Ek is Christo Schoeman. Ek het op 34-jarige ouderdom weer voltyds begin studeer om 'n jare-lange roeping van die Here te gehoorsaam. Na 20 jaar in die IT bedryf, het ek voltyds die bediening betree in die NG Kerk. Ek deel graag die gawe waarmee God my geseën het, deur daagliks 'n oordenking te skryf en soms ook ander sake wat my ná aan die hart lê. Ek is tans bedienaar van die Woord by die Miederpark Gemeente in Potchefstroom.
Volg my gerus ook op Facebook deur hier aan die linkerkant te kliek.
Indien jy meer wil weet of met my wil kontak maak, vul gerus die vorm hieronder in.
Alle inhoud van hierdie webtuiste kan met liefde gedeel word om 'n verskil te maak in iemand se lewe. Jy mag egter nie die inhoud verkoop of her-produseer om enigsins munt te slaan daaruit nie. Mag die Here jou seën en mag jy God se vrede wat alle verstand te bowe gaan ervaar in jou lewe!
Ds. Christo Schoeman ···ᶜᴶˢ··· ©