LO is 'n verpligte vak, maar met goeie rede! Hier leer jy van jouself in konteks met die wêreld en die samelewing rondom jou. Jy leer om te dink, te evalueer, goeie besluite te neem, gesond te leef en 'n bydraende lid van die samelewing te wees. Die vaardighede wat jy in hierdie vak kan aanleer, is die vaardighede wat nodig is om 'n suksesvolle, gebalanseerde en gesonde individu te wees.
LO is nie 'n vak wat in ag geneem word vir keuring vir spesifieke studierigtings nie. Mense wat die vak LO baie geniet, mag wel moontlik belang stel in enige van die volgende rigtings:
Sielkunde (BA of BSc)
Maatskaplike werk (BA)
Opvoedkunde (B.Ed)
Sosiologie (BA)
Filosofie (BA)
Verpleging (B.Curr)
Politieke en Ekonomiese Wetenskappe (BA)
Sportwetenskappe (BA of BSc)
LO is nie 'n vereiste vir spesifieke loopbane nie. Mense wat baie van LO hou, is wel gewoonlik geneig om in die Geesteswetenskappe rigting te studeer en te werk (dit beteken jy hou daarvan om met mense te werk, eerder as met syfers of objekte).
Loopbane wat dus vir jou 'n moontlikheid kan wees:
Sielkunde of berading
Onderwys
Medies (dokter, verpleegster, arbeidsterapie, fisioterapie)
Sportafrigter
Regte (advokaat of prokereur)
Politiek
Joernalistiek
Maatskaplike werk
Die volgende temas word in LO gedek:
Selfontwikkeling
Die wêreld van werk
Demokrasie en menseregte
Liggaamlike oefening (die praktiese komponent van die vak)
Sosiale- en omgewingsverantwoordelikheid
Studievaardighede
Die leerder wat van LO hou, hou van klasgesprekke en vra graag vrae oor die lewe en die mensdom. Dit is 'n leerder wat besef dat mens ook waarde kan kry uit'n vak wat nie noodwendig tel vir Universiteitstoelating nie, maar wat poog om belangrike lewensvaardighede aan leerders te leer.
Die leerder wat hou van sport en buite wees, geniet ook die praktiese komponent van LO baie.
Kwartaal 1: Projek en prakties
Kwartaal 2: Eksamen en prakties
Kwartaal 3: Geskrewe taak en prakties
Kwartaal 4: Eksamen en prakties
Kom met 'n oop gemoed en 'n oop kop. As jy bereid is om te leer, vrae te vra en te wonder, en saam met jou klasmaats interessante gesprekke te voer, gaan jy mal wees oor hierdie vak!