Hieronder is 'n lys van die oordenkings met 'n skakel wat lei na teks en 'n klankgreep.
Keer gerus terug na hierdie skakel so elke nou en dan en kyk of daar dalk nuwe sielskos is vir jou.
(Kliek op die skakel en dan op die naam of afpyltjie om die boodskap te sien of die skakel te kry vir die klankgreep.)
2022-01-31 – 🅽🅸🅴 🅷🆄🅻🅻🅴 🅶🅾🅳 🅽🅸🅴. (Kliek hier vir die klankgreep)
As kerk, is ons diens gewoonlik eerstens gefokus op ons eie mense. Om Christus se voorbeeld as dienaar te volg, begin ons gewoonlik by ons eie huis en familie, dan ons vriende en, eers as ons geleer het hoe om ander behoorlik te dien, kan ons uitgaan en diensbaar wees vir ander. Dit is gewoonlik hoe dit werk. Daar is nie baie van ons wat sommer dadelik onder vreemde mense gaan dien nie. Juis omdat dit... vreemd is. Om uit ons gemaksone te wees is alreeds nie lekker nie. Wat nou nog van diensbaar wees. Ek meen, wat as die ander mense ons nie goed ontvang nie. Wat as hulle nie glo nie? Wat as hulle dink ons het bybedoelings? Daar is soveel dinge om in ag te neem deesdae, voordat jy sommer net begin Christen wees onder mense...
Kyk, ons kan seker soveel redes kry soos ons wil, maar as God ons stuur om iewers te wees en iets te doen, kan ons nie regtig stry daarmee nie. Ons weet van Jona, Jesaja, Jeremia en nog vele ander wat wou verskonings soek, maar God het hulle geken – Hy het hulle harte en vermoëns geken en ook geweet waartoe Hy in staat is en hoe Hy hulle sal toerus.
In 1 Konings 17 lees ons van Elia wat by die spruit Krit gebly het. Daagliks het die kraaie vir hom brood en vleis gebring – oggend en aand. Hy het darem ook water uit die spruit kon drink. God het vir Hom gesorg. Maar na ’n ruk, toe droog die spruit op. God stuur dan vir Elia na ’n weduwee in Sarfat en sê vir hom dat hy daar kos sal kry.
Hoe vreemd... God kon vir Elia maklik na een van sy volksgenote gestuur het, maar Hy stuur hom na vreemde plek, na ’n vreemde vrou. Daar aangekom, vra Elia vir die weduwee om vir hom water en kos te bring, maar die arme vrou het amper niks nie. Sy wou juis haar laaste meel gebruik om vir haar en haar seun hul laaste maaltyd voor te berei. Wat merkwaardig, hartseer en soveel ander gevoelens is hier, is die vrou se woorde:
“¹²𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑦 𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑: “𝑆𝑜 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑢 𝐺𝑜𝑑 𝑙𝑒𝑒𝑓, 𝑒𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑘𝑠 𝑏𝑒ℎ𝑎𝑙𝑤𝑒 '𝑛 ℎ𝑎𝑛𝑑 𝑣𝑜𝑙 𝑚𝑒𝑒𝑙 𝑖𝑛 '𝑛 𝑘𝑟𝑢𝑖𝑘 𝑒𝑛 '𝑛 𝑏𝑖𝑒𝑡𝑗𝑖𝑒 𝑜𝑙𝑖𝑒 𝑖𝑛 '𝑛 𝑓𝑙𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒. 𝐸𝑘 𝑤𝑎𝑠 𝑗𝑢𝑖𝑠 𝑏𝑒𝑠𝑖𝑔 𝑜𝑚 '𝑛 𝑝𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑡𝑢𝑘𝑘𝑖𝑒𝑠 ℎ𝑜𝑢𝑡 𝑏𝑦𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑡𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑘; 𝑑𝑎𝑛 𝑔𝑎𝑎𝑛 𝑒𝑘 𝑏𝑖𝑛𝑛𝑒𝑡𝑜𝑒 𝑒𝑛 𝑏𝑒𝑟𝑒𝑖 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑠𝑒𝑢𝑛, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑘𝑎𝑛 𝑒𝑒𝑡 𝑒𝑛 𝑠𝑡𝑒𝑟𝑓.” – 1 Konings 17:12 (AFR20)
Hierdie vrou glo dat God bestaan – al word sy beskou as ’n heiden. Maar dis nie háár God en Here nie... Nee, sy sê: “𝑆𝑜 𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑢 𝐺𝑜𝑑 𝑙𝑒𝑒𝑓...” Met ander woorde, sy het al gehoor van God en hoe Hy die almagtige God is en alles kan doen. Sy het dalk al gehoor dat God vir sy mense sorg, maar omdat Sy Hom nie ken nie – nie persoonlik ken nie – is sy nie seker nie... Sy het nie hoop nie. Dan besef Elia dat hy daar, in Sarfat, God bekend kan maak. Hy sê vir haar:
““𝑀𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑎𝑛𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒! 𝐺𝑎𝑎𝑛 𝑏𝑖𝑛𝑛𝑒𝑡𝑜𝑒 𝑒𝑛 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑦 𝑔𝑒𝑠𝑒̂ ℎ𝑒𝑡. 𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑛𝑒𝑡 𝑒𝑒𝑟𝑠 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦 '𝑛 𝑘𝑙𝑒𝑖𝑛 𝑟𝑜𝑜𝑠𝑡𝑒𝑟𝑘𝑜𝑒𝑘𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑣𝑎𝑛 𝑒𝑛 𝑏𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑚𝑦. 𝑉𝑖𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑒𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑠𝑒𝑢𝑛 𝑘𝑎𝑛 𝑗𝑦 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑛𝑎 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑏𝑒𝑟𝑒𝑖. ¹⁴𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑠𝑜 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐼𝑠𝑟𝑎𝑒𝑙, ‘𝐷𝑖𝑒 𝑘𝑟𝑢𝑖𝑘 𝑚𝑒𝑡 𝑚𝑒𝑒𝑙 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑒𝑔 𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑓𝑙𝑒𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑜𝑙𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑒𝑔 𝑙𝑜𝑜𝑝 𝑛𝑖𝑒, 𝑡𝑜𝑡 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑔 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑟𝑒𝑒̈𝑛 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒 𝑔𝑒𝑒.’ ” – 1 Konings 17:13-14 (AFR20)
En só was dit ook. Vir baie dae lank het die vrou en haar huisgesin geëet. Die kruik en die fles het nie leeggeloop nie. God het ’n wonderwerk gebring onder iemand wat Hom eers nie as haar eie God beskou het nie. God gebruik vir Elia om diensbaar te wees waar hy dit nie verwag het nie.
Dikwels word ons op plekke en in situasies geplaas waar ons bloot net moet wees. Ons hoef nie altyd iets te sê of iets te doen nie. God se Gees werk alreeds in die wêreld en in ons en deur ons. Ons hoef dikwels net daar te wees en deel te wees van God se werk. Ons moet bereid wees. Ons moet net eg wees en wees wie ons is in Christus Jesus, ons Here.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Is ek orals ’n Christen? Of moet ek meer aandag gee om God bekend te maak op vreemde plekke?
Ⓖⓔⓑⓔⓓ:
Almagtige God, U kan enigiets op enige plek doen, want U is alomteenwoordig en almagtig. Help my om met integriteit op te tree. Help my om my identiteit in U, Here Jesus, nie weg te steek nie. Gebruik my soos en waar U wil. Tot U eer alleen. Amen
···ᶜᴶˢ···
2022-01-29 – 🅼🅾🅴🅽🅸🅴 ’🅽 🅱🅾🅴🅺 🅾🅿 🆂🆈 🅱🅰🅰🅳🅹🅸🅴 🆃🅰🅺🆂🅴🅴🆁 🅽🅸🅴.(Kliek hier vir die klankgreep)
Kyk, om te glo is nie altyd maklik nie. Om met jeugdige ywer – soos koning Josia – dinge in geloof te verander... nog moeiliker soms. Om die onderskeidingsvermoë te hê om te weet wat die regte ding is om te doen en waar om nié op te tree nie... dit kom seker met tyd... en geloof. Maar juis daar kom die moeilike deel in, in alles! Geloof... Om in God se lig te wandel en om bedroef te word oor die sonde in ons lewens... alles verg geloof. En ons is mos mense wat eerder glo wat ons sien. Plus, ons het nogal baie voorveronderstellings oor mense en plekke. Ons som mos mense gou op en oordeel sommer klaar in ons koppe wie hulle is en hoe hulle is.
Het jy geweet dat een van Jesus se dissipels ook so gedink het. Dat hy selfs vir Jesus, voor hy Hom ontmoet het, al verkeerd opgesom het. Ons lees in Johannes 1:43-50 (AFR20):
“⁴³𝐷𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑑𝑎𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑏𝑒𝑠𝑙𝑢𝑖𝑡 𝑜𝑚 𝑛𝑎 𝐺𝑎𝑙𝑖𝑙𝑒𝑎 𝑡𝑒 𝑔𝑎𝑎𝑛, 𝑒𝑛 𝑡𝑜𝑒 𝐻𝑦 𝐹𝑖𝑙𝑖𝑝𝑝𝑢𝑠 𝑡𝑒𝑒̈𝑘𝑜𝑚, 𝑠𝑒̂ 𝐻𝑦 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑜𝑚: “𝑉𝑜𝑙𝑔 𝑀𝑦!” ⁴⁴𝐹𝑖𝑙𝑖𝑝𝑝𝑢𝑠 𝑤𝑎𝑠 𝑎𝑓𝑘𝑜𝑚𝑠𝑡𝑖𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐵𝑒𝑡𝑠𝑎𝑖𝑑𝑎, 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑢𝑖𝑠𝑑𝑜𝑟𝑝 𝑣𝑎𝑛 𝐴𝑛𝑑𝑟𝑒𝑎𝑠 𝑒𝑛 𝑃𝑒𝑡𝑟𝑢𝑠. ⁴⁵𝐹𝑖𝑙𝑖𝑝𝑝𝑢𝑠 𝑙𝑜𝑜𝑝 𝑡𝑜𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑁𝑎𝑡𝑎𝑛𝑎𝑒𝑙 𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑒𝑛 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑜𝑚: “𝑂𝑛𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑣𝑖𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑤𝑖𝑒 𝑀𝑜𝑠𝑒𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑊𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓 ℎ𝑒𝑡, 𝑒𝑛 𝑜𝑜𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑃𝑟𝑜𝑓𝑒𝑡𝑒 – 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑁𝑎𝑠𝑎𝑟𝑒𝑡 𝑘𝑜𝑚, 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑜𝑠𝑒𝑓.” ⁴⁶𝐸𝑛 𝑁𝑎𝑡𝑎𝑛𝑎𝑒𝑙 𝑣𝑟𝑎 ℎ𝑜𝑚: “𝐾𝑎𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑢𝑖𝑡 𝑁𝑎𝑠𝑎𝑟𝑒𝑡 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑔𝑜𝑒𝑑𝑠 𝑘𝑜𝑚?” 𝐹𝑖𝑙𝑖𝑝𝑝𝑢𝑠 𝑠𝑒̂ 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑜𝑚: “𝐾𝑜𝑚 𝑘𝑦𝑘!” ⁴⁷𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑁𝑎𝑡𝑎𝑛𝑎𝑒𝑙 𝑛𝑎 𝐻𝑜𝑚 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑛𝑘𝑜𝑚, 𝑒𝑛 𝑠𝑒̂ 𝑡𝑜𝑒 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑜𝑚: “𝐾𝑦𝑘, ℎ𝑦 𝑖𝑠 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑙𝑖𝑘 '𝑛 𝐼𝑠𝑟𝑎𝑒𝑙𝑖𝑒𝑡 𝑖𝑛 𝑤𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑏𝑒𝑑𝑟𝑜𝑔 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒.” ⁴⁸𝑁𝑎𝑡𝑎𝑛𝑎𝑒𝑙 𝑣𝑟𝑎 𝐻𝑜𝑚: “𝑊𝑎𝑎𝑟𝑣𝑎𝑛𝑑𝑎𝑎𝑛 𝑘𝑒𝑛 𝑈 𝑚𝑦?” 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑: “𝑁𝑜𝑔 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑑𝑎𝑡 𝐹𝑖𝑙𝑖𝑝𝑝𝑢𝑠 𝑗𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑟𝑜𝑒𝑝 ℎ𝑒𝑡, 𝑡𝑜𝑒 𝑗𝑦 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑦𝑒𝑏𝑜𝑜𝑚 𝑤𝑎𝑠, ℎ𝑒𝑡 𝐸𝑘 𝑗𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛.” ⁴⁹𝑇𝑜𝑒 𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑁𝑎𝑡𝑎𝑛𝑎𝑒𝑙 𝐻𝑜𝑚: “𝑅𝑎𝑏𝑏𝑖, 𝑈 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 •𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑; 𝑈 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐾𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐼𝑠𝑟𝑎𝑒𝑙!” ⁵⁰𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑎𝑛𝑡𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 ℎ𝑜𝑚: “𝐺𝑙𝑜 𝑗𝑦 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝐸𝑘 𝑗𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑠𝑒̂ ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑡 𝐸𝑘 𝑗𝑜𝑢 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑦𝑒𝑏𝑜𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑡? 𝐽𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑜𝑔 𝑔𝑟𝑜𝑡𝑒𝑟 𝑑𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑠𝑖𝑒𝑛.””
Ek kan myself net indink hoe arme Natanael gevoel het en hoe erg hy gebloos het. Hy het Jesus sommer klaar opgesom, nog voordat hy Hom ontmoet het, bloot oor die dorp waarvandaan Hy afkomstig was. Ja, meeste van ons ken mos Brakpan en Randfontein grappies of hoe? Nou ja, kan jy glo dat my hele familie van Brakpan af kom? En glo dit of nie, ek het vir 28 jaar in Randfontein gewoon. Ek lyk soos ’n regte wilde “biker” met ’n lang baard en kaalkop – regtig! Ja... moenie ’n boek op sy baadjie takseer nie, nè? Of soos die Engelse sê, “don’t judge a book by it’s cover”.
Arme Natanael het homself heeltemal misgis oor wie Jesus is. Hy wou oordeel voordat hy Hom leer ken het. Dit gebeur vandag nog dat mense nie wil glo nie, omdat hulle dalk iewers verkeerd gehoor het van ander Christene of oor die (slegte) voorbeeld wat sommige Christene stel. Nog voordat hulle vir Jesus ’n kans gegee het om hulle lewe te verander, besluit hulle sommer klaar dat “dit nou nie vir hulle is nie”.
Jesus was ’n arm timmerman van Nasaret. Hy het gemeng met die mense wat deur die samelewing verstoot is. Hy was uitgekryt as ’n vraat en ’n wynsuiper, ’n vriend van tollenaars en sondaars (Matt. 11:19-20). Jesus was nie die 1ste klas, hoë status, ryk politieke leier wat almal verwag het nie. Hy was eerder die nederige, gewone, plat-op-die-aarde mens wat ander mense gedien het. Tog was Hy God. Kan jy nou glo? God kom woon onder die mense as ’n gewone mens. Hoekom? Sodat ons kan leer hoe lief Hy ons het en hoe om mekaar te dien en lief te hê. Sjoe, hoe verkeerd het die mense darem nie daardie boek op Sy baadjie takseer nie... En dit gebeur vandag nog.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Wat kan ek doen om Jesus vir die mense te wys? Hoe kan ek Sy voorbeeld nog beter volg? Hoe maklik oordeel ek nogsteeds oor ander mense?
Ⓖⓔⓑⓔⓓ:
Dankie Here Jesus, dat U nie mense op hul voorkoms of agtergrond oordeel nie, want ons almal is sondig en verdien nie om U genade te ontvang nie. Dankie dat U, ten spyte van wie ons is, nogsteeds gekom het om ons lief te hê en ons te leer van ware liefde vir U en vir mekaar. Help my om nie te oordeel nie. Help my om te glo, nie omdat U my gesien het nie, maar omdat ek U sien vir Wie U is. Help my om te sien. Amen
···ᶜᴶˢ···
2022-01-28 – 🅺🅻🅸🅼 🆅🅰🅽 🅹🅾🆄 🅿🅴🆁🅳🅹🅸🅴 🅰🅵. (Kliek hier vir die klankgreep)
Het jy al jouself verskriklik opgewerk oor iets, net om later te besef dat dit nie eintlik jou geveg of stryd is nie. Jy word dalk kwaad vir mense of oor ’n situasie waardeur jy eintlik nie eers geraak word nie, net om later agter te kom dat jy onnodig kwaad geword het. Sulke gebeure los ons dikwels met rooi gesigte van skaamte of ’n gevoel van verontwaardiging teenoor onsself. Jy weet mos, daardie oomblikke wat jy vir jouself sê: “Ok maar lekker stupid... Ek kan nie glo ek het myself so opgewerk daaroor nie...”
Ja, ongelukkig voel ons dikwels erg oor ’n saak of iemand anders, dat ons sommer – sonder om behoorlik die situasie te analiseer en op te som – instorm en, wanneer ons weer sien, kry ons onsself in die middel van die spervuur. Partymaal – al weet ons dit is nie ons stryd om te stry nie – gaan ons in en maak of ons met ander bedoelings daarin gaan. Ons vermom onsself, in ’n mate, sodat ons aan onsself kan regverdig hoekom ons tyd en energie aan daardie stryd spandeer. Sulke argumente en klein oorloggies draai gewoonlik nie goed uit vir ons nie, maar tog leer ons nie altyd daaruit nie.
Koning Nego van Egipte het opgetrek om oorlog te maak by Karkemis, aan die Eufraat rivier. Toe koning Josia, wat ons gehoor het ’n baie goeie gelowige en voorbeeldige koning was, dit hoor, het hy opgetrek om teen koning Nego oorlog te maak. Ons lees dan in 2 Kronieke 35:21-23 (AFR20):
“²¹𝑁𝑒𝑔𝑜 ℎ𝑒𝑡 𝑏𝑜𝑜𝑑𝑠𝑘𝑎𝑝𝑝𝑒𝑟𝑠 𝑛𝑎 ℎ𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟 𝑜𝑚 𝑡𝑒 𝑠𝑒̂: “𝑊𝑎𝑡 ℎ𝑒𝑡 𝑗𝑦 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑚𝑦, 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑢𝑑𝑎? 𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑤𝑎𝑡 𝑒𝑘 𝑣𝑎𝑛𝑑𝑎𝑔 𝑜𝑝𝑡𝑟𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑡𝑒𝑒𝑛 '𝑛 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔𝑠ℎ𝑢𝑖𝑠 𝑚𝑒𝑡 𝑤𝑖𝑒 𝑒𝑘 𝑖𝑛 𝑜𝑜𝑟𝑙𝑜𝑔 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑒𝑒𝑟. 𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝐺𝑜𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑔𝑒𝑠𝑒̂ ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑘 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑔𝑜𝑢 𝑚𝑎𝑎𝑘. 𝐵𝑙𝑦 𝑗𝑦 𝑤𝑒𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑, 𝑤𝑎𝑡 𝑚𝑒𝑡 𝑚𝑦 𝑖𝑠, 𝑑𝑎𝑡 𝐻𝑦 𝑗𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑛𝑖𝑒𝑡𝑖𝑔 𝑛𝑖𝑒!” ²²𝐽𝑜𝑠𝑖𝑎 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑔𝑡𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑜𝑚 𝑤𝑒𝑔𝑔𝑒𝑑𝑟𝑎𝑎𝑖 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑣𝑒𝑔 𝑚𝑒𝑡 ℎ𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑦 ℎ𝑜𝑚𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑣𝑒𝑟𝑚𝑜𝑚. 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑁𝑒𝑔𝑜 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑜𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑛𝑖𝑒. 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑙𝑎𝑘𝑡𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑀𝑒𝑔𝑖𝑑𝑑𝑜 𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚 𝑜𝑚 𝑡𝑒 𝑣𝑒𝑔. ²³𝐷𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑜𝑔𝑠𝑘𝑢𝑡𝑡𝑒𝑟𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔, 𝐽𝑜𝑠𝑖𝑎, 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑖𝑒𝑡. 𝐷𝑖𝑒 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑠𝑒̂ 𝑡𝑜𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑠𝑦 𝑑𝑖𝑒𝑛𝑎𝑎𝑟𝑠: “𝐾𝑟𝑦 𝑚𝑦 ℎ𝑖𝑒𝑟 𝑤𝑒𝑔, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑒𝑘 𝑖𝑠 𝑠𝑤𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑛𝑑!””
As ons vêrder lees en ook in 2 Konings, hoor ons dat Josia toe aan sy wonde beswyk het. Arme koning Josia! Hy het so hard gewerk om dinge in die land weer reg te kry. Hy was iemand wat na-aan die Here geleef het. Hy het die volk weer teruggekry by God. En dan sterf hy só... Dit is amper onregverdig... maar... dan lees ons weer die gedeelte en sien dat God self deur koning Nego vir Josia gewaarsku het. Hier was nie sy geveg om te veg nie. Dit was nie sy stryd nie.
Dalk het hy ’n punt wou bewys. Dalk was hy té vol selfvertroue. Dalk was hy bietjie vol van homself... Ons sal nie weet wat die presiese rede was hoekom Josia daardie dag gaan oorlog voer het teen ’n koning wie se geveg nie teen hom was nie. Selfs die feit dat Josia homself vermom het, het nie gehelp nie. Uiteindelik het hy die duurste prys betaal – sy lewe. En dit alles in ’n stryd wat nie syne was om te stry nie.
Ons dink dikwels ons stry met goeie bedoelings sekere stryde, maar ons moet onsself gereeld afvra of dit regtig ons stryd is om te stry. Dikwels word ons ook swaar gewond – al dink ons ons was goed genoeg vermom.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Is die stryde in my lewe regtig alles myne om te stry? Watter kan of moet ek vir God gee om te stry? Voordat jy baie energie, tyd en jou humeur op die spel sit vir sekere sake, vra God om jou te wys of dit jou stryd is om te stry of nie.
Ⓖⓔⓑⓔⓓ:
Here, help my om deur U gelei te word. Mag ek stry vir wat reg is, maar stry U saam met my asseblief. As U nie saam met my stry nie, help my om eerder dit te los, sodat U geregtigheid op U manier sal geskied. Gee my die onderskeidingsvermoë, sodat ek nie swaar gewond word deur die pyle van die vyand nie. Amen
···ᶜᴶˢ···
2022-01-27 – 🅻🅴🅴🅵 🅼🅴🆃 🅹🅴🆄🅶🅳🅸🅶🅴 🆈🆆🅴🆁. (Kliek hier vir die klankgreep)
In 2 Kronieke lees ons van koning Josia wat vir 31 jaar geheers het as koning in Jerusalem. Vers 2 sê: “²𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑡 𝑟𝑒𝑔 𝑖𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑒̈ 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒. 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑎𝑎𝑖𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑣𝑎𝑑𝑒𝑟 𝐷𝑎𝑤𝑖𝑑 𝑔𝑒𝑣𝑜𝑙𝑔 𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑛𝑘𝑠 𝑜𝑓 𝑟𝑒𝑔𝑠 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑣𝑎𝑛 𝑎𝑓𝑔𝑒𝑤𝑦𝑘 𝑛𝑖𝑒.” Dan lees ons vêrder in die hoofstuk van wat ’n wonderlike koning hy was. Hy het regdeur Juda en Jerusalem gegaan en al die beelde en altare van die afgode verwyder (2 Kron. 34:1-7).
Toe Josia al bietjie ouer was, terwyl hy besig was om die land en die tempel te reinig, het hy plan gemaak om ook die hele tempel bietjie op te knap (2 Kron. 34:8-13). Terwyl hulle besig was om die tempel in orde te kry, het hulle ’n boekrol ontdek en, kan jy glo, dit bevat toe die Wet – iets wat vir jare lank nie gehoor was in Jerusalem nie. Die koning was so geskok oor wat hy hoor en toe hy besef hoe verkeerd die volk vir jare al gelewe het, dat hy sy kleure geskeur het in rou en verootmoediging. Die koning het opdrag gegee dat van sy amptenare namens hom die Here moet raadpleeg en hoor wat God vir hulle wil sê ná al die ongehoorsaamheid en dwaling van die volk (2 Kron. 34:14-28).
Lang storie kort: Koning Josia het al die oudstes van die volk bymekaargeroep, seker gemaak dat hulle weer God se Woord hoor en het van vooraf weer ’n verbond gesluit met die Here... Nou hoekom hierdie geskiedenisles? Wat maak dit so merkwaardig? Ons lees mos gereeld in die Ou Testament hoe een koning afdwaal en ’n ander een weer terugkeer na God. Dit is amper ’n voorspelbare patroon in Israel en Juda se geskiedenis.
Wat hierdie verhaal anders maak, is koning Josia. Gewoonlik verwag ons dat die koning in sy wyse gryse jare tot inkeer kom en begin wys optree en die volk oorhaal tot bekering. Ouer mense het mos gewoonlik meer gesag en mense luister na hulle. Maar, koning Josia, was maar 8 jaar oud toe hy koning geword het – ’n blote kind! Toe hy begin om die land te reinig, was hy maar 16 jaar oud gewees – terwyl meeste tieners op daardie stadium soms sommer maar net moedswillig, hormonaal moeilik is, was Josia moeilik gewees vir die regte rede. Hy het met ywer God geraadpleeg en begin om die mag wat God hom gegee, te gebruik tot God se eer.
Die reiniging van die tempel het gebeur toe hy slegs 26 jaar oud was – dit is maar 8 jaar na matriek vandag. Dit is dan ook baie naby aan hierdie ouderdom – in daardie selfde tyd – dat hy die hele volk bymekaarroep deur die oudstes van die volk, om weer die verbond met God te hernu.
Koning Josia het met jeugdige ywer die Here gedien en sy energie aangewend om die volk weer tot inkeer te bring. Hy was getrou aan die Woord van die Here en het nie daarvan afgewyk nie. Hoe lyk ons jeug en jongmense vandag? Hoeveel leef ook met sulke ywer vir die Here? En ons ouer mense? Watter voorbeeld word vir die jonges gestel? Hoeveel van ons skeur nog figuurlik ons klere as ons berou het oor God se Wet wat nie nagekom word nie?
So dikwels hoor ek hoe mense leef vir die oomblik. Hulle leef om die lewe te geniet. Hulle sien maar sekere sondes oor, want daar is mos “nog tyd”... Hulle sal mos later hul lewe in orde kry... Josia was koning vir 31 jaar. Hy is dood toe hy 39 is – dis nie baie oud nie. Ons almal weet van mense wat jonk doodgaan, van kinders wat soms sterf. Josia het van jonk af die Here gedien en het deur sy geloof die hele volk teruggebring by God. Wat doen ons om die volk terug te bring na God toe?
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Leer ek my kinders en die jongmense oor ’n lewe met jeugdige ywer vir God? Wys ek dit vir hulle?
Ⓖⓔⓑⓔⓓ:
Here, dankie vir die voorbeeld van koning Josia. Mag sy voorbeeld ons jongmense en ook almal van ons inspireer om ons mede-gelowiges terug te bring na U toe. Mag ons na-aan U leef en mag ons ons huise en kerke suiwer. Mag ons gehoorsaam wees aan U wet en mag ons onsself elke dag opnuut aan U wy. Amen
···ᶜᴶˢ···
2022-01-26 – 🅼🅾🅴🅽🅸🅴 🅳🅸🅴 🅱🆈🅱🅴🅻 🆆🅴🅶🅶🅾🅾🅸 🅽🅸🅴. (Kliek hier vir die klankgreep)
Ek dink daar is baie min Christene wat al ooit ’n Bybel weggegooi het. Gewoonlik, as jou Bybel begin uitmekaarval, of as daar nie meer plek is vir notas nie, kry jy vir jou ’n nuwe een, maar jy hou die ou een. Dit het gewoonlik nogsteeds waarde. Al is alles wat in die Bybel staan nie altyd aangenaam om te lees of hoor nie, druk ons gewoonlik maar deur daarmee, want iewers begin ons sien dat die hele boodskap eintlik ’n hoopvolle boodskap is en gaan oor ons ewige, onbegryplike God wat altyd met ons was en altyd met ons sal wees. Dit gaan oor God wat regverdig is en optree om ons redding en inkeer te verseker.
Kan jy jouself nou indink dat, elke keer as jy moes lees of hoor van God se straf wat wel kom oor dié wat weier om te glo, dat jy só erg skrik dat jy eerder die hele Bybel weggooi. Of as jy lees waarvan jy nie hou (dalk iewers waar God jou sondes aanspreek), eerder net daardie bladsye uitskeur en verbrand? Sal dit help? Ek meen, jy hoef mos nou nie meer daaroor te bekommer nie. Dis mos nie meer in jou Bybel nie, of hoe?
Dit klink sommer heeltemal absurd, nè? Weet jy, daar was ’n koning, koning Jojakim, wat gedink het dat, as hy eerder nie meer God se profetiese woord hoef te hoor nie, of as hy dit vernietig, dit nie sal gebeur soos God gesê het nie. In Jeremia 36:27-32 (AFR20) lees ons:
“²⁷𝐷𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑡𝑜𝑒 𝑡𝑜𝑡 𝐽𝑒𝑟𝑒𝑚𝑖𝑎 𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚, 𝑛𝑎𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑒𝑘𝑟𝑜𝑙 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝐵𝑎𝑟𝑢𝑔 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑜𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑒𝑟𝑒𝑚𝑖𝑎 𝑛𝑒𝑒𝑟𝑔𝑒𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓 ℎ𝑒𝑡, 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑟𝑎𝑛𝑑 ℎ𝑒𝑡: ²⁸ “𝐾𝑟𝑦 𝑤𝑒𝑒𝑟 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑜𝑢 '𝑛 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑏𝑜𝑒𝑘𝑟𝑜𝑙 𝑒𝑛 𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑖𝑛 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑟𝑖𝑔𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑟𝑖𝑔𝑒 𝑏𝑜𝑒𝑘𝑟𝑜𝑙 𝑤𝑎𝑠 𝑤𝑎𝑡 𝐽𝑜𝑗𝑎𝑘𝑖𝑚, 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑢𝑑𝑎, 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑟𝑎𝑛𝑑 ℎ𝑒𝑡. ²⁹𝐸𝑛 𝑜𝑜𝑟 𝐽𝑜𝑗𝑎𝑘𝑖𝑚, 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑢𝑑𝑎, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑦 𝑠𝑒̂, ‘𝑆𝑜 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒: “𝐽𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑠𝑒𝑙𝑓 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑒𝑘𝑟𝑜𝑙 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑟𝑎𝑛𝑑 𝑡𝑒𝑟𝑤𝑦𝑙 𝑗𝑦 𝑠𝑒̂, ‘𝑊𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝑗𝑦 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑖𝑛 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓: 𝐷𝑖𝑒 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐵𝑎𝑏𝑖𝑙𝑜𝑛𝑖𝑒̈ 𝑠𝑎𝑙 𝑏𝑒𝑠𝑙𝑖𝑠 𝑘𝑜𝑚 𝑒𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑜𝑒𝑠 𝑒𝑛 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒𝑟 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑢𝑖𝑡 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑤𝑦𝑛?’ ” ³⁰𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑚, 𝑠𝑜 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑜𝑜𝑟 𝐽𝑜𝑗𝑎𝑘𝑖𝑚, 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑢𝑑𝑎: “𝐻𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 ℎ𝑒̂ 𝑤𝑎𝑡 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑡𝑟𝑜𝑜𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝐷𝑎𝑤𝑖𝑑 𝑠𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑠𝑦 𝑙𝑦𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑤𝑒𝑔𝑔𝑒𝑔𝑜𝑜𝑖 𝑙𝑒̂, 𝑏𝑒𝑑𝑎𝑔𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑖𝑡𝑡𝑒 𝑒𝑛 𝑠𝑛𝑎𝑔𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑜𝑢𝑒. ³¹𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑜𝑚 𝑒𝑛 𝑠𝑦 𝑛𝑎𝑔𝑒𝑠𝑙𝑎𝑔 𝑒𝑛 𝑠𝑦 𝑑𝑖𝑒𝑛𝑎𝑎𝑟𝑠 𝑟𝑒𝑘𝑒𝑛𝑠𝑘𝑎𝑝 𝑒𝑖𝑠 𝑜𝑜𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑠𝑘𝑢𝑙𝑑. 𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑜𝑜𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑒𝑛 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑖𝑛𝑤𝑜𝑛𝑒𝑟𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑒𝑟𝑢𝑠𝑎𝑙𝑒𝑚 𝑒𝑛 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑢𝑑𝑎 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑛ℎ𝑒𝑖𝑙 𝑏𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑤𝑎𝑡 𝐸𝑘 𝑜𝑜𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑠𝑝𝑟𝑒𝑒𝑘 ℎ𝑒𝑡. 𝑀𝑎𝑎𝑟 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟 𝑛𝑖𝑒.” ’ ” ³²𝐷𝑎𝑎𝑟𝑜𝑝 ℎ𝑒𝑡 𝐽𝑒𝑟𝑒𝑚𝑖𝑎 '𝑛 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑏𝑜𝑒𝑘𝑟𝑜𝑙 𝑔𝑒𝑛𝑒𝑒𝑚 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑘𝑟𝑦𝑤𝑒𝑟 𝐵𝑎𝑟𝑢𝑔, 𝑠𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑁𝑒𝑟𝑖𝑗𝑎, 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒. 𝐻𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑡𝑜𝑒 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑖𝑛, 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑜𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑒𝑟𝑒𝑚𝑖𝑎, 𝑎𝑙 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑒𝑘𝑟𝑜𝑙 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓 𝑤𝑎𝑡 𝐽𝑜𝑗𝑎𝑘𝑖𝑚, 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐽𝑢𝑑𝑎, 𝑣𝑒𝑟𝑏𝑟𝑎𝑛𝑑 ℎ𝑒𝑡. 𝐸𝑛 𝑛𝑜𝑔 𝑏𝑎𝑖𝑒 𝑠𝑜𝑜𝑟𝑡𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘𝑒 𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒 𝑖𝑠 𝑏𝑦𝑔𝑒𝑣𝑜𝑒𝑔.”
Ja-nee kyk! Ons kan nie ontsnap van God se Woord nie. Ons kan probeer om dit te ignoreer. Ons kan maak asof dit nie op ons van toepassing is nie. Ons kan selfs, soos baie mense deesdae, begin glo dat dit maar net ’n geskiedenisboek is, of dat dit woorde 𝘰𝘰𝘳 God in mensetaal is en nie 𝘎𝘰𝘥 𝘴𝘦 𝘞𝘰𝘰𝘳𝘥 is nie. Ons kan selfs so vêr gaan soos Jojakim en dit dalk laat verbrand... maar ons kan nie die God van Sy Woord ontsnap nie. Ons kan nie wegkom van Sy geregtigheid nie. En waarom wil ons? As ons mos nou glo dat ons verlossing in Jesus Christus, seun van God en God self is, hoekom wil ons vlug van God se Woord?
God het nie Sy Woord in skrif nodig om dit te hou nie, maar Hy het dit juis vir ons gegee, sodat ons kan jubel in die vreugde van Sy verlossing en vrede. God hou Sy woord. Hou jy ook God se Woord. Moenie die Bybel weggooi nie.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Hoe dikwels slaan ek eerder moeilike gedeeltes of gedeeltes wat my persoonlik aanspreek in die Bybel oor? Is daar dalk iemand waarmee ek daaroor kan praat?
Ⓖⓔⓑⓔⓓ:
Here, dankie vir U Woord. Help my om dit alles te aanvaar – selfs die moeilike dele. Ek weet baie van die dinge was lank terug geskryf is, moet in konteks verstaan word, maar dit maak dit nie minder U Woord nie. Mag ek altyd met hoop en vreugde U Woord lees en hoor. Amen
···ᶜᴶˢ···
2022-01-25 – 🅼🅰🅶 🅹🆄🅻🅻🅴 🅱🅴🅳🆁🅾🅴🅵 🆆🅴🅴🆂 ... (Kliek hier vir die klankgreep)
In 2 Korintiërs 7:2-12 skryf Paulus aan die gemeente oor hoe trots hy is op hulle. Tog, as ons dit lees, sien ons dat hy trots is en bly is dat hulle hartseer was. Maar dit kan mos nie reg wees nie!? In die vorige brief, hoofstuk (1 Kor.) 12:26 leer hy dan dan ons as gelowiges moet bly wees saam met diegene wat bly is en treur saam met die wat treur. Kom ons lees eerder wat hy bedoel het:
“⁸𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑎𝑙 ℎ𝑒𝑡 𝑒𝑘 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑟𝑖𝑒𝑓 𝑏𝑒𝑑𝑟𝑜𝑒𝑓 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘, 𝑖𝑠 𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑝𝑦𝑡 𝑛𝑖𝑒. 𝐸𝑛 𝑎𝑙 𝑤𝑎𝑠 𝑒𝑘 𝑜𝑜𝑘 𝑠𝑝𝑦𝑡 – 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑒𝑘 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑟𝑖𝑒𝑓 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑑𝑟𝑜𝑒𝑓 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 ℎ𝑒𝑡, 𝑎𝑙 𝑤𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑜𝑜𝑘 𝑛𝑒𝑡 𝑣𝑖𝑟 '𝑛 𝑟𝑢𝑘𝑘𝑖𝑒 – ⁹𝑖𝑠 𝑒𝑘 𝑛𝑜𝑢 𝑏𝑙𝑦; 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑑𝑟𝑜𝑒𝑓 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑟𝑜𝑒𝑓ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑡𝑜𝑡 𝑏𝑒𝑟𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑙𝑒𝑖 ℎ𝑒𝑡. 𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑠 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑏𝑒𝑑𝑟𝑜𝑒𝑓 𝑔𝑒𝑚𝑎𝑎𝑘, 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑣𝑜𝑙𝑔 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑛 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑜𝑝𝑠𝑖𝑔 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑜𝑛𝑠 𝑏𝑒𝑛𝑎𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒. ¹⁰𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑟𝑜𝑒𝑓ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑, 𝑏𝑒𝑤𝑒𝑟𝑘 𝑖𝑛𝑘𝑒𝑒𝑟, 𝑤𝑎𝑡 𝑡𝑜𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠𝑠𝑖𝑛𝑔 𝑙𝑒𝑖, 𝑒𝑛 𝑤𝑎𝑎𝑟𝑜𝑜𝑟 𝑛𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑜𝑜𝑖𝑡 𝑠𝑝𝑦𝑡 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒; 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑𝑠𝑒 𝑑𝑟𝑜𝑒𝑓ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑙𝑒𝑖 𝑡𝑜𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑜𝑑. ¹¹𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑘𝑦𝑘 𝑛𝑜𝑢 𝑛𝑒𝑡 𝑤𝑎𝑡𝑡𝑒𝑟 𝑡𝑜𝑒𝑤𝑦𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑟𝑜𝑒𝑓ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑖𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑤𝑒𝑟𝑘 ℎ𝑒𝑡: 𝑗𝑎, 𝑤𝑎𝑡𝑡𝑒𝑟 𝑣𝑒𝑟𝑜𝑛𝑡𝑠𝑘𝑢𝑙𝑑𝑖𝑔𝑖𝑛𝑔, 𝑤𝑎𝑡𝑡𝑒𝑟 𝑣𝑒𝑟𝑜𝑛𝑡𝑤𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑔𝑖𝑛𝑔, 𝑤𝑎𝑡𝑡𝑒𝑟 𝑜𝑛𝑡𝑠𝑎𝑔, 𝑤𝑎𝑡𝑡𝑒𝑟 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑎𝑛𝑔𝑒, 𝑤𝑎𝑡𝑡𝑒𝑟 𝑦𝑤𝑒𝑟, 𝑤𝑎𝑡𝑡𝑒𝑟 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑟𝑎𝑓𝑓𝑖𝑛𝑔!” – 2 Korintiërs 7:8-11 (AFR20)
In die eerste brief aan die gemeente in Korinte het Paulus hulle uitgewys op ’n hele klomp dinge waar hulle nog vasgehou het aan die ou lewe. Hy het hulle herinner aan al God se genade en vrede wat oor ons heers as ons Hom net toelaat om ons los te maak van die sonde.
Kyk, ek dink nie daar is enigeen van ons wat met ’n skoon gewete lag as iemand ons teregwys nie. Gewoonlik is ons baie ongelukkig. Dikwels gaan ons sommer op die aanval – aanval is mos die beste vorm van verdediging, glo baie... Nee, gewoonlik as ons tereggewys word – as ons foute in die lig gebring word – maak dit ons ongelukkig, kwaad en, as dit regtig reg gedoen word, maak dit ons hartseer, bedroef. En dit hoort eintlik so.
Sien, as ons deur God se Gees vernuwe word, begin ons in ons ’n afsku vir die sonde kry. Tog bly ons mense en sondig ons nogsteeds, maar wanneer ons wel dit doen, maak dit ons hartseer, omdat ons weet dat ’n nuwe skepsel in Christus nie veronderstel is om só op te tree en te lewe nie. Dit is wat gebeur het met die mense in die Korinte gemeente.
Toe Paulus hulle wys op die sondes waaraan hulle vaskleef, was hulle bedroef gewees. Dalk was dit omdat hulle nie met die sonde wou breek nie. Dalk het hulle dadelik besef dat hulle nie so wou lewe nie. Hoe ook al, die brief het hulle bedroef gemaak. Maar Paulus sê hy is nie spyt daaroor nie. Waarom? Want ons moet deur ons mede-gelowiges in lyn gehou word. Ons moet in die lig gehou word. As hulle ons begin terugtrek vanuit die duisternis waarin ons so graag wil wandel, moet ons nie kwaad wees nie. Ons moet bly wees, want dit lei daartoe dat ons berou het oor die sonde en besef dat ons vergifnis kan ontvang by God; dat ons verontskuldiging by Hom kan kry, dat ons verontwaardig mag voel daaroor; dat ons ontsag sal hê vir God en Sy wet en dat ons sal verlang na Sy weë en met ywer Sy wil sal doen en die sondige leefwyse sal bestraf. (vers 11)
Wees dus bedroef oor dinge – veral die dinge wat jy weet jou weerhou van God se wonderbaarlike lig. Laat jou droefheid lei na berou, sodat jy weer by God skoon verlossing kan aantrek soos ’n nuwe kleed in Jesus Christus ons Here.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Word ek bedroef oor my oortredings? Het ek berou?
Ⓖⓔⓑⓔⓓ:
Here, vergewe my dat ek te dikwels gewoond raak aan die sonde. Help my om bedroef te raak daaroor. Gee dat my mede-gelowiges dit uitwys in liefde en help my om ware berou te toon, sodat ek U oneindige genade, liefde en vergifnis kan ontvang. Gee my die moed om ook my mede-gelowiges reg te help. Dankie daarvoor, in Jesus se Naam. Amen
···ᶜᴶˢ···
2022-01-24 – “🅻🅰🅰🆃 🅳🅰🅰🆁 🅻🅸🅶 🆆🅴🅴🆂...” (Kliek hier vir die klankgreep)
Dikwels voel dit vir ons of ons lewens in donkerte gehul is. Ons staan voor ’n uitdaging wat lyk soos ’n berg. ’n Probleem waarvoor ons nie oplossings kan kry nie. ’n Sonde waarmee ons stry, maar net nie van kan breek nie. Dit voel behoorlik of ons wêreld in chaos is.
Amper elkeen van ons het al sulke tye beleef in ons lewens. Mense kom dan na ons en herinner ons gewoonlik dat elke donker wolk darem ’n silwer rantjie het. Die moeilikheid is dat ons nie op daardie oomblik die silwer rantjie sien nie en ons wil graag weet waar en wanneer daardie silwer rantjie iets vir ons kan beteken. Mense kan gewoonlik ook nie vir ons vertel wat daardie silwer rantjie is nie. Ja, ander mense probeer seker maar op hul manier ons bemoedig en dit help so nou en dan as hulle vir ons sulke woorde gee, maar dit los nie ons probleme op nie.
Weet jy, nog voordat enigiets bestaan het, net toe God alles gemaak het, was die hele aarde net ’n bol chaos. Genesis 1:1-2a (AFR20) sê: “¹𝐼𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑖𝑛 ℎ𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑒𝑝. ²𝐷𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒 𝑤𝑎𝑠 𝑤𝑜𝑒𝑠 𝑒𝑛 𝑙𝑒𝑒𝑔, 𝑒𝑛 𝑑𝑜𝑛𝑘𝑒𝑟𝑡𝑒 𝑤𝑎𝑠 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 •𝑜𝑒𝑟𝑤𝑎𝑡𝑒𝑟.” Ja, selfs toe God die hemel en die aarde gemaak het, was daar chaos gewees. Dinge was woes en leeg. Daar was nie eers land waarop jy kon staan nie en slegs donkerte het alles gevul. As dinge om ons donker voel, kan jy jouself indink hoe dit was voor ons hier op hierdie aarde aangekom het – donkerder as pikdonker!
Maar, die tweede deel van vers 2 gee alreeds vir ons hoop. Dit lees: “𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑒𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑜𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑡𝑒𝑟 𝑔𝑒𝑠𝑤𝑒𝑒𝑓,” (Gen.1:2b AFR20). Ja, selfs in die donkerste donker, is God daar. Selfs toe daar nog nie eers kans was vir ’n silwer rantjie nie, want daar was nog nie eers wolke nie, toe was God daar. En dan, in al hierdie chaos, in al hierdie donkerste donker, (vers 3-4): “3en God het gesê: “𝐿𝑎𝑎𝑡 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑙𝑖𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠!” 𝐸𝑛 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑤𝑎𝑠 𝑙𝑖𝑔. ⁴𝐺𝑜𝑑 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑤𝑎𝑠. 𝐺𝑜𝑑 ℎ𝑒𝑡 𝑡𝑜𝑒 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑜𝑛𝑘𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑒𝑖.”
Ons laat dikwels toe dat die donkerte ons oordonder en ons begin glo dat daar nie kans is vir ’n silwer rantjie nie. Tog het God, nog voordat daar ’n son en maan of sterre geskape is, die lig geskei van die donkerte. God het lig gegee, sodat die donkerte nie meer kan heers nie. Lig het gekom, sodat die donkerte en chaos kan verdwyn. En dan lees ons in Johannes 1:1-5 (AFR20):
“¹𝐼𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑖𝑛 𝑤𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑊𝑜𝑜𝑟𝑑, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑊𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑤𝑎𝑠 𝑏𝑦 𝐺𝑜𝑑, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑊𝑜𝑜𝑟𝑑 𝑤𝑎𝑠 𝐺𝑜𝑑. ²𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑖𝑛 𝑏𝑦 𝐺𝑜𝑑. ³𝐴𝑙𝑙𝑒𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝐻𝑜𝑚 𝑜𝑛𝑡𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛, 𝑒𝑛 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝐻𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡 𝑠𝑒𝑙𝑓𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑒𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑤𝑎𝑡 𝑏𝑒𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛, 𝑜𝑛𝑡𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑛𝑖𝑒. ⁴𝐼𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑤𝑎𝑠 𝑙𝑒𝑤𝑒, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒́ 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑤𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒. ⁵𝐸𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔 𝑠𝑘𝑦𝑛 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠 𝑘𝑜𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑑𝑜𝑜𝑓 𝑛𝑖𝑒.”
Ja, Jesus Christus, Seun van God, sélf God, was reeds in die begin daar. Reeds in die begin van die wêreld het Hy al klaar die donkerte oorwin. Reeds in die begin het Hy vrede gebring in die chaos. Deur Hom bestaan alles en het Hy alles geskape – vir ons ook. En weet jy wat? Hy was ook mens gewees. Hy weet presies waardeur elkeen van ons gaan en Hy staan altyd reg om meer as net ’n silwer rantjie te wees. Hy is, soos altyd, deur Sy Gees, ook in die chaos en duisternis van ons lewens. Hy is reg om Sy allesoorheersende lig te laat skyn in en deur ons lewens.
Miskien gaan jy deur ’n donker tyd. Laat God se lig vir jou vrede en hoop bring. Miskien ken jy iemand wat in die donker sit. Laat God se lig deur jou skyn in hul lewe.
𝕷𝖆𝖆𝖙 𝖉𝖆𝖆𝖗 𝖑𝖎𝖌 𝖜𝖊𝖊𝖘!
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Waar kort ek God se lig in my lewe? Waar kan ek God se lig deur my laat skyn in ander se lewens?
Ⓖⓔⓑⓔⓓ:
Dankie Here Jesus, dat U die lewe vir ons gebring het. Dankie dat U die lig is vir hierdie wêreld en dat die duisternis nog nooit opgewasse was teen U nie. U oorwin nog altyd die chaos. Skenk asseblief ook so hierdie oorwinning in my lewe en help my om U lig te neem waar daar duisternis is, sodat U ook die oorwinning oraloor sal behaal. Amen
···ᶜᴶˢ···
2022-01-22 – “𝓛𝓲𝓮𝓯𝓭𝓮 𝓲𝓼...” (𝓓𝓮𝓮𝓵 6) (Kliek hier vir die klankgreep)
Ons het hierdie week gekyk na wat in die 2020 Afrikaanse vertaling die opskrif het van “Rigtingwysers vir gelowiges” in Romeine 12:9-21. Paulus het hierdie gedeelte geskryf vir die gemeente in Rome om hulle daaraan te herinner dat wanneer God, deur Sy Heilige Gees, ons denke vernuwe, ons gevul word met God se liefde. Hierdie is nie aardse, wêreldse liefde nie, maar ’n liefde wat ons meer as dikwels verbaas. Hierdie liefde is rein, opreg, innig, eervol, produktief en prakties, vergewensgesind, nederig en empaties as ons dit begin toon teenoor ons naaste – en veral teenoor ons medegelowiges. Paulus sluit dan die gedeelte af in verse 17 tot 21:
“¹⁷𝑀𝑜𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑 𝑚𝑒𝑡 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑙𝑑 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑟𝑖𝑔 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑑𝑎𝑔𝑡𝑒𝑠 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑡 𝑤𝑎𝑡 𝑣𝑖𝑟 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑖𝑠. ¹⁸𝐴𝑠 𝑑𝑖𝑡 𝑚𝑜𝑜𝑛𝑡𝑙𝑖𝑘 𝑖𝑠, 𝑠𝑜𝑣𝑒̂𝑟 𝑑𝑖𝑡 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑓ℎ𝑎𝑛𝑔, 𝑙𝑒𝑒𝑓 𝑖𝑛 𝑣𝑟𝑒𝑑𝑒 𝑚𝑒𝑡 𝑎𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒. ¹⁹𝐺𝑒𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒𝑠, 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑟𝑒𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑟𝑢𝑖𝑚𝑡𝑒 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑒𝑙. 𝐷𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑖𝑚𝑚𝑒𝑟𝑠 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑟𝑦𝑓: “𝐴𝑎𝑛 𝑀𝑦 𝑘𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑡𝑜𝑒; 𝐸𝑘 𝑠𝑎𝑙 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑙𝑑,” 𝑠𝑒̂ 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒. ²⁰𝑀𝑎𝑎𝑟: “𝐴𝑠 𝑗𝑜𝑢 𝑣𝑦𝑎𝑛𝑑 ℎ𝑜𝑛𝑔𝑒𝑟 𝑖𝑠, 𝑔𝑒𝑒 ℎ𝑜𝑚 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑜𝑚 𝑡𝑒 𝑒𝑒𝑡; 𝑎𝑠 ℎ𝑦 𝑑𝑜𝑟𝑠 𝑖𝑠, 𝑔𝑒𝑒 ℎ𝑜𝑚 𝑖𝑒𝑡𝑠 𝑜𝑚 𝑡𝑒 𝑑𝑟𝑖𝑛𝑘. 𝐷𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑡 𝑡𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛, 𝑠𝑡𝑎𝑝𝑒𝑙 𝑗𝑦 𝑣𝑢𝑟𝑖𝑔𝑒 𝑘𝑜𝑙𝑒 𝑜𝑝 𝑠𝑦 ℎ𝑜𝑜𝑓.” ²¹𝑀𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑 𝑗𝑜𝑢 𝑜𝑜𝑟𝑤𝑖𝑛 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑜𝑟𝑤𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒.” (Romeine 12:17-21 AFR20)
Paulus plaas weer klem op hoe ons moet optree teenoor ons “vyande”, want hierdie was nog altyd vir ons as mense ’n probleem gewees. Omdat ons té dikwels meer gepla is oor ons eie voordeel en ons eie aansien, is dit vanselfsprekend dat ons nogsteeds die Ou-Testamentiese “oog vir ’n oog” benadering wil volg as mense ons seermaak. As ons nie self iets daaraan kan doen nie, dan sê ons mos: “Toemaar, die wiel draai...” Ons neem nie self wraak nie, maar in ons harte hoop ons dat God, of iemand anders, asseblief tog net vir daardie persoon hul verdiende loon sal laat kry. Maar, weet jy, dit is mos net so goed soos wraak neem, is dit nie?
Nee, Paulus leer hier, soos Jesus geleer het, dat ons ons nie moet ophou met hierdie tipe dinge nie, want dan kan God se liefde nie behoorlik deur ons vloei nie. As ons ons tyd en energie – selfs net in ons gedagtes – begin spandeer aan wraak en allerhande negatiewe gedagtes, hoe gaan ons tyd en plek maak vir die goeie? Hoe gaan ons die goed in mense kan raaksien as ons vaskyk in mense se foute? As God só na ons moes kyk, was ons almal nog baie verlore gewees. Daarom skryf Paulus al in Romeine 3:9-31 dat daar nie een van ons is wat regverdig is voor God nie, want niemand van ons is sonder sonde nie. Maar, gelukkig vir ons, is die finale sondeoffer gemaak deur Jesus Christus aan die kruis en word daar vir ons verlossing en versoening gebied deur ons geloof.
Die gedagte van hierdie genade en groot liefde wat God aan ons bewys het, toe ons nog sondaars was – voor ons Hom geken het – moet ons eerder dryf om goed te doen aan selfs ons “vyande”. Ons moet leer om die goed raak te sien en daarop te fokus, sodat hulle ook gered kan word. God sal wraak neem indien nodig, of God sal genade betoon vir die sondaar soos Hy vir jou doen. Wanneer ons siele begin om deurdrenk te wees met God se liefde wat deur Sy Gees ons denke en harte verander, begin ons vrede maak met mense wat teenoor ons sondig en ons seermaak. Ons kyk nie sommer maar net die ander rigting in en word fisiese of emosionele slaansakke nie. Nee, ons stap soms weg, want ons weet dat God sal optree en oordeel. Ons maak vrede, omdat God in beheer is. Ons laat eerder toe dat God se vrede oor ons heers – nie die kwaad nie.
𝓛𝓲𝓮𝓯𝓭𝓮 𝓲𝓼... 𝓲𝓷𝓷𝓮𝓻𝓵𝓲𝓴𝓮 𝓿𝓻𝓮𝓭𝓮.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Hoe kan ek in ware liefde begin optree teenoor my sogenaamde “vyande”?
Ⓖⓔⓑⓔⓓ:
Almagtige God en Vader, wanneer ek soms wonder oor wat ware liefde is, kan ek maar net weer kyk na die kruis. Here Jesus, U het ons kom wys wat liefde is. Gee asseblief dat ek die liefde wat U vir my het, kan uitdeel aan ander. Mag ek my mede-gelowiges, ongelowiges en selfs my vyande liefhê met rein, opregte, innige, eervolle, produktiewe, praktiese, vergewensgesinde, nederige, empatiese liefde. Mag ek só liefhê en U vrede in my lewe ervaar. Mag dít my gedagtes en emosies heers, omdat dit van U kom. Amen
···ᶜᴶˢ···
2022-01-21 – “𝓛𝓲𝓮𝓯𝓭𝓮 𝓲𝓼...” (𝓓𝓮𝓮𝓵 5) (Kliek hier vir die klankgreep)
Wanneer ons toelaat dat God se liefde en Sy oneindige genade ons emosies en gees begin oorneem, begin daar skielik baie dinge in ons te gebeur. Die Gees, wat reeds ons denke begin vernuwe het, begin om ons uitkyk oor ons eie lewens en ander se lewens te verander. Wanneer hierdie opregte, innige, produktiewe liefde begin prakties word, leer ons om te vergewe, en dit skep ’n hele paar nuwe dinge binne ons. Ons begin leer om nie meer ander mense te sien as ons vyande nie. Ons begin leer om die goed in mense raak te sien – in onsself ook. Ons begin leer om selfs medelye te hê met ander mense se seer en pyn.
Paulus skryf dan vêrder in Romeine 12:15-16 (AFR20):
“¹⁵𝑊𝑒𝑒𝑠 𝑏𝑙𝑦 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒𝑔𝑒𝑛𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑏𝑙𝑦 𝑖𝑠; 𝑡𝑟𝑒𝑢𝑟 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒𝑔𝑒𝑛𝑒 𝑤𝑎𝑡 𝑡𝑟𝑒𝑢𝑟. ¹⁶𝑊𝑒𝑒𝑠 𝑒𝑒𝑛𝑠𝑔𝑒𝑠𝑖𝑛𝑑 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟; 𝑚𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 ℎ𝑜𝑜𝑔𝑚𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑒𝑑𝑒𝑟𝑖𝑔𝑒𝑠. 𝑀𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑦𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑖𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑒𝑖𝑒 𝑜𝑒̈ 𝑛𝑖𝑒.”
God het ons geskape as sosiale wesens – mense wat in gemeenskap met ander moet lewe. Wanneer ons deur moeilike tye gaan, wil ons dikwels alleen wees. Ons wil graag net sélf deur ons pyn worstel. Ons wil dit sélf uitsorteer. Dit is tog wat die wêreld ons mos leer: “Elkeen moet sy eie potjie krap” en “Jy is mos ’n individu, wat jouself moet bewys”. Alhoewel dit wonderlik is om op jou eie dinge te kan vermag en groot dinge te kan bereik in die lewe, bring dit nie vir jou innerlike vrede nie. Dit bring dalk vir ’n kort rukkie vir jou ’n heerlike gevoel van eiewaarde, maar dit lei gewoonlik ook tot trots, eiewaan en hoogmoedigheid.
Wanneer Jesus die ryk jongman probeer leer van ware diens en hoe om Jesus te volg, vertel Hy vir die dissipels na die tyd dat dié wat eerste is, laaste sal wees en dié wat laaste is, eerste sal wees (Matt. 19:16-30; Mark. 10:17-31; Luk. 18:18-30). Hierdeur leer Jesus ons wat Paulus beaam, dat ons nie hoogmoedig moet wees nie, maar eerder nederig wees in ons diens. Ons moet eerder fokus op hoe ons ander mense kan help.
Sien, wanneer ons begin om die fokus van die eie-ek af te haal en nie meer werk vir onsself en ons eie verryking nie, maar eerder vir die uitbreiding van God se Koninkryk, dan is dit soveel makliker – eintlik vanselfsprekend – dat ons meer toegespits sal wees op die welsyn van ander: fisies, emosioneel en geestelik. Wanneer ander mense deur ’n moeilike tyd gaan, voel ons dit ook, omdat ons sal kan voel dat God se liefde in daardie persoon soveel meer nodig is op daardie oomblik. Wanneer ander mense bly is, en ons dalk nie, sal hulle blydskap weer ons liefde aanvul. Omdat ons, as gelowiges, God se kinders is, leer ons om mekaar met ware broeder- en susterliefde lief te hê en deel ons mekaar se emosies. Maar ons deel dit nie net nie, ons het waarlik medelye daarmee. Ons help en ondersteun mekaar daarin – hartseer of blydskap.
𝓛𝓲𝓮𝓯𝓭𝓮 𝓲𝓼... 𝓷𝓮𝓭𝓮𝓻𝓲𝓰, 𝓮𝓶𝓹𝓪𝓽𝓲𝓮𝓼.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Waar kan ek minder aan- en oor myself dink? Plaas ek God se belange – wat ander mense se belange insluit – bo my eie?
Ⓖⓔⓑⓔⓓ:
Baie dankie Here Jesus dat U die kerk vir ons gegee het. Help my om saam met ander te treur en ook saam met hulle bly te wees. Help my om nie heeltyd net aan myself en my belange te dink nie. Help my om nederig te wees. Help my om empaties te wees teenoor my mede-gelowiges en gee asseblief ook dat ander saam met my sal bly wees en ook treur waar nodig. Mag ons waarlik kerk wees, volgens U wil. Amen
···ᶜᴶˢ···
2022-01-20 – “𝓛𝓲𝓮𝓯𝓭𝓮 𝓲𝓼...” (𝓓𝓮𝓮𝓵 4) (Kliek hier vir die klankgreep)
Om ware liefde te betoon in hierdie wêreld is dikwels baie uitdagend. Nie omdat dit ander mense uitdaag nie, maar omdat dit onsself uitdaag om anders op te tree as wat ons gewoond is of dalk geleer is. Die gevolg is, natuurlik, dat dit dan die ander persoon dalk ook sal uitdaag om anders te reageer of dalk anders te dink.
Wanneer ons ons denke laat vernuwe deur die Heilige Gees, kom ons agter dat baie gevoelens saam met nuwe denke kom. Ons harde harte en koue skouers begin skielik anders word. Ons begin meer geduld vorendag bring en ons geesdriftigheid om die Here te dien neem toe. Deur gebed leer ons ook om met nuwe oë na die wêreld om ons te kyk en begin ons sien waar God se Gees reeds werk en kan ons daarby aansluit. Ons fokus op die goeie en ons begin die kwaad vermy. (vgl. Rom. 12:9-13)
Wanneer ons dan vêrder lees wat Paulus geskryf het, kom ons agter dat die volgende riglyne of rigtingwysers ons nogal erg uitdaag. Hy skryf in Rom. 12:14 (AFR20): “¹⁴𝑆𝑒𝑒̈𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑟𝑠; 𝑗𝑎, 𝑠𝑒𝑒̈𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑚𝑜𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑙𝑜𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒.”
Nou ja, ons word nie regtig in ons land as Christene vervolg nie, maar ons kry definitief deesdae baie teenkanting en kritiek. Mense soek as’t ware redes om nie meer te glo nie en om die Christelike geloof en die kerk te diskrediteer en verkleineer. Vir alles in die lewe het jy mos ’n keuse en mense moet mos staan op hul regte van vrye wil, sê hulle. Dan kies mense om eerder agnosties en apaties te wees. Mense wil nie glo sonder bewyse nie en onttrek hulle eerder van enige omgee of betrokkenheid. Hulle sê mos: “As ek nie betrokke is nie, kan ek nie verantwoordelik gehou word nie”. Alhoewel dit waar is, vergeet hulle, dat hulle wel eendag voor God se troon móét verantwoording doen. Dikwels is dit hierdie mense wat ons seermaak – gewoonlik geestelik en emosioneel. Hulle vervolg, in ’n sekere sin, ons geloof en ons empatie.
Paulus sê “¹⁴𝑆𝑒𝑒̈𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑟𝑠; 𝑗𝑎, 𝑠𝑒𝑒̈𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑚𝑜𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑙𝑜𝑒𝑘 𝑛𝑖𝑒.” Sjoe, dis nou weer ’n moeilike een hierdie... Maar as ons met nuwe denke en nuwe oë na mense begin kyk, dan sien ons die mens waarvoor God lief is raak. Ons sien hoe verlore daardie mens is. Ons sien dalk hoe ons ook voorheen was. Ons sien raak hoe God selfs in daardie persoon ook ’n wonderwerk kan verrig deur geloof. Ons begin vir daardie persoon te bid. Ja, ons seën hulle. Ons bid dat God hulle sal aanraak in Sy oneindige liefde en genade. Ons bid dat hulle tot bekering sal kom – dat hulle gered sal word. Ons bid vir ons en húlle verlossing. Ons vergewe hulle, want ons weet God sal hulle ook vergewe as hulle hul bekeer.
Kyk, hierdie is vir seker ’n moeilike riglyn om te volg, want mense maak ons dikwels baie seer. Ons moet onsself gereeld daaraan herinner dat ons elke dag al meer en meer soos Jesus wil word. Ons moet onthou dat Jesus self gesê het in Matt. 5:44 dat ons ons vyande moet seën en moet bid vir hulle wat ons vervolg. Ons moet ook vêrder onthou hoe Jesus, nadat Hy gemartel is en aan ’n kruis vasgespyker is vir ons almal se redding, die woorde teenoor sy vyande en vervolgers gespreek het: “𝑉𝑎𝑑𝑒𝑟, 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑒𝑓 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒.” (Luk. 23:34 AFR20)
𝓛𝓲𝓮𝓯𝓭𝓮 𝓲𝓼... 𝓿𝓮𝓻𝓰𝓲𝓯𝓷𝓲𝓼.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Teenoor wie hou ek dalk nog ’n wrok? Waarom sukkel ek om te vergewe? Kan ek dalk met iemand hieroor praat en saam bid?
🅖🅔🅑🅔🅓:
Dankie Here Jesus, dat U ons vergewe het vir alles wat met U aan die kruis gebeur het. Help my om te besef dat elke persoon wat my dalk te nakom, net so skuldig is om U aan daardie kruis vas te spyker, as wat ek is. Help my onthou dat U genade vir my genoeg is en dat U genade vir daardie persoon ook meer as genoeg sal wees. Help my om my vyande en vervolgers te seën. Verander hulle harte. Laat hulle U liefde ken. Laat ek dit vir hulle wys. Amen
···ᶜᴶˢ···
2022-01-19 – “𝓛𝓲𝓮𝓯𝓭𝓮 𝓲𝓼...” (𝓓𝓮𝓮𝓵 3) (Kliek hier vir die klankgreep)
Voel jy ook partykeer lus om niks te doen nie? Jy word dalk die oggend wakker met ’n swaar gemoed, dalk ’n skeet of kwaal iewers. Jy is net nie lus vir enigiets nie. Wat nog te sê van mense.
Almal van ons beleef daardie sogenaamde “af” dae. Daardie dae wanneer jy later in die dag besef jy moes maar eerder in die bed gebly het. Dinge by die werk loop skeef. Die kinders is moeilik. Die kar gee moeilikheid. Jou vriende is snaaks met jou. Jou vrou of man gee jou nie eers ’n drukkie nie, of wil te veel drukkies gee en jy is nie lus vir ’n drukkie nie. Ja, om “af” te voel is nie lekker nie en daar is nie veel wat jy daaraan kan doen nie... of is daar?
Nou goed, as jou gemoedstoestand is as gevolg van ’n fisiese oorsaak, kan jy mos die regte aanvulling of medisyne kry. As dit is oor ’n geestelike of emosionele oorsaak... kan jy ook die regte aanvulling of medisyne kry! Geestelike welstand is soos fisiese welstand. Jy moet tog gesond eet en probeer aktief bly om te sorg dat jou liggaam gesond is. Net so moet jy ook aanhou werk aan jou geestelike welstand. Paulus skryf vêrder in Romeine 12:11-13 (AFR20):
“¹¹𝑀𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑡𝑟𝑎𝑎𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑖𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑡𝑜𝑒𝑤𝑦𝑑𝑖𝑛𝑔 𝑛𝑖𝑒; 𝑏𝑙𝑦 𝑔𝑒𝑒𝑠𝑑𝑟𝑖𝑓𝑡𝑖𝑔; ℎ𝑜𝑢 𝑣𝑜𝑙 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑡𝑒 𝑑𝑖𝑒𝑛. ¹²𝑉𝑒𝑟𝑏𝑙𝑦 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑜𝑜𝑝; 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑𝑣𝑎𝑠𝑡𝑖𝑔 𝑤𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑤𝑎𝑎𝑟𝑘𝑟𝑦; 𝑣𝑜𝑙ℎ𝑎𝑟𝑑 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑏𝑒𝑑. ¹³𝐵𝑒𝑡𝑜𝑜𝑛 𝑚𝑒𝑒𝑙𝑒𝑤𝑖𝑛𝑔 𝑚𝑒𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒ℎ𝑜𝑒𝑓𝑡𝑒𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 •ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑒𝑠; 𝑙𝑒̂ 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑡𝑜𝑒 𝑜𝑝 𝑔𝑎𝑠𝑣𝑟𝑦ℎ𝑒𝑖𝑑.”
Sjoe, dis sommer ’n mondvol daardie. Maar, wanneer ons leer om ’n rein, opregte liefde na te streef en uit te leef, kom ons agter dat innige, eervolle liefde vir ons naaste, en veral ons mede-gelowiges, bietjie makliker kom. Maar liefde is nie iets wat jy net gou vir iemand gee nie – dit is ’n volgehoue, aanhoudende aksie. Liefde raak ook nie sommer net op nie – al manier hoe liefde kan kwyn, is as dit vervang word met iets anders. Gewoonlik as ons meer begin fokus op die eie-ek en wat vir “my” belangrik en lekker is, is dit wanneer ons liefde vir ons naaste en ook vir God begin verander. Wanneer God nie meer die belangrikste is nie, begin liefde ook al minder belangrik raak vir ons.
God is ons Bron. Wanneer ons begin uitgeput raak – veral emosioneel en geestelik – is Hy ons bron van krag. Hy is ons aanvulling en medisyne. Selfs fisies, is Hy ons bron van krag, want Hy voorsien en sorg elke dag. Toewyding is makliker as ons geesdriftig is, maar geesdriftigheid is nie altyd maklik nie. Om aan te hoop en vas te staan in swaarkry, is nog moeiliker. Wat nog te sê van gasvry wees en in ander se behoeftes te voorsien? Ai, Paulus, hierdie is goeie riglyne, maar dis moeilik!
Weet jy, dit is moeilik. Niemand het gesê dat dit maklik gaan wees om altyd die Here te dien nie. Daarom moet ons weer teruggaan na die eerste 2 verse van hierdie hoofstuk in Romeine om onsself te herinner dat ons nie sommer op ons eie hierdie dinge gaan regkry nie. Ons moet dat die Heilige Gees vir ons nuwe denke gee. Ons moet anders begin dink. Ons moet ons lewe en ons opdrag anders begin sien. Besef jy dat jy nie alleen is hierdie liefdesopdrag nie? Besef jy dat al jou mede-gelowiges – omdat julle God se liefde deel en in een is in Christus – dieselfde gedeelde opdrag en selfs behoeftes het?
Ontbreek geesdriftigheid jou? Is jy traag in toewyding? Hou aan om die Here te dien! Ontgaan die hoop jou? Wankel jy in moeilike tye? Hou vas aan jou geloofsgenote wat wel sterk staan – hulle is daar om te help. En as jy sien ander sukkel met hierdie dinge, wees daar vir hulle. Hierdie groot, oneindige liefde van God word gedeel en God gee elke dag vir elkeen van ons soveel daarvan as wat nodig is om uit te deel. Soms moet jy vêrder ontvang van ander en soms moet jy meer uitdeel
𝓛𝓲𝓮𝓯𝓭𝓮 𝓲𝓼... 𝓹𝓻𝓸𝓭𝓾𝓴𝓽𝓲𝓮𝓯 𝓮𝓷 𝓹𝓻𝓪𝓴𝓽𝓲𝓮𝓼.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Vra ek hulp en ondersteuning by die kerk waar nodig? Bied ek my hulp en ondersteuning aan, aan die kerk?
🅖🅔🅑🅔🅓:
Here, ek voel nie altyd lus vir dinge nie. Kerkwees is ook maar moeilik soms. Dankie dat ek nie alleen kerk is nie. Help my om in moeilike tye hulp te vra. Stuur asseblief die regte mense – gevul met U liefde – wanneer dit nodig is. Stuur my ook, vol van U liefde, om te gaan en te voorsien in ander se behoeftes waar nodig en moontlik vir my. Tot U eer alleen. Amen
2022-01-18 – “𝓛𝓲𝓮𝓯𝓭𝓮 𝓲𝓼...” (𝓓𝓮𝓮𝓵 2) (Kliek hier vir die klankgreep)
As ons wil weet wat liefde regtig is, kan ons natuurlik net kyk na die kruis. Ons kan sien hoe God se liefde mens geword het en al ons sondes op Homself geneem het. Maar as ons hierdie liefde ons eie wil maak en as ons met hierdie tipe liefde wil leef, moet ons ’n plan maak. Romeine 12:1-2 (AFR20) sê:
“¹𝐵𝑟𝑜𝑒𝑟𝑠 (𝑒𝑛 𝑠𝑢𝑠𝑡𝑒𝑟𝑠 𝑛𝑎𝑡𝑢𝑢𝑟𝑙𝑖𝑘), 𝑜𝑝 𝑔𝑟𝑜𝑛𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑎𝑟𝑚ℎ𝑎𝑟𝑡𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑒𝑘 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑢𝑠 𝑛𝑜𝑢 𝑜𝑝 𝑜𝑚 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑖𝑔𝑔𝑎𝑚𝑒 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑖𝑘𝑏𝑎𝑎𝑟 𝑡𝑒 𝑠𝑡𝑒𝑙 𝑎𝑠 '𝑛 𝑜𝑓𝑓𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑 𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔 𝑖𝑠, 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝐺𝑜𝑑 𝑎𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑚𝑙𝑖𝑘. 𝐷𝑖𝑡 𝑖𝑠 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑖𝑛𝑣𝑜𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑜𝑑𝑠𝑑𝑖𝑒𝑛𝑠. ²𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑔𝑒𝑙𝑦𝑘𝑣𝑜𝑟𝑚𝑖𝑔 𝑤𝑒𝑒𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑒𝑟𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑛𝑢𝑤𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑒𝑛𝑘𝑒, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑑 𝑘𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠𝑘𝑒𝑖 𝑤𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑚𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑒𝑛 𝑣𝑜𝑙𝑚𝑎𝑎𝑘𝑡𝑒 𝑤𝑖𝑙 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠.”
Ja, ons moet heeltemal anders begin dink as hierdie wêreld. Ons moet begin besef dat die wêreld nog altyd vir ons definisies gegee het en gaan gee van wat liefde is, maar dit kom nie naby God se liefde nie. Die onderskeid is eenvoudig: God se liefde is rein, opreg (soos ons gister gehoor het), en vêrder, lees ons in Romeine 12:10, is hierdie liefde waarmee ons ander mense moet liefhê, alhoewel onvoorwaardelik, tog liefde met voorkeur. Romeine 12:10 (AFR20) sê: “¹⁰𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑙𝑖𝑒𝑓ℎ𝑒̂ 𝑚𝑒𝑡 𝑖𝑛𝑛𝑖𝑔𝑒 𝑏𝑟𝑜𝑒𝑑𝑒𝑟𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒. 𝐺𝑎𝑎𝑛 𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝑖𝑛 𝑒𝑒𝑟𝑏𝑒𝑡𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔.”
As Christene, moet ons almal liefhê, selfs ons vyande (Matt. 5:44), maar ons moet ’n spesiale soort liefde hê vir ons broers en susters in Christus. Ons mede-gelowiges moet ons naaste, dierbaarste en mees geliefde vriende wees. Hierdie tipe liefde is die 𝑓𝑖𝑙𝑒́𝑜 liefde of die 𝑓𝑖𝑙𝑎𝑑𝑒𝑙𝑓𝑖𝑎 liefde. Dit is ’n broederlike of susterlike liefde – ’n liefde wat gewoonlik van kleintyd af in ons groei. Ons kan dalk hoe baie stry met ’n broer of ’n suster, ons kan selfs glad nie oor die weg kom met hulle nie, maar ons is nogsteeds baie lief vir hulle. Hierdie is ’n innige liefde.
Dalk is jy ’n enigste kind en jy smag nog altyd vir daardie broer of suster wat jy nooit gehad het nie. Paulus sê ons moet mekaar liefhê soos broers en susters mekaar lief het. Maar hierdie is nie in ’n normale huishouding nie. Hierdie is in God se huishouding. Ons mag dalk nogsteeds van mekaar verskil en selfs stry oor dinge, maar ons het mekaar lief met ’n liefde wat groei na die 𝑎𝑔𝑎𝑝𝑒́ liefde waarmee God ons lief het, omdat ons liefde vir mekaar voortspruit uit ons liefde vir God. Daarom gaan ons mekaar voor in eerbetoning en respekteer ons mekaar. Ons deel in die vreugde dat die Vader ons elkeen afsonderlik geseën het met verskillende gawes en ons probeer nie kompeteer met mekaar om die Vader te beïndruk nie, maar werk eerder saam as ’n liggaam (1 Kor. 12), sodat ons Hom saam kan eer en verheerlik. Dit is “𝑠𝑖𝑛𝑣𝑜𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑜𝑑𝑠𝑑𝑖𝑒𝑛𝑠”. Dit is “'𝑛 𝑜𝑓𝑓𝑒𝑟 𝑤𝑎𝑡 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑑 𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔 𝑖𝑠, 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝐺𝑜𝑑 𝑎𝑎𝑛𝑛𝑒𝑒𝑚𝑙𝑖𝑘 𝑖𝑠”.
Ons gee voorkeur aan ons geliefdes, ons mede-gelowiges. Hoekom? Want, in ’n wêreld wat nie meer kan of wil glo in God of Sy liefde vir ons nie, moet ons dit iewers wys waar die mense dit kan sien. Ons huise en die kerk is ons beginpunt.
𝓛𝓲𝓮𝓯𝓭𝓮 𝓲𝓼... 𝓲𝓷𝓷𝓲𝓰, 𝓮𝓮𝓻𝓿𝓸𝓵.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Hoe kom ek oor die weg met my mede-gelowiges? Is hulle my broers en susters in God se huishouding?
🅖🅔🅑🅔🅓:
Here, U kerk lyk nie altyd soos dit moet nie, want dit ontbreek so dikwels hierdie liefde. Gee dat ek met innige, eervolle liefde my broers en susters in Christus sal liefhê. Mag die wêreld weer sien hoe lief U ons het, as hulle sien hoe lief ons mekaar het. Amen
2022-01-17 – “𝓛𝓲𝓮𝓯𝓭𝓮 𝓲𝓼...” (𝓓𝓮𝓮𝓵 1) (Kliek hier vir die klankgreep)
Ek onthou toe ek nog jonk was, was daar sulke tekenprentjies gewees op kaartjies wat jy kon koop, rugsakke, selfs T-hemde wat gesê het “Liefde is...” Dan was dit gewoonlik opgevolg met ’n mooi boodskappie oor wat liefde tussen 2 mense is. Die prentjies het ’n mannetjie en vroutjie opgehad wat redelik gelukkig gelyk het ook. Die Nieu-Seelandse tekenaar Kim Casali het hordes van hierdie prentjies al sedert die 1960’s geteken en dit het die rondte gedoen vir ’n hele paar dekades – selfs 20 jaar later toe ek ’n kind was. Hierdie boodskappies het gewoonlik op klein goedjies gefokus wat saakmaak in ’n liefdesverhouding, soos “Liefde is... iemand om jou rug te krap... Liefde is... ’n drukkie op die regte tyd ... Liefde is... saam vir altyd...” Ag, en soms was dit sommer snaaksigheid ook gewees. Maar, wat is liefde? Behalwe vir die klein goedjies wat ons doen vir mekaar, wat is liefde regtig? En as ons dit bietjie wyer neem, liefde vir ons naaste?
In Romeine 12:9-21 vind ons ’n gedeelte wat in die 1983 vertaling die opskrif het: “Riglyne vir die Christelike lewe”. In die 2020 vertaling, is dit “Rigtingwysers vir gelowiges” Toe Paulus hierdie gedeelte geskryf het, wou hy graag sy medegelowiges in Rome herinner aan wat naasteliefde beteken – ’n naasteliefde wat gebaseer is op Christus se liefde vir ons. Ons gaan die volgende paar dae bietjie daarna kyk.
Ons liefde vir God kan nie net daar bly nie. As ons lief is vir God, moet ons ook lief wees vir wie Hy lief is: almal! Maar dit is moeilik. Want mense maak ons seer en mense stel ons teleur. Tog het God hulle nogsteeds net so lief soos Hy jou het! Hoekom? Want God sien die potensiaal in mense. Hy sien Sy beeld wat na vore kan kom. Hy sien deur die vuilheid en donkerte van sonde.
Ons sukkel soms om lief te hê, omdat ons graag wil oordeel en dan vaskyk in mense se foute. Ons moet leer om met God se bril na mense en die wêreld te kyk. Paulus begin juis hoofstuk 12 van Romeine om ons te herinner dat die Gees ons denke moet vernuwe. Ons moet begin anders dink oor dinge, sodat ons dit anders kan sien. Dan begin hy in vers 9 (AFR20) en sê: “⁹𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑔𝑒𝑣𝑒𝑖𝑛𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑠. 𝑉𝑒𝑟𝑎𝑓𝑠𝑘𝑢 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑤𝑎𝑎𝑑; ℎ𝑜𝑢 𝑣𝑎𝑠 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒.”
Sjoe, slegs in hierdie een vers, sê hy sommer klaar 3 dinge van wat liefde is. As ons dit opsom, sê Paulus: “Liefde is... rein.” Om ongeveinsd te wees, beteken dat jy opreg is. Daar is geen bybedoelings nie. Jy gee nie voor om ander lief te hê nie. Jy het hulle lief, omdat hulle – net soos jy – deur God geskape is. Julle deel ’n almagtige, liefdevolle Skepper. Daarom is jou liefde rein, opreg, want dit is God se liefde wat jy deel. Daarom haat jy wat sleg is, jy verafsku die kwaad. Jy hou nie daarvan as jou naaste teen jou sondig nie, maar jy veroordeel hom/haar nie. Jy probeer eerder om hom/haar liefdevol reg te help. Jy hou eerder vas aan die goeie. Jy fokus op hul goeie punte en lig dit uit en bou hulle op. Deur dit te doen, bou jy jouself ook op.
“𝓛𝓲𝓮𝓯𝓭𝓮 𝓲𝓼... 𝓻𝓮𝓲𝓷, 𝓸𝓹𝓻𝓮𝓰.”
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Hoe opreg is my liefde vir my geliefdes? En vir my mede-gelowiges? En vir ander?
🅖🅔🅑🅔🅓:
Here, U het ons onvoorwaardelik lief met ’n opregte, rein liefde. Mag daardie soort liefde, die liefde wees wat ons het vir ons naaste. Amen
2022-01-15 – “🅰🆂 🅹🆈 🅳🅰🅽 🅾🅼🅳🆁🅰🅰🅸...” (Kliek hier vir die klankgreep)
Lyk my hierdie is ’n week van ouer liedjies onthou... In 1993 het die Sweedse groep Ace of Base ’n groot treffer gehad met die liedjie “Don’t turn around”. Die oorspronklike weergawe van die liedjie was in 1986 deur Tina Turner gesing en dit gaan oor ’n verhouding op die rotse. Die vrou vra die man om eerder te gaan en as hy gaan, moet hy asseblief nie omdraai nie, want anders sal hy sien hoe haar hart breek.
Baie kere draai ons om in ons lewens. Soms is dit omdat ons iewers ’n verkeerde afdraai geneem het en soms is dit omdat ons eerder wil terugkeer na iets goed of beter. Soms draai ons glad nie om nie. Soms moet ons nie omdraai nie. Ons lees ook mos in die Bybel, toe God Sodom en Gomorra vernietig het oor hul erge sondigheid, hoe Hy vir Lot en sy gesin gesê het om te vlug en nie om te draai of eers om te kyk nie. Lot se vrou, ongehoorsaam, wou mos net vir oulaas kyk wat gebeur en het in ’n soutpilaar verander.
Nee, kyk, soms moet ons eerder net aanhou gaan waarheen ons gaan en nie omdraai nie. Maar dit geld nie vir wanneer ons op die verkeerde pad is nie. God se Woord leer ons mos mooi van die regte pad, in God se wil, en die verkeerde pad, weg van God se wil en op pad na die verderf. As ons op hierdie verkeerde pad is, moet ons omdraai. Maar om om te draai, is nie altyd maklik nie. Om om te draai, beteken dat jy moet erken dat jy iewers die pad byster geraak het. Jy moet erken dat jy nie die GPS aanwysings wat God jou gegee het, gevolg het nie. Jy moet erken dat Jy verkeerd was en dat God reg is.
Vir baie van ons, is hierdie omdraai – bekering – dikwels moeilik, omdat dit vir ons ’n saak van trots word. Maar soms moet ons ons trots in ons sak steek. Eintlik, nie net soms nie, sommer altyd. Maar as ons dan omdraai, moet ons ook besef dat ons nie weer ’n ander paadjie moet probeer nie. Ons dink mos dikwels dat as die een paadjie tot aardse geluk nie werk nie, dan sal ’n volgende een of ’n ander een wat dalk bietjie makliker is, werk. Uiteindelik word ons niks meer as swerwers nie – mense sonder ’n tuiste, sonder ’n plek van veiligheid, beskerming en sorg. Die Israeliete het ook heeltyd daardie fout gemaak en elke keer in dieselfde strikke – wat net anders gelyk het – getrap. God kom sê vir hulle (en ons) in Jeremia 4:1 (AFR20):
“¹“𝐴𝑠 𝑗𝑦 𝑑𝑎𝑛 𝑜𝑚𝑑𝑟𝑎𝑎𝑖, 𝐼𝑠𝑟𝑎𝑒𝑙,” 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑠𝑝𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, “𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑗𝑦 𝑛𝑎 𝑀𝑦 𝑡𝑜𝑒 𝑜𝑚𝑑𝑟𝑎𝑎𝑖. 𝐴𝑠 𝑗𝑦 𝑗𝑜𝑢 𝑣𝑒𝑟𝑓𝑜𝑒𝑖𝑙𝑖𝑘𝑒 𝑎𝑓𝑔𝑜𝑑𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑤𝑦𝑑𝑒𝑟 𝑢𝑖𝑡 𝑚𝑦 𝑡𝑒𝑒𝑛𝑤𝑜𝑜𝑟𝑑𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑔𝑒𝑟 𝑟𝑜𝑛𝑑𝑠𝑤𝑒𝑟𝑓 𝑛𝑖𝑒.”
Hoekom sal jy dan nou omdraai van jou verkeerde pad, net om weer ’n verkeerde pad te vat? Hoe slim baie van die GPS navigasie programme ook al is, maak baie van hulle nogsteeds foute en neem dit ons dikwels na verkeerde bestemmings. Waarom? Want dit is deur mense ontwerp en het ’n menslike element. Met ’n menslike element, is daar altyd kans vir foute. Maar nie by God nie. Sy GPS is reg en akkuraat. Sy pad is die beste. Dis ’n nou pad en soms moeilik, maar Hy is aan die stuur en daarop kan ons vertrou.
As jy dan omdraai, moenie omdraai na vorige gefaalde roetes of bestemmings nie. As jy dan omdraai, draai om na God toe, waar jy veilig is en waar jy toegevou word in liefde sonder perke.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Waarheen draai ek gewoonlik in my lewe? Is dit dalk tyd om heeltemal om te draai en terug te keer na God toe?
🅖🅔🅑🅔🅓:
Dankie Here Jesus, dat U aan die stuur is in my lewe. Jammer dat ek so gereeld probeer beheer neem en dan heeltemal die pad byster raak. Vergewe my asseblief en dankie dat ek welkom is, wanneer ek omdraai. Wys my die rigting en help my om om te draai na U toe. Amen
2022-01-14 – 𝑮𝒐𝒅 𝑰𝑺... (Kliek hier vir die klankgreep:)
Vir ’n baie lang ruk nou al probeer ateïste en evolusioniste ons vertel dat God nie bestaan nie, dat God nie IS nie. Maar die Bybel leer ons dat God IS.
God is... Ons kan dit maar sien as ’n hele, volledige stelling. Dit is ’n feit. Ons kan natuurlik ook daardie stelling neem en dit aanvul met wat ons weet. As gelowiges, kan ons met allerhande antwoorde vorendag kom: God is goed... God is genadig... God is liefde... en so kan ons aan en aangaan. Vir ’n ongelowige of iemand wat dalk kwaad is vir God kan daardie stelling dalk anders aangevul word: God is onregverdig... God is verkeerd... God is nie werklik nie... God is ’n sprokie – en so kan dit ook aan en aangaan.
Gelukkig vir ons, is die Bybel ons standaard van waarheid en as ons kyk na, byvoorbeeld Psalm 36, dan sien ons hoe Dawid ook die stelling vir ons op ’n paar manier aanvul en voltooi:
“⁸𝐻𝑜𝑒 𝑘𝑜𝑠𝑏𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑠 𝑢 𝑡𝑟𝑜𝑢𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒, 𝑜 𝐺𝑜𝑑! 𝑀𝑒𝑛𝑠𝑒 𝑠𝑘𝑢𝑖𝑙 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑘𝑎𝑑𝑢 𝑣𝑎𝑛 𝑢 𝑣𝑙𝑒𝑟𝑘𝑒. ⁹𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑟𝑖𝑛𝑘 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑎𝑑𝑖𝑔 𝑎𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑣𝑙𝑜𝑒𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑢 ℎ𝑢𝑖𝑠, 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑡𝑟𝑜𝑜𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝑢 𝑔𝑒𝑛𝑖𝑒𝑡𝑖𝑛𝑔𝑒 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑈 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑟𝑖𝑛𝑘.¹⁰𝐽𝑎, 𝑏𝑦 𝑈 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑓𝑜𝑛𝑡𝑒𝑖𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝑙𝑒𝑤𝑒, 𝑖𝑛 𝑢 𝑙𝑖𝑔 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑙𝑖𝑔.” – Psalm 36:8-10 (AFR20)
Ja, God is ons veiligheid (vers 8). Ons kan altyd by God skuil. Ons kan in Sy skadu rustigheid, veiligheid en vrede vind. Ons dink dikwels dat solank ons net saam met ander mense is, dat ons veilig sal wees – dat daar veiligheid in groot getalle is. Ek dink die COVID-19 pandemie het daardie punt redelik goed vir ons kom maak dat die teenoorgestelde soms waar is. Soms is kleiner groepies beter. Soms is bietjie isolasie beter. En dit is ook waar vir ons geestelike lewens. Jesus self het gesê dat die weg na die ewige lewe ’n smal pad is (Matt. 7:14). By God is ons veilig. Dit beteken nie dat as die meerderheid mense iets glo of aanvoer, dat dit waar of reg is nie...
Die wêreld is nie ’n veilige plek nie – dit was nog nooit nie. Maar by God is ons veilig. God IS ons veiligheid.
En as ons veilig is, kan ons tevrede wees. God is ons tevredenheid (vers 9). Net by God kan ons ware vrede en rustigheid vind in Sy wil vir ons. Ons leer om tevrede te wees met wat ons het, dankbaar vir oorvloed en nederig in afhanklikheid. Die Rolling Stones het ’n baie bekende liedjie gehad: “I can’t get no satisfaction”. Die liedjie praat oor hoe mense net nie tevredenheid kan vind in al die dinge wat hierdie lewe bied nie. Maar tevredenheid word nie in onsself gevind nie. Dit is nie iets wat ons aan kan vat nie. Nee, vind jou vrede en jou tevredenheid in die Here, want...
God is ons bron... God is ons bron van lewe en lig (vers 10). Johannes 1:4-5 (AFR20) sê ook vir ons: “⁴𝐼𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑤𝑎𝑠 𝑙𝑒𝑤𝑒, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒́ 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑤𝑎𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔 𝑣𝑖𝑟 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠𝑒. ⁵𝐸𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑖𝑔 𝑠𝑘𝑦𝑛 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠 𝑘𝑜𝑛 𝑑𝑖𝑡 𝑛𝑖𝑒 𝑢𝑖𝑡𝑑𝑜𝑜𝑓 𝑛𝑖𝑒.” Lig oorwin nog altyd die duisternis en God is ons bron van lig. In Sy lig, sien ons lig. Maak nie saak hoe donker jy dink die tonnel is waarin jy jou bevind nie, daar is altyd lig aan die einde van die tonnel. Die wêreld sal jou laat glo dat die lig ’n trein is wat teen ’n groot verwoestende spoed op pad is na jou toe om jou vêrder te verwoes, maar... God IS die lig vir die wêreld. Dit is Hy wat altyd op pad is om ons te red en om Sy lig oor die donkerte van ons lewens te laat skyn.
Dalk is jy op ’n slegte plek en jy wil ook allerhande negatiewe eindes tot daardie “God is...” stelling maak. Word stil. Kyk mooi. God is... ons skuiling. Hy is jou skuiling. Wees veilig onder Sy vlerke. God is... ons tevredenheid. Vir jou ook. Vind jou vrede in Hom en al die seëninge wat jy dalk miskyk as gevolg van omstandighede. God is... ons Bron. Hy is ons bron van alles wat goed is in ons lewens. Hy is ook jou bron van lewe en lig. Moenie stry teen die lig nie, want die Lig vir die wêreld het vir jou gekom om alle duisternis uit jou lewe te verwyder. God is... soveel meer as wat enigiemand ooit kan beskryf.
🅖🅔🅑🅔🅓:
Dankie Here dat U alles en nog meer is as wat ek nodig het. Mag ek my veiligheid, tevredenheid, vrede, rus, lewe en lig in U vind. Amen
2022-01-13 – “🅲🅰🅽’🆃 🅱🆄🆈 🅼🅴 🅻🅾🆅🅴” (Kliek hier vir die klankgreep)
In 1964 het die rockgroep The Beatles ‘n groot treffer gehad met die liedjie “Can’t buy me love”. Die liedjie begin met ’n persoon wat aan ’n ander vertel dat hy ’n diamantring of wat ook al die ander persoon wil hê, sal koop vir die ander persoon, want “I don’t care too much for money, for money can’t buy me love.”
So gaan die liedjie dan ook aan en kom die boodskap deur dat jy alles vir iemand anders kan gee – al het jy min – maar dat jy nogsteeds nie die ander persoon se liefde kan koop nie. Uiteindelik is die wens dat die ander persoon eerder die dinge sal wil hê wat geld nie kan koop nie, want “money can’t buy me love”.
Ag, ons weet dit tog. As jy probeer om iemand om te koop met geskenkies en allerhande fraai dingetjies, skep jy ’n verwagting. Elke keer moet jy groter en beter kry om jouself te oortref en om die ander persoon te probeer gelukkig hou. Maar, eintlik, is dit nie wat regtig saak maak nie. Die klein goedjies – die goedjies wat nie geld kos nie – dit maak saak.
Ongelukkig is hierdie wêreldse standaard van aardse waarde en waardering nogal iets wat by die kerk ook gereeld kop uitsteek. Die predikante swoeg en sweet om kerk vir die jongmense “lekker” te maak. DVD aande, speletjie aande, selfs Sokkies... en elke keer moet jy wonder: “Maar wat gaan ek volgende kan doen om hulle hier te hou?” So tussendeur al die gespelery, probeer jy hulle so klein bietjie leer van God se liefde, maar dis gewoonlik ’n bysaak, want dis mos nie “lekker” vir hulle nie. Dit is die een foefie op die ander... en dit geld nie net vir jeug byeenkomste nie.
Selfs in die Bybelse tyd het mense ook gedink dat jy met geld alles kan koop. In Handelinge 8 sien ons hoe die apostels groot wonderwerke verrig in die Naam van Jesus, deur die werk van die Heilige Gees. Ons sien ook hoe mense, deur geloof, die Heilige Gees ontvang. En dan kom Simon, ’n towenaar, op die toneel... Toe hy al hierdie dinge sien, toe sien hy sommer dadelik Rande en Sente. Hy sien hoe hierdie nuwe foefie vir hom baie roem en geld sal kan inbring. Die mense sal mos dan na hom toe stroom. Hy bied sommer dadelik vir die apostels geld aan om hierdie gawe van die Gees te koop!
Ons lees dan in Handelinge 8:20-23 (AFR20):
“20𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑃𝑒𝑡𝑟𝑢𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑣𝑖𝑟 ℎ𝑜𝑚 𝑔𝑒𝑠𝑒̂: “𝑀𝑎𝑔 𝑗𝑜𝑢 𝑔𝑒𝑙𝑑 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑒𝑟𝑓 𝑏𝑒𝑙𝑎𝑛𝑑, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑦 𝑔𝑒𝑑𝑖𝑛𝑘 ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑎𝑤𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑔𝑒𝑙𝑑 𝑡𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑟𝑦! 21𝐽𝑦 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑛𝑑𝑒𝑒𝑙 𝑜𝑓 𝑎𝑎𝑛𝑠𝑝𝑟𝑎𝑎𝑘 𝑖𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑎𝑎𝑘 𝑛𝑖𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑗𝑜𝑢 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑝𝑟𝑒𝑔 𝑣𝑜𝑜𝑟 𝐺𝑜𝑑 𝑛𝑖𝑒. 22𝐵𝑒𝑘𝑒𝑒𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑖𝑒𝑟𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑜𝑜𝑠ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑜𝑢, 𝑒𝑛 𝑏𝑖𝑑 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑑𝑜𝑒𝑙𝑖𝑛𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑜𝑢 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑤𝑒 𝑚𝑎𝑔 𝑤𝑜𝑟𝑑, 23𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑒𝑘 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑗𝑦 𝑖𝑠 𝑔𝑎𝑙𝑏𝑖𝑡𝑡𝑒𝑟 𝑒𝑛 𝑖𝑛 𝑜𝑛𝑔𝑒𝑟𝑒𝑔𝑡𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑟𝑖𝑘.””
Nee, “you can’t buy me love”. Geld gaan jou nie in die hemel kry nie. Geskenkies en allerhande foefies ook nie. Slegs deur ons geloof in Jesus Christus, ontvang ons die Heilige Gees en kan ons soveel meer doen as wat ons gedink het menslik moontlik is. Slegs deur God se genade, kan ons besef hoe ons ons lewens in dankbaarheid aan Hom kan onderwerp. Kerk is nie altyd lekker nie, want dit is juis waar die gemeenskap van gelowiges, deur God se Woord en Gees, deurdring tot ons diepste wese – tot by die raakpunt tussen siel en gees (Heb. 4:12).
Gelukkig vir Simon, het hy besef wat aan die gebeur is met die Heilige Gees en in vers 24 vra hy: “Bid julle tot die Here vir my dat niks van wat julle gesê het, my oorkom nie.” Mag ons ook besef dat ons nie God se liefde kan koop nie. Ook nie die Gees nie. Dit is alles uit genade dat ons in geloof na Hom toe kan gaan en seëning op seëning kan geniet. Mag ons besef dat hierdie liefde en genade onvoorwaardelik aan ons verniet gebied word. Al wat ons moet doen, is om dit te ontvang, ons eie te maak en dit uit te deel.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
In watter dele van my lewe jok ek vir myself om te dink ek kan God of iemand anders se liefde “koop”?
🅖🅔🅑🅔🅓:
Dankie Here vir U liefde en genade. Help my om by die kerk, by my gemeente, hierdie liefde te deel. As dit nie sigbaar is waar ek is nie, help my om dit sigbaar te maak, deur U, o Heilige Gees, wat in my woon en deur my werk. Amen
2022-01-12 – 🅾🅽🆂 🅰🅵🅶🅾🅳🅴... (Kliek hier vir die klankgreep)
Aan die einde van Johannes se eerste brief, sluit hy af met die woorde “21𝑀𝑦 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠, 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑒𝑟𝑚 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑓𝑔𝑜𝑑𝑒.” (1 Joh. 5:21 AFR20). Gister het ek so paar afgode van hierdie wêreld genoem, soos jaloesie, afguns, wellus, selfverheffing en geldgierigheid, maar daar is natuurlik nog baie ander.
Nou kan jy dalk vir my sê: “Maar ek aanbid nie afgode nie. Ek buig mos nie voor enigiets nie en ek bid nie tot enigiemand of enigiets anders as God nie.” En weet jy, dit is só vir die meeste Christene. Ons weet mos dat daar geen ander god is as God nie. Ons weet dat Jesus Christus gekom het om die wet en die profete te vervul. Ons weet dat God ’n God van liefde is en dat Hy dit vir ons kom wys het in Jesus en deur Sy Gees wat in ons woon. Maar kom ons gaan net gou weet terug na die wet. Eksodus 20:2-3 (AFR20) sê:
“2“𝐸𝑘 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑗𝑜𝑢 𝐺𝑜𝑑, 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑢𝑖𝑡 𝐸𝑔𝑖𝑝𝑡𝑒𝑙𝑎𝑛𝑑, 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑝𝑙𝑒𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑙𝑎𝑤𝑒𝑟𝑛𝑦, 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑙𝑒𝑖 ℎ𝑒𝑡. 3𝐽𝑦 𝑚𝑎𝑔 𝑛𝑎𝑎𝑠 𝑀𝑦 𝑛𝑖𝑒 𝑎𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑔𝑜𝑑𝑒 ℎ𝑒̂ 𝑛𝑖𝑒.”
As ek mense hieraan herinner, dan hoor ek dikwels: “Haai, maar dominee, jy weet mos: ek het geen ander gode nie. Ek is ’n kerkmens...”
Die Israeliete van ouds was ook “kerkmense”. Hulle het ook saam die Here aanbid. Hulle het gereeld bymekaargekom en gesing en dans tot eer van God. Hulle het gehou by wat God hulle geleer het. Maar, hulle het ook dieselfde fout oor en oor gemaak: hulle het toegelaat dat ander mense en ander dinge tussen hulle en God kom. Hulle het bietjie-vir-bietjie hul waardes laat gaan en as hulle weer sien, was hulle huise gevul met afgodsbeeldjies en het hulle gebid tot hierdie gode vir geluk en voorspoed.
Jy dink dalk dat jou huis nie sulke afgodsbeeldjies het nie. Kyk weer! Wat van jou werk? Jou vrou of man? Jou kinders? Jou finansies? Jou besittings? Jou genot? Sien, die probleem met afgodery, is nie dat jy begin glo in- en bid tot hierdie dinge nie, maar jy begin hulle bó God te plaas. Die probleem is dikwels nie met die voorwerp – of dit nou ’n mens of ding is – nie, maar met jou siening van God.
Is God jou enigste God? Dink mooi daaroor... Is Jesus Christus jou Verlosser? Indien wel, waarom laat ons toe dat wêreldse geluk en voorspoed ons lewens en wat belangrik is vir ons bepaal? Waarom laat ons toe dat “gesinstyd” by die park of inkopiesentrum of sommer net by die huis op ’n Sondag, vir ons belangriker geword het as tyd saam met God en die gemeente? Waarom is TV kyk of Facebook of Twitter of Instagram of Tic-Toc of wie weet wat belangriker vir ons as om tyd in God se Woord te spandeer? Ons kan mos vir ure sit en nuttelose video’s kyk, maar om net 20-30 minute se Bybelstudie te doen, is te veel moeite?
As ons bely dat God die enigste God is, kan ons nie toelaat dat ander dinge of mense wat anders dink en voel daaroor, ons tyd of aandag steel nie. Ons kan nie ons aksies probeer regverdig met wêreldse standaarde van geluk en voorspoed nie. As ons dit doen, dan skuif ons die objek van aanbidding van God na onsself. Sien, uiteindelik is enige vorm van selfverheffing, afgodery.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Is God die belangrikste in my lewe? Wat meer kan ek doen daaroor?
“21𝑀𝑦 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠, 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑒𝑟𝑚 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑓𝑔𝑜𝑑𝑒.”
🅖🅔🅑🅔🅓:
Here, U alleen is God. Help my dat dit in my lewe só sal wees en dat my woorde en my dade dit sal bely. Mag alles anders wat ek dalk hoog geag het, nietig word vir my, sodat U eer en U verheerliking en U wil my doel sal wees. Amen
2022-01-11 – 🅳🅸🅴 🅷🅴🅻🅴 🆆ê🆁🅴🅻🅳 🅸🆂 🅸🅽 🅳🅸🅴 🅼🅰🅶 🆅🅰🅽 🅳🅸🅴 🅱🅾🆂🅴. (Kliek hier vir die klankgreep)
Elke dag is ons gewikkel in ’n stryd tussen goed en kwaad. Ons probeer so hard partymaal om goed te doen en te doen wat reg is, maar as ons onsself weer kry, dan swig ons onder groepsdruk of een of ander ander versoeking. Ons weet ons mag nie regtig vir ander mense die skuld gee nie, want ons het ’n keuse in alles. Maar, kan ons nie maar vir die duiwel die skuld gee nie? Is dit nie sý skuld dat ons sondig nie? Johannes sê mos in 1 Johannes 5:19 (AFR20) “𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐵𝑜𝑠𝑒 𝑖𝑠.”
Weet jy, dit is wel so. Die hele wêreld is al vir ’n geruime tyd in die mag van die bose. Dit is daarom dat volke teen volke in opstand kom, dat broers en susters mekaar haat en uitmoor, dat sekere sondes maar goedgepraat word as menseregte, dat die mens die middelpunt van alles word. Ons kan nie stry nie: die wêreld is boos. En ons is in hierdie wêreld. As ons mos nou maar so bietjie sondig, so nou en dan, dan is dit mos nie so erg nie, of hoe?... Nee! Ons kan nie en mag nie so dink nie. Ons moet regtigwaar streef om teen die sonde te baklei!
Sien, as ons daardie een gedeeltetjie van 1 Joh. 5:19 wil gebruik as ons verskoning, dan maak ons dieselfde fout wat baie mense en selfs baie kerke maak. As ons daardie gedeelte mooi gaan lees, sien ons iets anders. 1 Johannes 5:18-21 (AFR20) sê:
“18𝑂𝑛𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑡 𝑛𝑖𝑒𝑚𝑎𝑛𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑢𝑖𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑟𝑒 𝑖𝑠, 𝑎𝑎𝑛ℎ𝑜𝑢 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒; 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝐻𝑦 𝑤𝑎𝑡 𝑢𝑖𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑏𝑜𝑟𝑒 𝑖𝑠, 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑒𝑟𝑚 ℎ𝑜𝑚, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐵𝑜𝑠𝑒 𝑘𝑎𝑛 ℎ𝑜𝑚 𝑛𝑖𝑘𝑠 𝑎𝑎𝑛𝑑𝑜𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒. 19𝑂𝑛𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑢𝑖𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑖𝑠, 𝑒𝑛 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑤𝑒̂𝑟𝑒𝑙𝑑 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑚𝑎𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐵𝑜𝑠𝑒 𝑖𝑠. 20𝐸𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑤𝑒𝑒𝑡 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑆𝑒𝑢𝑛 𝑣𝑎𝑛 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚 ℎ𝑒𝑡, 𝑒𝑛 𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑 𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑊𝑎𝑎𝑟𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔𝑒 𝑘𝑎𝑛 𝑘𝑒𝑛, 𝑒𝑛 𝑜𝑛𝑠 𝑖𝑠 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑊𝑎𝑎𝑟𝑎𝑔𝑡𝑖𝑔𝑒, 𝑖𝑛 𝑠𝑦 𝑆𝑒𝑢𝑛, 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠. 𝐻𝑦 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑟𝑒 𝐺𝑜𝑑 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑒𝑤𝑖𝑔𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒. 21𝑀𝑦 𝑘𝑖𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠, 𝑏𝑒𝑠𝑘𝑒𝑟𝑚 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑡𝑒𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑓𝑔𝑜𝑑𝑒.”
Ons hoef nie bang te wees vir die bose nie. Ons hoef ook nie te swig onder versoekings en groepsdruk nie. Ons hoef nie die waardes van hierdie wêreld aan te neem of eers te duld nie. Ons is in hierdie wêreld, maar ons is nie van hierdie wêreld nie. Ons is uit God gebore. Ons besit verstand. Ons kan die ware God ken – die Waaragtige. Jesus Christus is die lewe. Hy is ons Redder en ons ewige lewe. Deur Sy Gees wat Hy aan elkeen van ons gee, het ons beskerming teen die afgode van hierdie wêreld: jaloesie, afguns, wellus, selfverheffing, geldgierigheid, ag noem dit alles maar op.
Onthou: jy het ’n keuse. As jy sondig, is jy mens – almal van ons sondig. Die bose sal ons nooit dwing om te sondig nie – dit is nou maar eenmaal hoe slinks die vyand is. Hy sal ons altyd laat glo dat wat ons doen nie verkeerd is nie – of darem nie ’n “groot sonde” is nie. Maar, ons moet in elke situasie, in elke versoeking, pleit vir die beskerming van Jesus Christus se bloed wat reeds ons sondes weggeneem het en ons kan beskerm teen die sondigheid van die wêreld. Dit is deur Sy Gees wat ons die krag kry om “nee” te sê vir die uitnodiging van hierdie wêreld om gelyk te word daaraan.
Mense sê mos deesdae: “Dit is makliker om ná die tyd verskoning te vra, as om toestemming te vra”... In sommige gevalle is dit dalk ’n goeie idee om so te dink as jy dinge gedoen wil kry, maar kom ek vra jou, as dit kom by sonde: dink jy dis beter om God na die tyd om verskoning te vra as Sy Gees in jou teen die sondedaad spreek?
𝑫𝒊𝒆 𝒘𝒆̂𝒓𝒆𝒍𝒅 𝒊𝒔 𝒃𝒐𝒐𝒔 𝒆𝒏 𝒊𝒏 𝒅𝒊𝒆 𝒎𝒂𝒈 𝒗𝒂𝒏 𝒅𝒊𝒆 𝒃𝒐𝒔𝒆. 𝑱𝒚 𝒊𝒔 𝒏𝒊𝒆.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Hoe dikwels maak ek daardie stem wat stry teen die sonde binne my stil?
🅖🅔🅑🅔🅓:
Here, ek weet dat die meeste sonde wat ek pleeg, my keuse is. Vergewe my dat ek nie ag slaan op U stem in my nie, Heilige Gees. Dankie dat U aan my verstand gegee het om te kan oordeel oor reg en verkeerd, omdat ek in die Waaragtige God, Jesus Christus, weergebore is. Help my om myself te beskerm teen die afgode van hierdie wêreld – deur die bloed van Jesus Christus. Amen
2022-01-10 – 🅼🅰🅶 🆅🅰🅽 🅳🅸🅴 (🆂🅻🅴🅶🆃🅴) 🅶🅴🆆🅾🅾🅽🆃🅴. (Kliek hier vir die klankgreep)
Meeste van ons het een of ander soort roetine. Ons word wakker en staan op in die oggende – party van ons doen dit andersom en word eers laat in die dag wakker (grappie!). Ons maak reg vir die dag, werk, eet, doen dalk iets vir ontspanning, sluit die dag af en slaap weer. Soms is dit ’n vervelige roetine en soms is dit interessant en lekker. Soms gebeur dinge buite ons roetine wat ons roetine omkrap, maar soms is dit ook goed. Of jy dit nou agterkom of nie, jy is in een of ander soort roetine.
Saam met roetine, kom daar ook dikwels gewoontes. Goedjies wat ons doen, sonder dat ons eers agterkom. Ons hoor ook gereeld hoe iemand iets doen en as hulle daarop gewys word, antwoord hulle dat “dit maar die mag van die gewoonte is”. Partymaal is hierdie “goedjies” nie goeie dinge nie. Soms is dit sonde en moet ons hierdie gewoontes breek. Maar ons almal weet dat sekere gewoontes nie maklik gebreek word nie. Sommige gewoontes raak verslawings en, voor jy jouself kry, is dit iets wat jy nie meer beheer oor het nie.
Ongelukkig is dit ook so dat baie van hierdie gewoontes – veral die slegte gewoontes – toegeskryf word aan ons ouers of voorouers. Dit is mos altyd makliker om iemand anders die skuld te gee vir die probleme wat ons het! Selfs die Psalmdigter van Psalm 106 skryf daaroor:
“6𝑂𝑛𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑠𝑎𝑎𝑚 𝑚𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑜𝑢𝑒𝑟𝑠 𝑔𝑒𝑠𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔, 𝑜𝑛𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑎𝑓𝑔𝑒𝑑𝑤𝑎𝑎𝑙, 𝑔𝑜𝑑𝑑𝑒𝑙𝑜𝑜𝑠 𝑜𝑝𝑔𝑒𝑡𝑟𝑒𝑒. 7𝑂𝑛𝑠 𝑣𝑜𝑜𝑟𝑜𝑢𝑒𝑟𝑠 ℎ𝑒𝑡 𝑖𝑛 𝐸𝑔𝑖𝑝𝑡𝑒 𝑢 𝑤𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑟𝑦𝑝 𝑛𝑖𝑒, 𝑒𝑛 𝑢 𝑜𝑜𝑟𝑣𝑙𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑡𝑟𝑜𝑢𝑒 𝑙𝑖𝑒𝑓𝑑𝑒 𝑛𝑖𝑒 𝑜𝑛𝑡ℎ𝑜𝑢 𝑛𝑖𝑒, 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑖𝑛 𝑜𝑝𝑠𝑡𝑎𝑛𝑑 𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚 𝑏𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑒𝑒, 𝑏𝑦 𝑑𝑖𝑒 𝑅𝑖𝑒𝑡𝑠𝑒𝑒.” – Psalm 106:6-7 (AFR20)
Ja, ons gee dikwels ons ouers en vorige geslagte die skuld vir die moeilikheid waarin ons sit. Soms is dit wel die gevolg van dinge wat hulle gedoen het, maar weet jy, in die meeste gevalle, kan jy die situasie verander. Soos met met die Israeliete van ouds, het ons voorouers ook foute gemaak en aangejaag. Dit beteken nie dat ons nou maar uit die mag van die gewoonte moet voortgaan daarmee nie. Ons kan kies om reg te doen. Ons weet dan wat reg en verkeerd is. Ons kan leer uit die foute van die verlede en ons kan die toekoms beter maak.
Psalm 106, al 48 verse daarvan, vertel hoe die Here heeltyd genadig was aan Sy volk – selfs al het hulle elke keer weer geswig onder die mag van hulle slegte gewoontes en Hom vergeet het elke keer. God het hulle nooit vergeet nie en elke keer het Hy hulle verlos. Vers 8 sê: “8𝐸𝑛 𝑡𝑜𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝐻𝑦 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠 𝑡𝑒𝑟 𝑤𝑖𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑁𝑎𝑎𝑚, 𝑜𝑚 𝑠𝑦 𝑚𝑎𝑔 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑛𝑑 𝑡𝑒 𝑚𝑎𝑎𝑘.”
Roetine is goed. Dit gee orde in ons lewens. Maar soms moet ons kyk na watter elemente ons roetine opmaak. Ons moet breek met die slegte gewoontes. Ons kan nie vir ander mense die skuld gee daarvoor nie, want ons het ’n keuse en ons weet wat reg is. Ons moenie en mag nie vergeet wat God vir ons gedoen het toe Jesus Christus al ons sondes en ons voorouers en almal se sondes op Homself geneem het nie.
Mag ons saam met die Psalmdigter dan sing en uitroep in die laaste verse:
“47𝑉𝑒𝑟𝑙𝑜𝑠 𝑜𝑛𝑠, 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑜𝑛𝑠 𝐺𝑜𝑑! 𝐵𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑜𝑛𝑠 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑠𝑖𝑒𝑠 𝑏𝑦𝑚𝑒𝑘𝑎𝑎𝑟 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑢 •ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔𝑒 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑘𝑎𝑛 𝑝𝑟𝑦𝑠, 𝑠𝑜𝑑𝑎𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑘𝑎𝑛 𝑟𝑜𝑒𝑚 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑜𝑓 𝑤𝑎𝑡 𝑈 𝑡𝑜𝑒𝑘𝑜𝑚. 48𝐿𝑜𝑓𝑤𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑔 𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑑𝑖𝑒 𝐺𝑜𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝐼𝑠𝑟𝑎𝑒𝑙, 𝑣𝑎𝑛 𝑒𝑤𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑎𝑓 𝑒𝑛 𝑣𝑖𝑟 𝑒𝑤𝑖𝑔. 𝐷𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑘 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑠𝑒̂: “•𝐴𝑚𝑒𝑛! 𝐻𝑎𝑙𝑙𝑒𝑙𝑢𝑗𝑎!”” – Psalm 106:47-48 (AFR20)
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Wat maak ek met die verlossing wat God in Sy ewige genade aan my bied? Watter slegte gewoontes sukkel ek mee? Met wie kan ek gaan praat daaroor?
🅖🅔🅑🅔🅓:
Here, vergewe my dat ek soms die skuld van my dade op ander mense probeer pak. Ek weet U ken in elk geval my hart. Wys my op die slegte gewoontes en sondes in my lewe en help my om reg te kies. Gee aan my ’n geloofsgenoot waarmee ek hierdie dinge kan bespreek en uitsorteer, sodat my lewe sal getuig oor die lof wat U toekom. Lofwaardig is die Here, my God en Verlosser, van ewigheid af en vir ewig. Halleluja! Amen!
2022-01-08 – 🅷🅾🆄 🅹🅾🆄 🅽🆄🆆🅴 🅺🅻🅴🆁🅴 🆂🅺🅾🅾🅽. (Kliek hier vir die klankgreep)
God gee elke dag vir ons nuwe klere. Elke dag is dit skoon – heeltemal vlekvry. Hierdie klere is mos ons nuwe lewe – die lewe wat ons gekry het van die dag wat ons gesê het dat ons die Here Jesus Christus aanvaar as ons God en Verlosser. Maar, soos gister genoem, kan hierdie klere soms vuil word deur ons eie onkundigheid en soms ook ons eie onnoselheid. Ons wil dit graag skoon hou en ons wil nie dat God se waspoeier – Jesus se bloed wat Hom Sy lewe gekos het – gemors word op ons nie. Ons wil darem ons deel ook doen. Maar wat kan ons doen? Ons weet tog dat nie een van ons God se genade kan verdien nie – geen werke kry ons in die hemel nie, dit is inderdaad net genade. Maar ons kan wel iets doen om hierdie nuwe lewe, ons nuwe klere, skoon te hou – uit dankbaarheid.
Hoor wat sê Efesiërs 6:10-18 (AFR20):
“10Ten slotte: Vind jou sterkte in die Here en in sy geweldige krag. 11Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die listighede van die Duiwel. 12Vir ons is die stryd immers nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van hierdie duisternis, teen die bose geeste in die hemelruim. 13Neem daarom die volle wapenrusting van God op, sodat julle op die dag van onheil weerstand kan bied en, nadat julle alles uitgevoer het, staande kan bly. 14Staan dan vas, deur julle heupe te omgord met die waarheid, julle te bedek met die borsplaat van •geregtigheid, 15en deur die bereidheid vir die evangelie van vrede as skoene aan julle voete aan te trek, 16en by dit alles die skild van die geloof op te neem, waardeur julle in staat sal wees om al die vurige pyle van die Bose te blus. 17Dra ook die helm van verlossing en die swaard van die Gees – dit is die woord van God. 18By elke geleentheid wanneer julle bid en smeek, moet julle telkens deur die Gees bid. Daarom moet julle waaksaam wees, deur volhardend te pleit vir al die •heiliges.”
Ja, ons besit nie God se wonderlike waspoeier om self ons klere skoon te maak nie, maar God gee ons die middele om dit te beskerm en skoon te hou. Deur God se wapenrusting aan te trek bo-oor ons nuwe lewe, word ons beskerm teen die aanvalle van die bose en hou ons ons klere, ons lewe, daaronder, skoon. God se wapenrusting kan die vuilheid en gemors van die wêreld weerstaan:
✌️• ✌️Deur eerlik en opreg te wees, deur te hou by God se waarheid en deur te wees wie God jou gemaak het, omgord jy jou heupe.
✌️• ✌️God se geregtigheid is die enigste ware geregtigheid. Moenie deur die wêreld se waardestelsels meegesleur word nie. Doen wat reg is in God se oë.
✌️• ✌️Wees bereid om ter enige tyd die evangelie die verkondig. Wees gereed en bereid om God se vrede te verkondig en te leef.
✌️• ✌️Hou aan glo. Weet dat God met jou is. Jy is nie alleen in jou stryd nie.
✌️• ✌️Beskerm jou gedagtes met God se helm van verlossing. Herinner jouself gereeld dat jy nie hoef te- of moet swig onder versoeking nie. Jy is verlos!
✌️• ✌️Beskerm jouself met God se Woord. Dit is skerper as ’n tweesnydende swaard. Laat die Gees jou lei in jou Bybelstudie en jou kennis van God.
Ons leer God ken deur Sy Woord en Sy Woord leer ons, deur die Gees wat in ons woon, hoe ons ons nuwe klere – ons nuwe lewe – skoon kan hou. Ja, God se waspoeier is wel beskikbaar vir die kere wat ons aanjaag of ons oog van die doel afhaal, maar kom nou, doen jou deel! Dit is tog die minste wat ons kan doen uit dankbaarheid vir wat Hy vir ons gedoen het.
𝕆𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Watter dele van God se wapenrusting kan ek beter benut? Is daar dalk iemand wat my daarmee kan help?
Gᴇʙᴇᴅ:
Dankie Here, dat U aan my middele gee om my nuwe lewe skoon te hou en te beskerm. Gee asseblief dat ek U volle wapenrusting sal aantrek en, met U liefde en vrede, my lewe en my wêreld sal verander. Deur U Gees en U krag en tot U eer alleen. Amen
2022-01-07 – 🅶🅾🅳 🆂🅴 🆆🅰🆂🅿🅾🅴🅸🅴🆁. (Kliek hier vir die klankgreep)
Ek wens daar was waspoeier gewees wat klere heeltemal nuut kon hou of nuut maak, maar dit bestaan nie...
Ons was nie ryk gewees toe ons grootgeword het nie. So nou en dan, was daar verjaarsdag en Kersgeskenke wat speelgoed of ander dinge was, maar oor die algemeen het my ouers besluit om eerder ’n meer praktiese geskenk te gee – iets wat nodig was. Meeste geskenke was klere gewees. Nuwe klere. Mooi klere. Alhoewel jy geweet het dat die sagte toegedraaide geskenk klere was, het jy nogsteeds uitgesien daarna, want jy het nie geweet watter klere dit is nie.
Vandag nog, is dit lekker om nuwe klere aan te trek. Alhoewel ouer klere baie gemaklik sit en lekker dra, lyk dit dikwels nie meer so goed nie. Die kleure verbleik, daar is gaatjies in en partykeer krimp dit ook – dalk van die was, of dalk van te lekker eet! Ou klere is prakties en het wel nog nut, maar nuwe klere is beter. Jy kan nuwe klere aantrek eredienste toe, dorp toe en na vriende of familie toe. Jy wil mos mooi lyk, of hoe? Tog is die probleem met nuwe klere, dat dit na een dra en een was, nie meer nuut is nie. Dit sal ook verbleik en oud word. Maak nie saak watter waspoeier jy gebruik nie, klere bly nie nuut nie. Maar ons kan nie elke dag nuwe klere koop nie, dis te duur.
In die Bybel, leer Paulus dat ons ook nuwe klere moet aantrek, maar hierdie nuwe klere waarvan hy praat is iets anders – dis elke dag nuut! Hoor wat sê hy in Efesiërs 4:17-24 (AFR20):
“𝐷𝑖𝑡 𝑠𝑒̂ 𝑒𝑛 𝑏𝑒𝑣𝑒𝑠𝑡𝑖𝑔 𝑒𝑘 𝑑𝑎𝑛 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒: 𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑛𝑖𝑒 𝑚𝑒𝑒𝑟 𝑠𝑜𝑜𝑠 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑖𝑑𝑒𝑛𝑒 𝑚𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑛𝑖𝑘𝑠𝑏𝑒𝑑𝑢𝑖𝑑𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑔𝑒𝑑𝑎𝑔𝑡𝑒𝑠 𝑙𝑒𝑒𝑓 𝑛𝑖𝑒. 𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑒𝑛𝑘𝑒 𝑖𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟, ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑠 𝑣𝑒𝑟𝑣𝑟𝑒𝑒𝑚 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒 𝑚𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑, 𝑜𝑚𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑜𝑛𝑘𝑢𝑛𝑑𝑖𝑔 𝑖𝑠, 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑑ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑎𝑟𝑡𝑒. 𝑂𝑚𝑑𝑎𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑣𝑜𝑒𝑙𝑙𝑜𝑜𝑠 𝑔𝑒𝑤𝑜𝑟𝑑 ℎ𝑒𝑡, ℎ𝑒𝑡 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒𝑠𝑒𝑙𝑓 𝑜𝑜𝑟𝑔𝑒𝑔𝑒𝑒 𝑎𝑎𝑛 𝑙𝑜𝑠𝑏𝑎𝑛𝑑𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑, 𝑜𝑚 𝑜𝑛𝑣𝑒𝑟𝑠𝑎𝑑𝑖𝑔𝑏𝑎𝑎𝑟 𝑎𝑙𝑙𝑒𝑟ℎ𝑎𝑛𝑑𝑒 𝑜𝑛𝑟𝑒𝑖𝑛 𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑡𝑒 𝑝𝑙𝑒𝑒𝑔. 𝑀𝑎𝑎𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 •𝐶ℎ𝑟𝑖𝑠𝑡𝑢𝑠 𝑛𝑖𝑒 𝑠𝑜 𝑙𝑒𝑒𝑟 𝑘𝑒𝑛 𝑛𝑖𝑒. 𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑡𝑜𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝐻𝑜𝑚 𝑔𝑒ℎ𝑜𝑜𝑟, 𝑒𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑖𝑠 𝑜𝑜𝑟 𝐻𝑜𝑚 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟𝑟𝑖𝑔, 𝑣𝑜𝑙𝑔𝑒𝑛𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑤𝑎𝑎𝑟ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝐽𝑒𝑠𝑢𝑠 𝑖𝑠, 𝑛𝑎𝑎𝑚𝑙𝑖𝑘 𝑑𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑤𝑎𝑡 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑟𝑜𝑒𝑒̈𝑟𝑒 𝑙𝑒𝑤𝑒𝑛𝑠𝑤𝑎𝑛𝑑𝑒𝑙 𝑏𝑒𝑡𝑟𝑒𝑓, 𝑑𝑖𝑒 𝑜𝑢 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑎𝑓𝑙𝑒̂, 𝑤𝑎𝑡 𝑎𝑠 𝑔𝑒𝑣𝑜𝑙𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑠𝑦 𝑚𝑖𝑠𝑙𝑒𝑖𝑑𝑒𝑛𝑑𝑒 𝑑𝑟𝑎𝑛𝑔𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑎𝑎𝑛. 𝐽𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑚𝑜𝑒𝑡 𝑒𝑒𝑟𝑑𝑒𝑟 𝑖𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑒𝑛𝑘𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑛𝑢𝑤𝑒 𝑤𝑜𝑟𝑑. 𝐽𝑎, 𝑡𝑟𝑒𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑢𝑤𝑒 𝑚𝑒𝑛𝑠 𝑎𝑠 𝑘𝑙𝑒𝑒𝑑 𝑎𝑎𝑛, 𝑤𝑎𝑡 𝑖𝑛 𝑤𝑎𝑟𝑒 •𝑔𝑒𝑟𝑒𝑔𝑡𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑒𝑛 ℎ𝑒𝑖𝑙𝑖𝑔ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑖𝑛 𝑜𝑜𝑟𝑒𝑒𝑛𝑠𝑡𝑒𝑚𝑚𝑖𝑛𝑔 𝑚𝑒𝑡 𝐺𝑜𝑑 𝑔𝑒𝑠𝑘𝑒𝑝 𝑖𝑠.”
Wanneer jy in die spieël kyk, wat sien jy? Sien jy nog die ou mens wat vuil en vol van die modder van die sonde besmeer is? Of sien jy die nuwe mens wat God jou gemaak het? Ons moet elke dag hierdie nuwe klere aantrek. Die dag wanneer jy jou hart vir die Here gee, kry jy ’n nuwe lewe. Hierdie nuwe lewe moet jy leef. Jy moet dit aantrek soos klere.
Maar soos met fisiese klere, kan ons nuwe klere soms ook vuil word. Die sonde vlek ons en ons sleep onsself soms deur die modder. In die res van die Efesiërs brief gee Paulus baie goeie riglyne vir ’n goeie Christelike lewe – maniere hoe om hierdie nuwe klere skoon te hou, maar vir die kere wat ons aanjaag en waarlik berou het, is daar darem ook goeie nuus. God het waspoeier wat nuwe klere weer heeltemal nuut maak. Waspoeier wat alle vlekke heeltemal verwyder. Hierdie waspoeier, is die bloed van Jesus Christus. Aan daardie vieslike vuil kruis, het Hy gesorg dat elkeen van ons elke dag skoon nuwe klere kan aantrek.
Lê jou ou lewe af. Gooi die ou klere weg. Verbrand dit, want dit is waar dit uiteindelik gaan eindig – in die hel se vuur! Kry jou reiniging by Jesus elke dag. Maak jouself skoon. Dra jou nuwe klere met trots – nie trots in jouself nie, maar in Hom wat dit vir jou gee. Kyk maar mooi, daar lê elke dag ’n sagte geskenkpakkie reg vir jou om oop te maak en aan te trek. God se waspoeier sorg daarvoor.
Gᴇʙᴇᴅ:
Dankie Here Jesus vir my nuwe klere. Vergewe my dat ek so dikwels nog my nuwe klere deur die modder sleep. Dankie dat U bloed my skoonwas elke dag en weer aan my ’n nuwe lewe gee. Help my om dit aan te trek en skoon te hou. Amen
2022-01-06 – 🅴🅿🅸🅵🅰🅽🅸🅴: 🅶🅾🅳 🆅🅸🆁 🅰🅻🅻🅴 🅼🅴🅽🆂🅴. (Kliek hier vir die klankgreep)
Vir eeue lank, sedert die 4de eeu al, het die kerk op 6 Januarie Epifanie gevier. In die gereformeerde tradisie is dit iets wat ons nie meer so uitdruklik vier of eers van weet nie. Vandag wil ek dat ons kyk na wat hierdie dag beteken en hoekom ons dit maar mag vier – net soos met Kersfees.
Kersfees is nou al 12 dae gelede gevier. Ons het die feit gevier dat God mens geword het in die Seun, Jesus Christus, om ons sondes op Hom te neem. Ons ewige straf is gedra en ons skuld is vereffen. Al wat ons moet doen, is om te glo en in dankbaarheid gehoorsaam te lewe. Hierdie dinge weet ons, maar besef ons hoeveel genade hierby betrokke is? Besef ons hoe wonderlik God se liefde ons almal hierby betrek? Kom ons vat eers so paar treë terug en kyk gou na die OU Testament opgesom...
God is God. Almagtig, ewig en verhewe bo alles. God skep die mens in Sy beeld om Sy verteenwoordiger te wees op aarde. Die mens verbreek die band tussen God en mens. Die mense word slegter en slegter. God is jammer Hy het die mens gemaak en stuur ’n groot vloed om almal uit te wis, behalwe vir Noag en sy familie. Die mense word maar weer sleg, maar God het belowe dat Hy nooit weer iets soos die groot vloed sal stuur nie. God hou aan uitreik na die mense en sluit dan ’n verbond met Abraham. Abraham se nageslag – die Hebreërs of Jode – word God se volk. God wil hê dat hierdie volk rein bly en groei. Ander mag aansluit by hulle, maar hulle moet hou by wat God hulle beveel het. Die volk hou aan sondig en hou aan om God teleur te stel. Hulle groei nie soos God wou hê nie en hulle bly nie getrou soos God wou hê nie. Tog bly God lief vir hulle en alle ander mense. Iets moet gedoen word. Iets moet gebeur sodat almal kan weet hoe lief God hulle het. Ons lees Jesaja 60:1-6 (AFR20):
““𝑆𝑡𝑎𝑎𝑛 𝑜𝑝, 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑙𝑖𝑔 𝑠𝑘𝑦𝑛! 𝐽𝑎, 𝑗𝑜𝑢 𝑙𝑖𝑔 ℎ𝑒𝑡 𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑠𝑘𝑦𝑛 𝑜𝑜𝑟 𝑗𝑜𝑢. 𝐽𝑎, 𝑘𝑦𝑘, 𝑑𝑜𝑛𝑘𝑒𝑟𝑡𝑒 𝑏𝑒𝑑𝑒𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑎𝑟𝑑𝑒, 𝑒𝑛 𝑑𝑖𝑒𝑝𝑒 𝑑𝑢𝑖𝑠𝑡𝑒𝑟𝑛𝑖𝑠 𝑑𝑖𝑒 𝑣𝑜𝑙𝑘𝑒; 𝑚𝑎𝑎𝑟 𝑜𝑜𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑠𝑘𝑦𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒, 𝑒𝑛 𝑜𝑜𝑟 𝑗𝑜𝑢 𝑤𝑜𝑟𝑑 𝑠𝑦 ℎ𝑒𝑒𝑟𝑙𝑖𝑘ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑠𝑖𝑔𝑏𝑎𝑎𝑟. 𝑁𝑎𝑠𝑖𝑒𝑠 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑎 𝑗𝑜𝑢 𝑙𝑖𝑔 𝑡𝑟𝑒𝑘, 𝑒𝑛 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑔𝑠 𝑛𝑎 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑙𝑑𝑒𝑟 𝑙𝑖𝑔 𝑣𝑎𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑠𝑜𝑛𝑠𝑜𝑝𝑘𝑜𝑚𝑠. 𝐾𝑦𝑘 𝑜𝑚 𝑗𝑜𝑢 𝑟𝑜𝑛𝑑 𝑒𝑛 𝑛𝑒𝑒𝑚 𝑤𝑎𝑎𝑟: 𝐻𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑘𝑜𝑚 𝑏𝑦𝑒𝑒𝑛, ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑘𝑜𝑚 𝑛𝑎 𝑗𝑜𝑢 𝑡𝑜𝑒. 𝐽𝑜𝑢 𝑠𝑒𝑢𝑛𝑠 – 𝑣𝑎𝑛 𝑣𝑒𝑟 𝑎𝑓 𝑘𝑜𝑚 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑎𝑎𝑛; 𝑒𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑑𝑜𝑔𝑡𝑒𝑟𝑠 – 𝑜𝑝 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑢𝑝 𝑤𝑜𝑟𝑑 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑔𝑒𝑑𝑟𝑎. 𝐷𝑎𝑛 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑦 𝑑𝑖𝑡 𝑠𝑖𝑒𝑛 𝑒𝑛 𝑗𝑦 𝑠𝑎𝑙 𝑠𝑡𝑟𝑎𝑎𝑙; 𝑗𝑜𝑢 ℎ𝑎𝑟𝑡 𝑠𝑎𝑙 𝑣𝑖𝑛𝑛𝑖𝑔𝑒𝑟 𝑘𝑙𝑜𝑝, 𝑟𝑢𝑖𝑚 𝑤𝑜𝑟𝑑. 𝑊𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑒𝑒 𝑠𝑒 𝑜𝑜𝑟𝑣𝑙𝑜𝑒𝑑 𝑠𝑎𝑙 𝑏𝑦 𝑗𝑜𝑢 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑠𝑡𝑜𝑟𝑡 𝑤𝑜𝑟𝑑; 𝑑𝑖𝑒 𝑛𝑎𝑠𝑖𝑒𝑠 𝑠𝑒 𝑟𝑦𝑘𝑑𝑜𝑚 𝑠𝑎𝑙 𝑛𝑎 𝑗𝑜𝑢 𝑡𝑜𝑒 𝑘𝑜𝑚. '𝑛 𝑀𝑎𝑔𝑑𝑜𝑚 𝑘𝑎𝑚𝑒𝑙𝑒 𝑠𝑎𝑙 𝑗𝑜𝑢 𝑜𝑜𝑟𝑑𝑒𝑘, 𝑗𝑜𝑛𝑔 𝑘𝑎𝑚𝑒𝑙𝑒 𝑢𝑖𝑡 𝑀𝑖𝑑𝑖𝑎𝑛 𝑒𝑛 𝐸𝑓𝑎. 𝐴𝑙𝑚𝑎𝑙 𝑢𝑖𝑡 𝑆𝑘𝑒𝑏𝑎 𝑠𝑎𝑙 𝑘𝑜𝑚. 𝐺𝑜𝑢𝑑 𝑒𝑛 𝑤𝑖𝑒𝑟𝑜𝑜𝑘 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑑𝑟𝑎; 𝑑𝑖𝑒 𝑔𝑜𝑒𝑖𝑒 𝑛𝑢𝑢𝑠 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝐻𝑒𝑟𝑒 𝑠𝑒 𝑙𝑜𝑓𝑤𝑎𝑎𝑟𝑑𝑖𝑔𝑒 𝑑𝑎𝑑𝑒 𝑠𝑎𝑙 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑜𝑛𝑑𝑖𝑔.”
Epifanie – die woord afkomstig van die Grieks 𝘦𝘱𝘪𝘧𝘢𝘯𝘦𝘪𝘢, wat beteken manifestering. God word mens. Die ewig-onbegryplike wese manifesteer in die vorm van ’n mens, sodat alle mense Hom kan ken, sodat almal wat Sy Naam aanroep en bely dat Hy God is, Sy kinders genoem mag word. Nie net Jode nie – almal! Net soos die sterrekykers en soveel ander ná hulle, kom mense om hierdie God, die enigste God, te aanbid.
En hierdie liefdevolle God se liefde hou nie op by die kruis en die leë graf nie. Hy gaan maak vir ons plek gereed vir ewigheid by Hom en Hy los ons nie om hierdie wêreld alleen aan te durf nie – Hy gee aan ons Sy Gees om in ons te woon. Ons wat voorheen nie God se volk was nie, is nou Sy kinders, Sy familie! Dít, deur ons geloof in Jesus Christus, ons Here. Ek dink ons mag dit maar vier – sommer elke dag!
??𝕞 𝕠𝕠𝕣 𝕥𝕖 𝕕𝕚𝕟𝕜 𝕧𝕒𝕟𝕕𝕒𝕘:
Besef ek nou waaroor hierdie genade werklik gaan en hoe groot dit is? Besef ek regtig hoeveel Jesus vir my opgeoffer het? (gaan lees gerus Filippense 2:5-11)
Gᴇʙᴇᴅ:
Dankie Here dat U mens geword het vir my. Ek was niks en niemand gewees nie – nie volgens wêreldse reëls of volgens die Joodse wette nie. Maar deur U, Here Jesus Christus, 100% God en ook 100% mens, is ek nou deel van ’n familie – U familie. Ek loof en prys U. Amen
2022-01-05 – Maak God bekend. (Kliek hier vir die klankgreep)
So aan die begin van hierdie jaar is ons almal se hoop dat dinge darem bietjie beter sal gaan. Ons wens dat sekere dinge net in plek wil val. Sommige van ons se wens is dat die vorige jaar se geluk sal aanhou en dat ons voorspoed sal beleef. Ons almal wens tog aan mekaar ’n voorspoedige Nuwejaar toe op 1 Januarie. Soos gister genoem, wil ons almal op arendsvlerke sweef. Ek meen, niemand wil mos regtig dat die ongeluk tref of dat dinge sleg gaan nie, of hoe?
Ongelukkig weet niemand van ons wat voorlê in die jaar nie. Ons kan beplan en ons kan voorsorg tref, maar ons weet dat God uiteindelik bepaal wat gebeur en dat die gebrokenheid van die mens en die sonde dikwels allerhande stokke in die fietswiele van die lewe indruk. Maar dit help ook nie ons is pessimisties nie. Dit help nie ons gaan haal die bobbejaan agter die bult nie. Ons moet fokus op die goeie van die lewe en daarop bou. Ons moet ons vertroue in God plaas. Om dit te doen, moet ons God ken. Maar hoe ken ons hierdie ongesiene, alomteenwoordige, ewige God? Deur na Hom te kyk en ons oë op Hom gefokus te hou. Hoe? Hoor wat sê Johannes 1:
“12Maar aan almal wat Hom aanvaar het, het Hy die reg gegee om kinders van God te word – hulle wat in sy Naam glo. ... 16Uit sy volheid het ons almal genade ontvang – ja, genade op genade. 17Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. 18Niemand het God nog ooit gesien nie; die unieke Seun, self God, wat teen die bors van die Vader is, Hy het Hom bekend kom maak.” – Johannes 1:12,16-18 (AFR20)
Ja, ons is God se kinders. En net soos Jesus gekom het om Hom te kom bekend maak, is dit ons taak – nee, ons plig – om Hom sigbaar te maak in ons lewens en in die wêreld. Deur Jesus Christus is daar vir ons meer genade as waarvoor ons ooit kon wens vir die Nuwejaar of vir ons hele lewe. Jesus het vir ons die waarheid gebring en hierdie waarheid vertel vir ons regdeur die Bybel dat ons God, ons hemelse Vader, ’n Vader van liefde is. Hy is God, vêr bo ons verhewe, maar tog ook ons barmhartige, liefdevolle Vader wat Hom oor ons ontferm. Hy sorg vir ons. Hy dra ons deur moeilike tye en Hy maak ons voorspoedig.
Jesus, self God, het deur Sy bediening – as mens – vir die mense kom wys hoe God se liefde lyk. Hy het Sy arms oopgesprei op ’n houtkruis om ons almal te verwelkom in die huis van die Vader. Hierdie is ’n huis waar almal welkom is. Dis ’n huishouding waar ons mekaar se sorge en blydskap kan en móét deel. Dis ’n groot familie – regoor die wêreld.
Die wêreld se definisie van liefde is nie dít nie. Die wêreld verstaan nie mooi hoe lief God hulle het nie. Jesus het dit vir ons kom wys en ons moet vertel daarvan. Ons moet met woorde en met dade vir die wêreld wys hoe lief God ons almal het. Die mense ken God nie meer nie – dis hartseer, maar dis waar – maar jy ken Hom. Maak God bekend aan die wêreld.
Om oor te dink vandag:
Wat kan ek meer doen om God se liefde in my lewe sigbaar te maak? Waarvoor moet ek meer dankbaar wees? Ervaar ek en besef ek hoe groot God se genade is in my lewe? Wys ek dit in dankbaarheid?
Gebed:
Dankie Here Jesus, dat U die Vader aan ons kom bekendmaak het. Help my, om in dankbaarheid vir genade op genade, ook my God bekend te maak aan die wêreld. Nie om goed te voel oor myself nie, maar vir die eer van U Naam alleen. Amen
2022-01-04 – Sweef soos ’n arend. (Kliek hier vir die klankgreep)
Baie mense neem aan die einde van ’n jaar ’n blaaskans. Sommige gaan weg op vakansie. Ander bly net tuis en doen die klein dingetjies wat hulle nie deur die jaar gedoen kon kry nie. Ander weer, sit sommer net en doen niks – en as hulle die een dag nog nie genoeg “niks” kon doen nie, dan gaan hulle aan daarmee die volgende dag! Hoe ook al, iewers deur die jaar moet mens bietjie ’n blaaskans neem. Jy moet rus. Jy kan nie heeldag, elke dag werk nie. Ons is só gemaak – die menslike liggaam moet rus.
Wanneer ons aan die begin van ’n nuwe jaar staan, kan ons soms oorweldig wees deur die werk wat op ons wag. Ons wil graag by ons planne hou en ons wil graag meer en beter doen as die vorige jaar. Dit mag dalk onmoontlik lyk en ons mag dalk te veel hooi op ons vurke gelaai hê, maar ons kan meeste van hierdie dinge gedoen kry as ons ons bron van krag reg kies. Natuurlik, vir fisiese gesondheid en krag, moet ons goed eet en na ons liggame kyk, maar vir geestelike krag en ondersteuning, moet ons elders soek.
In Jesaja 40 is die volk nogal moedeloos en God kom en bemoedig hulle. Die eerste woorde van die hoofstuk dui klaar die toon aan: ““Troos, troos my volk!” sê julle God.” (Jes. 40:1 AFR20) God wil hê dat ons weet dat Hy altyd daar is om ons te help. Dan lees ons vêrder in die hoofstuk:
“28Weet jy dit nie? Het jy dit nie gehoor nie? 'n Ewige God is die Here, Skepper van die eindes van die aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie – ondeurgrondelik is sy insig. 29Dit is Hy wat vermoeides krag gee, wat lewenskrag vermeerder vir dié wat geen vermoëns het nie. 30Jong seuns word moeg en raak afgemat; jong manne struikel en val. 31Maar wie op die Here wag, herwin hulle krag; hulle kry nuwe vere soos arende. Hulle hardloop, maar raak nie afgemat nie, hulle loop, maar word nie moeg nie.” – Jesaja 40:28-31 (AFR20)
Ja, ons mense raak moeg. Ons raak afgemat, uitgeput. Die jaar is nog jonk en ons sien uit na baie en sien nog kans vir baie. Ons was dalk bietjie op vakansie en ons het so bietjie gerus, maar ons weet dat dinge gou weer besig kan raak en dat ons gou weer moeg kan raak. As ons nie ons liggame rus nie en nie krag soek vir ons siele nie, sal ons gou moedeloos kan raak. Selfs die jonges onder ons word moeg. Selfs die jonges word geestelik uitgeput. Almal van ons wil graag sweef soos arende, maar as ons weer sien, dan staan ons moeg en uitgeput en skrop maar rond soos hoenders op die grond.
God het ons geskape om nie “onder omstandighede” te lewe nie. Hy het ons geskape om bo ons omstandighede uit te styg, want Hy is bo ons omstandighede. Moet dus nie vergeet om in hierdie jaar en altyd in jou lewe, jou krag by Hom te vind nie. Enige tyd van die dag. Ons God is ’n ewige God wat nie sluimer of slaap nie. Hy word nooit moeg nie en Hy word nooit moeg om Sy kinders te help en ondersteun nie.
Almal van ons se mikpunt is tog om te sweef soos ’n arend, om vry te wees en moeiteloos gedra te word op die lugstrome van die lewe. Niemand wil heeltyd in die grond rond skrop nie. Wag op die Here. Vertrou op Hom. Laat Hy jou dra. Sweef soos ’n arend!
Gebed:
Here, herinner my asseblief gereeld dat U my bron van krag is. Help my om in U te rus waar nodig en om saam met U bo enige moeilike omstandighede uit te styg. Gee aan my die krag elke dag wat nodig is om, soos met arendsvlerke, te kan vlieg en te sweef na waar U Gees my lei, sodat ek diensbaar kan wees vir U. Amen
2022-01-03 – Hoe eindig jy? (Kliek hier vir die klankgreep)
Die jaar is nog jonk, maar eintlik is dit baie oud, want tyd het geen begin en geen einde nie. Tog help die jaartelling en ouderdom en allerhande dinge rondom tyd ons om meer sin te maak en orde te gee aan ons wêreld. Daarom is dit goed dat ons aan die begin van ’n jaar ons dinge beplan en probeer orde skep aan die jaar wat kom. Dit is goed om te beplan om goed te eindig ook.
Dalk het jy verlede jaar goed afgesluit. Dalk was dit ’n goeie jaar, dalk nie. Tog, sluit ons gewoonlik die Oujaar af met ’n bietjie van ’n fees. Selfs al was die jaar hoe sleg, weet ons dat as ons die goed afsluit, die oorgang na die Nuwejaar ons darem weer met hoop vul. Ja, dit maak dikwels nie saak hoe jy begin nie, maar hoe jy eindig. Kyk maar na baie wedlope en kompetisies – veral in sport: partymaal is dit die sogenaamde buiteperd wat wen.
Ons is mense wat altyd hoop. Selfs al dink ons dinge is hopeloos, het ons nogsteeds in ons binneste ’n hoop – selfs al is dit net dat daar hoop moet wees.
Baie van ons ken die verhaal van Job in die Bybel. Job was baie voorspoedig. Die satan was nie gelukkig daarmee nie en het God gevra of hy vir Job kan versoek. God het dit toegelaat en uiteindelik het Job alles verloor – selfs sy familie. Dis baie erg. Selfs sy vriende het hom geoordeel en gedink dat Job self die oorsaak daarvoor was. Maar Job was heeltyd getrou gewees aan God. Hy het heeltyd op God vertrou en het heeltyd – selfs deur al sy hartseer en beproewings – op God vertrou. Job het gebly hoop – selfs al was dit net dat daar nog iewers hoop sal wees... Ja, Job het selfs op die ashoop gesit en hoop.
Ons lees dan aan die einde van die verhaal hoe God hom geseën het. Job het meer as dubbeld teruggekry – familie, vee, vriende, alles. Job 42:12 (AFR20) sê: “12Die Here het die einde van Job meer geseën as sy begin.”, maar hierdie seën was natuurlik soveel meer as net die familie en besittings, dit was God se teenwoordigheid in Job se lewe – iets wat in elk geval nooit ontbreek het nie!
Sien, dit maak nie altyd saak hoe jy begin nie. Dit maak nie saak of jy al vroeër in jou lewe verbrou het nie. Dit maak nie saak of jy ’n hele geskiedenis het van swak besluite nie. Ons almal maak foute. Job was wel ’n goeie mens, tog het die ongeluk hom ook getref. Hy het dit nie verdien nie, maar, deur dit alles het hy aanhou vertrou op die Here. Job het aangehou hoop. Hy het geweet dat hoe hy eindig saakmaak.
Miskien het die Nuwejaar goed begin vir jou. Miskien nie. Miskien is daar baie uitdagings wat wag in jou lewe. Miskien is jy op ’n baie goeie plek – geestelik, finansieel en emosioneel. Miskien gaan dinge voor die wind. Miskien voel dit of jy glad nie uitsien na wat kom nie. Miskien sit jy op ’n hoë troon. Miskien sit jy op die ashoop. Dinge lyk dalk ordelik of heeltemal chaoties. Hou aan hoop. Hou aan glo. Vertrou op die Here. Onthou dat God ’n God van orde en geregtigheid is. Onthou dat ons hoop op ’n goeie einde aan ons tyd hier, in Jesus Christus gesetel is. In geloof, sal jy goed eindig – of dit vandag, more of oor 10 of selfs 50 jaar is. Niemand van ons weet hoe lank ons hier sal wees nie. Maak dus die beste van elke dag. Begin vandag daarmee. Of jy nou goed of sleg begin het in jou lewe, God sal die einde meer seën as die begin, as ons op Hom vertrou.
Gebed:
Here, U weet wat ek nodig het in my lewe. Meer as enige besitting of enige iets tydelik in hierdie wêreld, smag ek na U teenwoordigheid in al my besluite, al my beproewings, al my omstandighede – in alles. Seën my daarmee, my God en Here, deur U Gees in my. Amen.
2022-01-01 – Uit met die nuwes. In met die oues. (Kliek hier vir die klankgreep)
Gewoonlik word ons geleer dat ons die ou dinge uit ons lewe moet verwyder. Ons moet eerder die ou goed met nuwes vervang. Vandag wil ek egter die teenoorgestelde vir jou kom leer. Ek wil voorstel dat jy die nuwe goed verwyder en die ou goed hou. Nou ja, goed, laat ek eers verduidelik.
Sien, wanneer ons gewoonlik mos eerder die ou goed verwyder uit ons lewens, is dit gewoonlik van toepassing op die dinge wat nie meer vir ons nuttig is nie. Ons verwyder ou meubels en vervang dit met nuwes wat meer nuttig en mooier is. Ons verwyder ou klere wat nie meer pas nie of stukkend is met nuwes wat meer in die mode is of gemakliker dra. Ons verwyder selfs ou verhoudings en slegte gewoontes – dinge en selfs mense wat ons seergemaak het – sodat ons kan aanbeweeg en groei, dat ons gelukkiger kan wees. Ja, dit maak sin om eerder die ou goed te verwyder en die nuwes in te bring. Maar ek wil nogsteeds dat ons hierdie jaar anders begin – veral as dit kom by ons geloof.
Hoor wat se Salomo aan sy seun in Spreuke 3:1-7 (AFR20):
“1My seun, my onderrig moet jy nie vergeet nie, en my gebooie – jou hart moet daarby hou; 2want die lengte van jou leeftyd, die lewensjare en vrede sal dan vir jou vermeerder word. 3Troue liefde en waarheid moet jou nooit verlaat nie. Bind dit om jou nek, skryf dit op die tafel van jou hart, 4dan sal jy guns en goeie begrip vind in die oë van God en die mense. 5Vertrou op die Here met jou hele hart – op jou eie insig moet jy nie staatmaak nie. 6Ken Hom in al jou weë, en Hy sal jou paaie reguit maak. 7Moenie wys wees in jou eie oë nie. Jy moet ontsag hê vir die Here, bly weg van die kwaad.”
Gaan lees gerus ook maar die res van Spreuke 3 as jy kan vandag. Salomo was werklik wys gewees. Hy het gevra dat God aan hom wysheid skenk en God het dit gedoen en soveel meer. Salomo leer hier dat jy die ou goed moet bewaar en nie té veel aandag skenk of tyd mors op die nuwe nie. Jy moet vertrou op die dinge wat jy weet werk. Jy moet liefde in jou hart dra. Jy moet met integriteit optree. Jy moet hou by wat reg is en doen wat reg is. Dis die ou dinge hierdie. Dit is dinge wat God die mens nog altyd geleer het, sodat ons vreugde kan vind – nie wêreldse vreugde nie – vreugde in God.
Ja, dit help nie ons pak ’n nuwe jaar aan met idees van geluk wat gebaseer is op menslike definisies en bankbalanse nie. Nuwe waardes kom en gaan en hulle sal, soos in die verlede, nie die toets van tyd deurstaan nie. Nee, vertrou op die Here. Maak staat op Sy leringe. God sal ons paaie gelykmaak. Nie volgens wêreldse maatstawwe nie, want die nuwe wêreldse reëls werk heeltemal anders – die wêreld kan nie verstaan nie. Nee, God se vrede, wat gesetel lê in ons ontsag vir Hom en dankbaarheid aan ons Here Jesus Christus vir die nuwe begin – nie net vandag nie, maar elke dag – dít is iets wat al vir eeue lank bestaan.
Uit met die nuwe waardes, definisies van geluk, sukses en wie weet wat nog, en in met God se ou beproefde resep vir geluk. “Ken Hom in al jou weë, en Hy sal jou paaie reguit maak.”
Mag jy in hierdie nuwe jaar op God vertrou met jou hele hart.
Mag jy nie vergeet wat jy geleer is oor Sy liefde nie.
Mag jy smag na meer van die beproefde wysheid wat ons vind in God se Woord.
Mag die ewige God – ouer as tyd – jou kompas wees in die nuwe, ongekarteerde wêreld, sodat jou geloofspad deur Hom gelykgemaak kan word.
Vrede en voorspoed vir jou in die Nuwejaar!