Gasvryheidstudies leer jou lewensvaardighede wat jy elke dag kan gebruik.
Die praktiese komponent tel 100 punte van jou totaal en dit stel jou in staat om gemaklik ‘n A-gemiddeld vir die vak te kry indien jy jou teorie ken.
Gasvryheidstudies is in die meeste gevalle die leerders se beste punte op hul rapport.
Voedseljoernalistiek, fotografie en voedsel-stilering
Voedselwetenskap en -ontwikkeling: Groot kettingwinkels soos Checkers, Woolworths, Pick ‘n Pay.
Hotel/besigheid/restaurantbestuurder/ Franchise-eienaar.
Onderwys
Spyseniering vir funksies en troues.
Sjefs in verskeie rigtings, soos Patissier (troukoeke en brood, ens)
Werk oorsee op bote en yachts, of as Au Pair.
Jou eie besigheid begin en voedsel aflewer by huise. Dit is veral geskik as jy graag by die huis wil wees as jou kinders klein is.
Sektore en loopbane:
Voedsel- en drankdiense in die kombuis of restaurant.
Wetgewing en Beleidskrifte in die gasvryheidsbedryf.
Voeding en Spyskaartbeplanning.
Suid -Afrika se kulturele uniekheid en erfenis
Teepartytjies
Skemerkelkonthale
Ontbytbeplanning.
Vier-gang maaltye
Vegetariese/voedsel intolerasie en allergieë
Verskillende tipes bedieningstyle: Table d’ Hôtel; Buffet; A’la Carte
Kosteberekening van spyskaarte, funksies en produkte.
Kombuis- en Restaurantwerking:
Bestel, ontvangs en stoor van voorraad, gebruik van rekenaars in die bedryf, professionalisme in die gasvryheidsbedyf.
Voedselkommoditeite: Alle voedselsoorte en die meeste geregte word voorberei.
GRAAD 10:
Vinnige meelmengsels, soos botterbroodjies, muffins, pannekoek, plaatkoekies, wafels. Pasta en klassieke pastasouse. Vrugte; slaai en slaaisouse; eiergeregte; graanprodukte; suiwelprodukte en kaas; maalvleis en wors, tee en koffie.
GRAAD 11: Broodbak, souse en soppe; vis; pluimvee; rys, groente.
GRAAD 12: Nageregte, Choux paste; Vleis; vegetariese geregte, skemerkelkfunksies (klein hand-eetgoedjies) wyn en mocktails. Gepreserveerde voedsel, soos konfyt, biltong en beroking.
Voedsel- en Drankdiense:
Kelneropleiding
Persele geskik vir lisensies en verskillende dranklisensies.
Restaurantvoorbereiding en tafeldek
Tipes bediening
Diens en opruimingstegnieke
Hantering van gaste
Higiëne en Veiligheid:
Voedselvergiftiging versus voedselbederf (natuurlike bederf en mikro-organismes)
Voedselkontaminering
Temperatuurbeheer in die kombuis.
Gedissiplineerde, kreatiewe leerder.
Leerder wat ‘n afwisseling soek van slegs teoretiese of akademiese vakke.
Leerders wat kreatiewe uitdagings geniet en hou daarvan om geleenthede te ervaar - soos uitstappies wat betrekking het op hul vakgebied.
Leerders wat graag ‘n A-gemiddeld in graad 12 wil hê, saam met Wiskunde of Rekeningkunde of Skeinat.
Weeklikse praktiese
Teoretiese aktiwiteite
Kwartaaltoetse
Eksamens
Restaurantaande.
Leerders moet goeie tydsbestuur en dissipline hê met voorbereiding vir klaspraktiese en restaurantaande.
Die teorie is baie interessant met baie internasionale terme.
Leerders wat op hul eie kan werk en pligsgetrou is, doen baie goed.
Uithouvermoë hê en uitdagings kan hanteer met restaurantaande in die week vanaf 15:00 tot 22:00 op die betrokke aand. Daar is slegs twee restaurantaande per jaar.