Kalkbaai

, is die eienaar-stigter van India Jane winkels. Annemarie van Wyk van Die Burger het met haar gesels. Haar belangstelling in klere kom van kleintyd af, toe sy reeds op skool by La Rochelle in die Paarl in die koshuis al haar maats gehelp het om aan te trek.

Sy is baie lief vir vroue, ook oor hulle so sterk is,en haar ma dien as haar grootste inspirasie.

Op 1 April 2000 het sy met die hulp van haar ouers haar eerste winkel in die pakkamer van die Cape to Cuba-restaurant in Hoofweg, Kalkbaai, oopgemaak. Met ‘n skrale R5 000 in die sak het sy skouer aan die wiel gesit. Sy het self die winkel versier en ou meubels van haar ma gebruik om die winkel mee op te kikker. Dat sy ‘n jaar lank as aankoper vir Gap in Londen gewerk het en daarna vir modetydskrifte stileerwerk gedoen het, help ook. Sy het ‘n fyn oog vir detail en is mal oor mode.

Die winkel in Kalkbaai was van die begin af ‘n reuse-sukses. Vroue het van oor die hele Skiereiland soontoe gery om vir hulle ‘n uitrusting te koop vir daardie spesiale geleentheid,

"Ek is baie vol fiemies wat ontwerpe en materiale betref en kies die klere baie noukeurig. Ek is mal oor satyn, sy en chiffon. Die ontwerpe móét vroulik wees, dus is hier altyd baie pienk en blomme en kant …." Sê sy laggend.

Sy kies eenvoudige ontwerpe waarvan sy hou. "Ek kan nie klere in my winkels aanhou waarvan ek nie self hou nie. Die ontwerpers met wie ek werk, weet nou al wat my smaak is en ek koop nie iets wat ek nie self sal dra nie. Die klere moet

et beautiful wees," sê sy.

Kim van Vuuren