Dit is die vak wat almal behoort te neem. Ons bestudeer die mens en sy verlede - sodat ons beter te verstaan waar ons vandaan kom en waarom die wêreld lyk en werk soos dit vandag is. Geskiedenis het nie resepte en formules nie, want sodra ons dink dat die geskiedenis gaan herhaal, doen mense die onverwagte.
Die vaardighede wat jy in die geskiedenis aanleer, sal ‘n groot aanwins vir universiteitstudies wees. Die vaardigheid van opstelle skryf, is veral belangrik aangesien die meeste rigtings vereis dat opstelle tydens toetse en eksamens geskryf moet word.
Toergids
Joernalis
Museumkurator
Onderwys
Prokureur
Navorser
Antropoloog
Historikus
Skrywer
Regter
Advokaat
BA Staatswetenskappe
En vele meer!
Graad 10: Die wêreld rondom 1600 (Songhai, Mongoolse Indië, ensovoorts). Europese uitbreiding, Franse Revolusie, Transformasie in Suid Afrika na 1750, Koloniale uitbreiding en die Suid-Afrikaanse oorlog
Graad 11: Kommunisme in Rusland (1900 – 1940), Kapitalisme in VSA (1900 – 1940), Idees rondom ras: Australië en Nazi-Duitsland, Nasionalisme: Suider-Afrika en die Midde-Ooste, Apartheid in Suid-Afrika (1940-1960)
Graad 12: Die Koue Oorlog: China, Kubaanse Missielkrisis, VSA Burgerlike samelewingsprotes (1950 – 1970), Burgerlike weerstand in Suid-Afrika 1970-80, Die koms van demokrasie in Suid-Afrika, Waarheids- en Versoeningskommisie, Einde van die Koue Oorlog, ‘n Nuwe Wêreldorde.
Uitstappies en Take:
Graad 10: Erfenis-taak
In graad 10 doen leerders ‘n erfenis-taak. Ons besoek die “Kasteel” (Castle of Good Hope) in Kaapstad.
Graad 11:
In graad 11 kan jy kies tussen:
Australië en inheemse Australiërs
Nazi-Duitsland en die Holocaust
Graad 12: Ope Tema
In graad 12 kan jy enige tema kies wat behandel was gedurende die graad 12 jaar bv. China, Missielkrisis, Koue Oorlog, Suid-Afrikaanse Geskiedenis.
Die kaliber leerder wat verlang word:
Van die leerder wat Geskiedenis as vak wil neem word verwag om welbelese te wees en te beskik oor ‘n goeie oordeelsvermoë sodat die feitekennis wat gehanteer word, sinvol geïnterpreteer kan word.
Die kandidate wat afgeraai word om Geskiedenis as vak te neem:
Leerders wat nie van leeswerk hou nie en nie goed vaar daarmee nie en ook probleme het om goeie stelwerk te lewer.
In Geskiedenis word assessering altyd op inhoudskennis en vaardighede gebaseer (gebaseer op die spesifieke doelwitte). Take, projekte, toetse of eksamens moet altyd beide aspekte assesseer.
Assessering in Geskiedenis behels gewoonlik skriftelike werk. Dit beteken dat leerders skryfvaardighede geleer moet word en gehelp word om die vaardighede in te oefen.
Mondelinge werk, praat, debat en drama kan ook geassesseer word, en soms is dit baie waardevol vir hersiening en/of voorbereiding van skriftelike werk.
Minimum toelatingsvereistes: Daar word verwag dat leerders wat graag Geskiedenis as vak in Graad 10 wil neem, ten minste 50% moet behaal in Graad 9. Hierdie vereiste word gestel aangesien die senior grade ‘n groter mate van gevorderdheid en interpretasie vereis.