Hieronder is 'n lys van die oordenkings met 'n skakel wat lei na teks en 'n klankgreep.
Keer gerus terug na hierdie skakel so elke nou en dan en kyk of daar dalk nuwe sielskos is vir jou.
(Kliek op die skakel en dan op die naam of afpyltjie om die boodskap te sien of die skakel te kry vir die klankgreep.)
Kliek ook gerus op die "Oordenkings" skakel (menu) daarbo 👆🏻 om by die ouer oordenkings uit te kom.
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟏𝟏-𝟎𝟐 – “𝐋𝐢𝐞𝐟𝐝𝐞 𝐢𝐬...” (𝐃𝐞𝐞𝐥 𝟔) (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
𝘕𝘢 𝘷𝘦𝘳𝘭𝘦𝘥𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 “𝘎𝘰𝘥 𝘐𝘚...” 𝘣𝘰𝘰𝘥𝘴𝘬𝘢𝘱𝘱𝘦, 𝘩𝘦𝘵 𝘦𝘬 𝘨𝘦𝘥𝘪𝘯𝘬 𝘰𝘮 𝘸𝘦𝘦𝘳 𝘥𝘪𝘦 𝘣𝘰𝘰𝘥𝘴𝘬𝘢𝘱𝘱𝘦 𝘷𝘢𝘯 “𝘓𝘪𝘦𝘧𝘥𝘦 𝘪𝘴...” 𝘸𝘢𝘵 𝘦𝘬 𝘮𝘦𝘦𝘳 𝘢𝘴 𝘵𝘸𝘦𝘦 𝘫𝘢𝘢𝘳 𝘨𝘦𝘭𝘦𝘥𝘦 𝘨𝘦𝘴𝘵𝘶𝘶𝘳 𝘩𝘦𝘵, 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘸𝘦𝘦𝘳 𝘵𝘦 𝘴𝘵𝘶𝘶𝘳. 𝘚𝘦𝘦̈𝘯 𝘦𝘯 𝘷𝘳𝘦𝘥𝘦 𝘷𝘪𝘳 𝘫𝘰𝘶.
Ons het hierdie week gekyk na wat in die 2020 Afrikaanse vertaling die opskrif het van “Rigtingwysers vir gelowiges” in Romeine 12:9-21. Paulus het hierdie gedeelte geskryf vir die gemeente in Rome om hulle daaraan te herinner dat wanneer God, deur Sy Heilige Gees, ons denke vernuwe, ons gevul word met God se liefde. Hierdie is nie aardse, wêreldse liefde nie, maar ’n liefde wat ons meer as dikwels verbaas. Hierdie liefde is rein, opreg, innig, eervol, produktief en prakties, vergewensgesind, nederig en empaties as ons dit begin toon teenoor ons naaste – en veral teenoor ons medegelowiges. Paulus sluit dan die gedeelte af in verse 17 tot 21:
“𝑀𝑜𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑 𝑚𝑒𝑡 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑙𝑑 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑟𝑖𝑔 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑑𝑎𝑔𝑡𝑒𝑠 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑖𝑠. 𝐴𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑚𝑜𝑜𝑛𝑡𝑙𝑖𝑘 𝑖𝑠, 𝑠𝑜𝑣𝑒̂𝑟 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑓ℎ𝑎𝑛𝑔, 𝑙𝑒𝑒𝑓 𝑖𝑛 𝑣𝑟𝑒𝑑𝑒 𝑚𝑒𝑡 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒. 𝐺𝑒𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒𝑠, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑟𝑒𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑟𝑢𝑖𝑚𝑡𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙. 𝐷𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓: “𝐴𝑎𝑛 𝑀𝑦 𝑘𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑡𝑜𝑒; 𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑙𝑑,” 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒. 𝑀𝑎𝑎𝑟: “𝐴𝑠 𝑗𝑜𝑢 𝑣𝑦𝑎𝑛𝑑 ℎ𝑜𝑛𝑔𝑒𝑟 𝑖𝑠, 𝑔𝑒𝑒 ℎ𝑜𝑚 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑜𝑚 𝑡𝑒 𝑒𝑒𝑡; 𝑎𝑠 ℎ𝑦 𝑑𝑜𝑟𝑠 𝑖𝑠, 𝑔𝑒𝑒 ℎ𝑜𝑚 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑜𝑚 𝑡𝑒 𝑑𝑟𝑖𝑛𝑘. 𝐷𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑡 𝑡𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛, 𝑠𝑡𝑎𝑝𝑒𝑙 𝑗𝑦 𝑣𝑢𝑟𝑖𝑔𝑒 𝑘𝑜𝑙𝑒 𝑜𝑝 𝑠𝑦 ℎ𝑜𝑜𝑓.” 𝑀𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑 𝑗𝑜𝑢 𝑜𝑜𝑟𝑤𝑖𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑜𝑟𝑤𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒.” (Romeine 12:17-21 AFR20)
Paulus plaas weer klem op hoe ons moet optree teenoor ons “vyande”, want hierdie was nog altyd vir ons as mense ’n probleem gewees. Omdat ons té dikwels meer gepla is oor ons eie voordeel en ons eie aansien, is dit vanselfsprekend dat ons nogsteeds die Ou-Testamentiese “oog vir ’n oog” benadering wil volg as mense ons seermaak. As ons nie self iets daaraan kan doen nie, dan sê ons mos: “Toemaar, die wiel draai...” Ons neem nie self wraak nie, maar in ons harte hoop ons dat God, of iemand anders, asseblief tog net vir daardie persoon hul verdiende loon sal laat kry. Maar, weet jy, dit is mos net so goed soos wraak neem, is dit nie?
Nee, Paulus leer hier, soos Jesus geleer het, dat ons ons nie moet ophou met hierdie tipe dinge nie, want dan kan God se liefde nie behoorlik deur ons vloei nie. As ons ons tyd en energie – selfs net in ons gedagtes – begin spandeer aan wraak en allerhande negatiewe gedagtes, hoe gaan ons tyd en plek maak vir die goeie? Hoe gaan ons die goed in mense kan raaksien as ons vaskyk in mense se foute? As God só na ons moes kyk, was ons almal nog baie verlore gewees. Daarom skryf Paulus al in Romeine 3:9-31 dat daar nie een van ons is wat regverdig is voor God nie, want niemand van ons is sonder sonde nie. Maar, gelukkig vir ons, is die finale sondeoffer gemaak deur Jesus Christus aan die kruis en word daar vir ons verlossing en versoening gebied deur ons geloof.
Die gedagte van hierdie genade en groot liefde wat God aan ons bewys het, toe ons nog sondaars was – voor ons Hom geken het – moet ons eerder dryf om goed te doen aan selfs ons “vyande”. Ons moet leer om die goed raak te sien en daarop te fokus, sodat hulle ook gered kan word. God sal wraak neem indien nodig, of God sal genade betoon vir die sondaar soos Hy vir jou doen. Wanneer ons siele begin om deurdrenk te wees met God se liefde wat deur Sy Gees ons denke en harte verander, begin ons vrede maak met mense wat teenoor ons sondig en ons seermaak. Ons kyk nie sommer maar net die ander rigting in en word fisiese of emosionele slaansakke nie. Nee, ons stap soms weg, want ons weet dat God sal optree en oordeel. Ons maak vrede, omdat God in beheer is. Ons laat eerder toe dat God se vrede oor ons heers – nie die kwaad nie.
𝑳𝒊𝒆𝒇𝒅𝒆 𝒊𝒔... 𝒊𝒏𝒏𝒆𝒓𝒍𝒊𝒌𝒆 𝒗𝒓𝒆𝒅𝒆.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Hoe kan ek in ware liefde begin optree teenoor my sogenaamde “vyande”?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Almagtige God en Vader, wanneer ek soms wonder oor wat ware liefde is, kan ek maar net weer kyk na die kruis. Here Jesus, U het ons kom wys wat liefde is. Gee asseblief dat ek die liefde wat U vir my het, kan uitdeel aan ander. Mag ek my mede-gelowiges, ongelowiges en selfs my vyande liefhê met rein, opregte, innige, eervolle, produktiewe, praktiese, vergewensgesinde, nederige, empatiese liefde. Mag ek só liefhê en U vrede in my lewe ervaar. Mag dít my gedagtes en emosies heers, omdat dit van U kom. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟏𝟎-𝟑𝟏 – “𝐋𝐢𝐞𝐟𝐝𝐞 𝐢𝐬...” (𝐃𝐞𝐞𝐥 𝟒) (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
𝘕𝘢 𝘷𝘦𝘳𝘭𝘦𝘥𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 “𝘎𝘰𝘥 𝘐𝘚...” 𝘣𝘰𝘰𝘥𝘴𝘬𝘢𝘱𝘱𝘦, 𝘩𝘦𝘵 𝘦𝘬 𝘨𝘦𝘥𝘪𝘯𝘬 𝘰𝘮 𝘸𝘦𝘦𝘳 𝘥𝘪𝘦 𝘣𝘰𝘰𝘥𝘴𝘬𝘢𝘱𝘱𝘦 𝘷𝘢𝘯 “𝘓𝘪𝘦𝘧𝘥𝘦 𝘪𝘴...” 𝘸𝘢𝘵 𝘦𝘬 𝘮𝘦𝘦𝘳 𝘢𝘴 𝘵𝘸𝘦𝘦 𝘫𝘢𝘢𝘳 𝘨𝘦𝘭𝘦𝘥𝘦 𝘨𝘦𝘴𝘵𝘶𝘶𝘳 𝘩𝘦𝘵, 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘸𝘦𝘦𝘳 𝘵𝘦 𝘴𝘵𝘶𝘶𝘳. 𝘚𝘦𝘦̈𝘯 𝘦𝘯 𝘷𝘳𝘦𝘥𝘦 𝘷𝘪𝘳 𝘫𝘰𝘶.
Om ware liefde te betoon in hierdie wêreld is dikwels baie uitdagend. Nie omdat dit ander mense uitdaag nie, maar omdat dit onsself uitdaag om anders op te tree as wat ons gewoond is of dalk geleer is. Die gevolg is, natuurlik, dat dit dan die ander persoon dalk ook sal uitdaag om anders te reageer of dalk anders te dink.
Wanneer ons ons denke laat vernuwe deur die Heilige Gees, kom ons agter dat baie gevoelens saam met nuwe denke kom. Ons harde harte en koue skouers begin skielik anders word. Ons begin meer geduld vorendag bring en ons geesdriftigheid om die Here te dien neem toe. Deur gebed leer ons ook om met nuwe oë na die wêreld om ons te kyk en begin ons sien waar God se Gees reeds werk en kan ons daarby aansluit. Ons fokus op die goeie en ons begin die kwaad vermy. (vgl. Rom. 12:9-13)
Wanneer ons dan vêrder lees wat Paulus geskryf het, kom ons agter dat die volgende riglyne of rigtingwysers ons nogal erg uitdaag. Hy skryf in Rom. 12:14 (AFR20): “𝑆𝑒𝑒̈𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑟𝑠; 𝑗𝑎, 𝑠𝑒𝑒̈𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑚𝑜𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑙𝑜𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒.”
Nou ja, ons word nie regtig in ons land as Christene vervolg nie, maar ons kry definitief deesdae baie teenkanting en kritiek. Mense soek as’t ware redes om nie meer te glo nie en om die Christelike geloof en die kerk te diskrediteer en verkleineer. Vir alles in die lewe het jy mos ’n keuse en mense moet mos staan op hul regte van vrye wil, sê hulle. Dan kies mense om eerder agnosties en apaties te wees. Mense wil nie glo sonder bewyse nie en onttrek hulle eerder van enige omgee of betrokkenheid. Hulle sê mos: “As ek nie betrokke is nie, kan ek nie verantwoordelik gehou word nie”. Alhoewel dit waar is, vergeet hulle, dat hulle wel eendag voor God se troon móét verantwoording doen. Dikwels is dit hierdie mense wat ons seermaak – gewoonlik geestelik en emosioneel. Hulle vervolg, in ’n sekere sin, ons geloof en ons empatie.
Paulus sê “𝑆𝑒𝑒̈𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑟𝑠; 𝑗𝑎, 𝑠𝑒𝑒̈𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑚𝑜𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑙𝑜𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒.” Sjoe, dis nou weer ’n moeilike een hierdie... Maar as ons met nuwe denke en nuwe oë na mense begin kyk, dan sien ons die mens waarvoor God lief is raak. Ons sien hoe verlore daardie mens is. Ons sien dalk hoe ons ook voorheen was. Ons sien raak hoe God selfs in daardie persoon ook ’n wonderwerk kan verrig deur geloof. Ons begin vir daardie persoon te bid. Ja, ons seën hulle. Ons bid dat God hulle sal aanraak in Sy oneindige liefde en genade. Ons bid dat hulle tot bekering sal kom – dat hulle gered sal word. Ons bid vir ons en húlle verlossing. Ons vergewe hulle, want ons weet God sal hulle ook vergewe as hulle hul bekeer.
Kyk, hierdie is vir seker ’n moeilike riglyn om te volg, want mense maak ons dikwels baie seer. Ons moet onsself gereeld daaraan herinner dat ons elke dag al meer en meer soos Jesus wil word. Ons moet onthou dat Jesus self gesê het in Matt. 5:44 dat ons ons vyande moet seën en moet bid vir hulle wat ons vervolg. Ons moet ook vêrder onthou hoe Jesus, nadat Hy gemartel is en aan ’n kruis vasgespyker is vir ons almal se redding, die woorde teenoor sy vyande en vervolgers gespreek het: “𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟, 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑒𝑓 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒.” (Luk. 23:34 AFR20)
𝑳𝒊𝒆𝒇𝒅𝒆 𝒊𝒔... 𝒗𝒆𝒓𝒈𝒊𝒇𝒏𝒊𝒔.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Teenoor wie hou ek dalk nog ’n wrok? Waarom sukkel ek om te vergewe? Kan ek dalk met iemand hieroor praat en saam bid?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Dankie Here Jesus, dat U ons vergewe het vir alles wat met U aan die kruis gebeur het. Help my om te besef dat elke persoon wat my dalk te nakom, net so skuldig is om U aan daardie kruis vas te spyker, as wat ek is. Help my onthou dat U genade vir my genoeg is en dat U genade vir daardie persoon ook meer as genoeg sal wees. Help my om my vyande en vervolgers te seën. Verander hulle harte. Laat hulle U liefde ken. Laat ek dit vir hulle wys. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟏𝟎-𝟑𝟎 – “𝐋𝐢𝐞𝐟𝐝𝐞 𝐢𝐬...” (3) (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
𝘕𝘢 𝘷𝘦𝘳𝘭𝘦𝘥𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 “𝘎𝘰𝘥 𝘐𝘚...” 𝘣𝘰𝘰𝘥𝘴𝘬𝘢𝘱𝘱𝘦, 𝘩𝘦𝘵 𝘦𝘬 𝘨𝘦𝘥𝘪𝘯𝘬 𝘰𝘮 𝘸𝘦𝘦𝘳 𝘥𝘪𝘦 𝘣𝘰𝘰𝘥𝘴𝘬𝘢𝘱𝘱𝘦 𝘷𝘢𝘯 “𝘓𝘪𝘦𝘧𝘥𝘦 𝘪𝘴...” 𝘸𝘢𝘵 𝘦𝘬 𝘮𝘦𝘦𝘳 𝘢𝘴 𝘵𝘸𝘦𝘦 𝘫𝘢𝘢𝘳 𝘨𝘦𝘭𝘦𝘥𝘦 𝘨𝘦𝘴𝘵𝘶𝘶𝘳 𝘩𝘦𝘵, 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘸𝘦𝘦𝘳 𝘵𝘦 𝘴𝘵𝘶𝘶𝘳. 𝘚𝘦𝘦̈𝘯 𝘦𝘯 𝘷𝘳𝘦𝘥𝘦 𝘷𝘪𝘳 𝘫𝘰𝘶.
Voel jy ook partykeer lus om niks te doen nie? Jy word dalk die oggend wakker met ’n swaar gemoed, dalk ’n skeet of kwaal iewers. Jy is net nie lus vir enigiets nie. Wat nog te sê van mense.
Almal van ons beleef daardie sogenaamde “af” dae. Daardie dae wanneer jy later in die dag besef jy moes maar eerder in die bed gebly het. Dinge by die werk loop skeef. Die kinders is moeilik. Die kar gee moeilikheid. Jou vriende is snaaks met jou. Jou vrou of man gee jou nie eers ’n drukkie nie, of wil te veel drukkies gee en jy is nie lus vir ’n drukkie nie. Ja, om “af” te voel is nie lekker nie en daar is nie veel wat jy daaraan kan doen nie... of is daar?
Nou goed, as jou gemoedstoestand is as gevolg van ’n fisiese oorsaak, kan jy mos die regte aanvulling of medisyne kry. As dit is oor ’n geestelike of emosionele oorsaak... kan jy ook die regte aanvulling of medisyne kry! Geestelike welstand is soos fisiese welstand. Jy moet tog gesond eet en probeer aktief bly om te sorg dat jou liggaam gesond is. Net so moet jy ook aanhou werk aan jou geestelike welstand. Paulus skryf vêrder in Romeine 12:11-13 (AFR20):
“𝑀𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑡𝑟𝑎𝑎𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑖𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑡𝑜𝑒𝑤𝑦𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑛𝑖𝑒; 𝑏𝑙𝑦 𝑔𝑒𝑒𝑠𝑑𝑟𝑖𝑓𝑡𝑖𝑔; ℎ𝑜𝑢 𝑣𝑜𝑙 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑡𝑒 𝑑𝑖𝑒𝑛. 𝑉𝑒𝑟𝑏𝑙𝑦 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑜𝑜𝑝; 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑𝑣𝑎𝑠𝑡𝑖𝑔 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑤𝑎𝑎𝑟𝑘𝑟𝑦; 𝑣𝑜𝑙ℎ𝑎𝑟𝑑 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑑. 𝐵𝑒𝑡𝑜𝑜𝑛 𝑚𝑒𝑒𝑙𝑒𝑤𝑖𝑛𝑔 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒ℎ𝑜𝑒𝑓𝑡𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 •ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑒𝑠; 𝑙𝑒̂ 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑡𝑜𝑒 𝑜𝑝 𝑔𝑎𝑠𝑣𝑟𝑦ℎ𝑒𝑖𝑑.”
Sjoe, dis sommer ’n mondvol daardie. Maar, wanneer ons leer om ’n rein, opregte liefde na te streef en uit te leef, kom ons agter dat innige, eervolle liefde vir ons naaste, en veral ons mede-gelowiges, bietjie makliker kom. Maar liefde is nie iets wat jy net gou vir iemand gee nie – dit is ’n volgehoue, aanhoudende aksie. Liefde raak ook nie sommer net op nie – al manier hoe liefde kan kwyn, is as dit vervang word met iets anders. Gewoonlik as ons meer begin fokus op die eie-ek en wat vir “my” belangrik en lekker is, is dit wanneer ons liefde vir ons naaste en ook vir God begin verander. Wanneer God nie meer die belangrikste is nie, begin liefde ook al minder belangrik raak vir ons.
God is ons Bron. Wanneer ons begin uitgeput raak – veral emosioneel en geestelik – is Hy ons bron van krag. Hy is ons aanvulling en medisyne. Selfs fisies, is Hy ons bron van krag, want Hy voorsien en sorg elke dag. Toewyding is makliker as ons geesdriftig is, maar geesdriftigheid is nie altyd maklik nie. Om aan te hou hoop en vas te staan in swaarkry, is nog moeiliker. Wat nog te sê van gasvry wees en in ander se behoeftes te voorsien? Ai, Paulus, hierdie is goeie riglyne, maar dis moeilik!
Weet jy, dit is moeilik. Niemand het gesê dat dit maklik gaan wees om altyd die Here te dien nie. Daarom moet ons weer teruggaan na die eerste 2 verse van hierdie hoofstuk in Romeine om onsself te herinner dat ons nie sommer op ons eie hierdie dinge gaan regkry nie. Ons moet dat die Heilige Gees vir ons nuwe denke gee. Ons moet anders begin dink. Ons moet ons lewe en ons opdrag anders begin sien. Besef jy dat jy nie alleen is hierdie liefdesopdrag nie? Besef jy dat al jou mede-gelowiges – omdat julle God se liefde deel en een is in Christus – dieselfde gedeelde opdrag en selfs behoeftes het?
Ontbreek geesdriftigheid jou? Is jy traag in toewyding? Hou aan om die Here te dien! Ontgaan die hoop jou? Wankel jy in moeilike tye? Hou vas aan jou geloofsgenote wat wel sterk staan – hulle is daar om te help. En as jy sien ander sukkel met hierdie dinge, wees daar vir hulle. Hierdie groot, oneindige liefde van God word gedeel en God gee elke dag vir elkeen van ons soveel daarvan as wat nodig is om uit te deel. Soms moet jy vêrder ontvang van ander en soms moet jy meer uitdeel
𝑳𝒊𝒆𝒇𝒅𝒆 𝒊𝒔... 𝒑𝒓𝒐𝒅𝒖𝒌𝒕𝒊𝒆𝒇 𝒆𝒏 𝒑𝒓𝒂𝒌𝒕𝒊𝒆𝒔.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Vra ek hulp en ondersteuning by die kerk waar nodig? Bied ek my hulp en ondersteuning aan, aan die kerk?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Here, ek voel nie altyd lus vir dinge nie. Kerkwees is ook maar moeilik soms. Dankie dat ek nie alleen kerk is nie. Help my om in moeilike tye hulp te vra. Stuur asseblief die regte mense – gevul met U liefde – wanneer dit nodig is. Stuur my ook, vol van U liefde, om te gaan en te voorsien in ander se behoeftes waar nodig en moontlik vir my. Tot U eer alleen. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟏𝟎-𝟐𝟗 – “𝐋𝐢𝐞𝐟𝐝𝐞 𝐢𝐬...” (𝟐) (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
𝘕𝘢 𝘷𝘦𝘳𝘭𝘦𝘥𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 “𝘎𝘰𝘥 𝘐𝘚...” 𝘣𝘰𝘰𝘥𝘴𝘬𝘢𝘱𝘱𝘦, 𝘩𝘦𝘵 𝘦𝘬 𝘨𝘦𝘥𝘪𝘯𝘬 𝘰𝘮 𝘸𝘦𝘦𝘳 𝘥𝘪𝘦 𝘣𝘰𝘰𝘥𝘴𝘬𝘢𝘱𝘱𝘦 𝘷𝘢𝘯 “𝘓𝘪𝘦𝘧𝘥𝘦 𝘪𝘴...” 𝘸𝘢𝘵 𝘦𝘬 𝘮𝘦𝘦𝘳 𝘢𝘴 𝘵𝘸𝘦𝘦 𝘫𝘢𝘢𝘳 𝘨𝘦𝘭𝘦𝘥𝘦 𝘨𝘦𝘴𝘵𝘶𝘶𝘳 𝘩𝘦𝘵, 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘸𝘦𝘦𝘳 𝘵𝘦 𝘴𝘵𝘶𝘶𝘳. 𝘚𝘦𝘦̈𝘯 𝘦𝘯 𝘷𝘳𝘦𝘥𝘦 𝘷𝘪𝘳 𝘫𝘰𝘶.
As ons wil weet wat liefde regtig is, kan ons natuurlik net kyk na die kruis. Ons kan sien hoe God se liefde mens geword het en al ons sondes op Homself geneem het. Maar as ons hierdie liefde ons eie wil maak en as ons met hierdie tipe liefde wil leef, moet ons ’n plan maak. Romeine 12:1-2 (AFR20) sê:
“𝐵𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠 (𝑒𝑛 𝑠𝑢𝑠𝑡𝑒𝑟𝑠 𝑛𝑎𝑡𝑢𝑢𝑟𝑙𝑖𝑘), 𝑜𝑝 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑎𝑟𝑚ℎ𝑎𝑟𝑡𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑒𝑘 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑢𝑠 𝑛𝑜𝑢 𝑜𝑝 𝑜𝑚 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑖𝑔𝑔𝑎𝑚𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑖𝑘𝑏𝑎𝑎𝑟 𝑡𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑙 𝑎𝑠 '𝑛 𝑜𝑓𝑓𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑 𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔 𝑖𝑠, 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝐺𝑜𝑑 𝑎𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑚𝑙𝑖𝑘. 𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑖𝑛𝑣𝑜𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑜𝑑𝑠𝑑𝑖𝑒𝑛𝑠. 𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘𝑣𝑜𝑟𝑚𝑖𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑒𝑟𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑛𝑢𝑤𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑒𝑛𝑘𝑒, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑘𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠𝑘𝑒𝑖 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑚𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑒𝑛 𝑣𝑜𝑙𝑚𝑎𝑎𝑘𝑡𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠.”
Ja, ons moet heeltemal anders begin dink as hierdie wêreld. Ons moet begin besef dat die wêreld nog altyd vir ons definisies gegee het en gaan gee van wat liefde is, maar dit kom nie naby God se liefde nie. Die onderskeid is eenvoudig: God se liefde is rein, opreg (soos ons gister gehoor het), en vêrder, lees ons in Romeine 12:10, is hierdie liefde waarmee ons ander mense moet liefhê, alhoewel onvoorwaardelik, tog liefde met voorkeur. Romeine 12:10 (AFR20) sê: “𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒̂ 𝑚𝑒𝑡 𝑖𝑛𝑛𝑖𝑔𝑒 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑑𝑒𝑟𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒. 𝐺𝑎𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝑖𝑛 𝑒𝑒𝑟𝑏𝑒𝑡𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔.”
As Christene, moet ons almal liefhê, selfs ons vyande (Matt. 5:44), maar ons moet ’n spesiale soort liefde hê vir ons broers en susters in Christus. Ons mede-gelowiges moet ons naaste, dierbaarste en mees geliefde vriende wees. Hierdie tipe liefde is die 𝘧𝘪𝘭𝘦́𝘰 liefde of die 𝘧𝘪𝘭𝘢𝘥𝘦𝘭𝘧𝘪𝘢 liefde. Dit is ’n broederlike of susterlike liefde – ’n liefde wat gewoonlik van kleintyd af in ons groei. Ons kan dalk hoe baie stry met ’n broer of ’n suster, ons kan selfs glad nie oor die weg kom met hulle nie, maar ons is nogsteeds baie lief vir hulle. Hierdie is ’n innige liefde.
Dalk is jy ’n enigste kind en jy smag nog altyd vir daardie broer of suster wat jy nooit gehad het nie. Paulus sê ons moet mekaar liefhê soos broers en susters mekaar lief het. Maar hierdie is nie in ’n normale huishouding nie. Hierdie is in God se huishouding. Ons mag dalk nogsteeds van mekaar verskil en selfs stry oor dinge, maar ons het mekaar lief met ’n liefde wat groei na die 𝘢𝘨𝘢𝘱𝘦́ liefde waarmee God ons lief het, omdat ons liefde vir mekaar voortspruit uit ons liefde vir God. Daarom gaan ons mekaar voor in eerbetoning en respekteer ons mekaar. Ons deel in die vreugde dat die Vader ons elkeen afsonderlik geseën het met verskillende gawes en ons probeer nie kompeteer met mekaar om die Vader te beïndruk nie, maar werk eerder saam as ’n liggaam (1 Kor. 12), sodat ons Hom saam kan eer en verheerlik. Dit is “𝘴𝘪𝘯𝘷𝘰𝘭𝘭𝘦 𝘨𝘰𝘥𝘴𝘥𝘪𝘦𝘯𝘴”. Dit is “'𝘯 𝘰𝘧𝘧𝘦𝘳 𝘸𝘢𝘵 𝘭𝘦𝘸𝘦𝘯𝘥 𝘦𝘯 𝘩𝘦𝘪𝘭𝘪𝘨 𝘪𝘴, 𝘦𝘯 𝘷𝘪𝘳 𝘎𝘰𝘥 𝘢𝘢𝘯𝘯𝘦𝘦𝘮𝘭𝘪𝘬 𝘪𝘴”.
Ons gee voorkeur aan ons geliefdes, ons mede-gelowiges. Hoekom? Want, in ’n wêreld wat nie meer kan of wil glo in God of Sy liefde vir ons nie, moet ons dit iewers wys waar die mense dit kan sien. Ons huise en die kerk is ons beginpunt.
𝑳𝒊𝒆𝒇𝒅𝒆 𝒊𝒔... 𝒊𝒏𝒏𝒊𝒈, 𝒆𝒆𝒓𝒗𝒐𝒍.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Hoe kom ek oor die weg met my mede-gelowiges? Is hulle my broers en susters in God se huishouding?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Here, U kerk lyk nie altyd soos dit moet nie, want dit ontbreek so dikwels hierdie liefde. Gee dat ek met innige, eervolle liefde my broers en susters in Christus sal liefhê. Mag die wêreld weer sien hoe lief U ons het, as hulle sien hoe lief ons mekaar het. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟏𝟎-𝟐𝟖 – 𝐋𝐢𝐞𝐟𝐝𝐞 𝐢𝐬 . . . (𝟏) (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
𝘕𝘢 𝘷𝘦𝘳𝘭𝘦𝘥𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 “𝘎𝘰𝘥 𝘐𝘚...” 𝘣𝘰𝘰𝘥𝘴𝘬𝘢𝘱𝘱𝘦, 𝘩𝘦𝘵 𝘦𝘬 𝘨𝘦𝘥𝘪𝘯𝘬 𝘰𝘮 𝘸𝘦𝘦𝘳 𝘥𝘪𝘦 𝘣𝘰𝘰𝘥𝘴𝘬𝘢𝘱𝘱𝘦 𝘷𝘢𝘯 “𝘓𝘪𝘦𝘧𝘥𝘦 𝘪𝘴...” 𝘸𝘢𝘵 𝘦𝘬 𝘮𝘦𝘦𝘳 𝘢𝘴 𝘵𝘸𝘦𝘦 𝘫𝘢𝘢𝘳 𝘨𝘦𝘭𝘦𝘥𝘦 𝘨𝘦𝘴𝘵𝘶𝘶𝘳 𝘩𝘦𝘵, 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘸𝘦𝘦𝘳 𝘵𝘦 𝘴𝘵𝘶𝘶𝘳. 𝘚𝘦𝘦̈𝘯 𝘦𝘯 𝘷𝘳𝘦𝘥𝘦 𝘷𝘪𝘳 𝘫𝘰𝘶.
Ek onthou toe ek nog jonk was, was daar sulke tekenprentjies gewees op kaartjies wat jy kon koop, rugsakke, selfs T-hemde wat gesê het “Liefde is...” Dan was dit gewoonlik opgevolg met ’n mooi boodskappie oor wat liefde tussen 2 mense is. Die prentjies het ’n mannetjie en vroutjie opgehad wat redelik gelukkig gelyk het ook. Die Nieu-Seelandse tekenaar Kim Casali het hordes van hierdie prentjies al sedert die 1960’s geteken en dit het die rondte gedoen vir ’n hele paar dekades – selfs 20 jaar later toe ek ’n kind was. Hierdie boodskappies het gewoonlik op klein goedjies gefokus wat saakmaak in ’n liefdesverhouding, soos “Liefde is... iemand om jou rug te krap... Liefde is... ’n drukkie op die regte tyd ... Liefde is... saam vir altyd...” Ag, en soms was dit sommer snaaksigheid ook gewees. Maar, wat is liefde? Behalwe vir die klein goedjies wat ons doen vir mekaar, wat is liefde regtig? En as ons dit bietjie wyer neem, liefde vir ons naaste?
In Romeine 12:9-21 vind ons ’n gedeelte wat in die 1983 vertaling die opskrif het: “Riglyne vir die Christelike lewe”. In die 2020 vertaling, is dit “Rigtingwysers vir gelowiges” Toe Paulus hierdie gedeelte geskryf het, wou hy graag sy medegelowiges in Rome herinner aan wat naasteliefde beteken – ’n naasteliefde wat gebaseer is op Christus se liefde vir ons. Ons gaan die volgende paar dae bietjie daarna kyk.
Ons liefde vir God kan nie net daar bly nie. As ons lief is vir God, moet ons ook lief wees vir wie Hy lief is: almal! Maar dit is moeilik. Want mense maak ons seer en mense stel ons teleur. Tog het God hulle nogsteeds net so lief soos Hy jou het! Hoekom? Want God sien die potensiaal in mense. Hy sien Sy beeld wat na vore kan kom. Hy sien deur die vuilheid en donkerte van sonde.
Ons sukkel soms om lief te hê, omdat ons graag wil oordeel en dan vaskyk in mense se foute. Ons moet leer om met God se bril na mense en die wêreld te kyk. Paulus begin juis hoofstuk 12 van Romeine om ons te herinner dat die Gees ons denke moet vernuwe. Ons moet begin anders dink oor dinge, sodat ons dit anders kan sien. Dan begin hy in vers 9 (AFR20) en sê: “𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑔𝑒𝑣𝑒𝑖𝑛𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑠. 𝑉𝑒𝑟𝑎𝑓𝑠𝑘𝑢 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑; ℎ𝑜𝑢 𝑣𝑎𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒.”
Sjoe, slegs in hierdie een vers, sê hy sommer klaar 3 dinge van wat liefde is. As ons dit opsom, sê Paulus: “Liefde is... rein.” Om ongeveinsd te wees, beteken dat jy opreg is. Daar is geen bybedoelings nie. Jy gee nie voor om ander lief te hê nie. Jy het hulle lief, omdat hulle – net soos jy – deur God geskape is. Julle deel ’n almagtige, liefdevolle Skepper. Daarom is jou liefde rein, opreg, want dit is God se liefde wat jy deel. Daarom haat jy wat sleg is, jy verafsku die kwaad. Jy hou nie daarvan as jou naaste teen jou sondig nie, maar jy veroordeel hom/haar nie. Jy probeer eerder om hom/haar liefdevol reg te help. Jy hou eerder vas aan die goeie. Jy fokus op hul goeie punte en lig dit uit en bou hulle op. Deur dit te doen, bou jy jouself ook op.
“𝑳𝒊𝒆𝒇𝒅𝒆 𝒊𝒔... 𝒓𝒆𝒊𝒏, 𝒐𝒑𝒓𝒆𝒈.”
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Hoe opreg is my liefde vir my geliefdes? En vir my mede-gelowiges? En vir ander?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Here, U het ons onvoorwaardelik lief met ’n opregte, rein liefde. Mag daardie soort liefde, die liefde wees wat ons het vir ons naaste. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟏𝟎-𝟐𝟔 – 𝐆𝐨𝐝 𝐈𝐒 . . . 𝐆𝐞𝐧𝐚𝐝𝐞 𝐞𝐧 𝐋𝐢𝐞𝐟𝐝𝐞 ! (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
Wanneer ons oor God se liefde nadink, is dit ontsagwekkend om te besef dat dit nie iets is wat ons verdien of aan ons toegeken word as gevolg van meriete nie – dit is ’n geskenk wat Hy verniet gee. Selfs in ons gebrokenheid en mislukkings ontmoet God se liefde ons presies waar ons is. Hy sien elke deel van ons – die goeie, die slegte, die sukkelende – en sê steeds vir elkeen van ons: “Ek is lief vir jou. Jy is my kind” Dit is die essensie van genade: God se onverdiende, onverstaanbare guns teenoor ons.
Paulus skryf ’n ontsagwekkende openbaring vir ons neer in Romeine 5:8 (AFR20):
“𝐺𝑜𝑑 𝑏𝑒𝑤𝑦𝑠 𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟 𝑠𝑦 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑖𝑛 𝑑𝑎𝑡 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑒𝑟𝑓 ℎ𝑒𝑡 𝑡𝑜𝑒 𝑜𝑛𝑠 𝑛𝑜𝑔 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑎𝑎𝑟𝑠 𝑤𝑎𝑠.”
God se liefde is nie gebaseer op ons prestasies nie, en dit is ook nie iets wat ons moet najaag of in die uithoeke van die aarde gaan soek om te vind nie. Dit is ’n liefde wat teenwoordig, eg en onveranderlik is. Hy het ons liefgehad voordat ons Hom eers geken het, voordat ons Hom in ruil daarvoor kon liefhê. Toe Jesus aan die kruis gesterf het, was dit die uiteindelike demonstrasie van daardie liefde – ’n liefde wat tot die uiterste sou strek om ons weer in verhouding met Hom te bring.
In ons daaglikse lewens is dit maklik om vasgevang te word in ons eie pogings en die eise van die wêreld om ons. Ons voel dikwels dat ons liefde moet verdien of onsself waardig moet bewys. Maar God se liefde en genade is anders as enige menslike konsep van liefde – dit is gawes wat vrylik en oorvloedig gegee word, sonder voorwaarde of verwagting.
Ja, God het ons liefgehad lank voordat ons Hom liefgehad het. Sy genade is nie iets wat ons verdien nie; dis Sy geskenk aan ons, ’n keuse wat Hy gemaak het.
Genade, soos dit uit God vloei, vergewe nie net nie, maar herstel en versterk ook. Dit herinner ons daaraan dat ons foute en mislukkings ons nie definieer nie. Trouens, genade is die duidelikste in ons swakste oomblikke, waar ons uiteindelik kan rus, met die wete dat ons aanvaar word soos ons is. God se genade bedek ons onvolmaakthede, vernuwe ons krag en stel ons in staat om in vryheid te leef.
Laat hierdie waarheid vandag in jou hart vestig: jy is innig geliefd deur God, maak nie saak waar jy in die lewe is nie. Sy genade is genoeg vir al jou behoeftes, en daar is niks wat jy kan doen om Sy liefde te verdien of te verloor nie. God se genade bemagtig ons om vry te lewe, nie in vrees dat ons nie genoeg sal wees, doen of is nie, maar in die vertroue dat ons geliefde kinders van die Koning is. Kry troos in die wete dat God se genade elke leemte, elke onvolmaaktheid en elke stryd vul.
Onthou: God het jou lief soos jy is, maar God het jou té lief om jou te los soos jy is. Daar is niks wat jy kan doen wat sal veroorsaak dat God jou minder of meer lief sal hê nie – Hy het jou gister, vandag en vir altyd oneindig lief.
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟏𝟎-𝟐𝟓 – 𝐆𝐨𝐝 𝐈𝐒 . . . 𝐆𝐞𝐭𝐫𝐨𝐮. (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
God is deur die eeue onveranderlik. Dit is die aard van Here om liefdevol, genadig, geduldig en getrou te wees. Alhoewel óns dikwels verander as gevolg van omstandighede en besluite (soms slegte besluite), sal God altyd getrou bly. Die lewe bly egter altyd vol onsekerhede, en dit kan maklik wees om in die chaos van omstandighede te verdwaal en te voel asof ons op wankelende grond staan. Maar selfs te midde van hierdie beproewinge is God se getrouheid ’n vaste fondament waarop ons altyd kan staatmaak.
In die boek Klaagliedere vind ons die profeet Jeremia wat sy hart in angs uitstort oor die vernietiging van Jerusalem.
“𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑟𝑜𝑢𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑚𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒, 𝑗𝑎, 𝑠𝑦 𝑜𝑛𝑡𝑓𝑒𝑟𝑚𝑖𝑛𝑔 𝑘𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑒𝑖𝑛𝑑𝑒 𝑛𝑖𝑒.
𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑒𝑙𝑘𝑒 𝑜𝑔𝑔𝑒𝑛𝑑 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑛𝑢𝑢𝑡 – 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑖𝑠 𝑢 𝑔𝑒𝑡𝑟𝑜𝑢ℎ𝑒𝑖𝑑.
𝑀𝑦 𝑒𝑟𝑓𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑠𝑒̂ 𝑒𝑘; 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 ℎ𝑜𝑜𝑝 𝑒𝑘 𝑜𝑝 𝐻𝑜𝑚.” – Klaagliedere 3:22-24 (AFR20)
Jeremia is omring deur verwoesting, maar te midde van sy hartseer, word hy stil om homself – en ons – aan een lewensbelangrike waarheid te herinner: God is getrou. Ten spyte van die pyn, ten spyte van die onsekerheid, verklaar Jeremia dat God se troue liefde, sy genade, elke oggend nuut is. Selfs wanneer die lewe ondraaglik voel, kan ons vertrou dat God se liefde en getrouheid konstant bly.
God se getrouheid beteken dat Hy altyd getrou is aan sy beloftes. Hebreërs 10:23 (AFR20) herinner ons: “𝐿𝑎𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑡𝑦𝑓 𝑣𝑎𝑠ℎ𝑜𝑢 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑙𝑦𝑑𝑒𝑛𝑖𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 ℎ𝑜𝑜𝑝, 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑜𝑚 𝑎𝑓 𝑡𝑒 𝑤𝑦𝑘, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑙𝑜𝑓𝑡𝑒 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 ℎ𝑒𝑡, 𝑖𝑠 𝑔𝑒𝑡𝑟𝑜𝑢.” Wat die Here ook al belowe het, sal Hy vervul. God verander nie van plan of vergeet sy woord nie. Hy is gister, vandag en vir altyd dieselfde (Hebreërs 13:8). Hierdie onveranderlike aard van God is ons versekering dat, ongeag wat ons in die gesig staar, Hy daar is, saam met ons ons lewenspad stap en ons lei.
Dink aan die tye in jou eie lewe wanneer God sy getrouheid getoon het. Miskien was dit ’n tyd toe jy ’n beproewing in die gesig gestaar het, en Hy het jou daardeur gebring. Miskien was dit ’n seisoen van wag, en Hy het in jou behoeftes voorsien op ’n manier wat jy nie kon dink nie en jou geduld geleer. Dink na oor daardie oomblikke as herinneringe aan Sy standvastige liefde en omgee vir jou.
God se getrouheid is nie afhanklik van ons eie getrouheid nie. Selfs wanneer ons struikel, selfs wanneer ons geloof swak is, bly God getrou aan Sy beloftes. Dit word pragtig vasgevang in 2 Timoteus 2:13: “𝑎𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑛𝑡𝑟𝑜𝑢 𝑖𝑠, 𝐻𝑦 𝑏𝑙𝑦 𝑔𝑒𝑡𝑟𝑜𝑢, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝐻𝑦 𝑘𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑒̈𝑛 𝑛𝑖𝑒.” Wat ’n ongelooflike troos om te weet dat ons tekortkominge nie God se aard of Sy toewyding aan ons verander nie.
Onthou: ons dien ’n God wat in elke opsig getrou is. Maak nie saak hoe onseker die wêreld mag lyk nie, God is met ons. Sy genade is elke oggend nuut, en Sy liefde faal nooit. Ons erfdeel is die Here sélf. Daarom het ons hoop. Daarom kan ons vrede vind en daarom kan ons in sy krag enigiets vermag – selfs meer as wat ons gedink het.
Die Here Jesus het gesê Hy is met ons tot aan die voleinding van tyd (Matt. 28:20). Glo dit. God is getrou.
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟏𝟎-𝟐𝟒 – 𝐆𝐨𝐝 𝐈𝐒 . . . 𝐆𝐫𝐨𝐨𝐭 ! (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
Soos ons ons reis deur die lewe aanpak, is dit maklik om verteer te word deur die eise van alles op ons pad – werk, gesin en persoonlike doelwitte daag ons dikwels uit vêr bo ons huidige vermoëns. Maar wanneer ons stilstaan om na te dink oor die grootheid van God, word ons daaraan herinner hoeveel groter Hy is as enige van ons daaglikse bekommernisse.
“𝐺𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑒𝑛 𝑏𝑒𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑙𝑜𝑓𝑤𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑔; 𝑠𝑦 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑖𝑠 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑢𝑟𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑𝑒𝑙𝑖𝑘.” – Psalm 145:3 (AFR20)
God se grootheid is ondeurgrondelik, wat beteken dat ons nooit die diepte van Sy krag, wysheid en liefde ten volle kan begryp nie. Hy is die Skepper van die heelal, die Een wat alles bymekaar hou (Kolossense 1:16-17). Van die uitgestrekte sterrestelsels in die lug tot die kleinste detail in ons lewens, niks ontsnap Hom nie. Hy is soewerein en lei alle dinge volgens Sy volmaakte wil.
Elke oggend, as die son opkom, spreek dit van God se grootheid. Die ingewikkeldheid en selfs die eenvoud van die natuur – die sterre wat die lug verlig, die see wat dreun en die berge wat hoog staan – wys alles na ’n Skepper wie se majesteit geen perke ken nie.
Maar die skoonheid van God se grootheid is nie net in Sy krag nie – dit is in Sy liefde. Ten spyte daarvan dat dit so wonderlik is en ons verstand te bowe gaan, kies God om intiem vir ons te sorg. Hy weet presies hoeveel hare elkeen van ons op ons koppe het (Luk. 12:7), en Hy hoor ons wanneer ons bid. Sy grootheid gaan nie net oor Sy majesteit nie, maar ook oor Sy nabyheid aan ons. Ja, God se grootheid word juis ook vertoon in sy diepe sorg vir elkeen van ons.
Ons voel dikwels oorweldig deur die uitdagings en onsekerhede van die lewe. Maar wanneer ons God se grootheid onthou, besef ons dat geen probleem vir Hom te groot is nie. Hy sien die einde van die begin af en is soewerein oor alle dinge. In ons swakhede word Sy krag volmaak. Sy grootheid herinner ons daaraan dat Hy altyd in beheer is, en Sy planne vir ons is goed.
Laat ons vandag stilstaan en God se grootheid in elke aspek van ons lewens erken. Kom ons loof Hom vir Sy majesteit en vertrou Hom met ons diepste bekommernisse, wetende dat Sy grootheid ooreenstem met Sy liefde vir ons.
Soos God, deur Jesaja, sy volk herinner het, kom herinner Hy ons weer vandag:
“𝑊𝑒𝑒𝑡 𝑗𝑦 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒?
𝐻𝑒𝑡 𝑗𝑦 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟 𝑛𝑖𝑒?
'𝑛 𝐸𝑤𝑖𝑔𝑒 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒,
𝑆𝑘𝑒𝑝𝑝𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑖𝑛𝑑𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒.
𝐻𝑦 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑔 𝑛𝑖𝑒,
𝐻𝑦 𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑓𝑔𝑒𝑚𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒 –
𝑜𝑛𝑑𝑒𝑢𝑟𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑𝑒𝑙𝑖𝑘 𝑖𝑠 𝑠𝑦 𝑖𝑛𝑠𝑖𝑔.
𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑚𝑜𝑒𝑖𝑑𝑒𝑠 𝑘𝑟𝑎𝑔 𝑔𝑒𝑒,
𝑤𝑎𝑡 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑠𝑘𝑟𝑎𝑔 𝑣𝑒𝑟𝑚𝑒𝑒𝑟𝑑𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒́ 𝑤𝑎𝑡 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑚𝑜𝑒̈𝑛𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒.” – Jesaja 40:28-29 (AFR20)
Wanneer ons oor God se grootheid nadink, begin ons probleme in vergelyking daarmee krimp. Ons word daaraan herinner dat dieselfde God wat die sterre in plek gestel het, die Een is wat saam met ons deur elke beproewing stap. Sy krag word ons krag, Sy wysheid word ons gids.
Staan weer in verwondering oor die grootheid van onse God en vind jou krag in Hom.
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟏𝟎-𝟐𝟑 – 𝐆𝐨𝐝 𝐈𝐒 . . . 𝐠𝐨𝐞𝐝. (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
Elke dag word ons omring deur ontelbare herinneringe aan God se goedheid. Van die warmte van die son wat elke oggend opkom tot die liefde van familie en vriende – God se goedheid is in elke aspek van ons lewens ingeweef. In Psalm 145:9 (AFR20) lees ons ook:
“𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑣𝑖𝑟 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙, 𝑒𝑛 𝑠𝑦 𝑏𝑎𝑟𝑚ℎ𝑎𝑟𝑡𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑠𝑡𝑟𝑒𝑘 𝑜𝑜𝑟 𝑎𝑙 𝑠𝑦 𝑤𝑒𝑟𝑘𝑒.”
Dit is partymaal vir ons té maklik in ons besige daaglikse lewens of gedurende tye van moeilikheid of uitdagings om te vergeet hoe teenwoordig en vrygewig God se goedheid is.
God se goedheid is nie net ’n “dan en wan” gebeurtenis nie – dit is ’n konstante deel van wie Hy is. As ons kyk na die grootste oomblikke sowel as die kleinste besonderhede van ons lewens, dan sal ons dit raaksien. Wanneer ons oral om ons rondkyk, sien ons die bewyse van Sy goedheid in die manier waarop Hy ons onderhou, ons lei en Sy onfeilbare liefde aanbied.
Selfs in tye van swaarkry is God se goedheid aan die werk. Dit is dalk nie altyd maklik om te sien nie, maar die belofte van God se Woord verseker ons dat God altyd goed is en sy planne vir ons vir ons uiteindelike beswil is (Jeremia 29:11) – as ons in volle afhanklikheid Hom aanroep, Hom soek, tot Hom bid en Hom vind (Jeremia 29:12-14).
Of ons nou seisoene van oorvloed of skaarste, vreugde of hartseer ervaar, ons kan vertrou dat God met ons is en alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom lief het (Romeine 8:28). Dit beteken nie dat alles goed en voorspoedig sal wees in ons lewens nie, maar dat alles – goed en sleg – uiteindelik ten goede sal meewerk vir ons ontwikkeling in die mens wat God wil hê ons moet wees.
Wanneer ons nadink oor ons daaglikse lewe, is dit maklik om vasgevang te word in uitdagings en probleme, maar dit is van kardinale belang om te onthou dat God se goedheid konstant bly deur dit alles. Sy goedheid is nie afhanklik van ons omstandighede of ons gevoelens nie. Dit is ’n diep en blywende eienskap van wie Hy is.
God se goedheid manifesteer op verskeie maniere: die skoonheid van die skepping, die warmte van familie, die voorsiening van ons behoeftes, en selfs die vrede wat ons voel in oomblikke van onsekerheid. Elke dag is 'n geleentheid om ’n vars uitdrukking van Sy liefde en sorg te ervaar.
Wanneer Dawid sê: “𝐵𝑒𝑝𝑟𝑜𝑒𝑓 𝑑𝑖𝑡 𝑒𝑛 𝑒𝑟𝑣𝑎𝑎𝑟: 𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑔𝑜𝑒𝑑,” (Psalm 34:9a), is dit ’n uitnodiging om God persoonlik te ervaar. Die Hebreeuse en 1953 Afrikaanse vertalings sê letterlik: “𝑆𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑒𝑛 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑖𝑠;” Soos om ’n heerlike maaltyd te proe, word ons geroep om God se teenwoordigheid te geniet, in te neem, gevoed en gevul te word en na te dink oor Sy seëninge in ons lewens. Die Here wil graag hê dat ons Hom moet vertrou, by Hom sal skuil, wetende dat Sy goedheid ons altyd sal onderhou.
Vandag, terwyl jy deur jou dag gaan, neem ’n oomblik om stil te staan en die klein en groot maniere te herken waarop God Sy goedheid aan jou wys. Of dit nou is deur ’n vriendelike woord, ’n uitbarsting van vreugde, of selfs in die stil oomblikke van vrede – selfs in ’n krisis: Sy goedheid is teenwoordig. Kom ons maak ons harte oop om elke dag meer van Sy goedheid te “smaak en te sien”.
Onthou: God se goedheid is nooit afhanklik van ons omstandighede nie, maar is ’n weerspieëling van sy onveranderlike natuur. Laat hierdie waarheid jou hart vul met dankbaarheid, vrede en hernieude vertroue in die Een wat altyd goed is.
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟏𝟎-𝟐𝟐 – 𝐆𝐨𝐝 𝐈𝐒 . . . (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
Vir ’n baie lang ruk nou al probeer ateïste en evolusioniste ons vertel dat God nie bestaan nie, dat God nie IS nie. Maar die Bybel leer ons dat God IS.
God is... Ons kan dit maar sien as ’n hele, volledige stelling. Dit is ’n feit. Ons kan natuurlik ook daardie stelling neem en dit aanvul met wat ons weet. As gelowiges, kan ons met allerhande antwoorde vorendag kom: God is goed... God is genadig... God is liefde... en so kan ons aan en aangaan. Vir ’n ongelowige of iemand wat dalk kwaad is vir God kan daardie stelling dalk anders aangevul word: God is onregverdig... God is verkeerd... God is nie werklik nie... God is ’n sprokie – en so kan dit ook aan en aangaan.
Gelukkig vir ons, is die Bybel ons standaard van waarheid en as ons kyk na, byvoorbeeld Psalm 36, dan sien ons hoe Dawid ook die stelling vir ons op ’n paar manier aanvul en voltooi:
“𝐻𝑜𝑒 𝑘𝑜𝑠𝑏𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝑢 𝑡𝑟𝑜𝑢𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒, 𝑜 𝐺𝑜𝑑! 𝑀𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑠𝑘𝑢𝑖𝑙 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑘𝑎𝑑𝑢 𝑣𝑎𝑛 𝑢 𝑣𝑙𝑒𝑟𝑘𝑒. 𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑟𝑖𝑛𝑘 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑎𝑑𝑖𝑔 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑣𝑙𝑜𝑒𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑢 ℎ𝑢𝑖𝑠, 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑟𝑜𝑜𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝑢 𝑔𝑒𝑛𝑖𝑒𝑡𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑈 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑟𝑖𝑛𝑘. 𝐽𝑎, 𝑏𝑦 𝑈 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑓𝑜𝑛𝑡𝑒𝑖𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑙𝑒𝑤𝑒, 𝑖𝑛 𝑢 𝑙𝑖𝑔 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑙𝑖𝑔.” – Psalm 36:8-10 (AFR20)
Ja, God is ons veiligheid (vers 8). Ons kan altyd by God skuil. Ons kan in Sy skadu rustigheid, veiligheid en vrede vind. Ons dink dikwels dat solank ons net saam met ander mense is, dat ons veilig sal wees – dat daar veiligheid in groot getalle is. Ek dink die COVID-19 pandemie het daardie punt redelik goed vir ons kom maak dat die teenoorgestelde soms waar is. Soms is kleiner groepies beter. Soms is bietjie isolasie beter. En dit is ook waar vir ons geestelike lewens. Jesus self het gesê dat die weg na die ewige lewe ’n smal pad is (Matt. 7:14). By God is ons veilig. Dit beteken nie dat as die meerderheid mense iets glo of aanvoer, dat dit waar of reg is nie...
Die wêreld is nie ’n veilige plek nie – dit was nog nooit nie. Maar by God is ons veilig. God IS ons veiligheid.
En as ons veilig is, kan ons tevrede wees. God is ons tevredenheid (vers 9). Net by God kan ons ware vrede en rustigheid vind in Sy wil vir ons. Ons leer om tevrede te wees met wat ons het, dankbaar vir oorvloed en nederig in afhanklikheid. Die Rolling Stones het ’n baie bekende liedjie gehad: “𝘐 𝘤𝘢𝘯’𝘵 𝘨𝘦𝘵 𝘯𝘰 𝘴𝘢𝘵𝘪𝘴𝘧𝘢𝘤𝘵𝘪𝘰𝘯”. Die liedjie praat oor hoe mense net nie tevredenheid kan vind in al die dinge wat hierdie lewe bied nie. Maar tevredenheid word nie in onsself gevind nie. Dit is nie iets wat ons aan kan vat nie. Nee, vind jou vrede en jou tevredenheid in die Here, want...
God is ons bron... God is ons bron van lewe en lig (vers 10). Johannes 1:4-5 (AFR20) sê ook vir ons: “𝐼𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑤𝑎𝑠 𝑙𝑒𝑤𝑒, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒́ 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑤𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒. 𝐸𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔 𝑠𝑘𝑦𝑛 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠 𝑘𝑜𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑑𝑜𝑜𝑓 𝑛𝑖𝑒.” Lig oorwin nog altyd die duisternis en God is ons bron van lig. In Sy lig, sien ons lig. Maak nie saak hoe donker jy dink die tonnel is waarin jy jou bevind nie, daar is altyd lig aan die einde van die tonnel. Die wêreld sal jou laat glo dat die lig ’n trein is wat teen ’n groot verwoestende spoed op pad is na jou toe om jou vêrder te verwoes, maar... God IS die lig vir die wêreld. Dit is Hy wat altyd op pad is om ons te red en om Sy lig oor die donkerte van ons lewens te laat skyn.
Dalk is jy op ’n slegte plek en jy wil ook allerhande negatiewe eindes tot daardie “God is...” stelling maak. Word stil. Kyk mooi. God is... ons skuiling. Hy is jou skuiling. Wees veilig onder Sy vlerke. God is... ons tevredenheid. Vir jou ook. Vind jou vrede in Hom en al die seëninge wat jy dalk miskyk as gevolg van omstandighede. God is... ons Bron. Hy is ons bron van alles wat goed is in ons lewens. Hy is ook jou bron van lewe en lig. Moenie stry teen die lig nie, want die Lig vir die wêreld het vir jou gekom om alle duisternis uit jou lewe te verwyder. God is... soveel meer as wat enigiemand ooit kan beskryf.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Dankie Here dat U alles en nog meer is as wat ek nodig het. Mag ek my veiligheid, tevredenheid, vrede, rus, lewe en lig in U vind. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟏𝟎-𝟏𝟗 – 𝐏𝐚𝐬𝐨𝐩 𝒉𝒐𝒆 𝐣𝐲 𝐆𝐨𝐝 𝐭𝐨𝐞𝐭𝐬 . . . (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
Ons weet dat ons God se goedheid kan toets en dat ons kan staatmaak op die feit dat Hy ons onvoorwaardelik lief het, maar wat maak ons met ’n teks soos Matteus 4:7 (AFR83), waar Jesus vir die Duiwel sê: “𝐷𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑜𝑘 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑟𝑦𝑤𝑒: 𝐽𝑦 𝑚𝑎𝑔 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑗𝑜𝑢 𝐺𝑜𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑟𝑜𝑒𝑓 𝑠𝑡𝑒𝑙 𝑛𝑖𝑒.”?
Jesus haal hier Deut. 6:16 aan wat verwys na die tyd toe Israel aangedring het dat God Homself moet bewys. Daar, by Massa, het hulle gekla omdat daar nie water was nie en het hulle baie disrespekvol en ongelowig daarop aangedring dat God sy getrouheid moet bewys (Eks. 17) .
Toe die Duiwel Jesus in die woestyn versoek het, het hy as’t ware vir Jesus gesê om te bewys dat God se Woord waar is, deur God te forseer om iets te doen. Met ander woorde, die Satan het geredeneer dat as die Vader sien dat Jesus in die moeilikheid is, dan 𝘮𝘰́𝘦́𝘵 Hy mos intree. Jesus het geweier om God te toets op só manier.
Ja, ons moet versigtig wees wanneer ons die Here toets. Ons moet opreg wees en ons moet in geloof optree. Ons moet God se Woord aanvaar en sy wil aanvaar, sonder om ’n teken te vra. Ons moet weet dat God se beloftes altyd daar is en altyd waar is. Dit is daar wanneer ons dit sal nodig kry en dit is altyd volgens God se wil. As ons dink ons kan God manipuleer of selfs situasies manipuleer in ’n poging om God te kry om sy beloftes na te kom, dan maak ons ’n groot fout – dan is dit niks minder as boos nie.
Wanneer God dus vir ons sê om Hom te toets, soos ons lees in Maleagi 3:10, dan is dit eintlik meer ’n opdrag dat ons ons volle vertroue in Hom en sy goedheid sal plaas. Dit is ’n toets van ons geloof – dat God altyd getrou is en dat dit ons is wat soms twyfel in Hom.
Ongelukkig is daar baie predikers in die wêreld vandag wat dink hulle kan God manipuleer deur genesing, gawes van die Gees of selfs finansiële voorspoed af te dwing deur Skrifgedeeltes aan te haal en God uit te daag om sy beloftes na te kom. Hulle sal selfs lidmate leer om net met vertroue te bid en die Here te herinner aan Sy Woord. En omdat mense so graag geluk en voorspoed wil hê in hul lewens, glo hul dit en probeer hul dit. En as dit nie werk nie... dan kry God die skuld dat dinge nie goed gaan nie. Of die predikers gebruik sonde in die lewens van die mense as rede vir die struikelblok voor God se seën – alles net nog ’n manier om die mense te kry om meer te gee (finansieel) en aan te hou probeer om God te kry om te doen wat hulle wil. Is dit nie presies wat die Duiwel in die woestyn met Jesus probeer het nie?
Pasop dus hoe jy God toets en waarin jy God toets. Moet nooit dink dat God sal dans na jou pype nie. God is God. God is goed en God is liefde. Toets Hom gerus 𝘥𝘢́𝘢́𝘳𝘪𝘯 – jy sal nie teleurgestel word nie.
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟏𝟎-𝟏𝟕 – 𝐌𝐚𝐠 𝐨𝐧𝐬 𝐝𝐢𝐞 𝐇𝐞𝐫𝐞 𝐭𝐨𝐞𝐭𝐬 ? (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
As beproewings ons soms onderkry, dan besef ons dat ons ons harte op die Here moet rig. Ons besef dat Hy die Een is wat nooit ons sy verlaat nie. Ons besef dat midde uitdagings en moeilike situasies, is ons Here daar en is Hy ons bron van krag, hoop, troos en standvastigheid.
Maar soms voel dit nie so nie. Soms voel dit of ons alleen is en dat ons net nie daardie krag of hoop kan vind nie. Dit voel of ons op ons eie sukkel. En weet jy wat? Dit is soms so. Ja, soms sukkel ons op ons eie. Soms voel dit of die Here baie vêr is. Maar in meeste (indien nie alle) sulke gevalle, is dit ons eie keuse. Ons kies om te dink ons kan dit alleen kan regkry of deurmaak. Ons kies om te dink die Here is vêr. Maar die Here sê ons moet Hom toets. Kan jy dit glo? Ja, die Here sê ons moet sy liefde, geduld en getrouheid toets.
“𝐵𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑙𝑒 𝑡𝑖𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑟𝑎𝑎𝑑𝑘𝑎𝑚𝑒𝑟 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑜𝑒𝑑𝑠𝑒𝑙 𝑖𝑛 𝑚𝑦 ℎ𝑢𝑖𝑠 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑠. 𝑇𝑜𝑒𝑡𝑠 𝑀𝑦 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑖𝑛,” 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝐻𝑒𝑒𝑟𝑠𝑒𝑟 𝑜𝑜𝑟 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑎𝑔𝑡𝑒, “𝑜𝑓 𝐸𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑛𝑠𝑡𝑒𝑟𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑠𝑎𝑙 𝑜𝑜𝑝𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑒𝑛 𝑜𝑜𝑟𝑣𝑙𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑠𝑒𝑒̈𝑛 𝑜𝑜𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑢𝑖𝑡𝑠𝑡𝑜𝑟𝑡 𝑛𝑖𝑒. 𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑝𝑟𝑖𝑛𝑘𝑎𝑛𝑒 𝑏𝑒𝑟𝑖𝑠𝑝𝑒, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑝𝑏𝑟𝑒𝑛𝑔𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟𝑦𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑜𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑟𝑢𝑖𝑤𝑒𝑠𝑡𝑜𝑘 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑛𝑔𝑒𝑟𝑑 𝑠𝑎𝑙 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑣𝑟𝑢𝑔𝑡𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒,” 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝐻𝑒𝑒𝑟𝑠𝑒𝑟 𝑜𝑜𝑟 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑎𝑔𝑡𝑒. “𝐸𝑛 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑠𝑖𝑒𝑠 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑢𝑘𝑘𝑖𝑔 𝑛𝑜𝑒𝑚, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 '𝑛 𝑏𝑒𝑔𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑑 𝑠𝑎𝑙 𝑤𝑒𝑒𝑠,” 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝐻𝑒𝑒𝑟𝑠𝑒𝑟 𝑜𝑜𝑟 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑎𝑔𝑡𝑒.” – Maleagi 3:10-12 (AFR20)
Nou goed, ons weet dat daar nie so iets is soos karma nie. Wat die Here hier sê, is glad nie enigiets in daardie lyn nie. Wat die Here wel sê, is dat ons ons Christelike plig moet nakom om te sorg vir die kerk. Dat ons uit dankbaarheid ons tiende sal gee – hetsy geld, tyd, arbeid, omgee, barmhartigheid, getuienis of wat ook al Sy Gees ons lei om vir Hom te doen.
Ons moet oplet hier dat God nie sê dat ons tiende ’n voorwaarde is vir sy nabyheid of seën nie. Jesus het belowe om met ons te wees, deur Sy Gees, “al die dae, tot aan die voleinding van die tyd.” (Matt. 28:20) Ons gee ons tiende – wat en hoe ook al dit is – uit dankbaarheid, gehoorsaamheid en diens. En God sê: “Toets My. Toets My in my goedheid en sorg vir jou. Toets My en jy sal sien dat ek altyd daar is en dat ek jou altyd lief het – selfs al twyfel jy en selfs al het jy My nie altyd so lief nie. Toets My en jy sal sien, al die nasies sal sien, dat jy geluk en vrede beleef omdat Ek by jou is.”
Toets gerus die Here, want Hy verander nooit. Sy liefde duur vir ewig en maak nie saak wat jy al gedoen het in jou lewe nie – Hy het jou nogsteeds net so lief. Daar is niks wat jy kan doen dat God jou minder of meer lief sal hê nie, want sy liefde is onvoorwaardelik en oneindig. As jy dit waarlik besef, dan oortuig dit jou om met vreugde en dankbaarheid diensbaar te wees vir Hom – tot aanskoue van alle nasies en tot eer van Sy Naam.
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟏𝟎-𝟏𝟔 – 𝐖𝐚𝐚𝐫𝐨𝐦 𝐬𝐮𝐤𝐤𝐞𝐥 𝐨𝐧𝐬 𝐢𝐧 𝐛𝐞𝐩𝐫𝐨𝐞𝐰𝐢𝐧𝐠 ? (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
Wanneer ons na Paulus se lewe kyk, sien ons dat hy sy beste gedoen het om mense te leer hoe om naby aan God te lewe. Paulus het as ’n Jood en Fariseër grootgeword en aanvanklik was hy ’n vervolger van die vroeë kerk en die Christene. Op pad na Damaskus het hy ’n persoonlike ontmoeting met Jesus Christus, die opgestane Here, en verander sy lewe heeltemal.
Ek dink vir meeste van die Jode was dit die grootste struikelblok gewees om te glo dat Jesus werklik die Messias was – die feit dat Hy fisies opgestaan het uit die dood. En, natuurlik, was hul gewetes ook daar gewees om hul aan te kla, want meeste van hulle het daardie Goeie Vrydag saam geskree: “Kruisig Hom! Kruisig Hom!” Hoe kon hulle teruggaan op daardie besluit en dan die vernedering van die samelewing verduur?
Vandag is dit nogsteeds ’n groot struikelblok vir baie mense. Die natuurwette en wetenskap leer ons dat alle lewende ding ’n vervaldatum het – niks kan vir altyd lewe of hou nie. Dit maak net nie sin dat daar Iemand was wat werklik uit die dood opgestaan het nie. Dan begin baie wonder of Jesus se verhaal nie dalk net ’n sprokie is nie. Dalk was dit net ’n manier om mense te manipuleer? Dalk was dit ook in ’n mate ’n politiese speletjie gewees?
Ja, twyfel is iets wat baie maklik in die menslike gedagtes ’n tuiste vind. Maar Paulus het anders geweet. Naby die slot van sy brief aan die Filippense, skryf hy:
“𝑊𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑙𝑒𝑒𝑟 𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔 𝑒𝑛 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟 𝑒𝑛 𝑖𝑛 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡: ℎ𝑜𝑢 𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑡 𝑡𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛. 𝐸𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑣𝑟𝑒𝑑𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑚𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑠.” – Filippense 4:9 (AFR20)
Sien, Paulus het nie net gesê hy glo nie – hy het dit ook gewys. Hy het die opgestane Christus beleef in sy lewe elke dag. Hy het saam met Hom gelewe en hy was gelei deur die Heilige Gees. Paulus het homself oorgegee en Jesus Christus self het sy twyfel verwyder. Dít is die eerste en seker die belangrikste aspek van ons geloof: Jesus Christus lewe! Nie: Hy hét gelewe 2000 jaar gelede nie. Nee, Hy lewe! Nou en vir ewig!
Wanneer jy besef dat Jesus werklik lewe en dat Hy saam met jou jou lewe wil leef, dan besef jy dat die lewe, alhoewel geteister deur allerhande beproewinge en uitdagings, ’n vreugdevolle lewe is in die koninkryk van die hemele. Jesus bring sy heerskappy, soos in die hemel, so ook op die aarde, in jou lewe. Dan verstaan jy waarom Paulus die voorafgaande verse in Filippense 4 skryf:
“𝑉𝑒𝑟𝑏𝑙𝑦 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒! 𝐸𝑘 ℎ𝑒𝑟ℎ𝑎𝑎𝑙: 𝑉𝑒𝑟𝑏𝑙𝑦 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒! 𝐿𝑎𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑟𝑖𝑒𝑛𝑑𝑒𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑎𝑎𝑛 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑛𝑑 𝑤𝑜𝑟𝑑. 𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑛𝑎𝑏𝑦. 𝑀𝑜𝑒𝑡 𝑜𝑜𝑟 𝑛𝑖𝑘𝑠 𝑏𝑒𝑘𝑜𝑚𝑚𝑒𝑟𝑑 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑖𝑛 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑘𝑒 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑑 𝑒𝑛 𝑠𝑚𝑒𝑘𝑖𝑛𝑔 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑛𝑘𝑠𝑒𝑔𝑔𝑖𝑛𝑔 𝑎𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑛𝑑. 𝐸𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑟𝑒𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑, 𝑤𝑎𝑡 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑟𝑖𝑝 𝑜𝑜𝑟𝑡𝑟𝑒𝑓, 𝑠𝑎𝑙 𝑖𝑛 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑜𝑜𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡𝑒 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑑𝑎𝑔𝑡𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑎𝑘.
𝑉𝑒𝑟𝑑𝑒𝑟, 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠,
𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠,
𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑒𝑒𝑟𝑏𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠,
𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑟𝑒𝑔 𝑖𝑠,
𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑟𝑒𝑖𝑛 𝑖𝑠,
𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑙𝑖𝑘 𝑖𝑠,
𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑙𝑜𝑓 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒𝑛,
𝑗𝑎, 𝑤𝑎𝑡𝑡𝑒𝑟 𝑑𝑒𝑢𝑔 𝑜𝑓 𝑤𝑎𝑡𝑡𝑒𝑟 𝑝𝑟𝑦𝑠𝑒𝑛𝑠𝑤𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑘 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑜𝑘 𝑚𝑎𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠: 𝑟𝑖𝑔 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑑𝑎𝑔𝑡𝑒𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑜𝑝.” – Filippense 4:4-8 (AFR20)
Besef asseblief in elke beproewing en uitdaging: Wanneer jy saam met Jesus leef, gelei deur die Heilige Gees wat in jou woon, kan jy jou gedagtes rig op hierdie wonderlike dinge. Gee jouself oor en laat die Here self jou twyfel verwyder.
𝘔𝘢𝘨 𝘥𝘪𝘦 𝘷𝘳𝘦𝘥𝘦 𝘷𝘢𝘯 𝘎𝘰𝘥, 𝘸𝘢𝘵 𝘢𝘭𝘭𝘦 𝘣𝘦𝘨𝘳𝘪𝘱 𝘰𝘰𝘳𝘵𝘳𝘦𝘧, 𝘪𝘯 𝘊𝘩𝘳𝘪𝘴𝘵𝘶𝘴 𝘑𝘦𝘴𝘶𝘴 𝘰𝘰𝘳 𝘫𝘶𝘭𝘭𝘦 𝘩𝘢𝘳𝘵𝘦 𝘦𝘯 𝘨𝘦𝘥𝘢𝘨𝘵𝘦𝘴 𝘸𝘢𝘢𝘬.
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟏𝟎-𝟏𝟓 – 𝐁𝐞𝐩𝐫𝐨𝐞𝐰𝐢𝐧𝐠 𝐛𝐫𝐢𝐧𝐠 𝐯𝐨𝐥𝐡𝐚𝐫𝐝𝐢𝐧𝐠. (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
Dit is nie altyd maklik om te aanvaar dat God ons toelaat om deur moeilike situasies te gaan nie. In Jakobus 1:2-4 (AFR20) lees ons:
“𝐵𝑒𝑠𝑘𝑜𝑢 𝑑𝑖𝑡 𝑎𝑠 '𝑛 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑣𝑟𝑒𝑢𝑔𝑑𝑒, 𝑚𝑦 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠, 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑟ℎ𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑘𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑣𝑎𝑙, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑡, 𝑎𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑔𝑒𝑡𝑜𝑒𝑡𝑠 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑜𝑙ℎ𝑎𝑟𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑚𝑒𝑒𝑏𝑟𝑖𝑛𝑔. 𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑜𝑙ℎ𝑎𝑟𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑡𝑜𝑡 𝑣𝑜𝑙𝑙𝑒𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑜𝑛𝑡𝑤𝑖𝑘𝑘𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔 𝑘𝑜𝑚, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑒𝑛 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑏𝑟𝑒𝑘 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑠, 𝑒𝑛 𝑖𝑛 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑜𝑝𝑠𝑖𝑔 𝑡𝑒𝑘𝑜𝑟𝑡 𝑠𝑘𝑖𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒.”
Hierdie beproewinge wat elkeen van ons van tyd tot tyd deurgaan, is ’n sleuteldeel van ons groei in die geloof. Net soos goud in vuur gelouter word, word ons geloof gelouter deur die toetse en uitdagings wat ons in die gesig staar. Dit is in hierdie oomblikke dat ons leer om God dieper te vertrou en minder op ons eie begrip en krag staat te maak.
Wanneer ons deur God getoets word, is dit nooit bedoel om ons af te breek nie, maar juis om ons op te bou, om die krag wat Hy in ons geplaas het te openbaar en om ons nader aan Hom te trek. Wanneer ons hierdie toetse met geloof en algehele vertroue in Hom verduur, kom ons sterker, geduldiger en meer in lyn met Sy wil aan die ander kant uit.
Dink aan Abraham, wat getoets is toe God hom gevra het om sy seun Isak as offer te bring. Deur hierdie toets is Abraham se vertroue in God verdiep, en het hy ’n voorbeeld van geloof geword vir geslagte wat kom (Gen. 22). So kan ons ook gerus gaan lees oor ’n hele paar ander geloofshelde in Hebreërs 11 en die doel van volharding in geloof in Hebreërs 12. Net so is die toetse wat ons in die gesig staar geleenthede vir God om Sy getrouheid in ons lewens te demonstreer en vir ons om ons verhouding met Hom te verdiep.
Kyk maar na jou eie geloofslewe en besef ook dat in die tye waar jy waarlik op God vertrou het, hoe vorige beproewinge jou geloof versterk het. Is daar nou uitdagings in jou lewe wat jy kan beskou as ’n geleentheid vir God om jou te vorm?
Mag ons die toetse wat God toelaat oor ons lewensreis omhels, met die wete dat dit ons verfyn vir groter dinge en ons vorm tot die mense wat Hy ons geroep het om te wees.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Here, ek dank U vir die toetse wat oor my pad kom, selfs wanneer dit moeilik is om dit te trotseer. Help my om dit te sien as geleenthede vir groei en om op U planne te vertrou. Mag hierdie beproewinge my geloof verfyn, my nader aan U trek en my voorberei vir die doel wat U vir my lewe het. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟏𝟎-𝟏𝟒 – “𝐓𝐨𝐞𝐭𝐬 𝐦𝐲, 𝐇𝐞𝐫𝐞, 𝐞𝐧 𝐬𝐭𝐞𝐥 𝐦𝐲 𝐨𝐩 𝐝𝐢𝐞 𝐩𝐫𝐨𝐞𝐟.” (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
Hoeveel van ons kan daardie woorde sê? Hoeveel van ons durf daardie woorde sê?
Elke dag leef ons onder die Here se sorg en genade en elke dag doen ons ons beste om nie te sondig nie, maar elke nou en dan (soms meer nou as dan) sondig ons en besef ons net weer ons menslikheid. Meeste van ons weet dat ons nie die Here sal vra om ons te toets nie, want ons weet dat ons sukkel met die lewe en sukkel met reg lewe.
Dawid, ’n man na God se hart – soos die Bybel ons leer –hy kon daardie woorde spreek. Maar ons... Nie ons nie.
Maar Dawid was ook ’n sondaar. Dawid was ’n egbreker en moordenaar. Hoe durf hy dan daardie woorde uiter?
Want Dawid het geweet dat God ’n God van liefde en genade is. Dawid het geweet dat as jy berou het oor jou sonde, dit voor die Here bely en leef volgens sy voorskrifte, dan is daar hoop vir jou. Dan is jy ingenooi in die huis van God – in sy koninkryk – waar Hy regeer en Hy jou wys hoe om reg te lewe. Dawid het dit geweet en hy het geweet dat God alles van jou verlede in die verlede los. Dat God jou elke dag weer nuut maak en dat jy werklik naby Hom kan lewe. Maar dit is nie iets wat sommer net gebeur nie. Jý moet ook werk daaraan – jy moet dit inoefen elke dag.
En dan, as ons dan vir die Here vra om ons te toets en beproef, dan is dit juis omdat ons wil hê dat Hy ons reghelp en ons lei om onberispelik voor Hom te leef. Dat Hy ons harte en niere sal suiwer (ter inligting: in Dawid se tyd het mense gedink dat jou emosies en gevoelens vanuit jou niere kom).Mag ons daarom poog om hierdie gebed van Dawid met vrymoedigheid, dankbaarheid en blydskap te bid:
𝑉𝑎𝑛 𝐷𝑎𝑤𝑖𝑑.
𝐻𝑎𝑛𝑑ℎ𝑎𝑎𝑓 𝑚𝑦 𝑟𝑒𝑔, 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑒𝑘, 𝑒𝑘 𝑔𝑒𝑑𝑟𝑎 𝑚𝑦 𝑜𝑛𝑏𝑒𝑟𝑖𝑠𝑝𝑒𝑙𝑖𝑘;
𝑒𝑘 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑜𝑢 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑒𝑘 𝑤𝑎𝑛𝑘𝑒𝑙 𝑛𝑖𝑒.
𝑇𝑜𝑒𝑡𝑠 𝑚𝑦, 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑒𝑛 𝑠𝑡𝑒𝑙 𝑚𝑦 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑟𝑜𝑒𝑓.
𝑆𝑢𝑖𝑤𝑒𝑟 𝑚𝑦 𝑛𝑖𝑒𝑟𝑒 𝑒𝑛 𝑚𝑦 ℎ𝑎𝑟𝑡!
𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑒𝑘 ℎ𝑜𝑢 𝑢 𝑡𝑟𝑜𝑢𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝑜𝑒̈ 𝑒𝑛 𝑒𝑘 𝑙𝑒𝑒𝑓 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑢 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑.
𝐸𝑘 𝑠𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑦 𝑏𝑒𝑑𝑟𝑖𝑒𝑒̈𝑟𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑏𝑦 𝑠𝑙𝑖𝑛𝑘𝑠𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑘𝑜𝑚 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒.
𝐸𝑘 ℎ𝑒𝑡 '𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑟𝑠𝑖𝑛 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑦𝑒𝑒𝑛𝑘𝑜𝑚𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑𝑑𝑜𝑒𝑛𝑒𝑟𝑠, 𝑒𝑛 𝑏𝑦 𝑔𝑜𝑑𝑑𝑒𝑙𝑜𝑠𝑒𝑠 𝑠𝑖𝑡 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒.
𝐸𝑘 𝑤𝑎𝑠 𝑚𝑦 ℎ𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑜𝑚 𝑚𝑦 𝑜𝑛𝑠𝑘𝑢𝑙𝑑 𝑡𝑒 𝑡𝑜𝑜𝑛, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑟𝑜𝑛𝑑𝑜𝑚 𝑢 𝑎𝑙𝑡𝑎𝑎𝑟 𝑘𝑎𝑛 𝑙𝑜𝑜𝑝, 𝐻𝑒𝑟𝑒,
𝑜𝑚 '𝑛 𝑙𝑜𝑓𝑙𝑖𝑒𝑑 𝑡𝑒 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑜𝑝𝑘𝑙𝑖𝑛𝑘 𝑒𝑛 𝑡𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑒𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝑎𝑙 𝑢 𝑤𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑑𝑎𝑑𝑒.
𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑒𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑢𝑖𝑠 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑈 𝑤𝑜𝑜𝑛, 𝑙𝑖𝑒𝑓, 𝑢 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑛𝑝𝑙𝑒𝑘.
𝑀𝑜𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑔𝑟𝑢𝑘 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑎𝑎𝑟𝑠, 𝑚𝑦 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑚𝑎𝑛𝑛𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑏𝑙𝑜𝑒𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑖𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒,
ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑤𝑖𝑒 𝑠𝑒 ℎ𝑎𝑛𝑑𝑒 '𝑛 𝑠𝑘𝑎𝑛𝑑𝑑𝑎𝑎𝑑 𝑘𝑙𝑒𝑒𝑓, 𝑒𝑛 𝑤𝑖𝑒 𝑠𝑒 𝑟𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟ℎ𝑎𝑛𝑑 𝑣𝑜𝑙 𝑜𝑚𝑘𝑜𝑜𝑝𝑔𝑒𝑙𝑑 𝑖𝑠.
𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑒𝑘, 𝑒𝑘 𝑔𝑒𝑑𝑟𝑎 𝑚𝑦 𝑜𝑛𝑏𝑒𝑟𝑖𝑠𝑝𝑒𝑙𝑖𝑘 – 𝑟𝑒𝑑 𝑚𝑦 𝑒𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑛𝑎𝑑𝑖𝑔!
𝑀𝑦 𝑣𝑜𝑒𝑡 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑝 𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑; 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑦𝑒𝑒𝑛𝑘𝑜𝑚𝑠𝑡𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑒𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑝𝑟𝑦𝑠.
– Psalm 26 (AFR20)
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟏𝟎-𝟎𝟗 – 𝐈𝐬 𝐝𝐚𝐚𝐫 𝐫𝐞𝐠𝐭𝐢𝐠 𝐠𝐞𝐞𝐧 𝐯𝐞𝐫𝐨𝐨𝐫𝐝𝐞𝐥𝐢𝐧𝐠 𝐧𝐢𝐞 ? (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
Paulus begin Romeine 8 met ’n baie positiewe en gerusstellende stelling: “𝐷𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝑑𝑎𝑛 𝑛𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒𝑔𝑒𝑛𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒.” (Rom. 8:1 AFR20). Is dit darem nou nie een van die beste dinge om te weet nie? Dat daar nie enige veroordeling is vir ons nie – dat ons vrygekoop is en dat ons lewens veilig is. Maar die 2020 vertaling, soos die 1983 vertaling, los ’n deel uit wat in die 1933 en 1953 vertaling was en ook in ander vorige Griekse manuskripte wat verduidelik dat dit “𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒𝑔𝑒𝑛𝑒 (𝑖𝑠) 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑙𝑒𝑒𝑠 𝑙𝑒𝑒𝑓 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠.”
Ja, ons moet besef dat ons nie sommer net kan bely dat ons glo in Jesus Christus, maar dan verander niks in ons gedrag of denke nie. Die Satan glo ook in Jesus Christus, maar sy denke en dade bly boos. Hoor dit weer: Die Satan glo ook in Jesus Christus, maar sy denke en dade bly boos.
Paulus se vêrder in Romeine 8:
“𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑒𝑛𝑡𝑒𝑒𝑛, 𝑏𝑙𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 – 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑑𝑎𝑎𝑑 𝑖𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑛. 𝐴𝑠 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒, 𝑏𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑡 ℎ𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒. 𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑎𝑠 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑖𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑠, 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔𝑔𝑎𝑎𝑚, 𝑎𝑠 𝑔𝑒𝑣𝑜𝑙𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒, 𝑤𝑒𝑙 𝑑𝑜𝑜𝑑; 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑒𝑛𝑡𝑒𝑒𝑛, 𝑜𝑝 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔𝑖𝑛𝑔, 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑙𝑒𝑤𝑒. 𝐴𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑤𝑎𝑡 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑤𝑒𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑖𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑛, 𝑠𝑎𝑙 𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑤𝑒𝑘 ℎ𝑒𝑡, 𝑜𝑜𝑘 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑟𝑓𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑙𝑖𝑔𝑔𝑎𝑚𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑠𝑦 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑛.” – Romeine 8:9-11 (AFR20).
Wanneer ons hierdie gedeelte van Paulus se brief lees, moet ons mooi kophou met alles wat hy sê. Dit wil voorkom of dit ’n baie ingewikkelde redenasie is oor die Wet, sonde, menslike natuur, redding en verlossing, maar eintlik is dit baie eenvoudig. Paulus verduidelik self verder:
“𝐴𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑙𝑒𝑖 𝑤𝑜𝑟𝑑, ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑠 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑. 𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑛𝑖𝑒 '𝑛 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑙𝑎𝑤𝑖𝑛𝑔 𝑏𝑟𝑖𝑛𝑔, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑏𝑎𝑛𝑔 ℎ𝑜𝑒𝑓 𝑡𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒; 𝑛𝑒𝑒, 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔 𝑤𝑎𝑡 𝑏𝑒𝑣𝑒𝑠𝑡𝑖𝑔 𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑡𝑜𝑡 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑛𝑒𝑒𝑚 𝑖𝑠, 𝑒𝑛 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝐻𝑜𝑚 𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑜𝑛𝑠 “𝐴𝑏𝑏𝑎, 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟!” 𝐷𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑔𝑒𝑡𝑢𝑖𝑔 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑜𝑜𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑔𝑒𝑒𝑠 𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠. 𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑎𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑖𝑠, 𝑖𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑜𝑘 𝑒𝑟𝑓𝑔𝑒𝑛𝑎𝑚𝑒 – 𝑒𝑟𝑓𝑔𝑒𝑛𝑎𝑚𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑒𝑛 𝑚𝑒𝑑𝑒-𝑒𝑟𝑓𝑔𝑒𝑛𝑎𝑚𝑒 𝑚𝑒𝑡 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑚𝑖𝑡𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑑𝑎𝑎𝑑 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑙𝑦, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑜𝑘 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑜𝑟𝑑.” – Romeine 8:17-17 (AFR20).
Verstaan jy? Jy is God se kind. En daardie stem wat jy binne jou hoor wanneer jy neig om te luister na jou eie sondige natuur, dit is God se Gees wat jou op die regte pad wil lei. Ja, dit sal beteken dat ons gaan ly in die wêreld, want ons gaan nie gewild wees nie en ons gaan nie meegesleur word deur die gees van die tyd nie.
Besef jy, kind van God, dat jy ’n erfgenaam is? Besef jy dat jy saam met Jesus en deur Jesus ook bestem is vir die ewige lewe? Besef jy dat jy elke dag in die krag wat Jesus uit die dood opgewek het, kan leef? Is daar enige krag groter as dit? Jy kan daarin leef as jy doelgerig kies elke dag, elke oomblik om eerder deur die Gees gelei te word en nie te swig onder die vleeslike versoekings nie.
Wanneer jy dus daardie stem hoor, luister. Gee jouself oor tot die Vader se wil en laat Jesus saam met jou leef deur Sy Gees wat by jou, in jou is.
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟏𝟎-𝟎𝟖 – “𝑩𝒆𝒑𝒓𝒐𝒆𝒇 𝒅𝒊𝒕 𝒆𝒏 𝒆𝒓𝒗𝒂𝒂𝒓: 𝑫𝒊𝒆 𝑯𝒆𝒓𝒆 𝒊𝒔 𝒈𝒐𝒆𝒅.” (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
Ons almal ken die gevoel waar ons vanuit ’n moeilike of selfs gevaarlike situasie kom. Ons voel verligting, dankbaarheid en vrede. En wanneer ons besef dat God altyd met ons was en dat ons verlossing van daardie situasie en vele ander toestande van verlorenheid eksklusief aan sy liefde en genade te danke is, dan is die intensiteit van die gevoel soveel beter en meer.
Dawid skryf Psalm 34 nadat hy ook uit ’n gevaarlike situasie gered is en hy kan nie stilbly daaroor nie. In sy getuienis en lofsang roep hy ander om saam met hom die Here te loof:
“𝐸𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑡𝑦𝑑 𝑝𝑟𝑦𝑠, 𝑚𝑦 𝑚𝑜𝑛𝑑 𝑖𝑠 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑡𝑑𝑢𝑟𝑒𝑛𝑑 𝑣𝑜𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑙𝑜𝑓.
𝐼𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑒𝑘 𝑟𝑜𝑒𝑚; 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑟𝑢𝑘𝑡𝑒𝑠 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑡 ℎ𝑜𝑜𝑟 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑢𝑔.
𝑀𝑎𝑎𝑘 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡, 𝑗𝑎, 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑠𝑦 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘.
𝐸𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑔𝑒𝑟𝑎𝑎𝑑𝑝𝑙𝑒𝑒𝑔, 𝑒𝑛 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑; 𝑣𝑎𝑛 𝑎𝑙 𝑚𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑘𝑟𝑖𝑘𝑘𝑖𝑛𝑔𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑦 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑟𝑒𝑑.
𝑉𝑒𝑟𝑑𝑟𝑢𝑘𝑡𝑒𝑠 𝑘𝑦𝑘 𝑜𝑝 𝑛𝑎 𝐻𝑜𝑚 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑡𝑟𝑎𝑎𝑙; ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑔𝑡𝑒 ℎ𝑜𝑒𝑓 𝑛𝑖𝑒 𝑟𝑜𝑜𝑖 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑘𝑎𝑎𝑚𝑡𝑒 𝑡𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒.
𝐻𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑔𝑡𝑒𝑙𝑜𝑠𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟, 𝑒𝑛 𝑢𝑖𝑡 𝑎𝑙 𝑠𝑦 𝑏𝑒𝑛𝑜𝑢𝑑ℎ𝑒𝑑𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑦 ℎ𝑜𝑚 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠.
𝐷𝑖𝑒 •𝐸𝑛𝑔𝑒𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑡𝑟𝑒𝑘 '𝑛 𝑙𝑎𝑒𝑟 𝑟𝑜𝑛𝑑𝑜𝑚 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑜𝑛𝑡𝑠𝑎𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑛 𝐻𝑦 𝑟𝑒𝑑 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒.
𝐵𝑒𝑝𝑟𝑜𝑒𝑓 𝑑𝑖𝑡 𝑒𝑛 𝑒𝑟𝑣𝑎𝑎𝑟: 𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑔𝑜𝑒𝑑, 𝑔𝑒𝑙𝑢𝑘𝑘𝑖𝑔 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑏𝑦 𝐻𝑜𝑚 𝑠𝑘𝑢𝑖𝑙.”
– Psalm 34:2-9 (AFR20)
God se beskerming is vir ons ’n toevlug. Die “Engel van die Here" wat kamp opslaan rondom diegene wat Hom vrees, herinner ons aan God se voortdurende bewaking en beskerming oor ons lewens. Hierdie belofte bied diepe troos, veral in tye van onsekerheid vir dié wat in ontsag, eerbied en gehoorsaamheid aan Hom lewe.
Dawid nooi ons uit om hierdie dankbaarheid en gevoel van genade te “beproef” en te sien dat die Here goed is. Hierdie uitnodiging is ervarings-gerig – dit gaan nie daaroor om God se goedheid teoreties te ken nie, maar om dit eerstehands te ervaar. Wanneer ons by God skuil, vind ons ’n diep gevoel van veiligheid en bevrediging, selfs wanneer die wêreld om ons onseker is. Selfs wanneer die ons in oomblikke van vrees of onsekerheid is, moet ons weet dat God luister en sal antwoord as ons Hom aanroep en soek na sy wil (v. 7).
Dink bietjie na oor die tye in jou lewe wanneer God jou gebede verhoor het of jou van vrees verlos het. Besef jy hoe daardie ervaring jou geloof gevorm het?
Oefen vandag dankbaarheid in deur een area van jou lewe te identifiseer waar jy God se goedheid gesien het en moet dit nie net vir jouself hou nie. Deel jou getuienis van God se getrouheid met iemand wat dalk aanmoediging nodig het.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Liewe Heer, dankie dat U my toevlug en krag is. Leer my om U te soek in elke seisoen van my lewe, om op U goedheid te vertrou en U liefde met ander te deel. Mag my lewe ’n weerspieëling van U lig wees, en mag ek altyd my sekuriteit in U vind. Help my om my vertroue in U te beproef en te sien dat U goed is, en om met ’n hart vol lof te leef. In Jesus se naam, Amen.
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟏𝟎-𝟎𝟕 – 𝐃𝐢𝐞 𝐩𝐥𝐚𝐧𝐧𝐞 𝐢𝐧 𝐨𝐧𝐬 𝐡𝐚𝐫𝐭𝐞 . . . (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
Ons het almal drome, doelwitte en planne vir ons lewens. Dit is natuurlik om ambisies te hê en ’n beter lewe te begeer. Tog, terwyl ons deur die lewe reis, is daar dikwels allerhande opdraandes en skerp draaie wat daardie planne uitdaag.
Spreuke 19:20-21 herinner ons dat hoewel dit wys is om te beplan en doelwitte te stel, dit selfs wyser is om God se leiding te soek en oop te wees vir Sy leiding. Ons moet op Hom alleen vertrou:
“𝐿𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟 𝑛𝑎 𝑟𝑎𝑎𝑑 𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑛𝑣𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑒𝑟𝑚𝑎𝑛𝑖𝑛𝑔, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑦 𝑢𝑖𝑡𝑒𝑖𝑛𝑑𝑒𝑙𝑖𝑘 𝑤𝑦𝑠 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑠.
𝐷𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝑏𝑎𝑖𝑒 𝑝𝑙𝑎𝑛𝑛𝑒 𝑖𝑛 '𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑠𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑎𝑎𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 – 𝑑𝑖́𝑡 𝑘𝑜𝑚 𝑡𝑜𝑡 𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑.” – Spreuke 19:20-21 (AFR20)
Een van die belangrikste dinge wat in ons tyd verdwyn het, is die oopheid van mense om na raad te luister en oop te wees vir regstelling en vermaning. Die wêreld leer mense vandag dat jy alles self moet doen en na niemand hoef te luister nie. Raai wat? As jy dit doen, het jy na iemand geluister om te doen wat almal doen. Is dit nie beter om te groei as ’n mens nie? Is dit nie beter om dit te laat gebeur vanuit ’n leerbare hart nie? Wanneer ons luister na die raad van ander – veral vanaf God in Sy Woord en diegene wat geestelik volwasse is – en dissipline aanvaar, kry ons wysheid. Dit is nie altyd maklik om raad aan te hoor wat ons uitdaag of uitwys waar ons verbetering nodig het nie. Tog vorm die nederigheid om sulke leiding te aanvaar ons in wyse mense.
En as ons leer om in nederigheid teregwysing te aanvaar en só die wysheid te bekom, dan bring dit ’n vertroostende waarheid: “Daar is baie planne in 'n mens se hart, maar die raad van die Here – dít kom tot stand.” Maak nie saak hoe goed ons beplan nie, God se doel sal altyd die finale sê hê. Dit is beide ’n uitdaging en ’n gerusstelling. Dit daag ons uit om ons begeertes en ambisies aan God te onderwerp, met die erkenning dat Sy weë hoër is as ons s’n. Terselfdertyd verseker dit ons dat selfs wanneer dinge nie volgens ons planne verloop nie, God steeds in beheer is en Sy doel in ons lewens uitwerk.
Is jy oop vir raad en bereid om teregwysing van ander te aanvaar, veral diegene wat geestelik wys is?
As ek vandag vir jou’n bietjie raad kan gee: Vertrou op God. Wandel saam met Jesus, deur Sy Gees, in hierdie lewe. Luister na Hom en volg Hom. Sonder tyd af om te bid, en vra God om jou planne te rig en jou te help om op Sy groter doel te vertrou.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Hemelse Vader, dankie vir die wysheid wat U ons bied deur U Woord en deur die raad van ander. Help ons om nederige harte te hê wat bereid is om te luister en te leer. Leer ons om op U planne te vertrou, al verskil dit van ons eie. Mag U doel in ons lewens vervul word, en mag ons altyd daarna streef om U leiding te volg. In Jesus se naam, Amen.
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟎𝟗-𝟐𝟓 – 𝐄𝐫𝐟𝐞𝐧𝐢𝐬(𝐝𝐚𝐠) . . . (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
Gister was Erfenisdag gewees in Suid-Afrika en die dag is ingestel om die wye en ryk diversiteit van ons land se kulturele erfenis te vier. Vanuit verskillende kulture en selfs verskillende dele van die wêreld, het Suid-Afrika deur die eeue ontwikkel in ’n land wat baie potensiaal het en al baie groot mylpale bereik het. Natuurlik hang dit af van watter kant jy na die hele prentjie kyk...
As jy van een kant kyk, dan sien jy die Rugby Wêreldbeker wat sy pad al vier keer na ons gevind het; jy sien hoe ons al die rugby- en sokker Wêreldbekers aangebied het; jy sien hoe daar mense saamgebring is deur sport en ander goeie dade; jy sien hoe die land deur moeilike tye die veerkragtigheid het om steeds op soveel velde die beste of onder die beste te wees; jy sien hoop.
Van die ander kant af, sien jy hoeveel die land in die laaste dertig jaar agteruitgegaan het of hoe vooruitgang gehalter of belemmer is; jy sien korrupsie en verkwisting van fondse; jy sien politiese- en rasse konflik; jy sien negatiwiteit en wanhopigheid.
Ja, Suid-Afrika is ’n land van diversiteit, maar tog is daar soveel maniere waarop hierdie diversiteit al in die verlede ’n eenheid was. Elkeen is trots op hul unieke erfenis en elkeen wil graag dat dit voortleef. Die grootste moeilikheid kom gewoonlik wanneer ’n persoon of persone nie ander mense hul erfenis wil gun nie en nie respek het daarvoor nie. Ek wens ek kon ’n kitsoplossing bied vir die politiese kwessies en gepaardgaande konflik, maar soos elke ding in die lewe, sal dit tyd vat om daarby uit te kom.
Wat ek wel kan doen, is om meeste Suid-Afrikaners te herinner aan die groot erfenis waarin ons almal deel – die een ding wat ons almal dieselfde maak en waarin ons saam kan werk en streef na God se ware geregtigheid. My gebed vir Suid-Afrika is die gebed wat Paulus vir die gemeente in Efese ook gebid het:
“𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚, 𝑣𝑎𝑛𝑑𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑒𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑤𝑖𝑔𝑒𝑠, ℎ𝑜𝑢 𝑒𝑘 𝑜𝑜𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑝 𝑜𝑚 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑡𝑒 𝑑𝑎𝑛𝑘 𝑛𝑖𝑒. 𝑊𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑒𝑘 𝑖𝑛 𝑚𝑦 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑑𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑘, 𝑏𝑖𝑑 𝑒𝑘 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠, 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑎𝑎𝑛 𝑤𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑏𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑡, 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑠𝑦 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑦𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑔𝑒𝑒 𝑒𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑠𝑜 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑝𝑒𝑛𝑏𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝐻𝑜𝑚 𝑤𝑒𝑟𝑘𝑙𝑖𝑘 𝑘𝑎𝑛 𝑘𝑒𝑛. 𝐸𝑘 𝑏𝑖𝑑 𝑑𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑒𝑠𝑡𝑒𝑠𝑜𝑒̈ 𝑠𝑜 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑙𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑤𝑎𝑡𝑡𝑒𝑟 ℎ𝑜𝑜𝑝 𝑠𝑦 𝑟𝑜𝑒𝑝𝑖𝑛𝑔 𝑖𝑛ℎ𝑜𝑢, 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡𝑡𝑒𝑟 𝑟𝑦𝑘𝑑𝑜𝑚 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑒𝑟𝑓𝑒𝑛𝑖𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑤𝑖𝑔𝑒𝑠 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑒𝑚 ℎ𝑒𝑡, 𝑒𝑛 ℎ𝑜𝑒 𝑔𝑒𝑤𝑒𝑙𝑑𝑖𝑔 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑠𝑦 𝑘𝑟𝑎𝑔 𝑖𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑢𝑖𝑡𝑜𝑒𝑓𝑒𝑛 𝑖𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑔𝑙𝑜. 𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒𝑠𝑒𝑙𝑓𝑑𝑒 𝑘𝑟𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔𝑒 𝑤𝑒𝑟𝑘𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑚𝑎𝑔 𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑜𝑒𝑓𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑡𝑜𝑒 𝐻𝑦 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑤𝑒𝑘 𝑒𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑎𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑟𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟ℎ𝑎𝑛𝑑 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑠𝑖𝑡 ℎ𝑒𝑡: ℎ𝑜𝑜𝑔 𝑏𝑜 𝑒𝑙𝑘𝑒 𝑚𝑎𝑔 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑠𝑎𝑔, 𝑒𝑙𝑘𝑒 𝑘𝑟𝑎𝑔 𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑠𝑘𝑎𝑝𝑝𝑦, 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑜𝑘 𝑎𝑙 𝑠𝑝𝑟𝑎𝑘𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑎𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠, 𝑛𝑖𝑒 𝑛𝑒𝑡 𝑖𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑑𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑜𝑘 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑑𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔 𝑤𝑎𝑡 𝑘𝑜𝑚. 𝐽𝑎, 𝑎𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑤𝑒𝑟𝑝, 𝐻𝑜𝑚 𝑏𝑜 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑓 𝑒𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑠𝑡𝑒𝑙 𝑎𝑠 ℎ𝑜𝑜𝑓 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑒𝑟𝑘. 𝐷𝑖𝑒 𝑘𝑒𝑟𝑘 𝑖𝑠 𝑠𝑦 𝑙𝑖𝑔𝑔𝑎𝑎𝑚, 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑤𝑎𝑡 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑖𝑛 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑢𝑙.” – Efesiërs 1:15-23 (AFR83)
Mag ons – die hele Suid-Afrika – die kerk wees, soos God beplan het. Mag ons in hierdie bedeling en ook in die bedelings wat kom leef in die genade, liefde en krag van die Heilige Gees. Dít is ons erfenis – tot eer van God alleen.
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟎𝟗-𝟐𝟑 – 𝐇𝐨𝐞 𝐨𝐦 𝐝𝐢𝐞 𝐝𝐮𝐢𝐰𝐞𝐥 𝐭𝐞 𝐰𝐞𝐞𝐫𝐬𝐭𝐚𝐚𝐧. (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
Daar is nie een mens op hierdie aarde wat nog nooit gesondig het nie. Geeneen kon dit nog ooit regkry om ’n volmaakte lewe te leef nie – net Jesus.
Ons kan natuurlik maklik sê dat Jesus dit kon regkry, want Hy is God. Maar ons moet ook onthou dat Jesus ook 100% mens was. Hy moes heeltemal mens wees, sodat Hy die mens se sonde se straf op Hom kon neem. Maar ons vergeet ook een ander ding: Jesus was 100% mens, gevul met die Heilige Gees. Hy het kom wys hoe die mens ’n goeie lewe kan leef en hoe ons in die Koninkryk van God sy heerskappy kan beleef – heerskappy oor alles en almal.
Voor Jesus se hemelvaart, volgens Matteus 28:18-20, gee Jesus die groot opdrag om dissipels te gaan maak en dan omvou Hy die opdrag met twee stellings of beloftes om vir ons te vertel hoe ons hierdie lewe ’n goeie lewe kan maak en hoe ons gehoorsaam aan die Vader kan wees. Jesus sê eerstens in vers 18 dat Hy die Koning is – alle mag in hemel en op aarde is aan Hom gegee deur die Vader. Tweedens, bevestig Hy sy teenwoordigheid vir ewig by ons deur Sy Gees, toe Hy belowe om met ons te wees tot aan die voleinding van tyd.
Dus gee Jesus aan ons die middele om, soos Hy, ook in die krag van God se Gees te leef en om te leef soos Hy geleef het. As ons dit besef, dan kan ons die duiwel weerstaan, soos Jesus dit reggekry het in die woestyn. Dan kan ons in die Naam van Jesus Christus, volgens God se wil, ook wonderlike dinge vermag. Dan kan ons ook in die vreugde leef van die ewige lewe.
Jesus se kleinboet, Jakobus, het dit ook besef en daarom skryf Hy:
“𝑂𝑛𝑑𝑒𝑟𝑤𝑒𝑟𝑝 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑢𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑. 𝑊𝑒𝑒𝑟𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐷𝑢𝑖𝑤𝑒𝑙, 𝑑𝑎𝑛 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑦 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑔𝑣𝑙𝑢𝑔. 𝑁𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑡𝑜𝑡 𝐺𝑜𝑑, 𝑑𝑎𝑛 𝑠𝑎𝑙 𝐻𝑦 𝑡𝑜𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑎𝑑𝑒𝑟. 𝑅𝑒𝑖𝑛𝑖𝑔 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑎𝑛𝑑𝑒, 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑎𝑎𝑟𝑠, 𝑒𝑛 𝑠𝑢𝑖𝑤𝑒𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡𝑒, 𝑑𝑢𝑏𝑏𝑒𝑙ℎ𝑎𝑟𝑡𝑖𝑔𝑒𝑠! 𝑊𝑒𝑒𝑘𝑙𝑎𝑎𝑔 𝑒𝑛 𝑡𝑟𝑒𝑢𝑟 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑖𝑙! 𝐿𝑎𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑎𝑔 𝑖𝑛 𝑑𝑟𝑜𝑒𝑓ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑙𝑦𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑖𝑛 𝑠𝑜𝑚𝑏𝑒𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑. 𝑉𝑒𝑟𝑛𝑒𝑑𝑒𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑑𝑎𝑛 𝑠𝑎𝑙 𝐻𝑦 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑜𝑜𝑔.” – Jakobus 4:7-10 (AFR20)
Ja, ons moet ons eie-ek heeltemal opsy skuif en God eerste stel. Ons moet besef dat Jesus naby is deur die Heilige Gees en dat ons ook só in die Koninkryk van die hemele kan leef – daar waar Jesus regeer. En waar Jesus is, daar wil die duiwel nie wees nie – kan hy nie wees nie.
Maak dus genoeg tyd elke dag om jouself oor en oor aan God te wy en te onderwerp. Leef nie in jou eie krag nie, maar in die krag van God. Oordink God se Woord so gereeld moontlik, want daardeur nader jy tot Hom en sal Hy tot jou nader om jou te help wanneer versoekings kom. Besef dat jy nodig het dat die Here jou hart elke dag suiwer en oefen in om meer en meer net op Hom te vertrou.
Mag jy God se teenwoordigheid en vrede beleef en mag jy leef tot sy eer.
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟎𝟗-𝟎𝟒 – 𝐕𝐚𝐧 𝐛𝐢𝐧𝐧𝐞 𝐧𝐚 𝐛𝐮𝐢𝐭𝐞. (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
Daar is soveel dinge wat deesdae ons aandag verg en ook ons aandag aftrek van die dinge wat eintlik belangrik is. Die vloed van sosiale media en selektiewe verslaggewing in die nuus, maak dat ons begin wonder en selfs twyfel in baie kernwaarhede van die Bybel. Baie mense – en dit sien ons oral, selfs in die kerk – het begin om deur middel van selfregverdiging te sê dat ons maar sekere dele van die Bybel nie meer van toepassing hoef te maak op ons nie.
Aan die ander kant, is daar ook weer dié mense wat wil teruggaan na al die wette van die Ou-Testament en God se oorspronklike volk, Israel, se reëls en wette letterlik toe te pas vandag.
Toe Jesus gekom het, het Hy nie ’n nuwe stel wette gebring nie, maar ’n manier van lewe. Hy het gekom en aan die mense verduidelik dat heelwat van die wette in die Ou-Testament deur mense daargestel is en dat ons logies moet dink daaroor. Hy het, in sy eie tyd al, die konteks van dinge in ag geneem en probeer verduidelik aan die mense dat die lewe saam met God nie gaan allerhande dinge wat jy moet doen om gered te word nie, maar dat jy eenvoudig net saam met Hom moet lewe.
In Jesus se tyd en ook in ons tyd vandag, is daar mense wat sekere dele van die wet nakom en sekere dele ignoreer, omdat hul tradisies of die huidige kultuur van die samelewing wat voorgestel word ’n nuwe stel reëls van selfregverdiging of verontskuldiging voorhou.
In Matteus 5:17-20 sê Jesus uitdruklik dat geen jota of titel van die Wet sal wegval nie. En dan, in Markus 7, haal Jesus vir Jesaja aan – wat ook in sy tyd daarmee gesukkel het – en sê die volgende:
“ ‘𝐻𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑘 𝑒𝑒𝑟 𝑀𝑦 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑝𝑝𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡𝑒 𝑖𝑠 𝑣𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑀𝑦 𝑎𝑓. 𝑇𝑒𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑒𝑓𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑒𝑒𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑀𝑦, 𝑤𝑎𝑛𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑟𝑖𝑔 𝑎𝑠 𝑙𝑒𝑒𝑟𝑠𝑡𝑒𝑙𝑙𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑠𝑘𝑟𝑖𝑓𝑡𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒.’
“𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑎𝑎𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑒𝑛 𝑘𝑙𝑜𝑢 𝑣𝑎𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑟𝑎𝑑𝑖𝑠𝑖𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒.” 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑜𝑘 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑢𝑛𝑠 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑜𝑝𝑠𝑦 𝑡𝑒 𝑠𝑘𝑢𝑖𝑓 𝑒𝑛 𝑠𝑜𝑑𝑜𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑡𝑟𝑎𝑑𝑖𝑠𝑖𝑒 𝑡𝑒 ℎ𝑎𝑛𝑑ℎ𝑎𝑎𝑓. 𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑀𝑜𝑠𝑒𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑠𝑒̂, ‘𝐸𝑒𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑒𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑚𝑜𝑒𝑑𝑒𝑟,’ 𝑒𝑛 ‘𝑊𝑖𝑒 𝑠𝑦 𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑜𝑓 𝑚𝑜𝑒𝑑𝑒𝑟 𝑏𝑒𝑙𝑒𝑑𝑖𝑔, 𝑙𝑎𝑎𝑡 ℎ𝑦 𝑏𝑒𝑠𝑙𝑖𝑠 𝑑𝑜𝑜𝑑𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑤𝑜𝑟𝑑.’ 𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑒̂, ‘𝐴𝑠 '𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑜𝑓 𝑚𝑜𝑒𝑑𝑒𝑟 𝑠𝑒̂, “𝑊𝑎𝑡𝑡𝑒𝑟 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑢 𝑜𝑜𝑘 𝑎𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑠𝑜𝑢 𝑘𝑜𝑛 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔, 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑘𝑜𝑟𝑏𝑎𝑛” – 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 '𝑛 𝑜𝑓𝑓𝑒𝑟𝑔𝑎𝑤𝑒 – 𝑑𝑎𝑛 ℎ𝑜𝑒𝑓 '𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠 ℎ𝑜𝑒𝑔𝑒𝑛𝑎𝑎𝑚𝑑 𝑛𝑖𝑘𝑠 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑠𝑦 𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑜𝑓 𝑚𝑜𝑒𝑑𝑒𝑟 𝑡𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒.’ 𝑆𝑜 𝑜𝑛𝑡𝑛𝑒𝑒𝑚 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑠𝑦 𝑔𝑒𝑠𝑎𝑔 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑟𝑎𝑑𝑖𝑠𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑔𝑒𝑙𝑒𝑤𝑒𝑟 ℎ𝑒𝑡, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑜𝑜𝑘 𝑛𝑜𝑔 𝑏𝑎𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑜𝑟𝑡𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒.” 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑘𝑎𝑟𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑛𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐿𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑛𝑎 𝑀𝑦 𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛! 𝐷𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑘𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑏𝑢𝑖𝑡𝑒 𝑎𝑓 𝑖𝑛 '𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑖𝑛𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑜𝑛𝑟𝑒𝑖𝑛 𝑘𝑎𝑛 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑢𝑖𝑡 '𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑢𝑖𝑡𝑘𝑜𝑚, 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑜𝑛𝑟𝑒𝑖𝑛 𝑚𝑎𝑎𝑘.” – Markus 7:7b-15 (AFR20)
Lees of luister gerus weer hierdie gedeelte. Besef jy dat ons in ons tyd presies doen wat die Fariseërs en skrifgeleerdes gedoen het? Besef jy dat onreinheid eintlik van binne kom – vanuit ons harte? Besef jy dat as jy saam met Jesus leef, dan is daar nie veronderstel om verontskuldigings en selfregverdiging te wees in jou lewe nie? Net deur Jesus Christus se offer aan die kruis, word ons verlos en word ons harte verander. Net deur God se genade. Net deur die geloof wat die Heilige Gees in ons harte vestig, koester en laat groei. Net deur die waarheid van die Bybel – die Woord van God. En dit, nie sodat ons goed of belangrik kan lyk nie, maar kan leef tot eer van God alleen – sodat God se liefde uit ons harte sal vloei na ander.
Word verander. Van binne na buite.
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟎𝟗-𝟎𝟐 – 𝐖𝐨𝐫𝐝 𝐟𝐢𝐤𝐬𝐞𝐫 ! (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
Diegene onder ons wat een of ander vorm van sport beoefen of lank gelede beoefen het, weet hoe moeilik is dit om weer te begin as jy vir ’n lang ruk nie deelgeneem het nie. Daar bestaan dalk iets soos “spier-geheue”, maar dit moet natuurlik eers weer wakker gemaak word as dit vir ’n ruk lank slaap. En as die ouderdom, gesondheid en ander onvoorsiene gebeure ook intree, is die terugkeer na jou vorige vlak van fiksheid nogal moeilik om te bekom. Dié van ons wat nog altyd sportief was weet: Moet eerder nie ophou oefen nie of moenie uitstel om weer te begin nie.
Wanneer dit kom by ons geestelike gesondheid, is dit presies dieselfde en duisende jare gelede, het Paulus dit ook geweet. Hy skyf aan Timoteus:
“𝑉𝑒𝑟𝑚𝑦 𝑔𝑜𝑑𝑑𝑒𝑙𝑜𝑠𝑒 𝑒𝑛 𝑑𝑤𝑎𝑠𝑒 𝑚𝑖𝑡𝑒𝑠. 𝑂𝑒𝑓𝑒𝑛 𝑗𝑜𝑢𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑜𝑚 𝑔𝑜𝑑𝑣𝑟𝑒𝑠𝑒𝑛𝑑 𝑡𝑒 𝑙𝑒𝑒𝑓; 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑙𝑖𝑔𝑔𝑎𝑎𝑚𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑜𝑒𝑓𝑒𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑖𝑠 𝑤𝑒𝑙 𝑖𝑛 ’𝑛 𝑔𝑒𝑟𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑚𝑎𝑡𝑒 𝑛𝑢𝑡𝑡𝑖𝑔, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑜𝑑𝑣𝑟𝑒𝑠𝑒𝑛𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑖𝑠 𝑛𝑢𝑡𝑡𝑖𝑔 𝑖𝑛 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑝𝑠𝑖𝑔𝑡𝑒. 𝐷𝑖𝑡 ℎ𝑜𝑢 𝑏𝑒𝑙𝑜𝑓𝑡𝑒 𝑖𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑢𝑖𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑒́𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑜𝑒𝑘𝑜𝑚𝑠𝑡𝑖𝑔𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒. 𝐷𝑖𝑒́ 𝑢𝑖𝑡𝑠𝑝𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑖𝑠 𝑏𝑒𝑡𝑟𝑜𝑢𝑏𝑎𝑎𝑟 𝑒𝑛 𝑤𝑒𝑟𝑑 𝑜𝑚 𝑡𝑒𝑛 𝑣𝑜𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑎𝑛𝑣𝑎𝑎𝑟 𝑡𝑒 𝑤𝑜𝑟𝑑.” – 1 Timoteus 4:7-9 (AFR20)
Ek moet sê, ek stem nogal heelhartig saam met Paulus hier oor die betroubaarheid van die uitspraak. Ek dreig nou al agt jaar dat ek weer meer gereeld moet begin draf, sodat ek weer die Comrades Marathon kan hardloop, maar elke keer is daar weer verskonings oor hoekom ek nie begin of nie volhou met my oefening nie. Soms is dit geldige verskonings, soos beserings of werksverpligting. Soms sê ek dat ek net nie die tyd het nie... Maar ’n mens moet tyd maak en jy moet toegewyd wees.
In ons geestelike lewe, moet ons leer om dissipline te skep. Ons moet leer om goeie, gesonde geloofsgewoontes aan te kweek en te beoefen – Bybelstudie, stilte, gebed, eredienste, betrokkenheid by ’n gemeente, ens.
Onthou: jy word nie fiks in die geloof net om eendag in die hemel te kom nie, maar om nou ook die lewe in volheid te leef. Paulus sê juis dat Godvresendheid – ’n besef van wie God is, hoe groot Hy is en hoe groot sy liefde en genade vir jou is – is nie net voordelig vir eendag nie, maar ook nou in die huidige lewe.
So, hoe hard oefen jy? Of hoe lank gaan jy nog uitstel voor jy begin oefen? Jy gaan nie fikser word as jy nie bereid is om die tyd en energie in te span nie. Soos die 11 dissipels in die boot bly sit en kyk het, het Petrus begin oefen deur op te staan en saam met Jesus op die water te loop. Ja, hy het gesink, maar hy het darem die eerste tree van sy oefening gegee.
Kom nou! Word fikser!
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟎𝟖-𝟐𝟎 – ’𝐧 𝐏𝐚𝐬𝐬𝐢𝐞 𝐯𝐢𝐫 𝐰𝐚𝐭 𝐫𝐞𝐠 𝐢𝐬. (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
Ons almal wil ’n goeie lewe hê. Ons wil graag gelukkig wees en ons wil nie dat daar onreg aan ons gedoen word nie. Ons wil hê dat dit goed gaan met ons geliefdes en ons wil dat regverdigheid sal seëvier. Maar ons weet dat daar baie ongeregtigheid is in die wêreld. Ons weet dat ons somtyds self eerder ons eie eer en voordeel soek – ten koste van ander se geluk. Ja, ons is soms ook onregverdig en ons bevorder ook dikwels ongeregtigheid deur ons dade of deur ons versuim om op te staan vir wat reg is.
Dawid, ’n man na God se hart, het besef dat geregtigheid – God se geregtigheid – slegs kan heers, wanneer dit by jou eie huis begin. In Psalm 101 (AFR20) lees ons:
“𝑉𝑎𝑛 𝐷𝑎𝑤𝑖𝑑. '𝑛 𝑃𝑠𝑎𝑙𝑚.
𝑂𝑜𝑟 𝑡𝑟𝑜𝑢𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑒𝑛 𝑜𝑜𝑟 𝑟𝑒𝑔𝑠𝑝𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑒𝑘 𝑠𝑖𝑛𝑔; 𝑈, 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑤𝑖𝑙 𝑒𝑘 𝑏𝑒𝑠𝑖𝑛𝑔.
𝐸𝑘 𝑤𝑖𝑙 𝑚𝑦 𝑡𝑜𝑒𝑠𝑝𝑖𝑡𝑠 𝑜𝑝 '𝑛 𝑜𝑛𝑏𝑒𝑟𝑖𝑠𝑝𝑒𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑠𝑤𝑦𝑠𝑒. 𝑊𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑠𝑎𝑙 𝑒𝑘 𝑑𝑖𝑡 𝑏𝑒𝑟𝑒𝑖𝑘? 𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑚𝑒𝑡 '𝑛 𝑜𝑝𝑟𝑒𝑔𝑡𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑙𝑒𝑒𝑓 𝑖𝑛 𝑚𝑦 ℎ𝑢𝑖𝑠.
𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑏𝑜𝑜𝑠 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝑚𝑦 𝑜𝑒̈ 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑟𝑎 𝑛𝑖𝑒. 𝐼𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑙𝑒𝑒𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑤𝑎𝑛𝑑𝑎𝑑𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑘 '𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑟𝑠𝑖𝑛; 𝑑𝑖𝑡 𝑚𝑎𝑔 𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑘𝑙𝑒𝑒𝑓 𝑛𝑖𝑒.
'𝑛 𝑉𝑎𝑙𝑠 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑤𝑒𝑔𝑏𝑙𝑦; 𝑣𝑎𝑛 𝑏𝑜𝑜𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑤𝑖𝑙 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑘𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒.
𝑊𝑖𝑒 𝑠𝑦 𝑚𝑒𝑑𝑒𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒ℎ𝑒𝑖𝑚 𝑏𝑒𝑙𝑎𝑠𝑡𝑒𝑟, ℎ𝑜𝑚 𝑠𝑎𝑙 𝑒𝑘 𝑣𝑒𝑟𝑛𝑖𝑒𝑡𝑖𝑔. 𝐻𝑜𝑣𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑜𝑒̈ 𝑒𝑛 '𝑛 ℎ𝑜𝑜𝑔𝑚𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡, 𝑑𝑖𝑡 𝑘𝑎𝑛 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑟𝑎 𝑛𝑖𝑒.
𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑘𝑦𝑘 𝑣𝑖𝑟 𝑏𝑒𝑡𝑟𝑜𝑢𝑏𝑎𝑟𝑒𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑑, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑦 𝑚𝑦 𝑘𝑎𝑛 𝑏𝑙𝑦; 𝑤𝑖𝑒 '𝑛 𝑜𝑛𝑏𝑒𝑟𝑖𝑠𝑝𝑒𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑠𝑤𝑦𝑠𝑒 ℎ𝑎𝑛𝑑ℎ𝑎𝑎𝑓, ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑎𝑔 𝑚𝑦 𝑑𝑖𝑒𝑛.
𝐷𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑖𝑛 𝑚𝑦 ℎ𝑢𝑖𝑠 𝑤𝑜𝑜𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑏𝑒𝑑𝑟𝑜𝑔 𝑝𝑙𝑒𝑒𝑔 𝑛𝑖𝑒. 𝑊𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑢𝑒𝑛𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑒𝑙, 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝑚𝑦 𝑜𝑒̈ 𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑ℎ𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒.
𝐸𝑙𝑘𝑒 𝑚𝑜̂𝑟𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑒𝑘 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑑𝑑𝑒𝑙𝑜𝑠𝑒𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑛𝑖𝑒𝑡𝑖𝑔, 𝑜𝑚 𝑠𝑜 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑟𝑒𝑔 𝑝𝑙𝑒𝑒𝑔, 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑎𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑢𝑖𝑡 𝑡𝑒 𝑟𝑜𝑒𝑖.”
Ons weet natuurlik dat selfs Dawid ook baie onreg gepleeg het en selfs die dood van Batseba se man georkestreer het. Dawid was in ’n stadium van sy lewe nie ’n goeie mens nie. Maar Dawid het besef dat daar by God vergifnis is en dat jy jou hart moet regkry. Hy het besef dat die enigste manier om ware innerlike vrede te ervaar, is om God se suiwer geregtigheid na te jaag. En Dawid het besef, dat dit begin by jouself en jou eie huis. Eers daarna, as jy in die posisie is om iets daaraan te doen, kan dit uitvloei na jou samelewing.
Het jy ’n passie vir wat reg is – vir wat reg is in God se oë? Streef jy daarna om regverdig op te tree, selfs al word daar onregverdig teenoor jou opgetree? Onthou wat Jesus ons geleer het: Moenie kwaad met kwaad vergeld nie, maar behandel ander mense soos jy wil hê hulle jou moet behandel (Luk. 6:31-33; Rom 12:17-21; 1 Pet. 3:9).
Laat Jesus jou wys hoe om te leef – soos Hy geleef het – en mag jy ’n passie hê vir wat reg is, deur Sy Gees wat in jou woon.
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟎𝟖-𝟏𝟕 – 𝐃𝐫𝐚 𝐦𝐞𝐤𝐚𝐚𝐫 𝐬𝐞 𝐥𝐚𝐬𝐭𝐞. (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
Op die platteland in die Ou Wes-Transvaal (en ook regdeur die land) was dit nie ’n goeie oesjaar gewees hierdie jaar nie. As die lande nie hul opbrengs lewer nie, raak dit elke persoon – nie net die boere nie. En die gevolge van só ’n jaar duur dikwels vir meer as net die jaar. So, hoe kom ons weer aan die ander kant uit met ons koppe omhoog? Ons vertrou op die Here. Dawid skryf:
“𝐵𝑒𝑝𝑟𝑜𝑒𝑓 𝑑𝑖𝑡 𝑒𝑛 𝑒𝑟𝑣𝑎𝑎𝑟: 𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑔𝑜𝑒𝑑, 𝑔𝑒𝑙𝑢𝑘𝑘𝑖𝑔 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑏𝑦 𝐻𝑜𝑚 𝑠𝑘𝑢𝑖𝑙.
𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑡𝑠𝑎𝑔 ℎ𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑡𝑜𝑒𝑔𝑒𝑤𝑦 𝑖𝑠; 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑤𝑖𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝐻𝑜𝑚 𝑜𝑛𝑡𝑠𝑎𝑔 ℎ𝑒𝑡, 𝑙𝑦 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑏𝑟𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒.
𝐽𝑜𝑛𝑔 𝑙𝑒𝑒𝑢𝑠 𝑘𝑟𝑦 𝑠𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑒𝑛 𝑙𝑦 ℎ𝑜𝑛𝑔𝑒𝑟, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑠𝑜𝑒𝑘, 𝑙𝑦 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑏𝑟𝑒𝑘 𝑎𝑎𝑛 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒.
𝐾𝑜𝑚, 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠, 𝑙𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟 𝑛𝑎 𝑚𝑦, 𝑜𝑛𝑡𝑠𝑎𝑔 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑒𝑘 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑒𝑒𝑟.
𝑊𝑖𝑒 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑒𝑒𝑟, 𝑔𝑟𝑎𝑎𝑔 𝑗𝑎𝑟𝑒 𝑤𝑖𝑙 ℎ𝑒̂ 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑡𝑒 𝑒𝑟𝑣𝑎𝑎𝑟?
𝑊𝑒𝑒𝑟ℎ𝑜𝑢 𝑗𝑜𝑢 𝑡𝑜𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑 𝑒𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑙𝑖𝑝𝑝𝑒 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑚 𝑏𝑒𝑑𝑟𝑖𝑒𝑔𝑙𝑖𝑘 𝑡𝑒 𝑝𝑟𝑎𝑎𝑡."
– Psalm 34:9-14 (AFR20)
Dit is mooi woorde. Bemoedigende woorde. Maar is Dawid realisties? Sal die Here wonder bo wonder skielik weer manna uit die hemel laat val of wonderwerke verrig en ons kan maar net terugsit en kyk hoe God se almag fisiese vorm aanneem op die lande en in ons huise? Is dit wat dit beteken om by die Here te skuil?
Dit is vir seker nie onmoontlik dat God dinge so drasties en wonderbaarlik kan verander nie, maar dit is nie hoe dinge werk nie. God het aan ons die vermoëns gegee om baie dinge wat binne ons beheer is te verander. Maar wat maak ons met die dinge wat nie binne ons beheer is nie? Ons laat dit aan God oor. En ons vra. Ons vra God en ons vra mekaar – ons broers en susters in die Here.
Die kerk bestaan vir God se eer en ons moet mekaar se laste dra – geestelik en fisies. Paulus leer dit vir ons in Gal. 6 en Jesus het dit ook geleer deur die gelykenis van die barmhartige Samaritaan.
Dawid het besef dat om naby die Here te leef, beteken dat jy eerlik sal wees met God en ook eerlik sal wees met jouself. Jy sal saam met Jesus wandel en Hy sal jou leer wat jy self kan verander en wat nie. Maar jy sal ook weet dat dit uiteindelik die krag van Here is wat die verandering meebring. Jy sal ook leer dat om kwaad te praat of ander se goedheid te misbruik nie by God se mense hoort nie. Jy sal leer om te vra vir hulp waar nodig en jy sal hulp aanbied waar nodig – sonder om te oordeel.
Wees die kerk wat Jesus beplan het. Sorg vir mekaar. Help mekaar. Ondersteun mekaar. Bid vir mekaar. Hê ontsag vir die Here en wees toegewyd aan Hom, sodat Hy ons kan wys waar ons sy hande en voete kan wees en ons nie geestelik gebrek sal ly nie. En as jy nie weet watter kant toe nie, draai na God en vra. Deel ook met ’n geloofsvertroueling, sodat die liefde van God sal sorg dat daar nie gebrek gely word aan alles wat goed is nie.
Help Jesus dra aan jou medegelowiges se laste. Laat hulle jou help om joune te dra. God is met ons en Hy sal voorsien. Vertrou Hom.
“𝘉𝘦𝘱𝘳𝘰𝘦𝘧 𝘥𝘪𝘵 𝘦𝘯 𝘦𝘳𝘷𝘢𝘢𝘳: 𝘋𝘪𝘦 𝘏𝘦𝘳𝘦 𝘪𝘴 𝘨𝘰𝘦𝘥, 𝘨𝘦𝘭𝘶𝘬𝘬𝘪𝘨 𝘪𝘴 𝘥𝘪𝘦 𝘮𝘦𝘯𝘴 𝘸𝘢𝘵 𝘣𝘺 𝘏𝘰𝘮 𝘴𝘬𝘶𝘪𝘭.”
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟎𝟖-𝟏𝟒 – 𝐇𝐨𝐞 𝐡𝐨𝐧𝐠𝐞𝐫 𝐢𝐬 𝐣𝐲 ? (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
Is dit nie vreemd dat wanneer jy regtig honger is, dat jy sal eet wat jy kry nie? En dan, wanneer jy selfs kos kry wat jy normaalweg nie sou eet nie of waarvan jy dalk nie hou nie, is dit lekker as jy so verskriklik honger is. Dit is nogal waar van die gesegde: “Honger is die beste kok.”
Deesdae, as jy honger is, is daar ’n groot verskeidenheid keuses voor ons. Jy kan by enige wegneemeetplek vir jou iets kry, of jy kan by enige supermark instap en brood, melk en enigiets anders kry om gou vir jou iets te ete voor te berei. Ja, die opsies is amper eindeloos voor ons. Tog is daar mense wat wonder wat hulle gaan eet vandag en sal hulle tevrede wees met wat ook al beskikbaar is – ons moet dit nie vergeet nie.
Wanneer dit kom by ons geestelike lewe en kos vir ons siele, is dit nogal baie dieselfde soos in ’n restaurant of wegneemeetplek. Met die internet en sosiale media is daar soveel keuses vandag, dat jy kan kies en keur watter weergawe van die Evangelie jy wil hê en hoe jy dit bedien wil hê. Jy kan selfs kies om nie sekere dele by te vat nie en jy kan dalk meer sous ook opsit as jy wil. Jy kan dit so smaaklik moontlik maak vir jouself en, as jy regtig wil, kan jy al die voedsame dele los en net vat wat lekker is. Oordryf ek dalk ’n bietjie hier? Nee, kyk maar om jou rond en kyk selfs na hoe jy dalk met God se Woord omgaan – mense meet en pas vir jare al die Woord om by hul persoonlike agendas en eer aan te pas. Dít terwyl daar ware kos vir ons siele beskikbaar is en dit net op een plek gevind kan word:
“𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑟𝑜𝑜𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒. 𝑊𝑖𝑒 𝑛𝑎 𝑀𝑦 𝑡𝑜𝑒 𝑘𝑜𝑚, 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑜𝑜𝑖𝑡 ℎ𝑜𝑛𝑔𝑒𝑟 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑤𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑀𝑦 𝑔𝑙𝑜, 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑜𝑜𝑖𝑡 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑑𝑜𝑟𝑠 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒. 𝑀𝑎𝑎𝑟 𝐸𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑒̂, ‘𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑀𝑦 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛, 𝑒𝑛 𝑡𝑜𝑔 𝑔𝑙𝑜 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒.’ 𝐸𝑙𝑘𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑀𝑦 𝑔𝑒𝑒, 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑎 𝑀𝑦 𝑘𝑜𝑚, 𝑒𝑛 𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑎 𝑀𝑦 𝑘𝑜𝑚, 𝑛𝑜𝑜𝑖𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑜𝑜𝑡 𝑛𝑖𝑒; 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝐸𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑛𝑒𝑒𝑟𝑔𝑒𝑑𝑎𝑎𝑙, 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑚 𝑚𝑦 𝑤𝑖𝑙 𝑢𝑖𝑡 𝑡𝑒 𝑣𝑜𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑤𝑎𝑡 𝑀𝑦 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟 ℎ𝑒𝑡. 𝐸𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑤𝑎𝑡 𝑀𝑦 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟 ℎ𝑒𝑡: 𝐷𝑎𝑡 𝐸𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑀𝑦 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒 ℎ𝑒𝑡, 𝑛𝑖𝑒 '𝑛 𝑒𝑛𝑘𝑒𝑙𝑒 𝑒𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑟𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑎𝑠𝑡𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑠𝑎𝑙 𝑜𝑝𝑤𝑒𝑘. 𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟: 𝐷𝑎𝑡 𝑒𝑙𝑘𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑒𝑛 𝑖𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑔𝑙𝑜 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑤𝑖𝑔𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑒̂, 𝑒𝑛 𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑒𝑙𝑘𝑒𝑒𝑛 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑎𝑠𝑡𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑜𝑝𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛.” – Johannes 6:35-40 (AFR20)
Is dit nie vreemd dat ’n ketting wegneemeetplek jou bestelling telkemale kan verkeerd kry, maar jy hou maar aan om terug te gaan soontoe? Jy word dalk kwaad, maar die bestuur sal dalk vir jou ’n ekstra roomys gee om jou te paai. Volgende keer, al het hulle jou teleurgestel, gaan jy maar terug. Hoekom? Want jy is honger.
Die vraag is dus: Hoe honger is jou siel? Hoeveel mense is nie meer deel van ’n kerk nie of woon nie meer eredienste by nie, omdat hul “bestelling” net een keer nie reg was nie of omdat die ware voedsel wat aan hulle aangebied was nie was wat hulle wou hê nie?
Jesus is die voedsel vir jou siel en die Bron van lewende water. Jy het nie allerhande speserye en souse nodig nie. Jy kan nie hierdie noodsaaklike dieet vervang met lekkernye en roomyse en koeldrank nie. Al wat jy nodig het, is brood en water – die Brood van die Lewe en die Fontein van Lewende Water.
Onthou jy jou ouers se woorde toe jy klein was en nie van sekere kossoorte gehou het nie? Onthou jy hoe jy groter geword het en besef het jou ouers was reg gewees en dat die goeie kos eintlik lekker en goed is vir jou? Onthou jy daardie woorde? Hoor dit weer, wanneer God vir jou wys na Sy Seun, Jesus Christus – die brood van die lewe en die fontein van lewende water: “Eet jou kos – dis goed vir jou.”
Hoe honger is jy?
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟎𝟖-𝟏𝟐 – 𝐎𝐧𝐬 𝐢𝐬 𝐥𝐢𝐠 ! (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
In God se huishouding skyn Sy lig oor alles en almal en is daar geen plek waar duisternis ooit kan regeer nie. Ons moet elke dag poog om so ná aan God te leef, dat ons nooit uit Sy lig kan dwaal na die duisternis waar ons oor allerhande hindernisse sal struikel nie.
Dit is eenmaal nou maar net so: om in die lig te bly is baie beter en baie veiliger vir enige mens. Selfs aan ons huise bring ons ligte aan om binne en buite te verlig, sodat daar nie donker hoekies is waar onheil kan skuil nie. Ons weet dat lig ons veilig hou.
In ons geestelike lewe is dit ook altyd so, maar ongelukkig is daar mense in die wêreld wat nie hou van die lig nie. Daar is mense wat daarvan hou om in die donker te konkel en allerhande slinkse planne uit te dink tot hul eie eer en voordeel. Mense verlei ander mense met slinkse praatjies en hou hulself selfs voor as draers van God se lig, maar binne-in is hulle harte donker. Dit gebeur nog altyd.
Paulus skryf in Efesiërs 5:6-14 (AFR20):
“𝐿𝑎𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑒𝑖 𝑚𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑘𝑠𝑠𝑒𝑔𝑔𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑟𝑒𝑑𝑒𝑛𝑎𝑠𝑖𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑘𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑜𝑜𝑟𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑒𝑢𝑛𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑠𝑎𝑎𝑚ℎ𝑒𝑖𝑑. 𝑀𝑜𝑒𝑡 𝑑𝑢𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒. 𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑣𝑟𝑜𝑒𝑒̈𝑟 𝑤𝑎𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑙 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑜𝑢, 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑖𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑖𝑔. 𝐿𝑒𝑒𝑓 𝑎𝑠 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔! 𝐷𝑖𝑒 𝑣𝑟𝑢𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑢𝑖𝑡 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑒𝑛 •𝑔𝑒𝑟𝑒𝑔𝑡𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑. 𝐵𝑒𝑝𝑟𝑜𝑒𝑓 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑎𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑚𝑙𝑖𝑘 𝑖𝑠. 𝐽𝑎, 𝑚𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑒𝑒𝑙 ℎ𝑒̂ 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑣𝑟𝑢𝑔𝑏𝑎𝑟𝑒 𝑤𝑒𝑟𝑘𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒; 𝑠𝑡𝑒𝑙 𝑑𝑖𝑡 𝑒𝑒𝑟𝑑𝑒𝑟 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑎𝑎𝑘. 𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑒𝑢𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒ℎ𝑒𝑖𝑚 𝑔𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑤𝑜𝑟𝑑 – 𝑠𝑒𝑙𝑓𝑠 𝑛𝑒𝑡 𝑜𝑚 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑜𝑜𝑟 𝑡𝑒 𝑝𝑟𝑎𝑎𝑡, 𝑖𝑠 𝑠𝑘𝑎𝑛𝑑𝑒𝑙𝑖𝑘. 𝑇𝑜𝑔 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔 𝑜𝑛𝑡𝑚𝑎𝑠𝑘𝑒𝑟 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑜𝑝𝑒𝑛𝑏𝑎𝑎𝑟; 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠, 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑖𝑔𝑏𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑖𝑠 𝑙𝑖𝑔. 𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑔𝑒𝑠𝑒̂:
𝑊𝑜𝑟𝑑 𝑤𝑎𝑘𝑘𝑒𝑟, 𝑗𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑙𝑎𝑎𝑝,
𝑒𝑛 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑝 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑
𝑒𝑛 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑠𝑎𝑙 𝑠𝑦 𝑙𝑖𝑔
𝑜𝑜𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑠𝑘𝑦𝑛.”
As jy die lig in jou het en as jy die lig is, leef as ’n kind van die lig! Moenie alles wat mense aan jou voorhou as die waarheid vir soetkoek opeet nie, maar toets dit aan God se Woord. Dis eintlik ’n maklike toets: as iets te goed lyk om waar te wees, dan is dit waarskynlik só! Moenie deel word van dinge wat agteraf in die donker gekonkel word nie, maar laat God se lig daaroor skyn. Die duisternis is vir die ou, dooie, sondige lewe wat ons voorheen gelei het – maar nie meer nie!
Moenie mislei word nie:
“𝑊𝑜𝑟𝑑 𝑤𝑎𝑘𝑘𝑒𝑟, 𝑗𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑙𝑎𝑎𝑝,
𝑒𝑛 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑝 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑
𝑒𝑛 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑠𝑎𝑙 𝑠𝑦 𝑙𝑖𝑔
𝑜𝑜𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑠𝑘𝑦𝑛.”
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Is ek soms nog besig met dinge van die donker? Laat ek my gou mislei deur mooipraatjies en menslike beloftes van beloning? Luister ek genoeg na die Heilige Gees wat met my praat? Ek moet ALTYD luister na God se Gees in my.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Here, laat my ’n lewe lei wat aanneemlik is vir U. Mag ek alles wat verdag lyk beproef. Mag ek U Woord beter ken, sodat ek daarop kan staatmaak en mag ek U stem hoor, Heilige Gees, wanneer U my waarsku. Mag U lig, Here Jesus, oor my lewe skyn. Tot U eer. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟎𝟖-𝟎𝟗 – 𝐇𝐞𝐥𝐩 𝐦𝐞𝐤𝐚𝐚𝐫 𝐫𝐞𝐠. (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
Wanneer ons Jesus volg en saam met Hom leef, lei Sy Gees ons dikwels na mense toe waar ons die voorreg het om God se liefde met hulle te deel. Dikwels is dit moeilike situasies waar jou broer of suster dalk bietjie van die pad af is of dalk net so bietjie fokus verloor het. Ons weet ons moet hulle reghelp, maar ons weet nie altyd hoe om dit te doen nie. Dan is daar natuurlik ook die vrees binne ons dat hulle ons sal verwyt en beskuldig dat ons hulle oordeel en dit kan dalk die verhouding versuur of selfs vernietig. Die moontlikheid van ’n konfliksituasie maak dadelik in ons daardie oorspronklike instinkte wakker en ons moet óf veg óf vlug. Of moet ons?
Paulus skryf:
“𝐵𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠, 𝑎𝑠 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑒𝑒𝑛 𝑜𝑓 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑣𝑎𝑙 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑢𝑙 𝑖𝑠, 𝑠𝑜 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑖𝑛 '𝑛 𝑔𝑒𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑎𝑔𝑚𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑟𝑒𝑔ℎ𝑒𝑙𝑝; 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑙𝑒𝑡 𝑜𝑝 𝑗𝑜𝑢𝑠𝑒𝑙𝑓, 𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑜𝑘 𝑗𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒. 𝐷𝑟𝑎 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑒 𝑙𝑎𝑠𝑡𝑒, 𝑒𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑢𝑙 𝑠𝑜 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑡 𝑣𝑎𝑛 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠. 𝐴𝑠 𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑤𝑒𝑟𝑘𝑙𝑖𝑘 𝑚𝑒𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑦 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑖𝑠, 𝑡𝑒𝑟𝑤𝑦𝑙 ℎ𝑦 𝑛𝑖𝑘𝑠 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑏𝑒𝑑𝑟𝑖𝑒𝑔 ℎ𝑦 ℎ𝑜𝑚𝑠𝑒𝑙𝑓. 𝐸𝑙𝑘𝑒𝑒𝑛 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑠𝑦 𝑒𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑏𝑒𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙. 𝐷𝑎𝑛 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑦 𝑡𝑟𝑜𝑡𝑠 𝑘𝑎𝑛 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑠𝑙𝑒𝑔𝑠 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑜𝑚𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑏𝑒𝑡𝑟𝑒𝑓, 𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑡 '𝑛 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑝𝑒𝑟𝑠𝑜𝑜𝑛 𝑏𝑒𝑡𝑟𝑒𝑓 𝑛𝑖𝑒; 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑒𝑙𝑘𝑒𝑒𝑛 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑠𝑦 𝑒𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑠 𝑑𝑟𝑎. 𝑊𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑟𝑖𝑔 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑊𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑜𝑚 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑟𝑖𝑔, 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑖𝑛 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑦 𝑏𝑒𝑠𝑖𝑡. 𝑀𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑚𝑖𝑠𝑙𝑒𝑖 𝑛𝑖𝑒 – 𝐺𝑜𝑑 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑝𝑜𝑡 𝑛𝑖𝑒! 𝑊𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑜𝑜𝑘 𝑎𝑙 𝑠𝑎𝑎𝑖, 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑦 𝑚𝑎𝑎𝑖. 𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑙𝑒𝑒𝑠 𝑠𝑎𝑎𝑖, 𝑠𝑎𝑙 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑙𝑒𝑒𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑛𝑖𝑒𝑡𝑖𝑔𝑖𝑛𝑔 𝑜𝑒𝑠, 𝑚𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑠𝑎𝑎𝑖, 𝑠𝑎𝑙 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑤𝑖𝑔𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑜𝑒𝑠. 𝐿𝑎𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑔 𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑜𝑚 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑡𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑎𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑙𝑎𝑝 𝑛𝑖𝑒, 𝑠𝑎𝑙 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑒𝑔𝑡𝑒 𝑡𝑦𝑑 𝑜𝑒𝑠. 𝐿𝑎𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑎𝑛, 𝑡𝑒𝑟𝑤𝑦𝑙 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑒𝑒𝑛𝑡ℎ𝑒𝑖𝑑 ℎ𝑒𝑡, 𝑎𝑎𝑛 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑑𝑜𝑒𝑛, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑒𝑟𝑎𝑙 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑢𝑖𝑠𝑔𝑒𝑠𝑖𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓.” – Galasiërs 6:1-10 (AFR20)
Ja, ons moet mekaar reghelp – dit is nog altyd ’n opdrag gewees en Jesus het dit baie geleer. Dit is tog hoekom die kerk bestaan. Maar wanneer ons mekaar help, moet ons dit in sagmoedigheid doen. Dit beteken nie dat ons nie ferm en reguit moet wees nie. Dit beteken dat ons eerlik en opreg met mekaar sal praat. As die Gees ons lei, sê Paulus, sal dit ’n manier word om jou broer of suster se laste te help dra.
Nie een van ons hou daarvan om op ons foute gewys te word nie, maar dit is nodig. Soms verloor ons bietjie perspektief van wat belangrik is of soms is ons oorweldig deur omstandighede en ons doen verkeerde dinge of ons versuim om goeie dinge te doen. As jou broer of suster jou aanspreek daaroor, is dit ’n goeie ding – en ons moet aanhou om goed te doen aan ons broers en susters wat deel is van God se huisgesin, die kerk. Natuurlik moet ons aan almal goeddoen, maar dit begin tuis. En in God se huis, is dit dieselfde.
Wees dus dankbaar as jou medegelowiges jou reghelp, want hulle is besig om jou laste te help dra. Saai in die Gees onder mekaar en sien met vreugde uit na die oes van die ewige lewe. Hierin lê baie troos – vra maar enige van ons boere wat hierdie jaar geen oes op hul lande gehad het nie. Dit is wonderlik om te weet daar is ’n versekerde oes by die Here vir die werk wat ons in Sy Koninkryk doen. Moenie verslap nie. Help mekaar, help mekaar reg, en hou aan om goed te doen.
“ ‘𝑀𝑎𝑔 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑗𝑜𝑢 𝑠𝑒𝑒̈𝑛 𝑒𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑒𝑟𝑚.
𝑀𝑎𝑔 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑠𝑦 𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑠𝑖𝑔 𝑜𝑜𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑠𝑘𝑦𝑛 𝑒𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑛𝑎𝑑𝑖𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠.
𝑀𝑎𝑔 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑠𝑦 𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑠𝑖𝑔 𝑛𝑎 𝑗𝑜𝑢 𝑡𝑜𝑒 𝑜𝑝𝑙𝑖𝑔 𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑣𝑟𝑒𝑑𝑒 𝑔𝑒𝑒.’ ” – Numeri 6:24-26 (AFR20)
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟎𝟖-𝟎𝟕 – 𝐌𝐨𝐞𝐧𝐢𝐞 𝐝𝐚𝐭 𝐣𝐨𝐮 𝐨𝐞̈ 𝐣𝐨𝐮 𝐦𝐢𝐬𝐥𝐞𝐢 𝐧𝐢𝐞. (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
Die vier Evangelies verskil so hier en daar oor sekere dinge en sommige gebeure, gelykenisse, wonderwerke en verhale kom in van hulle voor en nie in een of meer van die ander nie. Die Evangelie volgens Johannes is natuurlik in struktuur en inhoud die een wat meer verskil van die ander. Die enigste wonderwerk wat egter in al vier die Evangelies voorkom, is die vermeerdering van die brood aan die oorkant van die See van Galilea (Matt. 14:13-21; Mark. 6:30-44; Luk. 9:10-17; Joh. 6:1-15). Matteus en Markus vertel egter ook van ’n tweede vermeerdering van die brood, waar Jesus sewe brode en ’n paar vissies gebruik het om genoeg kos te gee vir ongeveer vierduisend mense en dat daar sewe mandjies kos nog oorgebly het (Mark. 8:1-10; Matt. 15:32-39).
Baie van ons het al hierdie Bybelstories gehoor toe ons klein was en ons het in verwondering gesit en luister na hoe Jesus dit gedoen het. Ek onthou dat David Copperfield in my jongdae groot opslag gemaak het wêreldwyd met sy “toorkunsies” en ek het myself ingedink dat Jesus dalk net soos hierdie man was – net beter. Tog, in die gedagtes van ’n kind, was Jesus hierdie wonderlike man wat groot towerkunste baasgeraak het en, natuurlik, was Hy die Seun van God. Ek onthou dat ek gedink het dat dit so jammer is dat Jesus moes hemel toe gaan en dat Hy nie in ons tyd kon leef nie, want nou sal ons Hom eers kan sien as Hy eendag terugkom om ons te kom haal – Hy is nou weg en ons moet maar wag en tevrede wees met die kulkunstenaars wat nou daar is... Vir nou moes my oë maar tevrede wees met die dinge waarmee mense hulle kan mislei...
Amper lagwekkend, die denke en gedagtes van ’n kind, is dit nie? Maar hoeveel van ons mense dink dalk nogsteeds aan Jesus as net ’n blote mens wat destyds, lank lank gelede, hier op aarde was en nou weg is? Hoeveel van ons dink dalk – met die oorvloed van oëverblindery, tegnologies gedokterde foto’s en videos, en die oordonderende stroom van gefabriseerde en valse inligting op die internet en sosiale media – dat Jesus net ’n mens was wat net die geheim geken het oor hoe jy dinge kan manipuleer om skares te lok? Met soveel beweerde wetenskaplike bewyse en argeologiese opgrawings en koolstofdatering wat voor ons neuse geswaai word, begin baie mense dink dat Jesus enigiets anders was – net nie die Seun van God of God self nie.
Ja, ongelukkig word Jesus se wonderwerke, die maagdelike geboorte en sy opstanding uit die dood, onder andere, deur baie mense, selfs teoloë en leraars, afgemaak as fiksie – ’n blote fabrisering van gebeure om meer gewig te kon gee aan die verhale en ’n manier om meer mense te kon kry om deel te word van hierdie “nuwe beweging”. Dít is absoluut absurd!
Dalk het jy ook al begin wonder of selfs twyfel – dalk omdat Jesus nie jou “brode” wil vermeerder nie.
In beide gevalle waar Jesus die menigtes met brode en vissies gevoed het, lees ons iets raak – iets eenvoudig vir meeste van ons: “𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑦𝑓 𝑏𝑟𝑜𝑑𝑒 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑤𝑒𝑒 𝑣𝑖𝑠𝑠𝑒 𝑔𝑒𝑛𝑒𝑒𝑚, 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑘𝑦𝑘 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑒𝑒̈𝑛𝑔𝑒𝑏𝑒𝑑 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑠𝑝𝑟𝑒𝑒𝑘. 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑡𝑜𝑒 𝑖𝑛 𝑠𝑡𝑢𝑘𝑘𝑒 𝑔𝑒𝑏𝑟𝑒𝑒𝑘 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝑠𝑦 𝑑𝑖𝑠𝑠𝑖𝑝𝑒𝑙𝑠 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒 𝑜𝑚 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑘𝑎𝑟𝑒 𝑢𝑖𝑡 𝑡𝑒 𝑑𝑒𝑒𝑙.” (Luk. 9:16). Al vier die Evangelies vertel ons hiervan. Dit klink eenvoudig en algemeen – ons bid mos voor ons eet, of hoe?
Wanneer ons Jesus se preek op die berg lees (Matt. 5-7 en dele ook in die ander Evangelies), dan begin Jesus met die saligsprekinge – uitsprake oor wie almal geseënd is. Dit is nie voorwaardes om geseënd te wees of geseën te word nie – dit is alles genade uitsprake om aan te dui dat die Koninkryk van die hemele tot ons almal se beskikking is. Wanneer Jesus die seëngebed vir die voedsel bid, dan is dit as’t ware die ontginning van krag van die koninkryk van die hemele vir die “geseëndes” – dan is dit “soos in die hemel, só ook op aarde”. Dan bestaan die wette van fisika, materie, molekules en selfs atome nie meer nie, want God. Ja, eenvoudig: Want God. Wie anders kan? Geen kulkuns of oëverblindery nie. Nie iemand wat maar net weet hoe om sekere dinge te manipuleer nie. Nee, dis die Een wat alles gemaak het en op die grootste skaal en selfs die mikroskopiese skaal dinge kan verander tot voordeel van die mens. Hoekom? Want só lief het God die wêreld.
Is Jesus ’n werklikheid vir jou? Of maar net ’n mens wat tweeduisend jaar gelede geleef het? Is Hy vêr weg, iewers in die hemel en is jy maar tevrede met wat die wêreld en die kulkunstenaars van vandag jou kan bied? Of is Jesus deur Sy Gees by jou, in jou, elke dag – soos Hy beloof het? Maak tyd om by Hom te wees en leer by Hom hoe om te leef. Glo soos ’n kind, maar nie op dit wat jy kan sien nie. Vertrou op Hom en laat Hom toe om God se Koninkryk ’n realiteit te maak in jou lewe. Moenie dat jou oë jou mislei nie. Jesus is hier!
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟎𝟖-𝟎𝟔 – 𝐈𝐬 𝐆𝐨𝐝 𝐧𝐞𝐭 𝐬𝐨𝐨𝐬 𝐨𝐧𝐬 ? (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
Baie van ons het al een of ander keer in ons lewens met God probeer onderhandel oor iets. Daardie gebede waar ons vir die Here sê: “Here as U so-en-so vir my gee of dit of dat vir my doen, dan sal ek...” Miskien het jy nog nooit so iets gedoen nie en, as jy nog nooit het nie: wonderlik!
Maar dalk het jy al iewers iets verkeerd gedoen of gedink en, terwyl dit gebeur en jy wéét dat dit verkeerd is, redeneer jy dat God jou wel sal vergewe of dat die omstandighede waarin jy verkeer van só ’n aard is dat God sal verstaan en jou sal oorsien. Ek meen, as iemand dalk verkeerd teenoor jou opgetree het, moet jy mos kan vergewe, of hoe? Dis tog wat die Bybel ons leer...
In die loop van die jare – veral die laaste 30 jaar of so – het die kerk baie klem gelê op God se liefde en sy genade vir die mensdom. Dit is natuurlik ’n goeie fokus, want God is liefde – dit is die essensie van sy wese. God se liefde vir die mensdom het so vêr gegaan dat Hy sy enigste Seun gestuur het om juis daardie sondes wat ek en jy gereeld doen op Hom te neem – al ons straf is aan Hom toegedien daardie dag aan die kruis op Golgota. Dit is bevrydend. Dit is die wonderlikste nuus ooit. Dit maak ons God se kinders!
Maar, as God se kinders, het ons iewers die idee gekry dat ons – soos klein kinders in die wêreld – maar kan onderhandel, kan kanse vat, kan doen wat ons wil. Want God is ons Vader en daar is mos onbeperkte vergifnis by Hom...
As ons só redeneer, dan mis ons die punt van die voorreg wat ons het om kinders van God genoem te word. In Psalm 50 skryf Asaf:
𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑑𝑑𝑒𝑙𝑜𝑠𝑒 𝑠𝑒̂ 𝐺𝑜𝑑: “𝑊𝑎𝑡𝑡𝑒𝑟 𝑟𝑒𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝑗𝑦 𝑜𝑚 𝑚𝑦 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑠𝑘𝑟𝑖𝑓𝑡𝑒 𝑜𝑝 𝑡𝑒 𝑠𝑒̂ 𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑜𝑛𝑑 𝑜𝑝 𝑗𝑜𝑢 𝑙𝑖𝑝𝑝𝑒 𝑡𝑒 𝑛𝑒𝑒𝑚? 𝐽𝑦 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑚𝑎𝑛𝑖𝑛𝑔 ℎ𝑎𝑎𝑡, 𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑒𝑟𝑝. 𝐴𝑠 𝑗𝑦 '𝑛 𝑑𝑖𝑒𝑓 𝑠𝑖𝑒𝑛, 𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑗𝑦 𝑚𝑒𝑡 ℎ𝑜𝑚 𝑏𝑒𝑣𝑟𝑖𝑒𝑛𝑑, 𝑒𝑛 𝑚𝑒𝑡 𝑒𝑔𝑏𝑟𝑒𝑘𝑒𝑟𝑠 ℎ𝑜𝑢 𝑗𝑦 𝑗𝑜𝑢 𝑜𝑝. 𝐽𝑦 𝑔𝑒𝑒 𝑗𝑜𝑢 𝑚𝑜𝑛𝑑 𝑣𝑟𝑦𝑒 𝑡𝑒𝑢𝑒𝑙𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑏𝑜𝑜𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑒𝑛 𝑗𝑦 𝑠𝑝𝑎𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑡𝑜𝑛𝑔 𝑖𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝑏𝑒𝑑𝑟𝑜𝑔. 𝐽𝑦 𝑠𝑖𝑡 𝑒𝑛 𝑘𝑜𝑛𝑘𝑒𝑙 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑟, 𝑗𝑜𝑢 𝑚𝑜𝑒𝑑𝑒𝑟 𝑠𝑒 𝑠𝑒𝑢𝑛 𝑏𝑒𝑠𝑤𝑎𝑑𝑑𝑒𝑟 𝑗𝑦. 𝐻𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑗𝑦 𝑔𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝐸𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑠𝑡𝑖𝑙𝑔𝑒𝑏𝑙𝑦.
𝐽𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑑𝑖𝑛𝑘 𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑛𝑒𝑡 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑗𝑦!
𝐸𝑘 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑡𝑒𝑟𝑒𝑔𝑤𝑦𝑠 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑘 𝑑𝑢𝑖𝑑𝑒𝑙𝑖𝑘 𝑢𝑖𝑡𝑒𝑒𝑛𝑠𝑖𝑡. 𝑉𝑒𝑟𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑡𝑜𝑔, 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑒𝑡, 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑘𝑒𝑢𝑟 𝐸𝑘, 𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑘𝑎𝑛 𝑟𝑒𝑑 𝑛𝑖𝑒. 𝑊𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑛𝑘𝑜𝑓𝑓𝑒𝑟𝑠 𝑏𝑟𝑖𝑛𝑔, 𝑒𝑒𝑟 𝑀𝑦 𝑒𝑛 𝑤𝑖𝑒 '𝑛 𝑤𝑒𝑔 𝑏𝑎𝑎𝑛 – 𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑜𝑚 𝐺𝑜𝑑 𝑠𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠𝑠𝑖𝑛𝑔 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑒𝑟𝑣𝑎𝑎𝑟.”
– Psalm 50:16-23 (AFR20)
Verstaan mooi: God is NIE soos ek en jy nie. God is God. En God haat sonde. Dit is die goddeloses wat aanhou met sonde en nie eers ’n poging aanwend om beter te lewe nie. As ons dink ons kan onsself regverdig voor God en dat God móét verstaan dat ons standpunt oor iets of ons omstandighede of wat ook al ons goed genoeg rede gegee het om sonder liefde op te tree – want dit is tog wat enige sonde is, dan is ons net soos die goddeloses.
Die een wat “’n weg baan”, of volgens die 83-vertaling, “Hy wat reg lewe” is die een wat besef dat God nie soos ek en jy is nie en dat jy ’n nuwe lewe ontvang in Jesus Christus. Jy besef dat jy elke dag saam met Jesus kan wandel op hierdie weg wat Hy jou wys en dat jy by Hom leer leef soos Hy geleef het as mens op hierdie aarde.
Soos die Here self sê in vers 16, is geloof in Hom nie net lippetaal nie – dit is volle vertroue en oorgawe, sodat Hy ons leer en ons op die goeie pad hou.
God is nie soos ons nie. Hy is veel groter en sy liefde is vir seker groter as wat jy kan verstaan. Ja, Hy sal vergewe, maar jy moet leer dat vergifnis ’n duur prys gekos het en dat jou lewe nooit weer dieselfde mag wees nie. Beteken dit ons sal nooit weer sondig nie? Beslis nie, maar wanneer ons sondig sal ons God se teregwysing verwelkom, terwyl Sy Heilige Gees ons transformeer om egte mens te word. Ons kan nie God maak soos ons nie, maar Hy kan ons maak soos Jesus.
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟎𝟖-𝟎𝟐 – 𝐒𝐭𝐚𝐚𝐧 𝐬𝐭𝐞𝐫𝐤 ! (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
Soms kan mense optree en dinge sê of doen wat ons verslae los. Partymaal is dit iets wat ons skok, partymaal iets wat ons verbaas en partymaal iets wat ons moed in ons skoene laat sak of selfs seermaak. Dalk bedoel hulle nie die dinge wat hulle sê of doen om skade aan te rig nie, of dalk het hulle net nie gedink aan die emosionele, geestelike of fisiese gevolge nie. En wat ons verslae los, is die onverwagsheid daarvan – ons het geen kans gehad om voor te berei daarvoor nie. Ons omstandighede het natuurlik ook die vermoë om presies hierdie verslaenheid ons toe te dien.
Dat mense en omstandighede ons soms gaan seermaak of dat ons verslae sal staan oor mense se optredes, is ’n gegewe van die lewe. Nie een van ons weet met 100% sekerheid wat bring die dag van môre nie. So wat maak ons? Hoe berei ons onsself voor vir hierdie dinge? Ons oefen...
In Jeremia 7, praat die Here met die volk en gee aan hulle goeie raad om hierdie tipe emosies en natuurlik baie ander uitdagings in die lewe met vertroue in die gesig te staar:
“𝐺𝑒𝑠𝑒𝑒̈𝑛𝑑 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑜𝑢, 𝑤𝑖𝑒 𝑠𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑜𝑢𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠. 𝐻𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑠𝑜𝑜𝑠 '𝑛 𝑏𝑜𝑜𝑚 𝑤𝑎𝑡 𝑔𝑒𝑝𝑙𝑎𝑛𝑡 𝑖𝑠 𝑙𝑎𝑛𝑔𝑠 𝑤𝑎𝑡𝑒𝑟, 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑦 𝑤𝑜𝑟𝑡𝑒𝑙𝑠 𝑢𝑖𝑡𝑠𝑡𝑜𝑜𝑡 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑜𝑟. 𝐻𝑦 𝑚𝑒𝑟𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑒𝑒𝑟𝑠 𝑜𝑝 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑖𝑡𝑡𝑒 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒; 𝑠𝑦 𝑏𝑙𝑎𝑟𝑒 𝑏𝑙𝑦 𝑔𝑟𝑜𝑒𝑛. 𝐼𝑛 '𝑛 𝑗𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑟𝑜𝑜𝑔𝑡𝑒 𝑟𝑎𝑎𝑘 ℎ𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑛𝑔𝑠𝑡𝑖𝑔 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑛 ℎ𝑦 ℎ𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑝 𝑜𝑚 𝑣𝑟𝑢𝑔𝑡𝑒 𝑡𝑒 𝑑𝑟𝑎 𝑛𝑖𝑒.” – Jeremia 17:7-8 (AFR20)
Jesus praat ook op ’n paar plekke in die Evangelies (Matt. 7:15-20, 12:33; Luk. 3:8-9; Joh. 15) oor vrugte dra en Paulus gaan nog vêrder en vertel ons wat presies die vrugte is wat ons moet dra (Gal. 5:22-23; Rom. 8:5-6; Fil. 1:9-11).
Om in Christus te wees en te vertrou dat Hy deur Sy Gees met ons is, kan ons in elke situasie optree soos Hy sou optree. Maar dit is nie iets wat sommer oornag gebeur wanneer ons ons harte vir die Here gee nie. Dit verg tyd, geduld en inoefening. Dit eis van ons dat ons soos ’n booms sal wees wat geplant is lang die Bron van lewegewende water, sodat ons net van Hom sal kry wat nodig is om te groei en sterk te staan. Eers wanneer ons meer gereeld – hopelik permanent – ons lewe vind in Hom, sal ons selfs in die droë, verslae tye steeds goeie vrugte kan dra.
Paulus sê ons moet hierdie vrugte dra – dit is wat ons moet inoefen deur gedurig ons krag in Jesus te soek:
“𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑟𝑢𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑖𝑠: 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒, 𝑏𝑙𝑦𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝, 𝑣𝑟𝑒𝑑𝑒, 𝑔𝑒𝑑𝑢𝑙𝑑, 𝑣𝑟𝑖𝑒𝑛𝑑𝑒𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑔𝑜𝑒𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑔𝑒𝑡𝑟𝑜𝑢ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑠𝑎𝑔𝑚𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑠𝑒𝑙𝑓𝑏𝑒ℎ𝑒𝑒𝑟𝑠𝑖𝑛𝑔.” – Galasiërs 5:22-23a (AFR20)
Staan sterk. Moenie dat situasies wat mense of omstandighede bring jou onderkry nie. Vind jou krag in God. Jesus is met jou deur die Heilige Gees.
···ᶜᴶˢ··· ©
Alle inhoud van hierdie webtuiste kan met liefde gedeel word om 'n verskil te maak in iemand se lewe. Jy mag egter nie die inhoud verkoop of her-produseer om enigsins munt te slaan daaruit nie. Mag die Here jou seën en mag jy God se vrede wat alle verstand te bowe gaan ervaar in jou lewe!
Ds. Christo Schoeman ···ᶜᴶˢ··· ©