Elke Januarie/Februarie word daar weer opleiding gedoen vir die bestaande en nuwe beoordelaars om te verseker dat die beoordeling konsekwent en op standaard is, en daar op dieselfde elemente gefokus word. Daar sal een beoordelaar wees tydens die eerste aanlyn uitdunrondtes. By die Streeksfinale sal daar van bekwame beoordelaars gebruik gemaak word, asook by die Nasionale Finaal. In hierdie uitdunrondtes sal daar egter ’n minimum van twee beoordelaars per lokaal wees.
Inskrywings kan deur ouers self gedoen word, maar skole word aangemoedig om as skool deel te neem. Dit vergemaklik administrasie en verhoed misverstande en wankommunikasie. Daar is 'n offisiële aflaaibare inskryfvorm asook 'n aanlynvorm op die web beskikbaar. Met inskrywings moet ouers en/of onderwysers seker maak dat die regte kodes vir die afdelings gebruik word aangesien dit nie na die eerste uitdunrondtes verander kan word nie.
Kodes vir deelname aan redenaars:
R01 - Afrikaans Moedertaal
R02 - Afrikaans Addisionele Taal
R03 - English Home Language
R04 - English Additional Language
R05 - Tweetalig / Bilingual
R06 - Span - Afrikaans
R07 - Team - English
R08 - Eksperimenteel Individueel
R09 - Experimental Individual
R10 - Eksperimenteel Span
R11 - Experimental Team
Daar is geen onvoorbereide-, inligtings- en motiverings toesprake, en geen tweetalige spanne. Geen voordrag by lees word toegelaat.
Vir volledige inligting oor elke afdeling, raadpleeg die Reels & Regulasies afdeling.
Vanaf 2026 verhoog die inskrywingsfooi R130 per item per inskrywing vir redenaars, R100 per item per inskrywing vir lees, en R520 per inskrywing per span. Daar is geen beperkinge op hoeveel items ’n leerder aan kan deelneem nie, maar slegs 1 inskrywing per item word toegelaat. Skole word ook nie beperk op hoeveel leerders hulle inskryf nie. Sluitingsdatums is belangrik om administrasie te vergemaklik, is op die web beskikbaar en geen laat inskrywings sal aanvaar word. Die datum en plek van deelname vir Streeks- en Nasionale finaal sal op die web geplaas word onder “datums” sodra skole van deelname bevestig is. Die Facebookblad is slegs om inligting deur te gee, te spog met foto’s en daar kan nie altyd op privaatboodskappe gereageer word nie.
Kansellasiebeleid:
Kansellasies moet per epos geskied en daar is geen terugbetaling van inskrywingfooie. Indien die skool ’n ander leerder wil stuur, moet ’n e-pos nie later as 48 uur voor die sluitingsdatum vir die videos gestuur word.
Inligting rakende die aanlyndeelname is beskikbaar onder “aanlyn inligting” op die web. Videos kan direk na die sluitingsdatum vir inskrywings aangestuur word, sodoende is daar nie ‘n magdom videos wat gelyk ontvang word nie, en beoordeling kan vroeër vir daardie provinsie begin. Elke spreker ontvang ’n sertifikaat van deelname vir elke kategorie waarin hulle deelgeneem het asook 'n repliekvorm waarop motiverings- en opbouende kritiek neergepen word. Dit is belangrik dat notas op die repliekvorm gelees word. Die onus berus by die spreker om seker te maak dat die inligting op die sertifikaat korrek is. Enige navrae moet binne 7 dae na ontvangs van die sertifikaat per e-pos gerig word.
Daar word gebruik gemaak van 'n gerekenadiseerde sisteem om uitslae te berekeken wat optelfoute voorkom. Simbole word as volg bereken:
· A+ (90% tot 100%)
· A (85-89%)
· A- (80-84%)
· B+ (77-79%)
· B (74-76%)
· B- (70-73%)
· C (69% en laer)
Sodoende word al hoe minder gefokus op die punte en meer aandag word getrek na die deelname en ontwikkeling van ’n lewensvaardigheid.
Uitslae vir hierdie rondte van leerders wat deurdring na die Streeksfinaal sal op die web beskikbaar wees op die datum soos aangedui onder "datums". Indien daar nog plekke beskikbaar is, sal nog leerders genooi word.
Na afloop van al die eerste uitdunrondtes kom elke beoordelaar se topsprekers in elke afdeling in aanmerking vir die volgende rondte. Die rede hiervoor is eenvoudig. Elke beoordelaar se persoonlike voor- en afkeure verskil en een beoordelaar se 90% is nie noodwendig dieselfde as ’n ander beoordelaar se 90% nie, en dit gee elke deelnemer ‘n regverdige kans. Indien daar nog plekke oop is, sal nog deelnemers genooi word. Aangesien dieselfde beoordelaars gebruik word, maak dit eenvormigheid en standarisering makliker.
Die uitslae sal op die webwerf verskyn op die datum soos aangedui op die web.
Tydens hierdie rondte sal daar 2 beoordelaars per lokaal wees en die uitslae sal 2-3 dae daarna op die web beskikbaar wees. Tydens hierdie rondte ontvang deelnemers nie 'n sertifikaat, wel ’n lapel knopie as bewys van deelname. Slegs 1 leerder per graad en kategorie dring deur na die Nasionale Finaal, en die rede is dat tyd en plek beperk is. Wanneer die program vir die Nasionale opgestel word en daar is nog plek beskikbaar in ‘n graad en kategorie, sal nog deelnemers genooi word. Die streeksfinale rondtes is kompetisiegedrewe en leerders moet in hulle spesifieke sessie deelneem. Geen veranderinge sal toegelaat word en geen videos sal aanvaar word indien 'n deelnemer nie kan bywoon.
Tydens hierdie rondte sal tyd van redenaars, lees en spanne wel geneem word. Sprekers wie se toesprake te lank of te kort is, sal penaliseer word. Deelnemers in die lees afdeling moet ‘n afskrif van hul leesstuk by die beoordelaars inhandig. Beoordelaars se besluit is finaal en geen veranderinge kan hieraan gemaak word nie.
Die Nasionale Finaal word jaarliks in Oktober in Gauteng aangebied. Die datum word reeds die einde van die vorige jaar bekendgemaak en kan ongelukkig nie geskuif word. Sprekers moet in hul spesifieke sessie deelneem om te kan wen. Geen uitsonderings kan gemaak word nie en geen videos of aanlyn deelname sal aanvaar word indien 'n deelnemer nie kan bywoon.
Tydens hierdie rondte sal tyd van redenaars, lees en spanne wel geneem word. Sprekers wie se toesprake te lank of te kort is, sal penaliseer word. Deelnemers in die lees afdeling moet ‘n afskrif van hul leesstuk by die beoordelaars inhandig. Beoordelaars se besluit is finaal en geen veranderinge kan hieraan gemaak word nie.
Die 1ste, 2de- en 3de plekke sal hier aangekondig word, en die uitslae sal 2 tot 3 dae na afloop van die dag op die webwerf verskyn in volgorde van plekke behaal.
Vir enige navrae is u welkom om 'n epos te stuur na radikaleredenaar@gmail.com.
Ons versoek dat geen navrae gerig word per whatsapp, sms of facebook.