Studente wat kies om ekonomie te bestudeer, verwerf nie net die vaardighede wat nodig is om komplekse markte te verstaan nie, maar verkry ook sterk analitiese- en probleemoplossingsvaardighede, sowel as besigheidsvaardigheid wat nodig is om in die professionele wêreld suksesvol te wees. In werklikheid kan ekonomie nuttig wees vir professionele persone in alle bedrywe, en nie net in die sakewêreld nie.
Ekonomie is dus ‘n fantastiese vak op skool. Dit sal leerders baie goed voorberei vir die akademiese uitdagings wat hulle op universiteit sal ondervind.
Jy kan in enige BCom-rigting studeer, bv. Beleggingsbestuur, Bemarking, Rekeningkunde, Regte, Landbou-ekonomie en vele meer. Daar is ook studierigtings wat nie verband hou met die sakewêreld nie bv, filosofie, politiek, en omgewingsvolhoubaarheid.
Finansiële bestuurder, beleggingsbestuurder, ekonomiese konsultant, Aktuaris, bemarkingsbestuurder, finansiële analis, of 'n ekonomie onderwyser. Daar is werklik te veel loopbane om hier te noem.
In hierdie vak begin ons in diepte kyk na die mikro- en makro ekonomie. Basiese onderwerpe sluit in: die sakesiklus, publieke sektor, markte , en fiskale- en monetêre beleide.
Leerders wat hierdie vak geniet, stel belang in besigheid, politiek en wêreldnuus. Leerders wat hou van ingeligte klasgesprekke en debatte. Leerders wat hou van interessante uitstappies gedurende 'n skooldag!
Enige projek wat die toepassing en insig van leerders t.o.v. relevante kwessies toets bv. die effek van die handelsoorlog tussen China en Amerika en hoe dit die Suid-Afrikaanse ekonomie beïnvloed.
Leerders wat daarvan hou om teorie op te som en nie sukkel om groot gedeeltes van werk te onthou nie, sal baie goed vaar in Ekonomie.