Hieronder is 'n lys van die oordenkings met 'n skakel wat lei na teks en 'n klankgreep.
Keer gerus terug na hierdie skakel so elke nou en dan en kyk of daar dalk nuwe sielskos is vir jou.
(Kliek op die skakel en dan op die naam of afpyltjie om die boodskap te sien of die skakel te kry vir die klankgreep.)
Kliek ook gerus op die "Oordenkings" skakel (menu) daarbo 👆🏻 om by die ouer oordenkings uit te kom.
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟎𝟐-𝟐𝟒 – 𝐖𝐚𝐚𝐤 𝐞𝐧 𝐛𝐢𝐝. (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
⁴⁰𝐻𝑦 𝑘𝑜𝑚 𝑡𝑜𝑒 𝑏𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑠𝑠𝑖𝑝𝑒𝑙𝑠 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑛𝑑 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑙𝑎𝑎𝑝, 𝑒𝑛 𝐻𝑦 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝑃𝑒𝑡𝑟𝑢𝑠: “𝑊𝑎𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑡 𝑜𝑚 𝑒𝑒𝑛 𝑢𝑢𝑟 𝑙𝑎𝑛𝑘 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑀𝑦 𝑡𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑘 𝑛𝑖𝑒? ⁴¹𝑊𝑎𝑎𝑘 𝑒𝑛 𝑏𝑖𝑑, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑘𝑖𝑛𝑔 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒. 𝐷𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑒𝑠 𝑖𝑠 𝑤𝑒𝑙 𝑔𝑒𝑤𝑖𝑙𝑙𝑖𝑔, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑙𝑒𝑒𝑠 𝑖𝑠 𝑠𝑤𝑎𝑘.” – Matteus 26:40-41 AFR20
Jesus vra Sy vriende: “Kon julle regtig nie net vir ’n uur saam met my waak en bid nie?” Dalk was Jesus ’n bietjie vererg deur Sy vriende se lusteloosheid en laksheid, maar miskien gaan Sy vraag aan hulle baie dieper. Jesus het geweet dat hierdie oomblikke in die tuin van Getsémané baie belangrik was. Hierdie tyd was ’𝙣 𝙩𝙮𝙙 𝙫𝙖𝙣 𝙫𝙤𝙤𝙧𝙗𝙚𝙧𝙚𝙞𝙙𝙞𝙣𝙜 𝙙𝙚𝙪𝙧 𝙜𝙚𝙗𝙚𝙙. Voorbereiding vir die uiterste uitdagings wat voorlê.
“𝑊𝑎𝑎𝑘 𝑒𝑛 𝑏𝑖𝑑, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑜𝑒𝑘𝑖𝑛𝑔 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒”, waarsku Jesus hulle. Ons weet tog wat later gebeur... Wanneer die dissipels almal ’n windrigting inslaan met Jesus se arrestasie. Ons kan maar net wonder: wat sou gebeur as die dissipels, soos Jesus, aangehou worstel het in gebed met die situasie totdat hulle dalk ook op ’n punt van algehele gehoorsaamheid en oorgawe gekom het? Sou hulle dalk kon opstaan teen die soldate? Sou hulle kon opstaan vir hulle geloof?
Jesus het geweet hoe broos hulle geloof kan wees. Hy gee aan hulle – en aan ons – die wapenrusting van gebed om teen hierdie broosheid te waak.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Wat is my instinktiewe reaksie wanneer ek skielik onder druk is? Spandeer ek tyd in gebed vir al my daaglikse stryde en uitdagings? Veg ek of vlug ek eerder? Of bly ek in geloof, waar ek ten volle op God vertrou om my deur te help?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Liewe Vader, help my om nooit die krag van gebed te onderskat nie. Help my om tyd te maak om by U voete te spandeer en in gebed saam met U te worstel, sodat ek die geestelike slag kry wat ek nodig het om uitdagings die hoof te bied. Ek het daardie alleen tyd saam met U nodig om voor te berei sodat ek nie in versoeking kom nie. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟎𝟐-𝟐𝟎 – ’𝐧 𝐍𝐞𝐝𝐞𝐫𝐢𝐠𝐞 𝐞𝐧 𝐝𝐚𝐧𝐤𝐛𝐚𝐫𝐞 𝐡𝐚𝐫𝐭. (𝐾𝑙𝑖𝑒𝑘 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑙𝑎𝑛𝑘𝑔𝑟𝑒𝑒𝑝)
"𝐸𝑛 𝑡𝑒𝑟𝑤𝑦𝑙 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑒𝑒𝑡, ℎ𝑒𝑡 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑏𝑟𝑜𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑛𝑒𝑒𝑚 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑒𝑒̈𝑛 𝑔𝑒𝑣𝑟𝑎. 𝐷𝑎𝑎𝑟𝑛𝑎 ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑦 𝑑𝑖𝑡 𝑔𝑒𝑏𝑟𝑒𝑒𝑘 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝑠𝑦 𝑑𝑖𝑠𝑠𝑖𝑝𝑒𝑙𝑠 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒: “𝑁𝑒𝑒𝑚, 𝑒𝑒𝑡; 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑚𝑦 𝑙𝑖𝑔𝑔𝑎𝑎𝑚.” 𝑇𝑜𝑒 𝑛𝑒𝑒𝑚 𝐻𝑦 '𝑛 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑟, 𝑒𝑛 𝑛𝑎𝑑𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑛𝑘𝑔𝑒𝑏𝑒𝑑 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑠𝑝𝑟𝑒𝑒𝑘 ℎ𝑒𝑡, 𝑔𝑒𝑒 𝐻𝑦 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑒𝑛 𝑠𝑒̂: “𝐷𝑟𝑖𝑛𝑘 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑢𝑖𝑡, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑚𝑦 𝑏𝑙𝑜𝑒𝑑, 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑙𝑜𝑒𝑑 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑜𝑛𝑑 𝑏𝑒𝑠𝑒𝑒̈𝑙 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑏𝑎𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑖𝑒𝑡 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑡𝑜𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑤𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑠. 𝐸𝑘 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒: 𝑉𝑎𝑛 𝑛𝑜𝑢 𝑎𝑓 𝑠𝑎𝑙 𝐸𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑦𝑛 𝑑𝑟𝑖𝑛𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑡𝑜𝑡 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑢𝑤𝑒 𝑤𝑦𝑛 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑘𝑟𝑦𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑦 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑟𝑖𝑛𝑘.” 𝑁𝑎𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑜𝑓𝑠𝑎𝑛𝑔 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑛𝑔 ℎ𝑒𝑡, ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑂𝑙𝑦𝑓𝑏𝑒𝑟𝑔 𝑡𝑜𝑒." – Matteus 26:26-30 AFR83
Meeste van ons ken hierdie teksgedeelte goed. Dit is 'n gedeelte wat dikwels gebruik word met die instelling van die Nagmaal. Die Nagmaal is normaalweg 'n baie spesiale en gewyde geleentheid waarna meeste van ons nogal baie uitsien, maar ongelukkig kan die Nagmaal - soos baie ander gebruike in die kerk - bloot ritueel word.
Kyk ons egter na die eerste Nagmaal wat Jesus met Sy dissipels gedeel het, sien ons hoe kragtig dit was. Jesus het met Sy dissipels gepraat oor Sy dood. Hy't gepraat oor Sy liggaam wat gebreek sou word. Hy't gepraat van Sy bloed wat vergiet sou word... En daarna het Hy 'n lofsang gesing.
Dit is ons Here. Sy kruis is 'n uitnodiging van genade aan 'n stukkende en hulpelose wêreld. Daarom word Nagmaal ook die Eucharis genoem, wat "danksegging" beteken. In die Nagmaal aanvaar ons die gawe van God se genade. Ons hoef nie allerhande werke te doen om dit te verdien nie, maar ons wys met ons veranderde lewens, ons dankbaarheid.
Die Nagmaal herinner ons dat, al wat ons moet doen om redding te ontvang, is om 'n nederige en dankbare hart te hê.
Voel jy soms dat jy hard moet werk om jou redding te verseker? Is daar iets wat in jou pad staan, wat jou verhoed om eenvoudig net Jesus se gratis geskenk van genade te ontvang? Sien jy dalk Nagmaal as taak of vervelige ritueel, of sien jy dit as 'n herinnering van God se genade?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here Jesus, soms raak ek amper immuun teen die grootsheid van U genade. Wanneer ek bietjie stil staan en nadink oor die Nagmaal, word ek oorweldig deur die feit dat U danksegging gegee het vir die brood en wyn wat U liggaam en bloed verteenwoordig. Dankie vir U offer. Dit is iets wat ek seker nooit ten volle sal begryp nie, maar ek aanvaar dit met 'n dankbare hart. Amen.
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟎𝟐-𝟏𝟗 – 𝐉𝐲 𝐢𝐬 𝐮𝐢𝐭 𝐝𝐢𝐞 𝐝𝐨𝐨𝐝 𝐨𝐩𝐠𝐞𝐰𝐞𝐤 ! (Kliek hier vir die klankgreep)
Daar is ’n gesegde wat lui: “Niks in die lewe is seker nie, behalwe die dood en belasting.” Ek dink enige eerlike werkende persoon sal hiermee saamstem. Ons werk en werk en sloof onsself soms af... Waarvoor? As jy meer verdien, moet jy meer belasting betaal en, as jy eendag nie meer hier is nie, kry iemand anders alles waarvoor jy gewerk het!
As ons só na die lewe kyk, kan ons gou soos die Prediker amper moed verloor en sê dat alles tot niks kom nie. Maar, gelukkig het die Prediker ook elke keer weer sy oë na God gerig en besef dat sy lewe op aarde nie tevergeefs is nie en dat ’n mens die lewe moet leef en dit moet geniet!
As ons doelwitte in die lewe so beperk is soos hierdie lewe self, dan gaan ons sukkel om positief te bly. Maar as ons ons oë rig op die opgestane Here en sy beloftes, dan verander dit alles. As ons oë gefokus is op die verganklike geluk van hierdie wêreld, dan is ons oë eintlik ook gefokus op die verganklike lewe op hierdie aarde. As ons oë gefokus is op aardse geluk, dan is dit heel moontlik gefokus op sonde en uiteindelik, die dood.
Hoor wat skryf Paulus aan die gemeente in Efese:
“¹𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑠 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑡𝑟𝑒𝑑𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑒𝑛 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑠 ²𝑤𝑎𝑎𝑟𝑖𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛𝑡𝑒𝑣𝑜𝑟𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑒𝑒𝑓 ℎ𝑒𝑡, 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑠𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑠𝑤𝑦𝑠𝑒 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑑𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔, 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑠𝑒𝑟 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑢𝑔 – 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑠𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒́ 𝑔𝑒𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑛𝑜𝑢 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑟𝑘 𝑖𝑠 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑒𝑢𝑛𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑠𝑎𝑎𝑚ℎ𝑒𝑖𝑑. ³𝑂𝑛𝑠 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑎𝑛𝑡𝑒𝑣𝑜𝑟𝑒 𝑠𝑜𝑜𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑡𝑟𝑒𝑒 𝑡𝑜𝑒 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑒𝑒𝑟𝑡𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑 𝑒𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑔𝑒𝑑𝑎𝑔𝑡𝑒𝑠 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑙𝑒𝑒𝑓 ℎ𝑒𝑡. 𝑂𝑜𝑘 𝑜𝑛𝑠, 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟, 𝑤𝑎𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑛𝑎𝑡𝑢𝑟𝑒 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑒𝑚 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙. ⁴⁻⁵𝑀𝑎𝑎𝑟 𝐺𝑜𝑑, 𝑟𝑦𝑘 𝑖𝑛 𝑏𝑎𝑟𝑚ℎ𝑎𝑟𝑡𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑, ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠, 𝑎𝑙ℎ𝑜𝑒𝑤𝑒𝑙 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑤𝑎𝑠 𝑎𝑠 𝑔𝑒𝑣𝑜𝑙𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑡𝑟𝑒𝑑𝑖𝑛𝑔𝑠, 𝑜𝑝 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑚𝑒𝑒 𝐻𝑦 𝑜𝑛𝑠 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑔𝑒ℎ𝑎𝑑 ℎ𝑒𝑡, 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 – 𝑢𝑖𝑡 𝑔𝑒𝑛𝑎𝑑𝑒 𝑖𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠! ⁶𝐽𝑎, 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑖𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑤𝑒𝑘, 𝑒𝑛 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑠𝑖𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙, ⁷𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑖𝑛 𝑡𝑦𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑘𝑜𝑚, 𝑏𝑒𝑤𝑦𝑠 𝑘𝑎𝑛 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠𝑜𝑜𝑟𝑡𝑟𝑒𝑓𝑓𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑟𝑦𝑘𝑑𝑜𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑔𝑒𝑛𝑎𝑑𝑒 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑠𝑦 𝑔𝑜𝑒𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑖𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠. ⁸𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑢𝑖𝑡 𝑔𝑒𝑛𝑎𝑑𝑒 𝑖𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠, 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑔𝑒𝑙𝑜𝑜𝑓. 𝐸𝑛 𝑗𝑢𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑛𝑖𝑒; 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑎𝑤𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑. ⁹𝐷𝑖𝑡 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡 𝑒𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑟𝑘𝑒 𝑛𝑖𝑒, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑜𝑝 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑚𝑎𝑔 𝑟𝑜𝑒𝑚 𝑛𝑖𝑒. ¹⁰𝑂𝑛𝑠 𝑖𝑠 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑠𝑦 𝑚𝑎𝑎𝑘𝑠𝑒𝑙, 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑒𝑝 𝑖𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑜𝑚 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑟𝑘𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑏𝑒𝑟𝑒𝑖 ℎ𝑒𝑡, 𝑡𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛, 𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑡𝑒 𝑙𝑒𝑒𝑓.” – Efesiërs 2:1-10 (AFR20)
Dink bietjie mooi oor waar jy jouself emosioneel bevind op hierdie oomblik. Dalk hopeloos, verslaaf aan dinge wat jou tyd steel, besig met ’n gejaag na wêreldse roem en rykdom? Indien wel, wil ek vir jou slegte nuus gee... Jy is dalk dood. Dood in oortredings en sondes, verslaaf aan die weë van die wêreld en selfs ook die prins van die duisternis. Dringende Goddelike ingryping is nodig!
Sien asseblief die skielike en wonderlike wending in die teksgedeelte. Alles begin met “Maar God...” Ons lewens het ook ’n “voor Christus” en “na Christus”. Vers 4 lig vir ons die wonderlike Goddelike onderbreking in ons gevalle lewensverhaal uit. God het in sy ryke barmhartigheid en groot liefde tot aksie oorgegaan toe ons hulpeloos was, dood in ons sondes. In plaas daarvan om ons in ons geestelike verlatenheid te laat, het Hy ons saam met Christus lewend gemaak.
En soos vers 8 dit duidelik maak, is dit nie omdat ons enigiets daarvan verdien nie. Nee, dit is uit God se genade alleen. Ons verlossing is nie ’n resultaat van ons pogings of verdienste nie, maar is geheel en al God se genadige gawe. Ons het dit nie verdien nie; ons kan nie daaroor spog nie. Dit is bloot ’n uitdrukking van God se onverdiende guns teenoor ons.
Boonop red God ons nie net van geestelike dood nie, maar verhef ons tot ’n posisie van eer en voorreg. Ons word nie net lewend gemaak nie, maar sal ook saam met Christus verhef en in hemelse plekke gesit word. Dit moet nou al vir ons iets sê van ons nuwe identiteit en stand in Christus en ons lewens hier op aarde – ’n werklikheid vêr bo ons menslike begrip.
Ons moet ook onthou dat, as ontvangers van God se genade en nuwe lewe, ons nie passiewe waarnemers is nie, maar aktiewe deelnemers aan Sy Goddelike plan. Ons is geskape vir goeie werke wat God vooraf voorberei het vir ons om te doen en om nie verstrengel te raak in die gejaag van die wêreld nie. Ons getransformeerde lewens word ’n getuienis van God se genade, wat Sy goedheid en liefde aan ’n soekende wêreld toon.
As jy hier lees of luister, beteken dit dat jy NIE dood is nie. Jy is opgewek uit die dood. Lewe !
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek leef en ek leef as gevolg van Jesus Christus en vír Jesus Christus – nie vir myself of die wêreld nie.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Here Jesus, dankie dat U my gered het vanuit die duisternis na u wonderbaarlike lig – van dood na lewe. Gee my ’n blye hart en laat my elke dag in dankbaarheid leef vir die onmeetlike rykdom van u genade. Laat my wandel in die goeie werke wat U vir my voorberei het. Tot lof en eer van God alleen. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟎𝟐-𝟏𝟓 – 𝐋𝐢𝐠 𝐰𝐞𝐧 𝐚𝐥𝐭𝐲𝐝. (Kliek hier vir die klankgreep)
Die definisie van donkerte, is die afwesigheid van lig. Maar lig is nie die afwesigheid van donkerte nie. Lig is lig. Lig is energie en lig verdryf donker, maar donker kan nie lig verdryf nie. Een klein liggie kan die grootste donker breek, maar die grootste donker kan nie die kleinste lig breek nie. Lig kan in donker wees, maar donker kan nie in lig wees nie. Lig wen altyd.
Dit is juis daarom dat Johannes in die evangelie en in sy briewe so goed daarna verwys om God se oormag oor sonde en enigiets boos in hierdie wêreld te demonstreer. Hoor wat staan in 1 Johannes 1:5-10 (AFR20):
“⁵𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑜𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟 ℎ𝑒𝑡, 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑛𝑑 𝑚𝑎𝑎𝑘: 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠 𝑙𝑖𝑔, 𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠 𝑖𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒. ⁶𝐴𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑖𝑠, 𝑒𝑛 𝑡𝑜𝑔 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠 𝑙𝑒𝑒𝑓, 𝑙𝑖𝑒𝑔 𝑜𝑛𝑠, 𝑒𝑛 𝑙𝑒𝑒𝑓 𝑜𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑛𝑖𝑒; ⁷𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑎𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔 𝑙𝑒𝑒𝑓, 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔 𝑖𝑠, 𝑖𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑜𝑛𝑑𝑒, 𝑒𝑛 𝑟𝑒𝑖𝑛𝑖𝑔 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑙𝑜𝑒𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠, 𝑠𝑦 𝑆𝑒𝑢𝑛, 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑒𝑙𝑘𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒. ⁸𝐴𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑖𝑠𝑙𝑒𝑖 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑛𝑠𝑠𝑒𝑙𝑓, 𝑒𝑛 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒. ⁹𝐴𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑠 𝑏𝑒𝑙𝑦 – 𝐻𝑦 𝑖𝑠 𝑔𝑒𝑡𝑟𝑜𝑢 𝑒𝑛 𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔, 𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑠𝑎𝑙 𝐻𝑦 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑒𝑓 𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑 𝑟𝑒𝑖𝑛𝑖𝑔. ¹⁰𝐴𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑜𝑛𝑠 𝐻𝑜𝑚 𝑡𝑜𝑡 𝑙𝑒𝑢𝑒𝑛𝑎𝑎𝑟 𝑒𝑛 𝑖𝑠 𝑠𝑦 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒.”
God is lig en in Hom is daar geen duisternis nie. Daar kan net reinheid, heiligheid en waarheid uit die aard van God voortspruit. As kinders van God word ons geroep om in die lig te wandel, om ons lewens in ooreenstemming met Sy waarheid en geregtigheid te leef.
Johannes herinner ons hier dat ons verhouding met God ’n egte verhouding moet wees. Ons word geroep om eerlik met onsself en met God te wees. Om te beweer dat jy gemeenskap met Hom het terwyl jy in die duisternis wandel, is selfbedrog. Om voor te gee dat ons sonder sonde is, skei ons net van die werklikheid van ons behoefte aan God se genade en vergifnis.
Maar die hoop en belofte wat in hierdie verse ingebed is, is wonderlik! Wanneer ons kies om in die lig te wandel en ons sondes en tekortkominge te erken, is God se genade oorvloedig. Die bloed van Jesus, wat vir ons gestort is, reinig ons van alle sonde. Maar dan moet ons belydenis en bekering opreg wees. God is getrou en regverdig, en Hy vergewe ons en reinig ons van alle ongeregtigheid.
Daaglikse selfondersoek, belydenis en ’n opregte begeerte na heiligheid trek ons nader aan God. Dit is deur hierdie deursigtige verhouding met Hom dat ons die pragtige gemeenskap ervaar wat so mooi deur Johannes beskryf word. Ons verbinding met God en met mekaar verdiep namate ons Sy lig toelaat om ons lewens te verlig en die duisternis binne te verdryf.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek moet kyk waar ek loop in die lewe. As ek in die lig loop, is ek veilig. God is die lig.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Hemelse Vader,
Mag ek in U, die lig, wandel en op U genade en vergifnis staatmaak terwyl ek daarna streef om in gehoorsaamheid aan U waarheid te lewe. Dankie, Here Jesus, vir die reiniging wat U bloed ons bied. Ons het U nodig elke dag. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟎𝟐-𝟏𝟒 – 𝐎𝐧𝐭𝐡𝐨𝐮 𝐝𝐢𝐞 𝐥𝐢𝐞𝐟𝐝𝐞. (Kliek hier vir die klankgreep)
Vir baie mense is vandag ’n dag van liefde – daar word spesiale kos gemaak of uitgeëet, geskenkies gekoop en mense se liefde aan mekaar word verklaar. Vir die jonger generasie is dit dalk ’n tyd van geheimsinnigheid deur ’n kaartjie of geskenkie vir iemand in die geheim te stuur met die hoop dat die ander persoon dalk ook van jou sal hou. Ja, Valentynsdag – ’n dag waar liefde gevier word en selfs ook ’n dag waar daar dalk onthou word van groot lewensverlies en bloedvergieting eeue gelede.
Of jy nou Valentynsdag vier of nie, is daar hierdie jaar ’n beter rede vir stil word – vanjaar val Valentynsdag op die begin van die Lydenstyd van Jesus Christus. In baie kerke word dit gevier, maar in meeste word dit nie gevier nie. Vandag staan bekend as Aswoensdag in die Roomse tradisie en dit het eers weer sedert Mel Gibson se “Passion of the Christ” rolprent begin om ’n meer gevierde dag in die kerk te wees.
Wat is Aswoensdag? Aswoensdag merk die begin van 40 dae tot en met Paassondag. As jy op die kalender gaan tel, gaan jy egter meer as 40 dae kry, maar as jy nie die Sondae voor Paassondag tel nie, sal jy wel by 40 uitkom. Hierdie 40 dae staan bekend as die Lydenstyd van Christus en sedert die vroeë kerk was dit ’n tydperk waarin mense hulself weer verootmoedig het voor die Here.
Ons dink terug aan die 40 dae wat Jesus self in die woestyn deurgebring het en deur die Satan versoek was – dít terwyl Hy gevas het en sy liggaam en wil swak moes wees. Ons dink aan hoe Jesus, as mens, aan al die versoekings onderwerp was en hoe Hy daaroor triomfeer het. Ons dink ook na oor hoe Hy die grootste versoeking – om die pad van lyding en die kruis te vermy – van die hand gewys het en wél uiteindelik aan die kruis gesterf het vir jou en my. En so, dink ons wel vandag aan liefde. Maar hierdie is nie mensgemaakte liefde wat dalk opraak sodra die sjokolade klaar geëet of die blomme verwelk nie. Nee, hierdie is ewige liefde wat met bloed betaal is.
Die pad van lyding wat Jesus moes stap kan ons nie eers behoorlik onsself indink nie, maar ons kan wel probeer. Daarom het baie mense in die verlede juis hierdie Aswoensdag geneem om ook vir 40 dae te vas. Baie min het ’n algehele vas gedoen, maar dalk gekies om vir 40 dae te weerhou van iets wat dalk maklik jou tyd in beslag neem of dalk maklik in die pad staan van jou verhouding met God. Dalk is dit koffie, of TV, of soetgoed, of kos, of wat ook al, maar vir 40 dae word daar weerhou van iets en, wanneer daardie drang kom, word daardie tyd eerder in verootmoediging en gebed deurgebring.
Dit klink dalk moeilik, selfs onmoontlik, maar onthou dat jy darem elke Sondag kan rus van jou vas. Dit sal natuurlik nie help as jy weer oorboord gaan daarmee die Sondae nie. Indien jy dalk oorweeg om te vas – in hierdie lydenstyd of ’n ander keer – onthou Jesus se woorde:
¹⁶ “𝑊𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑠, 𝑚𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑘𝑦𝑛ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑒𝑠 𝑚𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑔 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑔𝑡𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑡𝑟𝑒𝑘 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑔𝑡𝑒, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑠. •𝐴𝑚𝑒𝑛, 𝐸𝑘 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒: 𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑟𝑒𝑒𝑑𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑙𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔. ¹⁷𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑗𝑦 𝑣𝑎𝑠, 𝑠𝑎𝑙𝑓 𝑗𝑜𝑢 𝑘𝑜𝑝 𝑚𝑒𝑡 𝑜𝑙𝑖𝑒 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑠 𝑗𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑔, ¹⁸𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑛𝑒𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟, 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑜𝑟𝑔𝑒𝑛ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑖𝑠, 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑦 𝑣𝑎𝑠. 𝐸𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟, 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑜𝑟𝑔𝑒𝑛ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑠𝑖𝑒𝑛, 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑜𝑢 𝑏𝑒𝑙𝑜𝑜𝑛.” ¹⁹ “𝑀𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑘𝑎𝑡𝑡𝑒 𝑜𝑝 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒 𝑏𝑦𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑛𝑖𝑒, 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑚𝑜𝑡 𝑒𝑛 𝑟𝑜𝑒𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑛𝑖𝑒𝑙, 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒𝑤𝑒 𝑖𝑛𝑏𝑟𝑒𝑒𝑘 𝑒𝑛 𝑠𝑡𝑒𝑒𝑙. ²⁰𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑘𝑎𝑡𝑡𝑒 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑏𝑦𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟, 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑚𝑜𝑡 𝑒𝑛 𝑟𝑜𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑛𝑖𝑒𝑙 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒𝑤𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑖𝑛𝑏𝑟𝑒𝑒𝑘 𝑒𝑛 𝑠𝑡𝑒𝑒𝑙 𝑛𝑖𝑒. ²¹𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑠𝑘𝑎𝑡 𝑖𝑠, 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑜𝑢 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑜𝑜𝑘 𝑤𝑒𝑒𝑠.” – Matteus 6:16-21 (AFR20)
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek moet die pad wat Jesus vir my gestap het onthou. Ek stap saam met Hom. Ek onthou die liefde wat Hy aan my bewys het.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Praat met God oor jou worstelinge en vra Hom vir krag.
¹³ “𝑫𝒊𝒆 𝒈𝒆𝒏𝒂𝒅𝒆 𝒗𝒂𝒏 𝒅𝒊𝒆 𝑯𝒆𝒓𝒆 𝑱𝒆𝒔𝒖𝒔 •𝑪𝒉𝒓𝒊𝒔𝒕𝒖𝒔 𝒆𝒏 𝒅𝒊𝒆 𝒍𝒊𝒆𝒇𝒅𝒆 𝒗𝒂𝒏 𝑮𝒐𝒅 𝒆𝒏 𝒅𝒊𝒆 𝒈𝒆𝒎𝒆𝒆𝒏𝒔𝒌𝒂𝒑 𝒗𝒂𝒏 𝒅𝒊𝒆 𝑯𝒆𝒊𝒍𝒊𝒈𝒆 𝑮𝒆𝒆𝒔 𝒃𝒍𝒚 𝒎𝒆𝒕 𝒋𝒖𝒍𝒍𝒆 𝒂𝒍𝒎𝒂𝒍.” – 2 Korintiërs 13:13 (AFR20)
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟎𝟐-𝟏𝟑 – 𝐃𝐢𝐞 𝐠𝐞𝐡𝐞𝐢𝐦𝐞𝐧𝐢𝐬 𝐯𝐚𝐧 𝐰𝐚𝐫𝐞 𝐠𝐨𝐝𝐯𝐫𝐞𝐬𝐞𝐧𝐝𝐡𝐞𝐢𝐝. (Kliek hier vir die klankgreep)
Baie mense praat soms van “goddelike mense”. Wat beteken dit? Kan ’n mens goddelik wees? In die tuin van Eden wou Adam en Eva graag net soos God wees, maar in hul poging om dit reg te kry, moes hulle ongehoorsaam wees aan God. Ons almal weet hoe dit geëindig het en dat dít die rede is hoekom daar tot vandag toe nog swaarkry, siekte en dood in die wêreld is. So, ons weet ons kan nie nét soos God wees nie, maar kan ons goddelike mense wees en, indien wel, wat beteken dit.
Ek wil reken dat ons eerder moet streef om godvresende mense te wees. Maar wat beteken dit? Beteken dit dat ons altyd in vrees van God moet leef? Nee, hoor hoe beskryf Paulus die geheimenis van ware godvresendheid wanneer hy aan Timoteus skryf:
“¹⁴𝐻𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓 𝑒𝑘 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑜𝑢, 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑜𝑜𝑝 𝑜𝑚 𝑏𝑖𝑛𝑛𝑒𝑘𝑜𝑟𝑡 𝑛𝑎 𝑗𝑜𝑢 𝑡𝑜𝑒 𝑡𝑒 𝑘𝑜𝑚. ¹⁵𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑎𝑠 𝑒𝑘 𝑣𝑒𝑟𝑡𝑟𝑎𝑎𝑔 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑦 𝑤𝑒𝑒𝑡 ℎ𝑜𝑒 𝑗𝑦 𝑗𝑜𝑢 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑑𝑟𝑎 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑢𝑖𝑠ℎ𝑜𝑢𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑: 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 •𝑘𝑒𝑟𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑𝑒 𝐺𝑜𝑑, '𝑛 𝑝𝑖𝑙𝑎𝑎𝑟 𝑒𝑛 '𝑛 𝑓𝑜𝑛𝑑𝑎𝑚𝑒𝑛𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑. ¹⁶𝐸𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒ℎ𝑒𝑖𝑚𝑒𝑛𝑖𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑟𝑒 𝑔𝑜𝑑𝑣𝑟𝑒𝑠𝑒𝑛𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑖𝑠 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑡𝑤𝑦𝑓𝑒𝑙 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡:
𝐻𝑦 𝑖𝑠 𝑔𝑒𝑜𝑝𝑒𝑛𝑏𝑎𝑎𝑟
𝑖𝑛 '𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑙𝑖𝑔𝑔𝑎𝑎𝑚,
𝑟𝑒𝑔𝑣𝑒𝑟𝑑𝑖𝑔 𝑏𝑒𝑤𝑦𝑠 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠,
𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑛𝑔𝑒𝑙𝑒,
𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑠𝑖𝑒𝑠,
𝑔𝑒𝑔𝑙𝑜 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑,
𝑜𝑝𝑔𝑒𝑛𝑒𝑒𝑚 𝑖𝑛 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑.” – 1 Timoteus 3:14-16 (AFR20)
Paulus deel hier ’n noodsaaklike wysheid met Timoteus oor hoe dit ook in God se huishouding – die kerk – moet gaan. Die geheimenis van godvresendheid oftewel die verborgenheid van godsaligheid, wat die wese van ons geloof is, word pragtig hier verduidelik in die Goddelike narratief van Christus se menswording, kruisiging, opstanding en hemelvaart.
Die geheimenis van ware godvresendheid begin met die diepgaande waarheid dat God self in die vlees geopenbaar is. Die inkarnasie, waar die Goddelike ’n menslike gestalte aangeneem het, demonstreer die diepte van God se liefde en die moeite wat Hy gedoen het om ons met Homself te versoen. In die Persoon van Jesus Christus is Goddelikheid en menslikheid in volmaakte harmonie vermeng, wat ons die uiteindelike voorbeeld van ware godsaligheid bied.
Regverdiging in die Gees beklemtoon Christus se oorwinning oor sonde en dood deur Sy opstanding. Die krag van die Heilige Gees het getuig van die geregtigheid van Christus, deur Hom as die Seun van God met gesag oor lewe en dood te verklaar.
Engele, hemelse wesens, het hierdie Goddelike drama met ontsag en verwondering aanskou, terwyl die volgelinge van Christus die opdrag gekry het om die goeie nuus tot aan die uithoeke van die aarde te vertel.
Die geheimenis gaan voort namate die waarheid van Christus in die wêreld geglo word. Deur geloof vind individue van elke uithoek van die wêreld verlossing en redding in die Persoon van Jesus Christus. Die transformerende krag van die Evangelie het die vermoë om harte en lewens te verander, en skep ’n gemeenskap van gelowiges – God se huishouding – gebind deur die liefde en genade van Christus.
Die hoogtepunt van hierdie geheimenis en ’n sterk fokuspunt van ons geloof, is Christus se hemelvaart – waar Hy sy regmatige plek aan die regterhand van die Vader ingeneem het. Hierdie gebeurtenis is ’n herinnering aan die hoop binne ons – dat ons ook eendag saam met Hom in heerlikheid sal wees.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek kan nie nét soos God wees nie, maar ek kan elke dag meer en meer soos Jesus op aarde was wees.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Hemelse Vader,
Laat my streef om die geheimenis van godvresendheid met ontsag en eerbied te soek en vind. Mag ek in die voetspore van Christus wandel en mag my gedrag binne en buite die kerk só wees dat ek die huishouding van God waardig is. Laat my ’n lewende getuienis wees van die geheimenis wat geopenbaar is in my Here Jesus Christus. Laat my die transformerende krag van godvresendheid deel met ’n wêreld wat verlossing so nodig het. Tot U eer alleen. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟎𝟐-𝟏𝟐 – 𝐆𝐞𝐞 𝐚𝐚𝐧𝐝𝐚𝐠 ! (Kliek hier vir die klankgreep)
Daar is in vandag se wêreld ’n sterk agnostiese siening: mense sê dat God nie bestaan nie en dat hulle nie hulle tyd, energie en geld gaan mors met iets soos godsdiens en geloof nie. Aan die ander kant het ek al gehoor dat baie mense sê dat hul eerder glo in God sodat, as hulle doodgaan en God bestaan nie, het hul niks verloor nie – maar as Hy wel bestaan, dan het hulle alles gewen...
Ja, dis dalk ’n goeie teenargument, maar is dit regtig ’n goeie argument? Is dít dan die enigste rede hoekom jy glo? Sê jy dan nie maar net dat jy glo – net om jou eie gewete te sus nie?
Ons moet besef dat die verlossing wat ons vind in Jesus Christus, is ’n ernstige saak. Dis nie sommer maar net iets wat jy saam ander kursusse en kennisse op jou CV kan sit nie. Dis nie iets wat jy net so nou en dan noem, omdat dit ’n deel van jou lewe is nie. Nee! Dit moet jou hele lewe wees!
Die skrywer van brief aan die Hebreërs sê:
“¹𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑜𝑣𝑒𝑒𝑙 𝑡𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑎𝑎𝑛𝑑𝑎𝑔 𝑔𝑒𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟 ℎ𝑒𝑡, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑙𝑘 𝑤𝑒𝑔𝑑𝑟𝑦𝑓 𝑛𝑖𝑒. ²𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑜𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑒𝑛𝑔𝑒𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑖𝑠, 𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑑𝑎𝑎𝑑 𝑏𝑖𝑛𝑑𝑒𝑛𝑑 𝑤𝑎𝑠, 𝑒𝑛 𝑒𝑙𝑘𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑡𝑟𝑒𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟𝑠𝑎𝑎𝑚ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑟𝑒𝑔𝑚𝑎𝑡𝑖𝑔𝑒 𝑠𝑡𝑟𝑎𝑓 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑎𝑛𝑔 ℎ𝑒𝑡, ³ℎ𝑜𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑛𝑡𝑣𝑙𝑢𝑔 𝑎𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑜 '𝑛 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠𝑠𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑒𝑟𝑜𝑛𝑡𝑎𝑔𝑠𝑎𝑎𝑚? 𝐻𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠𝑠𝑖𝑛𝑔 𝑖𝑠 𝑒𝑒𝑟𝑠 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔, 𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑛𝑎 𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑏𝑒𝑣𝑒𝑠𝑡𝑖𝑔 𝑑𝑒𝑢𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑡 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟 ℎ𝑒𝑡, ⁴𝑡𝑒𝑟𝑤𝑦𝑙 𝐺𝑜𝑑 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑒𝑟 𝑏𝑒𝑣𝑒𝑠𝑡𝑖𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑡𝑒𝑘𝑒𝑛𝑠 𝑒𝑛 𝑤𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑒𝑛 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑟ℎ𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑘𝑟𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔𝑒 𝑑𝑎𝑑𝑒, 𝑒𝑛 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑔𝑎𝑤𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠, 𝑤𝑎𝑡 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑖𝑠 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝐻𝑦 𝑑𝑖𝑡 𝑔𝑜𝑒𝑑𝑔𝑒𝑣𝑖𝑛𝑑 ℎ𝑒𝑡.” – Hebreërs 2:1-4 (AFR20)
Ons moet regtig aandag gee aan hierdie verlossing wat ons ontvang het. Ons moet erns maak daarmee. Dis nie sommer iets wat iemand gesê of uitgedink het nie – dit is verklaar deur ons Here Jesus self! En daarna is dit op soveel wonderbaarlike maniere weer bevestig!
Daar is ontelbare maniere wat die lewe ons aandag kan aflei van die fundamentele waarhede van ons geloof. Ons moet waaksaam wees en onsself anker in die Woord van God. Ons moet ’n standvastige fokus op die boodskap van verlossing deur Jesus Christus kweek.
God se geregtigheid is seker en die verwaarlosing van die verlossing wat deur Christus aangebied word, sal nie sonder slegte gevolge wees nie. Die erns van die vraag wat gestel word – “hoe sal ons ontvlug as ons so 'n groot verlossing verontagsaam? – beklemtoon baie duidelik die omvang van wat elke dag hier op die spel is.
Ons moet nooit twyfel in hierdie verlossing, of dit afmaak as fiksie nie – God self het getuig van die waarheid van die boodskap deur tekens, wonders, wonderwerke en die uitstorting van die Heilige Gees. Met ander woorde: God gee self sy seël van egtheid, wat gelowiges verseker van die Goddelike oorsprong en betekenis van die verlossing wat hulle ontvang het.
𝑳𝒆𝒕 𝒃𝒊𝒆𝒕𝒋𝒊𝒆 𝒐𝒑... 𝑮𝒆𝒆 𝒂𝒂𝒏𝒅𝒂𝒈 !
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek moet baie nouer aandag skenk aan my verlossing.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Heilige Gees,
Help my om te waak teen selfvoldaanheid. Laat my myself aktief anker in die Woord van God en voortdurend soek na ’n dieper begrip van die groot verlossing wat deur Jesus Christus aangebied word. Almagtige God, mag ek die volheid van U genade ervaar en stewig gegrond bly in my geloof, sodat ek die gevaarlike afwykings sal vermy wat voortspruit uit die verwaarlosing van die kosbare gawe van U verlossing. Mag ek die verlossing verkondig oral waar ek gaan – tot U eer alleen. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟐-𝟎𝟐-𝟎𝟖 – 𝐃𝐢𝐞 𝐬𝐨𝐞𝐭𝐞 𝐠𝐞𝐮𝐫 𝐯𝐚𝐧 𝐨𝐨𝐫𝐰𝐢𝐧𝐧𝐢𝐧𝐠. (Kliek hier vir die klankgreep)
Dit voel soos gister wat Suid-Afrika die rugby Wêreldbeker vir die eerste keer gewen het. Ek onthou hoe ’n land wat in onsekerheid geleef het, skielik eensgesind was. En toe dit ’n tweede én derde keer gebeur het, was dit dieselfde – maar nie heeltemal nie.
Sien, die eerste keer het ons nog saam met Madiba gedroom oor watter sterk nasie die Suid-Afrikaners kan wees. Ons het begin glo dat ons verby rasse, velkleur en verskillende kulture kon kyk. En ons het!
Met die tweede en derde keer wat ons die Wêreldbeker gewen het, was die oorwinnings ook wonderlik. Amper alle Suid-Afrikaners het die vreugde gedeel en die soete geur van die oorwinning het die land gevul. Maar, ongelukkig hou dit nie lank nie. Hoekom? Want dit is ’n tydelike, seisoenale oorwinning. Dit is iets wat weer van ons weggeneem kan word. En, baie mense het in daardie oomblik geglo dat ons eensgesind kan wees en triomfantlik kan bly, maar toe die wêreld aangaan, het daardie geloof gekwyn.
Net só gaan dit ook met ons geloof in die Here ook. Hoor wat skryf Paulus:
“¹⁴𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑎𝑛𝑘 𝑎𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑, 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑑𝑒𝑢𝑟 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑖𝑛 𝑠𝑦 𝑡𝑟𝑖𝑜𝑚𝑓𝑡𝑜𝑔 𝑚𝑒𝑒𝑣𝑜𝑒𝑟, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑢𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑘𝑒𝑛𝑛𝑖𝑠 𝑜𝑝 𝑒𝑙𝑘𝑒 𝑝𝑙𝑒𝑘 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑝𝑟𝑒𝑖. ¹⁵𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑖𝑠 '𝑛 𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑛𝑎𝑚𝑒 𝑔𝑒𝑢𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑, 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒́ 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠 𝑤𝑜𝑟𝑑, 𝑒́𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒́ 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑟𝑒 𝑔𝑎𝑎𝑛 – ¹⁶𝑣𝑖𝑟 𝑙𝑎𝑎𝑠𝑔𝑒𝑛𝑜𝑒𝑚𝑑𝑒 '𝑛 𝑟𝑒𝑢𝑘 𝑣𝑎𝑛𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑 𝑡𝑜𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑, 𝑣𝑖𝑟 𝑒𝑒𝑟𝑠𝑔𝑒𝑛𝑜𝑒𝑚𝑑𝑒 '𝑛 𝑔𝑒𝑢𝑟 𝑣𝑎𝑛𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑡𝑜𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒. 𝐸𝑛 𝑤𝑖𝑒 𝑖𝑠 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑡𝑜𝑒 𝑏𝑒𝑘𝑤𝑎𝑎𝑚? ¹⁷𝑂𝑛𝑠 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑠𝑜 𝑏𝑎𝑖𝑒 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑚𝑜𝑢𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑛𝑖𝑒; 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑝𝑟𝑎𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑜𝑝𝑟𝑒𝑔𝑡ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑎𝑠𝑜𝑓 𝑣𝑎𝑛𝑢𝑖𝑡 𝐺𝑜𝑑, 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝐺𝑜𝑑, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑛 𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠.” – 2 Korintiërs 2:14-17 (AFR20)
Paulus skets vir ons ’n lewendige prentjie van gelowiges wat meegevoer word en deel in Christus se triomftog. Deur Christus lei God ons in oorwinning, nie as oorwinnaars van wêreldse ryke of Wêreldbekers nie, maar as draers van Sy glorieryke boodskap van verlossing.
Paulus sê ons is die aroma – die aangename geur – van die kennis van Christus oral waar ons gaan. Net soos wierook die lug deurdring met sy geur, is ons lewens bedoel om die soet geur van Christus se liefde, genade en waarheid uit te straal. Ons hele bestaan word ’n aangename geur vir God, wat die harte raak van diegene wat oop is om Sy redding te ontvang – dié wat wil deel in die oorwinning.
Maar Paulus erken egter ook dat nie almal gunstig op die geur van Christus sal reageer nie. Vir sommige sal ons boodskap lewe bring, wat hulle tot redding en transformasie lei. Vir ander kan dit ongemak of selfs verwerping meebring, aangesien hulle die waarheid van God se Woord weerstaan. Dit is soos die mense wat bly is dat ons die Wêreldbeker gewen het, maar weier om te glo dat ons saam méér as dit kan vermag.
Tog, ten spyte van die uitdagings en onsekerhede waarmee ons te kampe het, herinner Paulus ons daaraan dat ons roeping as ambassadeurs van Christus ’n gewigtige maar eervolle taak is. Ons is toevertrou met die heilige verantwoordelikheid om die evangelie met opregtheid en integriteit te deel, nie vir persoonlike gewin of erkenning nie, maar uit opregte liefde en gehoorsaamheid aan God.
Terwyl ons besig is met ons daaglikse take, laat ons onthou dat ons die geur van Christus in ons dra. Mag ons woorde, dade en gesindhede Sy liefde en waarheid weerspieël in ’n land en ’n wêreld wat ware verlossing broodnodig het. Laat ons ons rol as boodskappers van hoop omhels, wetende dat God ons bemagtig om Sy doel met moed en genade te vervul.
’n Wêreldbeker oorwinning kan dalk van ons weggeneem word, maar die oorwinning in Christus is vir ewig. As elkeen van ons daarop begin fokus en ander begin deel maak daarvan, wie weet, miskien kan ons drome vir Suid-Afrika realiseer – tot eer van God!
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Hoe kan ek doelbewus die geur van Christus versprei in my daaglikse interaksies met ander mense?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Hemelse Vader, dankie vir die voorreg om tuie van u liefde en genade te wees. Help ons om die geur van Christus te versprei waar ons ook al gaan, sodat ander na u reddende genade aangetrek kan word. Gee ons die wysheid en moed om u waarheid met opregtheid en nederigheid te praat, en te vertrou op u krag om harte en lewens te transformeer. Mag u soete geur van oorwinning ons lewens vul en oorspoel in die lewens van almal in ons huis, werksplek, skole, dorpe en ons land. In Jesus se Naam. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟎𝟐-𝟎𝟕 – 𝐆𝐨𝐝 𝐢𝐬 𝐠𝐞𝐭𝐫𝐨𝐮. 𝐈𝐬 𝐣𝐲 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Ek hoor gereeld mense se verhale en, soos dit maar dikwels is, kom mense na my toe met hulle verhale van pyn, hartseer en wroegings. Ja, baie van ons gaan elke dag deur allerhande beproewings en in baie van die gevalle, is ons nie sterk genoeg om dit op ons eie deur te werk nie. Ongelukkig gaan nie almal van ons na iemand anders om daaroor te praat en om hulp of ondersteuning te kry nie. Soms is ons te skaam en ander kere te trots – ons wil mos nie swak lyk nie...
Ek wil vandag vir jou kom sê dat jy moet weet jy is nie alleen nie – nooit nie! Selfs al het jy nie dadelik die moed om met iemand anders daaroor te praat nie, weet dat God jou hart ken en dat Hy weet waardeur jy gaan. Moet nooit dat jou geloof in Hom wankel nie. Onsekerhede, twyfel en afleidings sal altyd poog om ons weg te trek van die pad van geloof. Tog herinner God se Woord ons om onwankelbaar vas te hou aan die hoop wat ons bely.
“²³𝐿𝑎𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑠𝑡𝑦𝑓 𝑣𝑎𝑠ℎ𝑜𝑢 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑙𝑦𝑑𝑒𝑛𝑖𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 ℎ𝑜𝑜𝑝, 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑜𝑚 𝑎𝑓 𝑡𝑒 𝑤𝑦𝑘, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑙𝑜𝑓𝑡𝑒 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 ℎ𝑒𝑡, 𝑖𝑠 𝑔𝑒𝑡𝑟𝑜𝑢. ²⁴𝐿𝑎𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑛𝑠 𝑜𝑜𝑘 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑜𝑝 𝑡𝑜𝑒𝑙𝑒̂ 𝑜𝑚 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑎𝑎𝑛 𝑡𝑒 𝑠𝑝𝑜𝑜𝑟 𝑡𝑜𝑡 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑒𝑛 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑑𝑒, ²⁵𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑜𝑚 𝑜𝑛𝑠 𝑒𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑚𝑒𝑘𝑜𝑚𝑠 𝑡𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑎𝑎𝑟𝑙𝑜𝑜𝑠, 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑠𝑜𝑚𝑚𝑖𝑔𝑒 𝑠𝑒 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑜𝑛𝑡𝑒 𝑖𝑠; 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑒𝑒𝑟𝑑𝑒𝑟 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑎𝑎𝑛𝑚𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔, 𝑠𝑜𝑣𝑒𝑒𝑙 𝑡𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑛𝑜𝑔 𝑛𝑎𝑚𝑎𝑡𝑒 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑒́ 𝑑𝑎𝑔 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑛𝑎𝑑𝑒𝑟 𝑘𝑜𝑚!” – Hebreërs 10:23-25 (AFR20)
Word vir ’n oomblik rustig en dink mooi na oor die getrouheid van God. Herinner jouself aan die oomblikke waar Sy beloftes vervul is en Sy liefde in jou lewe sigbaar was. Laat hierdie herinneringe aan Sy getrouheid uit die verlede die grondslag wees vir jou onwrikbare toewyding.
Maar ons weet: toewyding wankel wanneer twyfel en vrese posvat. Bring hierdie twyfel en vrese voor die Here in gebed, en gee die las van onsekerheid oor. Laat Sy vrede toe om jou hart te vul, met die wete dat Hy in beheer is en Sy planne vir jou welsyn is.
’n Toegewyde geloof word versorg en gegroei deur konsekwente kommunikasie met God. Sit toegewyde tyd opsy vir gebed, stort jou hart uit, spreek dankbaarheid uit en soek leiding. In die stil oomblikke van gebed, sal jy krag en ’n verdiepte verbintenis met God vind.
En, as ons met God kommunikeer, moet ons toelaat dat Hy ook met ons praat. Hy doen dit deur Sy Gees in ons harte en ook deur Sy Woord. Die Woord van God is ’n lamp vir ons voete en ’n lig op ons lewenspad (Psalm 119:105). Dompel jouself in die Skrif en laat die waarhede daarvan jou begrip van God se wil rig en vorm. Laat die Bybel die kompas wees wat jou stappe op die reis van geloof rig.
En, al dink jy dalk gereeld so, jy is nie alleen nie. Daar is ander gelowiges wat graag wil help om jou laste te dra. As lede van die liggaam van Christus word ons geroep om mekaar te bemoedig (1 Tess. 5:11). Omring jouself met ’n gemeenskap van gelowiges wat ophef en inspireer. Deel ook jou getuienisse van God se getrouheid, en versterk sodoende die toewyding van ander. Moenie dat hierdie lewe of enige swak verskoning jou weerhou van die samekoms van die gemeente nie.
Onthou: “𝑯𝒚 𝒘𝒂𝒕 𝒅𝒊𝒆 𝒃𝒆𝒍𝒐𝒇𝒕𝒆 𝒈𝒆𝒎𝒂𝒂𝒌 𝒉𝒆𝒕, 𝒊𝒔 𝒈𝒆𝒕𝒓𝒐𝒖.”
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Ek moet meer met God praat en meer Sy Woord bestudeer. Ek is nooit alleen nie. God gee sy kerk om my ook te help en ek kan ook daar diensbaar wees. Is my verskoning om weg te bly van die samekomste van die gelowiges regtig goed genoeg?
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Hemelse Vader, ons kom voor U met oop harte en gereed om ons toewyding aan ons geloof te verdiep. Dankie vir U onwrikbare liefde en beloftes. Gee ons die krag om onwankelbaar vas te hou aan die hoop wat ons bely, met die wete dat u getrou is. Dankie, dat ons hierdie hoop kan deel – veral wanneer ons bymekaarkom tot U eer. Ons loof en prys U, in die Naam van Jesus Christus, ons Verlosser en Koning. Amen.
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟎𝟐-𝟎𝟏 – 𝐇𝐚𝐥𝐥𝐞𝐥𝐮𝐣𝐚 ! (Kliek hier vir die klankgreep)
Dikwels hoor ons mense sê dat jy die Here moet loof in elke situasie. Mense wil ons leer dat ons moet leer om die silwer rantjie raak te sien wanneer die donker wolke van die lewe ons so gereeld omsingel. Dit is dalk baie goeie raad, maar in die donker en wanneer dit voel of alles om jou intuimel, is dit moeilik... Tog, as ons kan leer om altyd ’n lied in die hart te hê, kan dit tot ons voordeel wees. Maar watter lied en ’n lied waarvoor?
Die psalmdigter(s) van Psalm 147 help ons met hierdie motivering vir moeilike tye:
“¹𝐻𝑎𝑙𝑙𝑒𝑙𝑢𝑗𝑎!
𝐽𝑎, 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑜𝑚 𝑜𝑛𝑠 𝐺𝑜𝑑 𝑡𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑖𝑛𝑔,
𝑗𝑎, 𝑑𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑛𝑎𝑎𝑚 –
'𝑛 𝑙𝑜𝑓𝑙𝑖𝑒𝑑 𝑖𝑠 𝑔𝑒𝑝𝑎𝑠.
²𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 ℎ𝑒𝑟𝑏𝑜𝑢 𝐽𝑒𝑟𝑢𝑠𝑎𝑙𝑒𝑚,
𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑟𝑜𝑜𝑖𝑑𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐼𝑠𝑟𝑎𝑒𝑙 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝐻𝑦 𝑏𝑦𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟.
³𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒́ 𝑚𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑏𝑟𝑜𝑘𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡𝑒 𝑔𝑒𝑛𝑒𝑒𝑠,
𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑖𝑛𝑑;
⁴𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑡𝑎𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑟𝑟𝑒 𝑏𝑒𝑝𝑎𝑎𝑙,
𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑛𝑎𝑚𝑒 𝑔𝑒𝑒.
⁵𝑂𝑛𝑠 𝐻𝑒𝑒𝑟 𝑖𝑠 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑤𝑒𝑙𝑑𝑖𝑔 𝑠𝑡𝑒𝑟𝑘;
𝑎𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑖𝑛𝑠𝑖𝑔 𝑖𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑔𝑟𝑒𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒.
⁶𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑟𝑢𝑘𝑡𝑒𝑠 𝑜𝑝;
𝑔𝑜𝑑𝑑𝑒𝑙𝑜𝑠𝑒𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑛𝑒𝑑𝑒𝑟 𝐻𝑦 𝑡𝑜𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑.”
– Psalm 147:1-6 (AFR20)
Wat ’n pragtige uitdrukking van lof vir die Here se goedheid, sorg en soewereiniteit! ’n Lied om ons te herinner dat ons nooit alleen is nie en dat God groter is as enige uitdaging of beproewing voor ons.
Ons almal weet dat ’n goeie gedagte ’n slegte een gou verdryf. As dinge donker lyk – en ook as dit goed gaan met ons – moet ons die vreugde en gepastheid om lofsange tot God te sing besef. Lofprysing is nie net ’n daad van aanbidding nie, maar ook ’n erkenning van die inherente goedheid van God. Dit is ’n reaksie op Sy liefde en getrouheid.
Soms dwaal ons of ons geliefdes van God af, maar God is getrou en het alle mag om te herstel wat gebreek is en diegene wat verstrooi was terug te bring. Ons God is ’n God wat altyd besorg is oor sy mense. Hy wil ons bymekaarmaak en herinner dat Hy die geneser van ons gebroke harte is. God gee intiem om vir die gewondes en versorg hulle wonde. In tye van pyn en benoudheid kan ons vertroosting vind in sy vertroostende teenwoordigheid.
Ons kan regtig altyd ’n loflied sing, want God is die Skepper en Onderhouer van ons lewens en die hele heelal. En hoe wonderlik is dit darem dat dieselfde God wat die hemele regeer, ook sorg vir die individuele behoeftes van sy nederige volgelinge. As ons nederig leef voor God en Hom soek met ’n opregte hart, kan ons weet dat Hy ook mag het om die goddeloses tot op die grond te verneder – dit sal nie vir ewig donker wees om ons nie.
Ja, die lewe is ’n lied. Loof die Here! Halleluja!
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Die Here is my Hersteller, Geneesheer, Skepper en Onderhouer. Al is dinge nie altyd klopdisselboom nie, kan ek vertroosting vind in die allesomvattende sorg van ons Hemelse Vader.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Almagtige God en Vader, ek loof U vir al U goedheid en guns. Soms word ek oorweldig deur my omstandighede, maar tog weet ek dat U groter is as alles. U is my Hersteller, Geneesheer, Skepper en Onderhouer. Dankie, dat U my altyd ophelp, bystaan en versorg. Ek loof U grote Naam. Halleluja! Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟎𝟏-𝟐𝟓 – 𝐌𝐨𝐞𝐧𝐢𝐞 𝐭𝐞́ 𝐯𝐞𝐞𝐥 𝐝𝐢𝐧𝐤 𝐧𝐢𝐞 . . . (Kliek hier vir die klankgreep)
Elke dag bring vir seker sy eie uitdagings, soos Jesus ons geleer het in Matteus 6:34. Maar, omdat ons nie weet wat kom nie, is ons soveel kere geneig om te sit en top oor dinge waaroor ons geen beheer het nie. Inplaas daarvan om in geloof saam met die Here te wandel, begin ons planne beraam en voorsorg tref. Ons begin om op ons eie (of ander se) kragte staat te maak, omdat ons té veel begin dink oor dinge wat ons nie verstaan nie of wat nog nie aan ons bekend is nie.
Ja, ons oordink en analiseer soms te veel dinge, maar dit is nie iets nuut nie – dis hoe die mens nog altyd is. Die Prediker gee aan ons ook dieselfde raad wat Jesus gegee het:
“³𝐴𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑙𝑘𝑒 𝑣𝑜𝑙 𝑟𝑒𝑒̈𝑛 𝑖𝑠, 𝑔𝑖𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑖𝑡 𝑢𝑖𝑡 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒;
𝑒𝑛 𝑎𝑠 '𝑛 𝑏𝑜𝑜𝑚 𝑣𝑎𝑙, 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑢𝑖𝑑𝑒 𝑜𝑓 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 – 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑜𝑚 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑣𝑎𝑙, 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑎𝑙.
⁴𝑊𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑛𝑑 𝑑𝑜𝑝ℎ𝑜𝑢, 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑖 𝑛𝑖𝑒;
𝑒𝑛 𝑤𝑖𝑒 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑙𝑘𝑒 𝑘𝑦𝑘, 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒.
⁵𝑆𝑜𝑜𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑤𝑎𝑡𝑡𝑒𝑟 𝑤𝑒𝑔 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑒𝑠 𝑣𝑜𝑙𝑔 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑒𝑛𝑡𝑒
𝑏𝑖𝑛𝑛𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑢𝑖𝑘 𝑣𝑎𝑛 '𝑛 𝑠𝑤𝑎𝑛𝑔𝑒𝑟 𝑣𝑟𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒,
𝑛𝑒𝑡 𝑠𝑜 𝑘𝑒𝑛 𝑗𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒𝑟𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑠 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒.”
– Prediker 11:3-5 (AFR20)
Die Prediker spoor ons aan om ’n gees van geloof te omhels wat nie deur onsekerheid verhinder word nie. Hierdie analogieë beskryf die onvoorspelbaarheid van omstandighede. Net soos wolke dikwels reën sonder waarskuwing vrystel en nie altyd hou by die weervoorspellings nie, net so is ons lewens dikwels gevul met onverwagte gebeure en uitkomste.
Ons moet verstaan dat daar baie dinge in die wêreld is wat onvermydelik is en dat die gevolge daarvan ook onvermydelik is. Die rigting waarin ’n boom vanself omval is buite ons beheer, net soos die onvoorspelbare gebeure wat ons lewens vorm. Al is dit soms moeilik, moet ons leer om die realiteite van die lewe te aanvaar en moet ons erken dat sommige dinge buite ons invloed of beheer is.
As ons heeltyd gaan wag vir perfekte toestande en aanhou om ’n situasie te oordink, sal dit lei tot besluiteloosheid. Om te wag vir die perfekte toestande kan lei tot verspeelde geleenthede. Hiermee sal baie boere saamstem: As daar niks geplant is nie, kan niks geoes word nie – plant en oes dus ten spyte van onsekerhede. Glo en vertrou op God wat in beheer is.
Net soos ons hierdie natuurlike verskynsels en die skepping van lewe in die baarmoeder nie ten volle kan begryp nie, word ons daaraan herinner dat die verstaan van God se weë ook buite ons menslike vermoë is. Ons moet leer om in nederigheid God se plan vir ons lewens te vertrou.
Beteken dit dat ons nooit voorsorg hoef te tref nie of dat ons nie enige beplanning moet doen nie? Nee, hoegenaamd nie. Ons moet wel leer om nie té veel te dink oor dít wat onseker of onbekend is nie. Ons moet leer om die onsekerhede van die lewe te aanvaar en proaktiewe stappe te neem – selfs in die aangesig van die onbekende. Ons moet vertrou op God se soewereine beheer oor die ingewikkelde besonderhede van die lewe. Deur dit te doen, vind ons vrede daarin om oor te gee aan die wysheid en misterie van die Skepper wat die groot tapisserie van ons lewens aanmekaarweef.
Terwyl ons deur die onvoorspelbare seisoene van die lewe navigeer, laat ons soos dapper boere wees wat saad van geloof, liefde en vriendelikheid saai. Mag ons ons vrese en onsekerhede los in die hande van die Een wat die wind en die reën beheer. Want deur die Skepper te vertrou, ontdek ons dat selfs in die onsekerhede van die lewe, Sy Goddelike plan ontvou, en dat seëninge volop is vir diegene wat getrou saad van hoop plant.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Dink ek dalk té veel oor wat onseker is? Ek moet vir seker weet dat God in beheer is.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Hemelse Vader,
Terwyl ons deur die onsekerhede van die lewe reis, help ons om op U wysheid en leiding te vertrou. Net soos die winde waai en die wolke vorm, mag ons die misterie van U planne vir ons omhels. Skenk ons die moed om saad van vriendelikheid, vrygewigheid, liefde en hoop te saai, met die wete dat ons op die regte tyd die vrugte van U seëninge sal pluk. Mag ons in geloof wandel, nie die onbekende vrees nie, maar krag vind in U ewige teenwoordigheid. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟎𝟏-𝟐𝟑 – 𝐎𝐦 “𝐬𝐭𝐢𝐥 𝐭𝐞 𝐰𝐨𝐫𝐝 . . . (Kliek hier vir die klankgreep)
Met die jaar alreeds in volle gang, is die gewoel en werskaf van die wêreld om ons soms genoeg om ons te oorweldig. Daar is elke dag soveel geraas en chaos in die wêreld, dat ons dikwels smag na net ’n klein bietjie vrede. In Psalm 46:11-12 kry ons ’n wonderlike alternatief:
“¹¹“𝐵𝑒𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑒𝑛 𝑒𝑟𝑘𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑡 𝐸𝑘 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠, 𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑤𝑒 𝑏𝑜 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑠𝑖𝑒𝑠, 𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑤𝑒 𝑏𝑜 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒.”
¹²𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝐻𝑒𝑒𝑟𝑠𝑒𝑟 𝑜𝑜𝑟 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑎𝑔𝑡𝑒, 𝑖𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠, '𝑛 𝑡𝑜𝑒𝑣𝑙𝑢𝑔𝑠𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑎𝑘𝑜𝑏 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠. 𝑆𝑒𝑙𝑎”
– Psalm 46:11-12 (AFR20)
Ja, te midde van alles om ons, fluister God sagkens: “Wees stil en weet dat Ek God is.” Hierdie opdrag is nie net ’n uitnodiging tot stilte nie, maar ’n oproep tot diep, vertrouende intimiteit met die Skepper van die heelal.
Om “stil te wees” beteken nie om onaktief of passief te wees nie. Dit is ’n uitnodiging om ons bekommernisse, vrese en aardse strewe aan die Almagtige oor te gee. In daardie stil oomblikke vind ons toevlug in God se teenwoordigheid. Terwyl ons die geskreeu van die wêreld stilmaak, maak ons ons harte oop om Sy stem te hoor en Sy vrede te voel.
God verklaar dat Hy verhewe is bo die nasies en bo die hele aarde. Hierdie verklaring is vir ons ’n herinnering dat God soewerein oor alles is, en Sy heerlikheid sal seëvier. Selfs wanneer omstandighede chaoties en buite ons beheer lyk, bly God in beheer. In tye van onsekerheid kan ons skuil in die versekering dat die Here, die Almagtige, met ons is. Hy is ons toevlug, ons vesting en ons bron van krag.
Die God van Jakob, wat saam met sy volk deur beproewings en oorwinnings gewandel het, is dieselfde God wat vandag saam met ons wandel. Terwyl ons probeer om die uitdagings van die lewe te navigeer, laat ons vertroosting vind in die waarheid dat ons God onveranderlik, standvastig en altyd teenwoordig is.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
In watter areas van my lewe het ek nodig om “stil” te wees en God meer te vertrou? Hoe kan ek aktief God se teenwoordigheid soek te midde van my daaglikse aktiwiteite? Onthou die oomblikke waar God in die verlede jou veilige vesting was en vind bemoediging in sy getrouheid.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Hemelse Vader,
Te midde van die lewe se storms vind ek vertroosting in U teenwoordigheid. U is my toevlug en krag, ’n voortdurende hulp in tye van benoudheid. Vandag staan ek stil om U soewereiniteit te erken en op U onwrikbare liefde te vertrou. Wees stil, my besorgde hart, want die Here, die Almagtige, is met my. Mag ek vrede vind in die wete dat U in beheer is. Help my om my bekommernisse, vrese en onsekerhede aan U voete neer te lê, met die wete dat U die heelal in U hande hou. Ek soek skuiling in U genade en put krag uit U beloftes. Dankie dat U my vesting en my redding is. Mag U vrede, wat alle verstand te bowe gaan, my hart en gedagtes bewaar in Christus Jesus. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟒-𝟎𝟏-𝟐𝟒 – 𝐖𝐚𝐚𝐫 𝐬𝐤𝐮𝐢𝐥 𝐣𝐲 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
Wanneer die lewe se storms om ons woed, is dit soms moeilik om vinnig genoeg weg te kom – wat nog te sê van skuiling vind. Onstuimigheid en onsekerheid is deel van die lewe en die beskerming wat die wêreld ons bied is fisies, tydelik, feilbaar en soms ook baie duur. So wat maak ons? Ons wend ons tot die gratis skuiling wat sedert die begin van tyd nog altyd betroubaar is en alle ander oortref in alle opsigte:
“²𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 '𝑛 𝑠𝑘𝑢𝑖𝑙𝑝𝑙𝑒𝑘 𝑒𝑛 '𝑛 𝑏𝑟𝑜𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑘𝑟𝑎𝑔;
𝑎𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑝 𝑖𝑛 𝑏𝑒𝑛𝑜𝑢𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑖𝑠 𝐻𝑦 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑡𝑒 𝑣𝑖𝑛𝑑𝑒.
³𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑠𝑎𝑙 𝑜𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑎𝑛𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒 𝑠𝑘𝑢𝑑,
𝑒𝑛 𝑏𝑒𝑟𝑔𝑒 𝑤𝑎𝑛𝑘𝑒𝑙 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑒𝑒 𝑛𝑖𝑒.”
– Psalm 46:2-3 (AFR20)
Is dit darem nie wonderlike woorde van vertroosting te midde van die lewe se storms en uitdagings nie? Ons kan ook, soos die psalmdigter met onwrikbare vertroue verklaar dat God ons toevlug en krag is. God is die enigste vesting, die enigste toevlug, die enigste plek van veiligheid waarheen ons kan hardloop wanneer die wêreld om ons chaoties voel. God is die Een waar ons altyd vertroosting en beskerming sal vind.
Maar hierdie is nie net ’n passiewe toevlugsoord nie; Hy is ook ons krag. In oomblikke wanneer ons swak, oorweldig of onbekwaam voel, tree God in met sy almagtige krag. Wanneer ons op Hom steun, ontgin ons ’n deel van sy Goddelike krag wat verder gaan as ons menslike beperkinge en meer as dikwels ons verstande heeltemal te bowe gaan.
En hoe wonderlik is dit dan nie ook om te hoor dat Hy altyd te vinde is nie? Die Here is nie vêr of ooit los van ons stryd nie; in plaas daarvan is Hy intiem betrokke by elke aspek van ons lewens. Hy belowe nie ’n lewe vry van probleme nie, maar Hy verseker ons van Sy konstante teenwoordigheid en bystand wanneer probleme opduik.
𝑂𝑚 𝑜𝑜𝑟 𝑡𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑘 𝑣𝑎𝑛𝑑𝑎𝑔:
Watter uitdaging(s) staar ek tans in die gesig? Ek moet nie dit op my eie te probeer hanteer nie – ek moet bewustelik na God toe draai as my toevlug en krag.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉:
Liewe Hemelse Vader, dankie dat U ons toevlug en krag is. In die lig van die uitdagings van die lewe, help ons om na U te draai, troos in U teenwoordigheid te vind en krag uit U krag te put. Ek bring al my bekommernisse en uitdagings en ek kom lê dit aan U voete neer. Ek vertrou op U leiding en voorsiening. Mag ons op U getrouheid vertrou en die vrede ervaar wat voortspruit uit die wete dat u altyd by ons is. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟏𝟐-𝟐𝟓 – 𝐆𝐞𝐬𝐞𝐞̈𝐧𝐝𝐞 𝐂𝐡𝐫𝐢𝐬𝐭𝐮𝐬𝐟𝐞𝐞𝐬 ! (Kliek hier vir die klankgreep)
“⁵𝑉𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑖𝑠 '𝑛 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑟𝑒,
𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑖𝑠 '𝑛 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒;
𝐻𝑦 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑠, 𝑒𝑛 𝐻𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑔𝑒𝑛𝑜𝑒𝑚 𝑤𝑜𝑟𝑑:
𝑊𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑏𝑎𝑟𝑒 𝑅𝑎𝑎𝑑𝑠𝑚𝑎𝑛,
𝑀𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔𝑒 𝐺𝑜𝑑,
𝐸𝑤𝑖𝑔𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟,
𝑉𝑟𝑒𝑑𝑒𝑣𝑜𝑟𝑠.” – Jesaja 9:5 (AFR83)
Dink vandag bietjie na oor die ware betekenis van Kersfees – Kersfees is ’n tyd van hoop, liefde en die besef dat ons ’n God van liefde dien wat mens geword het as Verlosser wat lig in ons lewens bring.
Mag ons hierdie Kersfees die wonder van die seisoen omhels, vreugde vind in die geselskap van geliefdes en die warmte van gedeelde oomblikke. Laat ons dankbaar wees vir die geskenk van familie en vriende, en besef watter wonderlike krag daar te vinde is in eenheid en die ondersteuning wat ons aan mekaar bied.
Terwyl ons moontlik geskenke uitruil en deel aan vreugdevolle feeste, mag ons ook die grootste geskenk onthou – die gawe van liefde wat God aan ons geskenk het deur die geboorte van Jesus Christus. Te midde van die gedruis van vakansiegangers en kommersiële lawaai, laat God se teenwoordigheid ons harte vul met vrede en dankbaarheid.
Kom ons brei ons gedagtes en gebede uit na diegene wat dalk alleen is vandag of uitdagings in die gesig staar, en mag die Vredevors vertroosting bring aan diegene in nood. Terwyl ons saam fees vier, mag die gees van vriendelikheid en vrygewigheid ons optrede lei, sodat ons ’n positiewe impak in ander se lewens kan maak.
Ek wens julle almal ’n Kersfees gevul met liefde, vreugde en die seëninge van God se teenwoordigheid toe. Mag die komende jaar een van hoop, voorspoed en vervulling wees.
𝑮𝒆𝒔𝒆𝒆̈𝒏𝒅𝒆 𝑪𝒉𝒓𝒊𝒔𝒕𝒖𝒔𝒇𝒆𝒆𝒔 !
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟏𝟐-𝟐𝟏 – 𝐇𝐨𝐞𝐤𝐨𝐦 𝐞𝐤 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
(Gebaseer op “Christmas Reflections” deur Simon McIntyre)
Dit is nog net 4 dae, dan is dit Kersfees. ’n Jaar is amper weer verby en ons dink terug aan baie dinge. Goeie en slegte dinge. Ons wil bly wees oor Kersfees. Ons wil bly wees dat God mens geword het om ons te verlos, maar dit is moeilik in hierdie tye... Hoe moet ék bly wees. As dinge goed gaan of sleg gaan, vra ons so dikwels die vraag: “Hoekom ék?” “Hoe en hoekom moet ek die blye boodskap verkondig?”
Baie mense gaan deur baie moeilike tye. Tog, deur alles, deur die donker, breek die lig. God se lig. Selfs voor Jesus se geboorte, het hierdie lig al begin deurbreek in mense se lewens. Neem vir Maria as voorbeeld. Hier is hierdie maagd, verloof aan ’n man uit die stam van Dawid. En skielik kom daar ’n engel van die Here na haar en vertel haar dat die hoop vir die hele wêreld deur haar sal geskied. Maar hierdie gebeurtenis sal haar, haar verloofde, die kindjie en al hul omstandighede omvêrwerp. Vir ’n gewone mens, sal dit lyk of hulle in sonde leef en dat hul ongehoorsaam was aan die wet. Met hierdie wonderlike belofte en wonderwerk, het dinge baie donker gelyk...
Lukas vertel dit só:
“²⁶𝐼𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑒𝑠𝑑𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑛𝑑 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑛𝑔𝑒𝑙 𝐺𝑎𝑏𝑟𝑖𝑒̈𝑙 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟 𝑛𝑎 𝑁𝑎𝑠𝑎𝑟𝑒𝑡, '𝑛 𝑑𝑜𝑟𝑝 𝑖𝑛 𝐺𝑎𝑙𝑖𝑙𝑒𝑎, ²⁷𝑛𝑎 '𝑛 𝑚𝑎𝑎𝑔𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑤𝑎𝑠 𝑎𝑎𝑛 '𝑛 𝑚𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑎𝑚 𝐽𝑜𝑠𝑒𝑓, 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑔𝑒𝑠𝑙𝑎𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐷𝑎𝑤𝑖𝑑. 𝐷𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑔𝑑 𝑠𝑒 𝑛𝑎𝑎𝑚 𝑤𝑎𝑠 𝑀𝑎𝑟𝑖𝑎. ²⁸𝐷𝑖𝑒 𝑒𝑛𝑔𝑒𝑙 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑎 ℎ𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐺𝑒𝑔𝑟𝑜𝑒𝑡, 𝑏𝑒𝑔𝑒𝑛𝑎𝑑𝑖𝑔𝑑𝑒 𝑣𝑟𝑜𝑢! 𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑗𝑜𝑢!” ²⁹𝑆𝑦 𝑤𝑎𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑎𝑟𝑑 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑒𝑡 𝑡𝑜𝑔 𝑘𝑜𝑛 𝑏𝑒𝑡𝑒𝑘𝑒𝑛. ³⁰𝐷𝑖𝑒 𝑒𝑛𝑔𝑒𝑙 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝑀𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑎𝑛𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑀𝑎𝑟𝑖𝑎, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑗𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑛𝑎𝑑𝑒 𝑏𝑦 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑣𝑖𝑛𝑑. ³¹𝐾𝑦𝑘, 𝑗𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑠𝑤𝑎𝑛𝑔𝑒𝑟 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑛 '𝑛 𝑠𝑒𝑢𝑛 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑜𝑟𝑡𝑒 𝑠𝑘𝑒𝑛𝑘. 𝐽𝑦 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑛𝑜𝑒𝑚. ³²𝐻𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑚𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐴𝑙𝑙𝑒𝑟ℎ𝑜𝑜𝑔𝑠𝑡𝑒 𝑔𝑒𝑛𝑜𝑒𝑚 𝑤𝑜𝑟𝑑. 𝐸𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝐺𝑜𝑑 𝑠𝑎𝑙 𝑎𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑟𝑜𝑜𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟 𝐷𝑎𝑤𝑖𝑑 𝑔𝑒𝑒. ³³𝐻𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑣𝑖𝑟 𝑒𝑤𝑖𝑔 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑔𝑒𝑠𝑙𝑎𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑎𝑘𝑜𝑏 𝑟𝑒𝑔𝑒𝑒𝑟. 𝐴𝑎𝑛 𝑠𝑦 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑠𝑘𝑎𝑝𝑝𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑒𝑖𝑛𝑑𝑒 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒.” – Lukas 1:26-33 (AFR20)
Maria het ook gewonder en gevra: “Hoekom ék?” God kies ’n eenvoudige jong vrou uit Nasaret – ’n dorpie waaruit daar nog nooit regtig iets goeds gekom het nie. Selfs Nikodemus sê dit voordat hy Jesus ontmoet het. Maar dit is so dikwels die teken van God se handelinge met die mensdom. God doen dinge op sulke vreemde maniere soms, sodat, soos 1 Kor. 1:29 ons leer: “...𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑖𝑒𝑡𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑜𝑝 ℎ𝑦 ℎ𝑜𝑚 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝐺𝑜𝑑 𝑘𝑎𝑛 𝑏𝑒𝑟𝑜𝑒𝑚 𝑛𝑖𝑒.”
So dikwels verwar ons menslike voorkeure, sterkpunte en vindingrykheid met dié van God. Ons dink dat ons nie in staat is om dinge te doen nie. Dat ons nie in staat is om deur sekere dinge en tye te kom nie. Dat ons nie weet nie. En dit is so... Ons weet nie en ons is nie in staat nie, maar God is! Sy wil en weë is hoër as ons s’n. Dit beteken dat ons dit nie eers vir onsself kan voorstel of verstaan nie, want dit is nie net ’n weergawe van wat ons sou doen nie – dit is soveel meer. Dit is hoër – buite ons bereik en buite ons begrip.
Dink daaraan: Wie van ons sal na die geringste, onbekendste persoon gaan op die kleinste, agteraf dorpie, en daardie persoon kies om die lot van die wêreld te verander – vir ewig?! Ons gaan mos eerder na die beste universiteite of maatskappye en kies iemand met ’n indrukwekkende CV, of hoe? Nie God nie. Hy kies die onsigbare, die nederige, die swak en verstote mense volgens die samelewing, want hulle weet dit is nie hulle krag of status of verdienste wat die werk gedoen kry nie. Hulle is maar té bewus van hul benadeling, hul tekortkominge, hul menslikheid.
God kies die onwaarskynlike mense, die minste gekwalifiseerdes, die mees bewus van hul tekortkominge; God kies sondaars om te verander in die beste heiliges. In sy Koninkryk word wêreldse voordeel en prag en praal getroef deur eenvoudige gehoorsaamheid en verwondering.
“𝑯𝒐𝒆𝒌𝒐𝒎 𝒆́𝒌?” 𝑾𝒂𝒏𝒕 𝑮𝒐𝒅 𝒔𝒊𝒆𝒏 𝒊𝒏 𝒎𝒚 𝒘𝒂𝒕 𝒆𝒌 𝒔𝒆𝒍𝒇 𝒏𝒊𝒆 𝒌𝒂𝒏 𝒔𝒊𝒆𝒏 𝒏𝒊𝒆.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Dankie Here, dat ek nie verstaan hoe U kies of werk nie. Dankie dat U my gekies het om U wonderlike Evangelie te verkondig. Help my om juis dít te doen. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟏𝟐-𝟐𝟏 – 𝐇𝐨𝐞𝐤𝐨𝐦 𝐞𝐤 ? (Kliek hier vir die klankgreep)
(Gebaseer op “Christmas Reflections” deur Simon McIntyre)
Dit is nog net 4 dae, dan is dit Kersfees. ’n Jaar is amper weer verby en ons dink terug aan baie dinge. Goeie en slegte dinge. Ons wil bly wees oor Kersfees. Ons wil bly wees dat God mens geword het om ons te verlos, maar dit is moeilik in hierdie tye... Hoe moet ék bly wees. As dinge goed gaan of sleg gaan, vra ons so dikwels die vraag: “Hoekom ék?” “Hoe en hoekom moet ek die blye boodskap verkondig?”
Baie mense gaan deur baie moeilike tye. Tog, deur alles, deur die donker, breek die lig. God se lig. Selfs voor Jesus se geboorte, het hierdie lig al begin deurbreek in mense se lewens. Neem vir Maria as voorbeeld. Hier is hierdie maagd, verloof aan ’n man uit die stam van Dawid. En skielik kom daar ’n engel van die Here na haar en vertel haar dat die hoop vir die hele wêreld deur haar sal geskied. Maar hierdie gebeurtenis sal haar, haar verloofde, die kindjie en al hul omstandighede omvêrwerp. Vir ’n gewone mens, sal dit lyk of hulle in sonde leef en dat hul ongehoorsaam was aan die wet. Met hierdie wonderlike belofte en wonderwerk, het dinge baie donker gelyk...
Lukas vertel dit só:
“²⁶𝐼𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑒𝑠𝑑𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑛𝑑 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑛𝑔𝑒𝑙 𝐺𝑎𝑏𝑟𝑖𝑒̈𝑙 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟 𝑛𝑎 𝑁𝑎𝑠𝑎𝑟𝑒𝑡, '𝑛 𝑑𝑜𝑟𝑝 𝑖𝑛 𝐺𝑎𝑙𝑖𝑙𝑒𝑎, ²⁷𝑛𝑎 '𝑛 𝑚𝑎𝑎𝑔𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑜𝑓 𝑤𝑎𝑠 𝑎𝑎𝑛 '𝑛 𝑚𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑎𝑚 𝐽𝑜𝑠𝑒𝑓, 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑔𝑒𝑠𝑙𝑎𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐷𝑎𝑤𝑖𝑑. 𝐷𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑔𝑑 𝑠𝑒 𝑛𝑎𝑎𝑚 𝑤𝑎𝑠 𝑀𝑎𝑟𝑖𝑎. ²⁸𝐷𝑖𝑒 𝑒𝑛𝑔𝑒𝑙 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑎 ℎ𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑒𝑛 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝐺𝑒𝑔𝑟𝑜𝑒𝑡, 𝑏𝑒𝑔𝑒𝑛𝑎𝑑𝑖𝑔𝑑𝑒 𝑣𝑟𝑜𝑢! 𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑖𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑗𝑜𝑢!” ²⁹𝑆𝑦 𝑤𝑎𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑎𝑟𝑑 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑟𝑜𝑒𝑡 𝑡𝑜𝑔 𝑘𝑜𝑛 𝑏𝑒𝑡𝑒𝑘𝑒𝑛. ³⁰𝐷𝑖𝑒 𝑒𝑛𝑔𝑒𝑙 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝑀𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑎𝑛𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑀𝑎𝑟𝑖𝑎, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑗𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑛𝑎𝑑𝑒 𝑏𝑦 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑣𝑖𝑛𝑑. ³¹𝐾𝑦𝑘, 𝑗𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑠𝑤𝑎𝑛𝑔𝑒𝑟 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑛 '𝑛 𝑠𝑒𝑢𝑛 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑜𝑟𝑡𝑒 𝑠𝑘𝑒𝑛𝑘. 𝐽𝑦 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑛𝑜𝑒𝑚. ³²𝐻𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑚𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐴𝑙𝑙𝑒𝑟ℎ𝑜𝑜𝑔𝑠𝑡𝑒 𝑔𝑒𝑛𝑜𝑒𝑚 𝑤𝑜𝑟𝑑. 𝐸𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝐺𝑜𝑑 𝑠𝑎𝑙 𝑎𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑟𝑜𝑜𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟 𝐷𝑎𝑤𝑖𝑑 𝑔𝑒𝑒. ³³𝐻𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑣𝑖𝑟 𝑒𝑤𝑖𝑔 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑔𝑒𝑠𝑙𝑎𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑎𝑘𝑜𝑏 𝑟𝑒𝑔𝑒𝑒𝑟. 𝐴𝑎𝑛 𝑠𝑦 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑠𝑘𝑎𝑝𝑝𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑒𝑖𝑛𝑑𝑒 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑒.” – Lukas 1:26-33 (AFR20)
Maria het ook gewonder en gevra: “Hoekom ék?” God kies ’n eenvoudige jong vrou uit Nasaret – ’n dorpie waaruit daar nog nooit regtig iets goeds gekom het nie. Selfs Nikodemus sê dit voordat hy Jesus ontmoet het. Maar dit is so dikwels die teken van God se handelinge met die mensdom. God doen dinge op sulke vreemde maniere soms, sodat, soos 1 Kor. 1:29 ons leer: “...𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑖𝑒𝑡𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑜𝑝 ℎ𝑦 ℎ𝑜𝑚 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝐺𝑜𝑑 𝑘𝑎𝑛 𝑏𝑒𝑟𝑜𝑒𝑚 𝑛𝑖𝑒.”
So dikwels verwar ons menslike voorkeure, sterkpunte en vindingrykheid met dié van God. Ons dink dat ons nie in staat is om dinge te doen nie. Dat ons nie in staat is om deur sekere dinge en tye te kom nie. Dat ons nie weet nie. En dit is so... Ons weet nie en ons is nie in staat nie, maar God is! Sy wil en weë is hoër as ons s’n. Dit beteken dat ons dit nie eers vir onsself kan voorstel of verstaan nie, want dit is nie net ’n weergawe van wat ons sou doen nie – dit is soveel meer. Dit is hoër – buite ons bereik en buite ons begrip.
Dink daaraan: Wie van ons sal na die geringste, onbekendste persoon gaan op die kleinste, agteraf dorpie, en daardie persoon kies om die lot van die wêreld te verander – vir ewig?! Ons gaan mos eerder na die beste universiteite of maatskappye en kies iemand met ’n indrukwekkende CV, of hoe? Nie God nie. Hy kies die onsigbare, die nederige, die swak en verstote mense volgens die samelewing, want hulle weet dit is nie hulle krag of status of verdienste wat die werk gedoen kry nie. Hulle is maar té bewus van hul benadeling, hul tekortkominge, hul menslikheid.
God kies die onwaarskynlike mense, die minste gekwalifiseerdes, die mees bewus van hul tekortkominge; God kies sondaars om te verander in die beste heiliges. In sy Koninkryk word wêreldse voordeel en prag en praal getroef deur eenvoudige gehoorsaamheid en verwondering.
“𝑯𝒐𝒆𝒌𝒐𝒎 𝒆́𝒌?” 𝑾𝒂𝒏𝒕 𝑮𝒐𝒅 𝒔𝒊𝒆𝒏 𝒊𝒏 𝒎𝒚 𝒘𝒂𝒕 𝒆𝒌 𝒔𝒆𝒍𝒇 𝒏𝒊𝒆 𝒌𝒂𝒏 𝒔𝒊𝒆𝒏 𝒏𝒊𝒆.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Dankie Here, dat ek nie verstaan hoe U kies of werk nie. Dankie dat U my gekies het om U wonderlike Evangelie te verkondig. Help my om juis dít te doen. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟏𝟐-𝟎𝟖 – 𝐖𝐞𝐞𝐬 𝐬𝐭𝐢𝐥 𝐞𝐧 𝐰𝐞𝐞𝐭 . . . (Kliek hier vir die klankgreep)
Soos soveel plekke in die Bybel, gee Psalm 46 vir ons baie goeie raad oor waarheen ons moet gaan wanneer dit lyk of alles om ons begin in duie stort:
“²𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 '𝑛 𝑠𝑘𝑢𝑖𝑙𝑝𝑙𝑒𝑘
𝑒𝑛 '𝑛 𝑏𝑟𝑜𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑘𝑟𝑎𝑔;
𝑎𝑠 ℎ𝑢𝑙𝑝 𝑖𝑛 𝑏𝑒𝑛𝑜𝑢𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑
𝑖𝑠 𝐻𝑦 𝑎𝑙𝑡𝑦𝑑 𝑡𝑒 𝑣𝑖𝑛𝑑𝑒.
³𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 𝑠𝑎𝑙 𝑜𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑎𝑛𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒 𝑠𝑘𝑢𝑑,
𝑒𝑛 𝑏𝑒𝑟𝑔𝑒 𝑤𝑎𝑛𝑘𝑒𝑙 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑒𝑒 𝑛𝑖𝑒.”
– Psalm 46:2-3 (AFR20)
Vir geslagte en geslagte heen het Psalm 46 nog altyd vertroosting gebied vir die mens wat op God vertrou. Die psalm wys vir ons waarheen ons moet draai in moeilike tye.
Elkeen van ons moet iewers in ons lewe besluit waar ons ons beskerming wil vind. Ons beveilig ons huise, motors en besighede. Ons skaf selfs wapens aan om ons lewens te probeer beskerm. Ons gaan soms tot uiterste maatreëls om onsself en dinge om ons te beveilig, maar tog gebeur daar nogsteeds slegte dinge met goeie mense. Donker tye kom klop steeds aan ons deur. Beproewings, terugslae, mislukkings en hartseer bly nogsteeds deel van die lewe – al tref ons watter voorsorg ook al. Daarom moet ons weet dat die enigste plek waar ons ware beskerming vir ons siel kan vind en vrede kan vind, net by God is. In God se teenwoordigheid kan ons uitsien na die vervulling van sy ewige beloftes.
“⁸𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝐻𝑒𝑒𝑟𝑠𝑒𝑟 𝑜𝑜𝑟 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑎𝑔𝑡𝑒,
𝑖𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠,
'𝑛 𝑡𝑜𝑒𝑣𝑙𝑢𝑔𝑠𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑎𝑘𝑜𝑏 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠. 𝑆𝑒𝑙𝑎
⁹𝐾𝑜𝑚 𝑘𝑦𝑘 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒,
𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑠𝑘𝑟𝑖𝑘𝑤𝑒𝑘𝑘𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑜𝑝 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛,
¹⁰𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑜𝑟𝑙𝑜𝑒̈ 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑜𝑝ℎ𝑜𝑢 𝑡𝑜𝑡 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑖𝑛𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒.
𝐵𝑜𝑒̈ 𝑏𝑟𝑒𝑒𝑘 𝐻𝑦 𝑠𝑡𝑢𝑘𝑘𝑒𝑛𝑑 𝑒𝑛 𝐻𝑦 𝑣𝑒𝑟𝑝𝑙𝑒𝑡𝑡𝑒𝑟 𝑠𝑝𝑖𝑒𝑠𝑒;
𝑤𝑎𝑒𝑛𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑟𝑎𝑛𝑑 𝐻𝑦 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑢𝑢𝑟.
¹¹ “𝐵𝑒𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑒𝑛 𝑒𝑟𝑘𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑡 𝐸𝑘 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠,
𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑤𝑒 𝑏𝑜 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑠𝑖𝑒𝑠,
𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑣𝑒𝑟ℎ𝑒𝑤𝑒 𝑏𝑜 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒.”
¹²𝐷𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝐻𝑒𝑒𝑟𝑠𝑒𝑟 𝑜𝑜𝑟 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑎𝑔𝑡𝑒,
𝑖𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠,
'𝑛 𝑡𝑜𝑒𝑣𝑙𝑢𝑔𝑠𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑎𝑘𝑜𝑏 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠. 𝑆𝑒𝑙𝑎”
– Psalm 46:8-12 (AFR20)
Kyk gerus maar weer na die geskiedenis en kyk veral ook na jou eie lewe en jy sal sien hoe God se hand daarin is. Besef weereens dat God in beheer is en dat Hy ons toevlug is. Bedaar jou binneste, wees stil en weet dat die Here God is en dat Hy jóú God is – die Een wat verhewe is bo die nasies, bo die aarde en, bo jou omstandighede.
Hoor die woorde van die Here aan jou vandag, n.a.v. Liedboek lied 519:
𝙒𝙚𝙚𝙨 𝙨𝙩𝙞𝙡 𝙚𝙣 𝙬𝙚𝙚𝙩: 𝙀𝙠 𝙞𝙨 𝙙𝙞𝙚 𝙃𝙚𝙚𝙧.
𝙀𝙠 𝙨𝙥𝙧𝙚𝙚𝙠 𝙚𝙣 𝙬𝙞𝙣𝙙 𝙚𝙣 𝙜𝙤𝙡𝙬𝙚 𝙗𝙚𝙙𝙖𝙖𝙧,
𝙀𝙠 𝙨𝙖𝙡 𝙤𝙤𝙠 𝙟𝙤𝙪 𝙜𝙚𝙩𝙧𝙤𝙪 𝙗𝙚𝙬𝙖𝙖𝙧.
𝙒𝙚𝙚𝙨 𝙨𝙩𝙞𝙡 𝙚𝙣 𝙬𝙚𝙚𝙩: 𝙀𝙠 𝙞𝙨 𝙙𝙞𝙚 𝙃𝙚𝙚𝙧.
𝙀𝙠 𝙠𝙚𝙣 𝙟𝙤𝙪 𝙥𝙮𝙣, 𝙟𝙤𝙪 𝙙𝙤𝙣𝙠𝙚𝙧𝙨𝙩𝙚 𝙣𝙖𝙜.
𝙀𝙠 𝙞𝙨 𝙗𝙮 𝙟𝙤𝙪, 𝙀𝙠 𝙜𝙚𝙚 𝙟𝙤𝙪 𝙠𝙧𝙖𝙜.
𝙒𝙚𝙚𝙨 𝙨𝙩𝙞𝙡 𝙚𝙣 𝙬𝙚𝙚𝙩: 𝙀𝙠 𝙞𝙨 𝙙𝙞𝙚 𝙃𝙚𝙚𝙧.
𝙆𝙤𝙢 𝙗𝙧𝙞𝙣𝙜 𝙣𝙖 𝙈𝙮 𝙟𝙤𝙪 𝙠𝙤𝙢𝙢𝙚𝙧 𝙚𝙣 𝙫𝙧𝙚𝙚𝙨.
𝙀𝙠 𝙨𝙖𝙡 𝙫𝙞𝙧 𝙟𝙤𝙪 '𝙣 𝙩𝙤𝙚𝙫𝙡𝙪𝙜 𝙬𝙚𝙚𝙨.
𝙒𝙚𝙚𝙨 𝙨𝙩𝙞𝙡 𝙚𝙣 𝙬𝙚𝙚𝙩: 𝙀𝙠 𝙞𝙨 𝙙𝙞𝙚 𝙃𝙚𝙚𝙧.
𝘽𝙡𝙮 𝙬𝙖𝙖𝙠 𝙚𝙣 𝙗𝙞𝙙; 𝙫𝙤𝙡𝙝𝙖𝙧𝙙 𝙞𝙣 𝙜𝙚𝙡𝙤𝙤𝙛.
𝙀𝙠 𝙞𝙨 𝙗𝙮 𝙟𝙤𝙪 𝙨𝙤𝙤𝙨 𝙀𝙠 𝙗𝙚𝙡𝙤𝙤𝙛.
𝑴𝒂𝒈 𝒅𝒊𝒆 𝑮𝒐𝒅 𝒗𝒂𝒏 𝒉𝒐𝒐𝒑 𝒋𝒖𝒍𝒍𝒆 𝒅𝒆𝒖𝒓 𝒋𝒖𝒍𝒍𝒆 𝒈𝒆𝒍𝒐𝒐𝒇 𝒎𝒆𝒕 𝒂𝒍𝒍𝒆 𝒃𝒍𝒚𝒅𝒔𝒌𝒂𝒑 𝒆𝒏 𝒗𝒓𝒆𝒅𝒆 𝒗𝒆𝒓𝒗𝒖𝒍, 𝒔𝒐𝒅𝒂𝒕 𝒋𝒖𝒍𝒍𝒆 𝒉𝒐𝒐𝒑 𝒐𝒐𝒓𝒗𝒍𝒐𝒆𝒅𝒊𝒈 𝒌𝒂𝒏 𝒘𝒐𝒓𝒅 𝒆𝒏 𝒖𝒊𝒕𝒗𝒍𝒐𝒆𝒊 𝒊𝒏 𝒍𝒊𝒆𝒇𝒅𝒆 𝒅𝒆𝒖𝒓 𝒅𝒊𝒆 𝒌𝒓𝒂𝒈 𝒗𝒂𝒏 𝒅𝒊𝒆 𝑯𝒆𝒊𝒍𝒊𝒈𝒆 𝑮𝒆𝒆𝒔. (Rom. 15:13 effens gewysig)
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟏𝟐-𝟎𝟒 – 𝐀𝐬 𝐝𝐢𝐞 𝐝𝐨𝐧𝐤𝐞𝐫 𝐤𝐨𝐦 . . . (Kliek hier vir die klankgreep)
Ons leer in die Johannes evangelie dat Jesus die lig is vir die wêreld. Ons lees hoe Hy van die begin by God was, sélf God is en dat alles deur Hom ontstaan het. Dan in Johannes 1:5 (AFR20) lees ons:
“⁵𝐸𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔 𝑠𝑘𝑦𝑛 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠 𝑘𝑜𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑑𝑜𝑜𝑓 𝑛𝑖𝑒.”
Hierdie is nog altyd vir ons een van die wonderlikste verse in die Bybel. Dit vertel vir ons hoe Jesus Christus die Een is wat altyd sal oorwin... Maar... dan onthou ons ook: Johannes se duisternis is nie eksistensieel soos die pyn van siekte of kanker nie. Sy duisternis is geestelik, ’n duisternis van ’n wêreld sonder Christus as die middelpunt. Johannes se duisternis is filosofies, die Christus kom as vlees en bloed, waarheid en genade, maar Hy was- en word steeds geïgnoreer deur die massas. Johannes se duisternis is persoonlik, boosheid brul oor die hele aarde op soek na wie hy kan verslind – soos Petrus ons ook leer in 1 Petrus 5:8-9.
Ja, die realiteit van die gewone mens se lewe, is dat die donker kom nogsteeds. Soms kom dit in die oggend van jou lewe. Soms kom dit in die middel van die dag. Soms kom dit laatmiddag en soms kom dit in die sonsondergang van jou lewe. Die donker kom wanneer jy die hoogtes bereik. Die donker bekruip jou soms. Die donker kom ook skielik. Die donker verras jou ook soos ’n indringer by jou deur wat dreig met allerhande ongewenste gevolge.
Dikwels hoor ons net van die donker wat by ons bure of iewers vêr in die wêreld gaan draai maak, maar soms is die donker op jou voorstoep en dan daag hy op in strydwa vol pyn, onsekerheid, hartseer en rou. Johannes Calvyn het gesê: “Waar die glans van God nie skyn nie, is daar niks anders as vreesaanjaende duisternis nie.” Ja, vreesaanjaende duisternis kruip tot binne-in jou siel, wanneer die donker kom.
Wanneer ’n dokter ’n verdoemende diagnose maak, of wanneer die lewe sommer net gebeur en skielik iets of iemand van ons wegruk, raak die donker ’n werklikheid vir ons. As die donker kom, is daar dikwels niks wat jy daaraan kan doen nie en bevind jy jouself diep daarbinne. Diep in die donker huil ons. Diep in die donker vrees ons. Diep in die donker voel dit selfs vir ons of ons besig om te onttrek van die lewe self...
Maar, diep in die donker, skep die donker self in ons daardie wonderlike hunkering vir die lig. Johannes sê dat die lig skyn en dat die duisternis dit nie kon uitdoof nie. Ja, God se lig skyn selfs in die donker! Selfs al kom die donker hoe erg en hoe hard na ons toe, sê Jesus dat Hy die Lig vir die wêreld is. Lig skyn. Die Lig heers!
Ons verstaan nie altyd hoekom daar skielik donker in ons lewe inkom nie en ons word keer op keer weer oorweldig deur die donker, maar Jesus Christus is die Lig. Hy is die Lig van hoop. Hy is die Lig van vrede. Hy is die Lig van liefde. Jesus is die stralende, duidelike beeld van God.
Soos ’n flitslig nie kan werk sonder ’n battery of ander bron van krag nie, so kan God se Lig in ons lewens nie behoorlik skyn, as ons dit met ons eie krag probeer doen nie. Geloof begin, waar ons eie krag ophou en God se krag oorneem. Geloof is volle vertroue in God – al is sy plan en doel nie heeltemal wat ons wil hê nie. Geloof is om te besef dat ons altyd na God toe kan gaan as omstandighede buite ons beheer is. Geloof is om in die donker te loop en aan die Lig, Jesus Christus, vas te klou.
God bly goed en God is met ons. As die donker kom, bly God se Lig skyn.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
“⁵𝐸𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔 𝑠𝑘𝑦𝑛 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠 𝑘𝑜𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑑𝑜𝑜𝑓 𝑛𝑖𝑒.”
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Neem jou bekommernisse, jou vrese, jou frustrasies, jou woede, jou hartseer – alles wat jy ervaar as die donker kom – neem dit alles en bring dit voor God, sodat sy ewige Lig, ons Here Jesus Christus, daaroor kan skyn met liefde en vrede wat ons verstande te bowe gaan.
𝑺𝒆𝒆̈𝒏 𝒆𝒏 𝒗𝒓𝒆𝒅𝒆 𝒗𝒊𝒓 𝒋𝒖𝒍𝒍𝒆 !
···ᶜᴶˢ··· ©
𝟐𝟎𝟐𝟑-𝟏𝟐-𝟎𝟐 – 𝐀𝐬 𝐆𝐨𝐝 𝐧𝐢𝐞 𝐚𝐚𝐧 𝐣𝐨𝐮 𝐯𝐞𝐫𝐞𝐢𝐬𝐭𝐞𝐬 𝐯𝐨𝐥𝐝𝐨𝐞𝐧 𝐧𝐢𝐞 . . . (Kliek hier vir die klankgreep)
Vir eeue lank was God se mense in ’n toestand van afwagting. Hulle het gewag vir die beloofde Verlosser om te kom. En toe... toe kom Hy! En toe... toe verwerp die mense Hom.
Ja, Jesus se koms was vir eeue verwag, maar toe Hy nie is wie die mense wou hê Hy moet wees nie, toe is Hy nie goed genoeg nie.
Dit is darem vreemd hoe gereeld ons ook gewone mense verwerp, omdat hulle nie aan ons vereistes voldoen nie – terwyl ons sélf dalk nie eers aan daardie vereistes sou kon voldoen nie. Hoeveel keer stel ons ook hoë vereistes aan God? En as God – wat alles kan doen – ook nie aan ons vereistes voldoen nie, wat dan? Dan verwerp ons wéér vir Jesus!
Ja-nee kyk, ons mense sukkel darem maar verskriklik om te leer uit die foute van die verlede. Ons probeer dieselfde dinge oor en oor en verwag elke keer ’n ander uitkoms. Albert Einstein het eenmaal nogal gesê dat juis dít die definisie van waansin is. Met ander woorde, dit is waansinnig om te dink dat jy aan God kan voorskryf; dat jy vir God kan vertel wie Hy moet wees en wat en hoe Hy dinge moet doen. Deur die eeue het mense ook gedink God is een of ander toorkunsie wat jy kan oproep tot jou voordeel waar en wanneer jy wil. Vir eeue het mense gedink hulle kan die hoogste vereistes stel aan God en as Hy nie daaraan voldoen nie, is Hy óf nie God nie óf Hy is nie getrou nie. Ja, vir eeue lankal gebeur dit en is die rede baie eenvoudig: dit gaan oor wat die méns wil hê.
Lank voor Jesus se eerste koms na die aarde, profeteer Jesaja oor die Een wat sou kom. Hy sê: “⁵𝑊𝑎𝑛𝑡 '𝑛 𝐾𝑖𝑛𝑑 𝑖𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑟𝑒, '𝑛 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑖𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒. 𝐷𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑠𝑘𝑎𝑝𝑝𝑦 𝑖𝑠 𝑜𝑝 𝑠𝑦 𝑠𝑘𝑜𝑢𝑒𝑟. 𝐻𝑦 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑔𝑒𝑛𝑜𝑒𝑚: 𝑊𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑏𝑎𝑟𝑒 𝑅𝑎𝑎𝑑𝑔𝑒𝑤𝑒𝑟, 𝑀𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔𝑒 𝐺𝑜𝑑, 𝐸𝑤𝑖𝑔𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟, 𝑉𝑟𝑒𝑑𝑒𝑣𝑜𝑟𝑠.” (Jesaja 9:6 AFR20)
“𝑊𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑏𝑎𝑟𝑒 𝑅𝑎𝑎𝑑𝑔𝑒𝑤𝑒𝑟, 𝑀𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔𝑒 𝐺𝑜𝑑, 𝐸𝑤𝑖𝑔𝑒 𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟, 𝑉𝑟𝑒𝑑𝑒𝑣𝑜𝑟𝑠.” Dít is wie Jesus is. Jesus self het gesê in Matt. 20:28 dat Hy gekom het, nie om gedien te word nie, maar om te dien. Soveel kere verstaan ons dit so verkeerd en dink ons nogsteeds dat daardie woorde van Jesus ons ’n gratis kaartjie gee om Hom te hiet en gebied. Maar, hoor wat het Jesus eintlik gesê en eintlik bedoel: “²⁸𝑁𝑒𝑡 𝑠𝑜 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 •𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑀𝑒𝑛𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚 𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑑𝑖𝑒𝑛 𝑡𝑒 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑚 𝑡𝑒 𝑑𝑖𝑒𝑛 𝑒𝑛 𝑠𝑦 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑎𝑠 𝑙𝑜𝑠𝑝𝑟𝑦𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑏𝑎𝑖𝑒 𝑡𝑒 𝑔𝑒𝑒.” (Matteus 20:28 AFR20)
God se grootste geskenk aan hierdie mensdom het gekom in die vorm van 'n mens, maar hierdie was nie ’n gewone mens nie – hierdie was God self wat Homself leeggemaak het van Sy Godheid (vgl. Fil. 2:5-11), sodat Hy as mens die straf vir die mensdom se sondes op Homself kon neem en ons met God, die Vader, versoen kon word. Ons kan nie aan Hom wil voorskryf nie! Ons kan wil vereistes stel aan Hom nie! Ons kan nie dink dat Hy sommer maar net iets of iemand is wat onder ons beheer is nie! Ons moet wéét Wie Hy is! En ons moet juig en bly wees oor Wie Hy is en dat Hy gekom het vir ons! En dat Hy weer sal kom om ons te kom haal!
As mense dalk nie aan ons vereistes voldoen nie, mag ons maar soms ongelukkig wees daaroor en moet ons dalk ook vra of ons nie té hoë vereistes vir hulle (of onsself) stel nie. Maar as God nie aan ons vereistes voldoen nie, moet ons onsself afvra of ons regtig besef Wie God is en wie ons is.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘 :
Besef ek watter tipe dienaar Jesus was? Ek moet juig oor die feit dat God mens geword het vir my – gevalle, stukkende, soms dwase mens. Ek moet ’n volgeling en dienaar van Jesus wees, met dieselfde oorgawe waarmee Hy my gedien het aan die kruis.
𝕲𝖊𝖇𝖊𝖉 :
Dankie, almagtige God, dat U mens geword het vir my. Vergewe my dat ek soms minder dink van U as wat ek moet. Vergewe my dat ek dikwels nog my eie belange eerste stel. Ek juig en is bly oor die feit dat Jesus gekom het om my te verlos en oor die feit dat Hy weer sal kom. Lei my, Heilige Gees, sodat ek gereed sal wees wanneer Jesus weer kom. Amen
···ᶜᴶˢ··· ©
Alle inhoud van hierdie webtuiste kan met liefde gedeel word om 'n verskil te maak in iemand se lewe. Jy mag egter nie die inhoud verkoop of her-produseer om enigsins munt te slaan daaruit nie. Mag die Here jou seën en mag jy God se vrede wat alle verstand te bowe gaan ervaar in jou lewe!
Ds. Christo Schoeman ···ᶜᴶˢ··· ©