Daar's 'n plek vir jou
Waar jy net Kan wees. Vat drama,
Dis een reuse fees - Jeanne-Marie Koekemoer
Dramatiese Kunste poog nie om ‘n akteur van jou te maak nie. Wat dit wel doen is om die leerders die geleentheid te gee om menslike gedrag te analiseer en om hulle die vaardighede aan te leer om eendag met selfvertroue te kan kommunikeer. Hier speel ons en ons prikkel die kreatiwiteit, ons soek oplossings vir onkonvensionele probleme en ons daag mekaar uit om elke dag ‘n beter weergawe van onsself te wees.
Dramatiese Kunste is nie ‘n vereiste vir enige na-skoolse studierigting nie. Die vak is egter van eindlose waarde in enige professionele veld aangesien die ontwikkeling van interpersoonlike vaardighede (soft skills) sentraal staan tot die vak se inhoud.
Binne die uitvoerende kunste, is die opsies legio. Akteurs, regisseurs, vervaardigers, ontwerpers, dramaturge, draaiboekskrywers, agente en vele meer.
Daar word op ‘n verskeidenheid van praktiese vaardighede gefokus, bv. spraak- en vertolkingstegnieke, fisieke teater, karakterwerk ens. Die vak bevat ook ‘n groot teoretiese komponent waar die leerders die geskiedenis van teater asook teoretiese konsepte van performance verken.
‘n Nuuskierige, kreatiewe leerder wat selfstandig kan werk. Iemand wat weer kind wil wees en wil speel!
Daar word beide praktiese en teoretiese assessering gedoen (toetse, take en praktiese opvoerings).
Leerders wat Dramatiese Kunste as vak wil neem, moet goeie taalvaardighede hê en moet ook gewillig wees om buite skoolure saam met klasmaats aan praktiese werk te repeteer.