Indien jy jou in ‘n finansiële handelsrigting wil bekwaam, is dit belangrik dat jy Rekeningkunde op skool neem. In jou eerstejaar B.Com is Rekeningkunde en Ekonomie verpligte vakke en indien jy die twee vakke reeds op skool neem, gee dit vir jou die nodige agtergrond vir jou verdere studies.
Universiteit van Stellenbosch
B.Com Algemeen
B.Com (Internasionale besigheid)
B.Com (Ekonomiese Wetenskappe)
B.Com (Wiskundige Wetenskappe)
B.Com (Professionele graadprogram)
B.Com (Regsgeleerdheid)
B.Com (Bestuurswetenskappe)
Cape Peninsula University of Technologie (CPUT)
Nasionale diploma in Rekeningkunde
Nasionale diploma in Koste en Bestuursrekeningkunde
Nasioanle diploma in Interne ouditkunde
Nasionale diploma in Finansiële Informasiestelsels
Boland Kollege Stellenbosch
Nasionale Diploma in Finansiële Bestuur
Sien 'n opsomming van die B.Com rigtings by die Universiteit van Stellenbosch:
Finansiële beplanner
Aktuaris
Beleggingsbestuurder
Geoktrooieerder rekenmeester
Landbou-ekonoom
Bedryfsielkundige
Internasionale besigheidsbestuurder
Bestuursrekenmeester
Ekonoom
Prokureur
Finansiële bestuurder
Logistieke bestuurder
Vervoer-ekonoom
Besigheidsanalis
Finansiële sektor – bankwese, versekeringsbedryf, welvaartbestuurder
Innovasiebestuurder
Datawetenskap – programmeerder by ‘n finansiële instelling
Entrepreneur
Informasiestelselbestuurder
Ouditeur
Risikobestuurder
Aandelemakelaar
Finansiële joernalis
Menslike hulpbronbestuurder
Debiteure en Krediteure se boekhouding
Kleinkastransaksies
Salarisse en lone van werknemers
Belasting op toegevoegde waarde (BTW)
Finansiële state van ‘n eenmansaak, vennootskappe en maatskappye
Kosteberekeninge
Opstel van begrotings
Bankrekonsiliasies
Bestuur van Vaste bates
Voorraadstelsel
Interne kontrole en ouditprosesse
Etiek
‘n Persoon wat lief is om met syfers te werk, Wiskundige en Rekenkundige berekeninge te doen, sal die vak baie geniet. In Rekeningkunde speel probleem-oplossings ‘n groter rol as die memorisering van feite. Indien jy ‘n belangstelling in die sakewêreld het, sal die vak jou aanspreek; jy kan natuurlik nog hierdie belangstelling ontwikkel. Sou jy Rekeningkunde as vak kies, moet jy bereid wees om nougeset te werk.
Die assesserings vir Rekeningkunde behels die volgende:
kontroletoetse
klastoetse
projekte
take
Junie- en November eksamens
Indien jy Rekeningkunde kies, moet jy minstens 60% vir Wiskunde in Graad 9 behaal. Die kombinasie van Wiskunde (verpligtend), Rekeningkunde en Ekonomie sal jou goed voorberei om in ‘n finansiële rigting te gaan studeer.