Aanlyn Deelname

Die eerste rondte vind aanlyn plaas. Dit sluit in alle afdelings...redenaars, lees en spanne. Videos word per epos gestuur (sien meer inligting hier onder)

Buiten onvoorsiene omstandighede,sal die Streeksfinale en Nasionale finaal in lokale by 'n skool aangebied word. Datums sal op die “datums” bladsy van ons web publiseer word.  Plekke van deelname sal ook hier geplaas word sodra dit met die gasheerskole bevestig is.

Videos (daar is 'n aparte bladsy op die web wat stap vir stap aandui)

Maak asseblief seker dat die beligting, klank en agtergrond duidelik is. Klank is baie belangrik.

Sprekers moet hul naam,van,graad en skool aankondig voor hul met die toespraak begin, OF hierdie inligting moet duidelik aangedui word wanneer die video gestuur word.

Die spreker (verkieslik) in skooldrag kan vollengte of net halflyf afgeneem word maar die notas moet duidelik sigbaar wees. Maak asseblief seker dat die spreker se gesig duidelik sigbaar is.

Leerders moet hul toespraak aanbied met aandag aan oogkontak, asof daar ‘n gehoor is.

Ons het ondervind dat sommige deelnemers  hul toespraak AFGELEES het van ‘n skerm agter.. Hierdie sal baie strenger hanteer word, en daar sal punte afgetrek word.

Leerders moet hulle redenaars/lees aanbieding staande aanbied. Spanne word toegelaat om te sit.  Die videos mag nie opgebreek word, en moet as een geheel gestuur word.

 Slegs een video per item mag ingestuur word. 

Ons het gevind dat die you-tube platform baie suksesvol werk en die beoordeling baie vergemaklik.  Daar is stappe op ons web onder “videos” hoe die You Tube direk van u selfoon na ons per epos radikaleredenaar@gmail.com gestuur word. Daar is ook videos op ons you- tube kanaal wat die  stappe verduidelik.

Videos ontvang op 'n ander platform, sal lei tot 'n vertraging in die ontvangs van resultate. 

 

Hoe dit werk wanneer ons videos ontvang:

Dit word in volgorde van datum ontvang aan die verskeie beoordelaars gestuur, wat dan na beoordeling die sertifikate en repliekvorms stuur aan die persoon wat die video ingestuur het. Indien inskrywings deur die skool ingestuur is, sal die sertifikate ook aan die skole gestuur word. 

Ons bevestig dat die videos slegs deur beoordelaars gekyk word en direk na beoordeling word dit uitgewis. Dit verseker  die deelnemer se privaatheid van ons kant af. (Druk die skakel onder aan die bladsy vir volledige termes en voorwaardes.

Ons kan ongelukkig nie op elke epos waar die video ontvang word antwoord, dus versoek ons, dat indien u nie die sertifikaat 7 dae voor die datum wanneer die uitslae op die web gepubliseer gaan word ontvang het nie, sal navraag doen per epos om te verhoed dat 'n leerder se uitslae vertraag of verloor word.

 

 

Hersien 2024