Ges 265
1. Enigste Here, enkele Wese,
ons glo in U met ons hele hart.
Heerlik bely ons, vry-uit getuig ons:
U is vir ewig God en Heer.
2. U, onbegryplik, U is onsienlik,
altyd dieselfde, oneindig groot.
U is almagtig, wys en regverdig,
U is die bron van alle goed.
Vonkk 470
1. Ons bely ’n God, drie-enig:
Vader, Seun en Heil’ge Gees –
onbegryplik en onsienlik;
één in wese; één in gees.
Hy wat wás en ís deur eeue
sál in ewigheid ook wees.
2.Ons bely ’n God, almagtig,
onveranderlik en wys.
Oor dié God, so groot in goedheid,
wil ons sing, sy Naam kom prys.
Met geslagte oor die eeue
wil ons aan Hom eer bewys:
3. Alle eer aan God die Vader,
alle eer aan God die Seun.
Aan die Gees bring ons ook hulde –
God vir ewig, drie in een.
Ewig wil ons Hom verheerlik
vir sy goedheid en sy seën
Ges 260:11
11. Ewig, onbegryplik' Wese,
U die Vader, Seun en Gees,
Heer, leer my U ken al beter,
u gehoorsaam kind te wees.
Ons wil sing van al u liefde;
in u waarheid wil ons juig.
Amen! Blye evangelie!
Amen, bly my hart getuig!
Let wel dat hulle by die frase "wat uitgaan van die Vader", nie "en die Seun" sing nie. Dit is weens die strydpunt oor die Heilige Gees wat tot die die skeuring tussen die Westelike en Oostelike (Ortodokse) Kerk in 1054 nC gely het.
Vivaldi se RV 591 is sy "Credo" in E mineur, die enigste oorblywende musikale instelling wat hy van die Niceense Geloofsbelydenis geskryf het. Dit is ’n merkwaardige stuk wat die teks van die Niceense Belydenis op musikale wyse uitbeeld. Die werk is ’n koorwerk sonder solo stemme, met verskeie bewegings, en kan gesien word as ’n metgeselstuk by sy Gloria.