Skryfondderig in die Grondslagfase

Skrif

'n proses waartydens kinders leer hoe om simbole van die alfabet asook syfers te vorm.

“Ongeslypte” skrywers

‘n Eindelose gekrabbel is die bou blokke vir die metakognitiewe proses om eendag plaas te vind - en dit is skryf. Skryf is om te kan nadink en reflekteer oor jou denke. Kinders moet die vryheid hê om met enige voorwerp (vetkryt, verfkwas ens.) te kan begin “skryf” , sonder dat reëls en formules op hulle afgedwing word.


Hoe vind skryf in die klaskamer plaas?

Die klaskamer moet nie net vir kinders ‘n uitnodiging wees om te skryf nie, maar ‘n voorbeeld ook. Die onderwyser moet verseker dat haar klaskamer woordryk is wat kinders se kreatiewe denke stimuleer, maar ook as ‘n riglyn dien vir kinders wat bietjie onseker voel. Hierdie woordryke omgewing kan bekom word deur:

  • boekhoekies, rympies, instruksies, plakkate en resepte teen die mure.

  • groot alfabetkaarte wat die vorming daarvan uitbeeld.

Kinders moet positief voel teenoor skryf en nie bang wees om te probeer nie. Dit kan vasgelê word deur hulle “skryfwerk” uit te stal teen die mure. Jy kan die skryfwerk bind en in die boekhoekie sit sodat ander leerders dit kan lees.


Die “sluiping” van ons skrywers.

Die fases van skryf volgens die KABV:

  1. Die voor-skryffase (ontluikende geletterdheid)

Ongeag van die sosio ekonomiese agtergrond waarvan ‘n kind kom moet hulle verstaan dat die prente wat hulle teken en die simbole wat mamma of pappa op die inkopielys of rekenaar tik nie dieselfde is nie. Kinders wat meer blootgestel word aan tegnologie sal hierdie ontdekking vinniger maak omdat hulle blootstellings aan die alfabet kry teenoor kinders wat soos mamma ook ‘n inkopielys wil “teken”.


  1. Die voor-skryfaktiwiteite

Voor kinders ‘n opdrag inhandig moet daar genoeg tyd gegee word sodat hulle hulle idees kan laat gaan, inligting kan kry en hulle gedagtes dan organiseer. Hulle kan in groepe sekere idees bespreek en kan dan op spinnekop diagramme of tabelle met die uitleg van hulle storie begin.


  1. Die skryfproses

Leer kinders van die begin af dat ‘n mens oor en oor deur jou skryfwerk moet gaan en elke keer moet jy vir iets anders kyk. Die eenkeer vir spelfoute die ander keer vir oortollige inligting.


  1. Die “publisering” van die skryfstuk

Skryf is ‘n outentieke proses en dit beteken dat dit uit drie komponente bestaan: die teks, die skrywer en die gehoor en daarom moet die werk gepubliseer word. Dit kan wees deur dit vir die klas te lees, vir ‘n maatjie te gee om te lees of in te skryf vir ‘n kompetisie. Dit kan in die klas uitgestal word of huistoe gestuur word as geskenk vir die ouers.


Die belangrikste is om kinders te prys sodat hulle gemotiveerd voel om aanhou te skryf. Lewer kommentaar, plak ‘n sterretjie en betrek die ouers om ook prys te gee.

Skryf

'n proses waarmee kinders hulle gedagtes kan ontbloot.

Handskrif

Om te kan skryf beteken dat die kind hoofletters, kleinletters en syfers kan vorm en deur dit te kan doen moet hulle die beeld kan sien, memoriseer en weergee. Die KABV sien handskrif as iets wat apart geleer moet word omdat dit essensieel is vir kommunikasie. ‘n Leesbare handskrif moet ook vasgelê wees teen graad 3.


Hoe benader ons dit?

  1. Die tradisionele metode

Dit is die metode wat meeste skole volg en dit is om kinders eers te leer om in drukskrif te skryf, hoof- en kleinletters en dan in graad 2 hulle bloot te stel aan lopende skrif. Aan die einde van graad 3 sal hulle albei bemeester het en dit help met die vorming van ‘n individuele handskrif.

  1. D’Nealian-metode

Dit is ‘n kombinasie van drukskrif en lopende skrif wat help om algemene foute uit te kanselleer soos byvoorbeeld “p” en “b”.

  1. THRASS metode

Dit fokus geleidelik, nie net op skryf nie, maar spel en lees ook. Dit word veral in Engels gebruik omdat dit help met die aanleer van die 44 klanke(foneme) wat daar is.

  1. Teken

  • Laat kinders verskillende goed teken met verskillende voorwerpe, op verskillende oppervlaktes.

Byvoorbeeld: Sirkels met ‘n stok in sand.

  • Dit sal help om onderskeid tussen realistiese en abstrakte voorwerpe te vorm en sal die kinders ook help met die verhoudings tussen voorwerpe.

Byvoorbeeld: My mond is groter as my oog.

  • Laat kinders ook herhaaldelike patrone teken.

Byvoorbeeld: strepies, boë, “zig-zags”


  1. Oefeninge

  • Laat kinders klim, spring, skop ens.

  • Laat kinders krale op ‘n tou ryg

  • Vinger oefening: sterretjies

  • Laat kinders vorms in die lug met hulle vingers en arms vorm. (die lui 8)

  • Gee vir kinders prente en vra vir hulle vrae soos: Wat is voor? Wat is agter? Wat staan uit?

  • Wys ‘n klomp voorwerpe vir die kinders, maak dit dan toe met ‘n lap en vra hulle moet vir jou opnoem wat hulle gesien het.

  • Laat kinders letters en syfers met hulle liggame vorm.

  • Vir meer oefeninge gaan besoek hierdie webtuiste


Wat is die vereistes om te kan begin skryf?

  1. Grootmotoriese koördinasie:

Dit vorm die fondasie vir fynmotoriese koördinasie om te ontwikkel.

  1. Fynmotoriese koördinasie:

Dit is belangrik vir potloodgreep.

  1. Oog-hand koördinasie:

Dit help dat kinders van links na regs skryf en op die lyn bly.

  1. Visuele voor- en agtergrondonderskeiding:

Dit gaan help met die vorming van letters en syfers.

  1. Visuele geheue:

Die kinders gaan makliker syfers en letters kan memoriseer.

  1. Liggaamsoriëntering:

Wanneer ‘n kind ‘n letter of syfer liggaamlik beleef sal dit help met die aanleer vir die skryf daarvan.

M.a.w. vir ‘n kind om te kan skryf moet die volgende vereistes vasgelê wees sodat die aanleer van skrif gemaklik en effektief kan plaasvind. Meeste van die kere wanneer ‘n kind sukkel is dit a.g.v motorvaardighede wat nog nie ten volle ontwikkeld is nie.


Die onderrig proses:

Aan die hand van ‘n voorbeeld:

Die letter A

Die letter kan op die tema tafel voorkom, woordkaarte in die klas en die belangrikste kinders moet deurlopend van daardie letter bewus gemaak word. Die volgende aktiwiteite moet inklusief in die program plaasvind en nie net vir die periode nie.

  1. Die juffrou kan die letter met tou op die grond vorm en die klank sê.

  2. Die leerders kan dan op die letter loop en die klank sê.

  3. Die leerder kan met hulle lywe (individueel of in groepe) die letter vorm.

  4. Die kinders kan met ‘n stukkie tou of gekleurde spaghetti die letter vorm.

  5. Die kinders kan met knope, stukkies papier en saadjies plak op die letter wat vir hulle geggee is.

  6. Die kinders kan die letter met klei vorm.

  7. Die kinders kan in ‘n sandbak die letter vorm met hulle vingers.

  8. Die kinders kan op papier die letter met ‘n kryt vorm.

  9. Die kinders kan die letter met ‘n verfkwas probeer maak.

  10. Hierdie proses kan herhaal word met die hoofletter.


Die sleutel tot skryfondderrig is tyd! Jy as ouer of onderwyser moet weet wanneer kinders reg is om te begin skryf. Dit is nie ‘n proses wat gejaag moet word nie net omdat dit gaan wys die kind het vinniger presteer deur sy naam te skryf. Dit is belangrik vir kind om eers net te krabbel tot die begrip daar is om nie net die letter te leer skryf nie, maar hom te herken en te definieer ook.

Bronnelys

Anon. What is THRASS: A tool for the explicit teaching of literacy skills. [Blog] The THRASS Institute. Available from: https://www.thrass.com.au/about-thrass/what-is-thrass/ [Accessed 9 April 2020].

Departement van basiese Onderwys. 2011a. Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring: Huistaal: Graad R-3. Pretoria: Staatsdrukker.

Joubert, I., ed., 2019. Geletterdheid in die Gronslagfase. Pretoria: Van Schaik Publishers.

Thurber, Donald N. 1983. D'Nealian Manuscript--An Aid to Reading Development. Guides Classroom Use - Guides (For Teachers) (052) -- Speeches/Conference Papers (150). [Online] Available from: https://files.eric.ed.gov/fulltext/ED227474.pdf . [Accessed: 9 April 2020]