Skryf Lama

u19323167

My naam is Anita Myburgh en ek is 'n 20 jarige student aan die Universiteit van Pretoria. Ek is 'n ekstrovert en partykeer geniet ek die kinders se geselskap meer as die grootmense s'n. Ek het 'n absolute passie en liefde vir kinders en ek dink hierdie saadjie was geplant toe ek in 2009 geseënd is met 'n baba boetie. Ek studeer Onderwys met die doel om eendag baie kinders se lewens te verander en nie net my eie s'n nie. Ek glo dat die onderwys nie net die mees geleerde persoon nodig het nie, maar partykeer net 'n rolmodel vir 'n kind wat dit nie iewers anders teëkom nie.

Geletterde Lama's is vir my so lekker projek veral omdat ek mal is oor skryf! Nie net stories nie, maar selfs om bietjie rond te speel met verskillende "fonts". Ek gaan my rol as Die Skryf Lama vertolk deur te fokus op die volgende:

Hoe dit die klaskamer en skryfondderig beïnvloed.

Handskrif en skryf (stelwerk).

Die Nativistiese teorie.