Konstruktivistiese teorie


Jean Piaget


Jean Piaget staan bekend as die vader van die konstruktivistiese beweging. Jean Piaget was 'n Switserse sielkundige wat bekend was vir sy werk in kinderontwikkeling en sy hoof-teorie van kognitiewe ontwikkeling. Die 20ste-eeuse geleerde Jean Piaget het geglo dat kinders uniek is en nie vergelyk kan word met volwassenes nie. Hy het geglo dat kinders op 'n baie unieke manier leer en ontwikkel en dat die meeste ontwikkeling plaasvind in die tydperk van geboorte tot adolessensie.


Wat is die konstruktivistiese teorie?

Konstruktivisme sê dat kinders hulle eie begrip en kennis van die wêreld opdoen deur die dinge wat hulle ervaar en die nadink van daardie ervarings. Kinders is dus aktiewe skeppers van hul eie kennis. Die konstruktivistiese teorie kan as leer-blokke voorgestel word. Die kinders bou egter leer-blokke vir hulself waar hulle ou kennis skakel met nuwe kennis om ‘n meer volledige persepsie te ontwikkel. (Joubert, 2019) Die konstruktivistiese teorie glo dat alles struktureel gedoen moet word met ‘n uitgesete plan wat al die leê ruimtes vul. Hierdie teorie is egter ‘n studentgesentreerde benadering. Konstruktivisme is daarop gemik om vaardighede soos probleemoplossing, hoër-orde denkvaardighede en samewerking te ontwikkel deur ‘n praktiese onderrigmetode. (Davis, Maher, Noddings, 1990)


Hoe word hierdie ontwikkelings-teorie toegepas in die klaskamer?


Kinders kom egter na die klaskamer toe met reeds ontwikkelde kennis oor ‘n verskeidenheid van temas, gevoelens en vaardighede oor ‘n breë spektrum. Die onderwyser moet egter hierdie kennis en vaardighede wat die kinders besit gebruik om op te bou en in ‘n prettige wyse hulle toelaat om nuwe kennis te verken en ontdek en mee te eksperimenteer. (Naylor & Keogh, 1999)

Speel is dus ‘n baie belangrike leer middel vir kinders. Kinders leer probleemoplossings vaardighede deur voorwerpe te bou uit verskillende materiale. Blokspel is ‘n goeie voordbeeld waar kinders probleemoplossings vaardighede aanleer asook fyn motoriese vaardighede en kognitiewe vaardighede.

Die onderwyser moet regte wêreld-omgewings skep waar die konteks relevant is om van te leer. Die onderwyser kan egter rolspel gebruik en verskillende geleenthede verskaf waar die kinders verkillende karakters en beroepsvelde kan ontdek. Kinders kan hierdeur nuwe woorde ontdek en hulle woordeskat en taalleer bevorder.

Besprekings oor sinvolle onderwerpe waar die hele klas aan deelneem, is ‘n goeie manier om sosiale vaardighede te ontwikkel, waar die kinders nuwe persepsies ontwikkel deur opinies van ander kinders in ag te neem. Hulle leer dus om ander te respekteer en om saam te werk. Die onderwyser soek dus kinders se oogpunt en kan dus verder daarop bou. Werk in pare of klein groepe is ook voordelig.

Praktiese aktiwiteite waar die kinders teken, verf en dinge ontwerp is baie verbeeldings rykend en voordelig om kreatiwiteit te ontwikkel.

Fisiese aktiwiteite waar die kinders hardloop en spring en beweging van die liggaam sinchroniseer met die brein is baie voordelig om groot-motoriese vaardighede te ontwikkel en die brein wakker te maak en voor te brei vir leer.


Bronnelys


Davis, R., Maher, C., Noddings, N. 1990. Introduction: Constructivist views on the teaching andlearning of mathematics. In R. Davis, C. Maher, & N. Noddings (Eds.) Constructivist views on the teachingand learning of mathematics. pp.7-18. Reston, Va: National Council of Teachers of Mathematics.
Joubert, I., ed. 2019. Literacy in the foundation phase. Pretoria: Van Schaik Publishers.
Naylor, S. & Keogh, B. 1999. Constructivism in classroom: Theory into practice. Journal of Science Education, 10, 93-106.
Piaget, J. 2013. The construction of reality in the child (Vol. 82). Routledge.