Hieronder is 'n lys van die oordenkings met 'n skakel wat lei na teks en 'n klankgreep.
Keer gerus terug na hierdie skakel so elke nou en dan en kyk of daar dalk nuwe sielskos is vir jou.
(Kliek op die skakel en dan op die naam of afpyltjie om die boodskap te sien of die skakel te kry vir die klankgreep.)
Kliek ook gerus op die "Oordenkings" skakel (menu) daarbo ๐๐ป om by die ouer oordenkings uit te kom.
Omdat ons God kan ken deur Jesus Christus wat mens geword het, en met die grootste offer ooit ons weer versoen het met die Vader, kan ons ook nou met vrymoedigheid na die Vader gaan.ย Dit is nie meer nodig vir allerhande offers en spesifieke dade en rituele nie.ย Jesus het dit alles reeds saamgevat in die offer aan die kruis.ย Daarom dat Jesus sรช in Matteus 22:40 AFR20 in die opsomming van die wet: โ๐๐ โ๐๐๐๐๐๐ ๐ก๐ค๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ข๐ ๐๐๐ โ๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ก๐.โ
Liefde vir God en liefde vir die mens.ย Dit is wat Jesus aan die kruis bewys het.ย Sy gehoorsaamheid en liefde vir die Vader het Hom oorgehaal om God se liefde vir die mensdom aan โn kruis, met een finale offer te gee.ย Daarom is Hy dan nou ook ons Hoรซpriester vir ewig!ย Hoor wat sรช Hebreรซrs 7:21b-27 (AFR20):
โโยฒยน... ๐ท๐๐ ๐ป๐๐๐ โ๐๐ก '๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ฬ, ๐๐ ๐๐๐ก ๐ ๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ข ๐๐๐: ๐ฝ๐ฆ ๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ค๐๐.โ
ยฒยฒ๐ท๐๐๐๐ฃ๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐ฝ๐๐ ๐ข๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ '๐ ๐๐๐ก๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ค๐๐๐. ยฒยณ๐ต๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐ ๐๐๐ค๐๐๐ โ๐๐ก, ๐๐๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐ ๐๐๐ข๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐โ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐ฆ; ยฒโด๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ก ๐ป๐ฆ ๐ก๐๐ก ๐๐ ๐๐ค๐๐โ๐๐๐ ๐๐๐ฆ, ๐๐๐ ๐๐ก ๐ป๐ฆ '๐ ๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ ๐ก๐๐ก '๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐. ยฒโต๐ท๐๐ก ๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐ ๐ป๐ฆ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ ๐ก๐๐๐ก ๐๐ ๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ข๐ ๐ป๐๐ ๐๐ ๐บ๐๐ ๐ก๐๐ ๐๐๐, ๐ก๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐ โ ๐๐๐๐๐ก ๐ป๐ฆ ๐๐๐ก๐ฆ๐ ๐๐๐๐, ๐๐ ๐ก๐๐ ๐ค๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐ ๐ก๐ ๐ก๐๐๐.
ยฒโถ๐๐ '๐ โ๐๐ฬ๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐ ๐ค๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ : ๐๐๐ ๐ค๐๐ก โ๐๐๐๐๐, ๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐๐, ๐๐๐๐๐ฃ๐๐๐, ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐๐ , ๐๐ โ๐๐ฬ๐ ๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐โ๐๐ ๐๐ , ยฒโท๐ค๐๐ก, ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ โ๐๐ฬ๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐ , ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐ ๐๐๐๐ ๐ก๐๐ ๐ค๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐๐๐. ๐๐๐๐ก ๐๐๐ก โ๐๐ก ๐ป๐ฆ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ก๐ฆ๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐ ๐ป๐ฆ ๐ป๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ '๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ก.โ
Jesus is heeltemal anders as ander priesters.ย Lees weer die gedeelte hierbo en kyk self hoekom...ย Ja, Hy leef vir altyd, is reeds by die Vader, is heilig, onskuldig, onbevlek (vers 26).ย Al offer wat ons kan bring in dankbaarheid, is ons lewens (Romeine 12).
Deur Jesus se lewe op aarde, kon ons God leer ken.ย Met Jesus wat vir ewig ons Priester is by die Vader, tree Hy in vir ons soos geen ander kan nie, en met Sy Gees wat in ons woon kan ons God se hart elke dag nog beter ken.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐ :
Besef ek regtig wat dit beteken dat Jesus die finale offer vir my gebring het?ย Omdat Hy reeds by die Vader is, vir my plek regmaak en intree as my Hoรซpriester, leef ek sรณ uit dankbaarheid, gehoorsaam aan Hom?
๐ฒ๐๐๐๐ย :
Here Jesus, dankie dat U ons ewige Hoรซpriester is.ย Dankie dat U heilig, onskuldig, onbevlek, afgesonder van die sondaars, en hoรซr as die hemele verhef is.ย Heilige Gees, lei my elke dag om U hart, o God, al beter te leer ken.ย Help my om in dankbaarheid, gehoorsaam aan U Woord te leef.ย Amen
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
ย โ ยน๐ท๐๐ ๐ป๐๐๐ โ๐๐ก '๐ ๐๐๐ ๐๐ข ๐ฃ๐๐ '๐ ๐ ๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐๐; ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐ก๐ ๐๐๐ค๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐๐๐๐ข๐๐๐๐ ๐ค๐๐. ยฒ๐๐๐๐๐ฃ๐๐โ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐; ๐ค๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ , โ๐๐ก ๐ค๐ฆ๐ โ๐๐๐. ยณ๐ท๐๐ ๐๐๐๐๐๐กโ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ; ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ โ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐๐๐ก๐๐๐ข๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐.โ โ Spreuke 11:1-3 (AFR83)
Trots, verwaandheid of selfverheffing is โn moeilike ding om in โn gesin of enige plek te beheer.ย Ek meen, jy wil graag hรช dat jou kind trots moet wees op die uitstekende punte wat hy of sy behaal, maar jy wil nie hรช dat hulle met hul intelligensie begin spog in die klaskamer nie.ย Die balans tussen gesonde selfvertroue en arrogansie is regtig moeilik.
Een van die beste maniere om jou kinders en jouself en ander hierdie balans te leer, is om onsself altyd te herinner aan hoe al ons talente en vermoรซns van God af kom.ย Lofprysinge kan maklik na โn tiener se kop toe gaan.ย Ons moet hulle en onsself laat onthou dat ons ons voete deeglik in daardie kennis moet plant om in hierdie gebied volwasse te word.
โn Ander manier vir ons om mekaar aan te spoor, is om in mekaar te glo, maar ons moet nie โรณรณr-gloโ of โรณรณr-vertrouโ nie.ย Julle weet mos, baie ouers het die geneigdheid om vir hul kinders te laat glo dat hulle in alles ongelooflik goed kan presteer, as hulle net hard genoeg probeer.ย Gewoonlik is hierdie tipe รณรณr-vertroue onrealisties, en al wat dit doen, is om mense op te stel vir โn harde โafkom aarde toeโ wanneer hulle in die regte wรชreld kom.
Dit is goed vir enigiemand om selfversekerd te wees in wie hulle is, en dit is goed om hierdie vertroue by jou kinders en geliefdes in te boesem.ย Maar jy moet nooit vergeet dat jy, behalwe vir Christus in jou, niks kan doen nie.ย Saam met Hom kan jy alles doen wat Hy wil hรช jy moet doen, maar dan moet jy Hom die eer gee.
Onthou: Trots bou ongesonde arrogansie, terwyl vertroue โn gesonde selfbeeld opbou.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐ :
Waar sien ek trots in my gesinslewe?ย Hoe het ek al gesien hoe trots ander mense negatief beรฏnvloed?ย Het ek en my kinders of geliefdes โn gesonde selfvertroue?ย Hoekom of hoekom nie?
๐ฒ๐๐๐๐ย :
Here Jesus, ek weet ek kan niks doen sonder U nie.ย Dankie vir al die gawes, talente en vermoรซns wat U so genadiglik aan my skenk.ย Help my om altyd te onthou dat dit van U af kom.ย Help my om deur U Heilige Gees wat my lei, wonderlike dinge te doen tot U eer.ย Amen
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Mรดre is dit Pinksterfees.ย Ons het in die laaste 49 dae na Paasfees gewag hiervoor.ย Dalk met bietjie frustrasie, dalk nie.ย Wat ons wag anders as die dissipels sโn gemaak het, is dat ons reeds die โgeskenkโ, die belofte van die Vader ontvang het: โ...๐๐๐ฆ ๐ค๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐ก๐ ๐ค๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐โ๐๐๐ โ๐๐ก.โ (Handelinge 1:4b AFR20)
Jesus het gesterf, die dood oorwin, en voordat hy hemel toe is, het Hy vir die dissipels gesรช om โn onbepaalde tyd in Jerusalem te wag totdat โn onbekende gebeurtenis sou plaasvind.ย Hierdie ouens het alles neergelรช om Jesus te volg.ย En dan, nรก Sy opstanding, toe hulle baie opgewonde was, het Jesus vir hulle gesรช om te wag.ย Stel jou voor hoe dit sal voel as jy beveel word om te wag wanneer, al wat jy regtig wil doen, is om wonderlike nuus aan die wรชreld te gaan vertel.
Ek kan nogal baie aanklank vind hiermee...ย Die van julle wat my ken, sal weet ek was nie altyd in die bediening nie.ย Ek het eers vir 2 dekades IT werk gedoen in die korporatiewe wรชreld.ย En toe ek besluit dat ek gaan gehoorsaam en ek sal gaan, toe moet ek eers nog 6 jaar studeer.ย Toe ek die wรชreld wil verander, toe moet ek wag en eers myself verander.ย
Waarom laat God ons dan so opgewonde raak om te doen wat Hy vra, en dan laat Hy ons wag, nadat ons die roeping gehoorsaam het?ย Miskien is dit omdat ons iets meer as passie nodig het.ย Miskien gebeur daar iets tussenin wat op geen ander tydstip gebeur nie.
Die Heilige Gees kon onmiddellik gekom het.ย Pinkster kon gebeur het die oomblik toe die apostels in die bovertrek bymekaargekom het.ย En tog het daar iets in die gewag gebeur.ย Nee, nie by God nie.ย God is nie stadig nie.ย Dink maar ook aan Dawid of Josef; dit lyk vir my nogal asof daar iets gebeur binne die mense wat wag.
Ons wag, maar God... doen iets.ย Miskien hoor ons Hom duideliker terwyl ons wag.ย Ons soek hom vuriger in die vertragings.ย Ons reageer makliker in die tussentyd.
Volgende keer, as jy daardie ongemaklike gevoel het, dalkย moet wag, of jou planne word op hulle kop gedraai, spandeer die tyd om met God praat.ย Vra Hom om jou geduld te leer en jou te gebruik.ย Luister dan na Sy stem en volg Sy leiding.
๐๐ฆ๐ญ๐ช๐ฆ๐ง๐ฅ๐ฆ ๐ฌ๐ช๐ฏ๐ฅ ๐ท๐ข๐ฏ ๐๐ฐ๐ฅ, ๐ฎ๐ข๐จ ๐ซ๐บ ๐ฉ๐ช๐ฆ๐ณ๐ฅ๐ช๐ฆ ๐๐ช๐ฏ๐ฌ๐ด๐ต๐ฆ๐ณ๐ง๐ฆ๐ฆ๐ด ๐ฅ๐ช๐ฆ ๐๐ฆ๐ฆ๐ด ๐ท๐ข๐ฏ ๐๐ฐ๐ฅ ๐ฆ๐ณ๐ท๐ข๐ข๐ณ ๐ช๐ฏ ๐ซ๐ฐ๐ถ, ๐ฐ๐ฎ ๐ซ๐ฐ๐ถ ๐ฆ๐ฏ ๐ฐ๐ณ๐ข๐ญ๐ฐ๐ฐ๐ณ.ย ๐๐ข๐จ ๐ซ๐บ ๐๐บ ๐ญ๐ช๐ฆ๐ง๐ฅ๐ฆ ๐ฅ๐ฆ๐ฆ๐ญ ๐ฎ๐ฆ๐ต ๐ฅ๐ช๐ฆ ๐ธ๐ฆฬ๐ณ๐ฆ๐ญ๐ฅ ๐ฆ๐ฏ โ๐ฏ ๐ท๐ฆ๐ณ๐ด๐ฌ๐ช๐ญ ๐ฎ๐ข๐ข๐ฌ ๐ธ๐ข๐ต ๐ฏ๐ช๐ฆ๐ฎ๐ข๐ฏ๐ฅ ๐จ๐ฆ๐ฅ๐ช๐ฏ๐ฌ ๐ฎ๐ฐ๐ฐ๐ฏ๐ต๐ญ๐ช๐ฌ ๐ช๐ด ๐ฏ๐ช๐ฆ.ย ๐๐ณ๐ฆ๐ฅ๐ฆ ๐ท๐ช๐ณ ๐ซ๐ฐ๐ถ!
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Daar is blykbaar Super-Christene tussen ons.ย Hulle lyk soos gewone mense, maar hulle het โsuperpowers.โย Baie van ons is dalk van hierdie Super-Christene...ย Julle weet mos, dis daai kere wat jy sommer net so vir iemand op straat kyk en โwoepsโ โ daar verander daardie persoon in โn Christen.ย Ons het mos skielik โsuper powersโ as ons Christene word.
Dis mos maklik.ย Die oomblik wat ons besluit om volgers van Jesus te word, is alles skielik makliker.ย Wanneer Jesus ons dan opdrag gee om dissipels te gaan maak, dan is dit net so maklik...ย Nee, glad nie!ย Dis vrek moeilik.ย
Ek dink elkeen van ons mis elke dag ten minste 9 uit 10 geleenthede om mense na Christus te lei.ย Ja, 9 uit 10!ย Hoekom?ย Want ons is so min ingestel om dit te doen, dat ons die geleenthede nie eers raaksien nie.ย Ons luister nie genoeg na daardie stil stem van die Heilige Gees in ons nie.
Die moeilikheid met die kerk en die wรชreld deesdae, is dat mense te veel wil lyk soos Christene en te min wil doen wat Jesus ons beveel het.ย Jesus beveel ons om te gaan na al die nasies en dissipels te maak van die mense, maar ons glo so in ons binneste dat dit nogsteeds eerder iemand anders se werk is.ย Die opbou seisoen vat te lank en ons sien nie kans daarvoor nie.ย Ons glo in die gebeure van daardie Pinksterdag omtrent 2000 jaar gelede...ย ons weet dat die Heilige Gees werklik is, maar sjoe, dis darem baie werk wat wag...
Toe Jesus Sy dissipels geleer het, het Hy dikwels vir hulle geleer hoe hulle eendag alles sal regkry.ย Die antwoord is eenvoudig.ย Daar is nie Super-Christene nie, maar om โn gewone Christen te wees, moet jy in Jesus bly en Hy in jou.ย Jesus self het gesรช: โ๐ธ๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐, ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก๐. ๐๐๐ ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐ฆ ๐๐ ๐ธ๐ ๐๐ โ๐๐, ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ข๐๐ก๐, ๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐ด๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐.โ (Joh. 15:5 AFR83)
Om โn Springbok rugbytrui te dra, maak my nie โn Springbok rugbyspeler nie.ย Dit verg baie oefening en toewyding en ontwikkeling.ย Ons kan nie net โn kruis om ons nek dra, โn mooi Bybelversie tattoo hรช, of โn โI love Jesusโ T-hemp of kepsie dra nie.ย Sonder Jesus kan ons nie wees wie Hy wil hรช ons moet weet nie.ย Ons is nie Super-Christene nie.ย En dis OK.ย
Dis nog net 3 dae, dan vier ons Pinkster.ย Die dag toe die kerk bemagtig is deur God sรฉlf se Gees.ย Wees wie jy moet wees in Christus.ย Dra baie vrugte.ย Goeie vrugte.ย
๐๐๐ฅ ๐ ๐ก ๐ง๐๐๐๐๐ :
Terwyl jy vandag besig is met jou normale dagtake, luister na die stil stem van die Heilige Gees.ย Moenie dit bevraagteken of probeer weg rasionaliseer nie.ย Luister.ย Glo.ย Gehoorsaam.ย Onthou Jesus gaan vooruit.
Seรซn en vrede vir jou vandag!
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
โโด๐๐๐๐ค๐ฆ๐ ๐ป๐ฆ ๐๐๐ก โ๐ข๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐ฬ๐๐ก โ๐๐ก, โ๐๐ก ๐ป๐ฆ โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐ฃ๐๐๐: โ๐๐๐๐๐๐ ๐ข๐๐ก ๐ฝ๐๐๐ข๐ ๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐, ๐๐๐๐ ๐๐๐ฆ ๐ค๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐ก๐ ๐ค๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐โ๐๐๐ โ๐๐ก. โต๐๐๐๐ก ๐ฝ๐โ๐๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐ค๐๐ ๐๐๐ก ๐ค๐๐ก๐๐ ๐๐๐๐๐๐, ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐ป๐๐๐๐๐๐ ๐บ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐.โ โถ๐๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐ฆ๐๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ , โ๐๐ก โ๐ข๐๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐๐ฃ๐๐: โ๐ป๐๐๐, ๐๐๐๐ ๐ ๐๐ โ๐๐๐๐๐๐ ๐ก๐ฆ๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ฆ๐ ๐ฃ๐๐ ๐ผ๐ ๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐๐๐๐?โ โท๐๐๐๐ ๐ป๐ฆ โ๐๐ก โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐ก๐ค๐๐๐๐: โ๐ท๐๐ก ๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐ฆ๐ ๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐กโ๐๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐. โธ๐๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ก๐ฃ๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐๐๐๐ ๐บ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐, ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐ก ๐๐ฆ ๐๐๐ก๐ข๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐ ๐ฝ๐๐๐ข๐ ๐๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐ ๐ฝ๐ข๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐, ๐๐ ๐ก๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐.โโ โ Handelinge 1:4-8 (AFR20)
Die dissipels kon nie wag om vir almal te vertel dat Jesus lewe nie.ย Dan gee Jesus vir hulle โ vir eers โ โn ander opdrag... wag.
Die Bybel wys ons op soveel plekke dat om te wag, โn duidelike doel het.ย Ons maak dikwels planne om iets te doen of iewers te wees of om in โn sekere stadium van ons lewens โietsโ te bereik.ย Dan gebeur die lewe...ย Jy verloor jou werk.ย โn Geliefde word siek en sterf dalk.ย Jou gesondheid belemmer jou kanse op vooruitgang.ย Mense is gemeen.ย Die wรชreld draai teen jou.
Ag, daar kan soveel dinge gebeur wat vir ons lyk of dit โn straf is.ย Of God ook teen ons gedraai het.ย Ons bid en bid en wil graag ook weer geluk ervaar.ย Maar wanneer ons gaan stil word en besef dat ons definisie van geluk dalk verkeerd geformuleer is, kom ons weer agter dat God wel al ons gebede verhoor.ย Die antwoord is: soms ja, nou dadelik; soms is dit nee; en soms is dit..... wag.
God roep ons om te gaan en vir Hom te werk in die wรชreld.ย Soms roep Hy ons en sรช: โGaan, maar wag.โย Soos die dissipels, wil ons die hoop en krag van die evangelie deel.ย Maar soms moet ons wag.ย Jesus roep ons om te wag.ย En wat het gebeur toe die dissipels gewag het?ย Hulle was geestelik voorberei en hulle het die Heilige Gees ontvang.
Krag kom in wag.ย As ons wag op die Here, ontvang ons krag.ย Dan begin ons leer wat op Sy hart is, wat Sy wil is en dan begin ons om meer soos Hy te word.ย Om te wag, is nie tydmors nie.ย Eers wanneer ons genoeg gewag het... geduld geleer het... is ons reg om te gaan.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐ :
Watter gewoontes het ek wat nogsteeds my frustrasie met wag aanhelp?ย Gee ek te gou op?ย Wat is my definisie van geluk?
๐ฒ๐๐๐๐ย :
Liewe Heer, gee my die dringendheid om ander mense te vertel van U, maar die geduld om te wag vir U perfekte tyd.ย Gee my ook die geduld om te wag dat U my behoorlik voorberei vir wat U vir my beplan het.ย Laat ek U vrede ervaar โ al weet ek nie wat presies U vir my beplan nie.ย U weet, Here.ย Dit is genoeg vir my.ย Amen
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Vandag se wรชreld beweeg teen โn astronomiese vinnige pas.ย As jy honger is, kliek jy gou twee keer op jou slimfoon en die kos word by jou afgelewer.ย Soek jy โn nuwe TV of ander toestel, presies dieselfde... Kliek-kliek, klaar.ย Om te wag is frustrerend en โonnodigโ vandag.ย Tog is van Jesus se laaste woorde aan Sy dissipels, om te wag (gister se teksgedeelte).ย En omdat hulle gewag het, het duisende mense tot geloof gekom toe hulle die Heilige Gees ontvang het.ย Die dissipels was vasberade om te wag.
Soms gaan ons deur die lewe en dit voel of ons โn muur getref het.ย Dit voel of ons stagneer.ย Ons wil graag vordering maak.ย Alles en almal om ons maak dan goeie vordering.ย Hoekom nie ek nie?ย On begin voel soos Dawid in baie van sy psalms.ย Dit voel of dit sleg gaan met goeie Christene, terwyl die slegte wรชreld floreer.ย Hoekom doen ons dan nog alles?ย Hoekom is ons dan Christene?
Ons moet onthou: Christenskap is nie ruilhandel met Jesus nie.ย Ons hou nie by Sy Woord om seรซninge in ruil te verdien nie.ย Ons is gehoorsaam uit dankbaarheid vir wat Hy reeds vir ons gedoen het.ย Dawid sรช in Psalm 37:1-2 (AFR200: โ๐๐๐๐ก ๐๐๐ข ๐๐๐ ๐๐๐ก๐ ๐ก๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ค๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐; ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ข๐๐ ๐ก๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐ค๐๐๐๐ค๐๐๐๐๐ ๐๐๐ก๐๐๐ ๐๐๐, ยฒ๐ค๐๐๐ก ๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐, ๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ก๐ ๐ฃ๐๐๐ค๐๐๐ โ๐ข๐๐๐.โย
Die lewe voel soms onregverdig.ย En weet jy wat?ย Dit is!ย Maar God is regverdig.ย Hy sien jou getrouheid raak.ย Hy sien jou deursettingsvermoรซ en jou toegewydheid.ย Hy weet jy wag.ย Maar waarvoor wag jy?ย Om te getuig vir Hom?ย Of om geseรซn te word?ย Of om โietsโ te ontvang?
Onthou: God gee soos God goeddink en soos nodig.ย God is altyd besig deur die Heilige Gees in die wรชreld.ย Ons plig is om aan te sluit daarby.ย Om diensbaar te wees.ย Om Jesus toe te laat om deur ons Sy Koninkryk te laat kom.ย Maak nie saak waarvoor jy op God wag nie, weet dat Sy tydsberekening altyd perfek is.ย Kom ons sluit aan by die dissipels en wees vasberade om op die belofte van die Vader te wag:ย die werking van die Heilige Gees in ons.ย As ons glo en nie moed opgee nie, sal ons โn oes sien.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐ :
As ek mooi kyk na my verlede, sien ek die menige gevalle van God se getrouheid aan my of aan ander raak?ย Besef ek dat die vrede waarna ek dalk soek, waarvoor ek wag, net by Jesus gevind kan word?ย Maak ek genoeg tyd om in God se teenwoordigheid te wag?
๐ฒ๐๐๐๐ย :
Here Jesus, vandag kom vra ek al weer vir geduld...ย Ja, Here, dit is hoe ongeduldig ek is.ย Gee my asseblief die geloof wat nodig is om te wag op U.ย Om te aanvaar dat U wel ook in my huidige omstandighede is en dat U in beheer is.ย Gee asseblief dat ek my tyd beter sal beplan om meer in U vrede te rus.ย Help my om in U teenwoordigheid te wag en bemagtig my deur U Heilige Gees.ย Help my om te sien hoe U my, my omstandighede, en my verhaal kan gebruik om U Naam groot te maak.ย Amen
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉย
โยน๐ท๐๐ ๐๐๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐๐๐, ๐๐๐๐๐๐๐ข๐ , โ๐๐ก ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ฆ๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ฝ๐๐ ๐ข๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐ป๐ฆ ๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ โ๐๐ก, ยฒ๐ก๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก ๐ป๐ฆ ๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ , ๐๐๐๐๐ก ๐ป๐ฆ ๐๐๐ข๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐๐๐๐ ๐บ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ก๐ ๐๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐ โข๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ป๐ฆ ๐ข๐๐ก๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ก. ยณ๐ด๐๐ โ๐ข๐๐๐ โ๐๐ก ๐ป๐ฆ, ๐๐ฬ ๐ ๐ฆ ๐๐ฆ๐๐๐๐, ๐๐๐ข๐ ๐ก๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐ ๐๐๐ก๐๐๐ ๐๐๐ก ๐ป๐ฆ ๐๐๐๐, ๐ก๐๐ ๐ป๐ฆ ๐๐๐ '๐ ๐ก๐ฆ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐ก๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐๐ฆ๐ ๐๐ ๐๐๐ก โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ โข๐๐๐๐๐๐๐๐ฆ๐ ๐ฃ๐๐ ๐บ๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ก โ๐๐ก. โด๐๐๐๐ค๐ฆ๐ ๐ป๐ฆ ๐๐๐ก โ๐ข๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐ฬ๐๐ก โ๐๐ก, โ๐๐ก ๐ป๐ฆ โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐ฃ๐๐๐: โ๐๐๐๐๐๐ ๐ข๐๐ก ๐ฝ๐๐๐ข๐ ๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐, ๐๐๐๐ ๐๐๐ฆ ๐ค๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐ก๐ ๐ค๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐โ๐๐๐ โ๐๐ก.โ โ Handelinge 1:1-4 AFR20
Om te wag is nie maklik nie.ย Ons is nou maar eenmaal ongeduldige mense.ย โn Groot deel van Jesus se lewe, moes Hy wag.ย Hy het 30 jaar gewag om Sy bediening te begin.ย En toe dit begin, begin dit met 40 dae se vas in die woestyn en versoeking van die duiwel self.ย Daarna het Hy begin om die Koninkryk van God en verlossing van die mensdom te verkondig.ย Van die lewe se beste seรซninge kom dikwels vanuit die mees uitdagende take.
๐๐ข ๐ฉ๐ ๐ฌ๐๐ ๐๐จ ๐ฃ๐๐ ๐ฅ๐๐จ๐จ๐๐๐ ๐ฃ๐๐.ย Om te wag vereis dat ons onsself strategies plaas in โn posisie om wysheid, leiding en bemagtiging van God te ontvang.ย Voordat Jesus opgevaar het hemel toe, sรชย Hy dat Sy volgelinge moet wag vir die geskenk wat God belowe het.ย Terwyl hulle in die bovertrek gewag het, het hulle gebid.ย Hierdie aksie het hulle geestelik geposisioneer om die gawe van die Heilige Gees te ontvang.ย Wag is nie ledigheid nie; dis โn passievolle strewe na God.
๐๐ข ๐ฉ๐ ๐ฌ๐๐ ๐๐๐ฉ โ๐ฃ ๐๐ค๐๐ก.ย Jy is nou presies waar God jou wil hรช.ย Jy voel dalk onvervuld, tastend, soekend, selfs doelloos.ย Selfs vrees kan jou begin beetpak en jou hoop begin wegvreet.ย Besef dat God besig is om jou voor te berei โ met waarmee jy besig is en wat jy doen โ vir wat kom.ย Wat dit is weet ons dikwels nie, maar Hy weet en Hy wil dat jy wees wie jy moet wees wanneer jy reg is om te dien.
Ons is baie kere nie gereed vir God se volgende tree op ons reis nie.ย Tog het elke deel van God se plan โn spesifieke doel, selfs die tyd om te wag.ย Wanneer jy wag, onthou dat God se tydsberekening perfek is.ย So, wag so bietjie...ย Wag op God en kry jouself gereed vir wat kom!
๐๐ ๐ฅ๐ ๐๐ ๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐ (๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐ฅ ๐ ๐ ๐จ๐๐๐๐๐๐ฃ ๐๐ ๐๐๐):
Praat met โn geestelike mentor of predikant oor jou frustrasie met wag.ย Laat God toe om jou te wys, dalk deur gesprek met โn ander persoon, om die prentjie duideliker te maak.
๐ฒ๐๐๐๐ย :
Here, ons is so ongeduldig partykeer.ย Soms het ons ook nie genoeg dringendheid nie.ย Ek dink ons moet eerder ongeduldig wees, omdat ons moet besef hoeveel werk daar nog is om te doen vir U.ย Help my om wel geduldig te wag.ย Om te wag terwyl U my voorberei en toerus met U Gees vir die spesifieke doel waarvoor U my gekies het.ย Laat ek my wagtyd soekend, saam met U spandeer.ย Amen
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Om die dood in die oรซ te staar is sleg.ย Jesus het gebid vir Sy dissipels (ons ingesluit) dat ons in die wรชreld moet bly (Johannes 17).ย Paulus sรช ook dat hy veel eerder by Christus wil wees, maar ter wille van die verkondiging van die evangelie, bly hy en doen wat hy moet (Filippense 1, kyk ook gerus 2 Korintiรซrs 5).ย Ons wil graag eerder by Jesus wees vir alle ewigheid, maar ons wil ook graag nog hier lewe โ dis immers โn gawe van God.ย Dis โn moeilike tweestryd hierdie.
Selfs Jesus het geworstel daarmee as ons kyk na Sy gebed in die tuin van Getsรฉmanรฉ (Matteus 26).ย Tog aanvaar Jesus die Vader se plan vir ons verlossing en is Hy gehoorsaam.ย As volgers van Jesus, word ons geroep om dieselfde te doen.ย Wanneer Jesus ook die dissipels leer, sรช Hy vir hulle: โยนยณ๐บ๐๐๐ก๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ก โ๐๐ก ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐, ๐๐๐ก ๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐ค๐ ๐๐๐๐ฬ ๐ฃ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐.โ (Johannes 15:13 AFR20)ย Daardie gesprek begin en eindig Jesus met โ๐ฝ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐ก ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐โ๐ฬ.โ En verduidelik Hy vรชrder: โ...๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐ โ๐๐ก.โ (Johannes 15:9-17)
Nou, ons het nou al bepaal dat hierdie neerlรช van jou lewe nie altyd so letterlik verstaan moet word nie.ย Ons weet ons moet ons lewe elke dag neerlรช, sterf aan ons ou sondige natuur, ons kruise opneem en Jesus volg.ย As ons weer na Petrus se voorbeeld kyk (Johannes 21), is dit bemoedigend om te sien dat Petrus โ wetend dat dit โn pynlike dood op die ou end gaan beteken โ nogsteeds kies om vir Jesus te volg.ย Ons weet Petrus was iemand wat gereeld gehuiwer het.ย Tog gaan hy.
As Jesus se missionale werktuie in die wรชreld, gaan vertel ons nie vir mense van Hom omdat ons ๐ธ๐ชฬ๐ญ ly, opoffer en selfs sterf nie.ย Ons gaan om ons toewyding aan ons beste Vriend te eer.ย Ons lรช ook ons lewens neer vir Hom.ย Ons gaan voort, maak nie saak wat dit kos nie.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐ :
Is ek regtig bereid om Jesus oral te volg selfs al beteken dit fisiese lyding en selfs dood?ย Indien nie, waaraan hou ek nogsteeds vas wat ek eintlik maar kan laat gaan?ย Is Jesus my beste vriend?ย Maak ek Johannes 15:13 waar in my lewe?
๐ฒ๐๐๐๐ย :
Dank Jesus vir bereidwilligheid in jou lewe.ย As daar nog goedjies is wat haakplekke veroorsaak, vra Hom om jou te help om jou los te maak daarvan.
๐๐ข๐จ ๐ซ๐บ ๐ฅ๐ช๐ฆ ๐จ๐ฆ๐ฏ๐ข๐ฅ๐ฆ ๐ฆ๐ฏ ๐ท๐ณ๐ฆ๐ฅ๐ฆ ๐ท๐ข๐ฏ ๐๐ฐ๐ฅ ๐ฅ๐ช๐ฆ ๐๐ข๐ฅ๐ฆ๐ณ ๐ฆ๐ฏ ๐ฐ๐ฏ๐ด ๐๐ฆ๐ณ๐ฆ ๐๐ฆ๐ด๐ถ๐ด ๐๐ฉ๐ณ๐ช๐ด๐ต๐ถ๐ด, ๐ฅ๐ฆ๐ถ๐ณ ๐ฅ๐ช๐ฆ ๐ธ๐ฆ๐ณ๐ฌ ๐ท๐ข๐ฏ ๐ฅ๐ช๐ฆ ๐๐ฆ๐ช๐ญ๐ช๐จ๐ฆ ๐๐ฆ๐ฆ๐ด ๐ช๐ฏ ๐ซ๐ฐ๐ถ ๐ญ๐ฆ๐ธ๐ฆ ๐ฆ๐ณ๐ท๐ข๐ข๐ณ.
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
๐๐๐๐-๐๐-๐๐ โ ๐ ๐จ๐ค๐ฎ๐ฌ ! (Kliek hier vir die klankgreep)
Vandag is Hemelvaart.ย Jesus het opgevaar hemel toe en Hy het belowe dat Hy terugkom.ย As gestuurdes, sou ons soos verdwaalde skape gewees het as dit nie was vir daardie belofte nie.ย Ons hou aan om Sy verteenwoordigers te wees, juis omdat ons die dringendheid van Matteus 24:14 in ons binneste aanvoel: โยนโด๐ป๐๐๐๐๐๐ ๐๐ฃ๐๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ฆ๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐ ๐ค๐ฬ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ก๐ข๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ . ๐ธ๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐.โ
Nie een van ons weet wanneer daardie dag gaan wees nie.ย Tog weet ons ons moet gereed wees.ย Ons kan nie nog tyd mors om onder mekaar te stry oor wie die belangrikste is of wie wat moet doen nie.ย Ons moet eenvoudig net doen wat gedoen moet word.ย Ons moet getuig.ย Ons moet aansluit by die werk van die Heilige Gees.ย Ons het een fokus: Jesus.ย Ons moet ons eie lewens neerlรช, ons kruise opneem en Hom volg.ย Ons moet sorg dat hierdie evangelie van die Koninkryk oraloor verkondig word.ย Ons moet gaan.ย Dringend.
Ons kan nie nog tyd mors om onsself met ander te vergelyk en ons fokus op ons opdrag belemmer nie.ย Ons vra mos maklik die vrae: โHoekom moet ander beter daaraan toe wees?ย Hoekom seรซn God hulle op sรณ manier?ย Hoekom nie ek nie?ย Hoekom moet ek โn duurder prys betaal?โ...ย Jesus se antwoord is in elk geval nogsteeds dieselfde vandag: โ...๐ค๐๐ก โ๐๐ก ๐๐๐ก ๐๐๐ก ๐๐๐ข ๐ก๐ ๐๐๐๐?ย ๐๐๐๐ ๐๐ฆ ๐๐ฆ!โ (Johannes 21:22) Ons aandag moenie wees op ander nie, maar net op Jesus, Sy sending en ons spesifieke opdrag.
Hoe wonderlik gaan daardie dag darem wees!ย Daardie dag wanneer Hy weer terugkom.ย Is ek gereed?
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐ :
Sukkel ek dalk met gevoelens van onregverdigheid, nie genoeg erkenning nie, of dalk frustrasie?ย Skryf dit neer of noem dit sommer hardop...ย Verbeel dan Jesus se antwoord... โ...๐ค๐๐ก โ๐๐ก ๐๐๐ก ๐๐๐ก ๐๐๐ข ๐ก๐ ๐๐๐๐?ย ๐๐๐๐ ๐๐ฆ ๐๐ฆ!โ
๐ฒ๐๐๐๐ย :
Here Jesus, dankie dat U opgevaar het hemel toe om vir ons plek gereed te maak.ย Dankie dat U ons nie alleen gelaat het nie.ย Dankie dat U Heilige Gees ons lei in hierdie belangrike opdrag.ย Here, jammer dat ons so gou fokus verloor, so gou jaloers raak op ander of so maklik net op ons eie gevoelens fokus.ย Vernuwe asseblief ons fokus.ย Mag dit net op U gerig wees en op wat waarlik belangrik is.ย Tot U eer.ย Amen
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
โโต๐๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐ โ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ก ๐๐ , ๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก โ๐ฆ ๐๐ ๐ ๐ฆ โ๐๐๐ก ๐๐๐๐๐๐, ๐๐๐ก๐ฆ๐ ๐๐๐ก ๐ ๐๐๐ ๐๐ , โถ๐ค๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ก ๐ป๐ฆ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ก. ๐ท๐๐ก โ๐๐ก ๐ป๐๐ ๐ก๐๐ก ๐๐ ๐ ๐ฆ โ๐๐๐ก ๐๐๐๐๐๐๐.โ โ Genesis 6:5-6 (AFR20)
Van die begin af, het God die mens geskape om vrye wil te hรช.ย As dit nie so was nie, en Hy het almal gedwing, geforseer of sรณ gemaak dat hulle net Hom kan dien, was dit nie liefdevol nie.ย Dan was God โn tiran.ย Maar God skep alle mense met die keuse om Hom lief te hรช of nie.ย In Sy beeld, skep Hy ons om in verhouding met Hom en in verhoudings met mekaar te wees.ย Ons het vryheid.ย Vryheid van keuse en ook vryheid om te kies vir God of om van Hom af weg te draai.ย Ongelukkig, is dรญt wat die mens van die begin af al begin kies het.
God is God en Hy kon sekerlik voorsien wat die mens sou doen, tog het Hy ons geskep met die vermoรซ om te doen soos ons kies.ย God se oordeel bly tog nogsteeds regverdig.ย Hy lรกรกt niemand sondig nie.ย Hy is die regter van die hele aarde, en Sy geregtigheid sal geskied en is dieselfde vir almal.ย Hy dwing niemand om Hom lief te hรช nie, want โ soos genoem โ sou dit nie liefde wees nie.ย Nogtans kan niks sy heerlikheid en genade dwarsboom of omkoop nie.
Gelukkig vir die mens, is God se liefde vir ons soveel meer as ons liefde vir Hom en het Hy gedurig getoon dat hy oorvloedig is in liefde en trou.ย Gaan lees gerus Eksodus 34:6-7 waar God sรฉlf dit beaam.ย God het ons nie in ons sonde gelos om te vergaan nie.ย Sy hartseer oor mense se sonde het daartoe gelei dat Hy โn manier van verlossing voorsien: Jesus Christus.ย Deur Jesus se dood en opstanding is die weg na die ewige lewe oopgestel vir almal wat op hom vertrou vir hul redding (Joh. 14:6).
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐ :
Wat is my keuse?ย Is ek vir God, of teen Hom?
๐ฒ๐๐๐๐ย :
Here Jesus, U het alles opgeoffer vir my, gebroke mens.ย Jammer, dat U jammer was dat U my gemaak het.ย Ek sondig baie.ย Vergewe my asseblief.ย Help my om vรญr U te kies elke dag.ย Help my om elke dag te kies om U lief te hรช.ย Grote God, dankie dat U self โn manier gemaak het vir my om met U versoen te word.ย Ek verdien dit nie.ย My liefde is onvolmaak.ย Dankie dat U liefde vir my volmaak en oneindig is.ย Ek loof en prys U grote Naam.ย Amen
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
โยน '๐ ๐๐ข๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ก ๐๐ฆ ๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐, ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ ๐ ๐๐๐ '๐ ๐ฃ๐๐๐๐, ๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ , ยฒ๐๐ข๐๐ ๐ฃ๐๐๐ข๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ , ๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ข๐ ๐ ๐๐๐ ๐ ๐ข๐ ๐ก๐๐๐ โ ๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ก ๐ ๐ข๐๐ค๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ .
ยณ๐ต๐๐ก๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐ข๐ค๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐ข๐ค๐๐๐ ๐๐ . โด๐๐๐๐ ๐๐ '๐ ๐ค๐๐๐ข๐ค๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ก, ๐๐๐๐ก โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐ ๐๐๐๐๐ก๐ ๐ก๐๐๐๐๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ก๐ ๐๐๐, ๐๐ โ๐ข๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐ก๐๐ข๐๐๐ ๐ก๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐; ๐ค๐๐๐ก ๐๐๐ก ๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐ฬ ๐ฃ๐๐ ๐บ๐๐. โต๐๐๐๐ ๐ ๐ฆ ๐ค๐๐ก ๐ค๐๐๐๐๐๐ '๐ ๐ค๐๐๐ข๐ค๐๐ ๐๐ , ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ก๐๐๐๐๐๐๐๐ก ๐๐ , ๐ฃ๐๐ ๐ก๐๐ โ๐๐๐ โ๐๐๐ ๐ ๐ก๐๐๐๐ ๐๐ ๐บ๐๐, ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐ฆ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ ๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐; โถ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐ข๐ค๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ข๐๐ก๐ ๐๐๐ก๐ก๐๐ ๐๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐ค๐๐๐ ๐๐๐๐. โท๐ต๐๐ฃ๐๐๐ โ๐ข๐๐๐ โ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐, ๐ ๐๐๐๐ก โ๐ข๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐ . โธ๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐, ๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐ ๐ฆ โ๐ข๐๐ ๐๐๐๐๐ก๐ ๐๐๐, โ๐๐ก โ๐ฆ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐ฬ๐, ๐๐ ๐๐ โ๐ฆ ๐ ๐๐๐๐ก๐๐ ๐๐ '๐ ๐๐๐๐๐๐๐ค๐๐๐โ โ 1 Timoteus 5:1-8 (AFR20)
Die ou manier van kaart lees was nogal moeilik as jy dit nie geken het nie.ย Jy moes presies weet waar jy is, voordat jy jou roete kan beplan na waarheen jy wil gaan.ย Deesdae is daar GPS.ย Die GPS bepaal self, met behulp van satelliete, waar presies jy is en gee selfs vir jou die beste roete na waarheen jy op pad is.ย Maar wat as die GPS af is?ย Wat as die satelliete nie werk nie?ย Hoe gaan jy weet hoe jy by jou bestemming moet uitkom, as jy nie weet waar jy is nie?
Die teks wat ons gelees het in 1 Timoteus 5, beskryf vir ons so paar goeie aanwysings van ons verhoudings, net so duidelik soos โn GPS ons reisplanne sou.ย โWees respekvol teenoor ouer mense ... behandel jonger mans as broers, ouer vroue as moeders en jonger vroue as susters, met absolute suiwerheid. Gee behoorlike erkenning aan die weduwees wat regtig nood het. . . Elkeen wat nie vir hul familielede sorg nie, en veral ook nie vir sy eie huis nie, het die geloof verloรซn en is slegter as โn ongelowigeโ (5:1-3,8).
Maar al hierdie instruksies gaan jou niks help, tensy jy eerlik is met jouself oor waar jy nou is nie.ย As ons mooi kyk na hierdie lysie en vir onsself kan sรช op elkeen daarvan, โJa, ek doen ditโ, mooi so.ย Maar as ons al hierdie dinge sรช en dit nie doen nie, is ons so verlore soos iemand sonder โn GPS of selfs โn ou papier kaart.
Verhoudings in die lewe is baie harde werk.ย Mense maak staat op ons.ย Hulle hou ons dop om te sien hoe ons praat, hoe ons onder druk reageer, hoe ons ander en hulle eer.ย Ons kan nooit โn vakansie vat van hierdie verantwoordelikhede nie.ย Ons moet altyd besig wees om daaraan te werk.ย Maar as ons nie met nugtere oรซ gekyk het na waar ons in ons verhoudings is nie โ as ons eerder anderkant toe kyk, inplaas daarvan om ons geneigdheid tot selfsug, disrespek en luiheid eerlik te hanteer โ sal hierdie verhoudings nooit beter word nie.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐ :
Sien ek om na my eie mense?ย Is my verhoudings reg?ย Hanteer ek mense soos die Bybel my leer?ย Weet ek waar ek is in my verhoudings en in my lewe?
๐ฒ๐๐๐๐ย :
Hemelse Vader, miskien moet ons elke nou en dan โ dalk meer gereeld โ nederig bely: ek is dikwels ongeduldig met ouer mans en sien soms neer op jongmense.ย Ek is onbewus van mense in nood en ook nie sensitief oor my gesin se gevoelens nie.ย Maar U teenwoordigheid help my om my verlorenheid te erken, U genade vergewe my van hierdie mislukkings, en U wysheid gee my rigting.ย Dankie daarvoor.ย Amen
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
In ons alledaagse lewe โ in ons huise, ons werke, ons verhoudings met ander mense โ raak dinge soms buite beheer.ย Ons weet dat God se plan beter is en dat Hy uiteindelik alle dinge, goed en sleg, ten goede sal laat meewerk tot ons heil (vgl. Rom. 8:28-30), maar tog raak dit soms moeilik.ย Ons verstaan nie hoekom dinge gebeur nie.ย Ons weet nie hoekom ons deur sekere beproewings moet gaan nie.ย Ons wil so graag net bietjie voel of ons in beheer is.ย Ons wil ook net โn bietjie rustigheid en vrede in ons lewens hรช...
Weet jy wat?ย Jy is nie in beheer nie!ย Ja, al probeer jy hoe hard om beheer te neem van situasies en, alhoewel jy dalk in โn situasie beheer kan uitoefen, is jy nogsteeds nie in beheer nie.ย Enigiets kan enige tyd gebeur en die enigste Een wat in beheer is, is God.ย Selfs in die kleinste uitdagings en ook in die beste tye, moet ons altyd onthou dat God in beheer is en dat ons in alles- en vir alles van Hom afhanklik is.ย Selfs die feit dat ons deur beproewings gaan, is โn gawe.ย Dit is โn gawe, want ons lewe en, omdat ons lewe, is God in ons lewens en is Hy besig om ons sterker te maak in ons geloof deur volharding, sรช Jakobus in Jak. 1:2-4.
Maar, beteken dit dan dat ons nooit sal rus en vrede kry vir ons siele nie en dat ons maar ewe gedwee moet voortploeter deur die mallemeule rit van die lewe?ย Nee.ย As ons sรณ daarna kyk, kan ons gou soos die Prediker begin sรช dat alles tot niks kom nie en dat alles net โn gejaag na wind is.ย Gelukkig het die Prediker in sy hart geweet dat Jesus sou kom en dat al hierdie gejaag na wind amper irrelevant sal word.ย Selfs in die Prediker se tyd het God โn manier gehad om mense rustig te kry en toe Jesus gekom het, toe kom gee Hy ons iets wat ons verstande te bowe gaan.
โยฒโท๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ก ๐ธ๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐ โ ๐๐ฆ ๐ฃ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ธ๐ ๐๐ข๐๐๐. ๐ธ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐ฬ๐๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐. ๐ฟ๐๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ โ๐๐๐ก๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก๐ ๐ก๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐๐. ยฒโธ๐ฝ๐ข๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐โ๐๐๐ ๐๐๐ก ๐ธ๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฬ โ๐๐ก: ๐ธ๐ ๐๐๐๐ ๐ค๐๐, ๐๐๐๐ ๐ธ๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐ก๐๐. ๐ด๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐๐๐๐โ๐๐ โ๐๐ก, ๐ ๐๐ข ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ฆ ๐๐๐ค๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐ก ๐ธ๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐, ๐๐๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ก๐๐ ๐๐ ๐ธ๐ ๐๐ . ยฒโน๐ธ๐ ๐๐๐ข โ๐๐ก ๐ธ๐ ๐๐๐ก ๐ฃ๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฬ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐ก ๐๐๐ก ๐๐๐๐๐ข๐, ๐ ๐๐๐๐ก ๐๐ข๐๐๐, ๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐๐๐ข๐, ๐๐๐ ๐๐๐.โ โ Johannes 14:27-29 (AFR20)
Ons het Jesus se vrede.ย Ons kan dit nie sien nie en ons kan nie daaraan vat nie, maar ons het dit in ons.ย Ons kan dit nie verklaar nie en ons weet nie presies hoe dit werk nie, maar dit gee ons kalmte in die storms van die lewe.ย Dit is nie wรชreldse vrede nie.ย Dit is nie sommer net die afwesigheid van sigbare konflik nie.ย Nee, dit is die afwesigheid van innerlike konflik.ย Dit is daardie uiterste gevoel van kalmte en rustigheid wat oor jou spoel.ย Die storms van die lewe kom verwoed op jou af en die stormwaters druis, maar net voor dit by jou kom, breek nie golwe en spoel dit rustig en strelend oor jou.ย Hoe, weet ek nie.ย Hoekom, dit weet ek.
Die feit โ ja feit โ dat Jesus na die Vader is en dat Hy vir ons gaan plek regmaak het en dat Hy sal terugkeer om ons te kom haal oortref enigiets wat ons in hierdie lewe sal teรซkom.ย God is in beheer.ย Ek herhaal: ๐ฎ๐ถ๐ซ. ๐ฐ๐บ. ๐ฐ๐ต. ๐ฉ๐ฌ๐ฏ๐ฌ๐ฌ๐น.ย
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐ :
Ek moenie myself uit stres oor dinge nie โ dit sal verbygaan en daarna sal God nogsteeds in beheer wees.ย Ek moet minder uit my eie wil doen en meer op God vertrou om deur Sy Gees beheer te neem oor my lewe.
๐ฒ๐๐๐๐ย :
Almagtige God, U is in beheer.ย Soms tree ons dwaas op en twyfel ons en dan voel dit soos Jakobus sรช in Jak. 1:6 dat ons soos โn golf in die see is wat deur die wind rondgeruk en voortgesleep word.ย Versterk my geloof, Here, en gee my wysheid.ย Laat my op U vertrou.ย Dankie, Here Jesus, vir U vrede.ย Laat U vrede oor- en deur my vloei.ย Amen
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Wanneer dit kom by gebed, is daar gewoonlik โn paar redes hoekom mense bid of nie bid nie.ย Mense bid om in gereelde kontak met God te wees, om Sy hart te hoor, om hulle harte oop te maak vir Hom, om Hom te loof en prys, te dank, en ook te smeek en pleit by Hom.
Party mense sรช weer dat hulle wel in God glo, maar omdat God weet wat in hulle harte aangaan en God in elk geval mos God is en doen net wat Hy wil โ soos Hy goeddink, help dit nie om te bid nie.ย Kyk, gebed sonder God is sommer net praat met jouself.ย En geloof sonder God, is nie geloof nie.ย God is die voorwerp, onderwerp en alles van ons geloof.ย As ons nie bid nie, dan glo ons nie.ย As ons nie glo dat ons โn liefdevolle, barmhartige God volg, wat bereid is om wel van plan te verander in ons guns nie, hoekom glo ons dan?
Sjoe, moeilike vrae en moeilike, harde feite...ย tog moet ons wel ook verstaan en besef dat God God is.ย En ja, God doen wat God wil doen.ย Hy is almagtig.ย Hy regeer.ย Spreuke 21:30 (AFR20)leer ons ook dat geen van ons menslike idees en planne hou stand teen God nie:
โ30๐บ๐๐๐ ๐ค๐ฆ๐ โ๐๐๐, ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐โ๐๐๐, ๐๐, ๐๐๐๐ ๐๐๐๐ โ๐๐ข ๐ ๐ก๐๐๐ ๐ก๐๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐๐.โ
Selfs as ons dink ons is reg en God is verkeerd.ย Selfs al verstaan ons nie Sy redes nie.ย Dit help nie ons wil ons eie idees voorhou nie.ย God is goed en God is reg.ย Daarom is selfs die idee dat dit nie help om te bid nie, omdat God God is en doen wat Hy wil, โn slegte idee...
Wat hierdie nรณg moeiliker maak, is om te verstaan hoekom slegte dinge dan gebeur met goeie mense.ย Ons wรญl vra hoekom.ย Weet jy, selfs deur al Job se lyding en al die lewenslesse wat God hom geleer het, het God nooit vir hom gesรช hoekom hy swaarkry nie.ย Dit is genoeg om te sรช dat God ons nie hoef te antwoord of iets te verduidelik nie.
Diรฉ van ons wat kinders het, sal weet.ย Ons kon nooit verstaan hoekom ons ouers vir ons gesรช het dat ons moet โmaak soos hulle sรช en klaar!โ nie.ย As jy jou eie kinders het, verstaan jy, want jy weet wat beter is.ย As dit kom by God, moet ons ook ons kinders en mekaar leer om Sy wil te aanvaar.ย Soms sal ons moet erken dat ons dit nie kan verklaar nie.ย Deur alles, moet ons wel weet dat Sy wil, sal geskied.ย Daarom mรณรฉt ons tot Hom bid met die โwat asโ en โhoekomโ vrae van die lewe โ dat Hy ons kan help verstaan of vrede vind in Sy wil.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐ :
Watter voorbeelde van onderwerping aan God sien my kinders en ander geliefdes in my lewe?ย Watter planne het ek gemaak, wat ek nou sien nie noodwendig God se plan is nie?ย Hoe kan ek leer om God se plan in die toekoms makliker te aanvaar?
๐ฒ๐๐๐๐ย :
Almagtige, goeie God.ย U is God.ย Nie ek nie.ย U plan is goed en hoe U dinge doen, is uiteindelik beter.ย Help my om U waarheid en vrede in my lewe te aanvaar.ย Amen
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Gebed kan alles wat ons doen in ons werk en die manier waarop ons dit sien aansienlik beรฏnvloed.ย Tog, in ons daaglikse gebede sluit ons dikwels die behoeftes wat ons in die werk wat ons doen teรซkom, uit (dalk is jou werk om โn moeder te wees, of โn tuisteskepper, of wat ook al).ย Om een of ander rede โ vir meeste mense โ kom ons werk en werkplekke nie eers in ons gedagtes op as ons bid nie.ย Dalk is dit die rede hoekom baie van ons dikwels nie gelukkig is in ons werke nie en ervaar ons dalk nie die volheid van wat God vir ons wil hรช daar waar ons werk nie.ย Party mense spot mos ook dat hulle by die werk eerder moet bid vir geduld as vir krag, want anders gaan hulle dalk iemand aanrand.
Maar, weer op โn ernstige noot: Wanneer ons begin bid vir ons werk, besef ons dat God aktief is in ๐๐ก๐ก๐๐จ wat ons doen, nie net ons โpersoonlikeโ of โgeestelikeโ lewens nie.ย Dรญt is nogal transformerend.ย Dit verander hoe ons dinge ervaar.ย Dit verander ons groei.ย Tog verander gebed nie God se hart ten opsigte van ons werk soveel as wat dit ons sโn verander nie.ย En wanneer ons ons werk begin sien soos God dit sien, ervaar ons die krag van gebed en van God se genade.
Een van die gereelde gebede in die Bybel โ veral in die briewe van Paulus โ is gebede wat vra dat God Sy mense sal krag gee; dat Hy ons sal bemagtig om baie te doen.ย Ongelukkig kom almal van ons een of ander tyd in die versoeking om mag vir die verkeerde redes na te streef of te misbruik.ย Tog is die regte soort krag of mag nog steeds โn goeie ding.
Paulus wou hรช dat mense Christus in ons lewens duideliker moes sien, en hy het geweet dat God se krag dit sou bewerkstellig.ย So vra Jakobus dan ook dat ons bid vir mekaar:
โยนโถ๐ต๐๐๐ฆ ๐๐๐ ๐๐ข๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐๐๐๐, ๐ ๐๐๐๐ก ๐๐ข๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐. ๐ท๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ '๐ โข๐๐๐๐ฃ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ก๐๐ ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐ข๐๐ก๐ค๐๐๐๐๐๐.โ โ Jakobus 5:16 AFR20
Die evangelie is die krag wat mense verander (sien Rom. 1:16), en wanneer mense Christus duideliker sien, word hulle bemagtig om te lewe en op te tree soos God dit bedoel het.
God se transformatiewe en skeppende krag is in ons, en kan ons werk en die manier waarop ons ons lewens leef ongelooflik beรฏnvloed.ย Wanneer ons begin bid vir ons werk, besef ons dat God aktief is in alles wat ons doen, nie net ons โpersoonlikeโ of โgeestelikeโ lewens nie.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐ :
Besef ek dat my werk โn baie groot deel van my lewe is?ย Is ek dankbaar vir die werk wat God aan my toevertrou het?ย Verstaan ek dat God juis ook daar dinge vir my en in my en deur my kan verander?ย Bid ek gereeld hieroor?
๐ฒ๐๐๐๐ย :
Here, dankie vir my werk.ย Al is dit dalk nie altyd maanskyn en rose nie, is dit die werk wat U op hierdie oomblik van my lewe aan my toevertrou het.ย U ken my situasie en U weet hoeveel meer ek, in die werk wat ek doen, vir U kan doen.ย Help my om deur U krag โ die krag van die evangelie โ dinge te verander waar nodig, sodat U verheerlik kan word.ย Amen
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Partymaal is dit darem baie moeilik om ander mense lief te hรช โ selfs ander Christene...ย Veral ander Christene!ย Dรญt gesรช, dink ek dit is sekerlik ook dikwels moeilik vir ander mense om my lief te hรช.
Dink bietjie aan iemand wat jy dink is moeilik om voor lief te wees.ย Dalk โn kollega, familielid, โn politikus, โn vyand...ย Wat sal dit vat vir jou om daardie persoon lief te hรช?
Ons almal weet hoe seer dit ons maak as iemand wat sรช hulle is lief vir ons, iets doen wat ons vertroue in hulle verbreek.ย As dit een keer gebeur, is dit nog redelik maklik om hulle te vergewe en om aan te beweeg.ย Maar as dit oor en oor gebeur, dan het jy nogal goeie rede om daardie persoon se liefde in twyfel te trek.
As gelowiges, is ons veronderstel om ander lief te hรช soos ons onsself het (Matt. 22:39; Mark. 12:31; Luk. 10:27).ย Tog behandel ons sรณ dikwels ander mense baie liefdeloos.ย En ja, ons almal doen dit.ย Ons is maar almal skuldig daaraan.ย Maar dit hoef nie so te wees nie.ย Daar is eintlik geen rede dat ons so is nie.
Ons gewildste verskoning is natuurlik dat ons โook maar net mense isโ.ย Maar ons maak nie staat op menslike liefde nie!ย Dit is nie die Rots waarop ons bou nie.ย Hoor wat skryf Johannes in 1 Johannes 4:7-8 (AFR20):
โโท๐บ๐๐๐๐๐๐๐๐ , ๐๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐โ๐ฬ, ๐ค๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ข๐๐ก ๐บ๐๐, ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐๐โ๐๐ก, ๐๐ ๐ข๐๐ก ๐บ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐บ๐๐. โธ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐โ๐๐ก ๐๐๐, โ๐๐ก ๐บ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐, ๐ค๐๐๐ก ๐บ๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐.โ
God is liefde.ย Alles wat goed en liefdevol is en wat liefde wys, kom van Hom.ย Hy is die bron van liefde.ย As God se kinders, het ons heeltyd toegang tot Sy liefde.ย Wanneer ons sukkel om ander lief te hรช, hoef ons God net te vra vir Sy liefde.ย Dit is tog wat God wil hรช: dat Sy liefde die wรชreld in verkondig en geleef word.ย As ons nie God se liefde vir ander mense wys nie, gee ons hulle โn rede om te twyfel of God se liefde werklik in ons is of nie โ selfs om te twyfel of God se liefde werklik bestaan.ย En wanneer twyfel eers inkruip, begin vertroue by die agterdeur uitloop.
Laat ons God elke dag beter leer ken.ย Laat ons Sy liefde vir mekaar hรช.ย Mag ons dit deel met ander.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐ :
Jy weet wat dit gaan vat om daardie ander persoon lief te hรช; om jouself lief te hรช...ย Kry dit by God.
๐ฒ๐๐๐๐ย :
Almagtige, liefdevolle God, dankie dat U ons liefhet.ย Dankie dat U U liefde aan ons beskikbaar stel.ย Skenk aan ons U liefde vir ander, wanneer ons dit nie uit ons eie kan doen nie.ย Amen
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Die laaste paar dae het ek net weer besef dat mense maar mense bly en dat hulle opinies oor ander mense en oor my eintlik saak maak.ย Ek sรช gedurig vir myself dat ek nie in โn gewildheidskompetisie is nie en, alhoewel dit waar is, is wat ek doen, hoe ek dit doen en wat ek sรช belangrik.ย
Soms sรช of doen ons iets wat ander mense omkrap of ons doen nie iets nie en dit krap hulle ook om.ย Wanneer ander mense omgekrap is, dan het hulle elkeen hul eie manier om dit te wys.ย Sommige sal reguit vir jou sรช dat wat jy gesรช of gedoen het hulle ongelukkig gemaak het, terwyl ander eerder dit vir hulself hou.ย Ander weer, sal eerder met iemand anders daaroor praat en probeer om iemand aan hulle kant te kry en sodoende word jy skielik in slegte lig geplaas by meer as een mens.ย Dit is nie lekker nie en is, om eerlik te wees, heeltemal onregverdig.ย Maar, mense bly maar mense...
In enige van hierdie scenarioโs het ons โn keuse, soos met enige konflik situasie: ons kan veg of ons kan vlug.ย Wanneer ons vlug, bewaar ons dikwels die vrede tussen ons en die ander party, maar is dit dalk ons reputasie wat daaronder lei.ย Wanneer ons veg, kan dit dalk die verhouding met die ander party skade doen en selfs vernietig.ย So, wat maak ons?ย Ons veg met liefde.ย Hoe doen ons dit?ย Spreuke 4:23 (AFR83) sรช: โยฒยณ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐๐๐ก๐๐ ๐๐๐ก ๐ค๐๐ก ๐๐ ๐๐๐ข โ๐๐๐ก ๐๐๐๐๐๐, ๐ค๐๐๐ก ๐๐๐ก ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ข โ๐๐๐ ๐๐๐ค๐.โ
Wanneer ons probeer om konfliksituasies op te los, moet ons vir eers vergeet van die ander party en ook onsself.ย Ons moet fokus op die oorsaak van die konflik en ook die gevolge daarvan.ย En om die situasie beter te verstaan, moet ons die situasie van alle kante kan bekyk.ย Dit beteken dat jy jouself in die ander persoon se skoene moet plaas en probeer verstaan hoe hulle die saak sien en verstaan.ย As jy die een is wat dalk verkeerd opgetree het, moet jy probeer verstaan hoekom dit die ander persoon ongelukkig maak en hoe jy sou voel as jy daardie persoon was.ย As daar teenoor jou verkeerd opgetree is, probeer om die ander persoon te laat verstaan hoe en hoekom jy voel soos jy voel.ย Maar moenie net veg nie.ย Veg met liefde.ย Kies jou woorde reg.ย Laat vrede in jou hart omgaan en laat dit die situasie en jou lewe bepaal.
Ja, ek en jy is nie hier op aarde om โn gewildheidskompetisie te wen nie en soms gaan mense onredelik wees en om een of ander rede nie van ons hou nie, maar ons moet onthou hoekom ons hier is vir Wie ons lewe.ย Paulus skryf in 2 Korintiรซrs 10:17-18 (AFR20):
โยนโท๐๐๐ โ๐๐ ๐๐ ๐๐๐ก๐ ๐ค๐๐ ๐๐๐๐๐๐, ๐๐๐๐ก โ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐. ยนโธ๐๐๐๐ก ๐๐๐ก ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐ก โ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ฃ๐๐๐, ๐ค๐๐ก ๐๐๐ ๐ก๐๐๐ก๐ ๐๐๐ข๐๐ ๐ก๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐, ๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐ข๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ฃ๐๐๐ ๐ค๐๐๐.โ
Moenie dat jy sรฉlf, jou eie begeertes en eie aansien jou dryfkrag wees nie.ย Moenie dat selfdunk en die eie-ek jou beheer nie.ย Jou opinie maak soms saak en is soms baie belangrik, maar wat vuur dit aan?ย Wat is dit wat in jou hart omgaan?ย Roem op God en laat sy vrede heers in jou hart.ย
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐ :
Vanย watter persone hou ek nie?ย Hoekom nie?ย Hoe laat ek God se Gees my lei in hierdie besluite?ย Laat ek God se vrede heers in my hart?
๐ฒ๐๐๐๐ย :
Here, ek kan nie enige moeilike situasie oplos op my eie nie.ย U Woord en U Gees moet my lei.ย Laat u vrede in my hart regeer en help my om nie te liggeraak te wees oor mense se opinies en praatjies nie.ย Help my om te onthou dat ek in U, Here Jesus Christus, die toets sal deurstaan en dat alle lof en eer aan U behoort.ย Stort u vrede oor my lewe.ย Amen
Here God almagtig!ย U is groter as wat ek ooit sal verstaan.ย U is die belangrikste in my lewe.ย Herinner my gereeld daaraan, want ek laat myself so gou vergeet.ย Mag ek in U teenwoordigheid wees?ย Dankie dat U โn almagtige God is wat alles kan uitwis deur dit net te dink, maar tog ook โn ewig liefdevolle en genadige God wat my Vader is en my toevou in U liefde.ย Ek loof en prys U.ย Amen
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Wat is die mees vreesaanjaende herinnering wat jy het?ย Vir sommige mense is dit iets waaraan hulle nie eers herinner wil word nie, en as ek dalk vandag jou daaraan herinner, is ek jammer.ย Maar tog, almal van ons het iewers in ons lewens iets heeltemal skrikwekkend beleef.ย Vir party mense is dit dalk eenvoudig net โn groot skrik gewees, vir ander was dit dalk โn geval van lewe en dood.ย Meeste van ons was al in โn situasie waar ons baie versigtig moes optree, waar enige skielike beweging of verkeerde handeling baie slegte gevolge vir ons kon hรช.
Regdeur die Bybel en ook in meeste van hierdie dagstukkies, word ons aangeraai om God se teenwoordigheid te soek, maar veral in die Ou Testament word ons gewaarsku om sommer net heel gemaklik in God se teenwoordigheid in te gaan.ย Sommerso asof Hy een van ons is...ย Asof ons vergeet van Sy ontsagwekkende wonderlikheid...ย Sy almag en krag...ย Sy beheerde toorn in die lig van ons sondigheid...
Wanneer Jesaja die tempel binnegaan en bewus word van die teenwoordigheid van โn heilige God, is dit redelik ongelooflik.ย Onthou, tot op hierdie punt in die verhaal โ dis nou Jesaja 1-5 โ herinner Jesaja mense aan hรบlle sondigheid.ย Jesaja doen wat hy opdrag voor gekry het.ย Hy is moeg vir die mense se sonde.ย Hy is moeg vir alles wat so sleg is in die wรชreld.ย Hy is sommer net moeg...ย Klink bekend, nรจ?ย Hoor weer wat gebeur toe Jesaja in God se teenwoordigheid kom:
โยน๐ผ๐ ๐๐๐ ๐ ๐ก๐๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ ๐๐ โ๐๐ก ๐๐ ๐๐ฆ ๐ป๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐ก ๐๐ '๐ โ๐๐ฬ ๐๐ ๐ฃ๐๐โ๐๐ค๐ ๐ก๐๐๐๐. ๐ท๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐ โข๐ก๐๐๐๐๐ ๐๐๐ฃ๐ข๐. ยฒ๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐ ๐ป๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐ก๐๐๐. ๐ธ๐๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐ ๐๐โ๐๐: ๐๐๐ก ๐ก๐ค๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐๐๐๐ ๐ ๐ฆ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐, ๐๐๐ก ๐ก๐ค๐๐ โ๐๐ก โ๐ฆ ๐ ๐ฆ ๐ฃ๐๐๐ก๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ก ๐ก๐ค๐๐ ๐๐๐ โ๐ฆ ๐ฃ๐๐๐๐. ยณ๐ป๐ข๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ฬ: โ๐ป๐๐๐๐๐, โ๐๐๐๐๐, โ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐, ๐ป๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐ก๐! ๐ท๐๐ โ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ ๐ฆ โ๐๐๐๐๐๐โ๐๐๐.โ โด๐ท๐๐ ๐๐๐ข๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ข๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐๐๐ค๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ข๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐๐๐๐. ๐ท๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐ฃ๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ค๐๐๐. โต๐ธ๐ โ๐๐ก ๐๐๐ ๐ฬ: โ๐๐๐ ๐๐ฆ, ๐ค๐๐๐ก ๐๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐! ๐๐๐๐ก ๐๐ ๐๐ '๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐, ๐๐ ๐๐ฆ '๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐. ๐ฝ๐, ๐๐ฆ ๐๐ฬ โ๐๐ก ๐๐๐ ๐พ๐๐๐๐๐, ๐๐๐ ๐ป๐๐๐, ๐ป๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐ก๐, ๐๐๐ ๐๐๐.โ โถ๐ธ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐ โ๐๐ก ๐๐ ๐๐ฆ ๐ก๐๐ ๐๐๐ฃ๐๐๐๐ ๐๐๐ก '๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ฆ โ๐๐ ๐ค๐๐ก โ๐ฆ ๐๐๐ก '๐ ๐ก๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ก๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ โ๐๐ก. โท๐ป๐ฆ โ๐๐ก ๐๐ฆ ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ฬ: โ๐พ๐ฆ๐, ๐๐๐ก โ๐๐ก ๐๐๐ข ๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐, ๐๐๐ข ๐ ๐๐๐๐๐ ๐๐ข๐๐ โ๐๐ก ๐๐๐ค๐ฆ๐, ๐๐๐๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ข ๐ ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐.โ โธ๐๐๐ โ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐ก๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐ฆ ๐ป๐๐๐ ๐ค๐๐ก ๐ ๐ฬ: โ๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐ธ๐ ๐ ๐ก๐ข๐ข๐ ๐๐ ๐ค๐๐ ๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐?โ ๐ธ๐ ๐ ๐ฬ ๐ก๐๐: โ๐ป๐๐๐ ๐๐ ๐๐, ๐ ๐ก๐ข๐ข๐ ๐๐ฆ!โโ โ Jesaja 6:1-8 (AFR20)
Skielik word Jesaja herinner aan sy eie sonde.ย Hierdie pragtige beeld van God in die troonkamer is in die Skrif om ons te help om nooit te vergeet dat ons God โn verhewe God is nie.ย As ons in Sy teenwoordigheid kom, moet ons harte klop teen 300km/h.ย Dit moet ons voete lig laat trap, ons hande moet bewe.ย Ons staan voor suiwer dinamiet.ย Voor God kan ons nie wegkom met skynheiligheid nie...ย Ja, ons moet vrees.ย Ons moet ontsag hรช.ย Ons moet nederiger as nederig wees.
Maar: met hierdie beeld geanker in ons gedagtes, is dit nie ongelooflik dat dieselfde God ons liefhet en Homself in tere liefde ons Vader noem nie?ย Laat die kontras van hierdie twee ongelooflike waarhede hulself diep in ons harte begrawe.
๐ฒ๐๐๐๐ย :
Here God almagtig!ย U is groter as wat ek ooit sal verstaan.ย U is die belangrikste in my lewe.ย Herinner my gereeld daaraan, want ek laat myself so gou vergeet.ย Mag ek in U teenwoordigheid wees?ย Dankie dat U โn almagtige God is wat alles kan uitwis deur dit net te dink, maar tog ook โn ewig liefdevolle en genadige God wat my Vader is en my toevou in U liefde.ย Ek loof en prys U.ย Amen
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Wat is ware wysheid?ย Is dit slim besluite?ย Hoรซ intelligensie?ย Ons dink dikwels aan wysheid as โn tipe intelligensie, maar probeer om hierdie definisie na die boek Spreuke te bring en jy kom gou agter dat nie alle dinge ware wysheid is nie.ย As ons kyk na die groot aantal onderwerpe wat onder die opskrif โwysheidโ gedek word, is dit maklik om wanhopigย te raak in jou soeke vir gelyke grond, want die opskrif handel oor wye onderwerpe soos vakmanskap, wetenskaplike kennis, etiket, filosofie, sielkunde, politiek, sosiologie en regsleer, om maar net โn paar te noem.ย Vรชrder, dring die teks by meer as een geleentheid daarop aan dat die โvrees (of ontsag) vir die Hereโ die begin of grondslag van wysheid is (Spreuke 1:7; 9:10; 15:33). โยนโฐ๐ท๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ค๐ฆ๐ โ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ก๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐, ๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ป๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐.โ (Spr. 9:10 AFR20)ย So, sรช dit dan vir ons dat nie een van daardie dissiplines suksesvol aangepak kan wees sonder โn vrees vir die Here nie?
As ons kyk na die manier waarop mense in die antieke wรชreld gedink het, is dit moontlik dat ons die Bybelse manier om dit alles te verstaan, die beste kan vasvang deur te dink in terme van โn integrasie van wรชreldbeskouing.ย In die antieke wรชreld, insluitend Israel, was orde โn belangrike waarde.ย Die skepping het orde in die kosmos gebring; die reg het orde in die samelewing gebring; etiket het orde in menseverhoudings gebring; politiek het orde in bestuur en gesag gebring.ย Antieke wysheid kan dan verstaan word as die strewe na begrip en behoud van orde in die wรชreld.ย Wysheid is teenwoordig wanneer orde waargeneem, nagestreef en bewaar word.ย Die mense wou hรช dat hul wรชreldbeskouing soos โn legkaart inpas โ volledig geรฏntegreer, met elke stuk in die regte verhouding tot die ander.
Hulle het die vrees van die Here gesien as die hoeksteen van hierdie integrasieproses.ย Om โdie Here te vreesโ beteken om Sy persoon en rol ernstig op te neem.ย Orde in die kosmos kon slegs verstaan word deur erkenning van die Een wat orde gebring het.ย Orde kon slegs in die samelewing en in die lewe behoue bly deur God se vereistes en verwagtinge te verstaan.ย Op hierdie manier kan wysheid gesien word as die basiese kennis of vaardigheid wat met spesifieke dissiplines verband hou.
โn Dwaas (of enige van die ander sinonieme wat gebruik word om so โn persoon te beskryf) was iemand wat deur hul gedrag of denke wanorde op enige van die terreine ingebring het.ย Verder sou โn dwaas iemand wees wat nie die Here vrees nie en daarom probeer het om samehang te vind in iets of iemand anders โ gewoonlik hulself.
Ongelukkig floreer vandag se wรชreld op chaos โ of hulle dink hulle floreer.ย Dit is โn tipe van โn georganiseerde chaos, maar dit is steeds chaos.ย In ons land is daar nie meer wet en orde nie, en dit syfer deur in ons huise en die volgende geslag.ย Mense is dwaas, want hul soek nie meer die ware Wysheid nie.ย Hulle vrees nie meer die Here nie.ย Daar is geen ontsag nie.ย
Moenie โn dwaas wees nie.ย Vrees die Here.ย Skep orde in jou lewe.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐ :
Hoe laat ek die gees van die tyd my meesleur?ย Is God die belangrikste in my lewe?ย Het ek die nodig ontsag vir Hom?
๐ฒ๐๐๐๐ย :
Here, die wรชreld is deurmekaar en mense het vergeet Wie U is.ย Mense het vergeet dat ons in U orde moet bly en dat dit ons werk is om U orde te handhaaf in die skepping en in ons lewens.ย Help my om dit in my lewe te doen.ย U is Wysheid.ย Laat my meer van U kry.ย Amen
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
โโท๐๐๐๐โ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐,
๐ค๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ข ๐บ๐๐๐ ;
๐ค๐๐๐โ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐ฃ๐๐ข๐,
๐ค๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ข ๐ก๐๐๐๐ค๐๐๐๐๐๐โ๐๐๐?
โธ๐พ๐๐๐ ๐๐ ๐๐ ๐๐ ๐๐๐ โ๐๐๐๐ โ ๐ ๐๐ ๐๐๐๐;
๐๐๐๐ ๐๐ฬ ๐๐ ๐๐ ๐๐๐ โข๐๐๐๐๐๐ฆ๐ โ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐ ๐!
โน๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐,
๐๐๐๐ ๐ค๐๐๐ ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐;
ยนโฐ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐ข โ๐๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐,
๐ข ๐๐๐๐ก๐๐โ๐๐๐ ๐๐ฆ ๐ฃ๐๐ โ๐๐ข.
ยนยน๐ธ๐ ๐๐ ๐ ๐ฬ ๐๐,
โ๐ด๐ ๐๐ข๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐๐ ๐๐๐ก ๐ค๐๐ ๐ฃ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐ ๐๐ฆ ๐๐๐ ๐ค๐๐๐โ,
ยนยฒ๐๐ ๐ ๐๐๐๐ ๐๐ข๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐ ๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐,
๐๐๐๐ ๐ ๐๐ฆ๐ ๐๐๐ ๐ ๐ ๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐,
๐๐ ๐๐๐ ๐๐ข๐๐ ๐ก๐๐๐๐๐ ๐ ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐. โ
โ Psalm 139:7-12 (AFR20)
Alomteenwoordigheid โ Een van God se ontelbare eienskappe.ย Ja, ons Here is op dieselfde tyd oral.ย Hy IS die soewereine God van die heelal.
Ons God is altyd teenwoordig!ย Daar is geen plek waar Hy nie is nie.
โJy is nooit ooit alleen nie!โย Hoor jy wat die Here vandag vir jou deur hierdie Psalm kom sรช?ย Hy bedoel wat Hy sรช as Hy vandag weer in Sy ewige Woord verklaar dat jy NOOIT alleen is nie, want Hy is ALTYD by jou, oral waar jy gaan.
Dit maak nie saak hoe chaoties die wรชreld kan word of selfs lyk nie; dit maak nie saak wat ons in die lewe deurgaan nie, watter moontlike lyding en worsteling ons dalk moet verduur nie, ons het vandag en elke dag โn VERSEKERING dat God by ons is!
Waar ook al die lewensreis jou neem, of dit nou in die diepte van die lewens-valleie is, of in die bergtoppe van sukses, soggens, middag of saans, op die stormsee van die lewe, in oorwinning of nederlaag, in goeie of slegte tye, in hartseer of blydskap, in siekte of in goeie gesondheid, in gevaar of swaard, in hoop of in wanhoop, in die duisternis van die middernagtelike uur of in die lig van die dag, het ons โn Helper, 'n ewige Here, God self, wat intree vir ons en ons nooit alleen laat nie.ย Sy naam is Jesus!
Dit maak nie saak wat die vyand of die wรชreld jou wil laat glo nie, God se verklaring regdeur Sy Woord, sรชย vir jou dat jy NOOIT alleen is nie en dat Hy ALTYD by jou is.
In Jesaja 55:11 sรช God ook Sy Woord sal nie vrugteloos na Hom toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Hy wil hรช en dit sal die doel bereik waarvoor Hy dit gestuur het.ย In Johannes 1 hoor ons ook dat Jesus self die Woord is.ย Deur Jesus en die lewende Woord van God โ die Bybel โ weet ons dus dat God se Woord waar is en kan ons met โn geruste hart elke dag begin, dit aanpak en dit afsluit met die wete dat God ALTYD daar is.
God se beloftes is ewig aan diegene wat Hom op sy Woord sou neem en glo dat dit waar en eg is.ย Dat dit waarlik die Woord van God is.
โJy is nooit alleen nie!โ โn Belofte vanuit die hemel tot op die aarde uitgegiet aan almal wat deur geloof sou glo dat ons God die Groot โEK ISโ is, dat Hy liefde is, en dat Sy wil die beste is.
Die boodskap van God se Woord, is diรฉ van โn oneindig liefdevolle God โ die enigste God โ wat nooit ophou belangstel is Sy skepsels nie, wat nooit ophou betrokke wees nie, wat ons nooit alleen los nie.ย Neem hierdie belofte van teenwoordigheid aan, laat dit deel word van wie jy is en deel dit met ander vandag.
๐ฒ๐๐๐๐ย :
Almagtige, alomteenwoordige God, waarheen kan ons gaan om van U teenwoordigheid weg te kom?ย Nรชrens!ย Want as ons hier of daar aankom, is U reeds daar!ย Dit is vir ons goed Here, want ons wil nooit sonder U wees nie.ย Dankie Here.ย Amen
Vir watter ramp vrees ek?ย Is my persoonlikheid geneig om bekommerd te wees oor rampe en slegte gebeure?ย ย Hoe kan ek my vrees โn bietjie verminder in terme van bekommernisse?
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Wanneer ons klein is, raak ons maklik bang vir allerhande dinge.ย Gelukkig word ons weer vinnig gerusgestel deur ons ouers en ons weet dat as hulle daar is om ons te beskerm, is alles weer goed.ย Maar wanneer ons ouer word, is ons nie meer bang vir enigiets nie...ย Nee, natuurlik is ons nogsteeds bang vir baie dinge, maar ons sรช dit nie en ons wys dit nie.ย Wat erger is, as ons kinders het, en hulle is bang, dan is ons ook bang.ย Ons maak allerhande vreemde scenarios in ons gedagtes op, ons verbeel ons allerhande soort onheil en ongeluk en gaan haal dikwels sommer 4 bobbejane agter โn bult wat nie eers bestaan nie.ย Ons lรช soms wakker met daardie โwat asโ vrae.ย Wat as hulle in โn ongeluk is?ย Wat as hulle nie goed doen nie?ย Wat as dit en wat as dat?
Dit is tog normaal dat ons die โwat asโ vrae vra oor ons geliefdes.ย Dit is die mense wat God ons gegee het om naby aan ons te wees en dit is die mense waarvoor ons baie lief is.ย Maar, alhoewel daar ter eniger tyd enigiets kan gebeur, moet ons nie dat hierdie vrees ons oorweldig nie.ย Ons moet dinge in die regte perspektief benader en dit daar hou.
Die realiteit is dat sommige gebeurtenisse in jou en jou kinders en jou geliefdes se lewens sal plaasvind waarvan jy nie hou nie of wat jy nie wil hanteer nie โ miskien selfs โn tragedie.ย Slegte voorvalle is deel van die menslike ervaring.ย Maar โn mens en veral โn ouer wat hierdie werklikheid aanvaar en van die Here afhanklik is, sal beter voorbereid wees in geval van โn werklike ongeluk of tragedie.ย Kyk, niemand wรญl voorberei op โn ramp nie, maar dit is verstandig om dit wel te doen.
Salomo skryf in Spreuke โn hele paar goeie wyshede wat ons leer hoe om moeilike situasies te hanteer, maar hy gee ook heelwat goeie raad oor hoe om voorbereid te wees.ย In Spreuke 3:25-26 (AFR20) vind ons sulke raad.ย Hy sรช:
โยฒโต๐ฝ๐ฆ โ๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ก๐ ๐ค๐๐๐ ๐ฃ๐๐ '๐ ๐๐๐ฃ๐๐๐ค๐๐๐ก๐ ๐ฃ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐,
๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐ ๐ก๐๐๐๐ ๐๐๐๐ ๐ฃ๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ค๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ ๐๐๐.
ยฒโถ๐๐๐๐ก ๐๐๐ ๐ป๐๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐ข ๐ ๐ฆ ๐ค๐๐๐ ,
๐๐ ๐ป๐ฆ ๐ ๐๐ ๐๐๐๐ ๐๐๐ก ๐๐๐ข ๐ฃ๐๐๐ก ๐๐ '๐ ๐ ๐ก๐๐๐ ๐ก๐๐๐.โ โ Spreuke 3:25-26 (AFR20)
As ons mooi terugdink oor ons lewens, dink daaraan en kyk mooi hoe ons soewereine God die sogenaamde โrampeโ wat jy beleef het deurgewerk het en hoe dit jou verhouding met Hom in werklikheid verdiep het.ย Dieselfde proses sal by jou kinders en jou geliefdes gebeur as hulle die Here vertrou terwyl hulle beproewinge ondervind.
๐ฎ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐ฎ๐๐ ๐๐๐.ย ๐ฝ๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐ฏ๐๐ ๐๐ ๐ ๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐ ๐๐ ๐๐ ๐๐๐๐๐๐.
๐๐ ๐ ๐ ๐ฃ ๐ฅ๐ ๐๐๐๐ ๐ง๐๐๐๐๐ :
Vir watter ramp vrees ek?ย Is my persoonlikheid geneig om bekommerd te wees oor rampe en slegte gebeure?ย ย Hoe kan ek my vrees โn bietjie verminder in terme van bekommernisse?
๐ฒ๐๐๐๐ย :
Here, U sรช vir ons in U woord soveel kere dat ons nie bang hoef te wees nie โ ons hoef niรฉ te vrees nie โ en tog laat ons ons menslikheid, die duiwel en omstandighede so dikwels toe om ons gemoed swaar van kommer en vrees te maak.ย Dankie Here, dat U altyd aan my sy is en dat U sal keer dat my voet in โn strik trap.ย Dankie dat U dit ook doen vir my geliefdes.ย Ek weet dat ongeluk en slegte gebeure nie onvermydelik is nie, maar ek vertrou op U dat, as dit wel kom, U ook daar aan my sy sal wees en dat U my daardeur sal dra โ soos U nog altyd het.ย Skenk aan my U vrede deur my vertroue in U.ย Amen
ย
ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ
Alle inhoud van hierdie webtuiste kan met liefde gedeel word om 'n verskil te maak in iemand se lewe.ย Jy mag egter nie die inhoud verkoop of her-produseer om enigsins munt te slaan daaruit nie.ย Mag die Here jou seรซn en mag jy God se vrede wat alle verstand te bowe gaan ervaar in jou lewe!
Ds. Christo Schoemanย ยทยทยทแถแดถหขยทยทยท ยฉ