Konferensie 2025
Datum: 12-13 Augustus 2025
Plek: NHKA Pretoria-Oos, Delyweg, Waterkloofpark
Agtergrond
Hierdie jaar word Nicea 1700 gevier. Dit is belangrik dat kerke en akademici hierdie belangrike gebeure herdenk. Daarom word die bogenoemde konferensie beplan met die tema Skrif-Belydenis-Liturgie - Nadenke oor die Belydenis van Nicea.
Uitnodiging
Die Werkgemeenskap Historiese Teologie (SA) in samewerking met die Departement Sistematiese en Historiese Teologie van die Universiteit van Pretoria nooi u uit om ‘n voorstel in te dien vir ‘n akademiese bydrae tydens ‘n konferensie wat op 12 tot 13 Augustus 2025 in Pretoria plaasvind. Die konferensie is deel van die landwye en ekumeniese herdenking van Nicea 1700. Sprekers sluit in akademici van verskillende toonaangewende Universiteite.
Tema
Die temas en subtemas vir die konferensie word soos volg verdeel en u is welkom om dienooreenkomstig voorstelle in te dien:
· Afdeling 1: Skrif
o Wie is Jesus?
o Christologiese perspektiewe vanuit die Nuwe Testament
· Afdeling 2: Historiese konteks van die Belydenis van Nicea
o Historiese perspektief op die Konsilie van Nicea
o Teologiese strominge voor en na die Konsilie van Nicea
· Afdeling 3: Belydenis
o Gebruik van die Belydenis van Nicea tydens die Reformasie
o Nadenke oor kerk en belydenis
o Is ‘n eietydse belydenis moontlik?
· Afdeling 4: Liturgie
o Belydenis en kerklied
o Belydenis en prediking
o Belydenis en sakramente
· Afdeling 5: Kerkreg en ekklesiologie
o Die institusionalisering van die kerk voor en na Nicea
o Hoe belangrik is ‘n konsilie / sinode?
Tydlyn
· 31 Mei 2025: Opsomming word ingedien
· 12 Julie 2025: Finale Program word uitgestuur
· Konferensie: 12 – 13 Augustus 2025.
Administratiewe en Logistieke aspekte
· Die konferensie sal bestaan uit akademiese referate asook tafelgesprekke.
· ‘n Volledige program sal op ‘n later stadium aan deelnemers gestuur word.
· Die konferensie sal oop wees vir die publiek.
· Referate moet/kan beskikbaar getel word vir publikasie.
· Voorstelle kan in enige taal ingedien word, alhoewel die konferensie hoofsaaklik in Afrikaans sal plaasvind.
· Kostes ten opsigte van vervoer en verblyf word deur deelnemers uit eie fondse bekostig.
· Die konferensie fooi beloop R600 per persoon en sluit verversings in. Persone wat ‘n faktuur benodig met bankbesonderhede moet ‘n epos aan die skriba stuur antoejvr@gmail.com
· Stuur die titel van u voorstel en abstrak van 250-300 woorde, met persoonlike kontak besonderhede na antoejvr@gmail.com.
Vir enige verdere navrae kontak gerus die volgende persone:
Prof Wim Dreyer – wimdreyer@nhk.co.za
Prof Johan van der Merwe – johan.vdmerwe@up.ac.za
Dr Christo Pretorius – christo@pretoriafm.co.za
Dr Antionette Janse van Rensburg – antoejvr@gmail.com