B.F. Skinner is 'n Amerikaanse sielkundige wat ongelooflike navorsing gedoen het. Een van sy uitvindsels het hy die Behavioristiese teorie genoem.Hieronder sal ek meer uitbrei oor hierdie teorie.

Behavioristiese teorie

Ek kan nou nog onthou van toe ek in Gr. 3 was en hoe 'n juffrou haar hand op my skouer gerus het terwyl ek gelees het. Sodra ek 'n fout gemaak het, het sy haar naels in die sagte gedeelte van my skouer reg agter die skouerbeen ingedruk. Om te voorkom dat dit weer gebeur het ek my bes probeer om nie weer 'n fout te maak nie. Al is dit nie meer wettig nie verduidelik dit mooi die sambreelterm van Operante kondisionering.

Operante kondisionering is wanneer organismes op spesifieke maniere reageer om spesifieke gevolge te verkry of te vermy (McCown, 2013). Hoe hierdie teorie by die aanleer van taal insluit verduidelik Skinner self as die feit dat die behavioristiese teorie, taalontwikkeling behandel as nabootsing, 'n herhaling gelei deur eksterne gebeure en omgewingsinvloede. Om 'n taal te leer, is die resultaat van positiewe versterking van menslike gedrag en nie-versterking van wat nie verlang word nie (Joubert, 2019).

Onderwysers kan positiewe versterking by die aanleer van taal in die klaskamer gebruik deur 'n leerling dadelik te prys wanneer hy iets reg spel, skryf of lees. Sommige leerders leer en probeer harder omdat 'n onerwyser vir hulle 'n kompliment gegee het daaroor (McCown, 2013). Onderwysers kan negatiewe versterking in die klaskamer sien as kinders hulle huiswerk doen sodat hulle dit vermy om nie in die moeilikheid te kom nie.


Gaan gerus na die link hieronder om meer oor B.F. Skinner se uitvindings te lees.

Skinner


Bronnelys

Joubert, I., ed., 2019. Literacy in the foundation phase. Pretoria: Van Schaik Publishers.
McCown, J. S. &. R., 2013. ED PSYCH. Wadsworth: Cengage Learning.