https://drive.google.com/file/d/11u2EurtDwCRcdeC7kv8dUp8V6JNFzZp4/view?usp=sharing
https://www.fourthcentury.com/ancient-descriptions-of-the-council-of-nicaea/
Ons glo in een God, die almagtige Vader, die skepper van alle sigbare en onsigbare dinge, en in die enigste Heer, Jesus Christus, die Seun van God, gebore uit die Vader as die enigste Seun, dit beteken uit die wese van die Vader, God uit God, lig uit lig, ware God uit ware God, gebore, nie geskep nie, een in wese met die Vader, deur wie alles in die hemel en op die aarde ontstaan het, wat ter wille van ons en ter wille van ons heil neergedaal het en mens geword het en in menswees verwyl het, gely het en opgestaan het op die derde dag, opgevaar het na die hemel en wat sal kom om oor lewendes en dooies te oordeel, en in die Heilige Gees.
Diegene wat egter sê: “Daar was ‘n tyd dat Hy [die Seun] nie bestaan het nie”, en : “Voordat Hy gebore is, het Hy nie bestaan nie”, en “Hy het uit niks sy bestaan te danke” óf uit ‘n ander wese tot bestaan gekom, en beweer dat die Seun van God óf geskape, óf veranderbaar, óf veranderlik is; hierdie mense word deur die katolieke en apostoliese kerk veroordeel.