Onder aan die bladsy kan u die vorm aflaai, invul en terug stuur per epos aan radikaleredenaar@gmail.com. Hierdie vorm kan gebruik word wanneer daar 'n lang lys van name is, en vir spaninskrywings.
of
u kan die aanlyn vorm gebruik vir 'n enkel inskrywing. Skole/ouers wat meer as 1 inskrywing doen mag ook hierdie vorm gebruik.
Vir spaninskrywings, voltooi asseblief elke lid se naam, van en graad.
Geen inskrywings per Whatsapp, Facebook of SMS word aanvaar nie.
Daar is geen onvoorbereide-, inligtings- en motiverings toesprake, en geen tweetalige spanne.
Vir span inskrywings, voltooi asseblief elke spanlid se naam,van en graad.
Maak asseblief seker dat u die regte kode invul om te verhoed dat leerders in die verkeerde kategorie deelneem, en sertifikate verander moet word.
Ons versoek dat u alle inligting op die web deurlees om u te vereenselwig met die reëls van elke kategorie om sodoende verwarring te voorkom, veral tyd en kriteria, veral spanne.
R130 per inskrywing per item
R01 - Afrikaans Moedertaal
R02 - Afrikaans Addisionele Taal
R03 - English Home Language
R04 - English Additional Language
R05 - Tweetalig / Bilingual
R08 - Eksperimenteel Individueel
R09 - Experimental Individual
R520 per inskrywing per item
R06 - Afrikaans Span
R07 - English Team
R10 - Eksperimenteel Span
R11 - Experimental Team
R100 per inskrywing per item
L01 - Afrikaans Prosa
L02 - Afrikaans Poësie
L03 - English Prose
L04 - English Poetry
Tyd is maksimum 2 minute vir Laerskole
Minimum 1,5 minute en maksimum 3 minute vir Hoërskole
GEEN VOORDRAG WORD TOEGELAAT
Om in te skryf, gebruik asseblief die volgende skakels.
Aanlyn: enkelinskrywings (1 leerder per vorm).
Epos asseblief die bewys van betaling binne 3 dae na radikaleredenaar@gmail.com en gebruik die leerder se naam en skool as verwysing.
Moet asseblief nie 'n kopie van hierdie vorm epos. Sodra u die vorm "stuur", ontvang ons dit aanlyn en u sal 'n epos ontvang om te bevestig dat dit ontvang is.
Moet asseblief nie 'n inskrywing dupliseer, aangesien geen inskrywingsgelde terugbetaal sal word.
Inskrywings vir spanne en skole (vir lys met baie name) kan steeds op die vorm soos voorheen gebruik word. Laai die vorm af, voltooi dit en epos na radikaleredenaar@gmail.com.
Ons bevestig dat die laaste dag vir inskrywings vir Wes-Kaap 24 MAART 2026 is.
Skole & Spanne
Enkel inskrywing