Nativistiese teorie

Noam Chomsky (1982)

Hy is 'n Linguis wat tot vandag toe nog baie invloedryke werke lewer. Hy het sy Phd in Linguistieke verwerf en in van sy verdere werke is dit duidelik dat taal naby aan sy hart lê. Sy uitkyk met die Nativistiese teorie was dat daar "iets" binne elkeen van ons is wat die aanleer van taal net natuurlik maak, dat hoe ons vandag kommunikeer ontstaan het uit ons gene!

Indien jy meer oor N. Chomsky wil lees kliek hier.

Foto deur: Oliver Abraham(oliverabraham (at) gmx.de)

Ook bekend as die aangeborenheids-teorie.

Hierdie teorie behels dat almal met 'n stel reëls (Universele Grammatika) gebore word met betrekking tot hulle taal. 'n Taalverwerwingstoestel wat die vermoë is om taal te ontwikkel deur blootstelling aan taalrykomgewings. Hierdie omgewings is nie net 'n klaskamer of periode by die skool nie, maar dit begin al van 'n baie vroeë ouderdom by die huis! Talle navorsing bewys dat selfs nog voor geboorte, as fetus, taalontwikkeling by 'n kind begin.

Taal is verbaal en nie-verbaal, want hoe gaan jy weet jou vriendin is kwaad vir jou wanneer haar gesig dit nie wys nie of iemand is lief vir jou wanneer hulle gebare dit nie maatstaaf nie. Skielik begin ons bietjie meer verstaan hoekom die ou mense altyd gesê het "jou gesig spreuk boekdele!". Die proses wat almal ondergaan is - hoe jy as 'n baba klanke hoor en hierdie klanke woorde word, hierdie woorde kry betekenis en sinne word gevorm. Dit is die volwassenes se grootste doel om hulle kind te leer dat sekere klanke 'n sekere betekenisse het en dit is hoekom enige ouer se hart smelt wanneer hulle kind se eerste woorde "mamma of pappa is".

Hoe kan ons dit as ouer of onderwyser toepas?

  1. Praat baie met jou kind.

  2. Vermy baba-taal.

  3. Luister geskikte musiek en lees stories (tydens jou swangerskap ook).

  4. Plak woordkaarte orals in jou klaskamer.

  5. Help kinders om hulle woorde te herstruktureer.

Bronnelys

Joubert, I., ed., 2019. Geletterdheid in die Gronslagfase. Pretoria: Van Schaik Publishers.

The Noam Chomsky Website. [Online] Available from: https://chomsky.info/2002____/ [Accessed 6 April 2020].