Ons is almal deel van een groot sisteem van mense, diere, plante en ‘n veranderende omgewing. Hoe beter jy dit verstaan, hoe beter sal jy kan beplan en aanpas om jou direkte omgewing te kan bestuur, maar ook om ‘n bydrae te maak om die wêreld beter te bestuur.
Mens-Wetenskappe (BA grade)
Natuur Wetenskappe (BSc grade)
Opvoeding en onderwys (BEd grade)
Rekenaarwetenskappe (GIS Kwalifikasies)
Stads- en Streeksbeplanning (Nagraadse Kursus)
Mynbou
Landbou
Toerisme
Ingenieurswese
Omgewingstudie en -bewaring
Weerkunde en -voorspellers
TV- en Filmproduksies
Onderwys en ouerskap
Omgewingsimpak-assessors
Stads- en streeksbeplanners
Rampbestuurders en seismograwe
Kartograwe en veral Elektroniese kaart (GIS) spesialiste
Munisipale bestuur
Politieke loopbane
Paleontoloog
Verkeersbestuur en -beplanning
Lugbestuur en vliegtuig-beheer
Ekonome
Ruimte eksplorasie
Ontdekkingsreisigers
Die manier van dink wat deur Geografie versterk word, waar jy geleer word om te ondersoek hoe voorwerpe en gebeure die mens beïnvloed, maar ook watter planne ons kan maak om probleme te hanteer, is ‘n denkvaardigheid wat in elke moontlike beroep gebruik word.
Fisiese Geografie:
Geomorfologie: die aarde met sy land- en watermassas.
Klimatologie: die atmosfeer en weer daarin
Menslike Geografie:
Nedersettings: dorpe en stede met hul eienskappe en uitdagings
Ekonomies: die mens se manier van oorleef en die impak op mekaar en die omgewing
Kaartwerk:
Lees en verstaan van topografiese kaarte
Lugfoto’s
Elektroniese kaarte en Geografiese Inligting Sisteme (GIS) op rekenaars.
Leerders wat wonder oor goed om hulle, wat hou van vrae vra, wat weet en wil weet van wêreldgebeure. Jong leiers van môre wat ‘n verskil wil maak in hulle omgewing.
Mense wat oplossings wil help soek vir uitdagings wat die mens vir homself geskep het.
Persone wat omgee.
Assessering vind meestal plaas deur die onderwerpe wat ons bestudeer toe te pas op werklike gebeure, omgewings en voorbeelde.
Ons vra 5 vrae in Geografie, naamlik:
Wat is dit?
Hoe werk dit?
Waar kom dit voor? (Kaartwerk)
Hoe raak dit die mens?
Wat kan ons doen om dit te bestuur?
Jy moet nuuskierig wees, en dinge om jou kan raaksien.
‘n Aanvoeling vir ruimtelike voorstellings op kaarte help baie.
Die uitdaging van enkele somme te kan aanpak.
Byhou van ‘n groter geheelbeeld met effektiewe opsommingswerk