dit nie meer โn publieke vakansiedag in Suid-Afrika is nie, gaan die dag vir baie van ons ongemerk verby. In ons samelewing is baie van ons Christen waardes en tradisies al amper heeltemal onder die mat ingevee. Met die ontploffing van tegnologie en menslike kennis, het die mens al meer begin twyfel in baie dinge.
Toe Yuri Gagarin, die Rus, die eerste man in die ruimte geword het, het hy in die nuuskonferensie na die ruimtereis gesรช: โ๐๐ฏ๐ด ๐ฉ๐ฆ๐ต ๐ฐ๐ณ๐ข๐ญ ๐ณ๐ฐ๐ฏ๐ฅ๐จ๐ฆ๐ฌ๐บ๐ฌ ๐ฆ๐ฏ ๐ธ๐ฐ๐ฏ๐ฅ๐ฆ๐ณ๐ญ๐ช๐ฌ๐ฆ ๐ฅ๐ช๐ฏ๐จ๐ฆ ๐จ๐ฆ๐ด๐ช๐ฆ๐ฏ, ๐ฎ๐ข๐ข๐ณ ๐ฐ๐ฏ๐ด ๐ฉ๐ฆ๐ต ๐ฏ๐ฆฬ๐ณ๐ฆ๐ฏ๐ด โ๐ฏ ๐๐ฐ๐ฅ ๐จ๐ฆ๐ด๐ช๐ฆ๐ฏ ๐ฏ๐ช๐ฆ.โ Sy afleiding was dus: Die hemele is leeg.
Soos gister en eergister ook genoem is, het selfs die dissipels nie mooi verstaan waarheen Jesus gaan nie en het hulle ook eers nie die merkwaardigheid van die Hemelvaart besef nie. Selfs in die vroeรซ dae na Jesus se Hemelvaart, het baie mense al gedink dat, indien die Hemelvaart wel gebeur het, was dit nie sรณ merkwaardig nie. Mense het aangevoer dat Henog en Elia dan ook opgevaar het hemel toe, oftewel lewendig weggeneem is. So, wat maak Jesus se hemelvaart anders en hoekom is dit vir ons as Christene belangrik?
Beide Henog en Elia was beloon vir hul getrouheid en het nie gesterf nie. Hulle is deur God weggeneem om weer plek te maak vir ander wat hulle moes opvolg. Wat Jesus se Hemelvaart anders maak, is dat Hy sรฉlf, nadat Hy die dood reeds oorwin het, opgevaar het hemel toe.
Arme Yuri Gagarin se kennis oor die hemele en wat ons nou vandag ken as die buitenste ruim, was effens vermeng gewees. As ons nog glo dat die hemel โn spesifieke plekkie doer bo iewers is, dan sal ons dalk ook teleurgestel word as ons fisies met โn ruimtetuig daarheen kan gaan. As ons egter God se Woord lees en die klein blik op die ewigheid wat daarin beskryf word besef, dan sien ons dat die hemel โ waar God woon โ iets veel meer is as wat ons ons kan indink. Die buitenste ruim is ruim โ baie ruim. Baie groot. En God is nรณg groter!
Jesus is nie daar bo in die blou hemelruim nie. Hy is orals, want Hy het Sy alomteenwoordige Gees uitgestort om vir altyd by ons te wees. Dieselfde Gees van God wat voor die Skepping reeds oor die waters gesweef het. Jesus het verseker opgevaar na die hemel โ of wat ons klassifiseer en ken as die โhemelโ. En toe dรญt gebeur, het ons erfgename geword van die rykste erfenis ooit. Efesiรซrs 1:14 (AFR20) sรช: โยนโด๐ท๐๐ ๐บ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ , ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐บ๐๐ ๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐๐, ๐ก๐๐ก ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ ๐ฆ โ๐๐๐๐๐๐โ๐๐๐.โ
Met Jesus se Hemelvaart, is ons verseker van โn hele paar dinge (vgl. Heidelbergse Kategismus, Sondag 18):
Jesus is ons Voorspraak in die hemel;
Jesus gee ons die waarborg dat Hy ons gaan kom haal; en
Jesus het Sy Heilige Gees as vรชrdere waarborg gestuur, sodat ons, terwyl ons wag, sal aanhou om Sy goeie werke voort te sit.
Ons opdrag is dus om vir die wรชreld hiervan te vertel en hoop te bring in โn stukkende wรชreld. Ons moet sout en lig wees vir die wรชreld. Ons moet hierdie dag met blydskap vier!
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
Besef ek wat Hemelvaartdag vir my beteken? (Lees weer die opsomming van Sondag 18 van die Heidelbergse Kategismus.)
๐ฒ๐๐๐๐ (n.a.v. Lied 599 โ As Hy weer kom):
Here Jesus, as U weer kom, kom haal U U kinders โ almal wat in U glo, om vir altyd by U te wees. Dankie dat U vir ons by die Vader gaan woonplek regmaak het. U, Here Jesus, is die Weg en die Waarheid, die Lewe vir ons almal. Almal wat in U glo, sal vir ewig leef! โ๐ฝ๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐ก๐๐ก ๐๐ฆ ๐๐๐. ๐ฝ๐, ๐ป๐ฆ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐ โ๐๐๐.โ Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ฎ๐ฑ โ ๐ ถ๐ พ๐ ณ ๐๐ ด ๐ ๐ ด๐๐ ฑ๐ พ๐ ฝ๐ ณ. (Kliek hier vir die klankgreep)
God het โn verbond gesluit met Abraham. Hy het belowe om sy God te wees en Abraham het belowe om God se voorskrifte en gebooie te gehoorsaam. Deur die eeue heen het die volke van Israel en Juda herhaaldelik weer hierdie verbond in herinnering gebring. Josua het, byvoorbeeld, toe hulle net anderkant die Jordaanrivier gekom het, weer die volk herinner aan hierdie verbond (Josua 3). En in Josua 23-24 het Josua, saam met die volk weer besluit dat hulle God alleen sal dien en geen ander gode sal volg nie. Dit is daardie mooi gedeelte waar Josua sรช: โ๐ธ๐ ๐๐ ๐๐ฆ โ๐ข๐๐ , ๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐๐๐โ (Josua 24:15).
Sรณ vind ons op verskeie ander plekke in die Bybel waar konings weer God se verbond in herinnering bring en waar die volk hulleself opnuut weer wy aan God. God kom ook dikwels na vore en herinner self die volk aan die feit dat Hy hulle God is en dat hulle Sy volk en kinders is.
Het jy al gewonder hoekom ons dit nie meer doen nie? Hoekom herinner ons ons gewoonlik net met die doop aan die verbond? Hoekom kom gemeentes nie meer bymekaar om die oorspronklike verbond te herhaal of om opnuut weer dit te maak nie? ... Weet jy wat? Dit gebeur in baie gemeentes nog elke Sondag! Regtig!
Die woorde het bietjie verander, maar die idee bly dieselfde. Elke Sondag op verskeie plekke en in talle gemeentes, kom gelowiges bymekaar en bely hulle wat hulle glo met die Apostoliese Geloofsbelydenis. Die 12 Artikels, soos dit ook bekend staan, was al vanaf die 3de en 4de eeu n.C. gebruik om gelowiges regoor die wรชreld te herinner dat hulle glo in die enigste God wat vir ons โn God wil wees en dat ons Sy kinders is, volgens Sy beloftes. Hoor weer wat sรช die woorde en ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ ๐ ๐๐๐๐ฃ๐ ๐ ๐ฃ ๐๐:
Dษชแด Aแดแดsแดแดสษชแดsแด Gแดสแดแดาsสแดสสแด แดษดษชs (12 Aสแดษชแดแดสs)
1. ๐ธ๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐บ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐, ๐๐๐ ๐ด๐๐๐๐๐ก๐๐๐, ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐.
2. ๐ธ๐ ๐๐ ๐ฝ๐๐ ๐ข๐ ๐ถโ๐๐๐ ๐ก๐ข๐ , ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ข๐, ๐๐๐ ๐ป๐๐๐;
3. ๐ค๐๐ก ๐๐๐ก๐ฃ๐๐๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐๐๐๐ ๐บ๐๐๐ , ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ข๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐;
4. ๐ค๐๐ก ๐๐๐๐ฆ โ๐๐ก ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ก๐๐ข๐ ๐๐๐๐๐ก๐ข๐ , ๐๐๐๐๐ข๐๐ ๐๐ ๐๐ , ๐๐๐ ๐ก๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ค๐ ๐๐ ๐๐ ๐ก๐๐ โ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ก;
5. ๐ค๐๐ก ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐ โ๐๐ก ๐ข๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐;
6. ๐ค๐๐ก ๐๐๐๐๐ฃ๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐๐ ๐๐ ๐ ๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ก๐๐โ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐บ๐๐, ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ก๐๐๐ ๐๐๐๐๐,
7. ๐ฃ๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐ป๐ฆ ๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ฬ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ค๐ ๐๐ ๐๐๐ฬ ๐ค๐๐ก ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐๐๐ โ๐๐ก.
8. ๐ธ๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐๐๐๐ ๐บ๐๐๐ .
9. ๐ธ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ โ๐ โ๐๐๐๐๐๐, ๐๐๐๐๐๐๐๐, ๐ถโ๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐, ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐๐๐๐๐ ;
10. ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐ค๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐ ;
11. ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐
12. ๐๐ โ๐ ๐๐ค๐๐๐ ๐๐๐ค๐.
๐ฒ๐๐๐๐ :
Baie dankie Here, dat U as God Drie-Enig gekies het om my as kind aan te neem. Dankie dat ek in U kan glo en dat U U beloftes deur die eeue heen gehou het. Help my om sรณ te glo en sรณ te leef. Dankie, Here Jesus, dat U deur U offer my deel gemaak het van die ewige God se ewige verbond met Sy kinders. Ek loof en prys U. Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ฎ๐ฐ โ ๐๐ ธ๐ ด ๐ ท๐ ด๐ ๐ ผ๐ ฐ๐ ถ ๐ พ๐ พ๐ ๐ น๐ พ๐ ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Toe Jesus die dissipels vertel het dat Hy moet weggaan, het hulle nog nie heeltemal verstaan hoekom Hy moet gaan, waarheen Hy gaan en wat dit Hom gaan kos nie. In die hele gesprek wat Jesus met hulle het in Johannes 14 en 15, gaan dit oor Jesus wat hulle probeer leer dat hulle liefde vir Hom en liefde vir mekaar moet hรช. Hierdie liefde is nie sommer net liefde nie. Jesus sรช uitdruklik vir hulle in Johannes 14:15 (AFR20): โ๐ด๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐๐โ๐๐ก, ๐ ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐โ๐๐ข.โ En weer in vers 21 (AFR20): โ๐๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐๐๐โ๐๐ข, โ๐ฆ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐ฆ ๐๐๐๐โ๐๐ก. ๐ธ๐ ๐ค๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐๐โ๐๐ก, ๐๐ฆ ๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐ โ๐๐ ๐๐๐๐โ๐ฬ, ๐๐ ๐ธ๐ ๐ ๐๐ โ๐๐ ๐๐๐๐โ๐ฬ ๐๐ ๐๐ฆ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ โ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐.โ
Sien, ware liefde vir God is nie net leรซ woorde nie. Dit is nie net hier en daar iets goed doen nie. Dit is nie wรชreldse liefde nie, want wรชreldse liefde is dikwels verwronge en laat toe dat allerhande afskuwelike dade en ongeregtighede onder die naam van liefde geskied. Wรชreldse liefde is baie dikwels nie gehoorsaam aan God se gebooie nie, want wรชreldse liefde is slegs liefde vir die mens en die menslike begeertes.
In Johannes 14 beloof Jesus dat die Heilige Gees in ons sal woon en dat Hy sรณ met ons sal bly vir ewig. Dรญt sal dan ook die manier wees hoe ons Sy wil kan leer ken en hoe ons Hom kan ken. As ons Hom ken, Sy liefde ken, dan is ons gehoorsaam aan Hom en het ons mekaar lief met Sy liefde โ nie wรชreldse liefde nie.
Ek wens dikwels dat Jesus nog fisies op aarde was. Ek wens dat ek nog by Sy voete kon sit en direk by Hom hoor wat Hy wil hรช ek moet doen. Tog weet ek dat ons die Woord het en dat dit nogsteeds, na al die jare, God se stem is โ dat dit ons lig in die donker wรชreld is.
Aan die einde van Johannes 14 waarsku Jesus ook dat die heerser van die wรชreld op pad is:
โยณโฐ๐ธ๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐ก ๐๐๐, ๐ค๐๐๐ก ๐๐๐ โ๐๐๐๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐ฬ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐, ๐๐ โ๐ฆ โ๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐. ยณยน๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐ก ๐๐๐ ๐ค๐ฬ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐ก ๐๐๐ก ๐ธ๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐โ๐๐ก ๐๐ ๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ก, ๐ ๐ก๐๐๐ ๐๐, ๐๐๐๐ก ๐๐๐ โ๐๐๐๐ฃ๐๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐!โ โ Johannes 14:30-31 (AFR20)
Wanneer ons elke dag sukkel met allerhande uitdagings, versoekings en twyfelagtige gedagtes oor God en Sy gebooie, moet ons dalk onsself begin vra: โWie heers oor my? Is dit God, deur die Heilige Gees in my? Ken ek vir Jesus? Is ek werklik lief vir Hom en maak Hy Hom aan my bekend? Of heers die heerser van die wรชreld oor my? Die satan?โ
Dikwels bevind jy jou in situasies of in plekke waar โn kind van God nie hoort nie. Jy verval in sonde of begin twyfel oor die geldigheid van God se Woord in โn post-moderne wรชreld? Dikwels praat die Heilige Gees met jou, maar jy ignoreer die stem, want jy wil tog nie โuitโ voel tussen jou vriende of kollegas nie. Jy hoor ook dikwels God se kalmerende stem, maar jy wil nie glo dat God ook met jou kan praat in die storms van die lewe nie. Wat maak jy dan? Wat kan jy doen? Dan maak jy soos Jesus sรช in Johannes 14:31: โStaan op, laat ons hiervandaan weggaan.โ Maak jouself los van die dinge wat jou verhoed om gehoorsaam te wees aan God. Laat Jesus deur die Heilige Gees in jou woon. Laat Hy oor jou lewe heers.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
Laat ek toe dat die heerser van die wรชreld mag het oor my? Luister ek na die stem van die Heilige Gees in my? Is ek gehoorsaam?
๐ฒ๐๐๐๐ :
Here Jesus, woon in my. Neem my hele lewe oor. Ek wil nie ongehoorsaam wees aan U gebooie nie. Ek wil U volg en leer en by U. Ek wil dat U wil in my lewe geskied en ek wil dat U vrede heers oor my. As U in my woon, kan die heerser van die wรชreld nie oor my heers nie. Help my om op te staan en weg te gaan van โn lewe van ongehoorsaamheid. Laat my doen wat U beveel. Tot U eer. Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ฎ๐ฏ โ ๐๐๐ ธ๐ ป๐๐ ด ๐ ธ๐ ฝ ๐ ณ๐ ธ๐ ด ๐๐๐ พ๐๐ ผ. (Kliek hier vir die klankgreep)
Wanneer sekere dinge in ons lewens gebeur, weet ons nie watter kant toe nie. Ons voete word dikwels onder ons uitgeslaan deur gebeure wat ons onkant vang. Ons bid en bid en vra die Here vir โn spesifieke uitkoms, maar dan gebeur ander dinge. Dit voel vir ons of die Here ons teleurgestel het โ asof Hy nie vir ons geluister het nie. Ons het dan sรณ hard gebid en sรณ verseker geglo dat Hy ons sal verhoor, maar dan besef ons dat God se antwoord tot ons gebed โNeeโ is. Dan is ons skielik in die middel van โn groot storm van hartseer, teleurstelling, woede, ontnugtering, vrees en wanhoop. Hoekom het God nie geluister nie?
Ons is mense en ons menslike natuur is nou maar sรณ dat ons so sal voel. Ons is dan God se kinders en God moet dan vir Sy kinders die beste gee... Die grootste moeilikheid wat ons egter ervaar, is om te weet wat God se wil is in sulke situasies. Ons wil weet hoekom God iets toegelaat het of niรฉ iets gedoen het waarvoor ons gevra het nie. Ons wil weet hoekom God sekere gebede verhoor en dit voorkom of Hy ander nie verhoor nie.
Om beter sin te probeer maak van sulke situasies en ons gepaardgaande emosies, moet ons eers weer terugkeer na Wie God is... God is God. God is die God van gister en die God van vandag. Daarom is God ook die God van mรดre en is Hy reeds daar. Daarom weet God wat in die toekoms kan of sou gebeur en tree Hy reeds vandag op daarvoor. Ons sukkel om dit te verstaan, maar ons weet eintlik in ons harte dat God beter weet. Ons is ongelukkig oor verlies, teleurstelling en hartseer, omdat ons dink dat God nie ons gebede verhoor nie. Maar ons weet ook dat God alle gebede wรฉl verhoor. Soms is die antwoord โJaโ, soms โNeeโ en soms is dit โWagโ wat uiteindelik ook uitdraai op โJaโ of โNeeโ. Maar hoe verwerk ons dit? Wat maak ons met God se wil as dit in stryd is met รณns wil en as dit vandag vir ons twyfel en negatiewe emosies bring?
Ons bid vir vrede. Ons bid vir God se Gees om ons te lei. Jesus het belowe dat ons die stilte in die storms van die lewe kan kry:
โยฒยณ๐ฝ๐๐ ๐ข๐ ๐๐๐ก๐ค๐๐๐๐ โ๐๐: โ๐ด๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐๐โ๐๐ก, ๐ ๐๐ โ๐ฆ ๐๐ฆ ๐ค๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐ โ๐๐๐ก๐ ๐๐๐๐; ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐ โ๐๐ ๐๐๐๐โ๐ฬ, ๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐ โ๐๐ ๐ก๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐ฆ โ๐๐ ๐ค๐๐๐. ยฒโด๐๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐ ๐๐๐๐โ๐๐ก ๐๐๐, ๐๐๐๐ ๐๐ฆ ๐ค๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐๐ โ๐๐๐ก๐ ๐๐๐; ๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ โ๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐ ๐๐ฆ๐๐ ๐๐๐, ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ '๐ ๐ค๐๐ก ๐๐ฆ ๐๐๐ ๐ก๐ข๐ข๐ โ๐๐ก. ยฒโต โ๐ท๐๐ก ๐ ๐ฬ ๐ธ๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐ก๐๐๐ค๐ฆ๐ ๐ธ๐ ๐๐๐ ๐๐ฆ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ฆ; ยฒโถ๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐, ๐๐๐ ๐ป๐๐๐๐๐๐ ๐บ๐๐๐ , ๐ ๐ก๐ข๐ข๐, ๐ ๐๐ ๐ป๐ฆ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ โ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ธ๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฬ โ๐๐ก. ยฒโท โ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ก ๐ธ๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐; ๐๐ฆ ๐ฃ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ธ๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ข๐๐๐. ๐ท๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ธ๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐ก ๐ค๐๐ก ๐๐๐ ๐ค๐ฬ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐. ๐ฝ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ก๐ ๐ก๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐๐, ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐๐.โ โ Johannes 14:23-27 (AFR83)
Wanneer ons in die storms van die lewe is en gevul word met allerhande gevoelens wat ons laat twyfel in God se getrouheid en liefde, kan en mรณรฉt ons na God gaan daarmee. Ons moet Hom vertel daarvan. Ons moet vir Hom sรช dat ons ongelukkig is. Ons moet onthou dat Jesus self mens was en ook sulke gevoelens ervaar het. Ons moet onthou dat Jesus aan die kruis deur God verlaat was, sodat ons nooit sonder God sal wees nie. Ons moet ons emosies uitstort in die storm. Ons moet ons trane deel maak van die see van trane wat ons omring, sodat God se vrede ons kan oorneem. Ons moenie ontsteld wees nie en ons moenie bang wees nie โ maklike woorde, maar tog haalbaar as ons toelaat dat die Heilige Gees ons lei en ons emosies rustig kry met die vertroue in God en die vrede wat alle verstand te bowe gaan.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
Staar ek my vas in my eie wil? Besef ek weereens dat God beter weet en dat Hy gister, vandag en mรดre dieselfde is en by my is om my te dra deur die moeilike tye? Ek kan maar my hart uitpraat met God en vra dat Sy vrede my oorneem. Ek moet ontvanklik wees vir hierdie vrede.
๐ฒ๐๐๐๐ :
Here, soms is my hart stukkend en twyfel ek. Ek weet dit is omdat ek my wil bรณ U wil stel. Vergewe my. Help my om U wil te aanvaar in my lewe โ al verstaan ek dit nie altyd nie. Gee my U vrede. Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ฎ๐ญ โ ๐ บ๐ ฐ๐ ฝ ๐ น๐ ๐ ฑ๐ พ๐ พ๐ ผ๐ บ๐ ป๐ ธ๐ ผ ? (Kliek hier vir die klankgreep)
In ons lewenslange soeke na wysheid en antwoorde op van die moeilikste vrae van die lewe, gaan ons dikwels voor sekere uitdagings kom waar dit voel of ons net nie antwoorde kry nie. Dit gaan voel of ons bid en bid en wag op antwoorde van God, maar ons ongeduld veroorsaak dat ons gefrustreerd en amper moedeloos raak. Ons hoor hoe die skare vertel van Jesus en hoe almal tog so nรก aan Hom kom en by Hom hoor wat hulle moet doen en hoe hulle moet optree, maar vir ons voel dit amper onmoontlik. Ons voel klein en dit is asof ons nie regtig vir Jesus kan sien in ons lewens nie. Dit voel asof almal anders se geloof groter as ons sโn is en ons is te klein tussen die skare. Dit voel of ons nie vir Jesus kan sien nie en asof Hy ons dalk miskyk en ons nie raaksien nie. So, wat maak ons dan? Ons klim boom!
Hoor wat het gebeur in Jerigo:
โยน๐ฝ๐๐ ๐ข๐ โ๐๐ก ๐ฝ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ข๐ ๐๐๐ ๐ ๐ก๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐๐. ยฒ๐ธ๐ ๐๐ฆ๐, ๐๐๐๐ ๐ค๐๐ '๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ข๐ . ๐ป๐ฆ ๐ค๐๐ '๐ โ๐๐๐๐ก๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ '๐ ๐๐ฆ๐ ๐๐๐. ยณ๐ป๐ฆ โ๐๐ก ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ก๐ ๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐ ๐ฝ๐๐ ๐ข๐ ๐๐ , ๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ โ๐ฆ ๐๐๐, ๐๐๐๐๐ก โ๐ฆ ๐๐๐๐ก ๐ค๐๐ . โด๐ป๐ฆ โ๐๐๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐ข๐๐ก ๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ '๐ ๐ค๐๐๐๐๐ฃ๐ฆ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ฝ๐๐ ๐ข๐ ๐ก๐ ๐ ๐๐๐, ๐ค๐๐๐ก ๐ป๐ฆ ๐ ๐๐ข ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐ฆ๐๐๐๐. โต๐๐๐ ๐ฝ๐๐ ๐ข๐ ๐๐ฆ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐, ๐๐ฆ๐ ๐ป๐ฆ ๐๐ ๐๐ ๐ ๐ฬ ๐ฃ๐๐ โ๐๐: โ๐๐๐๐๐๐ข๐ , ๐๐๐๐ ๐๐๐ข ๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐, ๐ค๐๐๐ก ๐ธ๐ ๐๐๐๐ก ๐ฃ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ข โ๐ข๐๐ ๐๐๐๐๐๐ฆ.โ โถ๐๐๐๐๐๐ข๐ โ๐๐ก ๐ก๐๐ โ๐๐๐ ๐ก๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ฝ๐๐ ๐ข๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ฆ๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐ ๐ฆ โ๐ข๐๐ ๐๐๐ก๐ฃ๐๐๐. โท๐ด๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ โ๐๐ก, โ๐๐ก ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ฬ: โ๐ป๐ฆ ๐๐๐๐ ๐๐ฆ '๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐ข๐๐ .โ โธ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ข๐ โ๐๐ก ๐๐๐๐ ๐ ๐ก๐๐๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฬ: โ๐พ๐ฆ๐, ๐ป๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐๐ก๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐ ๐๐ก๐ก๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ , ๐๐ ๐๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ก๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ก, ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ก ๐ฃ๐๐๐๐ฃ๐๐ข๐๐๐ ๐ก๐๐๐ข๐.โ โน๐ฝ๐๐ ๐ข๐ โ๐๐ก ๐ฃ๐๐ โ๐๐ ๐๐๐ ๐ฬ: โ๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ โ๐๐๐๐๐๐ โ๐ข๐๐ ๐๐๐๐๐, ๐ค๐๐๐ก ๐๐๐ โ๐ฆ ๐๐ '๐ ๐ ๐๐ข๐ ๐ฃ๐๐ ๐ด๐๐๐โ๐๐. ยนโฐ๐ท๐๐ โข๐๐๐ข๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ฃ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ , ๐ก๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐ก๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐ .โโ โ Lukas 19:1-10 (AFR20)
Ja, Saggeรผs was fisies klein gewees en moes fisies boomklim om vir Jesus te sien. Hy het geweet Jesus is naby, maar Hy kon Hom nie sien nie. Hy wou ook graag โn persoonlik verhouding met Jesus hรช, maar moes โn ander plan maak om Hom te sien. Uiteindelik kom Jesus self, toe Hy Saggeรผs se toewyding sien, en gaan tuis by Hom.
Ons het gister gesรช dat ware wysheid begin by God, maar ons weet ook dat die wรชreld God vir ons onsigbaar maak. Soms, selfs in die kerk, sal dit voel of ons geloof net nie groot genoeg is nie en asof God vir ons onbereikbaar is. Soms kyk ons so erg vas in ander se geloof of ons eie foute, dat ons dink ons God nie sal bereik nie of dat Hy nie in ons harte wรญl woon nie. Wat ons dan moet doen, is boomklim. Ons moet nie dat ons siening van kleingeloof ons keer nie. Ons moet moeite doen om nader aan God te kom, soos Saggeรผs. Ons moet Jesus ontvang in ons huis en in ons hart, want Hy wil graag daar tuisgaan. Ons moet dalk ook baie dinge opoffer en ontslae raak van, soos Saggeรผs.
Almal van ons was verlore. Dalk is sommige van ons nogsteeds verlore. Jesus het gekom om ons te soek en ons te verlos. Hy sal ons verlos van ons moeilikheid en probleme. Hoe? Dit weet ek nie, maar ek weet dat as Hy tuisgaan in jou hart โ as Hy daar woon โ sal jy die wysheid bekom om te doen wat nodig is.
Gaan klim dus jou boom. Sien vir Jesus in jou lewe raak, want Hy is wรฉl daar deur Sy Heilige Gees. Klim weer haastig af en ontvang Hom met blydskap in jou hart.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
Jesus is altyd by my en ware wysheid wag op my as ek wag op die Here.
๐ฒ๐๐๐๐ :
Here Jesus, help my om my boom te klim sodat ek U weer duidelik kan sien in my lewe. Help my om U te ontvang in my hart elke dag. Help my om geduldig te wees en U te vertrou om aan my die antwoord te gee wat my menslike kennis ontduik. Ek vertrou U en ek weet dat U beter weet. Help my om te besef dat die probleme wat ek nie kan oplos nie, U probleme is en dat ek dit veilig in U hande kan los. Gee my geduld om op U te wag en U te vertrou. Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ฎ๐ฌ โ ๐ ณ๐ ธ๐ ด ๐ ฑ๐๐ พ๐ ฝ ๐ ๐ ฐ๐ ฝ ๐๐๐๐ ท๐ ด๐ ธ๐ ณ. (Kliek hier vir die klankgreep)
Daar is so dikwels situasies in ons lewens waar ons wonder wat die regte ding is om te doen. So dikwels is ons verward oor die keuses wat voor ons is of oor die keuses wat ons reeds gemaak het. Ons doen ons huiswerk oor โn uitdaging of geleentheid voor ons en ons bel mense, raadpleeg Dr. Google en worstel daarmee tot ons โn redelike vorm van gemak het met wat ons moet doen. Selfs as dit kom by hulp verleen aan ander mense of om te besluit of jy vriende moet bly met mense, dan raadpleeg ons mekaar en kyk na wat die wรชreld trend is. Dikwels los dit ons ongelukkig oor ons keuses en weet ons nie hoe om dit reg te maak nie, want ons het darem mos ons trots...
Wanneer ons wysheid wil bekom oor hoe ons in die lewe wil optree en oor hoe ons โn lewe van tevredenheid hier op aarde kan geniet, begin dit met God (gister se oordenking). Spreuke 2:6-15 (AFR20) lees vรชrder:
โโถ๐ฝ๐, ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐ฆ๐ โ๐๐๐, ๐ข๐๐ก ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐โ๐๐๐. โท๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ก๐๐ โ๐๐ข ๐ป๐ฆ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐๐๐ฆ๐โ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ค๐๐๐๐๐, ๐๐ '๐ ๐ ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐, โธ๐๐๐ข๐๐๐๐ก ๐ป๐ฆ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ค๐๐๐; ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐ก๐๐๐ข๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ป๐ฆ. โน๐ท๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐ฆ ๐ฃ๐๐๐ ๐ก๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐๐ฃ๐๐๐๐๐, ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐ โ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐. ยนโฐ๐๐๐๐ก ๐ค๐ฆ๐ โ๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐ ๐๐๐ข โ๐๐๐ก ๐๐๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ข ๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐ . ยนยน๐บ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ข ๐ค๐๐ โ๐๐ข, ๐ฃ๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐โ๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ข ๐๐๐ค๐๐๐ ยนยฒ๐๐ ๐๐๐ข ๐ก๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐โ๐๐๐, ๐ฃ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ฃ๐๐๐๐๐๐ค๐ ๐ข๐๐ก๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐, ยนยณ๐ฃ๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐๐ข๐๐ก ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐ก ๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ฬ ๐ก๐ ๐๐๐๐, ยนโด๐ฃ๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ฃ๐๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐๐ ๐๐ค๐๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐๐, ๐ค๐๐ก ๐๐ข๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐ค๐๐โ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐ค๐๐๐, ยนโตโ๐ข๐๐๐ ๐ค๐๐ ๐ ๐ ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ , ๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐ ๐๐ฆ๐ ๐ก๐๐ ๐๐ ๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐ก๐๐ ...โ
Wie sou nou kon dink dat jy vir alledaagse uitdagings en vir elke situasie van die lewe na God kan gaan? Ons dink dikwels dat God doer vรชr iewers in die hemel is en dat Hy nie tyd het om af te buig na ons toe nie. Het Jesus nie self gesรช net voor Hy opgevaar het hemel toe: โ๐ธ๐ ๐๐ฆ๐, ๐ธ๐ ๐๐ ๐๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐, ๐ก๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐ฆ๐.โ (Matteus 28:20b AFR20).
Ons is nie alleen gelaat op hierdie aarde nie. God het Sy Gees gegee, sodat ons elke dag deur Hom gelei kan word. Elke liewe besluit wat jy het, elke vurk in die pad, elke versoeking, elke uitdaging wat die wรชreld en die vyand voor jou gooi... vir elke liewe een van hierdie, is die antwoord by God.
Iemand het eenmaal gesรช dat wysheid toegepaste kennis is. Ware wysheid is die kennis van God wat ewig is, toegepas in jou lewe. God gee soms nie direkte ja/nee of gedetailleerde antwoorde nie, soms kry jy nie dadelik โn antwoord nie, soms glad nie, maar God is getrou om ons die vrede te gee om te weet dat as ons Hom ken in alles in ons lewens, sal Hy ons help om op die regte pad te bly, sodat ons Hom en ons naaste reg kan dien.
Ek onthou dat my eerste laerskool leuse iets soortgelyk was. In die skoollied het ons afgesluit met die woorde: โ๐ท๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐ฉ๐๐๐! ๐ท๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐ฉ๐๐๐! ๐พ๐๐๐ ๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐!โ
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
Daar is niks te groot of te klein waarmee ek nie na God kan gaan nie. God is altyd by my, deur Sy Gees wat in my woon. My God is groter as enige uitdaging.
๐ฒ๐๐๐๐ :
Dankie Here, dat U altyd by my is. Help my om U te raadpleeg in elke aspek van my lewe. Ja, Here, net U gee wysheid. Vestig U wysheid en kennis in my hart, sodat ek die regte besluite kan neem en op U pad van geregtigheid kan bly. Tot U eer alleen. Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ญ๐ต โ โ๐ฏ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ .โ (Kliek hier vir die klankgreep)
Ek wonder soms regtig hoe daar nogsteeds mense is wat God se bestaan bevraagteken. As jy maar net kyk na hoe die natuur se prag Sy majesteit verkondig en hoe die heelal weergalm van Sy grootheid, dan is dit mos duidelik dat al hierdie dinge nie sommer net daar kon wees nie. Dan sit ons ook met die Bybel... Baie mense neig deesdae na die wetenskaplike redenasies en verduidelikings oor die ontstaan van alles. Mense reken dat ons moet besef dat die skrywers van die Bybel nie die kennis en ervaring gehad het wat ons nou het nie. Dรกรกrom, meen hulle, kan en moet ons die betroubaarheid van die Bybel bevraagteken. Nou ja, goed, as dit dalk gaan oor die wetenskaplike akkuraatheid van dinge, kan jy dalk sรณ argumenteer. Maar, dit neem nie die feit weg dat mense vir meer as 4000 jaar al die werke van God neergepen het nie โ en hierdie werke was vir nog langer voor dit vele kere oorvertel, voordat die mens skrif uitgevind het.
Vir eeue lank, lank voor die moderne en post-moderne mens baie โslimโ geword het, het mense gewonder oor God, maar het hulle aanvaar dat God daar is. Mense het ook geglo, omdat hulle daardie tyd al โn persoonlike ontmoeting gehad het met Hom. Mense wou al vir eeue probeer om ware wysheid en insig te bekom. Hulle het geweet dat dit begin deur God te ken, maar hulle het daardie tyd ook al getwyfel en begin wonder oor baie dinge.
Salomo skryf, nadat hy al baie gewonder het oor baie dinge en, nadat hy tot insig gekom het oor baie dinge:
โยน๐๐ฆ ๐ ๐๐ข๐, ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐ ๐๐๐ข ๐ ๐ฬ, ๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐ ๐๐๐ข ๐ฃ๐๐๐๐ ๐๐๐ฆ๐ ๐๐๐ข ๐๐๐, ยฒโ๐๐ข ๐๐๐ข ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐ฆ๐ โ๐๐๐, ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ข ๐๐ ๐๐ ๐ก๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐ก๐๐๐. ยณ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐ฆ, ๐ฃ๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐. โด๐๐๐๐ ๐๐๐ก ๐ ๐๐๐ ๐๐ฆ ๐ ๐๐๐ค๐๐ ๐ ๐๐ข ๐ ๐๐๐, ๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐ ๐ ๐๐๐ '๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ก. โต๐ท๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐ฆ ๐ค๐๐๐ก โ๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐๐, ๐ ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐ก๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ก ๐๐ ๐๐ ๐บ๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐.โ โ Spreuke 2:1-5 (AFR83)
Wanneer ons wonder oor God en wonder oor onsself en wanneer ons wonder hoe om God te dien en waarlik vir God bo alles lief te hรช en ons naaste soos ons onsself, dan begin dit by God. Ons is geseรซnd dat ons die Woord het en dat daar vir eeue lank mense was wat getuig het oor God en dat dit op skrif neergelรช is. Hierdie woorde wat Salomo aan sy seun geskryf het, is woorde wat op ons almal van toepassing is. Ons wonder en twyfel soms (dalk dikwels). Ons bevraagteken dinge, omdat die โslimโ mense dinge sรช. Ons wonder of ons regtig vir God kan ken of dalk ken ons Hom, maar wonder hoe ander Hom kan leer ken. Die antwoord: deur jou gesonde verstand te gebruik en wysheid na te jaag. Nie wรชreldse wysheid nie, die ware Wysheid.
Wil jy God leer ken of beter ken? Moet Hom nie gaan soek in die slim wetenskaplike verduidelikings van mense nie. Soek Hom in Sy Woord. Wil jy vir ander mense leer van God? Wys hulle Sy liefde. Ware wysheid begin met die kennis van- en ontsag vir God (Spreuke 9:10). Gebruik jou gesonde verstand en erken dat God IS. Vir die gewone mens, klink dit dwaas en sal hulle nooit dit kan begryp nie. Paulus verduidelik juis dat die mense se gees dit nie kan begryp nie, maar God se Gees in ons, openbaar dit vir ons (1 Kor. 2:1-16).
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
Liefde vir God en liefde vir my naaste begin by God. Dit begin met โn kennis van God en deur my verhouding met Hom, dat ek Hom kan ken โ waarlik ken. Om my naaste te kan dien en God daardeur te verheerlik, moet ek God ken.
๐ฒ๐๐๐๐ (๐ฃ๐๐ฎ๐น๐บ ๐ฒ๐ณ ๐๐๐ฅ๐ฎ๐ฌ):
ยฒ๐๐๐ ๐บ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐ฬ๐; ๐๐๐ ๐ป๐ฆ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐ ๐๐๐๐ก ๐ ๐๐ฆ๐. โข๐๐๐๐
ยณ๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐ , ๐ข ๐ฃ๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ .
โด๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ฆ๐ , ๐ ๐บ๐๐, ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ฆ๐ .
โต๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ฆ ๐ค๐๐๐ ๐๐ ๐๐ข๐๐๐, ๐ค๐๐๐ก ๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐; ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ , ๐๐๐ ๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐. ๐๐๐๐
โถ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ฆ๐ , ๐ ๐บ๐๐, ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ฆ๐ .
โท๐ท๐๐ ๐๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ค๐๐. ๐๐๐ ๐บ๐๐, ๐๐๐ ๐บ๐๐, ๐๐๐ ๐ ๐๐ฬ๐.
โธ๐๐๐ ๐บ๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐ฬ๐, ๐ ๐๐๐๐ก ๐๐ ๐๐๐ ๐ข๐๐กโ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐๐ก๐ ๐๐ ๐ ๐๐ โ๐ฬ.
Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ญ๐ด โ ๐๐ ธ๐ ดโ๐ ๐ น๐ พ๐ ๐ ฝ๐ ฐ๐ ฐ๐๐๐ ด ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Meeste van ons ken Jesus se liefdesgebod. Ons ken dalk ook nog die 10 Gebooie. Ons weet dat liefde vir God ons eerste prioriteit moet wees in die lewe en die tweede is, dat ons ons naaste moet liefhรช soos onsself.
In Levitikus 19 al, word โn hele paar praktiese wette voorgelรช oor hoe ons ons naaste moet liefhรช. Ons ken meeste van hierdie wette en reรซls, omdat ons sรณ grootgemaak is en omdat meeste lande ook hierdie wette geรฏmplementeer het. Dit is wette soos: los iets agter vir die armes as jy oes, dus, sorg vir die armes; jy mag nie steel nie; jy mag nie bedrog pleeg nie; jy mag nie โn vals eed aflรช en die Naam van die Here ontheilig nie; jy mag nie jou naaste uitbuit en beroof nie; jy mag nie salarisse weerhou van dagloners nie; jy mag nie dowes of blindes vervloek of uitbuit nie; jy mag nie onregverdig wees in regsuitsprake nie; jy mag nie kwaad stook nie; jy mag nie iemand anders se lewe in gevaar stel nie; jy mag nie jou broer(of suster) haat nie โ jy moet volksgenote teregwys; jy mag nie wrokke koester nie. In opsomming dan: โ๐ฝ๐ฆ ๐๐๐๐ก ๐๐๐ข ๐๐๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐๐โ๐ฬ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ข๐ ๐๐๐.โ (Levitikus 19:9-18)
Al hierdie dinge, weet ons, het Jesus herhaaldelik vir die mense probeer leer en het Hy uitdruklik vir mense ook gesรช dat hulle ander mense moet behandel soos hulle self behandel wil word (Luk. 6:31; Matt. 7:12). Wanneer die wetskenner dan vir Jesus probeer vasvra oor die grootste gebod, is dit ook Jesus se antwoord in Matt. 22:35-40 en Mark. 12:28-31. In Lukas se Evangelie egter, vra Jesus aan die man self om dit te beantwoord. Dalk het Lukas โn ander geleentheid se gebeure vertel, want ek is seker die sogenaamde โslimโ manne het Jesus op meer as een geleentheid probeer uitvang. In elk geval, die man antwoord wel die vraag korrek deur te sรช: โ๐ฝ๐ฆ ๐๐๐๐ก ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐๐ข ๐บ๐๐ ๐๐๐๐โ๐ฬ ๐๐๐ก ๐๐๐ข โ๐๐๐ โ๐๐๐ก ๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ข โ๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ก ๐๐ ๐๐๐ข ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ข โ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐ก๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐ข ๐๐๐๐ ๐ก๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ข๐ ๐๐๐.โ, en Jesus se antwoord is: โ๐ท๐๐๐ ๐๐๐ก, ๐๐ ๐๐ฆ ๐ ๐๐ ๐๐๐๐!โ (Luk. 10:27-28 AFR20).
Wat nogal verbasend is, is dat hierdie man โ nadat hy die antwoord het om die ewige lewe te kan beรซrwe: liefde vir God en jou medemens โ dan soek hy ander regverdiging en vra vir Jesus: โ๐ธ๐ ๐ค๐๐ ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐๐ ๐ก๐?โ (Luk. 10:29 AFR20).
Is ons nie ook maar sรณ nie? Ons wil graag sรช dat ons goeie mense is, maar ons wil ook probeer om onsself te regverdig deur naasteliefde te beperk tot nรฉt sekere mense. Ons hou so graag die Engelse gesegde aan en sรช: โ๐๐ฉ๐ข๐ณ๐ช๐ต๐บ ๐ฃ๐ฆ๐จ๐ช๐ฏ๐ด ๐ข๐ต ๐ฉ๐ฐ๐ฎ๐ฆ.โ Met ander woorde: โEk sal help wie ek wil help en die res is op hul eie.โ
Jesus antwoord die wetskenner deur te vertel van die barmhartige Samaritaan (Luk. 11:25-37). Die Samaritaan was die enigste een wat โn man langs die pad gehelp het, nadat โn priester en โn Leviet hom geรฏgnoreer het. Die priester en Leviet โ kerkmense, soos ons dit sou stel โ het besluit dat hierdie man langs die pad wat deur rowers aangeval was, nie hulle naaste is nie, want hulle ken hom nie. Jesus leer die wetskenner en ons hier โn belangrike les: Wie ook al God oor jou pad stuur, is jou naaste. As ons ook graag wil sรช dat โ๐๐ฐ๐ฎ๐ฆ ๐ช๐ด ๐ธ๐ฉ๐ฆ๐ณ๐ฆ ๐ต๐ฉ๐ฆ ๐ฉ๐ฆ๐ข๐ณ๐ต ๐ช๐ดโ, dan moet ons weet dat ons oraloor barmhartigheid moet toon, want ons dra ons harte met ons en Jesus is in ons harte.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
As ek wil kies wie my naaste is, sal baie mense die geleentheid mis om God se liefde te leer ken.
๐ฒ๐๐๐๐:
Here Jesus, U het ons liefgehad, terwyl ons nog vรชr van U af was. U het ons gesien as U naastes. Help ons om ook ander lief te hรช, soos U hulle lief het. Heilige Gees, wys ons waar U reeds besig is om te werk in die wรชreld, sodat ons daarby kan aansluit en die liefde van God met die wรชreld kan deel. Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ญ๐ณ โ ๐รณ ๐๐ ฐ๐ ป ๐ ณ๐ ธ๐ ด ๐ ผ๐ ด๐ ฝ๐๐ ด ๐๐ ด๐ ด๐ ... (Kliek hier vir die klankgreep)
In die vroegste dae van die Christendom, was Christene amper oral vervolg. Hulle was om die lewe gebring vir hulle geloof en die feit dat hulle geglo het dat daar net een ware God is en dat hierdie God mens geword het om die sondes van die wรชreld te dra, was vir die mense onsinnig en belaglik gewees. Hoe kan daar dan โn God wees wat sรณ lief is vir mense?
Onthou: in daardie tyd het sommige mense geglo dat daar baie gode is en dat gode ook kan sterf. Hulle kon nie glo dat daar dan nou hierdie een God is wat bereid was om te sterf vir die mens nie. Ook, as daar dan net een God is, en Hy sterf, sou dit mos beteken dat die mens aan sy eie lot oorgelaat word. Dit het glad nie sin gemaak vir die mense nie. Maar wanneer hulle gehoor het van die opstanding, het die hele situasie verander... Wanneer daar verduidelik was van die enigste oneindige, ewige God en hoe Hy by magte was om soveel meer te doen as wat mense kan dink, het baie mense besef dat hulle ook hierdie God nodig het. Baie mense, eers heidene, het tot geloof gekom (lees gerus die boek van Handelinge).
Tog was daar nog baie ander mense wat sterk vasgehou het aan hulle ou geloof en valse gode. Hulle wou nie dat die Christene โ die mense wat nou die Naam dra wat bo alle name is โ hulle kultuur en tradisies kom deurmekaarmaak nie. Hulle wou nie toelaat dat hul eie mense begin twyfel in die ou en gemaklike maniere nie. Sien, hierdie mense het mag gehad oor die mense en enige bedreiging moes hand en tand beveg word en enigiemand wat enigiets anders wou verkondig of die die waarheid bekend maak, moes uit die weg geruim word. Dit was moeilike tye vir Christene. (is dit nie, maar vandag weer so nie?)
Een van die eerste groot teoloรซ van Noord-Afrika in die 2de eeu, was Tertullianus. Hy het grootgeword in โn ongelowige of heiden huishouding en het ook geleer dat Christene hierdie โandersteโ mense was. Tertullianus was โn geleerde man in Latyn, retoriek en filosofie โ hy was โn prokureur. Dus was hy iemand wat baie goed kon oordeel en veg vir โn saak. Iewers in sy middeljare, nadat hy blykbaar al baie sake teen Christene geveg het, het hy skielik tot โn eenvoudige besef gekom. Hierdie besef was nie nie iets wat hy aan universiteite geleer het nie โ dit was bloot gesonde verstand en waarneming... hy het na die Christene gekyk en skielik besef dat iets werklik anders is aan hulle. Hy besef toe dat hy en alle heidene nog altyd na hulle kyk en dink: โMaak nie saak of hulle nou anders glo as ek, of iets glo wat ek nie kan verstaan nie, een ding is seker: Kyk hoe lief is hulle vir mekaar en hoe hulle bereid is om vir mekaar te sterf!โ
Toe Tertullianus begin besef dat hierdie mense โn anderste liefde as die wรชreld sโn het, het daar skielik iets in hom begin verander. Lang storie kort: Jesus het hom ontmoet in die liefde wat ander Christene vir mekaar gehad het. So het Jesus se woorde in Sy nuwe gebod wat Hy aan die dissipels gegee het, begin waar word en begin om kragtig in mense te werk:
โยณโด๐ธ๐ ๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐ '๐ ๐๐ข๐ค๐ ๐๐๐๐๐: ๐ฝ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐ก ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐โ๐ฬ. ๐๐๐ก ๐ ๐๐๐ ๐ธ๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐โ๐๐ โ๐๐ก, ๐๐๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐โ๐ฬ. ยณโต๐ท๐๐ก ๐๐ โ๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐ค๐๐๐ก ๐๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐ โ ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ก.โ โ Johannes 13:34-35 (AFR20)
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
Wat sรช mense as hulle na my kyk en hoe lief ek ander Christene het? Wat sรช mense oor hoe lief ek alle mense wat deur God geskape is, het?
๐ฒ๐๐๐๐:
Here Jesus, U het aan ons โn nuwe gebod gegee, wat eintlik nog altyd daar was. Dit was hoe U mense eintlik gemaak het om te wees. Jammer dat ons nie altyd die liefde wat U vir ons wys, wys aan ander mense nie. Dankie dat U deur U liefde in en deur ons, soveel meer kan doen as wat ons kan dink. Mag mense ook na ons kyk en besef hoe lief U ons het, hoe lief ons U het en hoe lief ons mekaar het. Tot U eer. Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ญ๐ฒ โ ๐๐ ฐ๐ ๐ ธ๐ ๐ ธ๐ ฝ ๐ น๐ พ๐ ๐ ฝ๐ ฐ๐ ฐ๐ ผ ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Baie van ons het met geboorte al โn naam gekry. Ons inligting moes ingevul word en gestuur word aan die Departement van Binnelandse Sake. Dรกรกr was jou naam geregistreer en was โn ID nommer aan jou toegeken. Jou ID nommer bestaan uit jou geboortedatum (6 syfers) en nog 7 ander syfers wat jou geslag (manlik of vroulik), Suid-Afrikaanse status en dan โn nommer wat geldigheid bepaal bevat. Almal van ons moet een of ander tyd ons ID nommers leer ken, want jy moet dit oral gebruik om jouself te identifiseer en jou uniekheid te bevestig. Jou naam alleen kan nie bevestig dat jy is wie jy sรช jy is nie, want daar is baie ander in slegs Suid-Afrika wat dalk jou naam het. Ek weet, byvoorbeeld, dat ek nie die enigste Christo Schoeman is in ons land nie.
Tog is ons name belangrik. Baie van ons het familiename as doopname ontvang om aan te dui waar ons vandaan kom en wie ons ouers en grootouers is/was. So was dit ook al in die Bybelse tyd gewees. Mense het name geรซrf by hul ouers en voorouers om aan te dui dat hulle geregtig is op erfporsies, grond, ens. Jou naam was belangrik en slegs as jy erg aangejaag het, was jou naam verander, sodat jy nie meer kon aanspraak maak op jou erfporsie nie. Vandaar dan ook die gesegde dat jy jou naam weggooi as jy droogmaak.
Maar wat is in jou naam? Sรช dit wie jy is en watter tipe mens jy is? Of wat van jou ID nommer? Nee, nie een van die twee kan vir jou of vir ander mense sรช wie jy is nie. Tog is daar baie in โn naam en baie keer gaan jou naam jou vooruit. Soms, as gevolg van wat jou ouers gedoen het, oordeel mense sommer klaar of jy โn goeie of slegte mens is โ voordat hulle jou geleer ken het. Is dit dan nie wonderlik dat ek en jy โn nuwe naam gekry het nie? Ken jy daardie naam?
Hoor wat het gebeur toe Saulus (Paulus soos ons hom ken) en Barnabas in Antiogiรซ was:
โยฒโต๐ป๐๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐ต๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐ ๐ข๐ ๐ฃ๐๐๐ก๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ข๐๐ข๐ ๐๐ ๐ก๐ ๐ ๐๐๐. ยฒโถ๐ป๐ฆ โ๐๐ก โ๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ โ๐๐ ๐๐ ๐ด๐๐ก๐๐๐๐๐ฬ ๐๐๐๐๐๐๐. ๐ป๐ข๐๐๐ ๐ค๐๐ '๐ โ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ก๐ ๐๐ โ๐๐ก '๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐. ๐ผ๐ ๐ด๐๐ก๐๐๐๐๐ฬ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐๐ ๐ถโ๐๐๐ ๐ก๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐.โ โ Handelinge 11:25-26 (AFR20)
Die dissipels โ Jesus se volgelinge, die mense wat geleer het by Hom en gedoen het soos Hy geleer en beveel het โ was Christene genoem. Noem jy jouself โn Christen? Gewoonlik as ons daardie vraag hoor, is dit half aanvallend bedoel deesdae. Gewoonlik sal mense, veral as jy iets verkeerd doen, vir jou sรช: โHoe kan jy sรณ iets doen? En dan noem jy jouself โn Christen...โ
Kyk, dit kan ons mos baie kwaad maak as iemand so iets vir ons sรช. Ongelukkig, is dit ook die rede (of eerder verskoning) hoekom baie mense deesdae sรช dat hulle nie aan โn kerk behoort nie of nie betrokke is in โn gemeente nie. Dis mos maklik om te sรช: โNee wat, kyk hoe maak die mense en dan noem hulle hulleself Christene!โ Die hartseer hiervan, is dat baie mense eintlik reg is in wat hulle sรช. Hulle is nie reg om net te beledig en nie reg te help en nie betrokke te wees nie, maar hulle is reg in wat hulle sรช...
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
Is jy โn Christen? Is dit jou nuwe naam โ al is dit nie op jou ID kaart of boekie nie? As dit jou nuwe naam is en jy weet dat jy geregtig is op jou erfporsie van God se Koninkryk en die ewige lewe, doen jy jou naam gestand? Doen jy die Naam bo alle name gestand? Gaan jou naam jou vooruit, of gooi jy ook soos baie Christene jou naam weg?
Jy het die Naam om te wys Wie sโn jy is. Jy het die Naam om te leef soos Hy geleef het. Jou erfnaam moet jou vooruitgaan, nie jou geboortenaam nie.
๐ฒ๐๐๐๐:
Here Jesus, dankie dat ek U Naam kan dra. Vergewe my dat ek dit soms weggooi en deur die modder sleep. Help my om U Naam te eer met my lewe en mag U verheerlik word. Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ญ๐ฐ โ ๐ พ๐ ฝ๐ ๐ ฑ๐ ด๐ ป๐ พ๐ ฝ๐ ธ๐ ฝ๐ ถ. (Kliek hier vir die klankgreep)
Deur die eeue heen het die mens nog altyd gewonder of God werklik bestaan en, as Hy bestaan, of Hy regtig getrou is aan Sy Woord. Almal van hierdie mense โ vandag nog โ wil God meet aan wetenskaplike definisies, mensgemaakte formules. God beloof dan so baie in die Bybel, maar baie min mense kry waarvoor hulle vra en baie min sien hierdie wonderlike dinge...
As ons ook sรณ begin dink en redeneer, sal ons in hierdie lewe bitter teleurgestel word. Soos gister genoem, is ons beloning aan die einde van die wedloop. Ons beloning is nie op hierdie aarde nie. Ons beloning kan nie met menslike logika en redenasies uitgeklaar word nie en ook nie gemeet word nie. Ons beloning is soveel groter as wat ons dink.
Vir die mens wat nie glo nie en vir die mens wat met tรฉ veel logika wil probeer om God te verduidelik, sal niks van hierdie dinge sin maak nie. Maar, vir die mens wat โn persoonlike verhouding het met die enigste God van die heelal โ โn God bo menslike verstand en begrip โ vir hierdie mens is die hoop opgesluit in die misterie van God. Vir die mens wat glo en wat โn pad stap saam met God elke dag, word die heelal belowe. Alle koninkryke word belowe en heerskappy saam met die Koning van alle konings word belowe. Koningskap, as koningskind is ons voorland.
Klink dit dalk te goed om waar te wees? Natuurlik! Want in hierdie wรชreld word sulke dinge mos nie net gegee nie. In hierdie wรชreld kom alles met โn prys. Maar vir die een wat glo, is hierdie prys betaal. Jesus Christus het die prys betaal en ons kry eendag, onverdiend, hierdie wonderlike beloning.
As jy glo in God, glo dat Jesus Christus die Here is, glo dat jy deur jou geloof gered word, glo dat jy uit genade alleen gered word, en glo dat jy leef tot eer van God, dan kan jy gerus ook glo wat God se Woord ons leer:
โยฒโท๐ท๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐, ๐๐๐ โ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ฆ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ก๐ โ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ฆ๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ โ๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ด๐๐๐๐โ๐๐๐๐ ๐ก๐. ๐๐ฆ ๐๐๐๐๐๐๐๐ฆ๐ ๐๐ '๐ ๐๐ค๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ฆ๐, ๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐ก๐ ๐ ๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐โ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐ .โโ โ Daniรซl 7:27 (AFR20)
En in Openbaring 11:17-18 (AFR20), wanneer die sewende trompet blaas, aanbid die vier-en-twintig ouderlinge God en sรช:
โโ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐, ๐ป๐๐๐ ๐บ๐๐, ๐ด๐๐๐๐๐ก๐๐, ๐ ๐ค๐๐ก ๐๐ ๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ค๐๐ , ๐๐๐๐๐ก ๐ ๐ข ๐๐๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ก, ๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ โ๐๐๐๐ . ยนโธ๐ท๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐, ๐๐๐๐ ๐ข ๐ก๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐ก๐ฃ๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐ ๐ก๐ฆ๐ โ๐๐ก ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ข ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ก๐ ๐ฃ๐๐, ๐๐ ๐๐ ๐ข ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ก๐, ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ก๐, ๐๐ ๐๐๐ โขโ๐๐๐๐๐๐๐ , ๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ก๐ ๐๐ โ๐๐ก ๐ฃ๐๐ ๐ข ๐๐๐๐, ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐ก, ๐ก๐ ๐๐๐๐๐๐, ๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐ก๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ก๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐ก๐๐.โ
Ons beloning is groter en meer as wat hierdie aarde in al sy eeue van bestaan kon bymekaarmaak. En ons verdien dit nie. Maar God, oorvloedig in liefde en genade, skenk dit aan ons. Glo dit en leef waardig daarvan.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
Word ek soms deur menslike logika en redenasies en allerhande slimpraatjies van mense beรฏnvloed om te twyfel oor wie God is en hoe groot Hy is? Twyfel ek soms ook oor die beloning wat op my wag?
๐ฒ๐๐๐๐:
Almagtige God en Vader, U is groter as wat ek kan verstaan en U liefde en genade vir my gaan my verstand te bowe. Ek kan amper nie glo dat U vir my โn beloning sรณ groot belowe nie. Jammer, dat ek amper nie glo nie. Skenk aan my gehoorsaamheid en geloof, sodat ek dit met my hele hart sal glo en sรณ sal leef dat ek dit eendag by U sal ontvang. Ek loof en prys U vir U goedheid. Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ญ๐ฏ โ ๐ ท๐ พ๐ ๐ น๐ พ๐ ๐ พรซ ๐ พ๐ ฟ ๐ น๐ ด๐๐๐ ! (Kliek hier vir die klankgreep)
As jy nog klein is word daar vir jou geleer dat wanneer jy โn wedloop hardloop, moet jy slegs jou oรซ op die wenstreep hou. Jy moet nie dat jou aandag afgetrek word van jou doel nie โ die wenstreep. As jy toelaat dat enigiets jou aandag aftrek, kan jy nie presteer soos jy moet nie en is die kanse goed dat jy nie sal wen nie.
Gelukkig vir ons, is die lewe nie โn 100m of 200m wedloop nie. Ons hoef nie baie vinnig te hardloop om te wen nie. Die lewe is eerder soos โn ultra-maraton โ amper soos die Comrades. Jy moet aanhou oefen en oefen en jouself gekondisioneer kry, sodat jou liggaam dit kan maak om daardie 90km te voltooi. Elke persoon wat die wedloop suksesvol voltooi, kry โn medalje en die eer om te kan sรช dat jy een van baie min mense is wat die wedloop verower het.
Ek kyk gister op Facebook na een van my vriende wat ou fotoโs opgelaai het van sy jonger dae toe hy nog baie aktief gedraf, gholf en muurbal gespeel het. Hy was fiks en het sport baie geniet. Dit is goeie herinneringe van wedlope wat suksesvol voltooi is en die medaljes wys die resultaat van harde werk. Ongelukkig het die lewe ander draaie geloop met hom en moet hy vandag staatmaak op twee kunsbene van die knieรซ af ondertoe. Alhoewel dit baie erg was vir hom en soms nogsteeds is, het hy egter gekies om nie ondergekry te word daardeur nie. Hy hardloop nie meer wedlope nie, maar hy het geleer om aan te pas. Hy speel nogsteeds rugby en krieket met sy kleinseun en doen soveel soos hy kan. Sy wedloop se formaat het verander.
Wanneer ons kla oor al die uitdagings en die lewe wat soms baie hard is teen ons, vergeet ons so gou van al die seรซninge wat God so mildelik oor ons uitstort. Ons vergeet so gou dat die wedloop wat ons hier op aarde moet voltooi nie โn naelloop is nie. Ons hoef nie eerste klaar te maak nie. Ons moet net seker maak dat ons wel by die eindstreep opdaag.
In Hebreรซrs 11 en 12 vertel die skrywer ons dat al die geloofshelde van die Bybel daar langs die veld staan en ons aanmoedig. Baie van hulle โ eintlik meeste van hulle โ het nie op aarde hul beloning ontvang nie. God se beloftes aan hulle was eers nรก hul leeftyd op aarde vervul. Tog het hulle die vreugde daarvan beleef, toe hulle vir ewig by God opgeneem is. Hulle spandeer nou โn ewigheid in die teenwoordigheid van die almagtige God. Vir hรบlle bestaan tyd nie meer nie en hulle het gesien en sien nogsteeds hoe God getrou is aan Sy Woord. Hoe het hulle dit reggekry om op aarde nie moed te verloor nie? Hulle oรซ was gefokus op Jesus, wat ook op ons wag by die eindstreep om ons te oorlaai met ons prys:
โยน๐๐๐๐ค๐ฆ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐ '๐ ๐๐๐๐๐ก ๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ก๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ โ๐๐ก, ๐๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐, ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ ๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐ก๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐ฬ, ๐๐๐ก ๐ฃ๐๐โ๐๐๐๐๐๐ โ๐๐๐๐๐๐๐, ยฒ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ฃ๐๐ ๐ก๐๐ ๐๐ ๐ฝ๐๐ ๐ข๐ , ๐๐๐ ๐ต๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐. ๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ข๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ฃ๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐ข๐๐ก๐ ๐๐ ๐ค๐๐ , โ๐๐ก ๐ป๐ฆ ๐๐๐ ๐๐๐ข๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐ข๐ข๐ ๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ฃ๐๐ ๐ก๐๐๐ข๐ ๐ก๐ ๐๐๐๐๐ , ๐๐ ๐ป๐ฆ ๐ ๐๐ก ๐๐๐ข ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ก๐๐๐๐๐๐ก ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐บ๐๐. ยณ๐ป๐๐ข ๐ป๐๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐๐ฬ ๐ค๐๐ก ๐ ๐ '๐ ๐ฃ๐ฆ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ก๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐ ๐ป๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐ โ๐๐ก. ๐ท๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐ ๐ข๐๐ก๐ ๐๐ ๐๐๐.โ โ Hebreรซrs 12:1-3 (AFR83)
Jou wedloop het dalk ook verander, soos my vriend sโn. Dalk het jy bietjie uitgesak en is jy moeg. Kies om te volhard. Kies om aan te hou. Weet dat die prys op jou wag. Hou vas aan Jesus wat jou optel as jy val. Hy sรกl jou help.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
Verloor ek maklik perspektief van hierdie wedloop van die lewe? Vergeet ek soms dat hierdie lewe en die uitdagings daarvan net tydelik is? Weet en glo ek werklik dat ek my prys gaan behaal aan die einde?
๐ฒ๐๐๐๐:
Here, in die woorde van Psalm 148 klink my loflied vandag. Die psalmdigter het alles opgenoem wat hy aan kon dink โ elke ding moet U loof, want U het alles geskape en U goedertierenheid duur vir ewig. U is in beheer en U weet beter. Dankie dat ek kan lewe. Dankie dat ek kan deelneem aan hierdie wedloop. Dankie dat U, Here Jesus, vir my die prys behaal het en dat ek dit kan ontvang wanneer ek eendag by U is. Dankie dat ek nou met volharding hierdie wedloop kan hardloop en U kan dien. โ๐ฟ๐๐๐ก ๐๐๐๐๐ (โ๐ข๐๐๐) ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐๐๐, ๐ค๐๐๐ก ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ โ๐๐๐ ๐ฃ๐๐โ๐๐ค๐; ๐ ๐ฆ ๐๐ข๐๐ ๐ก๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐ โ๐๐๐๐.โ (Ps. 148:13 AFR20). Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ญ๐ฎ โ ๐ ณ๐ ธ๐ ด ๐ ฑ๐ ธ๐๐๐ ด๐๐๐ พ๐ ด๐ ๐ ฑ๐ พ๐ พ๐ ณ๐๐ บ๐ ฐ๐ ฟ. (Kliek hier vir die klankgreep)
In beide Esegiรซl 3 en Openbaring 10 kry Esegiรซl en Johannes opdrag van die Here om โn boodskap te neem na die mense. In beide gevalle neem die Here hulle weg in โn visioen en in die visioen ontvang hulle โn boekrol met die boodskap op. Maar hierdie boekrolle moet nie gelees word nie. Hulle moet hierdie boekrolle eet. Al twee vertel dat die boekrolle so soet soos heuning was in hulle monde, maar dat dit baie bitter geword het in die maag.
Het jy ook al iets geรซet wat baie lekker is, maar later is jy spyt dat jy dit geรซet het? Jy smul al te heerlik die een oomblik, maar wanneer jy klaar is, kom jy agter dat dit dalk nie so goeie idee was nie. Jou maag begin kramp en pyn en jy wens eintlik dat jy eerder nie die lekker kos geรซet het nie.
Wanneer Esegiรซl en Johannes die boodskap kry wat hulle vir die mense moet bring, is hulle ook eers baie bly daaroor. Maar wanneer hulle besef wat die boodskap is, is hulle entoesiasme gedemp. Met die Evangelie gaan dit ook so. Die Evangelie is, per definisie, goeie nuus. Dit is lekker om goeie nuus aan mense te bring. Dit is goed om hierdie boodskap te verkondig en te weet dat dit redding bring aan ander mense. Maar ongelukkig is daar ook โn ander kant van die Evangelie. Die ander kant gaan oor die mense wat nie die goeie nuus wil aanvaar nie.
God sรช vir Esegiรซl dat hy die mense moet waarsku oor hulle sonde. Hy moet in gewone taal met hulle praat en hulle laat verstaan dat hulle hul moet bekeer. Nou kyk, dit is nie โn maklike taak nie en dit is nogal โn taak waarvan baie mense deesdae wegskram. Jy wil mos nou nie ongewild wees nie. Jy wil nie hรช dat iemand nie van jou hou nie. Maar God sรช aan Esegiรซl die volgende:
โยนโทโ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐, ๐๐ '๐ ๐ค๐๐ ๐ ๐ก๐๐ ๐ธ๐ ๐๐๐ข ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ โ๐ข๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ผ๐ ๐๐๐๐. ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ฆ ๐ข๐๐ก ๐๐ฆ ๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐ โ๐๐๐, ๐๐๐๐ก ๐๐ฆ โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ฆ ๐ค๐๐๐๐ ๐๐ข. ยนโธ๐๐๐๐๐๐๐ ๐ธ๐ ๐ฃ๐๐ '๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐ ๐ฬ ๐๐๐ก โ๐ฆ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐ ๐ก๐๐๐, ๐๐ ๐๐ฆ ๐ค๐๐๐๐ ๐๐ข โ๐๐ ๐๐๐, ๐๐ฆ ๐๐๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐ก๐ ๐ค๐๐๐๐ ๐๐ข ๐ก๐๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ค๐๐๐ ๐ค๐ฆ๐ ๐, ๐ ๐๐๐๐ก โ๐ฆ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐, ๐ ๐๐ โ๐ฆ, ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐, ๐ ๐ก๐๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐ฆ ๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐ข๐๐; ๐๐๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐ธ๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ข โ๐๐๐ ๐๐๐ . ยนโน๐๐๐๐ ๐๐ฆ, ๐๐ ๐๐ฆ '๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐ค๐๐๐๐ ๐๐ข, ๐๐ โ๐ฆ ๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐ โ๐๐๐ ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ค๐๐๐ ๐ค๐ฆ๐ ๐ ๐๐๐, ๐ ๐๐ โ๐ฆ ๐๐๐ข๐ ๐ ๐ฆ ๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐ข๐๐ ๐ ๐ก๐๐๐, ๐๐ ๐๐ฆ, ๐๐ฆ โ๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ข ๐๐๐ ๐๐๐ค๐ ๐๐๐๐๐.โ โ Esegiรซl 3:17-19 (AFR20)
In die volgende verse verduidelik God dan dat hierdie ook geld vir die regverdige wat afgedwaal het. Sien die verkondiging van die Evangelie gaan nie net oor sending en evangelisasie aan die heidene en goddeloses nie โ dit gaan ook veral oor die behoud en bekering van die sondaar. Die Evangelie is goeie nuus, โn soete boodskap... vir diรฉ wat wil luister. Maar vir diรฉ wat weier om te luister en weier om terug te keer na God, is dit โn bitter maagseer. As Christene, moet ons die Woord verkondig โ die volle Woord. Ons moet ook praat en waarsku oor die oordeel wat vir seker sal kom vir diegene wat volhard in die sonde en nie wil bekeer nie.
Ja, om die Here te dien is nie altyd maanskyn en rose nie. Om gehoorsaam te wees aan God se opdrag, gaan veroorsaak dat baie mense nie van jou gaan hou nie. Maar om die wenstreep te haal en jou prys te ontvang, maak alles weer die moeite werd (Hebreรซrs 12). Deur gehoorsaam te wees, soos met Esegiรซl en Johannes, red jy jou eie lewe. Ons moet ook die boekrol eet โ dit moet deel word van ons. Ons kan nie net herkou aan die soet nie. Dit is โn bittersoet boodskap en vertel moet dit vertel word.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
Skram ek soms weg van my verantwoordelikheid om mense te waarsku? Is ek bang vir die bitter van die Evangelie?
๐ฒ๐๐๐๐:
Here, ek weet dat om U te dien nie altyd maklik is nie en soms moet ek mense teregwys. Gee my die krag om vas te staan in my geloof en die moed om my eie lewe te red deur aan U gehoorsaam te bly. Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ญ๐ญ โ ๐ พ๐ พ๐๐ ๐ ป๐ พ๐ ด๐ ณ ๐ พ๐ ต ๐๐ บ๐ ฐ๐ ฐ๐๐๐๐ ด ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Hoe gereeld word jy wakker in die oggend en dink: โEk wens ek kon nog โn bietjie slaap?โ Of iewers deur die dag wens jy dat jy nog meer tyd gehad het? Dalk meer energie? Meer geld? Meer geduld?
Ons lewe in โn wรชreld waar ons heeltyd โn tekort aan iets ervaar. Dit word naderhand sรณ erg, dat ons amper permanent in โn toestand van skaarste is. Selfs as ons probeer om positief te wees en dink aan wat ons wel in oorvloed beleef of waarvan ons genoeg het, dan dink ons: โEk het genoeg probleme. Ek het te veel skuld. Daar is โn oorvloed van negatiewe dinge in my leweโ...
Ja, dit is nogal moeilik om positief te wees en genoeg energie te hรช, as ons sรณ dink. Tog weet ons dat God vir ons voorsien (Matt. 6:25-34) en dat ons eintlik oor niks bekommerd hoef te wees nie. Ons weet dat God se Gees in ons woon en dat ons tot soveel meer in staat is as wat ons dink, deur Hom wat ons krag gee (gister se oordenking en tekste). Ons weet dat ons eintlik genoeg het โ dalk te veel โ van goeie dinge in ons lewe, maar ons is so geneig om te kla oor dinge, dat ons naderhand begin glo dat ons soveel kort.
Weet jy wat? Jy sal nooit genoeg tyd hรช nie. Jy sal nooit genoeg geduld hรช nie. Jy sal nooit genoeg geld hรช nie... As ons aanhou om onsself, ons waarde en ons identiteit te meet aan wรชreldse standaarde, sal ons altyd iets kortkom. Ons sal uiteindelik ook besef dat ons nie genoeg lewe het nie. So, hoe maak ons dit reg? Hoe verander ons ons siening? Ons gaan na die Bron van die lewe:
โยณโท๐ธ๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐, ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ก ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ , โ๐๐ก ๐ฝ๐๐ ๐ข๐ ๐๐๐๐ ๐ ๐ก๐๐๐ ๐๐ ๐ข๐๐ก๐๐๐๐๐๐: โ๐ด๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ โ๐๐ก, ๐๐๐๐ก โ๐ฆ ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐๐๐! ยณโธ๐ป๐ฆ ๐ค๐๐ก ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐, ๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ ๐ฬ, โ๐๐ก๐๐๐๐ ๐๐๐ค๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก๐๐ ๐ ๐๐ ๐ข๐๐ก ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐๐๐ ๐ก๐ ๐ฃ๐๐๐๐.โ โ ยณโน๐ท๐๐ก โ๐๐ก ๐ป๐ฆ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐บ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฬ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ฬ ๐ค๐๐ก ๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐๐, ๐ ๐๐ข ๐๐๐ก๐ฃ๐๐๐.โ โ Johannes 7:37-39a (AFR20)
Het jy oorvloed of tekort in jou lewe? Hoe sien jy alles? Is jy heeltyd moeg? Is jy heeltyd gefrustreerd? Is jy ontevrede met hoe jy lyk, hoe jy voel, hoeveel jy het? As jy aanhou streef om meer te hรช, sal jy nooit genoeg kry nie โ jy sal altyd โn tekort aan alles hรช. Gaan eerder na die Bron van die lewende water. Drink en drink soveel soos jy wil, want daar is โn oneindige voorraad beskikbaar en dis gratis! Jy sal soveel oorvloed beleef in jou binneste, dat dit sal vloei na buite.
Ons dink altyd dat ons tevrede sal wees as ons genoeg het van iets โ hetsy slaap, tyd, geld of wat ook al. Maar ware tevredenheid en vergenoegdheid, kom vanuit ons dankbaarheid vir alles wat ons in oorvloed ontvang van die Here. Die feit dat jy kan opstaan in die oggend, kan eet, kan slaap, kan werk, kan praat, kan sien, kan hoor, kan liefhรช, kan liefde ontvang... dit alles beteken oorvloed. God se genade en liefde is oral om jou. Hou op kla. God is vir jou genoeg.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
Is my perspektief oor my lewe dalk verkeerd? Besef ek dat God vooruitloop en weet wat ek nodig het? Is ek dankbaar? Is ek tevrede?
๐ฒ๐๐๐๐:
Baie dankie hemelse Vader, U sorg vir my en dit is genoeg. Ek kla maklik Here. Vergewe my daarvoor en help my om vanuit โn ander perspektief die lewe te ervaar. Help my om elke klagte dadelik om te swaai in lof en eer aan U. Dankie dat ek die lewe in oorvloed kan kry by U, Here Jesus. Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ญ๐ฌ โ ๐ ณ๐ พ๐ ด๐ ฝ ๐๐ พ๐ ฝ๐ ณ๐ ด๐๐๐ ด๐๐ บ๐ ด ! (Kliek hier vir die klankgreep)
Ons lees in die vier evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes hoe Jesus verskeie wonderwerke gedoen het. Hierdie was bonatuurlike handelinge โ dinge wat menslike logika en verstaan nie kan verduidelik nie. As dit vandag sou gebeur, sou dit nogsteeds sรณ wees. Tog lees ek net nou die dag van โn vooraanstaande teoloog wat beweer dat hierdie slegs wondertekens was en nie wonderwerke nie. Met ander woorde, hy beweer dat โn mens slegs moet kyk na die betekenis van die boodskap gepaard met die teken... Ek stem nie saam daarmee nie. Jesus het wonderwerke verrig en dit gebeur vandag nog!
Selfs na Jesus se opstanding, het die apostels ook in Sy Naam heelwat wonderwerke verrig waar genoegsame getuienis daaroor gelewer is en opgeteken is. In Handelinge 9:32-35 word daar berig hoe Petrus โn man met die naam Eneas wat vir 8 jaar bedlรชend en verlam was genees het. Hoe het hy dit gedoen?
โยณโด๐๐๐ก๐๐ข๐ โ๐๐ก ๐ฃ๐๐ โ๐๐ ๐๐๐ ๐ฬ: โ๐ธ๐๐๐๐ , ๐ฝ๐๐ ๐ข๐ ๐ถโ๐๐๐ ๐ก๐ข๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ข ๐๐๐ ๐๐๐. ๐๐ก๐๐๐ ๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ข ๐๐๐ ๐๐!โ ๐ธ๐ โ๐ฆ โ๐๐ก ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐. ยณโต๐ด๐ ๐๐๐ ๐๐๐ค๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ฟ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐ โ๐๐ก โ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐, ๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐ก๐๐ก ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐๐ค๐๐๐.โ - Handelinge 9:34-35 (AFR20)
Het jy opgelet? Petrus was nie so sterk en magtig nie. Hy het vir die man gesรช: โJesus Christus maak jou gesond.โ Selfs na Jesus se hemelvaart, het Hy nogsteeds wonderwerke verrig. Toe Jesus opgevaar het hemel toe, het Hy ons nie alleen gelaat nie. Hy Sy Heilige Gees vir ons gegee. In Efesiรซrs 1:19-20 bid Paulus vir die gemeente en herinner hulle dat hulle moet besef dat hulle krag ontvang met die Heilige Gees. Hy sรช vir hulle: โ๐ท๐๐ก ๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ก๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐ ยฒโฐ๐ค๐๐ก ๐ป๐ฆ ๐ข๐๐ก๐๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐ก๐๐ ๐ป๐ฆ ๐ถโ๐๐๐ ๐ก๐ข๐ ๐ข๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ค๐๐ ๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐ก๐๐โ๐๐๐ ๐๐๐๐ก ๐ ๐๐ก โ๐๐ก...โ (Ef. 1:19b-20 AFR20)
Baie van ons dink dat wonderwerke nie meer gebeur vandag nie. Ons verwag hierdie groot bonatuurlike en onnatuurlike dinge om te gebeur. Ons twyfel ook in onsself โ veral as ons kyk na die wonderwerke wat Jesus verrig het en ook diรฉ van die vroeรซ apostels. Maar weet jy wat? Wonderwerke gebeur elke dag. Dit gebeur in die man of vrou wat opstaan uit die bed, nadat hulle gisteraand gaan slaap het onder erge depressie en nie kans gesien het vir die volgende dag nie; dit gebeur in die kind wat weer met sy/haar ouers praat en erken dat hy/sy โn fout gemaak het; dit gebeur in die mens wat lank gesoek het vir werk en werk vind โ al is dit nie die werk wat hy/sy wou hรช nie; dit gebeur in die vriendelike woord wat gespreek word aan die boelie; dit gebeur in die opflikkering van โn terminaal siek mens, sodat hulle familie kan groet; dit gebeur in die wete dat Jesus Christus Sy lewe vir jou en my gegee het.
Dieselfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het, dieselfde Heilige Gees, is in jou en my. Ons kan ook vir mense bid. Ons kan ook met mense praat. En ons kan ook dat Jesus wonderwerke verrig in mense se lewens. Al wat ons moet doen, is glo. Ons moet glo en ons moet daar wees om te dien.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
Dink ek soms te klein oor Jesus se wonderwerke en oor wie Hy is? Twyfel ek oor die krag van die Heilige Gees in my?
๐ฒ๐๐๐๐:
Dankie Here Jesus, dat U soveel wonderwerke verrig het op aarde. Dankie dat ek kan weet U is God. Dankie dat U nooit opgehou het om wonderwerke te verrig nie. Doen asseblief ook wonderwerke deur my. Laat ek daar wees vir mense, soos U was en nou nog is. Klein, groot, sigbaar of nie โ mag U mag en krag regeer in my lewe en ook gesien en gevoel word in die mense wat ek die voorreg het om te dien in my lewe. Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ฌ๐ต โ ๐ ณ๐ พ๐ พ๐ ธ๐ ด ๐ ฑ๐ ด๐ ด๐ ฝ๐ ณ๐ ด๐๐ ด ๐๐ ฐ๐ ๐ ป๐ ด๐๐ ด ! (Kliek hier vir die klankgreep)
In Esegiรซl 37 bring die Here vir Esegiรซl in โn laagte wat verstrooi is van beendere. Dit is alles oorblyfsels van mense wat geleef het en God vra vir Esegiรซl: โ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐, ๐๐๐ โ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐?โ Esegiรซl antwoord: โ๐๐ฆ ๐ป๐๐๐, ๐ป๐๐๐, ๐๐๐ก ๐ ๐ค๐๐๐ก ๐๐๐ก.โ (Eseg. 37:3 AFR20).
Ons weet, as iets dood is โ veral so lankal dood soos hierdie beendere โ kan daar nie weer lewe daarin kom nie. Maar God sรช vir Esegiรซl om oor die beendere te profeteer en om vir hulle te sรช: โ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐, ๐๐ข๐๐ ๐ก๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐. โต๐๐ ๐ ๐ฬ ๐๐ฆ ๐ป๐๐๐, ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐ฃ๐๐ โ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐: โ๐พ๐ฆ๐, ๐ธ๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐ก ๐๐๐, ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐๐. โถ๐ธ๐ ๐ ๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐ โ๐๐, ๐ฃ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐ ๐๐ก, ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐ก๐๐๐, ๐๐ ๐๐ ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐, ๐ ๐๐๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐. ๐ท๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ก ๐ธ๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐ .โ (Eseg. 37:4-6 AFR20).
Nadat Esegiรซl dan hierdie woorde aan die beendere geprofeteer het, het daar sowaar begin lewe kom in die dooie beendere. Senings en vleis het ontstaan en dit het weer begin lewe. Hierdie dinge wat God vir Esegiรซl gewys het, was om hom voor te berei op die nuwe lewe wat Hy weer aan Israel sal skenk.
In Efesiรซrs 2 skryf Paulus dat ons voorheen dood was as gevolg van ons oortredings en sondes wat ons lewens gekenmerk het. Maar dan herinner hy ons dat ons deur Jesus Christus nuwe lewe gekry het. Hierdie nuwe lewe is โn lewe wat vir ewig duur en nie deur die dood van hierdie wรชreld ooit oorwin sal word nie. Daarom moet ons ook hierdie nuwe lewe gebruik en ons lewens wy aan die goeie werke waarvoor ons in Jesus Christus bestem is. (Ef. 2:1-10)
Is dit darem nie die wonderlikste nuus wat jy al gehoor het nie?! Jy was dood. Sonde se uiteinde is die dood en voordat jy jou hart vir Jesus gegee het, was jy bestem vir die ewige dood. Maar nou, noudat jy vir Jesus lewe, kan jy leef. Nou kan jy goed doen. Nou kan jy jubel en bly wees. Nou kan ons saam met Psalm 100 juig:
(ยน'๐ ๐๐ ๐๐๐. ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ฆ๐ ๐๐๐.)
๐ฝ๐ข๐๐ ๐ก๐๐ก ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐, ๐ ๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐!
ยฒ๐ท๐๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ฆ๐๐ ๐๐๐,
๐๐๐ ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐ก๐๐๐๐ค๐๐๐๐๐๐โ๐๐๐
๐๐๐ก '๐ ๐๐๐๐ข๐๐๐.
ยณ๐ธ๐๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐บ๐๐ ๐๐ ;
๐ป๐ฆ โ๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐;
๐๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐โ๐๐๐๐ก ๐๐๐ ,
๐ ๐ฆ ๐ฃ๐๐๐, ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ฃ๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ป๐ฆ ๐๐๐๐ก ๐ค๐๐.
โด๐บ๐๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐๐ก๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐๐๐๐ฆ๐ ๐๐๐,
๐ ๐ฆ ๐ฃ๐๐๐โ๐๐ค๐ ๐๐๐ก '๐ ๐๐๐๐๐๐๐;
๐๐๐๐ ๐ป๐๐, ๐๐๐ฆ๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐.
โต๐๐๐๐ก ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐,
๐ฃ๐๐ ๐๐ค๐๐ ๐๐ข๐ข๐ ๐ ๐ฆ ๐ก๐๐๐ข๐ ๐๐๐๐๐๐,
๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐ฆ ๐ก๐๐๐ข.
โ Psalm 100 (AFR20)
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
Loof ek nog gereeld die Here? Jubel ek oor die nuwe lewe wat Hy in dooie beendere ingeblaas het deur Jesus se verdienste aan die kruis?
๐ฒ๐๐๐๐:
Here, my hart sing saam met Psalm 100. Dankie vir my nuwe lewe. Ek loof en prys U, want alle lof en eer kom U toe. Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ฌ๐ณ โ ๐ น๐ ๐ ธ๐ ๐๐ บ๐ ฐ๐๐๐๐ บ ! (Kliek hier vir die klankgreep)
Het jy geweet dat jy God se Koninkryk ontvang? Dit is joune! Regtig! Hoor wat sรช Jesus in Lukas 12:27-32 (AFR83):
โยฒโทโ๐พ๐ฆ๐ โ๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ : โ๐ข๐๐๐ ๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐, ๐๐๐๐ ๐ธ๐ ๐ ๐ฬ ๐ฃ๐๐ ๐๐ข๐๐๐: ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐ ๐ค๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐. ยฒโธ๐ด๐ ๐บ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐, ๐ค๐๐ก ๐ฃ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐ ๐๐ฬ๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐ข๐ข๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐, ๐ ๐ฬ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐, โ๐๐๐ฃ๐๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐ป๐ฆ ๐๐ข๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐๐๐, ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ค๐๐๐๐ ! ยฒโน๐ฝ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ฃ๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐, ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐๐. ยณโฐ๐ท๐๐ก ๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ค๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐ฬ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ , ๐๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐ โ๐๐ก '๐ ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ค๐๐๐ก ๐๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐๐๐ โ๐๐ก. ยณยน๐ต๐๐ฆ๐ค๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐๐๐๐๐ฆ๐, ๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐ป๐ฆ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐. ยณยฒโ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐๐, ๐๐๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐๐ก๐๐๐, ๐ค๐๐๐ก ๐๐๐ก ๐ค๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ฆ๐ ๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐.โ
Ek lees net gister โn aanhaling van Corrie ten Boom wat gepraat het oor bekommernisse van die lewe. Sy het gesรช: โ๐๐ด ๐ซ๐บ ๐ซ๐ฐ๐ถ ๐ฃ๐ฆ๐ฌ๐ฐ๐ฎ๐ฎ๐ฆ๐ณ, ๐ฅ๐ณ๐ข ๐ซ๐บ ๐ฎ๐ฐฬ๐ณ๐ฆ ๐ด๐ฆ ๐ท๐ณ๐ข๐จ ๐ฎ๐ฆ๐ต ๐ท๐ข๐ฏ๐ฅ๐ข๐จ ๐ด๐ฆ ๐ฌ๐ณ๐ข๐จ โ ๐ซ๐บ ๐ฅ๐ณ๐ข ๐ต๐ธ๐ฆ๐ฆ ๐ฅ๐ข๐ฆ ๐ฐ๐ฑ ๐ฆ๐ฆ๐ฏ ๐ด๐ญ๐ข๐จ. ๐๐ช๐ต ๐ช๐ด ๐ข๐ด๐ฐ๐ง ๐ซ๐บ ๐ช๐ฏ ๐ฅ๐ช๐ฆ ๐ฅ๐ข๐จ ๐ท๐ข๐ฏ ๐ฎ๐ฐฬ๐ณ๐ฆ ๐ช๐ฏ๐ฃ๐ฆ๐ธ๐ฆ๐ฆ๐จ ๐ท๐ฐ๐ฐ๐ณ ๐ด๐บ ๐ต๐บ๐ฅ. ๐๐ฐ๐ฎ๐ฎ๐ฆ๐ณ ๐ฏ๐ฆ๐ฆ๐ฎ ๐ฏ๐ช๐ฆ ๐ฎ๐ฐฬ๐ณ๐ฆ ๐ด๐ฆ ๐ฉ๐ข๐ณ๐ต๐ด๐ฆ๐ฆ๐ณ ๐ฐ๐ง ๐ข๐ฏ๐จ๐ด ๐ธ๐ฆ๐จ ๐ฏ๐ช๐ฆ; ๐ฅ๐ช๐ต ๐ฏ๐ฆ๐ฆ๐ฎ ๐ท๐ข๐ฏ๐ฅ๐ข๐จ ๐ด๐ฆ ๐ฌ๐ณ๐ข๐จ ๐ธ๐ฆ๐จ.โ
Dit is darem nou vir jou raakvat woorde, of hoe? Jesus vra juis ook in Lukas 12:25 (AFR20): โยฒโต๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐, ๐๐๐ข๐ โ๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐, ๐๐๐ ๐๐ ๐๐ฆ ๐ ๐ฆ ๐๐๐ค๐ ๐ฃ๐๐๐?โ Kyk, bekommernis is ongelukkig โn menslike ding. Dit is nou maar eenmaal een van die dinge wat elkeen van ons een of ander tyd deurgaan. Ons raak bekommerd oor werk, gesondheid, iemand anders, ons kinders, ons ouers, die ekonomie, die misdaad in ons land, wat ons moet eet, wat ons moet aantrek, die toekoms, die verlede... as ons regtig probeer, kan ons bekommer raak oor enigiets โ selfs oor bekommernis.
Jesus het geweet dat die mens, as gevolg van ons menslikheid, geneig is tot kleingelowigheid en twyfel. God herinner ons aanhoudend in Sy Woord dat Hy altyd met ons is. Hy herinner ons aanhoudend dat Hy God is โ dat Hy groter is as enige uitdaging. God is vir ewig. Uitdagings is tydgebonde โ dit sal verbygaan. Meeste dinge waaroor ons soms bekommerd is, is tydelik en eintlik nietig. God se Koninkryk is vir ewig en Jesus sรช self dat die Vader dit aan ons gee.
Ons moet leer om, soos Romeine 12 ons leer, ons gedagtes te laat vernuwe deur God se Heilige Gees. Ons moet anders begin dink oor ons waardestelsel. Ons moet ons begin beywer vir God se Koninkryk, want ons besit dit alreeds. Dit is โn Koninkryk wat vir ewig sal bestaan en een waarvan die waarde nie gemeet kan word nie. Dit is lewe โ ewige lewe. Wat is dan nou meer werd as dit? Geen skatte op hierdie aarde kan opweeg daarteen nie. Al die geld in die wรชreld is niks. Rykdom, soos ons dit verstaan, is arm.
Moet jou dus nie bekommer oor enigiets in hierdie wรชreld nie โ dit is klein en God is groter as alles. Wat bring die dag van mรดre? Ek weet nie en dit maak nie saak nie. Fokus op vandag. Fokus op God se Koninkryk. Dis joune. Dis waar jou skat lรช. Dis waar jou waarde bepaal word. Jส ษชs sแดแดแดสสแด!
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
Besef ek dat die Vader dit goedgedink het om Sy Koninkryk aan my te gee? Wat maak ek en my mede-gelowiges daarmee? Deel ons dit met ander?
๐ฒ๐๐๐๐:
Liewe God en hemelse Vader, ek bekommer my nog so maklik oor dinge. Ek weet dat U God is en dat U groter is as enigiets wat my krag steel. Help my en herinner my gedurig, deur U Gees wat in my woon, dat ek skatryk is. Ek is โn Koningskind. Help my om nie sonde toe te laat in U Koninkryk nie, want dit veroorsaak kommer in my lewe en ook in die lewens van ander. Ek weet dat U vir my sorg en ek vertrou op U. Skenk genadiglik alles wat ek nodig het om U beter te dien. Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ฌ๐ฒ โ ๐๐ ฐ๐ ๐๐ ฐ๐ ป๐ ถ ๐ น๐ พ๐ ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Daar is deesdae baie dinge in die wรชreld wat โn mens sommer siek maak in jou binneste. Op TV is daar soveel geweld โ sommer in gewone programme. Dit is asof die mens deur die media gekondisioneer word om gewoond te raak daaraan. Behalwe vir die geweld, is daar ook baie ander dinge wat al meer geleidelik half in ons keelgate gestop word as aanvaarbaar โ dinge wat net so paar jaar gelede nog heeltemal taboe was. Dit is soos die brief aan die Romeine waarin Paulus herhaaldelik vir die mense probeer waarsku dat hulle nie aan die wรชreld gelyk moet word nie.
As jy vandag met mense praat oor allerhande onderwerpe wat nog nooit in die kerk of in die wรชreld toegelaat was nie, maar vandag aanvaarbaar geword het as โnormaalโ, kan jy amper nie glo hoe baie mense reeds van mening verander het daaroor nie. Dinge wat hulle voorheen gewalg het, is nou nie meer so sleg nie โ solank dit hulle net nie direk raak nie. Seksuele perversiteit en afwykings, geweld en moord, bedrog, diefstal, laksheid, middelmatigheid, ag noem dit maar โ mense is apaties daaroor... Solank dit hulle mos nie direk raak nie, is dit maar aanvaarbaar...
Maar wat sรช God se Woord daaroor? God se Woord is van begin tot einde duidelik oor God se siening oor sonde. God haat die sonde. Dit word nooit goedgepraat nie. In Esegiรซl 20 praat God met die volk deur Esegiรซl en herinner hulle dan ook weer daaraan:
โยณโน โ โ โ๐ธ๐ ๐๐ข๐๐๐, โ๐ข๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ผ๐ ๐๐๐๐,โ ๐ ๐ ๐ ๐ฬ ๐๐ฆ ๐ป๐๐๐, ๐๐๐ ๐ป๐๐๐, โ๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐! ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐, ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐ข๐๐ ๐ก๐๐ ๐๐๐ ...! ๐๐ฆ โ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐๐กโ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ค๐๐ ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐! โดโฐ๐๐๐๐ก ๐๐ ๐๐ฆ โ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐, ๐๐๐ โ๐๐ฬ ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ผ๐ ๐๐๐๐,โ ๐๐ ๐๐๐ ๐ข๐๐ก๐ ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ฆ ๐ป๐๐๐, ๐๐๐ ๐ป๐๐๐, โ๐๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐ โ๐ข๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ผ๐ ๐๐๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐๐, ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐. ๐ท๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐ธ๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐ฃ๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐ธ๐ ๐๐ข๐๐๐ โข๐ค๐ฆ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐, ๐๐๐ ๐๐๐ข๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ค๐๐ , ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ โขโ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ค๐๐ , ๐๐๐ . โดยน๐ด๐ '๐ ๐๐๐ข๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐ธ๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐ฃ๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐ธ๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐ ๐๐ ๐ข๐๐ก๐๐๐, ๐๐ข๐๐๐ ๐๐ฆ๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐ข๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐โ๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ . ๐ธ๐ ๐ ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐ข๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ก๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ฬ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ . โดยฒ๐ฝ๐ข๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ก ๐ธ๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐ธ๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ผ๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐ธ๐ ๐๐ฆ โ๐๐๐ ๐๐๐๐โ๐๐ โ๐๐ก ๐๐ ๐๐๐ก ๐ฃ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐ข๐๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐. โดยณ๐ฝ๐ข๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐ข๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ก๐๐๐๐, ๐๐๐ ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐ก๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ก. ๐ฝ๐ข๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ข๐๐๐๐ ๐๐๐, ๐ฃ๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ โ๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ก. โดโด๐ฝ๐ข๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ก ๐ธ๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐ธ๐ ๐๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ โ๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐ ๐ค๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐๐ก๐๐๐๐, ๐๐ข๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐, โ๐ข๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ผ๐ ๐๐๐๐.โ ๐ท๐๐ก ๐๐ ๐๐๐ ๐ข๐๐ก๐ ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ฆ ๐ป๐๐๐, ๐๐๐ ๐ป๐๐๐.โ โโ โ Esegiรซl 20:39-44 (AFR20)
Hoe gereeld dink ons na oor ons eie optrede en ook diรฉ van die wรชreld? Walg dit ons nog? Walg al daardie dergelike dinge ons? Besef ons dat ons nie apaties kan wees daaroor nie? Besef ons dat ons โn sterk mening daaroor en spesifiek daartรฉรฉn moet hรช? God sรช in hierdie teksgedeelte dat Hy wel genade sal bewys, as ons terugdraai van ons bose weรซ en as ons weer gewalg word deur sonde.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
Is daar sondes wat vir my โaanvaarbaarโ is? As Jesus weer kom, gaan ek my walg vir hoe ek was/is? Is ek nog besig om afgode te dien of die sonde te dien?
๐ฒ๐๐๐๐:
Here, laat my elk dag weer besef dat U die Here is. U is God en daar is niks of niemand in die heelal soos U nie. Ek weet dat U genade oneindig is en dat ek niks daarvan verdien nie. Here, wees ons genadig en skep in ons โn haat vir die sonde. Laat die sonde en verdraaide waarheid van vandag ons walg. Mag ons dit nou al sรณ ervaar, sodat, wanneer U weer kom, Here Jesus, ons lewens as wydingsgeskenke en aanneemlike offers vir U gebied kan word. Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ฌ๐ฑ โ ๐๐ ด๐ ด๐ ๐ น๐ ๐ ๐ ฐ๐ ฝ ๐ ถ๐ พ๐ ณ ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Wanneer die Leeu van Juda, Jesus Christus, die boekrol in die hemel oopmaak soos Johannes dit in Openbaring 5 beskryf, sing die ouderlinge en vier lewende wesens โn nuwe loflied. Hulle sing dat dit slegs die Lam is wat waardig is om die boekrol oop te maak. Slegs die Lam is waardig, omdat Hy met Sy bloed mense vir God gekoop het uit elke geslag en taal en volk en nasie (Openb. 5:9).
Wat โn wonderlike gesig sal dit eendag wees! Terwyl die boekrol oopgemaak word, gaan die gebede van die heiliges op soos wierook (Openb. 5:8). Maar wat van die mense wat nie vir God gedien het nie? Watter verskoning kan hulle maak? Of watter verskonings kan ons maak oor sondes waarin ons volhard het? Is daar verskonings wat sal werk?
Paulus skryf aan die Romeine, na aanleiding van al die dergelike sondes waarin sommige van hulle verval het. Hy skryf โn brief aan gemeentes in โn stad waar hy self nog nie was nie, maar die nuus het versprei van hoe erg Goddeloos die mense in Rome was. Baie van die mense het die verskonings gebruik dat hulle nie regtig geweet het van God nie. Ander het weer verskonings gebruik dat hulle nie regtig geweet het wat reg en verkeerd is nie. Ander het die verskonings gebruik dat dit dan goed gaan met die ander mense wat wel sรณ in sonde leef. Dan sรช Paulus, sommer in die eerste hoofstuk al:
โยนโธ๐ท๐๐ ๐ก๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐บ๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐ โ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ก๐๐โ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐๐ ๐ ๐ค๐๐ก ๐ฃ๐๐โ๐๐ข ๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐โ๐๐๐ ๐๐๐ข๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ก๐๐โ๐๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ข๐, ยนโน๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก ๐ค๐๐ก ๐ฃ๐๐ ๐บ๐๐ ๐๐๐ค๐๐๐ก ๐๐๐ ๐ค๐๐๐, ๐๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ . ๐บ๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐ก ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐. ยฒโฐ๐๐๐๐ก ๐ ๐ฆ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐, ๐๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐ค๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐โ๐๐๐, ๐ค๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐ฬ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐ค๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ฆ๐ ๐๐ ๐๐ ๐๐ข๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐. ๐บ๐๐ฃ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐ก๐ ๐๐ข๐๐๐๐๐๐๐; ยฒยน๐ค๐๐๐ก ๐๐โ๐๐๐ค๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐บ๐๐ ๐๐๐, โ๐๐ก โ๐ข๐๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐บ๐๐ ๐๐๐ฬ๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐. ๐ผ๐๐ก๐๐๐๐๐๐๐, โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ค๐๐๐ ๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐ฃ๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐๐ โ๐๐๐ก๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐ข๐๐ ๐ก๐๐. ยฒยฒ๐ด๐โ๐๐๐ค๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐ค๐๐๐ ๐๐๐ก โ๐ข๐๐๐ ๐ค๐ฆ๐ ๐๐ , โ๐๐ก โ๐ข๐๐๐ ๐๐ค๐๐๐ ๐๐๐ค๐๐๐. ยฒยณ๐ป๐ข๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐๐๐๐โ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐๐๐ ๐บ๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐ข๐๐ ๐ฃ๐๐ '๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ฬ ๐ฃ๐๐ '๐ ๐ ๐ก๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ฃ๐๐ฬ๐๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐ฃ๐๐๐ก๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ข๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐.โ โ Romeine 1:18-23 (AFR20)
Daar is dus geen verontskuldiging nie. Miskien sou mense eeue terug kon sรช dat hulle nie van God geweet het nie. Hulle sou dalk kon sรช dat daar nog nooit aan hulle geรซvangeliseer is nie, dat hulle nie geweet het van God of van Jesus Christus nie. Maar vandag? Wat kan ons sรช? Met die tegnologie en inter-konnektiwiteit van lande en volke, hoe kan iemand nog sรช dat hulle nie geweet het nie?
Dalk is daar so hier en daar nog mense wat nog nie op een of ander manier bereik is met die goeie nuus nie, maar, soos Paulus sรช, het God al sedert die skepping en in- en deur die skepping Homself en Sy kragtige dade duidelik sigbaar gemaak. Sedert die begin al, het God ons die geleentheid gegee om Hom beter te leer ken. Met Jesus se eerste koms na die aarde, het mense die geleentheid gekry om God se grootste openbaring en bekendmaking te sien en te glo. Daar is dus geen verskoning en geen verontskuldiging vir enigiemand nie.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
So, wat weet jy van God? Weet jy van God? Wat maak jy daarmee?
๐ฒ๐๐๐๐:
Dankie Here dat ek U kan ken. Dankie dat ek van U weet. Ek wil U nog beter ken. Help my om in U Woord te wandel elke dag en om U in die skepping en in my lewe meer raak te sien. Help my om U kragtige werke waar te neem, want dit is duidelik sigbaar โ al kan die blote oog dit nie sien nie. Ek weet U is daar en ek weet U is my God โ die Almagtige Skepper. Mag ek net vir U aanbid en nie enige mensgemaakte beeld of begeerte nie. Aan U kom toe die lof en eer en heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ฌ๐ฐ โ ๐ ๐ ด๐๐๐ บ๐ พ๐ ฝ๐ ธ๐ ฝ๐ ถ๐, ๐ ๐ ด๐๐๐ บ๐ พ๐ ฝ๐ ธ๐ ฝ๐ ถ๐, ๐ ๐ ด๐๐๐ บ๐ พ๐ ฝ๐ ธ๐ ฝ๐ ถ๐ ... (Kliek hier vir die klankgreep)
Toe Jesus die eerste dissipels geroep het, word daar altyd vertel van hoe hulle alles net so gelos het en Hom gevolg het. Dit is altyd vir ons โn goeie bemoediging, maar soms ook uitdagend en selfs ontstellend om te hoor. Hoe moet ons alles los? Ons kan mos nie ons werk en familie net so los nie, of hoe? Ons moet darem nog sorg vir die mense wat God in ons sorg geplaas het.
Wanneer daar oor hierdie gedeeltes gepreek of gepraat word, word daar altyd klem gelรช op die dissipels se gehoorsaamheid en dit is wonderlik en reg so. Maar... hulle het ook eers getwyfel. Hulle het ook eers vrae gevra. Hulle het ook eers verskonings uitgedink.
In Lukas 5 word vertel van toe Jesus langs die Gennesaret meer was en vir Simon (Petrus) geroep het om Hom te volg. Voordat hy Hom roep, toets Hy eers sy geloof. En wat doen Petrus? Hy twyfel en maak verskonings. Die manne het teruggekom van โn hele nag van visvang โ sonder om enigiets te vang. Dan sรช Jesus:
โโ๐๐๐๐ ๐ข๐๐ก ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก๐๐ ๐ก๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ก๐ก๐ ๐ข๐๐ก ๐๐ ๐ก๐ ๐ฃ๐๐๐.โ โตโ๐๐๐๐๐๐,โ ๐๐๐ก๐ค๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐, โ๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐ โ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ข๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ก๐ ๐ก๐ ๐ฃ๐๐๐, ๐๐๐๐ ๐๐ ๐ข ๐ค๐๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก๐ก๐ ๐ข๐๐ก๐๐๐๐.โ โถ๐ธ๐ ๐ก๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐๐, โ๐๐ก โ๐ข๐๐๐ ๐ ๐ '๐ ๐๐๐๐๐ก ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ฃ๐๐๐ ๐๐๐ก โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐ก๐ก๐ ๐ค๐๐ข ๐ ๐๐๐ข๐. โท๐ป๐ข๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐ก๐๐ ๐ฃ๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐ก๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐ข๐๐ก ๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐ โ๐๐๐. ๐ป๐ข๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐ข๐๐ก๐ ๐ ๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ก โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ โ๐๐ก. โธ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ก๐๐ข๐ ๐๐๐ก ๐ ๐๐๐, ๐ฃ๐๐ โ๐ฆ ๐ฃ๐๐๐ ๐ฝ๐๐ ๐ข๐ ๐ ๐ ๐๐๐๐๐ฬ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐ ๐ฬ: โ๐บ๐๐๐ ๐ค๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐, ๐ป๐๐๐, ๐ค๐๐๐ก ๐๐ ๐๐ '๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ .โ โน๐ป๐ฆ ๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก โ๐๐ ๐ค๐๐ , ๐ค๐๐ ๐ ๐ก๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ก ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ค๐๐ก โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐ฃ๐๐๐ โ๐๐ก. ยนโฐ๐ฝ๐๐๐๐๐ข๐ ๐๐ ๐ฝ๐โ๐๐๐๐๐ , ๐๐๐ ๐ ๐๐ข๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ข๐ ๐ค๐๐ก ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ค๐๐๐ โ๐๐ก, ๐ค๐๐ ๐๐๐ก ๐ ๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐ . ๐๐๐ ๐ ๐ฬ ๐ฝ๐๐ ๐ข๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐๐๐: โ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐๐. ๐๐๐ ๐๐๐ข ๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐๐ ๐ ๐ฃ๐๐๐.โ ยนยน๐ธ๐ ๐๐๐๐๐ก โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐ข๐๐ก๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐ก๐๐๐๐ ๐๐๐ก๐๐๐ โ๐๐ก, โ๐๐ก โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ก ๐ ๐ ๐๐๐๐ก ๐๐ฬ ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ค๐๐๐.โ โ Lukas 5:4b-11 (AFR20)
Hoeveel keer kom Jesus weer en sรช vir ons: โProbeer weer. Probeer weer die dinge doen wat jy gedink het is onmoontlik. Probeer weer, omdat Ek vir jou sรช om dit te doen. Glo. Glo net in My en jy sal sien watter verskil dit maak.โ?
Ons maak so gou verskonings oor hoekom ons nie weer iets wil probeer nie. Ons weet dat uit ons eie krag, is dinge onmoontlik of amper onhaalbaar en dan gee ons moed op. Ons maak verskonings vir onsself en voor die Here oor hoekom ons nie iets kan doen nie. Maar ons weet tog ook dat by God is niks onmoontlik nie. Ons maak ook verskonings oor hoekom ons nie Jesus wil volg in onmoontlike situasies nie en ons kry onsself so jammer omdat ons sondige mense is, dat dit ons so dikwels weerhou van God se krag in ons lewens.
Want sien, Jesus kom ook gereeld, wanneer ons afgedwaal het, en sรช vir ons: โLos alles. Los daardie dinge wat jou weerhou om My te volg. Los die dinge van die wรชreld. Los die dinge wat jou laat geld en rykdom en aansien laat najaag. Los net. Glo in My. Vertrou My. Laat Ek jou help.โ
Ons maak so maklik verskonings. Ons is bang vir wat dalk mag kom. Ons is bang dat ons ook dalk mense in Jesus se net van liefde moet vang. Ons wil eerder in ons gemaksone bly, soos Petrus wou. Vandag kom Jesus weer โ soos elke dag โ en sรช vir jou en my: โVolg My!โ
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
Is ek vol verskonings oor hoekom ek nie vir Jesus met oorgawe kan vertrou en volg nie? Is รฉk dalk die rede hoekom God se volle mag en krag nie ten volle kan werk in my lewe nie?
๐ฒ๐๐๐๐:
Here Jesus, gee my moed. Help my vertrou op U. Help my om alles te los wat in die pad staan van โn beter verhouding met U. Help my om weer te probeer. Laat U krag, geskenk deur U Heilige Gees, in en deur my werk, sodat ek ook โn visser van mense kan wees in U Koninkryk. Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ฌ๐ฏ โ ๐ ฑ๐ ป๐ พ๐ ด๐ ธ ๐ น๐ พ๐ ๐๐ พ๐ ฝ๐ ด ? (Kliek hier vir die klankgreep)
In Handelinge 26 lees ons van Paulus wat voor koning Agrippa te staan kom waar hy sy geloof moet verdedig. Paulus vertel dan aan hom hoe hy eers die Christene vervolg het en watter moeilike taak dit eintlik was, maar wat hy ook vertel is hoe dit moontlik is vir iemand wat baie dinge oor God nie wou glo nie, wel kan glo. Met โn baie mooi verduideliking, vertel hy eintlik aan hulle Jesus se woorde in Markus 10:27 (AFR83): โ๐ต๐ฆ ๐๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐๐๐๐๐ก๐๐๐, ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ฆ ๐บ๐๐ ๐๐๐; ๐ค๐๐๐ก ๐๐ฆ ๐บ๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ก๐๐๐.โ
Sien, Paulus was sรณ verset in sy weรซ, dat hy self nie gedink het dat hy kan verander nie. Hy was sรณ erg teen die Christene en vasgevang in sy Joodse herkoms, dat hy nie God se Lig, Jesus Christus, kon sien vir wie Hy is nie. Dit het โn persoonlike ontmoeting met Jesus gevat vir Paulus se oรซ om oop te gaan. Paulus vertel dan:
โยนยฒโ๐๐๐๐ค๐ฆ๐ ๐๐ ๐๐ '๐ ๐๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐ , ๐๐ ๐๐๐ก โ๐ข๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐, ๐๐ข๐๐ โ๐๐๐๐ฃ๐๐๐ ๐๐ ๐ท๐๐๐๐ ๐๐ข๐ ๐๐ ๐๐๐๐ ๐ค๐๐ , ยนยณ๐ ๐๐๐๐๐๐, โ๐๐ก ๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ '๐ ๐๐๐ ๐ข๐๐ก ๐๐๐ โ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐, โ๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐, ๐ค๐๐ก ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ก๐ ๐ ๐๐ฆ๐. ยนโด๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ฃ๐๐, โ๐๐๐ ๐๐ '๐ ๐ ๐ก๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ฃ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐๐๐๐ข๐ ๐ ๐ก๐๐๐ ๐ ๐ฬ, โ๐๐๐ข๐, ๐๐๐ข๐, ๐ค๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ฃ๐๐๐ ๐๐ฆ ๐๐ฆ? ๐ท๐๐ก ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ข ๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐ ๐ก๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐ก๐ ๐ ๐๐๐.โ ยนโต โ๐๐๐ ๐๐ ๐, ๐ป๐๐๐?โ ๐ฃ๐๐ ๐๐ ๐ก๐๐. ๐ธ๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐ ๐ฬ, โ๐ธ๐ ๐๐ ๐ฝ๐๐ ๐ข๐ ๐ฃ๐๐ ๐ค๐๐ ๐๐ฆ ๐ฃ๐๐๐ฃ๐๐๐. ยนโถ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ข ๐ฃ๐๐๐ก๐, ๐ ๐ก๐๐๐ ๐๐๐๐๐, ๐ค๐๐๐ก โ๐๐๐๐ฃ๐๐๐ โ๐๐ก ๐ธ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ข ๐ฃ๐๐๐ ๐๐ฆ๐: ๐๐ ๐๐๐ข ๐๐๐ ๐ก๐ ๐ ๐ก๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ก๐ข๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ก ๐ค๐๐ก ๐๐ฆ ๐ฃ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐ ๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ก ๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐ธ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ข ๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐๐ฆ๐. ยนโท๐ธ๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ข ๐๐๐ ๐ข๐๐ก ๐๐๐ข ๐ฃ๐๐๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ค๐๐ ๐ธ๐ ๐๐๐ข ๐ ๐ก๐ข๐ข๐, ยนโธ ๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐ฬ ๐๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐๐, ๐ ๐๐๐๐ก โ๐ข๐๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐ข๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐, ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ก๐๐ ๐๐ ๐บ๐๐, ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก โ๐ข๐๐๐, ๐๐๐ข๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐ฆ, ๐ฃ๐๐๐๐๐ค๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ ๐๐๐๐ ๐๐ '๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐โ๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก๐ฃ๐๐๐.โโ โ Handelinge 26:12-18 (AFR20)
Baie kere word ons ook deur die leiers en self-aangewysde voorlopers beรฏnvloed om dinge te doen wat ons in ons binneste voel verkeerd is. Ons volg die media en sosiale media amper gelowig. As โn bekende sanger of sangeres, of sekere leiers of TV-predikante iets sรช, dan glo ons dit. As een van hulle waardes wat ons weet in die Bybel afgekeur word, skielik begin goedpraat, dan begin ons ook sรณ glo. Ons sukkel in ons binneste daarmee, maar ons gaan maar saam met die tydsgees en word maar ewe gedwee meegesleur... Ons vervolg maar die Christendom (in โn mate) wat nog opstaan vir wat reg is... Dis nie lekker nie, maar ons doen dit maar, want dit is mos wat die gewilde mense doen.
Ek dink in ons binneste weet ons dat ons besig is met verkeerde dinge en dit is moeilik. Ons skop harder as Paulus teen die prikkels, maar ons hou maar aan tot ons tone begin bloei โ ons maak onsself seer en ons weet dit, maar ons hou maar aan daarmee... Diep in ons binneste hoop ons dalk dat as ons lank genoeg aanhou daarmee, dat Jesus ook in โn helder lig aan ons sal verskyn en ons wonderbaarlik sal red...
Weet jy wat? Jesus het jou alreeds wonderbaarlik kom red toe Hy aan โn kruis jou sonde se straf kom dra het. Hy het opgestaan uit die dood, sodat jy kan lewe. Paulus het nie, nadat Jesus aan hom verskyn het, โn lewe van maanskyn en rose gehad nie. Inteendeel, hy moes veg vir Jesus. In vandag se gedeelte moet hy sy geloof verdedig en hy moes dit amper elke dag doen. Dit was wel makliker, toe hy opgehou stry het teen wie Jesus is. Toe Paulus besef dat Jesus die Christus is en dat God sy Beskermer is, het hy die moed gekry om op te staan vir Jesus. Dit was egter iets waaraan hy hom elke dag moes herinner deur in โn lewende verhouding met God te wees.
Moenie teen die prikkels skop nie. Volg vir Jesus. Nรฉt vir Jesus. God sal jou red en jou gebruik, soos Paulus, om groot dinge vir Hom te doen.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
Hou ek nog aan met sekere dinge in my lewe, terwyl ek weet dit is teen God se wil? Glo ek te maklik wat die wรชreld ons leer, in plaas van om God se Woord te glo?
๐ฒ๐๐๐๐:
Here Jesus, U het vir Paulus op โn wonderlike manier ontmoet en sy hele lewe verander. Of U sรณ aan my verskyn of nie, weet ek dat U die Here is. Help my om nie teen die prikkels te skop nie. Help my om nie in verset te kom teen U opdragte nie. Mag ek U Woord en redding bring aan ander. Beskerm my en help my daarmee. Tot U eer. Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐ฎ๐ฌ๐ฎ๐ฎ-๐ฌ๐ฑ-๐ฌ๐ฎ โ ๐๐ ป๐ ฐ๐ ฐ๐ ฟ ๐๐๐๐๐ ธ๐ ถ. (Kliek hier vir die klankgreep)
Vir amper 30 jaar het ons op die Rand gebly โ naby Johannesburg. Ons was redelik rustig gewees in ons huis en het nie โn alarmstelsel gehad nie. Daar was wel diefwering voor die vensters en veiligheidshekke voor die deure. โn Mens kan mos nie tรฉ versigtig wees nie. Dit het alles verander toe hulle wel by ons huis ingebreek het... Skielik moes ons seker maak dat die diefwering sterk genoeg is. โn Alarmstelsel is geรฏnstalleer met gewapende reaksie. Vir omtrent 3 maande slaap jy onrustig en elke geluidjie is verdag en moet ondersoek word. Jy voel amper soos โn gevangene in jou eie huis...
Ongelukkig is dรญt die wรชreld waarin ons lewe en het die onbetroubaarheid van wet en orde vir almal ons genoodsaak om alternatiewe reรซlings te tref vir ons eie veiligheid. Dit is nie hoe dit hoort nie, maar ons het maar aangepas.
Vir baie eeue al het mense ook moes plan maak om veilig te wees teen allerhande kriminele elemente โ selfs in die Bybel se tye. Een ding wat mense wel ook besef het, is dat maak nie saak wat jy doen nie, slegte dinge kan nogsteeds met jou gebeur. Dit is nogal kommerwekkend as ons sรณ daarna kyk, maar dit is ongelukkig hoe dit is. Tog kan ons wel rustig slaap. Hoe? Deur te vertrou dat God ons sal bewaar.
Ons vertrou dat God ons beskerm en dat Hy beter weet. As dit sou gebeur dat al ons besittings gesteel word, sal Hy nogsteeds vir ons sorg. As ons aangeval word, sal Hy geregtigheid laat geskied. Selfs al word ons lewens geneem, is ons veilig by Hom en sal Hy die dood van Sy dienaars nie geringag nie (Psalm 116:5).
Tog oorval angs en bekommernis ons gereeld. Dan het ons nodig om onsself te herinner aan God se sorg. Dan kan ons maklik in Sy Woord weer gerusstelling vind. Soos in Psalm 121 (AFR20):
โยน'๐ โข๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐.
๐ธ๐ ๐๐ฆ๐ ๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐: ๐๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐ฆ โ๐ข๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐?
ยฒ๐๐ฆ โ๐ข๐๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐, ๐ค๐๐ก โ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ก.
ยณ๐ป๐ฆ ๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐๐ก ๐๐๐ก ๐๐๐ข ๐ฃ๐๐๐ก ๐ ๐ก๐๐ข๐๐๐๐ ๐๐๐; ๐๐๐ข ๐ต๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐๐ ๐๐๐.
โด๐พ๐ฆ๐, ๐๐๐ ๐ต๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ผ๐ ๐๐๐๐ ๐ ๐๐ข๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐ป๐ฆ ๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐.
โต๐ท๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ข ๐ต๐๐ ๐๐๐๐๐๐; ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ข ๐ ๐๐๐๐ข๐ค๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ข ๐๐๐๐ก๐๐โ๐๐๐.
โถ๐ต๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ข ๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐, ๐๐ ๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐.
โท๐ท๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ข ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐โ๐๐๐; ๐ป๐ฆ ๐ ๐๐ ๐๐๐ข ๐๐๐ค๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐.
โธ๐ท๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ข ๐ข๐๐ก๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ข ๐ก๐๐๐ข๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ข ๐๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ก๐ฆ๐.โ
God het ons gesonde verstand gegee, sodat ons van buite af voorsorg kan tref vir ons veiligheid. Ons kan ons huise beveilig, ons voertuie veiliger maak, ons kan selfs vir ons wapens aanskaf โ maar as ons van binne af nie veilig is nie, dan help dit nie ons veg vir wat buite is nie. God alleen bied aan ons die beskerming van binne en ons moet glo dat Hy ook ons fisies sal beskerm. Ons is in Sy hande en Hy weet altyd beter.
Moenie dat angs en vrees jou oorval nie. Moenie dat jy slaap verloor oor dinge wat soms buite jou beheer is nie. Die Here is jou Beskermer en Hy sluimer en slaap nooit nie. Sy geregtigheid sal seรซvier en Hy sal jou veilig hou in hierdie lewe en die lewe hierna. Die Here sal jou lewe bewaar โ โn lewe wat gemik is op die hiernamaals.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐:
Vertrou ek God met alles? Glo ek regtig dat Hy my sal beskerm en dat ek niks hoef te vrees nie?
๐ฒ๐๐๐๐:
Here, dankie dat U my Beskermer is. Dankie dat U my bewaar. Help my om te vertrou dat U altyd daar is en dat ek altyd op U kan staatmaak. Alle hulp kom van U. Dankie daarvoor. Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ