Musiek as ‘n vak op hoërskool gee leerders holistiese vaardighede, nie net om hulle voor te berei vir 'n musiekloopbaan nie, maar vir enige beroep wat hulle sou kies.
BMus (uitvoerend)
BMusEd (onderwys)
Musiekterapie
Musiektegnologie
Musiekkomposisie
Studies in Filmmusiek, Ligte musiek, Klankingenieurswese en vele meer.
Uitvoerende Musikus/Kunstenaar (Klassieke/Ligte musiek)
Komponis
Dirigent
Musiekonderwyser
Musiekjoernalis
Musiekterapeut
Musiektegnoloog
Klankingenieur
Musiek in die Advertensiewese (jingles),
Skryf van musiek vir Rekenaarspeletjies
Agent vir uitvoerende kunstenaars
Impressario
Platevervaardiger
Die vak bestaan uit 5 komponente:
Praktiese musiekstudie (instrument-/sangonderrig)
Musiekteorie
Algemene musiekkennis
Gehooropleiding
Komposisie
Die intelligente, individualistiese, skeppende leerder.
2 praktiese eksamens (sang/instrument)/jaar (Junie en November)
2 teoretiese eksamens (musiek-teorie, -geskiedenis en –gehoor)/jaar
2 PAT-take (praktiese take)
2 toetse/jaar
‘n Leerder moet verkieslik reeds 'n instrument bespeel / kan sing. Dit help ook baie as hy/sy reeds op graad 2-standaard (UNISA) is met musiekteorie (hoewel dit nie verpligtend is nie).